Page 1


H O E KO M is ons hi er? Kruispad is ‌ 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.

H O E w il o ns di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.

Verk la r i ng Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.

TYD SKRIF IN LI GT I NG Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 297 3986/7 Sel: 082 392 2093 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net

Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD

Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 887 4477 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za

Uitgegee deur die GKSA

DIE REDAKSIESPAN Redakteur & Subredakteur Maureen van Helden red@kruispad.net

Assistentredakteur & Webmeester Lize Viljoen kantoor@kruispad.net media@kruispad.net web@kruispad.net

Gee-jaar

Suzanne Coetzer geejaar@kruispad.net

Interaksie & GIGS

Janien de Kock interaksie@kruispad.net

Resensies

Dirk Kruger Rynhardt Pretorius Janien de Kock resensies@kruispad.net

Grafies

Sunflood Studios -Dian Wessels -Karien Bredenkamp grafies@kruispad.net

Aktueel

Santie Lourens aktueel@kruispad.net

Advies & Hulp

Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net

Sending

sending@kruispad.net

Leefstyl

Juanita van der Merwe leefstyl@kruispad.net

Rubrieke

Edgar Trollip leefstyl@kruispad.net

Kreatief

Chantelle Tredoux kreatief@kruispad.net

Adviseur: Jeugdeputate Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za

MEDEWERKERSPAN Dr. Rassie Smit Ds. Ronald Bain Anel Potgieter Arie de Kruijff Esmari Linde Marnix Boersema Moira Gee-jaars 2011 Jubila bestuur Gloudina Klopper Louis Robbertze Zania Vermaak


INHOUDSOPGAWE

Red@Kruispad

4

Gee-jaar 2011

5

Ek glo …

6

Jou geloof is jou getuigskrif

8

Leef in oorwinning (inleiding)

10

Geopende Deure / Underground

12

Sendinghulp: Lausanne 2010 – my belewenis

14

Totius-reeks: Japie word 'n geleerde man

16

Koffie saam met … AntWoord

18

Tydlyn

20

Fokus: Die viering van die heilige Nagmaal

22

Hulp: Skisofrenie

24

Rooihout: Goedkoop

26

Leefstyl: Geloof

27

Getuienis: Hoe my lewe verander is

28

Kunstenaarsprofiel: Lagnes-monster – Corneels Schabort

30

Ontmoet die Gee-jaars 2011

32

Resensies

34

GIGS

36

HarTklop 2011

40


Red@Kruispad Hi daar! Ek hoop dat hierdie jaar sover goed vir jou verloop en dat jy darem al ingesettle is in jou nuwe roetine of nuwe omgewing.

TEKEN IN OP KRUISPAD

Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar Geskenk vir iemand anders Besonderhede van intekenaar Naam en van ....................................................... ............................................................................. Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Ouderdom ........................................................... Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar)

Naam en van ....................................................... ............................................................................. Posadres .............................................................. ............................................................................. ............................................... Poskode ............... Sel no ................................................................... Tel no (huis) ......................................................... Gemeente ............................................................ E-pos ................................................................... Intekenopsies: Hernuwing R80 – 4 uitgawes

R120 – 6 uitgawes

Aantal persone waarvoor ingeteken word: (Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos na inteken@kruispad.net of heg dit aan die intekenvorm)

God het vir ons elkeen 'n unieke gawe gegee wat ons in sy kerk en in die wêreld MOET gebruik! Dalk is jou gawe iets konkreet; jy kan mooi sing, kan help met elektroniese stuff of jy kan goed met geld werk, óf dalk is jou gawe die gawe van geloof of bemoediging. Dit is belangrik dat jy jouself leer ken en ontdek wat hierdie gawe is. En dan, gaan soek 'n plek waar jy jou gawe kan gebruik! En as daar nie reeds 'n plek is nie, vra vir God om jou te wys wat om te doen. Dalk moet jy 'n band stig vir julle jeug of 'n nuwe groep waar jy en ander julle gawes kan gebruik. So kan jy nou reeds deel wees van die kerk, die liggaam van Christus! Sterkte op hierdie pad van ontdekking en geniet elke oomblik van die reis! Stuur gerus voorstelle vir nuwe temas na red@kruispad. net en, as jy lus is om self 'n artikel (of 'n gedig, foto, of enigiets kreatief) in te stuur, stuur dit gerus na kreatief@ kruispad.net. Tot volgende keer! Maureen Soli Deo Gloria! Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse:

Metode van betaling: Tjek Posorder

Dikwels hoor jongmense "Onthou, julle is die toekoms van die kerk!", maar is dit waar? Maak so 'n stelling 'n mens nie aan die een kant lui om in die kerk te werk nie? "Ag, ek is nog nie regtig deel nie, ek sal my kant bring wanneer ek eendag groot is!" Of aan die ander kant kan dit 'n mens moedeloos maak! "Daar is nie werklik 'n plek vir my in die kerk nie, hoekom bother ek nog om Sondae kerk toe te gaan?" Liewe leser, jy moet vandag besef: Jy is nie die toekoms van die kerk nie, jy ís nou reeds die kerk!

Elektronies Kontant Ander Datum van betaling .............................................. Ek het van Kruispad gehoor by: Naam en van ....................................................... Sel no ..................................................................

E-pos: inteken@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningnommer: 670 140 040 Gebruik as verwysing: 0562/004/(Naam en van OF Naam van gemeente) Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang. Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede.

Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.

4


EK GLO … JONGMENS, DIE HERE WIL JOU GEBRUIK IN SY KONINKRYK: KOM JOU VERANTWOORDELIKHEID NA! Rassie Smit (GK Vanderbijlpark-Trinitas)

I

n baie gemeentes is dit so: vir jare woon die kinders getrou katkisasie by, veral in die belydenisjaar. Daar word moeite gedoen, ook wanneer hulle die finale afrondingskamp bywoon. Ouers en kinders is entoesiasties, want dit is immers 'n baie belangrike gebeurtenis wanneer 'n jongmens belydenis van geloof aflê. Na jare se verbondsonderrig in die huis en in die gemeente, kom alles tot 'n mooi afronding wanneer die jongmense voor die Here en voor die gemeente openlik kan sê: "Ek glo!" Wat die Here begin het met hulle doop, kom nou in 'n sekere sin tot voltooiing deurdat hulle selfstandig as volwasse gelowiges reageer en antwoord op sy roepstem. Die jongmense is opgewonde. Die ouers is dankbaar. Die gemeente juig. En dan? In baie gemeentes gebeur dit dat 'n klomp van hierdie jongmense byna van die radarskerm af verdwyn. In hulle matriekjaar sien jy hulle nog so 'n bietjie, maar die eise van die akademie word al meer as verskoning voorgehou. En as hulle dan ná skool uit die huis uitgaan – letterlik

66

KRUISPAD | UITGAWE 21

die wye wêreld in – sien jy baie van hulle nooit weer nie. Dit is hartseer! Want dit beteken dat baie jongmense nie verstaan en besef hoe belangrik hulle in die koninkryk van die Here is nie. Hulle verstaan nie dat belydenisaflegging nie die einde van 'n pad is nie, maar die begin van 'n nuwe en belangrike pad saam met die Here, én dat hulle met hulle belydenisaflegging 'n baie belangrike verantwoordelikheid voor die Here aanvaar het nie. Wat is hierdie verantwoordelikheid? Bloot dit: om as jongmens jou deel te doen in die Here se koninkryk. Kyk wat sê Spreuke 20:29: "Die trots van jongmanne lê in hulle krag; Die versiering van oumense is hulle grysheid." Wat sê dit van jongmense in die Here se koninkryk? Jongmense is belangrik. Natuurlik nie belangriker as enige ander lidmate nie. Maar vir seker ook nie minder belangrik nie. Elkeen het 'n

besondere plek. Want elkeen het besondere gawes en 'n besondere bydrae om te maak. Die een belangrike bydrae wat jongmense kan en moet maak, is om juis hulle jeugdige krag, energie, waagmoed, durf en idealisme tot beskikking te stel vir die werk in die Here se koninkryk. En ja, selfs ook hulle voortvarendheid: om grense te toets en om kritiese vrae te vra. Dit is alles belangrik in die Here se koninkryk. Dit gee besondere momentum aan die kerk. Die kerk kan nie bly voortbestaan sonder jongmense nie. As 'n mens goed kyk na die teksgedeelte, is dit duidelik dat die jongmense nie alleen en in isolasie beskou word nie. In 'n fyn geweefde verhouding met die ouer mense, word albei groepe as onmisbaar en belangrik beskou vir die Here se koninkryk. Ouer mense is net so belangrik. Want die grys hare van ouer mense is juis simbolies van wysheid, erns, ervaring, insig, perspektief, stabiliteit, en 'n diep deurleefde geloof. Ook sonder die bydrae van die ouer mense kan die kerk nie ordentlik funksioneer nie. Ouer mense en


jongmense sáám is onmisbaar in die Here se diens. Daarom, as jy binnekort belydenis van geloof gaan aflê, of dit relatief onlangs gedoen het, moet jy jouself ernstig afvra: kom ek my verantwoordelikheid voor die Here na? Gee ek dit wat die Here my as 'n besondere gawe gegee het (soos ek beloof het met my belydenisaflegging) gewillig en met vreugde tot diens aan die Here en tot opbou van my medegelowiges terug? Help ek dat daar 'n formidabele kombinasie van jeugdige krag en energie saam met die wysheid van deurleefde Christene in my gemeente groei? Of mis ek my roeping al klaar – net nadat ek my geloof openlik bely het? Die Prediker was iemand wat baie nagedink het oor die sin van die lewe. Sy advies vir jongmense moet ons nie ligtelik opneem nie. In Prediker 11:9-10 skryf hy: "Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis nie. Hou kommer uit jou hart en

vermy wat jou liggaam kan kwaad doen. Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks." Sien jy die waarskuwing? Moenie die tyd van jou jonk-wees mors nie! Daar is baie dinge wat jongmense kan en wil doen. Daar is baie geleenthede en baie uitdagings. En jy moet voluit daarvoor gaan, want jonk-wees hou nie vir ewig nie. Voor jy jou oë uitvee, is jy middeljarig en begin die ouderdom jou bietjie-virbietjie vang. (Ja, dit voel en lyk dalk nie nou vir jou of jy ooit gaan oud word nie, maar kyk maar fyn na jou ouers en hulle tydgenote – elke jongmens loop uiteindelik ook daardie paadjie van oudword …) Terwyl jy jonk is, moet jy die beste daarvan maak. Hoe doen 'n mens dit as jong Christen? Deur juis seker te maak dat jy jou volle jongmensgewig ingooi by die kerk. Gaan voluit vir die ander genietings van die jongmenslewe, maar weet altyd dat jy voor die Here leef. Hy gun jou om jonk en energiek en idealisties te wees. Maar Hy het ook vir jou 'n groot verantwoordelikheid in sy koninkryk en Hy toets jou daarin. Moenie dat dit met jou so is dat jy

wanneer jy die dag oud geword het, terugkyk en spyt is oor wat jy as jongmens gedoen het nie. Moenie dat jy dan spyt is omdat jy die gawe van jou jeug toe net vir allerhande ander dinge en nie ook in diens van die Here ingespan het nie. Laat dit eerder só wees dat jy op jou oudag kan terugkyk en met dankbare sekerheid kan sê: "Die Here het my as jongmens geseën met onbeskryflike energie en durf. Ek het dit ten volle uitgeleef en dit geniet. Ek was nie volmaak nie, maar ek het in opregtheid my deel gedoen en in alles probeer om 'n verskil te maak in die Here se koninkryk!" Het jy onlangs belydenis van geloof afgelê? Is jy (soos jy beloof het toe jy op die formulier geantwoord het) "'n Lewende lid van die gemeente wat die eredienste ywerig opsoek en jou gawes gewillig en met vreugde aanwend in die Here se koninkryk?" As dit so is, mag die Here jou in jou gemeente ryklik seën. As dit nie so is nie, weet jy wat om daaraan te doen. Moenie nog 'n dag langer wag nie.

KRUISPAD | UITGAWE 21

7


J

y het veral 'n getuigskrif nodig wanneer jy aansoek doen vir 'n nuwe werk. Wat sou jy sê is die mooiste ding wat 'n mens op so 'n getuigskrif kan skryf? Hardwerkend? Lojaal? Eerlik? Betroubaar? Positief? Dis alles baie mooi kwaliteite, maar wat beteken dit regtig? Anders gevra: wat beteken dit die dag as jy doodgaan? Wat sou die betekenis daarvan wees as iemand op jou begrafnis sê: "Hy/sy was darem so hardwerkend en so lojaal en so betroubaar." Dis mooi om dit van iemand te sê, maar dit beteken nie veel nie. Dit klink dalk soos 'n goeie getuigskrif en tog is dit so 'n bietjie sinneloos om so iets van 'n dooie te sê, want wat daarvan? Die persoon is nou dood. Daar moet iets bykom anders is al hierdie mooi kwaliteite betekenisloos. Anders is al hierdie mooi woorde leeg. Wat maak regtig saak? Geloof. Trouens, geloof is soos die papier waarop die woorde geskryf is. Sonder die papier kan daar nie 'n getuigskrif wees nie. Sonder geloof is al hierdie mooi dinge wat van iemand gesê word regtig maar net 'n gejaag na wind. Die mooiste ding wat van iemand gesê kan word, is dat hy/sy waarlik glo. Ons sal so iets natuurlik nie sommer op 'n alledaagse getuigskrif skryf nie, maar vir die getuigskrif van die lewe is dit die maak of breek. Net deur geloof kry wie jy is en wat jy gedoen het betekenis. Getuigskrifte in die Bybel Abel is vir ons so 'n mooi voorbeeld hiervan. Ons lees in Hebreërs 11 dat Abel nog praat lank nadat hy reeds dood is. 'n Bietjie anders gesê, sy getuigskrif kan nogsteeds gelees word, omdat hy

88

KRUISPAD | UITGAWE 21

geglo het. Dit klink soos 'n refrein dwarsdeur Hebreërs 11. Deur die geloof is Henog weggevat … deur die geloof het Abraham weggetrek … deur die geloof het Sara swanger geword … deur die geloof praat hulle lewens vandag met ons! Wat is geloof? Hebreërs 11 sê: • Geloof is om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. • Geloof is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop. • Geloof is om die onsienlike beloftes van God te glo. • Christus is die hoogtepunt van ons geloof – om te vertrou dat Jesus Christus die seun van God is en die Verlosser van die wêreld. Deur die geloof omhels ek vir Christus. Ek maak Hom myne. Omdat ek glo, bedek Hy my lewe met sy lewe en my dade met sy dade. Daarom kan Abel praat selfs lank na sy dood. Sy lewe was 'n preek en Woordverkondiging, omdat hy in God geglo het. Geloof is iets wat nie uitgedoof kan word nie, want dit kom van die Here af. Geloof is daardie iets waarmee jou lewe 'n getuigskrif word. Wanneer jy glo, word jou lewe 'n instrument in die hand van die Heilige Gees. Wanneer jy gehoorsaam in die geloof leef, word jou lewe ook 'n preek. Jou lewe word aanneemlik vir God deur die geloof in sy Seun. Hoe lyk 'n gelowige se lewe? Die Hebreërbrief leer ons: • 'n Gelowige hou aan om die Here te dien. • 'n Gelowige draai nie terug op die pad van verlossing nie. • 'n Gelowige bly gehoorsaam aan die Here se wil. • 'n Gelowige is seker van die ewige lewe. • 'n Gelowige vertrou vas op God al kan hy/sy nie die beloftes sien nie. • 'n Gelowige twyfel nie dat die Here Jesus die Verlosser is nie.

Dink jy 'n mens kan sien as iemand 'n gelowige is? Beslis! Dit is onmoontlik om geloof weg te steek. Dis onmoontlik om 'n geheime geloofsagent te wees. 'n Mens kan dit mos nie wegsteek as jy deur die geloof met Christus verenig is nie. Net so min as wat Abel sy geloof kon wegsteek en toe deur Kaïn doodgeslaan is, kan ons ons geloof wegsteek. Ons lewe uit en deur die geloof waardeur almal gekonfronteer word. Geloof is 'n getuigskrif, maar ook 'n aanklag. Sommige mense word daardeur opgeroep tot geloof, maar ander voel aangekla en kom in opstand. 'n Ware geloof verdeel mense se opinies. 'n Ware geloof kan nooit die wêreld tevrede hou of aan die slaap sus nie. Dis kragtig en sterk, vol oortuiging, dit bepaal die manier hoe jy lewe en selfs sterwe. Daarom is geloof nie 'n ekstra op jou getuigskrif of nog iets mooi wat jy kan bysê nie. Dis die basis en die fondament van alles wat van jou gesê kan word. Wat staan op jou getuigskrif? Dink nou 'n bietjie weer aan wat jy graag op jou getuigskrif wil hê? Nie net as jy vir werk aansoek doen nie, maar as mense oor jou praat nadat jy al lankal dood is. Wat moet daar staan? Daar kan nie iets mooier van iemand gesê word as dat hy/sy waarlik geglo het nie. Dat jy in die geloof geleef het en met dieselfde geloof gesterf het. Dit beteken nie net baie vir mense wat vir jou lief is dat jy glo nie. Dit maak jou lewe 'n lof-offer aan die Here. Dit getuig van sy liefde en sy grootheid. Geloof is dus nie net 'n getuigskrif oor jou nie, maar veral oor wat die Here aan jou gedoen het. Lewe uit die geloof en volhard in die geloof en Christus sal self eendag voor sy Vader en voor sy engele getuig dat jy sy broer/ suster is!


K Cachet)

Ronald Bain (G

getrouheid

vrede heid

vriendelik

sing selfbeheer

geduld

vreugde

liefde

KRUISPAD | UITGAWE 21

9


UNIEK

O

ns almal ken so iemand … daardie persoon wat ons heimlik bewonder. Hulle lyk so selfversekerd, straal soveel selfvertroue uit, is altyd in beheer van die situasie. 'n Mens kan sommer sien hierdie persoon is waarlik 'n kind van die Here, sy/haar geloof is soos 'n stralekrans wat sy/haar hele persoonlikheid ophelder. Ons bewonder hierdie eienskappe in ander mense en sal dit graag in onsself ook wil ontwikkel, maar hoe? Alhoewel ons al telkemale probeer het om 'n nuwe blaadjie om te slaan, kom ons kort voor lank agter dat ons al weer gefaal het. Het jy al probeer om 'n sondige gewoonte af te leer, net om agter te kom jy het dit alweer gedoen? Het jy al probeer om die seer uit jou verlede agter te laat, net om agter te kom dat dit jou bly agtervolg? Sukkel jy steeds om jou vrese te besweer? Droom jy drome, maar die energie en motivering ontbreek om dit 'n werklikheid te maak? Hierdie dinge keer ons om werklik voluit te lewe, en met krag 'n impak op die omgewing om ons te hê. Hierdie dinge keer ons om werklik gelukkig te wees. Goed, ek wil verander, maar waar begin ek?

Die antwoord klink eenvoudig, nè? Werk aan jou verhouding met die Here, lees meer Bybel, bid meer, wees meer ernstig. Reg? Nie heeltemal nie! Ja, om ons verhouding met die Here te bou sal inderdaad help, maar kan ons nie meer spesifiek wees nie? Is daar nie meer konkrete en praktiese riglyne uit die Bybel wat my kan help om myself te ontwikkel tot 'n persoon waarvan ek self ook kan hou nie? Die rede waarom die meeste van ons sukkel om 'n blywende verandering in ons lewens te maak, is omdat ons verandering van buite probeer opplak, soos versierings. Dit is soos om vrugte aan 'n kersboom te hang – jy kan doen wat jy wil, dit bly 'n plastiekboom en dit sal nooit regte vrugte dra nie. Ware verandering moet van binne kom; dit moet 'n karakterverandering wees, en nie maar 'n aangeplakte gewoonte nie. In die volgende klompie uitgawes hoop ek om jou 'n paar riglyne te gee oor hoe om waarlik van binne te verander na die persoon wat jy nog altyd graag wil wees. Hoe om die potensiaal wat God binne jou geskep het te ontdek en te ontwikkel – tot sy Eer! Kortom, ons gaan met mekaar gesels oor hoe om in oorwinning te leef. Ons gaan 'n vergrootglas oor elkeen van die volgende hofies hou:

- Om jouself regtig te ken - Om jouself te vergewe - Om jouself te aanvaar en te waardeer - Om selfvertroue te ontwikkel - Om selfbeheersing te ontwikkel - Om in oorwinning te leef.

En ons gaan ontdek dat dit moontlik is om oorwinning te behaal oor wat ook al dit is wat jou weerhou daarvan om waarlik gelukkig te wees. Tot volgende keer! (Word vervolg) Anel Potgieter (GK Rooihuiskraal)

10 10

KRUISPAD | UITGAWE 21

gevorm


m

KRUISPAD | UITGAWE 21

11


"Nina het besef wat aan die gebeur is en het angstig in haar stoel begin rondvroetel."

Vir meer inligting rakende vervolgde Christene besoek die Geopende Deure webblad by www.opendoors.org.za (of skakel hulle tydens kantoorure by 011 888 5225) en wees 'n stem vir diegene wat ons geloof deel, maar nie ons vryheid nie.

12

KRUISPAD | UITGAWE 21

W

anneer iemand vir my sou vra "Glo jy?" sal ek heelwaarskynlik, sonder om weer daaroor te dink, iets antwoord soos "Ja natuurlik glo ek" of "Beslis, hoe kan ek dan níé glo nie?" Sal ek steeds so vinnig antwoord wanneer 'n geleentheid vir prestasie of bevordering op die spel is? Sal ek 'n gesagsfiguur wat my toekomsplanne kan beïnvloed trompop loop en sê: "Ek is jammer ek sal nie kan deelneem of saamgaan nie, want dit stem nie ooreen met dít waarin ek glo nie." Dit is dalk een van my dosente of lektore, of selfs my baas. Hoe dit ook al sy, dit laat my soms wonder of ek onvoorwaardelik glo en waarlik op God vertrou. Nina* is agtien jaar oud en woon in 'n Asiatiese land waar Boeddhisme die meerderheidsgeloof is. Haar pa dien as 'n militêre beampte, terwyl haar ma 'n toegewyde Christen is. Tuis word Nina konstant blootgestel aan stories en lesse vanuit God se Woord, maar by die skool word haar geloof en liefde vir Jesus Christus

gereeld op die proef gestel. Omdat Nina toewyding en 'n groot mate van aanleg op skool getoon het, is sy gekies om saam met 'n span van haar skool aan die jaarlikse wetenskap olimpiade vir hoërskole te gaan deelneem. Siende dat hierdie gebeurtenis deur die regering befonds word, het Nina dit as 'n geleentheid beskou. Toe die dag van die olimpiade aanbreek, het hul onderhoof dit goedgedink om die kinders vooraf na die tempel te neem. Nina het besef wat aan die gebeur is en het angstig in haar stoel begin rondvroetel. Terwyl sy aan 'n oplossing probeer dink het, het die Tien Gebooie in haar gedagtes opgekom: "Daar is geen ander God bo my nie". Dit het vir haar gevoel of sy vasgevang is, deurmekaar en sonder 'n uitkomkans; om God te gehoorsaam sou beteken om die onderhoof te minag. Nina het ook geweet dat hy baie op dissipline ingestel is en net die gedagte daaraan dat hy haar kan


uitskel, het vrees in haar hart ingeboesem, maar afgesien hiervan het sy die heeltyd op God gefokus. Sy het 'n stilgebed in haar hart gebid: "God, U het al die harte van menigte konings ten goede laat verander, ek is seker daarvan U sal dit weer kan doen! Asseblief Here, spreek in sy hart!" Almal het die tempel binnegegaan, behalwe Nina. Sy het by die hek bly wag. "Hoekom het jy nie saam met ons ingegaan nie?" het die onderhoof gevra toe hulle weer uit die tempel kom. "Meneer, ek is 'n Christen gebore. Tydens my geboorte was ek baie swak en op die punt om te sterf. Die Christene het vir my gebid en God het hul gebede verhoor," het Nina met hom gedeel. "Jy kon net saam met ons ingegaan het, sonder om aan enige seremonies deel te neem," het die onderhoof aan haar verduidelik. Nina het geweet dat God haar gebede verhoor het, want die onderhoof se gesigsuitdrukking en stem-

toon het ietwat versag. "Ek het nie vrede in my hart gehad nie, meneer. Dit het gevoel asof ek God sou verraai as ek sou saamgaan," het Nina geantwoord. Die onderhoof het die onderwerp net daar laat vaar en daarvan vergeet. "Ek was verras om te sien hoe skielik God sy hart verander het. Hy praat nooit so sagkens met studente nie; hy is altyd ferm, amper kortaf." Nina het hierdie getuienis van haar tydens 'n jeugopleidingseminaar van Geopende Deure gedeel. As jy graag wil betrokke raak by die jeugbediening van Geopende Deure en wil bydra tot soortgelyke getuienisse besoek die Geopende Deure webblad by www.opendoors.org. za of skakel ons kantoor by 011 888 9341. Volg ons ook op Facebook en Twitter!

*Skuilnaam

KRUISPAD | UITGAWE 21

13


SENDINGHULP

D

ie afgelope ses jaar wat ek en my gesin hier in die noorde van Mosambiek deurgebring het, was vir ons 'n besonder uitdagende maar ook verrykende ervaring. Ons werk vir 'n Christen nie-regeringsorganisasie onder persone met melaatsheid. Die geestelike en fisieke nood om ons is op alle vlakke baie groot en 'n mens wonder dikwels of jy enigsins 'n duik daarin maak. In Oktober verlede jaar (2010) is ek gevra om ons organisasie te verteenwoordig by 'n weeklange internasionale konferensie oor wêreldevangelisasie in Kaapstad, genaamd Lausanne III. Ek het nie veel van die Lausanne-beweging geweet nie, en was nogal verras om uit te vind dat dit reeds in 1974 deur John Stott en Billy Graham begin is en dat daar slegs elke 10-15 jaar 'n byeenkoms gehou word. Die Lausanne beweging het ten doel om die kerk te help fokus op die uitvoering van die enorme taak wat Jesus vir ons gestel het om alle nasies met sy boodskap te bereik (Matteus 28:19).

So, met entoesiasme het ons ons tassies gepak, en sommer besluit om vir die kinders 'n bietjie van Kaapstad te wys. By die konferensie aangekom, was daar nog meer verrassings. Stel jou voor, meer as 4500 mense in een saal van alle volke en tale wat jy al van gehoor of nie van gehoor het nie (stel jou voor om jou individueel gemerkte sitplek hier te vind …) en toe ons almal saam sing en God prys, was dit seker die naaste aan 'n hemelse belewenis wat nie maklik aan ons kant van die ewigheid herhaal sal word nie. (Vir die kookspan in die kombuis was dit seker 'n logistiese nagmerrie, om dié spul twee maal op 'n dag gelyk kos te gee.) Ek het uiteindelik my sitplek gekry en die program het afgeskop met 'n kleurvolle openingseremonie. Ons het vaste tafelgroepe gehad wat mekaar gereeld deur die week gesien het. Aan my tafel was 'n Koreaan, 'n Noorweër, 'n professor van die Oekraïene en 'n ander SuidAfrikaner. Die mate van eensgesindheid wat

Arie de Kruijff (The Leprosy Mission International, Mosambiek)

14

KRUISPAD | UITGAWE 21

mens tussen al die konferensiegangers beleef het, ten spyte van diverse nasionaliteite en geloofstradisies binne die protestant-evangeliese kader, was nogal opvallend. Baie van die konferensiegangers het ook gekom van lande en situasies waar die verkondiging van die Evangelie verbode is of met agterdog hanteer word. Hieronder val ook toenemend die Kerk in die Weste waar die sekulêre en pluralistiese lewens- en wêreldsbeskouing die Kerk van die speelveld af skuif. Ons leef waarlik in 'n vinnig veranderende wêreld, waar globalisering aan ons agterdeur klop en miljoene mense wat in diaspora dwarsoor die wêreld buite hulle tradisionele kultuurgrense leef voor ons voordeur staan. Ons as Christene leef duidelik nie meer in die kokon waarin ons onsself kan toemaak en beskerm nie. Ons moet onsself vergewis van die omstandighede rondom ons – goed en sleg – sodat ons met wysheid ons Lig kan laat skyn. Wat nogal bemoedigend was, is dat die Kerk in die tradisioneel


Westerse lande glad nie meer die evangelistiese dryfveer van die Kerk oor die wêreld is nie. Die Kerk in die tradisioneel "ontwikkelende" lande, byvoorbeeld van Brasilië, Korea en Kenia, stuur nou al meer sendelinge uit as die "Weste". Wat nog meer bemoedigend was, is dat God gewone gelowiges gebruik en nie net voltydse "supersendelinge" of predikante nie. Dit gaan nie 'n handjievol voltydse evangeliste wees wat die uithoeke gaan bereik nie, maar miljoene gewone, getroue volgelinge van Jesus wat op 'n daaglikse basis die Here se voetspore herken. 'n Besonders roerende getuienis was van 'n 18 jarige NoordKoreaanse meisie wat vertel het hoe haar ouers met hulle gesin weens politieke redes na China gevlug het. Daar het iemand hulle van Jesus vertel en hulle het almal tot geloof gekom. Haar pa was diep oortuig dat hy die mense in sy eie land moet gaan vertel, en het ten spyte van die gevare alleen teruggegaan na Noord-Korea. Sy gesin het hom nooit weer gesien nie. Wanneer God

daardie land die dag oopmaak, staan ons dalk verbaas oor die Kerk wat ons daar vind. Maar wat van my en jou? Is ons maar onbetrokke reisigers wat aan die anderkant van die pad verbyloop om die vuil, stukkende, moeilike of gevaarlike situasies van ons dag te vermy? Kies ons om eerder in ons veilige gemaksone te bly en ons hande skoon te hou? Jou hande sal jy dalk nog skoon hou, maar nie jou integriteit nie. Ek dink ons mis in ieder geval so baie uit as ons selftevrede en geïsoleerd sit. Wel, wat kan ek doen? Meer as ooit tevore. Ja werklik, God is nie dood nie! Hy is aktief besig in die harte en lewens van mense en nasies van oraloor. En Hy wil mense om ons se lewens verander – deur my en jou – vandag. Die konferensie was ook 'n vertoonvenster van die geleenthede wat daar is op 'n verskeidenheid gebiede vir evangelisasie, soos byvoorbeeld kinder-evangelisasie, multimedia-

gebruik, werkplek-evangelisasie en strategieë om orale leerders (wat nie woorde en boeke verkies nie, maar eerder mondelingse verhale) te bereik. As ons egter 'n bydrae wil lewer om die uithoeke van ons wêreld in vandag se konteks te bereik, moet ons meer gefokus te werk gaan. 'n Paar belangrike strategiese areas is tydens die konferensie in die skema hieronder opgesom. Ek dink as ons biddend soek, sal ons verseker ons plekkie hierbinne kan vind, hoe groot of klein dit ook al mag wees. Aan die einde van die week het ek redelik aan information overload gely, maar 'n wekie in Kaapstad het dit gou reggestel. Ons het teruggekom Mosambiek toe met baie uitdagings, maar meer fokus.

Stuur gerus 'n e-pos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings.

KRUISPAD | UITGAWE 21

15


Esmari Linde (Kruispad-medewerker)

I

n die vorige uitgawe het ons na Totius se kinderlewe gekyk, vanaf sy geboorte in die Paarl, totdat hy sy Matrikulasie-eksamen op eie stoom afgelê het. Waar ons hom nou aantref, sit hy met die probleem waarmee ons almal op sy ouderdom te doen kry: Wat om ná skool te doen.

Die arme 18-jarige Japie se besluit was nie maklik nie. Alhoewel hy altyd dominee-word in sy agterkop gehad het, was dit 'n sensitiewe situasie: Sy pa, S.J. du Toit, het in sy predikantsdae baie NG-lidmate lelik omgekrap. Hoe sou hulle sy seun sommer net aanvaar? Moontlik het sy pa se mynboubedrywighede in die verlede hom toe dié besluit laat neem: Hy sou myningenieurswese in Kaapstad gaan studeer! Twee dae voordat Japie moes vertrek, in Julie 1895, voel hy

16

KRUISPAD | UITGAWE 21

so benoud dat hy die nag nie kon slaap nie. Hy gaan maar kombuis toe (ons almal weet dis die beste plek vir slapeloosheid). Gelukkig vir hom is sy stiefma dié aand ook rusteloos, en net hier verander God die koers van Japie se lewe. Die wyse Anna du Toit kon sien dat Japie eintlik net een ding moes en wou doen: predikant word. Sy het dit nou vir hom gesê, en hom verseker dat hulle 'n manier sou vind … Sy pa het hulle hierin ondersteun, maar omdat hy geweet het dat

sy seun nie vir opleiding as NGpredikant in Stellenbosch welkom sou wees nie, het hy aan sy goeie vriend, professor Jan Lion Cachet, geskryf. Cachet was professor van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk, wat in 1869 in Burgersdorp opgerig is. Hy was goedgesind teenoor die Du Toit's, en so kon Japie, al was hy nog 'n NG-lidmaat, tussen die Doppers gaan studeer! 'n Mens kan jou indink dat dit nie vir S.J. du Toit maklik was nie. Hy het oor baie dinge van die Gerefor-


meerde Kerk verskil en moes ook geweet het dat sy seun aan baie kritiek blootgestel sou word. Tog het hy hom ondersteun. Die ses maande voor Japie se studies sou aanbreek, het hy ten volle benut om vir sy seun soveel as moontlik te leer. In Burgersdorp sou Japie immers 'n (baie moeilike) literariese eksamen moes skryf voordat hy met regte-egte teologiese studies kon begin. In Februarie 1896 het die groot dag aangebreek: Japie het in Burgersdorp aangekom. Dit was ver van die huis af en maar 'n droë wêreld teenoor sy Kaapse tuiste. Boonop het sy aankoms nogal 'n geskinder veroorsaak, en selfs in die koerant Ons Land het iemand gekla omdat 'n seun van S.J. du Toit by die Teologiese Skool toegelaat is. Totius het later erken dat daar tye was dat hy "baie gevoelig seergemaak" is. Op 1 Maart het hy ingeskryf vir sy studies, en op 8 Junie het hy die literariese eksamen geskryf. (Voor hierdie eksamen moes die arme studente 'n kursus deurdraf met vakke soos Grieks, Latyn, Nederlands, Geskiedenis, Wysbegeerte en Retorika. Dit het normaalweg twee jaar geneem, maar die jonge Japie het dit in drie maande voltooi, en die eksamen boonop met lof geslaag! Sy pa moes inderdaad 'n goeie leermeester gewees het …) 'n Dag voor die literariese eksamen neem Japie 'n groot stap: hy lê belydenis van geloof af in die Gereformeerde Kerk. Die besluit moes seker moeilik gekom het, maar in hierdie Kerk het hy 'n "skat" gevind wat hy in sy "jeugdige jare nie geken het nie". En siedaar: Totius is 'n Dopper! Na die wintervakansie het die studentelewe vir Japie begin. Hy was uiterlik maar 'n vaal seun, maar sy studentemaats het gou trots geword om hom by hulle te hê. Hy kon pragtig musiek maak, veral op die siter. Hy het sy staal gewys as digter, en het in die studenteblaadjie sy lyf joernalis gehou, met artikels oor die kerk, die Afrikaanse taal en die Boerevolk. In sy eerste jaar word hy al sekretaris van die "Studentekorps" en begin hy om lesings en toesprake te lewer.

Deurgaans woon hy saam met sy kamermaat, Gert Kruger, in die weduwee Postma se huis. Sy is soos 'n ma vir die twee, en Japie en Gert word ook beste vriende. Vir die drie jaar van hulle teologiese studies het hulle by net een man klas gekry – professor Jan Lion Cachet. Sommer so in sy studeerkamer sou die professor gemaklik met sy voete op die tafel sit, sy pyp rook en vir die twee jongmanne lesing op lesing gee. Japie het aan hom gedink as 'n "wonderlike geestelike vader". Onder sy leiding is Japie al hoe meer gevorm tot die "Totius" wat hy eendag sou wees. Japie het hier ook sy trouvrou ontmoet! Sy was 'n dogter van ds. Dirk Postma, die stigter van die eerste Gereformeerde Kerk. Op 16 Junie 1899 word Japie en Gert beroepbaar gestel. Vyf dae later raak hy en Marie Postma verloof. Hy moet haar ongelukkig 'n dag later groet en na Rustenburg vertrek om die gemeente daar te bedien. Min kon hulle weet dat hulle mekaar vir ses maande nie sou sien nie. Daar was oorlog op die horison … Vir drie maande aaneen het Japie gepreek, eers in die Rustenburgomgewing (waar hy tien jaar terug nog op skool was), en toe in en om Heidelberg. Voordat hy egter as volwaardige predikant beroep kon word, breek die Tweede Vryheidsoorlog uit. Op 12 Oktober klim hy, met geweer en al, saam met die Boerekommando's op die oorlogstrein. Terwyl hy daar sit, weet hy: Hy gaan die oorlog binne as 'n Kaapse rebel! (Hy was die enigste Kapenaar tussen die klomp Transvalers en op hierdie stadium was die Kaapkolonie nog getrou aan Brittanje.) Om nie eers te praat van sy pa nie. Hy was sterk gekant teen die oorlog en het brief op brief aan Japie gestuur waarin hy hom so te sê bevéél het om terug te keer Kaap toe. Tog dwing Japie se gewete hom om te bly. Hy en sy groot maat, Gert, maak sommer dadelik planne om ambulanswaens vir die kommando's te reël. Die eerste Sondag, in Laingsnek, preek hulle al vir die soldate. Later gaan hy dieper Natal binne. Daar sien hy hoe oorlog

werklik lyk. Hy sien lewensverlies, voel swaar reëns en honger aan sy lyf en deurentyd verlang hy na sy mense en veral na Marie. Middel-November word hy oorgeplaas na die Potchefstroomkommando's. Die reis daarheen is moeilik, maar net buite Ventersdorp kom Gert Yssel, lid van die kommando's, daar verby en hy neem vir Totius onder sy vlerk. Op 24 November vertrek die oorlogstrein en kom uiteindelik aan op Magersfontein. Hier gebeur iets skrikwekkends: terwyl Japie vir die kommando's godsdiens hou, ontplof 'n reuse liddietbom teen die koppies. Hierna reën die bomme neer, wêreldwyd die meeste nog sedert 1854. Die Boere antwoord met geweld terug vanuit hulle loopgraaf en aan beide kante is die vernietiging en dood verskriklik. God gebruik vreemde maniere om sy genade te bewys – Totius kry skielik ernstige voedselvergiftiging en word na Burgersdorp gestuur om deur Marie en haar ma versorg te word. Het dit nié gebeur nie, was hy waarskynlik as krygsgevangene na St. Helena gestuur … Japie wou nie net agteroor sit nie en na sy herstel ry hy te perd in die rigting van Colesberg. Maar van daar af lyk dinge al slegter en Japie moet as 'n Kaapse rebel voor die Britte uitvlug, totdat hy uiteindelik in Pretoria aankom. Hier help hy die besige dominee Petrus Postma (president Paul Kruger se eie predikant) met sy bedieningswerk. Deur sy harde werk in die gemeente moes hy seker in hulle harte gekruip het, want 'n groot groep besluit om hom Nederland toe te stuur vir verdere studies. Die Britte was immers nog op die Kaapse rebelle se spoor. Japie is onwillig (hy sou vir Marie moes agterlaat), maar die Turkstrafamilie druk eendag 'n eersteklas skeepskaartjie, saam met 'n klomp geld, in sy hande. Die besluit word vír hom geneem! Op 18 Mei 1900 sit Japie op die skip Bundesrath, wat hom na veiligheid – en na wie weet watter nuwe ervarings – neem. (Word vervolg)

KRUISPAD | UITGAWE 21

17


Koffie saam met ... A

ntWoord het in 2004 formeel met 'n internetteenwoordigheid (www.antwoord.org.za) as 'n Christelike bediening tot stand gekom. Uit André en Udo se ervaring met jongmense en vriende binne en buite die kerk, was dit duidelik dat baie mense met vrae worstel, maar dikwels nie voldoende antwoorde by Christene kry nie. AntWoord het die behoefte raakgesien om plaaslike gemeentes by te staan. Die taak van die Christelike apologetiek (en die strewe van AntWoord) is die sinvolle beantwoording van vrae oor die bestaan van God en die waarheid van die Christelike geloof – vrae wat die fondamente van die Christelike geloof baie deeglik wil toets. Wat beteken AntWoord se naam en logo? AntWoord verwys na 1 Petrus 3:15: "Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe." Die Griekse woord apologia verwys daarna dat iemand (bv. in 'n hofsaak) 'n antwoord ter verdediging moet gee. Die woord apologetiek kom hiervandaan en beteken dus nie om verskoning (apology) te vra vir iets nie. Daar is drie maniere waarop God Homself aan ons openbaar. Dié maniere word simbolies in die logo voorgestel: Eerstens deur sy seun, Jesus Christus (histories, sowel as deur die Heilige Gees). Die "t" in die logo herinner daarom aan die kruis. Ons leer God ken deur sy Woord. Die hoofletter "W" verteenwoordig God se Woord, die Bybel. God openbaar Homself ook deur sy skepping. "Ant" in die naam (en die mier in die logo) simboliseer die skepping. Wat is julle toekomsvisie vir AntWoord? AntWoord se grootste behoefte is om die Christelike gemeenskap, in alle kerkverbande, bewus te maak van

die behoefte aan en belangrikheid van die Christelike apologetiek. Baie mense raak ontnugter wanneer Christene vir hulle "goedkoop" antwoorde of selfs geen antwoorde op hulle vrae gee. Ons visie is bewusmaking hieroor ter wille van die koninkryk van God. Ons hoop om in die proses hande te vat met soveel mense as moontlik. Wie is die gesigte agter die skerms van AntWoord? Udo Karsten (UK) is sedert 1997 in verskeie hoedanighede by voltydse Christelike bedienings betrokke: onder meer vriendskap-evangelisasie op kibboetse in Israel, straat-evangelisasie, dissipelskap-ontwikkeling en kleingroep-fasilitering in Hillbrow en die Johannesburgse middestad, asook sportbediening (Athletes in Action) aan studente op die UJ kampus. Hy is sedert 2005 voltyds betrokke by AntWoord. André van Zyl (AZ) is sedert 1995 by verskillende onderwysinstellings werksaam en is tans verbonde aan UJ. Onderwys is André se hoofbedieningsfokus, maar hy is steeds by verskillende kerkbedienings ingeskakel. Die totstandkoming van AntWoord is die vrug van 'n soortgelyke bediening wat sedert 2002 informeel in Gauteng bestaan. Johan Erasmus (JE) kom oorspronklik van Newcastle en het by die PUK afgestudeer. Hy is tans besig met nagraadse studies in filosofie en betrokke by 'n kerkplanting-inisiatief aan die ooste van Pretoria. Roedolf Botha (RB) is 'n evangelis, kerkleier, kerkplanter en leraar wie se persoonlike lewensmissie is om die evangelisering van die wêreld te bevorder deur die kerk van Jesus Christus op te lei deur seminare, DVD-materiaal, lering en kerkplanting. Hy is tans besig met 'n doktoraal in Nuwe Testament by die Universiteit van Nijmegen in Nederland onder die Suid-Afrikaanse teoloog en skrywer, Jan van der Watt. Beskryf 'n tipiese dag in die lewens van die AntWoord-span? Udo is gemoeid met die bestuur en opdatering van AntWoord se webwerf. Daar word gereeld nuwe artikels geplaas en e-posse beantwoord. Johan is betrokke by die reël van spreekgeleenthede oor verskillende temas. Saam met André en Roedolf, wat begaafde sprekers is, vorm hulle 'n diverse span, elk met unieke gawes en talente wat hulle aanwend in diens van die Here. Wat is een van die lekkerste oomblikke wat julle as groep in hierdie bediening al beleef het? AntWoord het verlede jaar die besondere voorreg gehad om die Amerikaanse skrywer en spreker, Dr. William Lane Craig, na Suid-Afrika te nooi. Dr. Craig is 'n filosoof

18

KRUISPAD | UITGAWE 21


AntWoord

Santie Lourens (Kruispad-redaksie)

en teoloog, en wêreldwyd bekend vir sy debatte met ateïste, Moslem-geleerdes en liberale teoloë. Dit was 'n besondere belewenis om vir 'n week saam met hom deur Suid-Afrika te toer en die debatte te reël waaraan hy deelgeneem het. Wat is die grootste lewensles wat julle elkeen eendag vir julle kinders sal leer? UK: Hoe ons ander mense hanteer, vorm 'n groot deel van hoe waardevol hulle hulself ag. AZ: Die groot storie waarvan jy deel is, gaan nie oor jou nie, dit is "HIStory". JE: Moenie bang wees om te worstel of te twyfel nie. Vra jou vrae met die wete as Christus werklik die weg en waarheid is, 'n eerlike soeke na Hom toe sal lei. RB: Om te gee is belangriker, voordeliger en lekkerder as om te ontvang. As elkeen 'n superpower kon hê, wat sou dit wees en waarom? UK: Om tyd te laat stilstaan – en dan al die dinge te doen wat ek nog wou doen, maar nie tyd voor kry nie. AZ: Om te kan vlieg, dit lyk altyd so lekker om soos 'n voëltjie in die lug te kan baljaar! JE: … is die tipiese superhero wat nie 'n meisie naby hom kan toelaat nie (vir haar eie veiligheid). Altans dit is die verskoning wat hy vir sy ma gee as sy navrae doen oor haar gebrek aan 'n skoondogter. RB: Om te kan vlieg, wou nog altyd van kleins af. Wat is julle raad aan jong Christene wat 'n sukses van hulle lewens wil maak? UK: Dissipline is die fondament vir sukses. As jy elke dag die klein dingetjies doen wat gedoen moet word, dinge wat belangrik is en ewigheidswaarde het, bou dit uiteindelik op tot 'n bepaalde tipe lewe en karakter. AZ: As jy reeds die Here ken, sou ek sê lees en ondersoek die Bybel, want die Heilige Gees gebruik dit om jou gedagtes, woorde en dade met wysheid te vul. JE: Jongmense het vandag die geweldige voorreg om in 'n diverse samelewing groot te word. Ek sal Christene aanmoedig om hul gemaksone te verlaat en vriendskappe met mense van ander rasse en gelowe te vorm. Jy hoef nie altyd iets te sê nie, soms is dit net nodig vir die ander persoon om gehoor te word. Ons moet ook nie goedkoop antwoorde vir ongelowige mense gee nie. Wees deurdag, eerlik en toegewyd in jou getuienis vir Christus. RB: Moenie blame nie, neem verantwoordelikheid vir jou eie lewe, en pay now to play later in plaas van play now to pay later. Doen die belangrike dinge NOU!

Udo

André

Johan

Roedolf

… gunsteling TV-program? Sport, veral as 'n nasionale span

Dexter

Sport

Friends

speel … mooiste Bybelvers? Kolossense 4:5

Psalm 103:13

en 6

en 14

Matteus 10:16

Romeine 8:3739

… kledingstuk waarsonder jy nie kan klaarkom nie? My trail runner skoene

My fleece baadjie in die

My vest

My jeans

winter … lekkerste karaoke-liedjie?

Enige liedjie van

Daar is geen

U2

manier nie …

U2 se Where the Psalm 119

streets have no name

… mees gebruikte sê-ding? "Hoekom sê jy

"Hoekom sê jy

so?"

so?"

"Nee, Johan!"

"Chill, dude!"

… geliefkoosde tydverdryf? Adventure Racing

Staptoere

Grappies maak

Lees en fliek

… gunsteling plek in die wêreld? Enige plek in die ongerepte natuur

Die jaarlikse Dag drie op die

Faith and Reason

Disney World,

Otter staptoer

konferensie en

Florida

Ocean Basket … mees geykte verskoning?

"Ek het

"My hond het dit

"My vrou het

vergeet …"

opgeëet."

gesê …"

"Ek's te besig!"

… maandelikse tandepastaverbruik? Ek borsel net

Aquafresh -

Halwe buisie

1/3 buisie

wanneer ek

Sensodyne

Colgate Total

uitgaan, so seker nie baie nie

een buisie per maand

KRUISPAD | UITGAWE 21

19


Hierdie is die sewende deel van Kruispad se Bybeltydlyn. Datums wat hierin gebruik is, is geneem uit The Timechart of Biblical History (2002). Stuur

TydpeRk Tussen die ou en nuwe TesTAm JAARTAL:

gebeuRe

400 v.C.

Delhi word gestig (Indië).

399 v.C.

Sokrates word die doodstraf opgelê en moet gif drink (Griekeland).

390 v.C.

Rome word gered van 'n Galliese inval deur 'n trop ganse.

336 v.C.

Die 20 jarige Alexander III word koning van die Grieke.

333 v.C.

Alexander die Grote verower Palestina.

323 v.C.

Alexander die Grote sterf op 33 jarige ouderdom en sy ryk word verdeel. Sy ryk het gestrek tot in Indië.

300 v.C. 287 v.C.

Die Chinese begin om die Groot Muur te bou.

283 v.C.

Daar word in Egipte begin om die Septuagint vanuit Hebreeus in Grieks te vertaal.

224 v.C.

Die Kolossus van Rhodos (een van die sewe wêreldwonders) word verwoes in 'n aardbewing.

210 v.C.

Qin Shi Huang Di (die eerste keiser van China) word begrawe en bewaak deur 'n terracotta weermag.

201 v.C.

Liu Bang word keiser van China en begin die Han-dinastie.

200 v.C. 198 v.C.

Palestina word verower deur die Seleukiede-dinastie wat regeer vanuit Sirië.

167 v.C.

Die tempel in Jerusalem word ontheilig deur Antiogus Epiphanus van die Seleukiede-dinastie.

166 v.C.

Judas Makkabees en sy seuns bevry Palestina grotendeels van die Seleukiede-heerskappy.

123 v.C.

Die suide van Gallië word ingeneem deur Rome.

100 v.C.

Die Khoisan versprei vanaf die Kalahari tot aan die suidpunt van Afrika.

63 v.C.

Pompeii neem Jerusalem in en maak Judea deel van die Romeinse ryk.

60 v.C.

Die eerste triumviraat tussen Julius Caesar, Crassus & Pompeii word in Rome gevorm.

55 v.C.

Julius Caesar neem Brittanje in.

44 v.C.

Julius Caesar word vermoor in Rome.

37 v.C.

Herodus die Grote word koning van Judea Cleopatra pleeg selfmoord nadat Augustus/Octavius haar en Markus Antonius verslaan het. Augustus word keiser van die Romeinse ryk en regeer vir 44 jaar.

20 v.C.

Koning Herodus die Grote herstel en herbou die tempel in Jerusalem.

4 v.C.

Koning Herodus die Grote sterf en sy koninkryk word verdeel onder sy drie seuns.

ca. 6 - 4 * v.C.

Jesus Christus word in Betlehem gebore.

14 n.C.

Keiser Augustus sterf en Tiberias volg hom op as keiser van die Romeinse ryk.

25 n.C.

Pontius Pilatus word goewerneur in Jerusalem.

ca. 30 ** n.C.

Jesus Christus se bediening in Palestina vind plaas en eindig met sy kruisiging, opstanding en hemelvaart. Die Heilige Gees word uitgestort in Jerusalem.

50 n.C.

Eerste sinode van die apostels word in Jerusalem gehou.

64 - 68 n.C.

Vervolging van die Christene deur keiser Nero vind plaas in die Romeinse ryk.

70 n.C.

Titus verwoes Jerusalem, breek die tempel af en vermoor ongeveer 1,1 miljoen mense.

79 n.C.

Vesuvius bars uit en vernietig Pompeii en Herculaneum. Die Colosseum word voltooi in Rome.

95 - 96 n.C.

Vervolging van die Christene deur keiser Domitianus in die Romeinse ryk.

ca. 100 n.C.

Die laaste apostel/dissipel, Johannes, sterf in Efese.

* Die presiese jaartal van Christus se geboorte is onbekend. ** Die presiese jaartal van Christus se kruisiging is onbekend.

30 v.C.


r gerus 'n e-pos na red@kruispad.net indien jy die vorige dele gemis het en wil hê dat ons dit vir jou aanstuur. - Red

menT | die vieR evAngeLies | hAndeLinge

Simon Petrus Jakobus Johannes Andreas Filippus Bartolomeus Matteus Tomas Jakobus Taddeus Simon Judas Iskariot

Visserman Visserman Visserman Visserman van Betsaida van Kana Tollenaar van Galilea seun van Alfeus Judas die Siloot die verraaier

die

12 dissipeLs

(MaRKus 3:16-19)

vRoeë mARTeLAARs mARTeLAAR

dood

pLek

dATum (n.C.)

stefanus Jakobus simon Petrus Taddeus simon die seloot Paulus andreas Bartolomeus

gestenig onthoof onderstebo gekruisig gemartel en doodgemaak gemartel en doodgemaak onthoof gekruisig op 'n X-kruis gekruisig

Jerusalem Judea Rome moontlik Persië moontlik Persië Rome Griekeland armenië

ca. 36 ca. 44 ca. 64 ca. 65 ca. 65 ca. 67 onseker onseker


D

ie viering van die heilige Nagmaal dien tot die verkondiging van Christus, versterking van die geloof en lei tot troos en die herinnering aan die vrede tussen God en mens. Die band tussen die heilige Doop en die heilige Nagmaal Die twee heilige sakramente is onlosmaaklik van mekaar. Om die troos te ontvang wat die Nagmaal ons in Christus bied, moet ons teruggaan na die instelling daarvan. Christus het gesê: "Want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes," (Matteus 26:28). Ons lees saam met die instellingswoorde van die Nagmaal in die Heidelbergse Kategismus (Sondag 26-27) wat die nut en doel van die heilige Doop is: Vraag 69: Hoe word jy in die heilige doop daarop gewys en daarvan verseker dat die enige offer van Christus aan die kruis jou ten goede kom? Antwoord: So: Christus het die uitwendige waterbad ingestel. Daarby het Hy beloof dat ek net so seker met sy bloed en Gees van die onreinheid van my siel, dit is, van al my sondes, gewas is as wat ek uitwendig met die water gewas is, wat die vuilheid van die liggaam wegneem. Dit is hieruit duidelik dat die Doop 'n bevestiging en belydenis van die kruisiging van Christus is. Die Nagmaal is die voortsetting van hierdie belydenis en 'n verdere versterking van die geloof deur a) tekens, b) handelinge, c) en woorde in die sakrament wat betekenis dra. Die verbintenis tussen die moderne Christen en die kleingelowige Tomas Ons sou onsself kon afvra: waarom het Christus die Nagmaal ingestel? Moet die Woord dan nie genoeg vir ons as uitverkorenes beteken om in Hom te kan glo nie? Ons vind die antwoord hierop wanneer ons ons kleingelowige, menslike natuur raaksien en onsself gelykstel aan ons "tweelingbroer", Didimus Tomas, wanneer hy sê: "As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie," (Johannes 20:25). In hierdie verklaring van Tomas kom die rede vir die viering van die heilige Nagmaal na vore: Tekens Tomas wil die tekens, die bewyse van Christus se kruisiging sien op Jesus se hande, voete en die wond in sy sy. Handelinge Tomas sê dat hy eers sal glo as hy sy vinger in die "merke van die spykers" en sy hand "in sy sy steek". Hy wil hier 'n handeling uitvoer – iets doen wat hom meer sal verseker as net die sien van Christus se wonde.

22

KRUISPAD | UITGAWE 21

Woorde Tomas sê verder dat hy nooit sal glo as hy nie eers bogenoemde kan doen nie. Om te glo is 'n aktiewe daad van belydenis en leef tot eer van die Here. Artikel 1 van die Nederlandse Geloofsbelydenis en Romeine 10:9: "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word." Jy moet Christus bely met woord én daad. Tomas verklaar dat hy nooit Christus sal bely as hy nie eers gesien en gedoen het nie. Christus is deeglik bewus van ons swakhede en troos ons deur die viering van die heilige sakramente. Soos reeds genoem, het ons tekens, handelinge en woorde wat unieke betekenisse dra in die Nagmaal. Ons sien baie duidelik hoe die Nagmaal voldoen aan die bevrediging van die menslike swakheid – naamlik om weerstand te bied teen enigiets wat hy nie kan bedink, sien, of voel nie. Christus versterk ons geloof deur tekens, handelinge en woorde in die Nagmaal te stel wat die kleingelowige mens weereens van sy beloftes en ewige offer aan die kruis verseker: Tekens Tydens die viering van die Nagmaal word die brood gebreek en die wyn gedrink – tekens/bewyse dat Christus vir ons sondes gebreek is. Handelinge Ons neem en ontvang die brood en drink die wyn tot sy gedagtenis (Nagmaalsformulier) – aktiewe handelinge. Woorde Die Nagmaalsformulier sê: "So dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom." Ons bely dus die Here Jesus met die daad, maar ook in ons harte. Die uitnemende troos in die viering van die Nagmaal Die instelling van die heilige Nagmaal deur Christus is 'n ryke troos. Christus het dit ingestel met die doel om ons geloof te versterk en Hom te verkondig. Christus het na sy kruisiging beloof dat Hy na sy Vader gaan: "Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan," (Johannes 14:1-4). Maar ons twyfel in ons ongeloof en sê saam met dieselfde Tomas enkele verse verder: "Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?" Christus antwoord ons: "As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom," (Johannes 14:7) en "Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang


nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees," (Johannes 14:16, 17). Juis dít is die troos! Ons ken nou die Vader! Die Gees van die waarheid wat ons ontvang het en in ons bly, bind ons met die Vader. Die Gees stel ons in staat om aan die Nagmaalstafel te sit, saam as een liggaam van Christus. Ja, net soos in die tyd van Tomas kom staan Christus in ons midde en sê: "Vrede vir julle!" (Johannes 20:26). Daarna sê Hy vir ons, saam met ons broeders en susters: "Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig," (Johannes 20:27). In ons geestesoog sien ons die gekruisigde liggaam van Christus, wat reeds opgestaan het, voor ons staan! Ons sien die wonde aan sy gebroke, menslike liggaam en soos ons die brood breek en eet en die wyn drink, druk ons as't ware ons hande in sy wonde en ons word oorweldig, ons kan nie anders nie as om Christus te bely, sekerder as ooit: "My Here en my God!" (Johannes 20:28). Moenie ongelowig wees nie, maar gelowig, want ons het vrede by God – die heilige Nagmaal verseker ons telkens weer daarvan. "Hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê," (Johannes 20:31).

Marnix Boersema (Kruispad-leser)

KRUISPAD | UITGAWE 21

23


HULP

D

ie meeste briljante flieks kry dit reg om iets in ons los te maak. Dit was ook so met Black Swan. Die fliek raak almal wat dit sien, en alhoewel ons dit akademies kan ontleed, is die mees opvallende gevolg dat die film die donker kant uit elke kyker lok. "Dis pure duiwels!" skreeu 'n geskokte vriendin. Want wanneer ons iemand anders se donker kant sien, is dit erg, maar as ons ons eie donker kant sien, maak dit ons bang. En alles wat ons bang maak, is boos! Ons gryp vinnig na teksverse en gee die duiwel die skuld vir 'n ongekende, onvoorspelbare, donker kant. Want van jongs af word ons getraumatiseer met vreesboodskappe oor sonde, die bose, dit wat nie goed genoeg is nie of die duiwel. Die internet en inboxes lê besaai met e-posse en "navorsing" oor die nuutste duiwelsagent wat sonder ons wete boosheid in ons inplant. Van Lady Gagga

24

KRUISPAD | UITGAWE 21

tot Liewe Heksie het al deurgeloop as agente van boosheid. Ons moet tog net pasop dat ons nie onwetend boos raak of per ongeluk lirieke kwyt raak wat die duiwel prys, of 'n TV-program kyk wat ons kan indoktrineer en boos maak nie. Dié tipe denke oor die bose laat dink my aan die vroegste metodes wat gebruik is om sielsiekes te genees van geestesversteuring. Duiwels is uitgedryf en mense is in yswater of in kookwater gedompel. Ingewande is uitgesny, of brein- en liggaamsdele is verwyder. Ander is met elektriese golwe geskok, getraumatiseer (al hoe verder die donkerte in) en gemartel tot hulle "normaal was". Alles in die soeke na 'n duiwel of demoon wat agter in die donker lê en lag. Alles oor vrees. Eers toe 'n paar waaghalsige mense die vrees en fokus verskuif het en eerder probeer soek het na 'n kuur (gesondheid en lig in die donker) in

plaas van die duiwel as oorsaak van die siekte, het medici en geestelike leiers besef dat daar dalk anders na die sielsiekes gekyk moet word. Skielik word mense gesond te danke aan groter verdraagsaamheid en word daar besef dat dit 'n wêreldse verskil kan maak as "sielsiekes" net die geleentheid gegee word om te praat! Die "malles" wou net praat, sonder vrees. "Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie," (1 Johannes 4:18). Sekere konsepte, soos hierbo genoem, maak ons steeds bang, deels omdat ons dit nie verstaan nie. Wat doen ons as ons iets nie verstaan nie? Ons gee dit vir die duiwel, want dit is boos! Die geestelike hoofde van die Jode het Jesus gevrees en kyk waarheen het vrees hulle gelei: "In daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk bymekaargekom in die woning van Kajafas, die hoëpriester. Hulle het daar saam planne gemaak om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood te maak," (Matteus 26:3 & 4). Terug by Black Swan. In die film ly die hoofkarakter aan 'n geestesversteuring, waarskynlik skisofrenie. Skisofrenie is 'n versteuring wat mense aan die bors gryp en met 'n donker kant konfronteer. Hollywood help natuurlik nie veel met die persepsies wat oor die siekte bestaan nie en het meestal die kat aan die stert beet. Skisofrenie is nie 'n gesplete persoonlikheid of meer as een persoonlikheid nie, dit is nie boos nie en dit is


Johannes Schickerling (Kliniese sielkundige, Kruispad-redaksie) verseker nie 'n keuse nie. Skisofrenie is wanneer mense hallusineer (iets sien, hoor, voel en ruik wat nie bestaan nie), delusies het (ongewone oortuigings of gelowe het oor dinge), ongeorganiseerde gedrag en spraak toon en sonder gevoel of uitdrukking leef. Mense met skisofrenie vind dit geweldig moeilik om in die samelewing te lewe. Hoewel genetika en biochemie (breinstowwe) oorsake van skisofrenie kan wees, is trauma of vrees ook dikwels 'n oorsaak van die toestand. Interessant dat dit wil voorkom waar vrees is, is daar donkerte. Waarom wil ons dan in ons geloof konstant vrees navolg, jaag en probeer vang? Glo ons dan nie in die God van liefde, verstaan, verdraagsaamheid en vrede nie? Die God op wie ons tog vreesloos kan vertrou met alles wat ons pla en waarvoor ons bang is? Soos die dokters en priesters van ouds kan jy heeldag soek na die

donkerte, soek na die duiwel en jy sal 'n duiwel vind. So 'n soeke bring nie lig, lewe of liefde nie. Dit bring vrees. Hou jou oĂŤ dan op die Lig, die Lewe en die Liefde, want wat (Wie) jy soek sal jy vind. "Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: 'Abba!' Dit beteken Vader," (Romeine 8:15).

HULPBLOKKIE: Indien jy met enige vrees worstel en nie weet wat om daarmee te doen nie, verbreek die stilte en vertel iemand daarvan. Ons vrees dat ander vir ons sal lag of gaan dink dit is simpel en ons vrees vir verwerping, veroorsaak dat die probleem groter word. Deel die vrees met iemand wat jy vertrou of stuur 'n e-pos aan help@kruispad.net. Ons loop saam vanuit die donker na die Lig.

KRUISPAD | UITGAWE 21

25


'n Rubriek deur Edgar Trollip (Kruispad-redaksie)

O

nly while stocks last! Twee vir die prys van een!! 'n Klere-uitverkoping is 'n eienaardige ding – dit lok baie mense, verwyder 'n nugter denkwyse en dit laat kopers op 'n roekelose wyse hul geld verspil. Dit alles bloot omdat pryse laer is as gewoonlik. Johannes die Doper het, terwyl hy mense gedoop het, vir die Fariseërs en Sadduseërs gevra: "Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug?" (Matteus 3:7). In vandag se terme wou hy basies by hulle weet: "Waar het julle gehoor hierdie is 'n uitverkoping?" Johannes het geleer dat Christenskap alles behalwe 'n uitverkoping is. Om Jesus te volg, het baie beskrywings, maar cheap en maklik is nie een daarvan nie. Hoe het Christenskap dan vandag so cheap geword?

26

KRUISPAD | UITGAWE 21

In Matteus 25:34-37 is die opdrag duidelik dat ons dié wat nie kos, klere of skuiling het nie, moet kos gee, klee en blyplek aanbied. Jesus sê elke geringste mens is net soos die belangrikste Een in die koninkryk, Hyself. Dink aan 'n boemelaar of straatkind in wie jy gereeld vasloop – dit is Christus. Moet jy nie ook vir hom/haar Christus wees nie? Jy noem jouself immers Christen. Dit is maklik om verby te loop en te sê: "Ag shame, dit moet erg wees om blind te wees" of "Shame, dit moet erg wees om so arm te wees". Ek verstaan dit is onmoontlik om vir elke mens te sorg wat arm is, maar as elke persoon wat meer as genoeg het om te eet elke dag vir een ander persoon wat dit nie kan bekostig nie middagete koop, sal dit klaar 'n verskil maak. Christus het jou outoriteit gegee

om te heers oor hierdie wêreld (1 Johannes 4:4). Talk is cheap en dit is so maklik om te praat en niks eintlik te doen nie. Die meeste van ons is 'n goeie voorbeeld hiervan. Ons maak soveel leë beloftes, selfs sonder dat ons dit agterkom. "Ek sien jou later" of "Ek sal vanaand studeer!" Dit is seker hoekom God se woord sê ons moet gewillig wees om te luister en nie te gou te praat nie (Jakobus 1:19). Wat is cheap daaraan om jouself te verloën, jou kruis op te neem en Jesus te volg? Net mooi niks nie. Dit gaan met opoffering gepaard, dit neem tyd, toewyding, verwyt van vriende en vernedering. Die prys is jou lewe, maar mag jy besef dat dit die moeite werd is (want die prys is die Ewige Lewe!). Doen wat jy sê, leef wat jy glo.


LEEFSTYL

V

olgens Hebreërs 11:1 is geloof "om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." Ek het nooit besef hoe radikaal die versie in my eie geloof is nie totdat ek en my man die afgelope Desembervakansie die voorreg gehad het om na Thailand te reis. Die land het ons dadelik betower met sy pragtige mense en landskappe, maar ons was baie bly toe ons vliegtuig weer in Suid Afrika geland het. Die grootste rede daarvoor was maar om weer tussen ons eie mense te wees, veral medegelowiges. 95% van Thailand se bevolking is Boeddhiste, dit word selfs as die amptelike geloof van die land erken. Oral waar 'n mens kyk is daar tempels, Boeddha-beelde en mense wat vir die monnike aalmoese aandra. Boeddhisme is nie 'n stelsel wat gekenmerk word deur 'n geloof in en diens aan 'n bonatuurlike wese nie, dit is eerder 'n filosofie waarvolgens menslike bestaan bevorder word. Daar is geen "god" volgens die Boeddhiste nie, die klem val egter op intellektuele denke. Wat my die meeste ontstel het, was dat 95% van Thailand se bevolking ontken dat God is wie Hy sê Hy is. Hierdie besef het my met intense hartseer gevul oor al die verlore mense in die land. Die Thai mense is 'n baie vriendelike en behulpsame nasie en dus was dit baie maklik om van hulle te hou, maar die soeke na iets groter as hulleself is daagliks sigbaar in hulle rituele en gebruike. Die mense is vasgevang in 'n geloof van aalmoese aandra, wierook brand, monnike vereer en die ergste vir my persoonlik, om voor mensgemaakte beelde neer te buig. Omdat ek en my man vooraf besluit het om die land te gaan beleef vir wat dit is en nie net die toeristeaantrekkings te besoek nie, het ons verskeie van die groot en bekende tempels besoek en met die mense gesels oor hulle geloof. Ons het vooraf gebid dat die Here ons sal help om uit liefde na die mense en die land te kyk en ook dat Hy vir ons geleenthede sal gee om oor Hom te getuig. Die tempels is kunswerke en enige argitek sal hom- of haarself vergaap aan die argitektuur van die geboue en beelde. Ons aanvanklike afgryse vir die enorme goue beelde en mense wat voor hulle buig, is vinnig omgesit in intense liefde vir die mense. Ons het 'n punt gemaak om vir die mense waarmee ons in aanraking gekom het te bid, in liefde teenoor hulle op te tree en wanneer die geleentheid hom voorgedoen het ook oor ons geloof te getuig. En die Here het vir ons die geleenthede geskep. Ek het opnuut besef hoe bevoorreg ons is om die lewende God te ken en lief te hê. En ek het besef dat geloof nie vanself kom nie, maar dat dit 'n geskenk van Bo is. Om in Iemand te glo wat ons nie sien nie verg juis dié tipe geloof en daardeur leef ons ook met hoop. Hoop dat ons eendag saam met Jesus by die Vader sal wees. My gebed is dat Jesus Homself aan sy kinders sal openbaar en daarom glo ek dat selfs die mense van Thailand wat Hom nog nie ken nie tot inkeer sal kom en sal besef dat daar net één Weg, Waarheid en Lewe (Johannes 14:2) is en dit is deur geloof in Jesus!

Juanita van der Merwe (Kruispad-redaksie)

KRUISPAD | UITGAWE 21

27


GETUIENIS

Moira Sinosich (GK Linden)

E

k het skool gegaan en grootgeword in 'n groterige dorp. Skool was nie my gunsteling nie, maar die rede hoekom ek dit nie agtergekom het nie, was 'n goeie kring vriende – "the fellowship of the Truth" as't ware! Ons het darem vir jou teologie en doktrine witwarm uitgeredeneer op daai skoolstoepe (wat later baie handig was om gesonde onderskeiding te leer). Natuurlik was ons ver in die minderheid en dus nie 'n weerkaatsing van almal se verhaal nie. Ek begin daar omdat dit my vir 'n rukkie redelik vasgemessel het in dinge (debatte, waarheidsbespiegelinge, ensovoorts) anders as 'n verhouding met Jesus. Ek wou 'n verhouding hê met Jesus, maar het nie lekker geweet hoe nie en dit gesoek in gesprekke, feite en rolmodelle. Na matriek is ek universiteit toe, waar ek (deur 'n paar van dieselfde vriende) blootgestel is aan die

28 28

KRUISPAD | UITGAWE 21

sendingkomitee op kampus. Diep onder 'n wanindruk oor waarmee die komitee hulleself besig hou, het ek wel aansoek gedoen en deel geword – die naam was oortuigend genoeg. En nou kom ons by die draaipunt van die getuienis: Daar, in 'n komitee waarvan ek die doel nie eintlik verstaan het nie, omring deur mense wat ek nie geken het nie, besig om T-hemde te verf en gebedslyste op te dateer en 'n spul ander goed waarin ek nie vaardig was nie … het ek Jesus ontmoet. Onverdunde, vergewensgesinde, reinigende, vurige, regverdige, heilige, liefdevolle, genadige Jesus. Nadat ek al jare besig was om die Here te probeer uitfigure, openbaar Hy Homself skaamteloos aan my en roep my om te gaan help in die sendingveld. Die tweede deel (sendingveld) was om die minste te sê, onverwags en NIE deel van die beplanning nie. Ek was immers op pad

om as 'n suksesvolle rekenmeester in die stad te werk, baie dankie. Die Here het so 'n humorsin! Na vele bevestigings (lessie geleer: moenie so baie vra nie, wees net gehoorsaam en kry klaar – enigiets anders is uitstel en, glo my, tweede prys) op my eie geweldig entoesiastiese reaksie, was die kalf in die put: daar gaan die Here, en Moira is agterna (deur sy genade). Dis nou byna agt jaar later en ek kan net getuig hoe die Here wéét wat Hy doen. Duh! Hy het my met duidelikheid en suiwer bedoelings gelei, my op reise geneem na plekke wat ek nie eers geweet het bestaan nie en telkens voorsien van gebed, morele en finansiële ondersteuning (en toe was dit nog net deeltyds). Daar was kragmetings met die vyand, ondermynende gedagtes en allerhande ander uitdagings. Maar soos sy Woord belowe, sal Hy jou nooit begewe of verlaat nie. Aan


Pre-scriptum: Hierdie getuienis moet jy asseblief lees terwyl jy dit deurdink as bloot een van die etlike variasies waarmee 'n ongelooflik oorspronklike Here vorendag kan kom. As jy ooit Wiskunde of Rekenaarstudie gehad het, sal jy verstaan dat daar soveel veranderlikes in die heelal is waarmee gespeel kan word dat ons nog lank sal besig sal wees as ons die Here probeer ontsyfer. Nietemin het Hy geweet hoeveel pret dit gaan wees omdat ons in elk geval sou probeer.

Jesus Christus al die eer, want Hy is die Lam wat waardig is om geprys te word! Ek staan tans op die punt om in voltydse bediening in te gaan, want die oes is groot, die arbeiders min, maar ons dien 'n almagtige Here. Dis nie net 'n kwessie om mense te vertel van Jesus nie, ons moet eintlik dissipels maak deur lering, bemoediging en genesing. Waarheen roep die Heilige Gees jou? Sonder filters, nou, soos wat net jy en Vader met mekaar praat in die skatkamers van jou hart? Filters is byvoorbeeld jy wat besluit jy's nie goed genoeg nie. Of jou ma-hulle wat dink sending is ook hier waar jy nou is – dis te veel en te ver (wat dit verseker ook is, maar dis nie die volle storie nie). Die grootste guns wat jy jouself kan doen is om die Here te vra om jou te sê wat sy droom oor jou is. Bereken die koste. En maak die

sprong. Dit gaan jou in die begin uitfreak, trouens dit moet (dis normaal). Maar kyk die vrees in die oë en weet jou Vader Jahweh is altyd groter as ENIGE opposisie. Sekuriteit in hierdie wêreld is 'n illusie. Maar die Here is 'n vaste fondament wat vir ewig staan. Hoe om die Here se stem te hoor: • Die Swaard – raak gemaklik daarmee. Lees en leer, ook die vervelige geslagsregisters, profete en stories uit die Ou Testament. Dis hoe God se Woord vir ons lewendig en toepaslik word. • Die Here kan met jou praat in drome, visioene en prentjies – toets dit altyd aan die Woord om kredietwaardigheid en integriteit te behou. • Leer om sy stem te onderskei, veral deur jou vlees en Satan se stem te kan hoor en uit te gooi, en God

se stem te behou. • Ondersoek ook die kreatiewe – skets 'n prentjie vir die Here (as 'n geskenk aan Hom, niks anders nie), skryf 'n gedig of lied soos Dawid en wees net uit jou hart eerlik met die Here. Hou 'n gebeden insigte-joernaal en teken by jou notas. Dis net jy en die Here. Moet jou nie daarin steur aan ander nie. Laat die Heilige Gees jou lei in nuwe, maar Woordgetroue dinge. • Het ek al 'n goeie vaardigheid met die Bybel genoem? God's speed in your journey and His grace in your quest!

KRUISPAD | UITGAWE 21

29 29


D

ie nuwe reeks van Noot-vir-Noot is tans op TV en Kruispad het besluit om te gaan inloer by een van die deelnemers, Corneels Schabort, 'n dosent op die PUK en 'n lid van die improvisasie komediegroep, Lagnes.

Vertel ons meer van jouself Ek kom van Bethlehem af en dus 'n trotse boorling van die Oos-Vrystaat. Na skool het ek aanvanklik B.Com. (Regte) studeer aan die destydse PU vir CHO, maar na ses maande oorgeskakel na Chemiese Ingenieurswese. In 2005 het ek by Natref in Sasolburg as prosesingenieur begin werk. Natref is SASOL en TOTAL se olieraffinadery. Dit was 'n ongelooflike lekker tyd van my lewe en ek't meer geleer oor ander kulture in ons land as ooit tevore. In 2009 is ek terug NWU toe en werk tans hierso as dosent in chemiese en mineraalingenieurswese. Ek doseer biotegnologie en skeidingsprosesse. Mense vra dikwels wat dit behels, en ek vereenvoudig dit altyd soos volg: biotegnologie gaan oor die produksie van biodiesel en bio-etanol, terwyl skeidingsprosesse oor distillasie gaan. Gewoonlik praat ons direk daarna dan oor die weer of oor sport, maar ek weet nie hoekom nie … Ek verstaan jy is een van die ouer monsters binne Lagnes? Wie en wat is dit? Ek was wel nie een van die eerste lede in Lagnes nie, maar ek is sedert 2002 deel van die groep. Nou, Lagnes is 'n improvisasie komediegroep. Daar is dus geen uitgewerkte teks of storielyn met ons optredes nie. (Dit kan vergelyk word met die Amerikaanse Who's line is it anyway?) Alles word daar en dan op die verhoog opgemaak en uitgebeeld. Ons optredes bestaan uit 'n klomp improvisasiespeletjies, elk met 'n unieke stel reëls en met 'n spesifieke uitdaging vir die Lagnes-manne, of soos ons na hulle verwys, die Lagnes-monsters. Alle voorstelle, idees en karakters word uit die gehoor gekry, net om seker te maak almal weet ons het niks vooraf uitgedink nie. Lagnes tree regoor die land op – by skole, kerke, teaters en kunstefeeste – maar Lagnes se tuiste is Potchefstroom. Al die huidige monsters was, en sommige is steeds, op die PUK. So, Potchefstroom lê na aan ons harte. Lagnes het tans twee spanne, 'n Potch span en 'n Stellenbosch span. Die twee groepe het ontstaan soos wat Monsters klaar studeer het en uit Potchefstroom weggetrek het. Ons hoor nou al vir 'n rukkie rumours dat julle besig is om 'n TV-reeks op te neem? Lagnes werk al vir die afgelope drie jaar saam met die ATKV om 'n Lagnes TV-reeks op te neem. Ons het uiteindelik alles in plek gekry en in Oktober 2010 ons reeks van 13 episodes geskiet. Die episodes volg presies dieselfde resep as ons verhoogoptredes, met 'n paar spesiale ekstras. Die aanbieders vir die reeks is die baie bekende Bouwer Bosch (van Straatligkinders) en Jak de Priester. Daar is 'n paar doelstellings wat ons wil bereik met die TV-reeks. Saam met die ATKV wil ons Afrikaans bevorder, en ook wys dat komedie, veral Afrikaanse komedie, vrek snaaks kan wees sonder om vuil te wees. Vir Lagnes self is dit ook 'n manier om hopelik 'n positiewe bydrae tot ons land te maak, deur almal te laat saam lag vir ons en

30

KRUISPAD | UITGAWE 21

vir mekaar. Lagnes se leuse is IETS: In Eenheid Tot Seën. Dit is wat ons doel is met al ons optredes. Ons wil mense laat lag, laat beter en ligter voel, al is dit net vir daardie oomblik, want daardie oomblik mag dalk net hulle lewens verander. Dit is deel van wat elke monster glo die roeping vir ons lewens is. Ons plan is heel eerste om 'n kanaal te kry om die reeks uit te saai. Ons gaan binnekort begin met vergaderings om te sien waar die beste plek gaan wees vir Lagnes, so ons sal almal op hoogte hou. Wat is die gunsteling plek waar julle al opgetree het, en hoekom? Waenhuiskrans was 'n persoonlike hoogtepunt vir my. Ons het 'n jaarlikse Lagnes-toer deur die Suid-Kaap waartydens ons optree by die Stranddienste. Een jaar het ons ook opgetree in Waenhuiskrans. Dit was die eerste vertoning ooit wat ons moes kortknip, bloot weens die feit dat niemand kon ophou lag nie. Nie die gehoor nie. En ook nie die Monsters nie. Deur trane moes ons toe die vertoning stop. Ek sal dit nooit ooit vergeet nie. Dan was daar ook Swartvlei laasjaar waar my broek geskeur het op die verhoog. Vir 'n oomblik is daar geaarsel, maar, soos hulle sê, the show must go on. En dit het, geskeurde broek en al!

Wat dink jy is die grootste probleem onder die jeug vandag, en hoe behoort hierdie probleem aangespreek te word? 'n Gebrek aan rolmodelle. Ek ervaar dat baie jongmense grootword in huise sonder pa's en ma's na wie hulle kan opkyk. Baie ouers is hul hele lewe lank al in die kerk, maar het nie 'n persoonlike verhouding met die Here nie. Gevolglik is hulle nie in staat om hulle kinders te lei om ook 'n gesonde verhouding met die Here te hê nie. Ek glo die oplossing lê by die huis. As ma's en pa's werklik God sal liefhê en nie net sal praat van hierdie liefde nie, maar dit sal leef, sal jongmense in staat wees om hulle voorbeeld te volg en daardeur 'n verskil maak in hierdie samelewing. As jy ooit die geleentheid sou kry om voor AL ons land se jongmense op 'n stage te kon staan, wat sou jy vir hulle sê? Die Here is lief vir ons land se jongmense. Ek weet dit klink na 'n cliché, maar dit was daardie woorde wat die grootste impak op my gehad het. My hele lewe lank het ek 'n pad van dooie godsdiens gevolg, totdat die Here aan my eerstehands kom openbaar het dat Hy my liefhet. Jongmense moet weet die Here het ons lief net soos ons is. Sy hart is dat ons Hom sal ken en in verhouding terug sal liefhê. Slegs in so 'n verhouding sal ons ons doel ontdek wat God vir ons beplan. Heel op 'n ander NOOT … Is daar nie dalk ietsie wat jy ons graag wil vertel nie? Ek het onlangs deelgeneem aan reeks 35 van Noot vir Noot. Die eerste episode word uitgesaai op die 8ste April om 19h30 op SABC2. Ek's baie opgewonde hieroor, maar meer kan ek nie nou sê nie!


Hoe lyk 'n tipiese dag in die lewe van Corneels Schabort ? Wel, ek begin met 'n stewige bord Muesli en jogurt, gevolg deur 'n glas vrugtesap. Ek't onlangs ontdek hoe eenvoudig dit is om gesond te lewe deur net 'n klein bietjie suiker uit te sny, soos wat gewoonlik gepaard sou gaan met 'n koppie koffie of tee!  Ek't elke oggend 'n vaste afspraak met die Here in my tuin. As ek hierdie afspraak mis, is my dag sommer heeltemal deurmekaar. Dan skiet ek PUK toe. As daar nie klas is nie, is ek besig met navorsing. Min studente besef dat as 'n dosent nie klasgee nie, hy ook ander verpligtinge het, soos navorsing. 12h30 is gewoonlik die teken om te beweeg Dampad Eetsaal toe. Ek eet steeds daarso en het 'n groot liefde vir die mense by Dampad. Goeie kos teen 'n goeie prys, as ek dit moet opsom. Na werk, is ek lief vir my spinning by die gym. Ek glo in balans en dit sluit oefening in. My aande gebruik ek om uit te kom by my vriende. Ek glo dit is belangrik om deel te wees van 'n gesonde vriendekring, want vriende maak of breek jou inderdaad. Afhangende van die tyd van die jaar, sal ek ook betrokke wees by die kampus se debatte, of ander kultuuraktiwiteite in terme van afrigting en beoordeling. Kultuur is 'n groot passie vir my. Jy lyk na die tipe ou wat daarvan hou om die laaste woord in te kry  Enige laaste woord van wysheid aan die Christen jongmense in ons land? As ek een laaste ding aan Christen jongmense wil sê, is dit om net vir 'n oomblik stil te word en te besef hoe oneindig groot die impak kan wees as jy rêrig opstaan vir Jesus. In die geskiedenis heen was gelowiges gewoonlik in die minderheid. So, hou op wag vir die meerderheid om op te staan. Wees jy die begin van die minderheid om later 'n meerderheid te wees. Ek bid vir 'n generasie jongmense wat bereid sal wees om dié stap in geloof te neem en waarlik God se Koninkryk op hierdie manier op aarde te vestig.

KUNSTENAARSPROFIEL

Gunsteling Fliek?

Luther

KitKat of Chomp?

KitKat (dis groter!)

Mercedes of BMW?

Mercedes (maar ek ry 'n Audi)

Gunsteling boek?

Just walk across the room deur Bill Hybels

Facebook of Twitter?

Facebook

Gunsteling Bybelkarakter?

Daniël en sy vriende (OT) en Johannes (NT)

Jeans of Khaki broek?

Jeans

Gunsteling Rugbyspan?

Blou Bulle

See of Bosveld?

See

Braaivleis of McDonalds?

Braaivleis

Jack Parrow of Johan Stemmet?

Johan Stemmet (vreemde keuse om te maak, wel!)

Chantelle Tredoux (Kruispad-redaksie)

KRUISPAD | UITGAWE 21

31


D

ie nuwe Gee-jaar het in Januarie afgeskop. Kruispad het bietjie by die nuwe studente gaan inloer en vir hulle gevra om kortliks iets van hulle elkeen te vertel.

Hallo, ek is Janine Brand. Ek bly op 'n plaas tussen Middelburg en Belfast. Ek hou van die natuur en is mal oor diere. Ek is mal daaroor om met God te praat as ek in die natuur is. Ek het ook my eie perde. Ek leef graag na my drome toe en dit is om God se Woord aan die jeug te verkondig. Ek verwag van die Here om my lewe te gee deur die Heilige Gees sodat ek vir Hom kan werk. Ek wil na die Gee-jaar jeugbediening vir Christus doen. Dit is my passie om ander mense van God se Woord te vertel.

32 32

KRUISPAD | UITGAWE 21


Ek is Suré Pyper en ek is 18 jaar oud. Ek kom van Pretoria af. My stokperdjies is lees, skilder, skets en ek speel ook dromme. Ek het 'n obsessie met spinnekoppe en ek het 'n tarantula. Haar naam is Aurora wat dawn of northern lights beteken. Ek doen die Gee-jaar om my verhouding met God te versterk, om meer te leer van die teologiese deel van Christenskap en ek hoop ook dat die jaar my sal help om meer vertroue in myself te ontwikkel en nie so negatief en 'n introvert te wees nie. Ek is nog nie seker in watter rigting ek wil studeer na die jaar nie, maar ek hoop aan die einde van die jaar sal ek al weet. Ek is wel goed in kuns en sal in 'n kunsrigting wil gaan om my talent wat God vir my gegee het te kan gebruik.

Hi! Ek's Sunette van der Berg en kom oorspronklik van Pretoria af. Ek bly in Elarduspark en was in Hoërskool Waterkloof. Ek't laas jaar matriek geskryf en het ontwerp, drama en ballet op skool gehad. Ek is 'n kunstige persoon en is mal oor enige kuns. Ek is 18 jaar oud en het nie geweet wat om te doen na skool nie. Ek wil Mode of Grafiese ontwerp studeer en ek weet nie watter een om te kies nie. Ek het besluit om die Gee-jaar te doen, want ek wil my verhouding met die Here sterker maak. Ek wil ook groei as mens en myself beter leer ken. Ek verwag baie fun en interessante nuwe ontdekkings deur die jaar. Sover is dit 'n fees en ek kan nie wag vir nog uitdagings soos wat ons al klaar beleef het nie. Na die Gee-jaar gaan ek terug Pretoria toe waar ek wil studeer, maar ek sal sien as ek die Gee-jaar voltooi het wat ek gaan doen.

Hi daar! Ek is Lizl Boardman en ek is 18 jaar oud. Ek kom van Heilbron af (vir dié van julle wat nie weet nie, dit is 'n dorpie in die Vrystaat). Ek wil graag in die jaar meer van myself en ook van God leer. Na hierdie jaar wil ek weer teruggaan Heilbron toe en 'n werk probeer kry en ook betrokke raak by die jeug van my gemeente. Ek recommend die Gee-jaar vir enigiemand wat graag meer van God, die Bybel en jeugwerk wil leer. Dit is baie lekker en baie opvoedkundig. Tatta!

Goeiedag aan almal wat hierdie stukkie oor my lewe lees. Ek is Lené Lombaard en ek kom van die Vrystaat (Odendaalsrus) af. Ek is deel van die Gee-jaar vir Christus omdat ek my verhouding met die Here wil versterk en Hom beter wil leer ken. Nadat ek die jaar voltooi het, wil ek graag in Potch verpleegkunde studeer. Daarna pediatrie, omdat ek baie van kinders hou. Baie dankie vir julle harde en goeie werk, Kruispad! God seën julle! KRUISPAD | UITGAWE 21

33


Resensies: Janien de Kock | Rynhardt Pretorius | Dirk Kruger

lees dit?

Jy kan word wat jy is Arnold Mol Christelike Uitgewersmaatskappy 2010 ISBN: 978-1-77000-895-3

Dit is deesdae algemeen om te hoor jou Christenskap word bepaal deur hoe goed en hoe reg jy lewe. Almal sukkel hiermee, omdat hulle probeer om perfek te lewe sodat hulle goeie gelowiges kan wees. Dit kan voel asof jou lewe 'n mislukking is, omdat jy nie so perfek is soos wat jy dink jy behoort te wees nie. Dit is 'n boodskap wat deesdae in verskeie kerke versprei word en wat gelowiges moedeloos laat. Die boek, Jy kan word wat jy is, is 'n boek wat die gelowige gerus wil stel en wil bevry van die bande van hierdie tipe prestasiegodsdiens. In die eerste afdeling wys Dr. Arnold Mol ons daarop dat dit nie moontlik is om "perfek" te lewe nie, omdat dit menslik is om te sondig. Hy onderstreep egter die feit dat ons 'n lewe van "rustige heiligheid" kan leef omdat Christus al ons sondes en foute op Hom geneem het. Dit word ook duidelik dat God se hofsaal nie soos dié van mense is nie, omdat sy genade die gelowige (hoe sondig ook al) vrymaak. Die tweede afdeling gee elf praktiese Hoe om … wenke om die Christen te help op die pad om te word wie hy is: hoe om geestelik te groei, hoe om die skuldlas te verwerk, hoe om meer geloof te verkry, hoe om versoeking te oorwin, hoe om onaangename mense lief te hê, hoe om lyding te aanvaar, hoe om God se wil in jou lewe te bepaal en hoe om 'n liefdesverhouding met Christus te handhaaf. Daar is baie hulpbronne wat die gelowige kan gebruik om 'n nuwe identiteit in Jesus te kry en hierdie boek noem en bespreek 'n paar belangrikes. Hierdie is egter nie dinge wat 'n mens moet doen om 'n "beter" gelowige te word nie, dit stel die gelowige eerder in staat om 'n lewe sonder veroordeling en skuld te leef. Dr. Mol skryf die boek sodat dit prakties en eenvoudig bly, sodat oud en jonk dit kan verstaan en toepas. Hierdie boek kan elkeen help om te besef wat presies dit beteken om 'n oorwinnaar in Christus te wees. Die boek eindig selfs met 'n lusmakertjie vir wat die gelowige te wagte van wees wanneer hy/sy 'n lewe van oorwinning leef!

34 34

KRUISPAD | UITGAWE 21

Shells NOOMA Rob Bell 2008

kyk dit?

luister dit?

Opstaan KrissTel Merchant Music 2010


DIE meeste van ons ken Rob Bell met sy swartraam bril, kort hare en retro look (waar koop hy sy serpe?). In episode 20 van die NOOMA-reeks, Shells, sê hy dat party mense nie ophou om te beweeg nie. Hulle wil iets van alles doen en weet. Hy gebruik die voorbeeld dat Jesus altyd aan die beweeg was, dat Hy van plek tot plek gegaan het en nooit te lank gestop het nie. Vir sekere goed het Hy egter nee gesê. Jesus gaan in teen die verwagtinge van mense. Hy vra dan die vraag, sukkel jy om nee te sê en vir wat sê jy nee? 'n Mens moet op die punt kom om jou lewensdoel te besef. As jy nie gefokus is daarop nie, gaan jy van die pad af en hou jouself besig met allerhande klein goed. "Being busy is a drug", waaraan mense verslaaf is. Dus moet ons ons lewens ondersoek as ons by die hoofdoel wil uitkom. Ons is so besig om alles te doen, dat ons nie uitkom by die soektog van 'n gefokusde lewe by God nie. Ons moet wees soos Jesus wat nee gesê het, omdat Hy reeds ja gesê het. Die episode Shells is interessant en dit laat 'n mens dink oor waarmee jy jouself besig hou. Soms is ons hande so vol gebreekte skulpe, dat ons nie die seester kan optel nie.

KRISSTEL laat drie woorde by my opkom: fun, passievol en lewend. Fun omdat haar musiek inderdaad fun is om na te luister, passievol omdat sy duidelik bedoel is vir dit wat sy doen en dit voluit doen, en lewend omdat ons lewens baie met die songs op haar album kan relate. Opstaan is KrissTel se eerste album en bestaan uit veertien snitte. Die musiek is rustig en tog lewendig, dit skep beslis die regte vibe. Die lirieke lewer getuienis, is biddend, belydend en sluit ook aan by hoe ons voel en wat ons beleef. Ons word soms in die stroom ingesleep en maak so dikwels oor en oor dieselfde foute. In die song Vlees word ons weer herinner aan ons uitkoms en hulp

** Daar is baie kritiek teen Rob Bell. Hy gebruik net verwysings na die Bybel en dui selde enige teksverse aan. Sy styl van praat oor Jesus laat dit klink asof Jesus net 'n wyse man was wat 2000 jaar gelede geleef het. Dit is seker die doel van die Emerging-beweging om sodoende die Evangelie meer aanloklik te maak vir mense wat skrikkerig is vir die kerk. Maar die vraag is, is dit reg? In 'n onderhoud met Christianity Today in 2004, het Bell en sy vrou, Kristen, die volgende te sê gehad oor hulle geloof, "We're rediscovering Christianity as an Eastern religion, as a way of life." Hulle het ook ongemaklik gevoel oor die kerk: "The Bells started questioning their assumptions about the Bible itself – 'discovering the Bible as a human product,' as Rob puts it, rather than the product of divine fiat (sic). 'The Bible is still in the centre for us,' Rob says, "but it's a different kind of centre.'" So wanneer jy NOOMA video's kyk, hou in gedagte wie Rob Bell is. Gaan lees die kritiek teen hom op die internet en besluit self of jy sy video's verder wil kyk of nie.

as daar gesing word: "Doring in my vlees, wens jy kon net verdwyn. Loop altyd weg van jou, dan agtervolg jy my. Ek wil, ek sal bly veg. Sal bly staan deur u genade, laat my nooit alleen my eie krag te min by verre," en die in song Opstaan: "Tussen vriende wat jou weglei van die pad wat jy moet loop, tyd om op te staan, soek die Here". Verder hoor jy in die lirieke van die album soveel dankbaarheid teenoor die Here, die dankbaarheid waarvan ons lewens ook 'n getuienis moet wees. Ek het lekker na die album geluister. KrissTel se stem, musiek en haar lirieke se kwaliteit is goed. Ek sal die album graag aanbeveel vir almal van jonk tot oud. 7.5/10 KRUISPAD | UITGAWE 21

35


11 re 20 a n i sem E en Kamp

Die GKSA Deputate vir Jeugsorg / Kruispad: Jeugbediening Reboot 2011 'n Werkswinkel waar ons jeugbediening vir die gemeente relevant maak Al ooit gewonder waarheen ons jeug verdwyn? Of dalk agtergekom dat hoe ons dinge gedoen het net nie meer werk nie? Dalk het die gemeente besef dat jeugbediening weer aandag moet kry maar weet nie waar om te begin nie. Jeugbediening Reboot 2011 is 'n twee-dag werkswinkel waar ons nie eenvoudig net kyk wat ons nuut kan doen nie maar kyk waar ons weer moet reboot (reformeer) Hierdie werkswinkel se hoofdoel is nie om met die jeug in die gemeente te werk nie, maar eerder aan die bediening van ons jeug. Hierdie jeug sluit in Voorskool, Laerskool, Hoërskool en Naskool. Vir wie is dit bedoel? Die werkswinkel is bedoel vir die persone in die gemeente wat 'n hart het vir die jeug en iets wil doen. Jeugmentors, Ouderlinge, diakens en predikante is meer as welkom. Waar en wanneer Die volgende plekke gaan as opleidingsentrums gebruik word. Indien daar meer versoeke is, sal nog geleenthede geskep word: • 13-14 Mei: Pretoria (GK Brooklyn ) • 20-21 Mei: Johannesburg (GK Randburg) • Moet nog bevestig word - Kaapstad (GK Bellville-Oos) • Moet nog bevestig word - Natal (GK Empangeni) Wat is die koste? • R50 vir toerustingmateriaal • Kostes van verblyf & etes sal later bekend gemaak word. Wat om te verwag: Drie van die volgende temas sal tydens die werkswinkel hanteer word 1. ReStart: Wat is die hart van jeugbediening? 2. ReWind: Jeugbediening oor 10 jaar 3. ReConnect: Verhoudings en Programme 4. ReLive: Die rol van gesinne in Jeugbediening 5. ReGroup: Geïntegreerde Bediening: Die verskillende groepe in die gemeente en hoe hulle mekaar bedien 6. ReSearch: Konteks en tendense Kontak gerus vir Paul Grobler (0839730443 of paul@watu.co.za) vir meer inligting.

3636

KRUISPAD | UITGAWE 21


Cachet-gemeente / Noordwes Uitreike: • • • • •

Koningskinderskamp saam met Gee-jaar: 13-15 Mei Namibië-uitreik: 24 Junie – 5 Julie Natal-uitreik: 5-9 Augustus Septembervakansie uitreike na Phuthaditjaba, MCDC en Venda Koningskinderskamp: 2-9 Desember

Tydens die Desembervakansie gaan ons ook Bybels uitdeel in Malawi. Ons het nog nie die datums ontvang nie. Kampe: • Skoolverlaterskamp: 11-15 Julie • Interdopperkamp: 23-25 September Kontak gerus vir di. Ronald Bain ronbain@lantic.net of Willem Vogel Willem.Vogel@nwu.ac.za vir meer inligting.

Wes-Kaap •

Bolandkamp: 9-14 Desember.

Kontak gerus vir ds. Henning Venter (hv.venter@telkomsa.net) vir meer inligting of sluit aan by die facebook-groep 812@Boland.

Brooklyn-gemeente / Gauteng • • •

Juventus-kamp: 8-10 April Mootkamp: 1-8 Julie Winterkamp: 29-31 Julie

Kontak gerus vir ds. Griffel van Wyk (griffelvw@gmail.com) vir meer inligting.

Indien daar binnekort 'n kamp of ander geleentheid in jou omgewing plaasvind en jy dit graag met ander Kruispad-lesers wil deel, stuur gerus 'n e-pos aan interaksie@kruispad.net.

KRUISPAD | UITGAWE 21

37


Cachet Eerstejaarskamp Jubila bestuur

WAT 'n wonderlike kamp! Die geleentheid van 'n leeftyd, want jy kan net een keer 'n eerstejaar wees. Ons het Bybelstudie gedoen en daar was baie tyd om te gesels met die dominees en die groepleiers oor alles wat pla. Reeds vroeg op die kamp is die eerstejaars opgedeel in studierigting- en koshuisverband, sodat almal sommer vinnig vriende kon maak met diegene wat dieselfde belange as hulle het. Daar was meer as genoeg aktiwiteite en speletjies om almal besig te hou en baie hang-tyd sodat jy al die mense beter kon leer ken. 'n Eerstejaar wat haar ma bel, het gesê: "Ma, ek was in my hele lewe nog nooit so simpel nie." Ja, hierdie was 'n kamp waar jou image by die huis kon bly. Jy kon jouself ten volle geniet tussen Christene waar jy net jy kon wees. Die meeste van ons het seker gedink dat die kamp nooit sal realiseer nie, en dat elkeen van ons te onbekwaam is. Maar deur die genade van die Here het Hy ons elkeen toegerus met uitmuntende gawes om elkeen sy/haar werk met volle oorgawe kan doen! Dankie aan die groepleiers, kosspan en bestuur vir 'n heerlike kamp.

Stellenbosch Eerstejaarskamp Gloudina Klopper en Louis Robbertze

AS daar een plek is waar jy 'n hele survival kit kan kry, naamlik goeie vriende, mentors en 'n dominee, is dit hierdie kamp. Dit was 'n wonderlike belewenis. Ons is hartlik verwelkom by die kerk en toe ons by Stellenboschfontein aangekom het, is ons geblinddoek en met 'n roete begelei tot in die saal, as voorbeeld van hoe ons mekaar begelei, al kan ons nie altyd die pad sien en die toekoms bepaal nie. Ons het die tydjie as eerstejaars hier baie geniet (Paintball, absail en 'n klomp ander lekker aktiwiteite is vir ons aangebied) en sal beslis hierdie kamp aanbeveel vir enige nuweling of seniors wat deel wil wees van die fun! Dit was nie net die aktiwiteite wat die kamp lekker gemaak het nie, maar ook die sessies wat ds. Johan aangebied het oor verhoudinge en hoe om seerkry te hanteer. Nie net het ons nuwe vriende gemaak nie, maar ook baie geleer deur die temas en Bybelstudies.

38

KRUISPAD | UITGAWE 20

Brooklyn Eerstejaarskamp: Jou storie in God se storie! Zania Vermaak

ENIGE student se eerste jaar op universiteit is 'n uitdaging, iets om oor opgewonde te wees. Maar ons moenie die angs wat daarmee gepaardgaan miskyk nie. Daarom reël GK Brooklyn elke jaar 'n eerstejaarskamp om die eerstejaars voor te berei op die jaar wat voorlê. 65 eerstejaars, 23 groepleiers en 2 kampleiers het op 22 Januarie vertrek na Kadesh Barnea in Hartebeespoort. Die dag het begin met 'n vreesaanjaende busrit waar die eerstejaars die skrik op die lyf gejaag is deur "nare" groepleiers en party wat onder skuilname voorgegee het hulle is eerstejaars. So het ons kennis gemaak met 'Sarel' van die Karoo en 'Tanya' met die swart grimering wat duskant Lynnwoodweg van die bus afgegooi is weens 'n rokery. Hierdie toneelspel het gesorg vir groot verwarring onder die eerstejaars en Derik se praatjie oor veranderinge by die universiteit, onder andere Afrikaans wat verdwyn, parkering vir eerstejaars 2 kilometer vanaf kampus en semi-formele kampusdrag, het die oë laat rek. Maar dit was die finale poetse op die kamp. Daarna het die ware kampdinge afgeskop. Die kamptema het gefokus op God se storie, en waar jou storie daarin inpas. Daar is gelet op karakters vanuit die Bybel, en hoe die Here in elkeen se lewe gewerk het. Die kleingroepe het gesels oor keuses, wegtrek vanuit die huis, drank en vele meer. Die eerstejaars het ook persoonlikheidsontleding gedoen en besprekings oor hul studierigtings gehad. Die kamp het die geleentheid aan hulle gebied om saam met nuwe mense te kuier, ouer studente se raad te vra en hul opinies te lug en te vorm. Buiten die lesings en besprekings was daar ook tyd vir pret. Ons het Olimpiese Spele, Amazing Race, 'n Volleyball Toernooi en Doppersports gehad. Elke aand het ons aan heerlike kos gesmul. Wie het nou al ooit pizza, roerbraai, melkskommels en appeltert op 'n kamp geniet? Hierdie kamp het dit vir die eerstejaars moontlik gemaak om die jaar met minder angs in te gaan, wetende dat die Here hul hand vashou. Dit beteken nie dat hulle nie skrikkerig is nie, maar dit gee aan hulle 'n rustigheid deurdat hulle weet 'n gemeenskap van gelowiges stap saam met hulle die pad en dat daar 'n groter Hand is wat die pad aan hulle bekend maak.


EERSTE JAARSK AMPE 2 011

Visiekamp: Nou is ons reg vir die jaar! Zania Vermaak Vi'sie s.nw. 1 Manier van sien; kyk; innerlike aanskouing; insig. 2 'n Ideaal waarna gestreef word

DIE bogenoemde definisie beskryf ons doel wat ons met Visiekamp wil bereik amper eenhonderd persent korrek, maar een baie belangrike aspek word hierby uitgelaat. Ons streef na visie saam met God. Op 15 Januarie het 39 van GK Brooklyn se studente saam met Griffel na Amajuba, die geskiedkundige erfenisgebied in KwaZulu-Natal vertrek, vir 'n paar dae se wegbreek voordat die Universiteit weer begin. 9 karre, 3 padstoppe en middagete in Ermelo het gesorg vir 'n heerlike voorbereiding vir ons kamp. Daar aangekom, het ons begin met 'n oordenking by die monument en gepraat oor ons verwagtinge van die kamp, sowel as ons verwagtinge vir die jaar vorentoe. Daar is 'n bietjie gefokus op die geskiedenis van die omgewing, en hoe ons vanuit die Boere se optrede kan leer en hulle deursettingsvermoë en hul afhanklikheid van die Here as aansporing kan gebruik om die jaar aan te pak. Ons lesings, of eerder besprekings, het gefokus op identiteit, persepsies, self-waardering, jou roeping en visie. Die kamp se einddoel was om die Amajuba berg te klim, wat as simbool dien van ons uitkyk op die jaar vorentoe, maar reënweer het al van Sondagnag af begin pla en ons bergklimekspedisie ietwat belemmer. Maar Griffel kon hierdie uitdaging nie beter verwoord en gestel het nie: "Gedurende die jaar het almal van ons berge wat voor ons lê. Maande beplan ons hoe ons dit gaan oorkom, en dan wanneer die tyd aanbreek, is daar allerhande verskonings en versperrings waarom ons nie die berg kan aanpak en agter ons plaas nie. Presies dieselfde toneel speel hom nou hier voor ons af, die reën wat dit effens moeilik maak om te gaan klim. Maar as 'n mens dit nie nou doen nie, gaan jy nooit nie!" En met hierdie woorde is ons die berg op. Party teen 'n stadiger pas as ander, maar almal het veilig bo uitgekom. Dankie aan elke student, Griffel en ons Hemelse Vader wat hierdie kamp moontlik gemaak het. Saam sal ons ons visie in 'n missie verander, en dit bereik! KRUISPAD | UITGAWE 20

39


40

Kruispad #21  

Adviseur: Jeugdeputate Sending Gee-jaar Rubrieke Resensies Aktueel Dirk Kruger Rynhardt Pretorius Janien de Kock resensies@kruispad.net Assi...

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you