Issuu on Google+

DONDERDAG 3 MEI 2012

PRYS: 4.70

Ongeluksnaweek LAURENTIA ROBERTSON EN HILDERINE SCHRÖDER BL.

Gewapende rowers sak toe op plaaslike kafee 3

BL.

Public holidays: locals share their opinion

4

BL.

Leerders by plaasskool laat hulle stem tel 7

BL.

Skud reg die vere! Die gewilde Nuyvallei-fees is om die draai 12

Donderdag:

18 °C

Bewolk met buie (60%).

NOODDIENSPERSONEEL moes die afgelope naweek bontstaan om hulp te verleen aan mense wat in on­ gelukke tussen Rawsonville en Wor­ cester betrokke was. Vier ongelukke is binne die kwessie van twee dae op dié pad aangemeld. Die hoof­ uitvoerende beampte van die beleggingsmaatskappy Remgro Bpk., mnr. Thys Visser, en ’n algeme­ ne bstuurder by GRW op Worcester, mnr. Johan Andrew, het Donderdag hul lewens verloor in ’n trompopbot­ sing op die N1 waarby ’n derde voer­ tuig ook betrokke was (sien berig op bl. 2). Enkele ure later moes nooddienste reageer op ’n botsing op die R101. Volgens konst. (v) Vivienne Hur­ ling­Jordaan het dié ongeluk gebeur toe die bestuurder van ’n Volkswagen Jetta die R101 by die Slanghoekkrui­ sing wou oorsteek. ’n Aankomende vragmotor, wat by dieselfde kruising wou draai, het stil­ gehou, waarop die bestuurder van die Jetta aangeneem het dat dit veilig is om die pad oor te steek. Die kar is deur ’n aankomende bakkie getref wat die vragmotor van agter verbygesteek het. Die Jetta moes met hidrouliese le­ wenskake oopgesny word om die be­ stuurder te bevry. Sy het haar been ge­ breek. Niemand anders is ernstig be­ seer nie. ’n Dag later (Vrydag, 27 April) was vier voertuie in ’n kettingbotsing op die N1 naby Rawsonville betrokke. Volgens Jordaan het die voorval omstreeks 10:49 gebeur. ’n Ford Fiesta was glo in die rigting van Worcester op pad toe dit spoed verminder het. ’n Honda Civic wat ag­ ter dié voertuig was, het van agter daarin vasgery. ’n Platbak­vragmotor van die meubelmaatskappy Lewis het dié voertuie probeer verbysteek om Vrydag:

19 °C

Vier voertuie was betrokke by dié botsing verlede Vrydagoggend op die N1. Die ongeluk was een van verskeie wat binne die kwessie van twee dae tussen Rawsonville en Worcester plaasgevind het. In een van dié ongelukke (links bo) moes die wrak van ’n Volkswagen Jetta oopgesny word om die bestuurder te bevry. Dié ongeluk het verlede Donderdagaand op die ou N1 plaasgevind. Die eerste ongeluk, wat die lewe van twee sakemanne geëis het, het Donderdagmiddag plaasgevind. Wrakstukke van die voertuie (regs bo, foto verskaf) was oor die pad gesaai. Foto: Laurentia Robertson die botsing te vermy, maar het toe in die kant van die Civic vasgery, sê Jor­ daan. ’n Vierde voertuig, ’n Opel Cor­ sa, wat agter die vragmotor gery het, kon ook nie betyds stop nie en het ag­ ter in die Civic vasgery. Volgens Jordaan is vier mense in die ongeluk beseer en is hulle na die

Bewolk met buie (30%).

Saterdag:

19 °C

hospitaal geneem. In nog ’n voorval dieselfde dag is ’n man op die N1 raakgery toe hy na bewering onder die invloed van alko­ hol die pad probeer kruis het. Hy is met ernstige kopbeserings in die Wor­ cester­hospitaal opgeneem. Volgens kol. Fana Dlamini, stasie­

Bewolk met ligte buie.

Sondag:

25 °C

kommissaris van die Rawsonville­po­ lisie, het die meeste van die ongelukke die afgelope langnaweek op plekke gebeur waar daar onlangs aan die pad gewerk is. “Die gebrek aan padtekens maak dit moeilik om vas te stel in wat­ ter baan jy ry en derhalwe is dit gevaar­ lik,” sê Dlamini.

Mooiweer


2

NUUS

STANDARD 3 MEI 2012

Twee sterf ná gru-botsing op N1 LAURENTIA ROBERTSON EN HILDERINE SCHRÖDER TWEE prominente sakemanne, die hoof­ uitvoerende beampte van be­ leggingsmaatskappy Remgro Bpk., mnr. Thys Visser, en mnr. Johan An­ drew, ’n algemene bestuurder by GRW op Worcester, is verlede Don­ derdag ná ’n trompopbotsing op die N1 naby Rawsonville oorlede. Volgens kol. Fana Dlamini, stasie­ kommissaris van die Rawsonville­poli­ sie, het die gru­ongeluk omstreeks 15:00 plaasgevind. Andrew (46), in ’n Toyota Hilux, was na bewering besig om ’n vragmotor ver­ by te steek toe hy Visser (58) se Toyota Land Cruiser reg van voor getref het. Die impak van die botsing was só erg dat dit die twee voertuie se wiele afge­ ruk het. Andrew is op die ongelukstoneel oorlede. Hy het op die dag van die onge­ luk verjaar. Visser moes uit die wrak losgesny word. Hy is in ’n kritieke toe­ stand na die Worcester Mediclinic ge­ neem waar hy aan sy beserings beswyk het. Sy vrou, mev. Amanda Visser, wat saam met hom in die voertuig was, is nie beseer nie. Volgens Dlamini was ’n derde voer­ tuig ook in die ongeluk betrokke, maar het die insittendes van dié voertuig slegs ligte beserings opgedoen. Hulle is mnre. John Hutchison (49) en Allan Cowen (61). Die N1van die weegbrug tot by die R101­afdraai na Rawsonville is ná die ongeluk gesluit met verkeer wat langs die ou N1 herlei is. Visser se seun, mnr. Thys Visser jr., beskryf hom as baie eerlik, met hoë mo­

Sakereus Thys Visser, hoof uitvoerendebeampte van die beleggingsmaatskappy Remgro Bpk. is Donderdag oorlede ná ’n botsing op die N1 naby Rawsonville. Mnr. Johan Andrew van GRW Engineering is ook in die ongeluk oorlede. Foto’s: Laurentia Robertson rele waardes en beginsels. “Jy het altyd geweet waar jy met hom staan.” Visser se heengaan, sê sy seun, laat ’n geweldi­ ge leemte. “Hy het ’n groot hart gehad. Ons gaan hom geweldig mis.” Andrew, van Pretoria, het sowat ’n maand gelede as algemene bestuurder van standaardprodukte en ’n lid van die uitvoerende komitee by GRW aange­ sluit. Volgens mnr. Gerhard van der Mer­ we, hoof­ uitvoerende beampte van GRW, het Andrew op Worcester gelo­ seer. Hy sou in Julie in ’n huis hiér inge­ trek het, waarna sy gesin by hom sou aansluit. Van der Merwe beskryf hom as ’n baie bekwame persoon met jare se on­ dervinding in die motorkomponent­ vervaardigingsbedryf. “Hy het baie nu­

we idees na GRWgebring; ongelukkig was sy indiensname té kort. “In die kort tyd wat hy by ons was, het hy baie goeie verhoudings met sy mense bewerkstellig. Dit is ’n groot ver­ lies vir Worcester; sy gesin het baie uit­ gesien om hiernatoe te verhuis,” sê Van der Merwe. “Beide slagoffers van die ongeluk is ’n reuse­verlies vir die sake gemeenskap.” Andrew laat sy vrou, Heather, en ’n seun (10) en dogter (11) agter. Visser se roudiens is gister (Woens­ dag) in die NG Moederkerk op Stellen­ bosch gehou. Benewens sy vrou en Vis­ ser jr., laat hy ook ’n dogter, Riëtte, sy ma, me. Clarice Anderson (82), ’n broer, mnr. Riaan Visser, en twee sus­ ters, mee. Wilma Nagel en Cathy Knipe, agter.

Wyle mnr. Thys Visser en sy vrou, Amanda. Foto: Rapport

Mnr. Johan Andrew.Foto: Verskaf

Voorblad was draer van heelwat minder goeie nuus WORCESTER STANDARD & ADVERTISER - VRYDAG 11 MEI 1962 - 50 JAAR GELEDE VYFTIG jaar gelede was daar nie min­ der nie as vyf berigte oor inwoners wat gesterf het. Die twee foto’s het ook nuus van min­ der aangename gebeure oorgedra. Op een foto was ’n motor wat in ’n ongeluk was en op die ander die Alabama­bio­ skoop, wat deur ’n brand verwoes is. Die hoofberig onder die opskrif “Goodwill Meeting at Worcester ­ Ce­ res Fruit Expert on Overseas Tour” lui: “It was wise policy for any agricultural organisation to invest in the younger ge­ neration by sending them to gain know­ ledge of other countries with which South Africa had to compete, Mr. A. le Roux Mouton of Ceres said at a Rota­

ry Club meeting to foster goodwill be­ tween the town and district. “Mouton said his organisation at Ce­ res alone had a packing potential of 80 000 boxes of apples and pears per week and is estimated to increase to 200 000 boxes per week in 1966. His board of directors had accordingly sent him to see what was being done in Aus­ tralia and New Zealand.” In ’n ander berig word gesê ’n brand wat in die vroeë oggendure die vorige Sondag in die Alabama­bioskoop uit­ gebreek het, is waarskynlik deur ’n si­ garetstompie veroorsaak. Volgens ’n nie­amptelike mening van ’n brand­ weeroffisier was die skade sowat R15 000. Volgens die berig het ’n klomp nuus­ kieriges met net kamerjaponne bo­oor hul slaapklere aan binne ’n ommesien­

tjie opgedaag om na die brand te kyk. Niemand is beseer nie. Die Alabama met sy 802 sitplekke was destyds die enigste bioskoop vir nie­wittes op Wor­ cester. ’n Ánder berig vertel van die negeja­ rige Mariana Genis wat “verlede week” van haar pa, ma, boetie en sussie se dood gehoor het. Die Genis­gesin het oor die Paasnaweek in ’n motorongeluk gesterf. Mariana het intussen by ’n oom en tante gebly. ’n Dokter het haar eers kalmeerpille ingegee voor hy die nuus oorgedra het. ’n Kort beriggie vertel van Worcester se oudste blanke inwoner, mev. Maria Johanna Visser van Porterstraat 68, wat op 98­jarige ouderdom oorlede is. ’n Ander berig vertel van mnr. Carel du Toit van Heynsstraat 44 wat sy moeder en skoonma ’n dag ná mekaar begrawe

het. In ’n ander berig word vertel van mnr. Henry C. Kartstell, ’n oud­inwo­ ner wat op 54 in die Paarl oorlede is. Hy was in ’n stadium die eienaar van die enigste fabriek in Suid­Afrika wat pype vir rokers vervaardig het. In ’n ander berig soek die polisie na die familie van ’n blanke man wat op pad na die hospitaal oorlede is na hy deur ’n motor raakgery is. Op die voor­ blad word ook berig oor mnr. L.J. Fuchs van Lyonstraat wie se seuntjie (2) onder sy motor se linkeragterwiel beland het. Die seuntjie se been was slegs effe vel­ af, maar verder was hy ongedeerd. ’n Bouer en skut, mnr. D.J. Brand, het tweede in die Nasionale Prysskiet­ kompetisie om die Staatspresidentstro­ fee in Bloemfontein gekom, lui ’n ander berig. Brand het die hoogste telling ooit in die derde been behaal.

Die voorblad van 50 jaar gelede. Foto: Christine Smit


NUUS

STANDARD 3 MEI 2012

3

Valleiers maak reg vir winter HILDERINE SCHRÖDER MET die reënseisoen op hande, staal Valleiers hulle reeds vir nat, ongemaklike toestande. Dit is ook gedurende dié tyd dat rioolstelsels meer dikwels oorstroom. Die Standard het die afgelope tyd by meer as een geleentheid berig oor Worcesteriete wat met die hande in die hare sit ná rioolstelsels naby hul blyplekke oorgeloop het. Volgens mnr. Johan Botha, skakelbeampte by die Breedevallei Munisipaliteit, word dié oor­ spoelings in die reënseisoen meermale veroor­ saak deur grondwater (veral stormwater) wat die rioolstelsel infiltreer en dan ’n oorlading mee­ bring. “Wanneer dít voorkom, druk rioolwater by laerliggende mangatdeksels uit,” sê Botha. Volgens Botha word dié probleem nie beskou as verstoppings (wat ook veroorsaak dat riool­ stelsels oorloop) nie, aangesien die situasie ge­ woonlik terugkeer na normaal sodra reënbuie afneem en die water wat die stelsel geïnfiltreer het, weggevoer is. Onwettige afvoer van stormwater tot in die rioolstelsels kom ook voor, aldus Botha. “Omdat sodanige aansluitings op ’n diskrete manier deur huiseienaars of bewoners gemaak word om hul onvoldoende private stormwater­afvoerstelsels te versterk, is dit uiters moeilik om op te spoor,” sê Botha. “Bewys dat sulke aansluitings wél be­ staan, is om die tempo van afvloei in die rioolpy­ pe tydens reënneerslae waar te neem.” Volgens Botha word rioollekkasies veroor­ saak deur boomwortels wat die stelsel infiltreer en tot verstoppings lei. ’n Verdere oorsaak van verstoppings is pypbreke, maar, sê Botha, dié kom baie min voor. Volgens Botha is rioolverstoppings algemeen en word daar op Worcester alleen sowat 450 ver­ stoppings per maand gerapporteer. Hiérvan kom sowat 80% in mindergegoede areas voor. Alle klagtes ten opsigte van rioolverstoppings wat by die munisipaliteit aangemeld word, word onmiddellik aan die rioolspanleiers, waarvan daar tans slegs twee op Worcester is, gerappor­ teer. ’n Span probeer die probleem dan so spoe­ dig moontlik aanspreek. Elke span, sê Botha, hanteer daagliks tot soveel as sewe verstoppings. Volgens Botha behoort die taak van die riool­ werke, wat ook die reukprobleem aanspreek wat in areas van die dorp ondervind word, waarskyn­ lik teen September of Oktober voltooi te wees. . Rioolverstoppings kan by 0 023 348 8000 aangemeld word.

Omstanders drom voor die Koffiehuiskafee in Hoogstraat saam kort nadat drie rowers die kafee beroof het. Die eienaar van die kafee, mnr. Abu Bakar Siddique (foto bo) , se hande is in die rooftog vasgebind voordat een van die drie rowers hom met ’n vuurwapen oor die kop geslaan het. Foto’s: Christine Smit

Kafeeroof: eienaar beseer CHRISTINE SMIT DIE eienaar van ’n kafee in Hoogstraat op Worcester is gisteroggend (Woensdag) vroeg in ’n rooftog gewond. Drie rowers het hulle met goedere ter waarde van R392 000 uit die voete ge­ maak. Twee klante wat onver­ wags die kafee binnegekom

het, is ook vasgebind, maar nie beseer nie. Volgens kol. Willis Smith, hoof van sigbare polisiëring op Worcester, het mnr. Abu Bakar Siddique (39), eienaar van die Koffiehuis­kafee op die hoek van Hoog­ en Por­ terstraat, gisteroggend kort voor halfsewe die kafee oop­ gesluit. Drie onbekende swart mans het binnegekom en

geld van hom geëis. Hy is met ’n vuurwapen oor die kop geslaan toe hy verduidelik het dat daar nie geld oornag in die kafee ge­ hou word nie. Sy hande is ook met swart plastiekbinders vasgebind. Die twee klante, wat ook vasgebind is, is na die agter­ kant van die kafee gesleep waar hulle beveel is om te bly lê.

Die rowers het intussen, toe hulle nie geld kon kry nie, sowat 25 bokse sigarette uit­ gedra na hul wit Toyota­bak­ kie wat om die draai in Por­ terstraat geparkeer was. Volgens Smith is hulle vort met sigarette ter waarde van sowat R300 000 en lug­ tyd ter waarde van R92 000. Siddique, wat kort ná die voorval steeds op die been was, het met ’n bebloede ge­

sig gesê dit is die eerste keer dat so iets met hom gebeur het. Hy kon ook nie sê watter soort vuurwapen in die aan­ val gebruik is nie. Smith het ’n beroep op mense gedoen wat enige in­ ligting oor die voorval het om met kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die polisie op Worcester, in verbinding te tree by 0 082 253 1070.


4

NUUS

STANDARD 3 MEI 2012

Public holidays: good or bad thing? MATTHEW SHELDON THERE are quite a few public holi­ days on the South African calendar, especially during the month of April. This has a certain effect on the South African economy. The Standard asked the community whether these holidays have a positive or negative effect on our economy.

“There are too many public holidays in April. I cannot get all my work done, because I can only do so much. This is a reason why I would say it affects the economy negatively due to the little work that can be done. Every public holiday money is lost and it affects everyone badly,” said Ida Jacobs (45).

“Usually if you work less, then you earn less. With my job I do not receive any pay for the work I do on a public holiday. Even if you get off on a public holiday, I earn less, which is bad. The economy does not operate that well, because less people work, and that means a loss of money,” said Charmaine Fortuin (40).

“I think that all these public holidays, especially in this period of April and May, has a definite negative effect on our economy. So many working hours are lost with all these public holidays. I feel that these days should be spread evenly throughout the year,” said Hermias van Zyl.

“I think that these public holidays are good for the staff. They are very happy after getting a break from work. It also helps the economy, because staff come back well rested and are in effect more productive,” said Nik Wullschleger (42). Photo: Supplied

“Public holidays unfortunately has a negative effect on our economy, because not enough work is done during that time, which is usually supposed to be done on a normal day,” said Marie Swarts (22).

“It affects our economy very badly. I think there are too many public holidays in the year. If there are less public holidays, then everyone can work more and the economy will be able to grow better. The only bad thing is that there will be less breaks for people then,” said Vuyiswa Yekami (34). Photos: Matthew Sheldon


NUUS

STANDARD 3 MEI 2012

Farm workers heard MATTHEW SHELDON MORE than 50 seasonal farm workers across the Boland who are affiliated with Women on Farms, a non­profit organisation based in Stellenbosch, gathered at Worcester Library to dis­ cuss relevant labour issues. These farm workers are frustrated by the conditions within their workplace and are bothered by the manner in which they are treated. Worcester Labour Centre, in partner­ ship with Women on Farms, have deci­ ded to help guide and inform these wor­ kers about their rights within the work­ place, and where they can seek help. Ida Jacobs, Labour Rights Program­ me Officer for Women on Farms, said they are having these information sessi­ ons so that the Labour Department can listen to the farm workers’ complaints. “There are several problems that these farm workers are facing, especially about sectoral determination 13,” said Jacobs. Sectoral Determination 13 involves different aspects of the issues farm wor­ kers have to face, such as their working conditions, salaries and pay slips, to na­ me only a few. “I decided to ask the Labour Depart­ ment to join us and give more informati­ on to the farm workers about the issues they face. I also thought it would be the perfect opportunity for the farm workers to have their voices heard in front of offi­ cials from the department,” said Jacobs. Jacobs added that this information session is not confined to Worcester, but will be conducted in De Doorns, Raw­ sonville, Wellington and Paarl.

. Die Worcester­polisie maan lede van die gemeenskap om waaksaam te wees as hulle snags op die Vil­

Winning babies:The parents of Caleb Botha and Adriaan

Seasonal farm workers sitting in on an information session led by members of Worcester’s Labour Centre. Photo: Matthew Sheldon The aim of Women on Farms is to fo­ cus on farm workers’ rights, labour issu­ es and their interests, especially when it comes to women. The farm workers received informati­ on on services which the Labour Depart­ ment has to offer within the public em­ ployment unit. These seasonal workers come from different farms in areas such as De Doorns, Wellington, Paarl and Stellen­ bosch. After the meeting they moved to Avian Park where they began to march down the main road with posters held high up, whilst singing freedom songs. Jacobs said they decided to picket to

demonstrate that seasonal workers also want to be recognised in the labour sec­ tor. “Seasonal workers are marginalised. There is always this `you need me and I do not need you’ attitude from the bos­ ses. “We as seasonal farm workers are stripped from our rights in the workplace and we cannot accept this any longer,” said a frustrated Charmaine Fortuin(40), a seasonal farm worker and member of Women on Farms. Some of the issues which were discus­ sed include career information, registra­ tion of employment opportunities and guidelines to sustainable employment.

Nel, the winners of the Standard’s baby competition, came to collect their childrens’ prizes.The two babies were voted as the cutest in the competition within their respective categories.The prizes include gift cards to the value of R500 from Mountain Mill Mall, two R500 meal vouchers from Fowler’s Restaurant, a photo session to the value of R1 250 each by Dewald Kirsten Photographer, and a gift voucher from Butterfly World to the value of R125 for two adults and two children. From left are Roderick Botha, Anchen Botha, Caleb Botha (winner of the 18 months to 3 years category), Leandra Nel with Adriaan (winner of the 0-18 months category),Martins Nel and Joyce Terblanche (the Standard). Photo:Matthew Sheldon

liersdorppad by Avianpark verby ry. Daar word glo met die verkeersligte by Albatrosstraat gepeuter sodat voertuie hier moet stop, waarop dit besteel word. Veral vroue wat al­ leen bestuur word aangeraai om al­ ternatiewe roetes te neem en met hul deure gesluit te ry.

Specials are valid at Meatrite Paarl & Worcester until Sunday 06 May 2012. We reserve the right to limit quantities. While stocks last. E&OE

PAARL & WORCESTER SPECIALS

4kg Chicken Leg Quarters

79

.95 each

Picnic Ham

34.95 p/kg

Stewing Beef

29.95 p/kg

Boneless Hake

25.95 p/kg

5


6

GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 3 MEI 2012

Gemeenskap groet groot gees ALVER UYS

It’s UK Day in SA:Children and staff at the Worcester Primary School celebrated the United Kingom’s national UK Day, or more accurately known as St. George’s Day. This is part of the school’s project to teach the children about the different cultural practices in the United Kingdom, and to celebrate diversity. Some of the children performed cutural dances such as maypole dancing and folkdancing and there were also history lessons played out on stage. During the opening and closing of the event, all the children and staff were asked to sing the UK’s national anthem “God save the Queen”.Photo:Matthew Sheldon

Kansa-stap om die draai MET sy jaarlikse pretstap om die draai, neem die Kankervereniging van Suid­Afrika (Kansa) ’n verdere tree met sy bewusmakingsveldtog teen kanker. Kansa bied Dinsdag 15 Mei om 16:00 ’n Kankerbewusmakingspretstap aan as deel van sy nasionale “Ons streef na ’n Kankerslim Suid­ Afrika”­veldtog onder die gemeenskap van Touwsrivier. Alle skole, ondernemings, organisasies, ker­ ke, Bybelstudiegroepe, stapgroepe of sommer net vriende en families word aangemoedig om

spesiale inisiatief te neem en deel te word van hierdie unieke bewusmakingspretstap. Belangstellende stappers word aangemoedig om so gou moontlik in te skryf. Inskrywings­ vorms kan verkry en ingelewer word by die bi­ blioteek, of stappers kan op die dag van die pret­ stap registreer. Inskrywingsfooie is R5 vir leerders en R10 vir volwassenes. Wegspring tyd is 16:00 by die NG kerk Touwsrivier. Vir meer inligting, bel Weena Cupido by 0 023 342 7058, of stuur ’n e­pos na wcupido@cansa.org.za.

meer Naspers, Alibiprops en Batelleur Booksellers, wat ’n MAN wat diep spore as on­ boeke en verwante produkte derwyser en skoolhoof in die aan skole verskaf tot. Sy siekte onderwys op Worcester ge­ in 2011 het ’n einde aan sy trap het, mnr. Thomas (Tom­ loopbaan gebring. my) Abrahams, is verlede In sy leeftyd was Abrahams Woensdag tuis oorlede. Hy onder meer voorsitter van die was 75 jaar oud. streek se hoofdevereniging vir etlike termyne, voorsitter van Abrahams het die afgelope die Boland­skolesportunie, paar maande erg met sy ge­ stigterslid en voorsitter van die sondheid gesukkel. Skole­korefeesvereniging (en As gebore en getoë Worces­ later ook amptelike borg) teriet het Abrahams hom as on­ asook verskeie ander vereni­ derwyser aan die voormalige gings wat bande met die onder­ Hewatt Opleidingskollege be­ wys gehad het. kwaam en het sy onderwys­ Abrahams was ’n goeie spre­ loopbaan in 1958 by Söhnge ker en was gesog as veral moti­ Opleidingskool op Worcester veringspreker en programdi­ begin. In 1961 word hy deel van rekteur by geleenthede regoor die eerste opvoederskorps on­ die Boland. der die hoofskap van sy swaer, Sy bydrae tot die onderwys mnr. Abe Arendse, met die Wyle mnr. Tommy Abra- sal ook in die annale van die opening van die Hoërskool Es­ hams. Foto: Verskaf dorp opgeteken staan deurdat senlenpark. al 10 die skole suid van Dur­ As Afrikaans­opvoeder het hy gou aansien in banstraat se skoolhoofde in ’n stadium onder hom onderwysgeledere verwerf en word in 1974 as skoolgegaan het. Daarby het van die skoolhoofde eerste hoof van die Hoërskool Breërivier gese­ of oudskoolhoofde by die meer as 20 skole buite kondeer. In 1976 word hy gevra om die leisels die dorp ook die een of ander verbintenis op by nog ’n nuwe skool, Victoriapark Primêr, oor skoolvlak met hom gehad. te neem. Abrahams word oorleef deur drie kinders, Vyf jaar later neem hy die hoofskap oor by Grant, Astrid en Ilse, twee kleinkinders, twee sus­ die Esselenpark Senior Sekondêre Skool, maar ters en sy jarelange vriendin, Beverley. gaan in 1990 terug na Victoriapark Primêr waar Hy word Saterdag (5 Mei) om 10:00 uit die hy in 1993 uitgetree het. VGK­gemeente Worcester in Adderleystraat be­ Abrahams het steeds kontak behou met opvoe­ grawe. ’n Huisdiens word om 09:00 by Greystraat dingsinstansies as verteenwoordiger van onder 100 gehou.


GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 3 MEI 2012

7

Dean’s medal well deserved MATTHEW SHELDON

Leerders aan die Brandwacht Primêre Skool het verlede week saam met kinders wêreldwyd vir hul gunsteling verdienstelike organisasie gestem. Die stemdag is geheel en al deur leerders behartig van die nagaan van die verkiesingsrol tot die merk van kiesers se naels. Die stemmery het, soos dit betaam, met die nodige geheimhouding gepaard gegaan.

Leerders stem vir regte HILDERINE SCHRÖDER

Leerders het vooraf die onderskeie projekte met hul onderwysers behandel, sê Steinberg. Plaaslik het Mollel die verkiesing met 27 uit die 55 stemme gewen. Die algehele wenner sal eers bekend gemaak word as al die stemme wê­ reldwyd getel is, aldus Steinberg. Buiten die stemdag, is die verkiesing ook ge­ bruik om die kleingoed touwys te maak oor hul regte soos vervat in die Grondwet. Die stemdag is ook deur die uitvoerende bur­ gemeester van die Breedevallei Munisipaliteit, mnr. Basil Kivedo, en die skool se kringbestuur­ der, dr. Hennie van der Westhuizen, bygewoon. Beide Kivedo en Van der Westhuizen het die jongklomp herinner om alle geleenthede wat hul­ le kry met albei hande aan te gryp en ook om die beste van hul regte en voorregte te maak. Volgens Steinberg kyk die OVK reeds na die moontlikheid om meer skole by die volgende ver­ kiesing te betrek.

EEN vir een tree hulle vorentoe en steek hul han­ de diep in die glimlaggende papier­maché­pop se keel af. Die atmosfeer is ’n mengelmoes van afwag­ ting en opwinding, getemper met erns en amper­ se gewydheid. Vandag word hier gestem. Vir die leerders van Brandwacht Primêr buite Worcester is die stemmery ’n ernstige saak. Eni­ ge inmenging van grootmense is boonop taboe. Alle verkiesingsbeamptes, van dié wat orde moet handhaaf tot dié wat die verkiesingsregister moet nagaan en kiesers se duim met ink moet merk, is leerders van die skool. Die stemdag vorm deel van die internasionale organisasie World’s Children’s Prize wat hom vir die verbetering en toepassing van kinderregte be­ ywer. Die stemdag is in samewerking met die plaas­ like tak van die Onafhanklike Verkie­ singskommissie (OVK) aangebied. Hoewel die stemdag internasionaal aangebied word, neem slegs Wes­ Kaapse skole in hierdie stadium daar­ aan deel, sê me. Stephanie Steinberg, verkiesingsprojekkoördineerder by die OVK op Worcester. “Skole soos Brandwacht kry nie die geleenthede en blootstelling wat groter skole kry nie, daarom het ons besluit om dié skool by die internasionale stemdag te betrek,” sê Steinberg. Kleingoed wêreldwyd kon verlede week vir hul gunsteling kandidaat uit drie verdienstelike organisasies stem. Die kandidate was Anna Mollel van Tanzanië, met haar organisasie wat veg vir beter lewensomstandighede vir kin­ ders met gestremdhede, Sakeena Ya­ coobi van Afganistan, wie se organisa­ sie veg vir kinders en vroue se reg op onderrig en gesondheidsorg, en die Suid­Afrikaner Ann Skelton, wie se or­ ganisasie veg vir die regte van kinders Stemme is in ’n stembus, kompleet met ’n horlosie aan die pols, gegooi. Foto’s: Hilderine Schröder wat deur die regstelsel geraak word.

felt it to be a more stable option. CONSTANT late night A year later she enrolled study sessions till the ear­ at CPUT to study Radiogra­ ly hours of the morning hy. was one of her fondest me­ When Stephanie was told mories which served as a that she was going to recei­ building block towards ve the award, she did not ultimate success. know how to handle the news. Stephanie Geldenhuys “I was so excited, but I (23) has recently been ho­ did not understand that I did noured with a Dean’s medal so well at the time,” said in Radiography during one Stephanie. of the 12 autumn graduati­ “Only when it came to on ceremonies of the Cape the evening of my graduati­ Peninsula University of on I then noticed in the Technology (CPUT). booklet we received that I This prestigious award did the best in the Health goes to the student who and Wellness Science fa­ achieved the highest overall culty.” percentage in his/her main Stephanie is currently subjects, throughout the working at the Worcester duration of the specific Hospital, doing her requi­ course, within a faculty. red year of community ser­ Stephanie is a born and vice. bred Worcesterite, who She explained that her completed her schooling job requires her to take career at Montana High Stephanie Geldenhuys earned top ho- X­rays of patients with bro­ School by obtaining an nours during one of the 12 autumn gra- ken body parts and also live A­aggregate in her matric duation ceremonies at CPUT in Bellvil- video X­rays in theatre year. le. Photo: Matthew Sheldon rooms. She began studying ra­ “People think that we just diography three years ago take X­rays and are button at CPUT’s Bellville Tygerberg campus. pushers. This is not true. We have to understand Due to the nature of her course, Stephanie had the patient’s condition and diagnosis, or things to juggle between her classes, whilst working at could go terribly wrong.” private hospitals such as Louis Leipoldt, Panorama Although she loves her work very much, Stepha­ and Durbanville Mediclinic. nie did mention that working night shifts is the most “I always wanted to go into the medical field, challenging part of her job. but did not want to be a doctor, nor did I want to She does, however, have a bursary with Schnetler become a nurse. I wanted to do something in be­ Corbett and Partners, and will be working for them tween,” said Geldenhuys. after her community service is complete. “This left me with either Physiotherapy, Occupat­ Besides her busy work schedule, Stephanie tries ional Therapy or Radiography.”. to find time to work on her social life too. With this in mind, she initially decided to study “I love taking pictures, walking, and also going Motion Picture Make­up at City Varsity in Cape out with my friends. Town, where she completed a year course and obtai­ “Some days I will spend time indoors with my ned a diploma. family,” said Stephanie. Although she says that she doesn’t regret her time Her ambition is clear. She plans to study further studying Motion Picture Make­up, she still had the by specialising in Ultrasound, and hopefully open burning desire to go into the medical field and also up her own private business in the future.


8

HOOFARTIKELBLAD

STANDARD 3 MEI 2012

Hotel se heengaan bring heimwee Toeloop Die strewe van enige toerismekantoor is om voete in sy dorp of omgewing te kry. As besoekers nie instroom bloot as gevolg van ’n dorp se natuurlike ba­ tes nie, moet daar volhoubare planne gemaak word om die mense te lok. Die geweldige aantal voete wat die afgelope week of drie deur Worcester is ­ en wat nog gaan kom ­ is ’n meeval­ lertjie wat nie te versmaai is nie. Enkele van die groot gebeurtenisse wat mense hierheen gebring het, is die Boland Amateur­gholfkampioenskap waaraan sowat 117 spelers deelgeneem het. Daar is die SA potspelkampioen­ skappe waaraan minstens spelers deel­ neem, die SA Braille­skaakkampioen­ skap wat in twee toernooie beslis en pas afgehandel is. Minstens 21 spelers het deelgeneem. En oor twee weke vind die baie gewilde Nuyvalleifees plaas. Saam met al die deelnemers het ou­ ers, vriende en beamptes gekom. Wat sou die beeld van Worcester wees wat hulle saam met hulle terugneem? Dalk moet ons ’n punt daarvan maak om elke gesig wat ons raakloop vrien­ delik en met ’n glimlag te groet. En al is hulle nie besoekers nie, kan ons so mos só die vriendelikste dorp in die land word!

DIE uitgeholde dop van die ou Brand­ wacht­hotel bly ’n baken. Vandale dra elke dag ’n stukkie van die gebou weg. Só ook die pragtige ou huis by Kerkstraat 115. Om albei geboue as ’n bouval te beskryf, is ’n kompliment. By altwee kan jy daglig deur die dak sien. Die ou Brandwacht��hotel se dakpla­ te is gesteel. Nou word die vloere van die voormalige hotelkamers opgekap en die metaal­steunbalke weggedra. Kerkstraat 115 se omheining is so­ wat ’n week gelede laataand uitgehaal. Die garagedeur was ook nou die dag die slagoffer van vandalisme. Die boosdoeners gee nie ’n aks om vir die waarde van die deure, die ou

vensters, vensterrame en onvervangbare hout­ balke nie. Vir hulle is dit bloot brandhout. Oor die sentimentele waarde praat ons nie eens nie. Die mure en ’n hoop bourommel is al wat oorbly van die hotel se pragtige ingangsportaal, die dameskroeg, die publieke kroeg, die danssaal, die sitka­ mers en die kamers. Van die eetkamer staan nog net die pilare. ’n Hoop komberse lê op die vloer. Dit is in die einste eetkamer waar ’n groepie van ons elke Vrydagmid­ dag oor die etensuur bymekaar gekom

ongewoon vir ons nie om tot tien men­ se om ’n tafel te sit. Die diversiteit van die groep het gesorg vir baie inte­ ressante gesprekke. Kyk ek vandag na die puin van die hotel, is my gedagtes effens dynserig van heimwee. As my geheue my nie in die steek laat nie, het ons in die tagti­ gerjare R5 vir ’n bord boerekos betaal. Daar was ’n keuse van twee of drie geregte. Die kelnerin het met ’n trollie vol slaaie by die tafels omgestap en jy kon skep soveel as wat jy wil. Terwyl die hotel nog nie heeltemal gesloop of weggedra is nie, brand daar ’n vlam van hoop dat iemand weer die gebou sal omskep in ’n sieraad vir Worcester.

Rustig vloei die Breederivier: Vir dié groepie kinders is die oewers van die Breederivier buite Worcester nie net ’n heerlike speelplek nie, maar ook nét die plek om dalk ’n vissie of twee uit te trek. Op die agtergrond lê die majestueuse Slanghoekberge waarvan net die hoogste pieke in die water van die rivier weerkaats word. Foto: Naomi Theron

Lukas 6:37-41 Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. Gee, en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en prop­ vol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word. Hy het met beeldspraak vir hulle ge­ sê: “Kan ’n blinde miskien ’n ander blinde lei? Sal hulle nie altwee in ’n sloot val nie?” ’n Leerling is nie hoër as sy leermeester nie, maar iemand wat volleerd is, sal aan sy leermeester gelyk wees. Waarom sien jy die splinter raak in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

het. Ek het ons die Wor­ cester Fynproewersgil­ de genoem. Eintlik was die Wor­ cester­skou die algeme­ ne deelfaktor. Meeste van ons was by die skou­ reëlings betrokke. Daar was mense soos Hannes Lotz, destyds skoubestuurder, dr. Wim Bur­ ger, die tandarts, Lourens Smith, be­ stuurder van Breërivier Bottelerings­ koöperasie, Johan Groenewald, die ei­ endomsagent, Bill Eloff en Piet Smit, destyds redakteur van die Worcester Standard. Dit was die kern van die groep. Met vriende by was dit egter niks

Welgedaan aan die Breedevallei Mu­ nisipaliteit! Die strate in Avianpark is pragtig skoongemaak. Die munisipali­ teit verdien ’n pluimpie. Ek is beïn­ druk. Die publiek is die gesig van die munisipaliteit en ons moet almal ons strate skoon hou. Die verantwoorde­ likheid lê nie net by die raad nie, maar by elke inwoner om toe te sien dat dit skoongemaak word voor hul deure. Aan die raad: julle maak ons trots. Dankie dat julle werk maak as die pu­ bliek nie tevrede is nie. Hou so aan. – Mnr. B. Noble. * * * Mnr. Morris Pillay gee ’n klop op die

skouer aan Jenny en Michael van Woolworths vir die optel van sy zip file en die veilige bewaring daarvan. Baie dankie vir die eerlikheid. * * * Ken Mc Intyre wil graag vir Louis du Toit, eienaar van OK Foods op Worce­ ster, ’n klop op die skouer gee vir hul betrokkenheid by plaaslike skole op Worcester. Net in April alleen het 12 skole altesame R3 077 ontvang dank­ sy die Strokie­in­houer­projek. Dan­ kie ook aan almal wat by OK Foods se ingang hul kontantstrokies in die onderskeie skole se houers gooi om hulle sodoende te ondersteun.

Beeld benadeel

kinders optree en hulle lei om op ’n verantwoordelike wyse met God se skepping om te gaan nie, is die resul­ taat daarvan vandag sigbaar in ons sa­ melewing. Daarbenewens behoort alle skole ook ’n sterk ondersteunende rol te speel om die strooi van rommel uit te roei. Kom ons vat almal hande en maak van Worcester die dorp waarop ons al­ mal trots sal wees.

ANTI­ROMMEL skryf: In ’n onlangse uitsending van RSG (Tjailatyd, 11 April) is na Worcester as ’n vuil dorp besaai met allerlei rom­ mel verwys. Negatiewe opmerkings soos dié skep ’n swak beeld van ons dorp en kan veral die toerismebedryf nadelig beïnvloed. Dit is egter verblydend dat ons munisipale raad pogings aanwend om die situasie om te keer om sodoen­ de Worcester ’n skoner dorp te maak. Ons dank hulle daarvoor. Ongelukkig is rommelstrooi ’n oor­ geërfde kultuur wat nie sommer oor­ nag sal verdwyn nie. Die kern van die probleem sal aangespreek moet word om dit te bekamp. Na my mening is dit ’n opvoedingsproses wat reeds in die vroeë kinderjare in die ouerhuis moet begin. Waar ouers nie as rolmodelle vir hul

Response welcomed PAT RICHARDSON writes: I refer to my letter (Saddened, April 26) regarding the male/female stripte­ ase advertisement on your front page. Your response to the letters of com­ plaint regarding the mentioned adver­ tisement is very welcome. Thank you for putting this matter right.

Maak tog skoon! BESORGDE INWONER van Wor­ cester skryf: ’n Mens wil nie heeltyd kla en kerm oor dinge wat skynbaar net nie regge­ stel kan word nie, maar aarde, mens wil mos darem graag in ’n sindelike, skoon omgewing woon. Ja, u het reg geraai, ek wil kla oor die holruggeryde onderwerp: die treu­ rige, vieslike toestand waarin ons eens mooi dorp verkeer. En ek wil dit ook nie elke keer voor die deur van die Breedevallei Munisi­ paliteit lê nie. Ek weet hulle probeer, want ook húl vermoë om die dorp te bestuur, kom onder verdenking. Na my mening is ’n gebrek aan op­ voeding die groot probleem. En ar­ moede. As mens so arm is dat jy nie weet waar die volgende maaltyd vandaan kom nie, of hoe jy jou kinders warm en droog hierdie winter gaan hou nie, wat motiveer jou dan om jou oor ’n vuil omgewing te bekommer? Of dat mense willens en wetens die wêreld besoedel? Jou besorgdheid sal immers nie kos op die tafel plaas nie. En hoe en wat sal ’n skoon en netjiese omge­ wing in elk geval aan jou wanhopig­ heid doen?

Maar ons durf nie opgee nie, al moet ons ons kinders “indoktroneer” met praatjies, vermaninge en skoonmaak­ aksies vir ’n skoner omgewing. En ook maar self opruim daar waar ons die gemors sien.

Help dié winter MEV. S. VAN DER MERWE van Worcester skryf: Sommer net gister nog het ons oor die somerhitte gekla, maar stadig maar seker het die winter sy kloue begin uit­ steek. Ons wat bevoorreg is, haal al snoe­ sige winterlakens, elektriese komber­ se en knus warm winterklere uit die kaste. Saans wanneer die windjie ál skraler raak en die son gouer in die weste sak, dink ons resepte uit vir lek­ ker stomende potte sop. Ja, die winter is tóg ’n aangename tyd ­ solank ons net knus en gekoester in ons warm huisies kan sit. Nou vra ek, dink tog vroegtydig aan die baie in ons midde wat nie dieselfde genoegdoening smaak nie. Hier is ge­ noeg organisasies en veldtogte wat hulle daarvoor beywer om te help sorg waar die nood hoog is. Ondersteun hulle en bring ’n bietjie warmte daar waar dit koud is.


GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 3 MEI 2012

9

‘Moeder Theresa’ gegroet LAURENTIA ROBERTSON

Hermias van Zyl

Photo: Matthew Sheldon

Aiming to serve MATTHEW SHELDON WITH more to life than just money and climbing up the corporate ladder, for him its more about serving the community and building personal relations with clients. Hermias van Zyl (58), a local businessman in Worcester, ply’s his trade as an associate for BGR Jacobs and Partners, which is an au­ diting and chartered accounting firm. Born in 1954 in Wellington just outside of Paarl, Hermias matriculated at Huguenot High School and then went on to study BCom Accounting. He continued to study by doing his BCom honours and articled with an auditing firm in Cape Town. “I managed to pass my national chartered accounting exam after the third try only. This just shows that you should never give up if you fail once,” said Van Zyl. Hermias is a family­orientated man who has a loving wife and two children of whom have both completed their schooling careers. The Van Zyl family moved to Worcester in 1997 and have been living here ever since. Both his children have already moved out of the family home. He added that he loves reading fictional novels and enjoys listening to rock and coun­ try music. “I enjoy walking around the neighbour­ hood as part of my exercise. I also spend most weekends braaing with close friends of mine,” said Van Zyl. The Van Zyl family also have a getaway destination on a small family farm they own

in Vanrhynsdorp. “This is where my family and I go to at least once every three months for a holiday. We do not live the high life, we keep it simple, but travel when we can,” said Van Zyl. He explained that he is very passionate about helping the community. According to him, he joined the Vryburgers (an organisation similar to Round Table) with the aim of helping people in need. Van Zyl was also on the management com­ mittee of the former Worcester Hospice which cares for patients who have no hope of leading normal lives. One of the major projects Van Zyl has been involved in for the past five years is the local Business Forum. The Business Forum is a mouth­piece for businesses in Worcester, to stand together and take hands with the municipality, Worcester police, government and provincial govern­ ment and help solve the big issues, said Van Zyl. He was one of the members that were pre­ sent at the forum’s founding meeting, where he was then elected as one of the first mem­ bers of the management committee. But, after all these years of hard work, Her­ mias still insists that he has a lot of work in him, even though he feels that he is close to retirement. “I feel that I still have ten years in which I can still work and help serve the community and my clients. I do, however, have to start thinking of retiring,” said Van Zyl. He went on to explain that he, together with his wife, Jomine, would like to retire to their small family farm in Vanrhynsdorp.

’n LEWENDE legende, steunpilaar in die gemeen­ skap, superhero, Worcester se eie Moeder Theresa, rolmodel en inspirasie, is maar ván die woorde wat Idie Louw beskryf. Louw is vir jare lank, sedert Januarie 1993, aan die stuur van die Nuwe Begin Skuiling en het van­ jaar amptelik afgetree. Sy is verlede Saterdagaand (28 April) met groot lof in die Stadsaal gegroet deur vriende en ondersteuners van die Skuiling. Sprekers by die geleentheid het Louw geëer vir die onselfsugtige wyse waarop sy haar oor die ha­ weloses, “mense vir wie hul eie families nie kans sien nie”, ontferm. Ds. Jan Ungerer, wat ook by die stigting van die Skuiling betrokke was, het ver­ tel van ’n geval waar ’n jongman wat by die Skuiling aangekom het sy longe letterlik uitgehoes het voor Louw se voete. Maar ten spyte van die “stote, stampe en op­ draandes”, soos mnr. Pieter Hoffman dit beskryf het, het Louw die toets wat God voor haar gelê het, geslaag, sê hy. In haar toespraak het Louw gesê dat sy alles deurgemaak het omdat die Here haar na die Skui­ ling geroep het. “Dit gaan nie oor mense nie,” sê Louw, en voeg by dat mense jou sal teleurstel. Louw het ook gesê dat sy die aand besef het wat die Here kan doen. Sy het vertel hoe Hy haar in 1975 uit ’n roekelose lewe van dronkenskap ge­ red het toe Hy homself aan haar openbaar het. Louw is ’n vrou van gebed en erken dat sy diep afhanklik van die Here is. “Ek kan nie ’n tree sonder die Here neem nie,” sê sy, en voeg by dat sy selfs in die middel van ’n gesprek soms wegraak in ge­ bed. Die besluit om Louw as bestuurder by die Skuiling aan te stel, is by haar aftreeplegtigheid as ’n oomblik van Godswysheid bestempel, want Louw het haar skoolloopbaan net tot st. 5 (nou gr. 7) voltooi. Op sy beurt het die gasspreker, past. Eric Haw­ ker, gesê dat Louw ’n nalatenskap van liefde en

Me. Rebecca (Idie) Louw het Saterdag ná 19 jaar afskeid geneem van die Nuwe Begin Skuiling wat sy bestuur het. Foto: Laurentia Robertson omgee, siele wat aan die Koninkryk gewy word, ouers wat met hul kinders herenig is en families wat versoen is, agterlaat. Louw het ’n beroep gedoen op mense om hand uit te steek en betrokke te raak by die Skuiling.


10

STANDARD 3 MEI 2012

ADVERTENSIE

ADVERTENSIE

STANDARD 3 MEI 2012

11


12

KALENDERBLAD

STANDARD 3 MEI 2012

Nuyvallei skud vere reg vir fees WYN – en keurkos – is die hooftemas van vanjaar se Nuyvalleifees wat op 11 en 12 Mei gevier word. Eg Boland­ se gasvryheid soos net Nuyvallei kan bied, is bloot ’n ekstra bonus. Vanjaar kan feesgangers hulle ver­ lustig in net die beste spys en drank wat Nuyvallei kan bied – met kenners om smulpape te verlei met hul kosdemon­ strasies. Een van hulle is Herman Lensing, die tydskrif SARIE se kosredakteur, wat nie minder nie as twee kosdemonstrasies by Leipzig Country House gaan aan­ bied. Leipzig lê diep in die hartjie van die Nuyvallei aan die voet van Rabies­ berg. Hierdie is ’n ou Bolandse plaas wat uit die 18de eeu dateer. ’n Besoek aan dié plaas met sy ryk geskiedenis en inte­ ressante stories is ’n ondervinding op sy eie. Feesgangers kan hier gratis op ’n voëlkykroete gaan, daar sal ’n kuns­ toer wees en verfbal en hope ander pret word vir die kleinspan aangebied.

Nuy Kelder, wat bekend is vir die lek­ kerste muskadel in die land en uitste­ kende rooi­ en witwyne lê ’n entjie ver­ der. Feesgangers kan hier behoorlik kom ontspan en hulle verlustig in ’n plaasmark. En om die voete behoorlik te laat jeuk, tree die Baardskeerdersbos­ orkes en ook die Forest­musiekgroep hier op. ’n Ent verder lei die pad na Conradie Family Vineyards op die plaas Werda. Benewens kampeerstaanplekke wat vanjaar beskikbaar is, bied hulle “bo­ demlose cabernet sauvignon en sauvig­ non blanc” aan. Tradisionele boerekos­ geregte en ook soesji en oesters word aangebied. Vir diegene wat die omge­ wing wil verken, is daar ’n asemrowen­ de wingerd­staproete om aan te durf. Willow Creek Olyflandgoed, die grootste olyflandgoed in die Suidelike Halfrond, lê in die middel van die Nuy­ vallei. Hulle bied dié naweek ’n vol pro­ gram aan – van die Willow Creek/Com­ puter Mania­bergfietswedren (met R100 000 se pryse op die spel!), en die

die bekende sanger Elvis Blue wat die Vrydagaand (11 Mei) optree, tot ’n kort olyfolie­kursus op Saterdag (12 Mei) deur Louise Rabie. Jy sal ook jou eie olywe kan pluk. En moenie die olyfpits­ poegkompetisie misloop nie – dit be­ loof om vet pret te wees! Gratis trekkerritte is beskikbaar om moeiteloos tussen die verskillende feesvenues te beweeg. Toegang na die fees is R30 vir vol­ wassenes en gratis vir kinders onder 18. ’n Wynglas kos R20. Vir meer inligting oor die fees, be­ soek www.nuyvalleyfeast.co.za, of bel 0 084 585 5557. - Inligting: Naomi Theron

Lekker eet, lekker wyn en Bolandse gasvryheid - dit is wat feesgangers by die Nuyvalleifees kan verwag - soos dié gaste wat verlede jaar aangesit het vir ’n olyf-proe! Foto: Naomi Theron

Rockgroepe gaan help in stryd teen renosterstropery HILDERINE SCHRÖDER VERSKEIE bekende Suid­Afrikaanse rockgroepe gooi dié naweek hul gewig in agter die stryd teen renosterstroping tydens ’n rockfees by die Hillcrest Wynlandgoed, Durbanville. Sowat 20 musiekgroepe gaan na ver­ wagting ten bate van die Higgens­ fonds, wat gestig is ná stropers in De­ sember verlede jaar op die Fairy Glen­

wildreservaat buite Worcester toegeslaan het en dié se renosterbul, Higgens, en ­koei, Lady, vermink gelaat het. Albei renosters se horings is met pan­ gas afgekap ná hulle met verdowings­ pyle geskiet is. Higgens het sowat 80% sig in die aan­ val verloor en gaan heel moontlik ’n operasie nodig hê om ’n gedeelte van sy sig te herstel, sê mnr. Pieter de Jager,

mede­eienaar van Fairy Glen. Volgens De Jager het die wiele om geld vir Higgens en Lady se rehabilita­ sie in te samel “sommer vanself aan die rol gegaan”. “Dis eintlik ongelooflik,” voeg hy by. Higgens, sê hy, het heel moontlik ook breinskade in die aanval opgedoen. La­ dy sterk egter goed aan en De Jager is tevrede met haar vordering. De Jager het ’n boek, Lady en Hig­

gins, geskryf oor sy ervarings ná die stropery. Dít, tesame met ’n DVD oor die strooptog, gaan by die rockfees be­ kend gestel word. Die eerste boek sal opgeveil word en die koper sal ’n kans kry om die diere te ontmoet. Onder die groepe wat gaan optree tel Freddie Van’Dango, Mark Haze, Akke­ dis, Ashtray Electric en Tombstone Pe­ te, wat Saterdag op die verhoog te sien

V A L L E I - K A L E N D E R Saterdag 5 Mei: Die Voortrekkers hou om 19:00 ’n cowboy en cowgirl­dans by die Danie Lükhoff­ saal, Tulbaghstraat, ten bate van die Voortrekker­ kommando. Kaartjies beloop R50 en kan by Jo­ mari by 0 079 874 7137, Magda by 071 826 2554, of Lisle by 082 563 7381 bespreek word. Vrydag 11 Mei: André Schwartz tree om 20:00 by die Ou Meulteater in die Paarl op. Hy sal onder

sal wees, met onder meer Six Gun Gos­ pel, Natasha Meister Band en die Jack Mantis Band wat Sondag sal optree. Die fees begin Saterdag om 12:00 en Sondag om 11:00. Kaartjies kos onder­ skeidelik R100 en R50 en kan by Com­ puticket gekoop word. Die Rocking for Rhinos­span onder­ neem om die konsert ’n jaarlikse instel­ ling te maak en die geld elke jaar aan ’n ander verdienstelike saak te skenk.

meer treffers van sy CD Big Band, musiekblyspel­ le en Afrikaanse gunstelinge sing. Kaartjies kos R110 stuk. Bespreek by 0 083 564 0056 of vic­ ky@oumeulteater.co.za.  17 – 20 Mei: Hartklop Christusfees met geesteli­ ke kunstenaars soos Simon Seekoei, Min Shaw, Danie Botha, Louis Brittz, 13th Floor en Cor Uys van Oom Karoolus­ en Lente­faam. Vir navrae, bel Bertus Hayward by 0 083 632 7367. Saterdag 19 Mei: ’n Dans in Afrikaans word ge­ hou ten bate van die Wynland Talent Search wat van Augustus af by Mountain Mill Mall aange­ bied word. Die geleentheid begin om 19:00 by die Pietman Hugo­saal by Kleinplasie. Kaartjies is R60 en kan by Perfecto Droogskoonmakers, Russellstraat 68, gekoop word. Saterdag 2 Junie: Marion Holm om 11:00 in Hol­ makiesie in die Danie Lückoffsaal, Tulbaghstraat. Kaartjies is R100 per persoon en sluit middagete in. Bespreek by 0 023 342 7939 of 082 895 8432. . Om in die Valleikalender te adverteer, skakel 0 023 347 0968, of stuur ’n e­pos na info@wor­ cesterstandard.com. Verskaf ’n kort beskrywing van die geleentheid, datum, venue en die koste sowel as kontakbesonderhede vir enige navrae.


ADVERTENSIE

STANDARD 3 MEI 2012

13


14

GEKLASSIFISEERD

STANDARD 3 MEI 2012

GEKLASSIFISEERD

STANDARD 3 MEI 2012

KLEIN swart en wit tipe foksterrierhondjie weggeraak in Van Riebeeckpark. Naam Snuffel. Beloning. Kontak 082 878 2811. YAYI, RONNY XOLANI. Dear Ronny, we remember you. You leave two children, sister, brother and family. We will always remember you. Bye.

MALIES, KLAAS. God het deur Sy tuin geloop en u gepluk. Ons sal u altyd mis. Van Pieter, Monta, Jolene, Danél en Kaitlin.

GEDULDT, HANSIE. Hiermee wil die familie van wyle Hansie Geduldt hul opregte dank en waardering uitspreek teenoor familie en vriende wat bystand verleen het tydens die afsterwe van ons geliefde. Spesiale dank aan dokters asook verpleegpersoneel van Worcester Hospitaal se ongevalle-afdeling, ambulansdienste, ds. Fransman, Ryan O’marbloemiste, Alpha en Omega, asook verkeersafdeling. God seën u almal.

MALIES, KLAAS. Jy sal altyd in ons hart bly tot ons weer ontmoet. Van Rosa, Nicol, Ronald, Mary, Nicole, Ru-Zane, Morné en Maritza. MALIES, KLAAS. Sag heengegaan. Jou stem is stil en ons mis jou alreeds. Ons is lief vir jou. Van Elma en Kelvin. MALIES, KLAAS. Wat die Here gedoen het, is welgedaan. Jy is verlos van al jou pyn. Mooi herinneringe sal ons altyd bybly. Van jou vrou, Shara, Paula, Elma, Piet, Attie en André.

ABRAHAMS, THOMAS. Die dood bly immer nuut, immer groen en immer onverklaarbaar, maar ons berus in God se wil. Dankie vir 36 jaar se omgee, ondersteuning, liefde en opoffering. Thomas, jy was altyd daar vir ons en ons sal jou altyd in ons harte koester. Merilynn en Ilse.

JEFTHA, JOHANNES. My broer, saggies het jy ons verlaat, sonder om totsiens te sê, maar ons gun jou die rus. Van jou suster, Roetie en kinders. JEFTHA, JOHANNES. Ons harte is gebroke. Ons neem afskeid van 'n dierbare uncle. Ons gun jou die ewige rus. Van Thurston, Hettie, Tewedean en Joslyn. ABRAHAMS, THOMAS. Ons diepste medelye met die heengaan van mnr. Abrahams. Hy het hom onderskei as onderwysman van formaat en leier by uitstek. Ons vereer hom vir sy buitengewone bydrae by EPH. EPHpersoneel en beheerliggaam. ABRAHAMS, THOMAS. Our prayers are with the family and friends of Mr Abrahams during this time of bereavement. Thanks for the years of service and visionary leadership at EPH. We celebrate his life and legacy. EPH Alumni Association.

FRANSMAN, CHRISTINA. Op 2012/05/05 is Mamma se 5de verjaardag asook Moedersdag weg van ons. Die gemis is groot, maar berus u is veilig by Jesus. Van Stienie, Errol, kinders, Dulcie en Kurt.

CEASAR, ABRAHAM GELANT. Geb.1955/05/31. Gest. 2012/04/29. Met hartseer en mooi herinneringe neem ons afskeid van 'n geliefde eggenoot en vader. Van Frances, Granville, Nelson, Gershwin, Emile, Abigail en kleinkinders.

KIPPIES, DINA. Dines op 2012/05/04 jou derde verjaardag weg van ons. Die gemis is oneindig groot. Dink elke dag met liefde aan jou. Van Henry, Netta en Jasméne.

ABRAHAMS, THOMAS. 'n Seder het geval. Rus in vrede. Van Zan, Freddy Africa en kinders.

MARAIS, ABRAHAM. Geb. 1981/05/02. Gest. 2012/04/20. Ons dink aan jou met jou eerste verjaardag met Jesus. Jy't so uitgesien na hierdie dag en nooit gedink dat jy dit hierdie keer saam met Jesus, vir wie jy so lief was, sou vier nie. Jou plekkie is leeg hier by ons en ons gaan jou baie mis. Van Ruans Take-Aways personeel.

ABRAHAMS, THOMAS. You will always be remembered. Rest in peace. Leon Titus and staff, Hair Zone.

CEASAR, ABRAHAM GELANT. Ons raadgewer, steunpilaar en geestelike vader, ons gaan Pappa baie mis, maar rus sag tot ons weer ontmoet. Liefde, Granville, Meagan, Kelsey, Miceala, Randall en Phoebe.

MALIES, KLAAS. Dit maak seer om totsiens te sê. Ons sal Pappa vir altyd in ons harte dra tot ons weer ontmoet. Ons is lief vir jou. Van Paula, Eric, Suzette, Shaun en Shaunique.

OMARDIEN, PATRICK. Geb. 1959/03/08. Gest. 2012/04/24. Rus in vrede. Mamma, suster, broers, skoonsusters, swaer, kinders, kleinkinders en vrou, Lizzie.

COMPUTER Specials!! Pentium 4's from R1299.00. Refurbished with warranty!! Contact Dolf Uys 072 705 8577.

RAAI wie is 1? Geluk, De-Hagan Liebenberg. Van Mammie, Daddy, ouma Riena en ouma Mary.

PHILLIPUS, KATRIENA. 2012/05/04 is dit Mamma se eerste verjaardag weg van ons. Mis Mamma baie. Van kinders en kleinkinders.

GELUK, Roze, met jou verjaardag. Van Mamma en Bosch-familie.

DRIE slpk. huis; ingeboude kaste, 2 volledige badkamers, groot leefarea, scullery en onderdak braai, swembad, groot buitekamer met badkamer wat kan dien as 4de slaapkamer, dubbel motorhuis, groot erf... veilig vir kinders. Baie veilig in Van Riebeeckpark. R7 000 p.m. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 083 265 7621.

NAMIBIESE biltong te koop vars van die fabrieke, word gemaak op bestelling. Pryse op navraag. Kontak lynnmoses@telkomsa. net of l.moses @mtcmobile.com.

GESOEK: 6 of 12m container. Kontantkoper. Sel. 083 702 2826.

VERSKEIE wonings te huur. www.rentbay.co.za.

TENT te huur. 10 x 10 m. 079 346 9699.

MEUBELVERVOER N.J. (Otto). 20 jaar ondervinding. Persoonlike toesig. Enige trek. 082 708 9447/023 342 0286.

JOHNSON'S PARK 3bedroom house to buy. R580 000. Phone 082 708 4843 or 071 541 0762.

VEELS geluk op jou 18de verjaardag. Gods rykste seën. Van jou mammie, jou suster en jou kleinboet, Hillie.

BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumpsum only). Cash same day. Ph. (021) 949 0930.

CLAIRICE JACOBS is 1 op 2012/05/05. Baie geluk. Daddie Cecil en Mammie Lenache.

ABRAHAMS, THOMAS. To our loving father, thank you for being our anchor and pillar of strength throughout our entire lives. You constantly embraced us with love in abundance and you will live in our hearts forever. Ilse, Astrid and Grant.

HOORAY! Tomorrow it is your birthday. From KFC MM Mall.

RAAI wie word 1? Geluk, Taylian op jou 1ste verjaardag. Van Mammie.

JANUARIE, GERTRUIDA (Ant Liefie). My innige dank en waardering aan een en elk wat my so wonderlik ondersteun en bemoedig het tydens die heengaan van my vrou, Liefie. God seën u. Solly Januarie.

DE DOORNS. Drie slpk.woonstel ten volle gemeubileerd, 2de verdieping. Water en krag ingesluit, toesluit- motorhuis.Geen troeteldiere. Dadelik beskikbaar. Moet verwysings hê. 3 500 p.m. Skakel 082 921 5703 of (023) 356 2537.

VERSKUIF van 6 meter skeepshouers (containers) en masjinerie. Kontak 084 511 0312. VIR allerlei vervoerwerk. Skakel 084 511 0312.

WERKSGELEENTHEID Benodig verkoopspersoon. Bring CV persoonlik na Durbanstraat Apteek of tel/faks na 023 347 2075.

1210 CASH LOANS. Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Skakel (021) 762 9079. LENINGS R1 000 - R100 000. 5 minute pre-approval. Same day pay-out. Fiona 082 422 2271.

15

R1 000 - R20 000 loans!! All welcome, blacklisted and garnishee. Ph. Angela at 073 232 8741 office: (021) 829 7233, fax: 086 504 4408.


16

GEKLASSIFISEERD

STANDARD 3 MEI 2012

KENNISGEWING – NOTICE – ISAZISO AANDAG VOORAFBETAALDE ELEKTRISITEITS VERBRUIKERS As deel van Itron se belofte om uitstekende gehalte diens aan ons voorafbetaalde elektrisiteits verbruikers in Breedevallei Munisipaliteit te lewer, is daar ‘n projek geloods om eenvormige standaarde te stel en na te volg. Aangaande hierdie proses, is sekere voorafbetaalde elektrisiteits verkooppunte waar prosesse en standaarde opgegradeer moes word, voorlopig uit diens gestel. Hierdie proses het op 11de April 2012 begin en sal voortduur. Ons wil graag omverskoning vra vir die ongerief wat u as verbruiker moes verduur gedurende hierdie proses. Alle verbruikers wat probleme ondervind om elektrisiteit te koop, word aangeraai om die Breedevallei Munisipaliteit se Hulp Dienste Sentrum te kontak by 023 348 8000 om u naaste beskikbare elektrisiteits verkoopspunt te bepaal. Verbruikers word ook versoek om elektrisiteits verkoopspunt ongeruimdhede aan te meld soos: fooie wat gehef word vir gratis elektrisiteit, ekstra heffings wat nie op die elektrisiteits strokie aangedui is nie, gedwonge aankope van ander produkte of dienste as vereiste alvorens voorafbetaalde elektristiteit uitgereik word, en die verkoop van voorheen uitgereikte koepons. Hierdie oortredings kan by die Verkoopspunt Ongeruimdhede Blitsdienslyn 086 088 8330 wat beskikbaar is vanaf Maandag tot Vrydag tussen 08h00 - 20h00 en naweke tussen 08h00 - 13h00, aangemeld word. Itron wil graag die gemeenskap van Breedevallei bedank vir hulle verdraagsaamheid in hierdie verband en wil u graag verseker van ons volgehoue dienslewering verbintenis. ATTENTION PREPAID ELECTRICITY CUSTOMERS As part of Itron’s commitment to ensure superior service to all prepaid electricity consumers of Breedevallei Municipality, we have embarked on a drive to facilitate uniformity of standards. While certain vendors are currently in the process of conforming to these standards, their service has temporarily been made inaccessible to customers. This process commenced on 11th April 2012 and is currently still ongoing. Itron therefore wishes to apologise to all customers for any inconvenience caused. Customers that have experienced difficulty with the purchase of prepaid electricity should contact the Breedevallei Municipality Helpdesk at 023 348 8000 in order to locate their nearest alternative vending point. Customers are also encouraged to report any vendor misconduct such as: charging for free basic electricity (FBE) tokens; charging extra on electricity sales; in-shop purchases as a prerequisite for electricity purchases, and selling previously vended electricity tokens. These offences can be reported to the Vending Misconduct hotline at 086 088 8330, which is available from Monday to Friday between 08h00 - 20h00 and week-ends between 08h00 - 13h00 . Itron wishes to thank the community of Breedevallei for their patience in this regard and assure you of our ongoing and continued support. ISAZISO KUBATHENGI BOMBANE Nje ngenxalenye yesibophelelo sikaItron ukuqinisekisa uhoyo oluphucukileyo kubo bonke abasebenzisi bombane woMasipala weBreede Vallei, siqalise inkqubo yokuqinisekisa ukufana kwemigaqo. Ngelixesha abanye abathengisi bekwiphulo lokuhamba ngokwalemigaqo, kuye kwanyanzeleka banqumamise ukuthengisa umbane okwethutyana. Lenkqubo iqale ngomhla we11 kwinyanga uApril 2012 kwaye isaqhubeka. Ngenxa yoko u Itron ucela uxolo kubo bonke abathengi ngenkxamleko abathe badibana nayo Abathengi abathe bahlangabezana nengxaki ekuthengeni umbane mabaqhagamshelane noMasipala weBreede Vallei kulenombolo 023 348 8000 ukuze bafumane enye indawo ekufutshane abanokuthenga kuyo umbane. Abathengi bayakhuthazwa ukuba baze kuchaza ngaphambili xa bethe bahlangabezana nomthengisi owenza ngendlela engafanelekanga, kanje ngezi: ukuhlawulisa ngombane wesiphiwo, ukuhlawulisa imali engaphaya kwefanelekileyo, ukunyanzelisa ukuba uthenge evinkileni yakhe ukuze akuthengisele umbane, nokuthengisa umbane obusele uthengisiwe ngaphambili. Obubugwenxa bungachazwa ku 086 088 8330 oyinombolo ye Vending Misconduct. Iyafumaneka ngoMvulo ukuyotsho ngoLwesihlanu ngo 8h00 kusasa ukuyotsho ngo 20h00 ebusuku, nangempela veki ngo 08h00 kusasa ukutyotsho ngo 13h00 emini. UItron uthanda ukubulela abahlali baseBreede Vallei ngomonde wabo ekwathembisa futhi ngokuzinikela okungenakuphela kubo.

EXCITING OPPORTUNITIES FOR PERSONS WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH Worcester Hospital (Chief Directorate: General Specialist and Emergency Services)

Administration Clerk: Admissions Remuneration: R 101 007 per annum Service benefits: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance. Requirements: Minimum educational qualification: • Senior Certificate (or equivalent) with Mathematics and/or Accountancy as a passed subject and/or Senior Certificate (or equivalent) with experience/competencies that focuses on the Key Performance Areas (KPA’s) of the post. Experience: Appropriate administrative experience. Inherent requirement of the job: Must work day and night shift, weekends and public holidays. Competencies (knowledge/skills): • Knowledge of Hospital Fees Memorandum, Chapter 18, HIS/Clinicom, UPFs and billing System • Good communication, interpersonal, organisational and planning skills • Competent in MS Word and MS Excel (level 2). Duties (key result areas/outputs): • Draw, file and ensure the safe-keeping of patient records • Open registration and admission of all patients on Clinicom System • Bill patients according to UPF structure • Update patient information on systems • Receive money and issue receipts • Maintain patient confidentiality on information. Enquiries: Mr C Galant: 023 348-1240 Please submit your application for the attention of Ms L Koopman to the Manager: Medical Services, Worcester Hospital, Private Bag X3058, Worcester 6850. INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.capegateway.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment. The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.

Closing Date: 25 May 2012

P OSI T IV E A B O U T P E O P L E W I T H D ISA BI L I T I E S

Human Communications C94478


GEKLASSIFISEERD

STANDARD 3 MEI 2012

OPEN DAY 17, 18 & 19 May 2012 Daily: 09:00 – 16:00 Saturday: 09:00 – 15:00

Multipurpose Hall Cape Town Campus Keizersgracht, Cape Town

For information or group bookings, please contact: Grant Barends Tel: 021 959 6087

or

Jody Wolmarans Tel: 021 953 8664

www.cput.ac.za

17


18

SPORT/SKOLE

STANDARD 3 MEI 2012

Posduifnuus: Borgskap:

Die Legends Sport Trust het `n byeenkomsborgskap van die Avianpark Sporten Ontwikkelingsforum ontvang vir hul Vryheidsdag-gemeenskapspele verlede naweek in Avianpark. Op die foto oorhandig mnr. William Swarts, voorsitter van die Chipros Landelike Bemagtiging (onder wie die trust sorteer), die skenking aan me Gerda Fransman. Ook op die foto is (van links) mnre. Charles Beukes (voorsitter van die Legends Sport Trust), Christy Fransman (hooforganiseerder), T. Daniels en Michael Fransman. Krieket, netbal en atletiek was vanjaar die sportsoorte wat by die borgskappe gebaat het. Foto: Verskaf

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

Die Villiersdorp Posduifklub het verlede Donderdag (26 April) tydens sy algemene jaarvergadering sy bestuur vir die 2012­vliegseisoen gekies. Albert Lingenfelder sr. is verkies tot voorsitter, Henry Swart tot ondervoorsitter, Albert Lingenfelder jr. tot sekretaris en Daniël Hufke tot mediaverteenwoordiger. Die klub het elf deelnemende lede en daar sal in twee afdelings vir die klubkampioene meegeding word.

Squash: These squash players recently participated in the SA Schools Closed Qualifier. From left are Anja Laubscher (first, u.14), Heino Laubscher (forth, u.14), Benjamin Truter (17th, u.14) and Jaco Laubscher (12th, u.14). Photo: Supplied

BREEDE EIENDOMME

Ideale tuiste vir kieskeurige koper REALTORS INTERNATIO­ NAL bied hierdie week ’n al­ leenmandaat in Fairy Glen aan. Die woning het vyf slaapkamers waarvan twee en suite­badka­ mers het. Daar is ook ’n gaste­ badkamer. Die ruim studeerkamer met rakke en kaste maak dit ideaal

vir die persoon wat van die huis af werk. Die sitkamer, eetkamer en TV­kamer is sonnige vertrek­ ke en loop uit na ’n onderdak­ stoep met ’n lieflike uitsig. ’n Dubbele motorhuis en bui­ tekamer met badkamer, groot omheinde erf, goeie sekuriteit en die feit dat dit binne stapaf­

stand van skole is, maak hierdie woning ideaal vir die kieskeuri­ ge koper. Vir meer inligting of besigti­ ging, bel Susan by 0 082 543 3293 of Nicolene (083 557 1384), of besoek www.worcesterproperty.co.za (webverwysing 1808).


SPORT/SKOLE

STANDARD 3 MEI 2012

19

Doubles seëvier DOUBLE FOOT SHOOTERS se vrouespan het verlede naweek Lady Hawks van die Paarl op sy herrie gegee toe hy dié sokkerspan met 5­1 in ’n Absa­vroueligawedstryd op Esselenpark ge­ klop het.

Gholf:Vier van Worcester se jonger gholfsterre het onlangs aan die Boland-laerskole-

Doubles, wat slegs 10 spelers op die veld gehad het, het van meet af sterk aangeval met Chanaaz Burger en Deonita Phillipus aan die voorpunt. Vroeë doelgeleenthede kon egter nie in punte omskep word nie. Doubles kry eerste punte op die telbord ná Philli­ pus drie verdedigers klop om die agterkant van die net te vind. Burger bring die puntestand op 2­0 te

staan ná sy met uitstekende vaartversnelling los on­ der die verdediging uithardloop. Lady Hawks se SA o.20­speler, Rowena Carolus, antwoord kort voor rustyd met ’n goeie doel om die telling op 2­1 te staan te bring. Ná rustyd neem Phillipus die rol as spelskepper oor en dra Charron Verwey twee skitterende doele tot Doubles se totaal by. Burger teken kort hierna haar tweede doel aan ná goeie spel deur Maudlin Messias, wat die telling op 5­1 laat. Elzoania Farmer, Enka Hendricks en Doubles se kaptein, Ebeneshia Malgas, het uitstekende spel ge­ lewer. Die 12­jarige Taya Prins is as speler van die wedstryd aangewys.

kampioenskappe op Wellington deelgeneem en is as gekombineerde span gekies om in Augustus aan die Ernie Els nasionale kampioenskappe op die Oubaaibaan buite George deel te neem. Hul gekombineerde telling van 268 houe was die beste van die nege spanne wat in twee afdelings deelgeneem het. Van links is Hermann Spangenberg (spanbestuurder), Jamie Josephs (Victoriapark Primêr), Eben Spangenberg, Eroni Smit, Dandré Spies (al drie van Worcester-Noord Primêre Skool) en Etienne Spies (Boland o.12spanbestuurder). Foto:Verskaf

Vol Premierliga-program ALVER UYS ALLE paaie lei Saterdag na Bolandpark wanneer United Bulk Villagers en Robertson mekaar in ’n Premierliga­wedstryd pak. Hierdie wedstryd is vir albei spanne om meer as een rede belangrik, aangesien die wenner van die eersterondte­kompetisie later vanjaar die Bo­ land­rugbyunie by vanjaar se klubkampioen­ skappe op Rustenburg gaan verteenwoordig. Ceres, die ander span uit die streek in die Pre­ mierliga, geniet Saterdag tuisveldvoordeel vir sy wedstryd teen Saldanha. In die Superliga­Oos­afdeling geniet Delici­ ous van Ceres tuisveldvoordeel vir sy wedstryd teen Hamlet. Young Hamiltons, wat ná ’n tug­

Racing selections for Sunday, 06/05/2012, at Kenilworth: Race one: WP Grooms School Workriders Maiden Plate (F&M) 1 200 m: 1. Daggons Hall (2) 2. Our Dizzy Emblem (7) 3. Ginoclock (6) 4. Eden Rose (1)

verhoor deur Boland­rugbyunie vanjaar al sy wedstryde weg moet speel, kom Saterdag teen Kleinmond te staan. Montagu Villagers, wat ná ’n aanvanklike gesukkel aan die begin van die seisoen nou goed op dreef is, speel Saterdag op Hermanus teen Atlantics. Bella Vista speel Sa­ terdag ook weg teen Caledon. In die Presidentsliga (Wynland­afdeling) speel voorloper Worcester Perseverance Sater­ dag teen Touwpark op Touwsrivier. Robertson Rangers kry besoek van De Doorns United, ter­ wyl Ashton United gasheer speel vir sy kragme­ ting teen Tulbagh. Wolseley speel Saterdag tuis teen Proteas van Hexvallei, terwyl Montagu in die King Edward­stadion op Montagu te staan gaan kom teen McGregor.

2. 3. 4. 5.

Hammie’s Hooker (2) Captain’s Lullaby (1) Intemateconnection (3) Waterfall (6)

Race two: Flower’s Angel (2009) Maiden Juvenile Plate 1 000 m: 1. Tevez (12)

Race seven: Cape Of Good Hope Nursery (two year olds) (Grade 3) 1 200 m: 1. Abercrombie (1) 2. King Of Pain (2) 3. The West Is Wide (5) 4. Tiger Tiger (6) 5. Pole Star (4)

Race three: Madrisa (2010) Divided Handicap (MR 77) 1 200 m: 1. Yodac (4) 2. Laptev (7) 3. Hunting Time (5) 4. Wise Choice (2)

Race eight: Brilliant Cut (2010) Divided Handicap (MR 90) 1 200 m: 1. Effective Power (7) 2. Entrador (Arg) (3) 3. Number Account (8) 4. General Assembly (2)

Race four: Trinity House (2011) Maiden Plate 2 500 m: 1. Afore The Flow (1) 2. Dollar Bill Blues (2) 3. Winds Of Noordhoek (4) 4. Sparkling Wood (3)

Race nine: Depardieu (2011) Allowance Plate (F&M) 1 500 m: 1. Margaret Court (7) 2. Street Runner (9) 3. In Like Flynn (6) 4. Naughty Girl (3)

Race five: Nocturnal Affair (2009) Pinnacle Stakes 1 600 m: 1. Hammie’s Boy (5) 2. Forest Of Dean (4) 3. Grafton Street (2) 4. Shimmering Flame (7) Race six: Kenilworth Fillies Nursery (two year old fillies) (Grade 3) 1 200 m: 1. The Black Rose (5)

Gholf: Bonnievale (72): Houespel: R. van Zyl 72, W. van Zyl 74, A. van Wyk 74, H. Wentzel 74, L. Wentzel 75. Ceres (72): Beurtspel: F. K. van Schalkwyk en G. Brink 70, L. Abrahams en E. Abrahams 72, N. van der Merwe en L. Fourie 72. Montagu (72): Klubkampioenskap: Afd. A: W. Rossouw 214, K. Conradie 214, M. Mitchell 221. Afd. B: J. Ros­ souw 153, R. van Eeden 158, H. Nolan 161. Afd. C: R. Bruwer 185, D. Thornton 189, F. Roberts 190. Vroue: D. Thornton 168, R. Kriel 177. S. Hendon 204, U. Engel 215. Robertson (72): Samespel­Stableford: J. Geldenhuys en R. de Jong 47, L. Vercuiel en E. Bruwer 43, J. Muller en J. du Plessis 42.

Place Accumulator: 4,5,7x1,2,4x2,4,5x2,5x1x3,7x7,9. Jackpot: 2,3,4,5,6,7x1,2,3,5x1x1,2,3,4,7,8. Pick 6 (10c unit): 1,2,3,4,5,7(8)x2,3,4,5(7/8),6x1(6),2(3),5(4)x1x2,3(1/5),7(6) x2(6/10),3(1/11),7(4),9.

Worcester (72): Gekombineerde Stableford: J. van Rens­ burg en E. van Vuuren 77, D. Matthee en G. Jooste 76, P. Cleghorn en R. Neethling 73. Rugby: Premierliga: Robertson 43, Ceres 36; United Bulk Villa­ gers 19, Black Leaves 6. Superliga­Oos: Bella Vista 17, Hamlets 11; Kleinmond 7, Montagu Villagers 7. Atletiek: Worcester Atletiekklub: Outeniqua­marathon, George: Pieter Johnson 03:28:23, Maryna Bingle 03:53:26, Ger­ hard Vermeulen 03:59:43, Ernst Neethling 04:11:06, Jay­ pee Snyman 04:29:36.

Athletes Perform: Learners at Worcester Gymnasium participated in various tournaments over the school holidays and some were awarded for their outstanding efforts in their respective sporting codes. At the back (from left) are Karl Hein Pool (boys hockey), Monique Humphreys (netball), Marius le Roux (boys hockey), Ebard Joubert (boys hockey) and Mr C.Olivier (boys hockey coach). In the middle are Ms L.Olivier (girls hockey coach), Shane Ross (golf) and Janneman Vlok (golf). In front are Danalee Cronjé (netball), Shamoodah Mahri (netball), Jonelle Burnett (girls hockey), Enette Oosthuizen (girls hockey) and Ms D.Rabie (netball coach). Photo: Matthew Sheldon


DONDERDAG 3 MEI 2012

Stoeiers veg vir goud HILDERINE SCHRÖDER SOWAT 150 stoeiers het onlangs op die mat aangetree vir ’n stoeitoer­ nooi by HTS Drostdy. Die geleentheid, wat deur die Drostdy Stoei Akademie (DSA) aan­ gebied is, het agt klubs van regoor die Wes­Kaap, waaronder 55 jong stoei­ ers (almal onder 11 jaar) van die lang­ termyn­atleetontwikkelingsprogram (LTAOP), gelok. Deelnemers het op twee matte in vrystyl, asook Grieks­ Romeinse styl, teen mekaar kragte gemeet. Die deelnemende klubs was Brac­ kenfell Stoeiklub, Solid Rock Stoei­ klub (Paarl), Parow Stoeiklub, Olym­ pians Stoeiklub (Durbanville), Good­ wood Stoeiklub, Gymtech Stoeiklub (Piketberg), Southerns Stoeiklub (Wynberg), asook Ceres Stoeiklub. DSA se stoeiers het opnuut geskit­ ter en talle het LTAOP­trofees ont­ vang. Dié uitblinkers was Kurt Willi­ ams, Nic van Rensburg, John Laub­ scher­Pretorius, Roelof Stofberg, Wilton Franse, Hannes Pretorius, Gerhard Marais, Albertus van der Merwe, Wessel Kruger, Xander van Schalkwyk, Hennie du Preez en Chris Laubscher­Pretorius. Die klub het die toernooi met ge­ mak gewen met altesaam 14 goue me­ daljes, 14 silwer­ en 12 bronsmedal­ jes. Die DSA­afrigter en vise­voorsit­ ter, Kurt Herzog, was voor in die koor met twee goue medaljes. Jaco van Sta­ den, Freginald Africa en Jaandre Bos­

man het ook almal twee goue medal­ jes losgeslaan, terwyl Herschel Kan­ nemeyer twee goue en een silwermedalje verower het. Bradley van As en Nicol van Schalkwyk het elkeen een goue me­ dalje, asook ’n silwer­ en bronsmedal­ je, losgeslaan, Joleen Jackson en Ro­ bert­Andrew Adshade het elk ’n goue medalje ontvang, met Ricardo Adonis wat met een goue medalje en een bronsmedalje huis toe is. Jeraldt Barnard het twee silwerme­ daljes losgeslaan, terwyl Marius Schietekat, Ruan du Plessis en Chris­ tiaan Burger almal een silwer en twee bronsmedaljes verower het. Eugene Jordaan, Wikus Smit en Zanke Bar­ nard het elk ’n silwer­ en bronsmedal­ je gekry, met Rainier van Niekerk, Gerhard Marais en SW Burger wat een silwermedalje losgeslaan het. Om die kroon op sy prestasie te span, het vier van DSA se stoeiers, Kannemeyer, Burger, Fabian Rassie en Schietekat, die Boland by die Suid­ Afrikaanse Grieks­Romeinse­kampi­ oenskappe in Bellville verteenwoor­ dig. Volgens Herzog het dié stoeiers hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Burger en Rassie het albei silwer­ medaljes in hul kategorieë verower. “Hulle was baie ongelukkig om nie die finaal te wen nie,” sê Herzog. Dit is die tweede jaar agtereenvolgends jaar dat Rassie tweede by dié kampi­ oenskap geïindig het. Kannemeyer en Schietekat het ook goed gevaar met ’n vierde en vyde plek onderskeidelik.

Die Drostdy Stoei Akademie het onlangs ‘n baie suksesvolle toernooi aangebied. Die akademie het met die louere weggestap. Xander van Schalkwyk (in rooi) is een van die akademie se jong stoeiers wat met ‘n trofee huis toe is. Foto: Verskaf

Persies verdien bonuspunt ná sege DIE rugbyklub Worcester Perseverance het die afgelope naweek sy onoorwonne status behou toe hy Montagu Saterdag op dié se tuisveld met 27­17 geklop het. Hier­ mee het Persies ook ’n bonuspunt verdien. Persies het teen rustyd reeds met 17­6 voorgeloop danksy drieë deur sy flank Hugh­Burt Human, agtsteman Malcolm Fredericks en vleuel Renalton Pienaar. Persies se skrumskakel, Selvino Antonie,

kon egter slegs een van dié drieë verdoel. Montagu se senter John Wesley was in die kol met twee strafskoppe. Ná rustyd stapel Persies geleidelik weer die punte op danksy ’n strafskop deur sy plaasver­ vangerskrumskakel, Alaric Johnson, en ’n drie deur sy kaptein, Johayne Brooks, wat ook deur Johnson verdoel word. Vir Montagu gaan kuier vleuel Danie Conradie agter die pale. Senter John Wes­

ley tref die kol met twee strafskoppe. Die B­spanne het gelykop gespeel met agt punte elk, terwyl Persies se C­span met 15­7 die loef afgesteek is. Persies reis Saterdag (5 Mei) vir sy wedstryd teen Touwpark op Touwsrivier. Busse vertrek om 11:00. Vervoer kos R40. Vir navrae, bel die wedstrydsekreta­ ris, Boetie Hattingh, by 0 082 528  9945.

Wat ’n grote!:

Hierdie pragtige baber is op Saterdag 21 April deur Michelle Horak uit die Breederivier buite Worcester getrek ná ’n stywe 45 minute se swoeg en sweet. Die ou grote is op 14 kg ingeweeg. Foto:Verskaf


Worcester Standard Edition 03-05-2012