Die Pos 16 November 2012

Page 27

diepos.linmedia.co.za

DIE POS/THE POST

16 November, 2012

Bladsy 27

Sport is klein Warries se kos

A Dié senior seuns van Laerskool Warmbad blink uit in sport. Hulle het almal trofeë in sport ontvang tydens Laerskool Warmbad se Cum Laude-toekenningsaand op Donderdag, 8 November. Voor op die foto is Corné de Jonge (krieket) en Ruben Jooste (tuimel). In die middel is Erick Knoetze (rugby), Tiaan Lötter (atletiek), JD Fourie (karate) en Gerhard Süllwald (tennis). Agter is Niaan Taljaard (rugby), Carl Mattheus (skoleswem), Paul-Hendrik Luüs (krieket en beste sportseun binne skoolverband) en Tohan Janse van Rensburg (ruiterkuns).

Wian Groothof, Erich Süllwald, Gerrit Groothof en Lethabo Semango het almal trofeë in sport ontvang. Wian het trofeë vir biathle en tweekamp ontvang sowel as die trofee vir die mees veelsydigste sportseun. Erich het ’n trofee vir tennis ontvang en Gerrit vir gimnastiek. Lethabo het die landloop-trofee ontvang.

Sharon Jacobsz en Carl Mattheus het die trofeë vir leierskap en dienslewering ontvang tydens die skool se Cum Laude-toekenningsaand. Dié trofeë word toegeken aan die seun en dogter wat hulself as leiers bewys het.

Só lyk Laerskool Warmbad se senior sportuitblinkers. Voor op die foto is Thandi Ledwaba (trompoppies), Aluscka Lorist (hokkie) en Gizelde Strauss (atletiek, landloop, netbal, skoleswem, tweekamp, veelsydigste sportdogter en beste sportdogter binne skoolverband). Agter is Pearl Mabutla-Mahapa (trompoppies), Lize de Jonge (tennis), Monique BrentMeek (tuimel) en Teagan Jones (skoleswem).

Karla Grobler en Lizé Süllwald het trofeë in sport ontvang tydens Laerskool Warmbad Cum Laude-toekenningsaand op Donderdag, 8 November. Karla het trofeë in biathle en klubswem ontvang en Lizé in tennis.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.