Issuu on Google+

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 19 Desember 2013

Prys: R4.90

N1­motoriste kry verrassing 2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

R100 000­skenking vir brandweer 3

Is jou vakansiefoto R500 werd? 5

Ná nog ’n dol jaar . . .

Worcester se Kersliggies is aangeskakel, die laataand­inkope is agter die rug en plek­plek brand liggies saans aan inwo­ ners se huise. Die afgelope jaar was vir baie ’n dol een en is op ’n hartseernoot afgesluit toe oudpresident Nelson Mande­ la begrawe is. Nou wens Imari Genade (5), Thayne Kivedo (6) en Lathitha Stuur­ man (6) lesers ’n geseënde feestyd toe waarin hulle vrede en liefde sal ervaar saam met mense wat hulle na aan die hart lê. Mag dit voorwaar ’n tyd van rus en moedskep wees vir die jaar wat wag.

FOTO: ELANA VAN DER WATT

Donderdag 36 °C

Mooiweer

Vrydag 34 °C

Mooiweer

Saterdag 32 °C

Mooiweer

Sondag 35 °C

Gedeeltelik bewolk


2

Standard

Nuus News

19 Desember, 2013

NID spreek teleurstelling uit oor tolk se gebrabbel HILDERINE SCHRÖDER Dit is onaanvaarbaar dat die regte van Dowes by die gedenkdiens van ’n man wie se reuse-nalatenskap die nasionale grondwet insluit, so erg misken is. Só sê die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) in ’n persverklaring wat uitgereik is ná ’n storm verlede week losgebars het om die kop van die tolk tydens wyle Nelson Mandela se gedenkdiens. Dowes van regoor die wêreld het skerp kritiek gelewer op Thamsanqa Jantjie se sogenaamde tolkwerk,

wat sedertdien die onderwerp van ’n vloedgolf grappe op sosiale mediaplatforms en vir komediante geword het. Jantjies het later aan nuuskanale, radiostasies en koerante gesê hy het ’n “skisofreniese episode” beleef waartydens hy gehallusineer en stemme gehoor het weens die spanning van die oomblik. Dié erkenning van Jantjies, wat enkele meter van die Amerikaanse president Barack Obama en verskeie ander wêreldleiers gestaan het, het veral internasionale media op hol gehad, asook latere onthullings dat hy voorheen van verskeie

misdade aangekla is. Andries van Niekerk, woordvoerder van die NID, sê die gebeure is onaanvaarbaar. “Die tolk was duidelik nie bevoeg nie en het nie handvorms, bewegings of gesigsuitdrukkings gebruik wat tipies is aan Suid Afrikaanse gebaretaal nie. Die NID is bedroef daardeur dat Dowes wat die diens bygewoon het nie kon verstaan wat ander groot wêreldleiers gesê het oor die nalatenskap van die vader van ons nasie nie.” Ook Wilma Newhoudt-Druchen, visepresident van die Wêreldfederasie vir Dowes en die eerste Dowe lid van die Suid-Afrikaanse par-

lement, het die voorval skerp veroordeel. “Wat tolk hy? Hy weet die Dowes kan hom nie van die verhoog af jou nie. Hy behoort hom te skaam!” het sy op Twitter gesê. Die NID het kommer uitgespreek oor wie Jantjie as tolk aangestel het. Die voorval, sê die NID, het nie net Dowes die geleentheid ontneem om in die finale eerbetoon aan ’n groot leier te deel nie, maar het ook die land in die verleentheid gebring. Die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, het intussen om verskoning gevra vir die voorval. “Ons vra nederig om verskoning vir die Dowe gemeenskap en alle Suid-

Afrikaners vir enige aanstoot wat hulle ervaar het,” het hy in ’n persverklaring gesê. Intussen het Hendrietta Bogopane-Zulu, siggestremde adjunkminister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, ook dié departement se verskoning aangebied, maar bygevoeg dat die departement nie skaam is nie en immers probeer het, het Die Burger berig. “Hy het goed begin, maar toe word hy moeg. Hy het foute gemaak, maar hy is nie ’n misdadiger nie.” Jantjie se aanstelling as tolk by die geleentheid word tans ondersoek.

Toeriste uit die Noorde word welkom geheet in Breedevallei JOLINE VAN DER MERWE Worcester Toerisme, in samewerking met die Worcester Wyn- en Olyfroete, die Breedevallei Munisipaliteit, Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, Breedekloof Wyn en Toerisme en Coca Cola, het verlede Vrydag baie aandag op die N1 buite Worcester getrek. Verkeersbeamptes het die pad afgebaken en vrywilligers het motoriste verras met geskenkpakke en koeldrank om as lafenis te dien in die hitte. Die doel van die inisiatief was om toeriste vanuit die noorde van die land bewus te maak van die Breedevallei se trekpleisters. Coca Cola se vermaakvragmotor het gesorg vir musiek en van die vrywilligers het sommer litte losgemaak terwyl hulle die geskenk-

pakke uitdeel. Die geskenkpakke bevat inligtingspamflette van die verskeie toerisme-aanbiedings in die Vallei. Daar was ook lipbalsem, plakkers en geskenkbewyse, verskaf deur plaaslike ondernemings. Talle Valleiers het ook langs die pad gestop om ’n glasie koeldrank te geniet. “Ons het besluit om geskenkbewyse uit te deel as ’n trekpleister sodat mense terug kan kom na die Breedevallei en deelneem aan al ons attraksies,” sê Elzabé Morkel, hoof- uitvoerende beampte van die Worcester Wyn- en Olyfroete. Die hoop is uitgespreek dat Valleiers ook die vakansie sal gebruik om die kelders, restaurante, olyflandgoedere, museums, tuine en vele meer in die Vallei te verken.

Dit gebeur nie dikwels dat ’n verkeersbeampte ’n vragmotorbestuurder voorkeer om vir hom ’n koeldrank te gee nie.

Melody Botha, hoof­ uitvoerende beampte van Breedekloof Wyn en Toerisme, verwelkom ’n toeris in die Breedevallei­streek. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Janneke Beukes, bestuurder van Worcester Toerisme, Elzabé Morkel, hoof­ uitvoerdende beampte van die Worcester Wyn­ en Olyfroete, en Hydric Issel, BVM­verkeersbeampte, deel geskenkpakke uit aan motoriste op die N1.


Standard

Nuus News

19 Desember, 2013

TOPBOER: Aan de Doorns Wynkelder het pas sy Boer van die Jaar vir 2013 aangewys. Nick Wilkinson, eienaar van die plaas Rio Largo, het met dié titel weg­ gestap. Hennie en Roelie du Toit was tweede met Ger­ die Hugo en Seuns in die derde plek. Die kompetisie word in verskillende kategorieë beoordeel en sluit on­ der meer die kwaliteit van die druiwe gelewer, die sa­ mestelling van variëteite en die bydrae tot wenwyne in. Die wenners is deur Pierre Snyman, wingerdbou­ kundige by VinPro, by die die kelder se onlangse jaar­ vergadering aangekondig. Van links is Snyman, Gert van Deventer (wynmaker by Aan de Doorns), Christie Hugo (Eureka), Stephanus Theron, Nick Wilkinson (eie­ naar van Rio Largo) en Roelie en Hennie du Toit.

Sponsorship for BVM MATTHEW SHELDON A delegation from the Friedrich Naumann Foundation for Freedom in Germany visited Worcester’s Fire and Rescue Services on Tuesday 3 December. The purpose of the foundation is to create awareness about climate change and the effect it has on the planet. Previn Govender, chief fire officer at the Breede Valley Fire and Rescue Services, gave the delegates a brief description of the services’ role in the Valley and also displayed their readiness for any sudden disasters. He also gave the officials a tour of the facility to show them the equipment, training gear and infrastructure. This is not the first ties to be formed with the German organisation. Basil Kivedo, executive mayor of the Breede Valley Municipality was invited to the World Summit on Climate Change in Dar es Salaam. Tanzania and was sponsored by

the Friedrich Naumann Foundation. “After my attendance the foundation gave me R100 000 to use for a project in the Valley,” said Kivedo. He told the Standard it was decided that the money should be invested in the Disaster Risk Management Centre and the Fire and Rescue Services. “We will be facing many challenges in future if we don’t educate ourselves on climate change issues. We need to adapt to the constant changes in our weather patterns. Here in our Valley our biggest industry, which is the wine industry, is dependent on weather and can easily be damaged by extreme weather conditions,” said Kivedo. Kivedo added that Worcesterites have already felt the full force of climate change after the town’s main water pipeline at Stettynskloof was extensively damaged due to rock slides and avalanches recently. The town was forced to use water from its reserves and many rushed to shops to stock up on bottled water.

The Breede Valley Municipality’s executive mayor, Basil Kivedo, visited Tanzania from 27 October to 2 November for a world summit on climate change. Here Kivedo walks with delegates and locals while inspecting a site affected by massive floods in 2011.

3


4

Standard

Nuus News

19 Desember, 2013

Leesprojek soek vrywilligers JOLINE VAN DER MERWE Die Gemeenskapshulp- en Inligtingsprojek vir Studente (Chipros) beplan om vroeg in die nuwe jaar hul lees-en-groei-projek van stapel te stuur. Die projek is gemik op skoolgaande kinders wat smiddae alleen tuis moet bly terwyl hul ouers werk. Kiwidore Fillis van Chipros sê die oogmerk met die projek is om veilige huise in elke straat te identifiseer waar leerders ná skool kan vergader om huiswerk te doen en leessessies te hou. “Met die lees-en-groei-projek wil ons ook ’n liefde vir lees in kinders ontwikkel en vestig,” sê Fillis. Volgens Fillis is die vyf uur tussen 15:00 en 20:00 die tyd van die dag wanneer die meeste kinderverwante misdaadvoorvalle plaasvind. “Dié projek sal ook dan sien dat ons kinders op ’n veilige plek is, weg van gevaar,” voeg Fillis by. Ouers en werklose jongmense word gevra om hulself beskikbaar te stel om lees-“buddies” te word. Die “buddies”, wat ook as toesighouers sal dien, se plig sal wees om leerders te help lees en huiswerk doen. Fillis sê daar is reeds vanaf 2010 met behulp van die junior stadsraad navorsing gedoen om die lewensvatbaarheid van die projek te bepaal. ’n Proefprojek is toe vir Riverview beplan, maar dit het nie gematerialiseer nie. Chipros gaan nou die proefprojek in Roodewal van stapel laat loop, maar benodig nog veilige huise. Hexpark Primêr het ook reeds aangedui dat hulle boeke uit die skool se biblioteek beskikbaar sal stel. Vrywilligers wat betrokke wil raak sal ’n keuringsproses moet ondergaan. “Ons moet verseker dat ons kinders in veilige hande gelaat word,” sê Fillis. Chipros sal ook opleiding aan die vrywilligers verskaf. Belangstellendes kan Kiwidore Fillis by 084 667 8143 kontak.

Hewige verkeer word weer vanjaar met die Kersvakansie op ons paaie verwag. Verkeersowerhede waarsku dat geen genade be­ toon gaan word aan motoriste wat nie by die verkeersreëls hou nie. FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Motoriste moet in hul spoor trap CHRISTINE SMIT Geen genade. Dit is wat motoriste wat vanjaar weer in hul derduisende gedurende die Kersvakansie op ons land se paaie gaan wees en wat nie verkeersreëls gehoorsaam nie, moet verwag. Motoriste wat nie wil luister nie, gaan voel, waarsku Kenny Africa, provinsiale verkeershoof. Etlike spoedvrate het reeds aan hul bas gevoel wat verkeersowerhede hiermee bedoel, een by Beaufort-Wes en twee by Mosselbaai. Africa sê verkeersowerhede volg vanjaar ’n ander benadering. “Ons versterk vanjaar die polisie se hand ten opsigte van geweld, misdaad en dwelms.” Africa ver-

duidelik dat voertuie vanjaar deegliker as ooit deursoek sal word met die oog op die vervoer van onwettige goedere soos perlemoen, dagga, dwelms en sigarette. Groot sukses is reeds hiermee behaal, sê Africa, onder meer op die N7. Vermoeidheid by voertuigbestuurders gaan ook sterk onder die soeklig kom, sê hy. Vanjaar word ’n nuwe apparaat ingespan waarmee vasgestel kan word of ’n bestuurder oormoeg is, persentasiegewys kan aandui presies hoe moeg hy is, en wat kan identifiseer of, en hoeveel, dwelms of alkohol gebruik is. Dié apparaat is nog in ’n toetsstadium sê Africa en sal hierdie seisoen ingespan word om te kyk hoe doeltreffend dit aangewend kan word. Motoriste wat die alkoholperk oorskry, sál vasgevat word. Africa waarsku dat die

Wes-Kaapse provinsiale verkeersowerhede die beste alkoholplan in die land het. Vir algemene bestuurders is die perk 0,05 ml per 100 ml, en 0,02 ml per 100 ml vir bestuurders wat mense vervoer. Motoriste in Worcester sal ook in hul spoor moet trap. Die munisipale verkeershoof, Seon Swartz, waarsku dat daar elke dag gedurende die feesseisoen kontrolepunte sal wees om voertuie vir onder meer spoed, lisensies en padwaardigheid te toets. Die goue reël vir mense agter die stuur bly dieselfde, sê Africa. “Klim ná 200 km of twee ure op die pad uit, rek die bene en rus ’n bietjie. Ry veilig en neem ander padgebruikers in ag. Hou só die dood van ons paaie en kom veilig tuis,” is sy boodskap aan motoriste.

Balju se kennisgewing verontagsaam CHRISTINE SMIT D-dag vir die onooglike bouval by Kerkstraat 115 het gekom en D-dag het gegaan. Die onooglike gebou is nie meer nie, maar vir die bure is die probleem – dié van die huidige bewoners van die erf wat wederregtelik hul intrek hier geneem het – steeds ’n uiters onaangename werklikheid. ’n Kennisgewing wat deur die plaaslike balju uitegreik is om die erf teen 10 Desember te laat ontruim is verontagsaam. Dat hierdie probleem spoedig opgelos gaan word, is te betwyfel. Bure en inwoners van veral die Instituut vir Blindes se koshuise is bekommerd oor hul veiligheid en is keelvol vir die optrede van die haweloses wat nou reeds twee skuilings op die erf opgerig het. Reneé Alworthy, ’n aandeelhouer in Tropical Paradise Trading 52, die eienaar van die perseel, het verlede week aan die Stan-

dard gesê hulle was nie bewus van die onwettige besetters op die erf nie. ’n Proses is reeds aan die gang gesit om dié mense te laat verwyder. Volgens Alworthy is ’n klag van onwettige betreding nou by die polisie in Kaapstad gelê wat dit na Worcester sal oorplaas vir verdere optrede. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die Worcester-polisie, het dié oorplasing hulle teen druktyd nog nie bereik nie. Die bourommel wat ná die slopingsproses op die erf agtergebly het, sal vroeg in die nuwe jaar verwyder word, aldus Alworthy. Die eienaars beplan voorts om ’n heining rondom die erf op te rig sodra die onwettige bewoners verwyder is. Volgens Alworthy is daar in dié stadium nog geen aanduidings oor wanneer daar met die ontwikkeling van die erf begin gaan word nie.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

19 Desember, 2013

Nisha tree uit ná 37 jaar Die gemeenskap van Touwsrivier het aan die einde van die skooljaar tot siens gesê aan ’n juweel en ’n anker in die gemeeskap toe Daraweesha Govindsami, bekend as Nisha, ná 37 jaar uit die onderwys getree het. Vanaf haar eerste dag in die onderwys was dit haar doelwit om ’n verskil in die lewens van jong kinders te maak, sê Nisha (56) wat oor die afgelope drie dekades ’n streng dog regverdige onderwyseres was. Ouers was so begerig dat hul kinders deur haar onderrig word, dat verskeie geslagte hul skoolloopbane by haar aan die Steenvliet Primêre Skool op Touwsrivier deurgebring het. Nisha se loopbaan het in 1977 by die Skool vir Gehoorgestremdes op Worcester begin. Sy is in 1991 na Steenvliet, waar sy vir die graad vier-klasse begin onderwys gee het.

Nisha Govindsami In dié tyd was sy meer as bloot ’n onderwyseres. Sy was baie gou betrokke by die skool se jaarlikse musiekblyspel, as gemeenskapswer-

ker, trauma-berader, gasvrou vir hooggeplaasdes en die afgelope tyd ook nou betrokke by die departement van onderwys se program waarin fietse aan leerders geskenk is. Die rol wat waarskynlik die hoogste eise aan haar gestel het, was dié van koshuismoeder by die De Kruine-koshuis die afgelope tien jaar. Tussen al haar verpligtinge deur en tot haar aftrede voorverlede Vrydag (6 Desember), het sy ook haar rol as ma en eggenote vir haar gesin op Worcester vervul. Swak gesondheid het haar genoop om vroeër uit die onderwys te tree. Sy wil nou net so veel tyd as moontlik met haar kleinkind en in haar tuin by Barlinkastraat spandeer. Immer die onderwyseres, beoog sy ook nou om ’n leesprogram vir kinders in die intermediêre fase hier op Worcester te begin.

Marlé reik CD met eie musiek uit JOLINE VAN DER MERWE Die gewilde Worcesterse sangeres Marlé Retief het onlangs haar eerste oorspronklike CD, Dit beloof ek jou, tydens ’n dinee by die Worcester Gholfklub uitgereik. Retief sing reeds langer as 12 jaar. “Sedert my kinderdae was dit die een ding wat ek liefgehad het bo alles,” vertel Retief. Na skool het Retief haar tersiêre kwalifikasie in optrede voor ’n gehoor (“live performance”) aan die South African School of Motion Picture Medium and Live Performance verwerf. Sy sing sedert 2009 professioneel en sê sy het nog nie een dag teruggekyk nie. In 2011 is haar liedjie Klop Klop Klop, wat deur Anton Myburgh geskryf is, vir die eerste keer op radio gespeel.

Links: Marlé Retief het onlangs haar eerste oorspronkli­ ke CD, Dit beloof ek jou, uitgereik.

FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Gaste luister aandagtig na Marlé se sang.

Goeie jaar vir Kinderfonds Met nog ’n jaar aan sy einde kan die Standard Kinderfonds terugkyk op ’n vrugbare jaar, ’n jaar met baie suksesse wat hy nie sonder die samewerking van die gemeenskap van die Breedevallei sou kon bereik nie. Die Standard Kinderfonds is gestig om onder meer toe te sien dat minderbevoorregte kinders in die Breedevallei nie koud is of honger ly nie. Danksy bydraes en die samewerking van die gemeenskap, kon die fonds tot dusver in ’n groot mate hierin voorsien. Die fonds is in sy werksaamhede versterk deur onder meer skole wat aangesluit en gehelp het met invorderings en sakeondernemings wat bereid was om as aflaaipunte vir skenkings op te tree. Die baie gewilde gholftoernooi wat jaarliks deur Mountain Mill ten bate van die fonds aangebied word, het weereens ’n stewige bydrae tot die fonds se geldkoffers gelewer. Sanlam se toetrede tot die Standard Kinderfonds was nog ’n hoogtepunt

5

vanjaar en hou die belofte van groot dinge vir die toekoms in. Die fonds se stigter en voorsitter, Eddie Nortier sr., het vandeesweek sy dank teenoor een en almal uitgespreek wat die fonds die afgelope jaar ondersteun het. “Hiersonder kan ons nie in ons doel slaag nie. Ons verseker een en almal dat hul bydraes, groot of klein, die kinders wat dit die nodigste het, bereik. Elke bydrae bring ’n sprankie van hoop by dié wat dit nie het nie. “Die Standard Kinderfonds wens u ’n gesënde Kerstyd toe en voorspoed vir 2014.” * Kontantinbetalings kan as volg by FNB inbetaal word: rekening: Gemeenskapskas Wes-Kaap Worcester Standard; rekeningnommer: 62152031383; bankkode: 261150; tak: Cape Town City. Faks ’n afskrif van die depositostrokie na Christine Smit by 023 347 3639 of stuur dit per e-pos na Christine.Smit@worcesterstandard.com. Alle bydraes, kontant of andersins, sal in die Standard erken word.

Jy kan dalk R500 wen vir jou vakansiefoto! Ons soek jou vakansiefoto’s vir ons webwerf . . . en in ruil daarvoor staan jy ’n kans om ’n R500-koopbewys van De Jagers te wen. Gaan na ons webwerf by www.worcesterstandard.com, klik op “upload your photo”, en stuur tot 12 Januarie soveel van jou vakansiefoto’s in as wat jy wil. Een foto sal dan in ’n gelukstrekking gekies word en die leser wat dit ingestuur het die koopbewys wen. De Jagers, met plaaslike takke op die hoek van Riebeeck- en Durbanstraat asook in die Mountain Mill Mall, is ’n welbekende klerewinkelgroep wat sedert 1955 gehalte-skoolen modedrag teen billike pryse bied. Die groep het pas sy 14de winkel geopen en het nou regoor die Wesen Suid-Kaap takke waar meer as 100 skole se uniforms en sportdrag te kry is. Wees gerus ook op die uitkyk vir gesogte handelsname soos Levi, Jeep, Polo, Volcom, Roxy, Crocs, Caterpillar, Bronx, Puma, Hush Puppies en nog baie, baie meer. Gereelde spesiale aanbiedinge, soos tot 30% af op handelsmerk-T-

hemde vir mans, vroue en kinders, is ook glad nie te versmaai nie. Wat De Jagers van die res onderskei is die persoonlike diens wat aan kliënte gelewer word – sommer met die intrapslag word jy hartlik ontvang met flink, ingeligte diens, en indien jy op soek is na iets spesifiek, word ’n plan vinnig beraam. Hou ook De Jagers se Facebookblad dop vir spesiale aanbiedinge, kompetisies en ander nuus. Kry hulle by https://www.facebook.com/ DeJagersUitrusters. Pak dus jou kamera in en sorg dat ons teen 12 Januarie jou foto kry. Hy mag jou dalk ’n pasellatjie in die sak bring! ) Ons webgebruikers kan ook in aanmerking kom vir ’n boekpakket as hulle ons digitale blokkiesraaisel invul wat tot 12 Januarie beskikbaar is. Vir die eerste keer het ons ’n digitale blokkiesraaisel, spesiaal vir die feestyd om ook die blokkiesraaisel se 100-jarige bestaan te vier. Gaan na ons webwerf, klik op die blokkiesraaisel-advertensie bo-aan die tuisblad en doen jou ding.


6

Standard

Gemeenskapsnuus Community

19 Desember, 2013

Dít is wat Worcesteriete vir die nuwe jaar wens MATTHEW SHELDON EN JOLINE VAN DER MERWE Vuyani Sonjica is ook ’n entoesias­ tiese kla­ vierspeler. FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Oor 13 dae is 2014 hier, en almal maak gereed om die nuwe jaar te verwelkom. Die Standard het Worcesteriete gevra wat hul wense vir die nuwe jaar is en wat hulle dink in die dorp moet verander om Worcester ’n beter plek vir inwoners te maak.

“Ek voel dat die Breedevallei Mu­ nisipaliteit ’n projek in die nu­ we jaar van sta­ pel moet stuur om die sypaad­ jies in die midde­ dorp te herstel en opgradeer. Dit is ongelooflik on­ gemaklik vir ’n siggestremde om deur die dorp te loop. Daar moet ook veiliger en meer betroubare vervoer beskik­ baar wees,” sê Karin Matthyser (39) van Worcester.

Blinde man droom van digter word JOLINE VAN DER MERWE “Om gedigte te skryf is vir my ’n bron van vertroosting en genesing.” As ’n jong seun van 10 jaar het Vuyani Sonjica (nou 33) homself op die strate van Kaapstad bevind nadat hy weggehardloop het van sy moederhuis. Oorspronklik van Welkom in die Vrystaat het Sonjica by sy ma se broer en sy vrou gebly omdat sy ma in Kaapstad gewerk het. “My tannie het my baie geslaan en verkleineer en my ma het my uiteindelik kom haal toe ek 9 jaar is, om by haar in die Kaap te gaan bly,” vertel Sonjica. Dié hereniging was ook van korte duur. Kort voor lank het hy en sy ma ook koppe begin stamp. Moeg van die mishandeling het ’n jong Sonjica besluit om op sy eie die strate van die Moederstad aan te durf. Hier het hy vir vyf jaar alleen gebly. “Op die strate was dit elkeen vir homself en ek moes vinnig leer om na myself om te sien,” vertel Sonjica. Na ’n aanval het ’n 15-jarige Sonjica homself weereens alleen bevind – en blind. “My ma het reguit gesê ‘ek ken nie die kind nie, my seun kon sien toe hy die huis verlaat het’,” vertel Sonjica terwyl hy terugdink

aan dié hartseer tyd in sy lewe. Sonjica is toe na ’n kinderhuis gestuur en later na Worcester waar hy by die Pionierskool geleer het om braille te lees en ook later by die werkswinkel geleer het om matrasse te maak. “Dit was baie moeilik vir my om gewoond te raak aan my blindheid en ek wou verskeie kere my eie lewe neem.” Die keerpunt in sy lewe was die dag toe ’n pastoor ’n praatjie by die koshuis gelewer het. Dit was ook die donkerste dag van sy lewe, onthou Sonjica, en hy wou weer sy eie lewe neem, maar die woorde van die pastoor het hom so geraak dat hy net daar besluit het om die Here te dien. Sedertdien, vandat hy 23was, skryf Sonjica reeds gedigte. Hy kry inspirasie uit sy eie lewenservarings en hoop sy gedigte kan ’n bron van genesing vir ander word. Sonjica sê die ervarings het hom geleer van aanvaarding en vergifnis – vir homself eerste en ook teenoor andere. Hy en sy ma het deesdae ’n wonderlike verhouding. Sonjica woon by Mama Afika in Songhelaan, Roodewal waar sy huismaats hom help om sy gedigte neer te pen. Sonjica soek nou hulp om sy grootste droom, om sy eie digbundel saam te stel, te bewaarheid.

Ceresiet soek hulp met rolstoel ná drie tragedies Rainbow, kulkunstenaar en hanswors van Ceres oor wie die Standard berig het toe hy en sy seuns 6 000 km vir liefdadigheid gestap het, het die afgelope paar jaar baie terugslae in sy lewe ervaar. Wayne Bezuidenhout, bestuurder van ’n onderdelewinkel op Ceres, se vrou, Martie, is in 2007 aan kanker oorlede en sy oudste seun, Shaun, in 2011. Sy enigste ander oorlewende kind, Shane, is in April 2012 verlam ná ’n motorongeluk in Zambië waar hy kontrakwerk gedoen het. Bezuidenhout, oftewel Rainbow, wat die afgelope dekade of wat duisende mense oor die land laat skater het met sy manewales, het nou

hulp nodig. As gospelsanger wat saam met Shane vir liefdadigheid opgetree het, vra hy nou die gemeenskap se hulp om ’n spesiale rolstoel vir sy seun aan te koop. Shane is ’n C6-kwadrupleeg wat sedert sy ongeluk van sy nek af verlam is. Hy maak tans op sy vrou en twee seuns staat om alles vir hom te doen. ’n Nuwe rolstoel kos R60 000 en sal help dat Shane ingegespe kan bly en rondbeweeg sonder om uit te val as hy epileptiese aanvalle kry. Vir besonderhede om bydraes vir die fonds in te betaal, bel Bezuidenhout by 023 312 3143 of 082 416 2416.

“Ek wens net dat die bendes sal op­ hou om teen me­ kaar te baklei en mense seer te maak. Ons as in­ woners kan nie meer in Worcester gedurende die dag of nag loop sonder om bang te voel nie. Ons moet in groepe saam loop. Ek soek net ’n vei­ liger dorp,” sê Francina Faroa (55) van Worcester.

“Ons wens vir onsself en ons families goeie gesondheid. Vrede vir almal. Ons hoop ook dat almal hulle hande en harte sal oop­ maak en meer met mekaar deel,” sê Mi­ scha de Vries (31) en Mike Jordan (39) van Riebeeckpark. “Ek dink as ons almal as Worcesteriete saamstaan en hande vat dan sal ons dit die beste dorp in ons land maak. Ons moet ook hard werk en nie agteroorsit en verwag din­ ge moet na ons kant toe kom nie,” sê Melvin Snyders (40) van Johnsons­ park. “My nuwejaars­ wens vir myself en my mede­ Worcesteriete is om ’n gemaklike lewe te lei. Nie rykdom nie – net genoeg vir elke dag. Ek wens ook vir vrede in Worces­ ter,” sê Lizbeth Nthethe (50) van Zweletemba.

“I don’t under­ stand Afrikaans very well, so I wish we had more English arti­ cles in our local newspaper. And we definitely need more jobs for the unem­ ployed youth,” says Lesh Nyama (25) from De Wet.

“My Nuwe­ jaarswens is om minder te rook en te drink. Ek wil graag sien dat Worcester in 2014 ’n veili­ ger plek word en meer werksgeleent­ hede vir jong mense kan bied,” sê Wil­ lem Jacobs (54) van Wor­ cester. “Ek soek meer liefde, vrede en werksgeleenthede in Worcester. Ek wil graag hê dat die jeugdiges in Worcester wat onlangs matriek geslaag het, al­ mal ’n kans sal kry om universi­ teit toe te gaan om verder te gaan studeer. Hulle is ons toe­ koms,” sê John Lekota­Plaatjies (66) van Worces­ ter.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

19 Desember, 2013

Service organisations brighten kids’ Christmas JOLINE VAN DER MERWE Children at the Sinethemba Daycare Centre in Zweletemba were pleasantly surprised on

“May we open our gifts already?”

Thursday 5 December when “Father Christmas” visited the centre to hand out gifts and treats. This visit by the local Round Table was organised by Kidz of Education, a foundation started by Monwabisi “Madiba” Stuurman, Thabang Baleni and Lungile Bhulani, aimed at helping school-going children of Zweletemba learn through having fun. Stuurman says: “We also want to teach the children to share and this is why we approached Round Table to assist us in buying gifts for the children.” Round Table is a service organisation consisting of businessmen from Worcester who want to give to the community. Stuurman also says they chose Sinethemba Daycare Centre because the children’s parents are mostly seasonal workers and most of them cannot afford to pay the daycare centre’s fees. “Most of these children will not be getting any gifts or new clothes for Christmas and some of them won’t even have a proper meal to eat.” Brenda Siko, principal of the Sinethemba Daycare Centre says: “We are over the moon! Thank you to Kidz of Education and Round Table for making our children feel special.” Kidz of Education is currently recording its first educational DVD, Ixesha Lokufunda (It’s time to learn), due for release in March 2014.

7

Kidz of Education and Round Ta­ ble members with children of the Sinethemba Daycare Centre and “Father Christmas”.

PHOTOS: JOLINE VAN DER MERWE

The children rendered a beautiful version of our national anthem, Nkosi Sikelel’ iAfrika.

Rawsonville­vroue kry skoonheidsbehandeling Badisa Rawsonville, in samewerking met Dee’s Haarsalon, het verlede week uitgereik na vroue in die Rawsonville-omgewing en hulle voorkoms ’n bietjie verfraai. Twintig vroue kon agteroor sit terwyl skoonheidsdeskundiges hulle met manikuur- en pedikuur-behandelings en nuwe haarstyle bederf. Hare is gewas en droog geblaas terwyl naels en toonnaels gewas, geknip en geverf is. Vir dié twintig vroue was dit ’n reuse-bederfsessie omdat van hulle nog nooit na haarsalonne gegaan het nie. Charlotte Pietersen, maatskaplike hulpwerker by Badisa en organiseerder van die

’n Haarstilis van Dee’s Haarsalon bederf een van die vroue met ’n nuwe haarstyl.

Die twintig vroue is gepamperlang met manikuur­ en pedikuur­behandelings.

Die personeel van Dee’s Haarsalon in Raw­ sonville het vroue van dié dorp bederf met mini­oordoensessies. FOTO’S: VERSKAF

geleentheid, sê hulle is dankbaar vir die vrywilligers se onbaatsugtige diens in die gemeenskap. “Namens Badisa wil ek graag die volgende mense, Debora Arendse, Chance Pietersen, Chante Botha, Chanelle Pietersen, Allychia Moses, Downay Lottering en Christopher Arendse bedank vir hul hulp om die dag onvergeetlik te maak vir die vroue van Rawsonville,” sê Pietersen. Daar is verder heerlik saamgekuier en die vroue is ook met verversings bedien.


8

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

19 Desember, 2013

2013 het hoë eise aan almal gestel Nog nooit het die Standard sy jaar op ’n noot afgesluit soos vanjaar nie. Dit was ’n woelige jaar wat hoë eise aan die koerant gestel het en met die dood van ’n wêreldikoon, sekerlik die hoogste toewyding en ywer van die koerantspan gevra het om op gepaste wyse die laaste eer aan Nelson Rolihlahla Mandela te betoon. Dit is dalk nou ook net die regte tyd om terug te kyk en onsself af te vra of ons vanjaar bereik het dit waarvoor ons gewerk het. En ook om onsself af te vra of ons vanjaar ’n hand uitgereik het na dié wat minder as ons het. As ons nagelaat het om te doen wat van ons verwag is, het ons, as dit God se wil is, opnuut geleenthede om 2014 ons doel as mens op aarde uit te leef. Die Standard kyk met dankbaarheid terug op ’n jaar wat, danksy die volgehoue steun van die gemeenskap van die Breedevallei, sy rol as spreekbuis kon vervul. ’n Geseënde Kersfees word u toegewens en voorspoed vir ’n nuwe jaar wat vir ons voorlê.

Lukas 2:8­12 ’n Kindjie gebore Daar was skaapwagters wat in die oop veld gebly het en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die glans van die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê.”

CASINO SUPPORTS BLIND PAINTER: In November the Standard reported that Wahida Parker (general manager at The Golden Valley Casino) had bought a painting by Christo Kemp, a blind learner from the Pioneer School, at an auction at the annual Pioneer Rally. The official handover of the cheque was done last Thursday at the casino. At the event were (back) Elizabeth Sonnekus (fi­ nancial manager, Golden Valley Casino), JP Morton (gaming operations manager, Golden Valley Casino) and Mervyn Naidoo (divisional director: SunWest International). In front are Wayne de Wet (commercial manager: SunWest International), Johanda Jordaan (executive PA, Golden Valley Casi­ no), Christo Kemp (artist), Robin Bennett (compliance manager: Western Cape Gambling and Ra­ cing Board), Parker and Annelette Kemp (organiser, Pioneer Rally). PHOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Bid dat Worcester weer die Vredevors innooi ’n Man het eenkeer gesê: “Met Kersfees is mense so sentimenteel dat hulle amper optree soos God hulle bedoel het om te wees”. Wat gebeur in Worcester en omgewing? Die sentimentele deel is beslis hier, die dorp se Kersliggies skyn te vrolik in die aand en menige huis is versier met Kersbome en liggies. Dit is elke jaar pret om rond te ry en te kyk hoe mooi ons dorp se huise versier is, maar is God nog hier? Is dit nie ’n probleem dat ons met Kersfees opnuut die vrede soek waarvan die Kersverhaal vertel, maar ons soek nie die Vredevors in ons lewe nie? Die afgelope tyd met Madiba se afsterwe is versoening, vergifnis en vrede op almal se lippe. Suid-Afrika het die reg om trots te wees daarop, so het die wêreldmedia ons ingelig. Die Een wat vir altyd versoening gebring het, die enigste Een wat regtig in tel is – en dit is nie ’n tydelike menslike versoening nie maar wel die grootste offer moontlik – is gebring deur Jesus Christus, en dit is om die mens weer vir altyd in versoening met God te bring. In 2010 het Worcester ’n herlewing gehad met die herdenking van die uitstorting van die Heilige

Gees in 1860. Maande lank is daar gebid. Dit is deur kerkleiers en gelowiges uit verskeie gemeenskappe bygewoon en die gerugte is versprei dat selfs ’n berugte bendeleier kom antwoorde soek het en dat hy dit gevind het. Helaas, die fontein van gebede in die voormalige Pardonkafee op die hoek van Adderley- en Hoogstraat is egter toe vir ’n lang restourasietydperk. Intussen het daar ander gebedsplekke oopgemaak maar dit is nog nie waar die Heilige Gees uitgestort is nie. Dit is ’n ander vorm van sentimentaliteit; die mens wil wees waar hy weet God ’n deur oopgemaak het. Wat nou, het Worcester ’n toekomsvisie en sal ons toelaat dat God ons hand neem en ons lei? Die gelowiges in hierdie gemeenskap se taak is om God se karakter te verteenwoordig. As die kinders van God in ons dorp dit kan regkry om hierdie karakter te kan uitleef, sal dit beslis ’n verskil maak. Slegs dan sal Worcester weer ’n geestelik ontwaking beleef. Om terug te kom na die kern van Kerstyd wat ons nou vier – dit is nie die eindbestemming nie maar slegs ’n begin. Mag Worcester voorspoed beleef en toelaat dat God ons lei. Is God hier? God het ons dit reeds vertel: Die oomblik wanneer jy na My draai, sal jy My sien. Ek was die hele tyd daar, by jou. Bid daarvoor dat die Heilige

Gees weer deur die Breederiviervallei sal beweeg en ons harte vernuwe. ’n Jong dame van Hermanus, genaamd Sarah, is besig om briewe en joernale te skryf oor boodskappe van God, spesifiek ook oor Suid-Afrika en die tyd waarin ons nou is en wat ons in die toekoms kan verwag. Belangstellendes kan e-pos stuur na awakening.blast.horn@ gmail.com of www.jubileeawakeningblast.com besoek.

Hanteer ander mense se eiendom asof dit joune is – moet dit nie net vir jouself vat nie! Mense, hou vas jul winkeltrollies – julle kan dalk die volgende slagoffer wees. Ek is seker ek is nie die eerste slagoffer van mense se nalatigheid en traak-my-nie-agtige houding nie.

M. MÖLLER WORCESTER

LESER WORCESTER

Hou waentjies vas in parkeerarea Ek lees gereeld die briewe in die Standard waar mense kla oor fietsryers wat ry waar hulle wil tot die hartseerbrief van die kind se fiets wat gesteel is. Ek het nooit gedink ek sal ook kla nie, maar ek het ook ’n klippie in die skoen wat pla. Hiermee wil ek die persoon wat verlede week Dinsdagmiddag my geparkeerde kar (Jetta) by die Mall gekrap het, bedank dat hy my dag opgevoeter het. Ek het die motor twee ure tevore by die paneelklopper gaan haal nadat hulle alle merke verwyder het. Respekteer asseblief net ander mense se eiendom. Ek kry die idee mense gee nie meer om nie, daar is geen trots in ons nie.

Grillerige groot goggas by die Karootuin Grillerig, opvoedkundig, briljant, ongelooflik. Dit is van die uiteenlopende menings oor die nagemaakte goggas en insekte wat tans in die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin uitgestal word. Die lewensgetroue beelde is met die grootste detail uit metaal vervaardig en weerspieël die ware anatomie van die gediertetjies. Dis interessant om in die nabygeleë restaurant te sit en mense se reaksies dop te hou. Sommige gril asof ’n spook oor hul grafte geloop het. Hulle bly op ’n afstand in geval die volgroot beelde skielik lewendig word en hulle byt. Horst Dieter Klapproth dink dis die moeite werd om die beelde te besigtig. “So pop daar so nou en dan iets worthwhile op in ons dorp,” skryf hy op Facebook. ’n Blinde inwoner van Worce-

ster, Morné van der Merwe, beskou die uitstalling as opvoedkundig. “Nou weet ek ook hoe lyk ’n vlieg en ’n muskiet. Ook hoekom die naaldekoker soms as ’n helikopter beskryf word. “Ek het ook nie geweet ’n skerpioen se stert maak so ’n lekker draai nie,” voeg hy by. Hy wil beslis weer die uitstalling besoek. Ek wil met hom saamstem. Ek was jare gelede in Port Alfred by ’n hipnotis se vertoning. Die weer was stormagtig en die donderweer het kort-kort soos kanonskote bo die stadsaal geklap. ’n Inwoner, ene mev. Serfontein, het elke keer gekoes as die donderweer grom. Die hipnotis het onder hipnose vir haar gesê sy sal nooit weer bang wees vir don-

derbuie nie. Ek dink mense wat dink goggas is grillerig, moet beslis die 22 insekte in die Karootuin van naderby leer ken. Dit kan terapeuties wees. En indien jy die vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, is ’n uitstappie soontoe beslis die moeite werd. Die Kersliggies in die middedorp is ook ’n groot trekpleister, veral vir die jongspan. Veral in Hoogstraat en op Kerkplein flits en flikker talle nuwe versierings. Ek weet nie of dit so beplan is nie, maar Maandagaand het die liggies voor die Moederkerk en pastorie eers om 21:00 aangekom. Daar is weliswaar ook minder versierings in Hoogstraat en die liggies hang net aan lamppale tussen Frank Vos Motors en Audensberg

Toyota. Verder dink ek daar is minder huise wat feestelik getooi is. ’n Teken van die ekonomie wat aan inwoners se beursies hap? Een van die vreugdes van die lewe wat nie geld kos nie, is om soggens en saans die natuurskoon te geniet. Om te sien hoe die berge se kleurskakerings verander, gee sommer gemoedsrus. Ter afsluiting, baie dankie aan almal wat vanjaar insette en kommentaar gelewer het. Jul terugvoer, wenke en idees word altyd waardeer. Waar jy ook al die vakansie gaan deurbring, hoop ons jy geniet dit gate uit en rus goed vir die jaar wat voorlê. Mag jy en jou gesin ’n geseënde Kersfees en ’n wonderlike nuwe jaar geniet. Ons gesels weer op 9 Januarie aanstaande jaar.


Standard

Skole Schools

19 Desember, 2013

9

PRYSUITDE­ LING: Madrassa Tul Falaagh van die Worcester Moslem Jamaa het onlangs hul prysuitdeling in die Pietman Hugo­saal gehou. Aamirah Isaacs het die toeken­ ning vir die beste presteerder vir 2013 ontvang van moulana Moegamat Ste­ phanus. BRANDWACHT HOU DIPLOMAPLEGTIGHEID: Die Brandwacht Primêre Skool het onlangs sy diplomaplegtigheid vir presteerders by Fairhills in Rawsonville gehou. Hier is die trotse presteerders met hul sertifikate. FOTO’S: VERSKAF

ONOORWONNE: Die o.7C­seunshok­ kiespan van die Worcester­Noord Primêre Skool (WNPS) het die af­ gelope winterseisoen al hul wedstryde ge­ wen. Voor is Abru van Zyl, Liesbet Bur­ ger (afrigter) en Ste­ phan Jones. Agter is Luan Matthee, Roe­ lof le Roux, Eric Thi­ art en Daniel Vil­ joen. FOTO: VERSKAF

Maria Ruiters en Peter Matolla is by Brand­ wacht Primêr se diplomaplegtigheid as die bes geklede gaste aangewys.

UNISA: Sewe leerders van die Worcester Primêre Skool het hul Unisa­eksamen met lof geslaag. Drie van dié leerders het die ererol (95% en hoër) gehaal. Elbé van Wyk is hul onderwyser. Janet­Lee Erasmus (91%), Edna Rossouw (95%), Aimee Phillips (95%), Francois Prinsloo (89%), Chané Pienaar (99%), Lechia Amsterdam (92%) en Emiley Voight (94%) is die uitblinkers. MEESTERSJEFS: Leerders van die Worcester Primêre Skool het onlangs aan ’n Master Chef­ kompetisie deelgeneem. Lilly La­ cock en Elsa Burger het die eer­ ste plek losgekook, terwyl Arné Loubser en Anika Stofberg twee­ de gekom het. Lara Jordaan en Marli le Roux het derde geëin­ dig. Dirk Hofmeyr het die beste persoonlikheid­toekenning gekry, terwyl Lilly Lacock die mees pro­ fessionele sjef was. Vir span­ werk het Cathy­Aan Hugo, Ma­ ret Vlok, Dirk Hofmeyr en Jean Esterhuyse uitgestaan. Die mees higiëniese sjefs is Anika Stofberg en Arné Loubser. FOTO: VERSKAF

MEISIESHOKKIE: Die o.13B­meisieshokkiespan van die Wor­ cester­Noord Primêre Skool (WNPS) het die afgelope winter­ seisoen geen wedstryde verloor nie en tree onoorwonne uit. Voor sit Talitha Pretorius, Kayla Visser, Retha Harding (afrig­ ter), Marné Marais en Lara Boshoff. Agter is Bianca van Eck, Leandri du Toit, Junné Pienaar, Ané Brink, Hymne Lee, Saretha Opperman, Marcell Meyer en Leana Coetzee. FOTO: VERSKAF


10

Standard

Kalenderblad Calendar Page

19 Desember, 2013

Uitstalling vier 100 jaar van biodiversiteit JOLINE VAN DER MERWE Ter viering van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Biodiversiteit (SANBI) se 100ste bestaansjaar, het die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin in Worcester ’n uitstalling van verskeie “Big Bugs”-kunswerke gereël. Die uitstalling, wat reeds van 5 Desember af aan die gang is, duur tot 5 Maart aanstaande jaar. Die vergrote beelde van verskeie bekende insekte word met die fynste besonderhede vervaardig om die ware anatomie van die insekte en goggas te weerspieël. Die ontwerper en kunstenaar is die welbekende metaalkunsskepper David Huni. Hy het al by verskeie tuine elders in die land uitgestal. “Hierdie sal sy eerste uitstalling in die WesKaap wees en ons tuin is die ideale plek daarvoor,” sê Carin Jacobs van die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin. Die uitstalling is ook opvoedkundig, omdat die kunstenaar intensiewe navorsing doen oor elke insek en gogga om te verseker dat dit korrek volgens skaal gemaak word. Elke kunswerk neem die kunstenaar ongeveer twee weke tot twee maande om te maak – afhangend van die grootte. “Die uitstalling is opvoedkundig en speel ’n bewusmakingsrol, aangesien hierdie diertjies maar maklik misgekyk word in die natuur,” sê Jacobs. Huni se passie vir kuns het reeds in sy kinderjare begin en sy talent het hom al opdragte besorg in onder meer China, Botswana, Portugal, Iran en Suid-Korea. Huni se belangstelling lê in omgewingsake en biodiversiteit en dit was sy inspirasie om hierdie indrukwekkende metaalinsekte te skep. “Die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika vier ook vanjaar hul 100ste bestaansjaar en was so gaaf om 10 van die 22 insekte vir ons te borg as permanente toevoegings tot die tuin” vertel Jacobs. Besoek gerus die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin elke dag van die week tussen 07:00 en 20:00, insluitend vakansiedae. Daar is ’n restaurant op die perseel wat tot 22:00 oop is. Die tuin sal op Kersdag ook oop wees met gratis toegang. Toegangsfooie vir volwassenes is R9 terwyl

Die kunstenaar David Huni is op 14­jarige ouderdom deur ’n Nederlandse paar aange­ neem. Sy belangstelling in omgewingsake en biodiversiteit was die inspirasie vir dié reeks.

DIe personeel van die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin was die eerste mense om die uitstalling, wat op 5 Desember begin het, te sien. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

skoliere en pensioenarisse R4 betaal. Studente betaal slegs R6 en gestremde persone en lede van die Botaniese Vereniging kry gratis toegang. Mense wat by die Botaniese Vereniging wil aansluit, kan aansoekvorms by die tuin kry of by www.botanicalsociety.org.za.

Dié naaldekoker is ’n meesterstuk.

Chinese glo dat krieke, soos dié een wat by die tuin te sien is, gelukbringers is.

Hierdie miskruier, soos al die ander insekte en goggas wat tentoongestel word, is vol­ gens skaal vervaardig.

Elke liggaamsdeel van die immergewilde mier is duidelik uit te ken.

084 577 2383.

VALLEI-KALENDER ELKE DONDERDAG ) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie en geestesgesondheid vergader by Kerkstraat 33 om 17:00. Navrae: Frances Crous: 0 023 342 4331 of 082 647 8883 of Bill Skin­ ner: 023 342 1881. ELKE SATERDAG ) Ralph’s Go­Cart Racing, 12:00 – 17:00, Kleinplasie. Koste: R50. Navrae: Roelf: 0 082 771 8004 of Saartjie:

SATERDAG 21 DESEMBER ) Geniet ’n aand van countrymusiek by Pieter Mohr se optrede om 21:00 by The Golden Valley Casino se Winners Action Bar. Toegang is gratis (geen onder 18’s). DONDERDAG 16 JANUARIE ) Alkoholiste Anoniem vergader om 19:00 by die Worcester United Church in Kerkstraat. Na­ vrae in geval van nood: 0 083 635 1059. Valleikalender: 0 023 347 0968 of 2 info@worcesterstandard.com. Elaine Marais onderteken eksemplare van haar nuwe roman, Koesterkind.

FOTO: DEWALD KIRSTEN

’n Tweede roman vir Elaine Marais HILDERINE SCHRÖDER Skaars ’n jaar ná die bekendstelling van haar debuutroman, Liefde vir Lienke, is Worcester se Elaine Marais se tweede roman, Koesterkind, nou op die rak. Haar nuutste pennevrug is verlede week tydens ’n intieme geleentheid in die klipkerkie by die Olivae Restaurant aan die publiek bekendgestel. Koesterkind volg op Marais se blitsverkoper Liefde vir Lienke. Dié roman het so vinnig van die rakke gevlieg dat dit kort na Nuwejaar vanjaar herdruk moes word. Marais is steeds oorbluf oor die sukses van Liefde vir Lienke. “Ek glo almal wat skryf hoop dat hul boeke darem gelees sal word, maar die reaksie op Liefde vir Lienke was verstommend en is vir my werklik ’n baie groot seën.” Net soos met haar eerste boek het Marais in-diepte navorsing gedoen vir Koesterkind. Die boek is die produk van ’n jaar se vrywil-

ligheidswerk wat sy by die Worcester-vrouegevangenis gedoen het. Die karakters is egter fiktief. Koesterkind handel oor Tina, ’n beeldskone maar bedorwe jong meisie wat haar nie steur aan die samelewing se grense nie. Sy kies om haar te vergryp aan die lewe se genietinge en loop haar vas teen die gereg. Haar vonnistydperk in die ongenaakbare wêreld van ’n vrouegevangenis word ’n tyd waarin sy haarself leer ken. Die sukses van haar eerste boek het nuwe wêrelde vir haar geopen met boekbekendstellings, media-onderhoude en tekensessies, verklap Marais. Hieraan, lag sy, moet sy steeds gewoond word. “Die Here het van die begin af, nog voor ek met Lienke begin het, ’n plan gehad en Hy skuif die grense net ál wyer. Dit is die wonderlikste seën.” Marais se derde roman, wat nog ’n naam moet kry, is reeds klaar, met ’n jeugroman wat ook eersdaags op die rakke sal wees.


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

19 Desember, 2013

GELUKWENSINGS

IN MEMORIAM

1030

1015

11

PERSOONLIKE DIENSTE

LENINGS 1445

ADAMS, LEANDRI. Geluk met jou verjaardag 17.12.2013. Woorde kan nie die seer beskryf hoe ek AFRICA LOUIS, PETER. voel nie. Jy was 'n suster 17/12/2012. It's been a en tante duisend. Mis jou year since you've been cal- verskriklik, maar sal vasled to your heavenly home. hou aan die mooi herinneStill miss you Daddy. Don. ringe. Van suster Rita, Rodean, Wayne en Flandofamilie.

ROBERTS, NICOLIEN. 9 jaar is verby. Die verlange is groot. Ons mis jou so baie jy sal altyd in ons harte voortleef. Van Ma, Pa, Tiesa, Geraldien, Warren, Manro en niggies, nefies en familie. Geluk met jou verjaardag 03.01.2014. Altyd lief vir jou.

VALENTINE, HENRY (26.06.1930-30.05.1971). MAUREEN (30.12.193224.12.2010). As another year comes to its end... we think of you with love each day and often mention ANTHONIE née COOPyour names, but all we STADT MARTHA. Born have are memories and 05/11/1933. Died AFRICA, LOUIS. your pictures in a frame. 28/12/2012. It is one year 17.12.2012 a year since Your memories are our since you passed away but you left this world to be keepsake with which we'll it still feels like yesterday. with the Lord. We will tre- never part. God has you in We still miss you but we asure your memories fore- His keeping. We have you hold on to the good memo- ver. Love, Belinda, Celeste, in our hearts. Love, childries you left us. We all Mark and Aubrey. ren, grandchildren and love you Mamma. Your 4 AFRICA, LOUIS PETER. great-grandchildren. daughters, son, son-inToday recalls the memory VALENTINE MAUREEN, law, daughter-in-law, and of a father gone to rest CATHLEEN. 30/12/1932. all the grandchildren and and those who think of 24/12/2010. Its almost 3 great grandchildren. him today are those who years since you've passed loved him best. The floaway. We will always chewers we lay upon his grave rish your memories. Fondly may wither and decay, but missed by children, grandthe love for him who lies children and great grandbeneath will never fade children. away. Denovan, Heloise, Nicole, Daylan and Devan. GELUKWENSINGS 1030

ARENDSE VALERIE. Jou eerste Kersfees by ons hemelse Vader. Die gemis is groot, maar ek gun dit vir jou. Van Fredwill, Venesia en kinders. FAMILIEKENNISGEWINGS STERFGEVALLE 1005

WILLIAMS, ANNIE. Your life spent with us was a true blessing from God. We miss you lots. Williams family.

VISAGIE, JACQUELINE. Op 9 Desember is dit jou 4de verjaardag weg van ons. Ons mis jou baie. Van jou man, kinders, kleinkinders en skoondogter.

WILLIAMS, ANNIE. We ADAMS, LEANDRI. will always miss you. From Geluk my kind met jou verWilma and children. DE BRUYN SARA. Ons jaardag op 17.12.2013. Ons sê totsiens tannie. Ons sal WENTZEL KATRIENA mis jou en wens ons kon jou altyd onthou. Begrafnis (Kitty). Gods meestersjou by ons hê. Rus in vind plaas Sondag 22 plan was om 'n mooi blom vrede, ons engelkind. Van Desember 2013 uit die te kom pluk. Ons sal die Ma, broers en susters. VGK Goudini om 14:00. mooi herinneringe koester Liefde van jou broer, neef, en jou vir ewig mis. Peetniggies en vriende. kind- Anneline, Franco, Ancy en kinders.

HUFKE DAWID, TITUS. Sag heengegaan op 16/12/2013 in die ouderdom van 73 jaar. Betreur deur eggenote, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

GELUK ouma se blompot, Jordan Amsterdam. Lekker verjaar. Van ouma Helen, Gino en Lee-Shay.

JACOBS, MAGDALENA (Ant Lena) 24 Desember 2013 jou eerste verjaardag weg van ons. Die hartseer en verlange is nog altyd daar, maar mooi herinneringe sal altyd by ons bly. Liefde. Van Appel, Theresa en kinders.

ADAMS, LEAZANDRA. Geluk met jou 16de verjaardag op 26.12.2013. Geniet jou dag. Ons is lief vir jou. Van Ma, broers en suster.

CUPIDO, MALCOLM. Dit sal op 19 Desember 7 jaar wees dat jy ons verlaat het. Sal jou altyd onthou. RHODENE, now the ouers, broers, susters en future is in your hands. Ashlynn. Owner of your destiny, be brave and stretch out your dreams. Show the world how great you can be. Happy 21st birthday. Van jou ma, suster, Bowers- en Swarts-familie.

AFFORDABLE loans; consolidations. R10 000R120 000. 5 min pre-approval. Same day pay-out. Fiona 082 422 2271. GELUK Tania, met jou meestersgraad in Wynkunde. Ons is trots op jou. Die Kleintjes-, Moses- en April-familie.

BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumsum only). Ph. (021) 949 0930.


12

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

19 Desember, 2013

PERSOONLIK

SAKE 1460

DIENSTE 2420

TE KOOP

OUDHEDE & KUNS 1605

TE KOOP. Groot staanhorlosies en muurhorlosies. Bone China tee- en koffiekoppies met bypassende koekbordjies. Antieke eetstel, 12 borde van elke soort. Baie oud (150 jaar) antieke Bone China teestel. Verguld met 36 graad goud. Versameling van erdekanne. Alle groottes. Outydse koperbeddens met kom en bekerstelle. 023 347 0787.

GESOEK 2425

GESOEK 6 of 12m container. Kontant koper. Sel 083 702 2826.

DIENSTE 2420

EIENDOMME

TE HUUR 3205

VERSKEIE wonings te huur: www.rentbay.co.za EIENDOMME GESOEK OM TE HUUR 3305

PAARTJIE dringend opsoek na 1 slpk woonstel in Worcester. Skakel 078 299 6861/078 329 3343. BETREKKINGS 3600

KLEINPLASIE MUSEUM RESTAURANT benodig kelners. Diensaanvaarding so spoedig moontlik. Faks CV na (023) 3475118 of handig in by Restaurant. GROEN

DIENSTE 4605

COMPUTER Specials!! Pentium 4's from R1299.00. Refurbished with warranty!! Contact Dolf Uys 072 705 8577.


Geklassifiseerd Classifieds

Standard

19 Desember, 2013

13


14

Standard

Eiendomme Property

19 Desember, 2013 KERSBOOM: Onder leiding van sr. Babs Jaftha het meer as 1 000 kinders van Roodewal Saterdag Kersgeskenke en eet­ goed ontvang. Die te­ ma was “Roodewal is aan die brand”. Hulle het dwarsdeur die nag gewerk om potjiekos te maak en vir die kin­ ders en jongmense iets spesiaals te doen. Dit was die sewende jaar dat die Kersboom ge­ hou is. Sr. Babs is al 15 jaar ’n vrywilliger.

FOTO: VERSKAF

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

BREEDE EIENDOMME

Waarde vir geld in De Doorns Hierdie gesinswoning is in ’n rustige singel en bied baie goeie waarde vir geld met siersteenmure en aluminiumvensters. Dit het vier slaapkamers, twee badkamers en drie leefareas, een met ’n kaggel wat dit gesellig en gerieflik maak. Die kombuis bied ook ’n klein spens en ’n addisionele op-

NUWE SAAL: Die Esselenpark Primêre Skool het in sy 60ste bestaansjaar ’n nu­ we skoolsaal in ontvangs geneem. Hier ontvang Pieter Hoffman (regs), skoolhoof, die sleutels van Gerald Raath, die kontrakteur. Die skool beplan om in die nuwe jaar die saal amptelik in te wy. FOTO: VERSKAF

waskamer. ’n Keldervertrek gee gerieflike stoorspasie en die erf is agter veilig omhein met ’n dubbelmotorhuis en volop parkering. ’n Goedgevestigde tuin is ’n bonus. Die huis word deur Seeff bemark. Vir meer inligting, bel Elmarie by 0 023 344 3291 of 082 663 5010.


Standard

Sport Sport

19 Desember, 2013

15 Charles Beukes (founder of the Legends Sports Trust), Sampie Mastriet (award­ winner) and Alisha Narotam (junior mayor of Worcester). PHOTO: MATTHEW SHELDON

Blue Bulls winger named Sports Legends ambassador MATTHEW SHELDON

Fit2Run se toppresteerders is met trofeë beloon.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Fit2Run bring hulde aan hul uitstaande presteerders HILDERINE SCHRÖDER Atlete van Fit2Run is verlede Donderdag by ’n glansgeleentheid vereer vir hul toewyding en prestasies op die baan. Peter-John Waterboer, wat vroeër vanjaar aangewys is as die Standard en SuperSport se Let’s Play Sportster van die Jaar, het met sy uitstekende prestasies die afgelope jaar met die meeste toekennings weggestap. Die trofee as baanatleet van die jaar sowel as ’n spesiale toekenning is in sy afwesigheid aan sy ouers oorhandig ná hy nie net uitstekend op plaaslike bodem presteer het nie, maar ook die land op internasionale vlak verteenwoordig het. Die ander trofeewenners sluit in die baanatlete Keezhiya Kouer (wat ook die trofee vir die beste vordering ontvang het), Chanice Klink (twee trofeë) en die veldatlete Leandré Ketch en Taylia Visagie. Clairiece Slingers, Vernoschka Abrahams en Jacqueline Goliath het trofeë vir hul prestasies in landloop ontvang. Trevor Nuku het ook ’n trofee losgeslaan vir sy prestasies op die langpad (10 km en marathons). Atlete wat Fit2Run op Bolandvlak verteenwoordig, is met Tweester-toekennings vereer, terwyl dié wat by WP, Wes-Kaap en Boland-federasie-kampioenskappe presteer het, Driester-toekennings ontvang het. Verskeie atlete is ook deur die bestuur van Fit2Run om verskeie redes met Eenster-toekennings beloon. Die gasspreker by die geleentheid, Wahida Parker, algemene bestuurder van The Golden Valley Casino, het die atlete geloof vir hul prestasies ondanks moeilike omstandighede. Sy het hulle herinner om te alle tye te poog om ook balans te handhaaf. “Fokus en toewyding is belangrik, maar as jy nie terselfdertyd pret het nie, is dit nie die moeite werd nie. As jy ’n trofee ophou, wil ons steeds die glimlag in jou oë kan sien.” Fit2Run se Norman Ontong het genoem dat die klub, ’n nie-regeringsorganisasie, in 2008 op die been gebring is om atlete van voorheenbenadeelde gemeenskappe die geleentheid te gee om

Dié atlete is om verskeie redes deur die bestuur van Fit2Run met Een­ ster­toekennings vereer.

Atlete wat Fit2Run op Boland­vlak verteenwoordig het en hiér pres­ teer het, is met Tweester­toekennings beloon.

Dié groep atlete het almal op WP­, Wes­Kaap­ en Boland Federasie­ vlak presteer en is met Driester­toekennings vereer. hul volle potensiaal te bereik. “In 2008 was die verwerwing van medaljes by die SA’s ondenkbaar, maar soos die jare verloop het, het ál meer atlete by die SA’s presteer, soveel so dat nege atlete tot dusver medaljes verower het.”

Ontong het geldelike probleme, tersiêre kwalifikasies, bendebedrywighede, dwelms, tienerswangerskappe en die hoë vlak van leerders wat die skool voor matriek verlaat, uitgewys as uitdagings wat atlete moet oorkom.

A bright, talented sports star received an honorary award from the Breede Valley Legends of Sports Trust earlier this week. Sampie Mastriet (23), a Blue Bulls winger from Rawsonville, claimed the sports ambassador award for this success so far in his rugby career. The awards ceremony took place at the Breede Valley municipal council’s Chambers last Wednesday. The event was hosted by the Breede Valley Legends of Sports Trust in partnership with the Worcester Junior Town Council. According to Charles Beukes, founder of the Breede Valley Legends of Sports Trust, the purpose of the ceremony is to create a platform for local sport stars to promote the Breede Valley in the international arena as well as developing local

sporting fraternities. “As our ambassador, Sampie’s role will be to showcase the interests and image of the people of the Breede Valley in all parts of the world,” said Beukes. Beukes and the Worcester Junior Town Council’s junior mayor, Alisha Narotam, handed over the award. Beukes said the trust aspires to develop more sports legends from the previously disadvantaged communities. Mastriet said he was humbled by the award and that he welcomed the task of promoting the Valley and being its sports ambassador. One of the highlights in his career was when he represented South Africa at the IRB Junior Championships in 2009. Since 2010 he also played for the Blitsbokke in the IRB Sevens World Series. “Thank you very much for the award. I really appreciate it,” he said.

Prison to Prison­marathons lewer rekordtye aangebied word, Voorverlede Saterkan ook Dicardo Jadag 7 Desember se cobs en Marelise du Prison to PrisonToit se tye as rewedloop in Rawkords gereken sonville was ’n dag word. van verskeie reHierdie Prison to kords én teleurstelPrison-wedloop ling. gaan ’n jaarlikse inDie halfmarastelling wees en kan thon is vanjaar vir dalk een van Boland die negende keer Atletiek se groottes met groot sukses word. Die wedloop deur die Korrektiewas goed georganiwe Dienste Atleseer met goed betiekklub aangemande waterpunte, bied. vriendelike wedDit was ook histo- Dicardo Jacobs loopbeamptes en ’n ries, want vir die FOTO’S: VERSKAF rustige plattelandse eerste keer het atleatmosfeer. te ook ’n marathon Die uitslae is as hier gehardloop. volg: Hier het veral DiMarathon: cardo Jacobs en Mans-ope: 1. DiPieter Koopman, cardo Jacobs (Nedwat albei laat wegBol) 2:28:51; 2. Willigespring het, die am Zola (NedBol) oog gevang. 2:35:30; 3. Pieter Annie Bothma, ’n Koopman (NedBol) 17-jarige hardloop2:38:06. sensasie wat skarVroue-Ope: 1. Malakenkoors op sesrelize du Toit (Tydejarige ouderdom lik) 3:38:57; 2. Margehad het, het self the Pretorius (Weervir vuurwerke gemag) 3:46:22; 3. sorg. Met haar Cailey Bredenkamp pompende armpies Annie Bothma (Paarl) 3:49:57.4. het sy sterk aan ’n Halfmarathon Zola Budd op haar beste herinner. Vroue-ope: 1. Annie Bothma (NedBothma het ’n roete-rekord vir die halfmarathon opgestel. Die uitein- bank) 1:19:40; 2. Bulelwa Mtshagai delike manswenner in die halfmara- (Celtics) 1:33:32; 3. Bossiwe Matiwathon, Luyando Qolo, het self ook sy ne (Celtics) 1:35:04. Mans-ope: 1. Luyando Qolo (EGA) talente uitgestal en die rekord vir 1:07:54; 2. William Kaptein (Robertmans laat spat. As mens in gedagte hou dat dit die son) 1:08:21; 3. Nkosinathi Sotyaneerste keer is dat die marathon hier tya (Itheko) 1:10:24.


19 Desember 2013

BREEDEVALLEI: GOEIE JAAR AGTER DIE RUG

Sport­hoogtepunte volop in Vallei MATTHEW SHELDON Die afgelope jaar is daar in die Breedevallei uitstekende prestasies in sport behaal. Van rugby, krieket en sokker tot tennis het sport vir baie aksie en vermaak gesorg. Donovan Frederiks, president van Safa Kaapse Wynland, sê die plaaslike sokkervereniging het onlangs groot suksesse behaal en hy glo die komende seisoen voorspel ’n blink toekoms vir dié sport. Die wenners van die promosieliga was Boland Ajax, wat nou in die SAB-liga speel, terwyl United Pirates die SAB-liga gewen het en nou vir die eerste keer in die klub se geskiedenis in die Vodacom-liga speel – ’n groot eer vir hulle. Tinus le Roux, voorsitter van die Worcester-tennisklub en Noord-Boland-tennisvereniging, het aan die Standard gesê hy is trots om die jaar met ’n groeiende ledetal af te sluit. “Ons het tans 38 lede en byna elke jaar vermeerder ons getalle. In ’n sport waar meeste van die klubs in die distrik rondom ons sukkel om te bestaan, is ons bevoorreg om die Worcesteriete agter ons te hê. “Ons het vanjaar vier van die moontlike agt titels in die Noord-Bolandunie se ligas gewen. Die mans se eerste en tweede spanne, sowel as die gemengde eerstespan, het vanaar hul titels suksesvol verdedig. Ons tweede vrouespan, bestaande uit Helen Posthumus, Ezelle Koegelenberg, Ronelle Rabie en Marlene van den Heever, het vir hul eerste titel gesorg deur bo-aan die punteleer van die vroue se derde liga te eindig,” het hy gesê. Volgens Charles Beukes, beskermheer van die Boland Sportraad, het rugby in Worcester oor die algemeen swakker as verlede jaar gevaar. “Die drie rugbyklubs in Worcester het almal ’n bietjie swakker gedoen as verlede jaar. Villagers het derde geëindig. Persies het verlede jaar hul afdeling gewen, maar vanjaar onder die toptwee geëindig. Hammies het vanjaar vyfde geëindig. Proteas van De Doorns het wel beter gedoen en het ge-

Ook op die krieketveld was daar heelwat aksie.

Uitstekende prestasies is die afgelope jaar in Breedevallei­sokkergeledere be­ haal. ARGIEFFOTO’S: MATTHEW SHELDON kwalifiseer om volgende jaar in die Superliga te speel,” het hy gesê. Beukes sê Worcester het al die talent en die potensiaal om die sentrum van rugby in die Boland te word. Koos Steyn, voorsitter van NoordBoland 8-Bal Potspel, sê Noord-Boland het in die SA Junior Kampioenskap se span-afdeling die halfeindronde gehaal. In die SA Ope het NoordBoland na die eindronde gevorder. “Twee spelers van Noord-Boland, Deonette Jonkers (vroue) en Gerovan Otto (junior o.18), het ook SA kleure behaal,” het Steyn gesê.

Boks is een van die sportsoorte wat vinnig op plaaslike front ontwikkel.

Die Worcester­tennisklub het verskeie Noord­Boland­titels opgeraap.

Potspel het ook ’n uitstekende jaar agter die rug.

Vir rugby was 2013 ’n swakker jaar as vorige jare.


Worcester standard 19 12 2013