Page 19

Weslander

Promosie Promotion

21 Februarie, 2013

Kikker jou huis met verf op BIANKA WESSELS

kleure werk egter ongelooflik goed, veral as dit met swart, wit of grys gepaar word. Omhels ryk skakerings van edelgesteentes. Dit is byna onmoontlik om verkeerd te gaan met die vermenging van saffierblou, ametis- pers, robynrooi, rokerige topaas en elegante silwer en goud. (Bronne: www.photo-

Kenners meen dat die menslike oog soveel as 20 miljoen skakerings kleure in ’n enkele toneel kan onderskei. Dit is geen geheim dat kleure die mens se gemoedstoestand kan beïnvloed nie,’n tegniek wat binnenshuisversierders, advertensie- ontwerpers en selfs sielkundiges reeds jare lank gebruik om kliënte se emosies te beïnvloed. ’n Vars lagie verf binnenshuis kan ’n woning van ’n huis in ’n toevlugsoord omskep asook die hele gesin se gemoedstoestand opkikker. Kleurtendense word deur die samelewing se persepsie van kleur in die wêreld beïnvloed. Vanjaar se kleurpalet is ryk en wulps met kombinasies wat wissel van diepgrys, bosgroen, pruim-pers, rustieke rooi tot die sagte skakering van neutrale kleure en tekstuur wat in die natuur gevind word. Om kleure te gebruik wat as dapper en elektriese of helder en intens beskryf word, mag dapper of miskien selfs Hier word grys as die hoof kleur gegewaagd klink. bruik en swart as ’n aksent. Die oranje Sulke kontrasterende, vuurpyl is ’n prettige toevoeging om analoog (soortgelyke skake- hierdie andersins formele vertrek op te rings), en monochromatiese helder. FOTO: WWW.HOUZZ.COM

19

Hoe om krag te bespaar

stackexchange.com, www.plascontrends.com, www.dulux.com.au en www.psychology.about.com)

Hier word pers as die agtergrond-kleur gebruik en helder pienk as ’n aksent. Die rou hout eetkamertafel en wit en grys stoele komplimenteer en versag die sterk kleure.

FOTO: WWW.PLASCONSPACES.COM

Met elektrisiteit wat duurder word, hier is ’n paar voorbeelde van wat gedoen kan word om ’n huis meer energiedoeltreffend te maak: 1. Warmwatertoestel: Isoleer die warmwatertoestel deur dit in ’n watertoestelkombers toe te draai en bespaar R10-R20 ’n maand. Installeer ’n tydtoestel op die warmwatertoestel wat keer dat water verhit word wanneer dit nie nodig is nie. Dit kan tot 20% op die elektrisiteitsrekening bespaar. Installeer ’n sonkrag-waterverhittingstelsel. Dit betaal vir homself in kragbesparing oor ongeveer 8 jaar, veral met die bou van ’n nuwe huis is dit ’n slim ekonomiese keuse. Dit kan ’n besparing van 20-40% op elektrisiteit beteken. 2. Ligte: Gebruik kompakte fluoressensie-gloeilampe (KFL) of liguitstraaldiode (LUD), wat meer energiedoeltreffend is as gewone gloeilampe, vir ligte wat langer as ’n uur of twee per dag aanbly – veral gepas vir buiteligte wat heelnag brand. Skakel ligte af wanneer niemand in die kamer is nie. 3. Huisverhitting: Deur die plafon te isoleer kan die helfte van die verhittingskrag bespaar word. Beplan met ’n nuwe huis vir genoeg vensters wat noord front, dakoorhange van die regte lengte om somerson uit te hou maar winterson binne te laat. Onthou met plafonne se insit dat dit moeilik is om ’n dubbele-volume huis te verhit. Isoleer mure en vloere. Gebruik termiesdoeltreffende boumateriaal. (Bron: www.westerncape.gov.za)

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you