101 SLAAIE

Page 28

96. NOEDEL EN SULTANA SLAAI: 500g skulpnoedels 125ml mayonnaise 250ml Cheddarkaas, in blokkies gesny 1 groen soetrissie, ontpit en fyn gekap

410g (1blik) perskeskywe 25ml matige kerriepoeier 1 ui, fyn gekap 250ml gebleikte sultanas

Kook die noedels volgens die aanwyssings op die pakkie tot net gaar maar nie pap nie. Spoel die gaar noedels onder lopende water af en laat dit goed dreineer. Dreineer die perskeskywe en behou die stroop. Sny die perskeskywe kleiner. Meng die perskestroop, mayonnaise en kerriepoeier tot glad. Meng die noedels, perskestukkies, perskestroopmengsel, kaas, ui, soetrissie en sultanas liggies. Verkoel die slaai voor opdiening.

97. RISSIE EN BILTONG-PASTASLAAI: 250g vlinder of skroef pasta julienne van 2 groot skoon geskraapte wortels 1-2 vars brandrissies, ontpit in skyfies gesny 50ml vars gekapte pietersielie 100ml KNORR songedroogde tamatie-en-olyfolie slaaisous

1 bossie sprietuie, in skyfies gesny 1 groot lemoen, geskil & in segmente verdeel 150g gesnyde beesbiltong 5ml speserye vir slaai

Kook pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi in ‘n groot slaaibak. Besprinkel met 50ml van die slaaisous en meng goed. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur. Sprinkel die oorblywende sous oor. Lewer 4-6 porsies.

98. BEET EN PEKANNEUT SLAAI: 3 groot, gaar bete in blokkies gesny 1 groot groen appel, met skil in blokkies gesny 150ml gekoopte vinaigrette-slaaisous ‘n paar heel pekanneute vir garnering

1 groot ui, fyn gekap 50g pekanneute, gekap 1 klein blaarslaai, fyn gesny

Meng die beet, ui, appel en neute in ‘n mengbak. Plaas die blaarslaai op ‘n opdienbord, skep die beetmengsel mooi bo-op en drup die slaaisous oor. Garneer met gekapte neute. Lewer 4-6 porsies.

99. KIWIVRUG EN DRUIWESLAAI MET KASJOENEUTE: ‘n paar slaaiblare 2 lemoene in segmente verdeel 1 klein groen soetrissie, ontpit, in blokkies gesny 100g sampioene, dun gesny gekoopte olievrye vinaigrette, na smaak

2 kiwivrugte, geskil en gesny 125ml groen pitlose druiwe 4 radyse, dun gesny ¼ Engelse komkommer, gesny 60ml kasjoeneute

Rangskik die slaaiblare op ‘n slaaibord. Meng die res van die vrugte en groente liggies saam met die vinaigrette totdat die vrugte en groente na smaak bedek is met die sous. Rangskik mooi bo-op die slaaiblare en strooi neute bo-oor. Lewer 4 porsies.

Sommige mense word net nooit groot nie, hulle word net oud. Baie vrouens het ‘n tiener man, en baie geduldige mans het ‘n kinderbruid met plooie.

28


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.