Page 1

DONDERDAG 15 DESEMBER 2011

BL.

Brand teen Audenberg rig weinig skade aan 3

Vermink

Berig en foto’s op bl. 2 Foto: Hilderine Schröder

BL.

Kleinplasie se Wyntuin deur boewe gestroop

PRYS: R4.50

6

BL.

Twee leerders sterf, 11 beseer, in ongeluk 7

BL.

Karootuin gesonder as ooit ná 90 jaar

11

Donderdag:

24 °C

Gedeeltelik bewolk.

Vrydag:

27 °C

Gedeeltelik bewolk.

Saterdag:

29 °C

Mooiweer.

Sondag:

35 °C

Mooiweer.


2

NUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Daar is hoop vir renosters HILDERINE SCHRÖDER DIE twee witrenosters by die Fairy Glen­wildreservaat wat Sondag (11 Desember) deur stropers vermink is, se kans op oorlewing lyk belowend. Die Standard het Sondag op sy web­ tuiste berig dat albei renosters se ho­ rings met pangas afgekap is ná stropers die diere met verdowingspyle geskiet het. Hoewel die koei, Lady, Sondag eer­ ste op haar voete gekom het, het sy kort daarna weer gaan lê en het haar toestand algaande versleg. Sy het Maandagmid­ dag plat met haar bene reguit gaan lê, ’n slegte teken, aldus mnr. Pieter de Ja­ ger, mede­eienaar van die reservaat. Albei renosters was teen gister erg ontwater en kommer het geheers omdat hulle nie water gedrink of gevreet het nie. Beide het intussen water gedrink, sê De Jager. Die bul, Higgens, het gister ook uit die donga geloop waar die stropers sy horing afgekap het en hy sedert Sondag op en af geloop het, Volgens De Jager was die laaste twee dae se koeler weer ’n seën met betrek­ king tot die renosters se herstel. Hoewel hulle baie tevrede is met die diere se vordering, is hulle steeds nie buite ge­ vaar nie. “Van die 406 renosters wat vanjaar al op ’n soortgelyke wyse ont­ horing is, het nie een oorleef nie,” sê De Jager. De Jager is veral bekommerd oor La­ dy se oë. Toe sy verdoof is, het sy met een oog oop op die grond gelê en met die ander direk in die son. Sedert sy op haar voete is, loop sy in voorwerpe vas en is sy baie gedisoriënteerd. Die disoriëntasie kan moontlik aan die verdowingsmiddels toegeskryf word, sê De Jager, maar die wit vlekke

. Sirië – Nagenoeg 5 000 mense is reeds dood in die Siriese regering se onderdrukking van betogers, het die Verenigde Nasies (VN) se hoof van menseregte, me. Navi Pillay, gister (Dinsdag) aan die VN se Veiligheids­ raad gesê. Meer as 14 000 mense word aangehou en meer as 12 000 het na buurlande gevlug, aldus Pillay. Die VN het inligting ontvang dat meer as 200 mense sedert 2 Desember doodgemaak is deur pres. Basjar al­Assad se magte. Pillay skat die getal mense wat omge­ kom het sedert die betogings vroeër vanjaar begin het nader nou 5 000. Rus­ land en China het ’n resolusie oor die Siriese krisis in Oktober geveto.

Stropers het Sondag (11 Desember) op die Fairy Glen­reservaat toegeslaan. Die reservaat se twee witrenos­ ters, Lady (bo en links onder) en Higgens (regs onder), is grusaam vermink ná hul horings met pangas afgekap is. Foto’s: Hilderine Schröder op Lady se oë bekommer hom. Dit is ook onduidelik of Lady, wat vermoede­ lik dragtig is, haar kalf sal behou. Die aanval op die renosters het die land sedert Sondag aan die gons. Die diere is erg vermink gelaat. Lady se ho­ ring is tot in haar neus se kraakbeen afgekap, terwyl dié van Higgens tot in sy sinusholtes afgekap is.

Volgens De Jager is dit steeds ondui­ delik hoe die stropers, wat Saterdagnag se volmaan benut het, toegang tot die reservaat verkry het “Ons het wel ’n gat in die draad aan die Kaapstad­kant van die reservaat gekry waardeur hulle ge­ vlug het,” sê hy. Die moontlikheid kan nie uitgesluit word nie, voeg hy by, dat daar ’n ver­

band is tussen die bergbrand verlede Vrydag (9 Desember) en die aanslag op die renosters. “Hier was so baie be­ weging en voertuie tydens die brandbe­ stryding, dat die stropers maklik onge­ merk sou kon deurglip,” meen De Jager. Die saak word deur die Valke, wat op belangrike bewysstukke op die to­ neel beslag gelê het, ondersoek.

. Brussel, België – ’n Man het gister in die Belgiese stad Luik met ’n aan­ valsgeweer losgebrand en granate ge­ gooi in ’n aanval waarin hy en ’n ander mens gesterf het, het amptenare gesê. Sowat 64 mense is beseer in die midde­ stad van Luik, sowat 90 km oos van Brussel. Die man het sy aanval naby ’n bushalte by die Place Saint Lambert­winkelsen­ trum begin. Dit is nie duidelik hoe die aanvaller dood is nie. ’n Museum op die plein het van die gewonde mense ingeneem. ’n Woordvoerder van die Belgiese krisissentrum het gesê ambu­ lanse is van die naburige Nederland ont­ bied. . Papua New Guinea – A major 7,3­magnitude earthquake struck Pa­ pua New Guinea on Wednesday, the US Geological Survey said, but no immedi­ ate tsunami warning was issued. The quake struck at a depth of 115 km southwest of the coastal city of Lae and 223 km from the capital Port Moresby. Witnesses in Port Moresby told AFP pe­ ople came running out of buildings, po­ wer lines swayed and parked cars roc­ ked. . Washington – A year and a half after his arrest, Bradley Manning, the US soldier accused of turning hundreds of thousands of classified US documents over to WikiLeaks, gets his first day in court on Friday. Manning, who turns 24 on Saturday, is scheduled to appear at a preliminary military hearing at Fort Meade near Baltimore, Maryland, the headquarters of the top secret National Security Agency. Manning is accused of supplying WikiLeaks with US diplo­ matic cables, videos and military re­ ports from Afghanistan and Iraq while serving as an intelligence analyst on a military base near Baghdad between November 2009 and May 2010. Inligting: Reuters, SAPA­AFP


NUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

3

Brand verwoes gewelhuis Hoewel daar baie van die antieke meubels in die huis in die slag gebly het, sê Eloff hy is net ’n KULTUURSKAT in Porterstraat is verlede verlig dat twee huurders wat ten tyde van die Donderdag (8 Desember) verwoes nadat ’n brand in die huis was, ongedeerd is. “Aardse goed brand vermoedelik in die dak ontstaan het. kan jy vervang, maar lewens nie,” sê hy. Volgens een van die huurders van die huis, Die gewelhuis, wat aan mnr. Bill Eloff behoort me. Líomee van der Merwe (24), ’n joernalis by en in 1919 gebou is, het ongekende skade opge­ die Standard, het sy omstreeks 02:00 wakker ge­ doen nadat die dak gedeeltelik ingeval het. word van ’n sagte geknetter op die dak. Die is in hierdie stadium nog nie bekend wat “Ek het eers gedink dit is die wind, maar het tot die brand gelei het nie. ’n sterk oortuiging van die Here gekry om op ’n Forensiese ondersoek wat reeds begin is sal te staan en die lig aan te skakel. dít bepaal, sê Eloff. “Die krag was toe reeds af, wat my bekommer het,” sê sy. Sy het by die venster uitge­ kyk en vonke van die dak sien skiet. Sy het dadelik die brand­ weer ontbied en inderhaas haar huismaat wakker ge­ maak. Van der Merwe, wat die af­ gelope twee jaar ’n kamer in die huis huur, het slegs ge­ noeg tyd gehad om ’n trui en haar handsak te gryp. Haar kamer is die ergste in die brand beskadig. “Hoewel ek alles in my ka­ mer verloor het en dit voel of ek niks het as bewysstukke van my lewe nie, is herinne­ ringe wat die Here in my hart geplant het, vir ewig. “Ek besef weereens dat al­ les wat ons het genadege­ skenkies is. My geloof staan vas in my Voorsiener wat aan die kruis ware liefde bewys het en dit daagliks in my hart uitstort. Liefde wat geen vuur kan uitbrand nie!” sê sy. Volgens Eloff is daar nog nie vasgestel wat die skade aan die huis en inhoud daar­ van beloop nie. Hy het intussen permanen­ te sekerheidswagte aangestel om te verhoed dat enigie­ mand die huis betree, omdat die dak wat ingesak het, tans baie onveilig is. Indien moontlik, sê Eloff, Brandweerbeamptes kyk na die skade wat aan die huis sal hy graag die huis tot sy by Porterstraat aangerig is. Foto: Hilderine Schröder ou glorie wil herstel. HILDERINE SCHRÖDER

Helikopters van Werk met Vuur is verlede week inge­ span om ’n brand hoog teen die hange van die Auden­ berg te blus. Foto’s: Hilderine Schröder

Audenberg aan die brand HILDERINE SCHRÖDER TWEE helikopters en ’n grondspan van 22 brand­ bestryders is verlede Vrydag (9 Desember) inge­ span om ’n brand teen die Audenberg in bedwang te bring. Die brand het omstreeks 04:00 begin en is die volgende oggend omstreeks seweuur geblus. Nage­ noeg 60 ha fynbos is in die brand vernietig, sê mnr. Jaco Thuynsma, senior brandvoorkomingsbeamp­ te by die Kaapse Wynland Brand­ en Reddings­ diens. Volgens Thuynsma is 22 brandbestryders van

CapeNature Vrydag ontplooi om die vlamme te beveg. Teen 17:00 het 16 brandbestryders van Werk met Vuur en ’n addisionele agt beamptes van die Kaapse Wynland Brand­ en Reddingsdiens die uitgeputte span wat die vlamme in versengende temperature beveg het, vervang. In hierdie stadium is dit nog nie duidelik wat tot die brand gelei het nie. Die brandbestrydings­ diens wou nie bespiegel oor die moontlikheid dat die brand opsetlik gestig is om te dien as dekmantel vir die aanslag op die Fairy Glen­reservaat se twee witrenosters wat Sondag (11 Desember) deur stro­ pers vermink is nie.

Painters Mate

R12.95

Turpentine 5L

R79.95 Sandpaper 1m

R6.95

Bristol 5L Exterior Textured Standaard Kleure

R100

Aan al ons Kliënte: Dankie, vir u ondersteuning gedurende die jaar. Ons wens u en u familie 'n geseënde, gelukkige en veilige feestyd toe.

Tel: 023 347 3987 / 023 342 6581 while stock last - cash only


4

NUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Longkiem eis lewe CHRISTINE SMIT

Die twee maande oue Ilario wat verlede week waarskynlik weens ’n kiem in die long gesterf het.Fo­ to: Verskaf

’n KIEM in die long het verlede week die lewe van ’n twee maande oue baba van Hexpark geëis. Die baba se ouma, mev. Felicity Haas van Lavellestraat, sê haar kleinseun, Ilario, se pediater het hom verlede Maandag (5 Desember) in die Worce­ ster Mediclinic laat opneem nadat hy hoë koors ontwikkel het. Hy is onder meer suurstof toegedien. Volgens Haas, ’n korrektiewe be­ ampte by Brandvlei Korrektiewe Dien­ ste, kon daar nie met sekerheid vasge­

stel word presies wat met Ilario ver­ keerd was nie. Sy sê dokters vermoed dat hy ’n kiem in die long opgedoen het. Ten spyte van behandeling is hy die dag ná sy opname oorlede. Ilario was die seun van haar dogter, Andrea (18), en mnr. Ivan van Wyk. Hy is verlede Saterdag (10 Desem­ ber) uit die AME Kerk begrawe. Haas het dié week almal bedank wat hulle bygestaan het met Ilario se siekte en dood, asook die dokters en mediese personeel van Worcester Mediclinic wat na hom omgesien het.

Vir verkeersoortreders sal daar hierdie vakansieseisoen geen genade wees nie. Foto: Elana van der Watt

Motoriste sal moet lig loop CHRISTINE SMIT GEEN genade. Dít is wat hierdie Kersseisoen op motoriste wag wat padreëls veront­ agsaam, roekeloos, onder die in­ vloed en met onpadwaardige voer­ tuie op die land se paaie ry. Dié waarskuwing van mnr. Ken­ ny Africa, provinsiale verkeers­ hoof, volg nadat die verkeersdepar­ tement sy feesprojek amptelik op 1 Desember geloods het. Vanjaar is die departemente see­ vissery en natuurbewaring ook aan boord saam met ander rolspelers soos nooddienste, die polisie, SA Inkomstediens (SAID), munisipale en provinsiale verkeersafdeling. Die wagwoord vanjaar is zero verdraagsaamheid ten opsigte van dronk­ en roekelose bestuur en on­ padwaardige voertuie. En daar gaan genadeloos opge­ tree word teen motoriste wat maar net nie sonder ’n selfoon teen die oor kan bestuur nie, sê Africa. Afgesien van padblokkades wat tussen Desember en Januarie in die hele Wes­Kaap gehou gaan word, moet motoriste hulle klaarmaak vir gereelde alkoholtoetse. Vir jaagduiwels is daar slegte nuus: dié wat gevang word wat teen ’n hoë spoed jaag, gaan summier toegesluit word, sê Africa. Ook in munisipale gebiede. Mo­ toriste wat hieraan skuldig bevind

word, se rybewyse kan opgeskort word ­ soos wat reeds ’n geruime tyd toegepas word, waarsku Africa. Haastige manne op hul ysterper­ de sal eweneens moet lig loop ­ die spoedoortreders onder hulle gaan ook met die lang arm van die gereg te doen kry. Die erns waarmee veiligheid op die paaie bejeen word, word weer­ spieël in die feit dat verkeerslui nie een verlof kry in die feesseisoen nie. “Ons is nie besig met speletjies nie, ons gaan alles in ons vermoë doen om padveiligheid te verseker,” sê Africa. Die verskillende taxi­organisa­ sies werk vanjaar weer goed saam met die owerhede en het onderneem om hul eie mense aan te spreek waar nodig. Die kleurkode­projek sal weer soos in die verlede toegepas word, wat sal verseker dat taxi’s vir pad­ waardigheid, spoed en passasiers­ getalle getoets word. Provinsiale verkeersowerhede is 24 uur per dag op die paaie en is ook daar om motoriste te hélp. Motoriste kan ook padongeluk­ ke, diere op paaie, gevaarlike paaie, brande of enige ander noemens­ waardige insidente by die Wes­ Kaapse noodlyn by 0 021 812 4581/2 of 021 946  1646 rapporteer. “Ons sal help waar ons kan – dit is deel van ons diens aan die ge­ meenskap,” sê Africa.

MEGA SAVINGS THIS CHRISTMAS Shoulder Spare Ribs

22

.99 p/kg

Corned Ox Tongues

49

.99 p/kg

Beef Fillet

99

.99 p/kg

Prices valid at all Brito’s stores from Tuesday 13 December until Saturday 17 December 2011. While Stocks Last. E&OE

5kg Chicken Leg Quarters Box

Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

94

.95 p/box

Pork Loin End Chops

35.99 p/kg


NUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Kinders moet óók vasgordel HILDERINE SCHRÖDER VALLEIERS wat nie vasgord nie en nie toesien dat hul passasiers – veral kinders – ook hul sitplekgordels dra of in kinderstoeltjies is nie, gaan dié vakansie swaar gestraf word. Dít is die waarskuwing van mnr. Kenny Africa, Wes­Kaapse verkeers­ hoof. Africa het gereageer op statistieke wat vroeër dié week deur prof. Sebas­ tian van As, hoof van die Rooi Kruis­ kinderhospitaal se trauma­eenheid, bekend gemaak is. Van As het sy kommer uitgespreek oor die ontstellende aantal kinders wat

in dié hospitaal beland omdat hulle nie sitplekgordels gedra het nie. Volgens hom behandel die hospi­ taal jaarliks tot 300 kinders onder 15 jaar wat passasiers in motorbotsings was. Tussen 84% en 87% van dié kinders was nie op die een of ander manier vasgegordel nie. Volgens Africa is 66% van kinder­ sterftes in padongelukke in die Wes­ Kaap direk daaraan te wyte dat die kinders nie vasgegordel was nie. Volgens syfers wat die Wes­Kaap­ se departement van vervoer en open­ bare werke aan die Standard verskaf het, is 11 kinders onder die ouderdom van 15 jaar vanjaar op die N1 tussen

Vermeende skrootdiewe

hier gevang DE DOORNS ­ Die polisie hier het verlede maand op skroot ter waarde van sowat R10 000 beslag gelê en drie verdagtes in verband met die diefstal daarvan gearresteer. Volgens konst. Libbie Swartz, polisiewoord­ voerder, is dreindeksels, ysterplate, koper en treinspoorhake wat gesteel is as munisipale ei­ endom uitgeken. Drie mans van onderskeidelik 38, 24 en 17 het reeds in die periodieke hof verskyn op aanklagte van die besit van gesteel­ de goedere. Hulle is op borgtog vrygelaat. Volgens Swartz is verlede naweek beslag gelê op drank by twee onwettige drankpersele. Twee vroue van onderskeidelik 30 en 29 jaar is gearresteer en is reeds voor die hof gebring en op borgtog vrygelaat. Verlede Maandag (12 Desember) is met die hulp van die misdaadintelligensie­eenheid op inligting gereageer en beslag gelê op meer as 870 pakkies onwettige sigarette by drie Chinese handelaars op die dorp. Volgens Swartz is geen arrestasies uitgevoer nie.

Kommer heers oor kindersterf­ tes op die Wes­Kaap se paaie. Foto: Elana van der Watt

die Paarl en Worcester dood in motor­ ongelukke. Terselfdertyd is sewe in dieselfde ouderdomsgroep ernstig beseer. Hoewel geen sterfgevalle vir dié ouderdomsgroep op die R43 en R60 aangemeld is nie, is een kind ernstig beseer in ’n ongeluk op die R43 en nege op die R60. Dié syfers is verskaf voor die onge­ luk in die Waboomsrivier­area verle­ de Vrydag waarin twee kinders gesterf het (sien berig op bl. 7). In ’n persverklaring verlede week het die Wes­Kaapse minister van ver­ voer, mnr. Robin Carlisle, gesê die volgende is duidelik: . Die meeste bestuurders van mo­

tors waarin kinders vervoer word, weet nie wat die wet sê oor kinders en sitplekgordels nie; . Die huidige boete van R200 vir dié oortreding is te min; en . Die wette en regulasies is verou­ derd. Carlisle het reeds verlede week die provinsiale kabinet versoek om ’n nu­ we provinsiale wet op te stel, aange­ sien hy meen die nasionale wet be­ skerm nie kinders genoeg nie. Volgens Africa sal verkeersbeamp­ tes tydens die huidige vakansieveld­ tog spesiale aandag aan kinders se vei­ ligheid gee by die sowat 325 padblok­ kades wat oor die provinsie heen gehou gaan word.

5


6

NUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Wyntuin rot en kaal gestroop CHRISTINE SMIT VANDALE se verwoestende aanslag op die Vryburgers se Wyntuin by die Kleinplasie­skouterrein het veroor­ saak dat die wyntuin, soos skougan­ gers hom ken, verskuif moet word vir die skou wat volgende jaar aan die einde van Januarie begin. Alles wat afgebreek en verkoop kan word, is met krag uit die mure en plafon­ ne geruk ­ van waterpype, krane, elek­ triese toerusting tot warmwatersilin­ ders. Deure en vensters het ook in die slag gebly en plafonne is erg beskadig. Vandale het vermoedelik toegang tot die perseel gekry nadat van Kleinplasie se omheining en selfs toegangshekke beskadig of gesteel is. Daar is tans ook geen sekerheidspersoneel bedags of snags op diens nie. Mnr. Tertius Griessel, stuurman van die Vryburgers, wat ook aan die stuur by die Wyntuin staan, sê die Vryburgers is nou gedwing om die Wyntuin na so­ wat 35 jaar te verlaat. Hy reken die ska­ de beloop sowat R50 000 ­ geld wat nie die Vryburgers óf die Landbougenoot­ skap het om vir die herstel te betaal nie. Die Vryburgers het ’n huurkontrak vir 10 jaar met sekere voorwaardes met

die Landbougenootskap vir die huur van die wyntuin. Griessel wou hom nie uitlaat oor wie vir watter skade verant­ woordelik is nie, maar sê dit is ’n groot jammerte, want alle geld wat die Vry­ burgers met hul projekte maak, word net so in die gemeenskap teruggeploeg. Hy het met onsteltenis gepraat oor die gebrek aan sekuriteit op Kleinplasie en die agteruitgang van “seker een van die mooiste skouterreine in ons land”. Alles is egter darem nie verlore nie en die wyntuin sal wel voortgaan. Griessel sê tente sal elders op die skou­ terrein, wat deur Huisgenoot vir die duur van die skou gehuur word, opge­ slaan word. Die kombuisgeriewe by die Kleinplasie Restaurant en Worcester Wynland sal ook vir hul gebruik beskik­ baar wees. Mnr. Ricus Strauss, president van die Landbougenootskap, wou Dinsdag voorlopig nie kommentaar lewer oor wie vir die skade in die wyntuin verant­ woordelik is nie of vir die heersende situasie by Kleinplasie nie. Volgens Griessel word daar nou bor­ ge gesoek om te help met die oprig van die tente en ook moontlike bouers wat kan help om die beskadigde wyntuin te herstel. Belangstellendes wat kan help, kan hom by 0 082 771 5474 bel.

Water­ en elektriese pype in die Vryburgers se Wyntuin is uit die mure gebreek en feitlik alle vensters is óf verwyder óf flenters geslaan.

Selfs die Wyntuin se plafonne het onder vandale deurgeloop. Foto’s: Christine Smit


NUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

7

Twee kinders sterf in botsing der van die Worcester­polisie, het die bakkie vermoedelik die trek­ WAT as ’n daad van welwil­ ker probeer verbysteek terwyl die lendheid bedoel was, het in tra­ trekker besig was om by ’n plaas gedie geëindig toe ’n bakkie in te draai. Die trekker het weens wat 13 kinders vervoer het teen die impak van die botsing omge­ ’n trekker gebots het. slaan, terwyl die bakkie eers sowat 104 m van die botsing af tot stil­ Twee kinders, Heidro Adams stand gekom het ná dit gerol het. (9) en Henrico Van Zyl (14), is Volgens mnr. Keith Thomas, op slag in die botsing verlede die hoof by Petra Gedenk wat op Vrydag (9 Desember) dood, ter­ die ongelukstoneel was, is Heidro wyl ’n derde (7) met ernstige be­ die aand voor die ongeluk as die serings in die Rooi Kruis­kin­ Henrico van Zyl (14) skool se junior sportman van die derhospitaal opgeneem is. Nog jaar aangewys. Hy was veral ’n uit­ sewe kinders is in die Worcester­ blinker in rugby. Henrico was ’n hospitaal opgeneem en drie in leerder in Thomas se klas. die Ceres­hospitaal. “Dit is ongelooflik tragies,” het Een van die volwasse insitten­ ’n duidelik geskokte Thomas op des, Aubrey de Kock (45), is met die toneel gesê. ernstige beenfrakture in die hos­ Ook mnr. Clifton Frolick, direk­ pitaal opgeneem. teur van die Kaapse Wynland On­ Die ongeluk het omstreeks derwysdistrikkantoor, het sy skok 07:24 in die Waboomsrivier­ oor die voorval uitgespreek. area plaasgevind. Volgens Frolick is beraders en Dit was die kinders se laaste werkers van die departement van skooldag en hulle sou hul rap­ maatskaplike dienste dieselfde porte en geskenkies kry. Hulle dag nog na die skool om leerders was só opgewonde dat hulle nie en ouers te ondersteun. vir die skoolbus wou wag nie en Heidro Adams (9) en sy Die uitvoerende burgemeester besluit het om skool toe te stap. boetie Clinton (voor). van die Breedevallei Munisipali­ Die bestuurder van die bakkie teit, mnr. Basil Kivedo, het ook die het hom oor die kinders, asook drie volwassenes, skool besoek om sy medelye te betoon. ontferm en ingestem om hulle na die Petra Ge­ Die Wes­Kaapse minister van onderwys, mnr. denk Primêre Skool, waar hulle almal leerders Donald Grant, het die beseerde kinders in die is, te neem. De Kock is ook die opsigter by dié hospitaal besoek. skool. ’n Saak van strafbare manslag word onder­ Volgens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoer­ soek. HILDERINE SCHRÖDER

Twee leerders van die Petra Gedenk Primêre Skool, Breërivier, is verlede Vrydag op hul laaste skooldag van die jaar dood toe die bakkie waarop hulle gery het teen ’n trekker gebots het. Foto’s: Hilderine Schröder


8

GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

‘Drugs en alkohol glad nie lekker’ HILDERINE SCHRÖDER “MAMMIE, ek is jammer.” Dít is die woorde van verskeie voor­ malige dwelmafhanklikes verlede Vry­ dagaand (9 Desember) by die Kleintea­ ter in Russellstraat. Die groep van 11 mans – Change Ma­ kers – het verlede week vir die eerste keer sedert hulle vyf weke gelede in die Toevlug­sentrum vir Alkohol­ en Dwelmafhanklikheid opgeneem is, in die openbaar oor hul verslawing ge­ praat. Volgens die jong mans, almal uit ge­ meenskappe wat strek vanaf Roodewal tot Avianpark, het hulle by Toevlug ge­ leer wat selfrespek is en ook om ander te respekteer. Hulle praat uit een mond as dit kom by die jeug. “As julle dink drugs en alkohol is lek­ ker, maak julle ’n groot fout. As ek voor ek daarmee begin het geweet het wat ek nou weet, sou ek dit nooit gedoen het nie,” het een van die mans gesê. Hulle is dit ook eens dat Toevlug vir hulle ’n reddingsboei was in ’n tyd toe

Die musiekblyspel The Bride is verlede week tydens ’n getuienisaand deur voormalige dwelmafhanklikes by die Kleinteater opgevoer. Foto: Hilderine Schröder hulle dit die nodigste gehad het. “Toe­ vlug is vir ons wat verdwaal het en nie die pad kon terugvind nie.”

Die mans het jongmense gemaan om sterk te staan teen die versoekings van dwelm­ en alkoholmisbruik en om hul

ouers te gehoorsaam en te respekteer. Die projekinisieerder, mev. Erena van de Venter, het by die geleentheid

haar trots uitgespreek dat die groep hul rehabilitasie voltooi het. Tydens die getuienisaand is die mu­ siekblyspel Die Bruid ook deur die Southroots­kunstebedieningspan op­ gevoer. Die volgende stap in die mans se re­ habilitasie het reeds onder leiding van ’n Amerikaanse deskundige op die ge­ bied van die lewensbegeleiding van ge­ brokenes, mnr. Jim Stoppenhagen, af­ geskop. Hy word bygestaan deur mnre. Charlie Booysen en Pieter Johannes­ sen. Die groep het verlede Saterdag (10 Desember) saam met Stoppenhagen na Merweville in die Karoo vertrek waar hulle tot 17 Desember verskeie pro­ gramme sal volg. Met hul terugkeer sal hulle eers by Kibbutz El­Shammah in Roodewal woon. Volgens Van de Venter is daar steeds geld nodig om die res van die program te finansier. Mense of instansies wat ’n bydrae wil maak, kan ’n bankinbetaling maak by Absa. Rekeningnaam: Erena van de Venter/Uitreik, tjekrekening: 405 787 1353 en taknommer: 503107.

Wie wil vir Marvin help? CHRISTINE SMIT VIR ’n jong lig­ gaamlik gestremde seun lê Maartmaand volgende jaar nog baie ver. Want dit is wanneer die 13­jari­ ge Marvin Fransman aan die Nedbank Na­ sionale Kampioen­ skappe vir atlete met Gestremdhede gaan deelneem wat van 24 tot 28 Maart in Dur­ ban gehou word. Marvin is haastig dat dié tyd moet aan­ breek, maar vir sy trotse pa, wat intus­ sen ’n bedrag van minstens R15 000 moet insamel om sy Die manne in die Fransman­gesin. Links is Marvin met Monroe seun se onkoste te op pa Marshall se skoot. Foto: Christine Smit dek, is die tyd bykans te min. in die senior fase wees. “Hy doen baie goed op Mnr. Marshall Fransman van Kwartelstraat 33 skool,” sê sy pa, duidelik trots op sy seun. Marvin in Avianpark, en self ’n Comrades­atleet, sê Mar­ is sy en sy vrou, Daphne, se tweede oudste kind. vin gaan aan die driewielfietsry­nommers deel­ Hul dogter, Michei, is 17 en kleinboet Monroe neem. Hy sê dit is nie maklik om daarvoor te is 5. kwalifiseer nie en Marvin sal ’n spesiaal aange­ Intuussen het goedgesinde Worcesteriete al ’n paste driewielresiesfiets daarvoor nodig hê. bydrae gemaak om Marvin op die pad na Durban Afgesien daarvan, moet Fransman ook vir an­ te sit. Een van hulle is mnr. Johan Burger wat der onkoste soos vervoer, klere en dies meer sorg. drie oefenfietswiele geskenk het. Fransman sê Marvin is prematuur op sewe Ander belangstellendes wat ’n bydrae wil maande gebore. Hy is tans ’n leerder aan die maak, kan die Fransmans by 0 072 930 8948 Alta du Toit­sentrum en sal volgende jaar reeds bel.

WORCESTER SPECIALS

Specials are valid at Meatrite Worcester until Sunday 18 November 2011. We reserve the right to limit quantities. While stocks last. E&OE

Lamb - A2 Whole & half

Corned Tongue

49

.99 p/kg

4kg Chicken Mixed Portions

Christmas Stamps Redeemable

59.99 p/kg

79.95 each

Karoowors

Imported Pasta

39.99 p/kg

3 for R18


ADVERTENSIE

STANDARD 15 DESEMBER 2011

9


10

HOOFARTIKELBLAD

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Parkering, spoke het nie paal gehaal Totsiens Bykans onmoontlik om te glo, maar dit is amper totsiens aan ’n nog jaar. Dit is net ongelooflik hoe vinnig tyd by ons verbyglip, terwyl daar nog soveel is wat gedoen moet word. Vir baie Valleiers lê daar ’n rustydjie voor, vir ander ’n weersiens van familie en ou vriende met die Kerstyd. Mag die uitspantydjie vir almal wat ’n moeilike en bedrywige jaar agter die rug het, ver­ kwikking en moed vir die nuwe jaar bing. Nie almal kyk met genoegdoening terug op die jaar wat verby is nie. Agter ons lê siektes, rampe, onaangenaamhe­ de en verspeelde kanse. Kanse wat ons nie benut het toe ons die tyd daarvoor gehad het nie. Maar getrou aan die mens se geaard­ heid, bly klou ons aan geloof, hoop en liefde. Daarom moet ons die lesse van die afgelope jaar neem en 2012 met hoop en liefde aanpak in die vaste ge­ loof dat ons ’n verskil in ’n ander se lewe maak. Met die jaar op sy end, bedank die Standard die gemeenskap van die Bree­ devallei vir hul getroue ondersteuning. Mag 2012 ’n jaar van vrugbare wissel­ werking tussen ons word. ’n Geseënde Kerstyd vir u almal en mag ons almal in God se genade deel.

Matteus 11:18­21 Toe Jesus se moeder Maria aan Josef verloof was, nog voor hulle getroud was, het dit geblyk dat sy swanger is. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was en haar nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. “Sy sal ’n seun in die wêreld bring en jy moet hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hul sondes sal verlos.

DIS mos daai tyd van die jaar wanneer die toptien aangewys word. Jy kry die mees gewilde flieks van 2011, die voortreflikste wyne, die bes­ te motorverkope, sportlui, ens, ens. Nou wil ons die teenoorgestelde pad stap en vertel van Rond en Bont rubrie­ ke wat nie die lig gesien het nie. Die rubriek van 29 September het gegaan oor die spieëltjie wat op Mei­ ringsplato opgerig is. Vir maande daarna het lesers nog navraag gedoen, veral oor die ligging van die spieël. Hulle het presies dieselfde pad gery, maar kon niks sien wat teen die berg blink nie. Tog het daar duidelik gestaan dat die spieël net in September en April sigbaar is.

Nietemin, na aanlei­ ding van dié rubriek het ’n leser versoek dat ek iets skryf oor die spook van Kombuisgat. Vol­ gens hom is Kombuis­ gat ’n gewilde hengel­ plek, waar lyne veral saans natgemaak is. Tot die een man een nag ’n spook daar gesien het. Dit is glo ’n vrou wat op soek is na die kombuis van ’n huis onder die water. Die leser het onderneem om meer inligting te kry en al die feite as’t ware klaar op te dis. Hy is óf ’n baie deeglike navorser óf iets het hom afgeskrik. Dan was daar in November die her­

rie rondom die nuwe parkeerstelsel. ’n Vloed van klagtes oor die par­ keerbeamptes en par­ keertariewe het by die Standard ingestroom. Dit het my laat dink aan mense wat destyds grensdiens gedoen het. Elkeen het met ’n oorlogstorie huis toe gekom. Op 24 November sou ons in Rond en Bont van lesers se wedervaringe met die parkeerbeamptes vertel het. Maar toe raak dit obsoleet nadat die instelling van die parkeerstelsel onbe­ paald uitgestel is, as jy die strekking van my stelling volg. Myns insiens sou diefstal uit motors

afgeneem het indien daar voortgegaan is met die parkeerstelsel. Voorverlede Saterdagoggend, byvoorbeeld, is daar helder oordag ingebreek by ’n motor in Fairbairnstraat. Die inbreker het ’n sak met belangri­ ke werksdokumente gesteel. Daar was ook ’n splinternuwe 2012­dagboek in. Nou gebruik hy seker die dagboek om sy inbrake te beplan en die buit aan te teken. Ek hoop hy kry ’n onophoudelike kramp op ’n ongemaklike plek en ’n siekte wat keer dat hy kan krap. Ons wens alle eerlike en opregte mense ’n geseënde feesgety en voor­ spoedige nuwe jaar toe. Ons gesels weer op 12 Januarie.

Bekende besoekers: Die sanggroep die Parletones het verlede week besoek afgelê

by hul vriend mnr. Alan Campbell eienaar van Motion Fitness, wat volgende jaar in Maart op Worcester open. Volgens Campbell is die Parletones baie fiksheidsbewus, vandaar hul be­ langstelling in die nuwe gimnasium. Hulle het ook ’n potjie gholf hier gespeel en The Golden Valley Casino besoek. Op die foto is (van links) Theo Beyers en Alan Campbell (aandeelhouers in Motion Fitness) en die drie Parletones, Neil Pauw, Glen Hodgson en Kahn Morbee. Foto: Verskaf

Invloede ontstel BESORGDE INWONER van Wor­ cester skryf: Die afgelope aantal jare was die twee Vrydae in Desember wat deur die stadsvaders gereserveer was vir laat­ aand­verkope in Hoogstraat beslis een van die hoogtepunte op menige inwo­ ner van die dorp se lys. Vanjaar se afskop verlede Vrydag (9 Desember) was egter erg teleurstel­ lend. Nie net was dit nie soos gewoon­ lik deeglik geadverteer nie, maar was daar verskeie gebreke wat sommige in­ woners taamlik teleurgestel het. Almal is byvoorbeeld nie gek na hip­hop en die jongklomp se musiek en vermaak­ keuses nie en sien gewoonlik uit na die musiek en balladesang van onder an­ dere Boetie Springveldt en verskeie genooide gaskunstenaars op die hoek van Hoog­ en Stockenströmstraat. Vanjaar het hulle egter geskitter in hul afwesigheid, wat beslis heelwat kleur van dié aand ontneem het. Dit het gevolglik baie maar liewer huis toe laat gaan, terwyl heelwat besoekers, wat jaar na jaar van omliggende dorpe ons pragtige dorp besoek, ook maar eerder vroeg geloop het. Nog ’n kopseer is beslis die baie en­ trepreneurs van buite Worcester wat hierdie unieke geleentheid kom uitbuit en weer sal kom uitbuit vir eie gewin. Hoekom nie liewer meer moeite doen om plaaslike inwoners aan te moedig om geleenthede soos hierdie te gebruik om hul verkoopsin uit te leef as om ouens van buite daardie voorreg te laat smaak nie? Dit was reeds met die aanskakeling van vanjaar se liggies duidelik toe drie­ kwart van die stalletjies aan ouens van elders toegewys was.Terloops, so van die aanskakeling van die liggies ge­

praat. Hoekom maar nie liewer dit alles los nie, want ons liggies steek beslis af by ander dorpe van dié sy grootte, terwyl die program van die aand, na my oorwoë mening, een groot flop was. Word daar werklik bespaar deur die liggies só af te skaal en kan daar nie aan iets anders gedink word as juis dié manier van doen nie? Maar nou ja . . . weer ’n bewys dat ons lieflike dorp met sy eie karakter en kultuur nie opgewasse is teen in­ vloede van buite nie.

Puik diens waardeer

MNR. FREDDIE NEL van Worce­ ster skryf: Daar word voortdurend gekla oor dienslewering op Worcester, maar ek het die teenoorgestelde ondervinding gehad. Ons het besluit om ons huis van bui­ te te verf en het ná sekere navrae be­ sluit om ons verf by AAA Verfspesia­ liste te koop. Ons het onder meer ’n 20 liter blik verf (die kleur van ons keuse) gekoop wat ongeveer R1 000 gekos het. Na twee dae se verf het ons besef dat ons nog verf nodig het en ’n verde­ re 20 liter van dieselfde kleur by AAA gekoop. Aangesien ons ander mure begin verf het, het ons nie agtergekom dat die tweede blik verf se kleur van die eerste verskil nie. Eers toe ons die eer­ ste geverfde mure begin opknap, het ons die ontstellende ontdekking ge­ maak. Ons het AAA geskakel, waarop hul­ le ’n beampte na ons huis gestuur het om die saak te ondersoek. Die beamp­ te het onmiddellik erken dat die fout by sy werkgewer is en aangebied om

die blik verf met die korrekte kleur te vervang. Dieselfde middag is die blik verf by ons huis afgelewer.

Ek dink ons is gelukkig om ’n on­ derneming met sulke etiese waardes in ons gemeenskap te hê.

Die beheerliggaam, personeel, leer­ ders en die ouers van die Lemoenpoort Primêre Skool gee ’n klop op die skou­ er aan mnr. S. Goedeman vir sy betrok­ kenheid by die skool. Baie dankie vir die hoender en broodrolletjies wat u vir ons leerders se afskeid geskenk en sélf afgelewer het. Baie dankie vir u goeie hart en mooi gesindheid. Die Here seën u. *** Etienne le Roux gee ’n klop op die skouer aan die Pionierskool se waarne­ mende hoof, mnr. Paul Greyling, asook al die onderwysers wat so hard gewerk het om die afgelope jaar so ’n groot sukses te maak. Baie dankie vir al jul goedhartigheid en ondersteu­ ning. Julle is voortreflik! *** Die mediese en jeugpersoneel van Toevlug gee ’n klop op die skouer van Maryke le Roux vir ’n onvergeetlike werksfunksie. *** Mev. Alice Geldenhuys gee ’n klop op die skouer van die bestuurder en sy personeel van Shoprite (Porterstraat) wat haar Maandag (12 Desember) ge­

help en huis toe geneem het toe sy in die winkel flou geword het. Julle be­ sorgdheid word waardeer. God seën julle. ** * Dankie aan Waterboys vir sy reaksie binne 15 minute ná ’n warmwatersilin­ der gebreek het. Dankie ook aan Geor­ ge van Speedy Exhaust vir die leen van sy eie Mini se wiel toe daar gewag is op voorraad. Dis puik diens! – Kowie du Toit. ** * Vriende van Namakwaland gee ’n klop op die skouer van almal wat be­ trokke was vir bydraes en skenkings vir hul gemeenskapsdiens op Garies. ** * ’n Trotse ouer gee ’n klop op die skou­ er van Madrassa Tul­Miesbaagh se Chatter Evening Saterdag 10 Desem­ ber en wens al die leerders, Ustaad Na­ siegh en Ustadahs Mymoena, Nasee­ rah en Zakeerah, geluk met die aand. Julle het ons trots gemaak. Baie shu­ kran aan al die organiseerdes, Shuaib Kafaar, Nurah Kafaar, Kulsum Jeftha, Zahir Jacobs, Shieham Latief, en ’n baie shukran aan Hajj Yusuf Jacobs.”


GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Die Karoo Woestyn Botaniese Tuin op Worcester het verlede week sy 90ste bestaans­ jaar gevier. Tydens dié geleentheid het gaste wat die amptelike viering van dié mylpaal bygewoon het ook met een van die tuin se talle wandelroetes langs gestap. Foto’s: Hilderine Schröder

Karootuin gedy al vir 90 jaar HILDERINE SCHRÖDER WAS die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin op Worcester ’n boom, sou dit met ’n lywige aantal jaarringe gespog het. Met 90 jaar agter die blad, kan die Karootuin met reg sê dat hy goed gevestig is. Die tuin se 90ste bestaansjaar is verlede Don­ derdag (8 Desember) by die Kokerboom­restau­ rant gevier. Werknemers by die tuin, verteen­ woordigers van die Suid­Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit Instituut (SANBI), asook verteen­ woordigers van die Breedevallei Munisipaliteit, het die geleentheid bygewoon. Sedert sy nederige begin as ’n tuin 5 km buite Matjiesfontein se treinstasie, het die Karootuin na ’n wêreldbekende toeriste­aantreklikheid ont­ wikkel. Waar die oorspronklike tuin, wat in 1945 na Worcester hervestig is, slegs sowat 17 ha groot

was, is die tuin tans 154 ha groot en is dit die tuiste van ’n reuse­versameling woestyn­ en se­ mi­woestynplante. Die feit dat die tuin ná 90 jaar steeds gedy, is ’n teken dat dit goed gevestig is, het mnr. Chris­ topher Willis, ’n SANBI­direkteur, by die fees­ vieringsgeleentheid gesê. ’n Nuwe aktiwiteits­ boekie oor voëls ook amptelik bekendgestel. Die boekie is gemik op gr. 6­leerders en skakel in by die tuin se bestaande voëlroetes. Met dié boekie wil hulle graag kinders entoesiasties oor die land se diverse voëllewe kry, het Willis gesê. Die tweetalige volkleurboekie spog met talle raaisels en vrae waarop die antwoorde slegs gekry kan word indien leerders die voëlroete doen. As ’n bonus het gaste wat die feesvieringsge­ leentheid bygewoon het ook een van die tuin se talle voetslaanroetes voltooi. Tydens dié geleent­ heid het die kurator van die tuin, mnr. Werner Voigt, verskeie interessante feite oor plante langs die roete gedeel.

Verskeie belanghebbendes het die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin se 90ste herdenking gevier.

BOODSKAP AAN LEERDERS VAN DIE BREEDEVALLEI Dit is vir my aangenaam om vir al die leerders van die Breedevallei, veral die 2011 matrikulante, ’n wonderlike vakansie toe te wens. Mag die toekoms vir julle alle heil en seën inhou. Julle is baie kosbaar vir ons gemeenskap en julle families – ry asseblief verantwoordelik en kom veilig tuis. It gives me great pleasure to wish all learners of the Breede Valley, especially the 2011 matriculants, a wonderful holiday. May you enjoy a blessed and prosperous future. You are very dear to our community and your families – please drive responsibly and return home safely. Kuluvuyo kum okokuba ndinqwenelele bonke a bafundi, ingakumbi ababebhale iimviwo zokugqibela zebanga le 12 kulonyaka ka 2011 base Breedevalley. Ndininqwenelela ikamva eliqaqambileyoo nesi kelelweyo. Niyathandwa luluntu lonke kwakunye nentsapho zenu. Ukuba uzathabatha ihambo nceda uqhube ngononophelo ubuye ekhaya uphililile. Rdl Basil D Kivedo Uitvoerende Burgemeester: BVM

11


12

KALENDERBLAD

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Bakkes ‘versamel’ paaie

VALLEI-KALENDER

HILDERINE SCHRÖDER HY leun terug in die stoel. Stoot sy breërandhoed terug op sy kop en blaas ’n grys wolk pyprook uit voor hy bulderend lag. Die bekende reisskrywer Johan Bak­ kes is ’n groot figuur – groot van stem, met ’n selfs groter persoonlikheid. As hý by ’n vertrek instap, word die res van dié wat daar is verdwerg. Met sy liefde vir reis en die outentie­ ke was dit heel gepas dat Bakkes sy jongste pennevrug, oepse daisy, by die Instituut vir Blindes se fossielroete by The Blind Spot aan Valleiers kom be­ kendstel het. Met sy ruie baard en wie­ weet­hoeveel koperarmbande wat om sy pols rinkel, pas hy hiér in die mengel­ moes van oud en nuut in. Hy is ’n man wat paaie versamel en lesers dan op ’n reis tussen die blaaie van sy boeke neem. Sy woorde, soms spitsvondig, soms melancholies, skets prentjies wat sy lesers op reise na die vreemde neem sonder om ooit die leun­ stoel te verlaat. Gevra wat dit is wat Worcester en sy mense so spesiaal maak dat hy keer op keer hierheen terugkeer, vonkel sy oë ondeund. “Ek het Helen Zille as voorprater by die De la Batskool gehad en het twee keer agterop Kobus de Wet se trekker dronk geword. Daar is ’n sekere iéts wat die mense hiér (Worcester) aan my ge­ doen het. Dis hul toegeneentheid, vrien­ delikheid en lekkerkry wat maak dat ek terugkom,” sê hy. Wat is dit wat maak dat hy keer op keer die langpad kies, iewers die onbe­ kende in?

Die bekende reisskrywer Johan Bakkes het verlede Donderdag sy nuutste boek oepse daisy aan Worceste­ riete bekendgestel. Foto: Hilderine Schröder “Ek wil kyk wat anderkant die hori­ son is,” is sy eenvoudige antwoord. Bakkes is beslis nie op sy mond geval nie, besef jy sommer met die intrapslag. “Hulle het gevra ek moet asseblief tog nie die woord ****,” gebruik nie,

sê hy, en los ’n allemintige knoop. “Toe wonder ek, wat gaan ek dan nou vir die **** mense sê? Toe bring ek maar my eie persoonlike vrou saam dat sy my op my plek kan hou.” Die boekbekendstellingsgeleentheid

was ten bate van die Instituut vir Blin­ des.Volgens me. Ledivia Hamman, ko­ ördineerder by die instituut se inligting­ sentrum, was die geleentheid ’n reuse­ sukses en is dit deur sowat 80 gaste by­ gewoon.

Thursday, December 15: South Africa’s top three Idols will perform on stage in a special charity concert at GrandWest’s Grand Arena. Dave, Mark and Crushandra will perform with Dr Victor and the Rasta Rebels. The show starts at 20:00. Tickets cost between R150 and R200 and can be booked at Computic­ ket (The show is listed under Dr Victor and the Rasta Rebels). All funds raised from their perfor­ mance at the special Love Our Children concert will be dona­ ted to the Mayoral Special Fund. Saterdag 17 Desember: Sneeu­ witjie en die Sewe Dwerge is om 10:00 by die Ou Meulteater, Paarl. Kaartjies kos R40. Be­ spreek by 0 083 564 0056 of vicky@oumeulteater.co.za. Saterdag 17 Desember: Jan Blohm tree om 20:00 saam met Chrismari Nel by die Ou Meul­ teater, Paarl op. Kaartjies kos R100. Bespreek by 0 083 564 0056 of vicky@ou­ meulteater.co.za. Maandag 19 Desember: Jan­ neman in die Diereryk met Lochner de Kock, Riku Lätti en Cindy Swanepoel is om 10:00 op die planke by die Ou Meulte­ ater, Paarl. Kaartjies kos R50. Bespreek by 0 083 564 0056 of vicky@oumeulteater.co.za. - Stuur inligting wat jy in die Valleikalender wil adverteer na 023 347 3639 of ’n e­pos na Laurentia.Robertson@worce­ sterstandard.com.

Kroon wag op mooies DIE Breërivierarea se mooi meisies word genooi om vir die Worcester­skoukoninginkompetisie in te skryf. Groot pryse is vanjaar op die spel vir die gelukkige meisie en haar prinsesse. Die skoukoningin en haar prinsesse word vol­ gende jaar tydens die skoudans op 20 Januarie in die Pietman Hugo­saal op Kleinplasie gekroon. Die kroningsgeleentheid, wat saam met ’n drie­

VRYDAG 16 DESEMBER – DONDERDAG 22 DESEMBER BESPREEK NOU BY: 0861 CINEMA / 0861 246362 / www.numetro.co.za / mobi.numetro.co.za Pryse en tye mag verander sonder kennisgewing. Alle komplimentêre kaartjies is onderhewig van beperkings.

MOUNTAIN MILL WINKELSENTRUM MISSION IMPOSSIBLE: GHOST PROTOCOL Fri-Thu: 09:00, 11:30, 14:15, 17:00, 19:45

ALVIN AND THE CHIPMUNKS: CHIP-WRECKED

PLATTELAND LV

Fri-Thu: 09:45, 12:15, 14:45, 17:15, 19:45

PUSS IN BOOTS - 2D

NEW YEAR'S EVE

THE TWILIGHT SAGA: BREAKING DAWN - PART I

Fri-Thu: 09:30, 12:00, 14:30, 17:00, 19:30

Fri-Thu: 20:00

Fri-Thu: 10:15, 12:45, 15:15, 17:45, 20:15

PG

Fri-Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 17:30

13 SV

V E RT O O N TA N S

gangmaal geskied, word deur onder meer Beauty By Jess geborg. Die aand begin om 18:30. Die drag is formeel en kaartjies kos R200 per paartjie. Inskrywings vir die kompetisie kan tot 31 De­ sember vanjaar gedoen word. Kandidate moet tus­ sen 18 en 28 jaar oud wees, in die Breërivierarea woon, en nie verloof óf getroud wees nie en ook nie kinders hê nie. Die inskrywingsfooi beloop R50 per inskry­ wing en inskryfvorms kan by Beauty By Jess, Winkel 16 in die Quénets­arkade, Worcester (0 023 347 2805/082 566 9292), afgehaal word. Pryse ter waarde van duisende rande is op die spel vir die gelukkige wenners en word deur ver­ skeie plaaslike ondernemings, waaronder die Standard, geborg. Die pryse is nie verhandelbaar nie. Onderhoude met die kandidate geskied op 10 Januarie volgende jaar op Worcester by die The Golden Valley Casino.


GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Wardens hold HIV/Aids march THE Western Cape region’s De­ partment of Correctional Services took to the streets last Tuesday (De­ cember 6), when it commemorated World Aids Day. The event, attended by the executi­ ve mayor of the Breede Valley Muni­ cipality, Cllr Basil Kivedo, as well at that of the Witzenberg Municipality, Mr Stefan Louw, was held at the Bree­ de River Management Area in Worce­ ster. The campaign started with a 3 km walk through the streets of Worcester during which pamphlets, to create HIV/Aids awareness, were distribu­ ted. In his keynote address on positive living and wellness, the guest of ho­ nour, Mr Silver Tshabalala, former Premier League soccer player, urged guests to adopt a heathy lifestyle. According to Tshabalala, he was careless during his times of playing soccer, but later he realised that it is very important to look after his health

and he requested people to know their status. He also mentioned that men must take care of women during the period of 16 Days of Activism against Vio­ lence on Women and Child Abuse. “I also encourage men immediately after I finish this address to go with me and get tested so that we can know our status,” he said. The day’s events also included acti­ vities such as group aerobics, offen­ ders rugby and netball matches, as well as a tug­of­war amongst officials. Officials from various manage­ ment areas donated food parcels and vegetables to the Worcester Afrikaan­ se Christelike Vrouevereniging (ACVV).

Officials of the Western Cape Department of Correctional Ser­ vices took to the streets last week in commemoration of World Aids Day.Photo: Supplied

Wees só veilig dié vakansie HILDERINE SCHRÖDER

MET die feesgety in volle gang en misdadigers wat om elke hoek en draai na ’n geleentheid soek om mense in te doen, moet Valleiers op hul hoede wees en hul eiendom so ver moontlik beveilig. Só sê kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die Worcester­polisie. Volgens Moloi neem misdaad veral gedurende dié tyd van die jaar toe en was daar reeds Valleiers wat die afgelope maand die prooi van onder meer die steel van groot bedrae geld was. Moloi stel voor dat mense die volgende in ge­ dagte hou wanneer hulle inkopies doen: . Moet nooit groot bedrae kontant by jou dra nie en probeer waar moontlik om waardevolle items by die huis te laat. . Moet nooit jou handsak of beursie in die inkopietrollie of ­mandjie, of by die betaalpunt, laat nie, selfs al is dit bedek. . Wees op die uitkyk vir sakkerollers en hou jou handsak of beursie so styf as moontlik teen

jou lyf. Ook huiseienaars word versoek om voorsorg­ maatreëls te tref, veral indien hulle beplan om met vakansie te gaan: . Installeer veiligheidstralies en ­hekke. ’n Sterk sekuriteitslig wat deur beweging geaktiveer word, is ook ’n goeie afskrikmiddel vir boewe. . Moet nooit jou huissleutels onder die deur­ matjie, potplant of jou posbus versteek nie. Dit is die eerste plek waar inbrekers daarvoor soek. . Maak seker jou huisnommer is duidelik sig­ baar af die straat af. . Moet nooit die deur vir vreemdelinge oop­ maak nie, en installeer ’n loergaatjie asook veilig­ heisketting aan die voordeur. . Stel jou bure, asook die plaaslike polisie, in kennis as jy met vakansie gaan. Vir dié wat die langpad gaan aandurf, het Moloi die volgende raad: maak seker dat jou voertuig gediens en in ’n goeie werkende toestand is om die moontlikheid van probleme langs die pad te minimaliseer.

13


14

GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Gemeente sê dankie met diens ALVER UYS DIE VGK gemeente Worcester­Oos het verlede Sondag (11 Desember) sy 40ste bestaansjaar met ’n dankseg­ gingsdiens wat deur ds. John Willem­ se gelei is, gevier. Dié gemeente met sy nagenoeg 3 500 lidmate was oorspronklik deel van die destydse NG Sendinggemeente in Ad­ derleystraat, maar het op 19 Desember 1971 afgestig. Aanvanklik is daar in ’n sinkgebou­ tjie in Fisherstraat kerk gehou totdat die

gemeente eers sy eie kerksaal en later ook sy kerkgebou opgerig het. Die kerk se verskillende diensorga­ nisasies, verskeie kore, die Moria Kin­ derhuis en die brigade was deel van die dankseggingsdiens. Die bekende saksofoonspeler Danny Apollis het saam met die orrelis, Edgar Cloete, gesorg vir gewyde musiek. Kerse is aangesteek om dié te gedenk wat reeds oorlede is, maar wat ’n beson­ dere bydrae tot die groei van die ge­ meente gehad het. ’n Verjaardagkoek met 40 kersies is ná afloop van die diens aan Moria Kin­

derhuis geskenk. Dié huis word deur ’n gemeentelid me. Mary Geduld bestuur. ’n Dankseggingskollekte wat tydens die diens opgeneem is, het ’n bedrag van R19 132 opgelewer. Die kerk se lidmate is ná afloop van die diens op verversings getrakteer wat deur die kerk se Vrouediens voorberei is. Die kerkkoor van die buitewyk De Wet was ook deel van die dank­ seggingsdiens se program.Foto: Verskaf

Jansen will bring message of hope WITH the Christmas holidays and festiv­ ities in full swing, make a note not to miss the celebration of Reconciliation Day in Worcester on December 16 from 08:00 till 09:30. The theme for this very important day in the town’s history is HOPE 4 WORCESTER. The guest speaker at this event will be Prof. Jonathan Jansen, vice­chancel­ lor and rector of the University of the Free State. The event will take place in the Last Day Family Church of Pastor Jerry Jack, situated at the back of Shoprite in Porter Straat. This is the shop where the 1996 bomb­ ing took place killing four people and injuring 67 others. This very important event in Worces­ ter’s history is hosted by the Worcester Hope and Reconciliation Process. The organisation consists of a group of concerned Worcester residents from all sectors within the community, in part­ nership with the mayors of the Breede Valley Municipality and the Cape Wine­ lands District Municipality. Their aim is to bring hope to the people and to reconcile the different communi­ ties. For more information on the Decem­ ber 16 celebration, phone Claude Schroeder on 0 082 868 3222 or Revs Jan Ungerer on 083 320 4553 and Joe Mpanza on 082 493 7780.

Strausse trek saam by Wolseley

ALVER UYS

EEN van die bekendste families in die kontrei hou van 24 tot 26 Desember ’n familiesaaamtrek by die Boontjiesrivier­park in die Wolseley­dis­ trik. Dié saamtrek is vroeër in die Kenhardt­distrik gehou, maar is om verskeie redes na die Wes­ Kaap verskuif. Mnr. Max Strauss, voormalige skoolhoof van die Hexpark Primêre Skool en voorsitter van die reëlingskomitee, tesame met sy neef, mnr. Malcolm September as sy adjunk, moet toesien dat die saamtrek vlot verloop. Nasate van so ver as die Noord­Kaap, Gau­ teng, Namibië en Australië word by die same­ koms verwag. Aangesien die familie intussen geweldig uit­ gebrei en op vele terreine in die samelewing blywende stempels afgedruk het, word daar hard gewerk om die familiegeskiedenis vir die nage­ slag te boekstaaf.


GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

15

B’valer wen motor knap voor Kerstyd CHRISTINE SMIT KERSFEES het vanjaar bietjie vroeg gekom vir een van Bonnievale se inwoners. Mev. Rih­ la Swanepoel (70) se Kerskous sal kwalik groot genoeg wees vir die splinternuwe Toyota 5­deur Yaris wat sy in ’n CANSA­kompetisie gewen het ­ maar dit ten spyt, het sy solank die kleur daarvan op Worcester kom uitsoek.

Mev. Rihla Swanepoel (naasregs) ontvang die sleutel vir ’n splinternuwe Toyoya 5­deur Yaris wat sy in ’n CANSA­kompetisie gewen het van mnr. Thys Meyer, hande­ laarshoof by Audensberg Toyota op Worcester. Saam met hulle is mee. Jurene Horne (links) en Weena Cupido van CANSA op Worcester. Foto: Christine Smit

Rihla se nuwe motor sal binnekort afgelewer word. ”Dit is darem ’n groot ding wat my te beurt geval het!” het Rihla Dinsdagoggend met blink oë gesê toe sy en mnr. Thys Meyer, handelaars­ hoof by Audensberg Toyota op Worcester, solank die kleur vir haar nuwe motor bespreek het en ’n seremoniële sleutel aan haar oorhandig is. Rihla het in Maart vanjaar ’n kaartjie in die nasionale CANSA 80­verjaardagkompetisie vir R80 gekoop. Toe mnr. Munnik Marais van CAN­ SA se nasionale kantoor haar die aand omstreeks agtuur bel om die goeie nuus mee te deel, het

sy eers ontken dat sy ’n kaartjie gekoop het. “Dit was so lank gelede, ek het skoon daarvan ver­ geet,” het sy laggend vertel. Dat dié motor baie welkom is, is nie altemit nie. Sy ry tans met ’n Uno wat al sy beste dae agter die rug het. ’n Nuwe ryding so kort voor Kersfees, sê Rihla, is net ongelooflik, te goed om waar te wees! * Een van CANSA se fondsinsamelings, die jaarlikse Relay For Life­byeenkoms, word vol­ gende jaar op 9 Maart van 18:00 af by die Bonnie­ vale Hoërskool se sportterrein gehou. Dit duur tot 06:00 die volgende oggend en word met ’n kerkdiens afgesluit. Luminaria­sakkies word vooraf teen R10 stuk vir die luminaria­seremonie verkoop waarna deelnemers deurnag aan verskeie pretaktiwiteite kan deelneem en pryse uitgedeel word. Die totale bedrag wat ingesamel word, sal ook bekend ge­ maak word. Vir meer inligting hieroor, bel Anne­Marie du Plessis by 0 086 163 2200/082 337 2737.

’n Blinker toekoms wag op ouma en haar agt kleinkinders CHRISTINE SMIT

’n OUMA van 67 van Hexpark wat haar agt kleinkinders tussen die ouderdomme van ses en 15 jaar vroualleen moet grootmaak, het pas die grootste Kersgeskenk van haar lewe ontvang toe koop­ bewyse van meer as R20 000 aan haar geskenk is. Mev. Hessie van Rhijn van die Hexpark­woonstelle was sprake­ loos by soveel onverwagse gena­ de. “Ek kan dit steeds nie glo nie, die Here sorg regtig vir sy kin­ ders,” het dié ouma aangedaan gesê. Dit alles danksy die toetre­ de van ’n welmenende vriendin, me. Debbie Jansen (43), wat aan dieselfde kerk as sy behoort. Van Rhijn is die afgelope jaar of wat deur diep waters. Haar stiefdogter Magdalene is vroeg vanjaar oorlede en haar eie dog­

ter Hester sterf twee weke daarna aan lewerkanker. Hester se vier kinders was nou in haar sorg, aangesien hul pa ook reeds oorlede is. Vyf maande la­ ter sterf haar ander stiefdogter, Sonia, ook ná ’n kort siekbed en vier dae later haar jongste dogter, Esteronia. Van Rhijn het nou agt klein­ kinders gehad om te versorg ­ met net haar pensioen en ’n staatstoelaag vir vier van die kin­ ders. “Ten spyte van die ontsettende tragedie in haar lewe, het Hessie nooit God bevraagteken nie,” het Jansen vertel. “Sy het Hom net getrou bly dien.” Dit was sy (Jansen) wat Kfm se Kerswenslysie gebel het en van Van Rhijn vertel het. Die ra­ diostasie het, in samewerking met winkels in die Mountain

Mill­inkopiesentrum ’n bedrag van meer as R20 000 bymekaar gemaak wat in die vorm van ver­ koopbewyse aan Van Rhijn oor­ handig is. Albany Broodver­ spreiders op Worcester lewer voortaan ook vier vars brode daagliks vir ’n jaar lank by die gesin af. “Ek kan nie beskryf hoe dank­ baar ons is nie. Dit is soos ’n droom ­ ek is skoon bang ek word wakker,” lag Van Rhijn oor dié onverwagse uitkoms. “Ek het weer moed om aan te gaan. Die hand van die Here is oor ons. Ek is net so dankbaar dat Hy my ge­ kies het om hierdie kinders groot te maak.” En sluit op plesierige noot af en sê, ten spyte van die getalle, kom hulle heel goed klaar in haar tweeslaapkamerwoonstel. “Ons meisies slaap in een kamer en die seuns in die ander kamer!”

Me. Hessie van Rhijn (middel) saam met mee. Soné Boshoff (links, bemar­ kingsbestuurder van die Mountain Mill­inkopiesentrum) en Ronél de Vil­ liers (Albany Broodverspreiders Worcester). Foto: Verskaf


16

SOSIAAL

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Gegradueerd: Twee voormalige leerders van die Pionierskool op Worcester, Wil­ lem Venter en Rynhardt Kruger, het onlangs geskiedenis gemaak toe hulle die eerste blinde studente in die geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch (US) geword het om ’n BSc­graad in wiskundige wetenskap te ontvang. Beide het ook die vak rekenaarwe­ tenskap 324 cum laude geslaag. Op die foto is (van links) Kruger, prof. Eugene Cloete (dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe) en Venter. Foto: Verskaf

Christmas party: The Salvation Army last Sunday (December 11) entertained Worcester’s homeless and street people on a Christmas dinner in their hall in Porter Street. This was a joint effort between die Salvation Army and Youth With A Mission (YWAM) which takes place annually. Appoximately 110 people attended and enjoyed themselves in the true spirit of Christmas. A message from the Bible was given by a Korean visitor from YWAM in America and Christmas carols were sung.Photo: Sup­ plied

Dux­leerder: Natasha Campher is as die Hexpark Primêre Skool se Dux­leerder vir 2011 aangewys. Saam met haar op die foto is haar skoolhoof, mnr. Collin Ontong.Fo­ to: Verskaf

Ter afsluiting: Die Kankervereniging van Suid­Afrika (CANSA) het op 9 Desember ’n pasiëntefunksie by die Worcester­hospitaal vir geregistreerde kankerpasiënte gehou. Die pasiënte is getrakteer op lekkernye en geskenkies. CANSA se bestuurspan sê hy is dankbaar teenoor die mense, kerke en ondernemings wat tot die heuglike dag bygedra het. Foto: Verskaf

Dancing champs:

Dancers from the Sondela Dance School in Worcester took part in the Western Cape Championships in the Dance Western Cape competition and excelled in their different sections. The competition was held at Boland College in Worce­ ster. Winners in the Latin section were (back, from left) Lance Mentoor, Urlyne van Heerden and Leroy Prins. In front are Lorencia Mentoor and Jonathan April, who are the new Latin dance champions in one of the adult sections. The others obtained second places. Insert: Maxine Marthinus. Leroy and Maxine’s dancing partners live in Cape Town. Photo: Supplied


GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

By die amptelike inhuldi­ ging van die Khanya­re­ kenaarlokaal by die Le­ moenpoort Primêre Skool was (van links) mev. M. Cupido (voorsit­ ter van die beheerlig­ gaam), mnr. J. Joseph (Khanya­projekbestuur­ der), mev. S. Witbooi (skoolhoof) en mnr. S. Goedeman (munisipale raadslid). Foto’s: Verskaf

Moelich sê totsiens aan die onderwys HILDERINE SCHRÖDER

is veral die leerders by dié skool wat vir hom baie spesiaal is, sê hy. “Hulle is afhanklik NÁ 36 jaar in die onderwys, waarvan 18 van jou en sien jou amper as ’n kruk om by die De la Batskool op Worcester, het op te leun. Die uitdaging is om hulle te help mnr. Gerrit Moelich die tuig neergelê. om aan te pas in die buitewêreld.” Die liefde wat dié leerders uitstraal, lê hom geweldig Gedurende sy tyd in die onderwys het na aan die hart. Moelich ’n reuse-impak op talle jong lewens Gedurende die tyd wat hy senior adjunkgehad, het hy die vreugde ervaar om jong hoof by die De la Batskool was, was daar talent te slyp en die tevregeweldig baie hoogtepunte, denheid om oudleerders vertel die man wat deur kolraak te loop en te hoor van legas as ’n poetsbakker van die hoë vlakke wat hulle in formaat beskryf word. hul eie loopbane bereik het. Dit sluit De la Bat-onderOnderwys is in sy bloed, wysers se deelname aan die vertel Moelich as jy uitvra landwye onderwyserstaking oor sy loopbaan. Sy ma, me. in 2007 in. Anders as baie Hermien Theron (89), was van hul eweknië wat bloot destyds ’n onderwyser op tuis gebly het, het hulle beLaingsburg. Sy was een van sluit om saam met vakbondtalle wat die rampspoedige lede plakkate te swaai. “Die vloed in 1981 oorleef het. uitdrukking op hul gesigte Sy eie skoolloopbaan het toe ons daar aankom, was Moelich by die Hoërskool Mnr. Gerrit Moelich. Fo­ kostelik,” vertel hy laggend. Bonnievale voltooi. “Dit is to: Hilderine Schröder Nog ’n hoogtepunt was die puik onderwysers daar toe ’n leerder in sy Afriwat gemaak het dat ek in die onderwys be- kaans-klas by Zwaanswyk, Britta Hauter, land het. Rolmodelle maak mos dat ’n mens in 1977 die hoogste punte vir dié vak in die in ’n sekere rigting beweeg,” vertel hy. Wes-Kaap behaal het. “Ek was toe nog net Moelich het by verskeie skole onderwys 26!” gegee, waaronder die Hoërskool Overberg Vir hom is dit ’n ongelooflike gevoel om op Caledon, Hoërskool Zwaanswyk en te sien hoe van sy leerders dinge bereik Constantia in Kaapstad, Hoërskool Tyger- en te besef dat hy ’n aandeel daarin gehad berg in Parow en die Hoërskool Goudini op het. Die skool se reünie vir Dowes elke vyf Rawsonville waar hy vir tien jaar die adjunk- jaar is ook vir hom baie spesiaal. hoof was. Laagtepunte was daar ook, soos onder Dit was egter by die De la Batskool waar meer die dood van kollegas wat by die skool ’n nuwe wêreld vir hom oopgegaan het. Dit gewerk het. Moeilich sê sien hy nou daarna uit om meer tyd op die tennisbaan deur te bring en by welsynorganisasies in te skakel. Hy bly aan as koshuisvader by Poplap.

17

Lemoenpoort nou aanlyn GROOT opwinding het op 7 Desember by die Lemoenpoort Primêre Skool geheers toe dié skool se Khanya-rekenaarlokaal amptelik ingehuldig is. Die skool het deur die Wes-Kaapse departement van onderwys se Khanya-projek 16 rekenaars gekry om geletterdheid en gesyferdheid onder leerders te bevorder. Mnr. Jaco Joseph, Khanya-projekbestuurder, het in sy toespraak gesê dat alle opvoedkundige inrigtings teen 2012 met rekenaars toegerus moet wees. Die grootste doel van die projek is om elke onderwyser en leerder rekenaarvaardig te maak en van ’n e-pos-

adres te voorsien. ’n Dag voor die inhuldiging van die rekenaarlokaal het die skool ook ’n vraghouerklaskamer vir gr. R-leerders ontvang. Mnr. Brian Prehn, projekbestuurder van die Read-opvoedkundestigting, het gesorg dat die skool se naam op die skenker se lys van begunstigdes vir borgskappe kom omdat hy geweet het die skool beskik nie oor gr. R-fasiliteite nie. Mev. S. Witbooi, skoolhoof, is in die wolke oor die gr. R-klas van volgende jaar, want baie kinders ontvang tans geen opvoedkundige stimulasie by hul huise nie. “Dit gaan ’n fees wees om leerders in gr. 1 te ontvang wat hul name kan skryf en kleure ken.”

Die splinternuwe vraghouer­klaskamer vir gr. R­leerders.


18

GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Prefekte: Die Roodewal Primêre Skool se prefekte vir 2012 is hier saam met hul skoolhoof, mnr. A.E. van der Merwe (voor, vierde van links), en die Breedevallei Munisipaliteit Foto: Verskaf

se uitvoerende burgemeester, mnr. Basil Kivedo, afgeneem.

Vrou ‘krimp’ CHRISTINE SMIT OM gewig te verloor, is vir meeste ’n opdraende stryd. Net die idee aan honger ly en oefening te doen is genoeg om enigeen reguit kospotte toe te jaag.

Beter ouers: Ouers van die Hexpark Primêre Skool is vir 12 weke lank deur Families Suid­Afrika (Famsa), onder die leiding van me. Sonja Bredell, opgelei. Die tema van die opleidingsessies was Beter Ouerskap. Voor (van links) is die skoolhoof, mnr. C. On­ tong, mee. A. Swarts, Bredell en Kate Signeur saam met van die ouers wat die opleiding­ sessies bygewoon het. Foto: Verskaf

Maar nie vir die 29-jarige mev. Nazli Latief van Worcester nie. Sy het pas van 67 kg ontslae geraak - harde werk, sê sy, maar alles die moeite werd. Dié ma van drie het 149 kg geweeg toe sy haar sowat ’n jaar gelede na Curves op Worcester gewend het. Me. Jennifer de Jager het vir haar ’n eet- en oefenprogram uitgewerk en daarna was dit net vasbyt. Nazli sê haar oorgewig

Kom deel in versoening CHRISTINE SMIT ’n VERTROOSTING- en versoeningsdiens word Sondag (18 Desember) om 14:00 op Kerkplein deur ’n groep interkerklike pastore en leiers aangebied. Onder die spesiale gaste en sprekers is die Breedeval-

lei Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, mnr. Basil Kivedo, die Wes-Kaapse minister van veiligheid, Dan Plato, en verskeie bendelede en pastore wat rondom die tema van versoening en vertroosting sal praat. Almal is welkom om dié geleentheid by te woon en deel

het haar gesondheid begin benadeel. Die gesukkel om klere te kry, het ook net te veel vir haar geword. Selfs haar man, Saqib, was ook later oor haar gesondheid bekommerd. Hy sê sy vrou se eetplan is beplan om by hul Moslem-geloof in te skakel. Nazli sê ’n ander beweegrede vir haar besluit om gewig te verloor is omdat hulle die gesin wil vergroot. Sy en haar man se drie kinders is nou agt, ses en drie jaar. Haar ginekoloog het haar ook gewaarsku om gewig te verloor as sy weer swanger wil raak. Nazli sê sy wil mense wat oorgewig is ten sterkste aanmoedig om gewig af te skud. By Curves het die mense uit hul pad gegaan

om haar te help en van ’n 50+ rokgrootte na groot (large) te “krimp”. Saqib lag en sê mense vra nou waar haar groot suster dan is! En, beklemtoon Nazli, jy kan as jy wil. “Byt vas en drink baie water - en oefen!” Sy onthou die baie pille en ander goed wat sy voorheen gedrink het om gewig te verloor wat net niks gehelp het nie. Nou het sy nie meer kopseer, rugpyn of daardie lui gevoel nie. Sy sê sy voel heerlik gesond as sy klaar geoefen het. As jy jou lewe liefhet, verloor gewig - ook ter wille van jou man en kinders, benadruk Saqib sy mooi, lewenslustige vrou se standpunt oor gewigsverlies. “Enigeen kan dit doen. Ek kan nie vir Curves genoeg bedank vir hoe hulle my in my stryd teen die vet gehelp het nie,” sê ’n entoesiastiese Nazli - en beduie dat sy steeds besig om gewig af te skud!

te word van versoening en die boodskappe van vertroosting. Vir meer inligting of navrae, bel past. Dennis Scheepers by 0 081 577 5115; Jannie van Reenen by 072 324 2676; James Davids by 082 218 2593 of Willem Mampa by 073 427 2431. As die weer Sondag nie wil saamspeel nie en reën bring, sal die dienste na die NG Moederkerk verskuif.

Jaarafskeid:

Die Awendrus­tehuis vir senior burgers op Worcester het onlangs sy jaareindfunksie gehou waar dienssertifikate aan van die personeel oorhandig is. Agter is mee. Diona Jansen (17 jaar), Evelyn Kalamdien (15 jaar), Cherity Willemse (17 jaar), Irene Lekay (17 jaar), Roosa Mienies (17 jaar), Henna Nuku (17 jaar), Pearl Swarts (15 jaar), Soph Alberts (17 jaar), Louise Conradie (17 jaar) en Brenda Engelbrecht (15 jaar). Voor is mnr. T. Gray (voorsitter) en me. Diana Fortuin (bestuurder, 14 jaar). Afwesig: mee. Gina Nomnganga (17 jaar), Rosina Schippers (12 jaar), Suzette Lank (12 jaar), Raney Hendricks (13 jaar) en Marilyn Gertse (13 jaar). Foto: Verskaf


GEKLASSIFISEERD

STANDARD 15 DESEMBER 2011 CAROLUS, HERMANUS. Ek voel nie lekker nie. Ek sien my vader is weggeneem. Ek mis hom elke aand. Hy was 'n goeie pa vir my en ek is baie lief vir Pa. Gilbert.

PIETERSEN, ARON. Geseën was ons met 'n wonderlike pa en oupa. Dankie vir al Pappa se liefde. Van Babie, Lana, Jenine, Clint en kinders. PIETERSEN, ARON. Met hartseer neem ons afskeid van ons geliefde vader en oupa. Jou stem is stil, jou plekkie leeg, maar die pragtige herinneringe sal ons ewig koester. Van Aron, Doreen, Natalie, Deidre en Doriaan. PIETERSEN, ARON. Met hartseer en mooi her-inneringe neem ons afskeid van ons geliefde oupa en vader. Dit het alles so skielik gebeur, maar die Here weet van beter. Van Riet, Poppie en Prudence. PIETERSEN, ARON. Pappa ons harte is stukkend. Baie dankie vir Pappa se onbaatsugtige liefde vir my en my gesin. Pappa was baie besorgd oor almal van ons, ons gaan Pappa ontsettend baie mis. Van Sysie, Marshaline, Shane, Zane en Evana.

CAROLUS, HERMANUS. Ek is baie hartseer en ek mis hom baie. Al is hy nie my regte pa nie is hy soos 'n pa vir my en ek is baie lief vir hom. Biyonce. CAROLUS, HERMANUS. As ek so kyk, dan sien ek Hermanus. Hy was nie net 'n man vir my nie, maar ook 'n vriend. Ek is lief vir hom en sal altyd lief wees vir hom. Ek het hom gemis by die braaidag wat Rainbow gehou het. Hermanus sal altyd in my hart bly. Jou vrou, Lena. CAROLUS, HERMANUS. Pappa sal altyd my pa wees en ek sal pa nooit vergeet nie. Die seer en die verlange is groot. Ek sal dit nooit wys nie. God weet die hoekom en die waarheid. Pa sal die eerste pa wees al is Pa nie meer hier nie. Ek mis Pa baie en is baie lief vir Pa. Stefan.

ADAMS, LEANDRI. My skat, dis jou verjaardag op 17/12/2011. Ek mis jou nog elke dag. Ons moet dit saam gevier het, maar die Here het anders besluit. Ek sê geluk aan jou, alhoewel jy in die hemel is. Ek bly nog lief vir jou. Van Abdul, Karriem en Abdulha. ADAMS, LEANDRI. 17/12/2011 is dit jou 1ste verjaardag weg van ons. Ons mis jou elke dag met trane. Van Mammie, susters en broers. ADAMS, LEANDRI. Geluk met jou verjaardag wat jy in die hemel vier tussen die engele. Die gemis is groot, maar ons gun jou die rus. Liefde, Rita, Rodean en André. ADAMS, LEANDRI. Die gemis is groot, maar Blom, jy sal altyd in ons harte bly. Pink panty laan. Van Willem Flando. BOSTAANDER, JAMES. Veels geluk met jou 60ste verjaardag in die hemel. Van vroulief Johanna, kinders en kleinkinders Wikka, Ashley en Elrico op 18 Desember.

19

STYNDER, ELIZABETH. Geb. 1947/07/27. Gest. 2007/12/10. Vier jaar weg van ons. Die gemis is groot. Johnny en kinders. STYNDER, ELIZABETH. Geb. 1947/07/27. Gest. 2007/12/10. Ons mis Mammie baie. Stewart, Devona en kinders.

DANIëLS, JOHANNES. Jou eerste verjaardag weg van ons. Mis jou baie. Van Elsie, Jacques, Jaymin, Lane en Jan.

FEBRUARY, DORIS. 14/09/1927 - 16/12/2010. Ons dank God vir ouma Doris se lewe op aarde. Die nalatenskap van ouma het ons hele familie diep geestelik verryk. Haar teenwoordigheid in die hemel vertroos ons. Ps. 116 v 15. Die 16de is dit 'n jaar wat jy ons verlaat het, maar jou goeie herinneringe sal altyd bybly. Ferdi, Fiela, Angeline en kinders.

HAAS (NEé LEONARD), KATHLEEN. Geb. 1933/12/03. Gest. 2005/12/14. Op 3 Desember sou dit Mammie se 78ste verjaardag gewees het. Op 14 Desember sal dit 6 jaar wees wat ons met mooi herinneringe aan 'n besondere moeder, ouma en oumagrootjie dink. Mis Mammie nog steeds baie. Kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

ADAMS, LEANDRI. Geluk, Leandri. Ons mis jou baie. Van Melouws en Flando's.

20

GEKLASSIFISEERD

STANDARD 15 DESEMBER 2011 BAIE geluk, Tony. Mag God vandag vir jou gee wat jy nodig het, maar Hy het Sy arms om jou geslaan, Sy hande op jou gelê en jy is geseën. Van Mammie Rens.

HOUTKAPPER, SUSANNA. Kersfees is ons alleen met seer harte, weet ons dis alweer 4 jaar wat Mammie weg is, maar ons gun Ma die rus. Houtkapper-gesin.

KRUGER, MARIUS. 02/05/1985 - 17/12/2010. My seun, jy is nou 'n jaar by ons Hemelse Vader. Dit was 'n moeilike jaar, ons mis jou elke dag ontsettend baie. Saans wanneer ek opkyk, weet ek jy is tussen al die mooi blink sterretjies. Liefde, Mamma, Pappa, Jaco en Ralda.

LUCAS, WILLIE. 31/12/2011. Your 1st birthday in heaven. Miss you. Sometimes with a smile, sometimes with a tear. Love, Mary, children and grandchildren.

WILLIAMS, CHRISTINA MAGDALENA. Raai wie is 80 op 16 Desember? Jou eerste verjaardag weg van ons. Ons gaan jou baie mis. Van jou 3 dogters. WINIFRED LUCILLE ANTHONY (JANSEN). Geb. 1957/12/12. Gest. 2006/05/04. Kerstyd is wanneer families bymekaar kom en dis gedurende hierdie tyd dat ons die meeste na mammie verlang. As 'n familie is ons baie beproef hierdie jaar, maar ons sal Mammie se voorbeeld altyd volg en dit is dat familie eerste kom en mekaar deur moeilike tye bystaan. Ons dink aan Mammie op Mammie se verjaardag en troos ons in die goeie tye wat ons gehad het. Met baie liefde, Renee, Lesley, Toni, Nashreen, Owen en Rayno.

FREDERICKS, MARIA. Langs hierdie weg wil ons vir een en elk ons opregte dank en waardering uitspreek vir u bystand en ondersteuning en liefde met die heengaan van ons dierbare moeder. Van kinders Francois, Shaun, Alastair, kleinkinders en eggenoot, Gertjie.

TITUS, CLARENCE. Baie geluk met jou prestasie van 5 onderskeidings. Van Theron-, Saunders-, Jaftha- en Cupido-gesin

RAAI wie is 50 jaar oud vandag die 13de Desember? Ons eie moeder en vrou, Christina Burger. Baie geluk, Mammie. Hoop jy geniet die spesiale dag. Ons is lief vir jou. Van jou man, Ramon en Ashmean en kinders.

GUESS who is 50 on 28/12/2011? To an awesome mother. Praying mother, loving mother and pilar of strength. Thank you, Mum i'm your biggest supporter. Love you. Happy blessed birthday. Morné.

RAAI wie's 40?

SAY it aint so. Charles is gonna be the big 6-0 on December 23. Lots of love, Gawa, children and grandchildren.

HOERA! Geluk, Jea-Vino en Elisna, met julle verjaardag. Geniet jul dag. Adler-gesin en jou kollegas.

GELUK met jou 30ste verjaardag. Van Ma, Pa, susters en broers.

HAPPY birthday, Etta. May you have a blessed day. From your friends and your best friend, Godvin.

GUESS who is 10 on 25/12/2011? Happy birthday. Lots of love, Mommy, Daddy, Veyoun and Luayne.

RAAI wie raak 1 op die 24ste Desember? Keano. Baie geluk. Van Mamma, Dadda en familie.

RAAI wie word 1 op 30 Desember? Gods rykste seën, Fantacia Botha. Van Pa, Ma, oupa Elf, ouma Drieka.

JOOSTE, NELLIE. 1 jaar van ons geskei. Die verlange, gemis en onthou is elke dag. Van seun en gesin.

VALENTINE, MAUREEN. On December 24 it will already be a year since you passed away. It's empty and painful to believe you are not here anymore. Remembering you is easy and we do it every day. Missing you is the hardest part as it never goes away. To hear your voice, to sit with you for a while would be our greatest wish. We were blessed to have a mother and grandma like you. Mummy, we shall always love and remember you. Your daughter, Laurette, son-in-law, Goddard, and grandchildren.

OCTOBER, FANIE. Op die 16de jou tweede verjaardag in die Hemel en op die 27ste twee jaar van ons geskei. Mis jou oneindig, maar weet jy is veilig by Jesus. Van jou vrou, Zenobia, en kinders, Virgil, Octavia en JP.

VAN NIEKERK, PATRICK. 16/12/2009 - 16/12/2011. 2 Years gone and we will always treasure the good memories. 26/12/2011 will be your 3rd birthday away. We will always miss you. From Paulse family.

BRIDGING cash while waiting for pension/ package payout (lumpsum only). Cash same day. Ph. (021) 949 0930.

22/12/2011. By Gods grace you turned 21. We know his grace keeps you all the days of your life. Congratulations on your 21st birthday. Love, Mommy, granny, great grandmother, aunties, uncle, nieces and nephews.

LIEWE Mamma, op 13 Desember is dit die dag wat jy 81 jaar met ons is en verder wens ons jou Gods rykste seën toe. Van Dina, Quinton en kinders.

GUESS who is 1 on 12/12/2011? Mamma, Pa, Mommy, Dadda and Nanna.

4 BEDROOM house to rent in Esselen Park. Call 083 668 1504. DRIE-slpk.- meenthuis met motorhuis en koopkrag in Russellstraat. Verwysings noodsaaklik. Beskikbaar 1 Jan. 2012. R3 500 pm. water ingesluit. Bel Jacques by 082 828 3775. EEN-slpk.- woonstel. Water ingesluit. Koopkrag. Onderdak -parkering. R2 975 plus dep. Onmiddellik beskikbaar. Kontak Linda 076 684 2417. GULDENLAND Nr. 1 (naby Worcester-Hospitaal). 2- slpk.- dupleks woonstel in veiligheidskompleks.Lugreëling, veiligheidshekke, ingeboude kaste, enkel motorhuis. R4 200 pm. Beskikbaar vanaf 01/01/2012. Skakel David by (023) 342 0630 of 082 821 4597.

2 KOMBUISKASTE (1 hout en 1 staal) R1 000. 4-plaat stoof R950. Mikrogolfoond R350. 082 438 5756. 2009 Vuka XL 110. Prys R4 000. 071 314 2727. COMPUTER keyboards, speakers, mouse. reduced-glare screen & numerous useful cables R150 ono. Phone 072 379 4370. WIT OLIFANT UITVERKOPING. 16 Desember 2011 vanaf 08:00 - 13:00. Slegs kontant. Geen bêrekoop. Voorbeelde - kom kyk daar is baie. Dennehoutlaaikas, kombuisgoed, bed en linne, snuisterye, nuwe boeke, houttuinrandjies, 6sit-plek-plastiektuintafel (sonder stoele), 2de handse klere, handdoeke, joblots-hardeware en houtlengtes. BEIGE & Brown 4-drawer lockable filing cabinet R800. Ph. 072 379 4370. BLOU Eurotrac 2007 motorfiets. In goeie toestand. R7 500 ohb. Ulrich 073 513 9452/ 023 347 5007. BRAND new unworn: elegant evening punjabi, size 12/14, R300. Bling polo stretch knit top, R75. 072 379 4370. CANON Sure-shot camera (reel) with case R250. Ph. 072 379 4370. CHELINO pram met infant car seat, camping cot. Ph. 076 788 0805. UNUSED set car seat covers R79. Ph. 072 379 4370.

MEUBELVERVOER N.J. (Otto). 20 jaar ondervinding. Persoonlike toesig. Enige trek. 082 708 9447/023 342 0286.

STANDARD 15 DESEMBER 2011 FLORIANPARK. Gemeubileerde 1 slpk. woonstel, 1 Februarie 2012. R2 500 plus dep. Water en ligte ingesluit. Skakel 082 677 7223, of (023) 342 4415. VAN RIEBEECKPARK. Ruim woonstel enkelpersoon. Woonkamer plus slaapkamer apart. R2 500. pm Beskikbaar 1 Januarie. Skakel 084 5127 353.

2009 Toyota Corolla 1.6 Professional. 37 000 km. As new. R145 000.00. Ph. 083 799 1264 or (023) 347 5526. OPEL ASTRA '98 fullhouse. Good condition. Roadworthy. Very good enjin alarm. R37 000. Ph. 071 370 7717. OPEL Monza 1.6 fuel injection, mags and frontloader. R24 000. Skakel 072 408 7401.

GUESS who's 3 on 25/12/2011, Tony. Happy birthday, Tony. Hope you enjoy. Love, Mommy and the family.

RAAI wie is 21? Van Besend-familie.

HAAS-FAMILIE. Dankie aan almal vir die bystand tydens die heengaan van Ilario Haas. Dit word opreg waardeer.

BANK declined for vehicles? We can assist in obtaining vehicles for you! Contact Henk 071 583 6164. Email: blautotraders@hotmail.c om.

CARRON baie geluk met jou verjaardag. Mammie.

GELUK, Rebecca, met ons 30ste huweliksherdenking. Ek is baie lief vir jou. Van jou liefste man, Gert.

GELUK met jou mondigwording, Ettienne, op 31/12/2011. Van Mammie, Daddy en gesin. MAY, LUCAS WILLIAM. Gest. 2010/12/14. Reeds een jaar weg van ons. Die gemis is groot. Daar gaan nie 'n dag verby sonder dat ons aan oupa dink of praat nie. Rus veilig in Jesus se arms. Van Medwin, Desiree en Junior. MAY, LUCAS WILLIAM. Op 14 Desember is Daddy 'n jaar van ons geskei. Tyd gaan so vinnig verby, maar herinneringe bly voortleef. Van Hilton, Veronica, Veruska en Hilver.

2 RINGNEKVOëLS met hok te koop. 023 342 8823. 2 RINGNEKVOëLS met hok te koop. 023 342 8823.

GEKLASSIFISEERD

VERSKEIE wonings te huur. www.rentbay.co.za. SPRINGKASTELE te huur. Verskeidenheid opblaas pret. Ook tafel en stoeltjies. Marie 083 575 6942.

AS u 'n erf soek in die Oude Meule kompleks, skakel Piet (Mossie) Botha by 083 2846 748 of (023) 342 2296.

ACCOUNTANT TRAINEE/JUNIOR ACCOUNTANT. Just completed your studies or studying parttime, need to complete your accounting practical phase? Forward CV to HR@mind2mature.com.

LOANS. R1 000R50 000. Fast pay-outs, garnishee blacklisted welcome. Contact Sharon 083 819 3947. 1210 CASH LOANS. Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Skakel (021) 762 9079. NEED a loan? Bring along 3 months bank statements, latest payslip and S.A. ID book. Contact Arnold 071 501 1868 or fax 023 347 8978. Blacklisted and garnishees welcome.

LENINGS!! R10 000 R100 000. 5min. preapproval, sameday payout. Blaclisted, garnishees welcome. Fiona 082 422 2271.

21


22

SPORT

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Skryf nou in vir Fit2Run­aflos

Krieket span uit ALVER UYS NA al die opwinding van die afgelope ruk se 50 boulbeurteaan-’n kant en Jive 20/20-kompetisies onder die vaandel van die Boland Krieketraad, word daar vir eers halt geroep. In die Premierliga se A-seksie hervat Worcester United A eers weer sy verpligtinge op 18 Februarie 2012 wanneer hy in ’n weg-

wedstryd teen Brackenfell te staan gaan kom. In die Premierliga (B-seksie) speel Ceres Sondag 4 Maart volgende jaar wanneer hy in ’n wegwedstryd teen Darling te staan kom. Robertson A speel ook eers weer op 4 Maart 2012 wanneer hy Malmesbury op Malmesbury die stryd aansê. In die Eersteliga-afdeling van Noord-Boland word ligaverpligtinge op Saterdag 14 Januarie

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

2012 hervat. Worcester Korrektiewe Dienste speel dié dag weg teen Tulbagh Pioneers, terwyl Touwsrivier A tuisveld-voordeel gaan geniet vir sy wedstryd teen Worcester Moslems. Worcester United B speel tuis op Bolandpark teen Robertson B, terwyl Koue Bokkeveld tuis te staan kom teen Touwsrivier B. Wolseley speel op 14 Januarie tuis teen Ashton, terwyl Ceres B tuis speel teen De Doorns. Worcester Victorians geniet ’n loslootjie en speel eers weer op 21 Januarie wanneer hy op Esselenpark kragte meet met Ceres B.

ATLETE wat aanstaande jaar aan die Fit2Run-sake- en skole-aflos wil deelneem, kan nou reeds vir dié prettige geleentheid inskryf. Met vanjaar se byeenkoms, wat ’n reuse-sukses was, hoop die organiseerders, mnre. Norman Ontong en Kosie Koopman, dat aanstaande jaar se aflos op 7 Maart nog meer spanne sal lok. Volgens Ontong en Koopman het 120 spanne aan verlede jaar se aflos deelgeneem en hoop hulle om aanstaande jaar sowat 150 spanne te lok om teen mekaar mee te ding. Omdat dít die maksimum aantal spanne is wat aan die wedloop kan deelneem, word spanne aange-

moedig om so gou as moontlik in te skryf om hul deelname te verseker. Aanstaande jaar se aflos sal weer vanaf 15:00 by Kerkplein plaasvind en sal soos hierdie jaar ook ’n afdeling vir laer- en hoërskole hê. Fit2Run bied ook op 3 Februarie sy eerste hoërskole-uitdaagkompetisie – die Lucas McLeod-baanuitdaging – aan. Vir meer inligting, inskrywingsvorms en reëls, kontak 0 082 828 1047 of 084 332 3973, of stuur ’n epos na info.fit2run@gmail.com, stuur of besoek die webtuiste www.fit2run.co.za. . Fit2Run het op 15 Januarie aanstaande jaar om 19:00 ’n ouervergadering by die NG Kerk in Riverview.

BREEDE EIENDOMME Kweek jou eie kruie, groente hier VANDEESWEEK se skouhuis, aangebied deur Rawson Eiendomme, is slegs ’n klipgooi buite Worcester. Geleë in een van die pragtigste valleie in die Wes-Kaap, is dit ’n kopie wat nie gemis kan word nie. Die 4,2 ha kleinhoewe is ten volle pro-

duktief. Met 16 splinternuwe kweektonnels en ander aanplantings is dit beslis ’n winsgewende lopende saak vir kopers wat graag hul hand wil waag aan die kweek van kruie, groente, vrugte en saailinge. Die eiendom het Eskomkrag en meer

as genoeg water. Die pragtige woonhuis met twee woonstelle en swembad word omring deur ’n lushof van ’n tuin. Store en koelkamers verleen verdere waarde aan die eiendom. Vir meer inligting of besigtiging, bel Lorraine Theron by 0 084 512 7388 of 023 347 2144.


SPORT/SKOLE

STANDARD 15 DESEMBER 2011

Racing selections for Saturday, December 17 at Kenilworth:

4. Bermuda Sloop (9) 5. Super Elegant (10)

Race one: Strike Alliance Maiden Plate (F&M) 1 200 m: 1. Dumani (1) 2. Herecomesthebride (2) 3. Cupido’s Kiss (9) 4. Entrenched Emblem (11)

Race seven: WPOTA Diadem Stakes (WFA, Grade 2) 1 200 m: 1. Ebony Flyer (10) 2. Delago Deluxe (Aus) (11) 3. What A Winter (1) 4. Captain Secret (3) 5. Splash Gold (2)

Race two: Equi-Feeds Maiden Juvenile Plate (F) 900 m: 1. Skweleti (15) 2. Our Way (10) 3. Alanna Alone (2) 4. Albert’s Choice (3) Race three: New Turf Carriers FM 100 Handicap (F&M) 1 200 m: 1. Fragrant Al (1) 2. Annie Be Quick (7) 3. Captain’s Emblem (2) 4. Tryst (5) Race four: Maiden Plate 1 600 m: 1. Shanghai Kid (13) 2. Bronco Buster (4) 3. Premium Wood (12) 4. Lammy (6) Race five: Jet Master Stakes 1 600 m: 1. Tales Of Bravery (1) 2. Lancelin (9) 3. Kiss Again (3) 4. Emerald Cove (5)

Pool­presteerders:

Spelers van Noord­Boland 8 Ball Pool is verlede Saterdag vir hul prestasies die afgelope jaar vereer. Abré Fransman (voor, naaslinks) is as speler van die jaar aangewys met Deonette Jonkers (tweede ry, vierde van links) as sportvrou van die jaar en Marlon Levendal (agter, vyfde van links) as junior speler van die jaar. Foto: Verskaf

Race six: Victress Stakes (Grade 3) 1 800 m: 1. Beach Beauty (1) 2. Hollywoodboulevard (2) 3. Tick Tock (6)

Die tuisspan het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Na slegs tien beurte het Touwsrivier gesteier op 33/3. Marvin Nicholas (19) en Clayton Isaacs (49) het daarna goed vasgeskop. Na Nicholas se vertrek het die kaptein, Hilton Smith (36 van 28 balle), en Isaacs die beurt verder aan die gang gehou. Hilton Rooi (15) en Riaan Smith (9 n.u.n.) het ook bygedra dat Touwsrivier 195/8 op op die telbord plaas ná hul 50 beurte. Die Ashtonboulers, Ricardo Paulsen (3/42), Audrin Damons (2/32) en Lorenzo De Wee (2/21), het elkeen hul tien boulbeurte

goed gebruik. Dit was egter Ashton se kolwers wat nie die mas kon opkom nie. Die openingspaar Devon Plaatjies (2) en Nahim Juries (0) was albei gou terug in die kleedkamer met Ashton se telling op 3. Slegs Bradley de Vries (14), Gerswin Stanfliet (15) en Lorenzo de Wee (18) het die tuisspan in die prentjie probeer hou. Die 21-jarige Andrey Abrahams van Touwsrivier was egter in ’n verwoestende bui. Hy behaal 5/22 met die bal in sy nege beurte. Hy is goed ondersteun deur Hilton Smith (1/24), Heinrich Prins (1/0), Riaan Smith (1/11) en Clayton Isaacs (1/0). Ashton kon slegs 90 lopies bymekaar skraap na 27,1 beurte. Dit het aan Touwsrivier ’n oorwinning besorg van 105 lopies. Touwsrivier se tweede span

was egter nie so gelukkig teen Robertson se naasbestes op Robertson se tuisveld nie. Hulle het met 98 lopies verloor. Robertson behaal 177 en Touwsrivier antwoord met 79 lopies. Robertson se kolwers Naven Padiachy (22), Christopher Lekay (25), en veteraan Jeremy Lukas (46 nie uit nie), het goeie lopies aangeteken. Suksesvolle boulers vir Touwsrivier was Thomas Louw (2/26), Johnny Visser (2/34), Lionel Bostander (1/14) en Heinrich Fritz (3/26). In Touwsrivier se kolfbeurt was dit slegs Lionel Bostander (25) wat dubbelsyfers kon behaal. Navensamy Stanfliet (4/12) en Christopher Lekay (3/15) was Robertson se suksesvolste boulers. Touwsrivier krieketklub se krieket- en familiedag vind môre (Vrydag) om 08:00 op die Steenvliet krieketveld plaas. Die Stanley Pietersen- spanne sal dan weer teen die Moos Nicholas-uitnodigingspanne kompeteer. Die prysuitdeling vir skoliere wat aan die Stanley Pietersen-krieketweek deelgeneem het, vind om 18:00 in die sportsaal plaas.

’n Kop vir skaak: Die Rawsonville Primêre Skool se A­skaakspan het vanjaar vir die derde agtereen­ volgende jaar die Worcester­skoleskaakligakompetisie gewen. Hulle het ook in Augustus die Boland­skole­ skaak­interskolekompetisie gewen en vierde geëindig in die Wes­Kaap­kompetisie. Op die foto is die lede van die span saam met ’n onderwyser, mnr. Voigt, en hul afrigter en spanbestuurder, mnr. J. Rabie. Foto’s: Verskaf

Race eight: Cape Premier Yearling Sales Guineas (Grade 1), R1 million, 1 600 m: 1. Princess Victoria (13) 2. Silver Flyer (1) 3. Gimmethegreenlight (3) 4. Variety Club (2) 5. Liancourt Rock (Aus) (6) 6. Depardieu (4) Race nine: Kuda Insurance Handicap (MR 86) 1 200 m: 1. Bad Winter (3) 2. Laurie’s Gold (4) 3. President Of Pop (11) 4. Captainoftheguard (6) Race ten: CTS Maiden Plate, 1 200 m (not included in PA/Jackpot/Pick 6): 1. Flightofthephoenix (1) 2. Albarakah (9) 3. Lake Superior (3) 4. Rock The Country (17) Place accumulator: 1,5,7x4,12,13x1,3,5,9x1,2x10x3,13 x 3,4,11. Jackpot: 1,3,5,9x1,2,3,6,9x10x1,2,3,13. Pick 6 (10c unit): 1,4(9),5,6,12,13x1,2,3(9/11),5x1,2(4),3( 7/8),9x10x1,2(8/10/12),3,13x1,2(3),4,5,6 ,8,11.

Skaakkam­ pioen: A. Ra­

Touwsrivier oorrompel Ashton op sy tuisveld ASHTON se krieketspan het Saterdag (10 Desember), op hul tuisveld, sleg tweede gekom teen Touwsrivier se eerste span.

23

bie, die Raw­ sonville Primêre Skool se nom­ mer 1­skaakspe­ ler, het vanjaar al sy wedstryde in die skoleliga gewen en was ook die wenner van die Worces­ ter­skoleskaak­ toernooi en Worcester se skoleskaakspe­ ler van die jaar.

Victorians seëvier ALVER UYS DIE krieketspan van De Doorns het Saterdag tweede beste daarvan afgekom toe Worcester Victorians hom in ’n Eersteliga-wedstryd oor 50 boulbeurte met 76 lopies verslaan het. Victorians het eerste gekolf en teken in 41 boulbeurte 179 lopies, almal uit, aan. Hiervan kry W. Nimrod 42, C. September 36 lopies, G. Pietersen 23, C.J. Scholtz 24 en A. Oranje teen die einde ook ’n stewige 20 lopies. Vir De Doorns neem G. Wagen-

Gholf: Bonnievale (72): Enkel-syferplus: M. van Niekerk+18, E. van der Bank +12, P. Dryer +7, L. Wentzel +4, C. van Zyl +4. Ceres (72): Enkel-Stableford: M. Heroldt 43, A. Nieuhoudt 42, T. de Kock 42, P. Kruger 41, L. Brink 39, A. Mulder 39. Montagu (72): Enkelspel-Stableford: P. Fouché 42, J. Rossouw 41, J. Kriel 41, K. Esterhuyse 41, W. Kriel 41, H. Thiart jr. 40, R. Kriel 40, J. Hendon 40, H. Gouws 39, L. Denysschen 39, J. Spangenberg 39, W. Wentzel 39, R. Bruwer 39, F. Fourie 39, C. Crafford 39, F. Theron 38, R. van Eeden 38,D. Blacklaws 38. Riverside (72): Houespel: S. Martinus 69, A. Smith 71, S. McDonald 74, N. Jeftha 75, D. Fredericks 75, S. Adonis 76. Robertson (72) Samespel-Stableford: M. Swart en P. du Toit 47, N. Croy en G. Pieterson 46, K. Myburg en U. Viljoen 45, C. du Toit en A. Smuts 45, D. Purcell en M. Sharkey 45, R. Steyl en E. du Plessis 45, E. Swart en J. Swart 44, E. Moller en H. Eksteen 44, J. van Schoor en P. Swart 43, J. Baard en B. Raimondi 43, S. Schreve en R. de Jongh 43, E. Bruwer en A. Coetzee 43, W. Douries en K. Keffers 43.

stroom in sy 10 boulbeurte 3/35, A. Dempers in 7.4 boulbeurte 1/34, G. Pieterse 3/37 in 7 boulbeurte en D. Fuller 1/34 in 7 boulbeurte. De Doorns gaan hierna kolf en word in die 47ste boulbeurt uitgeboul vir 103 lopies met openingskolwer J. Amsterdam wat 37 lopies bydra, G. Steyn 21 lopies en Fuller 12 Vir Worcester Victorians neem Pietersen 2/10 in 6 boulbeurte waarvan een leeg was. Veteraan P.C. Mars neem 2/31 in 7 boulbeurte met een boonop leeg. Dit was egter Scholtz wat met die bal skitter en neem hy 5/29 in 10 boulbeurte om dié oorwinning vir die Worcesterspan te verseker.

Worcester (72): Samespel-Stableford: F. Hugo en W. Mulder 50, H. Joubert en L. Lambrechts 48, R. van Schoor en J.H. Hofmeyer 45, P. Cleghorn en P. Barendse 45, A. de Wit en G. van der Merwe 45. Sokker: SAB-streeksliga: Idas Valley 2, United 1; City Killers 2, Kayamandi Hot Spurs 0; Jamestown 1, Mbekweni Sundowns 0; Maties 5, Glenview Aces 0; Mighty Peace 6, Mighty Five Star 2; United Pirates 7, Athletico 0; View of Hope 0, Franschoek United 4, Glen Eagles 1, FCLM 1. Atletiek: Worcester Atletiekklub: Niel Joubert-plaaswedloop 13 km, 30/11/2011: Natalé Roelofse 1:02:40, Hennie Liebenberg 1:13:39, Magda Knoetze 1:17:26. Vital Run Lourensford 21,1 km, 3/12/2011: Jan Theunissen 2:58:10, Freddie Nel 2:58:10. Metropolitan 10 km, 7/12/2011: Natalé Roelofse 0:48:33, Vondra Singleton 0:58:00. Avbob 15 km, 10/12/2011: Natalé Roelofse 1:17:22, Vondra Singleton 1:26:28, Buks van Tonder 1:32:25, Elize van Tonder 2:05:44.


DONDERDAG 15 DESEMBER 2011

Overhex wen lusern-krieket HILDERINE SCHRÖDER NIE eens ’n tierende wind wat boul- en kolfwerk bykans onmoontlik gemaak het kon die geesdrif onder jong lusernkrieketspelertjies demp toe hulle die afgelope Saterdag (10 Desember) vir hul finale wedstryde van die jaar aangetree het nie. Leerders van Overhex Primêr, BoDoornrivier Primêr, Nieuwe Morgen Primêr, Rawsonville Primêr en Glen Heatlie Primêr het aan die toernooi by die Fanie Otto-sportterrein by De Wet deelgeneem. Weens die gure weer moes boulbeurte van die normale 20 in lusernkrieket na tien beperk word. Lusernkrieket, wat fokus op kinders in plaasgemeenskappe, is verlede jaar deur die plaaslike polisie op die been gebring om kinders in die landelike gebied op ’n positiewe wyse besig te hou en só van die slagysters van misdaad weg te hou, sê kapt. Pieter Pienaar, hoof van die Worcester-polisie se landelike beveiligingseenheid en oorspronklike

inisieerder van lusernkrieket. Dié inisiatief geniet ook die steun van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM). Die opening van Saterdag se toernooi is deur die uitvoerende burgemeester van die KWDM, mnr. Neels de Bruyn, asook mnr. Basil Kivedo, uitvoerende burgemeester van die Breedevallei Munisipaliteit, bygewoon. Hulle het selfs hul hand aan die bal en wilgerlat gewaag - tot groot vermaak van die jongspan. Ondanks die sterk wind wat by tye die bal van koers af gewaai het, het etlike jong spelers uitstekende boulen kolfvaardighede ten toon gestel en is verskeie viere en sesse onder luide toejuiging van die toeskouers aangeteken. Bo-Doornrivier en Overhex het mekaar uiteindelik in die finale wedstryd van die bekerkompetisie die stryd aangesê, met Nieuwe Morgen en Glen Heatlie wat in die plaatkompetisie kragte gemeet het. In die bekerkompetisie het Overhex koning gekraai, met Glen Heatlie die wenner van die plaatkompetisie. ’n Span, spottenderwys die Proteas gedoop, is ook dieselfde dag aangewys om die volgende dag (Sondag) teen Namibië op Bolandpark kragte te meet. Namibië het dié wedstryd gewen.

Lusernkrieketspelertjies van vyf landelike skole het Saterdag alles uitgehaal om met die beker vir die Vallei se wenspan weg te stap. Foto: Hilderine Schröder

United se tweedes wen ALVER UYS DIE B-span van Worcester United het Saterdag op Bolandpark vir Worcester Korrektiewe Dienste met vier paaltjies in ’n Eersteligawedstryd van die Boland Krieketraad verslaan. United het die loot gewen en stuur die bewaarders in om eerste te kolf, maar word almal in die 47ste boulbeurt uitgeboul vir 185 lopies. Hiervan kry Ricardo Baxter 36 lopies, wat ’n ses en vyf viere ingesluit het. Ander goeie bydraes het gekom van Avron Cupido met 30 lopies (1x6,3x4), Marco Phillips, ook 30 lopies (2x4), en Rudi van Rooy

met 20 lopies, wat ’n enkele vier ingesluit het. Vir Worcester United neem Jerome Amsterdam 3/43 in 10 boulbeurte waarvan twee leeg was, Danwill Pienaar 2/37 in agt boulbeurte en Dwayne Muggels 2/39 in nege. United gaan hierna kolf en behaal 186/6 in 40.4 boulbeurte. Dit danksy stewige bydraes deur Elton Sass, wat 37 onoorwonne lopies bydra met twee viere, terwyl Jerome Booysen 29, n.u.n. met vyf grenshoue kry. Ander goeie bydraes was van Hadley Alberts met sy 24 lopies , wat ’n ses en twee viere ingesluit het en Pienaar met 22 lopies en twee viere. Vir die bewaarders neem Van Rooy 3/24 in 10 boulbeurte waarvan drie leeg was, terwyl Devon Cremon 2/50 in vier boulbeurte plattrek.

Ceres wen laaste 2011­krieketstryd CERES se eerste krieketspan het die afgelope naweek sy belangrike wedstryd teen die manne van Malmesbury met 48 lopies gewen. Mike Barnard, Ceres se kaptein, het die loot gewen en besluit om te kolf. Hy het egter sy paaltjie in die eerste beurt verloor met nul agter sy naam. Ceres het gesukkel in die winderige weerstoestande, maar JC Goosen (12) en Stephan Niemann (20) het ’n goeie vennootskap van 38 lopies aangeteken. Ná hul vertrek was dit Charl du Toit met 28 (4x4) wat kopgehou en die boulers trotseer het met aanvallende houe.

JC Hagen met 26 (3x4) het by Du Toit aangesluit en saam gesorg vir ’n vennootskap van 36 lopies om die negende paaltjie. Ceres is in die 46ste beurt uitgehaal vir 149 lopies. Vir Malmesbury het Edwill Leander 3/17 geneem en Donovan Dudley 2/11. Malmesbury het hierna gaan kolf en 101 lopies in 30.5 beurte aangeteken. Vir Malmesbury het Keith Bruintjies 22 (2x4) aangeteken en Byron Lottering ook 22. Vir Ceres het Craig Louw 3/20 geneem en Hagen 2/17. Ceres vat nou ’n welverdiende ruskans en is weer op 7 Januarie volgende jaar terug op die veld wanneer hy tuis teen Malmesbury speel. Registreer: Worcester Atletiekklub hou vandag (15 Desember) van 17:30 tot 19:00 ’n registrasie-aand by die De la Bat-swembad. Klubtariewe vir 2012 is R170 vir seniors (R90 vir ’n lisensie en R80 as klubgeld) en R70 vir juniors (R40 vir ’n lisensie en R30 as klubgeld). Lisensies sal net vrygestel word ná ontvangs van die klub- en lisensiegeld. Elektroniese inbetalings word aanvaar by: Worcester Atletiekklub; Rekeningnommer: 712 063 467; Bank: Absa; Takkode: 632 005; Rekeningtipe: Lopende. Gebruik ’n van en voorletter, sowel as Registrasie 2012 as verwysing. Bring ’n bewys van betaling saam. Juniors moet ’n afskrif van hul ID of geboortesertifikaat bring.

Worcester Standard Edition15.12.11.pdf  

Worcester Standard Edition15.12.11.pdf

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you