Page 8

8

Weslander

Menings Opinions

21 Februarie, 2013

SMS-sêgoed Helde sonder voete van klei Die tragiese gebeure verlede Valentynsdag in paralimpiese atleet Oscar Pistorius se huis het die hele wêreld geskok. Oscar is vir Suid-Afrikaners ’n held. ’n Jong man wat die verlies aan sy bene nie as ’n tragedie nie, maar as ’n uitdaging hanteer het. Hy het alle paralimpiese atlete geïnspireer deur te bewys hulle kan ook teen die wêreld se bestes meeding. En nou? Nou is ’n pragtige en talentvolle jong vrou se lewe wreed verby, haar gesin gebroke en Oscar staan tereg op ’n aanklag van moord met voorbedagte rade. Ongeag die uitslag van die hofproses, die gebeure is tragies. Ons land het so ’n dringende tekort aan helde, aan rolmodelle wat jong mense hoop kan gee. Ons soek helde sonder voete van klei. Ook hier aan die Weskus het baie van ons jong mense hoop nodig. Dit help nie groot ontwikkelings soos die nywerheidsone (IDZ), olie-en-gasdienssentrum, ontsoutingsaanleg en wat nog vind plaas nie, maar baie van ons jong mense verval in dwelms, prostitusie en misdaad. Om nie te praat van skoolverlatery voor matriek of om nooit daarna verder te gaan leer nie! Die SMS dat daar nie genoeg gesonde vermaak vir jong mense op Vredenburg is nie, is waar. Wat het geword van die idee om ’n skaatsplankbaan op die ou tennisbane te bou? Dankie vir die inisiatief om ’n jeugorkes te begin – musiek en ook sport bied uitstekende geleenthede vir jong mense om nuwe lewensvaardighede aan te leer. Ons het meer mense soos hierdie broodnodig. Wat van iemand wat ’n dramaskool wil begin? Meer jeugklubs sal ook help. ’n Paar vroue kon ’n oulike parkie én ’n skaatsplankbaan op Langebaan tot stand bring. Hoe lyk dit dan, Vredenburg?

Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie. Kantoor: 022 713 1251 (t); 022 713 2487 (f) SMS­lyn: 32510 Uitgewer: Ernie Roworth • 082 333 5838 Redakteur: Heléne Meissenheimer • 072 149 1969 Redaksie: Trish Goosen • 078 462 8934 (Vredenburg, Paternoster en promosies) Bianka du Plessis • 071 594 7302 (Langebaan, Piketberg, Darling en promosies) Jodine Cloete • 083 784 8685 (Saldanha, St Helenabaai, Velddrif en sport) Medewerkers: •Bennie Abdol (Sport) 022 714 4634 •Juli Olivier (Velddrif/Piketberg) 079 465 9246 •Ronel Bakker (Porterville) 073 034 5465 Advertensies: Christo Momsen • 083 650 0989 Madelie Tolken • 084 549 8619 Alet Ellis • 083 657 7369 Sirkulasie: Arita Agenbag • 083 565 1089

Oor naweek • Over weekend Verslaggewer aan diens: 22­24 Februarie 2013 Jodine Cloete 083 784 8685

Ombudsman Volgens die redaksionele beleid van Weslander verwel­ kom ons voorstelle en kommentaar oor die koerant se in­ houd en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Vir die regstelling van feitefoute of indien u voel dat ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie perskode nie, kontak die ombudsman van Media24 se Gemeen­ skapspers, George Claassen, by george.claassen@me­ dia24.com, of bel hom by 021 851 3232 of 083 543 2471. Indien ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie en die Suid­Afrikaanse Perskode nie, kan u ook die SA Pers­ ombudsman kontak by 011 484 3612/8, faks 011 484 3619 of e­pos aan ombudman@presscouncil.org.za.

Briewe word gratis geplaas. Bedankingsbriewe (slegs individue, staatsinstansies soos die hospitaal, polisie of die munisipaliteit, of liefdadigheidsorganisasies) moet drie kort sinne wees. Hou briewe 300 woorde lank. Langer briewe word net in uiterste gevalle geplaas. Briewe, selfs anoniem, moet die skrywer se naam, van en straatadres bevat. E­pos briewe voor Dinsdag 12:00 na: redakteur@weslander.co.za.Faks: 022 713 2487.

Iron ore pollution in Saldanha scares tourists away It’s not my habit to send a letter to a newspaper in South Africa. I would still like to ask you to publish this letter. Since 1995 my wife and I regularly come to South Africa over Christmas and New Year to visit your beautiful country and visit friends. Unfortunately we are not planning to come back, because the healthy air in South Africa is gone. After New Year we went to visit friends in Saldanha. To our surprise we had a very unhealthy experience with this visit. We had eight days of walking, eating and breathing red iron ore dust from the loading centre in Saldanha Bay. Also on the beaches asbestos pipes washed up. We therefore made the discovery that Saldanha Bay is a very unhealthy place to stay. With regard to asbestos, there are small pieces that children kicked off and could cause cancer. About the iron ore dust, I read in Weslander

that it even comes as far as Vredenburg. In Europe and Netherlands this practice is called criminal. Fine dust in Europe and the Netherlands are contested by any means, because it is unhealthy. We understand that employment is very important in your beautiful country and especially Saldanha, but it (the dust) is very easy to avoid. If the ships loading the iron ore allowed it to be sprayed with water, then there would be no iron ore dust in Saldanha, even Vredenburg. Therefore I call on Transnet to at least wet the ore when loading, so that it is healthy for the inhabitants of Saldanha and Vredenburg to breathe. We wish you all a lot of work, but with health. (Transnet does wet the stock loading piles of iron ore before transport on the covered conveyor belt to be loaded into ships, but the process is not dust-proof. Read more next week. Ed.)

. Honde mag nie loop sonder dat hulle vas is nie. Dwarskersbos strandlopers. . Ek dink die mini­trollies wat kinders by die su­ permark rondstoot is glad nie ’n goeie idee nie. Ek moes nou al baie keer uit die pad spring omdat daar ’n kind agter ’n mini­trollie teen ’n spoed op my afkom. So ’n mini­trollie het nou al drie keer teen my bene vasgery. Moet iemand beseer word voordat daar besluit word dat dit ’n gevaar is? . Leerlinge wat nie graad 9 slaag nie kan ’n oplei­ dingskwalifikasie verwerf. Hoe verstaan ’n mens dit? Die leerling kan homself nie help nie, maar hy kan maar ander kinders gaan help. Verregaan­ de! . Ek het een Sondagoggend 04:00 deur Malmes­ bury gery toe is die straatveërs besig om die dorps­ kern se strate skoon te vee! Mooi so Swartland, maar o wee, Bergrivier en Saldanhabaai! . Na aanleiding van LBBIV se brief: DA se wiele in Saldanhabaai­munisipaliteit val af. DA is net so pateties soos die ANC en hoe nader die verkie­ sing kom hoe slegter sal dit gaan, want DA­raads­ lede moet campaign en geld insamel. DA kry 1 uit 10. Pieter. . Skyfwerphok was nie reg opgerig nie, net paar toue, en ’n toeskouer het gekeer dat een deel op beamptes en ander atlete val. . Dankie Chotlego vir jou brief oor die ingang van die dorp. Niemand so blind soos die wat nie wil sien nie. Belastingbetaler. . Waarom is daar geen flieks, “10­pin bowling”, “putt­putt” of enige bekostigbare vermaak vir veral die jong mense in Vredenburg nie? Die jeug kort skoon vermaak vir die ledige dae. . As ’n Weskusser is jy darem ’n leek. Die rivier is jare lank al verklaarde beskermde gebied. Dis heb­ en vraatsugtige mense soos jy wat die ekolo­ giestelsel vermoor. Al jou goed moet gevat word dat jy ook soos die natuur elke keer voor moet begin en nie kans gegun word om te herstel nie. Greenpeace.

ADRIE AND LEO VAN ANDEL SLIEDRECHT, NETHERLAND

Weskus-kollege se sekuriteitswagte stap voorwaar daardie ekstra myl In vandag se wêreld is dit baie raar om steeds mense te kry, naamlik sekuriteitswagte, wat nie net daar is om hekke oop en toe te maak en te staan en soos Rambo lyk nie, maar hulself beywer om ons kinders, en partykeer onsself, te herinner dat reëls gevolg moet word. By die kollege self het mnr. Wylie en sy span

van Securimed geslaag om diep in ons harte te kruip met hul puik diens, insluitend seker te maak kinders is in klasse, ekstra ure aan diens, goeie persoonlikheid en algehele goeie diens. Nog nooit het ek gesien hoe so min mense so baie kan doen met so min waardering nie.

Ek hoop van harte dat jul maatskappy jul goeie diens waardeer en eindelik beloon. So, van myself en vele ander, wil ek sê baie dankie en alle voorspoed vorentoe. Baie dankie.

MICHAEL NOBLE NAMENS WESKUS KOLLEGE-PERSONEEL VREDENBURG

Munisipaliteit maak my toe sommer ’n miljoenêr! Ek het tot onlangs toe nog daaroor gewroeg dat ek nie in tel is nie. Het al gedink dis seker maar oor ek ’n ou suurstofdief is en dat die regering gedink het dis nie nodig om ons (ek en talle van my vrinne) te tel nie. Dis die tweede keer dat dit gebeur. Die vorms is by my afgelewer maar nooit weer afgehaal nie. Volgens die departement van statistiek is almal getel. En daarna is triomfantelik uit regeringskringe verklaar dat die sensus ’n reuse-sukses was. Wéér. Dis maar een voorbeeld van amptelike statistiek wat meesal met ’n hele sak sout ingeneem behoort te word. Soos die inflasiekoers. Ek glo hulle versuim om te noem dat die syfer op ’n maandbasis bereken word en nie op ’n jaarbasis soos ons veronderstel is om te glo nie. Maar met onse munisipaliteit se jongste eiendomswaardasies was die versoeking net te groot om dit dié slag te glo. Want sien, die syfer was net té aantreklik. Te midde van byna daaglikse berigte in die media dat eiendomswaardes in die jongste paar jaar

drasties gedaal het, kom onse munisipaliteit sowaar en verklaar dat ek nou ’n “miljoenêr” is! Want my beskeie ou huisie is volgens hulle sowaar sewe syfers werd. Dit het my ook nie gepla dat ek nie ’n kennisgewing van hulle ontvang het dat my waardasie drasties verhoog is nie. En dat ek in ’n berig in Weslander moes uitvind die sperdatum vir besware is reeds verby. Ek word dikwels daarvan beskuldig dat ek ’n pessimis is. Dus besluit ek dié keer om die glas nie net halfleeg te sien, soos my gewoonte is nie, maar sommer hééltemal vol! Want sien, die belasting wat nou betaalbaar gaan word, pla my nie. Ek gaan dit nie hoef te betaal nie, want ek gaan my eiendom mos vir ’n sewesyfer-bedrag verkoop. Dan gaan ek by ’n luukse hotel intrek waar ek

die res van my dae in luukse kan uitsien. Of so reken ek. Newermaaind dat ek nooit die voorreg gehad het om ’n waardeerder by my huis te sien nie. Ook geen aanduiding dat hulle hier was nie. Ook maar goed so, anders het hulle sekerlik die gekraakte teëls, die mure wat afdop, die verslete matte, en dies meer gesien en was ek waarskynlik nie vandag ’n miljoenêr nie. Ek bespreek die saak met die kinders se ma en sy is nogal te vinde vir die idee. Dit sal immers ten minste beteken dat sy nie verder die frustrasie sal hoef te ervaar van met ’n onbetaalde onbekwame huishulp (dis nou ekke) te sukkel nie. Dus stap ek vanoggend ewe kordaat by ’n plaaslike eiendomsagent in. “Ek wil my huis verkoop,” sê ek. “Hoeveel?,” vra hy. Ek noem die syfer en voeg by dat is wat my huis volgens die munispaliteit se “hoogs deskundige waardeerders” werd is. Hy bars uit van die lag en toe hy sy asem terugkry, sê hy: “Dan moet jy dit maar aan húlle verkoop!” Simpel vent.

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013

Advertisement