Issuu on Google+

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 7 Maart 2013

Koeries: Nog ’n klag

Prys: R4.90

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Ongeluk eis pa, dogter

2

3

Dogter glo deur pa verkrag 4

Plaasmoord nog nie opgelos

5

BREEDERIVIER-BESTUURSAREA

Smokkelary

oopgevlek MATTHEW SHELDON

’n

Korrektiewe beampte by die Breederivier-bestuursarea (BRBA) is die naweek met sowat 71 tablette, vermoedelik Mandrax, by die mans-afdeling betrap. Volgens Leonard Davids, die BRBA se areakoördineerder, is die beampte deursoek ná Henry Thys, die mansafdeling se naweekdienshoof, hom uitgevra het oor gerugte van ongerymdhede wat die rondte doen. Leonard sê daar was voorheen bewerings dat dié besondere beampte by die smokkel van dwelms betrokke was. “Die beampte het, toe Thys hom gevra het of hy hom kan deursoek, aanvanklik gehuiwer, maar later toestemming gegee. Dit is toe dat twee pakkies met tablette in sy onderklere gevind is.” Volgens Leonard het die departement van korrektiewe dienste die beampte in ’n brief ingelig dat hy 24 uur het om te verduidelik waarom die tablette in sy besit was en waarom hy nie geskors behoort te word nie. Davids sê die tablette is intussen na ’n laboratorium in Kaapstad gestuur. “Die tablette sal daar getoets word, sodat ons kan seker maak of dit wel Mandrax-tablette is.” Donderdag 28 ° C

Bewolk

Hy sê die polisie is van die voorval in kennis gestel en die beampte is op dieselfde dag in hegtenis geneem. “Ons sal eers nadat hy op ons brief gereageer het, besluit of hy geskors moet word of nie,” sê Davids. Die departement se ondersoekbeampte is reeds aangestel om die bewerings teen dié beampte te ondersoek, het hy gesê. Volgens Robert Stemmet, die hoof van die mans-afdeling, is daar ’n netwerk van beamptes wat saam met die gevangenes werk om verskeie artikels soos selfone, geld, alkohol en dwelms in die gevangenis in te smokkel. “Dié ingesmokkelde geld het baie waarde in die gevangenis, want die gevangenes gebruik die geld om van die beamptes by die mans-afdeling om te koop,” sê Stemmet. Volgens hom was daar in die afgelope 12 maande vyf gevalle waar korrektiewe beamptes dwelms, geld of alkohol probeer insmokkel het vir gevangenes. Volgens Davids sal dit sowat ses maande duur voor die departement die uitslae van die laboratorium sal kry. Dán eers, sê Davids, kan die beampte formeel aangekla word. Die beampte is tans met siekteverlof. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die plaaslike polisie, sal hy op 3 September vir die eerste keer in die hof verskyn.

Vrydag 25 ° C

Gedeeltelik bewolk met buie (25%)

Saterdag 27 ° C

Die hoof van die Breederivier­bestuursarea se mansafdeling, Robert Stemmet, het gesê die departement sal ernstig optree teenoor kor­ rupte beamptes.

’n Korrektiewe beampte by die Breederivier­ bestuursarea is onlangs met 71 tablette, ver­ moedelik Mandrax, by die mansafdeling be­ trap. Die tablette was voor in sy onderklere versteek. FOTO: MATTHEW SHELDON

Dwelms word in koekies seep versteek en by die gevangenis ingesmokkel. FOTO’S: VERSKAF

Volgens Stemmet word tikstrootjies in vleis versteek en deur besoekers gedurende be­ soekure die gevangenis ingebring.

FOTO: MATTHEW SHELDON

Mooi weer en sonnig.

Sondag 33 ° C

Mooiweer


2

Standard

Nuus News

7 Maart, 2013

Nóg ‘n klag gelê teen Koeries HILDERINE SCHRÖDER

Sowat 150 plaaswerkers het Sondag (3 Maart) buite De Doorns vergader. Afdankings, afset­ tings en onregmatige arrestasies was onder die besprekingspunte. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

‘Moenie vir R85 teken nie’ HILDERINE SCHRÖDER Produsente wat werkers afdank of dwing om kontrakte te teken dat hulle lone van R85 per dag sal aanvaar, kan hernieude protesaksie verwag. Dié waarskuwing is verlede Sondag (3 Maart) tydens ’n byeenkoms buite De Doorns deur Nosey Pieterse, sekretaris-generaal van die vakbond Bawusa, aan Bolandse boere gerig. Mense is met busse en taxi’s van verskeie omliggende dorpe aangery na die byeenkoms wat meer as twee ure ná die geskeduleerde tyd begin het. Pieterse het gesê in teenstelling Pat Marran, ’n raadslid van die Breedevallei­munisipali­ met die massaprotesaksie wat vroe- teit, was een van talle sprekers wat die groep toege­ er regoor die Boland gesien is, gaan spreek het. plaaswerkers nou op kleiner skaal opruk en dít slegs na produsente wat nie die mense is wat gesterf het in die stryd om R150 nuutvasgestelde minimumloon van R105 per per dag te kry? Ons kinders se toekoms hang dag betaal nie, of werkers onregverdig afdank. af van die besluite wat ons nou neem.” Marran het voorts gesê die stakings het nie Hy het opnuut sy ontevredenheid uitgespreek oor die groot aantal werkers wat steeds eintlik begin as gevolg van loonkwessies nie, in aanhouding is nadat hulle tydens vroeëre maar eintlik grondkwessies. “Ons is plaasboebetogings vir openbare geweld in hegtenis ge- re, maar het nie grond om te bedryf nie. Ons gaan ’n proses begin om grond terug te kry. neem is. Pat Marran, wyksraadslid vir De Doorns, Toe die skepe in 1865 hier aangekom het, het het werkers aangemoedig om aan te hou veg hulle nie plase saamgebring nie. Hulle het ons vir ’n daaglikse loon van R150. “Honderd-en- mense hier gekry met grond.” Verskeie ander sprekers het ook hul ontevyftig rand is nie baie nie,” het hy gesê. “Dit gebeur nou oral dat boere mense laat teken dat vredenheid gelug oor onder meer onregmatige hulle R85 sal aanvaar. Maak dít sin as daar arrestasies, afdankings en uitsettings.

haar optrede. Sy het selfs in ’n stadium, sê Koeries, haar Die superintendent van hemp opgelig en die Witzenberg-munisihaar borste aan paliteit se verkeersdehaar kollegas gepartement wat in Januawys. Daar is toe berie vanjaar geskors is ná sluit om die braai te ’n uitlating wat hy op sy stop, aldus Koeries. Facebook-profiel gemaak Volgens Koeries het, word nou deur nóg ’n het die klaer hom ernstige aanklag in die aanvanklik vir ’n gesig gestaar. saamrygeleentheid Winsten Koeries word gevra, maar omdat nou ook daarvan aange- Winsten Koeries sy, aldus Koeries, kla dat hy ’n kollega sekFOTO: MATTHEW SHELDON by hom aangelê het, sueel geteister het. Koeries ontken egter dié aanklag ten het hy geweier en gevra ’n vroulike kollesterkste. Hy sê dit is gefabriseer om hom ga moet haar huis toe neem. Koeries is die Maandag ná die partytjie uit sy pos te skop en is die gevolg van ’n vendetta wat die munisipale bestuurder, ingeroep en ingelig dat ’n klagte van sekDavid Nasson, al jare lank teen hom voer. suele teistering teen hom ingedien is. “Ek Die klagte is ingedien deur ’n toetsbe- is geskok daar weg,” sê hy. Volgens Koeries is hy seker dié aanklag ampte vir rybewyse by dieselfde verkeersafdeling waar Koeries werk. Dit spruit na is deel van ’n plan om van hom “ontslae bewering uit ’n voorval ná ’n spanbouge- te raak”. Hy beweer Nasson voer al sedert leentheid in November verlede jaar. Die sy aanstelling ’n persoonlike vendetta verkeersdepartement se personeel het ná teen hom en dat hy, ondanks sy kwalifikaafloop van die spanbou by die Dennebos- sies, al by verskeie geleenthede vir bevorvakansieoord gebraai waartydens daar dering oorgesien is. Nasson het by navraag ontken dat hy ’n ook gedans en grappe gemaak is en die alkohol glo vryelik gevloei het. Dit is by dié vendetta teen Koeries voer en bygevoeg geleentheid, beweer die klaer, ’n dogter dat hy nie bereid is om dié kwessie in die van ’n munisipale portefeuljehouer, dat openbaar te bespreek nie. Hy het bevestig dat Koeries intern op Koeries hom onwelvoeglik teenoor haar aanklagte van wangedrag sowel as seksuegedra het. Volgens Koeries is dit egter die klaer le teistering verhoor sal word. Die saak wat ’n “oorlas” van haarself gemaak het sal volgens Nasson aanstaande week aantydens die partytjie. Op ’n video in die gehoor word. Die voorsittende beampte is, Standard se besit, kan gesien word hoe die aldus Nasson, van ’n ander munisipaliteit klaer suggestief dans en in ’n stadium haar terwyl die aanklaer van die Suid-Afriagterstewe teen Koeries druk. Volgens kaanse Plaaslike Regeringsvereniging Koeries het hy haar van hom af probeer (Salga) is. Hy het beklemtoon dat Koeries wegdruk, maar het sy voortgegaan met ’n regverdige verhoor sal kry.

Program help werklose jeug

OUTREACH: The South African Social Security Agen­ cy (SASSA), in partnership with other governmental departments such as Home Affairs and the Depart­ ment of Social Development, held their integrated community outreach open­day programme at Klein­ plasie on Wednesday. Members of the community were given the opportunity to apply for various gov­ ernmental services such as pension and grants, child support, social relief and distress and could even ap­ ply for an identity document and the new SASSA cash card. PHOTO: MATTHEW SHELDON

Die Wes-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme (DEDAT) het ’n werken vaardigheidsprogram begin wat werklose jongmense se kennis slyp deur hulle vir ses maande by deelnemende ondernemings te plaas. Só kry die jongmense blootstelling sowel as werkservaring. Hulle word deur DEDAT betaal. Vereistes vir deelname aan die projek sluit in: 18 – 35 jaar oud, matriek of ekwivalent, werkloos, ’n inwoner van die Wes-Kaap en Suid-Afrikaanse burger. Ondernemings, maatskappye en jongmense kan Jo-Ann Krieger of Riaan Fick by Witzenbergmunisipaliteit by 023 316 8135, bel of ’n e-pos aan riaan@witzenberg.gov.za stuur.


Standard

Nuus News

7 Maart, 2013

Ongeluk eis pa, dogter HILDERINE SCHRÖDER ’n Pa en sy dogter van McGregor is Saterdagnag saam dood in ’n gru-ongeluk op die Villiersdorp-pad. Hendrik Lodewyk (47), ’n voorman op die plaas Koningsrivier, en sy dogter, Mercia (15), is op slag oorlede toe hulle langs die Villiersdorp-pad by ’n gestrande padgebruiker uitgeklim het en van agter deur ’n ander voertuig getref is. Mercia is eerste getref waarop die bestuurder van die Mazda 5 wat haar raakgery het, ook haar pa getref het. Die trefkrag van die botsing was só geweldig dat Lodewyk se liggaam in twee geruk is. Sy onderlyf, sê kapt. Mzikayise Moloi, is ongeveer 34 m van die plek gevind. Die Lodewyks het omstreeks 23:45 by die gestrande bestuurder van ’n Nissan Hardbody stilgehou ná hulle, volgens Moloi, spesiaal van McGregor daarheen gery het. Twee sake van strafbare manslag word teen

die 42-jarige bestuurder van die Mazda, ’n korrektiewe beampte by die Helderstroom-gevangenis, ondersoek. Vroeër dieselfde dag is drie mense ernstig beseer toe ’n minibus-taxi op die Villiersdorppad van die pad geloop en gerol het ná die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die taxi, met 21 insittendes (onder wie ses kinders), was van Villiersdorp in die rigting van Worcester op pad toe dit ’n blou Volkswagen Golf probeer verbysteek het. Die bestuurder van die Golf het reeds aangedui dat hy regs gaan draai na ’n skrootwerf. Die taxibestuurder het uitgeswaai om ’n botsing te vermy waarop hy beheer oor die voertuig verloor het. ’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. Moloi rig ’n versoek aan die bestuurder van die Golf om na vore te kom aangesien hy die polisie van hulp kan wees. In ’n derde voorval is ’n 47-jarige man van Eersterivier Vrydagaand in hegtenis geneem ná ’n botsing naby die Aan de Doorns-afdraai waarby drie voertuie betrokke was. Niemand is ernstig beseer nie.

3

Drie mense is ernstig beseer toe die bestuurder van ’n minibus­taxi beheer daaroor verloor het en die voertuig gerol het. Dit was een van drie ongelukke in sowat 24 uur op die Vil­ liersdorp­pad. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Kenteken­diewe slaan toe in die middedorp CHRISTINE SMIT

Andile Mgeya (43) beduie hier na ’n BMW­kente­ ken wat R500 of meer kan kos om te vervang.

FOTO: CHRISTINE SMIT

Kwaaddoeners wat kentekens van voertuie af steel ontsier nie net die voertuie nie, maar veroorsaak ook dat motoreienaars die hande diep in die sak moet steek om dit te vervang. ’n Inwoner het vandeesweek vertel van ’n stuk of sewe motors verlede Donderdagaand (28 Februarie) voor ’n gebou op Worcester geparkeer was terwyl die eienaars binne besig was. Dié voertuie se kentekens is almal gesteel. Volgens die wag wat

na die voertuie se veiligheid moes omsien, was dit die werk van ’n klompie opgeskote kinders. Hy het hulle eers gewaar toe hulle voet in die wind geslaan het. Voertuigeienaars wat op hierdie manier deurloop meen dat dit nie die moeite werd is om die diefstal by die polisie aan te meld nie. Hulle meen dit is meestal kwajongens se werk wat die kentekens as aandenkings versamel. Dit blyk dat dit veral die meer luukse voertuie is wat die ergste deurloop. Om die kentekens te vervang, kan die eienaar

’n klomp geld uit die sak jaag. Die Standard het by verskeie motorhandelaars gaan kers opsteek oor wat dié kentekens kos. Meeste kan plaaslik by handelaars gekoop word, ander moet bestel word. Die pryse wissel, maar ry jy met ’n Volkswagen, kan die voorste kenteken jou glo tot R400 uit die sak jaag, dié van Opel net meer as R260 en vir ’n Isuzu-kenteken kan jy tot R123 betaal. Chevrolet- en BMW-kentekens sal jou meer as R500 stuk kos om te vervang.


4

Standard

Nuus News

7 Maart, 2013

Verkragting: waarom swyg gemeenskapsleiers?

Gemeenskapslede het Woensdag 27 Februarie met plakkate voor die hof op Worcester saamgedrom. Hulle eis dat die vermeende verkragter van ’n tweejarige meisietjie nie borgtog kry nie. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER HILDERINE SCHRÖDER Die 23-jarige man wat teregstaan op die verkragting van ’n peuter het ook verskeie ander aanklagte teen hom. Die beskuldigde het Woensdag 27 Februarie in die A- én B-hof op Worcester in die beskuldigdebank gestaan. Buiten die aanklag van verkragting, staan hy ook tereg op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding en opsetlike saakbeskadiging.

Die openbare galery van albei hofsale was volgepak tydens sy verskyning. Dié wat nie plek binne die hofsaal kon kry nie, het buite die deur saamgedrom. Gemeenskapslede het opnuut geëis dat die verdagte nie borgtog kry nie. Landdros Andrew le Fleur het die aanrandingsake teen die beskuldigde tot 17 April uitgestel. Volgens die staat word daar gekyk na die moontlikheid om die klagstaat vir een van dié sake te wysig om die aanklag van verkragting in te sluit. Landdros Cornel Botes het die saak

van opsetlike saakbeskadiging uitgestel tot 4 April. Die beskuldigde bly steeds in aanhouding. Buite die hofgebou het gemeenskapsleiers hul misnoeë uitgespreek omdat geen politieke leiers, hetsy plaaslik of op regeringsvlak, gereageer het op dié saak nie. “Moet ’n kind eers doodgaan voor hulle iets sê?” het verskeie vroue ontstoke gevra. Die verkragting van die tweejarige meisietjie in Januarie vanjaar het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Die peuter kry steeds sielkundige berading.

Pastoor verkrag glo dogter “En dan is hy kastig ’n pastoor.” Dié woorde is telkens in en buite die B-hof in Worcester gehoor waar ’n 62-jarige man daarvan aangekla word dat hy sy eie dogter twee keer verkrag het. Die aanklagte teen hom spruit uit ’n voorval op 16 Februarie vanjaar. Die beskuldigde het na bewering die 13jarige klaer by haar tante gaan haal. Hy het haar glo in ’n wingerd geklap, waarop hy haar verkrag het. Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat die meisie ook by ’n vorige geleentheid, in Januarie verlede jaar

toe sy net 12 jaar oud was, verkrag is. Die saak is tot 14 Maart uitgestel vir ’n borgtogaansoek en die beskuldigde bly in aanhouding. Die saak is die tweede in ’n paar maande wat lede van die gemeenskap warm onder die kraag het. Valleiers het vroeër woedend gereageer op die verkragting van ’n peuter. Die tweejarige meisietjie is in Januarie verkrag deur iemand wat bekend is aan haar gesin. Hofgangers eis dat die beskuldigdes in die onderskeie sake agter tralies bly vir die duur van hul verhoor.

Hofgangers het die beskuldigde se prokureur buite die hof omring. “Ons weet dis jou werk, maar verdedig hom só dat hy in die tronk gaan sit,” het een van die vroue onder ’n gelag aan hom gesê.

Nog vals geld in omloop Die Worcester-polisie het die afgelope week nog vals geld van winkels in die Worcester-gebied in ontvangs geneem. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die plaaslike polisie, word daar vermoed dat duisende rande se vervalste geld op Worcester in omloop is. Moloi sê mense moet op die uitkyk wees vir note met die volgende nommers: AS9041577E op die R200-note, JH3339424D op die R100-note en CH5294927B op die R20-note. Moloi sê daar is geen rede om te glo dat die vals geld wat die af-

gelope week gevind is, gekoppel kan word aan die voorval waartydens drie mans verlede week in Hexpark in verband met die beweerde vervalsing van geld in hegtenis geneem is nie. Dié drie mans is verlede week vrygelaat, hangende ’n verdere ondersoek, sê Moloi. Moloi waarsku die publiek en winkeleienaars om waaksaam te wees wanneer hulle geld in ontvangs neem. Hy versoek lede van die publiek of winkels wat in besit is van vervalste geld om dit onmiddellik by die polisie aan te meld.


Standard

Nuus News

7 Maart, 2013

5

Moordbewyse dalk in slag HILDERINE SCHRÖDER Dit sal ’n wonderwerk wees as haar pa se moordenaars ooit gevang word.

Irmgard van Nieuwenhuyzen. FOTO: VERSKAF

’n Steunpilaar sterf “Sy was ’n steunpilaar in die Worcester-gemeenskap en het altyd haar tyd opgeoffer om ander te help.” Só sê ’n vriendin en kollega, Petro Matthews, van Irmgard van Nieuwenhuyzen wat verlede Vrydag (1 Maart) oorlede is. Van Nieuwenhuyzen is onlangs gediagnoseer met aggressiewe leukemie. Sy is in die ouderdom van 71-jaar in Worcester Mediclinic oorlede. Sy was sedert 1 April 1983 ’n laboratoriumassistent by HTS Drostdy. Ná die afdeling gesluit het, het sy in die kantoor gewerk. Van Nieuwenhuyzen was verantwoordelik vir die skool se finansies. Sy is as ’n introvert bestempel wat nooit in die kollig wou wees nie, maar wat agter die skerms gewerk het. Volgens Matthews was sy bekend vir haar goeie idees wat sy met groot dryfkrag uitgevoer het. ’n Diens word vandag om 14:00 in die NG -gemeente Worcester-Vallei vir haar gehou. Sy laat haar man, Hans, seuns Reinhardt, Bernard en Hilgardt en dogter, Henriette, en kleinkinders agter.

Só sê Sharon du Plooy oor wat sy bestempel as die plaaslike polisie se swak hantering van ’n aanval op haar pa wat tot sy dood gelei het. Edgar Flack (66) is verlede Dinsdag 19 Februarie oorlede ná hy in sy woonwa op die plaas Blouberge in die Olifantsberg-omgewing aangeval is. Die voorval het omstreeks 10:00 plaasgevind. Flack is met ’n stomp voorwerp teen die agterkop geslaan. Hy het later die dag in die Worcester-hospitaal aan sy beserings beswyk. Nou soek Du Plooy antwoorde ten opsigte van die Worcester-polisie se hantering van die ondersoek ná die voorval. Volgens Du Plooy is daar byna geen kans dat haar pa se moordenaars gevang gaan word nie. Met die beamptes se aankoms op die toneel, sê sy, is die area waar die aanval gebeur het nie afgesper nie. Waardevolle bewyse het heel moontlik verlore gegaan. By die hospitaal, sê Du Plooy, het verskeie dokters en mediese personeel met die polisie se honde-eenheid in verbinding getree en gevra dat hulle na die toneel moet gaan, maar dít het nooit gebeur nie. Volgens Du Plooy het ’n span forensiese deskundiges eers ná 20:00 op die plaas aangekom. “Maar omdat die area waar die voorval plaasgevind het nie afgebaken was nie, het hulle nie eens geweet waar om te begin nie,” sê sy. “Die onbevoegdheid waarmee dié saak gehanteer is, is ’n skreiende skande. Hoe gaan ons die mense kry wat my pa vermoor het? Selfs al word iemand gevang, soek die hof onomstootlike bewyse. Daar is egter nie bewyse nie omdat die polisie lomp was.” Vir die mediese personeel wat verwoed

geveg het om haar pa se lewe te red, het Du Plooy net lof. “Hulle het regtig hul bes gedoen.” ’n Ander ligpunt was die vreemdeling wat haar gehelp het toe sy op pad na die hospitaal sonder brandstof gaan staan het. “Hy het vir my 10 liter brandstof gegee en wou nie geld daarvoor aanvaar, óf sê wie hy is nie. Ek wil net vir hom bitter baie dankie sê.” By navraag het kol. Willis Smith, hoof van sigbare polisiëring op Worcester, gesê die polisie volg alle moontlike leidrade op om die Falck-moordenaars aan die pen te laat ry.

Volgens Smith is daar met die polisie se aankoms op die toneel reeds gekyk na moontlike leidrade en bewysstukke. Die polisie se forensiese eenheid en vingerafdrukspesialiste het ook die toneel besoek, maar kon geen leidrade vind nie. Volgens Smith bemoeilik die sanderige terrein ook die ondersoek aangesien enige voetspore toegewaai het. “Daar was ook geen kledingstukke of ander items wat ingespan kon word vir die polisie se honde om die verdagte(s) se spoor te volg nie,” sê Smith. “Die polisie doen regtig sy bes om die saak op te los.”

Wyle Edgar Flack saam met sy dogters Sharon du Plooy en Lorraine Alice Flack. Lorraine is in 2010 oorlede. FOTO: VERSKAF


6

Standard

Gemeenskapsnuus Community

7 Maart, 2013

Beseerde seun se gesin kry swaar HILDERINE SCHRÖDER Sy gr. 2-jaar het reeds gewink en hy het uitgesien om weer al sy maatjies by die skool te sien. Dié vooruitsig het egter in ’n breukdeel van ’n sekonde versplinter toe Moneeb Wehr digby sy ouerhuis deur ’n kar raakgery is. Die eens woelige knapie loop nou met moeite en sukkel om te praat. Die gebruik van sy linkerarm is ook aangetas. “Kyk,” sê hy en probeer ’n glas oplig. Dié bewe onbeheers, soveel so, dat hy dié hand met sy regterhand moet vashou. Moneeb laat hom egter nie maklik onderkry nie. So energiek soos altyd gee hy eers sy kleinsus ’n drukkie voor hy by sy ouer sussie in die slaapkamer inloer. Nuuskierigheid kry kort voor lank die oorhand en hy staan nader na waar die Standard met sy ma, Lameez, gesels. Sy was aanvanklik verlam van skok en ongeloof toe bure hulle na haar woonstel gehaas het met die nuus dat haar enigste seun raakgery is, vertel Lameez. “Al wat ek gedink het is dat hy dan nou net nog hier by

my was,” sê sy. Sy het na buite gehardloop waar sy haar seun, omring deur omstanders, in die pad sien lê het. ’n Familievriend van die Wehrs, Tyran Meyer ’n verpleër by Worcester-hospitaal se trauma-eenheid, onthou die dag van 12 Januarie toe Moneeb by die eenheid ingestoot is soos gister. “Sy beserings was skrikwekkend,” vertel hy. Sy beserings was van so ’n aard dat Moneeb na die Tygerberghospitaal oorgeplaas moes word waar hy aan ’n ventilator gekoppel is. Hy het beserings aan drie plekke van sy brein opgedoen. Moneeb kon na die ongeluk glad nie loop of praat nie en kry steeds fisio- en arbeidsterapie om hom hiermee te help. Hulle trek maar swaar sedert die ongeluk, vertel Lameez. Met dié dat Moneeb min of meer voltyds sorg nodig het, moes sy haar werk prysgee en gaan dit soms bars om die pot aan die kook te hou. Om die gesin te help het Tyran nou ’n kospakkie-projek op die been gebring om die gesin by te staan. “Ek vra nie kontant nie, net dat mense kositems sal skenk,” sê Tyran. Deur die skenking van kositems sal die ge-

Moneeb (7) is vroeër vanjaar raak­ gery en sy ma, Lameez, moes haar werk prysgee om hom te versorg. sin se nood geweldig verlig word, benadruk hy. Mense wat graag ’n bydrae wil maak, kan Tyran by 078 613 5001 bel. In hoe ’n mate Moneeb sal herstel, is onseker. “Dokters het gesê hy sal nooit weer na ’n normale skool kan gaan nie,” sê Lameez hartseer. Sy probeer tans om vir hom plek by ’n skool vir leerlinge met spesiale leerbehoeftes te kry. Moneeb staan weer nader . . . Hy mis sy maats by die skool, vertel hy. En hy mis dit om skool toe te gaan.

SASBO-SKENKING: Die Standard het verlede week verkeerdelik berig dat ABSA opvoedkundige apparaat ter waarde van R12 500 aan die Pio­ nierskool se afdeling vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes (ALSO) geborg het. Die borgskap is egter deur SASBO, ’n bankwerkersunie, aan die afdeling geskenk. SASBO was met die oorhandiging verteen­ woordig deur Julie Pietersen, Cielie Smit, Louisa Muller, Hanlie Bruwer, Betsie de Witt, Hanlie Coetzee en Marius Richter. Richter (voorsitter van SASBO) het die oorhandiging waar­ geneem. Die Standard vra verskoning vir die foutiewe beriggewing. FOTO: MATTHEW SHELDON


Gemeenskapsnuus Community

Matdokter mis kliënte, maar rus nou lekker MATTHEW SHELDON “Ek wil graag dankie en totsiens aan al my lojale kliënte sê. Ek is nou moeg van al die harde werk en wil graag ’n bietjie rus.” Só gesels Johan Conradie, voormalige eienaar van Die Matdokter op Worcester. Volgens Conradie is sy groot vreugde in die lewe om ander te help. Hy hou ook van goeie geselskap. Conradie (67) het deur sy onderneming sowat 25 jaar lank voortreflike diens aan inwoners van die Breedevallei gelewer deur hul matte en sitkamerstelle skoon te hou. Nou tree hy om gesondheidsredes uit, maar sê dat hy beslis sy getroue kliënte gaan mis. Conradie is in 1945 op Swellendam gebore. Hy het in Pietermaritzburg sy matriek deur die pos behaal. In 1987 het hy saam met sy gesin na Worcester toe verhuis. Conradie sê hy het na die Boland en Kaap verlang en wou terugkom. Hy voeg by dat kliëntetevredenheid altyd ’n glimlag op sy gesig en in sy hart geplaas het. Danksy sy werk het hy ’n groot netwerk van vriende opgebou. “Ek het vir die afgelope 31 jaar mense se matte en sitkamerstelle in meer as 100 stede en dorpe skoon gemaak, van Zoeloeland tot in Kaapstad,” sê Conradie. Conradie, wat verlede maand afgetree het, het aan die Standard gesê dat hy baie gelukkig is en nou meer tyd met sy gesin kan deurbring. Hy sal egter veral die interaksie tussen hom en sy kliënte mis. “Ek wil net baie dankie aan die Here sê dat Hy my deur die jare die krag gegee het om elke dag my werk te kan doen en dat ek dit tot Sy eer kon doen,” sê hy. Volgens hom moet daar meer werksgeleenthede vir die jeug geskep word. “Dit sal help om ’n gesonde ekonomie in ons land te handhaaf.”

Johan Conradie.

FOTO: MATTHEW SHELDON

Standard 7 Maart, 2013

7


8

Standard

Promosie Promotions

7 Maart, 2013

Boshoff & Moore tot u diens Etiek, eerlikheid, kwaliteit en uitnemende dienslewering. Dit is enkele van die pilare waarop Boshoff & Moore Ingelyf rus.

Hiér kan jy met gemoedsrus aanklop vir onder meer rekenkundige (boekhou) werk, die opstel van finansiële state of die uitvoer van statutêre oudits, oorsigaanstellings asook trustoudits. Ander dienste sluit in statutêre administrasie van trusts en maatskappye, belastingadministrasie en -konsultasie, salarisadministrasie asook boedelbeplanning en waardasies. Met Etienne Boshoff en Wuanita Moore aan die stuur, streef Boshoff & Moore daarna om die hoogste kwaliteit diens op ’n effektiewe en tydige wyse aan kliënte te lewer. Dit is die onderneming se visie om ’n gerespekteerde firma in die Worcester-omgewing te wees wat uitstekende diens aan sy kliënte le-

wer. Dít met ’n gelukkige en toegewyde span individue met ’n passie vir dit wat hul doen. Vir Boshoff & Moore is dit geweldig belangrik om te alle tye deursigtig en eerlik op te tree en kommunikasie met kliënte op só ’n wyse te handhaaf dat daar altyd duidelikheid en eerlikheid is. Alle moontlike stappe word geneem om te verseker dat die onderneming se diens van die hoogste kwaliteit is. Dít sluit onder meer die opleiding in wat personeel ontvang, asook die tegniese kennis van die vennote. Boshoff sowel as Moore het jare se ondervinding in die bedryf. Boshoff het in 1993 sy BCom (Rek)-graad aan die Universiteit Pretoria verwerf waarna hy sy klerkskap by Griessel & Nel in Centurion gedoen het en ook sy BComp (Hons)-graad deur Unisa verwerf het. Hy het sy geoktrooieerde rekenmeesterseksa- Etienne Boshoff en Wuanita Moore staan aan die stuur van sake men, sowel as sy klerk- gemoedsrus by hulle aanklop vir uitnemende diens. skap, in 1996 voltooi. Hy het die praktyk SP Claassen & Kie in terhouseCoopers in Ceres gedoen. Gedurende dié tyd het sy ook as geoktrooieerde rekenWorcester in 2004 gekoop. Op haar beurt het Moore, ’n boorling van meester gekwalifiseer. Sy het in 2006 en 2007 as finansiële bestuurPort Elizabeth, haar BCom (Rek)-graad in 2001 aan die Universiteit Port Elizabeth vol- der by Overhex Wines International gewerk. tooi. ’n Jaar later het sy haar honneursgraad In 2007 het sy as ouditbestuurder by Jacobs aan dieselfde universiteit verwerf. Sy het & Vennote aangesluit, voor sy vanjaar by Boshaar klerkskap van 2003 tot 2006 by Pricewa- hoff as vennoot aangesluit het.

by Boshoff & Moore Ingelyf. Kliënte kan met Boshoff & Moore Ingelyf is ’n geakkrediteerde SAIPA-opleidingskantoor. Studente wat belangstel in dié loopbaanrigting kan tydens vakansies hier kom werk om vas te stel of dié rigting hulle geval. Daar is tans ook heelwat werkgeleenthede by Boshoff & Moore Ingelyf. Bel die onderneming by 023 347 2697 vir navrae in dié verband.


Standard

Skole Schools

7 Maart, 2013

ARGUS-FIETSRYERS: Dié leerlinge en onderwysers van die Sekondêre Skool Hexvallei gaan vanjaar aan hul vyfde Cape Argus Pick n Pay­fietstoer deelneem. Voor is Shelvin van Wyk, André Claassen, Emuel Kiebie, Bradley Bobbejee, Mirinthia Maasdorp (skoolhoof), Michaela Appels, Enver Kato, Dimitri Snyers, Angelo Joggems en Andrew Mokwena. Agter is Owen Anthony en Henno Cornelius. FOTO: VERSKAF

9

KAMPIOENE: ’n Paar leerlinge van die Worcester­Noord Primêre Skool het onlangs tydens die Boland se atletiek­kampioenskappe in die Paarl by Dal Josafat­stadion presteer. Die Wes­Kaapse kampioenskappe het by Coetzenburg in Stellenbosch plaas­ gevind. Ses atlete van die skool is tydens dié sport­gebeurte­ nis onderskeidelik in die Boland­ en Wes­Kaapspanne opge­ neem. Hier is Hilda du Toit (Wes­Kaap: 1 500 m­stap), Janine Pienaar (Boland: diskus) en Anlè Loubser (Wes­Kaap: 1 500 m­stap). Agter is Robert­Andrew Adshade (Wes­Kaap: gewigstoot), Hugo Mostert (Boland: 70 m­hekkies) en Francois Jacobs (Wes­Kaap: 1 500 m­stap). FOTO: VERSKAF GHOLF: ’n Leerling van die Worcester­Noord Primêre Skool, Eben Spangenberg, is onlangs in die Boland o.13­gholfspan opgeneem. Eben sal van 22­24 Maart aan ’n interprovinsiale gholfkompetisie by die Fish River Sun in die Oos­Kaap deel­ neem.

HULLE STAP DIE PAD SAAM: Die knap span by Boshoff & Moore Ingelyf skroom nie om die ekstra myl te loop om kliëntetevredenheid te waarborg nie. Hiér kraai gehaltediens al­ tyd koning en daar word ook gestreef na ’n stimulerende en be­ vredigende omgewing vir werknemers.

BOLAND-MEDALJES: Leerlinge van die Hoërskool Breërivier het onlangs puik tydens die Boland­junioratletiekbyeenkoms by die Daljosafat­stadion in die Paarl presteer. Hier is Sar­ lon Boer (goud, 800 m), Clairiece Slingers (goud, 3 000 m, goud, 1 500 m en brons, 800 m), Peter John Marthin (brons, 100 m), Leandre Daniels (goud, 5 000 m stap) en Ileana Dreyer (silwer, 3 000 m). FOTO: VERSKAF


10

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

7 Maart, 2013

Onder top-10 as dit by misdaad kom Die twyfelagtige aanspraak as een van die toptien-misdaadlande ter wêreld en Afrikaland met die meeste tronkvoëls agter tralies, skilder ’n donker prentjie van ’n land waarvan die inwoners toenemend afvallig van die wet word. Dit moes die nasionale minister van korrektiewe dienste moed gekos het om dié sluier oor sy eie departement te lig. Jy hoef nie ’n lid van Mensa te wees om te besef waar minagting van die wet se oorsprong lê nie. Jy kan maar net om jou rondkyk en onmiddellik ’n klompie voorbeelde kry van hoe die wet geminag en wetteloosheid ooglopend toegelaat word. Dissipline in skole – en tuis – kom al meer onder skoot. Intussen word ’n hele geslag groot sonder om die volle implikasies van wetteloosheid te besef. Het die tyd nie aangebreek om weer die lat – figuurlik gesproke – teen wetteloosheid op te neem nie? Kan ons nie op dié wyse stadig maar seker van ons twyfelagtige aansprake ontslae raak nie?

Psalm 49:17 – 21 Vir die koorleier. Van die Koragiete. Moet jou nie daaroor kwel dat mense ryk word, Dat hulle besittings baie word nie, Want as hulle sterf, neem hulle niks saam nie; Hulle besittings sal hulle nie volg nie. Al verlustig ’n mens hom in ’n voorspoedige lewe, en al prys die mense hom omdat dit met hom goed gaan, soos sy voorvaders sal ook hy moet sterwe en hy sal die lig nooit weer sien nie. Die mens wat met weelde en al ’n dwaas bly, is soos ’n dier wat vergaan.

DIS PARSTYD IN DIE VALLEI: Die parstyd in die Breedevallei is in volle swang. Dié ellelange ry trekkers en vragmotors op die Aan de Doornspad het vroeër dié week al van vroegoggend af ge­ wag om hul vragte druiwe by die kelder af te laai. Boere en hul werkers is soggens lank voor sonop al in die wingerde besig om hul parswaens vol te laai. FOTO: VERSKAF

Ontstoke inwoners ruk op na munisipaliteit oor kragtoevoer Maandagoggend 18 Februarie het letterlik honderde ontstoke inwoners na die munisipale kantore opgeruk om te gaan verneem wat aangaan nadat hul kragtoevoer met 90% “afgesluit” was. Dít terwyl almal hul huidige munisipale rekening op Vrydag 15 Februarie ten volle vereffen het. Toegegee, volgens die rekeninge wat uitgestuur was, was die datum vir betaling aangedui as 11 Februarie. Almal wat egter geraak was, was voor die voet staatsamptenare onder wie bewaarders, onderwysers, verpleegpersoneel, niedoserende personeel by opvoedkundige inrigtings, asook ander staatsdiens-amptenare wat op die 15de van elke maand besoldig word. Die vreemdste van alles was dat die “geraaktes” in die meeste gevalle huiseienaars is. Hulle veroorsaak dus nie ’n ekstra las, soos behuisingstekorte en ander probleme, vir die munisipaliteit nie. Boonop kom hulle altyd maandeliks hul verantwoordelikheid ten opsigte van die betaling van dienste na. Dit is beslis nie iets wat van die meerderheid van bewoners van munisipale eiendom gesê kan word nie. Dit veroorsaak natuurlik dat die Breedevallei-munisipaliteit met miljoene rande uitstaande skuld sit . . . skuld wat later maar weer afgeskryf moet word. Dit vergroot net die laste terwyl die einste mense wat nou gepenaliseer word, ruim daartoe bydra dat die munisipaliteit sy daaglikse verpligtinge kan nakom. Die hartseerste was boonop dat

almal gedurende die naweek krag gekoop het en toe moes ontdek dat daar ’n “blok” of “versperring” op hul kragmeters ingestel was. Dit het daartoe gelei dat verbruikers dubbel die bedrag krag weens die “versperring” moes koop om hulle deur die naweek te help. Die belaglikste van alles is dat amptenare toe die Maandag bloot al die inwoners wat hierdeur geraak is en boonop uit hul werk moes bly om sake reg te stel, in kennis gestel het dat die “versperring” verwyder is. Hul geld wat hulle oor die naweek aan krag bestee het, sou as krediet gehou word en in hul volgende rekening sigbaar wees. Oor waar die mense nou ekstra kraggeld gaan kry om hulle verder deur die maand te dra, was hulle min “gespin”. Hulle het ook gerieflikheidshalwe vergeet dat die munisipaliteit nou boonop rente verdien op geld wat regstegnies nie aan hulle behoort nie omdat die betrokke inwoners mos niks aan die munisipaliteit verskuldig is nie. Wie gee sulke dom opdragte en waarom? Die amptenare voer seker ook maar net opdragte uit. ’n Wysiging aan kredietbeheerbeleid, waaronder besluite soos dié, moet tog darem seker in oorlegpleging met publieke deelname geskied – of wat praat ek alles?

ALVER UYS WORCESTER

David McThomas, direkteur: finansies by die Breedevallei-munisipaliteit, lewer kommentaar: Eerstens, baie dankie aan almal

wat gereeld vir munisipale dienste betaal. Soos die skrywer tereg opmerk, is daar ’n groot hoeveelheid uitstaande skuld weens wanbetaling vir dienste. Ten einde die neiging stop te sit, is dit noodsaaklik dat beleid nougeset uitgevoer word. In die verlede het die grootste getal salaristrekkers hul salarisse aan die einde van die maand ontvang. Die rekeninge word tussen die 15de en 18de van die maand uitgestuur en die sperdatum vir die betaling is vasgestel op die 10de van die daaropvolgende maand. Sedertdien is die betaaldatum van staatsamptenare gewysig en word hulle nou op die 15de van die maand betaal. Dit kom daarop neer dat hul laaste salaris gebruik word om die vorige maand se diensterekening te betaal. Die meerderheid staatsamptenare het voorsiening vir die verskil gemaak en betalings word gereeld ontvang. Die raad staan nie onsimpatiek teenoor die onderhawige gevalle nie en is bereid om die nodige reëlings te tref sodat die geraaktes hul rekeninge kan betaal. Dit is egter ’n eenmalige vergunning om verbruikers in staat te stel om die uitwerking van die verandering van hul betaaldatums te absorbeer. Mense wat probleme ondervind het, is geleentheid gebied om hul saak te stel. Die opmerking dat letterlik honderde ontstoke inwoners na die munisipale kantore opgeruk het, is van alle waarheid ontbloot. Die betrokke dag waarna verwys word, was daar minder as twintig staatsamptenare wat die munisipale personeel kom spreek het.

SMS’e Ek hoop nie dat enige iemand so stupid sal wees om die vent borgtog te gee nie. Hy moes aan sy gesin gedink het voor hy en sy maatjies nonsens wou aanvang. ’n Vrou se lewe is verwoes. Ek hoop hy sal eerstehands uitvind hoe voel dit. Hy ken mos sy maatjies se name. Hulle moet ontman word. Met sewe kinders het hy nie meer daai gemors nodig nie. Dierasie! – Kommentaar versag – Red. *** Ontman die gemors. Hy is nog ’n liegbek ook. ’n Vrou se lewe is vernietig. Mag daar vir eens en altyd ’n voorbeeld van sulke skuim gemaak word. *** J wat so praat van vrot ini tronk mut pasop v vrot in jo gedagtes want daai kinders wat ini tronk sit staan v aner mense se k*k, so jy en jou ondersoekbeampte mut jle feite regkry. Oz gesels weer wane d ytspraak kom wnt ndt GOD ken d waarheid n x dien i Lewende God. – Kommentaar versag – Red.

Arme verbruikers word nou letterlik en figuurlik uit alle oorde ‘bevark’ Wat kan nog verkeerd loop? Gister styg die prys van brandstof met ’n allemintige 81c per liter, aksyns vat ’n groot sluk uit ons versterkwater en nou word ons nog letterlik en figuurlik bevark. ’n Studie deur wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch (US) het getoon dat enigiets van soja, donkie-, bok- en waterbuffelvleis gevind is in sowat 68% van die 139 maalvleise, hamburgers, deli-vleise, wors en gedroogde vleis wat getoets is. Toe kom die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) met ’n ondersoek wat onder meer kangaroe, njala, perd, vark, waterbuffel en kameelperd gevind het in biltong, droëwors, maalvleis, vars en gerookte vleis. Wat my dwars in die krop steek is die feit dat die groothandelaars en eenmansake waarvan die vleis

afkomstig is, nie geïdentifiseer word nie. Die UWK-studie het bevind dat 101 uit 132 monsters vreemde stowwe bevat. Waar is die monsters gekoop? Is die produkte op Worcester beskikbaar? Sulke bedrieërs behoort aan die kaak gestel te word. In Engels word dit “name and shame”genoem. Produkte waarin die vreemde vleissoorte voorkom moet bekendgemaak word. Die ironie van die saak is dat veral biltong en droëwors wat van waterbuffel gemaak word, soos soetkoek sal verkoop indien dit duidelik as sodanig op die verpakking gemerk is. Mense is mos altyd lus om iets nuuts te probeer. Ek hoor een van die besigste res-

taurante in Pretoria het net wild op die spyskaart. Jy kan selfs krokodilvleis bestel. Ek het jare gelede gebraaide krokodilvleis by die Robertsonskou geëet. As die karkas nie voor my oë op ’n spit gedraai het, sou ek gedink het dis hoender. Waarom mense vir sommige soorte wild gril gaan die verstand te bowe. Ons voorouers het immers daarop geleef. As hulle nie kinders gehad het, sou ons nie vandag hier gewees het nie, as jy verstaan wat ek bedoel. Miskien vermy mense sekere vleissoorte omdat hulle sekere voorafopgestelde persepsies daaroor het. Kangaroe kan jou skop gee, kameelperd kan jou nek laat rek, donkievleis kan jou dom maak en perdevleis kan jou in die

wêreld se vinnigste atleet verander. Deesdae is dit veiliger om vis en hoender te eet. Al probleem is dat bitter min Worcesteriete tussen verskillende soorte vis kan onderskei. As daar Angelfish op die pakkie se etiket staan, glo ons dit is nie duiwelskos nie. Diegene wat ten spyte van die ondersoeke en publisiteit steeds ’n hamburger of ’n stuk wors wil geniet, moet maar een van die talle betroubare slagters op die dorp besoek. Ek glo nie hulle sal doelbewus verdagte vleis verkoop nie. Dis die voordeel van op ’n klein dorp woon. Word iemand ingeloop, versprei die storie vinniger as die veldbrande wat kort-kort in ons streek woed. En die gevolge tref die verskaffer van swak diens harder as die sonstrale wat vandeesweek soos’n koeëlbui op ons neerstort.


Advertensie Advertisment

Standard 7 Maart, 2013

11


12

Standard

Gemeenskapsnuus Community

7 Maart, 2013

V A L L E I - K A L E N D E R DINSDAG 12 MAART ) Voorlesings en gebede word om 20:00 uit die geskrifte van die Bahá’í­geloof en ander gelowe oor die tema “Die Verbond van God met die Mens” gehou. Navrae: 0023 347 7537. SATERDAG 16 MAART ) Die Boeremusiekgilde se Boland­tak bied om 20:00 ’n dans in die Danie Lückhoff­saal aan. Koste: R50 per persoon. Bring eie eet­ en drinkgoed. Navrae: Ursula Smith 0 082 562 7144.

Gholfdag vir ASD reuse-sukses HILDERINE SCHRÖDER Hulle het in groot getalle aangetree. Dié wat kán stokswaai en dié wie se voorgee dalk eerder in ordentlike geselskap verswyg word. Die gholfdag ten bate van die Assosiasie vir Sensories Gestremdes (ASD) wat onlangs by die Worcester-gholfklub gehou is, is die afgelope paar jaar ’n hoogtepunt op die gholfkalender en was, soos in die verlede, weer ’n reuse-sukses. Altesaam 29 spanne het aan die gholfdag (vierbalformaat en met ’n kanonafslaan) deelgeneem en hoewel daar ernstig gewoeker is op die baan, is daar nét so baie geskerts ten koste van dié manne wie se gholfbal skynbaar ’n wil van sy eie gehad het. Volgens Nicolette Labuschagne, bestuurder van die ASD, is daar met die gholfdag sowat R62 000 vir die ASD ingesamel. Dít sal aangewend word vir die ASD se groephuis wat tans 15 kinders met sensoriese gestremdhede huisves. Net soos die ASD, kry die groephuis geen geld van die regering nie en is dit geheel en al afhanklik van geldinsamelingsprojekte en donasies. Die 15 kinders, sê Labuschagne, woon voltyds in die huis en daar moet na al hul behoeftes omgesien word, insluitend kos, klere, sowel as enige medikasie. Die maandelikse uitgawe aan net een kind beloop sowat R1 400. Die jaarlikse ASD-gholfdag is een van die geldinsamelingspogings wat ingespan

Die span van Autacs, met (van naaslinks) G. Lourens, P. Parsons en P. Avenant, was die wenspan tydens vanjaar se ASD­gholfdag wat by die Worcester­gholfklub gehou is. Die vierde speler, A. van Greunen was afwesig met die neem van die foto. By die spelers is E. van Vuuren (voorsitter van die ASD­reëlingskomitee). FOTO: HILDERINE SCHRÖDER word om broodnodige inkomste vir die ASD in te samel. Dit is die vierde jaar wat die gholfdag aangebied is. “’n Gholfdag het nog altyd uitgestaan as ’n goeie manier om nie net geld in te samel nie, maar ook die ASD aan die gemeenskap bekend te stel,” sê Labuschagne oor die rede waarom dié metode gebruik word.

Buiten die spanne wat deelgeneem het, het verskeie borge ook ruim bydraes aan die ASD gemaak. “Ons is ongelooflik dankbaar vir elke bydrae en wil graag almal bedank wat die gholfdag op watter wyse ook al gesteun het,” sê Labuschagne. Vanjaar se wenspan by die gholfdag was Autacs.

Stilwaters­sentrum bied wye verskeidenheid dienste CHRISTINE SMIT Stilwaters, die ACVV-dienssentrum op Worcester, bied die afgelope 30 jaar reeds bekostigbare dienste aan ouer persone op Worcester. Die hoofoogmerk is om ouer persone in staat te stel om so lank as moontlik in hul eie huise te woon en ’n vol lewe te lei. Dié dienste word ook aan inwoners van De Doorns en Rawsonville en gestremdes gebied. Die sentrum se dalende ledetal het tans ’n negatiewe uitwerking wat die bekostigbaarheid van dienste in gedrang bring. Al vereiste is dat lede 60 jaar en ouer moet wees (geen ouderdomsperk vir gestremdes). Die sentrum het tans sowat 250 lede. Lede moet jaarliks registreer en betaal volgens hul inkomste. Ledegeld wissel tussen R25 en R40 per jaar. Dienste word op ’n glyskaal verhaal. Die kliniekdiens, wat al 25 jaar lank bestaan, loop nou op goed geoliede wiele nadat baie verwarring ontstaan het met die oorskakeling van die GGS-kliniek na dié van die daghospitaal. Volgens die sentrumhoof, Eunice van der Merwe, kan afsprake by die kliniek nou reeds ’n maand voor die tyd gemaak

word. Ander dienste sluit in aansit-, wegneem-, uitry- en Sondagetes, vervoer, tuishulpdiens, besoekdiens, uitry van pensioene, trimgim, haarsalon, bidure, Bybelstudie, voetediens, uitstappies en toere, klubs, pretdae, koorfeeste, opvoedkundige praatjies en lesings. Weens verminderde staatsubsidies, moet die dienssentrum self geld insamel en word ook staat gemaak op donasies van diensorganisasies, Gemeenskaps- Lede van die Stilwaters Dienssentrum in gesellige luim in die sen­ kas en die Nasionale trum se eetkamer. FOTO: CHRISTINE SMIT Lotery. Die wooneenhede (agt dubbel en 18 enkelwoonstelle) word word tydelike versorging aan die lede gebied. Mense wat as lede wil aansluit, kan die sennie deur die staat gesubsidieer nie. Danksy goeie betrekkinge met die Nuwerus-tehuis trum by 023 342 0624 skakel.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

7 Maart, 2013

Donasies gevra vir Kinderfonds Die Standard Kinderfonds wat in die jaar 2005 gestig is, se hooffokus is die bewusmaking van die nood van minderbevoorregte kinders in die Breedevallei. Deur die loop van die jaar beywer die fonds hom met insamelings van nie-bederfbare kos, klere (nuut of gebruik) en kontant om te sorg dat geen kind in die Vallei die winter koud en honger hoef deur te gaan nie. Vanjaar beoog die fonds ook om ’n groot projek van stapel te stuur waarby minderbevoorregte skoolkinders sal baat. Meer inligting sal later bekend gemaak word. Intussen doen die fonds ’n beroep op die gemeenskap vir bydraes. Met die winter in gedagte, skop die fonds nou reeds af met sy Winterwarmte-projek af waarin bydraes van warm beddegoed en kinderklere gevra word. Nie-bederfbare kos is ook welkom. Die bydraes word onder drie instansies op

Worcester verdeel: Worcester ACVV, Kindersorg SA en die Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens (WEG), wat sal sorg dat dit aangewend sal word waar die nood op sy hoogste is. Skenking kan op een van die volgende plekke afgegee word: die Standard by Hoogstraat 116, Nortier Motors by Brownstraat 6 en Aïda Winelands by Kerkstraat 22. Mense wat verkies om kontant te skenk, kan dit as volg by FNB inbetaal: rekening: Gemeenskapskas Wes-Kaap Worcester Standard; rekeningnommer: 62152031383; bankkode: 261150; tak: Cape Town City. Faks ’n afskrif van die depositostrokie aan Christine Smit by 023 347 3639 of stuur dit per e-pos na Christine.Smit@worcesterstandard.com. Alle bydraes, kontant of andersins, sal in die Standard erken word.

Montana­vliegakademie gewild MATTHEW SHELDON Die Hoërskool Montana, met Dawid Keyser as die Montana-vliegakademie se fasiliteerder, is die enigste skool in die Breedevallei wat ’n vliegkursus vir sy leerlinge aanbied. Keyser sê daar is by dié skool beslis ’n groeiende belangstelling in lugvaart. Die vliegakademie het 13 leerlinge wat tans besig is met die vliegkursus. “Vier van die 13 leerlinge gaan van 29 Maart tot 7 April aan ’n vliegkamp net buite Wellington deelneem. Tydens die vliegkamp moet elke leerling die eerste tien ure van hul vliegopleiding voltooi.” Volgens Keyser is die kursus beslis in aanvraag. “Ons het vanjaar meer leerlinge ingeneem en glo dat daar in die toekoms selfs ’n groter aanvraag sal wees.” ’n Leerling kan van graad 8 af met die kursus be-

gin en teen die ouderdom van 17, wanneer die leerling in graad 11 is, ’n privaat vlieglisensie verwerf. Die opleiding sluit in ’n basiskamp-opleiding, bekendstellingsvlug, modelbouprojek, asook vakke vir die verkryging van hul private vlieglisensie. Die kursus word deur Fantini Aviation aangebied. Keyser sê Suid-Afrika benodig meer ervare en goed opgeleide vlieëniers. “Ek glo dat as ’n leerling op skoolvlak reeds met sy vliegkursus begin, sal hy vroeër weet in watter rigting in lugvaart hy wil spesialiseer.” Volgens Keyser sal elke suksesvolle leerling sy privaat vlieglisensie ontvang voordat hy die skool verlaat. Etienne Rossouw (18) ’n lid van die vliegakademie, wil graag sy kommersiële lisensie verwerf. “Vlieg is my gunsteling stokperdjie en dié kursus sal ook werksgeleenthede vir my skep.”

Die Hoërskool Montana se vliegakademie is die enigste een in die Breedevallei. Hier (voor) is Chris Strauss (instrukteur), Etienne Rossouw, Pieter Stofberg, Lorma Janse van Rensburg, Deidre Damonse, Wynand Rautenbach en Giovanni Titius (instrukteur) met; (agter) Kayleigh Behrens, Jacques Kenny, Inus Schoonraad, Reinier Terblanche, TJ Car­ stens, Werner Rall en Dawid Keyser. FOTO: MATTHEW SHELDON

13

Touwsrivier, die rustige Karoodorpie aan die N1 op pad Noorde toe.

FOTOS: HANNELIE BOTHA

Touwsrivier het sy ont­ staan te danke aan ’n spoorweg­depot wat des­ tyds hier gevestig is.

Touwsrivier lééf CHRISTINE SMIT Touwsrivier, die klein dorpie aan die soom van die Klein Karoo is sedert sy ontstaan onherroeplik aan die spoorweg in SuidAfrika verbind. Selfs toe dit gelyk het of die dorpie ’n onafwendbare ekonomiese dood gaan sterf toe die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë & Hawens, later Spoornet, hom uit die dorp onttrek en die dorp se lewensaar afgesny is, was sy heropbloei jare later weer te danke aan ’n spoorweë-verwante bedryf. Touwsrivier is sowat 160 kilometer van Kaapstad langs die N1 op pad Noorde toe geleë. Die dorp het sy ontstaan aan die destydse Cape Government Railways te danke nadat die Kaapse eerste minister, John Molteno, die dorpie uitgekies het om ’n spoorwegdepot daar te bou. Die dorp het oorspronklik as Montagu Road bekend gestaan en is in 1863 na Touwsrivier herdoop na die naam van die Touwrivier wat buite die dorp vloei. Die spoorwegdepot is destyds opgerig om die pas ontdekte diamantmyne by Kimberley te diens. Met geen noemenswaardige nywerhede om sy ekonomie te voed nie, het die dorp in ’n greep van maatskaplike agteruitgang, misdaad, armoede en werkloosheid verval. Maar uiteindelik was dit ’n organisasie wat ou Metrorail-treinwaens uitmekaar haal en restoureer voor dit weer in diens gestel word, wat hoop en uitkoms gebring het. Commuter Transport Engineering (CTE)

het hom sowat 12 jaar gelede hier in ’n bestaande spoorweg-werkswinkel kom vestig en verskaf vandag werk aan sowat 180 permanente werkers en 42 kontrakwerkers. Opleiding word op deurlopende basis verskaf ten einde te verseker dat werknemers spesialiste op hul gebied word. Met die onlangse aankoop van die historiese Union Carriage & Wagon (UCW) van Murray & Roberts in Gauteng, het CTE sy markaandeel in so ’n mate vergroot dat hy tans die grootste privaat verskaffer op sy gebied in Afrika is – iets wat Touwsrivier ook indirek bevoordeel. Sedert sy koms na die dorp, is CTE aktief betrokke by die gemeenskap en by die bemagtiging van die inwoners. Hy is jaarliks een van die groot borge van die Touwsrivier Sokkertoernooi, is deur die jaar by verskeie skoolprojekte betrokke soos die jaarlikse Kersboom en Kersete vir kinders en inwoners en ook by die versorging van bejaardes. CTE is tans ook besig om geld in te samel vir die bou van ’n gemeenskapsentrum op die dorp. Wat maak Touwsrivier, die dorpie wat al meer as een keer ondergang moes trotseer, spesiaal? Die dorp se raadslid, Patrick (Blondie) Smith, (Touwsrivier is by die Breedevallei-munisipaliteit ingelyf) wat al die land deurkruis het, sê hy het hom op Touwsrivier kom vestig, want “hier loop ons nog vryelik rond en hoef ons nie pal oor ons skouers te loer nie. Ons is ook nie so uitgelewer aan misdaad soos meeste ander plekke nie. Hier handhaaf ons nog goeie buurmanskap.” Touwsrivier, sê Smith onomwonde, het ’n rooskleurige toekoms.


14

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

7 Maart, 2013

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations

WINDVOGEL, ANNA (NAAT). Ma, God het jou lyding gesien en jou kom verlos. Ons gaan jou mis, maar gun jou die rus. Van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

RAAI wie is 40 op 06/03/2013? Van Stuurman-familie.

MARTIN AUBREY MICHAELS. 3 jaar weg van ons. Ons mis jou. Rus in vrede. Van Daddy.

11

In Memoriam

RAAI wie is 60? Veels geluk, Mammie. Mag jy 'n geseënde dag hê en alles wat mooi is vir die jaar wat voorlê. Van Papiergesin. WISHING you birthday greetings on your special day. May it be filled with love, happiness and so much more. God bless. From Daddy, Denver, Verushca, Eben en Miguel.

BAIE geluk met jou mondigwording 08/03/2013. Gods rykste seën en liefde. Van Mammie en susters.

BLESSED first birthday, Princess. Love, Ma, Pappa and Mamma. HAPPY birthday our Skylie. Ghursie, Erica and Matt.

GUESS who is 65? Happy birthday and with lots of love. Your husband, Brendon, Estorieta, Leandré, Leonay and Brenwin. OUMA en oupa se seun is 1. Geluk, Verne, Shirley en Sheldie.

RAAI wie was 10 jaar oud op 05/03/2013? Van Matthys-, Van Wyk- en De Bruin-familie.

08 Sterfgevalle Death Notices

BEYERS, LEE-MARK. Geb. 04/02/2013. Gest. 23/02/2013. Besigtiging Saterdag om 09:00 by Saliestraat 35. DIEMINIE, JAPIE. Sag het jy ons verlaat, sonder om 'n woord te praat. Gaan jou baie mis, maar gun jou die ewige rus. Liefde, Swarts-gesin. DIEMINIE, JAPIE. Swaar was die slag, want ons het die einde nie so gou verwag. Wees gegroet tot ons weer ontmoet. Liefde, Peter Jasmine en kinders. DIEMINIE, JAPIE. All we have are memories and a picture in a frame. God knew you could not stay another day, so He gave you peace at the break of day. Remembered by Lakey family Northpine. DIEMINIE, JAPIE. Toe ons klein was, het Pappa ons aan die hand gelei en met jou arms vasgehou. Nou het jou stêr gekwyn, maar in ons harte sal dit altyd skyn. Rus in vrede. Sus Florie, kinders Elize, Isak, Jakobus en klein kinders.

GINO SHERRY. Geb. 16/05/1978. Gest. 27/02/2013. Besigtiging op Saterdag 09/03/2013 om 09:00 by Wesley Methodist Church, 4th Avenue, Retreat. JUTA (néé STEYN), ELIZABETH. Mamma, dankie vir die mens wat jy was. Dankie vir jou liefde, geduld en omgee vir ons. Ons sal jou nooit vergeet nie. Liefde, jou man, Pieter, Colleen, Angeline, Elisma, Sharon en Mario.

POENANG is vandag 1. Geluk, Baba. Van Tella, Cardo en Kwaam. POENANG word 1. Geluk, Grootseun. Van Nanna, Tasha, Kay-Rinn en familie.

AFRICA, ROWAN. Nog 'n jaar is verby, maar die gemis is nog steeds groot. Van jou ouers, Brendon, Estrorita, Leandré, Leonay en Brenwin.

JUTA (néé STEYN). Ouma Lizzie, dankie vir ons goeie tye saam. Van al u kleinkinders, agterkleinkinders en skoonseuns.

COCHRANE, EBRAHIM (BRIAN). Born 1950/09/18. Died 2008/03/09. In loving memory of my grandfather. Wish we could have had more time together. I will always love you. Your granddaughter, Aaleyah Cochrane.

NOBLE, DENISE. 'n Blom is van ons gepluk. Sal altyd jou smile mis. Sal jou altyd in ons harte dra en liefhê. Van Mammie, Pa, susters en broers. NOBLE, DENISE. Die gemis gaan groot wees. Rus in vrede. Jou oom, P.S. Barry en gesin. NOBLE, DENISE. Begrafnisdiens Saterdag 9 Maart om 09:00 by huis en om 10:00 by Kerk Fresiastraat 17, Wesbank, Malmesbury. Kontaknr. 073 923 5767. NOBLE, DENISE. As vriend en kollega gaan ek jou mis. God het Sy gunsteling aster kom haal. Van Juliet Diamond.

PIENAAR, RICHARD (PINE). Geb. 31/01/1957. Gest. 27/02/2013. Met mooi herinneringe neem ons afskeid van 'n dierbare en liefdevolle pa en oupa. Ons gaan jou baie mis. Van kinders, kleinkinders en familie. Diens sal gehou word op 09/03/2013 om 08:00 by Gospel Church in Strandfontein Village.

STYNDER, GERT. Geb. 16/11/1941. Gest. 01/03/2013. Begrafnis vind plaas Saterdag 09/03/2013 in Williamstraat,Riverview om 10:00 by die huis en om 11:00 in die Kerk. Mis my, maar laat my gaan. Hier aan die einde van my lewenspad het die son vir my finaal gesak, maar moenie huil en treur oor my o nee, wees bly. My siel is vry. Van Mary (vrou), Marilyn, Roslie, Felincia, Donnovan, Ruben en Joeuy.

STYNDER, GERT. Stil en saggies het jy ons verlaat. Dit is swaar en pynlik om afskeid te neem, maar ons gun jou die rus. Jou dogter Beat en kinders.

FEBRUARY, VERONIQUE. Today 05/03/2013 you celebrate your 6th birthday in heaven. We will always treasure, remember and love you. Miss you dearly.> God be with you till we meet again. Happy heavenly birthday. Mamma Milly Tietie, Gino and Hanel. PASIERBEK, ANTONI. 2012/03/06. To our darling Gdog. You've been gone a year and we miss your funny face so very much. What we would do for one more driving lesson or Sunday visit. You will never leave our hearts or memories. We love you forever. Your kiddo's, Aimee and Nat. PASIERBEK, ANTONI. 2012/03/06. We miss you everyday, but what wonderful memories we have. We laugh about your funny sayings, drink a toast to you at every occassion and cherish all the things you taught us. We love you Dad and Oupa. Anthony, Linda, Anthony, Aimee and Sarah.

COCHRANE, EBRAHIM (BRIAN). Uncle Brian I honour your memory and praise God for blessing us through your life. Your spirit, love and devotion will live in all of us forever. All my love, Sadie Hector. COCHRANE, EBRAHIM. Brian, I always remember your word to me. Do not be sad, because sadness causes regret and misgiving. Concerning the future and make you waste you present. Your friend forever. Rashida Hector.

JEFTHA, ROELIE. On 3 March, it has been 25 years since my beloved husband and our Dad passed away. We still hear you talk, we still hear you laugh, we still see you smile. We wish that your grandchildren could have known you. We miss you. Your wife, Miems, children Trevor, Verity, Trovski and Daneil.

PAULUS, ANNA. Mammie op 06/03/2013 is u alreeds 3 jaar weg van ons. Ons mis mammie nog elke dag, maar ons weet dat u by n beter plek is. Mammie sal vir ewig en altyd in ons harte voortleef. Van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

PIETERSEN, KENNETH. In loving memory of my beloved husband on his 6th birthday away from us. The hardest thing to bear, is to want your husband and hes not here. So Lord forgive me if I still weep for a husband I love and long to keep. Your wife Beba, children and grandchildren.


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

7 Maart, 2013

ROODEWAL, Essopstraat. 3slaapkamerhuis. Kombuis met ingeboude kaste. Badkamer en toilet in huis. R240 000 koste ingesluit. Skakel 083 468 7505.

1141

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES RODE, GEORGE. Geb. 07/03/1978. Gest. 17/04/2001. Jou 35ste verjaardag. Mis jou nog daagliks. Jou ouers, broers en skoonsuster.

Algemene Dienste General Services

43

BESIGHEID BUSINESS

Persoonlike Dienste Personal Services JOANNA MBEDLA. please contact Wilna Malherbe by 083 533 4848.

195

Kantore te Huur/ Verkoop Offices to Let/ for Sale

BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumpsum only). Cash same day. Ph. (021) 949 0930. SMITH, WILLEM. 2012/03/10. Sadness still comes over me, tears in silence often flow, memories keep you ever near though you died one year ago. You were my soulmate. Jenny. SMITH, WILLEM. 10/03/2012. Eerste jaar weg van ons. Gemis is groot, sal altyd onthou. Kammies-gesin.

DE WET DIGGERLOADERS

GRONDDREINERING

TE KOOP FOR SALE

GESOEK: 6 of 12 m vraghouer. Kontantkoper. Sel. 083 702 2826.

12 Dankbetuigings Thanks

STYNDER, GERT. Dankie aan die dokters en verpleegpersoneel in C3 by Worcester-hospitaal vir jul goeie sorg en vriendelike diens terwyl my pa, Gert Stynder, vir die twee maande by jul was.

023 347 6852 o/h 076 100 5449 a/h

JOBS

0812 E 1ASPC25

MEUBELVERVOER N.J. (Otto). 20 jaar ondervinding. Persoonlike toesig. Enige trek. 082 708 9447/023 342 0286. WASH and go R20. Wash and dry R30. Wash, dry, vacuum, dash and tyres R50. Fullhouse and polish R150. Mini Valet R300. Ons kom haal en lewer af. Ons is agter Kings Cycles. Bel 072 036 5730.

EIENDOMME PROPERTIES 163

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 102

EEN glasveselboot met kajuit. Kort swart motor plus sleepwa plus veiligheidsbaadjies. Prys R14 000. Bel 023 342 4769/082 969 3654. TE KOOP. 2 pooltafels (De Doorns). R4 000 o.n.a. Bel 072 450 4479.

108

Geld/lenings Money/Loans LOANS up to R100 000-00. Please sms or call 081 3570 793. R1 000 - R20 000 loans!! All welcome, blacklisted and garnishee. Ph. Angela at 073 232 8741 office: (021) 829 7233, fax: 086 504 4408.

VERKOOPSPOS beskikbaar. Rekenaarvaardigheid 'n vereiste. Handig CV persoonlik in by Davidson's Discount Boards, Russelstraat 167, Worcester.

STOOR te huur. Samuel Walterstraat. 2 gedeeltes, 230 vk m en 140 vk m teen R12 per vk m. Kontak 082 728 3770.

400

Betrekkings Gevra Jobs Wanted AFGETREDE paar soek werk. Man is elektrisiën. Soek werk as opsigter of instandhouer van plase, vakansie-oorde of woonstelle. Bel 076 200 8753.

401

Allerlei Miscellaneous Services

WILLEMSE, JOHANAY. Geb. 19/06/2010. Gest. 04/03/2012. Vandag is jy 'n jaar van ons geskei, maar dit voel steeds soos gister. Die hemelse Vader ken die hoekoms en waaroms. Elke dag is daar trane, maar jy sal altyd deel van ons lewens wees. Ons mis jou ontsettend baie, want jy is ons prinses. Ons is baie lief vir jou, maar Jesus wou jou hê om tot Sy diens te wees. Rest in peace. Van Mamma (Nan), Essie, Cathy, Ouma (Nokkie) en Gideon.

197

Sakepersele Te Huur Business Premises to Let

Sel: 082 770 2822 O F T h e r o n d e We t Sel: 082 557 2393 Steenkool As Beskikbaar

WEHR, JACOBUS. Jou eerste verjaardag in die hemel. So graag wou ons geluk sê. Die gemis is nog baie groot. Van eggenoot, kinders en kleinkinders. WEHR, JACOBUS. 5 Maart is Pappie se eerste verjaardag in die hemel. Ek verlang, maar die Vader het van beter geweet. Van Carol, Ken, Luche, Kylie en Cinda. WEHR, JACOBUS. 5 Maart was Pappie se eerste verjaardag in die hemel. Die gemis is groot, maar die Vader het van beter geweet. Van Desire, Megan en Aldrin. WEHR, JACOBUS (JAPIE). Pappie, vandag 5 Maart, sal dit jou eerste verjaardag weg van ons wees. Ons wil so graag vir u geluk sê, maar Jesus wou dit anders hê. Net 'n blommetjie op die graf as 'n geskenk. Van jou dogter Lucille en familie. WEHR, JAPIE. Pappie, die Vader het jou kom haal om jou eerste verjaardag op 5 Maart by Hom te wees. Liefde, Leon, Diana, Realdo en Du Haine.

NETJIESE ruim kantore te huur. Sentraal geleë. Billike huur, ekstra voordele. Kontaknommer (023) 342 3604 of 082 7744 218.

TE HUUR

N i c o d e We t

15

Eiendomme te Huur Property to Let STOOR, werkswinkel te huur in Fieldstraat, Worcester. +- 1 000m2. Kontak 082 789 4918. WORKSHOP, storage place to rent in Field Street, Worcester +- 1 000m2. Contact 082 789 4918.

166

Huise te Huur Houses to Let VERSKEIE wonings te huur. www.rentbay.co.za.

167

Huise te Koop Houses for Sale HERMANUS. Gerieflike vakansiehuis 1 km vanaf see. Slaap 8. In rustige privaat karavaanpark. Gedeeltelik gemeubileerd. Vermaak vir kinders, swembad en golfbaan. R480 000 onderhandelbaar. Kontak 082 777 4002. HEXPARK, 3 slpk. oopplan-kombuis, eetkamer & sitkamer, ingeboude kaste, 1 volle badkamer en toilet. R300 000. Bel Elton Shortles Prokureurs by (023) 342 7414. MIDDEDORP. 3-slaapkamer ruim duplex in uitstekende toestand. In doodloopstraat. Groot oopplan sit-/eetkamer. Enkel motorhuis. Dringende verkoop. Skakel Piet 083 2846 748.

Algemeen General Vacancies

WERKSGELEENTHEID Benodig verkoopsdame. Bring CV persoonlik na Durbanstraat Apteek of tel/faks na 023 347 2075.


16

Standard

7 Maart, 2013

Geklassifiseerd Classifieds


Geklassifiseerd Classifieds

Standard 7 Maart, 2013

17


18

Standard

Eiendomme Property

7 Maart, 2013

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

BREEDE EIENDOMME

Luukse gerief Grondbeurs Eiendomme bied vandeesweek ’n asemrowende huis in die gewilde Fairway Heights-omgewing. Hierdie argitektonies ontwerpte, gedeeltelike siersteen-dubbelverdiepinghuis in ’n doodloopstraat bied hope ruimte en gerief vir die kieskeurige koper. Daar is vyf slaapkamers met ingeboude kaste en vier badkamers. Die oopplan-sit/leefruimte het ’n binnebraai en ondervloerse verhitting. ’n Verdere bonus is die praguitsig op die Bolandse berge en ongerepte natuurskoon vanaf al die vertrekke. Daar is ’n kantoor met eie ingang, asook drie motorhuise. Hoë plafonne maak hierdie woning koel en verleen ’n moderne voorkoms wat goed pas by die aluminiumvensterrame. Die 1 000 m² -erf bied ’n gevestigde tuin met koeltebome en ’n geplaveide deel na voor. Ernstige kopers kan Carene (071 605 9809), Jenny (079 697 9527) of Helene (082 658 2397) bel.


Standard

Sport Sport

7 Maart, 2013

Coach remains suspended MATTHEW SHELDON “Boland Ajax soccer club did not appeal against the outcome of the disciplinary hearing of their head coach, Bongani Zwane. He will thus serve his suspension.” So says Donovan Frederickse, the acting chairman of the Local Football Association (LFA), after the matter was finalised early last week. According to Frederickse, Zwane’s suspension will continue until 12 March. In the official letter of suspension the LFA stated that Zwane is to refrain from participating in any of the club’s activities. This includes not

being allowed on the stadium grounds, not being able to train his squad, nor may he be involved in any management meetings of the club. Frederickse mentioned that if Zwane is to transgress any of his suspension rules within this time period, a six month suspension will immediately take effect. This comes after the Standard reported on a Cape Winelands Promotional League match on 7 February between Boland Ajax and Eleven Experience where referee Mervin Hermanus asked Zwane to leave the field, but he refused. Hermanus claims he was forced to end the match a few minutes into the second half after the coach of Ajax

used foul language, was aggressive and disrupted the match with his behaviour. Zwane was later found guilty by the LFA’s disciplinary committee for misconduct according to Safa rules. According to the chairman of Boland Ajax, Tumisang Thibogang, the club decided not to appeal the matter. “We decided that it is not necessary to appeal the matter and rather let his (Zwane) suspension run its course. The R2 500 was also a little expensive for us,” said Thibogang. Thibogang ended by saying that Zwane will remain the head coach of the club and his duties will continue after his suspension has been served.

RIVERSIDE GHOLF: Die Riverside­gholfklub Nortier Motors Gholf Classic het onlangs by die Riverside­ gholfklub plaasgevind. Ne­ ville van der Merwe (links) en Sammy Adonis (middel) het as ’n span die toernooi gewen. Dié twee gholfspe­ lers is vir die derde jaar agtereenvolgend as kampi­ oene gekroon. Hier is Van der Merwe en Adonis wat die trofee van Ruben Adams, Riverside­gholfklub se onderkaptein, in ont­ vangs neem. FOTO: VERSKAF

Toutrek se Persies slaggereed vir derby bestes byeen “Ons beoog om meer as ’n duisend toeskouers na dié groot sport-gebeurtenis te lok.” Só het Willem Viljoen, die organiseerder van die WP/Bolandjunior toutrek-kampioenskappe, aan die Standard gesê. Volgens Viljoen is dit die eerste keer dat Rawsonville se Goudini junior toutrek die WP/ Boland-toutrek-kampioenskap aanbied. Die geleentheid vind Saterdag (9 Maart) op die Rawsonvillesportterrein plaas. Meer as 150 toutrekspanne wat insluit laer- en hoër skoolspanne uit verskeie areas in die WesKaap gaan tydens hierdie kompetisie meeding. “Dit gaan ’n goeie kompetisie wees. Die standaard hierdie jaar is besonder goed in vergelyking met vorige jare. Daar gaan ook baie talentvolle jong spanlede wees,” sê Viljoen. Volgens hom word elke span versoek om ’n tou saam met hulle na die sportterrein te bring. Die laer skool-spanne gaan kaalvoet deelneem en die hoër skool-spanne gaan met stewels deelneem. Die Goudini junior toutrekspan is die huidige WP/Boland junior kampioene wat drie goue medaljes, een silwer- en drie bronsmedaljes tydens verlede jaar se kompetisie gewen het. Die Suid-Afrikaanse junior toutrek-kampioenskappe gaan op 22 en 23 Maart in Kimberley plaasvind en daardie geleentheid word deur die Griekwaland-Wes junior toutrek-unie aangebied. Viljoen glo dat al die toutrekspanne wat tydens hierdie junior toutrek-kampioenskap gaan deelneem hul beste sal gee, maar dat net die sterkste span sal wen. Die verrigtinge begin om 08:00 by die Rawsonville-sportterrein. Vir enige navrae bel Willem Viljoen by 082 896 0293.

Perseverance, ’n plaaslike rugbyklub van Worcester, het die afgelope Saterdag (2 Maart) sy eerste vriendskaplike wedstryd teen Overhex Rugbyklub gespeel en met sewe punte gewen. Die wedstryd het op die Overhex-sportterrein plaasgevind. Die eindtelling was 27-20 in Persies se guns. Persies se B-span het teen Overhex se B-span gespeel en met 17-15 gewen. Persies se C-span het egter met 12-15 teen Overhex se C-span verloor. Volgens Persies se wedstrydsekretaris, Boetie Hattingh, het die afgelope vriendskaplike wedstryde vir goeie voorbereiding vir die spelers gesorg.

Hattingh glo dié klub se spelers is gereed om teen Young Hamiltons in hul derby-kragmeting te speel. “Persies gaan beslis staatmaak op sy blitsige agterlyn om Young Hamiltons te stuit,” is Hattingh se voorspelling. Persies speel komende Saterdag (9 Maart) teen Young Hamiltons Rugbyklub in die Esselenparkstadion. Die eerste wedstryd sal om 14:00 afskop. Dié komende derby beloof om ’n harde, vinnige en ’n opwindende wedstryd te wees, aldus Hattingh. Die publiek word versoek om die twee klubs te ondersteun en in hul hordes na die veld op te ruk. Vir enige navrae bel Boetie Hattingh by 082 528 9945.

Doubles scrape through after fight back Double Foot Shooters narrowly beat their local rivals Eleven Experience with a 3-2 score-line in a Cape Winelands Promotional football league match on Sunday (3 March) at the Esselen Park Stadium. According to a former Doubles player, Jacques Arendse, the players of Eleven Experience controlled most of the first half by constantly stretching the Doubles defence, creating numerous gaps in their back-line. After a dominant performance by Eleven Experience, Nathan Jonkers ended the first half by scoring two brilliant goals for them. In the second half Doubles applied much more attacking pressure on their opponents and all the players increased their work rate on the field to attempt to get back into the game. Doubles player Aasif Witbooi began directing the ball through the mid-field whilst trying to gain more possession of the ball. Arendse mentioned that controlling the mid-field is the most important objective on the field. Doubles created several chances in front of the goal during which Zenefin

Plaatjies, Caediz September and Percival McKenzie managed to score outstanding goals to clinch the game late in the second half. Arendse insists that players from Doubles had a fighting spirit and were mentally strong to come back from a two goal deficit. He did, however, mention that Doubles lacks aggression. Doubles also played against Zweletemba Aces in a Cape Winelands Promotional League match on Saturday (2 March) where they lost by 3-2 at the Zweletemba sports grounds. In this match Aces goals were scored by Simphiwe Maqangya, Kwame Kwasa and Lefo Mohlakola, while Delano Afrika and Shaun Mitz scored for Doubles. Doubles women’s team thrashed Glen Eagles with 7-0 at the Cloetesville sports grounds during their opening game of the ABSA women’s league in Stellenbosch on Saturday (2 March). Doubles will play their next fixture against Knights from Wellington at the Esselen Park Stadium this Sunday (10 March) at around 16:00.

Selections for Saturday at Durbanville: Race one: Maiden Plate (F&M) 1 200 m: 1. Surfer Girl (2) 2. Maidstone (1) 3. Rush For Roses (7) 4. Tributary (4) Race two: Maiden Plate 1 400 m: 1. Royal Var (2) 2. Robertson (3) 3. Big Cat (1) 4. Supreme Power (4) Race three: Maiden Plate 2 000 m: 1. King Of Dreams (1) 2. Hold On Tiger (3) 3. Mullins Cove (2) 4. Le Capitane (5) Race four: Maiden Plate (F&M) 1 600 m: 1. Hear The Rain (1) 2. London Theatre (6) 3. Jettin’ Along (11) 4. Injaka (2) Race five: FM 72 Handicap 2 000 m: 1. Rachel Leigh (3) 2. Starlight Beauty (6) 3. Hamba Kahle (1) 4. Rose Bay Moon (7)

Gholf: Bonnievale (72): Enkel-Stableford – E. van der Bank 39, E. Carstens 37, C. van Zyl 36, C. Rouch 36, G. Kriel 36, T. du Toit 36. Ceres (72): Houespel – M. du Bois 66, C. Niewoudt 66, P. Fourie 68, B. Mong 68, H. Ferreira 68. Hexvallei (72): Enkel-Stableford – K. Laubscher 41, K. Koen 40, C. van Eeden 40. Montagu (72): Houespel – J. Spangenberg 69, G. Biesenbach 71, R. Bruwer 71, W. Kriel 71, W. Rossouw 72, E. Stemmett 72, J. Kriel 73, D. Bruwer 73, W. Gassauer 73, P. Conradie 75, H. Kruger 76, K. Esterhuyse 76. Robertson (72): Enkel-Stableford – R. Gooderson 42, E. Deyzel 39, L. Vercuiel 39, N. Marais 37, R. de Jong 36, J. van Zijl 35, D. van Rensburg 35, J. Wiese 33.

19

Race six: FM 86 Divided Handicap 1 400 m: 1. Bois De Boulogne (4) 2. Spring Beauty (8) 3. Experience Counts (6) 4. Dark Journey (7) Race seven: FM 73 Divided Handicap 1 400 m: 1. Princess Salme (3) 2. Diva’s Daughter (2) 3. Paddy’s Girl (5) 4. Moika Dancer (9) Race eight: Open Handicap (MR 78) 1 000 m: 1. Red Banner (4) 2. Hottojetto (8) 3. Dressed In Cotton (3) 4. Bay Mariner (9) Place Accumulator: 1,2x1,2,3x1,6,11x3x4,6,8x2,3x3,4,8. Jackpot: 1,2,4,6,11x1,3,6,7,10x3,4,6,7,8x2,3,5,7. Pick 6 (10c unit): 1(11),2,3(4),6x1(7/11),5x1,3,6,7,10x3, 4,6,7,8x2,3(1),5,9 x2(12/13),3,4,5(6),8.

Vroue (Ope): Samespel-Stableford – J. Grey en B. Burchell 45, N. Kriel en J. Spangenberg 44, N. Benade en M. van Rensburg 43, P. Streicher en J. Acker 42, R. Kriel en S. van Deventer 42, E. Stipp en M. Flores 42, V. Schultz en L. Harris 41, M. Viljoen en H. van Zyl 41, E. Lacock en D. Thornton 41. Worcester (72): Klubkampioenskap, Afd. A – R. Kuyler 152, R. van Schoor jr. 152, R. van Schoor 152. Afd. B – B. Kruger 160, H. Laubscher 162, L. Becker jr. 163. Afd. C – P. Eloff 38, W. Mulder 37, F. Esterhuyse 37. Rugby: Klubreeks: Helderberg 6 (3), Ceres 5 (5). Helderberg: Strafdoele: Morné Cooper (2). Ceres: Drie: Jowaine Zimri.


7 Maart 2013

Manchester United het View of Hope tydens ’n wedstryd in die Safa Kaapse Wynland­pro­ mosieliga in die Esselenpark­stadion met 2­0 geklop. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER TENNIS: Worcester se eerste tennisspan het die afgelope Saterdag weereens ’n taai kragmeting teen ’n gekombineerde Montagu­Bonnievalespan met vyf wedstryde teenoor drie gewen. Worcester se eerste dames dubbelspelpaar van Wietie Reineke en Marette van Schoor het nie een pot in hul wedstryd afgestaan nie. In die gemengde wedstryd het Hannes du Bois en Marette van Schoor en Ian Swanepoel en Elizna Schoeman ge­ kombineer om aan Worcester die deurslag te gee. Hierdeur neem Worcester nog ’n stap nader aan die finaal. Worcester se tweede span het die afgelope Saterdag teen Gans­ baai met drie tenoor vyf wedstryde verloor. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

United klop Hope MATTHEW SHELDON Manchester United-sokkerspan het die afgelope Sondag in ’n wedstryd in die Safa Kaapse Wynland-promosieliga View of Hope met 2-0 gewen. Die twee spanne het op die Esselenparkstadion se A-veld kragte gemeet. Volgens Noel Vyver, Manchester United se afrigter, het albei spanne verskeie doelkanse tydens die wedstryd verbrou. Romano van der Westhuizen, United se middelveldspeler, het egter met ’n puik doel verseker dat sy span teen rustyd met 1-0 voor was. In die eerste minute van die tweede helfte het United se Brenwyn Samuels, ook ’n mid-

delveldspeler, ’n vinnige doel aangeteken. View of Hope het in die 60ste minuut van die wedstryd ’n paar probleme vir United se verdediging geskep en het ’n stafskop gekry, maar United se doelwagter, Jenna Kruger, het daarin geslaag om die skoot te keer. Die eindtelling was 2-0 in United se guns. “Ek is baie trots op al my spelers, veral ons middelveldspelers het baie goed presteer,” sê Vyver. Volgens hom gaan hy tydens oefensessies meer aandag aan sy doelskoppers gee. “Dit sal help dat hulle meer akkuraat voor die doelpale is.” Manchester United speel Saterdag (9 Maart) sy volgende wedstryd teen Mountain Sweepers op die Zweletemba A-veld. Die wedstryd begin om 14:30.


WorcesterS 08-03-2013