Page 1

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 12 September 2013

Prys: R4.90

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Papenfus reageer op bewerings 2

Strikers disrupt main road traffic 3

Zille lauds sign language project 4

Sowat 700 betogers het gister (Woensdag) vreedsaam buite die hofgebou gewag op nuus oor die borgaansoek van die beskuldigde in die verkragtingsaak van ’n babameisie en sewejarige seun. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

CERES-VERKRAGTINGSAAK: AANSOEK OM BORGTOG LAAT VAAR

Beskuldigde was uit op parool HILDERINE SCHRÖDER

Die verdagte in die opspraakwekkende verkragtingsaak van ’n vier maande oue baba en sewejarige seun was uit op parool toe hy vir dié voorval in hegtenis geneem is. Eric Ntabazalila, Wes-Kaapse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gister (Woensdag) buite die hof gesê die beskuldigde het weens oortredings

Donderdag 18 ° C

Mooiweer

van sy paroolvoorwaardes nou sy parool verbeur. Ntabazalila het ook bekend gemaak dat die verdagte in Augustus verlede jaar drie jaar tronkstraf opgelê is ná hy skuldig bevind is aan poging tot verkragting. Hy het ’n gedeelte van dié vonnis uitgedien voor hy op parool vrygelaat is. Hy sal nou die res van sy vonnis uitdien en sal eers in Augustus 2015 vrygelaat word. Die 25-jarige man se regsverteenwoordiger het gister (Woensdag) ook in die Ceres-landdroshof gesê

Vrydag 19 ° C

Mooiweer

dat hy sy aansoek om borgtog laat vaar. Hy het geen rede hiervoor gegee nie. Sowat 700 betogers wat buite die hofgebou saamgedrom het, het spontaan gejuig toe hulle meegedeel is dat die verdagte nie op borgtog vrygelaat sal word nie. “Hy moet toegesluit word en hulle moet die sleutel weggooi,” het Joyce Phungalula van die ANC-vroueliga gesê. Barbara Gxenya van die Metodiste Kerk in die Kaap het gesê die ver-

Saterdag 16 ° C

kragting van die baba en seuntjie laat mense met ’n gevoel van wantroue teenoor hul medemens. Die kerkgroep het hom oor die babameisie en haar ouers ontferm terwyl die kindjie steeds in die Rooikruis Kinderhospitaal aangesterk het. “Ek het by die hospitaal aangekom en hierdie oulike dingetjie gesien. My vraag is hoe kan ’n groot man iets aan só ’n klein babatjie doen?” het Gxenya gesê. Die kindjie is intussen ontslaan. Die staat het versoek dat die saak

Bewolk met buie (30%)

Sondag 16 ° C

teen die beskuldigde uitgestel word omdat daar nog gewag word op DNSuitslae. ’n Uitkenningsparade kan moontlik ook nog gehou word. Forensiese sielkundiges het egter bevind dat die sewejarige seun steeds te getraumatiseer is om in dié stadium enige uitkennings te doen. Die beskuldigde, wat sy gesig met ’n blou handdoek bedek het, staan tereg op aanklagte van verkragting sowel as ontvoering. Landdros Jacob Mepomie het die saak uitgestel tot 9 Oktober.

Bewolk met buie (30%)


2

Standard

Nuus News

12 September, 2013

DOV moet nou besluit oor Flippie Engelbrecht-saak HILDERINE SCHRÖDER Daar word gewag op ’n beslissing van die Direktoraat van Openbare Vervolging (DOV) oor hoe die hofsaak voortgesit sal word waarin wyle Johnny Burger van die Rietvallei Wynlandgoed een van die beskuldigdes was. Burger se medebeskuldigde, Wilhelm Treurnicht, moet op Vrydag (13 September) weer in die hof verskyn. Hulle het saam tereggestaan op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer vir die beweerde aanranding van Flippie Engelbrecht in 2008. Die saak is aanvanklik teruggetrek, maar is in Julie vanjaar heropen.

Volgens Sakkie Krouwkam, Treurnicht en wyle Burger se regsverteenwoordiger, word nou gewag op ’n beslissing van die Direktoraat van Openbare Vervolging (DOV) ten opsigte van die verloop van die res van die saak. Dit kom ná Burger se dood verlede week skokgolwe deur die Breederiviervallei gestuur het. Volgens die polisie het hy homself verlede Dinsdagoggend (3 September) geskiet. Daar was ook sedert die naweek berigte in die nasionale pers dat Engelbrecht se beserings moontlik nie die gevolg van die beweerde aanranding was nie. Engelbrecht se regsadviseur, Carina Papenfus van die Freedom Trust, beweer Engelbrecht kry epileptiese aanvalle sedert sy beweerde aanranding in 2008, dat hy blind

gelaat is ná ’n operasie om drukking op sy brein te verlig en dat hy albei sy hande verloor het ná hy tydens ’n epileptiese aanval in ’n konka geval het. Die nasionale Sondagkoerant Rapport het die naweek berig dat Engelbrecht lank voor die beweerde aanval reeds epileptiese aanvalle gekry het en dat ander feite oor Engelbrecht se gebreke nie strook met dít wat Papenfus tot dusver beweer het nie. Papenfus het dié bewering ten sterkste ontken. “In verklarings wat die bsekuldigdes uitgereik het, is gesê Engelbrecht was gesond toe hy Rietvallei verlaat het, dít strook nie met nuwe bewerings dat hy vroeër al epileptiese aanvalle gekry het nie,” het sy gesê. Carl Opperman, hoof- uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap,

het in reaksie op die mees onlangse berigte gesê dit is “ironies dat die saak dieselfde pad loop as dié van die een destyds in Rawsonville”. In dié saak in 2006 het ’n vrou ’n klagte van verkragting teen drie boere en ’n plaaswerker ingedien, sê Opperman. “Die rolspelers is dieselfde: nie-regeringsorganisasies wat media-aandag soek. Dieselfde mense ondersteun die saak en woon hofverrigtinge by,” het Opperman gesê. Die saak teen die Rawsonvilleboere is laat vaar ná Anneline Davids, toe 22 jaar oud, erken het dat sy oor die beweerde verkragting gelieg het. Volgens Opperman is Engelbrecht ’n slagoffer wat misbruik word in ’n politieke speelarena. “As daar breedweg gekyk word na aantygings teen boere, gebeur dit

Ernstige sake wéér uitgestel

DRYF TOERISME: Breedekloof Wyn en Toerisme (BWT) het onlangs sy nuwe direksie vir 2013–2014 gekies. Hier (voor) is Ferdinand Appel, Melody Botha (hoof- uitvoerende beampte van BWT) en Charmaine Carstens. In die middel is TC Botha (voositter), Ernst Stofberg, Sakkie du Toit en Johan Linde (ondervoorsitter), Agter is Pieter Stofberg. Afwesig: Hugo le Roux en Katy Vass. Linde, Appel en Pieter Stofberg is verantwoordelik vir kelder-aktiwiteite, Carstens, Du Toit en Ernst Stofberg vir toerisme, Le Roux, Vass en Pieter Stofberg vir menslike hulpbronontwikkeling en Appel vir finansies. FOTO: VERSKAF

HILDERINE SCHRÖDER

Dissiplinêre stappe teen Staggie ná ‘vonds’ in sel HILDERINE SCHRÖDER Die voormalige leier van die Hard Livingsbende, Rashied Staggie, word deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar. Dit volg nadat daar onlangs op onwettige items beslag gelê is in die sel wat hy met sowat 30 ander gevangenes in die departement van korrektiewe dienste se Breederivier Bestuursarea (voorheen die Worcester-gevangenis) deel. Die Standard het verleede week berig dat ’n interne ondersoek van stapel gestuur is ná daar glo tik, geld en ’n selfoon in Staggie se

altyd in die aanloop tot ’n verkiesing,” sê Opperman. Papenfus het ontken dat daar enige verskuilde politieke agendas met betrekking tot die saak is. “Hierdie is Batho Pele en ubuntu in aksie. Dit het niks met politiek te doen nie.” Die nuutste mediaberigte het inwoners van die area warm onder die kraag, sê Koos du Toit, Burger se buurman, jarelange vriend en voorsitter van die Robertson-landbouvereniging. “Die gemoedere loop maar hoog en mense is baie ongelukkig.” Hy wou nie verder oor die onderwerp uitwei nie. ’n Roudiens is verlede Vrydag op Ashton vir Burger gehou. Sowat 700 mense, waaronder plaaswerkers, het dié diens bygewoon, berig Die Burger.

sel gevind het. Niemand wou egter verantwoordelikheid vir die items aanvaar nie. Cecil Petersen, areakommissaris van die Breedevallei Bestuursarea, het Dinsdag (10 September) bevestig die interne ondersoek na die items in Staggie se sel is afgehandel. Hy kon egter nie uitwei oor die uitslae van die ondersoek nie, maar kon wel bevestig dat dissiplinêre stappe teen Staggie geneem gaan word. Volgens Petersen is dit nog nie duidelik wat dié stappe sal behels nie. Dit is steeds nie duidelik of Staggie se vrylating op parool deur die vonds in die sel beïnvloed word nie. Die departement van korrek-

tiewe dienste het in Mei vanjaar bekendgemaak dat Staggie op 23 September op dagparool vrygelaat sal word. Volgens Petersen sal daar na afloop van die dissiplinêre prosedure teen Staggie voorstelle aan die paroolraad gerig word waarop die besluit geneem sal word of hy steeds op parool vrygelaat sal word, al dan nie. Staggie is tot onlangs in die Brandvlei-gevangenis aangehou. Hy het sy vonnis van 15 jaar tronkstraf vir die verkragting van ’n polisie-informant uitgedien. Hy is ook in 2004 tot 13 jaar tronkstraf weens diefstal gevonnis.

Die saak teen die man wat daarvan aangekla word dat hy ’n tweejarige meisie onsedelik aangerand het, is onlangs opnuut uitgestel. Die 23-jarige verdagte het op 30 Augustus vlugtig in die Worcester-landdroshof verskyn. Hy het aanvanklik op aanklag van verkragting tereggestaan, maar die aanklag is na een van onsedelike aanranding gewysig ná DNS-uitslae van toetse ná die beweerde aanval op die peuter op 17 Januarie negatief was. Die beskuldige word deur ’n addisionele aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer in die gesig gestaar. Die beweerde aanval op die peuter het skokgolwe deur die Vallei gestuur Inwoners het woedend gereageer toe die beskuldigde vroeër vanjaar op borgtog van R500 vrygelaat is. Die saak is tot 15 Oktober vir ’n streekhofdatum uitgestel. Intussen is die saak teen ’n AWB-lid wat vir die onregmatige besit van ’n vuurwapen aangekla word, ook tot in Oktober uitgestel. Die saak teen Charl Small is voorlopig tot 15 Oktober uitgestel vir voorleggings wat aan die senior staatsaanklaer gemaak moet word. Sy borgtog van R1 500 is verleng. Die saak teen Small spruit uit ’n voorval op 4 Desember verlede jaar waartydens ’n voertuig waarin hy en nog lede van die AWB gereis het, by ’n padblokkade op pad na De Doorns voorgekeer is ’n Ongelisensieerde .308-jaggeweer is na bewering in Small se besit gevind. Die geweer is glo ’n erfstuk en het aan Small se oupa behoort. Small was in die proses om dit na sy naam oor te dra. Small en die res van die AWB-lede was destyds, volgens die AWB se Wes-Kaapse bevelvoerder, Johann Spies, na De Doorns op pad om hulp te verleen aan boere en sakeondernemings wat geraak is deur gewelddadige protesaksies in die De Doorns-gebied, sowel as ander dele van die Boland.


Standard

Nuus News

12 September, 2013

3

Geweldsmisdaad meer as in 2012 HILDERINE SCHRÖDER

Workers plying their trade in businesses such as garages, components manufacturers, panelbeaters, spares shops, car and parts dealerships have decided to down tools. They are demanding better wages. PHOTOS: MATTHEW SHELDON

Protesters down tools MATTHEW SHELDON “Down with employers, down!” This was one of the chants that about 200 members of the National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) were echoing in Worcester’s High Street on Tuesday (10 September). Workers in garages, components manufacturers, panelbeaters, spares shops, car and parts dealerships have decided to down tools in a national strike after failed wage negotiations since April with employer bodies such as the Fuel Retailers Association (FRA) and the Retail Motor Industry (RMI). The protesters brought Worcester’s main road to a grinding halt for about two hours. Most of its petrol stations and garages were either closed or left stranded for a few hours. Petrol attendants who decided to continue working were forced to wear casual clothes to protect themselves from being intimidated by protesters. Andrew Grieve, dealer principle of Frank Vos Motors, told the Standard they closed their garage for a short period during the protest march, before resuming work. “We weren’t really affected by the protest and motorists were still able to fill up their tanks,” said Grieve. JP Joubert, sales manager at Hyundai Worcester, said they also closed their business for about two hours as part of their precautionary measures. “We couldn’t help clients during the protest. The petrol attendants also had to work in their private clothes to ensure that they were not intimidated by protesters on their way to work,” he said. Various owners and managers of garages in Worcester signed acknowledgement of receipt of Numsa’s memorandum of demands to the RMI and FRA on Tuesday (10 September). Vusi Tyholwa, deputy chairperson of Numsa’s National Youth Forum, told protesters that the 5,9% increase on minimum wages and 5% increase on actual wages in the components manufacturing sector are unacceptable. The FRA made a final offer of 7% whereas

Vusi Tyholwa, deputy chairperson of Numsa’s National Youth Forum, told protesters that the 5,9% increase on minimum wages and 5% increase on actual wages in the components manufacturing sector is unacceptable. the RMI presented offers of 6,5%, but members still refused to accept the offer. Tyholwa said their core demands to the FRA and RMI are reasonable and achievable. They demand double-digit increases, banning of labour brokers, shift allowances, shorter working hours and want employers to amend the industry peace clause. Jakkie Olivier, chief executive officer of the RMI, told the Standard that the demands are unrealistic and unreasonable. “This is not a protest anymore. This is now a full- blown national strike. The industry cannot afford these demands and it will not be sustainable for the future,” said Olivier. He added that if these demands are accepted it would lead to major job losses and the closure of several businesses. The FRA could not give comment due to their management being in wage negotiations. Tyholwa said the union will be forced to intensify its strike if its members’ demands are not met.

Die Worcester-polisie het verlede maand heelwat sukses behaal in sy stryd teen onwettige vuurwapens. Die beslaglegging op ongelisensieerde vuurwapens gedurende Augustus het met 12,5% toegeneem teenoor die aantal beslagleggings gedurende dieselfde maand in 2012, sê kapt. Mzikayise Moloi, polisiewoordvoerder. Volgens Moloi is daar verlede maand op altesaam 17 ongelisensieerde wapens beslag gelê. Dié syfer is ook aansienlik hoër as die vyf beslagleggings wat gedurende Julie gemaak is. Intussen is daar kommer oor die toename

in geweldsmisdaad gedurende die afgelope maand. Die aantal verkragtings gedurende Augustus het met 88,9% gestyg teenoor die aantal sake in 2012. Poging tot moord het met 100% toegeneem, terwyl roof met verswarende omstandighede met 22,6% gestyg het. Betreffende eiendomsmisdaad het huisbraak by sakeondernemings met 6,1% toegeneem teenoor die aantal sake in 2012. Voertuigdiefstal het kommerwekkend met 120% gestyg. Moloi maan inwoners om te alle tye seker te maak dat hulle hul voertuie op veilige, goed verligte plekke laat, die voertuie sluit en geen waardevolle items in die voertuie los nie.


4

Standard

Nuus News

12 September, 2013

Zille sits with a few deaf pupils whilst they demonstrate their expressive and receptive skills by reading a book in English and translating the message into sign language.

Grant and Zille are being informed about the progress of the SASL pilot project at the De La Bat School. Here (from left) are Grant, Zille and Minna Steyn, project manager of the SASL pilot project.

Zille sits in on an SASL lesson. The deaf pupils are being taught to attach words to pictures. PHOTOS: MATTHEW SHELDON

Sign language project: rewards reaped MATTHEW SHELDON “I am very pleased that sign language in the Western Cape has been standardised. This is a massive break-through for South African Sign Language (SASL).” So said the Premier of the Western Cape, Helen Zille, when she and the Western Cape’s Minister of Education, Donald Grant, visited the De La Bat School in Worcester. The purpose of Zille’s and Grant’s visit was to assess whether the SASL pilot project, which was launched at the De La Bat School in 2011, was a success. The focus of this project was to introduce SASL as a sustainable school subject. “What is amazing is that there will be one sign language for all deaf people in the West-

ern Cape, and hopefully the entire South Africa as well,” said Zille. She added that she hoped to help other provinces to implement this project in their schools. “It is important that we are able to ensure that education is accessible to all children facing these kinds of barriers,” she said. During Zille’s budget speech in 2010, she requested that the Western Cape Education Department pilot SASL in the general education and training band. Zille then appointed a task team to investigate the state of education at special needs schools accommodating deaf or hard-of-hearing children in the Western Cape. According to Grant, one of the recommendations made was to introduce SASL as a language of teaching and learning in the classroom.

Minna Steyn, project manager of SASL at De La Bat School, told the Standard that the pupils can now understand and differentiate between Afrikaans and English and can translate it into sign language. Steyn added that they have seen a major improvement in pupils’ receptive and expressive behaviour in the language. About 195 deaf pupils at De La Bat School are currently benefiting from the SASL pilot project. Steyn said the main focus of this project is from Grades R to 6. Some of the other improvements include: pupils expressing themselves on a much higher cognitive level than before; their accuracy between thoughts and expression improving greatly and younger pupils starting to use sign language skilfully and creatively.

The Premier of the Western Cape, Helen Zille, and the Western Cape’s Minister of Education, Donald Grant, visited the De La Bat School in Worcester on Tuesday 10 September. The purpose of Zille’s and Grant’s visit was to assess whether the SASL pilot project, which was launched at the De La Bat School in 2011, was a success.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

12 September, 2013

5

Motorfietsrit ten bate van Steintahl Kinderhuis HILDERINE SCHRÖDER

Die De la Batskool se gasvryheidstudie-leerlinge het gaste tydens ’n restaurantaand met watertandgeregte bederf. Agter is Fazli Valley-Omar, James du Toit, Luhan Smit, Jason Booysen en Ulie Jacobs met in die middel Asenathi Lawu, Coronel Louw (moderator en assessor) en Winslow Stoffels. Voor is Leandrey Marthinus en Thotyelwa Kweza.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Agter die skerms is daar vooraf hard gewerk om die driegangete ’n sukses te maak.

Hierdie leerlinge kán kook! Tuisgebakte broodrolletjies, heerlike sop en pastageregte en ’n dekadente nagereg. Wat meer kan ’n mens vra om ’n week op te kikker en ’n lang dag op ’n gesellige noot af te sluit? Die gaste wat Donderdag (29 Augustus) vir ’n heerlike driegangete by die De la Batskool aangesit het, sal nie gou hierdie besondere ervaring vergeet nie. Agt van dié skool se gasvryheidstudie-leerlinge het hul slag in die kombuis gewys en gaste bederf met ’n stukkie Italië op plaaslike bodem. Met hul Italiaans-geïnspireerde spyskaart het dié leerlinge gewys hulle kraai beslis koning in die kombuis. Die kursus, sê Coronel Louw, assessor en moderator, word al sedert 2002 met groot sukses by die De la Batskool aangebied. Dit word oor ’n tydperk van drie jaar aangebied en stel leerlinge in staat om later ’n loopbaan in die gasvryheidbedryf uit te kerf, hul merk te maak as entrepreneur of bloot

Alice Holland, Klaradyn Augustyn, Magamat Abrahams, Annelie Spies en Louis Holland was onder die gaste by die De la Batskool se restaurantaand wat deur sy gasvryheidstudie-leerlinge aangebied is. vaardig te wees in hul eie kombuis sou hulle nie ’n loopbaan in die rigting wil volg nie, voeg sy by. Die leerlinge slyp hul vaardighede in ’n industriële kombuis wat sowat ses jaar gelede ingerig is met geld wat uit die P.A. en Alize Malan-gedenktrust daarvoor bewillig is. “Ons is oneindig dankbaar vir dié skenking,” sê Louw.

Volgens Phillip Cook, hoof van die De la Batskool, het die kursus ’n baie positiewe uitwerking op veral die leerlinge se selfvertroue. “Dit gee aan hulle blootstelling op ’n ander vlak en stel hulle ook bloot aan groepsdinamika.” Die geleentheid was só ’n groot sukses dat die skool beoog om dit ’n gereelde instelling te maak.

Mountain Mill­gholfdag het fantastiese pryse ’n Prestige geleentheid op Worcester se sportkalender lê om die draai met die Mountain Mill Cup wat op 5 Oktober by die Riverside Gholfklub aangebied word. Dié gewilde toernooi neem die vorm van ’n vierbal-beterbal (met voorkeurdryf) aan. Die organiseerders verwag vanjaar minstens 130 spelers. Spelers kan dié dag opnuut sake- of vriendskapsbande smee of verstewig. Borge maak vanjaar weer seker dat daar uitstekende pryse te wen is. Om in te skryf (R1 400 per vierbal), bel Elizma Berlyn by 083 785 6234 of Pieter Campher by 083 388 3906 voor of teen 23 September.

Die gholfdag deur Mountain Mill is die grootste enkele geldinsamelingsveldtog ten bate van die Standard Kinderfonds. Die fonds is in die lewe geroep om toe te sien dat minderbevoorregte kinders in die Breedevallei nie koud of honger gaan nie. Afgesien van die gholfdag, word deurlopend insamelings van klere, beddegoed, nie-bederfbare voedsel en kontant ge-

hou wat om die beurt aan drie instansies op Worcester geskenk word: Worcester ACVV, Kindersorg SA en die Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdoiens (WEG). Skenkings kan steeds afgegee word by die Standard by Hoogstraat 116, Nortier Motors by Brownstraat 6, Aïda Winelands by Kerkstraat 22, Dentzone by Fieldstraat 22, Mountain Mill Mall (Food Court) en die Laerskool Wocester-Oos in Sutherlandstraat. Kontant kan as volg by FNB inbetaal word: rekening: Gemeenskapskas Wes-Kaap Worcester Standard; rekeningnommer: 62152031383; bankkode: 261150; tak: Cape Town City.

Die enjins gaan dié naweek dreun ten bate van die Steintahl Kinderhuis buite Tulbagh wanneer etlike Wes-Kaapse lede van die Wing Riders, ’n niewinsgewende motorfietsklub, in die pad val op ’n liefdadigheidsrit. Die Wing Riders spring Sondagoggend (15 September) in Riebeek-Wes weg en beoog om teen 14:00 die middag by Steintahl aan te kom, waar hulle die kinders met onder meer lekkergoed wil bederf, sê die klub se tesourier, Sakkie van Zyl. Dit is die tweede keer dat die klub die kinderhuis besoek. Lede het Steintahl verlede jaar vir die eerste keer besoek. Ook by dié geleentheid is die kinders behoorlik bederf. Die kinderhuis lê die klub ná aan die hart, sê Van Zyl. Sy pad het toevallig met dié van die

kinderhuis gekruis toe die glasonderneming waarvan hy die eienaar is, die voorruit van een van die kinderhuis se bussies moes vervang. Die idee het by hom posgevat om die kinderhuis op een of ander wyse te steun en só het die liefdadigheidsrit die lig gesien. Volgens Van Zyl is verlede jaar se rit baie goed ontvang en sien klublede reeds baie uit na die komende naweek se rit. Dit is nog nie duidelik hoeveel klublede aan die rit gaan deelneem nie, maar ander motorfiets-entoesiaste is ook welkom om by die groep aan te sluit by hul wegspringpunt of langs die roete. Diegene wat nie aan die rit kan deelneem nie maar ’n bydrae wil lewer, is ook welkom, sê Van Zyl. Vir navrae in dié verband of oor die roete, bel Van Zyl by 083 258 7711.


6

Standard

Gemeenskapsnuus Community

12 September, 2013

Nuwe ‘ou’ kelder ’n aanwins vir Worcester NAOMI THERON

Die Worcester Wyn- en Olyfroete het pas aankondig dat die Leipzig Wynkelder in die Nuyvallei nou ook amptelik deel van Worcester se wynmaakspan is. Met ’n geskiedenis van wynmaak vanaf die 1890’s tot 1960 het Leipzig reeds bewys dat premium-wyne hier geproduseer kan word. Leipzig kan ook daarop aanspraak maak dat die Britse koninklike familie hul gewilde White Leipzig tydens hul besoek aan Suid-Afrika ná die Tweede Wêreldoorlog geniet het. Die huidige eienaar, dr. Francois Smit, het besluit dat die pragtige historiese Leipzig dit verdien om sy wyntradisie voort te sit. Die kundigheid van die konsultantwynmaker, Mark Carmicheal Green, is ingeroep en saam met die harde werk van die inwonende

kunstenaar, Alexander Lokenkov, het ’n droom werklikheid geword. Die moderne boetiekstyl wynkelder produseer nege gewilde wynvariëteite waarvan vyf wit- en vier rooiwyne is. Slegs handgeplukte druiwe van uitgesoekte wingerde word gebruik. Leipzig se wyntradisie word weereens voortgesit en om dit te vier word die White Leipzig-wyn, ’n pragtige versnit van viognier, chardonnay, chenin blanc en sauvignon blanc in sy volle glorie geproduseer. Leipzig Wynkelder is oop vir besoekers op Saterdae en Sondae tussen 10:00 en 15:00. Raven-ous wat ook sy deur op Leipzig oopgemaak het, se sjef Daniel bied van 11:30 tot 14:00 ’n uitstekende middagete aan wat die wynproe perfek komplementeer. Skakel 023 347 8422 vir enige navrae.

Die kunstenaar Alexander Lokenkov, Alida Smit en dr. Francois Smit is saam met Mark Carmichael Green deel van die wynmaakspan. Wyn, kuns en ’n ryk geskiedenis maak van die nuwe Leipzig Wynkelder ’n unieke aanwins vir Worcester.

Worcester­kelders het weer ’n ryk oes by Michelangelo­toekennings NAOMI THERON Wynkelders op die Worcester Wyn- en Olyfroete maak weer opslae met die talle medaljes wat hulle verlede Vrydagaand by die Michelangelo Internasionale Wyntoekennings (Michelangelo International Wine Awards of South Africa) verower het. Conradie Family Vineyards spog met ’n dubbelgoue toeken-

ning vir sy Pinotage 2012 en het ook ’n goue medalje vir sy Sauvignon Blanc 2013 ontvang. Alvi’s Drift Privaatkelder het drie goue medaljes verower vir hul Drift Fusion 2011, Viognier 2013 asook hul Pinotage 2012. Die Alvi’s Drift Fusion 2009 het ook ’n silwermedalje gekry. Nuy Wynkelder, wat vanjaar reeds die Pietman Hugo-trofee by die Jongwynskou se streekskam-

pioenskap verower het, het twee goue medaljes gekry vir sy Nuy Chenin Blanc 2013 en Rooi Muskadel 2010. Die kelder het ook ’n silwermedalje vir sy Chardonnay 2012 verwerf. Stettyn Wynkelder produseer altyd wyn van die hoogste gehalte en het ’n goue medalje vir sy Sauvignon Blanc 2013 verower Overhex Privaatkelder het

twee silwermedaljes vir sy Pinotage 2013 en Shiraz 2012 ontvang, terwyl De Wet Wynkelder met ’n silwermedalje spog vir sy Rooi Muskadel 2012. Die Michelangelo Internasionale Wyntoekennings is uniek aan Suid-Afrika omdat slegs internasionaal-geakkrediteerde beoordelaars op die beoordelingspaneel dien. Gedurende die laaste 16 jaar het

meer as 160 beoordelaars uit 36 lande op die paneel gedien. Die hoofdoel van die jaarlikse beoordeling is om wyne te identifiseer wat goed sal vaar op die wêreldmark. Die Michelangelo-toekennings word reeds vir baie jare deur wynkelders as ’n riglyn en maatstaf gebruik om hul wyn te toets aan internasionale markvereistes.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

12 September, 2013

Vroue vereer vir diens MATTHEW SHELDON “Baie dankie vir die harde werk wat julle daagliks insit om ’n goeie diens aan die Breedevallei-gemeenskap te lewer.”

Sowat 350 munisipale werknemers het die Vrouedag-funksie bygewoon. Die tema was “Mad Hatters”.

Nuutste baba­ wenners Twee nuwe kategoriewenners in die Standard se babakompetisie is vandeesweek deur lesers gekies. Hulle is Vincent van der Vyfer (ses maande) en Quayde Garren Paulse (twee jaar). Die stroom inskrywings wat ontvang word getuig van die gewildheid van dié kompetisie. Ma’s, oumas, tantes, ooms, pa’s en almal wat ’n lieflike kleinding in die familie het, kan deel word van hierdie kompetisie met sy fantastiese pryse. Dit is maklik om in te skryf. Bring slegs ’n gesigsfoto van die baba of peuter wat jy inskryf na die Standard se kantoor en dien dit, tesame met ’n inskrywingsfooi van R75, by Joyce Terblanche by die ontvangstoonbank in. Die kleingoed kan in twee afdelings meeding: 0 tot 18 maande en 18 maande tot drie jaar. Lesers sal elke week in albei kategorieë kan stem vir ’n finalis uit die inskrywings wat vir die spesifieke week ingeskryf is. Vanjaar se borge en die pryse wat hulle borg, sluit in: Superfoto (borg twee A3-afdrukke, twee A4-afdrukke en 20 10x15-afdrukke); Beauty @ Heart (partytjie vir 10 kinders; indien buite Worcester, moet die wenners self die vervoerkoste dra); Amy’s Parties (’n partytjie vir 10 kinders met ’n tema van eie keuse; voorwaardes geld); ATKV Goudini Spa (elke kategoriewenner ontvang verblyf vir drie dae gedurende die week by die luukse Slanghoek Villa); Leggs Speelgoed (R100 aan elke kategoriewenner); Butterfly World (vier koopbewyse ter waarde van R137 elk vir ’n gesin bestaande uit twee volwassenes en twee kinders); Anna Emm (Lekkerbekkie Muis-DVD vir altwee kategorieë); Fowlers (ete ter waarde van R500 elk vir albei kategoriewenners; Reggies (’n R500-geskenkbewyse vir elke kategoriewenner). Lesers kan vir hul keuse van die week stem vandat die Standard op straat verskyn tot die volgende Dinsdag om 12:00 deur “BABA”, gevolg deur die baba se naam, na 34426 te SMS. Elke SMS kos R1,50. Die kompetisie sluit op Dinsdag 24 Sep- Vincent van der Vyfer tember om 12:00. (ses maande)

Quayde Garren Paulse (twee jaar)

Só het Antoinette Steyn, speaker by die Breedevallei Munisipaliteit (BVM) en spreker tydens ’n Vrouedag-funksie wat verlede week in die Stadsaal gehou is, aan die vroulike werknemers van dié munisipaliteit gesê. Sowat 350 werknemers het die geleentheid bygewoon. Die tema was “Mad Hatters” . Steyn het aan die Standard verduidelik dat vroue ’n belangrike rol, nie net

by die BVM nie, maar ook in die samelewing, speel. “Daar is soveel vroue wat ons graag ’n klop op die skouer wil gee vir die werk wat hulle doen. Dit is ’n klein geleentheid om dankie te sê,” het sy gesê. Tydens die geleentheid het 14 vroue sertifikate ontvang vir die jare se diens wat hulle gelewer het terwyl Surita Fox en Helena Watkiss vereer is vir hul dienslewering van 33 jaar. Elke vrou het ook ’n krale-halssnoer as blyk van waardering gekry. Steyn het die vroue sterkte toegewens vir die jaar wat voorlê en hulle aangemoedig om voort te gaan met die uitstekende diens wat hulle aan die gemeenskap lewer.

7

Antoinette Steyn het verduidelik dat vroue nie net ’n belangrike rol by die BVM speel nie, maar ook in die samelewing. FOTO’S: MATTHEW SHELDON


8

Standard

Gemeenskapsnuus Community

12 September, 2013

TC Botha weer toerisme­voorsitter MATTHEW SHELDON “Die Breedekloof is op pad na nuwe hoogtes.” Só gesels TC Botha, die voorsitter van Breedekloof Wyn en Toerisme. Hy is onlangs by Die Eike in Rawsonville deur lede van dié organisasies as die voorsitter herkies. Botha is die wynmaker en eienaar van TCB Wines in Rawsonville. Hy het aan die Standard verduidelik dat die Breedekloof-wynvallei uit 24 wynkelders, 27 akkommodasie-instellings (insluitend gastehuise, selfsorghuisies en kampeergeriewe), agt restaurante en agt ander ondernemings bestaan. “Dit maak dié gebied ’n toerisme-hotspot,” sê hy. “Ons het ongelooflike berge, ’n skoon dorp en fantastiese wingerde. Ons area is omgewingsvriendelik wat baie belangrik is, maar ons wil graag hê die Breedekloof-streek moet ’n lekker buitelugbestemming word,” het hy gesê. Botha het aan die Standard gesê die visie van die Breedekloof is om teen 2020 wye erkenning te geniet as ’n wyntoerismestreek van uitnemendheid. “Die kombinasie van ’n uitsonderlike wynboukarakter, buitelug- toerismeervarings en landelike gasvryheid maak die streek toenemend gesog onder wyndrinkers en toeriste,” het hy gesê. Die grootste kopseer in Rawsonville, voeg hy by, is die hoofstraat (Van Riebeeckstraat) wat al vir jare

’n Groep van tien fietsryers het onlangs ure in die saal deurgebring om tydens ’n Noord-Kaapse fietstoer bewusmaking vir die DeafNET Kennissentrum op Worcester te skep. FOTO: VERSKAF TC Botha

FOTO: MATTHEW SHELDON

vol slaggate is. Hy sê die hoofstraat moet herbou word sodat inwoners trots kan voel op hul dorp. Sodoende sal meer mense of ondernemings in die dorp belê. Botha is in 1961 in Rawsonville gebore en het aan die Hoër Jongenskool in die Paarl gematrikuleer. Ná skool is hy na die Universiteit Stellenbosch (US) waar hy sy BSc Landbou-graad in 1983 verwerf het. Volgens hom is hy ’n vasberade en hardwerkende persoon en is hy lief vir sy Vallei. Botha het ’n passie vir klassieke Mercedes-Benz-motors en het ’n versameling van meer as 20 voertuie. Hy het destyds provinsiale rugby gespeel en het ook Springbok-kleure in toutrek. Botha en sy vrou Hilde het drie seuns, Theunis (24), Adriaan (22) en Michiel (20). Die Botha-gesin gaan gewoonlik gedurende die Desember-vakansie na die Worcester Seiljagklub by die Brandvleidam om te ontspan en tyd saam met mekaar deur te bring.

Ure in die saal ten bate van DeafNET HILDERINE SCHRÖDER Seer spiere, moeë bene, lang ure en honderde kilometers in die saal. Dit sit nie in enigeen se broek om van die Diamantstad deur verskeie dorpe in die Noord-Kaap al die pad tot in Worcester te ry nie, maar dít is wat sewe Dowes en drie horendes, almal verteenwoordigers van die DeafNET Kennissentrum op Worcester, gedoen het om bewusmaking vir dié instansie te skep. Die tienstuks, wat op 31 Augustus in Kimberley in die pad geval het, het die roete op hul bergfietse aangepak. Die roete het hulle deur onder meer Kuruman, Upington, Springbok en Garies geneem voor hulle verlede Vrydag (6 Sep-

tember) terug op Worcester gekom het. Dit is die eerste fietstoer van sy soort deur DeafNET om bewusmaking ten opsigte van geestesgesondheid en doofheid, sowel as die werk wat dié niewinsgewende organisasie doen, te skep. Buiten bewusmaking het DeafNET ook geld by punte langs die roete ingesamel. Suzette Willemse, hoof van DeafNET, sê hulle het spesifiek op dié roete in die Noord-Kaap besluit vanweë die uitgestrekte vlaktes en die stil paaie. “Iemand wat doof is, is baie beter visueel ingesteld. En om die vlaktes met hul fietse uit te ry is baie makliker as in ’n beboste gebied met heuwels en opdraandes soos in die Kaap.” Met hul aankoms by dorpe langs die roete, is die toerspan deur fietsryers

asook gestremdes wat deel was van die bewusmaking van doofheid en wat DeafNET as organisasie bemark, hulle verwelkom. “Die mense het ons in elke dorp behoorlik tuis laat voel,” sê Willemse. DeafNET, wat in 2006 gesamentlik deur die De Stichting Vriende van Effatha in Nederland en die Nasionale Instituut vir Dowes op die been gebring is, beoog om die fietstoer ’n jaarlikse instelling te maak. DeafNET se volgende geldinsamelingsprojek is op 13 November met die vertoning Evening of Signs and Songs waartydens Zanne Stapelberg in die Worcester Stadsaal sal optree. Vir navrae oor dié vertoning, skakel 023 342 4092 of stuur ’n e-pos na pa.head@deafnet.org.

Wen groot met nuwe plak­en­wen­kompetisie Lesers wat aan die Standard en Mountain Mill Mall se pret-met-plakkompetisie met sy prysgeld van R1 000 deelneem, moet vandeesweek op die uitkyk wees vir die derde plakstukkie. Die wenner in hierdie opwindende kompetisie kan die prysgeld na willekeur by Mountain Mill spandeer. Die derde plakstukkie is iewers in hierdie uitgawe versteek. Lesers moet hierdie plakstukkie op ’n spesiale plakvorm plak en sodra al die plakstukkies uitgeknip en jou plakvorm voltooi is,

kan jy dit by die Standard se kantoor by Hoogstraat 116 indien of dit pos na Posbus 31, Worcester, 6849. Die laaste plakstuk verkyn op 3 Oktober en lesers het nog tot 10 Oktober tyd om al die vorms in te stuur. Slegs oorspronklike vorms en plakstukke word aanvaar (geen fotostate nie). Die wenner van die kompetisie se foto sal in die Standard verskyn. * Werknemers van die Standard en Mountain Mill mag nie aan die kompetisie deelneem nie.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

12 September, 2013

9

Breëriviervallei avonturier se droom MATTHEW SHELDON “Hier is só baie buitelugaktiwiteite wat aangebied word, maar ons eie mense maak nie eens gebruik daarvan nie.”

Francois Esterhuizen

FOTO: MATTHEW SHELDON

Só sê Francois Esterhuizen (43), eienaar van Manic Cycles op Worcester, lid van Worcester Wheelers en herkose portefeuljehouer vir avontuurtoerisme by die Worcester Toerismevereniging. Esterhuizen is verantwoordelik vir die verkope, diens en herstel van fietse, asook die bestuur van sy maatskappy. Hy dien as lid in die bestuurskomitee van die Worcester Toerismevereniging en is vir die tweede agtereenvolgende termyn ’n portefeuljehouer vir avontuurtoerisme. Esterhuizen neem ook waar as tesourier. Hy meen die dorp word nie goed genoeg as toerismebestemming bemark nie.

“Ons sit met ongelooflike bergfietsroetes, die Breederivier, Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin en die Kleinplasie-museum, maar ons trek steeds baie min toeriste,” sê hy. Esterhuizen het aan die Standard gesê dat Worcester as ’n bergfietsbestemming bemark moet word. “Bergfietsry is die snelgroeiendste sport in Suid-Afrika en ons het van die beste roetes hier,” sê hy. “As ons mense trek om te kom fietsry, sal hulle ’n naweek hier wil deurbring. Só sal gastehuise, restaurante en ander toerismebesighede geld maak.” Hy voeg by dat maatskappye meer geld in die toerismebedryf moet stort sodat toerisme kan gedy. “Te veel toeriste op die N1 ry net verby Worcester, want daar is niks wat hulle na die dorp trek nie.

“Ons moet massiewe reklameborde langs die N1 begin oprig om sodoende toeriste bewus te maak van ons fantastiese wyne, bergfietsroetes en ander buitelugaktiwiteite,” meen hy. Esterhuizen is in 1970 in Kaapstad gebore en het matriek aan die Hoërskool Lichtenburg in die Noordwes-provinsie behaal. Hy het ná skool aan die Universiteit Stellenbosch (US) gestudeer en in 1992 sy BCom in rekeningkunde verwerf. Daarna het hy sy honneursgraad in rekeningkunde by Unisa behaal. Hy is lief vir bergfietsry en hou ook daarvan om krieket te speel. Esterhuizen en sy vrou, Natasha, het twee kinders, Jarrett (15) en Juarnett (12). Hy sê die jeug is die toekoms van môre en jongmense moet gebruik maak van elke geleentheid op hul pad om ’n sukses van hul lewe te maak.


10

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

12 September, 2013 INSPIRASIE: Die Instituut vir Blindes se eerste “Out of Office Day” (Sekretaressedag) op 4 September was ’n reuse-sukses. Sowat 200 kantoorpersoneel van heinde en verre het dié bederfoggend, waartydens Zelda la Grange (oudpresident Nelson Mandela se voormalige persoonlike assistent) bygewoon. La Grange het kosbare herinneringe en belewenisse gedurende haar 16 jaar aan Madiba se sy gedeel. By La Grange (regs) is Irene de Bod (bestuurder van die departement van ontwikkeling by die Instituut vir Blindes).

Wees waaksaam, pas ons kinders op Die nuus die afgelope tyd van minstens twee kinders wat in Kaapstad vermis geraak het, moet elke ouer se hart laat krimp. Wat het geword van veldtogte om die veiligheid van vroue en kinders te verseker? Leer niemand iets daaruit nie of is dit ook maar weer net ’n vermorsing van geld en tyd? Gister het nog ’n man in die hof verskyn vir die beweerde verkragting en aanranding van twee onskuldige kinders (lees berig op die voorblad van hierdie uitgawe). Keer op keer lees ons dat kinderverkragters maar weer tot dié verfoeilike dade oorgaan sodra hulle uit die tronk kom. Kinders se lewenskwaliteit word ingeperk omdat siek volwassenes daar buite rondloop. En daarom moet die gedagte van “jou kind is my kind en my kind is jou kind” nou meer as ooit met die grootste erns bejeën en toegepas word. Ons moet jaloers waak oor ons kinders en hulle elke oomblik van die dag soos goud oppas.

Spreuke 22:1-7 Wees verstandig ’n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud. Voor die Here is ryk en arm gelyk; Hy het hulle almal gemaak. ’n Verstandige mens sien onheil kom en vermy dit; onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor. Wie nederig is, dien die Here en ontvang rykdom, eer en lewe. Daar is dorings en strikke op die pad van oneerlikheid; wie sy lewe wil behou, bly daar weg. Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie. Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.

FOTO: VERSKAF

Voetgangers groter straatgevaar ’n Klop op die skouer aan die Breedevallei Munisipaliteit (Alec Smook en sy span) vir die skoonmaak van die brug by die brandweer en die nuwe stormwaterafvoer. Dankie ook aan Vince vir sy bydrae. – Johan Agenbag * * * ’n Klop op die skouer aan Ade-

line, Anton en Chris by Marais Bakwerke vir die vriendelike, flink en professionele diens tydens die herstel van my motor. Dit is verblydend om te sien dat daar nog ondernemings is vir wie goeie diens belangrik is. Mooi so, hou so aan! – Hennie Conradie.

Grondhervorming bly taai tameletjie Ek lees verlede week in die koerant van die plaaswerkers wat so goed gevaar het in die kompetisie wat elke jaar vir plaaswerkers gehou word. Dit het my aan die dink gesit. Hierdie soort beriggewing is darem ligjare verwyder van berigte van die geweld van ’n paar maande gelede op plase. As jy lees van die Plaaswerker van die Jaar-kompetisie wonder jy waar dinge regtig skeefgeloop het. Hierdie soort beriggewing is so positief. Kan sulke mense dan vereenselwig word met die stakers en

geweldenaars van ’n paar maande gelede? Die woord grondhervorming duik ook steeds gereeld op. Ek wonder wat daarvan geword het, of liewer wat gaan nog word? Die een plan ná die ander van die regering lyk ewe onuitvoerbaar. En intussen lê die woord soos ’n brandende kool in die donker en wag net dat iemand wat nie mooi kyk nie, daarop trap. ’n Mens wil tog graag sien dat dit wat ander ook toekom hulle wel gegun word.

SUSAN VAN JAARSVELD WORCESTER

Ek het lanklaas van die briewekolom gebruik gemaak om my griewe te lug. Ek is die man wat so gereeld my mond uitgespoel het oor die swak gewoontes/maniere van die motoriste op ons dorp. Nie dat dit – of die invloed van die briewekolom – enigsins iets daaraan verander het nie. Inteendeel! Maar vergeet nou eers van die motoriste. Deesdae is daar ’n veel groter gevaar in ons strate. En dit is voetgangers. Ek sien dit al meer. Mense stap doodluiters in ons strate en motoriste moet vir ’n vale uitswaai om hulle nie plat te ry nie. En ek praat nie van mense wat ’n straat oorsteek nie. Nee, dit is mense wat in die straat stap asof dit ’n sypaadjie is en dit hulle reg is om daar te mag loop! Die arrogansie van die voetgangers is net ongelooflik! Ek moes al meer as een keer wild uitswaai – teen verkeer in – om dié mense mis te ry. Wat gaan aan? Het mense nou finaal hul sinne verloor of wat? Wat as ’n motoris teen ’n ander

voertuig vasry net om vir ’n onbedagsame voetganger wat in die straat stap, uit te swaai? Seer sekerlik gaan hy nie vir die skade betaal nie. En wat as iemand as gevolg daarvan sterf?

CHRISTO LANGENHOVEN WORCESTER

Hoe kry gevangenes dit reg om goed in te smokkel? Verlede week se berig “Onwettige items in Staggie se tronksel” vul my met kommer. Hoe kry gevangenes dit reg om ontoelaatbare items in hulle selle in te laat smokkel? Iewers moet

hulle tog hulp kry. Die vraag wat ek hoop iemand dalk langs die pad vir my kan antwoord is dít: watter stappe word geneem om te verhoed dat voorvalle soos dié in verlede week se berig

hulle herhaal. Ons gewone belastingbetalers wil tog weet ons is veilig en dat ons geld aangewend word vir ’n effektiewe regstelsel.

BEKOMMERD WORCESTER

Was dit maar vakansie vir almal – om ons eie Italië te geniet Verlede Vrydag beskryf ’n vrou ons streek as die Italië van SuidAfrika. Ons het die druiwe, wyn, olywe, kaas en die berge. Dis nogal ’n raak beskrywing. In die lente is die Breëriviervallei ook die Namakwaland van Suid-Afrika. Hierdie naweek gaan bibberend koud wees, maar op ’n dag gaan die son weer skyn. Dan is ons omgewing ’n blommeprag. Volgende Vrydag loop die derde kwartaal ten einde en dan het die leerlinge tien dae van niksdoen voor die skole weer op 1 Oktober hervat. Dis sulke tye dat ek uit my hart wens ek kan weer op die skoolbanke sit. Dan kan jy uitsien na tien dae van op jou rug lê, saam met vriende kuier en sommer net chill, soos die jongmense van vandag sê. Nee, oom, dit is koud op Worcester,

maar dit beteken nie die kinders klim in ’n vrieskas nie. Chill is wanneer jy ontspan, jou studie ’n slag eenkant skuif en so min moontlik doen. Die tieners kla hoeka dat daar niks vir hulle te doen is op Worcester nie. Ek dink dit werk andersom. Die tieners wil cool dinge doen. Hulle kan gaan fliek, saam met vriende ’n bordjie slaptjips en ’n melkskommel by ’n restaurant gaan geniet of in die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin, of Karootuin soos ons dit ken, gaan kuier. Of ’n olyfplaas of kaasfabriek in die distrik besoek. Met Erfenisdag wat in die skoolvakansie val, is dit die ideale tyd om deur die Worcester-museum op Kleinplasie te stap. Dan is daar

ook nog die Hugo Naude Kunssentrum in Russellstraat. Ons biblioteke se rakke kreun van die duisende boeke wat beskikbaar is om te lees. Die Robertson Lenteskou word ook oudergewoonte gedurende die skoolvakansie gehou. Die probleem is dat die meeste van hierdie aktiwiteite uncool is. Min kinders stel vandag nog belang om te gaan kyk na ’n blom, ’n skildery of ’n ou perdekoets in ’n museum. Hulle sal liewer deelneem aan ’n kompetisie om te kyk wie die meeste boodskappe in ’n kwartier kan stuur of wie die meeste vriende op WhatsApp, Twitter en Facebook het. Volgens navorsing het 107%

van die huishoudings in SuidAfrika selfone. Deesdae kan mense teen ’n minimale bedrag met vriende en familie kommunikeer, video’s kyk en op die internet rondkrap. Maak nie saak watter inligting jy soek nie, die antwoord is op een van die netwerke beskikbaar – of jy wil weet wat die grootte van die Noordpool is, kyk wat die jongste treffers is of sommer net wie die hoogs betaalde aktrise in Amerika is. Terloops, die antwoord op daai laaste vraag is Sofia Vergara van die komediereeks Modern Family. Luidens ’n News24-berig het sy tussen Junie 2012 en Junie 2013 sowat R360 miljoen verdien. Dis tog jammer sy is nie mev. McIntyre nie. Dink net, dan kon ek sommer heeljaar vakansie gehou het!


Standard

Gemeenskapsnuus Community

12 September, 2013

Gabriel is Vrou van die Jaar

11

MATTHEW SHELDON Die Mountain Mill Mall se toekenning as Vrou van die Jaar is verlede Saterdag aan Nellie Gabriel van die Toevlug-rehabilitasiesentrum op Worcester gemaak. Die vroue is genomineer vir onder meer hul gemeenskapsbetrokkenheid. Gabriel, of suster Gabriel soos sy in die gemeenskap bekend is, was die aangewese keuse vir dié titel. Gabriel sê sy is baie dankbaar vir die toekenning, maar gee alle eer aan God. Die Standard was die Mountain Mill Mall se mediavennoot in die Vrou van die Jaar-toekennings. Die seremoniemeester by hierdie geleentheid was die bekende Pasella-aanbieder, Dieter Voigt.

Die beoordelaars het seker gemaak die vrou wat die toekenning wen, verdien die eer om Vrou van die Jaar te wees. Hier is Theresa Olivier (uitgewer en redakteur van die Standard), Nik Wullschleger (voorsitter van die Worcester Besigheidsforum) en rdl. Jolande Schneider (Breedevallei Munisipaliteit).

Die Mountain Mill Mall-toekennings vir Vrou van die Jaar is verby en vanjaar se wenner is Nellie Gabriel, oftewel suster Gabriel, van die Toevlug-rehabilitasiesentrum op Worcester. FOTO’S: MATTHEW SHELDON

Nege finaliste het tydens hierdie toekennings hul beste voetjie voorgesit om die beoordelaars te beïndruk om die toekenning as Vrou van die Jaar te verower. Van links is Sam Orton (sentrumbestuurder: Mountain Mill Mall), Nellie Gabriel (Vrou van die Jaar), Chrisme Oosthuizen en Theresa Olivier (uitgewer en redakteur van die Standard).

Die genomineerde vroue luister aandagtig voor die Vrou van die Jaar aangekondig word.

Onbaatsugtige suster is Vrou van die Jaar MATTHEW SHELDON “Daar is niks in die lewe wat jou kan keer as jy wil nie. As dit God se wil is, is niks onmoontlik nie.” Só gesels Nellie Nimecia Gabriel, suster by die Toevlug-rehabilitasiesentrum in Worcester. Sy het ’n passie om ’n verskil in mense se lewens te maak en is lief daarvoor om vir die minderbevoorregtes te sorg. Volgens haar is sy verantwoordelik vir die bewusmaking van die gevare rondom alkohol-, dwelm- en okkapyp-misbruik in die gemeenskap en by die sentrum. Suster Gabriel, soos sy by die sentrum bekend staan, moet ook omsien na die welstand van pasiënte wat die fisiese sowel as die psigiese aspekte betref. Gabriel is ook die afgelope Saterdag (7 September) as die Mountain Mill Mall se Vrou van die Jaar aangewys. “Ek is baie dankbaar vir die toekenning, maar dit gaan nie oor my nie. Sukses beteken nie wat ek kan kry nie, maar wat ek vir ander mense wat stukkend en minderbevoorreg is, kan gee sodat hulle net ’n stukkie van die hemel kan smaak,” het Gabriel gesê. Volgens haar spruit baie van die probleme in Worcester, soos misdaad, tienerswangerskap en alkohol- en dwelmmisbruik, uit die groot aantal gebroke huisgesinne. “Die outydse waardes en norme

Nellie Gabriel

FOTO: MATTHEW SHELDON

van ’n stabiele huisgesin bestaan nie meer nie,” het sy gesê. Gabriel is in 1943 in die Strand gebore. As gevolg van haar gesin se omstandighede kon sy nie haar skoolloopbaan voltooi nie. Sy het die destydse Hoërskool Wellington as st. 8-leerling verlaat om haar gesin se broodwinner te word. “Ek was altyd eerste in my klas. Toe ek vier jaar oud was, kon ek al lees en skryf en alle basiese breiwerk doen,” het sy gesê. Toe sy 15 jaar oud was, het sy by die destydse Van Riebeeck Kelder in Wellington as ’n telefoonoperateur gaan werk. Daarna het sy by

die Conradie-hospitaal in Pinelands aangesluit waar sy verpleging geleer en ’n suster geword het. Sy het daarna by die Skool vir Epilepsie in Worcester as ’n stafverpleegkundige gaan werk. Sy was ook ’n suster by Brewelskloofhospitaal en Mediclinic Worcester. Gabriel het aan die Standard verduidelik dat sy die eerste suster by die Awendrus-Ouetehuis was wat die eerste pasiënte ontvang het. In 2001, toe sy 59 jaar oud was, het sy by die Toevlug-rehabilitasiesentrum as ’n suster aangesluit. “Ek glo dit was my roeping van God,” sê sy. Volgens Gabriel erken mense nie meer hul Skepper in die lewe nie. Haar visie vir die gemeenskap is om terug na die goeie ou dae te gaan waar mense in die donkerte kan stap sonder om oor hul skouer te kyk. Gabriel is ’n baie energieke mens, is lief vir die lewe en gaan gereeld kerk toe. “Die Here het vir my geskep om te dien.” Toe sy nog op skool was het sy atletiek en netbal gespeel. Gabriel het vyf kinders – André (46), Garth (42), Duane (39), Bentley (37) en Nemicia (36). Haar boodskap aan die jeug is: “Ken die Here in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”


12

Standard

Kalenderblad Calendar Page

12 September, 2013

VALLEI-KALENDER ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem kom om 19:00 byeen by die Worcester United Church. Navrae: 0 083 635 1059. ) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie en geestesgesondheid vergader by Kerkstraat 33 om 17:00. Vir besonderhede bel Frances Crous: 0 023 342 4331 of 082 647 8883 of dr. Bill Skinner: 0 023 342 1881. ELKE SATERDAG ) Ralph’s Go­Cart Racing, 12:00 – 17:00, Kleinplasie. Die koste daaraan verbonde is R50. Rig navrae aan Roelf: 0 082 771 8004 of Saartjie: 0 084 577 2383.

VRYDAG 13 SEPTEMBER ) Die toneelstuk Stander, met Waldemar Schultz, om 20:15 by die Klein Libertas­teater, Stellenbosch. Kaartjies: R120. Besprekings: 0 021 883 8164 of 2 klt@klteater.co.za. SATERDAG 21 SEPTEMBER ) Die Worcester Ekumeniese Gemeenskaps­ diens (WEG) bied ’n toer na die Walvisfees aan. Koste: R150 per persoon (slegs vervoer). R50 deposito. Navrae by John Arendse: 0 072 032 9280 of die WEG­kantoor by 0 023 347 5300. DINSDAG 24 SEPTEMBER ) Dierebeskermingsdag van 09:00–17:00 by Rivierplaas se kampeerterrein buite Worcester. Vir meer inligting, bel JB van Eeden by 0 084 710 0139 of besoek www.rivier­ plaas.co.za. VRYDAG 27 SEPTEMBER ) Die Zion AME Kerkskool hou ’n worsrolletjie­ verkoping by die kerk.

27 - 29 SEPTEMBER ) Die Zion AME Kerk bied ’n mannekamp by Pat Bush Natuurreservaat buite Robertson aan. Navrae: Eerw. Keith Links, 0 076 450 4198. SATERDAG 28 SEPTEMBER ) Die Zion AME Kerkskool hou konsert. Toe­ gang: R10. FRIDAY 4 OCTOBER ) Worcester Boys High/H.J.S. Worcester Class of 1963 will celebrate their 50th reunion which coincides with the annual reunion. RSVP as soon as possible to Etienne, 0 082 768 3459 or 2 asmook@telkomsa.net for further details.

Instituut vir Blindes by die Daschbosch Kelder op. Kaartjies: R60. Navrae: 0 023 347 2745. WOENSDAG 16 OKTOBER ) Die komiese toneelstuk Ballade van ’n Bang­ gat, met Tobie Cronjé, is by die Waboomsaal, Breërivier, op die planke. Kaartjies: R130 (ligte ete ingesluit). Kontantkroeg beskikbaar. Navrae: Hesna: 0 084 763 3084 of 082 779 9778. WOENSDAG 23 OKTOBER ) Nataniël tree om 20:15 by die Hoërskool Montana op. Kaartjies vanaf 16 September op skooldae tussen 10:00 en 11:00 beskikbaar. Geen kinders onder 15 jaar oud. Navrae: 0 023 347 0476.

SATURDAY 5 OCTOBER ) CD launch by Barenice Wildskut at the Mara­ natha auditorium at 18:00. Entry: R30. Booking: 083 746 9372. CDs (R60) will be available.

VRYDAG 1 NOVEMBER ) Adam tree by die Overhex Kelder se Balance Bistro op. Navrae: 0 023 347 6838, 023 347 5012 of 084 444 4599.

VRYDAG 11 OKTOBER ) DJ Ossewa tree om 19:00 ten bate van die

Valleikalender: 0 023 347 0968 of 2 in­ fo@worcesterstandard.com.

Eerste boek voorwaar ’n mylpaal CHRISTINE SMIT Sy eerste boek voel nog half lou in die hand van die drukkers af. Maar Thomas (Tom) Botha, skrywer van Terugblik, gloei behoorlik van trots oor die boek wat die wel en wee van sy lewe vertel.

SKONE LAWWIGHEID: Hierdie groep “skoolkinders” is inderwaarheid De Jagers in Worcester se stoorpersoneel wat verlede Vrydag op Loslitdag ’n bietjie kleur in hul dag gebring het deur hulle soos skoolkinders aan te trek.

LEKKER LOSLITTIG: Die personeel in De Jagers in Worcester se hoofkantoor het verlede Vrydag met Loslitdag die dag opgevrolik met hul yslike brille, snaakse bykomstighede en vrolike glimlagte. Hier is Jessica Kritzinger, Kate Kitshoff, Burnadette Botha en Anzel Olivier.

Om die skryfproses te laat vlot, het Floris Brown, ’n dosent in onder meer uitkomsgebaseerde rekenaargeletterdheid by die Instituut vir Blindes en self ’n gevierde skrywer en digter, Botha (67) gehelp om ’n inhoudsopgawe saam te stel. Dit handel oor Botha se laer- en hoërskooljare, koshuislewe, eerste jare by die Werkswinkel vir Blindes, sy ouers, broers en susters en sy lewe by die Instituut vir Blindes. Botha, wat blind gebore is en naby Kuruman grootgeword het, het as negejarige na die Pionierskool gekom en maklik hier aangepas, vertel hy. Hy het aanvanklik skool ná die ou standerd 8 verlaat, maar later op sy eie sy matriek behaal. Hy lag as hy vertel dat hy aanvanklik telefonis wou word, maar die lank stilsit was nie vir hom nie, toe word hy masjienoperateur by die Instituut se matrasafdeling. Hy werk steeds hier, is ongetroud en is ’n inwoner by Huis de Villiers. Botha vertel dat hy reeds in 2010 begin skryf het (op die rekenaar) aan Terugblik. Dit het maar stadig gegaan,want hy kon slegs een uur per week op die rekenaar werk. Terugskouend is

Floris Brown (links, dosent) en Freddie Botha (regs), hoof- uitvoerende beampte by die Instituut vir Blindes, saam met Tom Botha wat pas sy eerste boek uitgegee het. FOTO: CHRISTINE SMIT hy en Brown baie trots op wat by vermag het. Sy blindheid het hom nog nooit teruggehou nie. Botha sê hy het ’n vol lewe gehad en hy gaan kuier gereeld nog by sy broer in Reivelo. Freddie Botha, hoof- uitvoerende beampte by die Instituut vir Blindes, sê van hom: “Dit is ’n inspirasie om te sien hoe Tom sy lewe geniet ten spyte van sy beperkinge. Hy is een van die gemoedelikste en blymoedigste mense wat ek ken.”

Terugblik is deur Niney West van die Pionierskool geredigeer en deur Blits Druk op George uitgegee. ’n Voorlopige oplaag van tien is gedruk en die boeke is by Botha self beskikbaar. Botha is, danksy sy rekenaaropleiding, aan die skryf aan ’n tweede boek, ook op die rekenaar. Hy wou nie veel hieroor uitbrei nie, maar sê Die Bergklimmer nader sy einde en is gegrond op die lewe van ’n werklike persoon uit sy kinderjare.

‘Platform 9’ prikkel die lagspiere Dis nie aldag dat Valleiers twee van die land se bekende akteurs op een verhoog te siene kan kry nie. Die skreeusnaakse komedie Platform 9, uit die pen van Christo Davids (Errol van 7de Laan), bring Theodore Jantjies (Xander van 7de Laan) en Maurice Paige (Calvin van Isidingo) op 2 November na Worcester wanneer dié toneelstuk by die Oefenskool se saal op die planke sal wees. Platform 9 handel oor twee goeie vriende, Theo (’n sjef) en Mau (’n rapper), wat op pad is Johannesburg toe, waar Theo by ’n bekende se troue die spyseniering gaan doen. Theo het Mau oorreed om vir die reis te betaal, omdat hy al sy geld aan kooktoerusting, resepteboeke en nog wat bestee het. Mau stem in, op voorwaarde dat hy by die troue kan optree. Ná ’n lang gesukkel is die taxi op pad na Kaapstad-stasie en kom hulle uiteindelik op platform 6 pleks van platform 9 aan en verpas die trein. Terwyl hulle vir die volgende trein wag, ontmoet hulle van die interessantste karakters. Dié verhaal oor vriendskap en die wel en wee van die lewe sal die lagspiere behoorlik prikkel.

Met die toneelstuk word daar beoog om geld in te samel om die Goliath W. Davids Legacy-projek op die been te bring. Dié vierledige projek het ’n kunste-akademie met geakkrediteerde opleiding deur professionele mense en die oprigting van die Goliath W.-teater ten doel, asook kultuurfeeste en maatskaplike projekte. Goliath W. Davids, Christo Davids se oupa, het self diep spore in die vermaakbedryf getrap en was onder meer in dramas soos Onder engele en Fiela se kind te sien. Hy is verlede jaar op Worcester oorlede. Twee van Davids se kinders het hulle op Worcester kom vestig. Sy seun, Lloyd Davids, adjunkhoof by Worcester Sekondêr, het al verskeie produksies op die planke gebring, terwyl sy dogter, Lynn Meyers, ook al haar slag gewys het met produksies by Rawsonville Primêr. Daar sal twee vertonings van Platform 9 wees – een vir leerlinge om 15:00 (kaartjies teen R50), en die ander om 20:00 vir volwassenes (kaartjies teen R80). Kaartjies is vooraf by Neil Pietersen (072 613 5355) of Felicity Joseph-Pietersen (084 953 7903) te koop. Geen kaartjies sal by die deur verkoop word nie.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

Versoening deur gebed Terwyl daar op talle gebiede in die gemeenskap groot kommer is oor partyskap en spanning tussen faksies en verskillende belangegroepe, is daar op ander terreine in Worcester noemenswaardige eensgesinde en positiewe dinge aan die gebeur. Een hiervan wat geen bekendstelling nodig het nie, is die Hoop en Versoeningsinisiatief wat nie net plaaslik nie, maar wêreldwyd opslae maak as prototipe vir herstel en versoening. Nóg so ’n positiewe inisiatief is dié van ’n groep aanbiddingsleiers van verskillende denominasies in Worcester wat ’n aanbiddingsforum, die Worcester Worship Forum (WWF), op die been wil bring. Die forum beplan om verskeie aanbiddingsgeleenthede te reël waarby die gemeenskap ook betrek sal word. Die eerste hiervan, die Unison-aanbidding, word dié Saterdag (14 September) om 19:00 in die Worcester Stadsaal gehou. “Deur aanbiddingsgeleenthede soos dié wil die WWF die gemeenskap aanmoedig om saam te aanbid sodat ons in eenheid en harmonie ’n verskil in ons gemeenskap kan maak,” sê ds. Nioma Venter van die NG Moedergemeente. Toegang tot die Unison-aanbiddingsgeleentheid is gratis. ’n Kollekte sal opgeneem word om uitgawes te help dek. Enige navrae kan aan Bernadette Otto (hooforganiseerder) by 084 997 7382 of Venter (076 553 1831) gerig word.

Victim­offender sessions held The Department of Correctional Services will host a public Victim-Offender Dialogue (VOD) session on 16 September at the Pietman Hugo Hall at Kleinplasie in Worcester. The session will commence at 10:00. The VOD session is aimed at creating an opportunity for victims and offenders to talk about crime and how it impacted their lives with a view to create healing and forgiveness between the two. It is also aimed at accommodating those victims of the 1996 Shoprite bombing who couldn’t be part of a similar session that was held in Pretoria in January. Members of the public are urged to attend this VOD session as it will address all the aspects of restorative justice process affecting them. For more information contact Simphiwe Xaphe, communications manager at the Breede River Management Area on 0 023 348 7707.

Toevlug­oord se jaarvergadering Die Toevlug-rehabilitasiesentrum sal op 16 September sy algemene jaarvergadering in die stadsaal in Worcester hou. Professor Tim Noakes, ’n navorser by die Universiteit van Kaapstad (UK) vir oefeningwetenskap en sportmedisyne gaan die gasspreker by die geleentheid wees. Die verrigtinge begin om 19:00. Vir verdere navrae bel Chrismé Oosthuizen by 0 023 342 1162.

Fleet­koor byeen The Fleet Kersfeeskoor sal op Sondag 15 September in die koorkamer op die hoek van Mylne- en Parkerstraat vergader. Ouers en lede sowel as nuwe lede is welkom om die vergadering by te woon. Die verrigtinge begin om 15:00. Vir navrae bel Eileen Porter, sekretaris van The Fleet, by 0 073 787 5375.

12 September, 2013

Laat jou voertuig was vir Relay for Life Met die plaaslike CANSA Relay for Life wat ál nader kruip, woeker spanne steeds dat die biesies bewe om geld voor dié gewilde geleentheid in te samel. Vir een só ’n span is die verkope van eetgoed en dergelike dinge en deur-tot-deur-insamelings egter hopeloos te “voorspelbaar en banaal”, met apologie aan 7de Laan se Paulatjie. Die Super Sun Swaggers het vanuit die staanspoor besluit sy geldinsamelingspoging gaan hope pret wees, buig of bars. Ná heelwat kopkrap saam met spankaptein Danel Woolward het dié spannetjie op ’n karwas-projek besluit én toe sommer die manne van die Breedevallei Brand-en-reddingsdiens nader gehark om ook te help. Die span, bestaande uit leerlinge van Worcester Gimnasium sowel as een van Worcester-Noord,

gaan dié Saterdag by die brandweer skouer aan die wiel sit en karre daar was. Almal weet hoe moeilik dit dié tyd van die jaar is om jou ryding skoon te hou. Modderpoele en diesulks laat jou ryding allesbehalwe eksieperfeksie lyk. Teen ’n skamele R20 by die Super Sun Swaggers se Wash ’n Go kan jy egter Saterdag rustig agteroorsit terwyl iemand anders jou ryding was. Boonop weet jy dié geld gaan vir ’n goeie doel. Relay for Life is een van Kanker Suid-Afrika (Kansa) se grootste geldinsamelingsgeleenthede en is die afgelope paar jaar ’n hoogtepunt op die Valleikalender. Vanjaar se CANSA Relay for Life word op 19 Oktober by HTS Drostdy gehou.

13


14

Standard

Gemeenskapsnuus Community

12 September, 2013

Dr. J. van Eck by professionele verpleegkundige Z. van der Westhuizen en dr. S. van der Walt van Worcester ER.

Noodsentrum brei uit Mediclinic Worcester bied sedert die totstandkoming van Worcester ER op 1 Julie vanjaar ’n meer omvattende diens aan die publiek. Dit kom ná ’n ooreenkoms met dr. J. van Eck en vennote gesluit is om die onafhanklike dokterspraktyk Worcester ER vir Mediclinic Worcester in dié hospitaal se noodsentrum te bedryf. Hierdie besluit spruit uit Mediclinic se strewe om sy kliniese dienste voortdurend te verbeter en uit te brei. ’n Heeltydse dokter is nou 24 uur per dag in die noodsentrum beskikbaar vir die hantering van enige noodgevalle oor naweke. ’n Dokter is gedurende weeksdae van 08:00 tot 22:00 in die noodsentrum beskikbaar. Ná 22:00 tot soggens om 08:00 op weeksaande sal

daar egter steeds, soos in die verlede, ’n dokter op roep wees vir die noodsentrum. Die diens kan moontlik in die toekoms tot 24 uur per dag, sewe dae per week uitgebrei word. Volgens Van Eck, hoof van die noodsentrum, is dit “’n besonderse voorreg om die gemeenskap van Worcester van ’n nooddiens te voorsien. Ons sien uit na die uitdaging en is gerat om ’n uitmuntende diens te lewer as deel van ’n span verpleegkundiges en dokters.” Normale mediese fondstariewe sal vir dokterskonsultasies in die noodsentrum gehef word. Pasiënte se voorkeure en regte sal altyd eerbiedig word. Verpleegpersoneel is 24 uur per dag in die noodsentrum beskikbaar. Die noodsentrum kan by 023 348 1724 gebel word.


Standard

Skole Sport School Sport

12 September, 2013

Landlopers kraai koning by Wes-Kaapse wedlope Dit is nie aldag dat vier atlete uit dieselfde groep as Wes-Kaapse kampioene van die baan stap nie. Dit is egter presies wat die groep van Worcester, wat deur Norman Ontong afgerig word, vermag het op Saterdag 24 Augustus in Malmesbury waar hulle aan die Wes-Kaapse landloopkampioenskappe deelgeneem het. Daarby is altesaam 11 landloopatlete van dié groep in verskeie ouderdomsgroepe opgeneem wat op 24 September in Bloemfontein aan die Wes-Kaapse skolelandloop-byeenkoms gaan deelneem. Die landloopatlete, Vernoschka Abrahams (16) en haar jarelange oefenmaat Clairiece Slingers (15), oor wie se prestasies die Standard onlangs berig het, het voortgebou op hul goeie prestasies deur ook die Wes-Kaapse kampioenskapstitel by hul Boland-titels te voeg. Sharlan Boer (15) was knap ná Clairiece in die derde plek in die 4 km-afdeling. Vernosckha en Clairiece is vir hul goeie vertonings beloon deurdat hulle ook aan die ASA-kampioenskappe sal deelneem op 21 Sep-

Vernoschka Abrahams

Clairiece Slingers

tember in Potchefstroom. Ileana Dreyer (17) het haar goeie vorm vir die jaar behou en ’n baie spanningsvolle wedloop oor 4 km naelskraap gewen om haar eerste Wes-Kaap-titel in haar vyf jaar van deelname aan atletiek te verower. Moesha Eksteen (11) kon net-net nie die Boland-kampioenskappe wen nie, maar het by die Wes-Kaapse kampioenskappe daarvoor opgemaak en hakskene vir al haar teenstanders gewys oor ’n afstand van 3 km. Haar oefenmaat Leone Pietersen (11) was derde in dieselfde wedloop. Die volgende atlete uit die groep wat ook in die Wes-Kaapse span opgeneem is, is Verucia Louw (15) en Jacqueline Goliath (18). SueLee Seekoei (12), Jasmine Arendse (13) en Fransiska Julie van Rawsonville wat ook in die span opgeneem is, word deur die week deur Derick Adams afgerig en kom een keer per week na Worcester om hul baansessies saam met die res van die groep te oefen. Al hierdie atlete word deur Fit2Run, ’n nieregeringsorganisasie, bygestaan wat onder meer sorg vir die vervoer van die atlete na en van die verskillende wedlope.

Ileana Dreyer in aksie.

15

FOTO: VERSKAF


16

Standard

12 September, 2013

Skole Schools


Skole Schools

Standard

12 September, 2013

17


18

Standard

12 September, 2013

Skole Schools


Skole Schools

Standard

12 September, 2013

19


20

Standard

12 September, 2013

Skole Schools


Skole Schools

Standard

12 September, 2013

21


22

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

12 September, 2013

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations

WOW 21. Geluk en God's rykste seën. Van Mammie, Daddy, broers, Mamma en Pappa.

08 Sterfgevalle Death Notices

GELUK met jou 21ste verjaardag. Padkos Psalm 9 vers 10. God is 'n rotsvesting vir ons.

BEZUIDENHOUT, ANNA. Dis hartseer om totsiens te sê, maar ons berus ons in God se wil, want wat God gedoen het, is welgedaan. Van Amber, Fazlin, Michael, Jonathan, jou man, kleinkinders en familie. THEMBU, DAWID RODNEY. Die gemis is alreeds groot. Jou stem so stil. Ek sal jou altyd onthou. Van Tiekie en vriende.

LANDON CJ PIETERSEN. Raai wie is 1? LANDON geluk. Ons is lief vir jou. Ouma, oupa, niggies, neefs, aunties, ooms en peetouers.

TEMBU, DAWID RODNEY. Met hartseer neem ons afskeid van 'n geliefde broer, vriend en seun. Jou stem sal stil wees, maar blye herinneringe sal vir ewig in ons harte voortleef. Rus in vrede, Babie. Van Hein, Margie en gesin. VAN ROOI, THERESA RENCIA. Aan ons geliefde dogter, suster, mammie en ouma God het jou pyn gesien en dit gestil. Ons harte is seer, maar ons gun jou die rus. Ons sal jou nooit vergeet nie. Rus sag. Visagie-familie.

LANDON. Happy birthday. We love you a lot. You are truly a blessing from God. Mommy, daddy, Courtney and Julio.

FAROO, LODEWYK ANDREW. Pappa, die gemis is groot, maar God het sy mooiste blom kom pluk. Rus in vrede. Van Carol, Shiela, kinders en kleinkinders. RAAI wie word 5 op 16/09/2013? Geluk, Boeta. Ouers en familie.

WILLEMSE (KOUTER), KATRIENA. God het jou van jou lyding verlos. Rus sag by Jesus. Van Anthony en gesin.

FAROO, LODEWYK ANDREW. God het jou verlos van jou stryd, maar jy is nou veilig by Jesus. Rus in vrede, my manlief. Van jou vrou Elize.

PIETERSE, WILLEM. Met mooi herinneringe neem ons afskeid van 'n dierbare vader, oupa, broer en oupagrootjie. Skielik van ons weggeneem op 2 September 2013. Van Anna, Koos, kleinkinders en agterkleinkinders.

11

In Memoriam

VAN ROOI, THERESA RENCIA. Wat God gedoen het is welgedaan. Ons gaan jou mis, maar laat jou gaan. Van Mervin. VAN ROOI, THERESA RENCIA. We salute you Theresa. Till we meet again. Ricquelme and Plaatjies family.

AFRIKA, ANNA. Liewe Ouma, op 10/09/2013 is u 'n jaar weg van ons. Ons mis Ouma nog so baie en sal altyd lief wees vir Ouma. Van Malgas- en Lekay gesin.


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

12 September, 2013

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES CUPIDO, MARTHINUS (LOVEY). 1 Jaar is verby. Die verlange is groot en ons mis jou so baie. Jy sal altyd in ons harte voortleef. Van Dot, Lesley, Lincoln, Dahle, Milton en Leshay.

43

Persoonlike Dienste Personal Services BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumpsum only). Cash same day. Ph. (021) 949 0930.

TE HUUR

DE WET DIGGERLOADERS JAFTHA, LEONARD (LINNIEMAN). We cried when you passed away. We still cry today. God broke our hearts to prove to us He only takes the best. Our loving husband, father and grandfather you celebrated your first year in heaven on 1 September. We miss you dearly. Your wife, children, in-laws and grandchildren.

Sel: 082 770 2822 O F T h e r o n d e We t Sel: 082 557 2393 Steenkool As Beskikbaar

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

WILLIAMS, SONIA. 14/09/1993-14/09/2013. Although it's been 20 years since your passing, not a day went by without us thinking of you, missing you and loving you. We will continue to treasure the memories of your warmth, love and kindness in the years ahead. Love always. Your husband, children and grandchildren.

Algemene Dienste General Services FOR your stainless steel piping in the food, bewerage and winery. Call Hani Piping and Enginering. 082 323 7153.

EIENDOMME PROPERTIES 171

Woonstelle te Huur Flats to Let 1-SLAAPKAMER (groot). Langerug. Onmiddellik R3 500 (elektrisiteit uit). Met/sonder meubels. Bel 074 373 7588. STELLENBOSCH 2 slpk., Volle diefwering, balkon, swembad. Onmid. beskik. R5 300 p.m. ohb. 083 660 5602/3.

BESIGHEID BUSINESS 194

Sake Geleenthede Business Opportunities SWEETS/chocolates/ chips/biscuits/drinks distribution. Start your own business. Affordable cost. Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net.

JOBS

108

Geld/lenings Money/Loans

Are you struggling to pay your debt? Do you have enough money during the month? We CAN help!

VAN WYK, ROSINA SOPHIA. Eerste verjaardag weg van ons. Die gemis is groot, maar God het van beter geweet. Van Corne, Sherilyne en kinders, Andrew, Carmen, Jason, Salie en kinders.

1141

SOEK ekstra inkomste? Skakel of SMS 083 343 4029 en word 'n agent vandag.!

N i c o d e We t

DEBT RESTRUCTURE

UREN, KITTY. Sondag 15/09/2013 is dit die 4de verjaardag weg van ons. Verlange baie groot. Wat die Here gedoen het, is welgedaan. Van Leonie, Roy en kinders.

R1 000-R180 000. Cellphones, funeral consalidations loans. 5 min pre-approval. Phone Hana 078 636 3625.

MEUBELVERVOER N.J. (Otto). 20 jaar ondervinding. Persoonlike toesig. Enige trek. 082 708 9447/023 342 0286.

GRONDDREINERING

KISSEN, GERTRUIDA (GERTY). Dit is Mamma se 1ste verjaardag in die hemel. Dit voel of Mamma nog by ons is. Ons mis jou baie. Rus in vrede.Van kinders Rodney, Luzella, Moira, Rita, Lezel, kleinkinders en agterkleinkinders.

INSTANT Cash & Loans on your gold jewellery & valuables. Best prices paid. Visit our Kiosk outside Pick 'n Pay in Mountain Mill Mall for a free valuation. Call 087 230 0218. www.sagoldbuyers.net

• REDUCE your debt by 60% • Give you access to MORE of your money • Financial FREEDOM Call now for a consultation 072 802 2926 or 082 443 9448

401

Algemeen General Vacancies AUPAIR overseas? 19-29 yrs old! Holland and Belgium www.biancasaupairs.co.za GAME-Worcester is urgently seeking for young, vibrant and customer service orientated matriculants who would like to join the phenominal bussiness group. They must also have cashier experience. CV can be personally delivered at the store for attention the store manager.

WIL jy jou eie ure werk? Verkoop Avon. Ek help jou registreer as 'n agent. 078 301 3771.

23


24

Standard

12 September, 2013

Geklassifiseerd Classifieds


Geklassifiseerd Classifieds

Standard

12 September, 2013

25


26

Standard

12 September, 2013

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

Bit of old world charm This week’s property on show is offered by Lew Geffen Sotheby’s Worcester and is a property that one seldom gets the opportunity to buy. This very well maintained three-bedroom house is in Trappes Street, just minutes from schools, Worcester’s central business district (CBD) and Motion Fitness. The house has a newly renovated bathroom, three bedrooms, a very nice “farm style” kitchen with a walk-in pantry, separate scullery and a lovely covered braai area leading onto the garden. This is definitely for the buyer that wants a bit of “old world charm”. For more information, contact Lew Geffen Sotheby’s International Realty on 0 023 347 2240 or mobile: 082 771 0529. Also visit www.sothebysrealty.co.za; www.worcesterproperty.co.za or www.property24.com.

Eiendomme Property

BREEDE EIENDOMME


Standard

Sport Sport

12 September, 2013

Swallows thrashed by Barcelona MATTHEW SHELDON

Racing selections for Saturday (14/09/2013) at Durbanville:

Barcelona FC thrashed Swallows 5-1 in a Safa Cape Winelands winter league match last Saturday.

Race one: Welcome to Durbanville Maiden Plate (F&M) 1 000 m: 1. Savannah Song (1)

The two teams went head-to-head in a thrilling encounter at the Esselen Park Stadium. Both teams began the match with an immense pace launching numerous attacks against each other, testing the goalkeepers’ abilities. It was, however, Swallows who managed to score the opening goal in the fifth minute after receiving a penalty. Thereafter Barcelona started to slow the pace of the game down by playing shorter passes. This change paid off when Barcelona received a corner and managed to score a stunning goal from a tight angle to level matters. Barcelona started to control the possession of the ball and a few minutes later, Lebohang Molefe managed to score a stunning goal from a set-piece. This made it 2-1 in Barcelona’s favour. Just before the end of the first half, Barcelona launched another attack when Molefe dribbled past the Swal-

Race two: Maiden Plate (F&M) 1 000 m: 1. Hammie’s Wildcat (2) 2. Ballymaloe (8) 3. Wet Autumn Mist (3) 4. Jackie Black (9) Race three: Maiden Plate (3 yearolds) 1 400 m: 1. Ted Bassett (1) 2. Manx Missile (12) 3. All About Dash (3) 4. Blaze Of Noon (7)

Barcelona FC thrashed Swallows 5-1 in a Safa Cape Winelands winter league match last Saturday. PHOTO: MATTHEW SHELDON lows defenders and scored another clinical goal. The half-time score was 3-1. Swallows were determined to correct their mistakes of the first half by holding their ground, launching dangerous counter-attacks, trying to use their speed as an advantage. Unfortunately Swallows could not convert their chances into goals. It was Barcelona who once again

showed their dominance after substitute striker Mpampa Mphile scored a wonderful goal to stretch their lead to 4-1. Barcelona’s mid-fielders were in fine form during the last ten minutes of the match. Molefe managed to latch onto a cross from the mid-field inside the box and rounded it off with a fantastic header to seal the win. The final score was 5-1.

Race four: Maiden Plate (3 yearolds) 1 400 m: 1. Phiri E Kwatile (2) 2. I Am The Law (3) 3. Cherry Breeze (7) 4. Oreo Shake (Aus) (12) Race five: Graduation Plate (F&M) 1 400 m: 1. Petara (5) 2. Cruzwithmecaptain (8) 3. Smart Colleen (1) 4. Solar Blaze (7) Race six: Divided Handicap (MR 97) 1 400 m:

1. 2. 3. 4.

27

General Jubilation (8) Sussex Song (7) Half Moon Hotel (2) Unencumbered (5)

Race seven: FM 76 Handicap 1 000 m: 1. Cape Sugerbird (3) 2. Aksaray (11) 3. Azaniah (5) 4. Tsarina (6) Race eight: Open Handicap (MR 80) 2 000 m: 1. Le Capitaine (7) 2. Dizzy Feet (8) 3. King Of The Deep (4) 4. Temple Tiger (5) Race nine: Divided Handicap (MR 82) 1 400 m: 1. Slip ‘n Slide (2) 2. Arion (13) 3. Shepherds Purse (8) 4. Tight Ship (3) Place Accumulator: 1,12x2,3,7x1,5,8x5,7,8x3x5,7,8x8, 13. Jackpot: 1,4,5,7,8x1,2,3,5,7,8,11x3x4,5,7,8 . Pick 6 (10c unit): 1,2,3,7,10,12x1,4,5,7,8x2,3,4,5,7, 8x3x4,5,6,7,8x8,11,13.

Jong stoeiers maak hul merk by SA kampioenskap Die Drostdy Stoei Akademie (DSA) se stoeiers is steeds besig om hul stempel in dié mededingende sportkode af te druk. Tydens die SA Streekkampioenskappe tussen OP, WP en Boland wat die afgelope naweek in Uitenhage gehou

is, het die DSA se stoeiers met die meerderheid medaljes teruggekeer. Uit die Bolandspan van 40 was 25 van die stoeiers van die DSA. Uit die 25 moontlike medaljes in die onderskeie ouderdomsgroepe het die DSA se stoeiers boonop 24 losgeslaan.

Die Drostdy Stoei Akademie se stoeiers het uitstekend presteer by die SA Streekkampioenskappe wat die afgelope naweek gehou is. FOTO: VERSKAF

Zola to run with Fit2Run athletes Zola Budd and Marjory van der Merwe, two former Springbok athletes, will be among the runners in the Fit2Run Heritage Day Fun Walk/Run to be held on Monday 23 September at the De Wet Sports Ground. The 5 km fun run/walk starts at 09:00 and the entry fee is R10 per entry. The route will start and finish at the De Wet Sports Ground. The closing date for pre-entries at 23 Gardenia Street (Florian Park) is on Thursday 19 September and registration is on the day of the race from 07:00 – 08:30 at the De Wet Sports Ground. For internet entries, go to www.fit2run@gmail.com. Walkers are welcome. Medals will be awarded to all athletes who complete the race in one hour and thirty minutes. The prize-giving will be held at the De Wet Sports Ground at 10:30. Lucky prizes and hampers for the first three girls and boys will be handed out, but no prize money. The fun run is being held in aid of Fit2Run, a non-governmental organisation. Enquiries: Norman Ontong, Derick Adams, Rodney Booysen or Patrick Aronse on 083 398 5922, 083 355 1944, 082 578 2920 or 074 155 769, or fax 086 601 0414 or e-mail info.fit2run@gmail.com.

Zola Budd to speak at club International athletics star Zola Budd-Pieterse will be the motivational speaker at an event on Thursday 19 September hosted by the Worcester Athletics Club. The aim is to inspire learners and athletes to achieve health and fitness through running. The event kicks off with the club’s weekly time trial at the Worcester Primary School at 17:30. At 19:00 there will be talks by Budd-Pieterse and other well-known athletes. Learners pay R20 and adults R50 entrance fees.

Die DSA-manne het altesaam agt goue medaljes, agt silwer- en vyf bronsmedaljes verower, sowel as drie goue medaljes in die afdelings vir die o.6- tot o.8-ouderdomsgroepe. Die goue medaljewenners is Keeghan Zahrt, Xander van Schalkwyk, Gerhard Marais, Roelof Stofberg, Johan Hulme, Gerhard Marais, Joshua Smit, Robert-Andrew Adshade en John Laubscher-Pretorius. Wessel Kruger, Curtney Hoffmeester, Wessel Strydom, Pieter Hamman, Edwin Theron, Wynand van Staden, William Higgs en Chris LaubscherPretorius het silwermedaljes losgeslaan, met Nicol van Schalkwyk, Nick van Rensburg, Dujean Smit, Daniel Joubert en Jobert Wolmarans wat bronsmedaljes verower het. Die jonger goue medaljewenners is Albertus Hamman, Bertus van Rensburg en Joshua Erasmus. Hulme, Nicol en Xander van Schalkwyk het ook gekwalifiseer vir die SA Jeugkampioenskappe later die maand in Bloemfontein. Volgens Kurt Herzog, afrigter, is die akademie baie trots op dié prestasies.

Doubles­verdediging rotsvas Double Foot Shooters het verlede Sondag (8 September) in ’n Safa Kaapse Wynland Winterliga-wedstryd Real Stars van Zweletemba in die Esselenpark-stadion met 2-0 geklop. Doubles se middelskakel Virgill Johnson het in die vyfde minuut ’n skoot gewaag, maar het die dwarsbalk getref. Real Stars het ook vroeg ’n kans gekry toe Abongile Mbali weggebreek het, maar verdedigers Waldo Verhoog en Theo Cole het hom gestuit. Doubles se middelskakel Aasif Witbooi het kort hierna weer vir Virgill Johnson in besit gestel, maar briljante keerwerk van die Starsdoelwagter, Khayisa Taylor, het hom uitgehou. Stars se Samnkelo Mashiya het ’n goeie kans in die 30ste minuut gekry om sy span te laat voorloop, maar kon nie die Doubles-doelwagter, Chesswill Cupido, klop nie. Die rustydtelling was 0-0.

In die tweede helfte het Doubles meer doelgerigte sokker gespeel. In die 50ste minuut het sy verdediger Shaun Mitzs, vir Fostino “Jali” Plaatjies in besit gestel, maar Plaatjies kon nie sy kopskoot beheer nie. Doubles het egter in die 70ste minuut die voortou geneem toe Percival McKenzie puik afgerond het om die telling 1-0 te maak. Stars het knaend aangeval maar kon nie punte aanteken nie. In die 80ste minuut het Doubles se Plaatjies die doodskoot toegedien toe hy van die strafmerk af sukses behaal het. Stars het moedig probeer terugkom, maar Doublesverdedigers Theo Cole (speler van die wedstryd), Shaun Mitzs, Waldo Verhoog en Delano Afrika was rotsvas. Die eindtelling was 2-0 in Doubles se guns. Vir Stars het Spenathi Pere, Khayisa Taylor, Xolile Mzinyana en Rwexani Miszle goed vertoon.

Gholf: Boland-liga: Kruger-eindstryd, eerste kragmeting – Riverside 4.5, Wellington 3.5. Brodie-ligastryd, eerste kragmeting – Kuilsrivier 5, Paarl 3. Bonnievale (72): Samespel-Stableford – J. van Wyngaard en H. van der Riet 48, H. Witbooi en E. Pekeur 48, W. Martin en J. Arnoldus 46, D. van Schalkwyk en H. Carolus 46. Ceres (72): Houespel – G. Nieuwoudt 65, J. Fourie 67, A. Nieuwoudt 69, C. Cronje 70. Hexvallei (72): Enkel-Stableford – C. van Eeden 40, C. Esterhuyzen 38, T. Bam 37, S. Jacobs 34. Montagu (72): Houespel – R. Kriel 72, S. de Koker 74, G. Biesenbach 79. Riverside (72): Houespel – P. Minnaar 73, S. MacDonac 73, S. du Toit 73, P. Phillips 77, J. Philander 77, E. Marone 77. Robertson (72): Samespel-Stableford – B. Jonker en J. Doms 48, J. Geldenhuys en W. Nel 47, R. Barnard en E. Vosloo 47, S. Albertyn en S. Albertyn 47, P. Retief en H. Warnich 47, F. Strauss en E. Deysel 47, T. Doms en E. Doms 47, W. Scheun en G. Swart 46, G. van Dyk en K. Botes 46, L. Bredell en J. Coetzee 45, L. Laubser en M. Barnard 45, M. Goosen en J. Buys 45, W. Griesel en M. Pieters 44, A. Smuts en O. Rabie 44, N. Retief en C. Cloete 44. Theewaterskloof (72): SamespelStableford – G. Griffiths en M. Buttin 44, M. Muller en G. Grobbelaar 42, T. Grobbelaar en D. Bradley 41. Worcester (72): Houespel – D. Moraal 63, W. Faul 65, P. Cilliers 68, D. van Zyl 70, N. Louw 70. Rugby: Superliga-Oos: Ashton 26, Delicious 21; Hamlets 32, Young Hamiltons 19; Montagu Villagers 30, Newtons 25. Atletiek: Worcester-atletiekklub: Lentefees Riebeek-Kasteel, 21,1 km (31/08/2013) – JC Dreyer 01:20:04, David Petersen 01:29:33, Pieter Johnson 01:31:16, Kosie Koopman 01:40:49, Vondra Singleton 02:47:11. Lentefees Riebeek-Kasteel, 10 km (31/08/2013) – Danzel Minnaar 00:34:19, Thomas Moses 00:41:31, Whito Mauies 00:44:49, Tertia Lourens 00:01:42:39. Duiwe: Hopetown Jaaroud 1 (07/09/2013): NBPU: 1. Manuel dos Santos 1 443,18, 2. G.F.J. Kriel 1 441,04, 3. Hougaard Hokke 1 439,66. BHDK: 1. Manuel dos Santos 1 443,18, 2. Dirk van Dyk 1 220,52, 3. Manuel dos Santos 1 147,22. BHPS: 1. Roberto van Wyk 1 172,28, 2. Roberto van Wyk 866,71. BVDK: 1. J. Terblanche 1 289,95, 2. S. en A. Hokke 1 272,10, 3. J. Terblanche 1 211,69. CHPS: 1. Cyril Davids 1 338,18, 2. John Persent 1 299,28, 3. Neil Davids 1 277,94. CPK: 1. Stevens Loft 1 353,30, 2. Snyman & Du Toit 1 259,39, 3. Snyman & Du Toit 1 259,35. CPS: 1. A. Abrahams 1 308,07, 2. NJ’s Lofts 1 270,95, 3. NJ’s Lofts 1 263,56. HDK: 1. C.B Frick 1 255,78. LPKTR: 1. E.J. van Dyk 1 415,49, 2. Mi-

chael Strauss 1 380,44, 3. Peter Jaftha 1 348,20. VPK: 1. T. dos Santos 1 313,20, 2. T. dos Santos 1 265,64, 3. T. dos Santos 1 235,70. WHFC: 1. L.A. Prins 1 426,47, 2. J. de Koker 1 263,99, 3. L.A. Prins 1 258,06. WHPS: 1. G.F.J. Kriel 1 441,04, 2. Mogamat Adams 1 419,62, 3. Kobus Rossouw 1 394,19. WHRS: 1. S.C. Williams en Seun 1 398,53, 2. C.H. Africa en Seun 1 297,66, 3. D. le Grange 1 293,42. WNPK: 1. Frank & Sons 1 431,61, 2. Frank & Sons 1 387,42, 3. Frank & Sons 1 387,32. WPK: 1. Hougaard Hokke 1 439,66, 2. Pretorius & Hunter 1 412,51, 3. Piet la Grange 1 400,55. WRPC: 1. Soldaat en Seun 1 248,65, 2. De Jager Lofts 1 238,42, 3. J.C. February 1 237,01. Hopetown Ope 1 (07/09/2013): NBPU: 1. G.P. van Zyl 1 492,37, 2. Manuel dos Santos 1 467,82, 3. A. Abrahams 1 463,21. BHDK: 1. Manuel dos Santos 1 467,82, 2. Allie Kotze 1 458,03, 3. J.G. Burmeister 1 372,21. BHPS: 1. Barend Muller 1 284,46, 2. Roberto van Wyk 1 182,33, 3. Roberto van Wyk 1 180,54. BVDK: 1. M. Lloyd 1 354,20, 2. J. Terblanche 1 336,63, 3. Fredericks en Seun 1 296,51. CHPS: 1. A. en G. Williams 1 461,98, 2. John Petersen 1 421,63, 3. Cyril Davids 1 350,96. CPK: 1. Snyman & Du Toit 1 346,58, 2. Snyman & Du Toit 1 341,74, 3. Stevens Loft 1 315,67. CPS: 1. A. Abrahams 1 463,21, 2. A. Abrahams 1 293,01, 3. Meyer Hokke 1 253,76. HDK: 1. C.B. Frick 1 355,35, 2. C.B. Frick 1 352,65, 3. C.B. Frick 1 346,98. LPKTR: 1. G.P. van Zyl 1 492,37, 2. E.J. van Dyk 1 451,70, 3. G.P. van Zyl 1 419,57. VPK: 1. T. dos Santos 1 375,69, 2. A.P. Lingenfelder 1 368,90, 3. A.P. Lingenfelder 1 366,40. WHFC: 1. L.A. Prins 1 360,16, 2. Demas Broers 1 353,41, 3. J. de Koker 1 328,24. WHPS: 1. D&J van Schalkwyk 1 439,85, 2. Erik van Zyl 1 396,79, 3. Roodman Brs. 1 396,19. WHRS: 1. D. le Grange 1 347,05, 2. S.C. Williams en Seun 1 317,34, 3. S.C. Williams en Seun 1 247,12. WNPK: 1. G.L. Hokke 1 426,94, 2. G.L. Hokke 1 313,52, 3. Frank & Sons 1 293,99. WPK: 1. Piet la Grange 1 461,78, 2. Paul de Wet 1 452,19, 3. Piet la Grange 1 447,28. WRPC: 1. Soldaat en Seun 1 332,05, 2. J.C. February 1 281,37, 3. J.C. February 1 266,29.


12 September 2013

Haar einddoel is Banyana Banyana MATTHEW SHELDON

Shooters se vrouespan en speel middel-verdediger. Sy het aan die Standard verduidelik dat spanwerk, dissipline en respek op die veld van die belangrike eienskappe is wat jy nodig het om ’n suksesvolle sokkerspeler te word. Malgas, van Roodewal, is in 1995 in Worcester gebore en is tans in matriek aan die Worcester Sekondêre Skool. Sy wil graag ná skool in ’n sportrigting gaan studeer as sy ’n beurs of die nodige geldelike ondersteuning daarvoor

“My droom is om eendag vir Banyana Banyana te speel.” Só gesels Ebeneshia Malgas, ’n talentvolle sokkerspeler van Worcester, wat graag vir die Suid-Afrikaanse vrouespan wil speel. Sy speel tans vir Worcester se Double Foot Shooters. Dié span speel in die Safa Kaapse Wynland Promosieliga. Malgas (18) is een van 40 vroue wat verlede maand ty- Ebeneshia Malgas dens ’n streekstoernooi vir FOTO: MATTHEW SHELDON vroue in Kroonstad gekies is om deel van die nasionale o.20-oefengroep kan kry. Die nasionale o.20-groep word uit spelers te wees. Die oefenkamp word van 12 tot 15 September in Johannesburg gehou. Vol- gekies wat aan die oefenkamp deelgeneem gens haar is sy baie trots op haar prestasies het. Dié span sal dan teen Botswana in ’n wedstryd tot dusver en is sy tevrede met haar vorde- Wêreldbeker-kwalifiserende ring in dié sport. Malgas het ’n passie vir (o.20) moet uitspeel. “Ek hoop dat ek ’n plek in die o. 20 nasiosokker ontwikkel toe sy net agt jaar oud was. “Ek het altyd gekyk hoe my vriende in die nale span sal kry. Ek glo hierdie geleentheid straat gespeel het. Ek het gesien hoe geluk- sal vir my die nodige blootstelling by die kig dit hulle gemaak het en ek wou ook daar- keurders gee.” Haar boodskap aan sokkerspelers wat die gevoel ervaar. Dit is waar my liefde vir graag in die sport wil presteer is: “Practice die sport begin het.” Malgas is die kaptein van Double Foot makes perfect.”

Global Force Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag (7 September) in ’n Presidentsligawedstryd (Wynland-afdeling) Proteas van die Hexvallei met 43-26 oorrompel. Hier breek Persies se Anthony Kouter (haker) weg met die bal tydens die kragmeting op Esselenpark. FOTO: MATTHEW SHELDON

Persies klop Proteas ALVER UYS Global Force Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag (7 September) in ’n opwindende Presidentsliga-wedstryd (Wynland-afdeling) vir Proteas van die Hexvallei met 43-26 verslaan. Persies het voor ’n volgepakte Esselenparkstadion gewys dat hy op enige gegewe dag met die groot kanonne kan saamgesels. Persies het sommer van meet af aan sy stempel op die wedstryd afgedruk en vir die grootste deel van die eerste helfte die aanvalswerk gedoen. Persies het vroeg-vroeg geleentheid gekry om die telbord aan die rol te sit toe hy ’n strafskop binne trefafstand kry. Skrumskakel Alaric Johnson se poging was egter regs verby. Kort hierna het flank Godwin Kaywitz ná volgehoue druk onder die pale vir ’n drie oorgegaan. Johnson het maklik verdoel en die telling het na 10-0 in Persies se guns gegroei toe Johnson met ’n strafskop geslaag het ná ’n skrumoortreding. Kort hierna rol die telling aan na 17-0 toe buitesenter Jennewil April skitterend weggebreek en onder die pale oorgegaan het. Johnson is suksesvol met die doelskop. Nog ’n strafskop-poging deur Johnson het die telling op 20-0 te staan gebring voordat kaptein en agsteman Johan Stanley ’n drie vir Proteas gedruk het. Proteas se losskakel Tersius Noble kon ongelukkig nie verdoel nie. Die telling was 20-5. Persies het egter hard teruggeslaan toe losskakel Jaco Daniels ’n los bal oppik en met ’n briljante stukkie spel ’n drie gaan druk het. Johnson het verdoel om die rustydtelling op 27-5 te staan te

bring. Proteas het kort ná rustyd punte aangeteken toe sy losvoorspeler Christopher Bobbejee ’n losbal opgeraap en ’n 40 m-wedloop na die doellyn gewen het. Noble het skitterend verdoel om die telling 27-12 te maak. ’n Paar “vreemde” beslissings deur skeidsregter Gavin Butress van Tulbagh het die Proteas hierna vir ’n lang ruk in toom gehou. Persies het weer teruggeslaan toe stut Randall Helm ’n drie gaan druk het. Johnson se doelskop was mis en die telling het na 32-12 in Persies se guns opgeskuif. Kort hierna het Jaco Daniels met ’n skuins strafskop geslaag om die telling na 35-12 te laat groei. Proteas wou egter nooit bes gee nie en was met ’n sewepunter beloon toe Bobbejee sy tweede drie gedruk het. Noble het oorgeskop om die telling na 35-19 te laat krimp. Kort hierna het Persies se Roland Daniels ’n strafskop gekry en geen fout gemaak nie en die telling opgeskuif na 38-19. Nou behoorlik aangevuur, het Proteas beheer geneem toe sy regtervleuel Arthur Stevens ’n drie gedruk het. Noble het ook met die moeilike doelskop die kol getref om die telling 38-26 te maak. Kort voor die einde van die wedstryd het Persies sy oorwinning verseker toe plaasvervanger-skrumskakel Elrich Olsen vir ’n drie oorgegaan het. Daniels se doelskop het nie geslaag nie. Die telling telling was 43-26. Persies het dit ’n driekuns gemaak toe sy tweede span Proteas B met 41-7 geklop het, terwyl sy derde span ook met 24-0 gewen het. .Eerskomende Vrydagaand speel Worcester Perseverance tuis op Bolandpark teen Tulbagh. Die wedstryde begin om 18:00.

Villagers sê Robertson die stryd aan ALVER UYS Alle paaie lei Saterdag (14 September) na Bolandpark wanneer United Bulk Villagers en Robertson mekaar in ’n Premierliga-wedstryd pak. Dié wedstryd behoort groot belangstelling gaande te maak aangesien Robertson, na ’n aanvanklike gesukkel, deesdae behoorlik kook en onlangs ook voorlopers Roses United sy eerste pak slae toegedien het. As deel van Villagers se 130ste bestaansjaar word verskeie pryse uitgedeel. Na afloop van die wedstryd word daar ook ’n opskop in die klubhuis gehou. In ’n ander Premierliga-stryd speel Ceres tuis op die Victoriaparkstadion in Ceres teen

vanjaar se nuwelinge in die liga, Hawston. In die Superliga-Oosafdeling speel Ashton Saterdag tuis teen Bella Vista terwyl Hamlet Saterdag Newtons in Wellington moet gaan pak. Montagu Villagers speel Saterdag weg teen Caledon terwyl Young Hamiltons besoek ontvang van Kleinmond. In die Presidentsliga (Wynland-afdeling), speel Worcester Perseverance reeds Vrydagaand op Esselenparkstadion teen Tulbagh. Saterdag kry Touwpark van Touwsrivier besoek van McGregor terwyl Wolseley besoek van De Doorns United ontvang. Rawsonville United speel Saterdag in Robertson teen Robertson Rangers, terwyl voorlopers Proteas van Hexvallei besoek ontvang van Young Good Hopes van Ashton.

Worcester standard 12 09 2013  

Worcester standard 12 09 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you