Page 14

14

Weslander

Nuus News

21 Februarie, 2013

VALENTYNSDAG HET WEEREENS HARTE OUD EN JONK AANGERAAK

VALENTYNSDAGETE: Met tema: Harte Sonder Grense kon ATKV-lede, vriende en gasvroue met kleure en harte speel. So het rooi, wit, blou en pastelkleure deel uitgemaak van die versierings en kleredrag. By elke huis was daar ’n verrassing. So ook tydens die bekendmaking van die oulikste paartjie sowel as individu. Hier is die wenpaartjie Willie en Anna Kotze (Diazville).

Hedwig Durand (gasvrou) se tafel is aangewys as veelsydigste nageregtafel.

BEJAARDES WORD BEDERF MET VALENTYNSETE: Die bejaardes van Vital Connection in Saldanha word al vir 10 jaar deur die Saldanha-polisie bederf met ’n Valentynsete. Dit is deel van die polisie se uitreikprogram. Die bejaardes het aan verskeie aktiwiteite deelgeneem en elkeen is bederf met ’n geskenkpakkie. FOTO: VERSKAF Hetta Veldsman van Saldanha is aangewys as wenner van die individuele afdeling. FOTO’S: CORNÉ DE MILANDER

GOLDEN OLDIES WORD BEDERF: Op Valentynsdag is die Golden Oldies met ’n opelug-ontbyt getrakteer by die Laingville-oord. Die geleentheid is gereël deur Sharon Sholtz en lede van Wyk 11. Die dag was heerlik koel en plesierig, met grappies, gelag en staaltjies uit die verlede. FOTO’S: VERSKAF

OUDSTE VROUELID KRY GESKENK: Cornelia Vraagom het tydens die Goldens Oldies se Valentynsete ’n juweelkissie as oudste vrouelid ontvang. By haar is links wyksraadslid Brenda Jordaan en langsaan onderburgemeester Rosil Jager.

KINDER KOLLEGE HOU VALENTYNSDAG BY HUIS WITTEKRUIN: Kinder Kollege op Vredenburg het die inwoners van Huis Wittekruin-tehuis vir bejaardes op Valentynsdag met eetgoed en sang bederf. Hier is die opgewonde jongspan saam met sommige inwoners van die tehuis, asook personeel van Huis Wittekruin en Kinder Kollege. FOTO: TRISH GOOSEN

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you