Page 1

 6 |

SÊR Ratau.

SÊR

5 AUGUSTUS 2011 Veritas.



|7

Versterk jou graad met bestuursdiploma

W’nB.

LEANÉ MEIRING

Die PBS (Potchefstroom Besigheidskool) gee sedert 2010 vir graduandi van alle fakulteite die geleentheid om ’n Nagraadse Diploma in Bestuur te voltooi. Die Nagraadse Diploma in Bestuur word gegradeer op die Nasionale Kwalifikasieforum se vlak 7, wat dit gelykstel aan ’n honneurskwalifikasie. Die diploma word oor ’n tydperk van 1 jaar op ’n voltydse basis op kampus aangebied. Die skakelbeampte, mev. Marilize Minné sê dat daar ongekende belangstelling in die korporatiewe wêreld is vir mense met díé diploma. “Dit is ’n ongelooflike geleentheid vir studente wat miskien later ’n MBA (Meesters in Besigheidsadministrasie) oorweeg, om hierdie kwalifikasie te hê.” Volgens Minné gee die PBS vir studente ’n kans om hul graad te versterk. “Studente word nie binne alle fakulteite blootgestel aan die korporatiewe wêreld nie. Daarom is hierdie diploma daar om studente van alle fakulteite voor te berei vir die korporatiewe wêreld wat hulle binnekort gaan betree.” Alhoewel die Besigheidskool gekoppel word aan die Fakulteit Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, is die enigste vereiste om die diplomakursus te loop, ’n Bgraad, hetsy BA, BCom of BSc. Minné voer aan dat die diploma ideaal is vir afstuderende studente wat onseker is oor wat hulle wil gaan doen, of miskien nog nie gereed is om te gaan werk nie. Studente wat vir die diploma wil registreer, sal tyd hê tot einde Januarie 2012. Die PBS bied ook korter vaardigheidsontwikkeling kursusse aan soos die Projekbestuurkursus. Vir verdere in-

Sêr: lewe is ’n lied H

oewel koshuise hulle longe uitgesêr (of geblêr) het by vanjaar se Enkelsêr, was dit die Vergeet-My-Nie dames en die manne van Patria wat as wenners weggestap het. Die sêr-week het Dinsdag afgeskop met die dameskoshuise. Sommiges was eentonig, vervelig en het gelyk asof hulle hul danspassies by ’n laerskool revue gekry het - maar die meeste dames het beïndruk. Een van dié koshuise is die damesdagkoshuis LaVaria, wat veral bekendheid verwerf het vir hulle “treffer” Kaptein in die sêr van 2009. Hulle het vanjaar bewys dat hulle wel die seile kan span en het derde gekom. Wag-’n-Bietjie, Bellatrix, Heide en Vergeet-My-Nie is van die ander dameskoshuise wat deurgedring het na die finaal toe. W’nB het ’n belowende vertoning gegee as matadors, maar geluk was weereens nie vanjaar aan hul kant nie. Heide het ’n indrukwekkende einde gehad en dit het gelyk asof hulle kon wen, maar dit was die McDonald’s-kelnerinne van VMN wat die beoordelaars se harte gewen het. Lucinda Louwrens, Kultuur HK-lid van VMN, het aan Wapad gesê dat hulle verskriklik bly is oor die oorwinning. “Vanjaar se sêr was opgedra aan Jesus,” het Louwrens gesê. Die voorgeskrewe lied vir die dames was, Mamma ek wil ’n man hê. Met die aantal kere wat Queen se Bohemian Rhapsody verskyn het, kon mens dít amper verwar het met die voorgeskrewe lied.

Patria.

Bellatrix.

By die mans het Veritas teruggekom met ’n bang. Hulle het fantastiese kostuums en baie goeie soliste gehad, maar die beoordelaars was duidelik nie so beïndruk soos die gehoor nie, want Veritas het vierde by die mans geëindig. Ratau Lebone, Heimat en De Wilgers was van die ander mans wat deur-gedring het na die finaal. Die tydreisigers van Patria het as wenners weggestap met ’n baie vermaaklike sêr, wat die gehoor aan hulle lippe laat hang het. Volgens Reghard Smith, SR: Kunsteraad, was die beoordelaars mal oor Patria se vertoning. Bernard Maritz, Kultuur HK-lid van Patria, beskryf hulle wen as amazing. “Ons gaan ons buurkoshuis raadpleeg (Veritas), omdat hulle weet hoe dinge by Nationals werk,” het Maritz gesê. Die mans se voorgeskrewe lied was, Al lê die berge nog so blou. Smith het ook gesê dat hy glo dat dit goed sal gaan by Nasionale sêr. “Die ouens moet net die regte mentaliteit hê.” Nasionale sêr vind op 2 September plaas by die Universiteit van Pretoria (Tukkies). -PIET MATIPA

UITSLAE:

Heide.

LaVaria.

VMN.

FOTO’S: IAN ODENDAAL

Sexy Rothmann van Pasella het Pukke vermaak tydens vanjaar se Enkelsêr ELMARI DE VOS

Pasella-aanbieder, Paul Rothmann, was onlangs in Potch toe hy die seremoniemeester by die sêr gala-aand was. Wapad het met hom gaan gesels toe hy vir die eerste keer sêr bygewoon het en ’n aangename en intelligente mens ontmoet. Wat is jou dream job? Wel, wat ek doen is reeds pretty cool, want ek het nie net een job nie. Ek dink wel dat enige werk waar jy mense en plekke leer ken, lekker is. Dit moet iets wees wat ek geniet: jy moet net in die proses iets leer en meer leer.

Saam met wie sal jy graag wil co-present? Stephen Fry van QI. Of Angelina en Brad, want hulle is baie groot celebs met baie substance.

drie-uur in die middag. Jy kan nie eens sê jy kuier tot sonsopkoms nie, want die son sak nooit nie.

Ek is mal oor skryf. Ek het onlangs ’n storie vir tieners geskryf oor besluitneming.

Afrikaanse Suid-Afrikaanse musiek vs. Engelse Suid-Afrikaanse musiek? Ek hou baie van alternatiewe Suid-Afrikaanse musiek en ek hou veral van MK. Wat was jou beste ervaring die afgelope drie jaar? Vir seker my trip na die Noordpool toe. Ons het ysbere, gletsers en die ewige son gesien. Dit was amazing en regtig baie spesiaal. Dis net vreemd, want die son skyn heeltyd. Drie-uur in die oggend lyk dit dieselfde as

Paul Rothmann.

FOTO: IAN ODENDAAL

Wat is belangriker – voorkoms of breins? ’n Goeie kombinasie van die twee – jy sal nie heeldag saam met Albert Einstein wil wees nie, maar ook nie saam met Paris Hilton nie. Dis nogal ’n goeie blend tussen estetika en funksionaliteit. Wat is jou ervaring van Potch? Ek dink Potch is nogal soos die Durbanville en Bellville mix van die Noorde, met al die bands wat hiervandaan kom.

Jou gunstelingkos: Oosterse kos – Thai as ek honger en koud voel, anders sushi. Jou gunsteling quote: Tans is dit: “This too shall pass”, maar ook “The concept of man as a heroic being with his own happiness as moral purpose” (die woorde van Ayn Rand). Jy help met selfverdediging vir tieners... doen jy baie liefdadigheid? Ek hou nie van die woord liefdadigheid nie, maar ek doen beslis nie genoeg nie. My doel is om die jeug te leer om individualisme te volg, pleks van die hoofstroom.

Dit is ’n ongelooflike geleentheid vir studente wat miskien later ’n MBA (Meesters in Besigheidsadministrasie) oorweeg, om hierdie kwalifikasie te hê. ligting rakende die diploma in Bestuur of korter sertifikaatprogramme, skakel me. Minné by: (018) 299 1412 of stuur ’n e-pos na Marilize. Minne@nwu.ac.za. Die besigheidskool is op die vierde verdieping van die EW (E3).


OPPIKOPPI-PROGRAM IS WEEREENS IETS OM NA UIT TE SIEN 29

VMN & PATRIA WEN 26

LEES JOU KAMPUS

5 AUGUSTUS / VOL 10

BINNE IETS VIR DIE OOG 23

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

Leemtes in die grondwet gevind

SR-verkiesing tydelik gestaak

>>

JAARGANG 65

>>

WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD

Het Interver ’n toekoms?

REDAKSIE

D

ie SR-verkiesing op die NWU-Pukkampus is gestaak en uitgestel slegs ’n paar uur voordat die stembusse gister sou open. Ná ’n noodvergadering Woensdag wat deur die SR-voorsitter, Jaycee van Rooyen, geroep is, is besluit om die verkiesingsproses te stop weens leemtes in die grondwet. Dit beteken die proses wat ten minste 20 dae neem vandat kandidate aansoek doen totdat die swete afgehandel is, moet nou herhaal word. Die uittredende SR het aanspreeklikheid vir die ontwrigting aanvaar. Volgens ’n SR-inligtingstuk was die raad bewus van die probleme in die grondwet toe hulle verlede jaar verkies is, maar is die werk nie betyds afgehandel nie. “Ek wil die probleem uitsorteer voordat die volgende SR verkies word, sodat die studente kan sien ons staan op vir wat reg is,” het Van Rooyen gesê. “Ons is nie net mense wat met maroen baadjies rondloop nie.” Die probleme met vanjaar se verkiesing het begin toe groeperinge, onder andere Sasco en DASO, die DA se kampustak, begin het om aan te dring om die grondwet te sien. Albei organisasies beweer dat die SR nie die

Ek wil die probleem uitsorteer voordat die volgende SR verkies word, sodat die studente kan sien ons staan op vir wat reg is. dokument aan hulle beskikbaar wou stel nie. Johan Coetzee, voorsitter van DASO, het op sy beurt aan Wapad gesê dat studente nie oningelig kan stem vir die SR nie. “Ons wil nie die verkiesing boikot nie. Ons wil net weet waarvoor die SR staan,” het hy gesê. Verlede jaar het die SRverkiesing ook gesloer. Dit het gevolg ná ’n dispuut – ook weens leemtes in die grondwet – oor wie as die voorsitter kon staan. Die nuwe datum vir vanjaar se verkiesing sal aangekondig word sodra regsadviseurs die aangepaste grondwet weer hersien het. Intussen sal die huidige SR voortgaan met die werk wat tradisioneel deur die nuwe SR gedoen sou word. Hou ook Wapad se SRbylaag vir enige inligting oor die verkiesing dop.

Ter illustrasie: Kan Intervarsity, een van die hoogtepunte op die Puk-kalender, in gedrang wees? Lees artikel op bl.12. Bo is SR: BOB. FOTO: REGHARD SMITH


NUUS

2 |

News headlines This is a joined initiative by Wapad and AKSA

Projekte ontvang geld

SJGD skenk miljoene

Residences sang from their hearts

GERNA COETZEE

PIET MATIPA

ie jaarlikse Puk-Alumni Uitbetalingsfunksie, aangebied deur SJGD, het 23 Julie 2011 plaasgevind om uitbeta-lings te maak aan behoeftiges binne die gemeenskap. “Dit is belangrik om dit wat ons het te gebruik om die wêreld te verander,” het prof. Herman van Schalkwyk by die jaarlikse SJGD-uitbetalingsfunksie gesê. Aan die Ons Hulde-tehuis, wie se dak vroeër vanjaar ineengestort het, is ’n totale bedrag van sowat R483 782,88 uitbetaal. Sowat R51 000 is aan Pukprojekte uitbetaal, R79 500 aan 28 koshuisprojekte bestee, R92 000 word bygedra tot die Sand, See en Skulp-projek en dit is maar net die begin. “’n Mens besef nie die verandering in mense se lewens nie – julle het ’n groter verskil in ons lewens gemaak as wat ons in julle lewens gemaak het,” bedank Jean-Marc Stidworthy, SR:SJGD, die begunstigdes. Babette Viljoen, oud-Puk, het tot groot vermaak van die gehoor ’n paar liedjies gesing, terwyl die gaste aan ’n driegang maaltyd gesmul het. Blikkieskosdag, asook Kaalvoetdag was deel van die inisiatiewe wat vir die Uitbetalingsfunksie se sukses gesorg het. ’n Aantal blikkies ter waarde van sowat R111 500 is ingesamel. Die blikkies word deur projekleiers aan menige behoeftige projekte versprei. ’n Totale aantal klere ter waarde van R200 000 is ingesa-

Although all the residences serenaded their lungs out at this year's Enkelsêr (in some cases more “sorrow-nade” than serenade), it was the ladies of Vergeet-My-Nie and the men of Patria who walked away as winners. The sêr week kicked off with the women's residences on Tuesday. "We will consult our neighbours (Veritas) because they

know how things work at Nationals," Bernard Maritz, culture house committee member of Patria, told Wapad. Wag-’n-Bietjie, Bellatrix, Heide and Vergeet-My-Nie are the women's residences who went through to the finals. Ratau Lebone, Heimat and De Wilgers are the men's residences who went through to the finals. National sêr takes place at the University of Pretoria (Tuks) on 2 September.

SRCS's purse close to their hearts GERNA COETZEE SRCS (Students’ Rag and Community Services) paid about R18 million in sponsorships this year. "It is important to use what we have to change the world," prof. Herman van Schalkwyk told Wapad at the annual SRCS Sponsorship Handover Event.

The annual NWU-Puk Alumni Sponsorship Handover Event, hosted by the SRCS, where the sponsorships were handed over to the needy within the community, took place on 23 July 2011. Babette Viljoen, former Puk, entertained the audience with a few songs while the guests were enjoying a three course meal.

Bleak future for annual Intervarsity STEPHEN NEL "Intervarsity has lost its lustre and it is difficult to predict how long this will continue." These are the words of the director of NWU-Puk Sport, Mr. James Stoffberg. Arrangements around Intervarsity have been made more complicated this year by the request of Kovsies that both universities should involve all their campuses in Intervarsity. Another request is that Inter-

varsity should be moved to an alternative date in future. The current date clashes with the Currie Cup, as well as netball and hockey tournaments, among others. On a question whether Kovsie students are still interested in Intervarsity, mr. Rudi Buys, Dean of Students at Kovsies, was positive. Buys denies that the future is uncertain, adding that Kovsies would like the "rich tradition to continue and expand."

August turns into ORGust-month GERNA COETZEE "I had had 0% kidney function before I went for my kidney transplant," says Marais Bester (23) from Excelsior Men's Residence. His mother was a suitable donor, but the medical aid did not want to pay for the donor's operation. On 21 November 2008 he received a kidney from his mother. He is actively involved with

the Organ Donor Foundation and encourages people to become organ donors. The Organ Donor Foundation decided to change August to ORGust in honour of the organ donor month. The foundation's executive director, Linda Peel, explains that they want every South African to consider becoming an organ donor during August. Be the change in someone's life and become an organ donor.

5 AUGUSTUS 2011

D

Jean-Marc Stidworthy oorhandig geld aan een van die SJGD-projekte. FOTO'S: JEAN-MARI HENNING

Ander projekte sluit in CANSA, Leavea-Legacy en die Witrand Hospitaal.

Nog 'n Puk SJGD-projek.

mel tydens Kaalvoetdag. Ander projekte sluit in CANSA, waarvoor R32 300 uitbetaal is, Leave-a-Legacy het R10 000 ontvang en die Witrand Hospitaal het R64 000 ontvang. Thinus Dreyer, SR:JOOL 2009/2010, meen ons moet uitgaan en ’n verskil maak. “Dis baie maklik om geld te maak, maar baie moeilik om ’n verskil te maak.”

Prof. Anette Combrink was ook teenwoordig.

ORGust is nou orgaanskenkermaand GERNA COETZEE “Ek het 0% nierfunksie gehad voordat ek vir my nieroorplanting gegaan het,” vertel Marais Bester (23) van Excelsior Manskoshuis. Marais is op 19-jarige ouderdom gediagnoseer met nefritus, ’n ernstige mediese toestand waar een of beide niere inflammasie het en proteïene uitskei in die urine. Hy wou sy studies vir die jaar voltooi. Daarom was hy gekoppel aan ’n dialise-masjien oor 6 maande vir 3 dae ’n week, tot 4 ure. Sy ma was ’n geskikte skenker, maar die mediese fonds wou nie vir die skenker se operasie betaal nie. Sy vriende het daarvan uitgevind en verskeie projekte geloods om hom finansieel te ondersteun. Excelsior Manskoshuis het selfs ’n fietstoer gereël wat van Pretoria tot Durban strek. Op 21 November 2008 het hy ’n nier by sy ma gekry. Dubbeld die bedrag wat no-

Dit is gratis om te registreer en bied die geleentheid om sewe mense se lewens onmeetbaar te verander.

dig was, is ingesamel. Hy het ten volle herstel in ’n kwessie van twee maande en het tans 95% nierfunksie. Bester was vir die termyn 2008/2009 op die HK van Excelsior en die volgende termyn (2009/2010) was hy primarius. “Ek het prim gestaan om iets terug te gee vir my koshuis” sê Bester.

Hy is aktief betrokke by die Stigting vir Orgaanskenking en moedig mense aan om ’n orgaanskenker te word. Die Stigting vir Orgaanskenking het besluit om Augustus se naam te verander na ORGust ter ere van die orgaanskenkermaand wat oor die hele Augustus strek. Die stigting se uitvoerende direkteur, Linda Peel, verduidelik dat hulle wil hê elke Suid-Afrikaner moet dit oorweeg om gedurende Augustus ’n orgaanskenker te word. “Dit is gratis om te registreer en bied die geleentheid om sewe mense se lewens onmeetbaar te verander.” Elke persoon wat registreer kan potensieel die lewens van sewe mense red, aangesien die betrokke skenker in die proses meer as een orgaan beskikbaar stel vir oorplanting. “’n Nieroorplanting het my lewe verander en as ek kon kies om dit anders te hê, sou ek dit presies weer so wou hê!” meen Bester. Wees die verandering in iemand se lewe en word ’n orgaanskenker.


FOTO’S: PICTURECAFÉ

Adolph & Elsabé

Cronje & Rizanne

Ruan & Liezl

MARINE OPPERMAN ie photoshoot is gehou, hulle foto’s is op in die SS, en die Mnr. & Mej. Kampus finaliste oefen hulle catwalk poses. Mnr. & Mej. Kampus is om die draai! “Mnr. & Mej. Kampus is huge vanjaar, daar was immers vanjaar ’n rekord getal inskrywings.” Só sê Chrislemien Groenewald, UK: Skakeling en Hooforganiseerder van dié kompetisie, oor Mnr. & Mej. Kampus 2011. Groenewald vertel verder dat die kompetisie se hele beeld verander het,

“Daar is geen spesifieke stereotipe vir die pageant nie.” Hoewel die 24 finaliste genoeg is om die hele Puk vir ure aaneen te vermaak, gaan daar verskeie ander optredes ook wees. Die Potch band, Bruce Noble gaan optree, terwyl een van die kampus se gewildste dosente, GP van Rheede van Oudtshoorn, as seremoniemeester gaan optree soos jy hom nog nooit gesien het nie! Daar gaan ook verskeie sirkusoptredes wees. Groenewald vertel ook dat die finaliste in spesiale uitrustings gaan loop. Wat presies hierdie uitrustings behels, wou Groenewald

egter nie nou al aan Wapad verklap nie. Dis ’n verrassing. Nog ’n bonus is dat kaartjies vir die geleentheid, wat 11 Augustus in die Amfi plaasvind, vanjaar slegs R20 kos. “Ons wil die hele Puk daar hê en het besluit om die kaartjies só te prys dat almal dit kan bekostig.” Kaartjies vir die prestige geleentheid kan by sosiale HK-lede, Skakeling UK- en komiteelede, asook die finaliste self gekry word. “Die lewe is ’n sirkus en ons almal speel maar net ons rol, so wees deel van dié karnaval, kom ontdek jouself.”

Erik & Naudica

Juan & Koketso

Richard & Jonél

D

Francois & Marlie

Divan & Rina

Francois & Kitty

Bernard & Anke-Marie

Jannie & Marché

Charl & Kathleen


5 AUGUSTUS 2011

 4 |

Adolph Kleynhans Patria B.Ing Chemies Hoekom het jy ingeskryf? Ek wil my trouvrou ontmoet!

Francois Naudé Ratau BA MBW

Hoekom het jy ingeskryf? My ouers sê ek is mooi... (haha) Ek vat sommer ’n kans, wie weet.

Bernard Streuders Laureus B.Com Bedryfsielkunde Hoekom het jy ingeskryf? Ek is deur my koshuis genomineer.

Jannie Nel Patria BA MBW

Hoekom het jy ingeskryf? Om meer mensekennis op te doen en om ’n verskil op kampus te maak in ’n positiewe opsig.

Charl v/d Berg Patria B.Ing Chemies Hoekom het jy ingeskryf? Ek doen dit vir my koshuis.

Francois du Plessis Villagers B.Com Risikobestuur Hoekom het jy ingeskryf? Ek dink ek beskik oor die nodige kwaliteite om ’n verteenwoordiger van die Puk-kampus te wees.

Cronje Wentzel Veritas B.Com Forensiese Rekeningkunde Hoekom het jy ingeskryf? Ek is deur die Spotting Party raakgesien.

Juan Lombard Ratau LLB

Hoekom het jy ingeskryf? Dit lyk lekker. Die bemarking was baie goed en die uitdaging is ook lekker.

Divan v/d Berg Patria B.Ing Chemies Hoekom het jy ingeskryf? Ek doen dit vir die koshuis.

Richard Webber Patria B.Com Rekeningkunde Hoekom het jy ingeskryf? Hoekom nie?

Ruan Briel Patria B.Ing Elektries Hoekom het jy ingeskryf? Dit lyk na ’n belewenis!

Erik Heppell Privaat Honns Arbeidsverhoudinge Hoekom het jy ingeskryf? Ek moes dit ten minste eenkeer probeer. Dit is nie net ’n modelkompetisie nie, dit gaan oor meer as dit.

Mnr & Mej Kampus 2011 borge

Kry jou kaartjie


| 5 DAMES

5 AUGUSTUS 2011

Hoekom het jy ingeskryf? Ek kyk nog altyd op na Mej. Kampus en glo dat ek ook Mej. Kampus kan wees. Ek sal graag ’n rolmodel vir ander meisies wil wees.

Hoekom het jy ingeskryf? Ek sien hierdie as ’n geleentheid om myself te verryk en iets vir die kampus te beteken.

Hoekom het jy ingeskryf? Ek wil my raamwerk verbreed deur ervaring op te doen en nuwe mense te leer ken.

Liezl Hettasch Klawerhof BA Kommunikasie

Rizanne Heppell Heide BA Sielkunde

Hoekom het jy ingeskryf? Ek is deur my koshuis verkies en beskou dit as ’n wonderlike geleentheid.

Jonél Schouwstra Dinki B.Com Bedryfsielkunde

Elsabé Nortjé Wag-’nBietjie B.Mus

Anke-Marie Bronkhorst VMN BSc Dieetkunde

Hoekom het jy ingeskryf? Dit is nog ’n geleentheid wat ek kan aangryp en ’n opwindende ervaring.

Kathleen Welgemoed Klawerhof B.Com Bemarkingsbestuur Hoekom het jy ingeskryf? Ek hou baie van hierdie jaar se tema. Die kompetisie is ook elke jaar ’n groot sukses en ek wil graag deel wees.

Marché Maritz Dinki BA Kommunikasie Hoekom het jy ingeskryf? Dit is die beste manier om jouself uit te leef, omdat daar so baie fasette aan Mnr. & Mej. Kampus is.

Marlie Jonker Privaat BA Kommunikasie Hoekom het jy ingeskryf? Ek is lus vir ’n avontuur en ’n geleentheid om myself beter te leer ken.

Kitty de Jager Privaat B.Pharm

Hoekom het jy ingeskryf? Dit is ’n nuwe uitdaging waarin ek myself beter kan leer ken.

Koketso Theko VMN LLB

Hoekom het jy ingeskryf? It is an opportunity and a new experience and I do not know what the results will be, but the idea is to have fun.

Naudica Gerber Wanda Stads- en Streeksbeplanning Hoekom het jy ingeskryf? Vir my is dit nie ’n kompetisie nie, maar ’n geleentheid om ’n wonderlike ervaring in my lewe te geniet.

Rina Cilliers VMN B.Com Bemarkingsbestuur Hoekom het jy ingeskryf? Ek het besluit om in te skryf, want dit is ’n opwindende ervaring waar ek mense kan ontmoet.

Gee jou graad momentum met die NAGRAADSE DIPLOMA IN BESTUUR

Dié unieke geleentheid van die Potchefstroom Besigheidskool bied die volgende: • Voltydse 1 jaar diploma in Bestuur • • • • • •

Ten volle geakkrediteer NKR vlak 7 (8) Gerieflike klastye op die Potchefstroomkampus Goeie voorbereiding vir ‘n MBA Mededingende voordeel in die arbeidsmark Klasgelde vir die kursus beloop R12 500 Oopboek- en toegepaste eksamens

Kontak ons vandag om te registreer en bestuur jou toekoms! Me Marilize Minné (skakelbeampte) Kantoor 406, 4e vloer, Ekonomiese en Bestuurswetenskappegebou (E3) Tel: 018 299 1412 | E-pos: pbsinfo@nwu.ac.za


NUUS

8|

5 AUGUSTUS 2011

Wêreld Uitreik Konferensie besoek Puk

WUK-week werk wondere

Augustus

MODEL

HELOÏSE VAN DER WALT

D

ie Wêreld Uitreik Konferensie (WUK) het vanaf 31 Julie tot 4 Augustus plaasgevind in die Amfi. “WUK het nie op ’n vaste datum vlamgevat nie, maar het meer as 15 jaar gelede ontstaan,” voer Marni Stevens, voorsitter van die WUK-komitee aan. Die doel van WUK-week is om studente bewus te maak van plaaslike uitreike, maar veral internasionale bewustheid te kweek vir wêrelduitreike. Die tema hierdie jaar was LIFE, wat oor vier aande aangebied is in die vorm van ’n letter per aand. Die ‘L’ het onder andere love, liefde teenoor God en ander soorte liefde gesimboliseer. Die ‘I’ staan vir identity. Die ‘F’ verteenwoordig fire – die passie wat in jou brand vir God en om die vuur aan te steek in ander plekke. Laastens staan die ‘E’ vir Evangelism – hoe ver ons sal gaan om die Woord te verkondig. Die treffende woorde op kampus heet: ‘‘Do you eat from the

WAPAD MODEL Naam: Carina de Vos Koshuis: Huis Republiek Studierigting: B.Ed Intermediêre en Senior fase met Sielkunde Som jouself in vyf woorde op? Spontaan, vriendelik, ekstrovert, uitdagend, lojaal Wat is jou mees vernederende oomblik? In Graad 10 was ek ’n skaap in ons skool se revue. Daarna het almal my Skaap genoem.

HET JY GEWEET?

Met watter bekende sal jy wil trou? Johnny Depp. Hy lyk baie veelsydig en het ’n goeie sin vir humor.

Een van die mees opspraakwekkende gebeure in verband met die oriëntering van eerstejaars, is toe die SR na afloop van die inlywingsweek in 1965 besluit het om inlywing af te skaf. Hierdie stap van die SR was beslis ongewild, maar die ‘slegte nuus’ was van korte duur en was later eintlik net clichés wat jaarliks soos eggo’s opgeklink het. Eers gedurende die tagtiger- en negentigerjare is daadwerklik aandag aan hierdie ‘slegte nuus’ gegee.

Vertel iets interessant van jouself: Ek hou van skubaduik. Ek het al by Mosambiek, Saldana, The Heads in Knysna en Wonderberg in Mafikeng geduik. Watter deel van jou liggaam hou jy niks van nie? My bene – dit is die gene se skuld.

DIÉ BROKKIE NUUS IS SAAMGESTEL DEUR DIE NWU-PUKALUMNIKANTOOR

Voortaan sal daar vir elke maand ’n manlike sowel as ’n vroulike Wapad model uit verskillende koshuise gekies word. Hierdie modelle sal dan finaliste word in ’n spesiale Wapad modelkompetisie. Beoordelaars is onder meer Leandie Du Randt, Flip-a-Coin en Nadia Beukes. Wil jy die volgende Wapad model wees? Jy en jou koshuis kan groot pryse wen. E-pos vir ons ’n vollengte foto van jouself, asook jou kontakbesonderhede na wapad@nwu.ac.za en jy kan dalk in die volgende Wapad verskyn.

Verlengde tyd vir NGOS LEONE PRINSLOO

FOTO: JOHAN DU TOIT

Liefde strek oor die grense: ja of nee? ANCIA CORNELIUS BSc Omgewings- wetenskappe Eerstejaar Privaat “Ek dink dit is belangrik dat ons meer uitreik oor grense tussen rasse.”

ALEXA SWART Interkulturele verhoudings. Eers verban, nou alledaags, maar apartheid het steeds sy merk gelos op Suid-Afrikaners se siening van interkulturele verhoudings. Wapad het gaan uitvind wat studente hiervan dink.

SHABNAM KOKATAY B.Ed & Sielkunde Derdejaar Privaat “Why wouldn’t I like it? I’m all for it!.”

FRANK DUVENHAGE Meganiese Ingenieurs- wese Tweedejaar Privaat “Ek hou persoonlik nie daarvan nie, maar ek glo nie dit is grondwetlik verkeerd nie.” NOKUTHULA BUTHELEZI BA Geestesweten- skappe Eerstejaar Privaat “It isn’t a bad thing, I think it is actually really cool.”

tree of life and share its fruit with others?’’. Ons ontvang en ervaar dus, maar deel ons dit met ander? Daar was tien verskillende stalletjies en van 12:00 tot 14:00 het daar aktiwiteite plaasgevind. Daar was ook onder andere ’n skattejag, ’n besoek aan Hebron (’n wit plakkerskamp),’n plaaslike uitdaging op kampus en ’n Ikageng-uitreik. Sondagaand het die band WholeHearted opgetree, al die pad van Stellenbosch. Hulle is ook bekend vir hul bande wat hul met verskeie uitreikprojekte smee. One Crown het Donderdagaand tot groot vermaak van die gehoor hul harte uitgesing. “Dis ’n awesome instelling van die Puk en dis die derde jaar wat ek dit doen en elke jaar kry ek so baie daaruit,” sê Hendri Hofmeyr, sanger en kitaarspeler van One Crown. Die spreker was Micheal Hack en van sy kollegas wat bekend is vir sendingwerk. “Indien jy op enige komitee wil dien, is WUK ’n baie goeie keuse. Dis sielsverrykend en het my lewe verander,” het Stevens aangevoer.

GAVIN “SMAZ” PHELELO Meganiese inge- nieurswese Tweedejaar Privaat “Interracial relationships are okay. Personalities don’t have colour and that is what attracts people to each other. If you like someone black, white or green go for it, colour doesn’t matter.”

JANICE BALLIES Sielkunde Eerstejaar Privaat “We are a rainbow nation. We shouldn’t see the colours of our skin. We should see the feelings we have for each other and love that person for who they are.”

“Die NGOS-tydperk is steeds ’n jaar en dit word slegs verleng na twee jaar vir diegene wat vir ’n NGOS in Skoolgebaseerde Onderwys (SBO) gekeur word,” het die skakelpersoon vir NGOS-aangeleenthede in die Fakulteit Opvoedingswetenskappe, dr. Juliat Rens, gesê. Die toelatingsvereistes vir die voltydse Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS), is ’n voltooide universiteitsgraad insluitend twee skoolvakke daarin geneem. Die SBO-NGOS wat deeltyds voltooi word, behels dat die betrokke student as ’n assistent-onderwyser by ’n hoërskool van eie keuse moet gaan werk in die twee erkende skoolvakke waarin hulle vir hul NGOS goedgekeur is. Die gekose skool moet verkieslik binne ’n radius van 350km vanaf Potchefstroom wees, aangesien dosente van die Noordwes-Universiteit (NWU) hulle by die skole moet gaan assesseer. Die student moet verder ook ’n mentor by die skool hê aan wie hy/sy kan rapporteer en ’n NWU-streekskoördineerder wat hom/haar elke semester kom besoek. Volgens Rens is die verlengde tydperk van die NGOS-SBO baie

Die NGOS-tydperk is steeds ’n jaar en dit word slegs verleng na twee jaar vir diegene wat vir ’n NGOS in Skoolgebaseerde Onderwys (SBO) gekeur word.

handig vir diegene met ’n oorvol werksdag by die skole as gevolg van die bykomende verpligtinge soos na-uurse sportaktiwiteite. Dit veroorsaak dat hulle slegs met moeite daarin sal kan slaag om hul NGOS binne ’n eenjaartydperk af te handel. Vir enige verdere navrae in hierdie verband, skakel vir me. Barbara Nolte van die toelatingskantoor by 018-299 4122 of dr. Juliat Rens by 018-299 1893.


KUNS & VERMAAK

5 AUGUSTUS 2011

|9

Kuns Vermaak Die gewilde band, éF-éL, het besluit om die kitare neer te lê en vanjaar se OppiKoppi-optrede gaan hul laaste wees. Wapad het met die wenners van Rockspaaider 2006 gaan opvang.

éF-éL vermaak die skare terwyl hulle die verhoog hul eie maak.

FOTO: FACEBOOK

éF-éL maak buiging by OppiKoppi JANUS DE VILLIERS

N

uus dat éF-éL, die gewilde rock-groep en wenners van Rockspaaider 2006, gaan opbreek, het vroeër vanjaar soos ’n veldbrand versprei. Dié SAMA-wenners en musikante agter groot treffers soos Die

Idee Van en Sindikaat, het na ’n lang ruk se getwyfel en bespiegel besluit om ’n einde aan die band te roep. Hulle het besluit om sommer onmiddellik (sonder ’n laaste album of afskeidstoer) hul kitare neer te lê. “Hoewel ons opgebreek was,

het ons fan page aanhou groei en dinge het onafgehandel gevoel,” vertel Fritz Bucker, hoofsanger van die groep. Vanselfsprekend was bewonderaars in ekstase toe die groep ’n paar weke gelede aankondig dat hulle ’n laaste keer saam by vanjaar se OppiKoppi sal speel.

OppiKoppi Line-Up

GRAFIKA: OPPIKOPPI.CO.ZA

Vrydag 5 Augustus James Phillips Mane Stage 15:00 16:00 17:00 18:00 19:00 20:00 21:00 22:00 23:00 00:00 01:00 02:00 03:00

Oros in ’n Lang Glass Only When It Rains 2nd Guess’d Alleen na Desember Frankie Fire Isochronous A Fate Like Yours The Dead Will Tell éF-éL

Redbull Music Studio Live 17:30 19:00 20:30 22:00 23:30 01:00 02:30 04:00

Deep Sixty DJ Skeelo Thibo Tazz Leighton Moody Julian Gomes vs Sisco Sound Sensible Joint Nation Offline

Fuzigish Southern Gypsy Queen Purple Sneaker Party (Main Bar)

Saterdag 6 Augustus James Phillips Mane Stage 11:00 13:00 15:00 17:00 18:00 19:00 21:00 23:00 01:00 02:00

Haggis & Bong ft. Pipe Bong Red Huxley Mr Cat & The Jackal Holiday Murry Happy Birthday Sipho Sipho “Hotstix” Mabuse Jax Panik Desmond & The Tutus Van Coke Kartel Purple Sneaker Party

Skellum Stage 10:00 12:00 14:00 16:00 18:00 20:00 22:00 00:00

The December Streets Fulka Harpdog Frost VD Want en Letcher Karen Zoid Goodluck Zakes Bantwini Gazelle

Sondag 7 Augustus Bruilof Stage

James Phillips Mane Stage

12:00

Saintfearless

14:00 16:00 18:00

Die Tuindwergies Dance You're On Fire

13:00 15:00 17:00 19:00 21:00 23:00 00:00 01:00

20:00 22:00 00:00 01:00

Die Heuwels Fantasties Lark (Electro Set) Die Antwoord END

The La Els Wrestlerish Dan Patlansky DAVID KRAMER 30 JAAR OppiPLANKE The Used Sum 41 Wedding DJ's Purple Sneaker Party (Main Bar)

“Die ses maande rus het almal goed gedoen,” het Bucker gesê. “Ons het mekaar nie regtig gesien nie en almal is honger vir dié een.” Aanhangers kan uitsien na ’n splinternuwe liedjie tydens die groep se vertoning en gerugte doen die rondte dat ’n mu-

siekvideo tydens hul optrede geskiet gaan word. Bucker spot dat die groep dalk nog meer uitsien na die vertoning as hul bewonderaars. “Dié keer is daar no pressure. Onthou: ons het niks om te verloor nie! Die groep is klaar opgebreek!”


10 |

5 AUGUSTUS 2011

Redaksioneel

Kommentaar 5 AUGUSTUS 2011

As termyne begin eindig Jy weet die jaar is besig om sy maai te sien wanneer Interver sy kop uitsteek, SR-swete jou aande oorneem en almal begin ekstra vriendelik raak vir die volgende HK-termyn. Die einde van Enkelsêr is ook ’n goeie aanduiding dat die jaar stelselmatig tot ’n einde kom. Maar daar is gelukkig sowat drie maande van die jaar oor vir jou om jou eerste klas by te woon, deelnamepunte vir eksamen bymekaar te maak en ’n paar standbeelde op die kampus met spuitverf beet te kom. En voor dan, want wie wil nou klas toe gaan wanneer almal Interver op die brein het, kan jy jou voorberei vir ure se pret (en plesier) op die JOOL-plaas. Ja, Pukke, want vanjaar se sport(s) is op homeground. Ons vra net dat die Mnr. en Mej. Kampus-deelnemers nie aan die kuier raak tydens Interver nie, want drank maak vet en lelik. Julle foto’s is nog vir tyd en wyl op in die SS, so ons hou julle dop! Verder, ’n vriendelike versoek: indien jy SR staan en kry, moenie dit ’n gewoonte maak nie. Ons hou van vars gesigte op die SR en daar is ook net sóveel rigtings wat jy kan swot. Sterkte aan al die kandidate en mag die laaste paar maande van die jaar propvol sterk punte, swak punte, bedreigings en geleenthede wees. Die volgende Wapad verskyn 18 Augustus 2011

Kernredaksie

UITGAWE REDAKTRISE: Marlie Jonker (072 749 2431) HOOFREDAKTEUR: Piet Matipa (082 720 7369) INHOUDSREDAKTEUR: Marcel Spaumer (072 736 2630) GRAFIES & FOTOGRAFIE: Ian Odendaal (079 957 7099) TEGNIESE REDAKTEUR: Elmari de Vos (082 644 1022) SPORTREDAKTEUR: Stephen Nel (082 099 1028) SKAKELING: Leané Meiring (084 952 1980) TEKSVERSORGING: Caro van Aardt (079 189 3516) BEMARKING: Isabel Weideman (082 367 2248) TEKSVERSORGERS: Lisa-Marie Strydom, Nina Linde, Marcelene Jordaan, Tersia Landsberg UITLEG: Linél Malan, Pieter Beekman, Ian Odendaal

Dagsê Pukke Hierdie is die laaste maal dat ek vir Wapad se rubriek skryf. Ek wil vir elkeen van julle baie dankie sê vir die ondersteuning deur die jaar

Rek jou bek

en die harde werk. Ons het ons moeilike tye gehad en ons het ons lekker tye gehad! Onthou net die SR is, was en sal altyd daar vir jou wees. Sterkte met alles wat op julle pad voorlê en onthou om jou graad met lekkerkry klaar te kry! SR-Groete Jaycee van Rooyen

Uit ’n dosent se pen

Sêr vs Akademie - wie wen? DEUR:

Cornia

Pretorius

Dosent: Skool vir Kommunikasiestudies

deur George Germishuys

Onbelangrikhede en minder belangrikhede ’n Onlangse besoek aan die planetarium het my aan die totale onbenulligheid van die menslike lewe herinner. Jy dink ’n dubbelperiode is lank – daar is lig van sterre van 55 biljoen v.C. wat nou eers die aarde bereik. Dis ’n redelike rukkie. Voorwaar is ’n mens se lewe net ’n traan in ’n oseaan as dit hiermee vergelyk word. As mens so in die planetarium se stoel agteroor lê en die kosmos verby jou flits, voel die gewone lys van probleme en verskonings totaal belaglik. Probleme soos: Hoekom sleep ek Engels? Is my sussie ’n geniale yster unicorn wat soos my sussie vermom is, net om eendag my brein in my slaap te eet? Jy weet, gewone kwellinge. ’n Interessante nuwe verskynsel op kampus is die metroseksuele man, wat in sommige koshuise (wat naamloos sal bly vir vrees van ’n verdere Puk-tugsaak) woonagtig is. Sy lys bekommernisse blyk astronomies te wees: Is my hemp klein

SKETS: WILLIE BLIGNAUT

genoeg? Is my Markhams rekening betaal? Lyk ek stout in my trenchcoat? Watter kleur moet my highlights hierdie maand wees? Wanneer kom Nivea se nuwe produkte uit? Hoekom dink almal ek’s gay? Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek probeer nie die menslike bestaan verkleineer nie. Inteendeel, ek probeer die probleme waarmee ons as mense onsself mee besig hou verkleineer. Niks is so belangrik of erg dat dit jou van ’n glimlag moet weerhou nie. So ontspan en eet ’n koekie. Aan die metroseksueles, ek probeer nie om vir jou, jou koshuis of (heel belangrikste) Markhams af te kraak nie. Ek wil aan jou ook sê: ontspan, jy lyk mooi in jou cardigan, almal wat sê jy’s gay is net jaloers. So, gaan trek jou puntskoene aan, besoek ’n planetarium en vergeet van Nivea. Net vir ’n klein rukkie... HIERDIE IS DIE OPINIE VAN DIE RUBRIEKSKRYWER EN NIE DIE KOERANT S'N NIE.

Sêr. Enkelsêr. Bingle-sêr. Dié woorde is taboe in my klas. My redes? Studente verwag dat ’n mens met ’n strelende stem en ’n sagte glimlag moet aanvaar dat akteurs wat betrokke is by die aktiwiteitewat-nie-genoem-mag-word-nie klasse, praktiese sessies en toetse mag misloop, omdat kleedrepetisies geskeduleer word in dié tye. My punt: Sang- en danskompetisies word belangriker geag as akademiese aktiwiteite. Volgens deelnemende studente word repetisies geskeduleer deur studenteleiers, SR-mense. Is dit verantwoordelike studenteleiers wat sulke dinge doen? Ek hoop toe die SR-kandidate vir julle kom sweet het, het julle hulle gevra om hul beginsels en standpunte vir julle te sing en dit te illustreer met danspassies. As die aktiwiteite-wat-nie-genoem-mag-word-nie die aard van die studentelewe van die Potchefstroomkampus definieer, behoort SR-lede gemeet te word aan hul vermoëns op dié terrein. Dit bring my by my tweede punt. Die feit dat die aktiwiteite-watnie-genoem-mag-word-nie die hoogtepunt van die georganiseerde

Daar is nie headlines wat jou daaraan herinner dat daar buite dié heining ’n ander wêreld, ’n realiteit, is waarin jy sal moet funksioneer nadat jy graad gekry het nie.

studentelewe is, is kommerwekkend. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Hoewel daar ’n plek vir dié kompetisies is en behoort te

wees, en die kulturele prestasies van dié universiteit in die nasionale enkel***kompetisie die resultaat is van studente se harde werk en kreatiwiteit, is dit soos ’n spons wat alle ander aktiwiteite, akademiese werksaamhede inkluis, opslurp. Daar is veral nie plek vir enige aksies met meer intellektuele diepte nie. Onthou, ’n mens kan nie eers koerante op die Potchefstroomkampus koop nie. Daar is nie headlines wat jou daaraan herinner dat daar buite dié heining ’n ander wêreld is, ’n realiteit waarin jy sal moet funksioneer nadat jy graad gekry het nie. Maar oor die sake wat jou gaan konfronteer in die wêreld daarbuite, word nie gepraat of gesing nie. Daar is geen sigbare pogings deur die SR om studente uit te daag en om te praat oor aktuele sake nie: Ontgroening? Afrikaans? Verkragting? Dwelms? Witheid? Dan is daar die tema van die lied van die nasionale enkelsêr-kompetisie: Mamma ek wil ’n man hê. Manvang met ander woorde. Enige vrou wat nie hierdeur beledig voel nie, hoort nie op universiteit nie. Daar is baie wat ’n mens daaroor kan sê. Dit voel te dikwels asof dié kampus ’n laer van enersdenkendes is. Ons moet erken dié soort gesprekke sal nooit so gewild wees soos aktiwiteite-wat-nie-genoemmag-word-nie, maar iewers moet n mens begin. * Ek is sedert verlede jaar ’n dosent aan die NWU. Ek het nog nie na enkelsêr of Bingle-sêr gaan kyk nie. Ek is seker dit is uitstekend, maar dit beteken nie dit is belangriker as akademiese aktiwiteite nie.


5 AUGUSTUS 2011

SPORT

Tas, tas, Veritas wen.

Veritas en Villagers pak mekaar aan op die rugbyveld. Veritas het die wedstryd 49-24 gewen. FOTO'S: FRANK DUVENHAGE



| 11

Rugby Superreeks - Eerste Liga

1 2 3 4 5 6 7 8 9

SPAN

S

W

V

BP T

Patria

6

6

0

1

25

Veritas

6

4

2

7

23

Puk O/19

6

4

2

6

22

Villagers

7

5

2

1

21

Caput

6

3

3

2

14

Heimat

6

2

4

2

10

Over de Voor

6

2

4

1

9

De Wilgers

6

1

5

2

6

Excelsior

5

0

5

0

0

Rugby Premierreeks - Eerste Liga

1 2 3 4 5 6

Excelsior 2

7

5

2

1

21

Hombré

7

4

3

3

19

Thaba-Jäh

7

4

3

2

18

Ratau

7

2

5

6

14

Caput 2

7

3

4

1

13

Laureus

7

2

5

3

11

Rugby Uitslae Superreeks

Premierreeks

De Wilgers 27 . Excelsior 0 Caput 7 . Patria 30 Heimat 23 . Over de Voor 15 Veritas 49 . Villagers 24

Caput 2 12 . Laureus 8 Excelsior 2 7 . Hombré 0 Ratau 17 . Thaba-Jäh 23


RED BULL Red Bull vermaak die

FOTO: FRANK DUVENHAGE

Puk met hul International Freestyle Motocross.

Sport 5 AUGUSTUS 2011/ VOL 10

INTERVARSITYPROGRAM 2011 Interver se wankelrige bene Vrydag 12 Augustus TYD

NWU VS UVS

PLEK

KRIEKET 10:00

Puk 1

vs Kovsies

NWU 3

TENNIS 14:00

NWU Mans & Dames vs UVS Mans & Dames

Fanie du Toit Sportterrein

NETBAL 16:00-19:20

NWU Koshuisspanne vs UVS Koshuisspanne Fanie du Toit Sportterrein

STEPHEN NEL

MUURBAL 18:00

NWU vs UVS

Potchefstroom Buiteklub

PLUIMBAL 18:00

NWU vs UVS

Groot Sportsaal

VLUGBAL 19:30

Puk (mans) vs UVS (mans)

Groot Sportsaal

SOKKER 18:00

Puk vs QwaQwa

NWU Sokkerveld

HOKKIE 16:00 17:00 17:45 18:45 19:30 20:30

Puk Koshuis (Kasteel) Puk Koshuis (Karlien) Puk Koshuis (Wanda) Puk Dames 2e Puk Koshuis (VMN) Puk Dames 1e

vs vs vs vs vs vs

Kovsies Koshuis Kovsies Koshuis Kovsies Koshuis Kovsies Dames 2e Kovsies Koshuis Kovsies Dames 1e

Astro 2 Astro 1 Astro 2 Astro 1 Astro 2 Astro 1

Saterdag 13 Augustus TYD

NWU VS UVS

PLEK

NWU vs UVS

Potchefstroom Golfbaan

NWU vs UVS

NW 305

GOLF 07:00

SKAAK 10:00

TAFELTENNIS 10:00

Puk (mans) vs QwaQwa (mans)

Tafeltennislokaal

Mafikeng (mans) vs QwaQwa (mans)

Groot Sportsaal

Puk vs UVS Mafikeng (dames) vs QwaQwa (dames) Mafikeng (mans) vs QwaQwa (mans)

Groot Sportsaal Groot Sportsaal Groot Sportsaal

Puk vs UVS

Judo Oefensaal

VLUGBAL 08:30

BASKETBAL 09:30 11:00 12:30

JUDO 10:00

NETBAL 10:00

Mafikeng vs QwaQwa

Fanie du Toit Sportterrein

Koshuisspanne Mafikeng vs QwaQwa O/19 Puk vs UVS O/21 Puk vs UVS Voorprogram Puk1 vs UVS1

Potch dorp/ B-veld Olienpark Olienpark Olienpark Olienpark Olienpark Olienpark

RUGBY 08:30-12:30 09:30 11:00 12:30 14:00 14:30

Het Interver ’n toekoms? I

ntervarsity: Ja of nee? Dít is die vraag wat in sekere kringe gevra word oor dié geleentheid wat tradisioneel die hoogtepunt op die sport en sosiale kalender van die meeste Pukke is. Vanjaar is die eerste jaar wat die NWU se twee ander kampusse ook saam deelneem aan die geleentheid. Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU-Puk, meen hoewel die instelling van Intervarsity eiesoortig is aan Suid-Afrika, mag daar faktore wees wat dit bedreig. “Indien ander motiewe toenemend veroorsaak dat verhoudings rondom die Intervarsity versuur, mag dit wel wees dat die Puk-SR aanbeveel dat hierdie lang tradisie gestaak moet word,” het Van Schalkwyk gesê. James Stoffberg, direkteur van Puksport, meen ook die voortbestaan van Interver is in gedrang. “Intervarsity het sy wow verloor,” sê hy. Dit behoort dié geleentheid te wees op die kalender, maar dit is nie meer nie. Stoffberg sê dit is daarom moeilik om te voorspel hoe lank Intervarsity nog gehou gaan word. “Die intensiteit is besig om af te neem.” Betogings deur die studenteorganisasie, Sasco tydens verlede jaar se Intervarsity in Bloemfontein het ook die vraag laat ontstaan of die NWU steeds teen Kovsies moet deelneem. Sasco het gesê Kovsies behoort nie teen die NWUPuk te kompeteer nie, omdat die kampus nie getransformeer is nie.

Kovsie-bestuur meen egter nie dat daar ’n probleem met Interver is nie en ontken ook dat die toekoms onseker is. Rudi Buys, Kovsies se studentedekaan, het gesê die toekoms van Interver is nie volgens die UV in gedrang nie. Kovsies wil graag die “ryke tradisie voortsit en uitbrei,” het Buys gesê. Hy het bygevoeg dat studente van hul twee grootste kampusse beoog om deel te neem, met ondersteuners wat saam na Potchefstroom sal reis om die spanne te ondersteun. “Kovsies ag Intervarsity as ’n geleentheid om vriendskappe en netwerke te vestig wat studente van beide universiteite oor dekades kan saambind,” het hy gesê. Hy het wel bevestig dat Kovsies vanjaar minder rugbyspanne na Potch gaan stuur as gevolg van provinsiale verpligtinge. Die botsings is waarom Intervarsity moontlik volgende jaar na ’n alternatiewe datum geskuif gaan word. “In die toekoms sal ons seker maak dat albei instellings deur die keuse van die datum op gelyke voet kan meeding,” het Buys gesê.

aansoeke nou oop tot 26 Augustus

BEREIK NUWE HOOGTES Sportredakteur: Stephen Nel

E-pos met sportnuu

Aansoekvorms beskikbaar by Wapad Kantoor (F25)

Regstelling: In die premier liga het Caput2: 4 gespeel, 3 gewen met 2 bonuspunte. Dit gee ’n totaal van 14, wat Caput eerste in die liga geplaas het. Tweedens het Caput2 vir Thaba-Jäh1 18-6 gewen, nie verloor.

Wapad - 5 Augustus 2011  

Dit is ’n ongelooflike geleentheid vir studente wat miskien later ’n MBA (Meesters in Besigheidsad- ministrasie) oorweeg, om hierdie kwalifi...

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you