Page 1

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 17 Januarie 2013

Klas van 2012 vaar puik

Prys: R4.90

2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Rowers buit selfone

4

Ooievaar besig oor feestyd 9

Landbouskou om die draai 12

DODELIK: PROTES EIS JONG MAN SE LEWE

Spoor van geweld

HILDERINE SCHRÖDER

D

ie gewelddadige stakings wat verlede week opnuut in die Boland opgevlam het, het in De Doorns die lewe van ’n jong man geëis. Jo-Anne Otto, woordvoerder van die departement van gesondheid se Kaapse Wynlanddistrik, het Dinsdag bevestig dat ’n man dood is aan beserings wat hy tydens die protesaksie in dié dorp opgedoen het. Letsekang Thokoane (25) is met kopbeserings, glo weens ’n rubberkoeël, in die Worcester-hospitaal opgeneem vanwaar hy na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas is. Hy het Maandagaand aan sy beserings beswyk. Nog 13 mense is vir beserings, waarvan die oorsake onbekend is, in die Worcester- en Ceres-hospitale opgeneem. Vier klinieke in die Breedevallei is ook ter wille van veiligheid gesluit. In De Doorns, Wolseley en Villiersdorp moes die polisie by tye rubberkoeëls en traangas inspan om orde te herstel. Teen Maandagmiddag (14 Januarie) het ’n mate van kalmte na die gebied teruggekeer. Lees meer op bl. 7.

Koeëldoppies het Maandag (15 Januarie) gesaai gelê in Wolse­ ley ná die polisie hiér deur betogers onder die klippe gesteek is en met rubberkoeëls teruggeskiet het. In De Doorns het daar teen Maandagmiddag kalmte geheers, hoewel die N1 steeds besaai was met klippe wat betogers vroeër na die polisie en padgebruikers geslinger het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER Donderdag 36°C

Mooiweer.

Vrydag 30°C

Gedeeltelik bewolk.

Saterdag 30°C

Bewolk met buie (15%).

Sondag 30°C

Gedeeltelik bewolk.


2

Standard

Nuus News

17 Januarie, 2013

Klas van 2012 vaar goed in eksamen MATTHEW SHELDON Die Breedevallei-distrik se slaagsyfer vir 2012 se matrikulante is 84,20% teenoor 85,05% in 2011, ’n afname van 0,9%. Volgens die direkteur van die Kaapse Wynland se onderwys-distrikskantoor, Clifton Frolick, het die matrikulante van 2012 baie goed gevaar. Frolick sê die Kaapse Wynland-onderwysdistrik maak gebruik van twee maniere om vas te stel of die matriekslaagsyfer verbeter het. “Ons kyk na die aantal matrikulante wat geslaag het in vergelyking met dié van die vorige jaar en die aantal matrikulante wat met toelating tot ’n graadkursus geslaag het. As die syfers goed lyk, dan het ons die provinsiale mikpunte bereik en ons kan trots wees op ’n goeie jaar.” Volgens hom het 400 meer matrikulante in die Breedevallei-distrik in 2012 geslaag in

vergelyking met 2011. Drie skole in die Breedevallei-distrik, naamlik De la Bat, HTS Drostdy en die Pionier Skool het ’n 100% slaagsyfer behaal. Die Hoërskool Montana het 105 matriek-kandidategehad waarvan ses kandidate met A-gemiddelde geslaag het. Altesame 22 het ’n B-gemiddelde, 37 ’n C-, 32 ’n D- en 7 het E-gemiddelde behaal. Worcester Gimnasium se matriekuitslae het weer bewys dat kulturele diversiteit, ’n wye verskeidenheid sportkodes, uitstekende kultuurgeleenthede en ’n gebalanseerde akademiese program elke kind bevoordeel, sê Louise van Wyk, ’n onderwyseres. Dié skool het 9 A- en 21 B-kandidate, en 92,9% van die kandidate het vir verdere studie gekwalifiseer. Die skool het ook drie leerlinge wat die Wes-Kaap se top tien-merietelys gehaal het. Al drie was vir gasvryheidstudies. Die skoolhoof, beheerliggaam en personeel van HTS Drostdy sê veels geluk aan die 2012-

klas wat ’n 100% slaagsyfer en 9 A-gemiddelde behaal het. HTS Drostdy se toppresteerder, Bianca du Toit, het ’n gemiddeld van 86,6% behaal en vir al sewe vakke A’s gekry. Volgens dr. Brian Wilson, die hoof van die kurrikulumafdeling, het drie skole in 2011 onder 60% presteer. “Al drie skole (Lingcinga Zethu, Charleston Hill Secondary en Vusisizwe Secondary) het uit daardie groepering gestyg. Ons is trots op die werk wat daar ingesit is. In 2012 het ons egter vyf nuwe skole wat onder die 60%-slaagpersentasie gepresteer het. Dié uitslae stem ons tot kommer,” sê hy. Die Kaapse Wynland het egter die hoogste persentasie van leerlinge wat die eksamen met toegang tot ’n Baccalaureus-graad geslaag het (in die verlede matriekvrystelling). “Ons poog om soveel as moontlik leerlinge te bemagtig om met goeie resultate die nasionale senior sertifikaateksamens te slaag,” sê Wilson. Hy het bygevoeg dat die distrik daadwerkli-

ke pogings gaan aanwend om te verseker dat alle leerlinge kwaliteitopvoeding ontvang, sodat elke leerling volgens sy vermoë deur die sisteem kan beweeg. “Baie geluk aan die klas van 2012. Baie van julle was heel suksesvol in 2012 en neem hierdie jaar julle plek in ’n nuwe graad met nuwe uitdagings en nuwe wonderlike geleenthede in. Gryp elke oomblik aan en wees die beste wat julle kan wees,” sê Wilson. “Diegene wat nie so suksesvol was nie, onthou daar is absoluut niks daarmee verkeerd om te val nie, daar is altyd weer geleenthede,” sê hy.

Bianca du Toit, HTS Drostdy

Annemarie Wessels, HTS Drostdy

Bianca Germishuizen, HTS Drostdy

NIco Mouton, HTS Drostdy

Lauren Hunt, HTS Drostdy

Petro Ellen Viljoen, HTS Drostdy

Chantel Venter, HTS Drostdy

Marco Bindeman, HTS Drostdy.

Elias Basson, HTS Drostdy

Nico Hudson, Worcester Gimnasium

Samari Blomerus, Worcester Gimnasium

Tina Brand, Worcester Gim­ nasium

Annadie Crous, Worcester Gimnasium

Terri­Ann de Jager, Worcester Gimnasium

Beatie Damant, Worcester Gimnasium

Hennely Nel, Worcester Gim­ nasium

Sarel Pieterse, Worcester Gimnasium

Uzair Ebrahim, Worcester Gimnasium

Antoinette Jordaan, Hoërskool Montana

Bronwen Moses, Hoërskool Montana

Dehan Visser, Hoër­ skool Montana

Marica le Roux, Hoërskool Montana

Adele Janse van Rensburg, Hoërskool Montana

Chandré Hendricks, Hoërskool Montana


Standard

Nuus News

17 Januarie, 2013

RAWSONVILLE: RAADSLID IN HOF

Lyke uitgeken Nog geen inhegtenisnemings is gemaak in verband met die moord op twee vroue van Zweletemba nie. Die lyke van Zimasa Mandzingana en Nokulunga Condwa is op Nuwejaarsdag in ’n wingerd in Slanghoek ontdek. Een van die vroue is aan haar halssnoer uitgeken ná die polisie die publiek genader het om hul identiteit vas te stel. Die vroue, in hulle laat twintigs, is enkele meters van mekaar gevind en albei het veelvuldige beserings gehad. Die motief vir die moorde is steeds onbekend en die ondersoek na die voorval duur voort. Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte ao. Gideon Geldenhuys by 079 497 4992 bel.

Robert Blom (in die geruite hemp), ’n wyksraadslid van die Breedevallei­munisipaliteit, buite die hof op Rawsonville waar hy Dinsdag op ’n aanklag van dronkbestuur verskyn het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Dronkbestuursaak HILDERINE SCHRÖDER ’n Saak van dronkbestuur wat verlede jaar teen ’n wyksraadslid van die Breedevallei-munisipaliteit aanhangig gemaak is, is vandeesweek opnuut uitgestel. Robert Blom (45), wyksraadslid vir Rawsonville, het Dinsdag (15 Januarie) vlugtig in die hof hiér verskyn. Blom het die hof in die afwesigheid van sy regsverteenwoordiger om uitstel gevra. Hy het aan die hof verduidelik dat sy regsver-

teenwoordiger glo by ’n vergadering is en daarom nie die hofverrigtinge kan bywoon nie. Blom is op 9 Augustus verlede jaar in hegtenis geneem ná hy glo onder die invloed van drank agter die stuurwiel van ’n ongelisensieerde voertuig betrap is. Hy het ook nie ’n rybewys gehad nie. Die saak is tot 5 Februarie uitgestel en Blom is gewaarsku om seker te maak dat sy regsverteenwoordiger teenwoordig is. Blom is nog nie gevra om te pleit op die aanklag teen hom nie.

Facebook­uitlating lei tot skorsing HILDERINE SCHRÖDER ’n Superintendent van die Witzenberg-munisipaliteit se verkeersdepartement is met siekverlof ná ’n uitlating op sy Facebookprofiel ’n herrie ontketen het. Winsten Koeries is glo per brief ingelig dat hy geskors is hangende ’n ondersoek na die saak. Koeries se uitlating lui hy is “dood ernstig as ek sê ons moet Winsten die AK47 optel. Ek is regtig gatvol. Die f***** DA wil die Wes-Kaap ’n boere provinsie maak (sic)”. Dit het gou na ander verregse groepe op Facebook, waaronder die Boere Krisis Aksie-organisasie (BKA), versprei en is ook deur die verregse organisasie censorbugbear.org van Koeries se Facebookblad op sy eie webwerf oorgelaai. Gevra na sy uitlating sê Koeries dit is geheel en al uit verband geruk en dat dit nooit gemik was op die gewelddadige stakings wat die omgewing tans kenmerk nie. Hy het die inskrywing gemaak, sê hy, ná ’n voorval op

26 Desember verlede jaar waartydens plaaswerkers van die De Doorns-omgewing se honde glo deur ’n boer van hiér doodgeskiet is. “Dié voorval het my geweldig ontstel,” voeg hy by, “maar my kommentaar was hoegenaamd nie gemik op die stakings nie.” By navraag sê die munisipale bestuurder van die Witzenbergmunisipaliteit, David Nasson, Koeries Koeries se uitlatings word in ’n baie ernstige lig beskou. Volgens Nasson moet ’n formele aanklag teen Koeries, wat tans met siekverlof is, nog geformuleer word. “Ons behoort teen Vrydag ’n voorsittende beampte en aanklaer aangestel te hê waarna ’n verhoordatum vasgestel sal word,” aldus Nasson. Hoewel die saak in ’n ernstige lig beskou word, wil Nasson hom nie uitlaat oor Koeries se stelling op Facebook nie. “Ons wil hom ’n regverdige kans gee om sy kant van die saak te stel,” sê hy.

3


4

Standard

Nuus News

17 Januarie, 2013

WORCESTER: ADDERLEYSTRAAT

Rowers buit fone MATTHEW SHELDON “Hulle het pepersproei in my gesig gespuit. Ek het toe onmiddellik in die badkamer gaan wegkruip, want ek was bang dat hulle my met ’n mes sou steek.” Só vertel Aziz Abdul, die eienaar van Aymeen Cellular Electronics in Worcester. Cellular Electronics in Adderleystraat is Dinsdagoggend kort ná oopmaaktyd deur sewe mans beroof. Volgens Abdul Teen het sewe mans ongeveer 10:00 Dinsdagoggend buite sy selfoonwinkel in Adderleystraat rondgestaan. Kort daarna het hulle die winkel binnegekom en dit beroof. “Een van die mans het die winkel binnegekom en navraag oor die aankoop van ’n sel-

Sewe mans het op Dinsdagoggend ’n sel­ foonwinkel in Adderleystraat, Worcester be­ roof. FOTO: MATTHEW SHELDON

foon gedoen. Die man het toe die winkel verlaat, waarna drie mans die winkel binnegekom en my met pepersproei gespuit het,” sê Abdul. Abdul vertel dat die mans die glastoonbank stukkend gekap en die selfone daaruit gesteel het. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die Worcester-polisie, het die mans na bewering 30 selfone ter waarde van R20 000 gesteel en te voet weggehardloop. “Ons het Dinsdagmiddag een van die verdagtes gevang, maar is steeds op soek na die selfone en die ander verdagtes,” sê Moloi. Die mans het glo nuwe selfone en klante se selfone wat vir herstel daar was gesteel. ’n Klagte van winkelroof word ondersoek. Mense met inligting oor die winkelroof kan kapt. Mzikayise Moloi by 082 411 3064 bel.

’n Forensiese beampte soek vingerafdrukke op die toneel.

FOTO: MATTHEW SHELDON

Rottangtekort skep nuwe opsies CHRISTINE SMIT Ten spyte van kommer dat die verbod op die invoer van rottang uit Indonesië en die gevolglike tekort daaraan kan veroorsaak dat kleinsake-eenhede dalk sal moet sluit, het inderwaarheid die teenoorgestelde uitwerking op die rottang-afdeling by die Werkwinkel vir Blindes op Worcester gehad. Rottang-rumateriaal word tans uit Indonesië ingevoer. Volgens Lizel- Dié rottangwerkers by die Instituut vir Blindes se rottangaf­ le van Wyk, uitvoerende deling op Worcester is deel van 28 werkers plus hul hoof. hoof van die Kaapstadse Hier (van links) is Lodewyk Prins, George Nhema (staande) Vereniging vir Blindes en Johan Lourens. FOTO: CHRISTINE SMIT (KVB) het die Indonesiese regering ’n moratorium op die uitvoer kan ons nou ook met nuwe, meer buigsavan rottang geplaas. Dit is nie bekend vir me, goedkoper en moderner produkte vohoe lank nie, maar, sê André Combrinck rendag kom.” Combrinck is entoesiasties oor die nuwe van die bemarkingsdepartement by die Instituut vir Blindes, hul rottang-afdeling materiale wat die rottang-afdeling in die het nog genoeg rottang in voorraad wat tot plek van rottang gaan gebruik, en sê die eerste van dié produkte kan al binne drie einde Maart sal hou. Die verbod sal hulle geensins dwing om maande vervaardig word. Die nuwe grondhul deure te sluit nie, het Combrinck aan stowwe hou baie voordele in, onder meer die Standard gesê. “Die verbod maak nou dat dit nie so arbeidsintensief soos rottang is nie, die eindproduk wasbaar is en dat juis alternatiewe deure vir ons oop.” As voorbeeld het hy verwys na verskeie prysstygings so ver moontlik verhoed kan sintetiese stowwe asook ander bronne soos word. Die krisis lê nie in die feit dat daar ’n palmblare wat in die woude van Zimbabwe groei, hiasinte, sekere soorte grasse, blare tekort aan rottang en bamboes is nie, sê Van Wyk, maar dat daar ’n verbod op die en selfs seegras. “Ons ondersoek tans baie ander opsies, uitvoer van rottang geplaas is as gevolg oorwegend natuurlike produkte wat an- van ekonomiese redes. “Hulle genereer dersins as onkruid beskou word en wat as baie meer inkomste deur die produkte daar aanvulling saam met ander produkte uit- te vervaardig en dan na ander lande uit te stekend werk. Danksy innoverende denke voer as om rou materiaal uit te voer.”


Standard

Nuus News

17 Januarie, 2013

2013 se vele uitdagings

5

MATTHEW SHELDON Die Standard het met die aanvang van die nuwe werkjaar by gemeenskapsleiers van Worcester gaan uitvind hoe hulle 2013 sien. Hoewel hul kommentaar uiteenlopend is, glo hulle dat die jaar uitdagend gaan wees.

“Vanjaar gaan ’n jaar van harde werk wees, maar die forum gaan tog opwindende pro­ jekte aanpak. Sommige van die belangrikste take hierdie jaar is om na die opgradering van die industriële gebied asook die sentrale sakekern te kyk. Ons is ook van plan om voort te gaan met verlede jaar se projekte soos gemeenskapsveiligheid, die bevorde­ ring van die verhouding tussen maatskappye en om by meer gemeenskapsgebaseerde ini­ siatiewe betrokke te raak, ” sê Nik Wulls­ chleger, voorsitter van die Worcester Besig­ heidsforum. FOTO’S: VERSKAF

“Ons visie hier by die Kaapse Wynlanddi­ striksmunisipaliteit (KWDM) is om meer inten­ sief betrokke te raak by ons jeug om te kyk hoe ons hulle kan akkommodeer en om werkloosheid aan te spreek. As ons werk­ loosheid aanspreek sal ons armoede en dwelmmisbruik ook aanspreek. Dit is vir my belangrik dat ons visie suksesvol is en vol­ houbaar moet wees. Dit is ’n langer termyn visie waardeur elkeen van ons by die muni­ sipaliteit ’n verantwoordelikheid het om die toekomstige leiers te help. Ons vergeet ook gewoonlik van die bejaardes en gestremdes. Ons moet hande vat en saam deur die jaar gaan. Dit gaan ’n baie uitdagende jaar wees, maar alle voorspoed vir almal,” sê Clara Meyer, speaker van die KWDM.

“Dit is altyd vir ons hier by die skool ’n op­ windende jaar met baie uitdagings en ons het groot verwagtinge van ons matrikulante. Ons wil graag ook ’n suksesvolle en goeie slaagsyfer hê by die einde van die jaar. Sterkte vir die dorp en die gemeenskap en ek hoop dat almal sal goed saamwerk deur die jaar. Ek hoop dat al ons leerlinge die skool se naam sal hoog hou deur die jaar,” sê Charl Schoeman, skoolhoof van Worcester Gimnasium.

“Elke jaar het sy eie uitdagings. Elkeen van ons gaan ook ons eie persoonlike uitdagings hê. Tans is daar ’n loonverskil wat reeds baie probleme in die Wes­Kaap veroorsaak het veral in die Breedevallei, maar ons moet ’n oplossing vind. Ons gaan ook strategies kyk om dienslewering in die Vallei te verbe­ ter. Dit is een van ons belangrikste prioriteite hierdie jaar. Ander aspekte waarna ons wil kyk is die behuisingsprobleem en ons wil meer doen om werksgeleenthede vir die jeug te skep," sê Antoinette Steyn, speaker by die Breedevallei­munisipaliteit.

“Vanjaar wil ons weer daarop fo­ kus om ’n veili­ ge omgewing vir die hele Breedevallei te skep. Ons wil ook ’n goeie skakeling tussen gemeenskappe hê. Dit is van die belangrikste punte, maar in die algemeen gaan dit ’n baie uitdagende jaar wees omdat daar sekere aspekte is waaraan ons aandag wil gee. Ek wil Valleiers aanmoe­ dig om 2012 se teleurstellings te vergeet en voluit in 2013 te leef. Ons moet vorentoe kyk,” sê John Levendal, onderburgemeester by die Breedevallei­munisipaliteit.

“Die jaar wat voorlê gaan baie uitdagend wees veral op ’n ekonomiese vlak. Met al die kosstygings en die groot elektri­ siteitsverhoging wat gaan kom, gaan dit baie inwoners se le­ wensomstandig­ hede moeilik maak en almal sal hul begroting moet aanpas. Werkloosheid gaan steeds ’n probleem wees en die landbou gaan ook swaar kry. Daar is baie uitdagings wat ons hierdie jaar moet aanpak,” sê Cornelius de Bruyn, burgemeester van die Kaapse Wyn­ land­distriksmunisipaliteit.


6

Standard

Nuus News

17 Januarie, 2013

Barmhartiges maak Kersfees spesiaal ’n Paar inwoners in Worcester het op Oukersdag hul tyd vrywillig opgeoffer om Kersfees ’n spesiale dag vir dié dorp se minderbevoorregtes te maak. Sowat 50 vrywilligers het dié oggend gesorg dat sowat 300 behoeftige gesinne met ’n kosmandjie verras word. Volgens Claude Schroeder, ’n vrywilliger wat die projek geïnisieer het, is dit slegs die tweede jaar dat dit gebeur. Schroeder sê die plaaslike gemeenskap het onmiddellik die projek ondersteun. “Dit het ons in staat gestel om soveel meer behoeftiges as in 2011 te bereik.” Die Calvynse Protestantse Kerk het 40 en

die Nuwe Apostoliese Kerk 32 kosmandjies geskenk. Een van die vrywilligers, Cassiem Jacobs, het gesê: “Dankie vir die geleentheid om deel te kon wees van ’n groep mense met helpende hande wat regtig uit hul pad gaan om ons gemeenskap te bedien met dit wat God verwag van ons om te doen.” Die Standard was die amptelike mediaborg vir die projek. Schroeder het sy dank uitgespreek teenoor almal wat hul harte oopgemaak het om kosemmers te skenk. “Ons hoop om die projek so uit te bou dat ons in 2013 sowat 1 000 gesinne van kosmandjies kan voorsien,” het Schroeder gesê.

Sowat 50 vrywilligers in Worcester het op ’n koue Oukersdag in 2012 behoeftige gesinne in plakkerskampe en armoedige omstandighede met ’n emmer vol kruideniersware verras.

FOTO’S: VERSKAF


Standard

Nuus News

17 Januarie, 2013

Volg skik­voorbeeld, sê Cosatu

Woedende betogers het verlede week dié voertuig van die Cape Times met klippe bestook en dit aan die brand gesteek. Die voertuig is later as versperring op die N1 ingespan, maar is deur die polisie verwyder. Waterkanonne, rubberkoeëls en traangas is verlede week in De Doorns ingespan om orde te herstel. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Geweldspoor ál langer HILDERINE SCHRÖDER Die impak van die stakings oor hoër lone word nie net in die landbousektor gevoel nie, maar het ook ’n impak op gesondheidsorg. Vier klinieke is sedert Dinsdag gesluit weens die gevaar wat die gewelddadige betogings vir pasiënte sowel as gesondheidswerkers inhou. Die Orchard-, Sandhills- en De Doorns-klinieke, sowel as die Wolseley-kliniek, is tans gesluit. “Dit is teleurstellend om mense wat afhanklik is van gesondheidsdienste daarvan te ontneem”, sê die Wes-Kaapse minister van gesondheid, Theuns Botha, in ’n verklaring. “Ons kan egter nie bekostig om ons gesondheidswerkers wat by die betrokke klinieke werk in gevaar te stel nie.” Volgens Botha is dit ironies dat plaaswerkers oor ’n menswaardigheidskwessie staak, maar dat pasiënte terselfdertyd ontneem word van ’n basiese reg, die reg tot gesondheidsdienste, soos uiteengesit in die grondwet. Pasiënte wat dringende behandeling benodig, word aangeraai om die mediese nooddiens by 10177 te bel. Intussen is ’n man vroeër dié week dood nadat hy na bewering met ’n rubberkoeël teen die kop geskiet is. Letseng Thokoane (25) is volgens ooggetui-

es na bewering in ’n leë Hop-huis in Stofland buite De Doorns vasgekeer, aangerand en aanhoudend met rubberkoeëls geskiet, berig Die Burger. Hy was volgens die ooggetuies nie by die protesaksie hiér betrokke nie. Die voorval word deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek. Verslaggewers is Maandag (15 Januarie) gemaan om Stofland te vermy ná ’n verslagspan van die SABC se voertuig onder die klippe gesteek is. Betogers het ook verlede week ’n voertuig van die Cape Times met klippe bestook en omgekeer, waarna hulle dit aan die brand gesteek het. Die insittendes van die voertuig het geen ernstige beserings opgedoen nie. ’n Drieton-vragmotor is ook Saterdag (12 Januarie) uitgebrand. Volgens ao. November Filander, WesKaapse polisiewoordvoerder, het ’n werker van die plaas Mooigezicht omstreeks 06:00 plaaswerkers in Roosstraat op De Doorns gaan oplaai. Drie mans met klapmusse het die vragmotor voorgekeer en die bestuurder uit die voertuig gedwing. Hulle het met die vragmotor na Stofland gery waar hulle dit aan die brand gesteek het. Verskeie mense is sedert verlede week in die Vallei en Witzenberg-area vir openbare geweld in hegtenis geneem.

Sprake dat die einde van die voortslepende landboustaking moontlik in sig is, is gistermiddag (Woendag) in die kiem gesmoor. Cosatu het Dinsdagaand in ’n persverklaring bekend gemaak dat produsente en werkers in Clanwilliam ’n loonooreenkoms bereik het. Ingevolge dié ooreenkoms, het Cosatu gesê, sal werkers R105 per dag betaal word en sal daar nie teen hulle opgetree word omdat hulle aan die staking deelgeneem het nie. AgriSA het egter in ’n latere verklaring gesê geen loonooreenkoms is bereik nie. Die ooreenkoms waarna in Cosatu se verklaring verwys word, sê Agri SA, is voorgehou as ’n kollektiewe ooreenkoms met ál Clanwilliam se boere terwyl dit inderwaarheid slegs ’n aanbod van ’n enkele produsent was.. Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, het in die vakbond se vroeëre verklaring gesê die sogenaamde loonskikking kan as ’n model dien vir onderhandelings tussen boere en werkers in ander streke in die provinsie. Indien Agri SA dié onderhandelingsmodel aanvaar, het Cosatu gesê, kan dit die einde van die staking beteken. In dieselfde veklaring waarsku die vakbond egter hoewel ’n ooreenkoms in sekere areas die einde van die

7

staking dáár beteken, werkers steeds kan aanhou staak in ander streke. Dít, lui Cosatu se persverklaring, geld veral vir De Doorns “waar die rassistiese optrede van produsente historiese vyandigheid, die nalatenskap van apartheid, vererger het”. Volgens Elize van der Westhuizen, senior bestuurder van arbeidsverhoudinge by Agri SA, gaan die organisasie nie toegee aan Cosatu se versoek nie. “Ons is steeds besig om met die departement van arbeid te onderhandel.” Volgens Van der Westhuizen kan die ooreenkoms wat produsente en werkers op Clanwilliam bereik het, nie op nasionale vlak uitgerol word nie, onder meer omdat die loon waarop daar ooreengekom is, nie deur alle produsente bekostig kan word nie. “Die vergadering is waarvoor ons (Agri SA) verlede jaar al gevra het: dat prodesente en werkers direk met mekaar moet onderhandel,” voeg sy by. “Agri SA kan nie boere tot enige loonooreenkomste verbind nie. Die liggaam kan slegs bydraes lewer in die sektorale loonbepalingsproses.” Die staking het in November uitgebreek en is verlede Woensdag hervat. Plaaswerkers is ontevrede met die minimumloon van R69 per dag en eis R150 per dag.

Mawubuye sê swart boere steun werkers se eis Opkomende swart boere is nié gekant teen die loonstakings in die Boland nie. Die Mawubuye-grondregtebeweging het gister reageer op mediaberigte dat opkomende swart boere gekant is teen die stakings en dat dit hul ondergang kan beteken. Die Sagtevrugte Ontwikkelingskamer (SVOK) het vroeër vandeesweek in ’n verklaring gesê meer as 95% van die swart vrugteboere in die Wes-Kaap is marginaal. “Ek is daarvan oortuig dat byna al die swart vrugteboere hul boerdery sal staak indien die loon verhoog word tot R150 per dag,” het Walter Williams,

voorsitter van die SVOK, gesê. In teenstelling sê Mawubuye plaaswerkers se eis word deur verskeie opkomende boere, waaronder die Ashton- en Villiersdorp- kleinskaalse boeretrust, ondersteun. Mawubuye het ook gevra dat die Menseregtekommissie polisiebrutaliteit moet ondersoek nadat betogers glo onder polisievuur in Robertson beseer is. Volgens kapt. Marchel Klaasten is die polisie vanuit ’n groot groep met klippe gegooi, waarna hulle met rubberkoeëls reageer het. Klaasten het Mawubuye se bewering van polisiebrutaliteit ontken.


8

Standard

17 Januarie, 2013

Promosie Promotions


Standard

Gemeenskapsnuus Community

17 Januarie, 2013

Ooievaar besig oor die feesseisoen

9

CHRISTINE SMIT Die ooievaar was vanjaar amper net so bedrywig soos Kersvader en het altesaam 13 Kersbabas en 22 Nuwejaarsbabas in die Breedevallei-streek kom aflewer. Volgens Jo-Anne Otto, woordvoerder van die departement gesondheid in die Kaapse Wynland-streek, is die grootste baba wat in die Wes-Kaap op Kersdag gebore is, in die Worcester-hospitaal gebore. By die Worcester Gemeenskapsorgsentrum is ’n seun en twee meisies op Kersdag en drie meisies op Nuwejaarsdag gebore. In die Worcester-hospitaal het twee seuns en een meisie hul eerste lewenslig op Kersdag aanskou, terwyl twee seuns en vyf meisies op Nuwejaar gebore is. Op Ceres is geen Kersbabas gebore nie, maar twee seuns en een meisie is op Nuwejaar daar gebore. In die Robertson-hospitaal is vier seuns en twee meisies op Kersdag gebore, terwyl drie seuns en twee meisies hul opwagting op Nuwejaarsdag gemaak het. Op Montagu is slegs een seun op Nuwejaar in die hospitaal gebore.

Die enigste Kersbaba wat in Mediclinic Worcester gebore is, is die dogter van me. Veronica Mangana. By hulle is (van links) Christoline Liebenberg (pasiënt­versorger), Mariaan Pieters (ingeskrewe verpleegkundige), Janine Buys (geregistreerde verpleegkundige), Avril Hess (gere­ gistreerde verpleegkundige), Benita Alexander (ingeskrewe verpleegkundige) en Rita Baden­ horst (eenheidsbestuurder). FOTO’S: VERSKAF

Baba Swartz, seun van mnr. J.J. en mev. N. Swartz, is op Nuwejaarsdag om 06:34 in Mediclinic Worcester gebore. Hy het 2,83 kg geweeg.

Baba Manuel, ook ’n Nuwejaarsbaba, is om 15:34 in Mediclinic Worcester gebore en het die skaal op 2,93 kg getrek. Hy is die seun van me. F. Manuel.

NUWE BESTUURDER: Madri du Ples­ sis is in Desember verlede jaar as al­ gemene bestuurder by LCD by Stocken­ strömstraat 8 op Worcester aangestel.

FOTO: VERSKAF

Goeie wense

Baba Conradie, seun van mnr. P. en mev. K. Conradie is op Nuwejaarsdag om 22:09 in Mediclinic Worcester gebore en het 3,06 kg geweeg.

’n Nuwe jaar met baie uitdagings lê vir die Standard-kinderfonds voor. Sonder goeie wense kan die fonds nie sy jaar se werksaamhede hervat nie. Daarom wens die Standard-kinderfonds een en elk wat groot of klein skenkings gemaak het, goeie wense en voorspoed toe vir 2013. Mag ons, soos in die verlede, saamstaan en omsien na diegene wat dit nie self kan doen nie. Etlike projekte is reeds in die vooruitsig gestel. Besonderhede sal mettertyd bekend gemaak word. Intussen word steeds ’n beroep op die publiek gedoen om klere, nuut of tweedehands, beddegoed en veral nie-bederfbare kos aan te skenk. Skenkings kan by die volgende punte aflaai word: die Standard-kantoor by Hoogstraat 116; Nortier Motors by Brownstraat 6 of Aïda Winelands, Kerkstraat 22.


10

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

17 Januarie, 2013

Sien ons pragomgewing met nuwe oë Om die jaar met moed aan te pak Die nuwe jaar kon kwalik op ’n meer negatiewe noot vir die boeregemeenskap in die Breedevallei afgeskop het. Die gemeenskap is sat vir die geweld wat nou die staking van plaaswerkers om hoër lone kenmerk. Werkers wat staak, word nie betaal nie. Met geen inkomste nie, raak hulle posisie by die dag meer benard. Mense wat reeds met hul lewens geboet het en kinders wat gedurende die stakings beseer is, het nou ’n element in die protesaksie na vore gebring wat nie gunstig vir hul eie saak is nie. Kan mense vandag nog leef en sorg vir ’n gesin op R69 per dag? Om egter ’n pad van geweld te loop om te kry wat jou toekom, kan nie goedgepraat word nie. Die uitwerking van die negatiwiteit van geweld, oproerigheid en onsekerheid op die gesinstruktuur van mense wat daaronder ly, sal nog vir lank sigbaar wees. Tog begin mense praat van oplossings. Mense moet kry wat hul toekom. Word daar dan nie herhaaldelik gesê die plaaswerker is die ruggraat van die landbou nie?

Matteus 16:24-28

Terug na ’n heerlike seevakansie sukkel ek maar lekker om weer aan Worcester se drukkende warmte gewoond te raak. Pleks dat ek ook, soos die groepie in een van Leon Schuster se ouer grapflieks, vir my ’n plastieksakkie vol seelug gemaak en saamgebring het! Wat nogal vir my lekker is noudat ek weer terug is, is om die mense in die strate dop te hou. Hulle lyk so ontspanne, die jongelui lekker bruin gebrand, almal lyk so gesond asof hulle ook pas van vakansie teruggekeer het. Ek kyk na my ou dorp met nuwe oë. Terwyl ek nou in so ’n optimistiese bui is, kyk ek maar die verval en die minder mooi dele mis. Ek is verheug oor ons afdelingswinkel – die een waar jy kies en dan deur jou nek daarvoor betaal! – se parkeerplek wat ’n gedaanteverwisseling ondergaan het en die nuwe winkels wat bygekom het. Ons omgewing is net so mooi – die druiwetrosse wat swaar (en lekker soet, lyk dit my) aan die

’n Klop op die skouer aan die Breedevallei- en die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit vir hul ruimhartige donasies aan die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS) se sopkombuis in Roodewal. Met dié donasies kon hulle 550 lekkergoedpakkies aankoop en aan die kinders in die gemeenskap uitdeel.

THERESA DE VOS

Net een tree

stokke hang, vrugteboorde met hul somersdrag, ons statige ou Breederivier – wat meer kan ons vra om ’n nuwe jaar mee af te skop?

Sê dankie

SLEGS EEN TREE VIR 2013! - deur Frans Wiesie, Rawsonville: nee, geen atletiese tree nie, maar slegs een tree vir 2013 EILEEN SMIT ’n tree vir jou medemens - jou naaste WORCESTER jou broer, jou suster op straat met geen heenkome ja, een ekstra tree vir 2013! ’n tree vir die siekes, krankes - ontslapenes

Ek wil vir mnr. Colin Wilskut ’n klop op die skouer gee. Hy het uit sy pad gegaan en my buurvrou gehelp met haar elektrisiteit nadat iemand met haar kragboks gepeuter het. Aunty Maraim. ) Linda Coetzee sê dankie vir Medi-kem Apteek se eerlike personeel. Dankie dat jul my R700 teruggegee het wat ek uit my sak laat val het.

’n tree vir die behoeftiges- hongeres ’n tree vir die onwelkome besoeker se geklop aan jou deur ja, een spesiale tree vir 2013! ’n tree vir jou kinders - jou familie om die bande te verstewig te breek met vyandiggesindhede die kwaad ja, slegs een tree vir 2013!

Kyk verby die negatiewe tans om ons Met die Kersvakansie nou net ’n aangename herinnering (en dolleë beursies!) pak ons 2013 in goeie geloof aan. Maar, as ek so na die onrus om my kyk, na die vernietiging en vandalisme wat hoogty op ons dorpe en op plase vier, plaas dit ’n demper op my gemoed wat my regtig negatief stem. Hoe lank gaan alles nog duur? Hoe lank nog sal boer en plaaswerker dit kan uithou? Oestyd is met ons en as die vrug nie van die land gehaal word nie, gaan almal groot skade ly.

Wat amper vir my die heel ergste is, is die feit dat ons so bevoorreg is om in so ’n pragtige omgewing te kan woon. Nou ontsier die protesoptogte dit wat ons uit die Goddelike hand ontvang het. Dit is mos ’n sonde om so op te tree. Maar, het ek vir myself belowe, ek gaan positief bly, kom wat wil. Ek wil nie 2013 om kla nie, ek wil liefde, vriendskap en gemoedelikheid saai so ver ek kom. En as ek ’n glimlag op iemand se gesig kan sit, sal my dag volmaak wees.

JORINDA STRAUSS WORCESTER

’n Warm en dankbare klop op die skouer aan raadslid Margaret Sampson oor jou pragtige gebaar verlede jaar toe jy ons as pasiënte kom voorsien het met heerlike Kentucky-maaltye. Hou aan met pragtige gebaar saam met jou kollegas. Baie dankie.

FELICITY FRANSMAN

Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis dra en my volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe terwille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe? Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elk na sy dade vergeld. Dit verseker Ek julle: Daar is van dié wat hier staan wat nie sal sterwe voor hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.

KOORSAGTIGE AKTIWITEIT: Groot belangstelling heers oor wat op die hoek van Hoog­ en Fairbairnstraat (skuins oorkant Radioland) gaan verrys noudat die bestaande gebou afgebreek is (lees ook Rond en Bont op hierdie blad). ’n Vertoonlokaal vir Hyundai Worcester en die werkswin­ kel wat vergroot word, word voorlopig in die vooruitsig gestel. Dit is nie bekend wanneer bou­ werk sal begin nie.

2012 is platgestoot en vir ewig weg – gebruik sy lesse om 2013 gelukkig te maak Drie hoera’s op die nuwe jaar. Ja, 2012 is soos die kafee op die hoek van Hoog- en Fairbairnstraat. Iets van die verlede. Die gebou is binne ’n paar dae afgebreek en die bourommel met vragmotors weggery. Die pragtige ou hout, wat vir my ongeskoolde oog soos Oregon-dennehout lyk, is darem herwin en op ’n ander vragmotor met ’n CAR-registrasienommer gelaai. Hopelik word dit gebruik om ’n statige ou huis tot sy volle glorie te herstel. Net soos die gebou op die hoek van Fairbairn- en Hoogstraat in die beginjare moes gelyk het. In my geestesoog sien ek mans in manelpakke en dames in lang rokke met gesigte verskuil agter kappies op pad om ’n brief te gaan pos in die rooi posbus aan die Fairbairnstraatkant van die gebou.

Wat sou van die rooi posbus geword het? Lê dit en stof vergaar in ’n stoor? Of het iemand die voorbedagtheid om die posbus aan die Worcester Museum te skenk? Daar is jongmense wat hierdie rubriek lees wat dink ’n posbus is iets waarin e-posse gebêre word. En ’n brief is iets wat jy per e-pos stuur. Dit net terloops. In die bykans 33 jaar wat ek op Worcester is, het die gebou op die hoek van Hoog- en Fairbairnstraat baie gedaanteverwisselings ondergaan. Vir baie jare het dit bekend gestaan as die Impala Kafee. Een van die eienaars was Francois Rossouw, wat later adverten-

siebestuurder van die Standard geword het. Oudlede van HTS Drostdy sal sy vrou, Andre, onthou. Sy was musiekonderwyseres by die skool. Die kafee het later plek gemaak vir die Saddles Restaurant. Die restaurant, deel van ’n nasionale kettinggroep, met sy cowboymotief en U-vormige tafels met leersitplekke, was geskoei op die Spur Restaurant. Die Spur was destyds net oorkant waar die Chinese winkels vandag sake doen. Ek het altyd gedink dat die Saddles-groep doelbewus oorkant die Spur kom spore aansit het. Nietemin, Saddles is destyds verkoop en toe omskep in ’n privaat restaurant. Jacques en Caroline Binedell van die Steps-kuier-

plek was die dryfkrag agter die nuwe restaurant. Daarna is die gebou in kleiner winkels omskep, waar daar deur die jare ’n motorfietswinkel, ’n kroeg, ’n motoronderdelewinkel, sportwinkel en vele ander sake gedoen het. Die afgelope tyd was dit ’n kafee en algemene handelaar. Die slopingswerk het verlede week begin en die laaste bourommel is vandeesweek weggedra. ’n Mens kan maar net kop skud oor die spoed waarteen só ’n gebou van die aardbol kan verdwyn. Die slopingskontrakteur kan egter nie ons herinneringe aan die goeie tye in die gebou wegvat nie. En dit is hoe ons 2012 moet sien. Platgestoot en vir ewig weg. Ons het die afgelope jaar baie geleer. As’t ware skoolgeld betaal. Ons moet die kennis gebruik om van 2013 ’n gelukkige jaar te maak.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

17 Januarie, 2013

Underhay is nuwe hoof van HTS Drostdy

11

“Ek wil ’n gelukkige skoolomgewing hê waar die personeel en die leerlinge goed saamwerk om die skool se naam hoog te hou.” Só gesels Arthur Underhay, die nuwe skoolhoof van HTS Drostdy. Volgens Underhay is dit vir hom ’n groot eer om die skool te dien en saam met sy nuwe personeel en die gemeenskap die skool tot nuwe hoogtes te lei. Hy sê die skool is goed gebalanseerd en presteer jaarliks in sport, die akademie en ook op kulturele vlak. Underhay is aangestel nadat Martin Oosthuizen na 16 jaar diens aan Drostdy afgetree het. “Dié skool het ’n baie ryk geskiedenis en die tradisies van die skool is ongelooflik goed. HTS Drostdy is oor die algemeen een van die skole wat genoem word as jy praat van die topskole in die land,” sê hy. Underhay was van April 2009 tot Desember 2012 die skoolhoof van die Hoërskool Linden. Hy het ook in 2010 die Excellence in Secondary School Leadership-toekenning as skoolhoof van die Hoërskool Linden ontvang. Volgens hom is hy ’n veelsydige, gemotiveerde mens met persoonlike hoogtepunte as afrigter van die Leeus se o.18-Akademiespan en jaarliks van die beste graad 12-uitslae in sy vak in die provinsie. Ná 26 jaar in die onderwys heg hy as gelowige Christen baie waarde aan integriteit, eerlikheid, stiptelikheid en betroubaarheid. Underhay was ook voorsitter van Sentraal-Wes se rugbystreek en het ook gedien in die uitvoerende bestuur van die Goue Leeus Rugby Unie. Volgens Underhay het hy sommer op dag

KERSMOEDER LUCINDA: Danksy die welmenendheid van ’n inwoner van die K­blokwoonstelle in Roodewal, Lucinda Marinus (38), kon tussen 150 en 160 inwoners verlede jaar met Kersfees ’n heerlike bord kos geniet en is geskenkies ook aan hulle uitgedeel. Lucinda bedank al die weldoeners wat haar gehelp het om soveel mense se Kersdag op te vrolik. Sy is veral groot dank verskuldig aan haar werkgewer, Wilhelm Basson (argitek), vir sy reuse aandeel in die projek. Lucinda sorg gereeld dat baie van die buurt se kleingoed se magies gevul bly gedurende die koue winters. FOTO: VERSKAF

Arthur Underhay

FOTO: VERSKAF

een reeds by HTS Drostdy welkom gevoel en is hy gereed om enige uitdaging saam met sy personeel en leerlinge aan te pak. Die skool vier ook vanjaar sy 110de bestaansjaar. Underhay glo ’n kind moet sy of haar hoërskoolloopbaan geniet. “Waar anders as by Drostdy – dit is ’n belewenis. Ek wil volhou om Drostdy ’n belewenis te maak,” sê hy. Die skool se personeel is oortuig daarvan dat die gemeenskap van Worcester vir Underhay en sy vrou, Annamarie, vinnig sal laat tuis voel en wens hulle alle voorspoed toe vir hierdie nuwe hoofstuk in hul lewens.

KERSVREUGDE: Suster Babs, bekende gemeenskapswerker in Roodewal, het saam met die Wo­ men of Destiny­groep vir die vyf­ de agtereenvolgende jaar ’n Kersboom vir die buurt se kinders gehou ­ die grootste nog tot dus­ ver, vertel sy. ’n Vragmotor van Worcester Voorsieners is ingespan om kos­ en geskenkpakkies, oor­ wegend met skoolbenodigdhede daarin, sowel as pakkies vrugte, uit te deel. Suster Babs doen al die afgelope 14 jaar lank ge­ meenskapswerk in Roodewal en elders waar die nood hoog is. Sy bedank die winkels en ander in­ stansies wat ’n bydrae gelewer het om die geleentheid ’n groot sukses te maak. FOTO: VERSKAF


12 Standard Lekker makietie en musiek by landbouskou 17 Januarie, 2013

Die gewilde jaarlikse Worcester-landbouskou en Huisgenoot-musiekwa, gaan hierdie jaar sy 130ste skou in styl vier. Volgens Johann Moller, die president van die skou, wil hy graag namens die bestuur en lede van die Worcester-landbougenootskap alle vertoners en ondersteuners hartlik verwelkom by die jaarlikse skou. Moller wil ook diegene wat vir die eerste keer deel is van die skou spesiaal verwelkom. Hy nooi die gemeenskap om die skou en alle verrigtinge saam met die bestuur te geniet. Volgens die organiseerders beloof vanjaar se skou om baie opwindend te wees en sommige van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars soos Emo Adams en Elvis Blues gaan by die Huisgenoot-musiekwa optree. Die skou vind Vrydag (25 Januarie) en Saterdag (26 Januarie) plaas. Daar sal ook vele stalletjies wees waar gaste kos, wyn en lekkernye kan koop. Ander geleenthede wat voor die amptelike afskop van die skou plaasvind sluit in ’n potjiekoskompetisie voor die Kleinplasie Wynhuis, die skoudans en die kroning van Mej. Worcester Skou in die Piet-

man Hugo-saal. Dit vind op Saterdag 19 Januarie plaas. Daar sal ook ’n hondeskou voor die Pietman Hugosaal plaasvind. Dit word gevolg deur die damesaand die Woensdag by die Presidentslokaal saam met Dine van Zyl. Van Zyl gaan haar nuutste resepteboek beskikbaar hê teen R250. Dié twee items vind Woensdag 23 Januarie plaas. Die senior burger-spele gaan by die Kleinplasie Wijnhuis plaasvind. Volgens Deonie Basson gaan die Huisgenoot-musiekwa ook deur die Breedevalleimunisipaliteit ingespan word om ’n SkouIdol te kroon. Inskrywings vir die Skou-Idol is R20 en is beskikbaar by die toerismekantoor te Baringstraat 23, Worcester. Die wenner gaan Saterdagmiddag tussen 16.00 en 17:00 net voor Wynand en Cheree die verhoog betree. Toegang tot die terrein beloop: Donderdag R10 (kinders onder twaalf, R20 (volwassenes), Vrydag se toegang is R15 (kinders) en R25 (volwassenes), R40 vir toegang tot die musiekwa. Saterdag se toegangskostes is R20 (kinders), R30 (volwassenes) en R60 vir toegang tot die musiekwa. Vir meer inligting bel Deonie Basson by 083 638 2221.

Special Valentine’s show at casino Dieter Voigt in 2011. February is the month for roThey became the proud parmance and, thanks to the Goldents of baby girl Mijean who was en Valley Casino, you can woo born last year. your loved one at a Valentine’s For her Valentine’s Day show, Day show on Friday 15 FebruMartelize will be singing Engary featuring Martelize Voigt lish and Afrikaans contempoand her band. rary songs, accompanied by her Martelize is no stranger to the three-piece band. music industry, having sang toGet into a romantic mood and gether with her sister as The come and enjoy the singing talMusical Dolls when she was ent of Martelize on Friday 15 twelve. February from 21:00 at Winners Her big break came in 2005 Action Bar at the Golden Valley when she entered SA Idols and Casino. Tickets are available reached the top 12. She entered from the casino cash desk at R60 the Radio Tygerberg Traxtudio Martelize Voigt each. Gospel Talent Search in 2008 One lucky reader stands the chance to win and walked away as the well-deserved wintwo tickets to the show, along with a R300 ner. She has released her debut solo album Stil voucher for dinner at Kuipers on 15 Februin Waarheid which features contemporary ary. SMS Valentine, along with your name, to pop rock songs. Martelize married Pasella TV presenter and former Mr South Africa 34426. SMSs cost R1,50.

Let's make Worcester a cleaner, safer place! Residents of Worcester can help reverse the current trend of decay and destruction! The Worcester Business Forum and the Breede Valley Municipality have established the Breede Valley Partnership, a private public partnership to implement sustainable solutions for urban renewal, while at the same time making Worcester safer, cleaner and creating employment. Residents and businesses of the central business district (CBD) or “Middedorp”

are invited to attend the public meeting on Monday 21 January at the NGK Moedergemeente hall, Church Street, at 19:00 sharp. Points for discussion include the establishment of a Central Improvement District for the CBD, understanding needs and priorities, finding ways to improve the levels of safety and security, parking and access, cleanliness and beauty of our town, as well as discussing the funding for such a programme.

Een van Suid­Afrika se gewildste kunstenaars Emo Adams tydens ’n vorige skou. FOTO’S: VERSKAF

Gemeenskapsnuus Community

Elvis Blue tree ook vanjaar by die Huisgenoot Musiekwa op. FOTO: HILDERINE SCHROEDER

Skoudans en kroning

Vinpro­blokkompetisie

Een van die hoogtepunte op die Valleikalender, die jaarlikse skoudans en kroning van Mej. Skoukoningin is hier. Dié glansgeleentheid vind dié Saterdag (19 Januarie) in die Pietman Hugosaal, Kleinplasie, plaas. Die nege finaliste, Marelize Joubert, Amanri Odendaal, Anja van der Merwe, Trenova August, Delani Needham, Gizelle de Nyssen, Danielle Marshall, Eloise Slinger en Fiela Mouton, kom almal uit die Breederivier-omgewing. Die geleentheid word deur die volgende borge ondersteun: Old Mutual, Cash Crusaders, Rumax, AO Motors, HTS Drostdy, Sasko, Mountain Mill Mall, die Standard en Capital Security.

Vinpro/Winetechnooialleprodusente,wynmakers en wingerdboukundiges na sy blokkompetisie en boeredag met die tema “Shiraz” op 22 Januarie by Brandvlei Kelder. CharlesHopkinsvanDeGrendelgaanaan diehandvan’nwynproedieverskillendestyle shiraz beskikbaar in die mark bespreek. Francois Viljoen van Vinpro gaan terugvoering gee oor ’n onlangse studie wat by die Wes-Kaapse wingerd-besprekingsgroep gedoen is. Die studie het gehandel oor die wynstyle en geurprofiele van shiraz van ’n verskeidenheid terroirs in Suid Afrika. Die wenblok sal ook bespreek word en daarna besoek word. Vir meer inligting, bel Soria Muir by VinPro by 0 023 347 1566.


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

17 Januarie, 2013

13

11

In Memoriam

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations

104 NOT OUT. Congratulations, our Ma, on your greatest achievement. May God richly bless you, fill you with His heavenly grace and enfold you with His unchanging love. Happy birthday. Love, your daughters, grandchildren and greatgrandchildren.

RAAI wie is 50? Geluk. Xavier, Ann-Mari, Zoëlle, Xaden en Mamma.

08 Sterfgevalle Death Notices

HELM, LIZETT. Mooi her-inneringe sal ons koester. Derrick, Daphne, kinders en Kaylin. HELM, LIZETT. Wat God doen is welgedaan. Tot ons weet ontmoet. Rodney, Laura, kinders en Rogan. HELM, LIZETT. Gone but not forgotten. Connie, Kay and children. HELM, LIZETT. Sag heengegaan. Sal jou mis. Liefde, Walter, Kim en kinders. HELM, LIZETT. Savely in Jesus arms. Memories will keep you ever near. Ivan, Laticia, Clint and Joy. HELM, LIZETT. Rest in peace. Will be missed. Love, Joaney, Clive and children. HELM, LIZETT. Ons koester soete herinneringe. Solly, Samra, kinders en kleinkinders. HELM, LIZETT. To God be the glory. You will always be in our hearts. John, Julia and Hyrind. HELM, LIZETT. You will always be in our thoughts and hearts. Love, Eveline, Fredlin, Bronwyn and Micah. HELM, LIZETT. Aan God alle eer. Sag heengegaan, voluit en passievol het sy gelewe en was 'n inspirasie vir haar familie en vriende. Gaan jou baie mis. Rus in vrede. Met baie liefde. Van jou Moeder.

JOHNSON, GEORGE HENRY. Geb. 1940/03/31. Gest. 2012/12/21. Met mooi herinneringe en baie liefde neem ons afskeid van 'n dierbare pa, oupa, broer, oom en eggenoot. Jou ster het gekwyn, maar in ons harte sal dit altyd skyn. Rus in vrede. Van Johnson- en Lewisfamilie.

MAC PHERSON, JANUARY (JAN). Beloved husband and father who touched the lives of so many. Memories will never be lost and we will cherish you in our hearts forever. Love, Esterene, children and grandchildren.

MATTHYS, NORMAN. Jy was my vriend, sielsgenoot, my vertroueling, my eggenoot en vader van my kinders. Jy het my inspireer. My geleer wat dit is om lief te hê en lief te wees. God alleen ken vandag die pyn en leemte waarmee jy my agterlaat, tog kan ek God dank en eer vir jou lewe en tyd saam met ons. Rus sag, my man. Chandré, NuShye, Chanee en Shano. MATTHYS, NORMAN. Dankie vir die jare wat ons mekaar geken en liefgehad het. Dankie vir die lewensmaat wat jy vir Chandré en haar kinders was. Daar sal mooi herinneringe wees wat ons al-tyd sal onthou. Van Dorytjie, Grant en Dean. MATTHYS, NORMAN. 'n Mens met 'n hart van goud. 'n Glimlag so breed soos die see. 'n Vriend soos min. Dit was jy, Norman. Ons gaan jou mis, maar rus sag by Jesus. Shaun en Meelah. MATTHYS, NORMAN. You were such an inspiration to many. Your smile touched so many hearts. We are shocked at your early death. You were a friend, will always remember you. Diniwe, Lusanda, Murelda and children. MATTHYS, NORMAN. God saw your pain and suffering, so He thought it best to take you home. I will always cherish the good times we had. Rest in peace. Till we meet again. Grant, Leighton, Granicia and Thercia.

NEETHLING, ADAM (ATTIE). Geb. 1954/08/10. Gest. 2012/12/30. Die gemis is groot. Ons stort nog 'n traan, maar ons moes jou laat gaan. Jou stem is stil, maar jy sal vir altyd in ons harte bly. Dankie aan almal wat ons bygestaan het. God seën u. Van eggenote, Cathy. NEETHLING, ADAM (ATTIE). Geb. 1954/08/10. Gest. 2012/12/30. Vaarwel Pa, ons sal altyd u wysheid en liefde onthou. Rowan en Adin.

APOLLIS, RUDOLF. Die 7de Januarie jou 1ste verjaardag weg van ons en die 9de is dit reeds 2 jaar van ons geskei. Ons harte is nog seer en die verlange is daar, maar ons berus by God se wil. Jy sal altyd voortleef in ons harte. Liefde van jou vrou Silvia.

TITUS, DONAVON. So skielik en saggies heengegaan. Ons harte is stukkend gelaat. Vandag sit ons met pyn, maar berus ons by die Here. Van Marsha en Farrell.

GEORGE, NICOLINE. Your first year away from us. Still feels unreal, but God knows best. Missing you, Nicoline. Rest in peace. Olivia, Emile and kids. GEORGE, NICOLINE. Reeds 'n jaar dat jy so skielik van ons weggeneem is, maar ons weet jy is op 'n beter plek. Van Rose en gesin.

JOHNSON, THOMAS. Die 13de Desember was jou eerste verjaardag weg van ons af. Ons wou so graag vir jou net 'n drukkie gee, maar Jesus wou dit anders hê. Ons mis jou baie. Van jou vrou, Cathy en kinders, Eugene, Randall, Rynoelisca en Liezelle. JOHNSON, THOMAS. Die maand is jy 'n jaar weg van ons af. Dit voel soos gister wat ons nog 'n glimlag kon deel. Liefde, Cathy en kinders.

APOLLIS, RUDOLF. Gone but not forgotten. Rest in peace. Love, Lukas family.

TITUS, DENOVAN CLIVE. With great sadness and beautiful memories we say farewell to a brother and uncle. Veruska and Luchen. TITUS, DENOVAN. Die gemis is groot, maar ek dank Jesus vir die wonderlike man wat Hy aan my geleen het. Hy was voorwaar 'n seëning uit die hemel. Ons neem afskeid van 'n dierbare vader. Die seer en gemis is so groot, maar ons berus in God se wil. Van jou vrou en kinders.

CUPIDO, RHODA. Geb. 1930/08/25. Gest. 2012/01/19. Months have grown day by day. It is now a year since you went away. Our thoughts are with you though you have passed away and those who loved you dearly are thinking of you each day. Children, grandchildren and greatgrandchildren.

JEFTHA, CORNELIUS. (2013/01/18). Eerste verjaardag op 18Januarie weg van ons. Ons dink nog elke dag aan jou, soms met 'n glimlag, soms met 'n traan. Graag sou ons geluk wou sê, maar Jesus wou dit anders hê. Baie liefde, jou vrou, Amina, kinders en kleinkinders. JEFTHA, CORNELIUS. Eerste verjaardag weg van ons. Mooi herinneringe sal ons altyd bybly. Groot is die gemis, maar ons gun Pappa die ewige rus. Liefde, John, Amelia en Marché.

JOHNSON, THOMAS. A year has passed, still feel so unreal, but we know you are looking down on us. We miss you so much , Dad. From Elisca and Liezelle. JOHNSON, THOMAS. A year gone from us, Dad. We miss the hugs we shared and even the simple laughter. We will always love you, Daddy. From Eugene, Randall and Ryno Johnson. MUNNIK, ANGELINE. Op 10 Januarie was dit die sewende verjaardag weg van ons. Op 15 Januarie reeds sewe jaar deur die dood weggeneem. Ons dank ons hemelse Vader vir die wonderlike tye saam. Verlangende broerskinders en suster. MUNNIK, HENRY (HENNIE). Op 4 Januarie was dit reeds 14 jaar dat ons dierbare vader en oupa ons ontval het. Die verlange is steeds groot. Mooi herinneringe sal ons steeds koester. Kinders en kleinkinders.

TITUS, DONAVON. Safe in the arms of Jesus. Donavon, you will always be remembered. With love, from Arlene, André and children. JEFTHA, CORNELIUS. Op 2013/01/18 is dit Pappa se eerste verjaardag weg van ons. Graag wou ons geluk sê, maar Jesus wou dit anders hê. Van Irvine, Lyzette, Charndren en Bethany.


14

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

17 Januarie, 2013 1141

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES

Algemene Dienste General Services

MEUBELVERVOER N.J. (Otto). 20 jaar ondervinding. Persoonlike toesig. Enige trek. 082 708 9447/023 342 0286.

166

Huise te Huur Houses to Let VERSKEIE wonings te huur. www.rentbay.co.za.

171

Woonstelle te Huur Flats to Let

43

Persoonlike Dienste Personal Services

STUDENTEVERBLYF beskikbaar. Verblyf vir een student (verkieslik man) is beskikbaar by Welgevonden, Stellenbosch. Kontak 082 481 7725.

BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumpsum only). Cash same day. Ph. (021) 949 0930.

TE HUUR

JOBS

DE WET DIGGERLOADERS

401

Algemeen General Vacancies AMBAGSMAN gesoek vir plaatmetaalwerk. Verkope en cnc plasma. E-pos CV na tlmgbarvallei.co.za.

N i c o d e We t

Sel: 082 770 2822 O F T h e r o n d e We t Sel: 082 557 2393 Steenkool As Beskikbaar

GAME-Worcester is urgently seeking for young, vibrant and customer service orientated matriculants who would like to join the phenominal bussiness group. They must also have cashier experience. CV can be personally delivered at the store for attention the store manager.

GRONDDREINERING

TE KOOP FOR SALE

EIENDOMME PROPERTIES 113

te Huur/to Hire GESOEK: 6 of 12 m vraghouer. Kontantkoper. Sel. 083 702 2826.

WERKSGELEENTHEID Benodig verkoopsdame. Bring CV persoonlik na Durbanstraat Apteek of tel/faks na 023 347 2075.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 108

Geld/lenings Money/Loans

4312 RC 1BTVJIK

1210 CASH LOANS. Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Bel (021) 762 7079.

Besigheidsure en ook na-ure Maandag tot Vrydag 08:00 - 16:00 (Reël vaste afspraak ook na-ure 17:00 - 20:00) Saterdae 08:00 - 11:00 (Reël vaste afspraak ook na-ure 11:00 - 13:00) Skakel 021 949 0458 om na-ure afspraak te reël

MONEY 24 SA

HJ AMUSEMENTS. Vakature vir sober jongman. Ondervinding in houtwerk en rybewys is 'n vereiste. Mededingende salaris en bonus. Handig CV in Russellstraat 93, Worcester. Bel 082 787 5559.

Besoek MONEY 24 SA in die ABSA-gebou, 4de vloer (oorkant Shoprite), Voortrekkerweg 32, Bellville MONEY 24 SA Worcester, Adderleystraat 77 (langs Tote) Tel: 023 342 5501 / 023 342 8496

U benodig: ID, rekeningbewyse, salaris- en bankstaat

Konsolidasies, Studielenings, Huislenings, Kontantlenings, Termynlenings, Skuldbestuur, Hulp met “Tax Returns” en nog vele meer!


Geklassifiseerd Classifieds

Standard

17 Januarie, 2013

15


16

Standard

17 Januarie, 2013

Geklassifiseerd Classifieds


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

17 Januarie, 2013

Agricultural Research Council

Harvest Experience for 2013 ARC Infruitec-Nietvoorbij in Stellenbosch has positions available for finalyear Cellar Technology students looking for experiential training, or candidates that have cellar or winemaking experience. These positions are available from the end of February until the end of April 2013. If you are interested, kindly send your CV to fax: (021) 809-3002, or e-mail: paulsenc@arc.agric.za For enquiries, please phone Craig Paulsen on (021) 809-3091. Human Communications 94370

17


18

Standard

Eiendomme Property

17 Januarie, 2013

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

BREEDE EIENDOMME

Woning met ouwêreldse sjarme As ouwêreldse sjarme jou bekoor, is vandeesweek se grasdak-woning op ’n groot erf in die rustige dorp Rawsonville, net vir jou. Die gesinswoning met teëlvloere bied ruim akkommodasie met sy vyf tot ses slaapkamers en drie badkamers. Daar is ingeboude kaste in vier slaapkamers. Die groot oopplan-leefarea sluit die kombuis en ’n binnebraai in. Die kombuis met baie kaste en werk-oppervlaktes, loop uit na twee aparte opwasvertrekke. ’n Houttrap van die ingangsportaal lei na ’n ruim, karaktervolle solder wat ideaal vir kinders se speelplek, kantoor of naaldwerkplek is. Die dubbelmotorhuis en afdak agter ’n omheining met ’n elektroniese motorhek bied voldoende veilige parkering. Met ’n bietjie sorg en teen ’n bekostigbare prys van R1,6 miljoen is dit dalk jou droomhuis. Aanbiedinge sal oorweeg word. Bel Grondbeurs se agente Jenny (082 566 0000), Carene (071 605 9809) of Helene (082 658 2397).


19 Shooters reg vir uitdagings Standard

Sport Sport

17 Januarie, 2013

Double Foot Shooters se senior mansspan speel Sondag (20 Januarie) op die Esselenpark-stadion teen Mountain Tigers in die Safa Kaapse Wynland-promosieliga. Volgens Andries de Villiers, ’n beampte van Double Foot Shooters, is die spelers slaggereed vir die groot uitdagings wat voorlê. Die Safa Kaapse Wynland-promosieliga beweeg nou in die tweede helfte van die kompetisie. Doubles se vrouespan onder leierskap van Aasif Witbooi is ook tans druk besig om voor te berei vir die

jaarlikse ABSA-liga wat in Februarie afskop. Doubles nooi alle dames uit wat belangstel om vir die klub te speel. Die klub oefen van Maandae tot Donderdae vanaf 17:00. Die klub se junior-spanne is ook tans besig om hom voor te berei vir die liga wat in Februarie afskop. Volgens die hoofafrigter van die juniorspan, Pieter Verhoog, is die jongmanne goed op dreef in die vriendskaplike wedstryde. Die wedstryd tussen Doubles en MountainTigerssalom13:45afskop.

Persies se nuwe bestuur WORCESTER SE MANS KRAAI KONING: Worcester­tennisklub se eerste manspan het einde November 2012 vir Kouebokkeveld geklop en is sodoende Noord­Boland se eersteligamanswenners. Hier is Hannes du Bois, Len Barry Simons, Ian Swanepoel en Casper Gous. Afwesig: Nicol du Bois. FOTO: VERSKAF

Worcester Perseverance-rugbyklub het onlangs sy nuwe bestuur vir die 2013 rugbyseisoen bekend gemaak. Die bestuur is: Ivan Klein (voorsitter), Jan Bothman (ondervoorsitter), Denver Olsen (sekretaris), Kallie Daniels (hulpsekretaris), Desmond Levendal (kassier), Boetie Hattingh (wed-

strydsekretaris) en Eddie Olsen (klubkaptein). Persies hou ook sy eerste spelers en voornemende spelersvergadering op Dinsdag 22 Januarie by die tennis-klubhuis op Esselenpark-stadion. Die verrigtinge begin om 19:00. Vir verdere navrae bel Boetie Hattingh by 082 528 9945.

Teams battle for SAB League membership MATTHEW SHELDON The Safa Cape Winelands Promotional League is starting to pick up momentum with clubs battling to book a place in the knockout round of the tournament. Boland Ajax, from Zweletemba, have been dominating their division (Stream B) and are currently first on their log, whilst De Novians from Rawsonville are first in the Stream A division. Both these soccer clubs have been playing remarkable soccer and neither has lost or drawn any matches thus far. Only four teams from each division will progress to the knockout

round of the tournament. According to Bongani Zwane, head coach of Boland Ajax, he is pleased with his players’ performance throughout the tournament. “I am sure that we will be winning this tournament this season, and that we will be playing in the SAB League next season. “We will be crowned champions this year.” Zwane mentioned, however, that he is not satisfied with the constant changing of the league fixtures and would like more stability in the league. According to Alan Langeveldt, head coach of De Novians, this is only their second year in the Cape

Gholf: Bonnievale (72): Houespel – S. Wentzel 70, R. van Zyl 70, W. van Zyl 70, N. van Zyl 71, M. van Niekerk 73. Ceres (72): Ope – K. Osche 142, C. Johnson 144, N. Croy 147, F. van der Merwe 147, V. Wearne 148, D. Basson 148, G. Johnson 149, H. van Waart 150, G. Buchanan 150, P. de Villiers 150, F. van Zyl 151, L. le Grange 151, T. Strydom 152. Montagu (72): Enkel-Stableford – J. Nolan 41, H. Kruger 40, J.P. Nolan 38, W. Kriel 38, J. Hendon 36, W. Sadie 34, G. Delderfield 32. Robertson (72): Samespel-Stableford – J. van Molendorff en J. van Molendorff jr. 46, G. Gordon en P. le Roux 48, D. Cloete en J. Coetzee 47, M. Swart en J. van Zijl 46, H. Doms en W. Lacock 44. Theewaterskloof (72): Samespel-Stableford – D. van den Berg en J. Lotter 49, P. Pete en K. Fourie 46, G. Griffids en P. Pete 46. Worcester (72): Gekombineerde Stableford – J. Naudé en N. du Plessis 78, S. le Roux en G. van Wyk 78, W. Wolstenholme en J. Thiart 77, W. Faul en F. van Zyl 77, G. Jooste en R. Neethling 76. Krieket: Premierliga Afdeling B Paarl-Oos t. Worcester United: PAARL-OOS 178/6 (Venito Mehl 41, 1x4; Herschel Poggenpoel 41, 3x4; Justin Pietersen 34, 2x4; Carlo Solomons 2/18; Jeandré van der Merwe 2/35). WORCESTER 148/7 (Hadley Alberts 33, 3x4; Carlo Solomons 28*, 2x4; Justin Pietersen 2/28). Onbeslis. Coronationt.YoungPeoples:CORONATION139 (Andries Breedt 42, 1x6, 5x4; Dawid van Wyk 25, 1x6, 2x4; Charlton Daniels 5/42; Waylin September 3/18). YOUNG PEOPLES 86 (Don Hendricks 5/35; Charl Cyster 4/18). Coronation wen met 53 lopies. Paarl t. Ceres: CERES 55 (Kyle Solomon 6/15; Rabian Engelbrecht 2/9). PAARL 56/0 (Darryl Hendricks32*, 4x4). Paarl wen met 10paaltjies. Robertson t. Zimisela Oostelikes: Wedstryd afgelas as gevolg van swak toestand van baanblad op Robertson.

Winelands Promotional League, and his team has already made a name for themselves. “Our goal for last season was to end fourth on the log and we ended third, which was very good. This year our goal is to go through to the top eight knockout and then through to the SAB playoffs,” said Langeveldt. He mentioned that they are practising daily to improve their game as to ensure that the players don’t become complacent. Boland Ajax will face Tuindorp this Sunday (20 January) in Zweletemba, whilst De Novians take on Mountain Sweepers on the same day.

Racing selections for Saturday (19/01/2013) at Kenilworth: Race one: The Highlands Stud Maiden Plate 1 400 m: 1. In Tribute (2) 2. Rememberin Essence (1) 3. Belcourt Castle (5) 4. Umbusi (4) Race two: Graham Beck - The Joshua Maiden Plate (F&M) 1 200 m: 1. Royal Var (15) 2. Golconda (3) 3. Chesapeake (1) 4. Kisangani (2) Race three: Graham Beck - Cuvee Clive Maiden Plate (F&M) 1 200 m: 1. Tempestuous (2) 2. Doris Duke (1) 3. Stormin Cat (4) 4. Imperial Rose (3) Race four: Pathfork FM 72 Handicap 1 200 m: 1. Aqua (3) 2. Ginoclock (1) 3. Theme Song (2) 4. Kimmi De lago (Aus) (5) Race five: Dancer’s Daughter Handicap (MR 74) 1 700 m: 1. Summer Sanctuary (3) 2. Night Trip (2) 3. Elusive Love (Aus) (5) 4. Green Tractor (8) Race six: The Graham Beck Jamaica Handicap (F&M) (WFA) (Listed) 1 700 m: 1. Imperial State (11) 2. Jet Supreme (14) 3. Heritage Wood (8) 4. Bella Nero (6) 5. Rivatorio (Aus) (2)

Race seven: The Graham Beck Sun Classique Handicap) (F&M) (Listed) 2 400 m: 1. Star Jet (6) 2. Daily Flight (5) 3. Humba Kahle (7) 4. Rush For John (1) 5. Audrey Rose (3) Race eight: The Graham Beck Memorial Sceptre Stakes) (F&M) (Grade 2) 1 200 m: 1. Sunshine Rock (Aus) (2) 2. All Is Secret (9) 3. Reflective Image (4) 4. Sweet Aria (Ire) (8) 5. Blueridge Mountain (10) Race nine: Dynasty Handicap (MR 86) 2 000 m: 1. Disco Al (6) 2. Born To Be Wild (1) 3. Crown Of Gold (2) 4. Blanic (3) Race ten: Graham Beck Memorial RacedayMaiden Plate (F&M) 1 600 m: 1. Fly Like An Eagle (5) 2. Injaka (10) 3. Irish May (1) 4. Nemesia (8) Place Accumulator: 2x1,2,3x2,3,5x8,11,12,14x1,5,6,7x2x1, 2,3,6. Jackpot: 2,3,5x1,2,5,6,7,8,11,12,14x1,3,5,6,7,8,9 x2. Pick 6 (10c unit): 1,2(7),3,5,6x2,3,5x1,6(5/16),8(13),11( 3/4/12),14x1(3),5(11),6,7,9x2x1,2(6), 3(4),7.

VOORSTE ATLETE: Die Worcester­atletiekklub het verskeie atlete tydens sy jaarlikse prysuitdeling vereer. Hier is die lede wat provinsiale kleure verwerf het: V. Singleton, B. van Tonder, C. Meiring, N. Meiring, E. van Tonder (klubkompetisie), S. van Rooyen, T. Moses, M. Bingle en T. Ros­ souw. Ander presteerders sluit in G. Benneth, H. Oberholzer, M. Eksteen, A. Conradie, D. de Vlam, P. Erasmus, R. Kariem, J. Johnson, S. Valley, E. Koopman, R. Cupido, T. Rossouw, N. Roelofse, B. du Plessis (voorsitterstoe­ kenning), C. Meiring (Paul de Wet­trofee), H. Oberholzer (beste enkel­pres­ tasie), M. Knoetze (stapper van die jaar), S. van Rooyen (beste mansat­ leet), E. Gous (beste vroue­atleet), T. Lourens (sportvrou van die jaar) en N. Meiring (sportman van die jaar). FOTO: SOLLY VALLEY


17 Januarie 2013

RUGBY: SARU GEMEENSKAPSBEKER

Villagers ding teen groot kanonne mee MATTHEW SHELDON

W

orcester Villagers RVK is die enigste rugbyklub van die Breedevallei wat aan die nuutgestigte SARU Gemeenskapsbeker , wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie bekendgestel is, sal deelneem. Dié toernooi is vir al die land se voorste nie-universiteitsrugbyklubs ingestel. Volgens Shaun Harmse, die bemarkingen kommunikasiebeampte van Villagers, is die klub die huidige Boland-kampioen en het as gevolg van dié prestasie ’n geleentheid gekry om aan die toernooi deel te neem. Die top20-klubs wat nie-universiteitsklubs is, sal in 52 wedstryde teen mekaar te staan kom. Dié toernooi skop op 16 Februarie af en word oor ses weke landwyd gespeel.

“Al ons spelers is gereed en almal hier by die klub is opgewonde oor die geleentheid wat ons te beurt geval het.” Harmse sê dit is ’n groot voorreg om aan die toernooi deel te neem aangesien dit die eerste keer is wat die toernooi gehou word. “Dit is ’n wonderlike geleentheid vir ons jong spelers. “Hulle gaan goeie blootstelling uit hierdie toernooi kry en daar gaan groot unies wees soos die Bulle, WP en die Sharks wat ons spelers gaan dophou,” sê Harmse. Villagers Worcester RVK speel in sy eerste wedstryd teen Sishen op Bolandparkstadion in Worcester. Volgens Harmse sal dié wedstryd op televisie uitgesaai word. Hy voeg by dat klub hoop op ’n suksesvolle toernooi en seisoen. Vir meer inligting oor die toernooi of die Worcester Villagers RVK, bel Shaun Harmse op 0 073 4633 209.

Villagers Worcester RVK se eerstespan.

FOTO: VERSKAF

Krieketspeler genooi na internasionale toernooi Tussen hom en die verwesenliking van sy groot droom lê ’n paar duisend rand. As Ryan George (11) net nog sowat R8 000 ingesamel kan kry, lê die pad oop om as genooide lid van die o.12Kaapse uitnodigingspan na Bangalore te gaan om aan die Imtiaz Ahmed Cricket Association (IACA) se toernooi deel te neem. Dié jong krieket-entoesias het vanjaar ter wille van sy krieket in gr. 6 by die Worcester-Noord Primêre Skool ingeval. Hy was voorheen ’n leerling aan die Laerskool Montagu. Die toernooi vind van 27 Maart tot 9 April plaas. Ryan sal ook ’n krieket-akademie kan bywoon waar een van sy helde Anil Kumble hulle sal afrig. Die span is deur die toernooi-organiseerder en voormalige internasionale krieketspeler Imtiaz Ahmed na Bangalore genooi. Die toernooi word beskou as die ideale platform vir jong spelers om kennis te maak met die vereistes van moderne krieket. Die toernooi is ook terselfdertyd

deel van ’n wêreldwye krieketontwikkelingsinisiatief wat jong spelers die geleentheid bied om op internasionale vlak te kompeteer. In Bangalore sal die span ook ’n wedstryd van die Indian Premier League (IPL) sowel as van die Royal Challengers Bangalore (RCB) bywoon. Intussen is die familie hard besig om self geld in te samel en het al verskeie projekte van stapel gestuur. Hulle vra nou egter ook hulp van die publiek. Ryan se pa, Jerome, sê hy het sommer vroeg al sy seun se talent raakgesien. Ryan blink ook uit in rugby. Die grootste oorweging vir sy koms na Worcester was dat Ryan hier meer geleenthede sal kry om te ontwikkel. Jerome is gretig vir sy seun om na Bangalore te gaan. “Ek sal hom nie graag van ’n geleentheid soos dié wil ontneem nie.” Mense wat wil help om Ryan se droom waar te maak, kan Jerome by 084 552 9227 bel of e-pos stuur na jeromegeorge9@gmail.com.

Ryan George

FOTO: CHRISTINE SMIT

VISVANG: Die onlangse internasionale hengelkompeti­ sie wat in Hentiesbaai plaasgevind het was ’n groot sukses en die kompetisie het vir vele vermaak gesorg. In die juniorafdeling het Namibië vir Suid­Afrika met 121,04 punte gewen. In die damesafdeling het Nami­ bië vir Suid­Afrika met 13,43 punte gewen. In die meestersafdeling het Suid­Afrika vir Namibië met 2,07 gewen. In die seniorafdeling het Suid­Afrika vir Nami­ bië met 468,27 punte gewen. Die top drie posisies het aan SA hengelaars behoort met Steve Denny (Suid­ Kaap) eerste, PJ Mong (Boland) tweede en Charl Ma­ rais (Westelike Provinsie) derde. Hier is PJ Mong van Bredasdorp met ’n bronshaai van 76,8kg. FOTO: VERSKAF

Worcester Standard 17-01-2013  

Worcester Standard 17-01-2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you