Weslander 19 Januarie 2012

Page 6

6

Opinions ∙ Menings

Weslander 19 January 2012

SMS-sêgoed . Drie hoera’s vir Langebaan-poskantoor. Ek het 15 Desember vir my kinders in London ’n pakkie gestuur met gewone lugpos en 22 Desember bel hulle en sê dankie. Baie dankie vir puik diens en altyd vriendelike personeel. Hettie Hanekom. . Ons moes ons Maandag 12/12 na Vredenburg-staatshospitaal haas met ons 2-jarige weens ’n hek wat op hom geval het. Ons is met ope arms, professioneel en met sorg ontvang. Dankie vir die staff wat aan diens was, jul diens was tops. Baie dankie.

Wees besorgd oor hulpbronne NOU die dag het een van die manne om ’n braaivleisvuur in Langebaan vertel hoe ’n hengelpêl by hom gespog het dat hulle 300 krewe in een dag huis toe gevat het. Dit is skokkend. ’n Sporthengelpermit laat net vier maatkrewe per persoon in seisoentyd toe. Weslander het self gesien hoe word daar met kreef tussen vissers en die publiek handel gedryf op Paternoster se strand. Kommersiële kreefpermitvoorwaardes vereis dat amptenare van seevisserye teenwoordig moet wees wanneer kreef verkoop word. Daar is ook ander streng vereistes wat gepaard gaan met die verkoop van kreef aan individue. Daar is mense wat steeds voel dit is nie ’n groot sonde om ’n krefie of twee onwettig te koop nie, maar onthou, dit blý ’n kriminele oortreding. Almal moet verantwoordelikheid neem vir die kosbare uitputbare hulpbronne van die aarde. Elke individu kan ’n verskil maak. Moenie onwettige kreef koop nie, spaar water, herwin. Die week voel sommige van Saldanha hoe dit is om sonder water te wees. Die reservoirvlakke van die reservoir is laag. (Berig op bladsy 16) Dink aan ’n wêreld waar die see sonder lewe is en die mense se drinkwater daagliks gerantsoeneer word. Nagmerrie? Nee, realiteit as die mensdom nie hul sokkies optrek nie.

Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niks mag sonder skriftelike toestem­ ming gebruik word nie. Kantoor: 022 713 1251 (t); 022 713 2487 (f) Uitgewer: Ernie Roworth • 082 333 5838 Redaksie: Redakteur: Heléne Meissenheimer • 072 149 1969 Verslaggewers: Trish Goosen • 078 462 8934 (Vredenburg, Paternoster) Bianka du Plessis • 071 594 7302 (Yzerfontein, Porterville, Piketberg, Hopefield) Ronelle Terre’blanche • 082 336 6664 (Saldanha, Langebaan, sake en omgewing) Jodine Cloete • 078 170 5157 (St Helenabaai, Velddrif) Advertensiespan: Christo Momsen • 083 650 0989 Madelie Tolken • 084 549 8619 Alet Ellis • 083 657 7369 Medewerkers: •Bennie Abdol (Sport) 022 714 4634 •Nicky Bester (Langebaan) 083 448 8804 •Juli Olivier (Velddrif/Piketberg) 079 465 9246 •Ronel Bakker (Porterville) 073 034 5465

Oor naweek • Over weekend Verslaggewer aan diens: 20­22 Januarie 2012

Ronelle Terre’Blanche

082 336 6664

Ombudsman Volgens die redaksionele beleid van Wes­ lander verwelkom ons voorstelle en kom­ mentaar oor die koerant se inhoud en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Stuur asb. kommentaar en inligting oor die regstelling van foute aan die nuus­ redakteur by redakteur@weslander.co.za. Indien u voel dat ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie perskode kode nie, kontak die ombudsman van Media24 se Gemeenskapspers, George Claassen, by george.claassen@media24.com, of bel hom by 021 851 3232 of 083 543 2471. Indien ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie en die Suid­Afrikaanse Persko­ de nie, kan u ook die SA Persombudsman kontak by 011 484 3612/8, faks 011 484 3619 of e­pos aan ombudsman@presscouncil.org.za.

Wat van arme diere?

Briewe word gratis geplaas. Bedankingsbriewe (slegs individue, staatsinstansies soos die hospitaal, polisie of die munisipaliteit, of liefdadigheidsorganisasies) moet drie kort sinne wees. Hou briewe 300 woorde lank. Langer briewe word net in uiterste gevalle geplaas. Briewe, selfs anoniem, moet die skrywer se naam, van en straatadres bevat. E-pos briewe voor Dinsdag 12:00 na: redakteur@weslander.co.za. Faks: 022 713 2487.

Ilze Sadler van Jacobsbaai skryf: Ons het onlangs ’n berig in die koerant gesien oor die SPCA wat onttrek het uit die area, omdat die Saldanhabaai-munisipaliteit nie meer ’n donasie maak aan hulle nie. Kan ons dalk ’n opvolg kry? Ek wil graag weet wat die munisipaliteit dan met die beskikbare fondse doen. Ons sien verskriklik baie diere ly in die Diazville-omgewing, en daar is geen organisasie meer daar betrokke nie. Baie dankie.

Beaches: Please keep dog on a leash and pick up poop Dalena White from Cape Town wrote: We have a holiday house in Langebaan and have been coming there regularly for the past 8 years. We are animal lovers and always have dogs and cats coming along for the break. Over the years, I have noticed an influx of dogs on the Langebaan beaches and this past holiday was no exception. The problem is that dog owners do not restrain their dogs and simply let them run free. They are allowed to poop wherever they like and owners simply ignore the mess. I walk our dogs every morning, but always on a leash. During the past two weeks, the beaches were really busy with families and small children and dogs were allowed to run free among them. I think this is extremely dangerous and in-

considerate of dog owners. No matter how friendly a dog might be, it is still an animal and no owner can predict its reaction to a small child. I can see how this could put off holidaymakers from coming back to Langebaan, as the situation is really out of control. Sandbaai was particularly bad this season. I complained to a lady with four dogs running free (and attacking my dogs while on a leash) and she told me “Your dogs are aggressive, you have a problem. We live here and our dogs are fine.” There is a clear sign (that I pointed out to her) at the beach, showing dogs should be restrained, but they have a house on the beachfront and seem to believe these rules do not apply to them. I think the beaches should be accessible to all and also to dogs going for a walk, but animals must be kept on a leash at all time

and owners must pick up the poop. If they cannot adhere to these simple rules, we might face a situation where the municipality simply bans animals from all beaches in Langebaan and that would be a catastrophe for all dog lovers. As far as I know, it is a law that dogs should be walked on leashes at all times, so surely the law should just be enforced? We love Langebaan and hope to settle there permanently in the near future. I hope that we can solve this problem, before it leads to serious injuries and we are all affected by the resulting ban. (White sent the same letter to Langebaan Tourism on 12 January, but by Monday 20th had not received any response. A two-yearold child was recently seriously injured after being attacked by a dog running loose on a beach in Kampsbay. Ed.)

NouMaarToe - Nuwe jaar, nuwe blaadjie NUWE dinge. Dit is die jaar 2012. ’n Jaar wat reeds jare gelede, aldus die Mayan-kalender, opgeteken staan as die jaar van grootskaalse veranderinge in ons heelal. Vir my as gewone aardling, is ’n nuwe jaar altyd opwindend ... ’n kans om van voor af te begin. Alles wat sleg was van die vorige jaar en nie uitgewerk het nie, kan opsy geskuif word. Die gedagtes aan mislukking, hetsy persoonlik of in jou professionele lewe, nie meer prioritiet nie. Die vakansie, hoe kort of lank ookal, was ’n nodige vitamine B-inspuiting vir die jaar vorentoe. ’n Mens sien amper daarna uit om terug te keer werk toe en jou kollegas weer te sien. Te gesels oor die vakansie, die totale “oorindulgensie” van ’n familievakansie en dan stadig, selfs traag, op die rekenaarskerm te fokus en te sien wat ander van jou verwag. Dit is ook die geleentheid om kaste reg te pak, ou onnodige papier weg te smyt, jou lessenaar af te stof. Hulle sê mos ’n mens raak sommer ook genadiglik ontslae van allerlei spinnerakke en trivia wat in jou kop vaskleef, jou gedagtes laat dwaal en Calvinistiese verwyte aanhelp, wanneer jy so lessenaarskoonmaak. O ja, wat dan van nuwejaarsvoornemens? Ai, ai. Wat hou 2012 in? Wat daarvan as ons vanjaar besluit om liefs te fokus op dinge wat ons nooit weer wíl doen

nie? Hier is enkeles … Gaan nooit weer ... wat nie? Nie so maklik nie, nê. Gaan tog probeer. Gaan nooit weer tyd verspil deur te dink wat kon gewees het as ek liewer dit of dat gedoen het nie. (Wat verby is, is verby, gedaan, capiche!) Gaan nooit weer dink aan die soveelste verhouding wat nie uitgewerk het ondanks al my pogings om dit reg te druk nie ... (rypgedrukte vrugte raak gou vrot). Gaan nooit weer ja sê as ek in my siel weet ek wil nie deel daaraan hê nie ... (no more people pleasing!) Gaan nooit weer wens ek kan die Lotto wen, sonder om ten minste ’n kaartjie te koop nie Gaan nooit weer ander blameer vir my eie ongelukkigheid nie, of omdat ek dink hulle skuld my nie ... Gaan nooit weer ’n ander kritiseer of veroordeel of dink ek is beter as hulle nie ... Nooit? Ja, ons almal weet nooit is ’n baie baie lang tyd. En ’n baie moeilike ding om te handhaaf ... Maar, wat kan ek verloor? Niks, nada…. Selfs kry ek net die helfte hiervan reg, is dit 100% beter as die vorige jaar, of hoe? In die stadium kan ek egter nie belowe om dieselfde tyd aanstaande jaar terugvoer oor my sukses te verkondig nie – sal moet wag en sien – ten minste tot 21/12/2012. Nou maar toe.

Hoekom kla niemand oor klappers? Michelle du Preez, skryf: Met groot opwinding koop ek die Weslander van 12 Januarie 2012, baie nuuskierig blaai ek na die bladsy waar die Weskussers se opinies gelig word. Ek is spesifiek opsoek na opinies oor die klappers wat oor die feesseisoen geskiet is. My verbasing was groot toe ek nie een enkele opinie daaroor raaklees nie. Ek is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag en dien in die vier Spesiale Magte Regiment. Ek is uiters trots om in so ’n spesiale eenheid te werk en lees altyd met die afsku die opinies wat geplaas word oor die “geraas” wat gemaak word as ons oefen en hoe die mense se geliefde diere daaronder ly. Ek wonder maar net of die diere dan almal op vakansie was of was hulle miskien voorbereid vir die “geraas” van die klappers? Ek het self twee honde en moes tot omstreeks 02:00 op Nuwejaarsoggend saam met hulle in die huis sit omdat dit geklink het of die Filistyne op ons neersak. Ten minste oefen ons om slaggereed te wees vir ’n oorlog om die mense van Suid-Afrika te beskerm, wat se doel dien die klappers?


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.