1 minute read

Dié kampioene gee nie voor nie

Die tafel was gedek vir interessante en opwindende rolbal tydens Tzaneen Rolbalkub se jaarlikse klubkampioenskap vir voorgee mans- en vrouespelers. Hierdie kampioenskap, gehou op Saterdag die 1ste en Sondag die 2de April, was uiteindelik deur Theo Wolmarans en Sue Morrison gewen. Beide spelers was ook die verdedigende kampioene in hul onderskeie afde-

Die mans se eindstryd het het vir heelwat afwagting gesorg. Die huidige voorgeekampioen, Wolmarans, het teen die klub se driemalige en agtereenvolgende kampioen, Stoffel VerWolmarans het egter bewys dat hy veel wyser geraak het sedertdien hy sy eerste voorgeekroon in 2022 as ‘n nu- weling gewen het. Verlede jaar het hy sowat vyf maande tevore eers begin om rolbal te beoefen.

Advertisement

Hy het bonop as nuweling in daardie kampioenskap ‘n aantal van die klub se meer ervare en senior spelers met sy spel verras. Beide Wolmarans en Vermaak het hul mede klublede en besoekers wie die wedstryd aanskou het vanjaar met aanskoulike spel vermaak.

En soos die toeval dit wou hê, het vanjaar se vroue klubkampioen, Morrison, weer verlede jaar se naaswenner, Elsjé Beyers, om die kroon vir die vroue se voorgeekampioenskap uitgeknikker.

Die rose van die klub se afdeling is in ‘n rondomtalie formaat beslis. Morrison het meer van haar wedstryde as Beyers gewen wat so aan haar weer die voorgee-titel besorg het.

Tzaneen se rolspelers gaan op die 15de April na Polokwane reis om aan die Limpopo dubbelspel kampioenskappe deel te neem. Dié klub beoog om sowat tien spanne vir deelname na hierdie kampioenskap te stuur.