Page 1

BINNE

K&V NUWE BAND

’N TERUGBLIK OP REKTOR SE 1STE JAAR 29

KOM BRAAI SAAM MET PUKFM 24

LAAT POTCH WEMEL 27

LEES JOU KAMPUS

24 FEBRUARIE 2011 / VOL 3

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

>>

JAARGANG 65

>>

WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD

Nuwe afrigter moet Puk1 red STEPHEN NEL, MARLIE JONKER EN CARLI KOCH

D

ie afrigter van die PUK1 rugbyspan, Rudy Joubert, het Dinsdag aangekondig dat hy ’n blaaskans gaan neem en beplan om vir twee weke verlof te neem. Dit volg op die rugbyspan se swakste veldtog nog in die geskiedenis van die Varsity Cup, nadat die studente nog nie een wedstryd kon wen in vanjaar se toernooi nie. Die Puk het erge loesings teen Maties (6-32), Ikeys (8-36) en Tukkies (10-35) opgedoen en beklee tans die laaste posisie op die punteleër met 0 ligapunte en ’n punteverskil van -79. Die webtuiste, varsitycup.co.za,

Rudy Joubert, hoofafrigter van Puk1.

Hannes Esterhuizen, waarnemende afrigter van Puk1.

Pukke sweet bloed in Maandag se wedstryd teen Tukkies.

het Dinsdag berig dat die NWUPuk Rugbyinstituut Joubert se tyd as hoofafrigter van die span gaan hersien sedert hy die leisels oorgeneem het by Matthew Proudfoot in 2009. Die universiteit het ’n persverklaring uitgereik waarin hulle hul teleurstelling oor die swak vertoning van die Puk1 uitgespreek het. “Daar word tans indringend gekyk na verskillende planne van aksie om die rugbyspan meer kompeterend te maak,” verduidelik die persverklaring. Intussen is Hannes Esterhuizen aangewys as die persoon wat tydelik in beheer van afrigting gaan wees. Esterhuizen is tans die afrigter van die Luiperds se

o/21 rugbyspan. “Daar gaan ’n verandering wees by die rugby, so hou maar die spasie dop,” het Esterhuizen aan Wapad gesê voordat hy ’n vergadering moes bywoon. Esterhuizen wou egter nie verder kommentaar lewer voordat hy nie met die Puk1-span gepraat het nie. In die persverklaring is dit duidelik gestel dat Joubert se kontrak nie beïnvloed word deur Esterhuizen se aanstelling nie. “Joubert se kontrak met die NWU-Rugbyinstituut word nie hierdeur geraak nie.” Esterhuizen kan egter aangestel word as voltydse afrigter indien Joubert besluit om nie terug te keer nie.

Joubert was deel van die 1995 Springbok-afrigtingspan wat die Wêreldbeker gewen het en het ook deel gevorm van die Bokbestuur tydens die Wêreldbeker in 2003. Verder het Joubert ook diens gedoen by die Blou Bulle as afrigter tydens die destydse Super 12. Die Puk, wat verlede jaar uitgeval het in die semi-finaal, moet intussen voorberei vir hulle volgende kragmeting teen die onoorwonne Universiteit van Johannesburg (UJ), asook die Universiteit van die Vrystaat (Shimlas). Die rugbyspan sal al die oorblywende wedstryde moet wen om ’n realistiese kans te staan om die semi-finaal te bereik. LEES BL. 12 FOTO:MARIO VAN DE WALL


NUUS

2 |

24 FEBRUARIE 2011

VF Plus veg teen verkeer

Homoseksuele mense ontevrede

Die VF Plus-tak op die Pukkampus het gister 'n petisie geloods waarin die stadsraad van Tlokwe gevra is om parkeerareas in Steve Biko- en Hoffmanstraat te maak. Die studente word gereeld beboet, omdat hulle op die sypaadjies van dié strate parkeer weens 'n tekort aan parkering op kampus. FOTO: ANUSHKA LE ROUX

aar is sprake dat die alombekende kuierplek, Midknights, ’n boikot in die gesig staar nadat homoseksuele paartjies nie meer in die kuierplek mag soen nie. “Laas Maandagaand het ek en ’n paar vriende Midknights toe gegaan. Ons was 12 mense daar, almal gay of gay vriendelik,” verduidelik Celia Engelbrecht, voormalige voorsitter van POUT. Twee van haar vriende wat in ’n verhouding is, het mekaar begin soen, toe die DJ hulle in kennis gestel het dat die vryery nie toegelaat word nie. “Ek het met die bestuurder gaan praat en hom gevra wat die probleem is. Hy het vir my gesê dat topbestuur besluit het om gay ouens wat in Middies vry nie meer daar toe te laat nie, omdat dit hulle straight ondersteuning

Midknights kieskeurig oor vryers D

News headlines This is a joined initiative by Wapad and AKSA

Lovesite stole Facebook-photos

Dit is belaglik, want selfs ons bar lady is gay wegstoot.” Volgens Engelbrecht, mag slegs heteroseksuele paartjies in Midknights soen, maar die bestuurder van die klub verskil van hierdie uitspraak. “Midknights is ’n ordentelike kuierplek”, sê Jacques Schoeman, bestuurder van Midknights. Volgens Schoeman, het hy die DJ gestuur om die twee mans te vra om “bietjie rustiger te raak”. “Dit het gelyk of hulle mekaar bed toe wil vat en as straight

mense so optree, word daar ook vir hulle gevra om dit rustiger te vat.” Schoeman het verduidelik dat homoseksuele mans soms in die badkamer wil vry, maar dit lei gewoonlik tot orale seks. “As die mans uitgevang word, kry hulle ’n waarskuwing, maar as daar ’n heteroseksuele man in die damesbadkamer gevang word, word hy dadelik van die perseel af verwyder,” is hoe Schoeman Midknights se beleid verduidelik. Daar is sprake dat Engelbrecht Midknights wil boikot, want volgens haar is die feit dat mans nie daar mag soen nie, genoeg rede vir die boikot. “Ek het op Facebook geskryf dat ons Midknights gaan boikot. Ons het in die verlede ’n aantal plekke na so voorval geboikot en hulle moes almal toemaak.”

GERNA COETZEE An American dating website has stolen the Facebook profiles of 250 000 people around the world and three of them are Puk students. The founders of Lovely Faces, at www.lovelyfaces.com has randomly 'stolen' the profiles of people on Facebook and used their profile photos on the website of Lovely Faces, without the consent of the people and the Puk students. Nicus Davel of Patria men's residence, is one of the three whose photos

Meningspeiling: GRAPHICS: LOVELY-FACES were stolen. A lady friend informed him that his photo was on the website. "Luckily I haven’t received any strange messages," he said. The other Puk student did not get off lightly and she received very strange messages and was asked many times for meetings.

Klawerhof first-year assaulted MONIQUE VREY Onalerona Madingoane, a firstyear of Klawerhof, was robbed on Friday 11 February at about 11:50 in daylight, while drawing money at the Absa ATM next to Friendly. “A man in his 20’s, neatly dressed in a suit, walked forward with me and stood at my side in the cubicle when I wanted to draw money."

He took out a knife and put it at her side and told her that he would stab her if she looked around or shouted. A traumatised Madingoane then drew the R250 from her account. He also took the money in her purse. According to bystanders and people working at the shopping centre, this incident was not the first of its kind and students are advised rather to draw money on campus.

Day in the life of a disabled person JANUS DE VILLIERS There were renovations and improvements made on campus the past few years to ensure that the disabled students can move easily and fast around the campus, but these were not done as efficiently everywhere. Although the parking spaces are reasonably wide enough for those using wheelchairs, they are not indicated explicitly enough and are relatively hard to find. Leon Els, a fifth-year LLB student and wheelchair user, is of opinion that the campus is

now much better equipped than in his first year. "Perhaps the campus PHOTO: is not totally KIRSTI VISSER wheelchairfriendly, but the Puk is always willing to make a plan − we improvise in this way." A serious inconvenience for wheelchair users is the inaccessibility of the subway. The only way to get to the West Campus from the student centre is with a car over the bridge.

Pukfm works with Braai4Heritage MONIQUE VREY Jan Scannell, better known as Jan Braai, started the Braai4Heritage initiative. It looks at different people's braai styles. According to Amoré Truter, station manager of Pukfm,

Pukfm will act as host for Jan Braai and his people who will braai on campus on 24 March. “Potch is the only student town chosen for this initiative and my goal is that they will remember Potch at the end of the tour,” Truter said.

Wat dink Pukke van universiteitslied? Wapad se Suné Esterhuizen en Alexa Swart het met eenhonderd Pukke gepraat oor die moontlikheid van die nuwe universiteitslied.

Die uitslag was wisselvallig. Sommige studente verkies die ou lied en sommiges dink die verandering is onnodig. Hier is wat julle gedink het.

Ken jy die huidige universiteitslied? JA: 49% NEE: 51%

JA - 49%

Verkies jy die huidige universiteitslied bo die nuwe een? JA: 40% NEE: 60% Is dit nodig om ’n nuwe universiteitslied te kry? JA: 42% NEE: 58% Het jy die internet-survey oor die universiteitslied gedoen? JA: 18% NEE: 82%

NEE - 51%

40%

60%

42%

58%

18%

Sien jy die lied as belangrik vir die kampus? JA: 72% NEE: 28%

82%

72%

28%

Eerstejaar is aangeval by Friendly OTM MONIQUE VREY Die Puk se omliggende gebiede is toe nie so veilig soos wat ons almal gedink het nie. Onalerona Madingoane, ’n eerstejaar in Klawerhof, is Vrydag 11 Februarie om ongeveer 11:50 in helder daglig beroof, terwyl sy geld getrek het by die Absa ATM langs die Friendly. Sy was net voor die insident saam met haar kamermaat by Van Schaik om haar semester se boeke te koop. “Ek het nog geld nodig gehad en die Standard Bank het nie geld gehad nie, toe loop ek gou na die Absa toe.” Haar kamermaat was in die Friendly terwyl Madingoane alleen by die ATM gestaan het. “’n Man in sy 20’s, wat mooi en

Die man het gesê dit gebeur gereeld by die Friendly.

netjies in ’n pak geklee was, het saam met my vorentoe geloop en langs my in die hokkie kom staan toe ek wou geld trek.” Hy het ’n mes uitgehaal, dit teen haar sy gedruk en vir haar gesê hy gaan haar steek as sy rondkyk of skree. ’n Getraumatiseerde Madingoane het toe die R250, wat

op daardie oomblik in haar rekening was, getrek en die man het die res van die geld wat in haar beursie was, ook gevat. Daarna het hy gemaklik weggeloop. ’n Goeie samaritaan, wat by Kampus Apteek werk, het haar na die voorval gehelp om haar bank en ouers te bel. “Die man het gesê dit gebeur gereeld by die Friendly,” voeg Madingoane by. Daar was geen sekuriteitskameras op die perseel nie en volgens ooggetuies was daar ook geen tekens van enige sekuriteit naby nie. Hierdie voorval was volgens bystaanders en mense wat in die winkelkompleks werk, nie die eerste van sy soort nie en alle studente word aangeraai om eerder op kampus geld te trek.


NUUS

24 FEBRUARIE 2011

|3

Mnr. en Mej. Kampus begin

Mooiste Pukke gesoek

Februarie

MODEL

MARINE OPPERMAN Vanjaar se Mnr. en Mej. Kampus veldtog skop 1 Maart in Lover’s Lane af met ’n opedag. Op dié dag kan studente meer uitvind oor die kompetisie en hul inskrywingsvorms kry. Die plaaslike Potchefstroom band, ekhouvanjou,okay!, sal by die opedag optree. “Mnr. en Mej. Kampus gaan huge wees vanjaar en dit begin alreeds met ons opedag,” sê Chrislemien Groenewald, UK:Skakeling en Hooforganiseerder van die kompetisie. Groenewald vertel verder dat die kompetisie se hele beeld verander het. “Daar is geen spesifieke stereotipe vir die pageant nie. Enige iemand wat lus is vir nuwe ervaringe kan inskryf.”

Meer dames op kampus

WAPAD MODEL

SANNIKA JANSEN VAN VUUREN Derdejaar “Wow, twee girls vir elke ou, meisies gaan hulle A-game moet bring.”

Naam: André Ackermann

Koshuis: Caput Manskoshuis Swot: BA Grafiese Ontwerp Stokperdjies: Ek hou daarvan om kreatief te wees. Ek en my vriend het Winterstasie se nuwe CD cover ontwerp. My passie is my werk. Anders as dit, hou ek daarvan om saam met my vriende te gaan fliek of saam met hulle te kuier. As ek myself in vyf woorde moet beskryf: kreatief, spontaan, vriendelik, perfeksionisties en lank. As ek enige dier kon wees, sou ek: ’n Olifant of hond wees, want hulle is lojaal en ek ook. Voortaan sal daar vir elke maand ’n manlike sowel as ’n vroulike Wapad model uit verskillende koshuise gekies word. Hierdie modelle sal dan finaliste word in ’n spesiale Wapad model kompetisie. Beoordelaars is onder meer Flip-a-Coin en Nadia Beukes. Wil jy die volgende Wapad model wees? Jy en jou koshuis kan groot pryse wen. E-pos vir ons ’n foto en kontakbesonderhede van jouself na wapad@nwu.ac.za en jy kan dalk in die volgende Wapad verskyn.

FOTO: IAN ODENDAAL

Die tema vir 2011 is Sirkus. Groenewald het gesê dat sy reeds met haar termyn op die Skakeling komitee, aan die tema gedink het. Toe sy na haar verkiesing tot UK:Skakeling oor die tema gedroom het, het sy geweet dit sal ideaal wees. Daar is ook ’n nuwe aspek van die kompetisie wat die jaar sy verskyning maak. “Studente moet lig loop en op hulle tone wees, want die Skakeling Spot Agents loop rond om finaliste te scout.” Indien ’n student deur ’n agent benader word, dring jy outomaties deur na die tweede rondte van Mnr. en Mej. Kampus. “Die lewe is ’n sirkus en ons almal speel maar net ons rol, so wees deel van dié karnaval en kom ontdek jouself.”

ALEXA SWART Al ooit gewonder waarom daar klaarblyklik nie genoeg ouens op kampus is nie? ’n Verbasende 66% van NWU studente is vroulik. Dit beteken slegs 34% van die studente is manlik. Van die 51, 436 studente wat in 2011 geregistreer het by NWU, is 33, 968 studente vroulik en 17, 468 studente is manlik. Finale data word in April 2012 aan die Departement gerapporteer. Die Institusionele kantoor het egter die bogenoemde statistieke solank bekendgemaak. Wat dink jy hiervan? FLORIS LOURENS Derdejaar “Dit is goed. Met soveel meisies staan elke man ’n deeglike kans.”

around here.”

LAMEEZ LEONG-COLOM Vierdejaar “No wonder no one can find a date on Valentines day

MARKUS “CHUCK” PRETORIUS Derdejaar “Eintlik maak dit net saak hoeveel van die 66% mooi is.” LANITA GERMISHUYS Derdejaar “Dit is hoekom ek nie kan man vang nie.”

BIANCA BOSMAN- JANSEN Vierdejaar “Ek dink dis oor daar meer studierigtings gerig is op meisies.”

Spesiale Aanbod op Suzuki Scooters! Peet en Mabel Viviers (018) 294 4117 & (018) 2947834 Faks: (018) 293 3691 Sel: 083 778 4117 Email: bikecenter@lantic.net 29 James Moroka Ln. Potchefstroom, 2531

Ontvang dienste en bybehore met die toon van hierdie advertensie.


NUUS

 4 |

24 FEBRUARIE 2011

Hierdie kuierplekke is tops

Kuier tot son opkom JANUS DE VILLIERS FOTO’S: KIRSTI VISSER Die Potchefstroom party scene strek heelwat verder en breër as

net die kuierplekke op die Bult. Daar is ’n dansvloer, kuierarea en kroeg wat in elke student se smaak val – jy moet hom nog net vind. Hoewel al die plekke nie THE SPORTS CAFÉ The Sports Café is net verby Hoërskool Gimnasium geleë as jy op die Carletonville-pad uitry. Groot sportbyeenkomste word vir almal se kykersgenot uitgesaai. Daar is ook platskerm TV’s by die kroeg sodat jy nie ’n sekonde van MUSIC CAFÉ Music Café het alles wat nodig is vir ’n goeie kuier. Hier is lekker musiek, ’n verhoog vir live events, gesellige atmosfeer, pooltafels en ’n groot kroeg. Die musiek is soms ongemaklik hard en dis partykeer ongemaklik P1 PUB P1 Pub is loshande een van die geselligste kuierplekke in Potch. Behalwe vir hulle oorgenoeg sitplekke vir groot groepe en veilige parkering, kan P1 ook spog met hulle eie ATM. Hulle kombuis bedien lekker kos, SPORTS LOUNGE Sports Lounge het ’n kleinerige klub met ’n dansvloer. Daar is ook groot televisies wat sport uitsaai. Daar is sagte sitplekke binne en buite. Die netjiese afgewerkte kroeg LET’S GO BOWLING Vele studente het al hier ten pin bowling aksies gehou. Hulle is egter dikwels salig onbewus van die cocktail lounge op die boonste verdieping van die kuierplek. Alhoewel daar relatief min sitplek-

binne loopafstand van kampus is, soos die ander op die Bult nie, is hulle definitief die moeite werd om te gaan uittoets vir die wat nog nie daar was nie: die aksie mis terwyl jy jou glas gaan volmaak nie. Vir dié wat nie groot sportliefhebbers is nie, is daar ’n groot dansvloer en in-house DJ vir vermaak. ’n Groot trekpleister van The Sports Café is die bekostigbare drank en rustige kuier atmosfeer. Gaan maak gerus ’n draai. besig, maar daar is lekker sitplek vir groot groepe. Die patio met klein cocktail tafels is nog ’n faktor wat van Music Café ’n gunsteling maak. Hou jou ore oop vir promosies en spesiale geleenthede wat gereeld aangebied word. Karaoke-aand is nog iets om na uit te sien. is redelik goedkoop en P1 het die perfekte ligging: stapafstand van die Bult. Binne is ’n kaggel wat ’n lekker atmosfeer skep en daar word selfs bonfires op koue aande aangesteek vir ’n bietjie ekstra hitte. Ons sien uit na die warmte in die lang, koue wintermaande. sorg vir ’n egte VIP gevoel. Die drank is heelwat goedkoper as wat mens van so ’n luukse kuierplek sou verwag. Die enigste nadeel, is dat die Sports Lounge baie ver van kampus en ook baie ver van die Bult af is. Dis egter die moeite werd om die lang pad aan te durf. ke is, is daar oorgenoeg pool-tafels om almal gelukkig te hou. Let’s Go Bowling is perfek vir ’n rustige kuier saam met ’n paar goeie vriende en is oorkant die Mooi Rivier Inkopiesentrum geleë. Die verskillende vorme van sosiale sporte, vorm die bestanddele in ’n resep vir ’n lekker aand.

Braai4Heritage kom vanjaar Potch toe.

FOTO: BRAAI4HERITAGE

Braai saam met Pukfm en Braai4Heritage MONIQUE VREY 40 dae, 40 verskillende bestemmings regoor Suid-Afrika. 40 braai’s saam met locals en een van die bestemmings in hierdie toer, is ons eie Potchefstroom. Jan Scannell, beter bekend as Jan Braai, het die Braai4Heritage inisiatief begin om ’n Suid-Afrikaanse kultuur wat aan almal bekend is, tot voordeel vir die nasie te gebruik. Die doel is om in elke plek waar hulle gaan, die locals se braaitegnieke eerstehands te ervaar. Natuurlik is dit ook ’n goeie verskoning vir hom en sy span om vir meer as ’n maand lank een van die dinge te doen waarvan alle mans hou. Volgens Amoré Truter, stasiebestuurder van Pukfm, gaan ons eie radiostasie optree as gasheer. Jan Braai en sy mense kom op 24 Maart op kampus braai. “Potch is die enigste studentedorp wat gekies is vir hierdie inisiatief en my doel is dat hulle aan die einde van hier-

Jan Braai sal op 24 Maart op kampus kom braai.

die toer, Potch moet onthou,” het Truter tydens ’n telefoniese gesprek gesê. Truter het bygevoeg dat die Potchefstroomse band, ekhouvanjou,okay!, hierdie jaar in bands soos Die Heuwels Fantasties se voetspore gaan volg. Hulle is tans besig om die Braai4Heritage liedjie te skryf. “As die song goed genoeg is, gaan dit die nasionale song vir Erfenisdag word, maar ek glo dat dit goed genoeg gaan wees.” Die toer wat op 13 Maart afskop in die Moederstad en eindig op Robbeneiland, gaan deur WEG! tydskrif in ’n agt-bladsy spread, gedek word. Vir meer inligting oor hierdie geleentheid wat binnekort in ons midde is, besoek die webwerf www.braai4heritage.co.za en kom kyk wat gebeur 24 Maart.

Janus de Villiers, joernalis by Wapad, het vir ’n dag in ’n rolstoel oor kampus beweeg om die fasiliteite wat beskikbaar gestel word aan gestremde studente te toets.

FOTO’S: KIRSTI VISSER

’n Dag in die lewe van ’n gestremde: Is Puk-fasiliteite voldoende? JANUS DE VILLIERS Al ooit gewonder hoe gestremde studente hul weg op kampus vind? In ’n eksperiment om te bevestig of ons kampus rolstoelvriendelik is, het ek vir ’n dag in een rondgerits om eerstehands te ervaar hoe ’n gestremde se dag op kampus verloop. Sekere kampusgebiede is maklik bereikbaar en is uiters rolstoel-vriendelik, maar daar is ook sekere areas wat byna onmoontlik is om in ’n rystoel te bereik. Daar is opknappings en verbeterings aangebring op kampus oor die afgelope paar jaar om te verseker dat gestremde studente

Die kampus is dalk nie heeltemal rystoel-vriendelik nie, maar die Puk is altyd bereid om ’n plan te maak - ons improvise maar so.

ook gemaklik en vinnig oor kampus kan beweeg, maar dis nie oral ewe effektief gedoen nie. Hoewel daar redelik genoeg breë parkering is vir dié wat rolstoele gebruik, word dit nie duidelik aangetoon nie en is relatief moeilik om te vind. ’n Groot probleem is ook studente wat herhaaldelik sonder rede op dié parkering stop en nie beboet word nie. Leon Els, ’n vyfdejaar LLB-student en rolstoelgebruiker, meen dat die kampus heelwat beter ingerig is sedert sy eerstejaar. “Die kampus is dalk nie heeltemal rystoel-vriendelik nie, maar die Puk is altyd bereid om ’n plan te maak – ons improvise maar so.”

Els kry byvoorbeeld klas in lokale wat toeganklik vir sy rolstoel is. “Ek kan byvoorbeeld met behulp van krukke klein trappies klim, maar ek kan my indink dat studente wat glad nie kan loop nie nogal moet sukkel.” Die Ferdinand Postma Biblioteek het ’n oprit wat rolstoelgebruikers kan gebruik en daar is ook hysbakke wat tot elke vloer ry. Dit was egter glo al met tye tot so lank as ’n week gebreek en laat gestremde studente gevolglik sonder toegang tot die biblioteek se vloere. ’n Ernstige ongerief is die gebruik van die duikweg wat rolstoelgebruikers nie kan gebruik

nie. Die enigste manier om op Weskampus te kom vanaf die studentesentrum is om met ’n motor oor die brug te beweeg. Tydens my eksperiment het ek eerstehands gesien hoe die kampus nie ten volle geskik is vir rolstoelgebruikers nie. Hoewel daar al baie moeite gedoen is om opritte by elke gebou op te rig, is daar steeds probleme in terme van klein details. Die rektor sal nou ’n duidelike prentjie aan die kampusbestuur kan skets om die kampus so toeganklik as moontlik vir gestremde studente te maak. Dit is nog nie duidelik watter fasiliteite op die kampus vir opknapping geïdentifiseer is nie.


NUUS

24 FEBRUARIE 2011

| 5

Pukke se foto’s op liefdesblad

Kletswerf steel foto’s GERNA COETZEE ’n Amerikaanse liefdeswebwerf het 250 000 mense regoor die wêreld se Facebook-profiele gesteel, waarvan drie Pukke is. Die liefdeswebwerf, lovelyfaces. com, is ’n webwerf wat mense bymekaar wil bring. Hulle beloof dat jy jou ‘liefdesmaat’ gaan ontmoet. “Welkom by die enigste liefdeswebwerf wat opregte mense bevat wat hul ware data en foto’s deel. Jy sal gemaklik voel om na hulle te kyk,” lui die verwelkoming van Lovely Faces se webtuiste. Die stigters van Lovely Faces het op Facebook lukraakweg mense se profiele ‘gesteel’ en dan hul profielfoto’s gevat en dit op Lovely Faces se webblad gesit, sonder die toestemming van die mense en Puk-studente. Die foto’s met die persone se be-

SS-,Draakpryse verskil

Só lyk die webwerf wat mense se Facebook-profielfoto’s gesteel het. Die webwerf is intussen toegemaak. GRAFIKA: LOVELY-FACES langstellings (alles op Facebook verkry) word dan in kategorieë geplaas. Van hierdie kategorieë lui: easy going women, sly women, funny women, smug women, mild men en climber men. Dit word dan ook volgens nasionaliteit gerangskik. Gebruikers kan dan vir die persoon se foto ’n punt uit vyf gee

op grond van hoe oulik hy of sy is. As jy dan op die foto kliek gaan dit na die persoon se Facebookprofiel toe. Nicus Davel van Patria Manskoshuis is een van die drie wie se foto’s gesteel is. ’n Vriendin het hom laat weet dat sy foto op die webtuiste pronk. “Gelukkig het ek geen snaakse boodskappe gekry nie,” sê hy. Die ander Puk-student het nie so lig daarvan afgestap nie. Sy het vreeslike snaakse boodskappe gekry en is menige male gevra vir ’n ontmoeting. Die Facebook base is glad nie gelukkig nie. Barry Schnitt, Facebook se direkteur van beleidskommunikasie, het aan Wired. com gesê dat hulle sterk regstappe gaan neem. “Om mense se inligting te steel is ’n skending van ons bepalings en voorwaardes.”

Afrikaanse musiekheld sterf

LIZANÉ TREURNICHT Die prysverskille tussen produkte by die Drakenstein en Klipoog Kafeteria, het navrae geskep oor die NWU en IVD prysbeleid. “Die Drakenstein bied ’n spyskaart waar jy wag vir die voorbereiding van jou bestelling. Die Kafeteria bied ’n tipiese kafeteria spyskaart van vroegoggend tot laataand, en die eetsale bied voorbereide disse,” verduidelik mnr. Willem de Klerk, direkteur van Inwoning- en Voedseldienste. Klipoog

Draak

R6-50

R9-00

R6-50

R10-70

R6-80

R11-50

R4-80

R4-70

Koffie

Gaskoeldrank

Ystee

Puk Water

Lucas Maree, wat bekend was vir sy treffers Ek sou kon doen met ’n miljoen en Droomvrou is verlede week oorlede na ’n lang stryd teen kanker. FOTO: MUSICIANS

Maak só met jou vroegoggendklasse vrou.

KEVIN DU PLESSIS Ons almal sukkel in die oggende met die vraagstuk of ons nou vandag klas gaan bywoon of nie, maar indien jy die slegter keuse maak en wel opdaag, is daar ’n paar wenke wat jy in ag moet neem. Kry jou titels reg. Jou dosent is nooit Oom of Tannie nie. Doen moeite om uit te vind wie is doktor, professor en selfs net meneer en me-

Daar is niks fout daarmee om te slaap in klas nie, maar moet asseblief nie snork nie. Dit steur die ander wat wil slaap. As jy nie jou werk gedoen het nie, moenie een of ander flou verskoning probeer gebruik nie. As jou ouma nou al drie keer dood is en later weer trou, raak dit fishy. A-kandidate, asseblief, ek weet dis vir jou lekker om vir die hele klas te wys jy ken elke antwoord, maar moenie jou hand elke keer in die lug opskiet en jou irriterende pony tail swaai soos jy verduidelik nie. Moenie laat wees vir klas nie, maar as jy laat is vat die laaste 5 meter op ’n sprint en hyg na asem as jy instap. Moenie witvoetjie soek nie. Ek weet hulle kort dalk die geskenke, maar dis baie

ongeskik om na ’n dosent toe te loop en te vra vir hulle bankbesonderhede. Geen selfone tydens klas nie, want jou BBM, SMS en MXit deuntjies op Justin Bieber se falsetto stem is dalk net erger as om direk uit Bourbon’s klas toe te gaan met jou brandewynasem. “Skies, kan ek kamer verlaat?” Nee jong. Knyp maar, want as jy teruggestap kom met ’n stukkie toiletpapier aan jou skoen is die geheim verklap. Jou Boksburg aanmerkings oor die werk was dalk snaaks in jou kop, maar na die tweede ongemaklike stilte moet jy maar heroorweeg. As jy nou besig is om hierdie koerant tydens klas te lees, sit hom ten minste binne-in ’n ander boek, want die dosente haat ons reeds...

Sinki Mlambo, SR:AKSA, wil graag ’n legacy agterlaat. FOTO: ANUSHKA LE ROUX

Famous Face

Sinki kyk op na haar ma MONIQUE VREY Sy is ’n bekende figuur op kampus. Sy begin en eindig elke dag met liedjies soos Don’t stop believing en Neem my op vlerke en sy het reeds baie doelwitte in haar lewe bereik. Sinki Mlambo, SR:AKSA, het egter nog baie kaarte in haar mou wat gespeel moet word. “Ek wil nie net ’n naam op ’n goue plaatjie wees nie - mense hoef nie my naam te onthou nie, maar ek wil ’n verskil maak en ’n legacy los.” Met passievolle woorde soos hierdie, is dit nie moeilik om te sien hoe Mlambo aan die einde van haar tweedejaar reeds verkies is tot die Puk se SR nie. Maar hoekom juis die portefeulje AKSA? “Ek het van kleins af ’n multi-kulturele agtergrond gehad en ek wil dit konstruktief gebruik om ’n brug te bou tussen verskillende kulture.” Sy sien baie potensiaal in die SR en glo dat sy bestem is vir groter dinge. Mlambo is egter nie net ’n sterk leier nie, maar ook ’n talentvolle sangeres en aktrise. “Ek het op 13-jarige ouderdom my eerste professionele teaterstuk gedoen.” Sedert 2003, was Mlambo deel van pantomimes soos Peter Pan, kabaretstukke soos My funny Valentine en ook musicals soos Joseph and his

My ma het my geleer hoe om omstandighede te hanteer en hoe om ’n vrou te wees.

Technicolour Dreamcoat. Dit vat egter groot inspirasie om soveel dryfkrag tot stand te bring – wie is Mlambo se rolmodelle? “Definitief my ma. Sy het my geleer hoe om omstandighede te hanteer en hoe om ’n vrou te wees. Van kleins af het sy vir my en my broer en suster geleer the sky is the limit en ek kyk op na haar.” Nelson Mandela is ook iemand wat sy bewonder en sy pas Madiba se visie vir transformasie gereeld toe in haar SR-portefeulje. Kyk uit vir die Leave-A-Legacy inisiatief, wat fokus op die opleiding van swart leiers in die Puk se struktuur. Dis ’n nuwe inisiatief wat onlangs deur Mlambo geloods is. SR:SJGD is ook deel hiervan en volgens ’n baie opgewonde Mlambo is dit iets waarna almal kan uitsien, want “Izo thisa!” – dit gaan kook!

Spesiale Aanbod! Sny & Halfkop Highlights @ R200 Skakel Marike & Debbie @ 079 943 0110 M.C. Roode Straat (ou Inrypad) Slegs geldig tot einde Maart 2011

The Roots

‫٭‬ Carltonville

MC Roode Straat (Inrypad) 500m JHB Duet Gemeente

Pick & Pay


KUNS & VERMAAK

6|

24 FEBRUARIE 2011

Kuns Vermaak Winterstasie se nuutste album, Klanke van die Antieke Beproewing, is onlangs vrygestel.

FOTO: IAN ODENDAAL

Winterstasie meer epic en volwasse MARTIN LAUBSCHER

V

erlede Vrydagaand het Memphis Rock behoorlik gekook toe Winterstasie hulle nuwe album, Klanke van die Antieke Beproewing, met ’n lewendige vertoning vrygestel het. Die liedjie Los my is die eerste enkelsnit. Die musiekvideo van dié liedjie

het vir twee weke lank die nommer een posisie op MK se Top 10 volgestaan. Die album is deur die plaaslike maatskappy, Lightstain Studios, opgeneem en belowe dus om ’n hoë gehalte produk te wees. Daar is byna ’n halfjaar aan die produksie gewerk (vier maande aan die skryf en vier weke aan die opneem).

Oneiswoman’s Dit steeds search for everything. Across Winterstasie, maar Italy, baie India and Indonesia. meer volwasse.

Hoewel dit die basiese elemente waarvoor Winterstasie bekend geraak het bevat, meen Dewald Pieters (hoofsanger en kitaarspeler) dat dit meer volwasse is: “Dit is meer epic. Dit is steeds Winterstasie, maar baie meer volwasse.” Behalwe vir die nuwe album het Winterstasie groot planne vir 2011.

Hulle beplan om ten minste nog drie of vier video’s vry te stel en hulle wil ’n skoletoer onderneem wat deur die hele Suid-Afrika sal strek en wat ook die hele jaar sal duur. Dit lyk asof Winterstasie die Potch musiekbedryf na nuwe hoogtes in 2011 gaan neem. Maak dus seker jy kry hulle nuwe CD in die hande.

Vriendskap was inspirasie vir kunswerk LIZANÉ TREURNICHT

Beskikbaar elke tweede

Donderdag.

Twee unieke kunstenaars, M.C. Roodt en Marguerite Visser, het hul fotografiese kunswerke op 17 Februarie uitgestal by die Botaniese Tuine. Kommunikasie deur middel van kuns, was die inspirasie vir die projek wat hierdie kunstenaars saam aangepak het. Die naam van die projek, sowel as die kunswerke, is propvol verskillende betekenisse. “(Ge) integr (i/eerde) t (eit/yd), is ’n unieke konsep wat Visser gekies het terwyl sy geëksperimenteer het met abstrakte kuns. Dit het te doen met integriteit en tyd wat saamgestel is,” het Roodt gesê. Hulle is volgens Visser al lank vriende en vandat hulle paaie geskei het na skool, was tegnologie die enigste manier om kontak te hou. Visser verduidelik dat dit juis as gevolg van tegnologie en kommunikasiegapings is, dat hierdie projek op die been gebring is. “Die beplanning vir hierdie projek het tydens die Sokker Wêreldbeker in 2010 begin. Ons het ’n maand later begin met die foto’s en teen Oktober, was dit voltooi,” sê Visser oor die kreatiwiteitsproses.

(Ge) integr (i/eerde) t (eit/yd) word tans by die Botaniese Tuine uitgestal. FOTO: NELLIE VAN DER WALT Die boodskap weerspieël ’n elektroniese verhouding. Die inspirasie agter die foto is dat mense ’n elektroniese boodskap verkeerd kan interpreteer. “Tegnologie soos Facebook kan mense maklik mislei en die boodskap wat oorgedra word, heeltemal verdraai. Dit gaan oor die handgeskrewe boodskap versus die tegnologiese boodskap. Tegnologie het ’n koue standaard simbool geword,” meen Roodt oor sy selfportret. Visser se werk word gekoppel aan integriteit in verhoudings, maar ook wanneer daar elektronies met mekaar gekommunikeer

word. “Dit weerspieël vir my die meisie wat haarself ontbloot wanneer sy met iemand kommunikeer via die internet. Daardie persoon het die vermoë om te verander wie jy is en om jou in ’n ander konteks te plaas. Dit gaan oor ’n meisie wat blootgestel is en op ’n brose manier ontbloot word,” sê Visser oor haar kunswerk. Hulle albei is dit eens dat hulle fotografie op verskeie maniere gesien kan word, maar eerbaarheid, eerlikheid en integriteit, is van die sleutelkonsepte wat van hierdie uitstalling ’n sukses gemaak het.


KUNS & VERMAAK

24 FEBRUARIE 2011

|7

FLIEK TOMAAN Black Swan

MARTIN LAUBSCHER CITY BOWL MIZERS City Bowl Mizers

’n Positiewe aanslag op rock musiek. Soos die omslag voorstel, het dié album ’n regte eiland-energie. Dit is moeilik om die genre van hierdie musiek vas te pen. Dit neig na funk en maak van ’n skoon distortion gebruik om tot die eiland-tema by te dra. Die kitaarspel sorg vir ’n paar interessante klanke en is sekerlik die hoogtepunt van die plaat. Die lirieke is ook redelik boeiend en die erns daarvan word dikwels goed versteek deur die ligte trant van die musiek. Ongelukkig is die enigste probleem met die CD ook ’n gróót probleem. Daar is ’n growwe gebrek aan afwisseling en die aard van die musiek is dus geweldig eentonig. Wat tot die eentonige gevoel van die album bydra, is die feit

dat daar agtien liedjies is en, soos reeds genoem, klink almal redelik dieselfde. Die album bevat ook ’n bonusDVD wat uit ’n paar musiekvideo’s bestaan. As jy van plan is om na City Bowl Mizers te luister terwyl jy saam met jou vriende kuier, is hierdie net die regte ding vir jou. As jy egter opsoek is na musiek vir die siel, sou ek dit nie aanbeveel nie.

YOAV A foolproof escape plan

Yoav neem die woord indie na ’n nuwe vlak. Dit is onmoontlik om ’n vaste styl of invloed aan sy musiek te koppel. Sy stem het ’n effense ooreen-

koms met dié van James Blunt. Die instrumentele werk is ook lewendig en uniek. Daar is ’n bonus-CD wat ’n meer elektriese klank handhaaf. Op dié CD is daar ’n cover van die Pixies se Where is my mind? Daar kom ’n duidelike Indiese gevoel deur wat ’n baie etniese energie verskaf. Die produksiegehalte is baie hoog en daar is veral aandag aan die fyner klanke geskenk. Hoewel die meeste liedjies ’n interessante begin het, vat dit nie lank om in ’n vreemde irrelevante trant te verval nie. Die lirieke kom baie persoonlik oor. Dit gee ’n weerkaatsing van die musikant se psige. ’n Mens waardeer gewoonlik uniekheid, maar hierdie album is met tye net té obskuur. Dit is ’n baie moeilike album om na te luister en is dus tot ’n besonderse wyse van kommersiële bevrediging verwyder. Met ’n bietjie aanpassing kan Yoav ’n beter album uitreik wat tot ’n breër gehoor spreek.

FOTO: IAN ODENDAAL

Rebels se musiek het Potch gaande JANUS DE VILLIERS he Rebel Train Surfers bestaan uit vyf ywerige rockers uit Potchefstroom wat ‘rocking out’ as een van hul grootste tydsverdrewe lys. Hul indie klank en laid back voorkoms het hulle vinnig ’n gewilde groep gemaak wat by die dag meer aanhangers verwerf. Die fenomeem van train surfing raak wêrelwyd al hoe gewilder. Dit is ’n gevaarlike stokperdjie waartydens rebelle tussen bewegende treine spring in ’n mal poging om hul brawade te bewys. ’n Insetsel oor plaaslike train surfers op Carte Blanche het dromspeler, Emile Snyman, so geïntereseer dat hy dit later voorgestel het as sy old school rockgroep se verhoognaam. Hul single, Joe Blow, is in Potchefstroom deur Johan Fourie opgeneem wat al met heelwat ander plaaslike groepe soos I Did Cinderella en Vriende met Voordele in die studio gewerk het. Snyman noem dat hulle graag

Natalie Portman vertolk die karakter, Nina Sayers, in die treffer rolprent Black Swan. FOTO: THE ELECTRIC GENERATION

Black Swan - byna perfek As jy nog altyd gedink het dat Natalie Portman (V for Vendetta, The Other Boleyn Girl) net onskuldige, naïwe karakters kon vertolk – dink weer. Black Swan handel oor meer as net die hervertolking en reïnkarnasie van die immerbekende ballet Swanemeer. Dit raak aan kwessies soos die donker kant binne elke mens, asook die proses van innerlike konflik en hoe die metamorfose van Wit Swan na Swart Swan plaavind. Verwag oomblikke van intense verrassing en asemrowende kamerawerk. Die prent is glad nie maklik voorspelbaar nie en moenie dink dit fokus net op ballet nie. Portman en Mila Kunis (That 70’s show, Book of Eli) se akteurswerk is fenomenaal en komplimenteer mekaar ten volle.

The Rebel Train Surfers se basspeler, Ronald Doyle het skare gaande.

T



MEER OOR THE REBEL TRAIN SURFERS

Hulle het onlangs by Januarie se Campus Invasion die verhoog met bands soos Van Coke Kartel, Tidal Waves en Die Tuindwergies gedeel.

weer met hom sal wil werk. Basspeler, Ronald Doyle, noem Wolfmother, Rolling Stones en Red Hot Chilli Peppers as ’n paar van hul gunsteling bands. Die Rebel Train Surfers het nie net ’n lekker luister klank nie, maar is een van die min bands

wat ’n gehoor van die eerste tot die laaste noot gelukkig hou by hul vertonings. Voorsanger, Louwtjie Prinsloo, vertel dat hul lekkerste gig sover in Carletonville was verlede jaar, toe hulle die kans gehad het om vir Jack Parow te open. Dié eer het hulle onlangs weer toegekom toe hulle vir ’n stampvol Bourbon’s tydens Januarie se Campus Invasion gespeel het. Hulle het die verhoog met gevestigde bands soos Van Coke Kartel, Tidal Waves en Die Tuindwergies gedeel. Behalwe vir Doyle wat klaar studeer het en homself in die mediawereld besig hou by ’n tydskrif, ‘Word of the Street’, bevind die Rebel Train Surfers hulself elke nou en dan agter die boeke en besig met hul swotwerk wanneer hulle nie op toer of besig met bandoefeninge is nie. Die toekoms lyk goed vir hierdie plaaslike groep, wie se tunes nog binnekort landwyd klankgolwe gaan domineer.

Dit raak aan kwessies One woman’s search for soos die donker everything. Acrosskant Italy, binne elke mens, asook India and Indonesia. die proses van innerlike konflik.

Nog ’n groot naam wat jy kan verwag is Winona Ryder en onbekende Vincent Cassel (Ocean’s Twelve, Derailed) as Thomas, die balletonderwyser. Alhoewel sommige dele van die fisiese transformasie na die Swart Swan dalk bietjie te ver gevat is, doen jouself ’n guns en gaan kyk dit.


8|

24 FEBRUARIE 2011

Redaksioneel

Kommentaar 24 FEBRUARIE 2011

Maak tyd vir jouself Die week begin en skielik voel jy soos ’n rekenaar wat oorlaai is – dis vergaderings, toetse, opdragte, koshuisaktiwiteite en so hou dit aan. Teen Maandagaand is jy nie meer ’n rekenaar nie, maar ’n robot wat op auto is. Het dit al ooit vir jou gevoel asof die lewe die see is en die golwe net aanhou inrol? Maar intussen spoel die golwe die ware jy weg. Ons hou onsself so besig met aktiwiteite – dis koshuiskomitees en Pukkomitees en UK’s en SR en sport en kultuur en dan nog akademie ook. Dis ook nie verkeerd nie – dis goed en reg. Maar soms is ons so vasgevang in al hierdie pligte dat ons vergeet om na onsself ook te kyk. Teen Sondagaand is die robot al oorverhit. Ons het nodig om te herlaai. Sommiges lees graag ’n boek, party geniet ’n fliek of ’n seriesmarathon en party van ons herlaai deur Bybelstudie. Ongeag hoe jy dit doen, jy moet tyd vir jouself inwerk, sodat jy nie aan die einde van jou universiteitsloopbaan vergeet het wie die happy mens is wat op elke foto skaterlag nie. Maak hierdie week tyd vir jou – gaan sit op die bed en kyk daardie series. Lees jou Twilight, Jane Austen of Deon Meyer. Lees Bybel. Knip ’n uiltjie en maak seker jy onthou wie jy is.

Die volgende Wapad verskyn 10 Maart 2011

Kernredaksie

HOOFREDAKTEUR: Piet Matipa (082 720 7369) ADJUNKREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431) INHOUDSREDAKTEUR: Suné Esterhuizen (079 516 2077) TEGNIESE REDAKTEUR: Elmari de Vos (082 644 1022) GRAFIES & FOTOGRAFIE: Ian Odendaal (079 957 7099) SPORTREDAKTEUR: Stephen Nel (082 099 1028) SKAKELING: Leané Meiring (084 952 1980) TEKSVERSORGING: Caro van Aardt (079 189 3516) BEMARKING: Marché Maritz (082 905 3858) TEKSVERSORGERS: Karlien Badenhorst, Lisa-Marie Strydom, Dawita van der Walt, Nina Linde

Gevryery tussen mans ontstel Midknights bestuur (bl. 2).

Gasskrywer

Myself, jouself... DEUR:

Leandie

Du Randt

extraordinary through it. Deur al die hel wat die HK ons gesit het, het ons besef dat al wat jy het is jou vriende, jouself en die wonderlike Man daarbo. My punt? Waardeer jou vriende en jouself. Wees comfortable met wie jy is en waarvan jy hou. Nie waarvan jou ouers of die gemeente lede (my pa is ’n dominee) wil hê jy moet hou nie, maar waarvan jy wil hou! Nou sê julle seker, “Ja, maar dis moeilik en ek moet swot en geld maak eendag,”...blah blah blah. Ja, jy moet, maar jy moet geniet wat jy doen. Ek het Bedryfsielkunde geswot en toe my honneurs daarin ook gedoen, and I loved it, maar tussendeur dit het ek my liefde vir

toneelspeel op die verhoog ontdek en dank Vader die geleentheid gekry om dit te begin uitleef. Scary choice, maar dis so worth it, want as my wekker half vyf in die oggend afgaan om te gaan skiet, dan smile ek. Want ek love wat ek doen. Ek is seker elkeen van ons het iets waaroor ons so voel. Miskien swot jy Rekeningkunde, maar jy love dit eintlik om te skryf. Of jy love dit om te dans en jy swot aptekerswese. Then...why not do both? En glo my, jy sal altyd tyd vind vir iets waaroor jy mal is. So, get off your ass en gaan doen iets wat jy nog altyd wou. Waardeer die vriende wat jy het en just be yourself. Varsity dae was my beste en ek mis dit nou...so capture every moment (foto’s is die shit) en raam dit! Varsity het my bo alles geleer om nederig en dankbaar te wees. Dis hoekom ek dit love dat my vriende presies dieselfde met my bly, al speel ek so nou en dan op TV of so. Want op die ou end probeer ek elke dag my bes om net myself te bly. Varsity is a journey... een vol bier, studietyd, babbelas, Dunhill Menthol fine cut en trane ...maar hy is van die beste...embrace it! Peace out Pukke (ek drink ’n gummy bear op julle).

tydens JOOL, net so oor na SJGD se 79 gemeenskapsprojekte toe. Ek hoop die eerste week van klas was nie te erg nie - dit is immers die begin van die jaar, so STERKTE! Maart-maand is natuurlik weer debatseisoen en ’n klomp sportsoorte begin ook nou. Sterkte aan alle

deelnemers van hierdie aktiwiteite en ek moedig die res van die studente aan om hulle te ondersteun. Mens weet nooit, dalk ontdek jy ’n verskuilde talent... SR-groete tot volgende keer. Jaycee van Rooyen SR: VOORSITTER

Want op die ou end probeer ek elke dag my bes om net myself te bly.

Aktrise van films soos Getroud Met Rugby, Susanna van Biljon en Egoli: The Movie.

Hubbly’s Charcoal Accessories We offer you the best prices in town with a variety of products. 10 Esselenstreet, Bult (opposite post office) Contact: Gerardt 082 550 2074

SKETS: WILLIE BLIGNAUT

My gunsteling quote wat my al my hele lewe bystaan is “Wees altyd jouself, maar jou beste self.” Ek het nooit regtig die waarde daarvan besef tot ek op varsity was nie. Want wow, hoe vinnig besef mens nie wie jy is nie! Ek was vier jaar in Skoonveld Dameskoshuis by die Universiteit van Johannesburg. Daar het ek my beste beste maatjies gemaak en, uiteindelik maatjie geword met myself. Al julle studente peeps sal seker verstaan as ek van koshuis praat en dat jou eerstejaar die beste jaar van jou lewe is wat jy NOOIT weer wil oor hê nie. Why? Nie net oor jy laer is as die grond waarop die HK loop nie (ja, ons HK het dit in ons koppe gedrill), but because you are absolutely no one and then you become someone

Dagsê, Pukke Dankie vir julle ongelooflike bydrae met JOOL. Ek glo hierdie was een wat ek nog vir lank sal onthou! Alhoewel mens dit nie altyd besef nie, is daar soveel mense wat baat vind by JOOL. Indien jy nie weet nie, gaan alle fondse wat ingesamel word




24 FEBRUARIE 2011

|9

Profiel

Kommentaar

20kg

Is die hoeveelheid gewig wat hy verloor het vanaf verlede jaar.

Stoel 'n jaar in die

Die rektor is hierdie maand presies ’n jaar in die stoel. Hierdie is ’n terugblik op sy jaar op die Puk. Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het verlede jaar prof. Herman van Schalkwyk, ’n uitstaande leier en akademikus, verwelkom om die Pukkampus in die nuwe dekade in te lei. Hy is op 23 Maart 2010 amptelik ingehuldig as die tweede rektor van die NWU-Potchefstroomkampus. Prof. Van Schalkwyk (44) is ’n vooraanstaande landbou-ekonoom wat hom op verskeie gebiede onderskei het. Voor sy aanstelling as kampusrektor was hy die dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat. Hy het in 1990 sy BCom-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf, waarna hy sy honneursgraad en MCom cum laude (1992) behaal het. In 1995 het hy sy PhD in landbou-ekonomie ook aan die UP behaal. Prof. Van Schalkwyk het in 1993 by die UP begin doseer nadat hy vir twee jaar as landbouekonoom by Standard Bank gewerk het. In 1996 het hy ’n medeprofessoraat aan die Universiteit van die Vrystaat aanvaar. Twee jaar later het hy 'n volwaardige professor geword asook die departementshoof van landbou-ekonomie. In 2003 word hy aangewys as dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Prof. Van Schalkwyk is ’n gerekende akademikus. Hy het ongeveer 70 publikasies in wetenskaplike joernale en 102 navorsingen projekverslae gepubliseer. Hy het ook 75 referate by plaaslike konferensies en 38 by internasionale

Jan. 2010

Feb. 2010

Eerste dag.

Ontvang Puk en Pukkie.

Maart 2010

April 2010

STUDENTE SÊ HUL SÊ OOR REKTOR “Ek dink hy het gewig verloor. Hy dra ook die Pukke se belange op die hart – iets wat mense nie besef nie.” “Ek is nie gaande oor die hoeveelheid goed wat hy probeer verander nie. ’n Her is net soveel ’n tradisie op die Puk as Tarentaal.”

Word ingehuldig.

Opening van Sports Village. Aug. 2010

Mei 2010

konferensies gelewer. Voorts was hy promotor vir 15 PhD's en studieleier vir 20 meestersgraadstudente. Sy betrokkenheid by talle provinsiale en nasionale instansies word hoog aangeslaan. Hy is onder andere in 2007 deur die minister van landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en in 2008 as die adjunkvoorsitter van die raad van die Landbank. Hy het ook vir 18 maande waargeneem as voorsitter van die raad van die Landbank. Prof. Van Schalkwyk is ’n konsultant vir die Wêreldbank en ander Suid-Afrikaanse instansies asook ’n spesialis in landbou- en -verwante hofsake. Hy is ’n gewilde spreker en gas by landboukongresse en werkswinkels en tientalle artikels vir die populêre media het al uit sy pen gevloei. As boorling van die OosVrystaat bestee hy graag sy vrye tyd saam met sy vrou, Rélyne en drie skoolgaande seuns, op die gesin se plaas. -VINCENT EASTES

Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Opedag.

Intervarsity.

Sep. 2010

Nov. 2010

“Ons ken hom nie regtig nie en sien hom nooit. Ek dink mense sien hom as ’n indringer en hou nie veel van hom nie, maar ek dink ons sal hom met tyd aanvaar.” “Geen klagtes tot dusver nie. Ons ken hom nie so goed nie, maar hy het nog niks gedoen of gesê wat my ontstel het nie.” “Ek dink persoonlik nie dit is Prof. Herman op kampus nie. Dit is sy maerder, tweelingboetie.”

Breinpakkie-ete.

Rektor verjaar. Jan. 2011

Des. 2010

Vakansie op die plaas.

Rektorsgroet.

“Nadat ek die Wapad-video gesien het, is hy vir my cute! Hy laat my aan my pa dink.”

“Ek hoor hy kuier so lekker, maar ek het dit persoonlik nie gesien nie. Ons hou seker nie van hom nie, omdat ons so gewoond is aan Prof. Annette.”

Pukke se rektor doen die WAKA WAKA!

“Hy het potensiaal, ek dink net hy moet moeite doen om die studente te leer ken. Ons byt nie!”

SEARCH: WAPAD -"Word deel van die beweging" op: Apex

“Hy lyk great. Ek wil weet wat hy gedoen het om so te lyk.”

Briewe

DC++

Ombudsman

Studente wou graag anoniem bly.

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za


SPORT

10 |

Krag lê by die boulers GEORGE GERMISHUYS

Protea Fixtures 24 Februarie Suid-Afrika vs Wes-Indië 11:00 New Delhi

N

oem die krieketwêreldbeker vir selfs die taaiste Protea-ondersteuner en hy word oorval met ’n steekpyn in die sy en ’n oorweldigende depressie. Krieketwêreldbekers was tot dusver ’n hartseer affêre, met teleurstelling wat die draadjie is wat al die vorige wêreldbekers saambind. Maar, hierdie keer (soos al die ander kere) gaan dit anders wees. Allan Donald en Lance Klusener gaan mekaar verstaan, Herschelle Gibbs gaan wag tot die bal sy hande tref voor hy met sy toertjies begin en iemand êrens in die Protea kleedkamer sal die Duckworth/Lewis papiertjie kan ontsyfer. Die Proteas het die afgelope paar jaar suksesvolle toere na die sub-kontinent onderneem. Die feit bly egter staan dat subkontinentspanne soos Indië, SriLanka en Pakistan groot gevare in hierdie toernooi is, terwyl Australië, Engeland en Suid-Afrika ook onder die gunstelinge sal tel. Graeme Smith se leierskap en taktiese besluite gaan bepalend wees in die Proteas se sukses. Jacques Kallis is egter die belangrikste man in die span. Sy kolf is die spil waarom als in die Proteaspan draai. Sy vernuf met die bal in die hand verleen ook belangrike balans. As Jacques Kallis goed speel, wen Suid-Afrika, so eenvoudig soos dit. JP Duminy se vermoë om die

24 FEBRUARIE 2011

3 Maart Suid-Afrika vs Nederland 06:00 Mohali

Die Suid-Afrikaanse krieketspan, die Proteas, vier die val van ’n paaltjie. FOTO: SIFY SPORTS

Jacques Kallis, AB de Villiers en Johan Botha is groot rolspelers in die wêreldbeker. lopietempo in die middelbeurte met vinnige enkellopies op te stoot gaan van kardinale belang wees, terwyl AB de Villiers se bestendigheid met die kolf en agter die penne, onder die loep gaan kom. De Villiers is egter ook ’n vernietigende speler wat ’n boulaanval man alleen flenters kan slaan. ’n Kritiese komponent in die Proteas se span is die draaiers.

Johan Botha se variasie en vermoë om lopies te beperk, maak van hom ’n speler wat sy gewig in goud werd is. Die nuwelingdraaier in die Protea-groep, Imran Tahir, word deur die Protea-kaptein beskryf as “die speler waarvan hy as kaptein altyd gedroom het.” Hy is egter totaal onervare op internasionale vlak. Hierdie swakpunt kan dalk nog in sy grootste sterkpunt ontaard juis omdat hy ’n onbekende entiteit is – ander spanne kon sy aanvallende speelstyl nog nie analiseer nie. Hierdie Protea krieketspan (soos al die voriges) het oorgenoeg skietgoed om die trofee omhoog te hou. Nou is dit net ’n geval van daad by woord voeg.

GRAFIKA: CRICKET JUNOON

6 Maart

15 Maart

Suid-Afrika vs Engeland 06:00 Chennai

Suid-Afrika vs Ierland 11:00 Kolkata

12 Maart

19 Maart

Suid-Afrika vs Indië 11:00 Nagpur

Suid-Afrika vs Bangladesh 05:30 Dhaka

Somerliga Krieketuitslae 12 Februarie

19 Februarie

Veritas vs Patria: Patria wen met 3 paaltjies.

Thaba-Jäh vs DeWilgers1: DeWilgers 1 wen met 3 paaltjies.

Overs vs Hombré: Overs wen met 3 paaltjies.

De Wilgers2 vs Caput: Caput wen met 47 lopies.

Ratau vs Excelsior: Ratau wen met 6 paaltjies.

Heimat vs Villagers: Villagers wen met 3 paaltjies.

Villagers vs De Wilgers1: Villagers wen met 196 lopies.

Overs vs Patria: Wedstryd uitgereën.

Heimat vs Caput: Heimat wen met 9 paaltjies.

Veritas vs Excelsior: Wedstryd uitgereën.

Thaba-Jäh vs De Wilgers2: Thaba-Jäh wen met 190 lopies.

Hombré vs Ratau: Ratau wen met agt paaltjies.


SPORT

24 FEBRUARIE 2011



| 11

Patria gaan huis toe met die trofee Patria het vanjaar die sege gevier oor Over-de-Voor in die eerstejaarsrugby. CARLI KOCH

P

atria het vanjaar se eerstejaarsrugbytoernooi gewen deur Over de Voor met 15-0 te klop in die finaal op die Fanie du Toit se A-veld. Patria het die skare vermaak met hulle vinnige agterlyn spel en ook twee drieë gedruk in die proses. In die 12de minuut van die wedstryd was dit Louw Swanepoel,

wat die eerste drie aangeteken het. Wynand Olivier het ’n verdere 5 punte bygevoeg terwyl Louis Vorster die res van die punte bymekaar gemaak het vir Patria met sy skopvoet. Patria het die finaal bereik deur met De Wilgers sowel as Heimat af te reken. Volgens die skeidsregter van die wedstryd, Oregopotse Rametsi, was dit ’n harde wedstryd vir

FOTO: FRANK DUVENHAGE

Patria het oor die afgelope sewe jaar vyf keer die eerstejaarsrugby gewen.

beide spanne en daar is met baie deursettingsvermoë gespeel. Die eerste helfte van die wedstryd was vir Rametsi goed gespeel, maar teen die tweede helfte het die ouens krag verloor, maar gelukkig later in die wedstryd teruggeveg. Afrigters van Patria, Wilco de Wet, Zander Erasmus en John van der Merwe is trots op die werk wat hulle as afrigters ingesit het en wens Over de Voor geluk. Hulle

sê ook dankie aan die Here vir die geleentheid wat vir hulle gegee is om die wedstryd te kon wen en het hard gewerk om die “koppie” huis toe te vat. Bjorn Bernard en Jan Ras van der Linde, afrigters van Over de Voor, sê dat Patria baie mooier met die bal gehardloop het en die beter span op die veld was. Die man van die wedstryd, volgens Rametsi, was Tienie van Wyk van Patria.

Pluimbal speel kwarteindrondtes

Dorpskoshuise weer beste swemmers

Dames A-liga

Mans A-liga

CARLI KOCH

Bellatrix Minjonet Vergeet-My-Nie Kasteel Heide Dinki Wanda Karlien

Heimat Excelsior Caput Hombré Patria Villagers Overs Veritas

Dames B-liga

Mans B-liga

Villagers en Bellatrix het weer die eerstejaarswem op Dinsdag 8 Februarie gewen. Cassy Keatin van Villagers en Alrie de Beer van Oosterhof het uitgeblink. Keatin, wat by Ryk Neethling se swemskool ingeskryf

Huis Republiek Vergeet-My-Nie Klawerhof Heide Eikenhof Oosterhof Bellatrix Karlien

Veritas Excelsior Heimat Overs Hombré Villagers Thaba-Jäh Ratau Lebone

The Golf Shop Driving Range Promosie Koop ’n emmer balle vir slegs R25-00 en kry ’n gratis bier. Elke Donderdagaand by Potch Buite klub vanaf 17:00 – 19:30

SIEN JULLE DAAR!

UITSLAE Mans: 1. Villagers 2. Veritas 3. Heimat 4. Over de Voor 5. Excelsior

FACE OFF

SUPERRUGBY ANDRIES HEYDENRYCH Wanneer ons praat van Superrugby verwys ons na die jaarlikse rugbygeleentheid wat almal op die punte van hulle stoele hou. Ons toets hierdie week die

Dames: 1. Bellatrix 2. Oosterhof 3. Karlien 4. Minjonet 5. Wanda

was, mik om vir die 2012 Olimpiese Spele te kwalifiseer. Die Puk swemspan het verlede jaar algeheel sesde uit dertien universiteite by die jaarlikse swemgala geëindig. "Ons mikpunt is om onder die top vyf universiteite te eindig," sê Zollie Nebe, Puk-afrigter. Dié twee maak dit moontlik.

Superrugby kennis van die sport HK-lede van Thaba-Jäh (Alwyn van der Lith) en Villagers (Conrad Lombaard). Vind uit wie van hierdie twee dorpskoshuise ken hulle Superrugby die beste.

Alwyn

In watter jaar is die eerste Superrugby toernooi, die Super 10, gespeel? (1992)

Watter span het die meeste Superrugby titels? (Canterbury Crusaders, 7 titels)

        

Watter twee spanne was die eerste Suid-Afrikaanse spanne wat in ’n Super 14-finaal was? (Blou Bulle en Haaie) Wat was die naam van die SA-span wat opgebreek het om twee nuwe spanne vir die Super 14 te vorm? (Cats) Watter lande vorm deel van die Superrugbyreeks? (Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland) Wie het die eerste Superrugby toernooi in 1993 gewen? (Transvaal) Twee lande het ’n ekstra span ingeskryf vir die Super 14. Wie was hulle? (Suid-Afrika: Cheetahs, Australië: Western Force) Wie is die huidige Superrugby kampioene? (Blou Bulle) Met wie het die Melbourne Rebels gekompeteer vir plek in die nuwe Super 15 - toernooi? (Suid-Afrika se Southern Kings) Wie het in die finaal van die Super 14 - toernooi in 2010 gespeel? (Blou Bulle en Vodacom Stormers)

9

Conrad

          9


BINNE 1STEJAARS

FOTO: CARLI KOCH

SWEM HUL HARTE UIT 215

Sport 24 FEBRUARIE 2011/ VOL 3

Huil Puk, huil Puk, huil Puk :( KAPTEIN

PUK-SPAN

LODEWYK UYS

F RYNHARDT LANDMAN BYNAAM: Ligtoring SKOOL: Despatch High School ‘04 POSISIE: Slot HOOGTE: 1.96m GEWIG: 114kg

SAVVAS NEL BYNAAM: Savvas SKOOL: Potch Gimnasium ‘04 POSISIE: Los voorspeler HOOGTE: 1.86m GEWIG: 103kg

ebruarie 2011 is beslis nie een van die maande wat sal afgaan in die geskiedenis van Puk rugby as een van die bestes nie. Slegs ’n week na een van die NWUPuk se grootste nederlae teen die Universiteit van Stellenbosch, het die Puk teen die Universiteit van Kaapstad (Ikeys) te staan gekom. Die Puk het die wedstryd op ’n goeie noot begin toe heelagter, Willem Barnard, in die hoekie oorgeduik het. Die gees was egter vinnig gedemp toe Ikeys begin terugveg. Hoewel die wedstryd op Valentynsdag gespeel was, het Ikeys geen tyd gehad vir enige liefdestoertjies nie en het met gemak met 36 punte teenoor 8 gewen. “Daar word met hart en siel gespeel, maar die afronding is net nooit daar nie,” het ’n tweedejaarstudent van die Puk gesê. Die Pukke het Maandag die Universiteit van Pretoria aangevat. Waar daar minstens hart en siel die vorige week was, was daar niks te siene in die wedstryd teen Tukkies nie. Swak besluitneming, geen kontinuïteit en swak bal besit deur die Pukke het vir

Daar word met hart en siel gespeel, maar die afronding is net nooit daar nie.

GEORGE TOSSEL

Tukkies die kans gegee om met 35 punte teenoor 10 te seëvier. Drie weke in die Varsity Cup kompetisie in en die Pukke het slegs 3 drieë gedruk. Met geen bonuspunte en geen punte op die punteleër nie, sukkel die Puk steeds om aan die wenkant te kom. Die vraag op almal se lippe is natuurlik: Waar lê die fout? “Ondersteuners wat vroeg loop van ’n wedstryd af hoort nie op die Puk nie. Waar is die dae toe Puk se eerstespan ’n verskrikking was op ’n rugbyveld,” het ’n opkomende skeidsregter (wat anoniem wil bly), van die Luiperds Rugby-unie, gesê.

BYNAAM: The Big Show SKOOL: HTS Middelburg ‘06 POSISIE: Senter HOOGTE: 1.93m GEWIG: 107kg

TIAAN DORFLING BYNAAM: George SKOOL: Framesby ‘08 POSISIE: Vleul HOOGTE: 1.75m GEWIG: 81kg

KEMPIE RAUTENBACH BYNAAM: Kempie SKOOL: Afrikaans Hoër Seunsskool ‘06 POSISIE: Senter HOOGTE: 1.89m GEWIG: 93kg

JOHANNES PRETORIUS

Puk1 tydens ’n taai wedstryd teen Ikeys verlede Maandag.

FOTO:MARIO VAN DE WALL Inligting verkry by www.varsitycup.co.za

DEWALD COETZEE BYNAAM: Coetzee SKOOL: Wonderboom ‘05 POSISIE: Stut HOOGTE: 1.94m GEWIG: 135kg

ANDREW VAN WYK BYNAAM: Drew SKOOL: Diamantveld ‘07 POSISIE: Vleul HOOGTE: 1.77m GEWIG: 85kg

JOHANNES ROSE BYNAAM: Jan SKOOL: Vryburg HS POSISIE: Slot HOOGTE: 1.88m GEWIG: 102kg

HENRI SCHARNECK BYNAAM: Pens SKOOL: HTS Vereeniging ‘07 POSISIE: Stut HOOGTE: 1.90m GEWIG: 115kg

WILLEM BARNARD BYNAAM: Brakkies SKOOL: Upington HS ‘06 POSISIE: Heelagter HOOGTE: 1.84m GEWIG: 89kg

CHRISTIAAN SCHOONRAAD BYNAAM: Chris SKOOL: Volkskool Potch ‘08 POSISIE: Haker HOOGTE: 1.77m GEWIG: 101kg

STEPHANUS BEZUIDENHOUT BYNAAM: Stoof SKOOL: HTS Potch ‘04 POSISIE: Prop HOOGTE: 1.85m GEWIG: 128kg

MARTHINUS DREYER BYNAAM: Drey SKOOL: Wonderboom ‘06 POSISIE: Stut HOOGTE: 1.85m GEWIG: 119kg

RUAN JACOBS BYNAAM: Ruan SKOOL: Affies ‘06 POSISIE: Senter HOOGTE: 1.84m GEWIG: 91kg

THABO MAMOJELE BYNAAM: Thabo SKOOL: Patriot High School ‘05 POSISIE: Flank/Slot HOOGTE: 1.95m GEWIG: 110kg

NIËLL JACOBS BYNAAM: Niëll SKOOL: Affies ‘06 POSISIE: Losskakel HOOGTE: 1.86m GEWIG: 92kg

JOHANN LAKER BYNAAM: Johann SKOOL: Paul Roos Gimnasium ‘06 POSISIE: Skrumhalf HOOGTE: 1.77m GEWIG: 84kg

VICTOR KRUGER BYNAAM: Victor SKOOL: Strand HS ‘07 POSISIE: Slot HOOGTE: 1.99m GEWIG: 112kg

JOHN WELTHAGEN BYNAAM: Johnny SKOOL: Afrikaans Hoër Seunsskool ‘09 POSISIE: Losskakel HOOGTE: 1.88m GEWIG: 90kg

CECIL DUMOND BYNAAM: Cecil Dumonster SKOOL: Orkney ‘06 POSISIE: Lossakel HOOGTE: 1.79m GEWIG: 84kg

TERSHWIN RAUBENHEIMER BYNAAM: All-Star SKOOL: Paul Roos ‘08 POSISIE: Vleul HOOGTE: N/A GEWIG: N/A

BYNAAM: Spanner SKOOL: Klerksdorp High ‘05 POSISIE: Los voorspeler HOOGTE: 1.90m GEWIG: 102kg

JOHANNES SEERANE BYNAAM: Joe SKOOL: Merensky HS ‘06 POSISIE: Vleul HOOGTE: 1.72m GEWIG: 83kg

JOHAN OBERHOLZER BYNAAM: JC SKOOL: Jan Viljoen High ‘07 POSISIE: Haker HOOGTE: 1.78m GEWIG: 108kg

Wapad - 24 Februarie 2011  

KOM BRAAI SAAM MET PUKFM 24 FOTO:MARIO VAN DE WALLPukkesweetbloedinMaandagsewedstrydteenTukkies. LEES JOU KAMPUS 24 FEBRUARIE 2011 / VOL 3 W...

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you