101 SLAAIE

Page 24

80. SOMER HOENDERSLAAI Let wel: Hierdie resep lewer slegs 2 porsies. Pas dus die hoeveelhede aan. 1 avokado, in blokkies gesny 2 gaar hoenderborsies, in blokkies gesny 75 g sampioene, in skywe gesny 1/2 pak kontinentale slaai met kruie

2 wortels, julienne gesny 100 ml croutons 1 selderystingel, in skywe gesny balsamiese asyn vir slaaisous

Meng al die bestanddele saam in 'n slaaibak. Gooi slaaisous kort voor bediening oor.

81. BROODSLAAI (Die maklike een) sny brood in dik snye en dan in blokkies gebraaide spekvleis in stukkies gekap olie vir diepbraai

sny kaas van jou keuse in blokkies gelyke mates kondensmelk en mayonnaise gebraaide sampioenstukkies (opsioneel)

Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaise mengsel ‘n halfuur voor opdiening by.

82. ASPERSIE- EN SAMPIOENSLAAI: 155 g aspersies 60 ml lemoensap 1 eetlepel lemoenskil 2 teelepels lemmetjieskil 60 ml heuning 150 g rocket-blare

1 eetlepel volgraanmosterd 1 rooi soetrissie, in repies gesny 2 teelepels suurlemoenskil 2 huisies knoffel, gekneus 400 g knopiesampioene, gehalveer

Sny die punte van die aspersies af en sny diagonaal deur. Plaas in 'n pot kookwater en kook vir 'n minuut of tot net sag. Dreineer, dompel in koel water en sit eenkant. Plaas mosterd, sappe en skil, knoffel en heuning in 'n groot pan en geur met peper. Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte. Voeg sampioene by en roer vir twee minute. Ver- wyder die sampioene uit die sous. Bring die sous weer tot kookpunt en verminder dan die hitte. Prut vir sowat vyf minute of totdat die sous stroperig word. Meng die sampioene, rocket-blare, soetrissie en aspersies.. Bedruip met sous en bedien.

83. NOEDEL & GEROOKTE HOENDER SLAAI: 4 gerookte gaar hoenderborsies ½ koppie pekanneute 1 pynappel in blokkies Sous 250ml mayonaise melk of franse slaaisous om te verdun.

3 koppies gaar noedels skroewe of skulpies 1 stingel seldery 1 wiel feta kaas ½ koppie suur room

Meng die slaaisous die vorige aand. Meng met die noedels en laat staan oornag in yskas. Meng die ander bestanddele by net voor opdiening.

Nouvelle cuisine beteken te min op jou bord, en te veel op jou rekeningPaul Bocuse

24


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.