Die Pos 16 November 2012

Page 3

diepos.linmedia.co.za

DIE POS/THE POST

16 November, 2012

Bladsy 3

Nasionale tesourie moet nou waardasierol bekyk Inwoners se probleme wissel van onrealistiese waardasies en foutiewe rekeninge tot by vertoë wat glo eenvoudig net deur die munisipaliteit geïgnoreer word.

Ingrid Pepler Die fiasko om Bela-Bela se omstrede waardasierol is besig om só wyd uit te kring dat bekommerde grondeienaars verlede week ’n noodvergadering belê het om die probleem te bespreek. Skreiende eiendomsbelastingrekeninge as gevolg van waardasies wat plek-plek met tot 300% gestyg het, is een van die probleme wat inwoners gedwing het om die vergadering te belê. Inwoners se probleme wissel van onrealistiese waardasies en foutiewe rekeninge tot by vertoë wat glo eenvoudig net deur die munisipaliteit geïgnoreer word. By die vergadering wat verlede Donderdag, 8 November, gehou is, is die inwoners in kennis gestel dat die dorp as gevolg van die waardasierolprobleem met buitensporige hoë belasting sit. Volgens die vergaderingnotule is aanpassings lukraak gemaak. Op kleinhoe-

wes is aanpassings van tussen 0 en 50% byvoorbeeld gemaak sonder enige skynbare rede. “Rabatte wat voorheen toegestaan is, is sommer weggeneem. “Die waardasierol is ook onvolledig. Sommige eiendomme verskyn glad nie en sommige beboude erwe word as onbebou aangetoon. “Rekeninge is dikwels foutief en mense wat nie betaal nie, word nie opgevolg nie. “Die netto-effek is dat baie mense nie betaal nie en die wat wel betaal, word onrealisties belas. “Die waardeerder en die munisipaliteit het albei in gebreke gebly om korrekte prosedures te volg en dit kan as basis gebruik word vir ’n aksie.” Ná heelwat bespreking het die vergadering besluit om belastingbetalers van die dorp te mobiliseer om ’n sterk drukgroep te vorm. ’n Vergadering sal ook met die burgemeester en dorpsraad belê word om die probleem te be-

Snotsiekte eis 17 beeste by vroueboer

A

Felicity Jooste van Mookgophong was verbaas oor die groot aantal aasvoëls wat toegesak het op die karkas van ’n bees wat weens snotsiekte dood is.

spreek. Die openbare beskermer sal ook om hulp genader word. Die Privaatlandgoedforum van Bela-Bela het intussen ingestem om in te gryp en bekommerde grondeienaars te probeer help. (Lees die forum se brief op bl. 9.) Len Dekker, prokureur en een van die land se voorste kenners in munisipale reg, het ’n jaar gelede in opdrag van ’n professionele waardeerder wat vir die waardasierol getender het, by die munisipaliteit beswaar aangeteken oor die waardeerder wat aangestel is. “My kliënt sou ’n goeie taak verrig het vir R1,3 miljoen. Nou kos dit R3,5 miljoen vir

STAAL

P A L I S A D E S

STAAL

Ena Boshoff Felicity Jooste, vroue-boer van Mookgophong, het die afgelope twee maande minstens 17 beeste verloor weens snotsiekte. Op Grootvallei, waar sy reeds 24 jaar lank boer, was daar die afgelope drie jaar nie enige voorvalle nie totdat die siekte die afgelope twee maande skielik weer toegeslaan het. “Dit is ’n geweldige finansiële verlies,” het sy aan Die Pos gesê. Een van haar bure, Gerhard Smit, het aan Die Pos gesê hy het ook hierdie jaar al vier beeste weens dié siekte verloor. Altwee die boere se plase grens aan grond waar daar met blouwildebeeste geboer word. Jooste het ’n sertifikaat van die patoloë wat die siekte bevestig het, aan Die Pos gewys. “Die koste om ’n veearts te laat uitkom en toetse te doen, beloop R2 766 per keer. Dit is ook opvallend dat geen jakkalse aan hierdie vleis eet nie. Slegs aasvoëls wat in groot hoeveelhede op die karkas toeslaan,” het sy gesê.

STAAL

Fabriek NYLSTROOM Tel : 014 717 5541. Faks : 014 717 4684 Dawie : 072 698 3321 Van Riebeeckstr 59

NABOOMSPRUIT Tel & Faks : 014 743 3385 Hans van Rensburgstr 119 biglnaboom@telkomsa.net

Besoek ons vir die beste pryse! Ons • PALISADE OMHEININGS • VENSTERRAME • DIEFWERING • DEURRAME • VEILIGHEIDSHEKKE • WELDING ACC • HEKMOTORS • VOLLE REEKS NUWE STAAL EN SINK.

verskaf:

• MIELIEMEEL • MIELIE SEMELS • KORING SEMELS • GEEL MIELIES • VEE-VOERE • VOËLSADE • HOENDERKOS • HONDEKOS

GROOT VOORRAAD TEEN SAKPAS PRYSE!!!

NYLSTROOM SKROOT Volgens Jooste weet sy dat ’n bees binne vier dae gaan vrek as sy sien die dier wil nie eet nie. Die siekte word in die meeste van die gevalle deur blouwildebeeste oorgedra. Die oordraging geskied gewoonlik wanneer die blouwildebeeste baie stres ervaar.

’n gebrekkige waardasierol,” het Dekker aan Die Pos gesê. Dekker het verder gesê hy is glad nie verbaas dat sy versoeke namens sy kliënt by die munisipaliteit asook die Limpopo-tesourie op dowe ore geval het nie. “Dowe ore is kenmerkend van dié instellings,” het hy gesê. Dekker het nou die dispuut na die nasionale tesourie verwys ingevolge munisipale wetgewing. Sy kliënt het teen druktyd aan Die Pos gesê as die nasionale tesourie nie ingryp nie, oorweeg hy dit om die munisipaliteit hooggeregshof toe te vat.

Suurstof Asetileen CO2 Sweisgas CO2 Sweisdraad 0.8mm Sweisrods 5kg Grinder Lemme staal 230mm Safety boots Overalls 2-stuk

R 220 R 830 R 440 R 260 R 99 R 16 R 200 R 110

Bogenoemde pryse sluit BTW in.

Kantoor 014 717 5186 Charles 082 398 7517 Ilze 072 676 7467

S T A A L V E N S T E R S


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.