Koringfokus September/October 2023

Page 1

TREFFERS EN NUWIGHEDE BY

TREFFERS EN NUWIGHEDE BY NAMPO KAAP

Die gene-revolusie en koring se toekoms

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 VOL 41.5
SA lacking in new plant breeding technologies

VOORBLAD

Die New Holland BB-1270 Plus Density-baler maak bale met ‘n groter digtheid in ‘n versterkte baalkamer.

Foto: New Holland Landbou.

Koringfokus / Wheat Focus verskyn ses keer per jaar en word in samewerking met die koringbedryf saamgestel, wat insluit: LNR-Kleingraan; SA Graaninligtingsdiens & SA Graanlaboratorium.

Gratis beskikbaar aan bona fide-kleingraanprodusente

04 SACTA successes continue

05 Kwaliteit saad sonder grensbeperkings bevoordeel voedselsekerheid

5 Melkboer is Oos-Kaap se jongboer

8 Betroubare inligting help in onsekere tye en toestande

9 Arbeid moet saam met outomatisering ontwikkel

9 EI Niño and loadshedding heighten risk of veld fires

10 Agri Limpopo - Hoop is ‘n werkwoord

11 Nuwe weerstasies in Wes-Kaap bring voordele vir landbou

14 Daar ís hulp om klimaatsverandering te versag

16 Wheat industry revival strategy depends on long-term quality data for bread wheat cultivars

17 Prof Driekie Fourie, Yolandi Furniss joins Syngenta

20 Berei nóú voor vir koringopberging

22 No response from Minister on new plant breeding technologies

Byvoegmiddels op die blaar

Uitgewer en eienaar

Adres vir redaksionele kopie, advertensies en intekenare: Mediakom

Posbus 20250

Noordbrug 2552

Tel: 018 293 0622

E-pos: info@mediakom.co.za www.mediacomcc.co.za

REDAKTEUR: Willie Louw

ADVERTENSIES: Jana Greenall 011 476 3702 / 082 780 9914

UITLEG: Mercia Venter - studio.chatnoir@gmail.com

KOPIEREG EN STANDPUNTE

© Kopiereg / Copyright: Ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg Nr 98 van 1978 en enige wysigings word alle regte voorbehou. Standpunte en aansprake in advertensies en artikels word nie noodwendig deur Mediacom Bk en enige medewerkers / deelnemende instansies onderskryf nie. Regstellings word net oorweeg indien ‘n tipografiese fout die bemarkingswaarde van ‘n advertensie/promosie verminder.

MEGANISASIE

24 Digter bale en sterker knope in nuwe baler-model

24 Metaankrag-trekker, aangedryf deur die natuur

25 Farmall-trekkers vier ‘n eeu

25 Trekkers en stropers se verkope kan begin water trap

KLEINGRAAN

18 Byvoegmiddels Deel 3: Spuitoplossings, byvoegmiddels op die blaar

28 Die gene-revolusie – wat hou die toekoms vir koring in?

NAMPO KAAP

12 Kleingraan, plaasdiere en die Rûens se gasvryheid wag by Nampo Kaap

13 Treffers en nuwighede op Nampo Kaap se program

Farmall herdenk ‘n eeu

MARK-INFO

7 Meer gars en kanola vir 2023 geplant maar minder koring

27 SAGIS: Market information: 2023/24 marketing year

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 3
REEDS 41 JAAR DIE ONAFHANKLIKE SPESIALIS-TYDSKRIF VIR DIE KLEINGRAANBEDRYF
SEPTEMBER • OKTOBER 2023 VOL 41-5 25
Koringopberging 20
18

SACTA successes continue

The South African Cultivar Technology Agency has concluded another highly successful year of operations for the period from 1 March 2022 to 28 February 2023. It raised a total levy income of R159 918 million in 2023.

Although the South African Cultivar Technology Agency’s (SACTA) total levy income is lower than the 2022 income of R161 690 million, the reasons for this reduction are quite clear, according to Deon van Rooyen, the chairman of SACTA.. Firstly, the soybean levy in 2022/23 was somewhat lower, namely R55/ton as opposed to R57/ton in 2021/22, and secondly, approximately R20 million of the soybean levy was paid in March 2023, and therefore does not reflect in the 2023 financial year.

CEO of SACTA, Andrew Bennett, explained that the income from soybeans and wheat was R86 823 million and R61 406 million respectively, while the smaller crops such as barley raised R9,84 million, oats R1,9 million and lupins R510 000 (Figure 1).

Since this mandatory levy to support breeding programmes in developing new varieties and the latest technologies was introduced in 2016, it has resulted in a win-win situation for

both seed breeders and the local producers of the relevant open pollinated crops.

The statutory levies were gradually introduced over the last few years, with levies for wheat and barley commencing in 2016/17 and soybeans and oats in 2019/20, with lupins being added in 2022. Today, SACTA prides itself in a highly successful rate of levy collection when compared to reported SAGIS deliveries. According to Bennet, the most recent levy collection achievements are soybean 92%, wheat, 88,5%, barley 94% and for oats 81% (Figure 2).

For the current period (October 2022 to September 2023) the levy for wheat, barley and oats amount to R32 per ton while lupins are R35 per ton. The statutory levy for soybeans is currently R66 per ton but is increasing to R92 per ton (March 2024 to February 2025).

SACTA collects the levies and pays the funds over to the relevant seed companies to support their breeding programmes so that such companies find it attractive and rewarding to bring new technologies to South Africa. As a result, major benefits have been seen locally in new traits and also higher yields.

After auditing, a total R143 363 million was distributed to the seed industry during the 2023 financial year. At the recent annual information session, Bennet explained that wheat breeders collected R54 624 million in December 2022, while principles involved in soybean breeding and technology received R76 948 million in August 2023.

Although the SACTA financial year runs from 1 March to 28 February, the levy collection is linked to the individual crop –beginning during the growing season and extending into the marketing season. Levy collection for soybean occurs within one financial year that is aligned with the SACTA financial year, but for winter grain it takes place over two financial years. The time of levy distribution is dependent on receiving timeous information from seed companies and grain traders, but generally it takes place around August for summer crops, and October/November for winter cereals.

The greatest success of SACTA lies in the fact that 74,5% of the gross levy income is used for its intended purpose, namely to support breeding programmes of open pollinated crops in developing new varieties with the latest technology. Administrative and commission costs are maintained at about 5,5% while 20% goes towards transformation by supporting enterprise development, skills development and socio-economic development.

SACTA was established as a non-profit company, with its main responsibility being to administer the statutory levy on certain self-pollinating grain crops according to the Companies’ Act 71 of 2008.

The financial statements are available on the website www. sactalevy.co.za.

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 4
Figure 1. The gross levy income from winter cereal crops wheat, barley, oats and more recently lupins as well as soybeans, the only open-pollinated crop presently subject to this statuary levy Figure 2. Levy collection efficiency in the grain marketing seasons (GMS) of winter crops (October-September) and soybeans (March-February) since inception of the statutory levy.

Kwaliteit saad sonder grensbeperkings bevoordeel voedselsekerheid

Kwaliteit saad kan die grootste bydrae lewer om uitdagings van voedselverskaffing te midde van klimaatsverandering teen te werk. Internasionale samewerking kan verder help om uitdagings soos die beperkte beskikbaarheid en hoë koste van saad en regulatoriese uitdagings aan te pak.

Saam met die ontwikkeling van saad vir toestande wat voortdurend verander moet saadmaatskappye boere ook bystaan met veerkragtige produksiepraktyke, sê die president van die internasionale saadfederasie (ISF), Marco van Leeuwen.

Hy het tydens die ISF se jaarlikse wêreldkongres in Kaapstad gesê om saad vir almal toeganklik te maak, is teling, innovering, handel en die vrye beweging van saad nodig.

Vanjaar se internasionale kongres van drie dae is gesamentlik deur die ISF en ‘n Suid-Afrikaanse komitee aangebied waar meer as 1 200 afgevaardigdes van 60 lande teenwoordig was. Die ISF het 7 500 saadmaatskappye op sy ledelys. Die plaaslike reëlingskomitee is deur David Malan van Sansor gelei. Suid-Afrika was as streeksleier in die saadbedryf ‘n vanselfsprekende gasheer vir die kongres.

Die waarde van die plaaslike saadbedryf was volgens Malan in 2022 sowat R14,9 miljard, wat saaduitvoer ingesluit het. Die meeste saad word in graangewasse vir mielies, sojabone en sonneblom aangewend, gevolg deur groentesaad en saad vir voergewasse.

Volgens Van Leeuwen is handel in saad noodsaaklik om die ideaal te bereik waar saad van goeie gehalte vir almal toeganklik is. Met verwysing na landbou in Afrika het hy gesê beter verhoudings tussen die saadbedryf se rolspelers kan help dat Afrika se boere nie agtergelaat word nie.

Sommige partye doen egter nie hul bes om beskikbare tegnologie en kiemplasma na die wêreld se uithoeke te versprei nie. Nog ‘n uitdaging is die beperkings wat sommige regerings instel en politieke beleidsbesluite wat daartoe lei dat boere nie bedien kan word nie.

Klimaatsverandering veroorsaak ‘n voortdurende kopseer, het Van Leeuwen gesê. Dit neem jare en baie geld om ‘n variëteit se saad by klimaat te laat aanpas en wanneer dit gereed is het die toestande weer verander. Saad word voortdurend aangepas, maar saadtelers bly agter en word telkemale deur die natuur en vinnige klimaatsverandering verras. Telers word egter nie ontmoedig nie en gaan voort om saad te ontwikkel wat aangepas is vir droogte en hitte, brak grond en ‘n oormaat reën.

Saadkorrupsie bied volgens die ISF se sekretaries-generaal, Michael Keller, ‘n uitdaging wat gesamentlik deur die saadbedryf en regerings aangepak moet word. Korrupsie word toenemend gevind met vervalste saad en vals verpakkings en dit benadeel voedselproduksie.

Almal in die waardeketting moet ingelig wees oor die waarde van goeie saad sodat dit voortdurend aan produsente oorgedra kan word, het Sansor se voorsitter, Matome Ramok-

gopa, gesê. Terselfdertyd moet die vervoer van saad tussen lande sonder beperkings kan geskied.

Een van die oplossings vir die voedselbedryf wat onder voortdurende druk is, is volgens Ramokgopa die saadbedryf wat vir voedselsekerheid en vir die omgewing van waarde is.

“ ‘n Funksionerende saadbedryf in Suid-Afrika is deurslaggewend om veerkragtigheid te bou en ondersteuning aan die streek te bied,” sê hy

Melkboer is Oos-Kaap se jongboer

Dian Landman van die Tsitsikamma-dikstrik in die OosKaap is aangewys as Agri Oos-Kaap en Toyota se Jongboer van die Jaar. Hy bestuur die Lactimar-melkplase en is nou ‘n finalis vir die 19de nasionale wenner van Toyota SA en Agri SA se jongboerkompetisie. Die wenner word 16 November 2023 aangewys.

Die ander kandidate van Agri Oos-Kaap teen wie Landman te staan gekom het, was Stefan du Plessis wat ‘n gemengde boerdery naby Hofmeyr bedryf, Lood de Jager wat ook in die Hofmeyr-distrik ‘n gemengde boerdery het en Mich Turner van die Cedarville-distrik - ook met ‘n gemengde boerdery.

Ander provinsies se kandidate vir die nasionale titel is Christi van den Heever van die Wes-Kaap, Lukas Lessing van die Vrystaat, Gideon van Zyl van Noordwes, JJ de Nysschen van Limpopo en Gareth Allen van Mpumalanga.

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 5
Marco van Leeuwen en Michael Keller, onderskeidelik president en sekretaris-generaal van die internasionale saadfederasie, saam met Sansor se voorsitter, Matome Ramokgopa, tydens ‘n mediakonferensie by die wêreldsaadkongres. Foto: Magda du Toit.
villa (2023).pdf 1 2023/02/23 09:40

Meer gars en kanola vir 2023 geplant maar minder koring

Terwyl gunstige toestande vir die plaaslike koringoes ervaar word, gaan Suid-Afrika steeds meer as die helfte van sy behoefte invoer. Suid-Afrika gaan na verwagting 2 miljoen tot 2,3 miljoen ton produseer en 1,4 miljoen tot 1,6 miljoen invoer, afhangend van die weerstoestande en opbrengs.

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se eerste oppervlakteskatting van 26 Julie 2023 vir koring in die 2023-seisoen is 6,09% minder as in die vorige seisoen.

Sowel die plaaslike prys aan produsente as die invoerprys word deur internasionale markpryse bepaal en dit word in Suid-Afrika se geval deur die wisselkoers beïnvloed. Ekonome bestempel die prys as wisselvallig omdat ongunstige landboutoestande soos vloede en droogtes in sommige groot produksiegebiede voorkom. Die prys word verder benadeel weens Rusland se onttrekking aan die Swartsee-graanooreenkoms tussen Rusland, die Oekraïne en Turkye waarvolgens graan die afgelope jaar uit Oekraïne se Swartsee-hawens uitgevoer kon word.

Ná Rusland se onttrekking van die ooreenkoms in Julie 2023 is verskeie lugaanvalle op Oekraïnse hawestede uitgevoer. Koringpryse het daarna in Chicago gestyg. Oekraïne produseer sowat 10% van die wêreld se koring, 15% van die mielies en 47% van die sonneblomolie.

Die hoër internasionale prys veroorsaak dat Suid-Afrika se invoerheffing waarvolgens plaaslike produsente teen goedkoop ingevoerde koring beskerm word, nie in werking tree nie.

Koring

Die NOK se eerste voorlopige skatting van die oppervlakte beloop 532 300 ha, wat 6,09% of 34 500 ha minder is as die 566 800 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Die skatting weerspieël die situasie teen die middel van Julie 2023.

Die beraamde oppervlakte beplant in die Wes-Kaap is 362 000 ha, wat 2 000 ha meer is as die 360 000 ha van die vorige seisoen. Vir die Vrystaat is die aanplantings 71 000 ha, wat 25 000 ha minder is as die 96 000 ha van verlede seisoen.

Die oppervlakte beplant in die Noord-Kaap is 39 000 ha, wat 8 000 ha minder is as in die vorige seisoen.

Ander gewasse

Die voorlopige oppervlakskatting vir gars is 109 600 ha, wat 8,51% of 8 600 ha meer is as die 101 000 ha van verlede seisoen.

Die oppervlakte onder kanola is 128 100 ha, wat 3,72% of 4 590 ha meer is as die 123 510 ha wat verlede seisoen geplant is.

Die voorlopige oppervlakteskatting vir hawer vir die 2023-seisoen is 26 000 ha en vir soetlupiene 18 000 ha.

Die voorlopige oppervlakteskatting is gebaseer op resultate van ’n nie-ewekansige opname onderneem deur die direktoraat: statistiek en ekonomiese ontleding van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en ander verteenwoordigers. Inligting van die onafhanklike oesskattingstelsel van produsente (Pices), wat die Nasionale Oesskattingskonsortium onderneem, word in Augustus 2023 vir die Wes-Kaap gerapporteer en vir die Vrystaat in September 2023.

Die NOK se hersiene oppervlakte beplant en eerste produksieskatting vir wintergewasse vir 2023 word 29 Augustus 2023 vrygestel. Meer inligting is op SAGIS se webtuiste by www. sagis.org.za onder die opskrif ‘non-SAGIS info’ - crop estimates.

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 7
NOK OESSKATTING
Figuur 1. Garsoppervlakte 2010 - 2023. Bron: NOK.
Provinsie Opp beplant Ha 2023 Voorneme* Ha Middel April 2023 Opp beplant Ha 2022 Finale oes Ton 2022 Wes-Kaap 362 000 362 500 360 000 918 000 Noord-Kaap 39 000 40 000 47 000 338 500 Vrystaat 71 000 77 000 96 000 436 800 Oos-Kaap 6 400 6 300 6 000 40 200 KwaZulu-Natal 8 500 8 500 9 200 60 730 Mpumalanga 4 200 4 100 4 000 27 600 Limpopo 30 000 31 000 29 000 187 000 Gauteng 1 200 1 200 1 100 7 370 Noordwes 10 000 12 000 14 500 93 800 Totaal 532 300 542 600 566 800 2 110 000 Bron: NOK. Figuur
Tabel 1. Voorlopige oppervlakteskatting van koring per provinsie vir die 2023-produksieseisoen. 2. Kanola-oppervlakte 2010 - 2023. Bron: NOK. * Voorneme gebaseer op toestande van middel April 2023.

Betroubare inligting help in onsekere tye en toestande

Vooruitskouings te midde van wisselvallighede in weerstoestande, klimaatsverandering en oesopbrengste veroorsaak dat akkurate en onpartydige inligting belangriker word. Die wêreldwye behoefte aan sulke inligting en stelsels om met voorspellings te help neem voortdurend toe, sê die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS), dr Erhard Briendenhann, is sy jaarverslag.

Die jaarverslag is tydens SAGIS se algemene jaarvergadering by die Willem Prinsloo-landboumuseum gelewer. Tydens die vergadering is dr Briendenhann as voorsitter van die raad van direkteure herkies en Chris Schoonwinkel as ondervoorsitter. Die hoofbestuurder is Bernard Schultz en sy afdelingshoofde is Martie Thomas (korporatiewe sake), Neo Masango (inligting) en Chris Herbst (inspeksies).

Vooruitskouings berus volgens dr Briendenhann op feitlike historiese inligting. In onsekere tye en ongunstige klimaatstoestande is inligting oor (graan)voorraad noodsaaklik vir besluitneming. Met SAGIS se akkurate, onpartydige en waardevolle inligting aan die bedryf vervul die maatskappy (sonder winsoogmerk) ‘n belangrike rol.

SAGIS pas hulle stelsels voortdurend aan met opgradering en verandering om seker te maak die korrekte inligting word verskaf. Enige verskille in rapporterings word opgevolg en inspekteurs besoek medewerkers om kontrole uit te oefen.

Dr Briendenhann het sy dank aan die bykans 600 medewerkers uitgespreek vir hulle samewerking en vertroue. Aan die einde van Februarie 2023 was daar 596 medewerkers van heelgraan en oliesade wat saamgestel is uit 462 verwerkers, 78 handelaars, 36 opbergers en 20 silo-eienaars.

Medewerkers is wetlik verplig om inligting maandeliks aan SAGIS te verskaf. In die oorsigjaar het 99,5% medewerkers hulle verslae ingestuur en sowat 75% daarvan voor die sperdatum van die tiende van elke maand. Medewerkers se inligting word deur SAGIS se inspekteurs gekontroleer met ouditerings en voorraadopnames, en tydens nuwe registrasies en kansellasies. Inspekteurs het in die oorsigjaar 748 medewerkers besoek.

SAGIS het in 1997 op versoek van die graan- en oliesadebedryf tot stand gekom toe die eenkanaalbemarkingstelsel en beheerrade beëindig is. Vier trusts vorm die maatskappy se lede en befonds dit, naamlik die Mielietrust, Olie- en Proteïensadeontwikkelingstrust, Sorghumtrust en Suid-Afrikaanse Wintergraanbedryfstrust. Elke trust benoem twee direkteure en ‘n alternatiewe lid.

SAGIS se inligting word hoofsaaklik deur drie sektore gebruik, naamlik graanprodusente, beleidsamestellers en deur handelaars en verwerkers. Die maatskapy se inligting word egter ook deur internasionale organisasies aangewend. In die 2022/23 finansiële jaar was 34% van die besoeke aan SAGIS se webtuise deur organisasies of individue van Ierland, gevolg deur besoeke uit die Verenigde State van Amerika, Kanada en Indië.

SAGIS se koste om inligting te voorsien word jaarliks bereken volgens die tonnemaat van gelewerde graan en oliesade en die invoer daarvan. In die afgelope finansiële jaar het die koste R0,77/ton beloop. Sedert SAGIS se totstandkoming was hierdie koste altyd minder as R1,00/ton.

Dr Briendehann het in sy jaarverslag beklemtoon dat SAGIS sy wetlike verpligting nakom en met regeringsdepartemente konsulteer maar steeds onafhanklik van die regering funksioneer. Inligting van historiese, feitlike inligting word voorsien maar die maatskappy is nie betrokke by voorspellings of spekulasies oor oesgroottes nie. Inligting oor medewerkers word vertroulik hanteer en nie aan derde partye voorsien nie, tensy ‘n medewerker dit goedkeur of dit deur ‘n hofbevel geopenbaar word.

“SAGIS kry geen voordeel om maandelikse inligting verkeerd te verskaf of te manipuleer nie. Ons toekoms word bepaal deur hoe betroubaar inligting vir gebruik deur die markomgewing is,” sê dr Briendenhann.

SAGIS se direkteure

Tydens die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS) se jaarvergadering van 2022/23 se finansiële jaar is die raad saamgestel deur die vier ledetrusts se aangewese direkteure. Twee nuwe direkteure is aangewys.

Die vier trusts is die Mielietrust, Olie- en Proteïensadeontwikkelingstrust, Sorghumtrust en Suid-Afrikaanse Wintergraanbedryfstrust. Elke trust benoem twee direkteure en ‘n alternatiewe lid.

Mielietrust:

Zovuyo Ngejane en Chris Schoonwinkel met Derek Mathews as alternatiewe direkteur.

Olie- en Proteïensadeontwikkelingstrust: Dr Erhard Briedenhann en Dr André van der Vyver met Dikeledi Mosehla as alternatiewe direkteur

SA Wintergraanbedryfstrust:

Craig Binnion en Wessel Lemmer met Dr Pieter Taljaard as alternatiewe direkteur

Sorghumtrust:

Willem Groothof en Thato Mugonda met Dawid Beets as alternatiewe direkteur.

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 8

Arbeid moet saam met outomatisering ontwikkel

Die volgehoue positiewe groei van die landbousektor in 2021/22 tydens Suid-Afrika se herstelfase na die Covidpandemie is ‘n aanduiding van rolspelers se veerkragtigheid, volhoubaarheid en vermoë om enige storm te weerstaan, sê Shandini Naidoo van die internasionale handels- en ontwikkelingsmaatskappy Avoport.

Sy is bekommerd dat die vinnige ontwikkeling van kunsmatige intelligensie en outomatisering die arbeidsmark in landbou kan ontwrig. Dit kan sommige werkers se produktiwiteit verbeter, ander se werk vervang en sal waarskynlik alle beroepe in ‘n mate verander, het me Naidoo by die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS) se jaarvergadering gesê. Benewens haar betrokkenheid by Avoport is sy onder meer lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad en voorsitter van die Oesskattingsskakelkomitee.

“Dit is baie belangrik dat die werksmag se vermoëns saam met vinnig ontwikkelende outomatiseringstegnologieë aangepas word sodat die risiko van ‘n vermiste middelgroepverskynsel en meer werkloosheid voorkom word.”

Te midde van landbou se positiewe verwikkelinge het die pandemie en die konflik tussen Rusland en die Oekraïne voedselsekerheid ontwrig en bedreig deur die kwesbaarheid en onsekerheid van die landbouvoorsieningsketting bloot te lê.

Die pandemie en konflik het volgens me Naidoo ‘n negatiewe uitwerking op al vier pilare van voedselsekerheid, naam-

Die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens se voorsitter van die raad, dr Erhard Briendenhann (regs), Shandini Naidoo (links) van Avoport wat spreker was by die jaarvergadering en die hoofbestuurder, Bernard Schultz.

lik die beskikbaarheid, toeganklikheid en benutting van voedsel en die stabiliteit van die voedselketting.

Me Naidoo beskou samewerking as ‘n sleutelfaktor vir volhoubare landbou, mits dit aan voorwaardes voldoen. Samewerking dra direk of indirek by tot die ontwikkeling van ekologiese, maatskaplike en ekonomiese voordele.

Met strategiese samewerking tussen rolspelers ontstaan sterker onderhandelingsmagte vir hulle sodat groter gesamentlike beleggings moontlik is. Dit verhoog deelnemers se doeltreffendheid en skep geleentheid om kennis en vermoëns te deel. Nog ‘n voordeel van samewerking is dat oplossings gevind word wat wettig, buigsaam en plaaslik van belang is.

EI Niño and loadshedding heighten risk

As South Africa braces itself for hotter and drier EI Niño weather conditions, coupled with risks associated with loadshedding, farmers are cautioned to put the necessary measures in place to mitigate against the risk of veld fires during this windy spring season.

“Over the years, we have seen the negative impact that veld fires have caused to farmers, in certain parts of the country, as they try to recover from a very difficult time that goes as far back as the 2015/16 season during the drought,” says Dawie Maree, head of information and marketing at FNB Agribusiness.

“During the dry season, veld fires can spread quickly destroying not only farms but also infrastructure and causing destruction in neighbouring residential areas as well. Furthermore, power surge risks following loadshedding, coupled with consumers mistakenly leaving items such as heaters and stoves on, could potentially result in fires. Furthermore, the use of candles or outside fires can also lead to fire risks, especially in rural areas,” he adds.

The negative repercussions of the fire outbreaks have resulted in increased loss of agricultural production in the past. Consequently, this has also caused food insecurity for both humans and livestock. In some instances, equipment was damaged because of veld fires which resulted in serious financial challenges to the farmers.

of veld fires

“After contracting by 12,3% year on year in the first quarter of 2023, the industry needs to take the necessary measures to avoid risk that can dampen confidence and growth of the sector going forward. Earlier indications shows that the lingering EI Niño weather pattern may dampen the outlook if it turns out to be deeper than expectations,” Maree says.

Long-term disaster management plans should be put in place to manage and control risks of veld fires. He emphasizes that this should not only be during winter season but throughout the year so that people become accustomed of the risk management measures that farms take to mitigate and manage risks during unforeseen circumstances.

“Farmers must consider having a fire management plan and collaborate with government and other farmers to follow procedures or protocols that will avoid disasters when starting fire in their areas. Always keep fire equipment in good condition, maintain adequate firebreaks, have adequate insurance, and have regular stakeholder engagements with communities to raise awareness and educate them about veld fires.

“Veld fires are not unique to South Africa; the impact has been severe in the past and put farmers on the back foot after a challenging couple of years. Taking a proactive approach and ensuring that risk measures are in place will go a long way,” says Maree.

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 9

Hoop is ’n werkwoord met opgerolde moue

Die doel van streekskongresse is om ‘n platform te skep wat boere in staat stel om die uitdagings wat hulle in die gesig staar, met die ondersteuning van Agri Limpopo aan te pak.

MEDEWERKER

Tydens die opening van die Agri Limpopo-kongres wat onlangs gehou is, het Lodewyk de Jager, ondervoorsitter van Agri Limpopo, daarop gewys dat die kongrestema, Hoop is ‘n werkwoord –

ten doel het om lede aan te spoor om nie net op hul eie ondernemings te fokus nie, maar ook om met ywer in te spring om van Suid-Afrika weer ‘n spogland te maak.

Die uitvoerende hoof van Agri Limpopo, Deidré Carter, het beklemtoon dat die verantwoordelikheid om die bul by die horings te pak en dinge reg te ruk, by die samelewing lê.

“Is dit ons verantwoordelikheid om in te gryp waar sake dreig om op ’n ramp af te stuur? Ja, definitief! As ons nie ingryp nie, sal die gevolge katastrofies wees. Ons moet betrokke wees. Ons moet ons moue oprol en verantwoordelikheid aanvaar,” het sy gesê.

skaps- en organisasies van die openbare sektor.

Die kongres het ook op veiligheid gefokus en in sy aanbieding het die polisie se adjunkkommissaris van Limpopo, generaal-majoor Jan Scheepers, gewaarsku dat almal daarop bedag moet wees dat sake in die land oor die volgende jaar afdraande kan loop.

Teetyd bied nie net geleentheid om bene te rek nie, maar ook vir informele besprekings. Hier is Piet Engelbrecht (voorsitter Agri Limpopo), Pieter de Jager (uitvoerende hoof Agri Enterprises) en Piet Smit van Agri Letaba.

Een van die maniere waarop baie van die uitdagings aangepak en ook ontwikkelingsdoelwitte bereik kan word, is deur hande te vat met verskillende gemeen-

“Met die komende verkiesing op die agenda, kan dit wees dat ons in die komende jaar moontlik meer geweld en misdaad kan verwag,” het hy gesê. Scheepers het erken dat die landbou- en plattelandse gemeenskappe hulleself in ’n tameletjie-situasie bevind, maar het ’n beroep op boere gedoen dat hulle nie moet toelaat dat hierdie omstandighede hulle definieer nie.

Gen.maj. Scheepers het egter die boere en Agri Limpopo bedank vir die onderskeie veiligheidsinisiatiewe in die provinsie en onderneem dat die polisie alles in hulle vermoë sal doen om die boeregemeenskap te ondersteun. Hy het erken dat die polisie wel in sekere opsigte te kort skiet en dat hulle daarop fokus om te verbeter.

Freda en JJ de Nysschen saam met Hanlie Lerm van Toyota. JJ de Nysschen is aangewys as Agri Limpopo en Toyota se 2023 Jongboer van die Jaar tydens Agri Limpopo se kongres.

“Ek weet ons is die skuldige party in sekere opsigte, en dit is reg en goed dat ons op ons foute gewys word. Ons sal die slae vat. Maar ek wil tog vra dat julle nie net kritiseer nie, maar dat ons hande moet vat. Bly deel van die oplossing,” het hy gevra.

Die

van Agri

is

Wolvaardt (jongboere), Marthinus Erasmus (natuurlike hulpbronne),

(ondervoorsitter),

Gen.maj. Scheepers het gevra boere moet daarop fokus om hul plaaswerkers op te neem binne hul veiligheidsplanne. “Plaasveiligheid kan nie net op die boer fokus nie. Plaasveiligheid moet ook die veiligheid van die plaaswerkers insluit. Hoewel die verantwoordelikheid vir veiligheid en sekuriteit by die regering lê, sal plaaslike inisiatiewe meer doeltreffend wees as dit ook die veiligheid van plaaswerkers en plaaslike gemeenskappe insluit. Plaaswerkers is net so ‘n groot teiken van plaasmoorde en aanrandings en moet derhalwe deel vorm van die planne.”

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 10
nuwe bestuur Limpopo tydens die kongres verkies. Hulle is: Hannes Lodewyk de Jager Piet Engelbrecht (voorsitter), Fritz Marx (ondervoorsitter), Rieker Botha (grondsake), Chris van Eck (ekonomie), Douw Pelser (veiligheid) en Pieter Vorster (arbeid). By Agri Limpopo se kongres was Kallie Schoeman (verteenwoordiger van Agri Loskop), Pieter Vorster (direkteur van die Mahela Group en voorsitter Agri Letaba), Piet Smit (uitvoerende hoof van Komati Fruit en Agri Letaba-verteenwoordiger) en Wimpie Mostert (uitvoerende hoof van Houers in Letsitele).

Wes-Kaapse weerstasies is wyd verspreid (blou punte) om produsente, navorsers en bestuurders beter te dien. Dit het ’n onontbeerlike vennoot geword, aangesien dit hulle help met besluitneming deur die insameling van agrometeorologiese data wat slim tegnologie-landbou ondersteun.

Nuwe weerstasies in Wes-Kaap bring voordele vir landbou

Die onlangse bekendstelling van ’n program vir gelokaliseerde weerstasies in die Wes-Kaap is ’n belangrike stap ter ondersteuning van Suid-Afrikaanse landbou. Die program is deel van die Eureka Climate Smart Agriculture-inisiatief. Dit is ontwikkel deur die tegnologie-innovasie-agentskap (TIA) van die departement van wetenskap en innovasie (DSI).

Meer as 200 sulke gelokaliseerde weerstasies en 14 CropView-kameras is reeds regoor die provinsie ontplooi. Die weerstasies bied aan individuele plase die geleentheid om hul eie hoogs gelokaliseerde weer te monitor. Dit is vir TIA ontwikkel deur Metos SA wat ook ’n vennoot in die program is, saam met ’n wêreldwye konsortium bestaande uit TerraClim, Pessl Instruments en Geosmart Space. Hierdie soort inligting stel boere in staat om tendense in klimaatsverandering te volg en aan te teken en om hul boerdery-aktiwiteite, soos gewasaanplanting, beskerming teen plae, oes en veekeuses, te optimaliseer.

Metos®-oplossings is ’n kombinasie van ontplooide hardeware en sagteware om die gebruikers die deurslaggewende omgewingsinligting vir aksiebesluitneming te gee. Die metings wat deur die weerstasies en ander dataloggers in die veld gedoen word en die berekeninge en ontleding wat in FieldClimate gedoen is, is die omvattende oplossing vir die doeltreffende bestuur van alle boerderyaktiwiteite.

Die voordele van hierdie gelokaliseerde weerstasies is verreikend. Dit dra by tot die verhoging van landbouproduksie en voedselsekerheid, aangesien boere beter toegerus is om klimaatsverandering aan te pak en hul boerderypraktyke te verbeter. Die gebruik van hierdie tegnologie kan ook help om fitosanitêre standaarde te handhaaf, wat die kwaliteit van landbouprodukte verbeter en uitvoerregulasies nakom.

Die stelsel van weerstasies bied ’n oplossing vir die stadige aanvaarding van presisielandbou in Suid-Afrika deur boere toegang te gee tot akkurate en gelokaliseerde weerdata. Dit dra by tot beter besluitneming en beplanning in die landboubedryf - ’n belangrike stap na ’n meer veerkragtige en innoverende landboubedryf in Suid-Afrika.

Die Eureka Climate Smart Agriculture-inisiatief is ’n wêreldwye interregeringsorganisasie wat markgedrewe navorsing en ontwikkeling in landbou bevorder. Die bekendstelling van die stelsel van gelokaliseerde weerstasies in die Wes-Kaap is ’n belangrike mylpaal vir hierdie projek en bied geleenthede vir verdere groei en uitbreiding.

Sibusiso Manana, die landbouhoof van TIA, beklemtoon die belangrikheid van sulke tegnologieë vir die landboubedryf. Hy sê die gelokaliseerde weerstasies kan bydra tot voedselproduksie van beter gehalte, wat ’n positiewe uitwerking op die bruto binnelandse produk sal hê.

Toto Matshediso, direkteur van globale projekte by die DSI, is trots op die betrokkenheid van die vennote in hierdie inisiatief. Dit is bemoedigend om te sien dat verskeie belanghebbendes soos die Weerdienste, finansiële sektor en ander belangstel in die innovasies waarin die nasionale stelsel van innovasie belê. Hy meen die sukses van die projek toon hoe samewerking tot groter stappe kan lei.

Die program bied ’n voorbeeld van die positiewe resultate danksy samewerking tussen die regering, tegnologie-ontwikkelaars en boere.

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 11
https://metos.at/en/the-200th-metos-device-has-been-installed-in-south-africa-under-the-eureka-sa-csa-project/

Kleingraan, plaasdiere en die Rûens se gasvryheid wag by Nampo Kaap

Besoekers aan die vierde Nampo Kaap in September 2023 gaan bewus raak van heelwat verbeterings by Bredasdorp Park aan die buitewyke van dié Overbergse dorp. Asof die Rûens se groen heuwels met koring, skape, kraanvoëls en moontlik geel blokke van laat-kanola nie genoeg vir die oog is nie, gaan die verskeidenheid, gasvryheid en geriewe binne die terrein die ervaring van kuier, kyk en leer nóg aangenamer maak.

Skuif die somergraan, wildboerderye en noordelike klimaat opsy vir die vierde Nampo Kaap in September 2023 waar die klem meer val op kleingraan, kleinvee, wyn en blomme. Hierdie streekstentoonstelling deur Bredasdorp Park en Graan SA het weens gewildheid plek gemaak vir meer uitstallers, groter parkeergebiede en meer geriewe en beter infrastruktuur op die terrein.

Benewens nuwe en interessante uitstallings en demonstrasies met hul eie temas val die oorhoofse klem op groen energie. Suid-Afrikaners gee toenemend aandag aan alternatiewe energie en vir landbou is dit ‘n dringende saak om die jongste tegnologie te sien en uit die beskikbare moontlikhede keuses te maak.

Om in die aanvraag te kan voorsien is 72 bykomende uitstalruimtes en nog 4 ha parkering saam met meer toegangsplekke bygevoeg. Die ou perdestalle is omskep in die BKB Lewendehawesentrum waar die BKB Merino Classic, die merino nasio-

nale kampioenskap en die Overbergse Jeugskou gaan plaasvind. Die gewildheid en groei van Nampo Kaap word weerspieël deur besoekersgetalle en die aanvraag na uitstalruimtes. Vanjaar word 500 uitstallers gehuisves nadat 100% meer aansoeke ontvang is as wat Bredasdorp Park kan inneem.

Die terrein is nie vergroot nie, net doeltreffender uitgelê. Sestig uitstallers word in die Voermol-saal gehuisves waar die vee in vorige jare was. Vir vee is ‘n tent langs die Voermol-saal ingerig.

By die uitstallings is veel meer te sien as werktuie vir die graanbedryf, met die jongste werktuie en tegnologie vir vee, vrugte, groente en wingerdbou en ander vertakkings ook teenwoordig. Die uitstallings word deur kundiges van maatskappye en insetverskaffers beman.

Eet- en rusplekke is oor die terrein versprei en vanjaar sorg nóg drie kosstalletjies, ‘n koffiestalletjie en nuwe eetplek van die Hoërskool Bredasdorp vir ‘n groot verskeidenheid peuselhappies, geregte, koeldrank en gelisensieerde verversingspunte.

Gunstelinge soos die blommeskou en Elim se veldblomuitstalling word weer aangebied, asook boereplanne en die kompetisie vir jong afslaers. Natuurlik wag daar ook ‘n program vir dames met demonstrasies en vermaak. Soek gerus ook na die heuningskou wat Woensdag en Donderdag plaasvind.

Nampo Kaap duur van Woensdag 13 tot Saterdag 16 September 2023 en kaartjies is by www.ticketpros.co.za beskikbaar. Voorskoolse kinders het gratis toegang. Kaartjies wat vooraf aanlyn gekoop word kos R80 vir volwassenes en R40 vir skoolgaande kinders. By die hekke is toegang R90 vir volwassenes.

Eetplekke soos die gewilde Zoentendal-kombuis is versprei oor die terrein. Vanjaar is die verversingspunte met nog drie kosstalletjies, ‘n koffiekafee en nuwe eetplek van die Hoërskool Bredasdorp aangevul.

Volhoubare en betroubare alternatiewe energiestelsels wat eiesoortig vir verskillende behoeftes is word uitgestal en gedemonstreer. Nampo Kaap se klem is vanjaar op groen energie.

Hektye is Woensdag, 13 September tot Vrydag, 15 September van 08:00 tot 17:00 en Saterdag, 16 September van 08:00 tot 15:00. Besoekers kan die Kaap Agulhas Toerismekantoor vir verblyf kontak by 028 424 2584 / 082 896 2225.

Meer inligting oor Nampo Kaap 2023 is by www.expo.org. za of skakel Chrystal van Wyk by 028 050 1385 of stuur ‘n epos aan admin@expo.org.za. Navraag oor verblyf kan aan die toerismekantoor van Kaap Agulhas-munisipaliteit gerig word by 028 424 2584 of 082 896 2225 of besoek www.overberginfo.co.za.

Die boereplanne het vele interessanthede, soos hierdie hoendernes van Gert Daniëls wat verlede jaar ‘n eerste prys ontvang het. Die boereplanne word in verskillende afdelings ingeskryf.

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 12
NAMPO KAAP

4x4-voertuigdemonstrasies word daagliks om 10:00 en 14:00 op die uitdagende baan gelewer en individuele voertuigvervaardigers gee hulle eie demonstrasies.

Treffers en nuwighede op Nampo Kaap se program

Die Overberg se eiesoortige fynbos en veldblomme is deel van die blommefees by Nampo Kaap. Kruieplante en rangskikkings word ook uitgestal en plante word te koop aangebied.

Vertonings en demonstrasies, voertuie en vee, blomme en akkerbougewasse kan op enige van Nampo Kaap se vier dae (13-16 September) geniet word. Dit sluit die 4x4-voertuigdemonstrasies, vee- en perderasse, boereplanne en ‘n vroueprogram in. Grondlose groeistelsels van hidroponika en akwaponika, demonstrasies deur ‘n waterboorspan en van taksidermie word daagliks aangebied.

Landbousake soos infrastruktuur, wintergraan en jeugsake word in die ouditorium bespreek in die program van Nasie in Gesprek waar Theo Vorster die gespreksleier gaan wees. Die temas en dagprogram sal later op Graan SA se webblad beskikbaar wees.

Bredasdorp Park sorg ook vir saadpersele waar verskeie saadmaatskappy en rolspelers demonstrasieproewe van gewasse het. Kundige verteenwoordigers en inligting oor spesifieke landboustreke en gewasse is beskikbaar vir raad en aanbevelings.

Vee, perde, blomme en nuwighede

Merino stoet- en kuddetelers sorg vir ‘n aanskoulike geleentheid wat die Merino Ope en die Merino Classic insluit. Saam met ‘n daaglikse parade van die verskillende perderasse is ‘n hoogtepunt die vertonings deur die beroemde wit hingste van die Lippizaners. Boonop is daar boogskutvertonings deur die Griffins Horse Achery en demonstrasies van opleidingstegnieke vir perde deur Fusion Horsemanship.

Vir skaaptelers word die Merino Ope op 14 en 15 September in die BKB-veesentrum aangebied. Op 15 September is daar ook ‘n kompetisie vir vleismerinoramme.

Die kleinspan kan daagliks ritte op ponies kry en wanneer hulle moeg is om saam met ouers stalletjies te besoek is daar ‘n kinderpretpark waar hulle onder toesig kan speel.

Die Wes-Kaap se uitsonderlike blommeprag word nie afgeskeep nie. Die blommefees sluit in die Overberg se Neptunfynbos en veldblomme, ‘n flora-uitstalling en Marjolijn Malan se uitbeelding van die seelewe met blomme.

‘n Nuwigheid by Nampo Kaap is ‘n museumtent waar 19 museums uitstallings het om geskiedenis te laat lewe. Die uit-

stallings word met demonstrasies uit die leefwyse van toeka se dae soos broodbak aangevul.

Heuningprodukte en ‘n kompetisie tussen heuningmakers is deel van die heuningskou wat 13 en 14 September in die tent van die Wes-Kaapse departement van landbou deur die Suid-Kaapse Byebedryfsvereniging aangebied word.

Jeugskou en landbou vir jonges

In die landbouskoleprogram kan leerders met landbou as vak hulle klaskamerwerk aanvul met praktiese ervarings. Meer as 300 leerders en hulle onderwysers word by dié aanbieding verwag.

‘n Geleentheid waarvoor lank voorberei word is die Overbergse Jeugskou wat Saterdag, 16 September aangebied word. Hier ding die jonges mee in afdelings vir suiwel- en vleisbeeste, vleis- en wolskape, perde en verskillende bokboerderye. Hulle toets ook hulle vaardighede met die geveerdes van pluimvee en duiwe, konyne en met kulinêre kuns en suiwelbereiding.

Vroueprogram met musiek, mooimaak en verleidelike kos

Tussen die musiekkunstenaar Jak de Priester, grimeerkundige Willem Botha en bekroonde sjef Mynhardt Joubert (2013 se onthoukokwenner) gaan die oggendprogram die horlosie laat stilstaan. Sanger Burger le Roux wat ‘n wenner van Supersterre was kom Vrydagoggend aan die beurt. Die vroueprogram begin daagliks om 09:30. Boonop is daar ‘n instap-skoonheidsalon met terapeute op die grondvloer van die ouditorium waar vroue ‘n behandeling van hul keuse kan kry.

Meer inligting soos die dag- en vroueprogram is op Graan SA se webtuiste beskikbaar, asook by www.expo.org.za.

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 13
NAMPO KAAP

Daar ís hulp om klimaatsverandering te versag

Klimaatsverandering hou beduidende uitdagings vir die landboubedryf wêreldwyd in, met verreikende implikasies vir produsente. Christian Giesel, Syngenta SA se hoof van bemarking, verduidelik wat kommersiële produsente kan verwag en hoe Syngenta help om die uitwerking van klimaatsverandering op hul ondernemings te verlig.

SYNGENTA

Die meerderheid grootskaalse produsente in die VSA, Frankryk, Sjina, Brasilië, Indië en Afrika is baie bekommerd oor die skade wat klimaatsverandering oor die volgende vyf jaar aan gewasopbrengs, dieregesondheid en hul vermoë om besigheid te doen, gaan aanrig. Drie uit elke vier produsente in Afrika sê hul boerderyondernemings word reeds grootliks deur klimaatsveranderinge geraak, veral met droogtes en watertekorte.

Hierdie menings deur produsente is volgens ‘n opname wat Ipsos MORI* in 2020 namens die Syngenta Groep gedoen het.

Klimaatsverandering veroorsaak wisselvallige reënpatrone en waterskaarste wat produsente se doeltreffende beplanning bemoeilik. In sommige streke lei laer reënval tot tekorte aan water en ‘n verswakking in grondtoestande. Besproeiing word dan noodsaaklik, maar waterbronne is reeds onder druk. Produsente moet gevolglik in doeltreffende waterbestuurpraktyke en vindingryke oplossings belê om hul plase produktief te hou.

In Suid-Afrika bring die El Niño-verskynsel lang tydperke van minder reën mee, wat tot ernstige droogtes lei. Dit ry gewasontwikkeling en veeboerdery in die wiele en vererger die uitdagings wat klimaatsverandering inhou. El Niño ontwrig planten oessiklusse en dit het ‘n negatiewe uitwerking op opbrengs en die stabiliteit van die landboubedryf.

In Suid-Afrika styg gemiddelde temperature reeds sedert 1979 stadig maar seker. Meteoblue.com stel die toename op net meer as een graad oor die afgelope drie dekades. Hoër temperature dra by tot hittestremming, verminderde fotosintese en laer gewasproduktiwiteit. Hittegolwe wat meer gereeld en meer intens voorkom, stel gewasgesondheid in gevaar en wakker veldbrande aan. Dit word noodsaaklik vir produsente om kultivars te plant wat meer veerkragtig is en doeltreffende besproeiingstrategieë toe te pas.

Die kombinasie van minder reën en stygende temperature en die wisselvalligheid van beide dui onomwonde op klimaatsverandering.

Produkte, tegnologie en dienste se rol Syngenta is deeglik bewus van die uitdagings wat klimaatsverandering aan die landboubedyf stel en is daartoe verbind om oplossings te verskaf wat produsente in staat stel om die gevolge daarvan te versag.

“Slegs deur innoverende produkte, tegnologie en dienste

kan ons waterproduktiwiteit verbeter, opbrengs verhoog, voedselverliese en -vermorsing verminder en help om koolstof in die grond vas te lê,” sê Giesel.

• Saadbehandelings, soos swamdoders, werk gesonder wortelmassas aan die hand wat koolstofvaslegging in die grond en gewasopbrengs verbeter.

• Syngenta se gevorderde plaagdoders en nuwe eienskappe beskerm gewasse teen onkruid, insekte en siektes en maak hul sodoende meer bestand teen uiterste weerstoestande. Dit verhoog grondproduktiwiteit en verhoed die vrystelling van kweekhuisgasse omdat meer grond nie vir landbou aangewend hoef te word nie.

• Syngenta moedig klimaatsvriendelike praktyke aan, soos minimumbewerking, wisselbou en doeltreffende voedingstofbestuur. Wanneer hierdie praktyke saam met permanente gewasbedekkingstrategieë gebruik word, kan landbougrond koolstofdioksied uit die atmosfeer verwyder.

• Produsente gebruik reeds dekades lank toerusting en GPStegnologie om opbrengs te verbeter. “Deurbrake in kunsmatige intelligensie en masjienleer werk ook innovasie in landbou aan die hand. Sulke vernuwing is besonder relevant in presisieboerdery en Syngenta is ‘n voorlooper in hierdie verband,” verduidelik Giesel.

• Voorbeelde van Syngenta innovasies is die siekterisikokaart en Spray Assist. Die siekterisikokaart, of RiskMap, is Syngenta se gratis aanlyn- siekterisikodiens wat aartappelprodusente help om beter besluite aangaande gewasbeskerming te neem en sodoende opbrengs, gewaskwaliteit en winsgewendheid te verbeter.

Die CropWise Spray Assist-toepassing gebruik korttermynweervoorspellings om aanbevelings te maak oor die beste tyd om te spuit en watter spuitstukke om te gebruik. Aanbevelings word vyf dae vooruit en tot op die naaste uur gedoen om produsente in staat te stel om gewasbeskermingprodukte op die mees doeltreffende manier toe te dien.

Syngenta glo in ‘n sinergistiese benadering tot die bestuur van klimaatsverandering. “Samewerking tussen alle belanghebbendes, insluitend Syngenta, beleidsmakers en produsente, is die enigste manier om ‘n volhoubare en klimaatbestande landbousektor in Suid-Afrika bou,” sê Giesel

*Bron: https://www.syngenta.com/sites/syngenta/files/sustainability/thegood-growth-plan/GGP2/Syngenta-Climate-Change-Global-Farmers2020-Report.pdf

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 14

wis peste uit, dubbelvinnig.

Vinnige uitklopaksie stop voeding onmiddellik met geen verdere gewasskade.

Met gepatenteerde ZEON tegnologie is AMPLIGO geformuleer as unieke en uniforme mikro-kapsules.

Verseker beter bedekking

Lang nawerking

verseker effektiewe beheer met minder toedienings.

Stabiliseer die produk in die spuittenk

Beskerm die produk teen afrbaak deur sonlig.

Beheer alle lewensstadia eiers, larwes en motte

LEES DIE ETIKET VAN ELKE PRODUK VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE. AMPLIGO® bevat chloorantraniliprool en lambda-sihalotrien (Reg. Nr. L8685, Wet Nr 36 1947) SKADELIK. Syngenta Suid Afrika, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel: 011 541 4000. www.syngenta.co.za Alle gelyste produkte is geregistreerde handelsmerke van ’n Syngenta Group Maatskappy.
@SyngentaSA | www.syngenta.co.za DAG 2 D A G 3 DA G 1 EERSTE SIGBARE SYMPTOME BINNE URE EERSTE LARWES BEGIN VREK GEEN OORLEWENDES

Wheat industry revival strategy depends on long-term quality data for bread wheat cultivars

The adoption of relaxed criteria for releasing bread wheat lines was a very important step in the turn-around strategy of the wheat industry.To ensure the success and sustainability of this revival strategy, an efficient funding model is crucial for the quality analyses on the breeders’ lines and to support analytical procedures, release norms and various analyses.

In 2012, the Wheat Forum and Wheat Forum Steering Committee decided on a wheat revival strategy to turn around the ailing local wheat industry. Firstly, they proposed relaxing the wheat cultivar release criteria, allowing for the adoption of new high-yielding wheat cultivars that meet specific quality standards. Secondly, they established the SA Cultivar and Technology Agency (SACTA) in 2016 to collect levies on all self-pollinated grain and oilseed crops to support and improve breeding efforts in South Africa.

But, the 2016 proposal of the now defunct Winter Cereal Trust’s Research Technical Committee for Wheat outlining the relaxed criteria was only adopted in 2018. It was agreed that a wider range of criteria for releasing bread wheat lines should only be applied if the new lines released have a yield that is at least 5% higher than the current commercial bread wheat cultivars.

This was a very important step and has led to the Southern African Grain Laboratory (SAGL) playing a crucial role by supporting wheat breeding companies and safeguarding the release of bread wheat cultivars that not only have suitable qualities for milling and baking but also perform well in terms of growth and yield.

This process to guarantee market-directed and qualitydriven wheat production locally is based on analytical procedures and release norms for bread wheat breeders’ lines that are compiled jointly by producers, wheat breeders, millers, and bakers. For this purpose, industry decided on a specific set of quality parameters as well as their upper and lower limits determined by a set of primary and secondary quality norms.

Using the predetermined upper and lower limits, the SAGL plays a pivotal role conducting various analyses to determine whether the new wheat varieties are within the tolerance range of each parameter. Financing this responsibility of the SAGL is thus of utmost importance to ensure the success and sustainability of a revival strategy that is based on releasing new high-yielding wheat cultivars in South Africa.

Since breeding wheat with specific quality traits is a timeconsuming process, the Wheat Forum Steering committee, which initiated the wheat industry revival strategy, required release norms and biological quality standards to be enduring so that they provide breeders with stable guidelines that will remain relevant over a long time.

Any changes to these norms and standards must be thoroughly researched and carefully considered to align with the long-term objectives of the breeding programmes.

Support for this improvement system is essential. Furthermore, to accommodate new entrants into the evaluation process, a sustainable, efficient funding model is required for these quality analyses on the wheat breeders’ lines.

Because the quality of wheat is influenced by various factors like climate, rainfall, and cultivation practices, it is not practical to base decisions on fixed criteria or rules. Instead, wheat cultivars are used as benchmarks for quality. In the interest of wheat producers and processors, the evaluation procedure use existing successful cultivars in specific areas as benchmarks against which new breeding lines are evaluated. These cultivars are used as biological standards. The current standards used for each production area can be seen in Table 1

When such a biological standard is no longer planted commercially, a replacement cultivar needs to be identified and a rigorous selection process is followed. A minimum of two seasons' worth of data are needed before a final decision can be made on the replacement with the required quality attributes. Only wheat cultivars that have proven themselves to be commercially viable and possess desirable agronomical and quality characteristics are considered.

Wheat breeding companies or the industry can propose an existing cultivar to be evaluated as the new biological quality standard. The proposed biological quality standard is tested and evaluated against the current biological standard. To be regarded as the new biological standard, the proposed cultivar must first meet the set criteria. The SAGL is responsible for the

SEPTEMBER •
2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 16
OKTOBER
2018 2022 Dry land Northern areas with summer rainfall Elands Elands Dry land Southern areas with winter rainfall SST 027 SST 0117 Irrigation areas SST 806 SST 806
Table 1. Cultivars used as biological standards. New breeding lines are evaluated against these biological standard wheat cultivars that are used as quality benchmarks in different regions. In this way, the release norms are in the interest of wheat producers and processors.

Table 2. Bread wheat cultivars approved for release during 2023 according to the most recent version of the ‘Analysis Procedure and Evaluation Norms for the Release of Bread Wheat Breeders’ lines for the RSA’. This document as well as the Wheat Forum Cultivar List is published on the SAGL website.

PAN

SST 0235

SST 0236

IS TORDO

LG AFICION

LG ANCIA*

LG ARROBA*

PAN3525

SST 8235

SST 8236

IS TORDO

LG ANCIA*

*Pending the results of samples re-submitted for electrophoretic band patterns as well as kernel characteristics, identification and purity analysis.

analyses stipulated in the quality guidelines.

SAGL applies for the funding to conduct the quality analysis of wheat breeders' lines during the first, provisional, and final year releases on behalf of the breeders. When new lines from the wheat breeding companies are evaluated in their first year, provisional year, and for final release, the SAGL assesses characteristics of the wheat that are considered primary and secondary quality norms. The primary criteria are non-negotiable. In cases where it's not conclusive, secondary norms are also considered to make a final decision.

Of utmost importance, and highly significant to the wheat industry revival, is that the entire wheat cultivar release process is managed by a single well-established entity. The fact that the SAGL manages long-term quality data in a central database and also maintains the quality data of new varieties as they pass through the various stages of release, provide a historical data set for comparative purposes which would not otherwise be available or possible.

The analyses and setting of release norms for bread wheat breeders' lines also involve significant research. This can be costly and was originally fundedby the Winter Cereal Trust, but this responsibility has now been taken over by the South African Winter Cereal Industry Trust (SAWCIT). These analyses are vital in ensuring that new cultivars meet the required quality standards.

When existing parameters are revised or replaced or when new parameters are incorporated as quality norms, specialised input is required. Prime examples are the SAGL project to develop colour evaluation norms for the release of bread wheat varieties and the study to assess whether the Brabender GlutoPeak instrument can replace the recently discontinued mixograph. The mixograph peak time is one of the primary quality norms referred to when evaluating wheat breeder quality results.

Every year, once the quality data of the breeders’ lines is available, seed breeders discuss their quality and agronomical results with representatives of the producers, storage companies and milling and baking industries during pre-meetings. To maintain confidentiality, seperate pre-meetings are arranged by the SAGL with breeding companies such as ARC Small Grain, Corteva, and Syngenta as well as Limagrain Zaad SA and Agricol/Don Mario, who are new role players in South Africa. The pre-meetings have no decision making powers and their recommendations are communicated to the Wheat Forum Cultivar and Technical Committee. The most recent bread wheat cultivar approvals are provided in Table 2

The Wheat Forum Steering Committee has requested the SAGL to publish, maintain and annually update the Analysis

Procedure and Evaluation Norms for the Release of Bread

Wheat Breeders' lines for South Africa and the Wheat Forum Cultivar List on their website. The document, detailing the analyses procedure and evaluation norms, was discussed by the Wheat Forum Cultivar and Technical Committee during a meeting on June 20, 2023 with the aim of updating both the procedures and the norms. It was also proposed to change the document’s name to ‘Analysis procedure and evaluation norms for the release of Bread Wheat Varieties for the RSA’.

In conclusion, the wheat industry revival strategy in South Africa is based on maintaining long-term quality data, conducting essential analyses and ensuring stable release norms and quality standards, as well as making well-informed comparisons for cultivar release. The Southern African Grain Laboratory (SAGL) provides the cornerstone of this process that enables the breeding of high-quality wheat cultivars that meet market demands and contribute to the growth of the local wheat industry

Nematologist, Prof Driekie Fourie, joins Syngenta

The renowned nematologist, Prof Driekie Fourie, has joined Syngenta as the Technical Product Lead for Seedcare, which include seed treated biologicals, bio-stimulants, fungicides, insecticides and nematicides. Her expertise and innovative research have made her a respected authority in the field.

Armed with a passion for agricultural science and a PhD in nematology from the University of Leuven in Belgium, she has dedicated her career - which commenced in 1991 at the Agricultural Research Council’s Grain Crops Institute - to studying nematodes and their impact on crop health. From 2010 she continued her research on nematode ecology, host plant resistance and evaluation of eco-friendly, IPM strategies to combat plantparasitic nematodes at the North-West University.

“Working in industry allows me to bridge the gap between research and practical implementation, enabling me to make a tangible impact on sustainable agriculture,” says Prof Fourie.

Yolandi Furniss joins Syngenta

Syngenta announced the appointment of Yolandi Furniss as Seedcare Marketing Lead for South Africa. Seedcare is the portfolio of Syngenta technologies that protects and enhances the performance of field crop, vegetable and ornamental seeds. The portfolio also contains products that stimulate growth and protect emerging crops from environmental stresses, and help the seedlings to process nutrients and water more efficiently.

Furniss has a wealth of over 25 years’ experience in the South African agricultural sector, including working in the seed industry since 2016.

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 17
Northern dry land area Southern dry land area Irrigation area
3223
Prof Driekie Fourie Yolandi Furniss

Spuitoplossings: Byvoegmiddels op die blaar

Nadat die spuitmiddel se water op die plant verdamp het, moet die gewasbeskermingsproduk se neerslag wat agterbly ten beste versprei en steeds doeltreffend wees. Die volgende groep byvoegmiddels, naamlik benatters, olie, herbenatters en kleefmiddels, speel hiermee ‘n belangrike rol.

In die vorige artikel is die belangrikheid van spuittegnologie en neerslaghulpmiddels bespreek. Hoe meer druppels die teiken bereik, hoe groter is die kans vir goeie beheer met gewasbeskermingsprodukte (GBPe). Dit is egter nutteloos indien die druppels wel die teiken bereik, maar nie op die teiken behou word nie. Nadat die water uit die druppel op die blaar verdamp het, is dit ook belangrik dat die spuitdruppelresidu van so ‘n aard is dat dit maksimale aktiwiteit van die GBP bewerkstellig. Dit is waar die volgende groep byvoegmiddels, naamlik die benatters, olies, herbenatters en kleefmiddels, ‘n belangrike rol speel.

Wat gebeur sodra die druppel die blaar bereik het?

Net soos met die druppel se vloei deur die lug is daar baie wat verkeerd kan loop nadat dit die blaar bereik het.

Die eerste is die druppel se afspat van die blaar. Dit is die gevolg van die spuitdruppel se oppervlaktespanning sodat dit soos ‘n rubberbal optree. Kontak- en sistemiese GBP-spuitdruppels wat afspat is nutteloos en het geen verdere positiewe bydrae tot doeltreffendheid nie. Dit is nie goed genoeg om die spuitdruppel net tot by die blaar te kry nie. Genoeg druppels moet dáár behou word en daarom word bedekking ook deur druppel-afspat bepaal.

Selfs indien druppels behou word, moet dit deur nog twee belangrike prosesse gaan. Die tweede belangrike aspek vir doeltreffendheid, is spuitdruppels se verspreidingsvermoë. GBPe kan slegs optimaal presteer indien die spuitdruppel op die blaar versprei. Verspreiding is egter onmoontlik indien byvoegmiddels nie gebruik word nie, omdat die spuitoplossing se oppervlaktespanning te hoog vir verspreiding is. Die druppel is nog baie rond, gevolglik is daar baie min kontakoppervlak tussen die druppel en die blaar (Figuur 1).

Die derde belangrike aspek vir doeltreffendheid is die toestand van die spuitdruppelneerslag nadat die water verdamp het. Onthou dat die GBP dikwels vir ‘n verlengde tydperk op die blaar moet wees. Indien die druppelneerslag nie geskik is vir doeltreffendheid nie, sal GBP swak presteer, selfs indien daar goeie bedekking is. Die druppelneerslag se vogtigheid en die

vermoë om die blaar se wasagtige lae binne te dring, is twee faktore wat die doeltreffendheid sal bepaal.

Byvoegmiddels wat op die blaar werk

Benatters en olie is byvoegmiddels met presies dieselfde werking, maar dit word met verskillende soorte GBPe geposisioneer. Die posisionering word nie in hierdie artikel bespreek nie, maar dit is baie belangrik om die byvoegmiddel se aanbeveling op die GBP-etiket noukeurig te volg. Die geregistreerde byvoegmiddel word dikwels uitgelaat of vervang. Dit is ‘n baie swak praktyk en sal doeltreffendheid benadeel. Dit is gevolglik uiters belangrik om altyd die gereigstreerde byvoegmiddel te gebruik.

Die eerste belangrike funksie van benatters en olie is om die spuitdruppels se oppervlaktespanning te verlaag. Dit sal die afspat van druppels verminder en sorg dat daar meer bedekking op die blaar is. Die tweede voordeel om oppervlaktespanning te verlaag, is dat druppels beter op die blaar versprei. Dit verhoog die kontak tussen die druppel en die blaar, wat dikwels tot verhoogde doeltreffendheid lei. Uitermatige verspreiding is egter nie altyd gewens nie, omdat sekere GBPe matige verspreiding verkies. Te veel verspreiding kan ook afloop veroorsaak. Verskillende benatters en olie het uiteenlopende verspreidingsvermoëns en daarom is dit belangrik om by die aanbevole produk te hou (Foto 1).

Baie mense glo dat minder afspat en verhoogde verspreiding die enigste voordeel van benatters en olie is. Hierdie byvoegmiddels is egter baie belangrik om die toestand van die spuitdruppelneerslag optimaal te hou. Hoe meer ideaal die druppelneerslag se toestand is, hoe beter sal die GBP presteer. Sekere sistemiese GBPe kan ure lank neem om opgeneem te word. Dit is belangrik dat die druppelneerslag vir hierdie volle tydperk optimaal bly en dat die byvoegmiddel die waslae op die blaar meer toeganklik vir die GBP maak.

Nog ‘n bestanddeel van seker byvoegmiddels is herbenatters. Hierdie byvoegmiddels het die vermoë om vog uit die omgewing te onttrek en die druppelneerslag vogtig te hou. Dit verleng die tydperk wat die GBP aktief is en kan ook tot versnelde opname lei. Herbenatting is besonder belangrik wanneer die lugvog min is, daarom presteer dit baie goed in baie dele van Suid-Afrika. Dit is egter belangrik om net herbenatters te gebruik indien dit spesifiek aanbeveel word. Sekere GBPe het dit nie nodig nie en

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 18
BYVOEGMIDDELS DEEL 3

dit kan selfs die doeltreffendheid van ander benadeel. Volg gevolglik altyd die etiketriglyne hieroor.

Kleefmiddels het die vermoë om die druppelneerslag vir ‘n verlengde tydperk op die blaar te laat bly. Dit beskerm dan die GBP teen reën, besproeiing, ultra-violetligstrale en ander omgewingstoestande. Hierdie byvoegmiddels word dikwels met kontak- swamen insekdoders op groente- en vrugtegewasse gebruik. Net soos met enige ander byvoegmiddel moet kleefmiddels net gebruik word indien dit spesifiek op etiket aanbeveel word.

Die gevolg van verkeerde byvoegmiddelkeuse

Ons hoor dikwels van swak beheer as gevolg van byvoegmiddelkeuse. Uit hierdie artikel behoort dit duidelik te wees dat byvoegmiddels wat op die blaar werk, uiteenlopende aktiewe bestanddele en werking het. Net soos die keuse van die korrekte GBP noodsaaklik is, is die keuse van die byvoegmiddel belangrik. Byvoegmiddels beteken dikwels die verskil tussen aanvaarbare en onaanvaarbare beheer. Die verkeerde byvoegmiddelkeuse kan ondoeltreffendheid, gewasskade of selfs fisiese onmengbaarheid in die spuittenk veroorsaak. Hou altyd by die aanbevole byvoegmiddel volgens die etiket en moet nooit byvoegmiddels weglaat indien dit aanbeveel word nie.

Samevatting

Byvoegmiddels wat op die blaar werk het uiteenlopende werking en dit word met verskillende GBPe geposisioneer. Dit help die GBP om aanvaarbare beheer oor verskeie omgewings te bewerkstellig. Dit word gedoen deur verhoogde behoud, verspreiding, opname en klewing. Verskillende byvoegmiddels het verskillende werking, gevolglik is die korrekte keuse van kardinale belang. Byvoegmiddels is egter nie wonderprodukte nie en dit moet oordeelkundig en volgens etiketvoorskrifte aangewend word.

Kontak gerus vir Brian de Villiers (082 880 0974) vir meer inligting oor waterkwaliteit en byvoegmiddels.

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 WHEAT FOCUS 19
Figuur 1. Kontakoppervlak en kontakhoek tussen twee druppels op die blaar. Foto 1. Die verspreidingsvermoë van drie benatters langs ‘n waterdruppel (water heel links).

Berei nóú voor vir koringopberging

Om koring doeltreffend te kan bemark moet dit regdeur die jaar beskikbaar wees.

Koringvoorrade moet gevolglik behoorlik gegradeer en veilig opgeberg word sodat die gehalte van die graan nie afneem nie.

Voordat koring as een van die belangrikste basiese voedselsoorte ‘n plaas verlaat moes boere dit teen hoë koste, baie toewyding en talle risiko’s produseer. Ná die plaashek is verdere noukeurige versorging in opberging nodig sodat die gehalte nie afneem nie en dit veilig vir verwerking en die eindgebruiker sal wees. Die koring moet boonop regdeur die jaar beskikbaar wees en tydens enige opberging te alle tye aan veiligheidstandaarde voldoen.

Produsente moet gevolglik met gerustheid hulle produk in die hande van landbou-ondernemings en opbergers kan laat wat aandag aan verskeie aspekte moet gee, soos graderingstoerusting, gekalibreerde instrumente, siloveiligheid en deelname aan ‘n vaardigheidskema.

Deelname aan vaardigheidskema

Die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) stel voorseisoense ringtoetse beskikbaar wat die basis vorm van 'n vaardigheidskema vir opbergers. Eenvormige graanmonsters word aan deelnemende landbouondernemings gestuur waar elke graangradeerder by elke innamepunt dit dan ontleed. Die resultate van elke individu en innamepunt word vergelyk met die SAGL se vasgestelde waardes vir die betrokke graanmonster om sodoende die kennis en vaardigheid van graangradeerders en die werkverrigting en akkuraatheid van graderingsinstrumente te bevestig.

Hoewel die vaardigheidskema nie verpligtend is nie, behoort alle rolspelers wat graan ontvang en/ of versend, deel te neem ten einde 'n onafhanklike beoordeling van hulle inhuis- kwaliteitsbeheermaatreëls vir die nuwe seisoen te kry. Die ideaal sou wees dat alle persone wat gradering doen aan die ringtoetse deelneem.

Instrumente wat kwaliteit bepaal

Hektolitermassa, proteïene en vog word deur middel van kalibrasies op instrumente wat heelgraan ontleed getoets. Die valgetal word afsonderlik met gemaalde

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 20

koring bepaal in ‘n bykomende toets waarvoor ‘n valgetalmasjien en warmwaterbad benodig word.

Bestaande kalibrasies moet jaarliks nagegaan word met koringmonsters wat die hele spektrum van waardes dek. Sodanige koringmonsters moet getoets word volgens die primêre verwysingsmetode en die sekondêre instrument wat die kalibrasie bevat, sodat die twee stelle resultate statisties vergelyk kan word. Indien aanpassings nodig is, moet 'n kundige, gewoonlik die instrumentvervaardiger of -verskaffer, die aksie uitvoer.

Koringkalibrasies word gewoonlik by die verskaffers van instrumente gekoop, maar moet nagegaan word met die toetsing van plaaslik geproduseerde koring ter bekragtiging daarvan. Alternatiewelik kan 'n plaaslike kalibrasie ontwikkel word deur honderde monsters oor baie produksiegebiede te ontleed. 'n Unieke kalibrasie word dan vir die betrokke instrument en vir die betrokke land gebou. Die bou van ‘n plaaslike kalibrasie verg die samewerking van graanopbergers, instrumentverskaffers en die SAGL wat die primêre toetse uitvoer.

Dienssertifikate van toerusting

Graderings-instrumente behoort twee keer per jaar gediens en skoongemaak te word - voor die someroes (teen einde Maart) en voor die winteroes (teen einde September). Ses weke voor die seisoenale sperdatum moet innamepunte voldoende kontrolemonsters oor 'n wye spektrum aan die diensverskaffers beskikbaar stel sodat hulle die instrumente se akkuraatheid kan bevestig.

Sertifikate van voedselveiligheidsoudits

Landbou-ondernemings en ander opbergers wat as voedselbesigheidsoperateurs by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling geregistreer is, se voedselveiligheidsertifikate moet op datum wees, aangesien die meulenaars hierop staatmaak om hul eie internasionale voedselveiligheidsprogramme te ondersteun en aan te vul.

Voorbereiding van silo’s

Die eerste stap vir die behoud van graankwaliteit is om seker te maak dat die opbergingsgeriewe gereed is vir die graan wat

ingeneem word. Instandhouding is van kardinale belang. Die silobuise en hanteringstoerusting moet drie tot vier weke voor oes deeglik skoongemaak word sodat ou graan wat moontlik insekte bevat verwyder kan word. Goeie huishouding by die hele graansilokompleks is belangrik, aangesien daar vele plekke in ‘n silo is waar insekte tussen seisoene kan vertoef. As daar in die vorige jaar 'n insekbesmetting was, moet die buis verkieslik berook word.

Berging van kwaliteit graan

Die toestand van koring wanneer dit geoes word, sal bepaal hoe goed dit oor die langtermyn opgeberg kan word. Die ideaal is om met ryp koring van goeie gehalte te begin en indien nodig, dit tot die regte voginhoud te droog. Opbergers raadpleeg riglyne en diagramme wat die maksimum toelaatbare stoortyd toon van koring wat verskil ten opsigte van voginhoud en opbergingstemperatuur. Vir langtermynopberging moet koring tot 'n laer vogvlak gedroog word. Hulle maak seker dat die koring met inname droog genoeg is, aangesien insekte en swamme minder aktief is in droë graan.

Deur koring in 'n opbergstelsel met goeie deurlugting op te berg kan graantemperatuur in ‘n mate beheer word. Lug neem die weg van die minste weerstand. As daar baie sifsels in die middel van die buis is, sal die lug na buite styg en kan die graan in die middel maklik bederf. Sommige silo’s beskik oor temperatuurkabels wat dit moontlik maak om op 'n veilige manier die graan te monitor.

Gereelde kontrolering van graan

Graan moet weekliks geïnspekteer word vir die vorming van 'n kors, 'n merkbare reuk of insekte. ‘n Warm kol in die graan kan ‘n aanduiding wees van 'n ernstige insekbesmetting. Indien die graangehalte nie elke week gekontroleer word nie, kan regstellende stappe nie gedoen word nie.

Berokingsmiddels bied geen blywende beskerming teen insekte nie, as graan gevolglik warm, klam of muf is, sal insekte weer verskyn sodra die berokingsmiddel verdwyn. Dit is belangrik om beskadigde graan vir die voorkoms van mikotoksiene te ondersoek.

Die Suider-Afrikaanse Graanlaboratium (SAGL) toets jaarliks koringmonsters uit al die produksiegebiede vir die voorkoms van mikotoksiene. Deoxynivalenol is die enigste mikotoksien wat gereeld voorkom en is gewoonlik beperk tot binnelandse produksiegebiede, maar die vlakke is baie laag en dus aanvaarbaar. Koring wat vir verdere verwerking geoormerk is, mag nie meer as 2 000 µg/kg Deoxinyvalenol bevat nie.

Al hierdie voorskrifte, voorkomingstappe en regulering beskryf nog nie die uitdagende omstandighede van opbergers tydens hulle rol in voedselveiligheid nie. Net soos produsente en verbruikers het opbergers ook te kampe met energiekoste en -onderbrekings, misdaad en swak infrastruktuur. Hulle speel ‘n onontbeerlike rol in ‘n land se voedselveiligheid en -sekerheid. Suid-Afrika kan trots wees op die standaard van opberging wat te midde van groot uitdagings nagekom word

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 21

No response from Minister on new plant breeding technologies

Two presentations at The South African Cultivar Technology Agency’s (SACTA's) information session on 1 August 2023 highlighted the urgency of adapting the South African regulations applicable to genetically modified organisms (GMO) so that they also address the potential of novel methods such as New Plant-Breeding Techniques (NBTs).

The message was clear. South Africa’s alignment with global and African trends in new breeding techniques is lacking. To keep pace with advancements in plant breeding and avoid falling behind, a science-based risk management system is necessary. There is potential to reinterpret the current GMO definition to enable a product-focused perspective. In order to support local products and the bioeconomy, South Africa should actively pursue international regulatory alignment for safe global trade of NBT-derived products.

Climate change underscores the need for innovative crop development, and international trends favour a nuanced approach to NBTs regulation. Shifting to a product-based interpretation aligning with global standards is essential for promoting local innovation, ensuring food security, and fostering economic growth.

Recent innovations and the regulatory landscape in SA

Legal intelligence manager of the Agricultural Business Chamber (Agbiz), Annelize Crosby, presented on the impact of policy and legislation on advances in plant breeding at the SACTA information session. To provide context to this, Dr Hennie Groenewald of BioSafety SA, outlined how the convergence of agriculture and technology has ushered in a new era of possibilities.

One prominent avenue of advancement is gene editing, a cutting-edge technique that offers precision and efficiency in developing desired traits in plants. New plant-breeding techniques have gained momentum due to its cost-effectiveness, targeted approach, and expedited outcomes compared to conventional plant breeding methods. These techniques have the potential to revolutionise agriculture and address pressing challenges such as climate change and food security.

Gene editing and the emergence of new plant-breeding techniques

Gene editing represents a game-changing technology that enables scientists to make precise modifications to the DNA of plants, thereby creating new varieties with specific traits. These traits can include resistance to diseases, tolerance to adverse environmental conditions, and enhanced nutritional profiles. New plant-breeding techniques encompass a range of methodologies, including gene editing, mutation breeding, and genetic modification. The beauty of gene editing lies in its ability

While 67 commercial agricultural food crops have been successfully developed using gene editing, South Africa’s timeline for New Plant-Breeding Techniques / gene editing regulation now spans 8 years and a decision is yet to be made. In the meantime, we are losing out on the opportunities presented by the bio-economy and priority areas in the Agenda 2063.

In 2022 the Global Food Security Index ranked South Africa in the 59th position out of 113 countries world-wide and at the top out of 28 countries in Sub-Saharan Africa. Sixty-eight indicators were monitored including affordability, availability, and quality of their food supply, as well as sustainability and adaptation. Eight of the 55 countries that have adopted New PlantBreeding Techniques are in Africa. South Africa is not one of them and could soon slip lower down the list of food secure countries.

to mimic natural processes of genetic variation, making it a powerful tool for creating resilient crops.

SA's regulatory landscape and the GMO Act

South Africa's journey with genetically modified organisms (GMOs) dates back to 1997, with subsequent amendments in 2006. Agbiz stresses that, although South Africa was an early adopter of GM technology and has commercialised and imported multiple GM crops, lines, and medicines over the past three decades, not a single locally developed product has been commercialised – a result of the significant barriers to commercialisation in the GM sector.

The country's GMO legislation enforces stringent compliance measures for GMOs, including rigorous risk assessments for gene-edited plant varieties. This legal framework, although initially well-intentioned, has encountered challenges when

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 22

applied to new plant-breeding techniques. These challenges center on the interpretation of the GMO Act, particularly whether new plant-breeding techniques-derived products should be subjected to the same regulatory requirements as traditional GMOs.

Industry advocacy and regulatory challenges

In 2022, the agricultural industry in South Africa, represented by Agbiz, raised concerns about the regulatory treatment of new plant-breeding techniques. The industry voiced the need for a science-based risk analysis framework that aligns with the advancements in gene editing and other new plantbreeding techniques. Agbiz's appeal questioned the decision to apply the existing GMO risk assessment framework to new plant-breeding techniques-derived products, asserting that these new technologies merit a distinct approach due to their characteristics and potential benefits.

The global context and regulation

On the global stage, many countries have taken a forward-thinking approach to new plant-breeding techniques regulation (Figure 1). Recognising the unique attributes of new plant-breeding techniques-derived products, these countries have established frameworks

that differentiate between conventional GMOs and products created through new plant-breeding techniques. These frameworks are designed to evaluate the actual characteristics of the products rather than solely focusing on the process by which they were developed. This approach allows for a more nuanced assessment of risk and benefits, fostering innovation and competitiveness within the agricultural sector.

Advantages of a product-based approach

Crosby says advocacy for a productbased approach to new plant-breeding techniques regulation is rooted in the notion that the true risk lies within the modified organism itself, not the process used to modify it. A product-based approach acknowledges that certain new plant-breeding techniques-derived products can resemble naturally occurring genetic variations and may not warrant the same regulatory scrutiny as traditional GMOs. According to Agbiz this approach aligns with the evolving science of gene editing and promotes a more efficient and rational regulatory landscape.

Potential impact on agriculture and food security

security are significant. Climate change poses unprecedented challenges to crop production, with extreme weather events becoming more frequent. New plant-breeding techniques offer a lifeline by enabling the development of climate-resilient crops that can withstand droughts, floods, and diseases. These innovative crops have the potential to increase yields, ensure food availability, and reduce the carbon footprint of agriculture, ultimately contributing to global food security.

The way forward: balancing regulation and innovation

As the world races toward more sustainable and adaptive agricultural practices, South Africa stands at a crossroads. The Minister's impending response since December 2022 to the Agbiz appeal will shape the regulatory trajectory for new plant-breeding techniques in the country. A product-based approach that considers the intrinsic characteristics of new plant-breeding techniques-derived products would empower South Africa to harness the benefits of these innovations without stifling innovation through onerous regulatory burdens. A harmonised approach with global trends would position South Africa as a leader in agricultural innovation, benefiting farmers, consumers, and the economy.

Conclusion

Groenewald emphasised that the potential implications of new plant-breeding techniques on

agriculture and food

Both Crosby and Groenewald pointed out that the intersection of gene editing, agricultural innovation, and regulatory frameworks creates a complex landscape that requires careful consideration. The potential of new plant-breeding techniques to address critical challenges facing agriculture is immense, but their realisation hinges on regulatory clarity and alignment with scientific advancements. Agbiz's appeal represents a pivotal moment for South Africa to recalibrate its approach to new plant-breeding techniques regulation, ensuring that the country remains competitive in the rapidly evolving realm of agricultural technology. Balancing innovation with responsible oversight will pave the way for a more sustainable and resilient future for South African agriculture

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 23
Figure 1. A world map indicating the global regulatory approaches to gene edited crops. The map was compiled by Biosafety SA, a service platform within the national biotech innovation system, under the auspices of the department of science and innovation.

Digter bale en sterker knope in nuwe baler-model

‘n Baler met 10% meer digtheid as gewone balers, ‘n versterkte knoopstelsel en makliker toegang vir onderhoud is sommige van New Holland Landbou se BigBaler 1270 Plus Density-baler se kenmerke.

Die baler lewer konstante bale van gehalte wat volgens New Holland in alle gewasse gewaarborg word. Die groter digtheid word met ‘n versterkte baalkamer en verhoogde druk bewerkstellig.

Die BigBaler 1270-model is toegerus met tegnologie en kenmerke wat in die BB-baler Plus-reeks te vinde is. Dié tegnologie sluit die volgende in:

Die Loop Master™-knooptegnologie. Die tweede knoop is ’n lusstylknoop in vergelyking met die bekende dubbele knoopstelsel. Hierdie lusknoop is 37% sterker as ’n standaardknoop. Dit lei tot ’n toename van tot 26% in algehele treksterkte en verminder breekskade. Nog belangriker is dat dié tegnologie afgesnyde dele tou uitskakel, wat in die lande agterbly en moontlik in voer kan beland. Dit klink miskien nie na baie nie,

maar dit is meer as 6 km of 46 kg tou wat bespaar word in ’n baalseisoen met 10 000 bale.

Die baler is ontwerp vir makliker onderhoud, want die produsent wil immers meer tyd vir baalwerk gebruik en minder in die werf deurbring. Praktiese kenmerke soos minimale daaglikse smeerpunte, wye openingskante en voorskerm, asook maklike toegang tot die onderkant van die baler, is beskikbaar. Die optelroller het belde met plastiese tande, wat vinniger en makliker vervang kan word. Die groot, plat boonste bedieningsdek bied vinnige toegang tot die knoopstelsel.

Bykomstighede soos die IntelliSteer Isobus III-stelsel wat die trekkerspoed by die baler aanpas is beskikbaar.

Inligting wat met die GPS stelsel opgeneem word kan in die MyPLM® Connect-portaal ontleed word.

Metaankrag-trekker, aangedryf deur die natuur

New Holland ontwikkel nie net tegnologie om sy klante se werk te vergemaklik en produktiwiteit te verhoog nie, die maatskappy het ook ‘n verbintenis om omgewingsvriendelike produkte te verskaf.

New Holland se T6.180 metaangas-trekker is die wêreld se eerste produksietrekker wat 100% deur metaangas aangedryf word. Dit is die sleutel tot CO2-vermindering sonder om werkverrigting in te boet. Sedert 2013 toe die konsepeenheid ontwikkel is, is baie toetse uitgevoer en veranderinge aangebring tot by die huidige produksie-eenhede.

Boere kan landbou- of diereafval gebruik, asook energiegewasse wat spesifiek gekweek word, om biometaan op te wek. Dit sal die trekker aandryf, wat op sy beurt help om daardie einste gewasse te verbou.

Die T6.180 het ‘n nuwe NEF 6.7 liter-enjin wat spesifiek deur FPT Industrial vir landboutoepassings ontwikkel is. FPT Industrial is ‘n leier in aardgas-aandrywingstegnologie met meer as 20 jaar ondervinding en 70 000 aardgasenjins wat tot dusver vervaardig is.

Met dieselfde kraglewering as sy diesel-ekwivalent, trek die boer ook voordeel uit die trekker se beter bedryfskoste wat ongeveer 30% minder is. CO2-vrystellings bevat dan byna 0% biometaan.

Die trekker lewer 110 kW teen 2 200 r/min en 650 Nm teen 1 500 r/min. Die standaard-metaangastenk hou 185 liter, met die opsie van ‘n bykomende tenk van 270 liter.

Ander spesifikasies is die Electro Command™-semi-kragskakelratkas (16 x 16), die verskuifbare kragaftakker van 540/540E/1000 r/min en ‘n maksimum hysvermoë van 7 864 kg. Die hidrouliese stelsel van 121 liter/minuut Closed Centre Load Sensing (CCLS) het drie meganiese hidrouliese kleppe en word op ‘n SideWinder™ II-armleuning beheer wat spesifiek daarvoor ontwerp is.

Die trekker se wielbasis van 2 642 mm lewer ‘n draairadius van 4 300 mm vir maksimum beweegbaarheid. Kajuitgeraas is slegs 70,5 desibel. In die beligtingspakket is soveel as 16 LED-ligte beskikbaar wat nie net helder is nie maar ook minder krag gebruik as standaardligte. MyPLM®Connect pakket is gratis beskikbaar vir inligtingsbeheer van die Telematika- en GPSinligting.

Met hierdie metaangastrekker bied New Holland 'n ekovriendelike oplossing vir boere en ondernemings.

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 24
MEGANISASIE

Farmall-trekkers vier ’n eeu

Case IH se reeks Farmall-trekkers vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. Met meer as 30 modelle in die huidige reeks wat van kompak wissel tot die 100A-reeks word dit steeds ontwerp en vervaardig om veelsydig, kragtig en produktief te wees.

In 1923 het Bert R. Benjamin, Harvester International se ingenieur, sy eerste prototipe gebou en gedroom van ‘n trekker wat ‘n perd vervang en alles kan doen. Daarmee is ‘n ikoniese legende geskep wat geslag na geslag in boerderye aangetref is.

In 1931 is die kragtiger Farmall F-reeks gebou as ‘n drieploegtrekker vir boere met landerye van 80 ha en groter. Dit het nuwe tegnologie soos ‘n viergangratkas en petrolenjin gehad.

Die tweede geslag in 1939 het bestaan uit ‘n klein trekker (genoem Farmall A en B), middelgrootte (Farmall H) en groot trekker - die M-reeks. Die Super-reeks se Super A het in 1947 gevolg, die Super C in 1951, die Super M in 1952 en Super H in 1953.

Die alfabetiese benamings is in 1954 met ‘n nommerreeks vervang en die 200- en 300-reeks het die Super A en Super C vervang. Farmall se 706 en 806 het in 1963 gevolg.

In 2003 het die vyf miljoenste Farmall-trekker van die produksielyn by Rock Island in Illinois, VSA, gekom. Dit was die legendariese Farmall 1066 Turbo. In 2003 het Farmall ‘n nuwe reeks kompakte trekkers vir die behoeftes van kleiner plase bekend gestel en teruggekeer na die benaming van A-, B- en C-trekkers.

Die huidige reeks word steeds vervaardig om alles in een masjien te bied wat ‘n boer van ‘n trekker nodig mag hê. Dit

word aangevul met stropers en balers wat alles deur ‘n wêreldwye netwerk van handelaars ondersteun word.

Die Farmall F30 wat tussen 1931 en 1939 vir groter landerye vervaardig is. Die eerste Farmall is 100 jaar gelede gebou. Die Farmall op die foto is in die Engen-lokaal by Nampo Bothaville uitgestal en deur LH Booth geskenk.

Trekkers en stropers se verkope kan begin water trap

Trekkerverkope van 660 eenhede in Julie 2023 is 15% minder as die 777 eenhede wat verlede Julie verkoop is. Volgens die kleinhandelverkope van landboumasjinerie was trekkerverkope vir die jaar tot dusver ongeveer 4% minder as verlede jaar.

Twee-en-dertig stropers is in Julie 2023 verkoop, vier minder as die 36 eenhede wat verlede Julie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou 44% meer as verkope verlede jaar.

Met die oes van somergewasse byna afgehandel, berei boere voor vir die nuwe somergewasseisoen en die oes van wintergewasse, maar ’n spoor van omsigtigheid het die

mark betree, sê die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging, Tallie Giessing.

“Die verwagte El Niño-weerpatroon en die onsekerheid oor die moontlike erns daarvan dra tot die omsigtigheid by. Dit is gevolglik waarskynlik dat verkope laer sal wees totdat dit bekend is hoe die komende somerreënseisoen gaan verloop,” sê Giesing. “Beramings vir die 2023-kalenderjaar bly nietemin steeds dat trekkerverkope tussen 10% en 15% minder sal wees as verlede jaar.”

Stroperverkope bly lewendig en verkope vir die 2023kalenderjaar sal waarskynlik tussen 10% en 20% meer wees as verlede jaar.

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 25
MEGANISATION
2023 2022 % verandering 2023 2022 % verandering Trekkers 660 777 -15,1 4 715 4 907 -3,9 Stropers 32 36 -11,1 359 249 44,2
Julie Jaar tot Julie

Ontgin die landboumark ten volle...

Maak gebruik van die spesialiste

UITGEWERS VAN:

Koringfokus / Wheat Focus: Die spesialistydskrif vir kleingraan in Suid-Afrika

Vegetables & Fruit / Groente & Vrugte: Ontgin alternatiewe moontlikhede in nismarkte

Subtrop Journal: Joernaal vir avokado-, mango- en lietsjiekwekers.

NORTH WEST: POTCHEFSTROOM

 018 293 0622 info@mediakom.co.za

GAUTENG: NORTHCLIFF

 011 476 3702 mediacom@lantic.net

GAUTENG: PRETORIA

 082 927 8294

vegandfruit@mediakom.co.za

Navorsingsjoernaal:

SA Avokadokwekersvereniging (SAAGA)

SA Lietsjiekwekersvereniging (SALGA)

Clarkstraat 17, Potchefstroom, 2531
www.mediacomcc.co.za

MARKET INFORMATION: 2023/24 marketing year

WHOLE WHEAT

Between the 1967/68 and 1988/89 marketing years (22 years), South Africa produced enough wheat to supply the local demand. Since the 1989/90 marketing year, wheat imports had to be resumed. With the demand increasing at a higher rate than the production, the country is now dependent on wheat imports to supply the local demand.

On 1 October 2022 the current marketing year opened the season with 625 083 tons of wheat. This was 33,7% more as on 1 October 2021. Nine months into the current marketing year the unutilised stock at the end of June was 827 386 tons. This was 29,6% less than the same period the previous year, while wheat processed for the local market increased with 2,7%. Producer deliveries directly from farms on 30 June 2023 were 2 033 064 tons, that was 9,0% less than the end of June 2022.

Table 1 shows the international and local supply and demand as well as the estimates, supplied by the supply and demand estimates committee of the NAMC.

According to the weekly reports as received by co-workers on 28 July 2023:

• Wheat imports for RSA were 1 228 016 tons. Majority imports were from Poland (359 070 tons), Russia (176 588 tons) and Australia (164 678 tons).

• Exports of locally produced wheat, all to neighbouring countries, were 228 955 tons.

(a) Including producer withdrawel, end-consumers and seed

(b) Including whole grain and products

(c) Net dispatches(+)/Receipts(-) plus Surplus (-)/Deficit(+)

Source: SAGIS, USDA, NAMC

• Exports of imported wheat to neighbouring countries were 140 700 tons.

BARLEY

For the 1936/37 marketing year, 32 000 tons of barley were produced on 43 000 hectares. That was a yield of 0,74 ton per hectare. Over the years the yield per hectare was quite bumpy but also increased. During the 2020/21 marketing year a record of 4,15 tons per hectare was harvested.

See Table 1 for data on the supply and demand of barley.

For the period October 2022 to June 2023 compared with the previous year:

• Producer deliveries directly from farms were 10,2% less at 298 819 tons.

• Processed for the local market was 282 676 (-13,1%).

• Barley malt imported was 118 048 (5,4% more).

• Stock at the end of June 2023 was 248 807 (-20,2%).

Wheaten products

At the end of June 2023, a total of 2 586 206 tons wheaten products were manufactured, 24 687 tons were imported and 23 415 tons were exported. See Figure 1 for the different wheaten products manufactured reported to SAGIS.

For the nine months period between 1 October 2022 and 30 June 2023, a total of 1 792 244 881 pan baked bread was reported. This is 0,48% less compared to the same period the previous year. See Table 2 for a breakdown of pan baked bread.

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 27
Figure 1. Wheaten products manufactured (ton). Table 1. Wheat and barley supply and demand.
Oct 2021Jun 2022 % Year on year Oct 2022Jun 2023 White bread 916 993 784 3,11 945 522 405 Brown bread 864 146 585 -3,90 830 467 101 Whole wheat bread 18 908 100 -18,77 15 359 393 Other 916 319 -2,22 895 982 Total units 1 800 964 788 -0,48 1 792 244 881 Marketing year Oct - Sep International RSA (SAGIS) S&DEC Estimates 2023/24 2022/23 Oct 2022 - Jun 2023 2022/23 Oct 2022 - Jun 2023 Wheat Barley Wheat Barley Wheat 1000 Mil ton Ton Ton Opening stock 269,3 18,8 625 083 201 904 625 083 Producer deliveries 796,7 145,8 2 033 064 298 819 2 060 000 Imports 208,0 26,4 1 033 495 74 857 1 600 000 Processed (a) 211,6 146,2 2 621 749 289 882 3 464 900 Exports (b) 796,0 27,1 240 583 23 437 308 000 Sundries (c) 1 924 13 454 -1 700 Ending stock 266,5 17,6 827 386 248 807 513 883
Table 2. Pan baked bread.

Die gene-revolusie Wat hou die toekoms vir koring in?

Die toekoms van biotegnologie in koring is vol belofte, maar dit staan ook voor talle uitdagings en weerstand. Die ontwikkeling van genoomredigeringsmetodes, soos CRISPR, bied groot potensiaal vir die verbetering van verskeie agronomiese eienskappe in koring, insluitend siekteweerstand, graankwaliteit, gluteninhoud en korrelgrootte.

Die verbouing van wilde plantaardige spesies het gelei tot die ontstaan van landbou ongeveer 10 000 jaar gelede. Boere het duisende jare lank saad van die grootste en sterkste plante geneem en dit gekweek, wat die kwaliteit van gewasse mettertyd verbeter het.

Natuurlike keuring en selektiewe teling was die fondasie van landbou-ontwikkeling, maar sedert Gregor Mendel se werk met ertjieplante in 1866 aan die lig gebring het hoe planteienskappe van geslag tot geslag oorgedra word, het wetenskaplikes die genetiese kode van organismes gewysig. Daarmee kon nageslagte geproduseer word wat beter is as die vorige generasie. Deur die eeue het die beskikbare metodes waarmee navorsers ons voedselstelsel stelselmatig ontwikkel het, wesentlik verander.

Tot en met die eerste helfte van die twintigste eeu is variëteite met interessante agronomiese kenmerke doelbewus gekweek. Later is verbeterde gewasse deur genetiese variasie geïnduseer en geplant. In die vroeë tagtiger jare het wetenskaplikes egter ontdek hoe om geselekteerde gene oor te dra, wat daartoe gelei het dat transgeniese plante nog meer gewenste eien-

skappe getoon het en dat dit boonop oor ‘n verkorte telingsiklus moontlik was.

Niks het ‘n groter omwenteling teweeg gebring as genetiese manipulasie nie. Die vermoë om die DNS van een organisme in 'n ander te voeg sodat die ontvanger die kenmerke uitdruk wat deur daardie geen gekodeer word, het die biotegnologierevolusie in landbou begin.

Die voordele van geneties gemodifiseerde voedsel wissel van plaagweerstand, siekteweerstand, onkruiddoderverdraagsaamheid, koueverdraagsaamheid, droogtetoleransie, verbeterde voeding tot farmaseutiese gebruike. Baie graangewasse is reeds geneties gemanipuleer om verbouing meer doeltreffend te maak – dit beteken dat boere dieselfde hoeveelheid voedsel kan produseer op minder grond, met minder water en minder plaagdoders as by konvensionele gewasse. Voedselprodusente kan dus hulpbronne bespaar met die plant van geneties gemodifiseerde (GM) gewasse.

Na die kommersiële bekendstelling van GM-sojabone en GM-mielies in 1996 was boere vinnig om hierdie gewasse te aanvaar. Die belangrikste redes hiervoor was die gemak van gebruik en die hoë vlak van plaag- en onkruidbeheer wat transgeniese gewasse bied weens hul eienskappe soos insek-

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 28

• Verbeterde siekteweerstand teen verskeie patogene, soos swambesmettings of virussiektes. Dit kan opbrengsverliese aansienlik verminder en die behoefte aan chemiese plaagdoders verminder.

• Verbeterde stremmingsverdraagsaamheid teen droogte, hitte en soutgehalte laat koringvariëteite beter presteer onder uitdagende omgewingstoestande.

• Verbeterde voedingskwaliteit deur die voedingsinhoud te verbeter, soos om die vlakke van noodsaaklike vitamiene, minerale of spesifieke aminosure in koringkorrels te verhoog. Dit kan voedingstoftekorte regstel en koringgebaseerde diëte meer voedsaam maak vir menslike gebruik.

• Verhoogde opbrengspotensiaal om voedselsekerheid te ondersteun deur gene te teiken wat met opbrengsverwante eienskappe vereenselwig word, soos planthoogte, bewerkingskapasiteit of korrelgrootte.

• Verminderde allergenisiteit wanneer sekere proteïene in koringvariëteite verander of verwyder word, soos gluten, wat allergiese reaksies by individue kan veroorsaak.

• Vinniger teelsiklusse omdat veelvuldige generasies en tydrowende keuringsprosesse nie meer nodig is om nuwe koringvariëteite te ontwikkel nie. Geen-redigering is meer presies en doelgerig en stel telers in staat om vinniger op veranderende uitdagings en markvereistes te reageer.

weerstandigheid en onkruiddoder-verdraagsaamheid. Daarby het minder bespuitings van landbouchemikalieë vir die beheer van insekte en onkruid ook kostebesparings meegebring.

Vandag plant boere wêreldwyd GM-mielies en GM-sojabone met Bt-tegnologie wat insekweerstandigheid bied en onkruiddoder-verdraagsaamheid. Die hoogste aanvaarding van die GMgraangewasse is in die VSA, Argentinië, Brasilië en Kanada, terwyl Suid-Afrikaanse aanplantings van GM-mielies en GMsojabone onderskeidelik 85% en 95% beloop.

Vir koring lyk die situasie egter baie anders en daar is tans geen geneties gemodifiseerde koring gekommersialiseer nie.

Wetenskaplikes het die genoom van die sojaboon in 2008 gedekodeer en die mieliegenoom in 2009. Die koringgenoom is eers 2018 volledig georden, maar het slegte nuus gebring. Broodkoring het ongeveer 17 miljard DNS-basispare (byna ses keer meer as die mens se 3 miljard) en bevat ongeveer 124 000 gene. Twee spesies oorheers die huidige globale koringproduksie: durumkoring (Triticum turgidum ssp. durum), wat gebruik word om koeskoes en pasta te maak, en broodkoring (Triticum aestivum), wat gebruik word om brood en noedels te maak.

Om sake te vererger, is die broodkoring-genoom eintlik drie genome in een. Ongeveer 500 000 jaar gelede, voordat mense nog bestaan het, het twee spesies wilde gras met mekaar gebaster om ‘n plant te skep wat ons nou as emmerkoring ken. Nadat mense hierdie plant mak gemaak en in hul lande geplant het, het ‘n derde grasspesie per ongeluk by die mengsel

aangesluit om moderne broodkoring met drie pare van elke chromosoom te vorm. Geneties gesproke is doelgerigte teling by koring dus ’n groot tameletjie.

In die afgelope 27 jaar was daar verdere vooruitgang in die wetenskap en potensiële produkte van beide GM-plante en -diere, maar deurlopende regulatoriese haakplekke en aktivisme beperk die voordele wat die tegnologie inhou voortdurend.

Die Europese Unie (EU) voer reeds etlike jare GMO-sojabone uit Noord- en Suid-Amerika in, wat vrygestel is omdat die gewas vir veevoer benodig word. Ten spyte hiervan was die meerderheid van die EU-lande onversetlik teen die verbouing van GM-gewasse. Die Pew Navorsingsentrum het in 2019/20 ‘n internasionale opname in 20 lande (insluitend die VSA) uitgevoer en bevind dat 48% van die respondente GMO-voedsel as onveilig beskou om te eet, teenoor 13% wat glo dat dit veilig is. Resultate verskil volgens land. Byna 70% van die Russe wat ondervra is, het geglo dat GMO-voedsel onveilig is, terwyl dit in die VSA 38% was.

Die eerste generasie van kommersiële transgeniese eienskappe het uitsluitlik gefokus op voordele wat hierdie GM produkte vir boere inhou. Verbruikers het vrae en kommer oor die veiligheid van die tegnologie gehad, terwyl kritici en anti-GM-groepe vrees en twyfel ingeboesem het. Hierdie onsekerheid staan in skerp kontras met algemene wetenskaplike navorsing, wat herhaaldelik getoon het dat voedsel wat van GMO-gewasse verkry is, veilig is. Daarenteen het die wetenskaplikes en die landboubedryf hulle nie goed gekwyt van die taak om die voordele van GM plante aan verbruikers te verduidelik nie.

Om die volle voordele van biotegnologie in koring te verwesenlik, is dit belangrik dat die bedryf deursigtig is en die publiek bewus gemaak word van hoe die tegnologie werk en die potensiële voordele wat dit kan bied. Dit sluit in voedselsekerheid, volhoubaarheid en die vermoë om gewasse aan te pas by veranderende klimaat- en siekte-uitdagings.

Met die CRISPR-tegniek bestaan die moontlikheid nou vir geredigeerde plante, waar geselekteerde gene op spesifieke plekke verander kan word. CRISPR is ‘n baie presiese metode om bestaande DNS te verander of te skrap om 'n gewenste uitkoms te kry. Die proses verskil van die oorspronklike, meer tradisionele transgeniese modifikasie, wat genetiese materiaal van ander plante, bakterieë of diere gebruik om ‘n gewenste eienskap te skep.

Daar is heelwat lande wat geneties gemanipuleerde organismes (GMOs) teenstaan, veral daar waar die omgewings- en “groen”-bewegings ‘n anti-GM fokus het. Die debat oor die regulering van genoomredigeringsmetodes, soos CRISPR, is ook aan die gang en oorheers nou gesprekke. Die nuutste stryd gaan daaroor of die nuwe CRISPR-tegnologie, wat gene binne ’n plant kan wysig, as ’n GMO beskou moet word en of dit as ’n eie, goedgekeurde kategorie gereguleer moet word. Hierdie kwessie moet deur die wetgewende en regulatoriese instansies opgelos word, maar in Suid-Afrika is die vordering hiermee uiters stadig.

Die groot vraag is of geen geredigeerde gewasse sonder invoeging van vreemde DNS anders gereguleer moet word as geen geredigeerde gewasse met invoeging van vreemde DNS en GMOs. Oor die algemeen hoop navorsers en produsente dat die CRISPR-tegnologie of sommige weergawes daarvan as

SEPTEMBER • OCTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 29
NA BLADSY 30
Potensiële uitwerking van nuwe teeltegnologieë en geen-redigering op koringverbouing

Die gene-revolusie: Wat hou die toekoms vir koring in?

nie-GMO-tegnologie gesien kan word en konvensionele teling vir die hele landbousektor kan bevorder.

CRISPR is soortgelyk aan sommige ander geen-redigeringsinstrumente. Dit werk soos ‘n molekulêre skêr of skalpel. CRISPR vind ‘n spesifieke stukkie DNS in ‘n sel en sny dan die DNS op die spesifieke plek en vee óf dele uit óf vervang dit met alternatiewe rye. Die ‘skêr’ in CRISPR (met die naam CRISPRCas9) wysig gene deur DNS presies te sny en daarna volg die natuurlike DNS-herstelprosesse. CRISPR-genoomredigering stel wetenskaplikes in staat om navorsing te versnel. Daarbenewens word CRISPR nou ook as ‘n vinnige diagnostiese metode ontwikkel.

Die ontdekking van die CRISPR-Cas9 "genetiese skêr" is een van die belangrikste wetenskaplike ontwikkelings tot dusver hierdie eeu. Dit het die vermoë om landbou te transformeer omdat dit vinniger, goedkoper, meer akkuraat en doeltreffender is as ander genoomredigeringsmetodes.

Koring kan moontlik verbeter word met behulp van die CRISPR-genoom-redigeringstegnologie wat ‘n verskeidenheid agronomiese eienskappe kan verander, insluitend siekteweer-

stand, gluteninhoud, graankwaliteit en korrelgrootte.

Koring was in 1992 deur transgeniese, biolistiese metodes getransformeer en in 1997deur Agrobacterium-metodes, maar daar is geen geneties gemodifiseerde koring tans op enige plek in die wêreld gekommersialiseer nie. Net twee lande, Argentinië en Brasilië, is gemagtig vir die produksie van GM-koring. Koring speel ‘n belangrike rol in menslike voeding en verskaf 20% van die daaglikse proteïen en voedselkalorieë. Weens die wydverspreide gebruik van koring in die menslike dieet word groot kulturele weerstand egter ondervind. Die indruk van GMOs as onveilig of oneties het die aanvaarding en toepassing van geneties gemodifiseerde koring belemmer.

Die gene-revolusie in landbou het hoogtepunte en laagtepunte beleef, maar wat gaan die toekoms vir biotegnologie in die landbou inhou? Dit sal afhang van ‘n kombinasie van wetenskaplike vordering, reguleringsraamwerke en openbare bewustheid. As hierdie faktore saam werk, kan geneties gemodifiseerde en geredigeerde gewasse ‘n belangrike bydrae lewer tot die verbetering van gewasopbrengste, voedselveiligheid en volhoubaarheid in die landboubedryf. Die tyd sal leer.

A new generation of grain cleaners

The Bühler, a multinational plant equipment manufacturer, launched the next generation of its TAS grain cleaning system, the TAS Laac. Cleaning is an essential part of any operation, as clean raw material is vital for any food and feed production process, ensuring safety and high quality of the product. The TAS cleaning system has been a customer favourite for grain processing for more than 30 years.

The new TAS Laac builds on the success of the classic TAS, renowned for its efficient cleaning, high throughput rate, flex-

ible configuration, and low operating costs. The latest model retains all of this and comes with a range of new features, including remote control for the machine settings. This means that operators can easily make adjustments to optimize settings at changeovers, no matter where they are in the mill, malting plant, or reception points.

Another innovation is the introduction of ultra-reliable sensors. This enables the machine to be connected to digital services offering condition monitoring for maximum uptime and deep analyses for improved yields. Its instant compatibility with Bühler Insights, meanwhile, allows for advanced trend analysis and much more.

This range of new functions can help operators bring an end to unwanted downtime and product losses due to incorrect machine settings. In an ever-more competitive milling market, optimum efficiency is vital to improve yields, cut waste, and make sure that frequent changeovers are as smooth as possible.

“These were the challenges our engineers at Bühler set out to tackle when we took a fresh look at the well-established TAS cleaner series,” says Manfred Dess, Product Manager for TAS cleaners at Bühler. “Not many would expect much potential in improving or even revolutionising a technology that has reliably met customers’ needs for decades. However, we have built on past success, optimised our existing cleaner solution, and introduced new groundbreaking features. With the new system in place, operators can manage machinery more easily, efficiently, and profitably with all the required functionality at their fingertips – even via mobile devices.”

SEPTEMBER • OKTOBER 2023 KORINGFOKUS  WHEAT FOCUS 30
TAS Laac grain system cleaner.
READ THE LABEL FOR FULL DETAILS AMPLIGO® contains chlorantraniliprole and lambda-cyhalothrin (Reg No. L8685, Act No. 36 of 1947). HARMFUL. Syngenta South Africa, Private Bag X60, Halfway House, 1685. Tel: 011 541 4000. www.syngenta.co.za All listed products are registered trademarks of a Syngenta Group Company. © Syngenta Ag, 2000 Due to patented Zeon technology AMPLIGO® is formulated as unique and uniform micro capsules Long residual ensures effective control with less applications controls all life stages moths, eggs and larvae wipe pests out, double quick Ensures better coverage Protects against degradation by sunlight Stabilises the product in the spray tank @SyngentaSA | www.syngenta.co.za DAY 2 D AY 3 DAY 1 FIRST SYMPTOMS VISBLE IN HOURS FIRST LARVAE DIE NONE SURVIVE rapid knockdown stops feeding immediately with no further crop damage

Protect Your Cereal Crops From Damaging Broadleaf Weeds

Pixxaro® 266 EC (Reg. No. L11191 | Act No. 36 of 1947) is an emulsion concentrate herbicide for pre-plant burn down of broadleaf weeds on fallow lands and selective early postemergence control of broadleaf weeds in wheat and barley.

KEY ATTRIBUTES & ADVANTAGES

Effective post-emergence control of many common and economically damaging broadleaf weeds in cereals and barley.

Low use rates result in low environmental load. Alternative mode of action to help manage resistant weed biotypes.

Rapid degradation in soil and plant tissues allows crop rotation flexibility.

Favourable environmental and toxicology profile.

Pixxaro® 266 EC offers effective postemergence control of many common and economically damaging broadleaf weeds in cereals and barley and an alternative mode of action to help manage resistant weed biotypes.

OUR CROP PROTECTION PRODUCTS ARE AT THE HEART OF AGRICULTURE

following

Visit us at corteva.co.za FOR MORE INFORMATION CONTACT THE REGISTRATION HOLDER: Corteva Agriscience RSA (Pty) Ltd · Reg. No. 1997/003030/0 • Paarl +27 (0) 21 003 8259 • Centurion +27 (0) 12 683 5700 • 2nd Floor, Building A, Lakefield Office Park, 272 West Avenue, Centurion, 0157, Gauteng, Republic of South Africa. ALWAYS USE ACCORDING TO LABEL RECOMMENDATIONS: TM ® Trademarks of Corteva Agriscience and its affiliated companies © 2022 Corteva. The
trademarks/registrations under Act 36 of 1947 are acknowledged: GLEAN® 75 XP | L1672 | FMC
Visit Our Website For More Information
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.