Worcester Standard Edition 06.10.11.pdf

Page 2

2

NUUS

STANDARD 6 OKTOBER 2011

Concert for survivor

Die Wes­Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, mnr. Dan Plato (links), het Worcester Maandag besoek. Tydens dié geleentheid het hy onder meer met die plaaslike polisie vergader om misdaadkwessies te bespreek. Ook by dié geleentheid, was brig. (v) Dinah Smith, stasiekommissaris van die Worcester­poli­ sie, en genl.maj. Kenneth Mkhize, areakommissaris van die Worcester­polisiëringsgebied. Foto: Hilderine Schröder

Misdaad bespreek HILDERINE SCHRÖDER ONWETTIGE sjebiens en huiswinkels, bendeverwante aktiwiteite, alkoholmisbruik en werkloosheid is enkele van die probleme wat lede van die plaaslike polisie Maan­ dag (3 Oktober) aan die Wes­Kaapse minister van ge­ meenskapsveiligheid, mnr. Dan Plato uitgelig het. Plato het onder meer by die Zweletemba­polisiekantoor aangedoen waar hy met senior polisiebeamptes en verteen­ woordigers van die gemeenskapspolisiëringsforum vergader het. Tydens die vergadering het genl.maj. Kenneth Mkhize, areakommissaris van die Worcester­polisiëringsgebied, gesê alkohol speel ’n groot rol in seksuele misdrywe in die area. “Ons het elke week operasies om onwettige sjebiens hok te slaan,” het hy bygevoeg. Nog ’n groot probleem, het Mkhize gesê, is bendebedry­ wighede. “Dit het onder ons aandag gekom dat ’n groep jongmense moontlik geslyp word vir ’n nuwe bendegroep,”

het hy gesê. Tóg, het hy bygevoeg, het die polisie tot hede groot sukses behaal met betrekking tot bendeverwante arres­ tasies. Een van die grootste uitdagings, aldus Mkhize, is aanran­ dings wat binne huisverband voorkom. Nie net is dit moeilik om te polisiëer nie, maar ook om dit te voorkom. Volgens Mkhize word deurlopende bewus­ makingsprogramme aangebied om dié probleem aan te spreek. Op sy beurt het die voorsitter van die gemeenskapspolisië­ ringsforum in Zweletemba, mnr. Thembile Chole, gesê dit is noodsaaklik dat daar nouer samewerking tussen die polisie en plaaslike munisipaliteit moet wees ten opsigte van die toepassing van bywette wat op spazawinkels betrekking het. Volgens Chole is spazawinkels wat onwettig deur buitelan­ ders opgerig word, ’n bron van wrywing en lei dit in sommige gevalle tot misdaadpleging hetsy dié winkels geteiken word, of ’n hawe bied aan onwettige immigrante. Hernieude versoeke is ook aan Plato gerig dat Zweletemba sy eie volwaardige polisiekantoor kry.

WILLIAM SMITH loves birds but when he climbed up a pole to rescue a baby bird in the Hex River Valley where he lives, he could not have known that it would lead to him losing both his arms. William survived being severely electrocuted and showed that he was a fighter, but his rehabilitation is a costly business and this is why The Golden Valley Casino is hosting a fundraiser for William on October 21. The request for help in raising funds to buy William the prosthetic arms he needs which will cost approximately R250 000, came from the principal at the Orchard Primary School, Mrs Anne Marais. Mrs. Wahida Parker, General Man­ ager of Sun International’s Golden Val­ ley Casino in Worcester, said, “When we were approached to assist in raising funds for William’s on­going rehabili­ tation we were happy to be able to assist. He is a very brave youngster and has shown remarkable bravery in learning to adapt to his disability. He has big dreams and the help that he received at the Red Cross Memorial Hospital’s Burn Unit has enabled him to return to mainstream schooling this year, which is a credit to the staff at the hospital and to the Orchard Primary School.” A musical evening is being held in the Winners Sports Bar at The Golden Valley Casino. It begins at 21:00 and tickets can be bought at the Cash Desk Golden Valley Casino for R50 per per­ son. You’ll be able to jive to the sounds of Ronnie Apollis who has been per­ forming since he was 10 years old with his nephews Danny and Johnny Apollis in their respective “langarm” bands. He was the lead singer for the group Green

Apple in the 70’s and 80’s and has ap­ peared on television and produced three CD’s. The 4 Love Vocal Group will also be contributing. They won the group section at the Westgate Mall competi­ tion and shared the stage with Melanie du Bois (Felicity) from 7de Laan at the KKNK Festival in Oudtshoorn. Rudolph Paulse, otherwise known as Cape Town’s Barry White, will be tak­ ing to the stage to raise funds for Wil­ liam. Paulse has travelled in Europe do­ ing Barry White Tributes. Maritza Conradie will also be strut­ ting her stuff. She was a finalist for Mitchell’s Plain’s Got Talent, supports CANSA and is the backing singer for Israel Houghton. Melanie Adams, the diva from Mitchell’s Plain, has won a number of talent competitions in Cape Town clubs and performs as a community artist. Don’t miss an evening of exciting en­ tertainment and fun, all in aid of a good cause: that of a brave gr. 6 learner who dreams of rising above his disability and driving a car one day. Why? “Because it’s part of my plan,” says William. On October 15 there will also be a party for little William sponsored by Amy’s Party’s and Décor. The party will be held at Orchard Primary School. If you would like to donate or get more information contact 0 023 342 1545 or 081 300 8547. You can also send a mail to amyspartys@telkomsa.net If you wish to make a donation to the school’s fund use the following ac­ count: ABSA – De Doorns, check ac­ count: account number 2450600051. Please mark the donation Project Wil­ liam.

Euweldade onder jongmense HILDERINE SCHRÖDER ’n MINDERJARIGE seun het Dinsdag (4 Oktober) op ’n aanklag van moord in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy na bewering ’n man verskeie kere met ’n klip teen die kop geslaan het. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die Worcester­polisie, het die 17­jarige seun beweer hy en sy 28­jarige slagoffer, mnr. Flip Meyer, het in ’n argument oor ’n selfoon betrokke geraak. Volgens die seun het Meyer, van die plaas Jan du Toit in die Goudiniweg­area, hom op 1 Oktober omstreeks 13:00 daarvan beskuldig dat hy sy selfoon gesteel het. Meyer is sowat sewe keer met ’n klip bygedam en is is op die toneel aan ernstige kopbeserings oorlede. Die saak is uitgestel tot 2 November en die seun bly in aanhouding. In ’n onverwante voorval is ’n 24­jarige man, mnr. Farai

Mukorovi Sondag (2 Oktober) omstreeks 18:00 in die Worce­ ster­hospitaal dood nadat hy omstreeks middernag die be­ trokke dag met ’n skerp voorwerp bygedam is. Die voorval het in Mayinjanalaan, Zweletemba, plaasge­ vind. Mukorovi is vermoedelik aan bloedverlies oorlede ná hy in die lies gesteek en sy slagaar getref is. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ook ’n saak van poging tot moord nadat daar die afgelope naweek op ’n 21­jarige man en ’n kind geskiet is. Volgens Moloi het die voorval Sondag (2 Oktober) om­ streeks 20:30 op die hoek van Jason­ en Saliestraat, River­ view, gebeur. Ooggetuies, sê Moloi, het gesien hoe daar son­ der rede vyf keer op mnr. Michael Lakay en ’n 12­jarige kind wat by hom was losgebrand is. Albei is in die been gewond. Dit is in hierdie stadium nie duidelik hoe ernstig hulle beseer is nie. Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

William Smith (left) with Mrs Anne Marais, principal at the Orchard Primary School. Photo: Supplied


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.