Page 32

Donderdag, 21 Februarie 2013 | Prys: R5.50

www.weslander.co.za

RUGBY: BURGEMEESTERS­TOERNOOI LOK DUISENDE

Eerste been van toernooi reuse-sukses JODINE CLOETE Duisende toeskouers het die naweek opgeruk na die Saldanha Burgemeesters-toernooi wat op Saldanha- en Vredenburg-sportterreine plaasgevind het. Dié sportgeleentheid het Vrydagaand op die Saldanha-sportterrein afgeskop met nagenoeg 1 200 mense wat gaan kyk het hoe hul gunsteling spanne teen mekaar meeding. Nege rugbyklubs van die Weskus spook dit vir die volgende twee naweke uit om as die wenners van die eerste Saldanha Burgemeesters-toernooi gekroon te word. Die spanne wat deelneem is in twee groepe verdeel, naamlik Saldanha, Langebaan, Saldanha Tigers en Hopefield in een groep en Vredenburg, St. Helenabaai, Velddrif, Paternoster, Universals van Hopefield en Weermag in die tweede groep. Vrydagaand het Saldanha en Langebaan sake uitgespook. Saldanha het die wedstryd 18-3 gewen. Hopefield het daarna Saldanha Tigers die stryd aangesê. Hopefield het in dié wedstryd lag-lag met 54-6 geseëvier. Die burgemeester, Francios Schippers, munisipale bestuurder Louis Scheepers en die burgemeesterskomitee het die verrigtinge bygewoon. Saterdag het die rugby op Vredenburg-

sportterrein afgeskop en toeskouers het al vroeg genoeg hul plekke langs die veld ingeneem om hul gunsteling spanne in aksie te sien. Vredenburg het tydens ’n maklike sege van 54-0 vir die Weermag ore aangesit, Velddrif het hul wedstryd met 19 teenoor Paternoster se 17 gewen en St. Helenabaai het Hopefield Universals 38-3 gewen. Volgens Betrum Vraagom, een van die bestuurslede, was die eerste been van die toernooi ’n groot sukses en hoop die bestuur dat dit vir die volgende twee weke net beter sal gaan. In die volgende wedstryd komende Vrydag speel Vredenburg teen Velddrif, Hopefield Universals teen Weermag en St. Helenabaai teen Paternoster. Saterdag speel Saldanha teen Saldanha Tigers en Langebaan teen Hopefield op Saldanha-sportterrein. Groot dinge word die laaste naweek beplan soos onder meer ’n jeugontwikkelingprogram vir leerlinge van hoër- en laerskole en ’n sportkliniek waar WP-, Boland- en SA legende-spelers gaan uithelp. Elke klub kan ook ’n o.20-span inskryf. Volgende Vrydag sal die Vredenburgseksie op Vredenburg speel en die Saldanhaseksie op Saldanha. Die munisipale bestuurder en sy direkteur, Dawid Joubert, het Maandagaand aangekondig dat die munisipaliteit die wentrofeë verskaf.

.Theo Carolus van Paternoster beur vorentoe met die bal terwyl ’n speler van Velddrif hom probeer plattrek. FOTO: TRISH GOOSEN

Valskermsweef­wêreldkompetisie vind dié week in Porterville plaas JODINE CLOETE

Plus EArn Points

Vredenburg, Langebaan & Malmesbury

die aand die opening by die gholfbaan bywoon. Die swewers spring Sondagoggend om 09:00 van Pampoenfontein weg. Die kombinasie van die stygende helling van die bergrug en die hittegolwe veroorsaak dat hierdie gebied die sweefskerm- en sweefvlerkmekka van Suid-Afrika en ’n wêreldbekende terrein vir internasionale kompetisies is. Dié sweefgebied is twee ure buite Kaapstad geleë en sal vir die volgende week douvoordag mense hierheen lok. Vir meer inligting besoek www.pwca.org of www.facebook.com/XCComps.

tHE

BiG PricE DroP

GrAtis

7995 three Ships Whisky 750ml

6495 Majors Whisky 750ml

7495 olof bergh Brandewyn 750ml

5995

Nou SLeGS

Die eerste valskermsweef-wêreldbeker-kompetisie vind plaas vanaf 23 Februarie tot 2 Maart in Porterville. FOTO: VERSKAF

PORTERVILLE – Eerskomende naweek kan besoekers en inwoners van dié dorp sien hoe swewers in die lug hang soos veelkleurige Chinese lanterns tydens die eerste Wêreldbeker-valskermsweefkompetisie wat hier plaasvind. Dié sportgebeurtenis wat die eerste in Afrika is, vind plaas vanaf 23 Februarie tot 2 Maart by die wêreldbekende vliegterrein. “Die dorp is bekend vir die verskeie valskermsweef-kompetisies wat hier plaasvind, maar dié sal die eerste groot kompetisie wees wat verskeie buitelanders na ons dorp lok,”

het Nathalie Wagenstroom, Porterville-toerismebeampte, gesê. Minstens 130 swewers gaan aan die kompetisie deelneem. Deelname in dié geval is op ’n kwalifikasie- en uitnodiging-basis en vlieëniers van lande soos Frankryk, Switserland, die VSA, Duitsland, Venezuela, Spanje, Portugal en die Nordiese lande, om net ’n paar te noem, word verwag om deel te neem. Volgens Wagenstroom is dié geleentheid ’n finansiële inspuiting vir die dorp en is hulle opgewonde om die Wêreldbeker-geleentheid hier aan te bied. Besoekers kan Saterdag die plaasmark by die kerk tussen 08:00 en 14:00 ondersteun, en

Le Royale Brandy 750ml

14699

per kas

SPaaR 25.00

Carling Black label nie-inruilbare Bottels 24 x 340ml of Blikke 24 x 330ml & Kry ‘n Coca-Cola Gewone 2 liter GrATis

always there for you PRICeS VaLID 21 - 24 FebRuaRy 2013 At Pick n PAy liquor VrEDEnBurG, lAnGEBAAn & MAlMEsBury only

(not for sAlE on sunDAys At MAlMEsBury liquor)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cell phone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

9886M/Bil

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you