4 minute read

What is happening?

Soutpansberg Muurbalklub

Die Soutpansberg Muurbalklub het belangstellende spelers uitgenooi om by die klub aan te sluit. Jaargelde beloop R1 800 per jaar.

Advertisement

Vir meer inligting kan die klub se voorsitter, Ronel Welman, geskakel word by tel. 084 581 4868 of stuur ‘n e-pos aan haar na admin@ zoutnet.co.za.

Rugbyoefening begin vir die 2023 seisoen

Die Louis Trichardt Rugbyklub het amptelik hulle weeklikse oefening vir die nuwe seisoen vervat en sal voortaan elke Dinsdag vanaf 17:30 oefen. Vir meer inligting kan Armand Stander geskakel word by 078 199 3830.

Gimnastiek oefentye

LTT Shukokai

Karateklub

Die Louis Trichardt Shukokai Karateklub oefen elke Maandag en Donderdag vanaf 17:30 tot 19:15 by die stoeisaal in Louis Trichardt.

Vir meer inligting, skakel sensei De Wet van Wyk by tel. 083 654 8869.

Kerk se fasiliteite nou beskikbaar

Die NG Kerk Moedergemeente (Stad op die Berg) in Louis Trichardt stel tans van hulle fasiliteite beskikbaar vir uitverhuring.

Die Ferdie Beyersaal kan 600 persone akkommodeer, en 100 persone in die Kiepersol-lokaal en 50 persone in die Jesuskroon-lokaal.

Vir meer inligting en pryse, skakel die kerkkantoor tussen 08:00 en 13:00 by tel. 015 516 3902.

Gister-se-Jeug byeen

Die Gister-se-Jeugklub op Louis Trichardt kom elke Dinsdag vanaf 09:00 in die saal van die Hervormde Kerk in Stubbsstraat byeen. Die klub se leuse is “Vrolikheid by die grysheid” en hul doel is om eensame, ouer mense se venster op die wêreld net ‘n bietjie wyer oop te maak. “Het die vriendekring erg gekrimp? Kom maak dit groter by ons. Te oud – beslis nie as u nog kan beweeg nie. Te jonk – ons benodig helpers,” het die klub gesê. Vir meer inligting, skakel Willie by tel. 083 453 6597 of WhatsApp Anna by 084 516 0647. Ledegeld is baie billik.

Noodnommers

Emergency Numbers

Die Louis Trichardt Gimnastiekklub se beginnersklasse vir voorskoolse gimnaste vind plaas op Maandae en Woensdae vanaf 13:00 tot 14:00. Daarna is dit meisiesgimnaste se beurt wat Maandae en Woensdae vanaf 14:15 tot 15:15 oefen. Die seunsgimnaste oefen elke Dinsdag en Donderdag vanaf 15:30 tot 16:30.

Vir meer inligting, skakel Elize van der Goot (voorskoolse gimnaste) by 081 888 1371, Elzabé Stewart (meisies) by 082 566 3493 of Gerrie Vorster (079 245 2766) of Nadine Bezuidenhout (082 390 6849) vir die seuns.

Vrydag 3 Februarie

Dopper Kuierkafee

Die Gereformeerde Kerk in Louis Trichardt se volgende Dopperkuierkafee vind op Vrydag, 3 Februarie, plaas en die spyskaart sluit in Dopperburgers teen R25 elk, kaas-, rib-, of hoenderburgers teen R30 elk, ‘n Russian en slaptjips teen R25 elk, Hake en slaptjips teen R30 elk en slaptjips teen R10 per pakkie.

Hierdie week se spesiale aanbiedinge is Kombo 1 teen R60 (Hake, Panko Prawns, Calamari ringe, viskoekie, slaptjips, 300 ml koeldrank, suurlemoen en tartarsous) en Kombo 2 ook teen R60 (Kaasburger, Russian, slaptjips en 300 ml koeldrank).

Plaas jou bestelling by Nanette voor Vrydag 12:00 by 015 516 4007 of 084 304 4764. Bestellings kan Vrydagmiddag vanaf 17:00 by die Dopperkerk afgehaal word.

Weeklikse Damvlakke

Albasini Dam 97.7% 97.8% Ebenezer Dam 97.8% 98.1%

Flag Boshielo Dam 100.9% 101.8%

Glen Alpine Dam 100.7% 101.5%

Luphephe Dam 81.8% 83%

Middel Letaba Dam #0.7% 0.7%

Nandoni Dam 100.9% 101.3%

Nsami Dam 40.2% 41.6%

Nwanedzi Dam 79.5% 80.7%

Nzhelele Dam 86.5% 96.5%

Tzaneen Dam 81.4% 82.4%

Vondo Dam 100.9% 101.1%

Humid with a thunderstorm in spots.

Saturday, 4 February High: 24oC Low: 18oC

Saturday 4 February

SPCA Craft & Farmer’s Market

The Louis Trichardt SPCA has invited one and all to join them for their next Craft & Farmer’s Market on 4 February at their premises on the Vondeling road from 09:00 to 14:00. The usual variety of stalls selling food, homemade produce, arts and crafts, jewellery, books, etc. will be available. The Legacy vet shop can provide all your pet’s requirements too.

Your support of the market stalls enables the stall holders in turn to support the SPCA. If you wish to book a stall for a small donation, contact Grietjie on 072 516 6895.

Die Louis Trichardt Rolbalklub bied weer hulle uiters gewilde besigheidsaandliga aan, met die eerste wedstryd wat op Donderdag, 9 Februarie, beslis sal word. Die volgende twee wedstryde sal op die daaropvolgende Donderdagaande, op 16 en 23 Februarie, gespeel word. Slegs 14 spanne kan inskryf, met inskrywings wat op 6 Februarie sluit.

Die hoofdoel van die liga is nie net om rolbal as sportsoort vir oud en jonk te bevorder nie, maar ook om broodnodige fondse vir die klub in te samel. Die fokus van die aande is vir spelers om dit te geniet en enige instansie of besigheid kan ‘n span inskryf of borg. Wedstryde begin elke Donderdagaand om 17:30 weens moontlike beurtkrag. Aan die einde van die reeks word die wenner bepaal. Deurlopend sal dekking in die koerant verskaf word oor die vordering van die liga.

Inskrywing beloop R1 000 per span van vier, wat baanfooie insluit. Behalwe vir skoene wat hakloos moet wees, is geen ander dragkode van toepassing nie. Rolbalballe sal voorsien word en dit staan spanne vry om hemde te dra met logo’s of die span se naam. Ná elke ronde wedstryde sal braaipakkies te koop wees, met pap en sous wat deur die klub voorsien sal word.

Vir meer inligting skakel Carel Volschenk (084 553 1807), Mariè Volschenk (084 500 2453), Ben Groenewald (084 505 3663), NJ Oosthuizen (079 677 7310) of Jaco Oosthuizen (060 525 3959).

Western Barn Dans Saterdag 24 Februarie

Die Untamed Perdryklub op Louis Trichardt nooi inwoners uit na hulle Western Barn Dance op Vrydag, 24 Februarie.

Die klub word met Western Mounted Games geassosieer, maar fokus nie uitsluitlik daarop nie. Hulle brei hulle aktiwiteite ook uit na uithouritte en skouspring - eintlik enige perdrydissipline waarin daar belangstelling is, selfs om net in die veld te gaan ry. Soos met enige ander sportklub is finansies maar altyd ‘n probleem. Daarom reël die klub die dans op 24 Februarie om 18:30. Die dans vind plaas in die Gereformeerde Kerk se saal (Fransie Vermaak) met DJ Jonty wat die musiek sal verskaf. Kaartjies kos R200 per persoon, wat ‘n lekker ete insluit. Enige iemand wat belangstel om deel te word van die klub, hetsy hulle perde het of nie, kan die klub skakel vir meer inligting. Skakel Rachael (voorsitter) by tel. 083 664 6918 of Elize (ondervoorsitter) by 081 888 1371.

25 Februarie

Saturday

SPB Mountain Race

The Soutpansberg Athletics Club will once again be hosting the popular Soutpansberg Mountain Race on 25 February. The races (a 10km, 21km and 32km race) will start and finish at Triegie Park (Louis Trichardt High School) with entries opening at 05:30. The race will start at 07:00. For more information, phone Ferreira at Tel 082 749 0413 or Priscilla at 083 770 0118.

100th Parkrun Saturday 25 February

On Saturday, 25 February, the Louis Trichardt parkrun is due to hold its 100th parkrun, and to mark the milestone, they want to try for 100 parkrunners to take part. All businesses, clubs and originations are invited to enlist a team and swell the numbers. The 5km parkrun takes place at 07:00 every Saturday in the Tree Park and is a free community event open to everyone and run entirely by volunteers.