Issuu on Google+

K&V

MODE 213

Wen kaartjies vir RAMfest

Dinamiese Denim

SPOOKSPOTTERS Glo jy in geeste?

22

LEES JOU KAMPUS

21 FEBRUARIE 2013 / VOL 3

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 67

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Dié bord is opgerig op die Bult waar straatkinders wat bedel ’n ernstige probleem is VERVOLG

22

FOTO: MARI SCHEEPERS

Deaf first year student following his dreams

Sounds like success for Qobo MIZAN VAN DER MERWE

A

ll eyes were on Qobo Ningiza during his performance in Veritas and Huis Republiek’s first-year concert, when he sang the own composition in sign language earlier this year. Even though he is deaf, it is clear that he is like any other student on campus. Ningiza was born with normal hearing in his right ear and partially impaired hearing in his left ear. In 2003 he lost all hearing in his left ear and had to learn to rely completely on his right ear. In 2004 while in grade eight, the hearing in his right ear started to deteriorate. “I was in boarding school at the time and when the other kids noticed my hearing difficulty, they started making fun of me,” Ningiza explained. Later that same year he lost his ability to hear completely. “I’ve never heard a sound since then. I have been deaf for almost nine years now.” When he lost his hearing, he stayed at home with his mother and battled to come to terms with it. “In those years my mother hadn’t accepted my deafness either. She is my role model and I admire her courage, even though I don’t tell her that often.” He matriculated in 2011 from a school

Qobo Ningiza on the right with his roommate in Veritas Tumi Mokobe. FOTO: JANDRÉ MEIRING

Sign language is our own language, but sadly it is not an official language yet for deaf students and then struggled to find a tertiary institution to further his studies. He applied at several universities, but was rejected because he did not learn a second language. “Sign language is our own language, but sadly it is not an official language yet.” Mrs. Ananda van der Walt, researcher in the Institutional Language Directory and lecturer in sign language at the NWU-Pukcampus, says Ningiza is the first

deaf student at the NWU Potchefstroom Campus that uses a sign language translator and as far as they know, there has only been one other deaf student on campus. Ningiza is currently studying BA Law and dreams of becoming an attorney. When asked about the biggest obstacle he has had to face, he answered “Although I am provided with a sign language translator Ruanna Reddy, I still find it

hard to participate in class. But I understand everything that is being said. I guess this is part of the routine where I move from a class of all deaf students to a class of all hearing students, but I am optimistic that it will get better with time.” Mrs. Ananda explained that for a deaf student using sign language there has to be a sign language translator as well as at meetings where important information is given. This causes several complications, such as during class the student can’t take notes while he or she is looking at the translator, therefore the lecturer has to show all the information visually. Mrs. Ananda emphasized that “students and lecturers should always remember never to come between two people that are busy ‘signing’ to each other, because for that period of time communication is interrupted and information is lost.” “I communicate with fellow students by means of writing and try to speak here and there, but they have to write for me to understand. Depending on how well I know a person, I am able to read lips here and there,” Ningiza said. According to Ruan Murray the first-years’ House Committee (HK)-member of Veritas,

they made an arrangement with Ningiza to carry a pen and a piece of paper with him for communication purposes. “The rest of the first-years, especially his roommate Tumi Mokobe, ensure that he is always aware and understands what is going on. His floor HK Lebona Sello, learnt the sign language alphabet and spells out the words to communicate with Qobo,” Murray explained. Murray also said that the biggest obstacle and goal for the HK is to ensure that he is part of the group. Fortunately he has a good attitude and takes part by competing in all the activities, including the first-year concert. Dwayne Daniels culture HK of Veritas, spoke about Ningiza’s participation with great enthusiasm: “He was at every audition and with his excellent observation skills he mastered the dance steps easily. Hy is ’n klein yster!” “Ningiza is adapting very well. The most important thing that we need to remember is to not single him out; he does telephone duty with one of his fellow first-years and he is also learning the names of the seniors,” Murray said. Ningiza has come a long way and even though it wasn’t easy, he is now on his way to achieving his dreams.


NUUS/NEWS

2 |

21 FEBRUARIE 2013

'Studente hou net aan geld gee wat die probleem net erger maak'

Straatkinders verkies Bult bo Shelter HANNES KRUGER EN CHRISTIAAN DU PLESSIS

D

ie straatkinders wat bedags en saans op Die Bult bedel veroorsaak probleme vir besigheidseienaars sowel as kliënte. Die feit dat die Thakaneng-huis vir hulle ’n heenkome bied, los steeds nie die probleem op nie. “Thakaneng Shelter is 'n plek waar hawelose kinders heen kan gaan. Die kinders kan kos en klere daar kry en kan daar oornag. By die projek word daar baie gefokus op dissipline en hoe om dit te handhaaf. Al die kinders wat by Thakaneng Shelter bly is skoolgaande kinders. Die projek is deel van SR:SJGD PUK-Projekte,” het Juaan Taute SR:SJGD, by navraag gesê. “Die kinders het ’n shelter, maar hulle wil nie daar bly nie. Die shelter kom haal hulle, maar dit is ’n paar uur dan is hulle terug. Die shelter vereis dat hulle moet help met sekere take, maar hulle wil nie. Hulle kom dan eerder straat toe,” het ’n Bult-winkeleienaar, wat graag anoniem wil bly, gesê. Liëtte Enslin bestuurder van Varsity Café, het gesê dat hulle baie probleme met die straatkinders ervaar. Die kinders steel na bewering baie van die winkel se produkte en bedel reg voor die ingang van die winkel. “Dit skrik

Straatkinders tydens onderhoude met Wapad-joernaliste op Die Bult. kliënte af en ons ervaar dat ons klandisie drasties afgeneem het. Kliënte sê vir ons hulle wil nie meer hier koop nie, omdat hulle onveilig voel en geteister word deur die straatkinders.” Een van die straatkinders van Promosa reken dit gaan nie help om Thakaneng toe te gaan nie, want hy benodig geld om vir sy ouma te vat wat nie meer kan werk nie. Sy ma en pa is oorlede.

Wapad het verneem dat die probleem nie opgelos kan word indien studente aanhou om vir die straatkinders geld te gee nie. “Studente hou net aan geld gee wat die probleem net erger gaan maak,” het Fabio Marsura, Picasso’s se eienaar, gesê. Taute meen die probleem van bedel word egter aangemoedig deur studente wat probeer goed doen en aan die kinders geld gee

FOTO: ELPHIA BAARD as hulle op Die Bult kuier. “Indien die kinders agterkom dat hulle nie geld op Die Bult kry nie, sal hulle besef dat Thakaneng Shelter 'n beter opsie vir hulle is.” Enslin sê dat die mense nie die probleem moet aanhits deur aan hulle geld en kos te gee nie. “Baie mense gee vir hulle geld en kos. Die mense moet asseblief ophou daarmee sodat hulle by

Dit skrik kliënte af

die shelter kan bly. Ons moet dit nie vir hulle so maklik maak om geld en kos op die straat te kry nie. Hulle het ’n heenkome by Thakaneng Shelter,” het die anonieme Bult-winkeleienaar gesê. FOTO'S: JANDRÉ MEIRING

SPOOKSPOTTERS

Kuiergaste wat net nóóit wil loop nie JEANELLE GREYLING Daar sit ons toe: ses joernaliste verdeel in groepe van twee, drie-uur die oggend in een van Potchefstroom se oudste geboue. ’n Video- en fotograaf om dié gebeure vas te vang. Kerslig dien as wapen teen spoke en as hitte teen die koue hospitaalvloere. Manfred Cassirer het in 1973 beweer spoke en poltergeists spook ook by kommersiële persele ná ’n rits vreemde insidente by ’n tuinsentrum in Kent, Engeland. Die geesdriftige Wapad-span het besluit om bewerings van die Mystic-spook op te volg. Dié onderneming het ’n deurnagsessie op die beweerde spooktoneel behels. “Ons sluit na elke aandskof die deure en sit die alarm aan. Die voordeur waai oop – al is hy gesluit,” het Gerhard Jan Wissing, ’n bestuurder by Die Mystic Boer gesê. Cheryl Botha van Potchefstroom Herald het verlede jaar berig oor die “flikkerende ligte, klop aan die deur, ’n tik op die skouer” op die hoek van James Moroka-rylaan en Govan Mbekirylaan. Kelners het vanaf 1988 soortgelyke gebeure in dié besigheidsomgewing ervaar.

Rob Schoeman destydse eienaar van die River Walk Winkelsentrum en die restaurantperseel oorkant dié sentrum, se pa Jurie het in 1951 besit oor dié perseel geneem. Volgens Schoeman is Jurie se as ná sy dood in 1982 op dié hoek begrawe. Só ook Kay sy kleindogter, se as in 1988. Botha het berig dat die Schoemans in 1988 die restaurantperseel op die hoek gebou het wat bewoon is deur Longhorn. Die restaurant het in 1989 onder geheimsinnige omstandighede gebrand, “wat stukrag gee aan die stedelike legende wat weier om te sterf,” het Botha berig. Die Mystic Boer het dus ’n duistere naam en ligging. Luidens ’n amptelike verslag van die Noordwes se Toerisme, Inligting en Ontwikkelingsentrum is die Boer 'n voornemende gedenkwaardigheid. Dit is een van drie identiese huise wat langs mekaar staan. Artefacts.co.za meen “die huise hou verband met die geskiedenis van Potchefstroom". Volgens Wissing mag daar nie aangebou word by dié kulturele erfenis-monumente wat waarskynlik in 1900 gebou is nie. Volgens dié webtuiste was Christoffel Lombard die oor-

App: ScanLive

Kyk die video van die aand op YouTube. "Die Kantoor S01E04"

spronklike eienaar van Lombardstraat 72. “Dit is in 1907 oorgedra na Carl Olën,” destyds ’n pionier in malery. Die Mystic Boer “was voorheen dokters-spreekkamers,” het Wissing gesê. Vandaar die karaktervolle X-strale bordjie wat nou nog bo die kroeg hang. Kevin du Plessis en Benine Cronjé het in die ou bediendekamer gesit. Die ou vuurherd is die vertrek se middelpunt en die vreemde voorwerpe wat daar gebêre word, versterk die afgestorwe atmosfeer. “Wat ons al twee dwelmnagmerries gee, is die kraan wat heeltyd

drup,” het ’n opgewonde Kevin gesê. “En Kevin se ore het toegeslaan,” het Cronjé bygevoeg. Dié gebeurtenis het hom hoendervleis gegee. Ek en Christiaan du Plessis was in die kantoor en voormalige intensiewe-sorgeenheid. “Die kombuispersoneel weier om binne die kantoor te gaan,” het kombuisbestuurder Malcolm Fick gesê. Uitgewaste rooi-oranje vlekke is steeds sigbaar op dié PVC-vloere. “Blykbaar is baie mense dood in dié vertrek,” het Christiaan gesê. “Hier is definitief ’n spookagtige gevoel.” Ons het deur die wasige glasdeur buitentoe gekyk en na ’n ruk die ander ghostbusters se stemme in die gang agter ons gehoor. Niemand was daar nie. Die ou tennisraket-spieëls het ook nie die senuwees bedaar nie. Mique van der Merwe en Kobus Olivier se plig was kombuisinspeksie. “Mique het mal-baie toilet toe gegaan,” het Kobus gegrynslag. ’n Muur verdeel dié vertrek in twee. Volgens Van der Merwe het iemand aan ’n blikskottel geruk toe hulle by die donkerder deel was. “Ek weet nie of hy lewend of dood was nie.”

“’n Kraan wat gedrup het, was oorverdowend,” het Olivier gesê. “En iets het baie gestink.” ’n Onkundige sal dink daar was nie spoke nie, omdat geen visuele of fisiese bewyse getoon is nie. Spoke word egter verwar met kwelgeeste, oftewel poltergeists. Dié woord het ’n Duitse oorsprong en spruit uit polter wat lawaai beteken, en geist wat 'n ander woord vir gees is. Volgens Martin del Rio se ondersoeke in 1599 word kwelgeeste gekenmerk deur eienaardige slae, ineenstortings, afstootlike reuke en meubels wat vanself beweeg, onverklaarbare stemme, voorwerpe wat verskyn en verdwyn en slagoffers wat sweef. Volgens artikels oor die bonatuurlike op isisinvestigations. com, kan die onverklaarbare reuke, loodgieterprobleme soos die kraan wat gelek het, ongewone fisiese- en emosionele gevoelens soos Kevin se ore wat toegeslaan het en koue rillings aan spookaktiwiteit toegeskryf word. Videograaf Conrad van Wyk het soms na sy asem gesnak terwyl Jandré Meiring se kameraflitse onheil in die videos gespel het. Ná gratis vatbiere het die agt uitgeteerde ghostbusters tog skrikkerig huistoe gejaag.


NUUS

21 FEBRUARIE 2013

|3

Aanranding: Potch toe nie só veilig

FOTO: MARI SCHEEPERS

Dis hier waar Elaine Scholtz* op Saterdagoggend 9 Februarie aangerand en byna beroof is. HANNES KRUGER

E

laine Scholtz* is op Saterdagoggend 9 Februarie omstreeks 01:00 aangerand en byna beroof van ’n kamera ter waarde van R20 000. Só het Scholtz aan Wapad sowat ’n week ná die voorval vertel. “Ek het die Vrydagaand Hombrémanskoshuis se eerstejaarsrugby afgeneem. Ná dit was daar ’n aksie by dié koshuis,” vertel Scholtz. Sy was op medikasie weens verkoue

en het toe huis toe geloop. “Dit is nie so ver nie. Ek stap elke dag huis toe. Met die aand van die voorval het ek uit Hombré se draaihek gestap tot by die Friendly en daar links gedraai en oor die brug gestap.” Daar het ’n jong swart seun uit ’n bos gekom toe ek in die straat net na die brug (Dwarsstraat) afgedraai het met ’n glasstuk,” het sy vertel. Scholtz het ’n baie duur geleende kamera by haar gehad en die

...ek het terugbaklei toe sny hy my op my gesig, nek en sleutelbeen...

jong seun het na bewering die kamerasak by haar gegryp. “Ek was nie bereid dat hy die kamera steel nie en ek het terugbaklei. Toe sny

hy my op my gesig, nek en sleutelbeen met die glasstuk. Elke keer as ek die sak terugruk dan skraap hy my op my arms.” Tot Scholtz se redding het daar ’n motor in die straat afgery wat die seun afgeskrik het. Sy het toe kans gekry om by Silverwoods hulp te vra. Wapad het verneem dat daar op dieselfde plek al verskeie voorvalle was wat onder meer verkragting, aanranding en rooftog insluit.

Daar is ná die voorval navrae by die SAPD gedoen aangaande wat aan die saak gedoen kan word, maar dit blyk egter dat hul niks daaraan kan doen nie. Scholtz wil graag hê die publiek moet ’n les leer uit die voorval. “Moet nooit alleen stap nie. Ons raak te gemaklik in Potchefstroom. Dit is nie altyd so veilig nie. Dit is belangrik om in ’n groep te stap of iemand te bel wat jou kan kom haal as jy moet huis toe gaan.” (*skuilnaam)

Ontsnapvoertuig sleep Overs-eerstejaar agterna ELPHIA BAARD Twee inwoners van Over de Voormanskoshuis is verlede week op die NWU-Potchefstroomkampus raakgery tydens ’n studentepretvoorval wat skeef geloop het. Twee meisies waarvan die identiteit nie deur Beskermingsdienste bekend gemaak mag word nie, het oor die berugte grasperk van Over de Voor-manskoshuis gehardloop. “Ek was op pad Impala toe, toe ek iemand van die koshuis ‘gras!’ hoor skree. Ek het die twee meisies oor die gras sien hardloop

na ’n getaway car wat staan en idle het. Ek wou die nommerplaat van die kar afskryf om dit aan Beskermingsdienste deur te gee. Ek weet nie presies wat gebeur het nie, maar toe ek my weer kon kry was my been onder die kar en het dit my ’n ent agterna gesleep,” het die inwoner van Over de Voormanskoshuis wat anoniem wil bly, gesê. Die NWU-Puknooddienste is dadelik ontbied. Eersgenoemde inwoner is vir skok asook skraapwonde behandel. Geen frakture of ernstige beserings is opgedoen nie, maar hy is na die hospitaal

Die lyn word egter oortree wanneer mense met hulle voertuie oor die gras jaag, want dit stel ons as inwoners in gevaar en is uiters onrespekvol teenoor ons koshuis geneem as veiligheidsmaatreël. Die tweede inwoner het geen beserings opgedoen nie. George Germishuys onderprimarius van die koshuis, het gesê “Ons het nie ’n probleem daarmee dat dameskoshuise oor ons gras hardloop nie, mits hulle vooraf met ons reël. Dit is onskuldige studen-

Bult: Potch-ikoon of ashoop?

toriste wat oor die gras jaag, gekeer word. Volgens Germishuys is daar nog niks aan hierdie versoek gedoen nie. Tuli van Heerden huiskomiteelid van Over de Voormanskoshuis het gesê “Studente moet versigtiger wees wanneer hulle besig is met studentepret, mense kan baie maklik seerkry.”

EMBASSY OF FRANCE IN SOUTH AFRICA

BURSARY PROGRAMME

KOBUS OLIVIER Die Bult is ’n ikoniese deel van die studente-kultuur in Potchefstroom. Tydens Aardklop is Die Bult stampvol met mense wat kom om Potchefstroom se unieke atmosfeer te ervaar. Daar is egter baie rommel op die sypaadjies en Aardklopgronde wat dikwels gepaard gaan met ’n onaangename reuk. “Almal love Die Bult, maar dit kan nogal vieslik raak veral laat in die aande,” het Kristy Campbell ’n vierdejaar van Heidedameskoshuis, gesê. Dit wil blyk dat die probleem sy oorsprong vind by mense wat Die Bult besoek en dan hul rommel op die grond laat val eerder as om dit in ’n asblik te gooi, sowel as besighede wat hul vullis teen Akkerbome los op dae wanneer dit nie verwyder word nie. Daar is ‘vullishokke’ opgerig en elke besigheid het ’n sleutel ontvang. Dit was egter net ’n tydelike oplossing. “Motoriste dra ook by tot die probleem. Van wanneer af is dit okei om jou gemors by jou venster uit te gooi?” het Die Bult-wykraadslid Jóhni Steenkamp gesê. “Daar is al briewe uitgestuur, ons het met mense gaan praat en briewe in die koerante FOTO MARI geplaas. SCHEEPERS Mense

tepret. Die lyn word egter oortree wanneer mense met hulle voertuie oor die gras jaag, want dit stel ons as inwoners in gevaar en is uiters onrespekvol teenoor ons koshuis.” Daar is al ’n versoek aan die NWU-Puk gerig om paaltjies óm die grasperk op te rig sodat mo-

FOTO’S: MARI SCHEEPERS & ALDA BRONKHORST Verskeie rommelbestrooide-tonele op Die Bult.

kla oor die probleem, maar hulle veroorsaak self die probleem.” Tlokwe Munisipaliteit het verskeie planne in werking om die probleem teë te werk. Een van dié planne is ’n herwinningsprojek wat binnekort begin gaan word en wat ’n moontlike oplossing kan wees. Die munisipaliteit gaan ook begin optree teen oortreders. Steenkamp is van mening dat die werklike oplossing tot die rommelprobleem by mense se samewerking lê.

“As elkeen sy eie rommel in ’n asblik gooi, gaan dit ’n massiewe impak maak. Moenie jou papiertjie op die grond gooi of by jou ruit uitgooi nie. Elke druppel maak die emmer vol. Ons doen ook ’n beroep op al die besighede om hul vullis in die hokke te gaan sit en op die inwoners om hulle vullis op die regte oggende uit te sit en om dit nie teen die Akkerbome op te stapel nie. Die vullis word op Dinsdae en Vrydae verwyder,” het Steenkamp gesê.


NUUS

 4 |

21 FEBRUARIE 2013

Hoe goed werk Groenkampus? CYRIL BLACKBURN

In die middel Mej. JOOL-persoonlikheid 2013 Chanel Kryger by die aankondiging tydens die uitbetalingsfunksie. FOTO: SUANNÉ MULDER

SJGD grootste ter wêreld

R1.4 miljoen vir liefdadigheid HILETTE WENTZEL

D

ie letters SJGD wat so baie op kampus gebruik word, is meer as net letters en kindertjies met uitgesteekte arms. Op die NWU-Puk spog ons met die grootste studentegedrewe liefdadigheidsorganisasie van sy soort in die wêreld. Studente JOOL Gemeenskapsdiens (SJGD) is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie van die NWU-Potchefstroomkampus. In 2006 het René Taylor jeugverteenwoordiger van Suid-Afrika, tydens ’n internasionale jeugkongres in die Verenigde Nasies bekend gemaak dat SR:SJGD in samewerking met SR:JOOL, die grootste studentegedrewe liefdadigheidsorganisasie van sy soort in die wêreld is. “Die eienskap wat SJGD uniek van sy soort maak is dat die werking van SJGD ten volle deur studente geskied,” sê Juaan Taute SR:SJGD voorsitter. SJGD is onvergelykbaar met enige ander organisasie omdat daar nie ’n ander

nie-winsgewende organisasie is wat studentegedrewe is nie. Die feit dat dit studentegedrewe is en vrywillig is “maak dié organisasie die grootste van sy soort,” sê Taute. Die leuse van SJGD is Giving hope, inspiring change en sonder twyfel dra die betrokke studente die leuse uit na die gemeenskap. Op 9 Februarie 2013 het SR:SJGD met trots R1,4 miljoen uitbetaal aan die gemeenskap tydens die SR:SJGD & SR:JOOL-Uitbetalingsfunksie. Gedurende die funksie maak SR:SJGD melding van alle uitbetalings wat gemaak is deur die organisasie aan mense in nood. Die fondse word ook dienooreenkomstig verdeel tussen SR: SJGD se 92 aktiewe projekte. Die funksie dien as ’n bedankingsfunksie vir SR:SJGD se borge asook HK-lede en projekleiers wat betrokke is by die organisasie. Hierdie jaar is die funksie vir die eerste keer gekombineer met SR:JOOL se liefdadigheidsbal waar Mej. JOOL persoonlikheid aangekondig is. “Dit was ’n hoog-

Raak betrokke by ’n wêreldklas organisasie: • Kaalvoetdag • Blikkieskosdag • CANSA Relay for life • CANSA Kleur en skeer • CANSA Jail en Bail

• So ook kan studente by hulle koshuis se SJGDprojek betrokke raak.

tepunt dat SR:SJGD en SR:JOOL saam die funksie kon hou,” sê Taute. Verder het SR:SJGD onlangs die tweede plek verower in die MacJannet-kompetisie. Die kompetisie vereis ’n projek wat studentgedrewe moet wees.

Komitee-bedankings te algemeen? ANICA SCHEEPERS Dit is jammer dat bedankings op die NWU-Puk onlangs ’n algemene verskynsel geword het. Ongelukkig is dit ’n probleem wat talle liggame en verenigings die laaste ruk in die gesig staar. Wat sou die rede hiervoor wees? Enige leierskapsposisie vereis harde werk, lojaliteit en deursettingsvermoë. Op kampus is daar verskeie leierskapsgeleenthede wat oop is vir enige student wat kans sien om tyd daarvoor op te offer – maar is diegene wat daarvoor aansoek doen werklik tot só ’n mate ingelig, dat hulle besef hoeveel tyd en harde werk daarin gaan? “’n Mens kan nie van studente verwag om opgeskeep te sit met ’n portefeulje waarin hul ongelukkig is terwyl hulle nog sukkel om kop bo akademiese water te hou nie,” sê die voorsitter van ’n Akademiese Studente Vereniging (ASV).

GRAFIKA: MARI SCHEEPERS

“Ek dink mense bedank omdat hulle nie vooraf weet hoeveel werk, funksies en reëls daar vir hulle voorlê nie,” meen ’n anonieme bron wat onlangs van ’n komitee bedank het. Volgens dieselfde bron is doeltreffende bestuur, delegering en respek van groot belang tussen enige voorsitter en sy lede.

’n Voorsitter behoort nie komiteelede met ’n ysterhand te regeer nie. “’n Komitee is daar om ’n voorsitter te help. Hulle is nie ’n groep persoonlike slawe wat al die werk wat van ’n portefeulje vereis word, hoef te doen nie.” Dit ís egter onaanvaarbaar dat komiteelede bedank asof dit uit die mode gaan. Die fout kan tog nie nét by voorsitters lê nie. “’n Mens bedank nie sommer net vir jou eie gerieflikheidsonthalwe nie. Jy stel jouself verkiesbaar, omdat jy bereid is om ten minste vir ’n termyn aanspreeklikheid vir jou verantwoordelikhede te aanvaar,” meen ’n lid van ’n Uitvoerende Komitee wat ook verkies om anoniem te bly. Riglyne wat leiers op kampus kan volg is om effektiewe kommunikasie tussen die verskeie lede te verseker, erkenning te gee aan prestasies, goeie werk te prys en sosiale interaksie op ’n gereelde basis te bewerkstellig.

Groenkampus is vir die meeste van die NWU-Puk studente net nog iets wat op een van kampus se advertensieborde of mure geplak is, maar dié projek wat in 2012 begin is, het reeds soveel suksesse behaal en soveel onderlinge projekte begin dat dit maklik een van die bestes nog op die NWU-Pukkampus kan wees. In 2012 het die bestuurskomitee onder leiding van prof. Herman besluit om na groener, meer volhoubare ideale op kam- DJ Euphonik by die opening van pus te streef. Die uiteindelike Groenkampusweek Maandag, 18 doel van die projek was om oor Februarie. die langtermyn veranderinge FOTO: JANDRÉ MEIRING te maak eerder as om onmiddellike veranderinge te maak wat van korter duur sou wees. Die projek sou volhoubaar moes wees, want nie net moet dit die uitwerk op R965 000.00, gespaar kampus groener maak en die op die elektrisiteitsrekening in natuur meer positief beïnvloed vergelyking met dié van 2011. nie, dit moet ook ’n daadwerk- Al die bankies op kampus is gelike verskil in die lewens van die maak uit herwinde materiaal, NWU-Pukke maak. sommige studiegidse word slegs “Hierdie is in effek ’n leefwyse elektronies verskaf en verdere verandering en dit kry jy net reg navorsing word gedoen om die deur jou daaglikse optrede te projek tot sy beste moontlik te verander,” sê Jean-Marc Stid- bevorder. worthy. Ons sê nog glad nie dat “Hierdie projek gaan oor ons daar is nie, maar dat ons meer as net groen, dit gaan oor elke dag streef om ’n meer vol- verantwoordelikheid en om as houbare kampus te wees, dit is universiteit aan die voorpunt ’n realiteit.” van die samelewing te staan met Na ’n jaar van dié projek het ideale soos 'n volhoubare leefGroenkampus almal se ver- styl,” het Stidworthy weer gesê. wagtinge oortref. Dié projek het “Maar dit gaan ook oor meer; begin deur herwinningsstasies om 'n omgee kultuur vir mekaar op kampus op te rig, maar nou en ons omgewing te kweek en 'n is daar selfs ook ’n fietsprojek, toekoms vir ons elkeen te skep.” sonpanele wat vir behoeftiges Nadat die Studenteraad (SR) opgerig is, Swop Shop waar ook groen as ’n projek aangerommel geruil word vir skryf- neem het, gaan hulle in die week behoeftes en selfs sommige ver- van 18-22 Februarie ’n groen pakkingsmateriaal is na meer week hou en beplan hul ook om omgewingsvriendelike-verpak- tydens dié week ’n groter beking verander in die SS. wustheid oor groener-leefstyle In samewerking met Vo- te skep onder die NWU-Pukke. dacom, het SJGD 100 sonpanele Elkeen kan sy deel doen deur beskikbaar gestel aan behoef- blikkies of papier in herwintige studente en matriekleer- ningsdromme te gooi en selfs 'n linge in die omgewing. In 2012 lig af te skakel. Al die klein dinis daar ’n allemintige 6.24% wat getjies vorm een groot sukses.

Dra jy by tot Groenkampus? SAMESTELLING: ANICA SCHEEPERS RUDI ACKERMAN Wes-Kampus 4de Jaar Honneurs in Ekonomie

MEGAN KRUGER Klawerhof 1ste Jaar BCom Bemarkings- bestuur

"Ek stap orals heen in plaas daarvan om te ry. Ek sit my rekenaar op sleep en sit die ligte af." ANTON VAN DER WESTHUIZEN Privaat 3de Jaar BCom Rekeningkunde en Informatika

"Ons sit die ligte en toestelle af as ons uit die kamer gaan en ons hou ons koshuis netjies en skoon."

"Ek gooi my papiere in die asblik en ons vriende probeer saam kampus toe ry."

"Ek gooi die verskillende rommel in die gepaste asblikke voor die SS."

WILLIE BLIGNAUT Patria 4de Jaar BA Grafiese Ontwerp "Ek's al geïrriteerd met almal wat alles probeer groen maak."

ARMAND BOTHA De Wilgers 1ste Jaar BIng Meganiese Ingenieurswese

ANNERI NEL Minjonet BCom Kommunikasie 3de Jaar

"Ek dra nul by, maar ek's glad nie geïrriteerd met dit nie. Ek dink dis 'n cool idee."


NUUS

Tablet Smack down!

21 FEBRUARIE 2013

COLETTE BOTHA

T

ablets have opened a new world of technology and are taking the computing world to a whole new level. These devices will give you internet capabilities, access to email, allow you to capture videos and images and it’s designed to be portable. In order to find the tablet that is best for you, consider what you will use it for. Tablets offer different features and different tablets excel in different areas. Some tablets offer more features for entertainment with high screen resolution, good graphics and other video capabilities. Others offer strong internet connections, long bat-

tery life and fast operating systems. With the built-in cameras, you can capture images anywhere or even communicate with anyone around the world via video chat. If you prefer something smaller and lightweight, the Netsurfer Touch or Coby will be a better option, although the operating systems may influence their performance. Opinions on tablets differ depending on which tablet owner you ask. One user mentions in a review about the iPad 2 that “this tablet makes me want to kick somebody!” Whether you are a student, business professional or just love technology, tablets have something to offer for everyone.

Galaxy Tab 10.1

Apple iPad

| 5 The Samsung Galaxy Tab has a larger display than the iPad, but the thinner and more lightweight design lacks the feel of the iPad construction. The front camera is better than the iPad however, the 3.2mp rear camera with LED Flash causes over-exposure on images. With WiFi and 3G the Galaxy Tab is great but some users may not be able to operate the internet easily because of the hardware. Comparing with the iPad, the Galaxy has better music quality with two speakers (left and right) enhancing music quality. The Galaxy Tab uses an Android operating system, which can’t be compared with iPad’s operating system (IOS), because of the immense similarities. The flash support creates a desktop-like experience. The music interface has a more visual and creative appeal. The Galaxy Tab plays high definition movies, but has lower resolution than the iPad. The battery use is more than above average, the same as the iPad’s battery use. In terms of business the Galaxy Tab comes complete with Office document support - Microsoft Word, Excel and PowerPoint. It has more personalization features than iPad, but it’s a little bit more pricy. Retina display makes the colour tones more warm and saturated which makes it more appealing. The front camera’s quality is not as good as the Galaxy’s front camera, since the iPad has a VGA front camera. However, the rear 5mp i-sight camera with no flash, provides better balance tones on images. With a single speaker, the music quality’s lower than the Galaxy Tab. The iPad has a faster and more fluent touchscreen response than the Galaxy Tab. The fluent graphic performance makes it ideal for photos, videos and games. It plays high definition movies with higher resolution than the Galaxy Tab. With WiFi and 4G, the iPad’s internet connection is fast and reliable.

Druk op Maties rioolwerke JEANELLE GREYLING

MATIES

Bouwerk gaan voort Die Universiteit van Stellenbosch (Maties) se beplande bouwerke “gaan baie druk op die rioolwerke plaas,” het Karl Kemp van die studentekoerant Die Matie, gesê. Kemp berig dié bouwerk gaan uiteindelik akkommodasie aan 2500 studente verskaf. Volgens Kemp en Jaco du Plessis se berig in dié koerant, beoog die Waste Water Treatment Works (WWTW) om alle riool in die Plankenburg-rivier wat deur Stellenbosch loop, voor April skoon te maak. Omliggende boere sê riool en dooie voëls wat in dié rivier dryf is ’n algemene verskynsel. “Daar is tans 34 miljoen Escherichia coli (E.Coli) organismes per 100ml water,” het Kemp en du Plessis berig. Skielike diarree-

Daar is tans 34 miljoen Escherichia coli (E.Coli) organismes per 100ml water

aanvalle kan aan dié bakterieë toegeskryf word. Malani Venter van Die Burger het berig dat ’n forensiese oudit vroeër vanjaar gedoen is van SUSPI Maties se sportprestasie-instituut. Finansiële ongerymdhede wat tot die verdwyning van R1 0 miljoen gelei het, is uitgewys. Dié universiteit se studenteraad het ’n mosie ingestel wat vereis dat die universiteit voorsiening maak vir sekere gelowige studente. Volgens Kemp is daar min plekke op kampus wat Halaal-kos bedien.

KOVSIES

Nuwe parkeerstelsels Die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) het onlangs ’n parkeerstelsel soortgelyk aan dié van die NWU-Puk gekry. Carike van Zyl van Kampus Volksblad, het berig ’n ondersoek is ingestel oor die beskikbare parkeerruimtes op dié kampus. Lacea Loader direkteur van strategiese kommunikasie by Kovsies, het gesê “al die parkeerruimtes word nie genoegsaam benut nie”. Liezl Keyter van dié koerant het berig die Kom Veilig Daar-veldtog het studente bewusmaking oor dronkbestuur op ’n verbeeldingryke manier voorgestel. “Nadat ’n paar studente een of twee shooters weggeslaan het, het hulle ’n kegelbaan op die krieketveld saam met die verkeersbeamptes aangedurf,”

Is dit al tyd vir dáái ring? NADIA SWANEPOEL Indien dié berig jou oog gevang het, val jy onmiddellik in ’n radikale ander lesersgroep as diegene wat leesstof oor daaglikse nuus en gebeure geniet. Vir jou ‘tipe’ is die woord liefde nog sag op die oor en ’n aangename onderwerp om oor te filosofeer. Die moontlikheid is ook groot dat jy nie die afgelope tyd ’n liefdesdilemma moes verwerk nie en dat jy ten minste al een romanse in jou lewe verslind het. Liefde tussen man en vrou word nie bevestig as julle name met ’n verbindende hartjie in die duikweg gekrabbel staan. Óf as eerstejaars tou staan om elkeen ’n blom (met komplimente van hom) aan jou te oorhandig nie. Die aanloop ná die groot dag begin amptelik as jy ’n beloftering aan jou ringvinger ontvang en julle dan amptelik as ‘verloof ’ bestempel word. Vir ’n handjievol begin hierdie proses reeds terwyl hulle besig is met hul studies. Dit is ’n feit wat Wapad nuuskierig gelaat het en na NWU-Pukke soos Liandi Campher Slabbert en Johan van Rooyen gelei het. Johan was tot einde 2012 ’n

Grietjie Swanepoel HK-lid van Wanda-dameskoshuis, het op haar verjaarsFOTO: VERSKAF dag verloof geraak aan Nikki Prinsloo.

Daar word in koshuise elke jaar gemiddeld vier meisies en slegs een man verloof trotse Laureus-inwoner, maar skrop deesdae nes saam met sy nuwe vrou Tineke van Rooyen. “’n Ring trek verbasend baie aandag en belangstelling onder die manne,” het van Rooyen gesê. Liandi wat tans steeds studeer, was van mening dat medestudente (veral dames) dit baie

weird vind, maar dat hul steeds verbasend akkommoderend in klasverband bly. Sy deel ook haar raad aan enkellopendes en meen dat dit steeds beter bly om nie hierdie twee seisoene in jou lewe te kombineer nie. “Geniet eers jou studentelewe, dán trou jy!” het Slabbert gesê.

het Keyter berig. Keyter het ook berig dat Old Mutual se Dima-trust die afgelope vyf jaar R30 miljoen aan Kovsies bewillig het. Die universiteit gaan dié geld gebruik op die Family Math and Science Programme, “om onderwysers op te lei sodat hulle nie net die leerlinge in hul skole kan onderrig nie, maar ook om ouers in hul gemeenskappe op te lei om aan die kinders se onderrig deel te hê,” het Keyter gesê.

TUKS

Ongelukkigheid oor JOOL “Die koshuise en gemeenskap is nie tevrede met die manier waarop JOOL vanjaar aangebied is nie,” het Carel Willemse redakteur van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se studentekoerant Perdeby, gesê. Dié jaarlikse optog het op 9 Fe-

bruarie plaasgevind. Die Perdeby-verslagspan het berig dat die tradisionele idee van JOOL verwyder is weens die verkorte roete en die gebrek aan blikskud. Boonop het die SAPD ’n uur later aangekondig dat alle alkohol verwyder moes word. “Baie studente het hul teleurstelling uitgedruk omdat JOOL tradisioneel daarvoor bekend is dat mense deur die dag kan drink,” het dié verslagspan berig. “JOOL gaan nie effektief kan voortgaan as dinge só aanhou nie,” het Robyn van den Heuvel Jasmyn se JOOL: Huiskomiteelid, gesê. Tuks het verlede Maandag se Varsity Cup-wedstryd teen die Universiteit van Kaapstad (IKEYS) gewen met 24-16. Volgens Willemse gaan die grondwet van Tuks se studenteregering hersien word. Ayanda Ndlovu het berig AfriForum Jeug is teen dié besluit en dreig dié universiteit met regstappe.


6|

NUUS

Kortliks

21 FEBRUARIE 2013 SAAMGESTEL DEUR LUZANNE KEYTER

Wêreldnuus Pistorius verlaat die landroshof Donderdag 14 Februarie.

ILLUSTRASIE: P. CARRIL

FOTO: GREGORIO BORGIA

ALGEMEEN

ROME

Astroïede maak naaste verbygang in geskiedenis

Pous Benedictus XVI lê amp neer

Die 2012DA14 asteroïede het op 15 Februarie 2013 geskiedenis gemaak toe dit slegs 27,700 km weg van die aarde verby beweeg het. Die hemelliggaam geskat 45 meter in deursnee het tien keer nader as die maan aan die aarde binne die wentelbane van verskeie satelliete beweeg. Hierdie verbygang is die naaste bekende benadering na die aarde van ’n ruimtevoorwerp van sy grootte. Die asteroïede was duidelik genoeg om met verkykers te sien in die donkerure van die noordelikehalfrond. Wetenskaplikes hou die asteroïede dop en beweer dat daar geen kans vir ’n botsing tussen 2012DA14 en die aarde is nie. Daar is wel ’n 1-uit-200 000 kans dat hierdie asteroïede die aarde in 2080 sal tref.

FOTO: BLOGS.INDEPENDENT.CO.UK SUID-AFRIKA

Paralimpiese ster aangekla van moord

S

osiale-netwerke en nuuskanale het gegons ná Oscar Pistorius wêreldbekende Olimpiese en Paralimpiese atleet, Donderdag 14 Februarie by sy luukse huis in Pretoria in hegtenis geneem is vir die beweerde moord op sy model vriendin Reeva Steenkamp. Aanvanklike gerugte het versprei dat Pistorius in die vroeë oggendure na bewering gedink het dat Steenkamp (29) ’n inbreker is. Hierdie bespiegelinge word wel ten sterkste deur die polisie ontken. Steenkamp is vier keer geskiet en op die toneel dood verklaar. Volgens City Press het gerugte ontstaan dat Pistorius Steenkamp in die heup geskiet het in die slaapkamer, waarna sy na die badkamer

gevlug het en nog drie keer deur die deur geskiet is. ’n Bloedbesmeerde krieketkolf is glo in Pistorius se huis gevind wat die oorsaak van die skade aan Steenkamp se skedel kan verduidelik. Pistorius se saak het vinnig voorgekom in die Pretoria-landdroshof op 15 Februarie maar is uitgestel tot 19 Februarie waar die staatsaanklaer, Gerrie Nel, ’n saak van voorafbeplande moord gaan argumenteer. Pistorius sal dan ook aansoek doen vir borgtog en is tans in aanhouding by ’n Pretoria polisiestasie. Familie het in ’n verklaring aan die pers gesê dat Pistorius onskuldig sal pleit en getraumatiseerd en hartseer is oor die insident. ’n Gedenkdiens word Dinsdag 19 Februarie vir Steenkamp in haar tuisdorp Port Elizabeth gehou en sal slegs deur naby vriende en familie bygewoon word.

Pous Benedictus XVI (85) wat as “God se rottweiler” deur sy kritici bestempel word, het Sondag 10 Februarie aangekondig dat hy sy amp gaan neerlê. Sy aankondiging het skok en spekulasie binne die Vatikaan veroorsaak en daar word bevraagteken hoekom hy so skielik bedank. Dit is die eerste pouslike bedanking in 600 jaar en sal 14:00, 28 Februarie 2013 van krag word. Daar word klaar gespekuleer oor wie sy opvolger sal wees en ’n Suid-Afrikaner vanaf Durban kardinaal Wilfrid Napier (71), sal tussen die 118 Rooms-Katolieke kardinale wees wat volgende maand vergader om ’n nuwe pous te kies.

Meteoriete vs. Asteroïedes • Asteroïdes is klein liggame wat soos die aarde rondom die son draai • Groter asteroïdes word planetoïede genoem en kleiner asteroïdes meteoriete • Sodra enige van hierdie ruimteliggame die aarde se atmosfeer binnedring, word dit meteore genoem. • Baie meteore breek in stukke of verbrand heeltemal soos hulle deur die atmosfeer snel. • Sodra meteore of stukke daarvan die aarde tref, word hulle meteoriete.

GRAFIKA: WIKIMEDIA.ORG SUID-AFRIKA

Noordwes vs. Moses Kotane Noordwes sal dalk binnekort as die “Moses Kotane-provinsie” bekend staan. Dit is aangekondig deur Supra Mahumapelo die ANC-voorsitter van die provinsie se uitvoerende komitee, by ’n vergadering op 10 Februarie 2013. Moses Kotane was sekretarisgeneraal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en Mahumapelo beweer hierdie naamsverandering sal ’n demokratiese proses wees. Prof. Annette Combrink van die DA wat tans die burgermeester van Potchefstroom is en ander DAraadslede wat lede van die sakekamer is, het nie die vergadering waar die voorgestelde naamverandering aangekondig is, uit protes daarteen bygewoon nie.

FOTO: UNIVERSE TODAY RUSLAND

Meteoriet tref Uralberge ’n Meteoriet wat Vrydag 15 Februarie naby Chelyabinsk in Rusland se Ural-berge neergestort het, het na beraming 1 200 mense beseer waaronder 200 kinders was. Meeste van hierdie beserings is as gevolg van gebreekte glas. Die meteoriet wat omtrent 17 meter in deursnee is en ’n massa van 10 000 kg het, het meer as 1 biljoen roubles (R294 miljoen) se skade aan die dorp en omliggende omgewing gerig. Wetenskaplikes ontken bewerings dat die neerstort van hierdie meteoriet enige verband hou met die 2012DA14 asteroïede wat verby die aarde op dieselfde dag beweeg het.

SUID-AFRIKA

ENGELAND

Anene Booysen verkragting

Blonde Lauren slimmer as Gates, Hawking en Einstein •

FOTO: SWNS

Die 16-jarige Lauren Marbe van Essex Brittanje, het skokgolwe veroorsaak nadat sy MENSA se breintoets gedoen het en 161 behaal het. Hierdie uitslag beteken dat sy volgens MENSA slimmer is as professor Stephen Hawking, Bill Gates en selfs Albert Einstein wie almal ’n IK van 160 het. Marbe is dus nou deel van die top een persent van die slimste mense in die wêreld.

FOTO: BEELD.COM

Anene Booysen (17) van Bredasdrop is Saterdag, 7 Februarie 2013 vroeg die oggend op ’n bouperseel aangetref nadat sy wreed aangerand, verkrag en vermink is. Sy het later die dag as gevolg van haar beserings geswyk. Die publiek het heftig reageer op die wreedheid van Booysen se aanval en pres. Jacob Zuma het gevra dat die twee beskuldiges Jonathan “Zwai” Davids (22) en Johannes Kana (21), die swaarste straf moontlik moet kry “as deel van ’n veldtog om dié euwel in ons samelewing uit te roei”.


NUUS

21 FEBRUARIE 2013

Kampus loop oor van voete HILETTE WENTZEL

M

et die vroeë somersonsopkoms trek 2013 nog ’n jaar van klasdraf oor die NWU-Pukkampus. En dis spitsverkeer! Klasse is voller, eetsaalrye is langer en die duikweg is ’n snelweg in spitsverkeer. By die Voorhuis staan studente in ’n ry om by die deur in te gaan. Op pad soontoe draai studente om en probeer die Studente Sentrum (SS), waar die rye twee keer langer is. In die derdejaarsbiokinetika-klas sit studente op die trappe met die hoop om iets van die slideshow te sien. “Ek moet 20 minute vroeër klas toe stap waar dit my gewoonlik 10 minute vat, want die duikweg is te vol,” sê Beóndi Bronn haastig in die duikwegverkeer. Studente parkeer op die sypaadjies of gras om ’n parkering naby hul koshuis of klas te kry. Die kampus bars behoorlik uit sy nate. Gewoonlik raak studente minder op kampus, eetsale en klasse met die verloop van die semester en studente kan weer asemhaal. Die vraag is egter waar is die spitsverkeer van die begin van die jaar? Tom Larney

Die ry by die iCafé-kiosk. waarnemende kampusregistrateur van die Potchefstroomkampus, meen “die feit dat dit beter raak later in die semester het daarmee te doen dat studente gewoont raak aan hul eie roetine en hulle eie keuses van tye om te gaan eet of kampus toe te ry.” Verder sê Larney dat die spoedige groei van die kampus baie druk op die fasiliteite plaas “maar dis reeds by die beplanning ingewerk” en dat die NWU-Puk nie studente buite hul kapasiteit aanvaar nie. Die klasse word nie oorvol ingedeel met die hoop dat bunkers sal weg bly nie en waar daar ’n probleem in kom “probeer ons ten alle tye om ’n groter lokaal te kry,” voeg Larney by.

FOTO: ALDA BRONKHORST Die NWU-Pukkampus se studente het met 43.63% toegeneem vanaf 2004 tot 2011. Sedertdien is die ingenieurswese-kompleks en die nuwe gebou by die Fakulteit Ekonomies en Bestuurwetenskappe opgerig met groot lokale, ’n nuwe koshuis word vir Laureus gebou en die Pukki-Pendeldiens is ingestel om die oormaat studente in ’n mate te allokeer. Marike Kersop ’n tolk vir Fakulteit Regte, neem waar “dat getalle weer toeneem voor eksamens as die afbakening bespreek word.” Hopelik raak die studente vinnig gewoond aan hul roetine en kampus raak stiller voor die eksamens en die son vir 2013 sak.



|7

Instapdiens té stadig?

Die wagwoord? Geduld

Die idee van die IT-instapdiens is om ’n enkel kontakpunt vir studente te skep wat IT-pro bleme ervaar. Hulle doen alles van WiFi (op skootrekenaars, tablets en selfone) en NACopstelling tot die oordoen van rekenaars met wettige Windows-pakkette en alle dienste is gratis. “Die gemiddelde tyd gewerk aan ’n skootrekenaar is ongeveer 30 minute, afhangende van die aantal toestelle wat ingedien word om gediens te word. Die gemiddelde tyd vanaf inhandiging tot afhaal is ongeveer drie dae. Verder word daar sms’e uitgestuur om die studente te laat weet dat die toestelle reg is om afgehaal te word,” het Barend Pretorius senior IT-konsultant, gesê. “Daar is tussen 8 en 11 tegnici wat werk aan die skootrekenaars. By ontvangs het ons net twee personeellede aan diens tydens piektyd. Ons vra die studente se geduld en samewerking in dié geval. Ons stuur ook gereeld ’n derde persoon in die ry af om algemene vrae te hanteer,” het Pretorius gesê.

Statistiek: Besigste dag: 6 Februarie Ongeveer 650 toestelle ingehandig

Pukki-Pendelroete & review BENINE CRONJÉ Op ’n vuurwarm dag het ek nie lank gewag by die duikweg vir die Pukki-Pendeldiens om te arriveer nie. Ek was verbaas oor die busdrywer se keuse van musiek tot ek Fokofpolisiekar se Dagdronk gehoor het. Die bus was baie koel en dit het sommer my gemoed verbeter. Ek het voor by bestuurder Johannes Lerefolo gesit en gevra wat dink hy van die pendeldiens. “Dit is lekker vir studente wat ver van hulle klasse is om hul betyds daar te kry.” Die bus het tot by die Ingenieursfakulteit se duikweg gery - die begin van die pendeldiensroete. Adriaan Laufs van Veritas wat pas vanaf sy klasse by die Onderwyskampus af kom, verduidelik dat hy daagliks die diens gebruik. “Die pendeldiens is verskriklik gerieflik en ek sal graag wil sien dat die diens aanhou,” verduidelik Laufs. Ek het op al drie verskillende busse gery en kan beslis sê dis baie veilig. Die diens is veral gerieflik vir inwoners van koshuise wat ver van die hoofkampus af is.

Sleepnaam: TAUtally gevlHEI

Ratau Lebone As julle gewonder het wie tydens JOOL dieselfde liedjies gespeel het tot jou ore begin bloei, dit was die trotse inwoners van Ratau Lebone dié manskoshuis op kampus wat die langste al bestaan – 73 jaar. Natuurlik het die koshuis na so baie jare ’n ryk geskiedenis en baie stories om te vertel. Ratau Lebone wat “Vaderleeu waak/lig” beteken, is in 1940 geopen deur prof. PJ van der Merwe van die destydse Potchefstroomse Onderwys Kollege. Prof. van der Merwe se bynaam was Ratau. Ratau het laas jaar ’n tweede gebou nou bekend as Ratau-Suid, by gekry as deel van hul koshuis. Hierdie nuwe gebou was egter die oorspronklike Ratau. Die koshuis het in hul bestaansjaar deur ’n aanval van die Tweede Wêreld Oorlog op die NWU-Puk gestaan en daar is gerugte dat oud-prof. JAS Swart se spook steeds gehoor kan word as hy sommige aande deur die koshuis se gange beweeg.

KOBUS OLIVIER

Heide ’n Mens kan die dinamiese dames van Heide al van hul eerstejaar af hoor aanklingel met die kenmerkende klokkies om hul enkels. Heide was egter nie altyd ’n dameskoshuis nie. Hulle het begin as die Drakenstein waar mans en dames gewoon het. Die onderste deel van die koshuis het mans gehuisves en die boonste deel dames. In 1970 het die koshuis slegs dames begin huisves en het die naam na Heide verander. Hulle het ook die embleem van ’n pienk seekoei wat se naam Gonnie was, aangeneem. Dit is gelukkig nie waar Heide se transformasie opgehou het nie. Hul koshuiskleure het oor die jare verander van pienk na maroen na blou. Heide se bekendste legende is natuurlik dié van Ester hul koshuisspook. Ester het deur die hysbak geval en woon nou permanent op die vyfde vloer van die koshuis. Sy is egter baie sosiaal en maak gereeld haar verskyning op die gang. Veral as dit tyd is vir donkerkoshuisie…

KAART: SW THERON


10 |

KUNS & VERMAAK

21 FEBRUARIE 2013

7 Februarie - 21 Februarie TOT 15 MAART NWU-Botaniese Tuin Galery Personeeluitstalling NWU-Galery BooMenSlik (Tekstielkuns)

YouTubeTrailer App: ScanLive

21 FEBRUARIE Memphis Tidal Waves Black Cat Bones 26 & 28 FEBRUARIE Konservatorium Potchpourri 28 FEBRUARIE Memphis Naas Veld Die See

FOTO: PAFF.ORG

Fanie Fourie's Lobola

2 MAART Memphis Hemel Besem

JOHANNES SERFONTEIN

7 MAART Memphis Jan Blohm

SHOWS Woensdae 18:00-21:00 Red Bull Local Top 30 Dinsdae 18:00-21:00 New Music Space Sondae 18:00-21:00 Gospel Show Sondae 21:00-24:00 Rooiwyn Sondag Dinsdae en Donderdae 17:00-18:00 Sportshow

Ons almal was al verlief op daardie een iemand wat nie jou familie se goedkeuring wegdra nie. Jy kan jou ma vertel dat jou meisie ’n miljoenêr is of dat jou kêrel vir die NWU-Puk rugby speel. Dit help nie – jou gesin keur net nie jou lover goed nie. Dit is presies wat in Fanie Fourie’s Lobola gebeur. Met net een verskil – wit en Afrikaanse Fanie is verlief op ’n swart Zoeloe meisie, Dinky. My eerste aanname toe ek dit hoor, was dat die fliek nou seker weer gelaai met politieke kommentaar en rassistiese grappe sal wees, maar wat ’n aangename

verrassing. Fanie Fourie’s Lobola gaan oor Fanie (Eduan van Jaarsveld), ’n jongman in Pretoria wat nog by sy ma bly en sy eie karre bou en ontwerp. Hy noem homself ’n panel artist. Sy ma en die meisies aan wie sy hom voorstel noem hom ’n mechanic. Dinky Magubane (Zethu Dlomo) bly in ’n township naby Pretoria, werk in Carnival City en droom daarvan om haar eie besigheid te begin. Tot dan moet sy egter ’n stokkie voor haar pa se idees om haar met die hoofman se seun te laat trou, sit. Wanneer hulle ontmoet nooi Fanie haar om saam met hom na sy popsanger-broer Sarel (Chris Chameleon), se troue te gaan.

Liefdesverhaal sonder politiek

Dinky het net een voorwaarde – Fanie moet Sondagmiddagete by haar huis gaan eet. Wanneer sy Fanie se karre kuns noem, verloor hy sy hart.

Die twee raak verlief en verloof, maar hoe gaan hulle trou as hul ouers nie eers hul verhouding goedkeur nie? En waar gaan Fanie dertig beeste kry om vir Dinky se pa te koop? Dis ’n tipiese goed-voel-fliek. Jy wil hê Fanie en Dinky moet ’n manier kry om bymekaar te bly. Die eerlike en gemaklike toneelspel maak dat jy deel van die storie voel. En met musiek van Freshly Ground en Jack Parow is dit moeilik om nie meegevoer te bly nie. Die draaiboek geskryf deur Henk Pretorius en Janine Eser, is gebaseer op Nate ‘a Motana se boek. Henk Pretorius het ook die regie behartig. In teaters vanaf 1 Maart.

Debat in sleepverband in tweede semester

Kampusdebat brei uit LIZANNE LOOTS

D

aar heers ’n atmosfeer van opgewondenheid op kampus oor die debat wat op 4 Maart begin. Koshuise is hard aan die oefen sodat geen spreker tong in die kies sal sit wanneer iemand onverwags vra “op ’n punt van inligting?” nie. Vanjaar se debat gaan nie net nasionale onderwerpe kry om oor te debatteer nie, maar ook internasionale onderwerpe. Volgens Michelle Groenewald president van die Debat-vereniging van die NWU-Puk, is dié reël verander om studente aan te moedig om hulle algemene kennis te verbreed. Elke koshuis sal die geleentheid gegun word om twee keer te praat. Die beoordelaars kies dan die top vier mans- en dameskoshuise wat aan die finaal sal deelneem op 6 en 7 Maart. “Debat word ’n manier van lewe,” het Groenewald vertel. Sy het verder vertel dat die kampusrektor prof. Herman van Schalkwyk, baie positief is oor kampusdebat. Daarom gaan kampusdebat vanjaar uitbrei. Daar gaan in die tweede kwartaal weer debat plaasvind, maar in sleepverband. Dit gaan op dieselfde manier plaasvind as die Engelse-debat. Twee persone is in een span, maar vier spanne gaan gelyk teen mekaar deelneem. Daar gaan net 15 minute voorbereidingstyd wees en nie ’n uur soos gewoonlik nie. Die lekkerste deel is dat geen bronne nodig is vir sleepdebat nie. Elke spreker moet net op sy of haar voete kan dink en hulle algemene kennis gebruik. Daar gaan inte-

Middel: Mugshot van Anrie Pretorius leier van die inisiatief. FOTO: VERSKAF

Onderliggame voor in die koor elke week CYRIL BLACKBURN

Dié Eikenhof-koshuisfamilie is 2012 se debatwenners. Brazilda van Tonder (Dogter), Michelle Groenewald (Koshuis Moeder), Monica Kasselman (Dogter), Susan jansen van Resnsburg (Koshuis Ouma). FOTO: VERSKAF

OP ’N PUNT VAN INLIGTING “Debat word ’n manier van lewe” ressante onderwerpe wees om oor te debatteer soos “Liefde bestaan nie”. Die beoordelaars gaan niemand anders as studente self wees nie en hulle sal moet kan redeneer hoekom elke span die punt gekry het wat hulle verdien. Groenewald praat met entoesi-

asme oor debat as sy sê, “Debat maak deure oop”. Suzaan Burger kultuur Huiskomitee (HK)-lid van Eikenhof, sê dat debat jou selfvertroue en algemene kennis verbeter asook jou vermoë om dosente te oorreed om vir jou beter deelnamepunte te gee.

Voor die jaar nog ’n behoorlike asemteug gehad het, is die NWU-Pukke weereens volstoom aan die gang en hierdie jaar is SR:Kunste voor in die koor. Opvoerings vir al die onderliggame van die SR:Kunste is maar een van die maniere hoe hulle seker maak dat die stem van alle deelnemende kunstenaars op die NWU-Pukkampus in 2013 gehoor word. Die onderliggame wat onder SR:Kunste val sluit Divaco, Disfunctional Beat, NWU-Pukkoor, NWU-Pukorkes, Buzzin’ Kamermusiekensemble, Thalia, Serenaders en PUK-Amici in. In die opvolgende weke gaan elkeen van dié onderliggame ’n kans kry om op Woensdae tussen 13:00 en 14:00 te wys waarvan hulle gemaak is. “Dié is die SR:Kunste se inisiatief om die onderliggame te bemark en hulle die geleentheid te gee om op te tree op kampus,” het Anrie Pretorius onderliggaam Uitvoerende Komitee (UK)-lid van SR:Kunste, gesê. “Daar is baie talent op kampus en daarom sal ek dit ’n instelling

wil maak vir die NWU-Pukke om die kunste op kampus te ondersteun.” Week twee was PUK-Amici aan die beurt. Hulle het die gehoor op hul voete gehad met hulle unieke vertolkings van Nella Fantasia en My Hele Hart. “Ons het vanaf middel-Januarie geoefen om die beste vertoning moontlik te gee,” het Siyabonga Maqungo lid van dié groep, gesê. Die Soccer Medley is beslis my gunsteling en is laaste gesing. Die groep tesame met Richard Cock, het die liedjie geskryf vir die AFCON-beker. “Dié gaan eintlik oor ’n geleentheid om die kunstenaars van die NWU te bemark,” het Pretorius vol entoesiasme oor dié projek aangevoer. “Ek glo dit sal ’n groot sukses wees.” Musiek praat beslis ’n universele taal en met kunsteliggame wat bevoeg is en meer as genoeg talent het om vir die meer lui NWU-Pukke op te maak, beloof die projek beslis om groot sukses te behaal. Hou gerus die amfiteater Woensdae tydens etensuur dop.


KUNS & VERMAAK

21 FEBRUARIE 2013



Bome, simbole en prostaat

| 11

Galery stal prof se tekstielkuns uit

FOTO'S: JACQUES CILLIERS KEVIN DU PLESSIS

T

ekstielkunstenaar prof. Paul Schutte direkteur van die Skool vir Kommunikasiestudies, is ’n vriendelike en oop mens wat straal van goeie gesindheid. Dis asof hy heeltyd net homself moet terughou van rondspring. Dié goedaardige dosent en kunstenaar se solo-uitstalling van tekstielkuns BooMenSlik, het op 14 Februarie geopen in die NWUGalery en is oop tot 15 Maart. Schutte verduidelik dat die “boom”-tema die psigo-spirituele reis van onkunde na bewustheid omvat. Deur verstand vir die biologiese prosesse van bome word 'n mens volgens dié kunstenaar bewus van die korrelasie tussen die geskape natuur en ons eie le- wens. Die bome in Schutte se uiters komplekse tekstielwerke dien as ’n simbool van sy eie pelgrimsreis wat soms bomenslike ervarings omvat het. “Die boom word gebruik as simbool of metafoor om ’n bepaalde emosie of gevoel uit te druk,” sê hy die oggend na die opening waar hy ’n walk-about gedoen het om die uitstalling vir meer in-

Links: Mense bewonder die uitstalling van tekstielkuns deur prof. Paul Shutte by die openingsaand. Middel: Prof. Paul Shutte saam sy vrou Netta. Regs: Ocean oil spills - een van die werke tans uitgestal in die galery langs die biblioteek. tieme gesprek rondom die werke. Wanneer mens verder in die uitstalling se titel in delf kom mens by die “mens”-aspek. Dié deel van die uitstalling getitel Boom Van My Lewe is waar “die boom, tak en blaar as direkte metafoor gebruik word vir ’n baie intieme ervaring van ’n prostatektomie. Dié deel word ook aangebied as

’n tekstielboek van 12 los bladsye van digkuns verwerk deur prof. Heilna du Plooy wat saam met elke tekstielwerk uitgestal word. By die finale werk in die tekstielboek wat getitel is Eksie-Perfeksie-Ereksie wat elke man wat deur ’n suksesvolle prostatektomie gaan en dalk sal gaan verseker dat alles weer sal werk soos

dit gewerk het voor die proses. “Ja swaer, ek kan alles doen wat ek voorheen gedoen het. Ook nie net sommer nie, maar selfs beter en meer: piepie, poep en penetreer,” loop die woorde onder die finale werk in dié sub-reeks. Die “Slik”-afdeling is geskep vir die navorsingsprojek Weerspiellings en weerklank: gesprekke

Potch versot op Soesji

JOPIE HENNING

Enigiemand wat in Potchefstroom woon sal vir jou sê daar het in die afgelope jaar soveel soesji-restaurante oopgemaak veral op Die Bult, dat selfs die jare lange inwoners begin oorweeg of ons nou in die Verre Ooste woon of nie. Tydens ’n onlangse besoek aan Die Bult het ons bevind dat daar nie minder as sewe plekke is wat soesji bedien nie. Nou is die vraag “waarom so baie plekke wat soesji bedien, so skielik”? Wapad het by verskeie studente op kampus gaan aanklop vir hul menings oor dié

vraag. Carla Visagie sê “Ek dink daar is so baie soesji-plekke op Die Bult, want soesji is lekker en net lekker mense hou van soesji en natuurlik is Potch die plek met al daardie tipe mense”. Verder sê ’n ander student wat verkies om anoniem te bly dat sy mening hieroor is dat dit help om pryse laag te hou en daar ook ’n verskeidenheid van soesji-restaurante is wat jou soveel meer keuses gee. Duan Craffert meen “Dit gaan alles oor die restaurant-eienaars wat die gaping in die mark raakgesien het en ook die groot aanvraag van die studente daarvoor. Dit is juis hoekom die meerder-

Simply Asia

Fashion Sandwich (4 Stukke)

CD-resensie

heid soesji-restaurante op Die Bult geleë is. Die probleem is egter dat die mark in terme van die studente dalk nie groot genoeg is om soveel restaurante aan die gang te hou nie. Ek dink die minder suksesvolles, waar die soesji taamlik duurder is, nie 2014 gaan sien nie”. Met ons ondersoek het een ding uitgestaan: elkeen het sy eie dis wat uniek is aan die betrokke restaurant, van soesji waar jou mond so brand dat dit voel of jy ’n vulkaan eet tot by dié gemaak van vrugte. Hier is ’n samevatting en prysvergelyking van wie wat bied en wat hul spesialiteit is: Nigiri (2 stukke)

R26

R48

Prawn Avalanche (4 stukke) @ R45

R46

R25

R42

E Sushi Balls (3 stukke) @ R34

R28

R25

R42

R25

R62

Hello Sushi

E Sushi 2 stukke

Huamin Westroll (10 stukke) @ R42

R45

6 stukke

Qba

R29

Fruit Sushi – Mango & Salmon (4 stukke) @ R40

R50

Fruit Sushi – Strawberry (4 stukke) @ R30

R50

Bedien algemene soesji – geen spesialiteit

R48,95 R42,95 R45,95

R45

4 stukke

Taste Café

R29

R45 4 stukke

Fishmonger 6 stukke

Grammy wenner Babel

Sashimi (4 Stukke)

R34

Tiger Rolls (4 stukke) @ R44

oor tipografie, topografie en tipologie deur prof. E Schuurman ’n filosoof en ingenieur uit Nederland. Schutte se toewyding rondom die bewusmaking van die gevolge van moderne tegnologie op die topografie van die natuur en mens, maak ’n sterk indruk. “Party mense dink tegnologie gaan die oplossing bring, maar dit gaan nie,” verduidelik Schutte. Dié versameling van verskillende tekstiele en die lae wat dit vorm op elke kunswerk maak hierdie uitstalling iets van ongelooflike merkwaardigheid. Hy breek ook deur geslagsstereotipering deur met tekstiel te werk, iets wat tradisioneel ’n vroulike medium is. Schutte verduidelik dat sy vrou Netta Schutte, altyd met tekstiele gewerk het en dat hy naderhand haar onvoltooide werk klaargemaak het en so ’n aanvoeling daarvoor ontdek het. “Die gogga het my gebyt en toe het ek ’n paar meestersklasse geloop by Amerikaanse tekstielmense. As my vrou nooit daarin belang gestel het nie, sou ek dit tien teen een nooit in myself ontdek het nie,” vertel hy laggend.

4 stukke

TARINA MULDER Babel het September 2012 sy verskyning gemaak na die sukses van Mumford & Sons se debuut album Sigh no More, in 2009 en het by die 2013 Grammy’s in die kategorie Best Album, gewen. Die album naam kom van die Bybelse verwysing na die toring van Babel en probeer die basiese morele waarde skep dat 'n mens nie jou grense moet oorskry nie en nie goddelik probeer wees nie. Met die vermoë van wanorde en die onvermoë om direkte boodskappe te belemmer. Die album is vol religieuse interteks wat veral in die lirieke van Below my feet en in Whispers in the dark gevind kan word. Babel oor die algemeen handel oor die liefde. Dit is duidelik met die koms van Babel dat Marcus Mumford en sy span van West London min of meer in dieselfde taal praat as wat hulle nog altyd het, eerder as om nuwe musikale kommunikasie paaie te ondek. Babel speel af as CD 2 van 'n veronderstelde dubbel album weergawe van Sigh no more. Die rede kan wees omdat van die liedjies oorspronklik vir die eerste album geskryf is. Mumford & Sons bring melo-

dieë in met eenvoudige saamsingklanke wat hulself in jou brein gaan tuismaak. Die liedjies begin gereeld stadig met Mumford se solo stem en akoestiese-kitaar. Die snitte bou op met vokale harmonie, banjo, keyboard en bas tot die hele liedjie ontplof in 'n folk rock ekwivalent van 'n dubstep drop. Die album bestaan uit dertien snitte wat die treffers I Will Wait en Lover Of The Light insluit. Die album het ook 'n deluxe edition wat drie ekstra snitte insluit onder meer die uitstekende cover van Simon & Garfunkel se treffer The Boxer, saam met Jerry Douglas en Paul Simon (Simon & Garfunkel). Daar is nie 'n tekortkoming aan aansteeklike melodieë en lirieke wat hulself iewers diep gaan plant en rede om die behoefte te kry om vir jouself 'n banjo te gaan koop nie. Dit was 'n definitiewe keuse wat Mumford & Sons gemaak het om nie die klank van Babel veel anders te maak as die klank van Sigh no more nie. Dit maak wel plek vir kritiek en laat sommige luisteraars wonder of Mumford & Sons musikaal gegroei het of dan nou nie. Ander sal weer sê, as jy 'n wen formule het hoekom wil jy die wiel herontdek?


12

21 FEBRUARIE 2013

Redaksioneel

Kommentaar

SMS 31750

SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

21 FEBRUARIE 2013

Voorsitter en redakteur debateer op PUKfm Die SR-voorsitter Janco Jordaan en redakteur van Wapad Kevin du Plessis, met onafhanklike party Johann Coetzee het op Valentynsdag 'n debat gevoer op PUKfm se show Titans of Talk gelei deur Michelle Groenewalt voorsitter van die debatvereniging. Die debat het gehandel oor mediavryheid op kampus en is hopelik die begin van veel meer sulke gesprekke tussen kampusmedia en studenteleiers. Ons gaan nou al 'n wyle aan oor dat leiers saam moet praat. Stilbekkies is nie 'n kenmerk van ons generasie nie en dit hoort vir seker ook nie 'n kenmerk van ons kampus se studente te wees nie.

Luister die debat hier: soundcloud.com/pukfm936/pukfm-titans_of_talk-14

YouTube: "Mediavryheid Debat"

Fietsry op kampus

Trap, trieng en trane E

App: ScanLive

Die volgende Wapad verskyn tydens 7 MAART

GRAFIKA: MARI SCHEEPERS

Kernredaksie

HOOFREDAKTEUR: Kevin du Plessis (071 289 6480) INHOUDSREDAKTEURS: Colette Botha (072 521 4570) Simon Sonnekus (084 567 9271) SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw (073 399 1866) TEGNIESE REDAKTEUR: Inge Buitendag (071 609 6301) FOTOGRAFIE & GRAFIES: Mari Scheepers (073 401 8235) SKAKELING: Kobus Olivier (083 456 3714) ADVERTENSIES & FINANSIES: Albertina Ngobeni (076 940 3864) EKSTERNE AKSIES: Jolandé Pienaar (082 758 0204) WEBMEESTER & VIDEO: Conrad van Wyk (082 563 9535) HOOFVERSLAGGEWER: Hannes Kruger (076 047 4989) HOOFTEKSVERSORGER: Joanie Schiel (083 381 4467) Teksversorgers: Joanelle Everson, Salmon Becker, Louise Krüger, Jeanelle Greyling en Hannes Kruger.

k het onlangs besluit om by die omgewingsvriendelike-kultuur aan te sluit en het daarom vir my ’n fiets aangeskaf. Kyk, ek is nie een van die sportiefste mense op hierdie planeet nie, maar die idee van fietsry het nogal aanloklik gelyk. So besluit ek toe om met die gedrog kampus toe te ry, want dit behoort mos vinnig te wees. Dit was een van die grootste oordeelsfoute van my lewe… Die eerste probleem wat ek met fietsry het, is dat jy uiters lagwekkend lyk op ’n fiets. Studente het nie baie nodig om lagwekkend te lyk nie, maar ’n fiets dra net by tot ’n student se graad van lagwekkend wees. Ek het gedink dat studente in die sestigs dalk beter sou lyk op fietse, fietse was toe nog relatief mooi, maar die goed wat ons vandag ry het vir my geen estetiese waarde nie. Ek haat dit om ’n oorlas te wees en dit was een van die eerste goed wat

Salmon Becker

my gepla het, in spitsverkeer het ek my pad probeer oopveg kampus toe. Ek wou nie op die sypaadjie ry nie, want ek moet elke twee minute stop om verby nóg ’n hoop bourommel te kom, of om plek te maak vir voetgangers waarmee ek die sypaadjie moes deel. In die verkeer het ’n paar mense die ordentlikheid gehad om plek te maak sodat ek soos ’n taxibestuurder in Hong Kong stadig en versigtig kon verbyskuur. (Ek is seker dat hulle hardop vir my gelag het). Fietsryers is dus vir

almal ’n ongerief - motorgebruikers en voetgangers. Op kampus gekom was die volgende doring in my vlees die parkering… waar maak ek die ding vas? Ek wou nie sommer net enige boom of paal kies nie, wat as my fiets vir iemand mooi is? Ek dink die NWU-Puk moet fietsryers laat betaal vir parkering, daar is duisende fietsryers. As die ding gesteel word sou ek dalk bly gewees het. Na ’n lang gesukkel is die gedrog uiteindelik vasgemaak en ek is laat vir klas. Ná die klas besluit ek teen my beterwete om koffie by die SS te gaan koop, ek is sterk op pad in Lover’s Lane toe ’n medefietsryer verby my skuur op sy fiets en my koppie tee op die grond beland. Al wat ek kry is ’n waai van die hand as ’n verskoning. Al wat hy gekry het, was een van my baie prominente vingers… My fiets staan nou al vir drie weke op my stoep en tot nou toe het nog niemand gedink dat hy mooi is nie.

Oogrol-klasoomblikke KEVIN DU PLESSIS Mens dink altyd dat universiteitsklasse so half professioneel is of iets. Soms is dit, maar 'n mens bly maar 'n mens, en 'n mens kan lekker stupid wees. Hier is tien dinge wat klas ondraagbaar kan maak. Dosente se persoonlike foto’s hoort nie op hulle slides nie. Dit gebeur veral as 'n mens vir die eerste keer klas het by ’n dosent en hulle wil hulself voorstel aan die studente. Ek wil nie sien hoe kwyl jou tweejarige, poefdoek, snotneus kind as ek gekom het vir klas nie. Ek wonder altyd wat dink hierdie middeljarige mense wat ewe skielik ’n midlife-crisis ondergaan en dan besluit om voltyds te begin swot saam met studente wat 18 is. Ek stel voor jy swot deur die pos, want jou ponie wat heeltyd voor my rond bons soos wat jy jou hand in die lug rond wapper om kans te kry om vir die tagtigste keer ’n

vraag te vra laat my voel asof ek nog nie heeltemal haartrekkery en spoeg afgeleer het ná kleuterskool nie. Baie van ons het al op daardie aaklige roterende plastiekstoele gesit in lesingslokale. Wie het daardie patent uitgedink? Dit laat jou voel of jou rugwerwels na tien minute gaan oppak en boonop is dit die awkwardste ding om tussen deur te beweeg. Vergeet maar om daai meisie te beïndruk as jou agterent vashaak tussen twee stoele. Moenie as jy nooit vir klas opgedaag het kom maak asof ons vriende is nie. Ek hou nie van jou nie en nie eers die stink geld wat jy tussen broekrek en heup uitruk gaan maak dat ek my notas vir jou gee nie. Doen die vak maar oor dan hoef ek jou nie weer volgende jaar te sien nie. Daardie ongemaklike oomblik wanneer die dosent ’n vraag vra en niemand wil antwoord nie. Ek voel altyd so sleg vir die bloedjies dat hulle nou moet weet dat niemand

van hulle vak hou nie. Ek dink dis hoogtyd dat ons die “kriek-kriek”soundclip terugbring vir hierdie oomblikke. Daar is niks soos iemand wat dink hulle is die grapgat van die klas nie. Hoërskool is verby. Die mense wat nou nog lag vir jou minder as intellektueel uitgedaagde pogings tot humor is tipies die klomp wat binnekort gaan moet opskop weens ’n “goeie werksgeleentheid” (familie electronics-winkel). Wat is dit met die lugversorging in ons klaskamers? Dis óf te koud óf te warm. Nooit net reg nie. Dis asof karma daarop uit is om jou te kry as jy nou spesifiek baie sweet op warm dae en die dag wat dit koud is, word 'n mens weer byna in ’n ice age ingevries. Nou, vir 'n student om nog te probeer snaaks wees, is iets wat 'n mens kan verwag. Vir dosente is dit doodeenvoudig hartseer. Hulle sal grappies vertel en dan met groot afwagting na die klas staar vir

reaksie. Dis gewoonlik die pliggies wat ’n simpatie-giggel sal laat glip, maar die res hou maar aan slaap of in hulle neus krap. Laatkommers. Jy pla my. En dan sukkel jy nog om jou sit te kry en jy mompel “jammer ek is laat” so asof dit enigsins gaan opmaak vir die feit dat jy op daardie oomblik die irriterendste mens in die klas is. Wapad wil almal steeds aanmoedig om klas by te woon al is daar dinge wat mens net nie kan verdra nie. Jy kan gelukkig elke tweede Donderdag Wapad lees en vergeet van al die ongepoetste eenvoudighede van die mense wat om jou sit en skelm poep in die klas.

GRAFIKA: MARIÉ SERFONTEIN




21 FEBRUARIE 2013

Gesprek

Kommentaar

SMS 31750

SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Briewe

| 13

Ombudsman

Haelstorm tref potch

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za

Debate Society: Because Big Butts don't lie VAN MICHELLE GROENEWALD The 14th of February rolled around and amidst those couples strolling hand in hand through Lover’s Lane and those that chose to throw around sarcastic quips about the commercialized evil of this day – I realized something. I am in love with this place. I am desperately, hopelessly in love with the NWU-Puk. I love that we are a predominantly Afrikaans university because I think that the time for proud young Afrikaners to actively participate in South Africa, has never been more needed. I love speaking this language with all its rolling r’s and guttural g’s. I love that I can retell “O en B” stories of my bad polyester shorts and yet more stories about my worse polystyrene “blommetjies”. I love that my lecturers arrive for class, that exams happen like clockwork, that I have never yet had to riot because the management of our university strives towards running this place to the best of their abilities. And I love that we are the only students that can look damn good in maroon and yellow striped jer-

seys. But… And it is indeed a great, big BUT. It is precisely because I love this place that I refuse to ever be silent about it. Because being apathetic and uninvolved and remaining silent… that isn’t what you do when you love. You see there is something fundamental that I don’t love about this place. I don’t love that so many of us are unwilling to question! It must be understood that I don’t want some Arab Spring style revolution. I don’t want change for the sake of change. But I do want us to identify what is good and precious and important to us and know why we value it. And then to unashamedly ask how we can improve upon what we don’t agree with. To get over being afraid to offend, because offence without insult is sometimes the best way to get things done. We shouldn’t ask “difficult” questions of SRC candidates and the NWU-Puk management because we want a battle of wits.

DENIM

We ask because we genuinely think these are things that we should be asking of the people that have some of the most potential, to make a tangible change. Being autonomous from something does not mean being in opposition to it! The front page story that appeared in Wapad’s last edition may have caused controversy, but that’s important. It is mighty admirable and exciting and monumental that the SRC chairperson and the editor of this newspaper and the vice president of the PUK Debate Society are willing to start a debate about what we can do when we openly talk about things. It sets the platform for so much more that we need to debate in order to live up to being the university that everyone wants to go to. I urge you NWU-Pukke - Rise up! Every one of you has an opinion, has a unique much needed perspective. So debate it out. At the debate society, in your hostel debate team, in the late night kuiers between friends, over the blaring music of Bourbons, in every passing hallway, in every classroom you enter. Because I promise you, maroon was never meant to be mediocre.

Denim is seker al van die dag wat dit uitgevind is in die mode. Dit is net so gemaklik en gerieflik om te dra. Maar die denim-tendens het die afgelope tyd die internasionale loopplanke meer as ooit oorheers en sodoende is dit volop op kampus ook. Wapad-mode wys jou hoe om denim nuwe lewe te gee.

Mixed-media

Denim kan op so baie verskillende maniere gedra word en werk goed saam met feitlik enige iets. Dit vertoon baie mooi saam met hout-bykomstighede en patrone.

Model: Anke-Marie Bronkhorst Saamgestel deur Anja Kocks

Manshemp Gee die denim manshemp gunsteling ’n spitsvondige twis deur dit met ’n moderne strikdas en kleurvolle ringe te kombineer.

Dubbeldenim

Om meer as een denim kledingstuk saam te dra was nog altyd taboe gewees, maar deesdae word alle reëls gebreek en hoe meer denim jy saam dra, hoe beter. Hier werk die dubbeldenim ding goed omdat die denim hempie ’n patroon op het. Die denim is dan nie so oorweldigend nie.

Die afgelope Valentynsdag het vanjaar se ergste haelstorm sover die dorp getref. In hierdie foto maak studente die beste van die saak. FOTO: GEORGE DOBIE

Respons op ontgroening rubriek

Briewe VAN TWAKKIE VERMEULEN* Ek wil graag my persoonlike opinie deel oor die uitlating wat me. Booyens in haar rubriek, “Ontgroening is dood, lank lewe ontgroening!” maak aangaande individualiteit in koshuise tydens O&B. Me. Booyens, ek is al vir vier jaar lank 'n trotse inwoner in 'n kampuskoshuis. My ondervinding weerspieël egter glad nie die prentjie wat u in u rubriek geskep het nie. In ons koshuis word ons geleentheid om ons “individualiteit vrylik uit te leef ” nie in die minste ontneem nie, veral nie in O&B nie. Eerder ontdek jy hoe jy as individu by iets groter as jy kan inskakel. Dié ontwikkelingproses begin reeds in O&B. Vir sommige is dit hul bydrae in die eerstejaarskonsert, vir ander hul deelname op die sportveld. Koshuislewe leer jou om in 'n sisteem te funksioneer (soos wat

In ons koshuis word ons geleentheid om ons “individualiteit vrylik uit te leef” nie in die minste ontneem nie

daar van enige iemand verwag word wat 'n beroep betree) juis deur hul unieke bydrae te maak. Elke koshuis op dié kampus het al vele briljante individue opgelewer, wat juis ouderwetse norme raaksien en dit teenstry. Daarom glo ek O&B is steeds 'n belangrike groeiproses vir dié wat besluit om daaraan deel te neem, en dit het steeds 'n plek in ons studentelewe. Universiteit gaan immers nie net oor 'n mens se professionele opleiding nie, maak ook oor jou ontwikkeling as persoon. (*skuilnaam)


14 |

21 FEBRUARIE 2013

SPORT

De Kock maak geskiedenis op Senwes

Leeus se byt meer giftig WYNONA LOUW Die Bizhub Hoëveld Leeus het Sondag op Senwespark Potchefstroom, die Nashua Mobile Kobras met nege lopies in hul RAM SLAM T20-uitdagingswedstryd geklop. Leeus-puntemaker Quinton de Kock het ’n rekordtotaal van 126 lopies (nie-uit) met slegs 69 balle geslaan terwyl hulle, in ’n jag om die Kobras se telling van 183-vir-vyf verby te steek, 185 lopies aangeteken het. Sewe balle van hul kolfbeurt het oorgebly met die verlies van slegs een paaltjie. Met ’n openingsvennootskap deur De Kock en Gulam Bodi wat 124 lopies vir die Leeus op die bord gesit het ná 14.4 boulbeurte, het Senwespark ’n slagveld geword waarop die weerlose Kobras geen gif kon lewer nie. Bodi, ná hy 40 lopies aangeteken het, is in die 15de boulbeurt deur draaibouler Dane Piedt uitgeboul. De Kock se manslag op die Kobras was glad nie geaffekteer nie: op die hoogtepunt van sy aanslag het hy 16 lopies geslaan met slegs drie balle. Kobras-paaltjiewagter Dane Villas het vroeër in die wedstryd op 63 (nie-uit) na 45 balle die meerderheid van die Kobras se punte aangeteken. Villas was goed ondersteun deur openingskolwer Richard Levi, wie 40 lopies vanaf 25 balle losgeslaan

Wêreldsportnuus Die Suid-Afrikaanse Voetbalbond (SAFA) se Nasionale Uitvoerende Komitee gaan op die 23ste Februarie vanjaar die moontlikheid van wedstrydknoeiery binne die Internasionale Voetbalbond (FIFA) ondersoek. Na ’n jaarlange ondersoek is bevind dat Australiese sportwetenskaplikes, afrigters en mediese personeel verbode middels oor menigde sportsgebiede versprei. Dié middels is met behulp van georganiseerde misdaadsindikate versprei en van dié middels is nog nie getoets om veiligheid vir menslike gebruik te verseker nie.

Gulam Bodi kolf vir die Leeus op Senwes. het. Qaasim Adams het ’n aggressiewe 43 lopies aangeteken met slegs 22 balle. Leeus-draaibouler Aaron Phangiso het die Kobras geterroriseer en drie kolwers het die pad gevat vir ’n skrale 31 lopies. Phangiso het ook in die vyfde boulbeurt van die Kobras-kaptein Justin Ontong ontslae geraak vir 18 lopies. Adams is in die laaste boulbeurt deur die Leeus

FOTO: SUPERSPORT.COM

se Pakistani-snelbouler Sohail Tanvir ontslaan. De Kock se eindtelling is die hoogste ooit deur ’n Suid-Afrikaner in T20-krieket bereik en op die ouderdom van 20 ook die agtste hoogste individuele telling ooit bereik in alle T20-krieketwedstryde.

Ibbies en PUK-Onder 21 vernietig teenstanders WYNONA LOUW Die NWU-Puk se Ibbies het Saterdag die Vaal Reefs-span van Orkney op neutrale grond geklop toe hulle in Klerksdorp ’n aanslagtelling van 50-8 uitgedraf het. Die eerste helfte was ’n redelike naelbyt een en die NWU-Pukke het goed gedoen om hul kanse te benut. Op ’n stadium het die Potchefstromers min balbesit gehad, maar hul verdediging was goed. Die NWU-Pukke het net voor halftyd twee vinnige drieë gedruk. Die tweede helfte was deur die NWU-Pukke gekarakreriseer deur goeie- agterlynbewegings, fases en offloads in kontak, en hierdie tipe spel het ’n 50-8 oorwinning vir die NWU-Pukke

verseker. “Ons voorbereiding was goed gewees. Ons kort nog so ’n bietjie fiksheid, maar dit sal kom met tyd. Ons defence is ons trots en ons werk baie hard daaraan en geen speler kan uitgesonder word nie, want almal het ’n invloed op die vertoning gehad. Dis ’n span om dop te hou,” het Jean Tiedt, Ibbies afrigter, aan Wapad gesê. ’n Groot aanhits was natuurlik Justin Botha, losskakel, wat in 2007 SA-skole gespeel het en ná twee jaar se besering weer terug op die veld is. HP Swart en Phillip de Wet is ook terug van groot beserings en hulle was reeds in die Varsitybeker-span teen Wits in aksie. Die NWU-Puk O/21-spanne het ook met die

spanne van Orkney meegeding in wedstryde wat gesien hoe die NWU-Puk se twee onder 21-spanne gewys het dat hulle die dominante spanne is deur met weghardlooptellings hul opposisie te verneder. Die NWU-Puk se A2 O/21span het 58-8 met Vaal Reefs se O/21-span afgereken en die ander NWU-Puk O/21-span (A1) het Vaal Reefs se tweede O/21-span 85-0 verniel. “Dit was sekerlik die ideale voorbereiding vir die Presidentsliga wat Saterdag begin het. Ons is baie tevrede met wat ons gesien het maar besef dat daar nog baie foute is en daar baie werk nog gedoen moet word- veral met die oog op Saterdag se wedstryde teen Impala op Rustenburg,” het Burger van der Merwe, PUKO/21 afrigter, aan Wapad gesê.

Rooi Rissie praat oor Koshuissport, Bourbons-kuiers en verbode middels

Koshuissportpolitiek. Kom ons begin sommer daar. Dis immers ’n kwessie wat Die Rissie nou al taamlik lank pla. In al Die Rissie se jare op die NWU-Puk het sy al eerstejaars gesien wat meer talent het as wat Bourbons drank het, maar wat eenvoudig nie ’n koshuiseerstespan maak nie omdat hulle eerstejaars is, en dan het dié koshuise nog die vermetelheid om te wonder hoekom hulle nie so goed in sport presteer soos in kultuur (meer spesifiek, sêr) nie. Seniors, as jy sien dat jy nou al bietjie oor die muur is na sewe jaar van swot aan jou eerste graad, dan dink Die Rissie dis nogal tyd om die spreekwoordelike handdoek in te gooi, die (meer atletiese) eerstejaars ’n kans te gee en op te hou om teepartytjies met jou sport HK-lid te reël om jou plekkie in die span te verseker. Aangesien Bourbons se drank nou reeds genoem is, sal Die Rissie sommer die volgende bespreek. Kyk, Die Rissie is een van daardie mense wat glo

dat 'n mens maar kuierplekke moet vermy wanneer ’n (Varsitybeker) wedstryd voorlê, maar duidelik dink almal nie so nie, want regtig, as Skorbinski en sy NWU-Puk1-maatjies ook so hieroor gevoel het, sou hulle nie op ’n Saterdagaand die alkoholiese verversingkies in Bourbons so baie geniet het nie. Dan kom Die Rissie by die laaste penarie; eerlikheid in sport; Dié eienskap is omtrent so skaars soos wat die NWU-Puksêrbeker uit VMN se glaskassie is. Die Rissie moes ’n paar dae terug hoor dat die nuutste skandaal in sport (en nee, nie die Oscar Pistoriusstorie nie), lei dat sportlui in Australië verbode middels aan atlete verskaf. Die hartseer deel is dat dit juis hierdie mense is wat sport (regverdig) moet bevorder. Toe nou nie. Op ’n meer positiewe noot, Die Rissie sien baie uit na die Super Rugby wat voorlê en met die nuwe byvoegings en uitgelatenes, behoort die seisoen een te wees om na uit te sien.

Alle afrigters betrokke by die Japanese vroue-judospan is tydelik geskors as gevolg van die mishandeling van die deelnemende vroue. Die president van die Internasionale Stoeifederasie, Raphael Martinetti, het bedank ná die Internasionale Olimpiese Komitee (IOC) besluit het om dié antieke sportsoort uit die program van die 2020 olimpiese spele te sny. Die boksgeveg tussen Sonny Bill Williams en Francois Botha is geskeduleer vir ’n herontmoeting in Desember in Suid-Afrika ná sprake van wedstrydknoeiery en omkopery die vorige wedstryd bederf het. Streng dwelmondersoeke sal vir die tweede ontmoeting gevolg word.

Korfbal NADIA SWANEPOEL Die seisoen vir die minder bekende, steeds baie gewilde sportsoort Korfbal het 11 Februarie afgeskop en is tans volstoom aan die gang. Die kragmetings waaraan mans- en dameskoshuise deelneem, vind Maandae en Woensdae-aande plaas en is sonder twyfel aksiebelaaid en geesdriftig. Indien jy ’n sportliefhebber of trotse koshuisinwoner is, kom ondersteun gerus die oorblywende aande (20, 25 en 27 Februarie) se aksie.

Voorlopers na 2 rondtes Dames

Mans

Kasteel 1 Karlien 1 VMN

Heimat Excelsior Veritas

Sportnuus? Sportredakteur Wynona Louw: 22976906@nwu.ac.za OF SMS die Tip-off line by 31750 met die woord 'Wapad' vooraan.


SPORT

21 FEBRUARIE 2013



| 15

Villagers wil woel in Varsity-liga Villagers se DW Reynecke oppad doellyn toe SIMON SONNEKUS Dis amper ’n holruggeryde metafoor, maar in die 21ste eeu is rugby vergelyk met die gladiators uit die dae van Julius Caesar en die Romeine. Dit is werklik so: harde oefening, pyn en lyding, swoeg en sweet. Ná dit volg ’n groot vertoning voor die dorp en land se volk. Dis ’n spel van die hoogste trots: almal in die span speel vir die persoon langs hulle. Gewone dorpsmense gee ook hulle volle ondersteuning vir hul span. Hulle staan in skares om te sien hoe die dorp se mans hul eer op die rugbyveld verdedig.

FOTO:SIMON SONNEKUS

Vanjaar gaan die Villagersrugbyspan die NWU-Puk se eer verdedig in die Varsitybeker. Op 25 Februarie sal inwoners van Potchefstroom sien hoe Northenz, kragte meet met die vurige Villagersspan. Villagers het al vanaf 7 Januarie die Potchefstroomse hitte aangedurf ter voorbereiding vir die Varsitybeker. Dié span het daagliks twee ure geoefen. “Almal is lus vir die Varsitybeker. Almal wil dit wen. Dit is hoekom ons al van die sewende af hier is,” verduidelik Villagers Primarius en spanbestuurder Daniël Goosen. Die spelers het min rustyd ge-

had en gaan noudat die toernooi begin, nóg minder ruskans kry. Slegs op ’n Dinsdag en Saterdag. Villagers het hul vernuf getoon deur verskeie puik vertonings teen NWU-Puk1, die Luiperds, Ibbies en die Young Guns. Die Young Guns-wedstryd het veral hul uithouvermoë getoets, aangesien die wedstryd omtrent 90-minute geduur het. Villagers moes ook hulle beperkte span gebruik terwyl die Young Guns in die sestigste minuut hul hele span geruil het. Albei spanne het gewys dat hulle goed voorbereid is vir Varsitybeker met ’n 26 elk gelykopslag.

Villagers breier Chaka Willemse, het ná die wedstryd verduidelik dat hy baie tevrede is met die span se spel. “Ons wen omtrent al klaar 80% van die wedstryde wanneer ons die groter wedstrydplan implementeer soos vandag. Ons was twee keer agter en ons het gewys ons kan terugkom.” Russouw Wheeler kaptein en bobaasflank, het verduidelik dat hulle wel goed vorder met voorbereiding. “Ons het al ’n uitstekende fondasie gelê. Nou moet ons daarop bou.” Die Villagers-span lyk so: DW Reynecke, Derek Roos, Arno

Noordman, Tonie Swanepoel, Charl Esterhuysen, Dewald van Schalkwyk, Waldo Franken, Corne Swanepoel, Deon Greeff, Darius Blaauw, Russouw Wheeler (K), Divan Steenekamp, Marcel Henn, Johann Engelbrecht, Daniël Bensusan, Erik Heppell, Armand Robertse, Quinton van Schalkwyk, Sewes Wolmarans, Divan Muller, Divan Visser, Anton Oosthuizen, Adriaan Oosthuizen, Jacques Smit, Martin Kearns, Gulliam Kleyn, Ruan Knoesen (OK), Dirk Odendaal, De La Rey van Huyssteen, Chris Labuschagne, Marchant Genis, Juan-Corné Booysen.

Koshuiskrieket-liga loop vlot SHANA-LEE DE WET Die koshuis-krieketliga is volstoom aan die gang. Dié seisoen beloof om baie interessant te wees met die wedstryde wat al vroeër die maand gespeel is. Veritas het verlede jaar Patria in 'n naelbyt-eindstryd gewen, maar die vraag bly staan of Veritas hul titel as wenners gaan behou.

Villagers se vulletjies teen die drake van Caput

Die vroeë gunstelinge is Patria en Veritas, maar daar word gemeen dat 'n mens nie Laureus moet onderskat nie. Daar is nog twee weke van die poelwedstryde oor voor die halfeindstryd die 2de Maart. Dié eindstryd vind die 6de Maart om 15:45 plaas by die PUKOval.

FOTO:JEANRI PHOTOGRAPHY

Eerstejaarsrugby bou op tot eindstryd WYNONA LOUW Die Eerstejaarsrugby-toernooi het op 8 Februarie op ’n hoë noot afgeskop met Hombré, ThabaJäh, Laureus en Ratau wat die lang afgewagte sportgebeurtenis geopen het. In die eerste wedstryde het Hombré te staan gekom teen Thaba-Jäh en die senings het ’n 29-0 loesing aan Thaba-Jäh gelewer. Laureus en Ratau het mekaar in die ander wedstryd van die aand aangepak en dit was ’n ontmoeting wat die bulletjies in oortuigende styl 34-10 gewen het. Op 12 Februarie het Laureus te staan gekom teen Veritas en laasgenoemde het 13-3 kortgekom, terwyl Caput en Hombré mekaar

Villagers en Patria asook Heimat en Laureus ontmoet in die eindstryde onderskeidelik

aangevat het in ’n wedstryd waarin Caput 14-10 geseëvier het. Die finale poelwedstryde het ’n goeie vertoning van koshuisrugby getoon en nie eers die nat toestande kon die kwaliteit van spel wat die eerstejaars gelewer het, belemmer nie. In toestande waarvoor selfs eende die neus sou optrek het Villagers 10-0 met Caput afgereken, terwyl Patria en De Wilgers ’n fisiese kragmeting in die eendeweer gehad het. Dit was ’n stryd wat Patria 14-0 gewen het. Heimat het in die ander wedstryd hul teenstanders Excelsior, 17-0 vermorsel en Laureus het 9-8 met Over-de-Voor afgereken. "Ons het hierdie jaar 'n groep van

90 eerstejaars gekry, grootse wat Laureus al ooit gehad het. Gevolglik was dit toe vir ons moontlik om 'n sterk kern groep te kies vir ons eerstejaars- rugby span. Daar is ook 'n groep van ons eerstejaars wat ook al op skoolvlak saamgespeel het, en dit het verseker sy voordele," het Johan Bekker, Laureus HK-Sport, oor hul presatsie tot dusver aan Wapad gese. Villagers en Patria asook Heimat en Laureus ontmoet in die halfeindstryde onderskeidelik. Die eindstryd word op 22 Februarie meegeding. Let wel: Die uitgawe van Wapad is gedruk voordat die halfeindstryd plaasgevind het.

Get paid for completing online surveys about things that interest you, affect you, and may change your life! IT'S FREE, IT'S FUN, IT'S FULFILLING. Register now on www.tellusaboutit.co.za Get paid for completing online surveys about things that interest you, affect you, and may change your life! IT'S FREE, IT'S FUN, IT'S FULFILLING. Register now on www.tellusaboutit.co.za

tuai tuai

Tell us about it

Tell us about it


Sport 21 FEBRUARIE 2013

215 Villagers reg vir Steinhoff koshuisliga

Player that that Rocks Rocks Jaco Jaco Grobler Grobler poseer poseer saam saam met met die die meisies. meisies.

Danie Jordaan kompeteer met Charles Baggot van Wits vir die bal.

214 Leeus vs Kobras op Senwes

FOTO’S: GALLO IMAGES

71-25 Vertrapping

NWU-Pukke té sterk vir Wits WYNONA LOUW

D

ie NWU-Pukke het Maandagaand in hul ontmoeting teen Wits, Varsitybekernuwelinge, ’n uitmergelende vertoning van universiteitsrugby in Johannesburg gelewer en die Witsies 71-25 vernietig. Die Witsies het ’n belowende begin getoon en twee drieë met soveel doelskoppe in die eerste tien minute van die wedstryd op die bord verower. Die NWU-Pukke het ’n hele paar ongedwonge foute gemaak wat verseker het dat Wits ’n sterk platform gehad het om uit aan te val. In die 15de minuut het die NWU-Pukke uiteindelik punte

aangeteken toe die heelagter Hoffman Maritz, oor die wit lyn geduik het om die besoekers se eerste punte aan te teken. ’n Verdere agt punte is deur die NWU-Pukke aangeteken toe SJ Niemand die NWU-Pukke se puntebord met ’n drie verryk het. Gerhard Nortier het met ’n suksesvolle doelskop die telling na dertien geneem. Die telling was nou 16-13 vir Wits. Wits het net voor die einde van die eerste kwart van die wedstryd hul voorsprong met twee punte verleng ná ’n strafskop. Ná hul laaste drie van die wedstryd in die 23ste minuut, het Wits met 10 punte voorgeloop. Wits se voorsprong was egter tydelik en die NWU-Pukke het hulle gesag begin afdwing en drie drieë voor die einde van die eerste helfte

Dit was ’n game van twee helftes, ons was beter in die tweede helfte en ons het slimmer gespeel

gedruk. Maritz het sy tweede drie van die wedstryd gekry met 13 minute van die eerste helfte wat oorgebly het en Nortier het in die 43ste minuut sy naam tot die lys van NWU-Pukdriedrukkers gelas.

Die NWU-Pukke het vir die eerste keer in die wedstryd voorgeloop nadat skrumskakel Jaco Grobler die bal oor die doellyn vir ’n drie gekry het net toe die fluitjie vir halftyd geblaas het. Nortier het oorgeskop en die NWU-Pukke het met 31-25 voorgeloop. “In die eerste helfte het Wits vir ons gekom, ons was agter en hulle het regtig goed gespeel,” het Victor ‘Strand’ Kruger NWU-Puk1kaptein, aan Wapad gesê. In die tweede helfte het Wits dit reggekry om die NWU-Pukke se telbord vir die eerste 15 minute te laat vries, maar die besoekers het dit al meer soos ’n Wits slagveld laat lyk en hulle gestraf met nog vyf drieë en die drieë-totaal na tien geneem. Die NWU-Pukke het die oorwinning verseker met

vleuel Luther Obi wat twee drieë gedruk het en Maritz wat weer oor die lyn geduik het om sy driekuns te voltooi. Die NWU-Pukke se 7125 Wits-manslag is ’n goeie opbou tot hul ontmoeting met UCT. Die NWU-Pukke sal komende Maandag op tuisgrond die kans kry om hul goed-opgeboude momentum verder te laat vaar. “Dit was ’n game van twee helftes. Ons was beter in die tweede helfte en ons het slimmer gespeel. Ons is baie positief oor ons wedstryd teen UCT. Dis ’n tuiswedstryd en ons het lekker momentum in ons game teen Wits gekry,” het Kruger gesê. Die NWU-Pukke se volgende wedstryd is op die 25ste Februarie op die Fanie du Toit-sportgronde teen UCT.


Wapad - 21 Februarie 2013