101 SLAAIE

Page 5

12. KRAKERIGE KAASSLAAI: ½ blaarslaaikop grof gebreek 6 agurkies in ringetjies gesny Klein blikkie pynappelstukkies (gedreineer)

½ brood se croutons Cheddar kaas in blokkies gesny

Meng alle bestanddele en gooi in 'n mooi glasslaaibak. SOUS: 397g kondensmelk 1 eetlepel kookolie

2 eetlepelsl asyn sout en swartpeper na smaak

Meng alles saam net voor bediening en gooi oor slaai.

13. KRUISEMENT KOOLSLAAI: 750ml kool (in repies gesny) 3 groen salotte (gekap) SOUS: 5ml suiker 62,5ml suurlemoensap 12,5ml vars kruisement (gekap)

1 rooi soetrissie (gekap) 1 wortel (gekap) 2,5ml vars gemmer (gerasper) 1 knoffelhuisie (gekneus)

Berei die sous deur al die sousbestanddele in 'n bottel te gooi en goed te skud. Meng al die slaaibestanddele in 'n groot bak en voeg slaaisous by net voor opdiening.

14. MAKRIEL-EN-MACARONI-SLAAI: 150g macaroni 120g gerookte makrielfilette, vel verwyder 6 kersietamaties, gehalveer 45ml laevet- natuurlike jogurt sout en varsgemaalde swartpeper

30ml laekalorie- Franse slaaisous 2 klein uie, fyngekap 1 wortel, geskil en grofgerasper 1bossie (mustard cress)

Kook macaroni in vinnig kokende water tot al dente (die pasta moet nog effens ferm wees as jy dit byt, en nie sag en pap wees nie). Gooi water af en meng gaar macaroni liggies met die Franse slaaisous. Laat afkoel. Vlok die makrielfilette en verwyder grate. Sodra die macaroni koud is, voeg die makriel, uie, tamaties, wortel en joçurt by. Meng liggies. Voeg die helfte van die mosterdkers by die slaai. Geur met sout en peper.. Plaas slaai in 'n mooi glasbak en garneer met oorblywende mosterdkers. Sit voor as 'n slaai of ligte ete.

15. MOSTERD EN UIESLAAI: 1 kg piekeluitjies 250ml bruinasyn 60ml bruinsuiker 10ml droë mosterd

500ml groente of hoenderaftreksel 30ml mielieblom 2 eiers 5ml gegeurde sout

Prut die uie in die aftreksel tot sag. Verwyder die uie met ‘n gegleufde lepel en hou eenkant terwyl die sous gemaak word. Voeg die asyn by die aftreksel. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en voeg by. Klits die suiker, eiers, mosterd en sout saam. Voeg ‘n klein bietjie van die warm mengsel by die eiermengsel en gooi alles dan terug in een kastrol. Roer voortdurend oor stadige hitte tot die sous verdik. Proe en geur. Giet oor die uie en laat afkoel.

Sny Feta kaas en waatlemoen in blokkies en sprinkel vars suurlemoensap, olyfolie en swartpeper oor vir ‘n interessante voorgereg of as slaai saam met geroosterde visgeregte. 5


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.