Veepos Newspaper May 2013

Page 13

MEI 2013 I Die VeePos

13

VELD NUUS

3 grade warmer!!!

vvlg van bl 2 - Wêreld Omgewingsdag 2013

Wat die kundiges sê SARSCHEN SCORGIE, ‘n personeellid van Conservation Suid Afrika wat op die LTAS projekspan se bestuur dien, het op 11 Maart 2013 ‘n voorlegging van Professor Jorgen Randers, wêreldbekende kenner op die gebied van klimaatsverandering en medeskrywer van die bekende boek “Limits to Growth”, bygewoon. Sy het haar indrukke oor die praatjie gedeel: “Professor Randers se praatjie het gegaan oor die neigings vir die volgende 40 jaar (2012 -2052) in lig van huidige klimaatsverandering inligting. Sy gevolgtrekking neem aspekte soos die klimaat en bevolkingsgroei in ag. Professor Randers voorspel dat dinge “nie so erg” sal wees soos wat aanvanklik gevrees is, in die volgende 40 jaar nie, maar dit het my ook opgeval dat hy nie geraak het op die 3+ grade Celsius verhoging van temperature na 2050, asook die onsekerheid van hoe ekosisteme hierdie verhoogde temperatuur sal hanteer, nie. Professor Randers voel dat die wêreld in ‘n relatiewe “veilige” 2 – 2,5 grade maksimum verhoging sal bly in die volgende vier dekades, maar ons weet reeds dat vir Suid Afrika spesifiek, dit ‘n 4 -5 grade verhoging sal beteken. Professor Randers voel dat vir die volgende 40 jaar, dat met hierdie gematigde impakte, dat wêreldwye kosproduksie en watervoorraad minstens tot 2050 nie aansienlik geraak sal word nie. Hy voel egter dat hongersnood in baie gebiede sal voortgaan om ‘n probleem te wees as gevolg van faktore soos gebrek aan toegang tot voedsel, armmoede en markte. Volgens Professor Randers sal die verhoogde pryse van water ook tot op ‘n punt sorg vir water-effektiwiteit. Uit my eie perspektief sou ek graag wou hoor wat hy sou sê oor wat die impakte op kosproduksie en waterbeskikbaarheid ná 2050 sal wees, wanneer temperature skerp gaan styg. Terwyl Professor Randers sê dat dit onwaarskynlik is dat ons groot klimaatskokke in die volgende 40 jaar sal beleef, waarsku hy dat daar nogtans baie droogtes, vloede en siklone sal wees wat ekonomieë sal aantas. Hy sê ook dat alhoewel dinge dalk relatief rosig mag lyk, hierdie volgende 40 jaar nie gesien moet word as ‘n tyd om op ons louere te rus nie, maar om iets te DOEN aan die komende impakte van hoër temperature. Vir my het dit weereens die noodsaaklikheid om dringend Langtermyn Scenarios te ontwikkel vir hoe ons in Suid Afrika met hierdie komende verandering sal omgaan. 40 jaar is nie werklik ‘n baie lang tyd nie. Professor Randers het dit bevestig toe hy gesê het

een van die

foto deur ©Google Images - Professor Randers

grootste beperkings tot die mensdom se vermoë om voor te berei vir klimaatsverandering is juis die korttermyn aard van ons besluitneming . Laastens het Professor Randers 5 aanbevelings gemaak waaraan die mensdom ernstig moet aandag gee as ons, klimaatsverandering of nie, ‘n beter planeet met beter lewensstandaarde en ‘n gesonde ekologie wil hê: • Bring die bevolkingsgroei af – hy bepleit , ten spyte van die ongewildheid van die idee, een kind per persoon. Die wêreld se bronne is beperk en sal tot ‘n einde kom – dit kan net sóveel mense en nie meer nie, onderhou. • Vermindering van koolstofvrystellings deur die verbanning van fossielbrandstowwe. Elke ons koolstof wat in die atmosfeer ingaan, maak die toekoms warmer en ondraagliker. • Help armer lande met die bou van skoon energie fasiliteite en klimaatsvriendelike energiestelsels. • Temper korttermyndenke en vestig supranasionale instellings soos‘n globale sentrale bank vir koolstofvrystellingsregte; en laastens • Stel nuwe doelwitte vir die ryk mense van die wêreld – Professor Randers sê dat ‘n nuwe doel van welsyn (“wellbeing”) eerder as rykdom, mense se fokus moet wees. Professor Randers se praatjie was uiters interessant vir my, en sy voorstelle maak absoluut sin, maar ek sou graag wou hoor wat sy visie vir na 2050, wanneer ons sommige van die werklike groot klimaatskokke verwag, was. Volgens Randers is hy ook pessimisties dat die onperfekthede van demokrasie en kapitalisme ‘n struikelblok is vir die leiers van die wêreld om nie gewilde, maar die regte besluite, wat die mensdom kan help om aan te pas by die komende klimaatskokke, te neem. Self dink ek nog steeds dat ons baie kan doen om ‘n verskuiwing mee te bring wat aanpassings by klimaatsverandering kan ondersteun en wat ons afhanklikheid van fossielbrandstowwe, kan verminder.”

Konkinkryk mors huishouding jaarliks ‘n geskatte 6.7 miljoen ton kos – dit is ongeveer ‘n derde van die totale 21.7 miljoen ton kos wat jaarliks gekoop word. Daar word gereken dat 32% van die kos wat vermors word inderwaarheid nog heeltemal eetbaar is. Waarom mors mense kos? Die skrywer van die boek “American Wasteland”, Jonathan Bloom sê ons mors kos omdat ons dit vanselfsprekend aanvaar. Opvallend word die meeste kos gemors in welvarende lande en huishoudings. Waar kos volop is, ag ons dit nie meer na waarde nie. Nog ‘n rede is dat kos relatief goedkoop is, veral in ontwikkelde lande waar boere gesubsideer word om kos te produseer. Dit

beteken dat die verbruiker eintlik minder vir die kos betaal as wat dit gekos het om dit te produseer. So dit is maklik en nie te duur om net nog kos te gaan koop nie, en kos wat eintlik nog gebruik kan word, word makliker weggegooi. Laastens, sê Jonathan Bloom, gee ons nie meer aandag aan kos nie – wegneemetes, vooraf verpakte maaltye en gemorskos veroorsaak dat ons nie meer self kook nie, ons is dus uit voeling met ons kos.

foto deur ©Google - Bruikbare kos beland op vullishope

Wat is die oplossing hiervoor? 10 wenke om minder kos te vermors: •

• •

gaan deur jou kos- en yskas voordat jy inkopies doen en maak ‘n inkopielys net van dit wat jy nodig het; hou by jou inkopielys! maak seker dat jou yskas in ‘n goeie toestand is en nie seëls het wat nie goed pas nie, sodat kos daarin langer vars kan bly; Moenie kos weggooi nie! Vrugte wat effens oorryp is, kan versap word, groente wat effens verlep is, kan in sop gebruik word; Gebruik jou oorskiet. Dink aan maniere hoe jy vandag se oorskiet in môre se maaltye kan gebruik; Roteer die items in jou koskas, wanneer jy nuwe items koop, pak hulle agter in die kas en skuif die oues

• •

vorentoe sodat hulle gebruik kan word voordat dit bederf; Bedien klein hoeveelhede – mens kan altyd weer skep. Koop net wat jy nodig het – koop 5 appels vir die appeltert in plaas van ‘n hele sak appels. Vries! Daar is tientalle soorte kos, selfs brood, wat goed vries. As dit lyk of jy nie iets gou genoeg gaan opgebruik nie, sit dit in die vrieskas. Maak kompos daarvan en gebruik die kompos om groente te kweek in jou tuin

Ons kan almal ‘n verskil maak deur minder kos te mors – letterlike tonne kos per jaar kan wêreldwyd bespaar word – as elkeen sy deel doen.

Verbeterde klimaatsbeskerming in landbou LANDBOU IS verantwoordelik vir 10 tot 12 % van alle kweekhuisgasse wat deur die menlike aktiwiteite vrygestel word. Dit laat die vraag ontstaan van hoe die kweekhuisgasse verminde kan word in die landbou sektor. ‘n Onlangse studie het vir die eerste keer die volle reeks faktore wat bydra tot die vrystelling van kweekhuisgasse, naamlik grond en klimaatstoestande, landboumodelle en beide organiese en intensiewe landbou, ontleed en gekyk of hoe dit bydra tot klimaatsverwarming. Deur hierdie inligting, wat uit die studie gekom het, te gebruik, kon wetenskaplikes ‘n nuwe model ontwikkel wat landbouers in staat sal stel om ‘n klimaatsbalans vas te stel en te verbeter. As deel van die studie het die span wetenskaplikes 40 organiese en 40 konvensionele plase oor Duitsland se vier landboustreke, ondersoek. Hulle het uitsluitlik op gewas- en suiwelplase gefokus. Die wetenskaplikes het al die toepaslike klimaatsgasse tydens die totale produksieproses gemeet. Die gasse wat tydens die boerderyproses gegenereer word is metaan, stikstof-oksied en koolstofdioksied. In die geval suiwelplase het hulle ook die aankoop van sojaboonmeel vanuit Suid-Amerika en die kweekhuisgasse wat deur die vervoer daarvan vrygestel word, ingereken. Fossielbrandstowwe, en veral diesel, is een van die grootste bronne van koolstofdioksied vrystelling. Koolstofdioksied word egter ook vrygestel deur die vervaardiging van minerale stikstof

kunsmis, insekdoders, landbou masjinerie en – toerusting. “Daar is verskillende maniere om ‘n plaas se klimaatsbalans te verbeter,” verduidelik Professor Kurt-Jürgen Hülsbergen van die Technische Universität München (TUM). “Een baie doeltreffende strategie is vir landbouers om eerder hul eie voer te kweek as sojabone en ander voer van elders aan te koop. Plase kan ook die produksieprosesse meer vaartbelyn maak deur moderne tegnologie te gebruik wat hoër opbrengste bring sonder dat dit meer energie vereis.” In gewasboerdery is die vermeerdering van stikstof doeltreffendheid van uiterse belang. Hoë vlakke van stikstof word in die omgewing vrygestel en gewasse is gewoonlik nie in staat om al die stikstof op te neem nie. Die vervaardiging van stikstof kunsmisse vereis ook baie energie, wat die klimaatbalans nog meer versteur. Deur te bepaal wat die regte hoeveelheid stifstof is en dit dan toe te dien, in plaas van te veel, kan dit help om ‘n plaas se klimaatsbalans te herstel.In kontras hiermee, kan die kweekhuisgas koolstofdioksied baie effektief in grond gestoor was as humus. Dit kan bereik word deur peulgewasse, soos ertjies of lusern, te saai, aangesien peulgewasse help om stikstof te bind. Verder kan die aanwending van organiese kunsmis soos kompos bydra tot nog minder kweekhuisgasse wat vrygestel word, aangesien dit die nodigheid om petroleumgebaseerde kunsmis te vervaardig en te vervoer.

Die studie het ook gewys dat organiese boerdermetodes by verre meer energie effektief is en baie minder vrystelling van koolstofdioksied tot gevolg het. Die organiese boerderye in die studie het omtrent 20% minder koolstofdioksied vrystellings tot gevolg gehad per opbrengseenheid as die konvensionele boerderye. Organiese suiwelplase kweek meer van hulle eie voer en voer baie minder sojaboonmeel in. “Die organiese plase waarna ons gekyk het het ongeveer 200 gram minder koolstof per kilogram melk vrygestel as konvensionele suiwelplase.” Sê Hülsbergen. Interessant genoeg het die ondersoek getoon dat die hoeveelheid koolstof wat deur organiese plase vrygestel word baie wissel tussen organiese plase self. Dit demonstreer dat die kundigheid van die boer ‘n baie groot rol speel in die kweekhuisgas balans en dat daar selfs op organiese plaas baie ruimte vir verbetering is. Hierdie is die eerste keer dat ‘n studie ‘n 360 grade oorsig oor klimaatstoepaslike faktore wat al die vrystellings vanaf lewendehawe boerdery tot gewasboerdery gedek het. “Ons het ‘n werkende model wat ons in staat sal stel om die oorsake van lae energie doeltreffendheid asook hoë kweekhuisgasvrystelling, te identifiseer,” sê Hülsbergen. “Ons is nou besig om die model te verbeter sodat dit direk deur klimaatsveranderings raadgewers in die landbou sektor gebruik kan word.” tor.” foto deur ©CSA - CAPTION TO GO IN HERE


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.