Page 4

4

Weslander

Nuus News

21 Februarie, 2013

Toename in vergiftiging van diere BIANKA WESSELS Mandy Slade van Myburgh Park, Langebaan is bekommerd dat dié dorp se troeteldiere deur ’n gewetenlose gifgooier geteiken word. Dit volg ná een van Slade se geliefde troetelkatte, Rocky, dood in haar tuin gevind is. “Die honde het Rocky onder die blombeddings gevind waar hy in ’n onnatuurlike posisie gelê het met sy bek vol sand. Dit het gelyk of hy siek was voor hy gevrek het,” het Slade gesê. Sy het vermoed dat haar kat vergiftig is en het die oorskot na die Wesland-dierekliniek op Vredenburg geneem vir toetse. Dit was eers ná haar Rocky gevind is, wat Slade se verloofde onthou het van ’n stuk droëwors wat hy vroeër van hulle honde afgevat het omdat hy nie geweet het waar dit vandaan kom nie. Weens die buitensporige koste van toetse op Rocky se organe het Slade besluit om net die wors wat gevind is na die patoloë te stuur. Dit het positief vir Aldicarb, beter bekend as Two Step, getoets. Slade het die Langebaan-dierehospitaal gebel sodat hulle mense kan inlig en waarsku oor die vergiftiging van diere. “Hulle het gesê hulle is bewus daarvan en dat dit ’n algemene verskynsel in Myburgh Park is. Ek woon naby dié diere-hospitaal en ek was glad nie bewus van die vergiftiging nie en ek glo die ander mense in die woonbuurt is ook nie,” het Slade ontstoke vertel. Volgens Tara Bouwer, ’n algemene assistent by die Langebaan-dierehospitaal, is daar ’n toename in die vergiftiging van die-

Dié vleisgebaseerde produk met die doodelike gif, Aldicarb, wat gebruik word om troeteldiere dood te maak. Aldicarb is swart en korrelagtig in voorkoms en lyk soos buskruit. re en veral van katte. “Ons sien en hoor gereeld van diere wat vermoedelik met Two Step vergiftig word, nie net in Myburg Park nie, maar in die hele Langebaan. Daar is ook nie veel wat mense kan doen om vergifting te verhoed nie, veral omdat dié gif op enige kossoort gestrooi word en dan oor ’n muur gegooi word vir die diere om te vreet,” het sy gesê. Bouwer stel voor dat mense gereeld, minstens twee keer ’n dag, om hul erwe stap en enigiets wat hulle nie self vir hul diere gegee het nie, weggooi.

Pa van drie neem eie lewe ’n Man van Vredenburg het homself Sondag by sy huis opgehang. Volgens kapt. Thembela Mgudlwa, woordvoerder van Vredenburg-polisie, het hulle Sondag ’n noodoproep uit Louwville ontvang. Polisiebeamptes het Gavin Daniels (42) dood by sy huis aangetref waar hy aan ’n elektriese kabel, wat om sy nek gedraai was, van die dak gehang het. Daniels het voorheen in Velddrif gewoon. Hy laat sy vrou Jane en drie kinders, Cameron, Thurston en Ethan Wyle Gavin Daniels agter. FOTO: VERSKAF

Agter (van links) is Corry van Rooyen, adjunkpresident van die Weskus-sportraad, Bennet Baily, adjunkdirekteur van sportpromosie, Louis Scheepers, munisipale bestuurder, Josh Cloete, Weskus-sportraad en Jeroam Arendse, voorsitter van die Weskus-sportraad; (voor) Lyndon Bouah, hoof-direkteur van sport en rekreasie, burgemeester Francois Schippers en brig.gen. Gordon Mzwandile Yekelo, departement van verdediging. FOTO: TRISH GOOSEN

Akademie vir sport gestig TRISH GOOSEN Suid-Afrika mik om teen 2030, nommer 3 in die wêreld in 80% van sportkodes te wees. Die distrik-sportakademie wat Saterdag by Protea Hotel in Saldanha geopen is, is ’n belangrike pilaar in die plan om dié mikpunt te bereik. Die distriks-akademie op die Weskus (gebaseer in Saldanha), is die tweede van sy soort in Suid-Afrika. Die eerste akademie is verlede jaar in Oudtshoorn geopen. Die rol van die distriks-akademie op die Weskus sal wees om plaaslike talent te identifiseer en te ontwikkel en dan ’n pad saam met dié atlete tot op Olimpiese vlak te stap. Die provinsiale regering, Saldanhabaaimunisipaliteit, die Weskus-sportraad, die Weermag, skole, tersiêre instansies soos Weskus Kollege, sportklubs en die gemeenskap sal almal bydra tot die sukses van dié akademie.

Sportkodes waarop daar gefokus sal word is atletiek, netbal, krieket, rugby, skopboks en watersport. Brig. gen. Gordon Mzwandile Yekelo, direkteur van sport en rekreasie, departement van verdediging, het Saterdag aan gaste by die openingsfunksie gesê dat die akademie ’n “sentrum van uitnemendheid” gaan wees. Hy het ook gesê dat hy onlangs in Kwazulu-Natal gevra is waarom dié sportakademies tans net in die Wes-Kaap is. “Omdat die Wes-Kaap die inisiatief geneem het om ons (die Weermag) eerste te benader,” was sy antwoord. Daar word beplan om later na ander provinsies uit te brei. Saldanhabaai-burgemeester Francois Schippers het in sy toespraak Ivan Meyer, die minister van sport en kultuur, se gunsteling sê-ding aangehaal en gesê dié “kulturele warmte” waarvan Meyer so gereeld praat, lê hom ook na aan die hart. “Ons moet sport gebruik om kulturele warmte tussen die mense te kweek en só ’n nasie te bou.”

Seniors druip net een keer, word dan bevorder TRISH GOOSEN Seniors mag nou net een keer druip. Die onlangse nuus dat leerlinge net een graad in die seniorfase van hul skoolloopbaan (graad 10 tot 12) mag herhaal, is met skok en woede ontvang. Naomi Meyer, kringbestuurder van die onderwysdistrikskantoor op Vredenburg het aan Weslander bevestig dat dié besluit van die onderwysdepartement amptelik is en deurgevoer gaan word. “Dit is in die Staatskoerant van 28 Desember 2012 bekend gemaak.” Die meeste skole op die Weskus en ook Meyer self, het verlede week eers van dié skoknuus te hore ge-

kom. “Dit maak my baie hartseer,” sê Meyer. Wehan Fourie, skoolhoof van Hoërskool Hopefield sê dit is nie in die belang van leerlinge om hulle na ’n volgende graad te bevorder as hulle nog nie gereed is daarvoor nie. “Dit is ’n katastrofe,” het Norman Cloete, skoolhoof van Hoërskool Weston, Vredenburg gesê. In die grondslag- en die intermediêre fase is dié reël reeds geldig. Leerlinge mag net een keer per fase druip. Na bewering poog die onderwysdepartement om die uitvalsyfer te verlaag wat beteken die aantal leerlinge in gr. 12 sal meer word. Leerlinge wat nie gereed is vir matriek nie, sal, volgens Meyer, heel moontlik nie matriek slaag nie.

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you