Issuu on Google+

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 13 Maart 2014

Groot wiel se sitplek kom los

Prys: R5.00

2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Inwoners sluit Robertson-pad

3

Top Awards for Worcester wines 12

ROODEWAL: EEN MAN IN HEGTENIS GENEEM

Hoeveel moorde nog? JOLINE VAN DER MERWE

“Mammie, mammie help my!” dít was Luzaar Marinus (19) se laaste woorde aan my in die ambulans voor hy sy oë vir ewig toegemaak het. So sê Lucinda Marinus, die ma van Luzaar, wat Vrydagaand omstreeks 22:50 op pad na ’n vriendin in Wentzelstraat, Roodewal, in die borskas en linkerbeen geskiet is. Die dood van hul oudste seun het sy hartseer ouers, Lucinda en Arnold, verpletter. Die ouers het aan die Standard vertel dat hulle enkele minute voor sy dood hul seun gewaarsku het om nie ver te loop nie. “Jy weet dis naweek. En mens weet nie wanneer hulle (bendes) skiet nie,” het sy pa hom die laaste keer nog gemaan. Volgens die ouers was hul seun nooit betrokke by bendebedrywighede nie. “My seun was ’n huiskind. Hy was ook nie by bendes betrokke nie en sou hom nooit laat gebruik deur merts (dwelmhandelaars) nie,” het Lucinda gesê. Volgens Marinus se ouers werk hy sedert Desember en is hy net naweke tuis. Hulle het genoem dat hul seun wel tik gebruik het.

Donderdag 29 ° C

Mooiweer

Danielia Hermanus, ’n niggie van Marinus, sê hy het altyd die grootste respek vir ouer mense gehad. Lucinda vertel van die oomblik toe ’n seuntjie by die deur kom klop en sê, “antie, antie se kind is geskiet”. Al wat ek kon sê was, “Here, bewaar en behoed my kind asseblief”. ’n Inwoner wat anoniem wil bly, het aan die Standard vertel hoe sy elke oggend haar seun moet werk toe begelei uit vrees dat hy geteiken word. “Wanneer gaan dit eindig, wanneer gaan dit stop?” vra dié inwoner moedeloos. Marinus laat sy ouers, een broer en ’n suster na. Marinus se begrafnis vind Saterdag om 10:00 by woonstel 6, K-blok van die Roodewalwoonstelle, plaas. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, kommunikasiebeampte van die Worcester-polisie, is die voorval wel bendeverwant. Een man is tot dusver in verband met dié voorval in hegtenis geneem. ) Die polisie het drie mans in hegtenis geneem in verband met die moord op Isandro Malan (19) wie se lyk Dinsdag 4 Maart in Sandkampie, naby die skietbaan, gevind is. Malan het ongeveer 28 steekwonde gehad.

Vrydag 34 ° C

Mooiweer

Luzaar Marinus (19).

Vreesbevange inwoners van Roodewal wys waar Marinus geskiet is. Nie­ mand wou hul gesigte wys nie uit vrees dat hul dalk geteiken kan word.

...................................................................................... FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Saterdag 24 ° C

Mooiweer

Sondag 35 ° C

Mooiweer


2 Standard Pretsoekers skrik toe sitplek van groot wiel loshaak

Nuus News

13 Maart, 2014

INA GENADE Besoekers aan die mallemeule wat die naweek op Queensplein opgerig is, het Saterdagaand heelwat meer opwinding gekry as waarop hulle gereken het toe ’n sitplekkarretjie van die groot wiel glo halfpad losgebreek het. ’n Ooggetuie, wat verkies om anoniem te bly, vertel dat sy dié aand teen ongeveer 18:00 saam met haar man en twee kleuters reeds kaartjies gekoop het om op die groot wiel op die plein oorkant HTS Drostdy te ry. “Die kinders was veral opgewonde om op die groot wiel te ry. Ons het eintlik beplan om dit heel eerste te doen. Ons sien toe egter dat die wiel eintlik al redelik vol was en besluit om die kinders eers op iets anders te laat ry en daarna weer na die wiel terug te keer,” vertel sy. “Terwyl ons by ’n ander pretrit wag, het ons ’n harde geraas gehoor, opgekyk en gesien die wiel het ewe skielik van kloksgewys na antikloksgewys begin draai en toe skielik gestop. Toe ons weer sien, het een van die karretjies van die groot wiel, wat in hierdie stadium sowat 10 m bo die grond gehang het, se een kant wat aan die bokant vasgemaak was, losgekom. Die karretjie het net aan een kant gehang!” verduidelik sy. Volgens haar het die operateur van die wiel toe met die hulp van ander operateurs en mansbesoekers die wiel met die hand teruggedraai sodat die karretjie aan die onder-

Hierdie foto is geneem toe hulle reeds die foutiewe sitplekkarretjie op die grond gehad het (dis heel regs in die foto). kant kon kom. “Hulle het met die hand die karretjie weer opgedruk en probeer vasmaak. Dit het alles seker so 15 tot 20 minute geduur. Terwyl hulle daarmee besig was, was die ander karretjies vol mense en kinders wat redelik ongelukkig was. Die meisietjies het omtrent gegil! Die hoogste karretjie was sowat 25 m in die lug,” vertel die ooggetuie.

Verskeie skietvoorvalle JOLINE VAN DER MERWE Verskeie voorvalle van poging tot moord is die naweek by die Worcester-polisie aangemeld. In die ernstigste geval is Luzaar Marinus (19) Vrydagaand omstreeks 22:50 in Wentzelstraat, Roodewal, in die bors en linkerbeen geskiet. Hy het op pad na die hospitaal aan sy wonde beswyk. Een persoon (22) is in hegtenis geneem. Saterdagoggend om 07:10 is George Sekerie (32) in die hand geskiet in Taambaystraat, Roodewal. Habrein Visser (23) is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Maandag om 00:50 is Jandré Plaatjies (23) in Hitchcockstraat, Roodewal, in die maag en linkerarm gewond. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Omstreeks 15:40 dieselfde dag is daar op Geoff Prins (24) tussen die U- en H-woonstelblokke in Riverview geskiet. Hy het geen sigbare wonde gehad nie. Donovan Faro (28) is in hegtenis geneem in verband met dié voorval. Om 23:30 is Anrich Juries (26) in Pelicanstraat, Avianpark, in sy nek geskiet. Een persoon (17) is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die Worcester-polisie maan ook gelisensieerde vuurwapeneienaars om nie nalatig te wees met hul vuurwapens nie. “Sorg dat vuurwapens te alle tye in ’n kluis, wat teen die muur vas is, toegesluit word. Eienaars kan ook aangekla word weens nalatigheid indien die vuurwapen gesteel word,” sê kapt. Mzikayise Moloi, kommunikasiebeampte van die Worcester-polisie.

Nadat die losgebreekte karretjie weer vasgemaak is, het hulle volgens haar die wiel baie stadig laat draai sodat almal kon uitklim. “Ek wonder of hierdie arme mense darem toe weer hul geld kon terugkry? En dink net wat kon gebeur het as die karretjie aan albei kante losgekom het! Ons het eers nadat ons daar weggery het, besef hoe gevaarlik dié pretritte eintlik is en net

daar en dan besluit dat ons en ons kinders nooit weer so iets sal besoek nie,” het sy beslis gesê. Wayne de Raedt van Wild Rides Amusements waaraan die pretritgeriewe en groot wiel behoort, het Dinsdag aan die Standard gesê dat hy geensins bewus is van enige voorvalle die naweek nie. “My bestuurder was op die perseel en as iets skeefgeloop het en ie-

mand toe op die wiel was, sou ek ’n verslag gekry het,” het hy gesê. Volgens hom kon hy nie die bestuurder in die hande kry om te vra wat gebeur het nie. “Hy is tans op die pad en het geen selfoonsein nie,” het hy geantwoord op die Standard se versoek om ’n selfoonnommer van die bestuurder te bekom. Volgens Reggie Saunders van die boubeheer-afdeling van die Breedevallei-munisipaliteit het ’n prokureur, Elaine Meyer-Geyser, namens Wild Rides Amusements by die munisipaliteit aansoek gedoen vir die gebruik van die perseel. Meyer-Geyser het aan die Standard gesê dat sy bloot die aansoek ingedien het namens De Raedt, aangesien hy en haar man saamwerk. “Nóg ek nóg my man was Saterdagaand daar. So, ek weet nie wat gebeur het nie. Ek het net gehoor niemand het seergekry nie, want niemand was in die karretjie wat losgekom het nie. Ek het ook gehoor hulle het ná die voorval die ritte gesluit en daar is Sondagoggend herstelwerk gedoen voor hulle na hul volgende perseel vertrek het.” Sy het ook gesê De Raedt behoort meer inligting te hê. Gisteroggend het De Raedt aan die Standard gesê hy wag nog vir ’n volledige verslag. Dit blyk egter dat een van die penne foutief was. “Die wiel is vir ’n uur gestop en die penne is vervang,” het hy bevestig. Hy wou nie verder kommentaar lewer nie.

Jeug betrek by ramp­ en brandbestryding Die Witzenberg-munisipaliteit het die afgelope sewe maande sowat 25 jeugdiges by ’n rampbestuur- en brandweer-voorkomingsprogram betrek. Die jeugdiges is betrokke by verskeie bewusmakingsprogramme oor brandvoorkoming in informele nedersettings. Die groep, wat op ’n jaar kontrak is, word ook gebruik om brandblussers te toets en brandkrane te verf. Volgens die direkteur van gemeenskapsdienste by die Witzenberg-munisipaliteit, Jo-Ann Krieger, kom die jeug van alle dorpe in die Witzenberg-streek en vorm deel van die Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP) wat korttermyn-werkskepping bied. “Ons fokus op ons informele nedersettings en ons plaas-areas omdat die meerderheid van ons brande en rampe gewoonlik in hierdie areas voorkom,” hy Krieger gesê. Die begunstigdes ontvang tans op-

Sittende voor (van links) met die deelnemers is Hermie Visser (bestuurder Brandweer en Rampsbestuur), rdl. Ronald Visagie (portefeulje­raadslid vir gemeenskapsontwikkeling), Jo­Ann Krieger (direkteur: gemeenskapsdien­ ste), Heinrich Louw (opleiding­fasiliteerder van die Kaapse Wynland Dis­ triksmunisipaliteit) en Riaan Fick (UOWP­beampte). FOTO: VERSKAF leiding oor basiese brandbestryding wat deur die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) moontlik gemaak word. Volgens Krieger sal die opleiding hulle voorberei vir die ope arbeidsmark. Krieger het aan die Standard ver-

duidelik dat werkskepping ’n groot uitdaging in die Witzenberg is. “Ons wil graag kyk of ons dié begunstigdes meer opleidingsgeleenthede kan bied. Ons beoog om hulle op ’n meer volhoubare program te sit,” het sy afgesluit.


Standard

Nuus News

13 Maart, 2014

Onstoke inwoners van Zweletemba sê hulle soek net werk om hul families te voed.

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Zweletemba se mense maak weer amok JOLINE VAN DER MERWE Talle werklose inwoners van Zweletemba het Dinsdag, tydens ’n onwettige optog, wéér bande gebrand en die Robertsonpad afgesper. Dit volg op ’n optog wat inwoners op 25 Februarie gehad het waar hulle gesê het, “ons sal die land onregeerbaar maak.” Die inwoners sê om bande te brand is die enigste manier hoe hulle wyksraadslede en die burgemeester se aandag kry. “Ons het briewe geskryf en probeer om afsprake te maak maar niemand kom terug nie,” sê Monwabisi Magibili, een van die betogers. Die inwoners is ongelukkig omdat hulle glo dat die kontrakteurs wat vir 242 Projek, waarvolgens 76 nuwe huise tydens die eerste fase in Zweletemba gebou gaan word, nie plaaslike werkloses by die projek gaan betrek nie.“So die gemeenskap baat niks by die projek nie,” voeg Magibili by. Nóg ’n ontstoke inwoner, Bumphusi Kelepo, sê die gemeenskap wil nie die polisie daar hê nie, hulle soek die burgemeester. “Ons is bereid om te werk. Ons kan werk. Maar ons kry nie die geleentheid nie. Hoe moet ons, ons families onderhou?” het Kelepo verder gesê. Die inwoners sê hulle wil nie met die polisie baklei nie, hulle probeer net om raadslede se aandag te trek op die enigste manier wat hulle weet gaan help. Volgens Johan Botha, kommunikasiebeampte van die BVM is daar op Donderdag 6 Maart ’n vergadering met “begunstigdes van gemelde projek gehou om sake rondom die verdere implementering van die projek te bespreek.” “Lede van die Zweletemba Krisis-groep, wat ook die vergadering met begunstigdes

bygewoon het, was nie met die kontrakteur se indiensnemingsproses tevrede nie, wat aanleiding tot gister se protes gegee het,” sê Botha verder. Die Krisis-groep verteenwoordig egter nie die begunstigdes van die projek nie. Daar is gister op inisiatief van die BVM ’n dringende vergadering met begunstigdes, lede van die Zweletemba krisisgroep, wyksraadslede en kontrakteur gehou om knelpunte uit te sorteer. “Die betrokke partye het konsensus bereik en die projek gaan voort soos beplan,” sê Botha.

3

Sowat 200 inwoners van Zweletemba het op 25 Februarie ook ’n onwettige protesoptog ge­ hou. FOTO: MATTHEW SHELDON


4

Standard 13 Maart, 2014

Advertensie Advertisment


Standard

Nuus News

13 Maart, 2014

Spaniard to help Worcester get on the ‘green’ track MATTHEW SHELDON A civil engineer from Victoria Gasteiz in Spain, Miguel Aguado, is on a mission to help the Worcester Business Forum (WBF) with its 110% Green Worcester campaign. Victoria Gasteiz held the title of European Green Capital in 2012. Aguado (26) landed in South Africa on 8 February and for the next six months he will try and steer Worcester and its residents into a town where cycling, recycling and walking become the norm. “Here are too many cars on the roads and not enough cyclists, nor are here enough people walking. Worcester has a very beautiful environment but the people here are not exploiting it,” said Aguado. The Spanish Regional Government and its Chamber of Commerce funded the programme, and sent Aguado to Worcester. He told the Standard that the three main facets which he will be focusing on include waste management, transport/mobility and water and energy. “Within the next two months I will roll-out some campaigns to promote the use of cycling (eg to work) and recycling, by separating waste in different bins,” he said. Aguado will be visiting various schools in Worcester where he will inform pupils about the importance of greening, cleaning, cycling and recycling. The 110% Green Worcester has seven themes namely: .biodiversity .wetlands and rivers .climate change plan – water and energy .zero waste and pollution prevention .mobility, accessibility and green spaces .urban restoration, green building, heritage and culture and art .Sustainable development, youth and jobs Aguado said he feels it would take Worces-

ter approximately 25 years to become a well established “Green” town. One of his biggest concerns is the fact that there are very few play parks, sporting facilities and open spaces for people, especially the youth to enjoy themselves. “We need residents to fall inlove with Worcester. The whole idea is to create a town with exciting activities, efficient and safe public transport, and a town which embraces renewable energy,” said Aguado. According to Nik Wullschleger, chairperson of the WBF, he is very pleased to have the help of an expert in the field of greening. He also mentioned that the WBF is in collaboration with the Business Chamber of Alava. “We need to secure partnerships with organisations and businesses that want to get involved in our pilot projects,” said Wullschleger.

Here is a glimpse of one of Victoria Gasteiz’s open spaces. A civil engineer from Victoria Gasteiz in Spain, Miguel Aguado, is on a mission to help the Worcester Business Forum (WBF) with its 110% Green Worcester campaign.

PHOTO: MATTHEW SHEL­ DON

A delegation from the Breede Valley Municipa­ lity travelled to Victoria Gasteiz in December last year. The delegation set out to learn more about creating a town that is green and recycle friendly. PHOTOS: SUPPLIED

5


6

Standard

Gemeenskapsnuus Community

13 Maart, 2014

Eden School wins R50 000 in cycle challenge JOLINE VAN DER MERWE Eden School was the proud winner of R50 000 in the Golden Valley Casino (GVC) nominate a charity competition. Worcesterites were invited to nominate their favourite charity in the Breede Valley area as part of the Sun International Cycle Race for Charity. The challenge, which aims to raise funds for a number of charities, started on 27 February when a team of 18 cyclists left Sun City to embark on a 1 749 km journey, which ended at the Table Bay Hotel a week later. The group arrived at the Golden Valley Casino on Wednesday 5 March to much excitement, accompanied by a support crew of 12 people who assisted them on their long journey. Basil Kivedo, executive mayor of the Breede Valley Municipality (BVM) was at the casino to welcome the cyclists.

During the hand-over Kivedo said Eden School was a “beacon of hope” and that the school was one for children with “special abilities”. Freddy James, principal of Eden School, thanked the GVC and Sun International when he received the cheque. He said the money would go towards the school’s feeding scheme. “With this donation you are promoting healthy people and thus a better life for the less fortunate,” James added. The cyclists were under the leadership of Sun City’s Johann Maré, who has ridden every tour since its inception. Maré thanked the guests for the welcome they received and said Sun International aims to “build up the sport of cycling ”. This year’s team included former Miss SA Nicole Flint, who took part in her second tour, this time sharing a tandem with Johann, as well as two riders from Austria and one from Germany.

The 18 cyclists and 12 crew members arrive at Golden Valley Casino on Wednesday. The group cycled from Sun City to the Table Bay Hotel in one week. They also took part in the Pick n Pay Cape Argus Cycle Tour on Sunday to raise funds for charity.

Donagene Schroeder nominated the Eden School who subsequently won the R50 000 dona­ tion from the Golden Valley Casino.From left are Freddy James (prin­ cipal: Eden School), Nicole Flint (former Miss SA), Wahida Parker (general manager: GVC), BVM Mayor Basil Kivedo , Rushelle Ferus (Eden School), Johann Maré (Sun International) and in front is Ruaan Lieben­ berg (learner from Eden School).

Learners and staff from the Eden School with Basil Kivedo, executive mayor of the Breede Valley Municipality, who came to welcome the cyclists. PHOTOS:JOLINE VAN DER MERWE


Standard

Gemeenskapsnuus Community

13 Maart, 2014

Voltooi Argus vir Langerug MATTHEW SHELDON “Ek het nog nooit op ’n fiets geklim sedert ek in matriek was nie, maar dié fietstoer was regtig ’n belewenis.” Só het Paul Greyling, skoolhoof van Pionierskool in Worcester, gesê nadat hy saam met die Langerugkampus-groep die Cape Argus Pick n Pay Momentum Fietstoer voltooi het. Greyling (57), wat vir die eerste keer die fietstoer aangepak het, het Sondagoggend 9 Maart om 09:25 weggespring. Dit het hom presies 5h35 gevat om die 109 km te voltooi. Die gedagte om geld vir die leerders van die Langerugkampus in te samel onder die fietstoer se Charity Groups, het by Madeleine van der Merwe ontstaan. ’n Groepbespreking is in 2013 gemaak en tien deelnemers is vir die kampus geregistreer. “Sy het my gereeld aangemoedig om die Argus saam met hulle te ry, omdat sy, haar man, André, en Mariana Steyl dit sou doen,” het Greyling gesê. Van der Merwe (46) en Steyl (50) is op 9 Januarie op die hoek van Robertsonweg en Perkinsstraat deur ’n vragmotor raakgery juis toe hulle vir die Cape Argus-fietstoer geoefen het. Steyl is op die toneel oorlede en Van der Merwe het later in die plaaslike Mediclinic aan haar beserings beswyk. “As huldeblyk aan hulle, het ek besluit om die Argus te ry en vanaf 20 Januarie het ek begin oefen,” het hy gesê. Deur hierdie geldinsamelingsini-

Die Pionierskool het onlangs ’n Charity Group vir die Cape Argus Pick n Pay Momentum Fietstoer ingeskryf. Skoolhoof van Pionierskool het saam met die groep die fietstoer van 109 km voltooi. Hier (van links) is Louis Smit, Norman Chapman, Paul Greyling, Izak van der Vyfer, Andries de Jager en Leoni de Jager. Afwesig is Deon Hoon, André Serfontein en Gat­ sy van der Merwe. FOTO: VERSKAF siatief vir die Langerugkampus het hulle ongeveer R10 000 ingesamel. Greyling het aan die Standard gesê dat hy graag volgende jaar meer personeel, leerders en lede van die publiek wil motiveer om die Argus aan te pak. Die mees uitdagende faktor van dié fietstoer, voeg hy by, was die sterk wind wat omtrent die eerste 50 km die wedren baie moeilik gemaak het. “Die kinders se opwinding was aansteeklik en hoe nader die groot dag gekom het hoe meer het die druk begin oplaai om aan my eie en hulle verwagtinge te voldoen.

“Dit was geweldig inspirerend en het my gemotiveer om my doelwit te bereik om die Argus binne ses ure te voltooi,” het Greyling gesê. Greyling glo Van der Merwe en Steyl sou baie opgewonde en heel tevrede gewees het dat hy en die res van die span die fietstoer voltooi het. Soos iemand vir my ge-SMS het: “Hulle smile breed vandag saam met ons!” Die Langerugkampus wil graag dankie sê aan die leerders, personeel van Pionierskool, vriende, algemene publiek en veral vir al die fietsryers wat ingeskryf het onder ons “Charity Group”.

7

Turning the tide on HPV From Monday 10 March until 11 April the Western Cape Government Health in conjunction with the national department of health will have professional teams travelling from school to school to vaccinate all girls in gr. 4 who are nine years and older and who attend a public or special school against Human Papillomavirus (HPV). “We now have the opportunity to stop this illness; all that is required is effective vaccination. Our health teams have already started visiting schools around the province,” said Theuns Botha, Western Cape min- A gr. 4 learner from Esselen Park Primary ister of health. School in Worcester presents her consent form Human Pampi- to sr. Aqeela America of Worcester Community lomavirus is the Health Centre virus that causes cervical cancer. The vaccination remember that vaccination is protects the girl from being in- their choice and they need to sign fected by HPV and thus reduces a consent form if they wish for the risk of developing HPV relat- their daughter to be vaccinated. ed cervical cancer later in life. Only girls with a signed consent Cervical cancer is the second form will be vaccinated. Please visit www.westernmost prevalent cancer among cape.gov.za/general-publication women after breast cancer. Parents and guardians should for more information.


8

Standard

Gemeenskapsnuus Community

13 Maart, 2014

The Handicap Scuba Association South Africa (HSASA) recently held a scuba dive training day at Motion Fitness in Worcester. Here are Zelda Retief, course director trainer, and Lynn Retief (right), an instructor, busy explaining the ins and outs of scuba足diving to a group of deaf students from the NID. PHOTOS: MATTHEW SHELDON

All the participants were taught how to attach the scuba diving gear, how to breathe under water through the use of the oxygen tank, and measuring the level of oxygen in the tank.

Under water everyone has same freedom of mobility An unforgettable underwater experience. There are no barriers for both the deaf and the blind when it comes to freedom under water. All men and women, both able-bodied and disabled, have the same freedom of mobility under water. The Handicap Scuba Association South Africa (HSASA) recently held a scuba dive training day at Motion Fitness in Worcester. Between 80 and 100 persons participated in the scuba diving trainer sessions over the past week. The trainers aimed to give the disabled an

opportunity to learn about scuba diving, as well as to experience what its like to be under water. According to Zelda Norden, the only course director trainer in Africa, the experience of scuba diving really gives all people the freedom of movement under the water. She added that for many participants, it was a first time experience. A vast diversity of persons with disabilities, ranging from spina bifida, hearing loss, amputees, paraplegics, quadriplegics, muscular dystrophy, sight impairment and multipledisabled, participated in the activities.

The main objective of the HSASA is to introduce all the participants to the diving society where all is equal under the water. A place where everyone can experience the same enjoyment. Standards reporter, Matthew Sheldon, also decided to experience the world of scuba diving with a group of deaf students from the National Institute for the Deaf (NID). All the participants were taught how to attach the scuba diving gear, how to breathe under water through the use of the oxygen tank, and measuring the level of oxygen in the tank. According to Laurentia Robertson, liaison

officer at the NID, they want to spark a love for scuba diving in their students through this course. Robertson added that through the full completion of the scuba diving course, it is possible that deaf students can possibly pursue a career in this field and become scuba diving instructors. Norden will train new HSASA instructors to continue with the programme for many years to come. She concluded that everyone enjoyed themselves thoroughly and many have now developed a new love for swimming.


Standard

Skole Schools

13 Maart, 2014

SPORTMANNETJIES: Twee leerders van die Hoërskool Goudini, Faizel Louw (links) en De Wet du Toit, is on­ langs in die Laerskool Boland Atletiek­ span vir die 80 m en hoogspring items onderskeidelik opgeneem.

SOOS DIE SIRKUS: Clinton Melite, ’n leerder by Steinthal Vaardigheid Skool naby Tulbagh was in gr. 3 toe hy die eerste keer probeer het om sy bene oor sy nek te sit. Hy is tans 14 jaar oud en wanneer die leerders kans kry om te speel, vermaak hy hulle met die tegniek. Hy doen dit nou met die grootste gemak sonder om te kreun of te sug.

9

SOOS BLITS: ’n Leerder van Avianpark Primêr, Cailin Pa­ pier, het Saterdag 8 Maart aan die Wes­Kaap Atletiek­ kampioenskap in Daljosafat, Paarl, deelgeneem. Cailin het goed gevaar en is in die Wes­Kaapse span opge­ neem. Cailin sal die Wes­ Kaap by die Suid­Afrikaan­ se Atletiek­kampioenskap in die 80 en 100 meter items verteenwoordig. Hier (van links) is John Loff (afrigter), Cailin en Christopher Africa (skoolhoof).

SKAAK: Leerders van Worcester­Noord Pri­ mêre Skool (WNPS) het onlangs tydens ’n skaaktoernooi goed presteer. Veertien leerders is gekies vir die Noord­Boland­ skaakspan. Dié span gaan op 29 Maart aan die Boland­proe­ we deelneem. Voor (van links) is Christi­ aan Jacobs, Isai Mos­ tert, Lourens Britz, Cherise Spangenberg, Dian Augustyn, Nadia Janse van Vuuren en Anika Augustyn. Ag­ ter is Philip Esterhui­ zen, Jean­Jacques Au­ gustyn, Pierre le Roux, Leandri du Toit, Arné Coetzee, Hendré Jacobs en Juanette Spangenberg.


10

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

13 Maart, 2014

VIR ’N GOEIE DOEL: Internasio­ nale Lollipop Dag om geld in te sa­ mel vir mense met gestremdhede word op 7 Junie vanjaar gevier. Die Assosiasie vir Persone met Ge­ stremdhede (APD) het Dinsdag die burgemeester, Ba­ sil Kivedo, genooi om hul eerste stokkielekker te koop. Stokkielek­ kers kos R3 en jou naam word in ’n gelukstrekking geplaas waar jy die kans staan om groot pryse te wen. FOTO: JOLINE

Misdaad is almal se probleem Nog ’n moord. Die sewende die afgelope maand in die reeds vuisvoos Vallei. En dan nog etlike voorvalle van poging tot moord oor die naweek. Dat die moord en doodslag die ekonomie van Worcester beïnvloed is beslis. Watter besigheid sal dan wil belê in ’n gemeenskap waar dit onveilig is en waar moord en doodslag aan die orde van die dag is? Besighede sal liewer onttrek aan gemeenskappe waar dit selfs onveilig is om in die dorp se hoofstraat rond te stap. En onveilig is dit beslis, daarvan kan die inwoners wat daagliks prooi tot misdadigers val getuig. Dié tipe misdaad kan tot enige dorp se ondergang lei. Daarom is dit tyd dat die dorp se stadsvaders, gemeenskapsleiers, besigheidslui en gemeenskapsorganisasies hande vat om dié probleem die hoof te bied. Dié misdaad raak nie net ’n sekere deel van Worcester nie. Dit raak die hele dorp en is almal se probleem en dis tyd dat dit die aandag kry wat dit verdien.

Lukas18: 18-23 Die ryk jongman ’n Man van aansien het aan Jesus die vraag gestel: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus het geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis gee nie, eer jou vader en moeder.” Maar hy antwoord: “Al hierdie dinge het ek van my kinderdae af onderhou.” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: “Een ding kom jy nog kort: gaan verkoop alles wat jy het, en deel die geld aan die armes uit, Dan sal jy ’n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.”

VAN DER MERWE

Skuldig? Boete? ’n Stewige klop op die skouer aan die Calvynse Protestante Kerk se kommissie van Barmhartigheid en liefdadigheid onder leiding van Clause Schroeder vir die heerlike vla en jellie asook die vyf sakke kruideniersware wat hulle aan Awendrus Tehuis vir bejaardes geskenk het. Wees verseker dat u skenking opreg waardeer word.

**** Baie dankie aan Piet en Assie de Jager vir ’n wonderlike dag Vrydag 28 Februarie. Ons is so bederf met ’n Game drive en ete by Fairy Glen Safari. Dit word opreg waardeer.

****

**** ’n Stewige klop op die skouer aan Joan Erasmus en haar span by Boland Skryfbehoeftes wat die Smit / Morris troue so ’n wow oomblik gemaak het.

INWONERS EN PERSONEEL AWENDRUS WORCESTER

Ek gee graag ’n klop op die skouer aan M & E Haarsalon wat die ekstra myl geloop het met my troue. Edmarie en Riaana julle is tops.

VARITY WORCESTER

VAN JOAN, FREDA EN STACEY VAN DIE KREATIEWE AFDELING BY BOLAND SKRYFBEHOEFTES WORCESTER

ROSELINE WORCESTER

Junior stadsraad sê baie dankie Die Junior Stadsraad van Worcester en die BLACKBOKS 2014 Reëlingskomitee plaas hiermee ons opregte dank en waardering teenoor almal op rekord, vir hul aandeel in die sukses van ons rugbykompetisie verlede Saterdag. Ons mediaborge Standard en Vallei fm, Mediclinic, Sasko, Victoria Park Slagtery, HV Motors, Naude Bakstene, mnre Edson Marthinus, Colin Wilskut, Marius Onker, Johan Johnson, Cameron Pekeur jr, Boland Rugby Breërivierstreek, Worcester Minerals, Durbanstraat Apteek, deelne-

mende skole en die senior spelers wat onselfsugtig en groothartig bereid was om hul eie mediese koste te dra sou hulle beseer word. U almal se positiewe ingesteldheid jeens die liefdadigheidswerk van die junior stadsraad, gee ons jongmense vertroue en moed om voort te gaan met wat hulle doen in die gemeenskap.

ALISHA NAROTAM JUNIOR BURGEMEESTER C.P.BEUKES [PROJEKBESTUURDER] WORCESTER

Sondagoggend was vir my verkeerd toe ’n verkeersbeampte my beboet vir die verontagsaming van ’n geen u-draai teken voor die Poskantoor in Hoogstraat. Geen ander voertuig was naby nie en geen gevaar situasie is geskep nie. Jammer, meneer. Skuldig, R300 boete. Ek ry verder en vind ’n groot geel brandweerwa met vallende ligte voor ’n bekende kruidenierswarewinkel in die middedorp. Binne vind ek die beamptes besig om hul privaat aankope van kos, koeldrank en ander middele te koop. Saam verlaat hulle die winkel met hul sakke kruideniersware en ry weg met die brandweerwa (geen brand). Skuldig? Onskuldig? Boete? Die middag besoek ek ’n vriend in Kerkstraat en tot my verbasing sien ek dat georganiseerde sokker- en krieketwedstryde op Kerkplein plaasvind. Ondersteuners het hulle spanne luidkeels aangemoedig vanuit die koelte ongeag groot munisipale kennisgewingsborde waarop balspele ten strengste verbied word.”Vervolging sal plaasvind,” sê dit. Ek neem aan geen polisie- of verkeersbeampte het deur die loop van die middag gesien dat daar sportaktiwiteite op ons historiese Kerkplein plaasgevind het nie. Ek vra gevolglik die volgende vraag: Skuldig? Onskuldig? Boete?

Aan my skelm vriend My vriend, jy speel met vuur en gaan jou vingers lelik verbrand deur van kerkmense (veral jou suster se bure) te steel. Eers steel jy hul kind se fiets, maar dit was nie genoeg nie. Toe gaan steel jy hul vensterraam uit die hok. Jy is nou betrokke by bendebedrywighede, maar ek dink jy’s ’n lafaard, net soos die mense wat die gesteelde goedere by jou koop. As hulle dit nie doen nie, sal die mense in die plakkerskampe ’n soveel beter lewe kan hê. Hoe steel jy van mense wat jou nog nooit sleggesê of iets aangedoen het nie? Bly weg van ons plek, want ek gaan jou iets aandoen. Neem terug wat jy gevat het voordat jou lewe verder die afgrond in gaan.

VRIEND WAT OMGEE RIVERVIEW

VRA MAAR NET FAIRY GLEN

Nat steenkool, is dit ’n Aprilgrap? Dit het mos in die ou Transvaal ook gereën . . . Donderdag se kragonderbreking het Worcesteriete op die verkeerde voet gevang, humeure laat opvlam en onsekerheid gesaai. Om die probleem te vererger was talle kragopwekkers, wat in 2008 tydens die Groot Beurtkragonderbreking aangekoop is, so dood soos die dinosourus. Die kragopwekkers se batterye wou nie inskop nie, die brandstoftenk was leeg of die kragopwekker is doodeenvoudig nie in stand gehou nie. Dis te verstane, want niemand het in 2008 gedink dat Eskom ons vyf jaar later weer in donkerte gaan dompel nie. Trouens, mense het Donderdagoggend nie eens geweet dat die elektrisiteit vir ure afgeskakel gaan word nie. En dis juis wat Worcesteriete die joos ingemaak het, om dit sagkens te stel. Niemand het geweet hoe lank die

kragonderbreking gaanduurnie.Dithet gelei tot talle gerugte, veronderstellings en onsekerheid. Mense het gedink die storie dat die kragonderbreking veroorsaak is deur nat steenkool weens die swaarreënsindieNoorde’nversinsel van iemand se verbeelding was. Of ’n vroeë Aprilgrap. Dis mos nie die eerste keer dat swaar reën daar val nie. Dit het in die ou Transvaal ook op die steenkool gereën sonder dat dit gelei het tot kragonderbrekings in 60% van die land. Later, toe die krag weer aangeskakel is, kon ons op Eskom se webwerf vasstel dat drie kragonderbrekings per dag vir Worcester geskeduleer is. Donderdagaand hoor ek by ’n hoë bron in die plaaslike munisipaliteit

dat Worcester se elektrisiteit Vrydagoggend van 08:00 tot 11:00 afgeskakel gaan word. Soos ’n getroue slaaf lig ek my redakteur en kollegas in. En wat gebeur Vrydagoggend? Niks. Eskom laat weet dat genoeg elektrisiteit gespaar is, dankie. ’n Kollega, wat ’n gasstofie werk toe gebring het sodat haar medewerkers darem ’n koppie koffie kan geniet, kon dit weer huis toe neem. Sulke tye behoort elke besigheid op Worcester só ’n moederhen te hê. Iemand wat haar ontferm oor ander. Ons kan almal leer uit haar filosofiese, praktiese benadering. Dit sou egter gaaf wees as die nasionale kragvoorsiener ons volgende keer kan voorlig oor die donker-

te. Dan kan ons hout en ’n draagbare braai in die bagasiebak bêre of die pizzaplek se telefoonnommer byderhand hou. Pleks van handjies gevou sit en mor, kan ons gesellig om ’n vuurtjie of pizza kuier. Ons kan kropslaai, tamatie, uie en soetrissie in die tuin plant sodat ons ’n vars slaai saam met die braaivleis kan geniet. Dis ook ’n goeie geleentheid om fiks te word deur ’n ent te stap. Neem net ’n selfoon saam sodat jy jou onderneming se moederhen kan laat weet dat die krag weer aangeskakel is. Of gaan stap in die middedorp. Wanneer die verkeersligte weer werk, weet jy dis tyd om terug te keer kantoor toe. Dis net jammer sommige werkgewers is gebore pretbederwers. Dis nou diegene wat liewers die kragopwekker sal laat diens of kyk na ander alternatiewe kragbronne.


Standard

Promosie Promotions

13 Maart, 2014

Die tweede kommersiële Hotel op Worcester.

Lower Mills, die dorp se ou meule.

Tulbaghstr lank die buitewyk van dorp Tulbaghstraat is vernoem na Ryk Tulbagh, ’n goewerneur van die Kaap Kolonie wat tussen 1699 en 1771 gelewe het. In 1820 is daar ook ’n sub-drosty afgestig van die Tulbagh-distrik. Tulbaghstraat was die heel buitewyk van die dorp tot 1875 toe die spoorlyn gekom het. In die bestaan van Tulbaghstraat was daar vier boerderye: .Op die h/v Trappes- en Tulbaghstraat was die huis van Johannes Hendrikus Meiring (in 1821/22 gebou). Meiring was ’n ryk, Roggeveldse (nou Sutherland) boer en is as die pionier van die straat gesien. Dié huis is vandag nog te sien. .Die tweede boerdery, op die h/v Tulbaghen Adderleystraat, was dié van Dirk de Vos van die plaas De Doorns, wat hy in 1855 vir 2 400 pond gekoop het. Die boerdery het vanaf Adderleystraat al met Tulbaghstraat tot by Porterstraat gestrek. .Die derde boerdery het aan heemraad Wouter de Vos van Buffelskraal in die Hexvallei behoort, wat in die 1830’s die hele straatblok tussen Tulbagh-, Kerk-, Stöckenstroom- en Baringstraat besit het. De Vos se algemene handelswinkel waar hy sy produkte van Buffelskraal en die dorpsboerdery verkoop het, is op die hoek waar die Cumberland Hotel vandag is. .Die vierde boerdery het behoort aan Schalk Johannes Rabie van die plaas Wilgerivier, vandag bekend as Oude Schuur in Nuy.

Hoewel hierdie dorpsboerdery en tuishuis aan Riebeeckstraat gefront het (die Kaap Hollandse woonhuis aan die voet van die Riebeeckstraat-brug), het hierdie boerdery die helfte van die blok vanaf Riebeeckstraat al met Tulbaghstraat langs tot amper by Fairbairnstraat gestrek. Dié is dan ook die boerdery wat die langste gehou he, met die dat Johannes Christiaan Rabie (Schalk se seun) die boerdery oorgeneem het en tot 1930 nog op die grond met ’n kwota vir die KWV gepars het. .Inligting en foto’s verskaf deur Julian Kritzinger.

Dirk de Vos se boerdery in die 1880’s.

11

FOTO’S VERSKAF DEUR JULIAN KRITZINGER


12 Standard Worcester wine wins top award

Kalenderblad Calendar Page

13 Maart, 2014

South Africa’s definitive wine publication, Classic Wine, recently lauded winemakers of the Top Six Chenin Blancs at a special awards evening. The awards evening was held on 6 March at the Bread and Wine Vineyard Restaurant at Môreson in Franschhoek. During this ceremony it was announced that two of the top six wines came from the Worcester Wine and Olive Route namely the Albertus Viljoen Chenin Blanc (2012) and the Alvi’s Drift Chenin Blanc (2013). Known as one of the best winemakers in South Africa, Dr Alvi van der Merwe, produced the Albertus Viljoen Chenin Blanc. This specific white wine won the Classic Wine Chenin Blanc competition hands down with 5 stars. In addition to that the Alvi’s Drift Chenin Blanc 2013 won a four-star award and also found its place in the top six. Having two Chenin Blanc wines in the top six is no small feat. According to Van der Merwe his dream is to produce a world-icon wine to enhance the image of Worcester and South Africa. He also believes that their Chenin Blanc and white blend, CVC, was a strong point to start with. Van der Merwe started a general quality improvement plan on Alvi’s Drift, which he says was not an easy task. In the 90s he experienced a turning point in his life when he was exposed to the wine industry through a New Zealand winemaker, Clive Harnell. Harnell spent some time on Alvi’s Drift and made an important contri-

South Africa’s definitive wine publication, Classic Wine, recently lauded wine­ makers of the Top Six Chenin Blancs at a special awards evening. Having two Chenin Blanc wines in the Classic Wine Top Six and with one of them hailed as the winner – hands down – is no small feat. The proud winemaking team of Alvi’s Drift Wine Cellar are: Henk Swart, Linley Schultz, Dr Alvi van der Mer­ we and Anne van Heerden. bution to the upgrading of the wine cellars. A few years ago well-known Australian winemaker, Linley Schultz, Alvi’s friend and managing director of Alvi’s Drift Wines International, also assisted Van der Merwe to produce wines of an international standard, with the emphasis on well-aged wines. This motivated Van der Merwe to achieve the same level for the local market, though he realised it was not going to be easy. Van der Merwe has an interesting remark on winemaking. According to him winemaking is not a natural process, but more of an interference while making vinegar. He says the grapes must be picked at the perfect ripeness and before oxidation. Management of the yeast and temperature, pH control, choice and

handling of oak or lees are also very important. It is the ripeness of the grapes that ensures a great flavour in the glass. “I taste all the blocks of Chenin Blanc twice a week before harvest to find that sweet spot,” he said. Van der Merwe’s aim is to produce wines of elegance, full-bodied with a unique complexity. The Albertus Viljoen Chenin Blanc was created on the back of the success Alvi’s Drift achieved with the CVC blend. A very proud Van der Merwe believes this is an exceptional wine, but sadly the volumes are exceedingly limited, and not all will have the opportunity to treat their palates with this remarkable blend. If one does get a hold of a bottle, enjoy slowly and with much respect, for this is a wine to be remembered.

Wen kaartjies na Gloria Bosman Die talentvolle sangsensasie, Aardklop en Skouspel opgeGloria Bosman, tree 29 Maart tree. Gloria het ook deelgeneem aan Al by die Golden Daai Jazz. Valley Casino op. Haar vorige alDrie gelukkige bum, Emzini, lesers en hul metword gekenmerk geselle kry die deur haar fokus kans om kaartop eenvoudige jies te wen en BosAfrikaanse meloman ná die kondieë. sert te ontmoet. Haar mees onMet ’n genre langse album, wat strek van Briewe uit die jazz, fusion en hart, sluit gospelgospel is Bosman liedjies en ander nie net ’n talentnuwe liedjies in. volle kunstenaar Sangsensasie Gloria Kaartjies kos nie, maar ook ’n Bosman tree 29 R80 by die Cash sanger wat haar Maart by die Win­ Desk by Golden gehoor goed lees ners Action Bar by Valley. Die vertoen weet waarvan die Golden Valley ning begin om hulle hou. Casino op. 21:00. Haar debuutalLesers wat ’n kans wil staan bum, Rust, is bekroon met ’n SAMA vir Beste Nuweling. om kaartjies te wen en die Haar opvolgende vier albums sangsensasie te ontmoet, kan is vir verskeie SAMA-nomi- die woord “Bosman” na 34426 SMS voor 26 Maart 2014. nasies benoem. Elke SMS kos R1,50. Sy het al by die KKNK,

Skryf nou jou fraai kleinding in Dis weer tyd vir die Standard se babakompetisie. Skryf sommer nou jou oulike kleinding in. Aanloklike pryse wag op die wenners in die verskillende afdelings, asook vir die persoon wat die wenfoto instuur. Bring net ’n gesigfoto na die Standard se kantoor en handig jou inskrywing by Joyce Terblanche by die ontvangstoonbank in. Inskrywings kos R80 en sluit weekliks op Dinsdae om 12:00. Die foto’s sal in die Standard geplaas word sodat lesers hul wenners deur SMS-stemme kan kies. Kleingoed ding in twee afdelings mee: 0 tot 18 maande en 18 maande tot drie jaar. Lesers kan elke week in albei kategorieë stem vir ’n finalis uit die inskrywings van die week.

Vanjaar se borge is: Mountain Mill Mall (borg twee R150-geskenkbewyse), Super Foto (twee A3-afdrukke; twee A4-afdrukke; twee A5-afdrukke), Toys R Us (twee Reggies-geskenkbewyse van R500), Goudini Spa (tweenagverblyf vir ses mense in die luukse Slanghoek Villa), Butterfly World (vyf geskenkbewyse: twee volwassenes en twee kinders per geskenkbewys), Amy’s Parties (een partytjie vir 10 kinders), Beauty at Hearts en Leggs Toys (twee R100-geskenkbewyse). Stem vir jou keuse van die week vandat die Standard op straat verskyn tot die volgende Dinsdag om 12:00 deur “BABA”, gevolg deur die baba se naam, na 34426 te SMS. Elke SMS kos R1,50.

V A L L E I - K A L E N D E R ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem kom om 19:00 byeen by die Worcester United Church. Navrae: 0 083 635 1059. ) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie en geestesge­ sondheid kom om 17:00 by Kerk­ straat 33 byeen. Frances Crous: 0 023 342 4331 of 082 647 8883 of Bill Skinner: 0 023 342 1881. SATERDAG 15 MAART ) Rejoice – “Sing with Joy”. Gospel met ’n klassieke inslag on­ der leiding van Anna­Liza Fourie om 19:00 by die Klein Teater, Worcester. Kaartjies: R80 by Munnik Juweliers. Navrae: 2 in­ fo@rejoice.co.za of 0 083 375 6100. ) Die NG Moedergemeente se kerkbasaar begin vroegoggend by die kerkterrein. Meer inligting by dr. W.P. Burger: 0 023 347 2915. SATERDAG 18 MAART ) Hoërskool Robertson hou ’n straatete in Dirkie Uysstraat. Kos­ te: R150 per persoon vir ’n drie­ gang­steak­ete. Drag is semifor­ meel. Kaartjies beskikbaar by die skool en OOF­bestuur tot 6 Maart. Bring eie drinkgoed. Christolene: 0 084 701 4765. ) Die PPK Ebeg­gemeente in Rhodestraat bied ’n megasnoek­ en­hoenderbraai aan. Navrae of

bestellings by Paul Ruiters: 0 073 006 1598. VRYDAG 21 MAART ) Rieldansfees by Boland Park Stadion. Dit begin om 09:00. Meer inligting by Natalie Fortuin: 0 021 888 5178 of 2 nata­ liec@capewinelands.gov.za. TUESDAY 25 MARCH ) Absa Cape Epic Mountain bike challenge at McGregor from 08:30 – 13:30. Entrance free. Info: 0 023 347 0968, www.tourismmcgregor.co.za or 2 info@tourismmcgregor.co. SATERDAG 29 MAART ) Steve Hofmeyr tree om 20:00 by Worcester Gimnasium op. Kaartjies by Computicket. Na­ vrae: 0 084 059 3029. ) The multi­award winning sing­ er Gloria Bosman will perform at the Golden Valley Winners Ac­ tion Bar on 29 March. Tickets cost R80 each and are available from the Cash Desk at Golden Valley. The show starts at 21:00. SATERDAG 5 APRIL ) Die Halfpad Dans, ’n langarm­ opskop, vind om 19:00 in die Worcester­stadsaal plaas. Kaart­ jies kos R60 per persoon. Drag is semiformeel. Bring jou eie piek­ niekmandjie saam. Sara: 0 073 385 5078. Valleikalender: 0 023 347 0968 of 2 info@worcesterster


Standard

Gemeenskapsnuus Community

13 Maart, 2014

13

Junior stadsraad gee koerante vir bejaardes Die Standard se Borg-’n-Ouetehuisprojek het verlede week suksesvol afgeskop toe die Junior Stadsraad hul borgkoerante aan die Awendrus Tehuis vir Bejaardes en Huis Brevis oorhandig het. Die Junior Stadsraad het onderneem om vir die volgende vier weke 25 koerante per week aan elk van dié ouetehuise te skenk. Dalene Fortuin, die Awendrus Tehuis vir Bejaardes se bestuurder, sê die skenking

word opreg waardeer. “Die bejaardes is al gewoond om elke Donderdagoggend ’n Standard te kry en te lees. Vir die afgelope paar weke het ons nie ’n borg gehad nie en kon net twee koerante bekostig wat gedeel moet word,” het sy gesê. Toe die Standard by Awendrus aankom kon die bejaardes nie wag om hul hande op ’n koerant te kry nie. Na `n inspirerende praatjie deur die provinsiale direkteur van Aged in action, Irene

Op die foto is die waarnemende junior burgemeester, Jean Johnson, raadslid Mushfiqua Cerfonteyn, Ihron Beukes, Bok­kaptein wat die wedstryd gewen het en Rochelle van Rhyn van Awendrus, saam met van die bejaardes. FOTO: MATTHEW SHELDON

Snell-Caroll, by die jaarlikse oriënteringsprogram van die Junior Stadsraad (JSR), is daar besluit om “youth care for the aged” een van die JSR se dienslewering-temas vir vanjaar te maak. Die Blackboks rugbydag was ’n fondsinsameling vir die werksaamhede van die JSR en as eerste bydrae word ’n maand se Standards gratis voorsien aan twee ouetehuise in Worcester. Die junior raadslid vir Gemeenskapuitreiking, Mushfiqua Cerfonteyn, het ’n program aangekondig waarvolgens leerders voorleeswerk uit die koerant, boeke en Die Bybel sal doen vir sowat een uur per middag by

Awendrus, vir mense wat ’n behoefte daaraan het. Die program mag uitgebrei word na ander tehuise sou genoeg leerder-vrywilligers gevind word. Die projekbestuurder van die JSR, Charles Beukes, het groot lof vir die rugbyspelers van die skole en klubs wat aan die sportdag deelgeneem het en sodoende die skenking vir gemeenskapswelsyn moontlik gemaak het. “Die spelers was onselfsugtig bereid om die risiko van beserings te trotseer omdat hulle omgee vir die minder gegoedes in hul gemeenskap,” het Beukes gesê.


14

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

13 Maart, 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

STERFGEVALLE 1005

HOFFMAN, ELIZABETH. Mamma, we will cherish your memories and you will forever live in our hearts. Children, grandchildren and great grandchildren. HOFFMAN, ELIZABETH. Elize, I will miss you and love you forever. Loving husband Freddie. MALAN, ISANDRO. To the world you were a friend. To us, you were our world. You gone too soon, but we accept it very humbly. Rest in peace brother. Love, Veronique and Aiden. MALAN, ISANDRO. Tragies van my af weggeneem. Ek sê dankie vir die Here vir die tyd wat Hy vir jou aan my geleen het. Daar sal altyd mooi herinneringe wees. Jy was baie spesiaal, Isandro. Met trane in my oë neem ek afskeid tot ons weer ontmoet. Van jou meisie, Shanead (Blom), Aunt Adelaide, Ashmeeca en Chloé. MALAN, ISANDRO. A remarkable brother gone too soon. We will treasure the good memories. Rest in peace, brother. Love, Pieter, Salomé and Lekeasha.

HOORN, MAGRIETA. Dankie Mamma vir die kosbare herinneringe. U was ons steunpilaar, ons rots. Baie lewenslesse kon ons leer. RIV. Van Ilje, Elton en Kelly-Ann. HOORN, MAGRIETA. God het die pyn geken en kom stil maak. Gun jou die ewige rus, my vrou. Mis jou alreeds. Van jou man Benjamin. FAROA, GLADYS. Jy was 'n ma, vriendin duisend, kon nie vir beter gevra het nie. Dit is nog so onwerklik vir my, maar ek weet God het 'n doel met alles in die lewe. Ek gaan jou vreeslik mis. Met liefde sal ek jou onthou. Van Sophia Moses.

ELIAS, ROSETTA G. 'n Jaar van ons geneem. Mis jou steeds. Jy sal altyd in ons harte bly. Van Eliasgesin. GELUKWENSINGS 1030

FORTUIN, ANDRIES. Gelukkige 60ste verjaardag. Van vrou, kinders en kleinkinders.

MARINUS, LUZAAR. Jou stil glimlag sal ons altyd onthou. Van Hermanus- en Hendricks-gesin.

BAIE geluk met Pa se 60ste verjaardag 13.03.2014. Van Cedric, Celeste, Joshua en Cedleigh.

IN MEMORIAM 1015

MALAN, ISANDRO. With much sadness we say goodbye to our beloved SCHROEDER, ESMINA. son, brother and uncle. Missing our mum everyRIP. Love, Mommy, Pa, day, especially on her sisters and grandmother. birthday. MALAN, ISANDRO. There are some memories in life that remain for a short while. Others stick with you forever. All the times spent with you are sweet memories for the rest of our lives. Rest in peace brother. Love Enesty, Laurencia and children. PIETERSEN, KENNETH. There came a call from HOORN, MAGRIETA. heaven. Earth's loss is Mamma het die stryd heaven's gain and God calgestry. Die wedloop volein- led him back home again. dig en die vergoeding is die His mission was accomkroon. Ons gaan Mamma plished. Happy birthday to mis. RIV Van Du Toitmy loving husband Kengesin. neth. See you in the rapture. Your wife Beba, HOORN, MAGRIETA. children and grandchildren. Ons het gehoop Mamma gaan huis toe kom, maar God het besluit om Mamma na Sy huis te neem, waar Mamma verlos is van die pyn en lyding. Van Bennita en kinders. HOORN, MAGRIETA. Mamma ons gaan u baie mis. Dankie vir die lewenslesse wat u ons geleer het. DARIES, LENIE SOPHIA. Gest. Van Adam en gesin en 16.03.2012. 2 jaar weg van Bennitt en gesin. ons. I hide my tears when HOORN, MAGRIETA. I say your name, but the Mamma ons as kleinkinpain in my heart is still the ders en agterkleinkinders same. Though I smile and is dankbaar vir God vir die seem carefree there is no tyd saam met Mamma. Die one who misses you more gemis is groot. Mamma is than me. Love, Tyron and veilig by die Here. Nazley.

RAAI wie is 21?

LUCIANO BOSMAN word 1 jaar oud op 13.03.2014. Baie geluk, Boeta. Van Daddy, Mammie, Anel en Eldene Bosman.

RAAI wie het verjaar op 4 Maart? Oupa se Pokkel.


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

13 Maart, 2014

DIENSTE

GESOEK

BETREKKINGS 2425

2420

GESOEK 6 of 12m vraghouer. Kontantkoper. Sel 083 702 2826. EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

PERSOONLIKE DIENSTE

SAKE

LENINGS

GELEENTHEDE 2415

1445

AFFORDABLE loans; consolidations. R10 000R120 000. 5 min pre-approval. Same day pay-out. Fiona 082 422 2271. BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumsum only). Ph. (021) 949 0930. PERSOONLIK

CHOCOLATE MNFG/SWEET DISTRIBUTION/MEDICAL AID KITS. Start your own new business. Successful Opportunities. Profitable. Work from home. Myer 012 547 5767, mberman@telkomsa.net. DIENSTE 2420

1460

BLOEKOMBOS. 1-slaapkamerwoonstel vir 'n jong enkel persoon. Baie igk, toesluit motorafdak, diefwering. Deposito R2 300 plus R2 300 per maand. Krag addisioneel. Geen troeteldiere. Kontak 084 516 6947.

MEUBELVERVOER. N.J. (Otto). 20 jaar ondervinding. Persoonlike toesig. Enige trek. 082 708 9447/ 023 342 0286. CARWASH (behind King Cycles). R50. Restoring headlights to new R100. Wash and go R30. 072 423 4427. SPRAYPAINTING. Proffsionally done at reasonable prices. Repair accident cars also. Starting from R4 000. 072 473 4427.

TE HUUR 3205

VERSKEIE wonings te huur: www.rentbay.co.za

3600

BETREKKINGS GESOEK 3670

BETREKKING gevra. 20 jaar ondervinding in telebemarking, ontvangsadmin- en uitstekende kliĂŤntediens. SAP geregistreer. Halfdag of voldag. Skakel Joyce by 084 4076 390. INGENIEURSWESE 3655

DIGGER Loader en Escavator Operateur benodig. 082 895 0674/083 227 6415.

15

ALGEMEEN

ALGEMEEN 3680

3680

EXPERIENCED meat packer and cashier wanted. Drop CV's at DC Meat, 121 Durban Street. 023 342 2278.


16

Standard

13 Maart, 2014

Geklassifiseerd Classifieds


Geklassifiseerd Classifieds

Standard 13 Maart, 2014

17


18

Standard

Skole Sport School Sport

13 Maart, 2014

Boland-Oos naaswenner in KSA-toernooi Die Boland-Oos Krieketspan het tweede geëindig in die onlangse KSA Nasionale Platteland Toernooi wat in Kimberley plaasgevind het. KwaZulu-Natal is as die wenners van die toernooi aangewys, omdat hulle twee punte meer na die toernooi gebring het. Nadat die Boland-Oos-span vir die derde agtereenvolgende jaar vir die toernooi gekwalifiseer het, was die span vol vertroue om weer goed te doen. Boland-Oos het uitgeval toe hulle teen Noordwes met ses lopies verloor het. Die span was verlede jaar onoorwonne in Polokwane en het die toernooi gewen. Op dag een van die toernooi het BolandOos eerste teen Griekwas gekolf en 173/10 in 49 boulbeurte op ’n kolfblad wat die boulers bevoordeel het, aangeteken. Danico Philemon (40) en kaptein Werner Moolman (55) het die lopies aangeteken. Die tuisspan kon slegs 136 lopies aanteken. Tashwin Lucas (3/32) en Freddie Brookes (3/35) was die boulers wat die paaltjies geneem het.

Op dag twee moes KwaZulu-Natal (KZN) 271 lopies aanteken, nadat Brandon Erasmus (83*), Philemon (74) en Warwick Abrahim (36 van slegs 16 balle) op ’n mak kolfblad die lopies aangeteken het. Dit was veral Abrahim wat met goeie houespel die oog gevang het. KZN kon slegs 187 lopies aanteken. Ferisco Adams Brookes (3/35) en Brandon Erasmus (3/26) was uitstekend. Gauteng het 191/10 op dag drie aangeteken. Ferisco Adams (4/28) en Erasmus (3/35) het die paaltjies geneem. Ferisco Adams (54), Freddie Brookes (34) en Brandon Erasmus (23) het teen goeie draaiboulwerk en uitstekende veldwerk Boland-Oos met drie paaltjies laat wen. Boland-Oos het die span van Limpopo tot 216/7 in die voorlaaste wedstryd van die week beperk. Raymond Nonnies (2/26) en Brandon Erasmus (2/31) het goed op ’n betreklike klein buiteveld geboul. Erasmus (96*) en Adams (62) het verseker dat die wedstryd binne 40 boulbeurte gewen is. Noordwes het op die laaste dag 198/6 in 50 boulbeurte aangeteken. Adams (6/51) en

Brookes (2/24) het op die groen blad die paaltjies geneem. Boland-Oos was goed op pad om ook dié wedstryd te wen, toe reën ná 23 boulbeurte en die telling op 109/2 uitgesak het. Tot aan die einde van die wedstryd was die Duckworth Lewis-stelsel en die reën die bepalende faktore vir die uitkoms van die wedstryd. Volgens Moos Nicholas, afrigter van Boland-Oos, het die weersomstandighede die veldwerkspan meer bevoordeel. Danico Philemon (38) en Warwick Abrahim (79*) was die kolwers wat die lopies aangeteken het. Noordwes het die toestande uitstekend gebruik. Boland-Oos het met ses lopies verloor. Nicholas, wat besluit het om uit te tree as afrigter, sê hy is bly dat hy deel kon wees van ’n wonderlike groep jongmense wat werklik alles gedoen het om dit vir hom maklik te maak. Hy sê: “Dit is waar die sleutel tot krieketsukses opgesluit is en ek doen ’n beroep op klubs om ernstig betrokke te raak by afrigting van spelers op alle vlakke van skolekrieket.”

WENSPAN: HTS Drostdy se eerste rugbyspan het Maandagaand 10 Maart teen die Argen­ tynse toerspan op Trappespark gespeel. Drostdy het die wedstryd 28­20 gewen.

WINNING TEAM: The Worces­ ter Rotary Club recently held its annual golf day at the Worcester Golf Club to raise funds for the Sinethemba Eliza­ beth Children’s Home and Nu­ we Hoop. The club raised about R72 000. Frank Vos Mo­ tors won the golf day. One of the organisers, Michael Meyer (far right), poses with the win­ ning team from left: Willie Mulder, Petrie Mulder, Nico Vos and Francois Hugo.

STEWIGE TOUTREKKERS: Leerders van die Hoërskool Goudini het ’n bronsmedalje gedurende die Westelike Provinsie (WP)/ Boland Tou­ trek­kampioenskap in die 230 kg­afdeling verower. Voor (van links) is Andrya Stofberg, Millo Camara, Fran­ nie Agenbag, MC Crocker, Retief Viljoen en Janiël Brink. Agter is Hesmaré Myburgh en Eva Smit.

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

PHOTO: MATTHEW SHELDON

BREEDE EIENDOMME Pragwoning in gesogte woonbuurt

Dié pragwoning in Panorama spog met drie ruim slaapkamers met ingeboude kaste, twee volledige badkamers, asook ’n binnebraai. Die kombuis is toegerus met ingeboude kaste en stoof. Die ruim erf is omhein en het ’n elektroniese motorhek met ’n dubbelmotorhuis. Nog ekstras sluit besproeiing en

twee lugreëlaars in. Die woning het ’n praguitsig op die Bolandse berge en is digby die Karoo Botaniese Tuine geleë. Realtors International bied dié nuwe vrystelling aan. Belangstellendes kan Realtors se uiters professionele agente, Nicolene by 0 083 557 1384, of Carene by 0 084 577 3858, bel.


Standard

Sport Sport

Gholf Bonnievale (72): Enkel-stableford: A. van Wyk 35, N. Beukes 35, F. van der Merwe 35, M. Botha 33, N. van Zyl 32. Ceres (72): Enkel-stableford: J. Blindeman 65, H. Hewitt 66, C. du Toit 69, F. Pietersen 70, L. Pilecci 71, H. van der Berg 71. Montagu (72): Houespel: J. Conradie 64, R. Bruwer 65, P. Decker 66, S. Steyl 67, K. Esterhuyse 68, W. Gassauer 70. Robertson (72): Samespel-stableford: A. du Toit en H. Kleinhans 53, G. Schwegmann en W. Smit 49, M. Gouws en D. de Wet 49, H. Sheun en H. Sheun 49, L. Cilliers en D. Conradie 48, N. Retief en A. Smuts 47, P. Winterbach en J. Geldenhuys 46, J. Theron en W. Retief 46, C. Cloete en J. Gelderblom 46. H. Doms en P. Spiller 45. Theewaterskloof (72): Samespel-stableford: Vermenigvuldig: G. van Rooyen 59, T. Grobbelaar en G. Grobbelaar 63, B. Adams en A. Cook 64. Worcester (72): Klubkampioenskapstoernooi: Afd A: M. Grove 157, J. Vlok 157, W. Erasmus 158. Afd B: H. du Plessis 162, L. Hugo 173, N. du Plessis 179. Afd. C (individuele stableford): K. Cloete 32, D. Mitchell 32, H. Wolfaardt 32. Samespel-stableford: P. Eloff en K. Cloete 50, P. Rosseau en K. Hanekom 48, I. de Villiers Viljoen en P. Rosseau 47, J. Naude en L. Naude 46, A. Jacobs en N. du Plessis 46.

13 Maart, 2014

Vriendskaplike wedstryd eindig 1-1 MATTHEW SHELDON Esselen United het die afgelope Sondag 9 Maart in ’n vriendskaplike wedstryd teen Manchester United met 1-1 gelykop gespeel.

Krieket Boland (Premierliga): Robertson t. Coronation: ROBERTSON 85 (D. Erasmus 34, 1x6, 3x4,; Don Hendricks 3/12, Andries Breedt 2/7, Enslin Williams 2/8, Charl Cyster 2/20). CORONATION 86/3 (Theo van Wyk 25, 2x6, 2x4). Coronation wen met sewe paaltjies. Rugby Gemeenskapsuitdaag-toernooi: Hawston 17 (7), Ceres 10 (0): HAWSTON- Drieë: Heinrich Roberts, Cameron Plaatjies. Doelskoppe: Roland Swartz (2). Stafdoel: Swartz. CERES- Drieë: Damien Vermeulen, Rudie Dumas. Villagers Worcester 16 (8), Saldanha 12 (9): VILLAGERSWORCESTER- Drieë: Girchen Wentzel, Ashley Dryden. Strafdoele: Yazeed Johnson (2). SALDANHA- Strafdoele Anthony Botha (4).

19

Esselen United het die afgelope Sondag 9 Maart in ’n vriendskaplike wedstryd teen Man­ chester United met 1­1 gelykop gespeel. FOTO: MATTHEW SHELDON

Die twee spanne het mekaar in die Esselenpark-stadion gepak. Dit was Esselen United wat in die eerste paar minute goeie aanvalle van stapel gestuur het, maar hul pogings na die doelhok het misluk. Hierna het Manchester beheer oorgeneem en meeste van die balbesit geniet. In die 20ste minuut is hy beloon toe regtervleuel Cameron Tondt die bal van die kantlyn na die doelhok aanstuur en Manchester se middelveldspeler Theo Simons met ’n kopskoot die bal verby Esselen United se doelwagter, Dillen Hendriks, geskop het. Dit was die eerste doel van die wedstryd. Die rustydtelling was 1-0 in Manchester se guns. Ná rustyd het Esselen United meer druk op Manchester begin plaas, maar sy verdediging het gehou. Esselen United het egter sy tempo versnel en is met ’n doel beloon om die telling op 1 elk te staan te bring. Manchester se doelwagter, Dillen Hendriks, is aangewys as die speler van die wedstryd ná sy uitstekende vertoning.

HTS Drostdy Krieket: o.15A speel teen Boland Landbou en Boland Landbou kolf eerste en teken 157 lopies vir 4 paaltjies aan. Drostdy antwoord met 110 lopies en verloor met 47 lopies. Rugby: Die volgende rugbyspelers is in die Elite Boland-oefengroep opgeneem: o. 18: Emile Opperman, Roy Brink, Zandré Fernhout, Tiaan Smuts, Robert Hunt, Edward Haas en Evan Booysen, Willem Augustyn en Earll Douwrie. o. 16: Bronlee Mouries en Lynthen Barties. Die eerste rugbyspan het ’n suksesvolle dag by Hopefield se sportdag beleef. Hulle wen al drie wedstryde en staan geen punt teen hulle af nie. Tellings: Wen Charlie Hofmeyer 10-0; wen Vredenburg 20-0; wen Hopefield 20-0 Op Maandag 10 Maart speel die eerste rugbyspan ’n wedstryd teen ’n Argentynse toergroep op Trappespark en wen 28–20. Toutrek: Drostdy het die naweek aan die WP/Boland toutrekbyeenkoms deegeneem: In die ses gewigsafdelings vir seuns wen Drostdy 6 goue, 4 silwer- en 2 bronsmedaljes. In die drie gewigsafdelings vir meisies wen Drostdy 2 goue en 2 bronsmedaljes. Drostdy het vanjaar agt spanne wat provinsiale kleure verwerf, die WP/Boland-kampioene is, en Boland op die SuidAfrikaanse Kampioenskap in George gaan verteenwoordig. Toutrek: Uitslae: (Seuns) 400 kg: - 1ste, 2de, 3de 440 kg: - 1ste, 2de 480 kg: - 1ste, 2de 520 kg: - 1ste 560 kg: - 1ste, 3de 600 kg: - 1ste, 2de Uitslae: (Meisies) 520 kg: - 1ste, 3de 480 kg: - 1ste, 3de

Race one: Maiden Plate; 1 000 m; (13.30) 1. Muskets ’n Roses (3) 2. Simply Black (2) 3. O’Chee Pan (1) 4. Epicentre (5) Race two: All To Come Maiden Juvenile Plate; 1 400 m; (14.05) Aspen (1) Race three: Maiden Juvenile Plate (fillies); 1 400 m; (14.40) 1. Paradise Horse (6) 2. Elusive Stars (2) 3. Sweet Parade (11) 4. Black Chrome (1) Race four: Soccer 6 FM 80 Handicap; 1 600 m; (15.15) 1. Supreme Sunset (6) 2. Going My Own Way (4) 3. Vale (9) 4. London Theatre (7) Race five: Open Handicap (MR 88); 1 800 m; (15.55) 1. Das Beste (10) 2. Nordic Jet (7) 3. Man From Japan (5) 4. Epic Tale (6) Race six: The Marco Polo Club FM 84 Handicap; 1 200 m; (16.35)

1. 2. 3. 4.

Aksaray (12) Queens Music (3) Skipping Gal (11) Ignition Lady (14)

Race seven: Open Handicap (MR 80); 1 000 m; (17.10) 1. Gulf Storm (1) 2. Daring Dave (4) 3. Tour de Var (7) 4. Eastern Front (6) Race eight: Maiden Plate (F & M); 1 000 m; (17.45) 1. House Of Lorraine (2) 2. Chestnut Dancer (1) 3. Black Banca (AUS) (11) 4. Tequila Fizz (6) Place Accumulator: 1 x 6,11 x 4,6,9 x 4,5,6,7,10 x 1,3,11,12,14 x 1,4 x 1,2. Jackpot: 3,4,6,7,9 x 1,2,3,4,5,6,10 x 1,3,12,13,14 x 1,4,6,7. Pick 6 (10c unit): 6,11 x 3,4,6,7,9 x 1,2,3,4,5,6,10 x 1,3,12,13,14 x 1,4,6,7 x 1,2,6,11.

DOELTREFFENDE SPELERS: Glenview Aces het op Sondag 2 Maart in ’n Safa SAB­liga wedstryd op Esselenpark teen Jamestown van Stellenbosch met 4­0 vasgeval.

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE


13 Maart 2014

McGregor chosen McGregor set such high standards at the Absa Cape Epic Mountain bike challenge route in 2013 as a spectator and supporters station that it has been chosen to host it again. Riders voted McGregor as having the best reception and the town has big plans for this year. The event is broadcasted worldwide and promises a carnival atmosphere, food stalls, local entertainment and fun for the whole family. Come and join the fun on Tuesday 25 March at 08:30 to 13:30 in Voortrekker Road, McGregor. Entrance is free. For more information contact McGregor Tourism on www.tourismmcgregor.co.za or info@tourismmcgregor.co.za or phone them, 0023 6251 954

Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag 8 Maart in ’n vriendskaplike wedstryd vir United Bulk Villagers van hulle voete af ge­ speel toe hulle met 37­19 geseëvier het. FOTO’S: MATTHEW SHELDON

RUGBY: VILLAGERS DELF ONDERSPIT

Persies oorheers wedstryd Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag 8 Maart in ’n vriendskaplike wedstryd vir United Bulk Villagers van hulle voete af gespeel toe hulle met 37-19 geseëvier het. In ’n volgepakte stadion en mooi weersomstandighede is die skare vermaak met pragtige rugby, uit die boonste rakke. Persies het reeds vroeg in die wedstryd druk op Villagers geplaas en ’n strafskop afgedwing. Persies se losskakel, Rico Thompson, het

Nog ’n greep uit die wedstryd tussen Wor­ cester Perseverance en United Bulk Villagers.

geen fout met die skop gemaak nie en jaag die bal deur die pale om die telling op 3-0 te staan te bring. Na die afskop het Persies die bal goed beheer en sy jong begeesterde voorspelers het tot in Villagers se 22-gebied gedryf. Hierna het Persies se haker, Grandville Willemse, die bal gekry en ’n drie gedruk. Die doelskop was onsuksesvol. Die telling is toe 8-0 in Persies se guns. Met die momentum in Persies se guns, het hulle vir Villagers op hul agtervoete gehou en die een aanval na die ander van stapel gestuur. Oomblikke later het Persies vir Villagers gedwing om foute te maak en het weer eens ’n strafskop gekry. Persies se Thompson voeg nog drie punte by om die telling na 11-0 te laat skuif. Villagers het egter nie gaan lê nie. Kort hierna het Villagers se flank, Jason Basson, die bal gekry en ’n onverdoelde drie gedruk. Die telling is toe 11-5 in Persies se guns. Weer eens na die afskop het Persies die bal bemeester en sy agterspelers het die bal lustig rond gegooi. Persies se vleuel, Alvizo Williams, het 40 m gehardloop om ’n drie te druk. Thompson het geen fout met die doelskop gemaak nie. Die rustydtelling is toe 18-5. Na rustyd het Villagers met meer vuur gespeel en, met sy swaar pak voorspelers, het hy Persies ver teruggedryf en dit is toe dat Villagers se senter, Sandro Issel, gaan druk

het. Villagers se skrumskakel, Gilbert Abrams, het geen fout met die doelskop gemaak nie. Die telling is toe 18-12. Kort hierna het albei spanne die bal lekker rond gegooi en het van die een kant na die ander kant van die veld gehardloop. Persies het meeste van die aanvalswerk gedoen en stuur sy agterlyn weg. ’n Pragtige breekslag deur senter Eric Galant, wat die bal aangee vir Alvizo Williams, lei tot sy tweede drie. Thompson het verdoel en die telling is toe 2512. Hierna het Persies begin om die hele veld vol te speel. Dié span het sy vinnige agterlyn goed benut en die mooiste van drieë volg toe senter Janewill April 60 meter teen die kantlyn af hardloop en gaan druk. Die telling is toe 30-12. Villagers het besef dat die uurglas uitloop en het die een aanval na die ander van stapel gestuur. Persies se verdediging het gehou, maar het egter ’n teenaanval geloods en haker Grandville Willemse het toe sy tweede drie gedruk. Thompson maak seker met die doelskop om die telling op 37-12 te staan te bring. Villagers het uiteindelik in die doodsnikke ’n drie gekry toe agtsteman Edward Lange gaan druk en losskakel William Ryneveld verdoel het. Die eindtelling is toe 37-19. Eerskomende Saterdag 15 Maart reis Persies na Stellenbosch. Die bus vertrek om 11:30 vanaf Esselenpark-stadion. Vervoer beloop R40.

Worcester­span kraai koning in 4e

KAMPIOENE: Die Worcester Rolbalklub se span van Peter Lamb, Toe­ kie Muller, Hugo Stofberg en Jan Fouché, het einde verlede jaar se Boland Seniors Viere gewen. Christof Ballack moes op die laaste dag van die kompetisie instaan vir Stofberg. Die Worcester Rolbalklub, wat teen verskeie dorpe in die Boland­streek gespeel het, het al hul wedstryde gewen. Volgens Jan Fouché, die span se skip, is hulle baie trots op hul vertonings. Hy sê “dit is ’n groot prestasie om die Boland Seniors Viere te wen”. Die Boland Seniors Viere is ook in 2011 deur Les Bradley, Peter Lamb, Hugo Stofberg en Jan Fouché van Worcester, gewen. Elke Dinsdag om 16:00 word die Blindes en Dowes afgerig en kry ook ’n kans om aan die sport deel te neem. Indien daar mense is wat rolballe en wit klere vir die Dowes kan skenk, kan hulle in verbinding tree met Joggie Mentc by die Rolbal­ klub. Hier (van links) is Lamb, Stofberg, Fouché en Muller.


Worcester standard 13 mar 2014