Issuu on Google+

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 17 Oktober 2013

Prys: R4.90

Flippie-saak: Nóg intriges 2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Diagnoseer kanker vroeg 3

Inisiatief woeker vir verskil 4

Peuter: Aanrandingsaak in streekhof HILDERINE SCHRÖDER

Charl Small (op die voorgrond) het gister weer vlugtig op aanklag van die onregmatige besit van ’n vuurwapen in die Worcester­landdroshof verskyn. Waar hy by ’n vorige geleentheid deur talle lede van die AWB vergesel was, het hy dié week slegs sy regsverteenwoordiger aan sy sy gehad.

ARGIEFFOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Wending in saak van AWB-lid HILDERINE SCHRÖDER

Vertoë wat ’n beslissende rol in die uitkoms van ’n saak teen ’n lid van die AWB kan speel, gaan nou na die direkteur van openbare vervolging (DOV) verwys word vir oorweging. Charl Small staan tereg op aanklag van die onregmatige besit van ’n vuurwapen. Hy was egter glo in die proses om die wapen, ’n .308-jaggeweer wat hy van sy oupa geërf het, na sy naam oor te dra toe hy in Desember verlede

jaar daarmee in sy besit in hegtenis geneem is. Small, van Durbanville, en nog lede van die AWB in die WesKaap, is midde-in die geweldadige plaaswerkerstakings by ’n padblokkade op pad na Worcester voorgekeer. Onder die wapens wat in hul besit gevind is, tel sowat 400 9 mm-patrone wat glo aan lede uitgedeel sou word om bystand aan inwoners van die gebied te verleen. Die AWB het destyds ten sterkste ontken dat hy enige geweldadige aksie beplan het.

De Doorns was die spilpunt van die geweldadige betogings wat na 16 dorpe in die Boland uitgekring het. Small se regsverteenwoordiger, adv. Eckhard Rösemann, het Woensdag gesê belangrike inligting het aan die lig gekom en dat vertoë vir onderhandeling en mediasie aan die senior staatsaanklaer gerig is. Dit sal nou voor die DOV dien vir ’n beslissing. Die saak is tot 6 November uitgestel vir pleitonderhandelings. Small se borgtog van R1 500 is verleng.

Die man wat teregstaan op die onsedelike aanranding van ’n peuter se saak sal aanstaande week in die Worcester-streekhof aangehoor word. Die saak is Dinsdag (15 Oktober) van die B-hof na die rol in die streekhof oorgeplaas. Landdros Cyril Kroutz het die saak tot 21 Oktober uitgestel en die beskuldigde, wat in Mei vanjaar op borgtog van R500 vrygelaat is, se borgtog is tot met sy volgende verskyning verleng.

Buiten ’n aanklag van onsedelike aanranding staan die 23-jarige man ook tereg op aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die aanklagte teen hom spruit uit ’n voorval op 17 Januarie toe hy na bewering die tweejarige meisietjie van Worcester geslaan en verkrag het. Die aanvanklike aanklag van verkragting is na onsedelike aanranding gewysig nadat die uitslag van DNS-toetse wat ná die beweerde verkragting geneem is, negatief was.

WAPEN GEVIND: Die Worcester­polisie het verlede week weer ’n slag geslaan toe nog een van die vuurwa­ pens wat tydens ’n in­ braak op ’n plaas ge­ steel is, gevind is. Die misdaadvoorkomings­ eenheid het op die dub­ belloophaelgeweer, waarvan die loop afge­ saag is, en 42 patrone beslag gelê ná hulle dit ná ’n wenk in Hanmer­ straat, Riverview, ge­ vind het. Die haelge­ weer is een van ver­ skeie vuurwapens wat op 5 Oktober uit ’n plaashuis in die Scher­ penheuwel­gebied ge­ steel is. Hier hurk (van links) konstt. Stefaan Otto, Ashley Johnson en Samuel Wildskut. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Donderdag 21 ° C

Gedeeltelik bewolk

Vrydag 22 ° C

Gedeeltelik bewolk

Saterdag 23 ° C

Gedeeltelik bewolk

Sondag 24 ° C

Gedeeltelik bewolk


2

Standard

Nuus News

17 Oktober, 2013

Flippie-saak: ál meer intriges en beskuldigings HILDERINE SCHRÖDER “Ek voel baie jammer vir hom. Hy staan nou alleen in dié ding en hy bevind hom in ’n geweldige penarie.” Só sê Carina Papenfus, sekreta-

Katriena Engelbrecht, Flippie se ma, beweer hy is ontvoer.

ris van die Freedom Trust en Flippie Engelbrecht se regsadviseur, oor Wilhelm (Dozi) Treurnicht wat nou alleen teregstaan op aanklag van die aanranding ná sy medebeskuldigde, Johnny Burger, in September sy eie lewe geneem het.. Terwyl nóg drie mans beweer hulle is deur Burger, eienaar van die Rietvallei Wynlandgoed, aangerand en Engelbrecht se ouers wonder waar hy hom bevind, woed ’n storm op sosiale netwerke oor die Engelbrecht-saak. Engelbrecht, wat beweer hy is in 2008 deur Burger en Treurnicht, bestuurder van Rietvallei, aangerand is, geniet steeds wye steun, maar ander bevraagteken ook die oorsaak van sy beserings. Kritiek teenoor Papenfus wissel van skerp beledigings tot boodskappe van ondersteuning. Die Freedom Trust beweer Engelbrecht het sy sig verloor ná sy aanranding en dat hy sedertdien epileptiese aanvalle kry. Tydens ’n aanval het hy glo in ’n konka geval en só erg verbrand dat albei sy hande geamputeer moes word.

Die saak teen Treurnicht is Maandag (14 Oktober) in ’n volgepakte hofsaal op Worcester tot 4 Desember uitgestel vir pleit- en verhoordoeleindes. Treurnicht en sy ondersteuners is buite die hof deur Engelbrecht-ondersteuners in wit T-hemde met die woorde “Hands Off Flippie” uitgejou. Intussen beweer Engelbrecht se ma, Katriena, dat hy deur Papenfus ontvoer is en hulle geen idee het waar hy hom tans bevind nie. Die Standard het verlede week berig dat Engelbrecht uit sy ouers se sorg geneem is ná die Grabouw-polisie na die huis wat hy met sy ouers gedeel het, ontbied is. Dít glo omdat sy pa, Flip, ’n deur afgeskop het. Papenfus het die aantygings dat sy Engelbrecht ontvoer het ten sterkste ontken en gesê hy is hospitaal toe geneem ná hy, terwyl die polisie op die toneel was, ’n epileptiese aanval gekry en hulle ’n ambulans ontbied het. Hy is in die sorg van maatskaplike werkers ontslaan, aldus Papenfus. Sy het bewerings ontken dat En-

Betogers in T­hemde met die gesig van Engelbrecht daarop, het met plakkate buite die hof op Worcester betoog. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER gelbrecht tans in ’n rehabilitasiesentrum is. Volgens haar is hy by ’n mediese fasiliteit waar sy mediese toestand, waaronder sy epileptiese aanvalle, sowel as sy geestestoestand, gemonitor word. Intussen het Martin Zana (35), Willem September (38) en Koos Minnaar (40) by ’n nuuskonferensie Maandagmiddag in Kaapstad ook beweer hulle is jare gelede deur Burger aangerand. Die nuus-

konferensie sou aanvanklik in Worcester gehou word, maar is gekanselleer ná eiendom van ’n Freedom Trust-aktivis glo Sondag gesteel en gevandaliseer is. Burger se seun, Kobus, het in ’n onderhoud met Carte Blanche gesê daar steek geen waarheid in die aantygings teen sy pa nie. “Die waarheid en regverdigheid sal seëvier. Dit maak nie saak hoe lank dit gaan neem nie.”

Transport interchange precinct still on ice

Wees deel van pienk­veldtog

MATTHEW SHELDON

JOLINE VAN DER MERWE

After more than a year of discussions, preparations and planning, the estimated R14 million Transport Interchange Precint Plan in Worcester is yet to be implemented. No development has taken place on the vacant plot behind Bravo Fresh Produce in Porter Street since its inception early last year. Johnathan Marthinus, executive director for community services at the Breede Valley Municipality (BVM), told the Standard that they have sent an application to the Western Cape Heritage for comment on the plans. The BVM is still waiting for a response from Western Cape Heritage. “The area we are looking at re-developing into an interchange system, a central point for pick-up and drop-offs in town, is an historic area. This means that we need Western Cape Heritage’s confirmation before we can go ahead with our plans,” said Marthinus. This piece of land has sparked many a debate. Marthinus said that a few businesses, property owners and a nearby church have also expressed concern about noise pollution if the plan is to be implemented. The first phase will look at the redeveloping of the vacant land primarily as a taxi rank for drop-off,

Talle strate in die dorp spog sedert begin Oktober met pienk materiaal om bome en mure maar nog nie almal doen hul deel vir borskankerbewusmaking nie. Vir die agterosse is daar wel nog kans om deel te word van die veldtog om Worcester toe te gooi onder ’n pienk kombers. Benewens die bewusmakingsveldtog, word die pienk materiaal opgesit ter ondersteuning van geliefdes wat teen kanker veg of ter nagedagtes aan diegene wat reeds die geveg teen kanker verloor het. Die helder, opgewekte pienk kleur simboliseer die veggees van kankerlyers en dat hulle, saam met hul vriende, families en organisasies soos Kansa en Boland Hospice, teen die siekte sal baklei. Die organiseerders versoek kerke om Donderdag 31 Oktober om 12:00 hul klokke te lui om die kankerbewusmakingsmaand af te eindig, en moedig die gemeenskap aan om in dié tyd te dink aan geliefdes wat weens kanker gesterf het. . Op Saterdag 19 Oktober is daar ’n laat-ontbyt (brunch) by die Pinotage &

After more than a year of discussions, preparations and planning, the R14 million Transport Interchange Precint Plan has not yet been implemented.

PHOTO: MATTHEW SHELDON

collect and go purposes. According to the plans, the idea of the transport interchange is not for the site to become a holding area for taxis. Bevan Kurtz, manager: public transport planning and regulation at Cape Winelands District Municipality (CWDM), said that the municipality is the funding agent for the planning phase of the project. “On approval of the development plans by BVM, final estimates will be prepared which will guide the process for funding applications. Unfortunately the heritage assessment process in terms of the applicable Act has lead to an unplanned, but necessary delay in the project, as the protection of the heritage of Worces-

ter is of primary concern.” Several public meetings were held last year where representatives of the Worcester Business Forum, CWDM, informal traders, BVM and property owners were present. “This project is a necessity for Worcester because there is no taxi rank in the central business district. If this transport plan is implemented it will reduce the congestion on our roads,” said Marthinus. According to the proposed plans, items that were looked at are the redesigning of Porter Street (between Russell and Church Street) into a one-way to allow for the increase in traffic and space for cycling and pedestrian lanes.

Pepper-restaurant by Kleinplasie ten bate van kankernavorsing. Dit begin om 08:30 en kaartjies kos slegs R150. Daar is net plek vir 100 mense en gaste word gevra om pienk-en-wit aan te trek. Bespreek gerus jou kaartjie by Tharina Jonker by 023 342 5020 of 082 301 8561. . Pienk materiaal is beskikbaar by Worcester Toerisme. Bel Janneke Beukes by 023 342 6244 of Worcester Wyn- en Olyfroete se Elzabe Morkel by 023 342 8710 of Kansa by 023 342 7058 of Mountain Mill.

Hennie Krog van die nasionale instituut vir die dowes daag ander organisasies uit om ook deel te wees van die kanker­bewusma­ kingsveldtog. Hier staan hy saam met Elza­ bé Morkel (Wyn­en­Olyfroete) en Janneke Beukes (Worcester Toerisme).

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE


Standard

Nuus News

17 Oktober, 2013

Leerlinge van die Primêre Skool Worcester luister aandagtig na die feite oor kanker. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

3

Vanessa Vermaak van Choc verduidelik aan die leerlinge wat kanker be­ hels.

Ken die feite: 1 uit elke 600 kinders kry kanker JOLINE VAN DER MERWE Een uit elke 600 kinders in SuidAfrika gaan deur kanker geraak word voor hul 16de verjaardag. Die goeie nuus is as kanker vroegtydig gediagnoseer word, is daar ’n kans van 70 – 85% op genesing. Die kanker wat veral kinders raak, kom meestal in hul ontwik-

kelende selle, soos in beenmurg, bloed en niere, asook in die weefsel van hul senuweestelsel, voor. Die algemeenste kanker is leukemie, gevolg deur breinkanker en kwaadaardige gewasse. Volgens Vanessa Vermaak van die Childhood Cancer Foundation of South Africa (Choc) kom die meeste gevalle van bloedverwante kanker in die plattelandse gebiede voor.

Soos by volwassenes word kanker by kinders behandel deur chemoterapie, bestraling, chirurgie of ’n kombinasie van behandelingsoorte, na gelang van die pasiënt se diagnose. Michelle Cupido, wie se dogter twee jaar gelede met leukemie gediagnoseer is, sê dit was ’n moeilike tyd vir haar gesin. “Jy voel verantwoordelik as ouer en wonder wat jy verkeerd ge-

doen het.” Die feit dat kinders van die Breedevallei by die Tygerberg-hospitaal behandel moet word, plaas verdere geldelike druk op die gesin aangesien een van die ouers dan saam met die kind daar moet bly. Choc help ouers met verblyf en emosionele ondersteuning. Die stigting kry egter nie geld van die regering nie en maak staat op die lotery om hul onkoste te be-

taal. ’n Leerling van die Primêre Skool Worcester is ook onlangs met leukemie gediagnoseer. Juis daarom het die skool Vermaak genooi om met die leerlinge te kom praat. Die skool het gister (16 Oktober) ’n civvies-dag gereël waarvan die wins aan die leerling se ouers geskenk sal word om met die onkoste te help.


4

Standard

Nuus News

17 Oktober, 2013

Straat van hoop MATTHEW SHELDON “Ons wil gesinne in ons straat bymekaar bring, hulle verenig, en die outydse waardes in ons kinders terugploeg.”

Van die jongmense wat eerste kans gekry het om Sparkling Blue te geniet is Carlo Theron, Nina Maree, Adri Roos en Johan Burger by Dwarsberg Trout tydens die Breedeklooffees. FOTO:NAOMI THERON

Eerste blou vonkelwyn in SA hier gemaak Die tonge was die afgelope naweek behoorlik los oor ’n blou druiwedrankie wat feesgangers vir die eerste keer by die Breedekloof Buitelugen Wynfees te drinke gekry het. Sparkling Blue kom uit die hand van die bekende wynmaker van die Breedevallei, Erik Schlunz. Dié smaaklike lae-alkohol blou druiwedrankie is in ’n glansverpakking en wanneer dit geskink word, lê die blou drankie vonkelend en glashelder in die glas. Die Breedevallei spog nou met die eerste “blou vonkelwyn” in SuidAfrika wat hier geproduseer en ook plaaslik by Breëriviervallei Bottelerings (Koöp) Bpk gebottel is. Die hoofbestanddeel van hierdie besondere drankie is chenin blanc en omdat dit versny is met water en

vrugtegeure, kan dit nie as “blouwyn” bemark word nie. Op die etiket staan dus “Flavoured grape liquor”. Die idee vir Sparkling Blue, vertel Schlunz, kom al van 2003 af. “Ek het ’n klein, blou vonkelwynbottel as ’n geskenk ontvang en met die gooi daarvan in ’n glas was ek skielik baie teleurgesteld dat die inhoud nie blou was nie. Ek het toe gedink dat ’n blou vonkelwyn baie mooier sou lyk.” Schlunz het jare lank die idee vir homself gehou en besef hy moet die blou produk as sy eie handelsmerk ontwikkel. “Ek is tans onafhanklik en het toe die geleentheid aangegryp. My doel met Sparkling Blue is dat die kleur baie mooi blou moet wees (funky en cool)”. Schlunz sê hy het met verskillende geure gespeel om die vol chenin

blanc-wyn te komplementeer en toe op ’n swartbessiegeur besluit. “Wat belangrik vir my is, is om my wynagtergrond en -kennis te gebruik om ’n goeie wynproduk te maak wat cool lyk en smaaklik is vir die verbruiker. Dit moet soet wees, maar nie oorweldigend nie, want die algemene vonkelwyndrinker hou van ’n soeter vonkelwyn.” Dié wyn met sy besonder mooi ligblou kleur se soet- en suurbalans is uitstekend en is ’n elegante, vrugtige drankie met ’n verfrissende nasmaak, verduidelik Schlunz. Hy is opgewonde en tevrede met die eindproduk. Die beste manier om hierdie blou drankie te bedien is lekker koud om die vonkelwyn optimaal te geniet, sê Schlunz.

Só gesels Angelow Fleur, een van die stigters van die Street of Hope-inisiatief. Sowat 20 gesinne is by dié gemeenskapsinisiatief betrokke wat op 16 Junie (Jeugdag) in Quintstraat in Roodewal (Worcester) gestig is. Die doel van die inisiatief is om kinders betrokke te kry in gesonde aktiwiteite en geselskap. “Ons probeer om kinders deur hierdie projek weg van bendes, dwelm- en alkoholmisbruik, tienerswangerskap en ander negatiewe elemente te hou,” het hy gesê. Fleur het aan die Standard verduidelik dat hulle verskillende aktiwiteite soos skoonheidskompetisies, danskompetisies en high tea’s minstens een keer per maand in die straat hou. Gemeenskapsleiers word ook uitgenooi om die kinders te motiveer om ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. “Ons moet ons mense in die gemeenskap bymekaar bring en oor sekere kwessies praat. Ons kan nie stilbly en verwag dat Worcester ’n veilige plek sal wees nie. “As ons regtig ons strate wil skoonmaak, as ons regtig ons strate wil terugvat en ook ons rol

Angelow Fleur

FOTO: MATTHEW SHELDON

as ouers van die huis terugneem, dan moet ons sulke projekte van stapel stuur,” het hy gesê. Fleur moedig ander gesinne wat in enige straat woon om ook ’n Street of Hope-inisiatief te begin. Roodewal is ’n misdaad-hotspot, voeg hy by. “Ons moet iets daaraan doen om ’n beter toekoms vir ons kinders te skep”. Hy hoop hierdie projek sal na ander strate in verskillende gemeenskappe uitbrei sodat Worcesteriete regtig die strate terug kan neem en ’n veilige omgewing skep. Enigeen wat inligting soek oor die Street of Hope-projek, kan Angelow Fleur by 073 114 8885 bel.

HOË BESOEK: Dr. Ivan Meyer, Wes­Kaapse minister van sport en kultuursake, het onlangs die Huis Disa­tehuis vir ouer persone op Tulbagh besoek. Dié besoek was deel van ’n uit­ reik van ’n groep jongmense wat saam met die department by Waterval in Tulbagh ge­ kamp het. Die jongmense het inwoners van die tehuis met sang en dans vermaak, in die tuin gewerk en inwoners se hare versorg. Meyer het inwoners geloof vir wat hulle alles deurgemaak het ná die Tweede Wêreldoorlog en die Depressie en vir hul land en kinders beteken het. Saam met Meyer is (van links) Alet Fouché (voormalige bestuurder van Huis Di­ sa), Daleen Jansen (kosmatrone by Huis Disa) en Marlene Bester (bestuurder van Huis Disa).


Standard

Skole Schools

17 Oktober, 2013

‘Futuristiese’ skones met swier gekroon HILDERINE SCHRÖDER Glans, swier en ’n futuristiese kinkel. Hiérmee het Worcester Gimnasium seker gemaak dat sy Mej. en Mnr. Worcester Gimnasium-geleentheid nog lánk op Valleiers se lippe gaan wees. Altesaam 18 skoonhede, met nege brekers aan hul sy, het verlede Donderdag (10 Oktober) hul beste voetjie voor gesit tydens een van die hoogtepunte op die skoolkalender. Die geleentheid, Project Runway, kon met sy professionele beligting en musiek ’n uittreksel uit die gelyknamige televisiereeks gewees het. Dít, tesame met die aanbieders Altus Theart en Zetske van Pletzen, het aan gaste ’n onvergeetlike aand besorg. Danksy ’n rits borge het deelnemers meer na modelle in ’n glanstydskrif gelyk as leerlinge wat enkele ure vantevore nog in die klaskamer gesit het; iets wat aan die paneel beoordelaars heelwat hoofbrekings

besorg het voor hulle die uiteindelike wenners aangewys het. As deel van een van die kategorieë moes deelnemers hul eie uitrustings, met ’n futuristiese tema, ontwerp. Hiér was hul kreatiwiteit duidelik te bespeur. Buiten Theart en Van Pletzen se kwinkslae wat gaste kort-kort laat skater het, was daar ook heelwat ander vermaak waaronder dans- en sangitems. In die junior afdeling is Jacorie Viljoen as Mej. Worcester Gimnasium Junior gekroon met Nicola Viljoen as Eerste Prinses en Lauzanda van der Walt as Tweede Prinses. Robin Jones is vanjaar se Mnr. Worcester Gimnasium, met Johan Jordaan die Eerste Prins en John Lee die Tweede Prins. Ann-Teneal van der Merwe is onder luide toejuiging as Mej. Worcester Gimnasium gekroon, met Nicolene Burger as Eerste Prinses en Riette Karsten die Tweede Prinses. Vir nog foto’s van die geleentheid, besoek die Standard se webtuiste by www.worcesterstandard.com.

AFLOS: Die Esselenpark Primêre Skool, wat vanjaar sy 60ste bestaansjaar vier, het onlangs ’n aflos­byeenkoms gehou om dié groot mylpaal te vier. Altesaam vier laer en drie hoër sko­ le het aan die geleentheid deelgeneem. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

BOLAND KRIEKET: ’n Leerling van die Laer­ skool Worcester­ Oos, Ussiel Lan­ geveldt, is in die o. 13­Boland­ krieketspan op­ geneem. Ussiel gaan gedurende die Desember­ vakansie aan die Suid­Afrikaanse Nasionale Skole­ ternooi in Bloem­ fontein deel­ neem.

UNISA-EREROL: ’n Leerling aan die Worcester­ Noord Primêre Skool, Cameron Mostert, se naam is in Unisa se ererol opgeneem ná puik prestasie in sy graad een klaviereksamen. Hy het die eksa­ men met meer as 90% geslaag.

5

Worcester Gimnasium se Project Runway­ geleentheid, waartydens Mnr. en Mej. Worcester Gimnasium gekroon is (foto bo), was ’n reusesukses. Die wenners was (agter) John Lee (Tweede Prins), Ro­ bin Jones (Mnr. Worcester Gimnasium) en Johan Jordaan (Eerste Prins). Voor is Riët­ te Karsten (Tweede Prinses), Ann­Teneal van der Merwe (Mej. Worcester Gimnasi­ um) en Nicolene Burger (Eerste Prinses). FOTO: VERSKAF

Foto links: Jacorie Viljoen is as Mej. Wor­ cester Gimnasium Junior gekroon. Die Eerste Prinses is Nicola Viljoen met Lau­ zanda van der Walt wat as Tweede Prin­ ses gekroon is. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

SKAAK: Die Laerskool Worcester­Oos se skaakspan het vanjaar se A­liga gewen. Hier (voor) is Lou­Hann de la Bat, Albrecht van Zyl en Zander Gilfillan. Agter is Con­ raad Roux, Suané Smit en Claudi Bester. FOTO: VERSKAF


6

Standard

Gemeenskapsnuus Community

17 Oktober, 2013

Jean Johnson (junior stadsraad), Danie van Wyk (SBA), Theresa Olivier (uitgewer/redakteur van die Standard), Alicia Narotam (burgemeester van die junior stadsraad), rdl. Basil Kivedo, BVM­burgemeester), Esmeralda Pe­ keur (BVM) en Gerrit Matthyse (BVM: munisipale bestuurder).

FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Verteenwoordigers van plaaslike skole, Breedevallei Munisipaliteit, Chipros en gemeenskapsorganisasies.

Bloemlesing bevorder lees JOLINE VAN DER MERWE Chipros, in samewerking met die Breedevallei Munisipaliteit en die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het Maandagaand ’n nuwe bloemlesing in die Stadsaal op Worcester bekendgestel.

Altesaam 156 leerlinge het aan die projek deelgeneem.

Die bloemlesing bevat gedigte van 156 leerlinge van 17 plaaslike skole. ’n Leerling is van elke skool gekies om ’n gedig aan die gehoor voor te lees. Die inisiatief is twee jaar gelede van stapel gestuur om leerders aan te moedig om meer te lees. Volgens Kiwidore Fillis, die or-

ganiseerder, sou die ideaal wees om al die skole in die Breedevalleiomgewing by hier die projek te betrek. Rdl. Basil Kivedo, uitvoerende burgemeester van die Breedevallei Munisipaliteit (BVM) het in sy spreekbeurt gesê sy hart loop oor van trots. Hy het ook die ouers en onderwysers bedank vir hul betrokkenheid. Kivedo het aan onderwysers gesê hy glo om ’n onderwyser te wees is ’n “goddelike roeping”, omdat hulle die kans het om ’n impak te maak op die lewe van toekomstige leiers. Die Worcesteriet en bekende digter, Floris Brown, het as gasspreker opgetree.

Volgens Brown verklap gedigte dikwels die toestand van ’n land. “Digters kan skryf oor wat om hulle gebeur en dus kry mens die idee van hoe hulle (jongmense) die wêreld sien.” Hy het jong digters aangemoedig om aan te hou skryf en om hulle eers in hul moedertaal uit te druk. Daarna kan hulle na ’n tweede taal aanbeweeg. Brown het aan die leerlinge gesê hulle moet “dig vir passie in jou hart en nie vir geld nie”. Danie van Wyk, die uitvoerende hoof van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het by dié geleentheid ook die stigting se betrokkenheid by die volgende bloemlesing aangekondig.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

She wants to inspire women MATTHEW SHELDON

would like to pursue. The series of unfortunate events did not end there. She fought her way Her dad, Errol Daniels, through many adversilost his job and her mom, ties and now wants to beMaureen, had to be the come an ambassador for breadwinner for a family of young girls and women. six. “There was a time when With a bubbly personalimy mom had to go around ty and a very enthusiastic asking friends for help to persona, one would never put food on our table. It have thought that Danielle wasn’t easy,” she recalls. Daniels-Felix has endured Despite financial cona challenging past. straints and her dropping Daniels-Felix (31), a out of her first year at the bright academic researchUniversity of the Western er at the Stellenbosch UniCape, she managed to comversity Ukwanda Centre plete three degrees namely for Rural Health, is worka Bachelors of Arts, an ing on a project to inspire Honours in Psychology and and empower girls and a Masters degree in Psycholwomen. Danielle Daniels­Felix ogy. The project, which she PHOTO: MATTHEW SHELDON After she completed her plans to launch next year sometime, is aimed at educating girls and honours she stayed at home and job hunted women by teaching them self-respect, for two years. But with no luck on her side, healthy living and empowerment through she returned to university to complete her masters degree. fashion and beauty. She completed a medical research internDaniels-Felix, who was one of the finalists in the Mountain Mill Women of the Year com- ship at the South Africa Medical Research petition, told the Standard that her past has Council in Cape Town. “I am striving to make a humanitarian difshaped her into the person she is today. Born in 1982 in Mitchells Plain, Daniels-Fe- ference and have a positive influence on as lix, unlike most other pupils, had to complete many young women as possible,” said Danher final year at Livingstone High School by iels-Felix. Her main priority is fighting for women’s studying in a candle-lit room throughout her matric exams. Her parents could not afford health and empowerment, both on a personal and career level. to buy electricity to light up their home. Daniels-Felix plans to do her doctoral deDaniels-Felix also lost her grandmother Susan Vollenhoven to cancer in her matric gree (PhD) next year, focusing on women’s health in the field of obstetrics and gynaecoloyear. “Despite facing many challenges in my life, gy. “I want to be the voice for young girls and I was always determined to reach my goals, get a degree and become something in life,” women who need inspiration, mentorship and motivation,” she stated. she said. Her motto in life is “to study is to escape After matric, Daniels-Felix took a gap year before deciding which field of study she poverty”.

17 Oktober, 2013

Skenkings vir Kersboom Een van die Standard Kinderfonds se heugelikste gebeurtenisse lê om die draai - die jaarlikse Kersboom vir minderbevoorregte kinders. Vanjaar beoog die fonds om ’n onvergeetlike dag vol pret en plesier vir sowat 300 kinders te hou. Dié dag word vir vroeg Desember beplan. Gedagtig aan die pret wat die kinders verlede jaar gehad met, gaan die Standard Kinderfonds vanjaar seker maak dat die kinders nie hierdie dag lig sal vergeet nie. Daarom word daar nou reeds ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die fonds hierin te ondersteun. Wat nodig is, is snoepgoed, koeldrank, ysies, roomys, biefburgers, worsbroodjies, spookasem, kortom, alles wat lekker is vir

7

kinders om op te snoep. En hoe hou jy ’n Kerspartyjie sonder Kersvader en geskenkies? Vir meer inligting oor wat hiervoor nodig is, bel die voorsitter, Eddie Nortier sr. by 083 629 1736. Die fonds se gewone insamelings gaan steeds voort en kan afgegee word by die Standard by Hoogstraat 116, Nortier Motors by Brownstraat 6, Aïda Winelands by Kerkstraat 22, Dentzone by Fieldstraat 22, Mountain Mill Mall (Food Court) en die Laerskool WorcesterOos. Kontant kan by FNB inbetaal word by: rekening: Gemeenskapskas Wes-Kaap Worcester Standard; rekeningnommer: 62152031383; bankkode: 261150; tak: Cape Town City. Faks ’n afskrif van die depositostrokie aan Christine Smit by 023 347 3639 of e-pos na Christine.Smit@worcesterstandard.com. Alle bydraes sal in die Standard erken word


8

Standard

17 Oktober, 2013

Advertensie Advertisment


Standard

Gemeenskapsnuus Community

17 Oktober, 2013

Karmin Minne, Jeanré Bester, Johanné Kleinhans, Ulrich Minne, Elmarie Minne en Ludwig Minne het al die pad van Despatch in die Oos­Kaap gekom om die fees by te woon en is reeds van voorneme om aanstaande jaar terug te kom. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Buitelug-en-wynfees groot pret HILDERINE SCHRÖDER Wind en enkele reënbuie het nie besoekers aan die Vallei se geesdrif gedemp tydens die Breedekloof-buitelug-en-wynfees nie.

Besoekers het in groot getalle op die streek toegesak om die Breedekloof se uithalerwyne op die proef te stel, tuisgemaakte produkte te koop en aan heerlike eetgoed weg te lê.

Bier, bratwurst en ’n Duitse oempa­orkes het dié Matie­stu­ dente na Dwarsberg Trout Hideaway gelok.

Die Standard het die fees besoek om van die besoekers en wynliefhebbers te ontmoet. Vir nog foto’s, besoek die Standard se webtuiste by www.worcesterstandard.com.

Conrad Schwartz, Kevin Robinson, Yvette le Roux en Caroline Jones, almal van Kaapstad, het uniWines se wyne by Daschbosch op die proef gestel.

9


10

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

17 Oktober, 2013

Street of Hope kan ommeswaai bring Stil-stil en ongemerk is hier met ’n inisiatief op Worcester begin wat weereens toon dat ’n gemeenskap inherent vrede, voorspoed en samehorigheid nodig het vir sy voortbestaan. Street of Hope, ’n inisiatief wat in Quintstraat, Roodewal, van stapel gestuur is, se doelstellings is nie bloot om inwoners straatsgewys op sosiale vlak weer te verenig nie. Daar word met dié inisiatief na die hart van die gemeenskap deurgedring – die terugkeer na waardes, spesifiek onder die kinders en sy jongmense. Want hulle is die toekoms van ons dorp en ons land. Met dié inisiatief het dit ook duidelik geword dat die tyd vir praatjies maak oor afbrekende praktyke soos bendebedrywighede, misdaad, onbetrokkenheid en morele afvalligheid verby is. Positiewe en aktiewe optrede is nóú nodig. Klein begin is goed gewin. Street of Hope kan die voorloper en die voorbeeld wees van hoe ’n ommeswaai in ’n gemeenskap bewerkstellig kan word.

Psalm 91:3-10 U is my toevlug Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. Al val duisende langs jou, tienduisende langs jou, vir jou sal niks tref nie. Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word. Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

GOUE STEMME: Sonika Neethling (regs) en Danel Kry­ nauw, studente aan die An­ chen Schreuder Academy of Music, het gedurende die af­ gelope Septembervakansie aan die South African Talent Championships in Johannes­ burg deelgeneem. Danel het in die afdelings vir Afrikaans, country, pop, jazz, gospel en Broadway meegeding en een goue en vyf silwermedaljes huis toe gebring. Sonika het aan die afdelings vir Afri­ kaans, pop, country en gos­ pel deelgeneem en drie goue en een silwermedalje verower. Sy is ook vir die Suid­Afri­ kaanse span gekies wat vol­ gende jaar in Orlando en Los Angeles in Amerika gaan deelneem. Albei is ook deel van Anchen Schreuder Acade­ my of Music se jaarkonsert, Oppie Planke, wat op 23 en 24 Oktober in die Klein Teater by Russellstraat op die planke te sien sal wees.

Spanpoging ná diefstal van skooltasse die silwer randjie Ek het vanaand voor slaaptyd by my kinders se beddens stil geraak. My hart was dankbaar, maar ook vasgevang in ’n ystervuis. Vandag was my kinders sowel as ander by hul dagmoeder blootgestel aan misdaad. Mense het onregmatig iemand se eiendom betree en twee kinders se skooltasse geneem. Ek het nog altyd probeer om my kinders onbesorg, onskuldig en ruimhartig groot te maak. Ek is hartseer dat my kinders se onskuld vandag aangetas is met hierdie onbelangrike oortreding. Ek het in my kinders se oë gekyk en vandag gesien hulle verstaan vrees. Ek was ontsteld toe ek sien dat my dogter al haar skoolboekies bly afvee, want sy voel vuil ná hierdie voorval. Ek leer my kinders om hul goed op te pas en respek te toon. My moederhart was seer toe my dogter besef Pappa moes ’n nuwe skooltas gaan koop, want iemand anders het dit só vernietig dat dit nou onbruikbaar is. Ek het gister voor die vraag te

staan gekom hoe ek as ouer hierdie onreg weer kon herstel vir my kinders. Vanaand met my Bybelstudie lees ek: “Jy het seën nodig!” (1 Tess. 5:15) en: “Sorg dat niemand ’n ander mens kwaad vir kwaad vergeld nie. Julle moet altyd probeer om vriendelik te wees en vir mekaar en vir alle mense goed te wees.” Die Here het vandag ingegryp en die volgende mense as seën oor ons pad as gesin gestuur. Ek wil eerstens vir lt. Mostert van die plaaslike polisie opreg bedank vir sy geduld en kalmte met hierdie ontstelde en verstrooide ma wat die “onbelangrike oortreding” by hulle aangemeld het. Dankie dat my klag dringend aandag geniet het en dat die sektoreenheid ontbied is. Dankie dat jy verstaan het dat ’n jaar se skoolwerk met die eksamens op hande net so belangrik soos ’n “groot oortreding” is. Ek wil ook graag die sektoreenheid – sers. Plaatjies, ao. Minnaar en hul kollega – bedank wat my

man gehelp het met die soektog na die skooltasse. Dankie vir jul vinnige optrede en professionele diens. Die polisie kan trots wees op sulke lede. Daarna wil ek graag ons vullisverwyderingsafdeling – Kennith Dyantyi, Bandile Fusa, Danisile Bonani en N. Mabutho – opreg bedank. Hulle het op my kind se verstrooide inhoud van haar skooltas afgekom terwyl hulle gewerk het. Dankie vir jul hulpvaardigheid en bedagsaamheid wat julle aan die dag gelê het. Ek weet nie hoe sy die toetse en eksamens sonder jul hulp sou kon aflê nie. Verder wil ek graag “ons straat se mense” bedank vir hul omgee, liefde en hulpvaardigheid. Die Here het julle almal vandag oor ons lewe gestuur as die silwer randjie om hierdie donker wolkie. Dankie dat julle my weer laat moed skep en hoop behou het in hierdie deurmekaar wêreld.

’n Klop op die skouer aan Cornel Kritzinger van Eerste Nasionale Bank vir uitmuntende diens gelewer. Wanneer ’n sekere ander bank ’n maand neem om ’n antwoord te gee aangaande ’n huislening, reël hy vir jou ’n nuwe tjekrekening, kredietkaart en ’n huislening binne ses dae. Worcester – en veral ondernemings – kort meer mense soos jy! Jy’s ’n ster en ek sal jou diens aanbeveel vir almal so ver ek gaan. Weereens baie dankie. – Charl Munnik

JOHAN EN PHILBE NIEUWENHUIZEN WORCESTER

Hoekom het meer mense nie oranje lap om bome gedraai nie Worcester is in pienk getooi om die inwoners daaraan te herinner dat dit borskankermaand is. Hoogstraat kan nou die “pienk myl” genoem word en as ’n boom ’n regop stam het, is dit toegedraai met pienk lap. Dit is seker goed so, want ons moet bewus wees/word van hierdie belangrike onderwerp. My vraag is egter hoekom an-

der belangrike onderwerpe tydens die daarvoor bepaalde maande of tye nie dieselfde aandag of fokus geniet het nie? Verder wonder ’n mens wat daar by die Pineskliniek aangaan? Is hulle dan kleurblind of het die pienk lap in Worcester se winkels en store opgeraak? Die groot stuk lap wat hulle daar om hul statige boom gedraai

het, lyk dan eerder na ’n donkerige oranje. Dit ís inderdaad die kleur! Die rede? Dit is ook Geestesgesondheid-maand! Wonder hoekom meer mense nie maar eerder oranje lap om hulle bome en pale gedraai het nie. Dit laat ’n mens dink, of hoe?

WILHELM FRÖHLICH WORCESTER

Met Lotto-geld kan ek elke dag van die jaar tussen die kelders toer en wyn proe Dit het al gewoonte geword om Saterdagaande wanneer die Lottoballetjies rol, die wens uit te spreek dat die wenner dit werklik nodig het en dat die geld benut gaan word om ’n verskil in sy medemens se lewe te maak. En dat dit ’n nice mens en ’n familielid is. Iemand wat vir sy oom op Worcester so ’n miljoen of drie sal afstaan. Eintlik is dit vals hoop, want al my familielede het hul eie gesinne om voor te sorg. Miskien moet ek self begin kaartjies koop. Sover ek weet, het nog net één Worcesteriet groot geld gewen. En die inligting is gebaseer op hoorsê, want die organiseerders van die Lotto beskerm die persoon se identiteit. Ook maar goed so, anders is die wenner dalk nie seker van sy lewe nie!

Daar’s deesdae juis allerhande skelm truuks om ’n mens van jou geld los te maak. ’n Mens moet elke SMS en e-pos wat finansies noem, met agterdog bejeën. Luidens ’n SMS het ek vandeesweek R195 000 in ’n Samsung-kompetisie gewen. Al wat ek moet doen is om vir André Groenewald op die aangeduide nommer te bel en my bankbesonderhede te gee. Ek het die SMS uitgevee, want ek gebruik al jare lank Nokia. Was egter baie lus om te bel om uit te vind of dit regtig ’n boerseun is wat sulke boodskappe uitstuur. Mens verwag dit van uitlanders, maar nie van jou eie mense nie.

Waar die skelms aan mens se persoonlike besonderhede kom, gaan die verstand te bowe. Saterdagaand weer gewonder wat ek sal doen as ek so R18 miljoen moet wen. Ek sal beslis in eiendom hier op Worcester belê. Daar word reeds byna 200 jaar lank sake gedoen in Hoogstraat en ek sien g’n rede hoekom dit nie vir nog honderde jare so sal voortgaan nie. Kommersiële eiendom met ’n goeie huurinkomste klink na ’n uitstekende belegging. Dan kan ek my droom verwesenlik om 365 dae van die jaar te toer en wyn te proe. Elke dag by ’n ander kelder aangaan en, as die wyn lekker is, sommer die volgende dag die

proe voortsit. Verder hoor ek dat daar derduisende wooneenhede tussen die casino en die Ultra-City gebou gaan word. Dit sluit glo ’n vulstasie met geriefswinkels en ’n laerskool in. Van die huise gaan ultra-modern wees met die nuutste toebehore en eko-vriendelik. Omgewingsbewaring is mos deedae op almal se lippe. Volgens my bron gaan daar huise en woonstelle gebou word. In die 33 jaar wat ek hier woon was daar maar altyd ’n tekort aan woonstelle en huise wat gehuur kan word. Hopelik sal die nuwe ontwikkeling goeie beleggingsmoontlikhede bied. Dat dit die gesig van Worcester gaan verander, is beslis. Klink my ’n Worcesteriet wat die dorp verlaat en oor vyf jaar terugkeer, kan dalk verdwaal.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

17 Oktober, 2013

Breedekloof sy passie MATTHEW SHELDON “Ek voel dat al ons wyne in die Breedekloof-streek te goedkoop verkoop word.” Só gesels Magnus Kriel, bestuurder van Merwida Wynkelder, wat glo die kelders in dié streek moet hulself beter posisioneer, veral wat prys en produk betref. Kriel (36) is verantwoordelik vir die verkope, bemarking, die produksie van wyn by Merwida asook die maatskappy se wingerdbou-kundigheid. Volgens hom dien hy in die bestuur van die Goudini-landbouvereniging met tesourier as sy portefeulje. Merwida Wynkelder is ’n privaat kelder in Rawsonville met sowat 26 verskillende kultivars wat wit, rooi, soet en rosé insluit. “My visie vir die Breedekloof is om internasionaal as ’n kwaliteit wyn-area erken te word. Om ons doelwitte te bereik moet ons ons pryse lig,” het hy gesê. Hy vertel dat daar baie gedoen kan word om die toerismebedryf te bevorder, maar sê ook dat die gebied se bemarking nog nie is waar dit moet wees nie. “Hier in die streek het ons wêreldklas wyne vir besoekers om te geniet, pragtige berge met stap- en bergfietsroetes en die area is baie rustig en ook veilig om te oornag,” vertel hy. Tog bly die streek se grootste uitdaging, volgens hom, om genoeg toeriste en beleggers te kry. Kriel is in 1977 in Ceres gebore en het in 1995 aan die Hoërskool Wolseley gematrikuleer. Ná skool het hy by die Universiteit Stellenbosch (Maties) gestudeer waar hy sy B.Sc.-graad in wingerd-wynkunde in 2000

Magnus Kriel

FOTO: MATTHEW SHELDON

verwerf het. Hy het direk ná sy studies by Merwida as ’n wynmaker begin werk. Volgens hom werk hy al vir die afgelope 13 jaar by dié kelder en is in 2002 tot bestuurder bevorder. Kriel is ’n eerlike en lojale mens met ’n passie om wêreldklas wyne te produseer. Merwida se Sauvignon Blanc 2012 het tydens verlede jaar se Veritas in Kaapstad dubbelgoud verwerf. Kriel sê die Breedekloof-buitelug- en wynfees was ’n sukses, maar het baie minder voete as verlede jaar gelok. Sy droom vir die streek is om die beste kwaliteit wyne in Suid-Afrika te produseer. Kriel en sy vrou, Chelley, het twee seuns, Marnus (4) en Eduard (2). Dié gesin gaan gewoonlik gedurende die Desembervakansie na hul vakansiehuis in Onrus om te ontspan.

Join Robertson Wine on the River Six lucky Standard readers stand one last chance to win double tickets to the Robertson Wine on the River this Sunday (20 October). For the eighth consecutive year the popular Robertson Wine on the River is returning to the banks of the Breede River from 18 to 20 October. As with previous years the festival will take place in a spacious marquee on the riverside farm, Goudmyn, situated on the R317 between Robertson and Bonnievale. With more than 300 wines from over 40 wineries to taste, along with a range of gastronomic delights and country food stalls against the background of live jazz, ballads and blues, this is a weekend not to be missed. Other popular attractions will include ri-

11

ver cruises as well as arts and crafts from the Valley. With a wide variety of children’s activities, Robertson Wine on the River promises to be a festive family affair. Pensioner prices are available and children under 18 enter free of charge. However, children’s activities will be charged for on a “pay-as-you-go” system. Convenient designated parking areas will be clearly identified en route. For visitors utilising parking areas further afield, a shuttle-service will provide transport to and from the festivities. To stand the chance of winning tickets go the the Standard’s website, www.worcesterstandard.com and follow instructions.


12

Standard

Kalenderblad Calendar Page

17 Oktober, 2013

V A L L E I - K A L E N D E R ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem kom om 19:00 byeen by die Worcester United Church. Navrae: 0 083 635 1059. ) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie en geestesgesondheid vergader by Kerkstraat 33 om 17:00. Meer besonderhede by Frances Crous: 0 023 342 4331 of 082 647 8883 of Bill Skinner: 0 023 342 1881. ELKE SATERDAG ) Ralph’s Go­Cart Racing, 12:00 – 17:00, Kleinplasie. R50. Roelf: 0 082 771 8004 of Saartjie: 0 084 577 2383.

1 – 21 OKTOBER ) Die Zion AME­gemeente se Daniël­vas­en­ gebed. Vas (daagliks): 08:00 – 16:00. Gebed­ sessies: 06:00 – 06:45 en 18:30 – 19:00. DONDERDAG 17 OKTOBER ) Feesdinee ter viering van Esselenpark Primêr se 60ste bestaansjaar. Die geleentheid vind om 19:00 in die Worcester­stadsaal plaas. Kaartjies by personeel en die skool beskikbaar. Navrae: 0 023 347 0240. VRYDAG 18 OKTOBER ) Kansa en Breast Health Foundation bied ’n Borskankerbewusmakingsontbyt by Cafe Dulcé in die Mountain Mill Mall aan. Koste: R80 per persoon. Navrae: Nadia of Engela: 0 023 347 4147.

SATERDAG 19 OKTOBER ) Battle of the Bands, 13:00 – 17:00, by die Steenvliet­gemeenskapsaal, Touwsrivier. Na­ vrae by Susan Rens: 0 078 684 9845, Clyde Sass: 0 076 127 1741, Randel Cornelissen: 0 083 717 7719 of Rikie Sass: 0 079 678 2064. ) Crazy Dogs Poker Run. Starts at 12:00 at Klooflodge. Enquiries: 0 083 652 8100. SONDAG 20 OKTOBER ) Die Crusaders­Kersfeeskoor hou om 16:00 ’n belangrike vergadering by Van Zyllaan 131. Navrae: C. Amsterdam by 0 082 314 5154. ) Ballade van ’n banggat, met Tobie Cronje, om 13:00 by Leipzig Country House. Kaartjies: R100 (beskikbaar by Viljoen Juweliers, Worce­ ster Wyn­en­Olyfroete­kantoor en Robertson

Toerismekantoor). 21 – 27 OKTOBER ) Instituut vir Blindes se Oogsorgweek by die Mountain Mill Mall. WOENSDAG 23 EN DONDERDAG 24 OKTOBER ) Die Anchen Schreuder Academy of Music se Oppie Planke om 19:00 in die Klein Teater. Kaartjies: R50. Navrae en besprekings: Anchen by 0 083 286 1591. DONDERDAG 24 OKTOBER ) Awendrus­tehuis vir bejaardes (Africastraat) se jaarvergadering om 18:00. Navrae: 0 023 342 4949. Valleikalender: 0 023 347 0968 of 2 in­ fo@worcesterstandard.com.

‘Oskar en die pienk tannie’ CHRISTINE SMIT Oskar en die pienk tannie, andermaal ’n skitterende eenvrouvertoning deur die Suid-Afrikaanse teaterlegende Sandra Prinsloo, is volgende maand op Worcester op die planke te sien.

Dié gr.12­leerlinge het van hul eksamendramas opgevoer.

FOTO:NAOMI THERON

Klein Teater weer propvol drama NAOMI THERON Die Klein Teater in Russellstraat op Worcester het verlede Vrydagaand (11 Oktober) drama in hoofletters beleef en weer iets van sy eertydse glorie-era ervaar toe verskeie dramas deur dramastudente van die Kunssentrum Hugo Naudé hier op die planke gebring is. Die toneelstukke is onder leiding van hul drama-onderwyseres, Esmé-Anne Bennie, opgevoer. Afgesien daarvan het die gr. 12leerlinge ook hul eksamendramastukke opgevoer. Op die verhoog was onder andere Danielle van Rooyen, Thanel Knoetze, Amanri Odendaal, Alma Fourie, Michelle Marais, Akhanya Chole, Christoff Gericke, Wilhelmina Manefeldt, Marilee van Eeden, Chane de Bruin,

Lidia-Marie Olivier, Manula Europa, Danielle Kriel en Shawnay Apollis. ’n Spesiale opvoering wat die geskiedenis van die kunssentrum vertel het, is met humor, deernis oorgedra. Die Kunssentrum Hugo Naudé vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar. Dié mylpaal maak hom een van die oudste en mees gerespekteerde kunssentrums in die land. Die finale drama-opvoering van die aand met die titel Ma het ’n staande toejuiging ontvang terwyl menige teaterganger ’n traan weggepink het. Voornemende gr. 10-leerlinge vir 2014 wat belangstel in ontwerp, visuele kunste, dans of drama, kan die sentrum by 023 347 1552 bel vir die aflê van oudisies en aanlegtoetse.

Dié vertoning vertel die roerende verhaal van die tragiese, en tog ook komiese Oskar, ’n kankerlyertjie, en ouma Rosa, wat hom op verbeeldingryke en by tye erg snaakse wyse in sy laaste dae begelei. Kritici raak nie uitgepraat oor dié jongste kragvertoning – bestempel as ’n teaterbelewenis – van Sandra Prinsloo nie. Oskar het al ’n rits toekennings verower en is pas ook met drie Kannas deur die KKNK vereer: beste teaterproduksie, beste regie (Lara Bye) en beste aktrise (Sandra Prinsloo).

TOE-TAPPING ENTERTAINMENT: The popular Professors (Jo Popp and Gavin Gold) return to The Golden Valley Casino on 26 October at 21:00 to perform at the Winners Action Bar. This rocking cover duo will get the audience up and dancing with their wide gen­ re of music. Entry is free.

Oskar is deur Eric-Emmanuel Schmitt geskryf en deur Naòmi Morgan in Afrikaans vertaal. Die teks is “terloops hartseer en terloops snaaks”. Prinsloo vertolk die rol van ’n tienjarige seuntjie wat terminaal siek is aan kanker én dié van ’n ouma en ’n paar ander karaktertjies in die kindersaal. En wees gewaarsku – neem byvoorbaat maar ’n goeie klompie sneesdoekies saam! Dié uitmuntende verhoogstuk word op 14 November in die skoolsaal by Worcester Gimnasium opgevoer. Oskar word na Worcester gebring as geldinsamelingspoging deur Famsa ten bate van ’n 24-uuraanmeldingsentrum vir verkragtingslagoffers. Kaartjies vir hierdie uitmuntende vertoning is teen R120 stuk by Viljoen Juweliers by Hoogstraat 68, Worcester, te koop of bel hulle by 023 347 0682 vir besprekings.

Sandra Prinsloo in haar eenvrou­ vertoning, Oskar en die pienk tannie.

HARDE WERK DRA VRUG: Gr. 12­leerlinge wat sedert gr. 10 visuele kuns en ontwerpvakke by die Kunssentrum Hugo Naudé geneem het, se werk is te sien op ‘n uitstalling wat 4 Oktober by die sentrum in Tul­ baghstraat geopen het. Die uitstalling duur nog tot vandag (17 Oktober) en van 08:00–16:45 oop vir besigtiging. Onder die onderwysers en leer­ linge wat die opening bygewoon het, was (van links) Marius Marits (skil­ der), Sally Stephens (teken), Sean Springveldt (fotografie), Richard Ellmann (hoof en ontwerpproduk), Danielle Kriel (drama, Worcester Gimnasium), Christoff Gericke (drama en ontwerpproduk, HTS Drostdy), Wilma Pieterse (Worcester Gimnasium), Philip Webster (Worcester Gimnasium).

FOTO: NAOMI THERON


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

17 Oktober, 2013

13

FORTUIN, KLAAS. Gaan jou lag en saggeaardheid mis, neef. RIP. Van Dowes familie.

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations

CUPIDO, CAREL (OOM KALLA). My father, friend and comforter through all times. I will always cherish your fond memories till I hear your sweet voice and see your face again. RIP Pappa. From Marilyne.

RAAI wie is 30? Van Mammie, Amelia en Vino.

WOW Azariah is 1! Mammie, Anna, (Aziza), Bjornché, Baryne en Braydon.

08 Sterfgevalle Death Notices

MARAIS, JOHN WILLIAM. Geb. 03/06/1944. Gest. 12/10/2013. Roudiens Saterdag 19/10/2013 om 08:45 in die Gow Chapel AME Kerk, Kraaifontein. Teraardebestelling Kraaifontein-begraafplaas. Reëlings Sally Marais 021 988 1292.

CUPIDO, CAREL. Pappa, dis hartseer om van u afskeid te neem, maar wat God doen is welgedaan. Rus sag. Van Barnard, Shrilene, kinders en kleinkinders. CUPIDO, CAREL. Oupa, jy het jou lewe met ons gedeel, jy het ons liefgehad, jy het jou tyd aan ons afgestaan, jou lig het hier vir ons geskyn. Nou is jou aardse reis voltooi. Rus sag in die ewige vreugde en vrede. Van Granville, Dorinda, Gay-Dean en Dorinique. CUPIDO, CAREL. God saw your pain and suffering so He thought it best to take you home. Rest in peace, Grandpa, till we meet again. From Frandeline, Chane and Caden. CUPIDO, CAREL. Rus sag tot ons weer ontmoet. Van Tottie, Jason, Llewellyn en kinders. CUPIDO, CAREL. Ons sal u altyd onthou. Gemis reeds groot. Rus sag, pappa Kalla. Van Loenie, Renza en kinders. CUPIDO, CAREL. Ons berus in God se wil. Rus in vrede, Boeta. Van Groep familie.

BUYS, KATHLEEN. Stil het jy heengegaan, my suster. Ons sal jou altyd onthou. Van Joanie en gesin. BUYS, KATHLEEN. Jou stem is stil. Jou lag en drukkies sal ons altyd bybly. Rus in vrede. Van Charles (Boeta) en gesin. BUYS, CATHY. Wat God gedoen het is welgedaan. Ons gaan jou mis, maar ons berus. Van Le Fleur- en Wilson familie. BUYS, KATHLEEN. Mammie, dankie vir die mooi herinneringe wat u agtergelaat het. Ons sal daarop bou. Jacques en gesin. BUYS, KATHLEEN. My hart is stukkend, maar gun jou die rus. Llewellyn, Ingrid en kinders. BUYS, KATHLEEN. Ons is hartseer om afskeid te neem, maar wat God gedoen het is welgedaan. Roelien en kinders. BUYS, KATHLEEN. Ons mis jou alreeds Mammie. Sal altyd lief wees vir jou. Charlton, Byda en kinders.

SOLOMONS, MARIAAN PAULINE. Mammie, ons gaan jou baie mis. Rus in vrede. Van Julian en Daniel. SOLOMONS, MARIAAN PAULINE. Ons sal jou altyd onthou. Ons berus in God se wil. Van Christa, Beaty, Clayton, Andrea, Beaudine, Ian en Katelin.

BUYS, KATHLEEN. Nie net het ek 'n eggenote verloor nie, maar ook 'n steunpilaar en vriendin. Tot ons weer ontmoet. Van jou eggenoot Awie.

CUPIDO, CAREL (PAPPA). Ons sê dankie vir die Here vir Pappa se uitgespaarde lewe van 85 jaar en die mooi herinneringe. U sal gemis word. Van Doreen, kinders en kleinkinders.

BUYS, KATHLEEN. Met groot hartseer in ons harte sê ons totsiens en vaarwel my Ma. Lief vir jou. Louise en Charles. BUYS, KATHLEEN. Mammie, ek gaan jou baie mis, maar gun jou die rus. Aschel.

BUYS, KATHLEEN. Thinking of you and your family with the sad loss of your wife and mom. From Bethesda Funeral Services. OLIPHANT, BENTON. RIP my brother. From your sis Hashley, Ellinda and Bennet. OLIPHANT, BENTON. Dis hartseer om totsiens te sê, Benton, ons gaan jou baie mis. Met liefde Martin, Ella en kinders. OLIPHANT, BENTON. Rus in vrede. Van jou pa Benjamin Solomons. OLIPHANT, BENTON. RIP Benton. From Africa, Noble, Petersen family. OLIPHANT, BENTON. RIP Benton. From Mollie, Jan and kids. OLIPHANT, BENTON. We little knew that morning God was going to call your name and take you home. Rest in peace. Solomons and Hunter family. OLIPHANT, BENTON. My alles in my lewe. Ek gaan Daddy mis. Van Berné-Lee. VAN DER WALT, FERDIE. Met hartseer neem ons afskeid van 'n goeie vriend en kollega. Jou heengaan na ons hemelse Vader was skielik, maar ons weet jy word nou toegevou in die liefde van God. Jou passie vir God was een van die baie mooi eienskappe wat jy gehad het, ons sal jou herinneringe altyd koester. Ons gaan jou baie mis, tot ons weer ontmoet. Liefde, Alec van der Westhuizen en gesin.


14

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

17 Oktober, 2013

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES LANGEVELDT, FREDDY. We thank God for your life. You were a precious jewel. We love and salute you and cherish the golden moments. Heaven gained, we lost, but we keep you close to our hearts. Will not forget you, but let you go. God promises He will guide you all the way home. From Daddy and the rest of the family.

STEVENS, DANVILLE MEERTON. Oupatjie op 15/10/2013 is jy 4 jaar van ons geskei. Die verlange is baie groot, maar jy sal altyd in ons harte voortleef. Dankie vir die man, pa en oupa wat jy vir ons was. Van Drienie, kinders en kleinkinders.

159

22

Motors te Koop Vehicles for Sale

Persoonlik/Personal

LOOKING for Mr & Miss Summer 2013. Enter now you could win prizes worth R2 500 including a photoshoot plus if you enter before end October you could win an extra special prize. Have to be 16 years and older. Entry fee R50. For more information contact Joslin Koopman 073 534 8578 or whatsapp and facebook.

BANTAMBAKKIE 1600. Model 1991. Wit met kappie. R22 000 ohb. Skakel 074 2333 978.

EIENDOMME PROPERTIES

43

Persoonlike Dienste Personal Services LANGEVELDT, FREDDY. In liefdevolle herinneringe neem ons afskeid van 'n vader. Ons gaan jou mis. Die hartseer en verlange is groot, maar ons berus in God se wil. Mooi herinneringe het jy ons nagelaat. Wat die Here gedoen het is welgedaan. Jy is verlos van al jou pyn. Ons gun jou die rus. Rus in vrede. Van jou vrou, Rina, Jeanette, Janniel, Henri, kleinkinders en familie.

DAVIDS, EDLENE AVRIL. Dearest wife and mom, Edlene Avril Davids, five long years have passed since you had to leave us, but you live on in our hearts with loving memories as fresh as if you were still with us. We miss you everyday and we know that your spirit is close to us. Your loving husband, sons and family. Basil, Brent, Egon, Ingrid and Halle-Berry.

DE WET DIGGERLOADERS

N i c o d e We t

PEKEUR, BERNARD. Begrafnis Saterdag 19/10/2013. Bus gereël vanaf Worcester na Caledon. Kontak 078 588 7705/023 342 3954.

FRANSMAN, EDNA. Ons dink terug aan ons moeder wat op 14/10/2013 haar 80ste verjaardag sou vier. Ons dink nog steeds aan haar. Van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

Sel: 082 770 2822 O F T h e r o n d e We t Sel: 082 557 2393 Steenkool As Beskikbaar

GRONDDREINERING

TE KOOP FOR SALE MATS, CHRISTINA (TIESIE). Wat God gedoen het, is welgedaan. Ons gaan jou mis, maar laat jou gaan. Van kinders en familie.

11

In Memoriam ABRAHAMS, MICHELLE. 1 jaar weg van ons. Mis jou baie. Die hartseer is steeds daar. Van jou familie, ma, broer en kind.

FRANSMAN, ANDREW GERALD. Ds. jy is nou 2 jaar van ons geskei, maar sal altyd in ons harte bly. Mis jou baie, maar gun jou die ewige rus. Susters, broer, Fransman- en Brandt-familie.

73 GOUWS, HENRY. 20/10/1950. Mis jou. Cielie, kinders en kleinkinders.

12 Dankbetuigings Thanks

Diere en Voëls Pets and Livestock ROTTWEILLER-HONDJIES te koop. Ingeënt, ontwurm. 4 tefies, 3 reuns. Pa opreg en registreerd. Goeie bloedlyn. Tel 072 391 8105.

GESOEK: 6 of 12 m vraghouer. Kontantkoper. Sel. 083 702 2826.

MATTHEE, JOSEPH. Langs hierdie weg wil die Matthee-, Van der Merween Abrahams-familie hul opregte dank uitspreek teenoor almal wat op een of ander wyse deur middel van hul bydraes ons hartseer en verlange draagliker gemaak het. God seën u.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 111

Opvoedkunde Education NEED to improve your spoken English? Contact Topmarks for skype conversation classes. 021 715 9156.

CUPIDO, BRENDA. It is 5 years since you passed away sis. We miss, love and keep you in our hearts forever. From your family and daughter Davinia.

JONKERS, AUBREY. Geb. 16/09/1975. Gest. 07/10/2013. Hiermee bedank ek die hemelse Vader vir Alpha en Omega en my bestuurder, mnr. Nel by OK Minimark en al die naasbestaandes en vriende.

171

Woonstelle te Huur Flats to Let

BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumpsum only). Cash same day. Ph. (021) 949 0930.

TE HUUR

JOBS

MOTORS VEHICLES

1141

Algemene Dienste General Services

GEMEUBILEERDE 1slaapkamerwoonstel te huur vanaf 01/11/2013. DSTV en krag ingesluit. R3 000 per maand plus deposito. Tel 082 821 4583. WOONSTEL te huur Meiringspark. Beskikbaar 1 November. 1 persoon R2 500. 2 persone R3 500. Krag en water ingesluit. Paaiement plus deposito. Geen kinders/diere. Bel 074 213 5884.

BESIGHEID BUSINESS 194

Sake Geleenthede Business Opportunities BESIGHEIDGELEENTHEID! Kontak my as jy sakke vol geld wil maak met Avon! Sulene 078 301 3771. UNIQUE opportunity. Gold buying and loan kiosk situated in prime position inside busy shopping mall. This is an excellent business for an owner operator and will be sold on a walk-in, walk-out basis, fully equipped and making money. Full training will be offered to the purchaser. This is an excellent opportunity to get into a fast growing and recession proof industry. Please contact Rod 084 084 8484 or Scott 072 741 9188 for further details.

401

Algemeen General Vacancies KLEINPLASIE RESTAURANT, Worcester benodig 'n kelner/in. Faks 2-blad CV na (023) 3475118 of epos: kleinplasierestaurant@telk omsa.net. Aansoekvorms by restaurant beskikbaar slegs tussen 14:00 en 15:00 daagliks.


Geklassifiseerd Classifieds

Standard

17 Oktober, 2013

15


16

Standard

17 Oktober, 2013

Geklassifiseerd Classifieds


Geklassifiseerd Classifieds

Standard

17 Oktober, 2013

17


18

Standard

Eiendomme Property

17 Oktober, 2013

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

BREEDE EIENDOMME Netjiese, moderne woning in gewilde Roostuin Hierdie week se toonhuis is ’n netjiese en moderne huis in die gewilde Roostuin op Worcester. Hierdie huis is ideaal vir mense wat wil afskaal of vir die jonger gesin. Die huis wat regdeur geteël is, het oopplan-leefareas met ’n kaggel. Daar is ook ’n ingeboude braai op die heerlike kuierstoep. Die kombuis het ’n ingeboude stoof met suigwaaier. Die badkamer, met ’n stort en bad, bied hoë kwaliteit afwerkings. Die twee slaapkamers het ingeboude kaste met genoeg pakplek. Die enkelmotorhuis verleen direkte toegang tot die huis en die gevestigde tuin beskik oor besproeiing.

Die huis word deur Seeff Eiendomme bemark. Vir meer besonderhede bel

Barbara Kriel by 0 084 517 6478 of 023 344 3291 (kantoor).


Standard

Sport Sport

17 Oktober, 2013

Helmut Pool (regs) en Jackie van der Heide, direk­ sielede van S.N. Pool Vervoer, saam met rdl. Basil Kivedo (middel). FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

S.N. Pool Vervoer het die House of Hope­organisasie geborg.

FOTO: HILDERINE SCHROËDER

Racing selections for Saturday (19/10/2013) at Durbanville:

2. Alascan Maiden (4) 3. Diva’s Daughter (5) 4. Knock ‘em Out (8)

Race one: Welcome To Durbanville Maiden Plate 1 200 m: 1. Rio Branco (3) 2. Gifford (4) 3. Epicentre (1) 4. Al Mahara (7)

Race six: FM 76 Divided Handicap 1 200 m: 1. Catchphrase (2) 2. Letas Bonnet (6) 3. Pemba Island (5) 4. Lanner Falcon (4)

Race two: Maiden Plate (F&M) 2 000 m: 1. Gypsy Tinker (3) 2. Scarlet Witch (1) 3. Miss Big Mamma (5) 4. Amora (2)

Plaaslike instansies baat by gholfdag

Race Three: Novice Plate 1 000 m: 1. Simonsberg (2) 2. Flying Comfort (5) 3. Muskets ‘n Roses (7) 4. Daring Dave (3)

JOLINE VAN DER MERWE

Race four: Jennie Morris Maiden Plate (3 year-old fillies) 1 400 m: 1. Speed Merchant (1) 2. Calypso (8) 3. Vade Mecum (14) 4. Hammies Wildcat (2)

Nie eers die sterk wind kon ’n demper plaas op die S.N. Pool-Burgemeestersgholfdag wat Vrydag (11 Oktober) by die Worcester Gholfklub plaasgevind het nie. Dié toernooi is gereël om geld in te samel vir die talle sorgbehoewende instansies in die Breedevallei. Rdl. Basil Kivedo, uitvoerende burgemeester van die Breedevallei Munisipaliteit, het met die openingseremonie grappenderwys gesê hy het “ses blikkies Zam-Buksalf gekoop om ontslae te raak van die spierpyne wat hy na afloop van die spel gaan

hê”. Sowat 21 instansies gaan by die gholfdag baat. Veertien van die instansies is op die dag met ’n plaaslike onderneming gepaar sodat die ondernemings hulp kon verleen, byvoorbeeld met vervoer na die gholfbaan. Van die instansies het uitstallings rondom die gholfbaan gehad waar mense meer van elke instansie en die werk wat hulle verrig, kon uitvind. Na afloop van die toernooi het al die spelers en verteenwoordigers van plaaslike ondernemings en instansies in die klubhuis byeengekom vir die prysuitdeling. Gelukstrekkings het gesorg dat amper al die spelers dié aand met ’n prys weggestap het. Dit is die derde jaar dat die S.N. Pool Bur-

gemeestersgholfdag aangebied word. Die Standard was vanjaar die gholfdag se mediaborg. Dié gholfdag beloof om ’n gereelde inskrywing op die Vallei-kalender te word. Verskeie ondernemings en instansies het ook hul dienste gratis aangebied sodat meer van die winste na die behoeftige instansies kan gaan. “Die doel van die gholfdag is om te sorg dat hierdie instansies meer volhoubare ondersteuning kry om hul werk te kan doen,” het Kivedo gesê. Hy het ook genoem dat die oorweldigende sukses van die gholfdag ’n tipiese voorbeeld van naasteliefde is. Die algehele wenners van die American scramble-formaat was die span van Wynland Pale met 62,5 houe.

Doubles en Sweepers gelyk Double Foot Shooters het die afgelope Saterdag (12 Oktober) in ’n Safa Kaapse Wynland winterliga-wedstryd teen Mountain Sweepers met 3-3 gelykop gespeel. Die twee spanne het mekaar se kragte op Esselenpark se A-veld getoets. Dit was Sweepers wat vroeg ’n kans verbrou het toe middelskakel Silindokumle Tyali sy skoot wyd van die doelhok binne die doelgebied gestuur het. Sweepers het in die tiende minuut eerste bloed geruik toe die middelskakel Mziwanele Phanya met ’n kanonskoot buite die doelgebied afgerond het. Doubles het egter veggees getoon en middelskakel Ivano Hoffman se lae grondskoot het die regoppaal in die 15de minuut getref ná Aasif Witbooi en Fernando Manas goed gekombineer het. Kort voor rustyd het Doubles weereens ’n kans gekry om punte aan te teken toe voorspeler Virgill Johnson se skoot rakelings die regoppaal gemis het. Die rustydtelling was 1-0 in Sweepers se guns. Sweepers het vroeg in die tweede helfte met kort vinnige aangeë Doubles beproef. Lukhanyo Kelepu het met ’n kragtige dryfskoot buite die 18 metergebied die beste uit Doubles se doelwagter, Jowhaine Verhoog, gehaal. Kort hierna het Sweepers sy telling na 2-0 verdubbel met ’n puik doel deur Mziwoxolo Louw. Doubles het egter teruggeslaan toe middelskakel Fernando Manas ’n doel aangeteken het ná Witbooi die aanvoorwerk gedoen het. In die 60ste minuut het Doubles se Danwill Nimrod die spanne gelyk laat trek toe hy ’n goeie doel na ’n akkurate vryskop van Delano Afrika aangeteken het. Die telling was toe 2 elk. Twee minute voor die einde van die wedstryd het Doubles weer die voortou geneem toe middelskakel Tesswill Nkoko in die doelgebied skitterend afgerond het. Doubles het net voor die eindfluitjie konsentrasie verloor en Sweepers se Mziwanele Phanya het die eindtelling gelykop getrek met ’n kragtige dryfskoot buite die doelgebied.

View of Hope het die afgelope Saterdag (12 Oktober) in ’n Safa Kaapse Wynland­win­ terligawedstryd Worcester Spurs met 6­2 geklop. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Driekuns vir View of Hope se Africa teen Worcester Spurs MATTHEW SHELDON View of Hope het die afgelope Saterdag (12 Oktober) in ’n Safa Kaapse Wynland-winterligawedstryd Worcester Spurs met 6-2 geklop. Die wedstryd het in die Esselenpark-stadion plaasgevind. View of Hope (VOH) het sommer vroeg in die wedstryd punte op die telbord gesit toe voorspeler Gurshwin Africa ’n skitterdoel aangeteken het. Kort hierna het Africa weereens ’n aanval van stapel gestuur, by twee verdedigers verby gehardloop en die bal aan voorspeler Mujihaad Africa afgelê, wat toe goed afgerond het. Dit het die telling op 2-0 in VOH se guns gemaak. Spurs het ’n paar kanse voor VOH se doelhok gekry, maar kon dit nie in punte omskep nie. VOH se balverspreiding van sy middelveld af was baie goed en hy het ook die meeste balbesit geniet. In die 30ste minuut het VOH se regtervleuel, Kirwynn Rhode, met sy briljante voetwerk pragtig by Spurs se doelwagter verby gehardloop voordat hy ’n pragdoel

aangeteken het. Kort hierna het VOH-voorspeler Dahlin Pond die bal van middelskakel Ruben ontvang en ’n langafstanddoel aangeteken om die telling op 4-0 te staan te bring. Net voor die einde van die eerste helfte het Spurs ’n doel aangeteken, maar ’n paar minute later het Africa weereens ’n goeie beweging afgerond om die rustydtelling op 5-1 te staan te bring. Die tweede helfte het teen ’n hoë tempo begin met albei spanne wat goeie aanvalle op tou gesit het. Dit was Spurs wat die eerste doel in dié helfte aangeteken het, maar Africa het kort hierna gewys hoekom hy die speler van die wedstryd is toe hy sy driekuns met ’n skitterdoel afgerond het. Vir VOH het veteraan-verdediger Theodore de Bruyn goed vertoon. VOH speel eerskomende Sondag in ’n derbywedstryd teen Glenview Aces op Esselenpark se A-veld. Die wedstryd begin om 14:00. ) Glenview Aces het die afgelope Saterdag (12 Oktober) in ’n Safa Kaapse Wynland-winterligawedstryd Eleven Experience met 2-1 geklop.

19

Race five: FM 96 Divided Handicap1 200 m:(16.20) 1. La Patineuse (2)

Gholf: Bonnievale (72): Enkel-syferplus – W. Wentzel +2, H. van der Riet +1, D. van Eeden +1, G. Ferreira gelyk, D. Plaatjies -1. Ceres (72): Enkel-Stableford – T. Abrahams 41, G. Gelderblom 39, W. van Heerden 39, R. Engelbrecht 38, L. Bester 38. Hexvallei (72): Tweebalscramble – G. van Bosch en J. Jacobs 48, S. le Roux en L. Lambrechts 47, S. Theron en K. Theron 47, R. Crocker en D. Theron 47. Montagu (72): Enkel-Stableford – M. van Wyk 44, D. Thornton 42, J. Nolan 42, K. Esterhuyse 42, J. Kriel 41, M. Mitchell 40, B. Joubert 40, J. Conradie 39, C. Rossouw 39, P. Fouche 39, J. van der Westhuizen 38, T. Erasmus 38, P. Olivier 38, N. Fabricius 38, R. Kriel 38, J. Spangenberg 38. Robertson (72): Houespel – L. Vercuiel 71, J. Geldenhuys 73, P. Winterbach 74, N. Marais 74, G. van Zyl 74, A. Ficks 75, H. Eksteen 75, H. Matthee 76, W. Jeneke 76, W. Nel 76, R. Gooderson 77, N. Smit 77, J. Muller 77, C. du Toit 78, R. de Jong 80. Theewaterskloof (72): Samespel-Stableford – A. Swart en B. Swart 42, K. Loesch en J. Nel 42, P. Pete en A. Viljoen 41. Worcester (72): Gekombineerde Stableford – S. le Roux en A. Smook 75, H. Joubert en M. Breedt 69, J. van Wielligh en S. Koch64,D.vanZylenC.deClerk 64, J. van Rensburg en E. van Vuuren 64. Rugby: Superliga (halfeindstryde): Delicious 21, Hopefield 18; Never Despair 37, Newtons 14. Krieket: Premierliga: Worcester United t. Paarl: PAARL 166/9 (Lynal Jansen 36, 4x4, Godfrey Stevens34,3x4;ChristopherNoble 4/33, Graeme Cupido 3/35)). WORCESTER UNITED 155/9 (Graeme Cupido 58*, 4x4, Jerome Amsterdam 38, 1x6, 2x4; Hilroy Paulse 5/40). Onbeslis. Robertson t. Young Peoples: YOUNG PEOPLES 156 (Imran Nackerdien 60, 2x4, Lorenzo Jacobs 35, 2x4; Zahier Abrahiem 3/23, Ferisco Adams 2/16). ROBERTSON 153/5 (Danico Philemon 56, 1x6, 9x4, Warwick Abrahiem 28, 5x4; Jade Adams 2/29). Onbeslis. Duiwe: Hopetown Jaaroud 2 (12/10/2013): NBPU: 1. D&J van Schalkwyk 911,35, 2. Erik van Zyl 911,20, 3. Regard Marais 911,16. WHPS: 1. D&J van Schalkwyk 911,35, 2. Erik van Zyl 911,20, 3. Regard Marais 911,16. BHDK: 1. Van Wyk en Van Zyl 910,79, 2. Manuel dos Santos 910,40, 3. Manuel dos Santos 908,33. CPS: 1. K. Persens 860,03. LPKTR: 1. G.P. van Zyl 893,93,

Race seven: Novice Plate 1 600 m: 1. Abercrombie (1) 2. Set Your Sights (5) 3. Speed Rocket (4) 4. Royal Folly (2) Race eight: Maiden Plate (3 year-olds) 1 600 m: 1. Mister Brightside (2) 2. Time To Kill (1) 3. Capel Top (Arg) (9) 4. Pont D’ Avignon (13) Place Accumulator: 1,2,3,5x2x1,14x2x2,5,6x1,2, 4,5x1,2,9,13. Jackpot: 1,8,14x2,4,5,8x2,4,5,6,8x1,2 ,4,5,6. Pick 6 (10c unit): 2,5x1,8,14x2,4,5,8x2,4,5,6,8 x1,2,3,4,5,6x1,2,3,9,13.

2. Abraham Minnies 872,71, 3. Michael Strauss 858,45. WHRS: 1. E.C. Haas (jnr.) 739,83, 2. D. le Grange 675,74, 3. C.H. Africa en Seun 658,72. WHFC: 1. J. de Koker 738,70, 2. P.F. Kleintjes 725,48. WNPK: 1. Frank & Sons 758,42, 2. Erasmus en Demas 731,72, 3. Boullion Brs. 680,60. BHPS: 1. Roberto van Wyk 677,38, 2. Roberto van Wyk 632,14, 3. Barend Muller 545,74. BVDK: 1. J. Terblanche 776,78, 2. M. Lloyd 733,38, 3. S. en A. Hokke 727,22. CHPS: 1. Cyril Davids 714,31, 2. John Persent 687,25, 3. John Persent 676,46. CPK: 1. Stevens Loft 711,42, 2. Snyman & Du Toit 649,06, 3. B. Isaacs 635,55. HDK: 1. C.B. Frick 748,21, 2. C.B. Frick 725,92, 3. C.B. Frick 723,27. WPK: 1. Pieter Rossouw 767,82, 2. Hougaard Hokke 753,31,3.PietlaGrange750,11. WRPC: 1. J.C. February 736,80, 2. J.C. February 731,69, 3. Soldaat en Seun 686,72. VPK: 1. A.P. Lingenfelder 672,62. Hopetown Ope 2 (12/10/2013): NBPU: 1. Peter Jaftha 922,56, 2. G.P. van Zyl 921,93, 3. F.P. Grundlingh 911,46. WHPS: 1. Mogamat Adams 905,78, 2. G.F.J. Kriel 812,56, 3. G.F.J. Kriel 792,54. BHDK: 1. Manuel dos Santos 884,26, 2. Van Wyk en Van Zyl 849,97, 3. Manuel dos Santos 844,18. BHPS: 1. Randolf Seroot 844,95. CHPS: 1. John Persent 868,28, 2. Cyril Davids 857,80. LPKTR: 1. Peter Jaftha 922,56, 2. G.P. van Zyl 921,93, 3. E.J. van Dyk 910,16. WPK: 1. F.P. Grundlingh 911,46, 2. Piet la Grange 859,84. WHRS: 1. S.C. Williams en Seun 772,42, 2. S.C. Williams en Seun 701,16, 3. E.C. Haas (jnr.) 667,66. WHFC: 1. P.F. Kleintjes 792,78, 2. P.F. Kleintjes 764,65, 3. P.F. Kleintjes 742,90. WNPK: 1. Boullion Brs 758,94, 2. Boullion Brs. 747,43, 3. G.L. Hokke 736,63. BVDK: 1. M. Lloyd 695,60, 2. D&A Hokke 639,84, 3. J. Terblanche 631,25. CPK: 1. B. Isaacs 727,99, 2. Stevens Loft 692,46, 3. Stevens Loft 690,78. CPS: 1. NJ’s Lofts 753,30, 2. NJ’s Lofts 745,68, 3. A. Abrahams 741,46. HDK: 1. C.B. Frick 761,10, 2. C.B. Frick 748,21, 3. C.B. Frick 727,39. WRPC: 1. Soldaat en Seun 723,86, 2. Soldaat en Seun 699,96, 3. Soldaat en Seun 684,34. VPK: 1. A.P. Lingenfelder 720,59, 2. A.P. Lingenfelder 688,65, 3. A.P. Lingenfelder 675,07.


17 Oktober 2013

KRIEKET: LIGA BEGIN IN SWAK WEER

Worcester sit af met 12 ligapunte MATTHEW SHELDON Die Worcester United-krieketklub het die afgelope Saterdag (12 Oktober) amptelik met hul ligaverpligtinge begin toe hy die Paarl-krieketklub met ’n hoër lopie-tempo geklop het. United se eerste en tweede spanne het albei tuis op Bolandpark gespeel. United se eerste span het die Premier-liga met Time Cricket afgeskop, maar as gevolg van swak weersomstandighede moes hulle ’n uur later as die geskeduleerde tyd die eerste bal afvuur. United het die loot verloor en moes eerste veldwerk doen, terwyl Paarl besluit het om eerste te kolf. Dit het aanvanklik goed vir United uitgewerk toe Christopher Noble en Carlo Solomons goed geboul het en twee vinnige paaltjies in die eerste uur van spel geneem het. Paarl se Christo Nieuwoudt (24) en Godfrey Stevens (35) het dinge vir Paarl bymekaar gehou met goeie kolfwerk. Nadat Nieuwoudt sy paaltjie verloor het, moes Paarl se kaptein, Lynal Jansen, vasskop en het 36 lopies bymekaargeskraap om Paarl

se telling op 166/9 te staan te bring. Die draaiboulers van United het goed in tandem geboul. Sodoende kon United vinnig deur die boulbeurte rits én terselfdertyd die lopies beperk. Al die boulers het goeie dissipline gehandhaaf om Paarl tot 166 vir 9 te beperk. Die beste bouler vir United was Christopher Noble met syfers van 4/33. United moes 167 lopies in 46 boulbeurte jaag om die wedstryd te wen. Dinge het egter nie so goed vir United se kolwers begin nie en hulle het vinnig vier paaltjies vir 34 lopies verloor. United se Geraldo Cremon het ’n vinnige 28 lopies gemoker wat drie viere ingesluit het. Toe Cremon sy paaltjie verloor het, het twee senior spelers, Greame Cupido 58 (nie uit nie) en Jerome Amsterdam 38 (wat twee viere en ’n ses ingesluit het) hulle goed van hul taak gekwyt en ’n 50-vennootskap opgestapel. Die wedstryd is egter weens swak lig gestaak, met vier boulbeurte oor en tien lopies vir ’n oorwinning. Die wedstryd eindig onbeslis, maar United stap weg met 12 ligapunte en Paarl met 6.

Worcester United­krieketklub het die afgelope Saterdag (12 Oktober) amptelik met hul ligaverpligtin­ ge begin toe hy die Paarl­krieketklub met vier paaltjies gewen het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Henrich mik vir hoogste sport in alle kategorieë van potspel “Ek wil graag in die toekoms in alle kategorieë, die mans, seniors en meesters, my Protea-kleure in Blackball verwerf.” Só gesels Henrich Horsemend (16), ’n leerling aan die Hoërskool Breërivier in Worcester, nadat hy verlede week tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior o.18 Blackball Potspelkampioenskap sy Proteakleure verwerf het. Dié gesogte toernooi waaraan die top-60 juniors van al nege provinsies regoor die land deelgeneem het, het in Kuilsrivier plaasgevind. Blackball-potspel is gewild in die Boland, veral in die

Breedevallei-streek en is steeds aan die groei. Henrich het reeds op die ouderdom van ses jaar met dié sport kennis gemaak. Sy pa, Hendrik, en broers, Kirwan en Kurtley, is ook kranige potspelspelers. Kirwan het in 2008 as junior sy Proteakleure verwerf. In 2011 het Henrich die nasionale juniorspan naelskraap gemis, maar was opgeroep ná ’n onttrekking en kon toe in 2012 aan die Blackball Internasionale Juniorkampioenskap in Engeland deelneem. Hy het by die afgelope SA Nasionale Kampioenskap

Henrich Horsemend. FOTO:VERSKAF

bykans al die titels opgeraap. Henrich het bo geëindig en slegs sewe spelle verloor. Hy was ook deel van die speedpool-span sowel as die span (Wes-Kaap) wat die kampioenskap gewen het. Hy het tot die eindstryd in die enkelspelkompetisie waar hy naelskraap met 4-3 verloor het. Vir sy uitmuntende prestasie is hy gekroon as speler van dié toernooi. Henrich skryf sy sukses toe aan die genade van God en die wonderlike ondersteuning van sy ouers en vriende. “Ek wil graag die jeug aanmoedig om betrokke te raak by sport. Dit help ’n mens om besig te bly en hou ook vir jou weg van verkeerde dinge,” het Henrich gesê. Die Wêreld Junior o. 18 Blackball Potspelkampioenskap vind volgende jaar in Italië plaas en Henrich sê sy mikpunt is om dit te wen of ten minste onder die top vyf te eindig. Hy is vasberade om SuidAfrika, en veral Worcester, trots te maak wanneer hy volgende jaar in Augustus oorsee gaan deelneem. “Jong mense, seuns en meisies, wat potspel as ’n sport wil speel, moet betrokke raak by Blackball-potspel want dis die enigste reëls waarin jy jou Proteakleure kan verwerf,” vertel Henrich. Enigiemand of klubs wat vir die 2014-potspelseisoen wil registreer, kan die voorsitter van Boland, Hendrik Horsemend, by 082 624 4338 bel of e-pos stuur na bolandblackball@gmail.com.


Worcester Standard 17-10-2013