Page 18

18

Weslander

Promosie Promotion

21 Februarie, 2013

S-26 beskerm teen lekplekke Moedeloos gesukkel met hardnekkige krake in mure, die dak of selfs aan jou boot? Die droë, winderige somers van die Weskus kan beslis sy tol eis van dakke en ook mure wat gedurig aan wind en weer bloot gestel is. Goeie kwaliteit behandeling met ’n waterdigtingstelsel kan darem ’n goeie belegging wees. Die S-26 waterdigtingstelsel (water proofing) is volgens Marius Grobbelaar, van Namakwa Tiles op Vredenburg, een van die beste waterdigting-produkte wat op die mark

is. “Die veelsydige S-26 bevat ’n vloeibare plastiek-formule wat beteken dit is rekbaar. Dit gaan nie kraak nie, maar sit uit saam met die materiaal waarop dit aangewend is.” Dit kan op metaaldakke asook asbes, veselsement en teëls aangewend word. Dit maak nie saak of dit ’n plat dak is of teen ’n skuinste loop nie. Marius sê dit kan ook op ’n veselglasoppervlakte, soos in storte, aangewend word asook op hout. Hy weet selfs van kliënte wat dit buite op hul bote aanwend.

“Die belangrikste is om seker te maak die oppervlakte is reg voorberei.” Die produk werk net so goed om buitemure en sement-balkonne vir jare lank waterdig te hou. “En dit kom in verskillende kleure, dus lyk dit ook mooi.” Met ’n 30 jaar-waarborg is dit, volgens Marius, ’n produk waarin die vervaardiger, Buccaneer Marine Plastics beslis ook glo. Dit word al die laaste 40 jaar in Suid-Afrika bemark. Namakwa Tiles is die alleenverspreider van S-26 in Vredenburg.

Waterbestand en mooi, ’n dak behandel met ’n waterdigtingproduk soos S-26. FOTO: ABE.CO.ZA

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you