Page 3

Weslander

Nuus News

21 Februarie, 2013

Ontsoutingsaanleg by Dangerbaai HELÉNE MEISSENHEIMER Prosesse loop flink vir die grootste ontsoutingsaanleg in die land om naby Saldanha opgerig te word. Maandag het Greg Schreiner van die WNNR aan sowat 10 mense terugvoer gegee oor hierdie historiese projek wat sowat R450 miljoen sal kos. Die WNNR het die voorlopige impakstudie vir die projek gedoen in opdrag van omgewingspraktisyns WorleyParsons SA. Die projek is die breinkind van die Weskus-distriksmunisipaliteit wat op hierdie manier die waterskaarste aan die Weskus wil aanvul. Tot groot verligting van diegene teenwoor-

dig het Schreiner gesê daar word aanbeveel dat die aanleg op die plaas Klipdrift by Dangerbaai, langs die Militêre Akademie, opgerig word sodat die pekel, ’n newe-produk van die tru-osmose ontsoutingsproses, in white water gestort kan word. White water is ’n term wat verwys na water met baie sirkulasie. Dit beteken dus dat die tonne pekel vinniger in die see opgeneem word met minder impak op die mariene omgewing. Die pekel sal met ’n 600 m-pyp in die see gestort word. Die ander opsie wat dus nie langer oorweeg word nie, is om die aanleg naby die ArcelorMittal-staalaanleg te bou en die pekel dan in Saldanhabaai te stort. Die gesuiwerde water sal met ’n pypleiding na die Basaansklipreservoir vervoer word om te meng met die water van die

Die aanbevole terrein vir die R450 miljoen-ontsoutingsaanleg is by Dangerbaai naby die Militêre Akademie en Jacobsbaai. FOTO: VERSKAF

Bergrivier-skema en sal aan die Saldanhabaai- en Velddrif-gebiede gelewer word. Die aanleg sal wanneer dit ten volle operasioneel is, 25,5 miljoen ton gesuiwerde water per dag lewer. Dit kom neer op genoeg water vir sowat 32 000 huishoudings van vier mense elk (geskat op verbruik van 200 liter pp/d.) Die aanleg sal 6-9 MW krag benodig in sy finale fase en sal vir 25 jaar water kan voorsien. Die water wat op dié wyse voorsien word, gaan egter ietwat duurder wees. Tans kos water die Weskusdistrikmunisipaliteit sowat R3,70 per kiloliter, terwyl ontsoute water sowat R4,70 per kiloliter sal kos. Christo van Wyk van die Saldanhabaai-waterkwaliteitforumtrust het gesê hy dink dit is onregverdig dat Weskussers meer vir water sal moet betaal terwyl die goedkoper Bergrivier-water na Kaapstad gaan. “Dit is ’n goeie projek vir ons gebied, maar hoekom moet ons meer vir water betaal?” Die aanleg gaan in drie fases opgerig word met konstruksie wat waarskynlik in September 2015 ’n aanvang sal neem.

’n Voorbeeld van ’n ontsoutingsaanleg.

FOTO: IRAQ­BUSINESSNEWS.COM

3

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you