Page 1

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 27 Junie 2013

Prys: R4.90

Zweletemba to be beautified 2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Aanval op burgemeester ‘polities’

3

Oudburgemeester sterf 7

WORCESTER: WASGOED TUSSEN VERKEERSLIGTE GEHANG

Verset ontwrig sakekern

HILDERINE SCHRÖDER

Middageteverkeer het verlede Woensdag (19 Junie) tot stilstand gekom toe ’n groep vroue ’n wasgoeddraad met wasgoed tussen twee verkeersligte op die hoek van Hoog- en Baringstraat gespan het. Die vroue, onder leiding van Women on Farms, het geprotesteer teen onder meer onwettige uitsettings, gebrek aan behoorlike behuising en haglike lewensomstandighede wat baie van hulle moet verduur. Die sowat vyftig vroue, hoofsaaklik plaaswerkers en voormalige plaaswerkers, het memorandums aan die Breedevallei Munisipaliteit (BVM) en departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming oorhandig. Hul poging om ook ’n memorandum aan die landdroshof te oorhandig het gefaal ná hulle hul afspraak met die senior staatsaanklaer gemis het. Dít het tot gevolg gehad dat die vroue in die middel van Adderleystraat gaan sit het. Hulle het dié “blaaskans” gebruik om middagete te geniet. Die vroue se vreedsame optog kom op die herdenDonderdag 17 ° C

king van die dag waarop die gewraakte Wet op Grond in 1913 die lig gesien het. “Duisende inheemse mense is deur dié wet van hul grond ontneem,” het Colette Solomon, waarnemende direkteur van Women on Farms, gesê. Die groep het veral stem dik gemaak teen die toestaan van uitsettingsbevele sonder dat die hof vooraf seker maak dat alternatiewe akkommodasie beskikbaar is vir dié wat uit hul huise gesit word. Van die vroue sê hulle is sonder heenkome en sonder hoop. “Ons wil net ’n stukkie grond hê wat ons ons eie kan noem,” het een met die oorhandiging van een van die memorandums gesê. “Ons word geklassifiseer as tweedehandse citizens. Ons menseregte word misken,” het een van die vroue oor hul lewensomstandighede in plakkerskampe gesê. Volgens die vroue is die pas van landelike ontwikkeling en grondhervorming te stadig. Die groep het onder meer van die BVM geëis dat behuisingsontwikkeling bespoedig moet word. Hulle het die onderskeie instansies twee weke gegee om op hul eise, soos uiteengesit in die memorandums, te reageer.

Gedeeltelik bewolk

Vrydag 20 ° C

Die groep het in die middel van Adderleystraat voor die polisiekantoor gaan sit toe die senior staatsaanklaer hulle nie te woord gestaan het nie ná hulle ’n afspraak met haar gemis het. Hulle het van dié geleentheid gebruik gemaak om middagete te geniet. Verkeer in Hoogstraat het verlede week tot stilstand gekom toe betogende vroue ’n wasgoeddraad tussen twee ver­ keersligte gespan het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER Mooiweer

Saterdag 18 ° C

Mooiweer

Sondag 18 ° C

Mooiweer


2

Standard

Nuus News

27 Junie, 2013

Koeries onskuldig op klag Touch of beauty for Zweletemba van seksuele teistering MATTHEW SHELDON

HILDERINE SCHRÖDER

braai ná ’n spanbougeleentheid in November verlede jaar. Volgens Koeries Hy het geweet die was dit egter die klawaarheid sal seëer wat ’n oorlas van vier. Só sê Winsten haarself gemaak het. Koeries, superintenOp ’n selfoonvideo dent by die Witzenwat by die geleentberg Munisipaliteit heid geneem is en in se verkeersafdeling, die Standard se besit ná hy vandeesweek is, kan die klaer gein ’n interne verhoor Winsten Koeries sien word waar sy onskuldig bevind is ARGIEFFOTO uitlokkend dans en op ’n aanklag van in ’n stadium haar agterstewe seksuele teistering. Dié uitspraak bring ’n einde teen Koeries druk. Volgens Koeries het hy haar aan ’n maandelange stryd om sy onskuld te bewys, sê Koeries. Hy probeer wegdruk, maar het sy is vasbeslote om ook sy onskuld voortgegaan met haar optrede. Die Standard het vroeër vante bewys op die aanklag van wangedrag wat verlede jaar teen hom jaar berig dat ’n strafregtelike aanhangig gemaak is. Hy is ty- aanklag van seksuele teistering dens sy interne verhoor skuldig wat die klaer ook teen Koeries gebevind op dié aanklag wat spruit lê het, nie die hofrol gehaal het uit uitlatings wat hy verlede jaar nie. Die munisipaliteit het egter op Facebook gemaak het. Vol- voortgegaan om hom op dié aangens Koeries gaan hy appelleer. klag te vervolg. Dat hy onskuldig bevind is op Dit is nog nie duidelik watter stappe teen hom gedoen sal word die aanklag van seksuele teistenie, sê Koeries. “Ek wag nog om ring, sê Koeries, is vir hom ’n verligting. “Dit wys ek het van die te hoor wat nou gaan gebeur.” Die saak van seksuele teiste- begin af die waarheid gepraat.” David Nasson, munisipale bering is vroeër vanjaar deur ’n vroulike kollega van Koeries stuurder by die Witzenberg Muaanhangig gemaak. Sy is ’n toets- nisipaliteit, het by navraag gesê beampte by dieselfde verkeersaf- die munisipaliteit gaan nie in hierdie stadium kommentaar op deling as Koeries. Die klaer, die dogter van ’n por- die uitspraak lewer nie; ’n vertefeuljehouer in die raad, het be- klaring sal uitgereik word sodra weer Koeries het onwelvoeglik vonnisverrigtinge in die interne teenoor haar opgetree tydens ’n verhoor afgehandel is.

The Cape Winelands District Municipality’s Open Space Project was recently handed over to the residents of Zweletemba as part of its beautification strategy.

A group of officials from the Cape Winelands District Municipality (CWDM) gathered at the site in Zweletemba last week, where they engaged with residents about the importance of this initiative. About three to four gardens have been strategically placed along the R60, which is one of the main entrances to Worcester as well as the gateway to Route 62 which is the longest wine route in the world. According to the executive mayor of the CWDM, Alderman Neels de Bruyn, this specific site where the project was launched was once a dumping site. “We want to bring back a sense of pride and ownership to the residents of Zweletemba,” said De Bruyn. Curious residents living nearby came out of their homes to witness

The Cape Winelands District Municipality’s Open Space Project was recent­ ly handed over to the residents of Zweletemba as part of its beautification strategy. The executive mayor of the CWDM, Alderman Neels de Bruyn, explains to residents that they should take pride in this initiative. PHOTOS:

MATTHEW SHELDON

the handing over of the Open Space Project. The project was funded by the CWDM and implemented in partnership with the Breede Valley Municipality. The aim of the project is to beautify and rehabilitate degraded areas

Members of the community gathered around the open space to inspect what was once a dump site, now being an established garden route for them.

in certain towns in the Cape Winelands area. De Bruyn told residents that this is the first phase of the project. He also stated that a complete park would eventually be established on the site. According to Balungile Soputhi, chairman of the Zweletemba Youth Forum, they welcomed the beautification initiative, although they were confused. “I and others are grateful for this initiative. I do not understand why the municipality says it is a park. How is this a park? They told me it is a place where our children can play and we should embrace it,” said Soputhi. He added that the “little gardens” are not fenced in and are situated right next to the busy R60 road, which is dangerous for youngsters.

NUWE PRESIDENT: Jaun Holtzhausen (naasregs) en sy vrou, Elana (regs), is Vrydag ((21 Junie) tydens ’n deftige dinee by die Protea Hotel Cumberland ingehuldig as pre­ sidentspaar van die Rotariërs van Worcester. Hier word hulle gelukgewens deur hul voorgangers, Johann Stofberg (naaslinks) en sy vrou, Gerda. FOTO: KEN MC INTYRE


Standard

Nuus News

27 Junie, 2013

Kivedo laat hom nie deur gerugte onderkry nie HILDERINE SCHRÖDER Gerugte van ’n opname van ’n privaatgesprek in die uitvoerende burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit se kantoor wat voete gekry het, sowel as ’n anonieme brief wat uitgelek het, het die Vallei aan die gons.

Basil Kivedo

ARGIEFFOTO: MATTHEW

SHELDON

Midde-in dié storm is Basil Kivedo egter selfversekerd dat die waarheid sal seëvier. Gerugte in die gewraakte brief dat hy glo die kat in die donker sou knyp, is van alle waarheid gestroop en is niks minder as ’n politieke aanval op sy karakter nie, sê Kivedo. Nét so, sê Kivedo, is daar ook geen aanklagte van diefstal (glo ’n familie-aangeleentheid) of naam-

skending teen enige raadsamptenaar aanhangig gemaak nie. Nie deur hóm, óf die munisipaliteit nie. Daar is wel verklarings afgelê met betrekking tot die naamskendingsaak, sê hy. Dié verklarings hou verband met skinderstories wat die ronde gedoen het ná die anonieme brief op sy lessenaar beland het. Volgens Kivedo het hy die brief aan sy assistent, Abe Williams, getoon. Nie lank daarna nie het die inhoud daarvan deur die kantoor versprei. Williams het kort ná die voorval vrywillig bedank. Hy is tans op besoek aan familie in Engeland. Kivedo het ook gesê hy is nie bewus van enige opname wat gemaak is van ’n telefoongesprek in sy kantoor nie. Volgens Kivedo is die smeerveldtog die produk van politiese suur

druiwe. “Dit is flagrant, kwaadwillig en van alle waarheid gestroop.” Hy gaan hom nie deur ondeurdagte “rioolpolitiek” van stryk laat bring nie, sê Kivedo. “Ek kom uit ’n oorlog uit. Ek skrik vir niks.” Kobus Marais (LP) Breedevalleikiesafdelingshoof, sê in reaksie op die gerugte Kivedo se karakter, reputasie en goedertrou is bo verdenking. Die DA, voeg hy by, verwerp alle bewerings van owerspel of buite-egtelike verhoudings asook enige aantygings van wangedrag wat teen Kivedo gebring mag word. “Die aanvalle wat tans geloods word, is ooglopend polities van aard en ’n poging om Kivedo se fokus af te haal van die allerbelangrike taak van dienslewering aan die inwoners van die Breedevallei.” Volgens Marais geniet Kivedo steeds die party se volle steun.

Ouers kyk hoe jongmense polisie met klippe gooi HILDERINE SCHRÖDER Terwyl die jongklomp klippe gegooi het, het hul ouers net toegekyk. Polisiebeamptes is verlede Sondag (23 Junie) onder die klippe gesteek toe hulle omstreeks 10:30 in Paulstraat opgedaag het om ’n beweerde bendeverwante poging tot moord te ondersoek. Die klipgooiers is met rubberkoeëls uiteen gejaag, maar drie patrollievoertuie is erg in die voorval beskadig, sê kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die Worcester-polisie.

Die polisie was op die toneel ná ’n 19-jarige man in die skouer getref is na ’n vermeende bendelid glo op hom losgebrand het. Volgens Moloi het die klaer na bewering naby die hoek van Paulstraat saam met vriende gestaan en rook toe die verdagte by die groep aangekom en drie skote op hulle geskiet het. Die verdagte is in sy linkerskouer getref. Die verdagte (29) het op die vlug geslaan, maar is Dinsdag aangekeer. Volgens Moloi is die voorval heel moontlik bendeverwant. Geweld tussen die twee opposisie-bendes,

die JCY’s en Dog Pounds, het die afgelope weke by verskeie geleenthede opgevlam. Die Standard het vroeër berig 32 vermeende bendelede is naby die Worcesterlanddroshof in hegtenis geneem ná hulle op 31 Mei buite die hofgebou slaags geraak het. Een van die vermeende bendelede se voertuig is met ’n petrolbom gegooi. Die saak teen die beskuldigdes in dié saak van openbare geweld duur steeds voort. Intussen het die polisie ook ’n saak van openbare geweld geopen na die mees onlangse voorval van geweld. Niemand is al in verband met dié saak aangekeer nie.

Abe Williams

3


4 Standard Werksoeker soek toe pasellas

Nuus News

27 Junie, 2013

HILDERINE SCHRÖDER As jy lang vingers het is dit nie wys om ’n foto van jouself met ’n gesteelde kamera te neem en dan boonop met jou buit gevang te word nie. ’n Huiswerker wat verlede week met ’n sak vol gesteelde items, waaronder die digitale kamera, by ’n huis in Bergsig betrap is, berou heel moontlik dié onbesonne “fotosessie”. Net so berou die egpaar wat hulle oor die vrou ontferm het en haar werk aangebied het dié besluit. “Daar is mos maar nie werk nie en mens kry mense jammer. Sy het

betroubaar voorgekom,” sê die man wat die vrou in diens geneem het. Hy verkies dat sy naam nie gepubliseer word nie. Hy het onraad vermoed toe die huiswerker kort-kort na die badkamer verdwyn het, vertel die man. “Op ’n kol het ek gesien die voordeur en veiligheidshek staan oop,” sê hy. Toe hy haar hieroor uitvra het die huiswerker gesê sy het die voorstoep gevee. Toe die huiswerker later die middag aanstaltes maak om huis toe te gaan, het hy opgemerk sy het ’n swartsak by haar. Toe hy haar hieroor pols, het sy geantwoord sy het met die sak by die werk opgedaag.

Onmin by polisiekantoor HILDERINE SCHRÖDER ’n Inwoner van Villiersdorp is volgens hom hardhandig deur die polisie behandel nadat vier mans sy huis geplunder en hom ook aangerand het. Niklaas Coetzee het verlede week ’n saak van opsetlike saakbeskadiging en aanranding aanhangig gemaak. Toe die polisie egter nie die skuldige partye vinnig genoeg aankeer nie, is hy en sy broer terug na die polisiekantoor om te hoor wat skort. Volgens Coetzee was die ondersoekbeampte in sy saak onbeskof en het dié beampte en ’n paar kollegas hom en sy broer rondgestamp. Hy het hom tever-

geefs na ’n senior offisier gewend. “Ek het vir hulle gesê presies waar die mense is wat hulle vir die skade aan my huis moet arresteer, maar hulle het verkies om mý eerder te probeer arresteer,” het Coetzee gesê. Volgens hom het hy aan die polisie gesê wie die verdagtes is en ook waar hulle gevind kan word. “Maar 24 uur later was hulle nog steeds op vrye voet.” Die waarnemende stasiekommissaris, kapt. Geraldo Newman, het bevestig dat Coetzee se aanvanklike klagte ondersoek word. “Hy kan ’n saak by die polisie aanhangig maak indien dit die geval is,” het hy van die beweerde onbeskoftheid gesê.

“Ons het egter geweet dit is nie waar nie,” sê die man. By nadere ondersoek het hulle op ’n groot hoeveelheid items, alles uit hul huis, in die sak afgekom. “Sy het ’n leerbaadjie uit my studeerkamer gehaal,” sê die man. Buiten die baadjie was daar ook ’n digitale kamera en bottels drank, wors en ’n groot hoeveelheid skoonmaakmiddels in die sak. Hoewel hy nie klagte teen die vrou gelê het nie, sê die man, voel hy Valleiers moet gewaarsku word om nie mense sonder meer werk te gee nie. “’n Mens kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie, maar dit is beter om verwysings te vra.”

’n Egpaar van Bergsig se goedhartigheid het hulle amper duur te staan gekom toe ’n vrou aan wie hulle werk gegee het dit byna reggekry het om met ’n sak vol gesteelde items by hul huis uit te loop.

Genade en respek dra ouma vir 101 jaar MATTHEW SHELDON

Ouma Sarah Jansen van Roodewal in Worcester het op 12 Junie 101 jaar oud geword. Hier (links) is herder Ronnie Her­ manus van die Nuwe Apostoliese Kerk, Jansen, Sarah Mc Kruger en Rodrickus Mc Kruger. FOTO: MATTHEW SHELDON

Sy het ’n baie basiese en gesonde leefstyl en gee dank aan die Here vir Sy genade en barmhartigheid. Só gesels ouma Sarah Jansen van Roodewal wat op 12 Junie 101 jaar oud geword het. Sy het twee wêreldoorloë, die Groot Griep en die Depressie oorleef. Jansen is in Montagu gebore. Haar ouers het later na Robertson verhuis, waar sy ook skoolgegaan het. Sy vertel hoe sy haar skoolloopbaan aan die destydse Wesleyaanse Skool op Robertson moes prysgee toe beide haar ouers siek geword het en sy na hulle moes omsien. Volgens Jansen is daar niks

met haar sig verkeerd nie en lees sy gereeld boeke en hou sy van televisie kyk. “Ek is heeltemal gesond. Ek kan nog sien en hoor en alles op my eie doen,” het Jansen gesê. Sy het aan die Standard gesê dat hoewel sy nog baie gesond is, word haar bene gou seer as sy te veel rondloop. Jansen, die oudste van vier kinders, glo dat haar gehoorsaamheid en respek vir haar oorlede ouers haar tot die rype ouderdom van 101 jaar gedra het. Sy sê sy sou nie die ouderdom bereik sonder die genade van Bo nie. Sy het ook aan die Standard verduidelik dat sy nooit sterk drank gedrink het of in haar lewe gerook het nie.


Standard

Nuus News

27 Junie, 2013

Vergifnis vir genesing HILDERINE SCHRÖDER Hulle ken die brandpyn van onreg. Die magtelose vrees wanneer die voormalige veiligheidspolisie deur hul huis se deure bars. Vir die groepie wat in ’n halfmaan in die Worcester-stadsaal sit, herinner die woord apartheid steeds aan nagmerries. Dit is egter meer as die letsels uit die verlede wat die groep hiér verenig. Hulle wil die juk van wrokkigheid afgooi, vergewe en vergeet.

Die openbare gesprek wat verlede Donderdag (20 Junie) in die Worcester-stadsaal gehou is, vorm deel van die Worcester Versoenings- en Restitusieproses. Dié proses is in 2011 van stapel gestuur om brûe te bou en versoening aan te moedig. Die gesprek is gelei deur Chris Spies, ’n voormalige dominee en ervare konfliktransformasiepraktisyn, Nomfundo Walaza, ’n gekwalifiseerde sielkundige in die raad van die Open Society Foundation, en prof. Lionel Louw, ’n voormalige professor in maatskaplike werk en eertydse kantoorhoof van die Wes-

Kaapse premier. Terwyl ’n aantal gewillig was om die eerste tree na vergifnis te neem, is dit vir ander moeiliker. “Sommige mense is gereed om te vergewe, maar ander sukkel nog. Ons ervaar steeds daagliks die pyn en letsels van die verlede. Ons moet vergewe, maar ons moenie vergeet nie,” het een vrou gesê. Ook jongmense het insette gelewer. “Ons moenie vanuit die verlede dink nie. Ons moet vorentoe dink,” het ’n vrou in haar vroeë twintigs gesê.

INHULDIGING: Johan Retief is onlangs tydens ’n dinee by die Lions se dienssentrum as die 56ste president van die Worcester Lionsklub ingehuldig. Die gewese distriksgoewerneur, Paul de Wet (links), het die inhuldi­ ging waargeneem. Langs hom staan sy vrou, Heléne, Retief, sy vrou Tilana en onlangse president Hanno Con­ radie en sy vrou, Mareli. FOTO: ANTON STRYDOM

5

Die Worcester Versoenings­ en Restitusieproses het verlede week ’n openbare gespreksgeleentheid aangebied. Die gespreksessie is deur Nomfundo Walaza, dr. Lionel Louw en Chris Spies gelei.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER


6 Standard Plak voort vir R1 000­prys

Nuus News

27 Junie, 2013

Die Standard/Pick n Pay se plak-en-wenkompetisie is goed op dreef en lesers wat prysgeld van R1 000 wil wen, moet sorg dat hulle nie hierdie week se Standard misloop nie. Vandeesweek verskyn die tweede plakstuk wat uitgeknip moet word. Dié stuk moet op die spesiale vormpie, wat verlede week saam met die eerste plakstuk verskyn het, geplak word. Deelnemers aan dié kompetisie moet seker maak dat hulle die Standard vir die volgende vier weke koop, want elke week sal daar ’n nuwe plakstuk verskyn. Vul die vormpie volledig in sodra al ses stukkies geplak is en handig dit in by die Standard se kantoor by Hoogstraat 116. Die vorm kan ook gepos word na Posbus 31, Worcester, 6849. Slegs oorspronklike plakvorms en uitknipsels (nie fotostate nie) sal aanvaar word. Die kompetisie sluit op 8 Augustus om 10:00 wanneer die wenner se naam getrek sal word.

Die wenner ontvang ’n Pick n Pay Smart Shopper-kaart met 100 000 bonuspunte daarop, wat ’n volle R1 000 werd is. As die wenner reeds ’n kaart besit, sal die 100 000 punte op die bestaande kaart gelaai word. Die prysgeld kan by enige Pick n Pay landwyd spandeer word. * Werknemers van die Standard/Media24 mag nie aan die kompetisie deelneem nie.

By die onlangse oorhandiging aan die Worcester ACVV was (agter) Leon Venter (maatskap­ like werker, Worcester ACVV), Jean en Piet Nel, Dori­anne Martin (Aïda Winelands), Jaco van Leeuwen (skoolhoof), Eddie Nortier sr. (voorsitter van die Standard Kinderfonds), Sarita Hugo (onderwyseres) en graad 2­leerlinge. FOTO:CHRISTINE SMIT

Warmer winter vir kleingoed ’n Buitengewoon groot skenking aan die Standard Kinderfonds is onlangs aan die Worcester ACVV oorhandig om aan kinders in nood in die Breedevallei versprei te word. Tweedehandse klere en warm komberse van O’Niel & Visser Prokureurs en Aïda Winelands, ’n tweeplaatstofie en verwarmer en gebreide truie, slaapsokkies en mussies wat deur Jean Nel van Worcester gebrei is, is by die Laerskool Worcester-Oos aan die Worcester ACVV oorhandig. Leon Venter van dié organisasie het die skenking ontvang. Die Laerskool Worcester-Oos sal tot aan die einde van die maand die hoofafleweringspunt vir skenkings wees. Met die snerpende koue wat tans ondervind word, doen die fonds ’n beroep op die publiek om nog meer warm klere, komberse (nuut of tweedehands) en nie-bederfbare voedsel te skenk.

Skenkings word onder drie instansies, Worcester ACVV, Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens (WEG) en SA Kindersorg verdeel, wat op hul beurt sorg dat dit gaan na waar die nood op sy hoogste is. Die fonds bedank almal wat reeds bygedra het om kinders in nood by te staan. Bydraes kan ook as volg afgegee word: Standard by Hoogstraat 116, Nortier Motors by Fieldstraat 6, Aïda Winelands by Kerkstraat 22 en Dentzone by Fieldstraat 22. Betaal kontantskenkings aan: Gemeenskapskas Wes-Kaap Worcester Standard; rekeningnommer: 62152031383; bankkode: 261150; tak: Cape Town City. Faks ’n afskrif van die depositostrokie aan Christine Smit by 023 347 3639 of e-pos dit aan Christine.Smit@worcesterstandard.com. Alle bydraes, kontant of andersins, sal in die Standard erken word.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Junie, 2013

‘Sportslady’op 103 oorlede Oudburgemeester oorlede CHRISTINE SMIT Een van Worcester se oudste inwoners en die AME Zion-kerk se oudste lid, Mary Schroeder, is Maandag (24 Junie) tuis in die ouderdom van 103 jaar oorlede. Sy het die afgelope paar jaar by haar skoondogter Mabel by Hartzenbergstraat 155 gewoon. Haar gesondheid was tot onlangs nog goed, behalwe dat sy erg aan artritis gely het. Sy was die afgelope paar weke bedlêend. Volgens haar familie was Mary baie lief vir gesels en ook vir hekel en lees, iets wat sy tot sowat ’n maand gelede nog sonder ’n bril gedoen het. Een van haar dogters, Hilda Willoughy van Kaapstad, vertel haar moeder was ’n baie onafhanklike vrou, iemand wat baie

Wyle Mary Schroeder

vir haar kinders en kleinkinders omgegee het. Mary was dol oor al wat sportsoort was en het maklik deur die nag na sportuitsendings op TV gekyk. “Sy was eintlik bekénd as sportslady,” onthou Hilda. Sy vertel dat haar ma, ’n nooi Addott, destyds as jong vrou van Port Nolloth na Worcester gekom het. In haar jonger dae was sy as aktivis bekend en het sy saam met haar man, Callie, hul algemene handelaarsaak in Parkerstraat bedryf. Hy het haar in 1991 ontval ’n maand nadat hulle by Witrivier in die Oos-Kaap in ’n motorongeluk betrokke was. Hulle was 58 jaar getroud en het twee seuns en twee dogters gehad. Na haar man se dood het Mary by haar seun Cyril en sy vrou Mabel gaan woon. Cyril is verlede jaar oorlede. ’n Dogter, Muriël, het haar ook reeds ontval. Mabel sê sy sal haar skoonma se teenwoordigheid in die huis geweldig mis. “Sy het ’n vol lewe gehad al was feitlik al haar tydgenote reeds oorlede. Sy kon met jou oor alles gesels. Die huis gaan nou baie stil wees sonder haar.” Mary word ook oorleef deur ’n seun, Raymond van Nieu-Seeland, 11 kleinkinders, 17 agterkleinkinders en een agter-agterkleindogter. ’n Ligte roudiens word Saterdag (29 Junie) om 09:00 tuis by Hartzenbergstraat 155 gehou, gevolg deur ’n begrafnisdiens om 10:00 in die AME Zion-kerk, Le Sueurstraat.

CHRISTINE SMIT ’n Man wie se nalatenskap vir altyd deel van Worcester se geskiedenis sal wees, Kolie Nelson, is verlede Saterdag (22 Junie) in die Worcester Mediclinic in die ouderdom van 76 oorlede. Limfoomkanker is sowat ses jaar gelede by hom gediagnoseer. Sy toestand het die afgelope paar maande versleg en nier- en hartversaking het ook by hom ingetree. Hy was pas uit die hospitaal ontslaan toe sy toestand oor die naweek versleg het. Volgens Joyce, sy vrou van 52 jaar, is Nelson Saterdag in die intensiewesorgeenheid opgeneem waar hy ’n hartaanval gekry en kort daarna gesterf het. Nelson was in sy leeftyd een van Worcester se bekendste openbare figure. Hy en Joyce het as studente op Stellenbosch ontmoet, is gedurende hul studentejare getroud en het in 1968 as jong predikants- Wyle paar van Ses Brugge en Upington na Worcester gekom toe hy na die NG gemeente Worcester-Noord beroep is. Ná die Audenberg NG gemeente afgestig het, het Nelson dié gemeente se eerste predikant geword en het hy volgens Joyce ’n leeueaandeel gehad in die bou van die kerkgebou. Afgesien van sy predikantskap was Nelson vier jaar lank onderburgemeester en later burgemeester (1986 - 1989) van die Worcester Muni-

Kolie Nelson sipaliteit. Hy het altesaam 15 jaar in die raad gedien en was een van die eerstes wat die titel as raadsheer ontvang het. In dié tyd is ’n straat in Panorama, Kolie Nelsonstraat, as eerbewys na hom vernoem. Nelson het jare lank ook in die Besoldigings- en Nywerheidsraad gedien. In sy tyd in die raad en as eerste burger het Nelson verskeie hoogtepunte in Worcester se geskiedenis

7

beleef en was hy ook gasheer toe oudpresident Nelson Mandela Worcester by geleentheid besoek het. Na sy uittrede in die bediening was hy enkele jare fondswerwer by die Instituut vir Blindes voordat hy by Old Mutual begin werk het. Voor sy aftrede hier as hoof- senior finansiële adviseur (Top 25) in 2009 het hy verskeie area- en spanpryse verower en ook gekwalifiseer vir ’n buitelandse konvensie. Sy deernis vir ander en sy sin vir regverdigheid is enkele eienskappe wat sy altyd van haar man sal onthou, sê Joyce. “Ons vind berusting in die feit dat hulle gedoen het wat hulle kon by die hospitaal vir hom. Ons besef nie altyd hoe groot die impak was wat hy op ander se lewens gehad het nie.” Nelson se enigste dogter, Lynn, sê die gesin is oorweldig deur mense se steun en simpatie. “Dit is vir ons ’n troos om te hoor hoeveel hy vir mense beteken het. Ons as gesin bedank almal van harte vir die ondersteuning.” Nelson word ook oorleef deur ’n seun, Wyan, prokureur in Auckland, Nieu-Seeland, sy vrou Adelle, hul seuns Tiaan (19) en Jandrei (17), skoonseun Alex en kleindogter Nina (4). ’n Gedenkdiens is gister (Woensdag) vir Nelson uit die Audensberg NG-gemeente gehou. Sy verassing is privaat.


8

Standard

Padlangs Roadtrip

27 Junie, 2013

Road safety starts at your steering wheel In order to make our roads safer, we need to ensure that our own behaviour leads by example. Here are a few useful tips to follow:

)Always use a child seat

Unrestrained children are at great risk in a moving vehicle. A crash at only 10 km/h can kill an unrestrained child. Don’t think that holding your child in your arms is adequate either, because a child’s weight effectively increases by up to 20 times in a collision, making them impossible to hold. Always use a child seat and read the fitment and usage instruction carefully to make sure you fit and use it correctly.

The seat should be appropriate for the size and weight of your child, and must never be fitted in the front passenger seat if your vehicle has a front passenger air bag.

)Always wear a seatbelt

Wear a seatbelt every time you drive your car, even on short journeys – accidents happen on quick trips too. Ensure that all passengers – front and back – buckle up as well.

)Adjust your head restraint

When you get into your car, buckle up and then adjust your head restraint. This will help prevent whiplash injuries which are the most common type of accident-related injury. To be effective, a head restraint must be as close to the back of your head as possible and the top of the restraint should be level with the top of your head, or at least no lower than the level of your eyes.

)Check the tyres

Your vehicle’s tyres should be inspected at least once a month. Check for tread depth: it should be at least 1 mm across the whole surface of the tyre or 1,6 mm where the tyres have tread-depth indicators. Check your tyres for signs of damage or cracks. It’s also extremely important that your tyres be inflated correctly. Under-inflated tyres result in less control and increased braking distances. In addition, the tyres will wear out more rapidly and need to be replaced sooner. Over-inflated tyres reduce grip, reduce stability and lead to poor handling. To find out the correct tyre pressure for your vehicle, check the edge of the driver’s door, the petrol flap or the owner’s manual. Information: www.women24.com


Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Junie, 2013

Aartjie na haar vaartjie, dis Jackie CHRISTINE SMIT Sy’s jonk, sy’s mooi en en vertoon viets in ’n uniform. Haar strewe is om in haar pa se voetspore as provinsiale verkeersbeampte te volg. Jackie Hattingh (29) van Worcester staan op die vooraand van die verwesenliking van hierdie droom van haar. Haar probasietydperk begin op 1 Julie by die provinsiale verkeersafdeling in Tulbaghstraat waar haar pa, Koos, enkele jare gelede as provinsiale verkeersbeampte afgetree het. Maar ongelukkig, as gevolg van ’n kniebesering, sal sy vir eers, soos p[rotokol vereis, sonder daardie uniform wat haar so goed pas, moet werk. Dit is ’n trotse Koos wat vertel dat sy dogter een van 37 was wat uit meer as 9 000 aansoekers gekeur is om verlede jaar op 2 Julie met haar verkeersopleiding by die Gene Louw Kollege in Brackenfell te begin. Reg van die begin van haar opleiding het sy alles ingesit, vertel Jackie. En daarvoor is sy beloon deur verlede Saterdag met haar uitpassering die kollege se eerste stu-

Jackie Hattingh.

FOTO:CHRISTINE SMIT

dent te word om ’n studiebeurs van die Tshwane Universiteit te kry om volgende jaar daar ’n graadkursus te volg.

Een van die vier trofeë wat aan haar met haar uitpassering toegeken is, is dié vir beste student van die jaar, die ander as toppresteerder in van haar vakke. Van die 20 mans en 20 vroue wat die kursus deurloop het, het sewe met lof geslaag met Jackie wat die hoogste punte in die groep behaal het. As gevolg van ’n kniebesering wat sy tydens haar opleiding opgedoen het, sal Jackie vir eers gewone kantoorwerk moet doen. Sodra sy ten volle herstel het, sal sy haar werk as provinsiale verkeersinspekteur voortsit. ’n Keuringsproses volg nog eers in Julie volgende jaar om haar balkie te verwerf voordat sy amptelik provinsiale verkeersinspekteur word. As gevolg van haar kniebesering is spesiale vergunning - die eerste keer in die kollege se geskiedenis - gemaak om haar uitpasseringsparade in uniform by te woon. Normaalweg laat protokol dit nie toe nie en sou sy die parade in siviele drag moes bywoon. Pa Hattingh is nie min trots op sy dogter se topprestasies nie. Hyself was die Kaapstad Verkeerskollege se topstudent in 1974 waar hy sy opleiding deurloop het.

9

Toets nou vir prostaatkanker

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa), in samewerking met Pathcare, bied gedurende Junie en Julie verlaagde pryse vir die Prostaat Spesifiek Antigeen (PSA)-toets vir mans aan. Die PSA is ’n eenvoudige bloedtoets wat die teenwoordigheid van sekere proteïene wat in die prostaatklier gevorm word en ’n aanduiding van kanker kan wees, identifiseer. Die toets kan gedoen word by alle Pathcare-takke, insluitend Worcester, teen ’n kontantbedrag van R85. Die trek van bloed as deel van die inisiatief is ook by sekere dokters in die Boland- en Overbergstreek beskikbaar. Dit is noodsaaklik dat mans tussen die ouderdom van 15 en 40 jaar gereeld elke maand hul testikels ondersoek, sê Kansa. Waarskuwingstekens van testikulêre kanker sluit in ’n harde, ertjievormige knoppie aan die voor- of sykant van die testikels, vergroting van die testikel, verandering in die digtheid van ’n testikel, ’n skielike opeenhoping van vloeistof of bloed in die skrotum, ’n dowwe pyn in die lies en swelsel of teerheid in ander liggaamsdele soos die lies, bors of nek. Vroeë waarskuwingstekens van prostaatkanker sluit in ’n probleem om te urineer, ’n herhaaldelike behoefte om te urineer (veral snags) en probleme om die urinestroom te begin en te stop. Latere gevaartekens sluit in bloed in die urine, ’n pynlike of brandende sensasie tydens urinering en pyn in die lae rug, bobene of bekken. Vir meer inligting, besoek www.cansa.org.za, of bel Jurene Horne by 023 342 7058.


10

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

27 Junie, 2013

’n Vertoonvenster vir Worcester Kinders moet speel; buite kan speel. Areas waar kinders hul energie in die buitelug in veiligheid kan uitspeel, raak ongelukkig al minder. Die omskepping van ’n oop ruimte in juis so ’n plek is pas deur die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) in Zweletemba bekend gestel (lees berig elders in hierdie uitgawe). ’n Onooglike oop ruimte is omskep in ’n aantreklike area wat vir die hele gemeenskap daar is om te benut. Terselfdertyd is ’n ruimte geskep vir kinders, vir wie speel so ’n belangrike element in hul vormingsjare is. Geleë langs Route 62, die langste wynroete ter wêreld, kan hierdie projek deur Zweletemba se gemeenskap ontwikkel word as uitstalvenster wat die res van Worcester kan aanmoedig om dieselfde te doen. As ’n gemeenskap wat erns maak met die ontwikkeling en veiligheid van sy kinders, kan Zweletemba die weg vorentoe baan.

Spreuke 21:2­8 Doen wat reg is In sy eie oë is alles wat die mens doen, reg, maar die Here toets die gesindheid. Die Here verkies dat ’n mens doen wat regverdig en reg is eerder as dat jy offers bring. Die sonde van goddeloses begin altyd met selfverheffing en eie waan. Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek. Skatte wat met bedrog versamel is, verdwyn in die wind en bring die dood. Die geweld van goddelose mense vernietig hulleself, want hulle weier om reg te doen. ’n Slegte mens loop krom paaie; ’n eerbare mens tree eerlik op.

RADIOWENNER: ’n Oud­ leerling van Worcester Gim­ nasium is onlangs met ’n na­ sionale toekenning vir sy ra­ dioprogram vereer. André Reed was die kategoriewen­ ner vir die beste naweekpro­ gram by die Nasionale MTN Radio Awards. Reed, ’n fina­ lejaarstudent in BA Kommu­ nikasiekunde by die Noord­ wes Universiteit se Potchef­ stroom­kampus, het die toekenning vir sy program “Worship with David” gekry.

Beter vliegveld kan help werk skep Puik diens en geskenke verdien lof ’n Klop op die skouer aan Hermitage Makelaars en Miloc vir hul hulp aan ons rugbyklub United Bulk Villagers. – Rampie Botha (klubkaptein). *** Baie dankie aan Ronel Daniller by Sure Boland Toere vir die puik diens en ondersteuning met al die reëlings van ons oorsese reis. Jy

is dierbaar en baie professioneel! – Bernice van der Merwe en Vanessa Calitz. * * * Die manspersoneel by die Nuwe Hoop Sentrum gee ’n klop op die skouer aan mev. Page wat hulle op Vadersdag met geskenkies bederf het. Baie dankie vir u liefde, dit word geweldig waardeer.

Dankie vir bydrae tot Worcester­kultuur Ek lewer graag ’n bydrae van waardering namens ons gemeenskap vir die waardevolle rol wat die Standard speel tot die broodnodige verbetering van geletterdheid onder ons kinders (die toekomstige generasie Standard-lesers) en die behoud van ons unieke kultuur en geskiedenis. Aan Ken McIntyre, baie dankie vir jou raak rubriek van 21 Junie. Een van die redes hoekom ek vir altyd ’n Worcesterian4life is, het te make met die uniekheid van ons pragtige, natuurlike en sosiokulturele omgewing wat nie net met jou liggaam praat in die koue winters en warm somers nie, maar ook jou siel voed, veral gedurende ons pragtige lappieskombers-mosaïek-herfs en kraakvars bloeiselwit lente! Verder is dit besprinkel met ons ryk skat van kultuurerfenis wat oorloop van uitmuntende gehalte, aardse digkuns, pragtigste skilderwerk, pittige skryfwerk en veral

die musiek van ons Krismiskore tot die pragtige Afrikaanse klanke van musikante, kerk- en mannekore wat sagkens die siel verryk. Ek besef elke keer hoe bevoorreg ek is om hier op die pragtige dorp en binne die dinamiese gemeenskap gebore en getoë te wees. Ek het pas van Swede en Denemarke teruggekeer en die volgende gedagte op Facebook geplaas voordat ek die pad teruggevat het: Starting the long trip home from Scandinavia, this reminds me why I am a Worcesterian4life! “You need a village, if only for the pleasure of leaving it. A village means that you are not alone, knowing that in the people, the trees, the earth, there is something that belongs to you, waiting for you when you are not there.” (Cesare Pavese.) Standard-span, doen voort met die goeie werk! (Brief verkort – Red.)

CLAUDE SCHROEDER WORCESTER

Ek verwys na die berig “Onafhanklike toerismesentrum is nodig” (Standard, 13 Junie 2013) waarin Alvi van der Merwe noem dat die Worcester-vliegveld ’n opwindende ontwikkelingsprojek kan wees om toerisme na Worcester en sy omgewing te verbeter. Ek wil nie graag polities na hierdie standpunt kyk nie, maar dit is ongelukkig so dat vlieg as ’n “ryk witman-sport” bestempel word. Die armes van Worcester sal dus geen voordeel trek uit die opgradering van Worcester se vliegveld nie. Indien hierdie negatiewe siening omgekeer kan word in geleenthede om toeriste na Worcester te trek, kan ’n opgeknapte vliegveld beteken dat kleiner stralers hier sal kan land met toeriste wat die gebied wil verken en sodoende baie geld hier bestee. Dit is geld wat vir die opheffing van ons armes aangewend kan word. Daar is soveel geleenthede wat geskep kan word, naamlik vervoerdienste wat toeriste met toere in en om Worcester kan neem (werkgeleenthede vir bestaande of opkomende toeroperateurs), uitbreiding van personeel by hotelle en gastehuise (werkskepping) waar hierdie toeriste kan oornag, die byhou van ’n databasis met besienswaardighede en plekke van belang om ons Vallei te bemark en nog vele meer. Ek wil graag enkele aspekte wat sal moet aandag kry tydens die ontwikkelingsprojek voorstel: die huidige toegangspad na die vliegveld is óf onder stof óf onder mod-

der, die aanloopbaan is slegs gedeeltelik geteer en die res van die 1 600 m is grond met los klippe, die vliegrolbaan is in geheel ’n grondpad en die paaie na die parkeerterrein is ook grond. Vliegoperateurs is nie gewillig om hul multimiljoenrand-vliegtuie na sulke vliegvelde te stuur nie. Deur spanwerk deur die provinsiale regering (departement van vervoer), die plaaslike munisipaliteit, die Worcester-vliegklub, die Kaapse sweefklub, perdryklub, ondernemings en die gemeenskap kan almal hande vat om hierdie projek te laat slaag. Daardeur kan verseker word dat die “voete” wat nodig is om Worcester weer op die kaart te plaas, ingevlieg kan word. Gaan kyk maar na Robertson se vliegveld en jy sal gou besef dat Worcester maar net weer aan die agterste speen suig, terwyl ons ons dorp as die hoofsentrum van die Breëriviervallei wil bemark. Ek is reeds 51 jaar lank ’n lojale Worcesteriet en baie trots daarop. Komaan, Worcester, ons kan!

PASSIE VIR VLIEG WORCESTER

Van kampioene onder die pluimvee en die bekoring wat duiwesport kan bied Vandag en môre gaan dit behoorlik kekkel en kraai op die Kleinplasieskouterrein waar nagenoeg 3 500 stuks pluimvee en watervoëls aan die Wes-Kaapse pluimvee-kampioenskapskou deelneem. Dis die grootste pluimvee-skou nog in Suid-Afrika. Daar is selfs twee oorsese beoordelaars om die wenners aan te wys. Die uitstallers kom van oor SuidAfrika. Veral noudat dit skoolvakansie is, is dit die ideale plek om die kinders na toe te neem. Van die hoenders lyk asof hulle nou net uit die voorste modesalonne gestap het. Elke veer is presies op sy plek. Dan kry jy weer hoenders wat amper so groot soos ’n labrador is. Hulle gluur jou aan asof hulle wil sê: “As dit nie vir hierdie draad was nie, het ek jou geskop. Ek is meer

akkuraat as Morné Steyn – en ek drop beter”. Verder sal dit goed wees as Worcesteriete die skou ondersteun. Die uitstallers bring ’n welkome ekonomiese inspuiting vir ons dorp – veral vir die gastehuise en restaurante. Wonder of hulle by KFC ook aandoen? Terwyl ons van voëls praat, die duiwewedvlug-seisoen het pas begin. Talle lesers het seker al die vragmotor wat die duiwe vervoer op die erf langs Transcape Steels gesien. Ek hoor die vragmotor kan 6 600 duiwe oplaai. Die Noord-Boland Posduif-unie, wat Worcester, Brandvlei, Villiersdorp, Ceres, De Doorns en Touwsri-

vier insluit, het 15 klubs met 134 mededingende lede. Om koste te bespaar, word van hierdie seisoen se jaar-oud duiwe sowel as duiwe wat aan oop vlugte deelneem, gelyktydig vervoer. Duiwe word Saterdae op dorpe soos Laingsburg, Beaufort-Wes en Springfontein losgelaat. Die duiwe vlieg teen sowat 120 km/h terug na hul eie hokke. Die gesoute duif sal tussen die klowe deur sy pad huis toe vind en nie oor ’n berg vlieg waar hy deur roofvoëls gevang kan word nie. Terloops, kenners weet vandag nog nie hoe ’n duif sy pad huis toe vind nie. Jammer die mens beskik nie oor dieselfde vermoëns nie,

want dan sou ons nie goeters soos GPS nodig gehad het nie. GPS word wel in duiwesport gebruik om die hok se afstand van die wegspringplek af te bepaal. Die speelveld is dus gelyk vir ’n duiweboer wat in die middedorp woon en een wat op ’n plaas is. In elke vlug is daar 20 posisies wat vir punte tel. Dit is egter nie ’n doending om ’n presteerder te vra wat sy wenresep is nie. Dat ’n wenduif egter gepamperlang word is ’n feit soos ’n koei. ’n Goeie duiweboer kyk elke oggend en aand of alles wel is met sy kroos. Geen onkoste word ontsien om ’n wenduif in stand te hou nie. ’n Veearts ondersoek hom gereeld deeglik en hy word op uitstappies na interessante plekke geneem. Hy moet net sy eie pad terugvind huis toe.


Standard

Menings Opinion

27 Junie, 2013

Aids Action reaches end of the road, says thanks The Worcester Aids Action Committee was formed early in 1992 to address the needs in the Boland regarding Aids awareness and related issues. An initial workshop at the former Boland District Municipality brought together various people in the medical, nursing and social services, as well as community and religious leaders, and a steering committee was formed. Over the years major Aids awareness campaigns took place in and around Worcester. We were the first group to bind red ribbons around lampposts in High Street to commemorate World Aids Day. Various workshops, indabas and outreaches to surrounding towns took place. Our slogan, “We care – Ons Gee Om” travelled far and Aids Action committees were established in surrounding towns. We manned a 24 hour cell phone line for enquiries, counselling and support and visited the sick in their homes and cared for children with HIV. Hester Truter and I attended the World HIV Vaccine Conference in 2001 in Philadelphia in the USA, but had to cut our trip short because or the Twin Towers incident. As the functions of our committee became less important, the Department of Health took over, offering all the services and our committee was dissolved by the end of 2012. I would like to thank the Breede Valley Municipality for the office space we used in Van Huyssteen Avenue and all service organisations, private and public sectors, individuals, community and religious leaders and the media for their supporting role. It is with no regrets that I write this letter as I know that we did our best and that we really cared. (Letter shortened – Ed.)

B.J. VAN DER MERWE WORCESTER

Laat Nelson Mandela in rus en vrede sterf Die afgelope week of twee se daaglikse nuusberigte oor die toestand van ons eertydse president, Nelson Mandela, het my erg ontstel. Ons weet almal dat hy geseën is met ’n hoë ouderdom en dat hy menslik gesproke nie meer baie jare oor het om te leef nie – net soos ons gewone sterflinge se paadjie ook maar loop. Saam met die hele wêreld is ek jammer dat hy so ernstig siek is. Maar wat my verskriklik dwars in die krop steek, is dat die wêreld soos aasvoëls sit en wag op die ergste. Sulke blatante optrede het ek nog nooit ervaar nie. Aan die ander kant, die wêreld het nog nooit tevore ’n Mandela gehad nie. Maar is dit nodig dat daar op so ’n wyse op sy dood gewag moet word? Ek besef dat hy een van die wêreld se ikone is, maar darem. Ek wonder of daar al ooit so iets ervaar is dat ’n nasie, nee, ’n wêreld, sit en wag vir ’n ikoon om te sterf, ’n man wat ook maar net ’n geliefde vader en oupa vir sy familie is? Ek ys om te dink hoe die wêreld gaan regeer as die ergste gebeur. Sal sy familie dit ooit gegun word om hul geliefde in vrede te begrawe?

SARITA JOUBERT WORCESTER

11


12

Standard

Kalenderblad Calendar Page

27 Junie, 2013

V A L L E I - K A L E N D E R ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem om 19:00 by die Worces­ ter United Church. Navrae: 0 083 635 1059. ) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie en geestesgesondheid, Kerkstraat 33, om 17:00. Navrae: Frances Crous 0 023 342 4331/ 082 647 8883 of dr. Bill Skinner 0 023 342 1881. THURSDAY 27 JUNE

) The Worcester United Church’s monthly tea­ room, 09:30 – 12:00. FRIDAY 28 JUNE ) Jayson King and the Queens at The Golden Val­ ley Casino’s Winners Action Bar. Show starts at 21:00. Tickets: R80. Enquiries: 0 023 348 7200. 28 – 30 JUNIE ) Geldinsamelingsnaweek ten bate van die Sean J. Kelly­groephuis by Kliplapa, Nuy. Vrydagaand: sop en soetes met ligte vermaak deur Gert Visser. Saterdagaand: spitbraai en dans met vermaak deur Viljoen Retief. Sondagoggend: ontbyt. Koste: R800 per paartjie (verblyf en etes ingesluit), Vry­

dagaand R70 per persoon en Saterdagaand R120 per persoon. Navrae: Nicky 0 023 342 7939 of Anna­Marie Colling 0 072 235 4695. SATERDAG 29 JUNIE ) Die Maranatha Christensentrum se manne­ aand om 17:00 saam met voormalige Springbok­ afrigter Peter de Villiers. Sluit ete in. Superrugby­ wedstryd tussen die Stormers en Cheetahs word om 19:00 vertoon. Kaartjies: R80. Navrae: Gerald 0 082 338 1480, Pieter 0 082 399 6823 of die kerkkantoor 0 023 347 4804. DINSDAG 23 JULIE ) Die ACVV en Bollieland bied ’n praatjie getiteld

Outisme – amper ’n epidemie op hul jaarvergade­ ring. Gasspreker: Annalise van Rijkswijk, SNAP. Kaartjies: R40. Navrae: 0 023 347 5688/023 342 0760. DINSDAG 30 JULIE ) ’n Aand saam met die baasspeurder Piet Byle­ veld ten bate van die Instituut vir Blindes by die Bon Cap Bistro, Robertson. 18:30 vir 19:00. Ligte ete en kontantkroeg. Kaartjies: R150. Navrae: An­ nemarie Bruwer 0 083 600 1976 of Izanne de Wet 0 023 347 2745. Drag: semiformeel. Bus­ vervoer beskikbaar op aanvraag. Valleikalender: 0 023 347 0968; 2 info@worcesterstandard.com.

Kuiernaweek vir ASD se groephuis Die Association for the Sensory Disabled (ASD) se Sean Kelly-sentrum bied van 28 tot 30 Junie ’n spesiale kuiernaweek ten bate van hul groephuis aan. Dié kuiernaweek word by die Kliplapa by Nuy gehou. Die naweek skop môreaand (Vrydagaand) af met sop en soetes en ligte vermaak met Gert Visser van Worcester. Saterdagaand is daar ’n spitbraai en dans met Retief Viljoen wat vir die musiek gaan sorg. Sondagoggend word ’n heerlike ontbyt voorgesit. Die koste vir die naweek (verblyf ingesluit) beloop R800 per paar. Mense wat net Vrydagaand se vermaak wil bywoon, betaal slegs R70 per paar en diegene wat net Saterdagaand wil aansluit, betaal R120 per persoon. Die geld wat oor die naweek ingesamel word, is ten bate van die organisasie se groephuis in Tulbaghstraat waar

14 meervoudig-gestremde kinders tans versorg word. ASD ontvang geen geld of toelaes vir hierdie projek nie en is totaal afhanklik van geldinsamelingsprojekte. Volgens Nicolene Labuschagne, projekbestuurder by die sentrum, sal die geld wat tydens die Kliplapa-naweek ingesamel word, aangewend word vir die bedryfsuitgawes van die groephuis, waaronder drie maaltye per dag vir die kinders, doeke, klere en dies meer. Die koste verbonde aan die versorging van een kind beloop tans sowat R1 400 per maand. Labuschagne het intussen die gemeenskap bedank wat die sentrum getrou ondersteun met die skenk van niebederfbare produkte, klere, beddegoed en toiletware. Vir meer inligting oor die Kliplapanaweek of vir besprekings, bel die kantoor by 023 342 7939 (Nicky) of AnnaMarie Colling by 072 235 4695.

Retief Viljoen

FOTO:VERSKAF

Voorbereiding druk aan die gang vir Tussen Ons Fees Met nog net drie skrale maande oor voor die feesterrein se hekke oopmaak vir die 2013 Tussen Ons Fees, is die voorbereiding en beplanning in alle erns aan die gang. Die fees word van 6 tot 8 September op die sportterrein by die Worcester-Noord Primêre Skool gehou. Die klem val vanjaar weer op vermaak vir die hele gesin in ’n veilige omgewing. Daar gaan selfs ’n woonwapark ingerig word vir besoekers wat die hele naweek se aktiwiteite wil kom geniet en sommer op die feesterrein wil tuis gaan. Die klem uit ’n bemarkingsoogpunt vir die 2013-fees val juis daarop om die Worcester- en Breedevallei-gemeenskap in die geheel by die fees betrokke te kry. Alle ander aktiwiteite wat gedurende die naweek van die fees op Worcester

aangebied word, gaan ook op ’n manier by die fees betrek word – hetsy deur bemarking of deur bywoning van die fees. Die boodskap vanjaar is dat die Breedevallei ’n omgewing is wat iets vir almal bied en ’n gemeenskap is wat besoekers met ope arms ontvang. “Vir ons as gemeenskap is dit die geleentheid om ons energie en hulpbronne saam te gooi en lekker saam fees te hou, maar terselfdertyd ook ’n verskil te maak in iemand se lewe deur geld in te samel wat weer gebruik kan word waar daar nood is,” verduidelik die organiseerders. Besoek www.tussenonsfees.co.za vir meer inligting oor die feesprogram en aktiwiteite by die fees, asook aansoek- en inskrywingsvorms.

Die manne gaan a capella sing A capella-kore van heinde en verre gaan mekaar binnekort die stryd aansê tydens die jaarlikse a capella mannekoor-kompetisie wat deur die plaaslike koor, die Question Marks, aangebied word. Die kompetisie word vanjaar vir die vierde keer aangebied en beloof om oudergewoonte vir groot vermaak te sorg. Die doel van die kompetisie, sê Johannes Wagner, voorsitter van die Question Marks, is om die kwynende a capella-sangstyl te bevorder en belangstelling onder jongmense te kweek. Daardeur hoop hulle om die voortbestaan van a capella-kore te verseker. Die kompetisie word vanjaar op 28 Julie in die binnenshuise

sportsentrum in Van Huyssteenlaan aangebied. Die kompetisie sal om 14:00 begin en verskeie kore sal deelneem. Deelnemers kom van onder meer Oudtshoorn, Mitchells Plain, Tulbagh, Bonnievale en Touwsrivier. Kategorieë waarin die manne sal meeding is voorgeskrewe lied, lied van eie keuse, trio en besgeklede koor. Die algehele wenner sal deur ’n paneel beoordelaars aangewys word. Vir meer besonderhede, besoek www.facebook.com/home.php#!/Elcumbre.projects.productions en klik op “like”. Belangstellendes kan ook vir Tommie Peters by 078 218 9636 bel of stuur ’n e-pos na info@elcumbre.co.za.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Junie, 2013

Schroeder reg vir uitdagings by KWDM MATTHEW SHELDON “My visie is om ’n departement met passievolle en bemagtigde mense te vestig.”

Claude Schroeder

FOTO: VERSKAF

Só gesels Claude Schroeder, die nuwe uitvoerende direkteur van gemeenskapsontwikkeling en beplanningsdienste by die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM). Schroeder (44) gaan dié posisie amptelik van 1 Julie af vul. Volgens hom is dit een van die grootste en uitdagendste tye in sy loopbaan. In die nuwe posisie sal hy sowat

200 mense in verskillende departemente, soos brandweerdienste, toerisme, rampbestuur, ekonomiese ontwikkeling en munisipale gesondheidsdienste, moet bestuur. “Dit is ’n baie groot uitdaging. Ek voel baie nederig oor die geleentheid wat die raad, die uitvoerende burgemeester en die munisipale bestuurder aan my gee,” het Schroeder aan die Standard gesê. Volgens hom glo hy ’n bestuurder se grootste hulpbron is sy personeel. Schroeder sê hy sal dit sy missie maak om sy personeel te inspireer en ’n passie vir uitnemendheid, dienslewering en werksetiek te ontwikkel.

Schroeder is 1969 in Parkerstraat (Worcester) gebore en het matriek aan die Esselenpark Senior Sekondêre Skool behaal. Hy het ná skool sy BA-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) behaal, asook ’n honneursgraad in sosiale wetenskappe. Hy het ook sy honneursgraad in ontwikkelingstudies aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Schroeder was voorheen die uitvoerende direkteur van landelike en sosiale ontwikkeling by die KWDM voordat die munisipaliteit sy vier departemente na drie afgeskaal het. “Ek besef die druk wat daar op my

13

sal wees. Ek sal egter my ervaring van 22 jaar in die veld van gemeenskapsontwikkeling goed kan benut om die doelwitte van die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan te behaal,” sê hy. Schroeder sê hy sien daarna uit om strategiese rigting en funksionele leierskap aan sy personeel te verskaf. “Ek glo ons het die vermoë om van die moeilikste uitdagings deur samewerking te oorkom, maar ons moet as span werk,” sê hy. Schroeder se boodskap aan die Kaapse Wynlanddistrik is: Die tyd vir dienslewering, ontwikkeling en bemagtiging is nou.

Groot potensiaal vir toerisme in die Breedevallei MATTHEW SHELDON “Om Worcester ’n beter dorp te kan maak, is dit belangrik dat almal ’n werk het.” Só gesels CP Conradie, die ondervoorsitter van die Worcester Wynen-Olyfroete. Volgens Conradie is deel van sy verantwoordelikheid om die Worcester Wyn-en-Olyfroete se kantoor en personeel te bestuur. Hy verteenwoordig ook die Nuyvallei Wynkelder en die Conradie Family Vineyards Privaat Kelder in die direksie van die Worcester Wyn-en-Olyfroete.

Conradie (34) glo bewusmaking en bemarking van dié roete is die enigste manier om meer toeriste te lok. “Ons het ’n mooi omgewing met baie aktiwiteite, restaurante en gastehuise waar toeriste kan kom ontspan, maar die probleem is dat baie mense nie van die plekke weet nie,” sê hy. Conradie het aan die Standard verduidelik dat maatskappye nie meer net op hulself kan fokus nie. Hy voeg by dat samewerking tussen alle rolspelers baie belangrik vir die dorp se vooruitgang is. Conradie sê hy hou daarvan om

uitdagings aan te pak. Volgens hom plaas hy baie druk op homself om van ’n uitdaging ’n sukses te maak. Conradie is ook lief vir die buitelewe en hou daarvan om met mense te gesels. Hy is in 1979 op Worcester gebore en het matriek aan Paarl Gimnasium behaal. Hy het ná skool by die Elsenburg Landboukollege gestudeer en sy diploma in wingerdbou in 2000 verwerf. Conradie het sy diploma in keldertegnologie in 2003 verwerf. Ná afloop van sy studie het hy as kelderassistent in Amerika gaan werk. Daarna het hy in Duitsland

as assistent-wynmaker gewerk. Conradie is ook die eienaar van die Conradie Family Vineyards Privaat Kelder in die Nuyvallei. Hy glo daar is baie potensiaal vir sakeontwikkeling en toerisme in die Breedevallei, en dat daar altyd ruimte is vir verbetering. Conradie voeg by dat goeie leierskap die belangrikste aspek van ’n goed georganiseerde dorp is. “In die verlede was die regte mense nie in ’n sleutelposisie om toerisme te bevorder nie. Gelukkig is daar nou baie bekwame mense wat hulle beywer vir toerisme,” sê Conradie.

CP Conradie

FOTO: MATTHEW SHELDON


14

Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Junie, 2013

Offenders awarded for achievements HILDERINE SCHRÖDER Offenders at the Breede River Management Area were re­ cently awarded for their achievements in sport, arts and culture, formal education and skills develop­ ment. PHOTOS:

Rehabilitation is not only the responsibility of the Department of Correctional Services but also that of the broader public. So says Cecil Petersen, the area commissioner at the Department of Correctional Services’ Breede River Management Area (BRMA). That rehabilitation is possible was the main message at the BRMA’s inaugural rehabilitation and care achievers’ awards recently held at its club hall. The awards ceremony celebrated the achievements of offenders as well as officials. Offenders were awarded certificates for their achievement in a number of rehabilitation programmes including sport, arts and culture, formal education and skills development. Members also received awards for best performance in their divisions which includes, amongst others, social work, psychology, health care, environmental hygiene, spiritual care and agriculture. Members who furthered their own training were also awarded their completion certifi-

HILDERINE SCHRÖ­ DER

cates in a bid to publicly commend them on their commitment to expanding their skills. According to Petersen the awards will be hosted annually. “It is important to us that the broader community can see how offenders are rehabilitated and that they (the community) also have a supporting role towards offenders once released,” Petersen says. According to Petersen a number of offenders at the BRMA can also add a few other

achievements to what they have already accomplished. “A few offenders have taken part in a regional arts and crafts, poetry, leather work and painting event where they did very well. Our jazz band also took part in the Cape Town Jazz Festival at Pollsmoor and they also did very well,” Petersen says. Petersen encourages members of the public who are in doubt of correctional services’ rehabilitation programmes, to visit the BRMA to see how these programmes work.

The 94.5 Kfm breakfast team visits Hamlet Selfsorg in Ceres The 94.5 Kfm brunch presenter Ian Breden­ kamp with Twig­ gy the owl.

The 94.5 Kfm sports presenter, Jeremy Harris, interviewing the first visitor during their live show in Ceres.

MATTHEW SHELDON The 94.5 Kfm breakfast and brunch team recently decided to tour up the West Coast to host live shows as part of their roadshow across the Western Cape. The two teams travelled to Langebaan, Riebeeck Kasteel and Ceres whilst performing outside broadcasts at each town. According to Amber Drake-Brown, public relations coordinator for 94.5 Kfm and 567 Cape Talk, the aim of the tour was to connect, interact and keep in touch with listeners living in the West Coast. “What a great experience it was. The people were amazing. The teams had so much fun whilst on the trip. Ian Bredenkamp got the opportunity to milk a cow on a farm, they did stand-up paddle boarding on the Langebaan Lagoon and also did olive and olive oil tasting in Riebeeck Kasteel,” The 94.5 Kfm breakfast team also visited an old age home in Ceres called the Hamlet Selfsorg, where they offered to pay for the building’s roof repairs. During their road show the teams tried to make a small impact by involving the community in topical discussions, and helping out where there is a great need. Drake-Brown mentioned they usually go on roadshows throughout the year to connect with their listeners across the Western Cape.

The 94.5 Kfm breakfast team recently travelled to the West Coast to host live shows in Langebaan, Riebeek Kasteel and in Ceres. Here are (left) Stephen Werner, Candice Botha, Cassidy da Silva, Ryan O’ Connor, Terence Mentor and Liezel van der Westhuizen.

PHOTO: SUPPLIED


Advertensie Advertisment

Standard 27 Junie, 2013

15


16

Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Junie, 2013

JSR bou aan ’n ‘reënboognasie’ CHRISTINE SMIT Een van die treffende doelwitte van die Junior Stadsraad (JSR) met sy stigting op 16 Junie 2007 op Worcester was om as kinders te weier om hulself as die bagasie van apartheid te laat gebruik of om misbruik te word. Die JSR het onderneem om homself te bemagtig om ’n positiewe en konstruktiewe rol te speel in die afbreek van rassisme en te help bou aan ’n reënboognasie. By terugskouing oor die afgelope ses jaar, het die JSR uitstekend in dié doelwit geslaag. Die JSR het die lig gesien danksy Charles Beukes, stigter van Chipros wat hy 31 jaar gelede as ’n jeuggedrewe projek begin het om die kleurgrens tussen swart en bruin te oorbrug. Die JSR, ook Beukes se breinkind, is weer ’n jeuggedrewe projek om, volgens hom, “die reënboognasie te akkommodeer sonder partypolitieke inmenging”. Die JSR is apolities, word uit eie geledere gefinansier en is volgens Beukes die enigste jeugprojek wat alle hoër skole en kleurgroepe reflekteer. Die Worcester Besigheidsforum (WBF), Chipros en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is die JSR se enigste befondsers en donateurs. Die afgelope ses jaar van die JSR is deur betekenisvolle hoogtepunte gekenmerk. Vir die eerste keer in Worcester se geskiedenis is daar amptelike samewerking tussen leerlinge van al die skole en is die verwydering wat apartheid gebring

het, afgebreek. Die kies van ’n meisie as die eerste junior burgemeester (Petra Klopper van Worcester Gimnasium in 2007) was tekenend van ’n transformasieproses waarin vroue hul regmatige plek begin inneem het; met die kies van die eerste junior burgemeester, ’n “wit” meisie, is bewys dat die JSR transformasie op ’n nie-rassige grondslag steun en met sy beleid van “die beste persoon vir die amp” ’n rigtingwyser vir die volwasse gemeenskap geword het. Danksy die JSR se rotasiestelsel vir vergaderplekke, het leerlinge van die verskillende skole vir die eerste keer bymekaar gekom en het ook skoolhoofde met ander bevolkingsgroepe kennis gemaak. Aanvanklik moes leerlinge, vreemd vir mekaar en van vreemde skole, mekaar as “medereisigers op dieselfde pad” leer ken, mekaar sonder vooroordele aanvaar met ’n bereidwilligheid om van mekaar te leer en as leiers te werk aan die pad vorentoe. Meer onlangs is begin om te konsentreer op en te skakel met ander junior rade (Kaapstad en die Paarl) en is die fokus nou op die uitreik (twinning) na ander skole asook skakeling met die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL). In die huidige termyn is vir die eerste keer, met die medewerking van die OVK, die VRL van al die skole in die Breedevallei by ’n leierskapskamp by die ATKV Goudini Spa betrek. Die JSR wil uiteindelik ’n baanbrekersrol speel in die organisering van ’n nasionale JSR-konferensie.

Marnus Cordier is die eerste leerling van die Hoërskool Goudini op Rawsonville wat tot die Junior Stadsraad (JSR) verkies is. Saam met hom is die huidige junior burgemeester Chanté Moses en die stigter van die JSR, Charles Beukes.. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER Enkele hoogtepunte die afgelope paar jaar vir die JSR sluit in deelname aan die Jeugparlement in Kaapstad as enigste jeugverteenwoordigers uit Worcester, gesamentlike kapasiteitsbouprogramme met Kaapstad JSR, sy betrokkenheid by

die bou van demokrasie by die skoolgaande jeug deur middel van die OVK en deelname aan ’n huldigingsprogram vir leiers uit die voordemokrasie-era uit erkentlikheid vir die feit dat Suid-Afrika se kinders nie ’n verskeurde land en same-

lewing geërf het nie. Die nuwe raad word op 19 Julie by Worcester Gimnasium ingehuldig met Alisa Narotam as die nuwe burgemeester. Die 2013-14-bestuur is onlangs by die J.C. Beukes-sentrum in Riverview verkies.


17 ATKV gee landelike leerlinge ’n eerste fliek­ervaring Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Junie, 2013

Die Worcester Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se gesinstak het Maandag (24 Junie) aan 80 leerlinge van vyf landelike skole ’n eerste fliek-ervaring gebied. Die leerlinge kom van skole wat Aan de Doorns, GoudiniBad, Petra Gedenk, Scherpenheuwel en H.M. Beets insluit. Hulle het by die plaaslike NuMetro rolprentteater gaan fliek. Volgens Claude Schroeder, die voorsitter van die ATKV, het die leerlinge nog nooit Mountain Mill Mall besoek nie. “Ons skep ’n geleentheid vir landelike leerlinge om uit hul omstandighede weg te kom en

Die Worcester Afrikaanse Taal­ en Kultuurvereniging (ATKV) se gesinstak het Maandag (24 Junie) 80 leerlinge van vyf landelike skole ’n eerste fliek­ervaring gebied. FOTO’S: VERSKAF

Die leerlinge smul aan hul springmielies in die rolprentteater terwyl hulle ’n fliek kyk.

om te droom oor ’n beter toekoms,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat die leerlinge se wêreld vergroot word danksy ervarings soos dié. Die gesinstak wil graag sy dank en waardering uitspreek teenoor Breedenet, De Kelder Restaurant en NuMetro wat hierdie unieke ervaring vir die leerlinge moontlik gemaak het. Lede van die publiek, maatskappye en ander diens- en gemeenskapsorganisasies wat deel wil word van die inisiatiewe, word aangemoedig om Schroeder by 082 868 3222 te bel of om e-pos te stuur na claudesch@gmail.com. Belangstellendes kan ook die kassier, Barbara Anyster, by 082 553 1269 bel.


18

Standard

27 Junie, 2013

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES RAAI wie is 21? Van Ma, Pa, broers, suster en Ouma.

07 Gelukwensing Congratulations

08 Sterfgevalle Death Notices

APPOLIS, JOHANNA. Jy het die wedloop voltooi. Tot ons weer ontmoet. Van Rene en gesin.

RAAI wie is 40? Sylvia Swanepoel. Baie geluk. Van kinders en familie.

APPOLIS, JOHANNA. Mamma, skielik van ons weggeneem. Ons gaan Mamma baie mis. Rus in vrede. Landi, Lewellyn, Leighton en Lincoln. JEFTHA, WARWENZRIO. It will all work out in the end. You must keep faith in yourself and leave the rest to God. From Neil and Liandi Landsman.

RAAI wie word 50? Geluk en seënwense. Van jou Pa en gesin.

VEELS geluk met jou verjaardag, Jasmeen Prins. Van Mammie, Daddy, tannie Blom en Uncle.

JEFTHA, WARWENZRIO. Die Here kom haal dié wat Hy lief het. Jou siel is in Sy hande. Rus veilig. Liefde, jou suster Priscilla en kinders. JEFTHA, WARWENZRIO. The time has come to say farewell to a dear belovered brother, brotherin-law and friend. My brother you must rest in peace ..... farewell. From Jianco, Emmerencia, Chasrie, Voguecan, Rayburma, Jianco junior, Jenine and Threasure. JEFTHA, WENNA. Wandel vandag in God se lig en jou voete sal jou lei waar God se liefde jou sal bedek met nuwe lewe. Rus in vrede, Wenna van APL Boardmachine Crew B-skof.

Geklassifiseerd Classifieds


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

27 Junie, 2013

BOOYSEN, MARCO. Skielik van ons af weggeneem deur die hand van die dood. Mooi herinneringe sal ons altyd koester. Jou plek is leeg en jou stem is stil. Van Mammie, broers, susters en familie.

SCHROEDER, MARY. Heaven has gained another angel. You are now safe in the arms of Jesus and with Pappie where you so longed to be. Love always Aldrin, Donna, Doron, Callum and Abigail.

CUPIDO, SOPHIA. Die lewe is leeg sonder jou. Ons gaan jou verskriklik baie mis. R.I.P. Van Julene en Curt.

SCHROEDER, MARY. You will be dearly missed. We love you and will always treasure your life and memories. From your daughter in law Mabel, grandson, Fabian and family.

CUPIDO, SOPHY. My vrou, my maat, so skielik het jy my verlaat. Ek dank die Vader vir die pragtige vrou wat Hy my gegee het. Dankie vir die wonderlike vrou en moeder wat jy was. Dankie vir alles wat jy vir my beteken het. Die Here het jou verlos van al jou pyn en jou op 'n beter plek geplaas, waar daar geen pyn meer is nie. Ek sal altyd die mooiheid van jou lewe koester. Jy was die beste ooit, ek sal jou nooit vergeet. Rus sag tot ons weer ontmoet. Met liefde, jou eggenoot, Freddie. CUPIDO, SOPHY. Mamma jy het die wedloop voleindig. Jy het die goeie stryd gestry. Jy laat ons met mooi herinneringe agter. Van L'Amour en Alicia. CUPIDO, SOPHY. Mom sadness is over us. A mom so dearly and sweet. We will miss you and you will always live in our hearts and thoughts. From Hilton, Moira, Brandon and Kaylin. CUPIDO, SOPHY. Ons is stukkend en verpletterd, maar jy was maar net uniek, altyd dieselfde. Jou lag en drukkies sal ons altyd onthou. Baie lief vir jou. Van Novellyn, Bella en Duane. CUPIDO, SOPHY. You're my everything, my mom and my best friend. You taught me lessons and undivided love. There's nothing I'd rather do to have that chance to have you back. Going to miss your touch and soothing words. Someday I will see you again. But for now, I'll be waiting for you in my dreams to re-live all those beautiful memories. Rest in peace my dear mother. All my love. Your daughter, Heloise. CUPIDO, SOPHY. Nana, ons sal jou mooi en kosbare tye onthou. Van James, Sarah en kinders.

SCHROEDER, MARY. Our loving grandmother Mary, you are safe in the arms of Jesus. A life lived to it's fullest, God graced us with years of blessings. We love you and will always treasure you. From Charlton, Chad and Cindy. SCHROEDER, MARY. Our grandmother passed away peacefully. Sadly missed by Carl Willoughby (Johannesburg), Bertha, Alfred and Adam (Cape Town), Dudley, Alverina and children (Australia), Astrid, Craig and children (UK), Carlo and Sacha (New Zealand) and Carlisle, Sharon and children (Hawston). SCHROEDER, MARY FRANCES. In loving memory of our mother Mary who passed away 24th June. Deeply mourned by Raymond, Aruna and children (New Zealand). SMITH, JUAN. 06/10/1962. 19/06/2013. Jou stem is stil, jou plek is leeg. God het jou lyding gesien en jou verlos. Gaan jou baie mis. Carmen en Conan. SMITH, JUAN. Gaan jou mis, weet jy is veilig by ons hemelse Vader. Van Tiesa, Lenord en kinders. SMITH, JUAN. Met hartseer neem ons afskeid van jou. Gaan jou baie mis, maar ons weet daar waar jy is jy veilig is. Van jou broer Elroy, Claudine en kinders.

11

In Memoriam MARAIS, PETRO. 29 Junie 2 jaar weg van ons. Mis jou baie. Bedroefde Ma en broers.

CUPIDO, SOPHY. Tyd was so min, maar die liefde oneindig. Mag jou siel in vrede rus. Tot ons weer ontmoet. Van Freek, Nolene en kinders.

DOUW, ANTHEA MARCODELIA. Geb. 07/06/1982. Gest. 21/06/2013. Begrafnisdiens vind plaas Saterdag 29/06/2013 om 10:00 by huis, Watsoniastraat 3 en 11:00 VGK Moedergemeente, Loopstraat, Robertson.

SCHROEDER, MARY. Our mom passed away on 24/06/2013. Gone is the face we loved so dear, silent the voice we long te hear. Beautiful memories she left behind. Deeply mourned. Hilda and Brian Willoughby.

ABRAHAMS, COHAN. Op 24/06/2013 was jy reeds 2 jaar van ons geskei. Ons mis jou en wens ons kan jou by ons hê. Rus in vrede ons engelkind tot ons weer ontmoet. Liefde, Pappa, Mammie en Kaylinn. ABRAHAMS, COHAN. 2 years gone by since our Lord called you to eternal paradise. May you rest in peace. Will always love and remember you. Carlo and Grandparents.

WITBOOI, LEONARD. 29 June, 2 years gone to be with our heavenly Father. Thank you for being my guardian angel. I treasure our memories always in my heart. Fransiena.

SEFOOR, RECARDO. 'n Jaar is verby, tog voel dit soos gister. Mis jou steeds. Van Nenna, kinders en skoonfamilie.

NOBLE, DENISE. Geluk, my kind met jou verjaardag. Ek weet dat jy die beste verjaardag by God het. Baie lief vir jou. Mis jou baie. Van Mammie. NOBLE, DENISE. Jou eerste verjaardag by Jesus, my suster. Dankie dat jy die beste Nannie vir my kinders was. Ons mis jou. Van Tommy, Zel, Micka en Lermo. NOBLE, DENISE. Geluk met jou verjaardag. Die mooiste blom is by Jesus. Ons mis jou baie en is lief vir jou. Van Noble-familie.

19

12 Dankbetuigings Thanks

GQUMO, JOSEPH JOEKIE. Namens Gqumofamilie wil ons graag almal bedank vir die ondersteuning tydens die heengaan en begrafnis van Joekie. Wees verseker dit word opreg waardeer. Baie dankie aan die bestuur van El Shaddai-begrafnisondernemers.

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 43

Persoonlike Dienste Personal Services

TE HUUR

CUPIDO, QUENTIN. Geb. 28/06/1961. Gest. 08/12/2012. My loving husband I never need a special day to bring you to my mind, for days without thinking of you are so hard to find. Your first birthday in heaven. Oh how I wish to hold you now. Happy birthday, my love. Your loving wife Sharon. CUPIDO, QUENTIN. Put your arms around our Dad dear Lord, don't leave him on his own today. It is Dad's birthday, his first away from home. Happy birthday, Daddy. Love, Durand and Chantal. CUPIDO, QUENTIN. Jou eerste verjaardag by God. Die verlange is groot, maar jy leef altyd voort in my hart. Liefde, Mammie. CUPIDO, QUENTIN CARL. Our dearest friend, "brother" and uncle, celebrating your 1st birthday up in heaven. We cannot send a birthday card, your hand we cannot touch, but God will take our greetings to you whom we miss so much. You left us precious memories that will stay within our hearts. Happy birthday, our dearest Quenti. Lots of love, Lene, Megan, Joey, Micaela and Be-Arthur. CUPIDO, QUENTIN CARL. Our beloved father and grandpa, not a day goes by without longing for your presence. We found comfort in knowing you will share your 1st birthday with God beside you. Querin, Shanaaz and Qimarah. CUPIDO, QUENTIN CARL. Op 28 Junie sal dit jou 1ste verjaardag weg van ons af wees. Wou dit so graag anders hê, maar God het anders besluit. Ralmond en familie.

DE WET DIGGERLOADERS

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 102

Allerlei Miscellaneous Services

N i c o d e We t

Sel: 082 770 2822 O F T h e r o n d e We t Sel: 082 557 2393 Steenkool As Beskikbaar

GRONDDREINERING

FIETS Patriot, R1 000 ohb. Skakel 084 4076 390.

108

Geld/lenings Money/Loans

BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumpsum only). Cash same day. Ph. (021) 949 0930.

LENINGS R1 000 - R120 000. 5 minute pre-approval. Same day pay-out.Win a car. Fiona 082 422 2271.

OP SOEK na saamry geleentheid drie dae per week tussen Worcester en Paarl. Kontaknommer 079 038 1526.

LOANS. R1 000R120 000. Fast pay-outs, garnishee blacklisted welcome. Contact Sharon 083 819 3947.

1141

TE KOOP FOR SALE 73

Diere en Voëls Pets and Livestock SKAAPHONDJIES te koop. R500. Bel 023 344 3650/084 242 9445.

GESOEK: 6 of 12 m vraghouer. Kontantkoper. Sel. 083 702 2826.

Algemene Dienste General Services MEUBELVERVOER N.J. (Otto). 20 jaar ondervinding. Persoonlike toesig. Enige trek. 082 708 9447/023 342 0286. DO IT ALL vir alle klein werkies in en om die huis. Ook Rawsonville. Kontak Gideon 083 200 8921.

MOTORS VEHICLES 145

Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy OP SOEK na bakkies, lopend. Nissan petrol/diesel, Toyota Hilux, Isuzu, Colt of enige ou model motors. Bel Julie 073 083 6295/078 573 7048.

EIENDOMME PROPERTIES 113

te Huur/to Hire

Lew Geffen Sothebys INTERNATIONAL REALTY

Kerkstr. 163 • h/v Trappe- & Kerkstr.

ONMIDDELLIK:

MIDDEDORP: Kantoorspasie 46m². R2 500 KONTAK GEZINA MIDDEDORP: Nuut oorgedoen. Woonstel op grondvlak. Veilige onderdak parkering in klein kompleks. R4 150 KONTAK LOUMA AUGUSTUS:

HOOGGELEGEN: 3 Slpk met braaistoep en lieflike uitsig. R5 950 KLEIN BARLINKA: 2 Slpk loft met braaiplek en veilige parkering. R3 850 KONTAK GEZINA Skakel kantoor 023 347 2240


20

Standard

27 Junie, 2013

SITKAMER, kamer, kombuis, badkamer en meubels. Enkelpersoon R1 500 plus deposito of 2 persone wat kamer deel R850 plus deposito per persoon. Koopkrag apart. Avianpark. Selno. 072 699 9884 of SMS weens swak sein.

166

Huise te Huur Houses to Let VERSKEIE wonings te huur. www.rentbay.co.za.

171

Woonstelle te Huur Flats to Let PANORAMA. Oumawoonstel vir enkelpersoon met motorhuis. Onmiddellik beskikbaar. R1 980 per maand. Deposito betaalbaar. 082 895 8682.

JOBS

401

Algemeen General Vacancies TEACH English in Thailand. Relocation cost apply. linda@teachnet.co.za WIL jy jou eie ure werk? Verkoop Avon. Ek help jou registreer as 'n agent. 078 301 3771.

Geklassifiseerd Classifieds


Geklassifiseerd Classifieds

Standard 27 Junie, 2013

21


22

Standard

Eiendomme Property

27 Junie, 2013

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

BREEDE EIENDOMME

Veilige lushof is die hart van hierdie huis Hierdie week se skouhuis is ’n uitsonderlike eiendom in die gesogte woonbuurt Panorama. Die eiendom bied ouwêreldse sjarme met verskeie opsies vir diegene wat veranderings wil aanbring en is ’n hanetree van die Karoo Nasionale Botaniese Tuin. Die huis het drie ruim slaapkamers sowel as ’n studeerkamer, aparte sit-eetkamer en woonvertrek, twee volledige badkamers, buitekamers en ’n dubbelle motorhuis met dubbelle motorafdak. Die hart van die huis is die binne-buitebraai in die middel van die huis waar daar in die winter en somer gekuier kan word. Hierdie eiendom is beslis die moeite werd om te oorweeg as jy ’n eiendom soek om in te belê. Vir meer inligting, bel vir Lorraine Theron van Alpha Eiendom by 0 023 347 2144 of 084 512 7388.


Standard

Sport Sport

27 Junie, 2013

Doubles se bo­35’s gelykop teen Sweepers Double Foot Shooters se bo-35-span het die afgelope Sondag (23 Junie) in ’n vriendskaplike wedstryd teen Mountain Sweepers met 4-4 gelykop gespeel.

NETBALTOERNOOI: Sowat 430 netbalspe­ lers van die Boland, Westelike Provinsie (WP) en Suid­Westelikte Distrikte (SWD) het die af­ gelope naweek sake uitgespook op die net­ balbaan tydens die interstreek­toernooi wat op Worcester aangebied is. Hier is die o.18­ span van Boland Barlinka en WP Disa in ak­ sie. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Gholf: Bonnievale (72): Enkel-Stableford – A. van Zyl 39, B. Jonker 39, M. Botha 37, Q. van der Merwe 37, C. Rouch 36. Ceres (72): Houespel – P. Basson 68, R. Engelbrecht 69, G. Claasen 69, M. Herhaldt 69, W. van Heerden 69, W. Rossouw 70. Montagu (72): Samespel-Stableford – W. Retief en P. Winterbach 50, C. Cloete en H. de Bod 47, P. Olivier en N. Fabrilius 47, R. Antonie en M. van Wyk 46, G. Biesenbach en H. Biesenbach 46, P. Fouché en I. Robertson 45, G. Kriel en R. Kriel 44, J. Stemmet en T. Crafford 44, R. van Eeden en R. van Eeden jr. 43, J. Conradie en T. Carstens 43, S. Esterhuyse en J. Nolan 43, J. Spangenberg en J. Spangenberg 43, S. de Koker en W. Gassauer 43, K. Conradie en M. Mitchell 42, E. Deyzel en F. Faul 42, P. Conradie en G. Delderfield 42. Riverside (72): Samespel-Stableford – N. Macpherson en N. Jeftha 46, A. Africa en P. Minnaar 45, A. Beukes en C. Beukes 44, A. Bergh en R. Adams 42, S. Adonis en N. van der Merwe 41, J. Joseph en R. Arendse 41. Robertson (42): Samespel-Stableford – P. du Toit en J. Hugo 49, J. du Plessis en D. van Deventer 46, D. Cloete en J. Geldenhuys 45. Theewaterskloof (72): Samespel-Stableford – S. van den Berg en R. van den Berg 44, P. van Rooyen en G. van Rooyen 43, G. Grobbelaar en M. Muller 42. Worcester (72): Samespel-Stableford – K. Cloete en P. Eloff 46, R. Neethling en B. Boshoff 44, A. Koegelenberg en B. Steyn 43, J. de Villiers en J. van Rensburg 43, A. du Toit en I. du Toit 43. Rugby: Premierliga: Hawston 44, Robertson 37; United Bulk Villagers 35, Wesbank 24. Superliga-Oos: Delicious 30, Ashton 19. Duiwe: Laingsburg jaaroud 2 (22/06/2013): WHPS: 1. E. van Zyl 1 351,11, 2. S. Jacobs 1 348,98, 3. S. Jacobs 1 347,08. WPK: 1. J&F Steenkamp 1 349,23, 2. P. la Grange 1 343,01, 3. Wim & Alta Kruger 1 334,53. WHFC: 1. P.F. Kleintjes 1 339,93, 2. L.A. Prins 1 323,35, 3. J. de Koker 1 311,21. WNPK: 1. G.L Hokke WNPK 1 316,26, 2. G.L. Hokke WNPK 1 312,37, 3. Maree-Smith Team 1 309,79. WHRS: 1. D. le Grange 1 327,35, 2. G. Jeffries 1 320,44, 3. G. Jeffries 1 311,78. LPKTR: 1. E.J. van Dyk 1 317,56, 2. G. Willemse 1 295,69, 3. K. Scheffers 1 089,54. BHPS: 1. R. van Wyk 1 240,69, 2. R. van Wyk 1 240,33, 3. N. Smith 1 224,75. HDK: 1. C.B. Frick 1 143,15, 2. C.B. Frick 1 113,53, 3. C. Frick 1 092,14. CPK: 1. Snyman & Du Toit 1 255,38, 2. Stevens Loft 1 249,37, 3. Stevens Loft 1 246,92. CHPS: 1. N. Davids 1 312,18, 2. N. Davids 1 273,91, 3. N. Davids 1 264,42. CPS: 1. K. Persens 1 312,31, 2. NJ’s Lofts 1 264,05, 3. C. van Wyk 1 228,49. VPK: 1. T. dos Santos 1 321,56, 2. T. dos Santos 1 320,72, 3. T. dos Santos 1 302,34. BHDK: 1. J.G. Burmeister 1 342,31, 2. A. Kotze 1 334,98, 3. A. Kotze 1 333,59. BVDK: 1. Fredericks en Seun 1 214,26, 2. J. Terblanche 1 209,36, 3. Fredericks en Seun 1 202,31. N.B.H.U: 1. E. van Zyl WHPS 1 351,11, 2. J&F Steenkamp WPK 1 349,23, 3. S. Jacobs WHPS 1 348,98. Laingsburg Ope 2 (22/06/2013): WHPS: 1. D&J van Schalkwyk 1 373,09, 2. D&J van Schalkwyk 1 372,87, 3. D&J van Schalkwyk 1 370.19. WPK: 1. Ronnie & Susan 1 369,04, 2. Eddie Kriek 1 32779, 3. P. la Grange 1 327,29. WHFC: 1. P. Augustyn 1 333,78, 2. Demas Broers 1 282,71, 3. P.F. Kleintjes 1 281,79. WRPC: 1. L.J. Williams 1 352,81, 2. Soldaat en Seun 1 317,34, 3. Soldaat en Seun 1 304,74. WNPK: 1. G.L. Hokke 1 301,42, 2. G.L. Hokke 1 269,28, 3. G.L. Hokke 1 266,61. WHRS: 1. S.C. Williams en Seun 1 357,57, 2. S.C. Williams en Seun 1 335,44, 3. G. Jeffries 1 301,01. LPKTR: 1. E.J. van Dyk 1 252,56, 2. G.P. van Zyl 1 249,65, 3. E.J. van Dyk 1 239,12. BHPS: 1. N. Smith 1 303,61, 2. W&W Sampson 1 302,79, 3. R. van Wyk 1 204,64. HDK: 1. C.B. Frick 1 313,39, 2. C.B. Frick 1 280,56, 3. C.B. Frick 1 258,43. CPK: 1. Snyman & Du Toit 1 260,71, 2. Stevens Loft 1 251,84, 3. Stevens Loft 1 207,91. CHPS: 1. C. Davids 1 295,19, 2. J. Petersen 1 268,61, 3. J. Petersen 1 250,47. CPS: 1. K. Persens 1 259,56, 2. NJ’s Lofts 1 252,51, 3. Meyer Hokke 1 215,45. VPK: 1. T. dos Santos 1 298,08, 2. S. de Kock 1 297,88, 3. S. de Kock 1 297,56. BHDK: 1. D. van Dyk 1322.8561, 2. D. van Dyk 1 321,64, 3. A. Kotze 1 320,75. BVDK: 1. J. Terblanche 1 215,09, 2. J. Terblanche 1 206,59, 3. Fredericks en Seun 1 202,47. N.B.H.U: 1. D&J van Schalkwyk WHPS 1 373,09, 2. D&J van Schalkwyk WHPS 1 372,87, 3. D&J van Schalkwyk WHPS 1 370,19.

ONTWIKKELINGSPAN SPEEL SKAAK IN OUDTSHOORN: ’n Ontwikkeling­ skaakspan van die Instituut vir Blindes het verlede naweek (21 ­ 23 Junie) as ’n Ont­ wikkelingspan aan die Oudtshoorn Sport­ fees deelgeneem. Dié span wat uit blinde en swaksiende spelers bestaan en teen siende spelers deelgeneem het, het goed gevaar. Altesaam sewe wedstryde is ge­ speel met die uitslae as volg: Abe Conradie 3 uit 7; Klasie Prins 1 uit 7; Lucas Meyer 2 uit 7 en Marlene Rahn 2 uit 7. Die klub be­ dank die Wes­Kaapse departement van sport en kultuur en die Instituut vir hul borgskap. Agter staan Freddie Botha (uit­ voerende hoof van die Instituut) saam met spelers Abe Conradie en Klasie Prins met (voor) Lucas Meyer, Floris Brown (afrigter en ontwikkelingsbeampte) en Marlene Rahn. FOTO:VERSKAF

Racing selections for Saturday (29/06/2013) at Kenilworth: Race one: Work Riders Maiden Plate (F&M) 1 200 m: Trippissa (10) Race two: Juvenile Plate (2 year-olds) 1 200 m: 1. Headstrong Harry (12) 2. Azincourt (2) 3. Royal Knockout (3) 4. Kremlin Captain (1) Race three: Maiden Juvenile Plate (fillies) 1 200 m: 1. Als Bonanza (1) 2. Dinesen (2) 3. Georgeous Gaby (5) 4. Knysna Lagoon (7) Race four: China Town Shoprite Park Parow Handicap (MR 78) 1 200 m: 1. Golconda (8) 2. Royal Var (11) 3. Wise Choice (9) 4. Red Banner (5) Race five: Ladies Mile (Listed) (F&M) 1 600 m: 1. Pan Amm (6) 2. Fly By Night (2) 3. Irish May (13) 4. Control Tower (15) 5. Sweet Aria (Ire) (11) Race six: Winter Juvenile Stakes (Listed) 1 600 m: 1. Matador In Red (5) 2. Lastbutnotleast (4) 3. Juddering Angel (2) 4. Jungle Skyline (3) 5. Tiger Island (7) Race seven: Winter Oaks (3 year-old fillies) (Listed) 2 200 m: 1. Maximum Jet (1) 2. Smart Colleen (2) 3. Schism (4) 4. Gypsy Madonna (12) 5. Showdown (7) Race eight: Winter Derby (3 year-olds) (Grade 3) 2 400 m: 1. King Of Pain (1) 2. Ze Kaizer (2) 3. Paterfamilias (7) 4. Parker (6) 5. Awesome Power (5) Race nine: Maiden Plate (F&M) 1 400 m: 1. Jet Intombi (10) 2. Seven Suns (2) 3. Miss Jamie (3) 4. Evening Rose (6) Race ten: Maiden Juvenile Plate (fillies) 1 200 m: 1. Abyssinia (1) 2. Winter’s Eve (16) 3. Latino Lady (11) 4. Credibility (10) Place Accumulator: 1,2x6,8,9,11x2,6,13x5x1,2x1,2,6,7x2,3,10. Jackpot: 1,2,5,6,9,13x2,3,4,5x1,2x1,2,3,5,6,7. Pick 6 (10c unit): 2(3),8(6),9(19),11,13(5)x1(3/9/15),2(5/6/7/14), 4(12/16) 2,3,5(4)x1,2,3(7/10)x1,2(3/7/9),5,6(8/10/11)x2, 3,4,6,10.

Die wedstryd het op die Zweletemba-sportterrein plaasgevind. Albei spanne het goeie sokker gespeel en die doelhok met reëlmaat aangeval. Dit was egter Doubles wat eerste bloed geruik het toe Fabian Appies die nette laat raas het ná Aasif Witbooi hom in besit van die bal gestel het. Doubles se veteraan Mervin Hermanus het hul telling na 2-0 geskuif toe Appies die aanvoorwerk gedoen het. Sweepers het selfs hierna sterk aangeval, maar Doubles se doelwagter Paul Opperman het menige aanval met goeie keerwerk weggekeer. In die tweede helfte het Sweepers sy spel-

23

styl verander en drie vinnige doele aangeteken om met 3-2 voor te loop ná blapse in die Doubles-verdediging. Doubles se Appies het die spanne weer gelyk gebring met ’n puik doel in die 60ste minuut. Doubles het kort hierna die voortou geneem toe Riaan Nonney van die strafmerk af sukses behaal het ná hy neergevel is in die doelgebied. Die telling was toe 4-3 in Doubles se guns. Doubles het in die laaste paar minute van die wedstryd hul konsentrasie verloor en dit is toe dat Sweepers die geleentheid gebruik het om sake gelyk te maak. Vir Doubles het Victor Mohammed, Ramsey Prins en Carlo Ferus goed vertoon, terwyl Riaan Nonney ook gewys het dat ervaring nie te koop is nie. Doubles speel Sondag (30 Junie) teen ’n uitnodigingspan in die Esselenpark-stadion. Die wedstryd begin om 13:30.

Doubles: junior spanne se uitslae Double Foot Shooters se junior spanne het die afgelope Saterdag (22 Junie) in vriendskaplike wedstryde teen View of Hope te staan gekom. Al die wedstryde het op die Esselenparkstadion plaasgevind. Doubles se o.9-span het met 1-0 teen View of Hope (VOH) vasgeval. Vir VOH het ChadLee Lovelot ’n puik doel aangeteken. Doubles se o.13-span het Hope in ’n baie opwindende wedstryd met 2-1 geklop. Vir Doubles het Lleweluyn Buys en Curt-Lee Ferus punte aangeteken, terwyl Jerobeam Fortuin vir Hope sukses behaal het. Vir Hope het Lincoln Jacobs en Jerobeam For-

tuin uithalerspel gelewer, terwyl Keagan Pietersen en Keanu Pretorius vir Doubles uitgeblink het. Doubles se Tesswill Hansen is aangewys as die speler van die wedstryd. Die o.15-wedstryd het met 3-3 gelykop geeindig. Vir Doubles het Curwin Barry, Nathan Adendorf en Jurgen Flippies sukses behaal. Vir Hope het Calvin Butland, die speler van die wedstryd, ’n puik tweekuns behaal en Jerobeam Fortuin het die ander doel aangeteken. Doubles se vrouespan speel Sondag (30 Junie) in ’n Absa-ligawedstryd teen Glen Eagles in die Esselenpark-stadion. Die wedstryd skop om 15:00 af.


27 Junie 2013

VIER DRIEË EN ’N BONUSPUNT

Villagers straf vir Wesbank ALVER UYS United Bulk Villagers het die afgelope Saterdag (22 June) in ’n Premierliga-wedstryd vir Wesbank van Malmesbury met 38-24 geklop. Die twee spanne het in die Bolandpark-stadion in Worcester kragte gemeet. Dit was juis Villagers wat sommer uit die staanspoor die pap lekker dik aangemaak het en met verskeie lopies die verdediging vroeg aan die raai gehad het. Veral Villagers se heelagter Yazeed Johnson en regtervleuel Girchen Wentzel het nie net Wesbank se verdediging nie, maar ook skeidsregter Roslyn Fortuin reg van die afskop af op hul tone gehou met doelgerigte hardlopery. Dit was egter Wesbank wat eerste bloed geruik het toe losskakel Deston Welman gaan druk het. Binnesenter Nevin Edas het die drie verdoel. Villagers het oomblikke later

self hard teruggeslaan toe kaptein en agsteman Wayne Wilschut met brute krag oorgebars het vir ’n drie wat losskakel Jaylen Fortune verdoel het. Die telling was toe gelykop met 7 elk. Die telling het egter aangegroei na 14-7 in Villagers se guns toe Wentzel onder die pale oorgaan vir ’n pragdrie wat Fortune verdoel. Kort voor rustyd het Edas die agterstand laat krimp toe hy met ’n maklike strafskop drie punte by Wesbank se telling voeg. Die telling was 14-10 in Villagers se guns. Ná rustyd het Villagers verwoed begin en die telling het sommer vinnig aangegroei na 20-10 toe Fortune, ná skrumoortredings, met twee moeilike strafskoppe slaag. Wesbank het binne twee punte van Villagers se telling gekom toe Edas met ’n strafskop slaag en slot Morris Moses kort daarna ’n drie gaan druk. Edas kon ongelukkig nie verdoel nie. Die telling het opgeskuif na 20-18. Villagers het met mening teruggeveg toe sy vlugvoetige buitesen-

ter Ashwill Peters skerp breek en Wentzel oorstuur. Fortune kon nie verdoel nie. Die telling is toe 25-18. Die agterstand het weer gekrimp toe Edas met nog ’n strafskop sukses behaal. Fortune het egter weer Villagers se voorsprong gerek toe ook hy met ’n langafstand-skop die kol tref. Die telling was 28-21 in Villagers se guns. Kort daarna het De Koker steelkant om gebreek en Villagers se vierde en bonusdrie gedruk. Met Fortune se suksesvolle doelskop het hul telling tot 35 geklim. Edas het weer met nog ’n strafskop vir Wesbank geslaag voor Johnson Wesbank se wind finaal uit hul seile gehaal het toe hy met ’n blitsige skepskop slaag. Die tweedespan van United Bulk Villagers het sy onoorwonne status ná agt wedstryde behou toe hulle hul wedstryd teen Wesbank se naasbestes met 10-3 gewen het. Villagers se derdespan was egter in die eerste wedstryd van die dag aan die ontvangkant toe hulle hul wedstryd met 12-13 verloor het.

United Bulk Villagers het die afgelope Saterdag (22 June) in ’n Premierli­ ga­wedstryd vir Wesbank van Malmesbury met 38­24 geklop.

Nog ’n stukkie aksie uit Saterdag se kragmeting tussen Villagers en Wes­ bank. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Perseverance oorrompel Touwpark

Globle Force Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag (22 Junie) in ’n Presi­ dentsliga­wedstryd (Wynland­afdeling) vir Touwpark met 27­5 oorrompel.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Globle Force Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag (22 Junie) in ’n Presidentsligawedstryd (Wynland-afdeling) vir Touwpark met 27-5 oorrompel. Die twee spanne het in ’n volgepakte Esselenpark-stadion gespeel. Persies wat in ’n paar vorige wedstryde nie momentum kon kry nie, het Saterdag weereens bewys dat hy nie maklik afgeskryf kan word nie. Volgens Boetie Hattingh, Persies se wedstrydsekretaris, het hulle danksy goeie samespel deur die voor- en agterspelers reeds in die eerste helfte drie drieë gedruk. “Ons spelers was goed voorberei vir die wedstryd en het aanvallende rugby gespeel,” het Hattingh aan die Standard gesê. Hy voeg by dat Per-

sies die meeste van die balbesit geniet het, wat bewys dat die span rugby van ’n hoë gehalte gespeel het. Die rustydtelling was 17-0 in Persies se guns. In die tweede helfte het Persies nog twee drieë bygevoeg en sodoende ook ’n bonuspunt gekry. Persies se punte is aangeteken deur hul vleuel Rowalton Pienaar (1), losskakel Jaco Daniels (1), flank Godwin Kaywitz (1), slot Monroe Christiaans (1) en plaasvervangervleuel Roland Daniels (1) en skrumskakel Alley Johnson het een drie verdoel. Touwpark kon egter net daarin slaag om een drie te druk. Persies se B- en C-spanne het onderskeidelik met 7-3 en 27-10 geseëvier. Perseverance geniet eerskomende Saterdag (29 Junie) ’n loslootjie.

GROOT OPWINDING BY KLEINPLASIE: Kleinplasie Raceway het die afgelope Saterdag (22 Junie) vir heelwat vermaak vir jonk en oud gesorg met die aanbieding van die Goodwood Used Spares & Engines Importers se African Banger­reeks. Hier jaag Deon De Waal deur die vuurtonnel. FOTO: VERSKAF

Worcester standard 27 06 2013  

Worcester standard 27 06 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you