Page 10

10

Weslander

Nuus News

21 Februarie, 2013

HOËRSKOOL HOPEFIELD SE LEIERS: Die leierspan vir Hoërskool Hopefield Hoër vir 2013 is onlangs bekend gestel. FOTO: VERSKAF

BOLAND ELITE: Duan Mostert (o.18), Christie van der Merwe, Benna van der Westhuizen (o.16) en Erich Konkowski is steeds deel van die Boland Elite-groep. Hulle is almal van Hoërskool Piketberg.

SWEMGALA: Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het verlede Vrydag (15 Februarie) hul jaarlikse swem-gala gehou. Dié byeenkoms se wenners is (van links) Thys Kitshoff (derde plek), Johan van der Westhuizen (victor ludorum) en Nicol Hanekom (tweede plek). Heel regs is die hoofborg-verteenwoordiger, Theo Strydom van Moorreesburg Spar.

FOTO: VERSKAF

LEERLINGE VAN ENGELBRECHT PRIMÊR NEEM DEEL IN DIE NOORDWES BOLANDSPAN: Drie leerlinge van dié skool in Elandsbaai het in die Noordwes Boland-span op 16 Februarie op Klawer teen die ander sones meegeding vir ’n plek in die Boland-span eerskomende Saterdag. Hulle is (voor) Mandilakhe Masoyisi en agter Lynsay Vyver (links) en Deona Mentoor. Deona het 1ste en 2de plek in die onderskeie 80 m en 60 m behaal en Lynsay het 3de en 2de plek in onderskeidelik die 80 m en 60 m behaal. FOTO: VERSKAF

Die victrix ludorum is Marlizaan Coetzee en in die tweede plek is Corin de Waal, met gesamentlik in die derde plek (van links) Helizé Dippenaar, Annoushka Truter en Suzanne Kotzé. Regs is Theo Strydom.

KLEIN DUIMPIE SE JONGSPAN STEEL HARTE: Klein Duimpie-kleuterskool, Vredenburg het op Valentynsdag ’n modeparade gehou en hul oulikste Valentyne aangewys. Kaylee van Zyl en Joel Lawrence is gekroon as wenners in die pienkvoetjie-afdeling.

FOTO’S: VERSKAF

Dylan Minnie, Jedidah Lawrence en Danika Olivier het die afdeling vir 4 tot 5 jaar gewen. Danika is afwesig op die foto.

Nicole van Zyl en Peter John Miggel is die wenners in die afdeling vir 3 tot 4 jaar.

Morné Lombard, Leandri Colombo, Lea Steenkamp, en Tumisho Dawids is as wenners in die afdeling vir 5 tot 6 jaar as oulikste Valentyne gekroon.

LEERLING VERBETER REKORD: Tessoletha Weavers van Noordhoek Primêr het Vrydag 8 Februarie die verspringrekord vir dogters o.14 in Vredenburg verbeter. Sy neem komende Saterdag deel aan die WesBoland-byeenkoms op Moorreesburg. FOTO: VERSKAF

Dié groepie het die Weskus-span gehaal.

VALENTYNSGEES BY WESKUSNESSIE: Weskusnessie in Vredenburg het op 14 Februarie ’n Mnr. en Mej. Valentynskompetisie gehou. Agter (van links) is Mej Junior Valentyn, Christelle Genade, Mej Senior Valentyn, Cassidy Kannemeyer, Mnr Senior Valentyn, Sebastian van As en Mnr Junior Valentyn, Kyle Steenveld; (voor) Mej Baba Valentyn, Ilanri Jones en Mnr Baba Valentyn, Raven Saul. FOTO: TRISH GOOSEN

HANDGEMAAK MET LIEFDE: Dié graad R’e van Seeskulpie-kleuterskool op Longacres het Valentynsdag met kreatiwiteit gevier. Die leerlinge het hul liefde vir hul ouers uitgebeeld deur die Valentynsdag-geskenkies wat hulle self gemaak het. FOTO: VERSKAF

Weslander 21-02-2013  

Weslander 21-02-2013