1 minute read

het jou hulp nodig

operasie ondergaan, waarin die harde verhemelte dan geheg word.

Leonie noem dat Danté met die eerste operasie vir ses nagte in die hospitaal gaan wees en eers op die sewende dag ontslaan gaan word. Nasorg is egter van uiterste belang. Ten einde te verhoed dat Danté sy hande in sy mond druk, word sy armpies gespalk. Leoni sê dat hy ook glad nie ná die operasie mag suig nie en dat hy spesiale lepeltjies en drink-koppies moet gebruik. “Die lepeltjies is só ontwerp dat kos agterin sy mond gesit word,” sê Leoni.

Advertisement

Amica is reeds vir 12 jaar - sedert skooldaeLeoni se vriendin en het ingespring om te help waar sy kan. Leoni is ‘n onderwyseres en Gerrie is ‘n veseltegnikus. Aangesien die De Bruyns se mediese fonds nie al die onkostes van die operasie en allerlei ekstras (soos die plaatjies) dek nie, het Amica besluit om op Facebook ‘n “BackaBuddy” profiel te skep.

“Tyd is vinnig besig om uit te loop, en hoewel hierdie jong ouers alles in hulle vermoë doen om te spaar, soos om byvoorbeeld by familie in te trek, is dit net onmoontlik om self by hierdie tipe bedrae uit te kom.”

“Ons is na ‘n kakebeensjirurg wat vir Danté ‘n plaatjie gemaak het. Hy moet dit dag en nag dra. Ons maak dit net saans skoon,” sê Leoni. Sy voeg by dat Danté al ‘n tweede plaatjie dra, aangesien die eerste een te klein geword het.

Die spesialis, tesame met professor Kurt-W Bütow, wat al meer as 4 000 van hierdie operasies uitgevoer het, het aanbeveel dat Danté op 20 Julie vanjaar vir die eerste maal geopereer word by Die Wilgers hospitaal in Pretoria. Gedurende hierdie ingrypende operasie word die sagte verhemelte, asook die kleintongetjie (wat ook in twee verdeel is), geheg. Eers op die ouderdom van 18 maande gaan Danté ‘n tweede

“Tyd is vinnig besig om uit te loop, en hoewel hierdie jong ouers alles in hulle vermoë doen om te spaar, soos om byvoorbeeld by familie in te trek, is dit net onmoontlik om self by hierdie tipe bedrae uit te kom. Op BackaBuddy word gepoog om R50 000 in te samel,” sê Amica. Die skakel is: https://www.backabuddy.co.za/champion/ project/leoni-de-bruyn-5594418652115171368 as persone of instansies ‘n bydrae wil maak. Indien lesers navrae wil rig, kan hulle gerus vir Amica by 064 682 5859 kontak.

“Klein Danté is baie na aan my hart. Hy huil nie eers wanneer daar ‘n gewerskaf in sy mond is vir plaatjies nie. Hy is altyd vriendelik en gereed om ‘n groot glimlag uit te deel,” sê Amica.

Leoni, op haar beurt, het haar dankbaarheid uitgespreek teenoor die wonderlike ondersteuning wat hulle in meer as een opsig kry. “Dit maak alles regtig makliker.”

This article is from: