1 minute read

Wi L i SN a TER u G in die saal

■ Joe Dreyer

Verlede naweek is die Limpopo kwalifiserenede rondtes van die Western Mounted Games op Erica Homan se gronde net buite Tzaneen, op Saterdag die 29ste, en Sondag die 30ste April gehou. Hierdie kwalifiserende rondtes word deur perderuiters gebruik om te kwalifiseer vir die Limpopospan.

Advertisement

Daar word nege van hierdie rondtes in Limpopo aangebied waarvan agt gewone rondtes is. Elke ruiter moet ten minste drie van die kwalifiserende rondtes ry en aan ten minste 11 van die 13 verskillende spele (oftewel “games”) deelneem om in aanmerking te kom vir die provinsiale-span.

Die laaste van dié kwalifiseerende rondtes is ‘n Ope Byeenkoms en nie ‘n skole toernooi nie. Dit word die Streeksbyeenkoms genoem en elke ruiter wie kwalifiseer vir die Limpopospan kom op hierdie byeenkoms bymekaar en neem teen mekaar deel waarna die Limpopo-spanne bekend gemaak gaan word. Hierdie spanne neem op provinsiale-vlak teen die top ruiters in die land deel om in aanmerking te kom vir die Suid-Afrikaanse span (SANEF-span). Tzaneen spog reeds met ‘n paar ruiters wie hierdie jaar verkies is tot die nasionale span insluitend Clayton en Cliff Wiggill, Ané Pretorius, Adriaan van Brakel, Anisa Muller en Ruvan Lourens. Hierdie ruiters moet nog aan die einde van die jaar deelneem om amptelik hul nasionale kleure te kry.

Saterdag se top ruiters was Anisa Muller van Hoedspruit (algeheel tweede), Sameul Lourens van Groblersdal (algeheel derde), en Wilisna Wiggill van Tzaneen (algeheel eerste). Sondag se top drie was Clayton Wiggill van Tzaneen (algeheel derde), Ané Pretorius van Hoërskool Hans Strijdom (algeheel tweede) en Clayton Wiggill van Tzaneen (algeheel eerste).

Hoërskool Hans Strijdom was algeheel eerste in die skole afdeling se Vlak 4 kompetisie met Merensky Landbou Akademie in die tweede plek en PHS was derde na afloop van die naweek se rondtes.

Die volgende kwalifiserende rondte sal op Pietersburg op die 16de en 17de Junie gery word.