Page 7

7

Weslander

Nuus News

21 Februarie, 2013

Langebaan, Vredenburg & Malmesbury Hasie Terblanche (heel links), wat weer aangestel is as ere-rekenmeester, is hier by die nuwe bestuur van die Weskus Sakekamer. Hulle is (langs Terblanche) Hans Herrmann, Floris Brand, Abigail Murray, Dave Osborn, Johan Vorster, Frans Koch, Ena Koch en Wilhelm Herbst. Raadslid Frank Pronk was afwesig. FOTO: HELÉNE MEISSENHEIMER

Garnish and décor not included

tHE

BiG PricE DroP

Sakekamer goed bestuur HELÉNE MEISSENHEIMER Die Weskus Sakekamer, een van die land se grootste sakekamers wat geaffilieer is by die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI), is onder nuwe bestuur. Johan Vorster, algemene bestuurder van drie PPC Sement-aanlegte (Saldanha, Riebeeck-Wes en Montague Gardens), is Maandagaand onbestrede as nuwe voorsitter verwelkom. Sy nominasie was die enigste wat vir dié posisie ontvang is. Vorster neem oor by Wilhelm Herbst wat twee jaar voorsitter was en volgens die sakekamer se grondwet dus nie vir ’n derde termyn verkiesbaar is nie. Vorster het gesê hy gaan beslis kyk na geleenthede vir die Weskus. “Willem Roux (Transnet-hawebestuurder) het gesê mense het EIA fatigue; ek dink daar is ook al fatigue

van beloftes.” Die ledetal van die tak staan nou op 150 en die gemiddelde bywoning van funksies was 51, het Herbst in sy voorlees van die jaarverslag gesê. ’n Hoogtepunt is dat die langverwagte nywerheidsontwikkelingsone (NOS of Engels IDZ) uiteindelik besig is om te gebeur. Hy het gesê hy glo werklik dit is goeie nuus vir die Weskus, selfs al is dit nie soveel direkte werksgeleenthede vir plaaslike inwoners nie, bring dit stroom-af besigheid. Herbst (West Coast Aquaculture) is weer verkies om in die sakekamer se bestuur te dien. Saam met hom is Dave Osborn (Saldanhabaai-toerisme), Ena Koch (EUSA Computer Accounting), Floris Brand (South African Oil and Gas), Frank Pronk (Frank’s Hardware en wyksraadslid), Hans Herrmann (Hansing Engineering) en Abigail Murray (Weskus-besigheidsontwikkelingsentrum).

5999

2899

2699

2799

899

995

bulk tenderised Steak per kg

PnP no nametM Fresh Chicken Braaipacks 5, 10 or 16 Piece per kg

Humpy Dumpty large eggs 30s

PnP no nametM Bevrore hoenderbraaipak 1.8kg

Maak seker van jou huwelikstatus TRISH GOOSEN Jy is al jare getroud, maar volgens binnelandse sake is jy ongetroud. Wees gewaarsku! Dié administratiewe “glips” kan jóú ook oorkom. Volgens Anton Wolvaardt van Avbob in Vredenburg, kom foutiewe huwelikstatus veral by die ouer geslag voor. Een van Wolvaardt se kliënte wat onlangs haar man aan die dood afgestaan het, was geskok om uit te vind dat haar man, met wie sy dekades lank getroud was, volgens binnelandse sake nooit getroud was nie. Háár huwelikstatus was egter korrek, naamlik dat sy wel getroud is. Weens verskeie probleme wat die begrafnisbedryf weens ’n foutiewe huwelikstatus ondervind, het die begrafnisfederasie van Suid-Afrika (FFSA) ’n vergadering met die departement van binnelandse sake gereël om ’n oplossing vir die probleem te vind. Volgens Wolvaardt kan ’n foutiewe huwelikstatus veroorsaak dat begrafnisreëlings vertraag word, veral waar versekeringspolisse van toepassing is. Die afhandeling van ’n boedel kan ook daardeur vertraag word. Weens huidige ekonomiese toestande is ondernemers ook huiwerig om diens per

rekening te lewer. “In die geval van ’n sterfte wil ’n familie nie nog verder getraumatiseer word met die administratiewe verantwoordelikheid nie,” sê Wolvaardt. Mense wat wil seker maak of hul huwelikstatus by binnelandse sake korrek is, kan die hoofletter M, gevolg deur ’n spasie en hul identiteitsnommer na 32551 SMS. Een van Weslander se verslaggewers het dié SMS-lyn op die proef gestel en het binne ’n minuut ’n SMS ontvang met haar huwelikstatus soos dit tans op binnelandse sake se databasis aangeteken is. Indien ’n huwelikstatus verkeerd by binnelandse sake is, “sal dit ’n tydjie neem om reg te stel”, sê Wolvaardt. Die dokumentasie vir die regstelling moet ingehandig word by die plaaslike binnelandse sake-tak op Malmesbury en kan ’n dag of twee neem voordat dit reggestel word. Indien die regstelling ná die registrasie van die dood plaasvind, gaan die regstelling langer neem, aangesien die Malmesbury-tak die dokumente na die departement se hoofkantoor in Pretoria moet pos. Vir gemoedsrus stel Wolvaardt voor dat mense vooraf hul huwelikstatus by binnelandse sake bevestig om enige ongerief te voorkom.

KANSA SE SKAKELKOMITEE VAN VRYWILLIGERS IN ST. HELENABAAI: Hier (agter van links) is ds. Richard Holloway (voorsitter), Audrey Thom( koördineerder pasiëntdiens en gesondheidsbevordering), Collin Dyers (pasiëntdiens en gesondheidsbevordering); (voor) Heletjé Heyns (hoof Toktokkie), Gretchen Minnaar (gemeenskapswerker, Malmesbury) en Magda van der Westhuizen (sekretaresse). FOTO: VERSKAF

each

tamaties 1kg

Spanspek

Product styled for photography

699

1995

each

Fercon red or smoked Viennas per kg

Freshly baked Mama’s Pies

kooP EniGE 2 Vir

2398

5699 elk

PnP no nametM droë hondekos Verskeie 8kg

Fanta, Sprite of Stoney Koeldrank Verkskeie 2 liter

always there for you.

Plus EArn Points

PRICeS VaLID 21 - 24 FebRuaRy 2013 At Pick n PAy lAnGEBAAn, VrEDEnBurG & MAlMEsBury only www.picknpay.co.za

Please Recycle

CuStoMeR CaRe

Toll Free: 0800 11 22 88 (lAndline only. CellPhone rATes APPly)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cell phone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

9889M_Bil

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013