Page 12

12

Weslander

Wat gebeur What's on

21 Februarie, 2013

Spore Oppie Sand-fees op Hopefield BIANKA WESSELS Feesfeetjies en groenes kan nou Hopefield se kant toe kyk vir ’n uithalerfees waar alledaagse gemors herbenut en herwin word. Dié eko-vriendelike fees, Spore Oppie Sand (SOS), word Saterdag 9 Maart by Die Plaasmol op Hopefield vir die heel eerste keer gehou. Fransie Koekemoer, eienaar van Die Plaasmol, asook Jo Folscher, musikant en liedjieskrywer, en Krieket Carstens, fotograaf en besigheidsman, het SOS van stapel gestuur. Dit is dié drie Hopefielders se passie om ’n eenvoudiger leefstyl te handhaaf deur op selfvolhoubaarheid, herbenutting en herwinning te fokus, wat dié fees se kerntema is.

Benewens Hopefield se natuurskoon, fynbos en vars lug kan besoekers oorspronklike musiek deur kunstenaars soos Grant Karpakis, Tombsotne Pete en Shireen Blatt geniet en aan liplekker tuisgemaakte kos peusel. Daar gaan ook stalletjies wees wat kreun onder kuns, dekor, handwerk en modes wat uit herwonne of herbenutte materiaal gemaak is. SOS bied hope pret en vermaak vir die hele gesin wat onder meer ’n springkasteel, kunsklasse en ’n biertent onder die bome insluit. Die feeshekke is oop van 10:00 tot 22:00. Toegang is R50 per persoon (fietsryers kry afslag) en gratis vir kinders o.12. Bel Fransie by 082 923 6107 of besoek www.sporeoppiesand.com vir meer inligting.

VERTONING OP KLEIN SATERDAG: Die Afrikaanse sanger en akteur, Randall Wicomb, kan Woensdagaand 27 Februarie 19:30 by die Op Die Planke-huisteater in Paternoster gesien word. Kaartjies is R100 per persoon. Bel Annelize by 082 573 2678 of epos annelize@skillstrac.co.za.

FOTO: WWW.FARM1.STATICFLICKR.COM

Besoek www.sporeoppiesand.com vir meer inligting oor Spore Oppie Sand. FOTO:KYNI PHOTOGRAPHY

COMPETITION CLOSING SOON: Two lucky jazz lovers can win a double weekend pass each to the Jazz on the Rocks music festival held at Tietiesbaai from Thursday 28 February to Sunday 3 March. To enter visit www.weslander.co.za, login, click on the competition tab and answer the following question: “Where is the Jazz on the Rocks music festival set to take place?” Hurry! The competition closes on Monday 25 February.

PHOTO: ARCHIVE

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you