Issuu on Google+

16

NWU-Pukke netbalspan oorwin NMMU

E

6-8

Wapaddebakel oorsig 10 OKTOBER 2013 / VOL 15

Arcade Empire sluit vir eers weer sy deure

3

LEES JOU KAMPUS

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 67

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

'n Komitee is aangewys om Wapad se reglement te hersien

Hoe lyk Wapad se pad vorentoe? FRANCOIS LION-CACHET

S

tappe word geneem om te verseker dat Wapad in die toekoms nog beter sy werk sal kan doen as ’n onafhanklike studentekoerant. Dit volg na die tydelike sluiting van Wapad weens skuld van R79 000. Die skielike sluiting van Wapad verlede maand het vrese laat ontstaan dat mediavryheid op die kampus in gedrang is. Daar is nasionaal berig gedoen oor dié saak. Dié kwessie is ná vergaderings tussen verskeie belangegroepe, ingesluit die kampusrektor, Prof. Herman van Schalkwyk, SRlede, die NWU-Puk se bemarking en kommunikasie departement (BEK) en joernalistiekdosente geskik. Daar is ’n komitee saamgestel om Wapad se reglement te hersien. Dit bestaan uit prof. Attie Gerber, Karen Engelbrecht en Jimmy Pressly. Volgens Pressly, sameroeper van dié komitee, gaan hulle poog om die reglement van Wapad so te herskryf dat die koerant ten volle aan die Suid-Afrikaanse Perskode voldoen. “Daar is reeds ’n goeie basis [die huidige reglement] waarop

ons net gaan uitbrei,” het Pressly gesê. Pressly het verder gesê dat hulle onder meer na ander studentekoerante van ander universiteite se reglemente gaan kyk om sodoende te sorg dat Wapad so onafhanklik as moontlik funksioneer en dat die fundamentele beginsels van mediavryheid op kampus uitgeleef kan word. Op die oomblik bepaal Wapad se reglement dat die koerant deel is van die SR, maar die samestelling van die beheerraad, die struktuur wat toesig hou oor die koerant, gee aan BEK ook ’n groot rol in dié publikasie. BEK het aan die rektor te kenne gegee dat hulle nie meer by Wapad betrokke wil wees nie. Johannes Froneman, mediaetiek kenner en kommunikasie dosent aan die NWU-Puk, het vroeër gesê dat ’n studentekoerant nie die instrument van ’n kampus se bemarking-en-skakelafdeling hoort te wees nie. ‘n Verteenwoordiger van die rektor, Winton Windell, Froneman en ‘n kollega, Cornia Pretorius, het in 2011 verandering aan die reglement aangebring. Volgens Froneman is die vorige magsposisie van BEK ingekort.

’n Studentekoerant is nie die instrument van ’n kampus se bemarkingen-skakelafdeling nie. "Beheer en toesig van die blad is gevolglik primêr in die hande van die studente geplaas, met dosente en personeel van BEK meer in ’n raadgewende rol. Dit was altans die gedagte,” het Frone-

man gesê. Die hersieningsproses wat nou aan die gang is, is ’n verdere verfyning van die werk wat in 2011 gedoen is en waarby BEK ook betrokke was. “Kom dit by ’n saak soos ’n studentekoerant glo ek studente moet die maksimum geleentheid kry om dit te beheer, te bestuur en te publiseer,” het Froneman vroeër in ’n rubriek in die Beeld-bylaag By gesê. Daar sal ook uitsluitsel gegee word in die hersiende reglement oor hoe en deur wie Wapad se finansies bestuur sal word. ’n Voorlopige reglement moet teen einde Oktober aan Wapad beheer-

?

raad voorgelê word en teen einde Februarie in werking gestel word.

Polisie slaan toe op drie manskoshuise vir dwelms SIMON SONNEKUS Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Dinsdag in die vroeë oggendure lasbriewe uitgevoer op individue in drie manskoshuise op die kampus as deel van hulle breër veldtog teen dwelmmisbruik in die stad. Die drie koshuise waarop die SAPD toegeslaan het, was Hombré, Laureus en Veritas. Eric Plaatjie (21), ’n inwoner en oud HK-lid van Laureus-manskoshuis het op Facebook sy ontevredenheid oor die veldtog uitgespreek. Plaatjie se Facebook-inskrywing lui : “Jho speculations are deep !!! they scar and taint peoples names!” (Sic) Volgens Plaatjie het die SAPD beweer dat hy dwelms verskaf aan die eerstejaarstudente van sy gang. Plaatjie het vertel dat daar

Ons glo daarin om 'n veilige omgewing vir studente te skep. Laureus Manskoshuis

Veritas Manskoshuis

Hombré Mankoshuis

’n polisiehond gebruik is om vir dwelms in sy kamer te soek, maar daar is glo op geen dwelms beslag gelê nie. Kiewiet Scheppel, mediawoordvoerder van die NWU-Puk, het gesê dat die universiteit kort vooraf van die SAPD se aktiwiteite ingelig is. Prof. Rikus Fick, studentedekaan, en Janco Jordaan, SR-

voorsitter, was by die koshuise om bystand aan die individue te bied. “Ek en prof. Fick was daar omdat ons juis die studente verteenwoordig. Ons is vir ’n pro-veilige omgewing vir ons studente, ” het Jordaan gesê Wapad het betroubaar verneem dat daar wel glo beslag gelê is op onwettige middels by twee van die Laureus-koshuisinwoners tydens

die klopjag. Dit is op die stadium onbekend hoeveel inwoners van Hombré en Veritas met dwelmmiddels betrap is. Volgens Scheppel sal die inligting van die SAPD bepaal of verdere interne dissiplinêre stappe geneem gaan word teen die oortreders. Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU-Puk, het met

betrekking tot die "Ons Gee Om"veldtog gesê dat die universiteit teen sterkste gekant is teen dranken dwelmmisbruik. "Ons glo daarin om 'n veilige omgewing vir studente te skep waarin die waardes van die universiteit en 'n gesonde studentelewe kan floreer." Die SAPD het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.


Nuus

2| : PUKNEWS.NWU.AC.ZA

NWUflitse

10 OKTOBER 2013

Zeu(ss)realisme neem JOOL na nuwe dimensie MIZAN VAN DER MERWE

M

Fisika-lektor voorsitter van nasionale astro-komitee ’n Lektor in fisika aan die NWU-Potchefstroomkampus is pas aangestel as die voorsitter van die nasionale komitee vir die Internasionale Astronomiese Unie (IAU). Dr. Ilani Loubser sal as voorsitter die IAU-aktiwiteite in Suid-Afrika koördineer en die Suid-Afrikaanse sterrekundiges ingelig hou oor belangrike besluite wat die unie neem. Die werk van die IAU is veral belangrik vir Suid-Afrika om-

dat dit wetenskapopvoeding en ontwikkeling befonds en aanmoedig. Loubser sê hierdie komitee sal veral aandag gee om samewerking tussen SuidAfrikaanse sterrekundiges en internasionale medewerkers aan te moedig en te fasiliteer. “Die komitee sal ook aktiwiteite ondersteun wat astronomie gebruik om die nuuskierigheid oor wetenskap onder veral skoliere aan te moedig.”

NWU-Puk spaar R1.37 miljoen in elektrisiteit Die koshuisinwoners van die NWU-Potchefstroomkampus het vanjaar vanaf Mei tot Oktober ’n ongelooflike R 1.37 miljoen in die kampus se elektrisiteitbesparingkompetisie gespaar. Dié bedrag is amper R 400 000 meer as wat die kampus se onderskeie koshuise verlede jaar kon vermag in vergelyking met 2011 se kostesyfers. Die elektrisiteitbesparingkompetisie is ’n uitdaging tussen al die kampuskoshuise om hul kragverbruik so laag as moontlik te hou.

Koshuise se elektrisiteitsverbruik word streng gemonitor en elke koshuis se verbruik word dan per kapita uitgewerk. Die koshuis wat die meeste elektrisiteit bespaar het, het maandeliks pryse ontvang. Omdat elektrisiteit duurder in die winter as in die somer is weens die groter aanvraag daarna, word 70% van die wenkoshuis se resultaat bepaal deur die hoeveelheid krag wat bespaar word en die ander 30% fokus op die tyd van gebruik. VMN het vanjaar gewen.

Verminder só die risiko vir rampe Klimaatverandering en rampe is kwessies wat toenemend ’n invloed het op die lewenswyse van mense, beplanning, ontwikkeling en selfs die wisselwerking wat tussen mense plaasvind. Navorsing het bewys dat die aarde se ontwikkelingskurwe grootliks afhanklik is van die aanpasbaarheid van die mens. Dit is dus belangrik om vaardighede vir die hantering van klimaatverandering en voorkoming van rampe te ontwikkel. Die Afrika Sentrum vir Rampstudies (ACDS) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus bied van volgende jaar af ’n nagraadse diploma aan wat juis op bogenoemde sal

fokus. Volgens prof. Dewald van Niekerk, direkteur van die Sentrum, sal die kwalifikasiestudente met gespesialiseerde kennis en vaardighede in ramprisikovermindering toerus en hul sodoende bemagtig om in hul onmiddellike omgewing ’n verskil te kan maak. ’n Ramp ontstaan gewoonlik wanneer ’n betrokke riskante gebeurtenis buite die beheer van die verantwoordelike rolspelers raak. Sodra die kundigheid intree, om die betrokke menslike komponent te bestuur, word die situasie minder kwesbaar. Die transdissiplinêre diploma is deur die ACDS ontwikkel na meer as ’n dekade se navorsing en betrokkenheid in dié veld.

et ’n JOOL-tema soos Zeu(ss)realisme, kan heelwat vreemde en buitengewone vlotte tydens volgende jaar se JOOL-vlotoptog verwag word. Die tema bestaan volgens Corné Zandberg, SR:JOOL-Voorsitter, uit vier gedagtes en kan verskillend geïnterpreteer word. Die tema is ’n kombinasie tussen Zeuss en die Griekse mitologie, Dr. Seuss en die verhale in die bekende kinderboekreeks, realiteit en surrealisme (die kontras tussen droom en realiteit). Ruan van der Lith, SR: JOOL UK-lid Bemarking, het met die idee vorendag gekom. “Die idee van die tema het ontstaan uit die konflik van surrealisme, tussen wat in die werklikheid gesien word en hoe ons brein en ons drome realiteit ervaar,” het Zandberg gesê. Hulle het Dr. Suess in die idee

inkorporeer aangesien sy karakters en sy stories naby maar tog ook ver van realiteit af is. Die idee om Griekse mitologie ook in te sluit het dit ook volgens Zandberg daardie ekstra stap gegee om die kontras tussen realisme en surrealisme te wys. “Ons het dit goed gedink om dit

ook in te sluit omdat dit ’n groter verskeidenheid vir vlotidees bied,” het hy bygevoeg. Volgens Tarika Brand, JOOL HK-Lid van Vergeet-My-Nie vrouekoshuis, was die nuwe tema eers ’n bietjie van ’n skok op haar gestel. “Ek wonder altyd waar kom die mense aan hierdie unieke temas, ’n mens kan soveel hiermee doen en ’n mens het baie idees, maar om dit op ’n vlot te sit verg baie beplanning en jy moet vir seker kreatief wees,” het sy gesê. Die enigste verandering wat volgens Zandberg aangebring is by JOOL 2014 is die finansiële JOOLkompetisie waaraan die HK-lede gaan deelneem. Hy sê daar is meer opsionele projekte wat die HK-lede kan help om geld in te samel. Die logo is deur Mieke van der Merwe, SR: JOOL UK-lid publikasies en uitleg en Peter Venter, SR: JOOL UK-lid tegnies ontwerp.

Wyngilde onbekend aan studente FRANCOIS LION-CACHET Die NWU-Puk Wyngilde se aantal lede het vanaf verlede jaar se 90 na 59 toe verminder vanjaar. In teenstelling hiermee is daar sowat 500 lede betrokke by die Universiteit van Stellenbosch se Wyngilde. Volgens Monique Myburgh, voorsitter van die Wyngilde, is die afname in lede veroorsaak deur verskeie redes. In 2012 was daar as ’n bonus tot aansluiting van dié vereniging ’n botteltjie wyn gegee aan lede wat hul lidmaatskapfooi betaal het. Vanjaar is daar net ’n wynglas aan nuwe lede gegee. Myburgh noem ook dat oudlede skepties was om weer aan te sluit omdat daar net twee aksies verlede jaar plaasgevind het. Dié vereniging se aksies het wel in 2013 toegeneem van twee na sewe. Ané Swanepoel, ondervoorsitter van die Wyngilde, sê dat verlede jaar se bestuur baie foute gemaak het met die reël van aksies, die bestuur van hul finansies en die werwing van nuwe lede. Volgens Swanepoel was vanjaar se aksies almal ’n sukses en dit is goed ontvang deur dié wat dit bygewoon het. Die Wyngilde behels die werwing van verteenwoordigers en wynmakers van wynplase wat wynproesessies aanbied. Verskillende wyne word tydens die aksies geproe waarna elkeen se kwaliteite en eienskappe uitgelig word. Myburgh het gesê dit is haar

Tangled Tree - 'n reeks wyn van Van Loveren betrokkenheid by die HK- en SRswete wat haar laat besef het hoe min studente bewus is van die Wyngilde en dat hulle die Wyngilde soveel as wat hulle kan adverteer en bemark. “Ons maak gebruik van die swartborde op kampus, ons sit plakkate op, adverteer op ons Facebook-groep en ons e-pos koshuise om te vra of hul dit in hul vergaderings sal afkondig,” het sy gesê. Kaartjieverkope is volgens Myburgh stadiger vanjaar weens die NWU-Puk kalender wat baie vol is. Kaartjies word verkoop teen R85 vir lede en R100 vir nie-lede. Swanepoel sê dat studente nie bereid is om soveel te betaal vir ’n aksie nie. “Studente ag nie wyn as so be-

FOTO: Gert Coetzer

langrik nie, hulle is heel gelukkig met Tassenberg,” het sy gesê. Sy het verder gesê daar is ’n wanpersepsie dat ’n aand op die Bult jou goedkoper gaan uitwerk. Die Wyngilde het vroeër vanjaar die moontlikheid van ’n wyntoer ondersoek, maar daar was te min belangstelling. “Dit maak nie sin om ’n toer te wil reël as daar gesukkel word om net kaartjies van ’n proeaksie te verkoop nie. Dit sou egter ’n wonderlike ervaring gewees het,” het Myburgh gesê. Swanepoel sê ook dat die meeste mense wat die aksies bywoon nie eers lede is nie. “Hulle hoor daarvan by hul vriende of sien die advertensies."

GALSFA vir %verskeie 51 Vertaalprogram 15% bevorderAFSLAG terminologielyste tale RUAN FOURIE

OPgratis ALLE PLACECOL SG EDNAHEB LOCproses ECA Lmense P Ekan LLfasiliteer. A PO doen gehad nie, maar ek hoop dit vertalingstoepassings enNILBEHANDELINGS vir

Die NWU-Puk se Sentrum vir Tekstegnologie (CText) het in 2009 ’n projek begin wat vertaling van bronne aansienlik vergemaklik. Die projek is geïnisieer deur die Suid-Afrikaanse Departement van Kuns en Kultuur en CText behartig dit in samewerking met die Universiteit van Pretoria. Dié program, bekend as Autshumato, vertaal Engels na Afrikaans, isiZulu en Sesotho sa Leboa. Die doel van dié projek is om

-hulpbronne beskikbaar te stel in Die tale waarin Autshumato werk Suid-Afrikaanse tale. nog eintlik TOON SLEGS STUDENTE KAART OF FO TRAAK ETNEDUTS het SG ELnie SN OOTgevestigde terDiePERSONEEL program is ’n gratisKAART toepass- OM TE KWALIFISEER dit bevorder REESIFILAWK ET MO TRAminologie AK LEEnie, NOmaar SRE P ing en alle ander toepassings wat die ontwikkeling van terminolouit hierdie projek ontstaan, is gielyste vir verskillende tale en vrylik beskikbaar vir die publiek. dít verhoog ’n taal se status.   en Voorwaardes geldig: :gidleg sedraawrooVHoewel ne emAutshumato reT Suid-Afrika asTerme Inligtingsgemeengemik is skap is nog in die ontwikkelingssetlaars,geldig Jan Suid-Afrika Hierdie bewys is slegs ybinsluitend gidlby eg sg elsvan si syop we b eidreiHse elf amptelike proses; hierdie projek Riebeeck. die Placecol Skinbevorder Care Clinic . mPotchefstroom oortsfehctoP ci.nilC erlandstale, aC nikSislo ceprogram calP eintlik die kultuur van veeltaligheid in Die program bevat ook verta- taalonafhanklik en kan aangepas  vertalings tussen enige  Suid-Afrika. lingsgeheue. Dit stoor vertalings word om Skakel gerus 297 6990 vir meer inligting gnmaak it g iln i rvinniger eem riv 0996 792taalpare 810 su eg lekakS Die naam kom van018 Autshuen dit toeganklik terdoen. mato die Strandloper, wat as ’n vir die gebruiker. Dit sluit ook “Aangesien dit ’n nuwe program tolk gewerk het vir die Europese ’n woordelys in wat die vertaal- is, het ek nog nie baie met hom te

Die naam kom van Autshumato die Strandloper

is meer akkuraat as Google Translate met moeiliker terme,” het Cindi Pienaar, ’n eerstejaarstudent in kommunikasie, gesê. Die program volg ’n ander prosedure om die teks wat vertaal moet word, in te voer. Die vertaalde teks word dan in ’n nuwe dokument gestoor. Die vertaling self is ook meer omslagtig wat akkuraatheid verhoog. Besoek autshumato.sourceforge.net vir meer inligting of volg die skakels om dit af te laai.


10 OKTOBER 2013

Nuus

3

Sukkel om dranklisensie te kry

Arcade Empire se deure vir eers gesluit FRANCOIS LION-CACHET

A

Roxanne Goodchild voor die ongeluk.

Eerste woorde in 65 dae in koma ná tragiese ongeluk HILETTE WENTZEL “How are you?” was Roxanne Goodchild se eerste woorde ná sy vir 65 dae, meer as twee maande, uit ’n koma wakker geword het. Goodchild het op Saterdag 21 September die eerste woorde met haar mond begin vorm en op die 23ste het sy haar eerste woorde in 65 dae gesê. Sy is op 20 Julie in ’n kritieke toestand in die Milpark Hospitaal in Johannesburg opgeneem ná ’n motorongeluk. Goodchild het weens beserings in ’n vegetatiewe staat verval en dokters was skepties oor enige kanse vir herstel. Samantha McCauley, ’n oud NWU-Puk en die bestuurder van die motor, het verongeluk. Drie ander insittendes, waaronder Goodchild, is ook in die ongeluk ernstig beseer. Goodchild, ’n sielkundehonneursstudent aan die NWU-Potchefstroomkampus en inwoner van Wag-’n-Bietjie vrouekoshuis, was op die dag van die ongeluk op pad terug van Parys nadat sy en ’n paar vriende die dag daar deurgebring het. Volgens haar ma, Trudie Goodchild, is hulle “nog steeds nie heeltemal seker oor hoe die motors mekaar getref het nie”. Na bewering het ’n ander motor ’n udraai op die R53 gemaak en McCauley se Opel Corsa in ’n kop-aan-kopbotsing getref. Vier van McCauley se vriende het agter hul aangery en op die ongelukstoneel afgekom. Goodchild wat in die passasierssitplek gesit het, het twee ribbes, haar neus en ’n rugwerwel gekraak. Sy het ’n skeur in

Goodchild het op Saterdag 21 September die eerste woorde met haar mond begin vorm en op die 23ste het sy haar eerste woorde in 65 dae gesê. haar kolon opgedoen, asook bloeding op die brein. Die ander twee insittendes was Roxanne se broer, Richard, en David van der Spuy, ’n ingenieurswesestudent aan die NWU-Puk. Van der Spuy het sy femur en ’n rugwerwel gebreek. Volgens haar ma het dié gesin deur ’n baie traumatiese tyd gegaan. “Ons het ’n wonderwerk van God beleef en is so dankbaar dat die Here ons as gesin gekies het om hierdie ongelooflike storie aan die wêreld te kan verkondig,” het sy gesê. Goodchild het ’n week voor die ongeluk vir haar goeie vriendin Woudri Oosthuizen gesê dat sy vreeslik graag sendingwerk wil doen, maar dat sy nie ’n storie het om vir die wêreld te vertel nie. Met Oosthuizen se laaste besoek het Goodchild sprankelend gesê: “Woudri, ek het my storie! Ek is so opgewonde oor hoeveel mense ek na die Here toe gaan lei met my storie!”

rcade Empire se deure is vir eers gesluit omdat dié kuierplek nog nie oor ’n permanente dranklisensie beskik nie. Volgens Chris Rautenbach is hulle nog in die wagproses vir ’n dranklisensie. Rautenbach is een van die vennote van die uitbreiding van die oorspronklike Arcade Empire in Pretoria. Dié musiek- en sport kuierplek was wel tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vir vier dae oop om die publiek en feesgangers ’n voorsmakie te gee van wat nog gaan kom. “Daar is ’n tydelike dranklisensie vir dié tydperk bekom,” het Rautenbach gesê. Arcade Empire is in die plek van waar die vorige kuierplek Yoof was. Dié gebou het leeggestaan vir ongeveer ’n jaar. Die binnekant is oorgedoen en die verskeie kuierareas wat verskillende funksies vervul, is elk volgens ’n tema versier. Een van hierdie temas is Space Invaders. Volgens Rautenbach was daar sekere struikelblokke wat in die pad gestaan het om ’n dranklisensie te kry, maar dit is volgens hom uit die weg geruim. Een van dié struikelblokke was onder meer dat Yoof die tyd wat hulle mag musiek speel, oorskry het. Rautenbach voeg by dat hulle ook nie klankdig was nie. Dit is nie seker wanneer dié kuierplek hulle dranklisensie sal ontvang nie. “Ek sal sê dat dit heel waarskynlik eers volgende jaar sal deurkom,” het Rautenbach gesê oor sy vermoede van wanneer die goedkeuring sal plaasvind. Rautenbach het verder gesê dat “al ontvang ons dit in Desember sal ons eers volgende jaar oopmaak. ’n Groot deel van ons mark is die studente”. Arcade Empire het ’n groot live area wat spog met ’n groot verhoog en ingeboude DJ-boks. Dié beteken dat Potchefstroom weer meer bands sal trek ná die sluiting van Memphis Rock. Rautenbach is een van die organiseerders van Park Acoustics en Hotbox Studios. Hy het dus baie ervaring in die werwing van musiekgroepe. “Ons gaan cater vir almal as dit kom by musieksmaak en genre. Ons fokus wel meer op die alternative scene,” het Rautenbach gesê. Dié bands wat tydens Aardklop gespeel het sluit onder andere Straatligkinders, Alleen na Desember, Monark, Ryno Vel-

FOTO’S: MARIUS BESTER

Arcade Empire sal eers volgende jaar oopmaak vet, Man as Machine, Desmond and the Tutus, Piet Botha, Naasveld, Ateljee, Holiday Murray, The Plastics en KidofDoom in.

Joolympics-veranderinge lei tot naweek met skop en dop LIZANNE LOOTS Verlede naweek is die jaarlikse Joolympics met ’n skop op die Joolplaas gehou. Dit het die Vrydagmiddag afgeskop en geduur tot Saterdagaand. Daar is vanjaar ’n paar veranderinge en nuwe inisiatief met joolympics geneem. Corné Zandberg, SR-Jool voorsitter, sê: “Joolympics is belangrik, want dit is die eerste keer wat die koshuise se nuwe sleep saam kan werk en mekaar leer ken onder minder druk as jool.” Vanjaar was die beoordeling van die stalletjies op die Vrydagaand en nie soos vorige jare op die Saterdag nie. “Ons wou die colourfest apart van die beoordeling hou,” het

Die geld vir die Cycle Challenge word vanjaar aan die Stop Rhino Poaching geskenk. Daniela Bramwell, skakeling UKlid, gesê. “As dit op die Vrydagaand is, gee dit minder tyd vir die koshuise om hulle stalletjies reg te maak.” Volgens Bramwell beperk dit ook die slepe met wat hulle spandeer. Jané Venter, Jool HK-lid van Karlien-vrouekoshuis meen dit is baie beter dat die stalletjie se beoordeling op die Vrydagaand

is, want dan kan daar Saterdag net op die sport gefokus word. Die geld vir die Cycle Challenge van 30 ure word vanjaar aan die Stop Rhino Poaching geskenk. “Ons het dit goed gedink om die geld aan hierdie organisasie te skenk, omdat dit so groot krisis geword het,” het Bramwell gesê. Op Saterdagaand is Veritasmanskoshuis en Vergeet-My-Nie vrouekoshuis as die wenners van Pot en Pons aangekondig. Die Joolympics het op ’n hoë noot afgesluit met colourfest. Die colourfest was van 19:00 tot middernag en elke persoon het twee sakkies verf gekry wat ingesluit was by die toegangsgelde. Bramwell het verder gesê: “Die colourfest is ’n bietjie iets anders en dit betrek ook die mense wat nie van koshuise deel is nie.”

Studente neem deel aan die Cycle Challenge van 30 uur lank. Die geld word aan Stop Rhino Poaching geskenk. FOTO: Eugene Le Roux


4

Advertensie

10 OKTOBER 2013


10 OKTOBER 2013

Nuus

5

Skoenloos op pad uit na ’n kaalvoet-tog D

it was taai. Ek praat van my besluit om vir een dag kaalvoet te loop. Om my koshuiskamer agter te laat met my sowat tien pare skoene steeds in my beknopte kas was moeilik. Onder my bleek voetsole was die growwe teëlvloer koud en vuilerig. Ek het gevoel of ek kaal is. Ontbloot. Onvolledig. Ek was een van daardie kinders wat nie toegelaat is om kaalvoet te loop nie. My ma het altyd vir my skoene aangetrek. Skaars is ek gang-af of ek hoor: “Liesl? En nou?” ’n Gangmaat was verbaas om my skoenloos op pad uit te sien. Ek het verduidelik dat ek maar net doen wat ’n groot klomp studente by die NWU-Pukke blykbaar doen – dié dat ek ’n artikel daaroor wil skryf. Teen die tyd wat ek my kaalvoet-tog aanpak het ek al ’n paar weke se observasie agter die rug. Ek was redelik seker die geslag kaalvoetlopers sal nie probeer om ander te beïndruk met Manola Blahnik-spykerhakke, Converse All Stars-tekkies of blink en bont dansskoene nie. Hulle dink ook nie dis kommin om kaalvoet rond te loop nie. Onthou, nie te lank gelede nie was dit nog ’n taboe en is dit vereenselwig met diegene sonder sofistikasie. In Romeinse tye was dit net slawe en die arm burgers wat nie skoene kon bekostig nie wat kaalvoet gebly het. Dieselfde het gegeld in die Middeleeue. Slegs die wat die luuksheid van skoene kon bekostig het daarvan gehad. Terselfdertyd is die uittrek van

Op 3 Oktober het Pukke weer kaalvoet geloop. Dis nie ewe maklik vir almal om die wêreld sonder skoene aan te durf nie. Liesl du Toit het haar ervaring só beskryf.

FOTO: Maryke Laas skoene dikwels ’n teken van respek. Dit geld in verskillende kulturele en religieuse kontekste. In die boek van Eksodus in Die Bybel moes Moses sy sandale uittrek voordat hy nader aan die brandende bos kon kom. Hindoegelowiges moet hulle skoene uittrek voordat hulle ’n tempel binnegaan. Dit geld ook in sekere omstandighede vir Boeddhiste en Islamiete. Vandag is die breër samelewing nie altyd meer so seker hoe om die

FOTO: Gert Coetzer kaal voete te bejeën nie. Ek kom so agter want teen die tyd wat ek halfpad oor die kampus gestap het, het ek al ’n paar kyke gekry en my voetsole was in skok. Daar was ’n mate van sensoriese oorlading. Ek voel sement, gruis, piepklein prikkelrige klippies. As mense kyk is dit nie die soort uit-die-hoogte kyk wat sê “jy is kommin” nie. Eerder ’n terloopse, sydelingse kyk van “O, nog een”. Was dit nou die 1960’s sou

mense dink ek is deel van ’n hele beweging wat tot stand gekom het in reaksie teen wat in daardie stadium algemeen aanvaarbaar was. Hippies. Hulle het betoog teen oorloë. Hulle het eksperimenteer met dwelms, seks en psychedelic rock. Lang hare. Braloos. Kaalvoet. Volgens hulle was skoene vir die konserwatiewes. Vir hulle was dit ’n belemmering, ’n beperking, ’n menslike uitvindsel wat jou band met die natuur laat verbrokkel. Sommige van die huidige geslag kaalvoetlopers het iets van die destydse hippies se mentaliteit. Hulle is sogenaamde earth children. Vir hulle is kaalvoet loop ’n uitdrukking van wie hulle is en hoe hulle die wêreld sien. Met bandjies om die kop en enkels is hulle koel sonder om té konvensioneel te wees. Kaalvoet loop is ’n verlenging van dié identiteit. Nog ’n kategorie kaalvoetlopers is die Gemaklike Gawies. Hulle is oorwegend boerseuns. Vir hulle is kaalvoet loop ’n gewoonte van kindsbeen af. Met hulle kakie kortbroeke en gemaklike hemde is hulle sonder fieterjasies. Dié dat skoene ’n oorbodigheid is. Intussen het ek die kampus deurkruis met my kaal voete. Van my klas aan die verste westekant van die kampus, na die kafeteria en terug koshuis toe aan die oostekant. Ek het selfs ’n draai gemaak op die groen gras voor die biblioteek. Tydens my kaalvoetomswerwinge moes ek wonder of die voordele van kaalvoet loop nie die nadele oortref nie. Dink net aan

gruwels soos ingroeitoonnaels, stink voete, knoppe en blase. Sies. Al dié kan veroorsaak word deur die dra van skoene. Daarteenoor is die nadele van kaalvoet loop minimaal. Een van die ergstes is gebarste hakskene. Dit word vererger as jy ’n kiemfobie het en vanaand in die bad dik, swart aanpaksel in groefies en gleuwe met ’n naelborsel moet takel. Daar is ook die grilfaktor as jy toevallig jou voet neersit op ’n bol grysgekoude nat kougom en die moontlikheid van beserings en infeksie as jy op gevaarlike goed trap. Intussen het dit gereën. Nee, dit het gesous. Koue, woeste, heerlike reën. Met my kaal voete het ek deur en om koue poele getrippel op pad terug koshuis toe. Net soos die reën al die vuilheid van die aarde afgespoel het, so was my ontblote voete skielik skoner. My eie dag van kaalvoet loop was ’n nuwe ervaring. Ek is nie spyt oor my waagmoed nie. Dit was nie so sleg soos ek gedink het nie. Ek haat dit as my voete vuil is, maar toe ek my koshuisdeur oopmaak was my voete nog heel; sonder skaafplekke, blase of einde-van-die-dag ongemak. Ek is nie ’n earth child nie. Ek is ’n stadsmeisie en sal nie droom om kaalvoet mall toe te gaan nie. Ek dink tog ek het die eerste tree gegee om my voete te bevry. * Liesl du Toit is ’n oud-student. Sy het dié artikel geskryf terwyl sy op die NWU-Puk was. Dit is aangepas vir publikasie.

Meer boetes weens bouery op kampus? NADIA SWANEPOEL

Wat dink jy van mense wat kaalvoet op kampus loop? Nyika Buys Eerstejaar BA Kommunikasie Vergeet-My-Nie

"Ek hou daarvan! Ek is soms een van hulle." Yolanda Schutte Eerstejaar BSc Geologie en Geografie Oosterhof "Dié wat dit doen is heel gemaklik en min gepla, maar ek sal dit nie self doen nie." Melissa Asante Derdejaar BSc Mikrobiologie en fisiologie Privaat "I think it’s really unhygienic."

Brand Schoeman Vyfdejaar Teologie Privaat

"Ons is in ’n generasie wat jou minder judge oor jou uiterlike." Pearl Hlabangan Derdejaar Biochemie en fisiologie Privaat "If it’s for raising awareness I’m all for it. Maybe even if it’s really hot." Rynhard Herbst Eerstejaar BCom Rekeningkunde Privaat "Asseblief trek skoene aan, julle lyk arm."

Daar is geen drastiese toename in parkeerboetes op die NWUPuk ná die bouwerk op kampus begin is nie. Dié bouwerk het tot gevolg gehad dat daar 120 minder parkeerplekke op kampus is. Só het Dolf Engels, direkteur van Beskermingsdienste op die NWU-Puk, gesê. Die hoeveelheid boetes wat deur Beskermingsdienste uitgereik word wissel op ’n daaglikse basis. Volgens Engels word daar op sommige dae selfs tot 100 boetes uitgeskryf vir ’n verskeidenheid van oortredings. Dié oortredings sluit onder meer in parkering op geelstrepe en parkering op gereserveerde parkerings vir gestremdes. “Geelstrepe is daar vir ’n doel. Indien iemand daarop parkeer, verhinder hulle nooddienste of die polisie om tot die toneel of noodsituasie toegang te verkry,” het Engels gesê. Sodra daar ’n kennisgewing van die verkeersoortreding ontvang is, het die persoon 72 uur geleentheid om ’n vertoë te rig. Boetes word slegs verminder of gekanselleer indien daar meriete in die vertoë is. Indien die vertoë ongeslaagd is, kan Beskermingsdienste volstaan met die boete wat uitgereik is en die volle bedrag

’n Boete in ’n motorruit op kampus.

FOTO: Marizka Esterhuizen-Rudolph

Selfs gedurende die besigste tye op kampus is daar tussen 300 en 500 parkeerplekke binne loopafstand van klaslokale van die betrokkene eis. Daar is tans ongeveer 600 boetes uitstaande van studente en 400 van NWU-Puk-personeel. Volgens Engels is daar wel genoeg parkeerplek op kampus. “Selfs gedurende die besigste tye op kampus is daar tussen 300 en 500 parkeerplekke binne loopafstand van klaslokale wat leeg-

staan,” het hy gesê. Engels het verder gesê dat studente wel moet verstaan dat daar nie altyd parkeerplek naby aan hul klasse gaan wees nie. “Die werklikheid is dat, tensy geboue verskuif kon word, ’n parkeerplek naby aan jou werkplek of klas nie altyd ’n realistiese opsie is nie,” het hy gesê.


Wapad-debakel oorsig 10 OKTOBER 2013

6|

7

8

Max du Preez: Hoe raak Wapad jou?

Hoe werk ander studentekoerante?

Wapad-debakel: Wie sê wat? Rektor: Mediavryheid is ononderhandelbaar

O

p 68-jarige ouderdom kan ’n mens seker maar aanvaar dat Wapad bietjie met rumatiek, swak sig en doofheid sal sukkel. En as jy nog boonop elke jaar met ’n veel jonger vrou (lees redaksie/studente) trou, dan kan dinge begin lol... Die verskyning van Wapad was tydelik uitgestel omdat daar ’n oorspandering van finansies was en advertensie-inkomste uitstaande was. Hierdie reëling was suiwer ’n finansiële bestuursbesluit en glad nie ’n manier om ons studente of ons studentekoerant te muilband, soos deur dosente en studente op sosiale media beweer is nie. Intussen is ’n groot gedeelte van die advertensie-inkomste verhaal en sal die uitstaande skuld deur die Bestuurskomitee (BK) gedelg

word om te verseker dat die nuwe redaksie vir die volgende termyn nie met ’n agterstand begin nie. Daar is ook met die redaksie ooreengekom dat verdere uitgawes van die Wapad deur advertensie-inkomste volhoubaar moet wees. Net soos die feit dat enige koerant wêreldwyd net kan verskyn met ’n volhoubare inkomste. Die Noordwes-Universiteit onderskryf die Handves van Menseregte waarin persvryheid en vryheid van spraak gewaarborg word (SA Grondwet, 1996). In dieselfde asem wil ek ook die volgende versugting uitspreek soos vervat in die Butler-verslag (1995:48): “Die reg op vryheid van die pers behoort regtens aan die eienaar van die betrokke publikasie. Die uiteindelike verant-

woordelikheid vir oorskrydings van die perke op persvryheid en die reg in die algemeen berus egter by die universiteit en sy bestuur.” Die reg van ons studentekoerant om sonder redaksionele inmenging te verskyn, word deur die Bestuurskomitee ondersteun. My visie vir hierdie kampus is om studente aan te moedig om dieper diskoers te voer. Dit onderskryf juis ons verbintenis tot mediavryheid en vryheid van spraak op alle terreine. Sodat ons studente kan lewer met kritiese denke om later in hul lewe ’n bydrae op alle vlakke van die samelewing te lewer. Wapad vergestalt ’n hoeksteen van die Potchefstroomkampus se strewe in die lewering van studente wat ons groeiende demokrasie

en die uitdagings van ons ekonomie ten beste kan dien. Mag die fakkel van vryheid en geregtigheid vir ewig voor in die Wapad brand. NWU-Pukgroete Prof. Herman van Schalkwyk Rektor: NWUPotchefstroomkampus

SR-voorsitter bied R 80 000 aan die nuwe redakteur

Onduidelikheid oor Wapad-finansies, wie is verantwoordelik? ELPHIA BAARD ’n Komitee is deur prof. Herman van Schalkwyk aangewys wat die Wapad reglement en hoe sy finansies bestuur gaan word, gaan wysig. Daar was onduidelikheid oor wie Wapad se finansies en advertensiegelde moes administreer. Die gevolg daarvan was dat ’n bedrag van R79 000 se uitstaande advertensiekostes opgehoop het. Die redaksie moes wel verantwoording doen aan die NWU-Puk se bemarking en kommunikasiedepartement (BEK) vir dié skuld. Gevolglik is die koerant op 9 September tydelik gesluit. Intussen is ongeveer R40 000 se fakture herwin en die oorblywende bedrag van R39 000 is deur BEK gedelg. Volgens Wapad se redaksie is hulle nie voorheen in kennis gestel van die groeiende skuld nie. Hulle is ook van mening dat hulle nie verantwoordelik was vir die invordering daarvan nie. Kevin du Plessis, voormalige redakteur van Wapad, is van mening dat die beheerraad, die kernredaksie en BEK die skuld gesamentlik deel.

R79 000 uitstaande advertensieinkomste R40 000 advertensie-inkomste word ingevorder R39 000 word deur BEK gedelg “Alhoewel Albertina Ngobeni, voormalige redaksielid vir advertensies en finansies, gereeld gevra het of gelde ingevorder word, het ek self nie pertinent genoeg die finansiële state aangevra nie, so ook nie die beheerraad van Wapad nie. Daar is wel nie een keer deur die jaar aan ons gekommunikeer dat daar enige probleme is nie,” het hy gesê. Volgens die Huishoudelike Reglement van Wapad is die beheerraad verantwoordelik vir die finansies van die koerant. “Wapad word uit die begroting van BEK bedryf en dus is die direkteur van die departement

die uiteindelike administrateur daarvan. Die direkteur is dus verantwoordelik vir die winste en/of verliese in sy begroting en moet hiervoor verantwoording doen aan die rektor,” het Janco Jordaan, SR-voorsitter, gesê. Jordaan het die aand van Wapad se tydelike sluiting R80 000 vir Hannes Kruger, die nuwe tydelike redakteur van Wapad, aangebied om die skuld af te betaal. “Die SR het nie hierdie bedrae tot sy beskikking om aan te bied nie,” het Jordaan by navraag gesê. Hy het gesê die fondse sou deur borge ingewin word. Kruger het die bedrag van die

hand gewys omdat die bestelling by die drukkers reeds gekanselleer was teen die tyd wat Jordaan die geld aangebied het. “Dit sou byna onmoontlik wees om in so ’n kort tyd ander drukkers te nader,” het Kruger gesê. Jordaan het gesê dit is vir hom belangrik om die kanaal van studente vir studente in die sin van mediavryheid oop te hou. Cornia Pretorius, ’n joernalisiekdosent en beheerraadslid van Wapad, het gesê sy voel medeverantwoordelik vir die feit dat daar skynbaar probleme is met die finansies. “Maar daar is nooit in enige beheerraadvergadering

aan ons gerapporteer dat daar ’n probleem is nie. As beheerraadslede is ons afhanklik van mense wat aan ons rapporteer”. Volgens Theo Cloete, direkteur van departement BEK, stem dit wat die Huishoudelike Reglement oor finansies bepaal egter nie ooreen met die koerant se huisreëls nie. “Volgens die huisreëls is die redakteur verantwoordelik vir die koerant se finansies,” het hy gesê. Die leemtes in Wapad se reglement gaan binnekort aangespreek word wanneer dit deur ’n verkose komitee hersien en verfyn gaan word om toekomstige probleme te voorkom. “Die brug tussen die reglement en die huisreëls is nie gebou nie, maar geen redakteur kan net ’n koerant uitgee nie. Jy is gekoppel aan finansies ook,” het Cloete gesê. Cloete het verder gesê dat hy “dink die betrokke redaksielede het ’n plig gehad wat hulle nie nagekom het nie. Die beheerraad het ook misluk om hulle opdragte uit te voer. Wie die meeste skuldig is sal ek nie weet nie, maar almal het ’n aandeel”.


10 OKTOBER 2013

Wapad-debakel oorsig

7

Wat behoort Wapad vir jou te beteken? MAX DU PREEZ

D

ie Noordwes-Universiteit is ’n gemeenskap; mense wat in dieselfde plek woon en gemeenskaplike belange en belangstellings het. So ’n gemeenskap het ’n behoefte om onderling te kommunikeer. In vroeëre tye het hierdie kommunikasie deur ’n gekuiery, geskinder en deur gesprekke tussen leiers en volgelinge plaasgevind. Die uitvinding van die rolpers was ’n groot sprong in die intellektuele lewe van die gemeenskap – nou kon almal baie meer effektief oor mekaar en oor sake van gemeenskaplike belang ingelig word. Die koerant het die laaste eeu ’n uiters belangrike rol in die geestelike en verstandelike evolusie van die mens gespeel. Dit het gevorder van bloot ’n middel om kommunikasie tussen mense te vergemaklik tot ’n essensiële instrument vir die demokrasie en ’n manier om die openbare mening behoorlik in te lig en te stimuleer sodat mense beter besluite kon neem oor hul eie en gemeenskap-

like sake. En daaruit het ’n nuwe rol ontwikkel: om namens die gemeenskap diegene in posisies van mag verantwoordbaar te hou. Ons kan nie almal oral wees en alles self ervaar en alle menings self inwin nie. Die verslaggewer is ons agent wat ons oë en ore verteenwoordig. Maar die verslaggewer is net ’n individu uit ’n eiesoortige agtergrond en ervaringswêreld, nie die somtotaal van almal in die gemeenskap nie. Daarom moet hy/sy hom/haarself daarvan weerhou om een deel van die gemeenskap te bevoordeel of te verteenwoordig en sorg dat alle tersaaklike kwessies toegelig en gekontekstualiseer word. “Objektiwiteit” en “neutraliteit” kan nie bestaan nie; die verslaggewer kan nie sy eie agtergrond, invloede, persoonlikheid en menings heeltemal onderdruk nie. Daarom het balans, regverdigheid, korrektheid en eerlikheid die toetse vir verslagdoening geword. Verslaggewers het geleidelik in ’n belangriker rol as bloot weergewers van inligting ontwikkel. Die gemeenskap het die be-

Daarom verwag ons van Wapad se redaksie om ekstra krities te wees; om meer waagmoedig, eksperimenterend en avontuurlik te wees – om ons partykeer selfs die herrie in te maak. hoefte begin voel dat hy/sy ook moet help keer dat dit geïnsuleer word; dat ander stemme en menings as die van die dominante groep binne die gemeenskap ook gehoor moet word. Die gemeenskap het nou van verslaggewers gevra om ook “agente van die bewussyn” te word; om te waak teen die monopolie van menings en inligting van diegene met mag en vermoëns; om nuwe denke en dieper nadenke te prikkel. Nog meer: om almal in die gemeenskap teen ’n streng morele en

etiese kode te takseer. Dit is waar Wapad in die prentjie kom. Die studente- en akademiese gemeenskap gaan oneindig armer wees sonder ’n koerant wat inlig, waak teen magsmisbruik en sorg dat alle menings, ook die van klein minderhede, aan -studente, lektore en administrateurs oorgedra word. Dit beteken per definisie dat lesers by tye kwaad gemaak word of geïrriteerd gaan voel. Maar Wapad dien nie ’n gewone gemeenskap nie, dit dien die mense van ’n plek van intellektuele stimulering en voortdurende bevraagtekening. Daarom verwag ons van Wapad se redaksie om ekstra krities te wees; om meer waagmoedig, eksperimenterend en avontuurlik te wees – om ons partykeer selfs die herrie in te maak. Want Wapad is nie ’n kleindorpse knock-en-drop wat net ’n forum vir advertensies van die plaaslike duikklopper, tuisnywerheid en begrafnisondernemer wil wees nie. Dit is ’n agent vir verandering, ondersoek, debat, bevraagtekening en bevryding van denke

Max Du Preez

aan ’n instelling van akademiese uitnemendheid. Ons soek die plaaslike nuusbrokkies en inligting van die kampuslewe in ons Wapad, maar ons eis meer. En as ons meer kry en dit pas ons nie, moet ons steeds Wapad se onafhanklikheid respekteer en help beveilig. Anders is ons almal armer.

Mediavryheid ingeperk of Die rol wat sosiale media gespeel het finansiële wanbestuur? HANNES KRUGER

ELPHIA BAARD Ná Wapad sowat ’n maand terug tydelik gesluit is deur BEK (Bemarking en kommunikasie) as gevolg van die koerant wat R 79 000 in die rooi is, het daar kommer ontstaan dat mediavryheid op kampus in gedrang is. Was die rede vir die staking werklik oor finansiële probleme of was dit ’n manier om die mediavryheid van studente in te perk as gevolg van stories wat in die verlede gepubliseer is, wat die universiteit se reputasie kon skaad? ’n Skrywe deur PEN Afrikaans op LitNET beskryf dit só: “Uit nuusberigte wil dit blyk dat die vryhede van studentemedia op dié kampus [NWU-Puk] op ongehoorde wyse ingeperk word.” Prof. Johannes Froneman, joernalistiekdosent en mediaetiek kenner, het in By geskryf: “Daar is genoeg getuienis dat die finansiële rede wat geopper is, sterk betwis kan word. Boonop is die redaksie die geleentheid geweier om die blad op die internet te publiseer, wat niks sou gekos het nie.” Volgens Theo Cloete, direkteur van BEK, is die dae van beheer verby. “Redaksionele (media)vryheid is ononderhandelbaar, maar saam met daardie vryheid kom daar ook verantwoordelikheid,” het Cloete gesê. Die sentrale nuuskantoor soos voorgestel deur Janco Jordaan, SR-voorsitter, en sekere BEKbestuurslede is nog ’n aspek wat dit moontlik kon laat lyk of mediavryheid op kampus ingeperk kan word. Volgens prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, is die nuuskantoor nie ’n poging om nuus te beheer nie, maar eerder ’n moderne wyse om joernaliste makliker toegang tot nuusgebeure op kampus te gee. “Mediavryheid is een van die ankers van ’n demokratiese bestel en word deur die kampusbestuur aangemoedig,” het Van Schalkwyk gesê.

“Dit is ironies en hartseer dat almal wat onder sekere wanpersepsies gelei het, kommunikasiekundiges is. Ons is veronderstel om met mekaar te kommunikeer; ons het klaar misluk. Dit is iets wat ons moet herstel,” het Cloete gesê. Dit is egter steeds onduidelik oor hoe die presies die sentrale nuuskantoor gaan werk en wanneer dit in werking gestel gaan word. Jimmy Pressly, SR-lid vir media en kommunikasie, het gesê die SR ondersteun mediavryheid ten volle. “In die termyn wat voorlê gaan ons poog om die mediaverhoudinge te verbeter met alle kampusmedia en ander belangegroepe. Van ons kant af maak ons dit ons missie om so deursigtig en toeganklik as moontlik te wees en inligting te verskaf waar nodig.” Oor Johan van Zyl, ’n mediawoordvoerder van die NWUPuk, se aanhaling in Mail & Gaurdian wat Wapad se mediavryheid onder bedenking geplaas het deur daarna te verwys as ’n “mondstuk” vir die universiteit se interne kommunikasie, het Cloete in Van Zyl se afwesigheid gesê dat hy verkeerd deur die joernalis aangehaal is. Mediavryheid is ’n onvermybare reg, soos prof. Froneman aan Mail & Guardian verduidelik het: “Wapad is nie heeltemal onafhanklik van die universiteit nie, maar die koerant moet steeds krities wees en binne die perskode en die universiteit se waardes optree. Hulle moet verantwoordelik rapporteer sonder om skoothondjies te wees...”

Die bohaai wat op sosiale media gemaak is oor Wapad se tydelike staking, het geen effek gehad op die besluit om Wapad weer te laat verskyn nie. Só het Kiewiet Scheppel, NWUPuk media-woordvoerder, gesê. “Die uitstaande fakture vir advertensies is op datum gebring en dit is op grond daarvan dat daar besluit is om die koerant weer te laat verskyn,” het Scheppel gesê. Op die dag toe Wapad tydelik gestaak is, het dit op sosiale media begin gons. Verskeie mense het kritiek daaroor uitgespreek. Is dié besluit om Wapad weer

te laat verskyn die gevolg van die druk wat op die universiteit geplaas is op sosiale media? Steven Bosch, sosiale mediakenner, het gesê dis moeilik om die effek van die mag van sosiale media op dié kwessie te bepaal. “Maar dit kon moontlik ’n rol gespeel het. Die druk het ten minste sekere prosesse verspoedig,” het Bosch gesê. Prof. Johannes Froneman, ’n joernalistiek-dosent aan die NWU-Puk, was die eerste persoon wat op sosiale media sy opinie uitgespreek het oor dié kwessie. Hy het op Facebook onder meer gesê dat die tydelike staking in lyn is met ander gebeure die af-

gelope maand op kampus en “bevestig dat vryheid van spraak op die Pukkampus ’n erge aanslag beleef. Moet ons as dosente regtig hieroor swyg?” Bosch het gesê die impak wat die mag van sosiale media op die hele debakel het, is positief en negatief. Verder het hy gesê: “Die positiewe impak wat sosiale media op die debakel gehad het, is dat dit as bewusmakingsdoel gedien het. Die storie is nou daar buite. Daarteenoor het die uitlatings wat op sosiale media gemaak is, interpersoonlike kommunikasie vervang waar individue met mekaar kon praat het om ’n ooreenkoms te bereik.”


Wapad-debakel oorsig 10 OKTOBER 2013

8|

Wat sê vorige Wapad redakteurs?

Daniëlla du Plooy

Tydens my termyn was Wapad nog deel van die SR – dis goed dat dit nie meer die geval is nie. Bevorder bewustheid op kampus van hoe die media werk – as jy nie hou van die inhoud van die koerant nie, kan jy ‘n brief skryf OF dit aanmeld.

Piet Matipa

Ek, wat twee jaar die Pukkoerant se pikswart redakteur was, het baie klagtes gekry van dié in maroen… As daar net ’n groot genoeg vlieëklapper was. Die les wat ek geleer het, is Wapad hoef nie met die SR oor die weg te kom nie en dit is orraait.

Steven Bosch

Wapad in my tyd het dalk nie so onafhanklik voorgekom nie, maar ons is nooit gekeer om iets te publiseer nie; 'n kampusverkragting, seksuele teisteringsaak, skorsing van HK-lede oor ontgroening is alles gedek sonder inmening van die instelling.

Ewoudt Cloete

Vincent Eastes

Dit sal voordelig wees as Wapad soos 'n SR-Portefeulje funksioneer. Dit sal beteken dat hulle in beheer is van die bestuur van hulle finansies. Dit sal die verantwoordelike bestuur van die koerant se inhoud en finansies bevorder.

My termyne as Wapad-redakteur was gekenmerk deur goeie verhoudings met die Studenteraad en die Bestuur van die voormalige PU vir CHO. Wapad het mediavryheid geniet en wedersydse respek en vertroue was aan die orde van die dag.

Hoe vergelyk Wapad met ander studentekoerante? FRANCOIS LION-CACHET

S

tudentekoerante regoor die land verskil van Wapad in terme van onder watter deel van die universiteit hulle resorteer. Al die studentekoerante, insluitend Wapad, vervul egter waar nodig die rol van ’n waghond en vra kritiese vrae en is onderhewig aan die Suid-Afrikaanse Perskode. Die Matie resorteer onder geen universiteitsliggaam(departement bemarking en kommunikasie of SR) nie, maar Perdeby val onder die departement van studentebelange, maar funksioneer op ’n outonome vlak.

The Oppidan Press klassifiseer as ’n studente-organisasie van die Rhodes Universiteit in Grahamstad. Hulle val onder hulle studente verteenwoordige raad (SVR) wat aan hulle beskerming moet bied. Hulle is egter redaksioneel onafhanklik. Volgens Christine de Kock, redakteur van Die Matie Studentekoerant van die Universiteit van Stellenbosch (US), geniet Die Matie ’n besondere hoeveelheid onafhanklikheid. Volgens De Kock is die Sentrum vir Studentesake verantwoordelik vir die fakturering van Die Matie se advertensies. Hulle moet dit egter self inwin. Die Matie ontvang wel subsidies van die US om hul

Die Matie resorteer onder geen universiteitsliggaam (departement bemarking en kommunikasie of SR) nie kontantvloei te bevorder, maar dit word volgens De Kock aan die universiteit terugbetaal. “Die Matie plaas stories wat studente raak, ongeag of dit met die universiteit te doen het of nie. Ons

Gee jou graad momentum met die

NAGRAADSE DIPLOMA

het onder meer intensiewe ondersoek ingestel oor ons nuwe en opspraakwekkende koshuisplasingsbeleid, oor agterstraataborsies in die dorp en die misbruik van Ritalin onder studente. Ons het ook ’n jaarlikse evaluering van die studenteraad,” het De Kock gesê. Sy voeg by dat hulle daarop gekomplimenteer is dat hulle ’n stem vir die studente is en vrae vra waar dit nodig is – al is dit oor die universiteit self. The Oppidan Press doen ook kritiese verslaggewing oor die SVR–verkiesings en die verkose verteenwoordigers. Carel Willemse, hoofredakteur van Perdeby Studentekoerant van die Universiteit van Pretoria (UP),

sê dat hulle ook berig doen van wat in die studente se belang is al plaas dit die universiteit in ’n ongemaklike posisie. Willemse voeg by dat Perdeby aan geen vorm van sensorskap onderdanig is nie. “Dié publikasie skryf homself voor aan die Suid-Afrikaanse perskode en beoefen sy konstitutionele reg tot vryheid van spraak en vryheid van die pers,” sê Willemse. ‡ 8- 2EVHUYHU HQ :LWV 9XYX]HOD het teen druktyd geen kommentaar gelewer nie.)

• Voltydse 1 jaar diploma in Bestuur

in

• Ten volle geakkrediteer NKR vlak 7 (8) • Gerieflike klastye op die Potchefstroomkampus • Goeie voorbereiding vir ‘n MBA • Mededingende voordeel in die arbeidsmark

Dié unieke geleentheid van die

POTCHEFSTROOM BESIGHEIDSKOOL bied die volgende:

• Oopboek- en toegepaste eksamens

Kontak ons vandag om te registreer en bestuur jou toekoms! Leanie van Ronge Ekonomiese- en Bestuurswetenskappegebou (E3) Kantoor 408, 4de vloer 018 299 1409 E-pos: leanie.vanronge@nwu.ac.za

NWU POTCHEFSTROOM Besigheidskool

®

POTCHEFSTROOMKAMPUS


10 OKTOBER 2013

K&V

|9

Goodluck by Bourbons te sien FRANCOIS LION-CACHET

10 Okt - 9 Nov DONDERDAG 10 OKTOBER- 18:00

Bingle-sêr NWU Sanlam-Auditorium DONDERDAG 10 OKTOBER- 18:00

Goodluck - pre-sold tickets Bourbon Street SATERDAG 12 OKTOBER - 21:00

Rob May, Shortstraw and December Streets - R40 p/p Die Mystic Boer SATERDAG 2 NOVEMBER - 9:00 Life Market Snowflake SATERDAG 2 NOVEMBER - 9:00 Hartelusmark Parys SATERDAG 9 NOVEMBER - 10:00

Tee met Nataniël - R250 p/p Feather Hill Spa & Venue

D

ie plaaslike dans en electroband Goodluck is vanaand by Bourbon Street Potchefstroom te sien. Dié optrede is deel van hulle nasionale albumbekendstellingstoer waartydens hul eksklusief van hul nuwe liedjies vanaf hul tweede album Creatures of the Night gaan bekendstel. Hulle gaan ook van hulle vorige bekende en gewilde werke speel. Sedert die vrystelling van hul debuutalbum in April 2011 het dié groep al verskeie kere regoor die land getoer met meer as 103 vertonings. Die trio was ook al drie keer na Nederland waar hulle ’n groot ondersteunersbasis het. Goodluck is die nommer een elektroniese groep op iTunes in Suid-Afrika met musiekverkope. Dié band het begin as ’n vier stuk pop-rockgroep maar het egter vinnig gevind dat dit ’n moeilike genre is om ’n lewe van te maak. “Ons het baie hard gewerk aan

Goodluck is Donderdagaand by Bourbons te sien. jacSharp. Ons het ’n daadwerklike poging gemaak om dit te laat gebeur. Ongelukkig was die realiteit daarvan dat ons sekere foute gemaak het met die tydsbeplanning en besigheid daarvan,” het die groep gesê. Juliet Harding, Goodluck se

Van Bingle belaglikhede, vry en OBS

Bruce Noble kry nuwe klank "Op ’n tyd was almal rebels. ‘Ons gaan na ’n rockshow toe, kom ons breek kak!’ Op die oomblik voel ek almal wil net ’n good time hê. So toe voel ons, 'Let’s entertain people. Let’s party'"

LUZANNE KEYTER So vanaand is dit Bingle. Twee weke se bloed, sweet, trane en OBS word vanaand beloon met 20 minute van roem. Van sêrgesigte tot handjies wat soveel emosies kan uitbeeld jy wil jou eie gaan afkap. Geskryf met behulp van my lieflike sêrvriende, hier kom 10 dinge wat jy moet weet voor jy vanaand die oudit instap.

Rudolph Willemse en Marco Basson van Bruce Noble gedurende JOOL 2013 KOBUS OLIVIER

B

ruce Noble se stilswye is verbreek ná hulle onlangs ’n nuwe enkelsnit met ’n ander klank vrygestel het. Dié liedjie het hulle ’n plek in die top 10 van die Converse Get Out Of The Garage-kompetisie verseker. Converse Get Out Of The Garage poog om die beste musiektalent wat nog nie ’n kontrak geteken het nie die geleentheid te gee om wêreldwye blootstelling te kry. Wenners van dié kompetisie sal

in Londen se The 100 Club optree. The Clash, Sex Pistols en Blur het al opgetree op die verhoog van dié gewilde kuierplek. Wenners sal ook kans kry om hul musiek op te neem by die Rubber Tracks studio in New York. “Die breek het ons kans gegee om bietjie nuwe musiek te begin luister en ons sound uit te sorteer,” het Rudolph Willemse, die groep se kitaarspeler, gesê. Hulle beskryf hul nuwe klank as “hoofsaaklik pop met ’n bietjie funk en rock” elemente. “Op ’n tyd was almal rebels.

sanger en vervaardiger, sê dat hulle nog altyd belang gestel het in elektroniese musiek en dat daar toe besluit is om van hul liedjies te omskep na iets wat sou werk in ’n klub-omgewing. “Ons het dit jacSharp electro genoem, maar mense het begin

deurmekaar raak met watter musiek ons nou eintlik maak. Ons het toe besluit om dit sy eie naam te gee. Goodluck is gebore en dinge het vinnig van daar af gegroei,” het Harding gesê. Wat Goodluck van ander electro groepe onderskei is dat hul nog steeds instrumente gebruik en nie net rekenaars om musiek te maak nie. Volgens Harding bring dit “ ’n unieke energie en skep ’n respek wat nie op ’n rekenaar nagemaak kan word nie. As een van die drie elemente van perkussie, saksofoon of sang weggevat word, sukkel ons om die energievlak wat ons aan gewoond is te bou.” Die groep se musiekvideos op YouTube is waar die meeste mense van hul musiek te hoor kom. Volgens Harding is die visuele aspek van musiek deesdae belangriker as ooit omdat “dit jou musiek na ’n hele nuwe vlak toe vat”. Ingang vir vanaand se vertoning is R30 en Monark is ook te sien. Dit begin 20:00.

FOTO: Frank Duvenhage

‘Ons gaan na ’n rockshow toe, kom ons breek kak!’ Op die oomblik voel ek almal wil net ’n good time hê. So toe voel ons, ‘let’s entertain people. Let’s party,’” hetRudolph gesê. Dié kompetisie is oop vir lede van die publiek om te stem. Twee wenners kan kaartjies wen na Londen vir die groep se optrede by The100 club. Die wenners word op 16 September aangekondig, waarna hulle sal optree by Rocking the Daisies. Die publiek kan stem op die webtuiste www.myssl.co.za/converse/

Meisies kan sêr oefen soos masjiene. Almal gee aandag en dinge loop soos stroop. Tot daar ’n man bykom. Die een is louder as die ander een dat die kampuskatte weghardloop van al die high pitched squealing wat uit party meisies se monde glip. En moenie laat ek begin met die outfits nie. As die sewe uur oefensessie begin, is die helfte reg om na ’n modeparade toe te gaan en die ander helfte na 'n stripclub. Wanneer daar geoefen moet word, is dit soos ’n begraafplaas. Die meeste gooi naam weg by Joolympics en die ander kruip in donker kamers weg voor boeke en probeer red wat te redde is aan die akademiese kant. En dan my liewe vriend se quote van die jaar: “Bingle, Bingle, ons almal is single...” Dis seker hoekom Bingle-mense so baie aksies hou? En dalk hoekom hulle twee weke non-stop oefen omdat hulle net niks beter het om te doen nie? So jy kan nie sing nie? Geen probleem! Alle Bingle-groepe het ten minste een ‘spesiale’ persoon wat net kan beatbox of cool lyk terwyl hy op ’n houtboksie sit en ritmes uit hom uit slaan

soos ’n regte hipster. En skielik is daar alweer ’n tekort aan OBS in al die drankwinkels. Moenie jok nie Binglers, ons weet julle drink dit nie vir julle stemme nie! Ek sou ook ’n bietjie liquid courage nodig gehad het as ek my naam voor ’n oudit vol mense moet weggooi met daai danspassies en outfits wat jaarliks net leliker word. “Organized nerd singing? This is great!” Na Pitch Perfect is ek seker daar is ’n 173% toename in aansoeke. Almal wil ‘Don’t you forget about me’ sing en ’n fistpump doen! Spaar ons tog net die MC. En daai simpel meisie wat die heeltyd 'LEKKER KOSIE!' of wat ook al die arme sot se naam is skree. ’n Gehoor kan ook maar lekker kommin wees. Maak nie saak wat die tema is nie, in een van die groepe is daar altyd ’n cross-dresser. Hoekom? Dis soos Colour Festivals. Die trend is verby, mense! En natuurlik is daar altyd die Bingle-vryers. Ná aksies, voor aksies, by aksies. Dit is ’n wonder hulle tong- en gesigspiere werk nog teen singtyd. As jy vanaand ’n trotse boyfriend of beste vriendin is en gaan Bingle kyk, vat asseblief ’n Wapad saam om jou te vermaak. Jy gaan dit nodig kry.


10

Advertensie

10 OKTOBER 2013

WINNER

of this year’s

challenge will be

ANNOUNCED

over Pukfm 93.6 on 31 OCTOBER

WINNER will receive AND R 2000 FOR A CHARITY OF HIS/HER CHOICE...

LOOK out for the next USN BODY MAKEOVER CHALLENGE


10 OKTOBER 2013

K&V

11

Dinee-etiket ontleed Dit is dineeseisoen en tyd om uit te haal en te wys. Wapad Mode wys jou hoe om Dress Codes te ontleed sodat jy geklee is in die perfekte uitrusting vir daardie spesiale geleentheid.

1

Die etiket vir ’n semi-formele funksie behels vir vroue ’n kort elegante rok met hakskoene. Mans kan enige kleur hemp en pak dra, met of sonder ’n baadjie, ’n das en formele skoene. Dit is gewoonlik vir skemerkelkies, troues of fakulteitdinees.

3

2

Dressy of Smart Casual Hier hang dit af van die funksie, maar behels gemaklike, tog stylvolle drag. ’n Das is opsioneel en indien jy besluit om ’n denim aan te trek, moet dit ’n formele denim wees. Toe skoene of hakskoene word aanbeveel. Die is perfek vir kerk en deftige geleenthede soos konserte en kunsuitstallings.

SAAMGESTEL DEUR MIZAN VAN DER MERWE FOTO'S DEUR COLETTE BOTHA MODELLE: SHAUN VAN EYSSEN EN AMORÉ CALDEIRA

Semi-Formeel of Cocktail

Formeel

Formele gebeurtenisse behels smaakvolle drag. Vroue moet verkieslik lang elegante rokke dra met hakskoene en deftige juwele. Mans dra donker pakke met ’n lang formele hemp en ’n das of strikdas. Hierdie etiket gaan gepaard met formele en elegante funksies soos koshuisdinees en troues.

Smulpaap kosresensies MARIKE SWIEGERS Pinotage is ’n eg-Suid Afrikaanse rooiwynkultivar wat in 1925 deur Prof. Abraham Izak Perold van die Universiteit van Stellenbosch gemaak is. Prof. Perold het twee bestaande variteite, naamlik Pinot Noir en Hermitage (vandag bekend as Cinsaut) geneem en probeer om die beste kwaliteite van dié twee variteite saam te voeg. Hermitage is ’n baie geharde kultivar waar Pinot Noir ongelooflike wyne maak, maar baie moeilik is om te groei/te verbou. Pinotage verskil van kelder tot kelder as gevolg van die manier waarop elke kelder die wyn maak

FLIEKtomaan MIZAN VAN DER MERWE EN LUZANNE KEYTER Aanvanklik was nie een van ons twee vroue lus om die fliek oor mans wat in karre rondjaag te gaan kyk nie. Wat weet ons twee van motors af ? Ná die twee-uur-lange emosionele rit waarop ons geneem is, kon ons nie uitgepraat raak oor hoe ongelooflik die fliek was nie. Reeds aan die begin van die fliek was dit duidelik dat dié nie net ’n gewone dokumentêr oor die lewe van Formule 1 renjaers in die 1970’s gaan wees nie. Die fliek is gebaseer op die ware verhaal van die groot wedywering tussen James Hunt en Niki Lauda, vertolk deur Chris Hemsworth en Daniel Brühl. Dié twee, met hul uiteenlopende persoonlikhede en leefstyle, op én af van die resiesbaan, kompeteer al jare om die beste in die wêreld te wees. Die fliek beklemtoon die gevare wat daardie jare gepaard gegaan het met die sport en daar is heelwat grusame ongelukstonele wat die leefstyl waarvolgens hulle geleef het ondersteun – “if you make a mistake, you die”. Die gedetailleerde videografie laat jou voel asof jy daar saam

met die karakter in die motor sit en dit beklemtoon die gevaarlike sport, die emosies en die kragtige ervarings waardeur die karakters gaan. Ron Howard het homself uitstekend van sy taak as regisseur gekwyt. Die dialoog is skerp en humoristies en alhoewel die fliek redelik lank is, gaan dit jou beslis op die punt van jou stoel hou. Die fliek is een van die min resiesflieks wat nie net oor die karre gaan en vereis dat jy kennis daaroor moet hê nie. Vroue moet ook nie dink die fliek is net vir die motorbehepte manne nie, daar is ’n goeie balans tussen humor, spanning, liefdesverhale, avontuur, vriendskap en aksie. Daar word ook van oorspronklike beeldmateriaal vanuit die 70’s gebruik gemaak wat op ’n kreatiewe wyse die fliek ’n realistiese gevoel gee. Die fliek het reeds Vrydag die 4de Oktober in teaters begin draai en is beslis die R50-fliekkaartjie werd. Tydsduur: 123 minute Ouderdomsbeperking: 16 SNVLD Akteurs: Chris Hemsworth, Olivia Wilde, Daniel Brühl en Alexandra Maria Lara.

sowel as die area waarin die wingerde geplant word speel ook ’n groot rol.

Proe notas Waneer jy Pinotage ruik (die neus van die wyn) is dié wyn veral bekend vir geure van bessies, vanilla en speserye, op die mond (wanneer jy dit proe) kry jy ’n vol afgeronde smaak. Die variteit is ook ’n baie veelsydige dryf omdat dit ook ’n wonderlike rosé maak, ongeag of dit droog of semi-soet is. Verder kan daar ook witwyn of vonkelwyn van gemaak word. witwyn of vonkelwyn van gemaak word.

Voorstelle Dit is soms baie oorweldigend om voor ’n winkelrak vol wyn te staan en ’n wyn te kies. Baie keer vat jy net die duurste een in die hoop om ’n goeie wyn te kry of hou jy net by wyn wat jy ken. Maar dit is nie noodwendig die geval dat die kwaliteit van die wyn saam met die prys wat jy per bottel betaal klim nie. - ORANJERIVIER WYNKELDER PINOTAGE R40 PER BOTTEL - CAFE CULTURE VAN KWV ONDER R50 PER BOTTEL - DIEMERSFONTEIN PINOTAGE R80 EN MEER PER BOTTEL


12

10 OKTOBER 2013

Redaksioneel

Ombudsman

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: hein.lubbe@nwu.ac.za

Kommentaar

SMS 31750

SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

10 OKTOBER 2013

'n Terugblik en vooruitsig vir Wapad 2014

D

it is moeilik. Koshuise wat die koerant boikot. Studente wat negatief is oor die koerant. Ek dink nie dit was maklik vir enige joernalis om in die 2012/2013 termyn van Wapad deel te wees nie. Jy word gedreig, gevloek en snaaks aangekyk. Behoorlik soos die outcasts in ’n deftige skool waar die mammies hulle kinders met ’n frisbus aflaai. Dan kan jy as die nuwe tydelike redakteur nie anders as om te wonder of het die vorige redaksie nie in hulle doelwit misluk nie. Het hul die pot misgesit? Wat help dit daar is ’n koerant en studente is negatief oor hom? Behoort ’n leser van ’n koerant nie lief te wees vir die koerant nie? En as jy deeglik oor die saak gaan dink, kom jy tot die gevolgtrekking dat Wapad vanjaar tog ’n impak op die lesers gehad het. Dit het mense aan die praat gesit. Dit het debat ontlok. Dit is belangrik om nou net op die toekoms en hoe die pad vorentoe gaan lyk, te fokus: My doelwit met Wapad is om elke tweede week ’n koerant met persoonlikheid uit te bring. Die grense op ’n stylvolle manier te verskuif. Inhoud wat 'n storie vertel wat lesers prikkel en interesseer. Die sleutelwoord is balans. ’n Koerant behoort vir die leser ’n keuse te gee. Daar moet berigte wees waarvan jy sterk kan verskil en berigte wees waarmee jy 100% saamstem. Iets vir almal. As jy die koerant van voor tot agter lees, moet dit jou op ’n reis van gemoedstemminge neem. Die inhoud moet so gebalanseerd en divers aangebied word dat dit jou laat lag, huil, kwaadmaak en jou tot sekere insigte bring. Die ervaring om Wapad deur te lees, behoort jou verwysingsraamwerk uit te brei. Dit is vir my en die nuwe tydelike redaksie ’n voorreg om jou vir die volgende tydperk elke tweede week ’n koerant van goeie gehalte uit te bring. Die nuwe jaar met ’n oop kop in te gaan en nie een keer terug te kyk en mekaar te verwyt oor die verlede nie. Dis ’n tyd wat was. Daar moet nou gefokus word op die tyd wat kom. Sake op kampus gaan bevraagteken word, mense in gesagsposisies gaan fyn dopgehou word, debat gaan gestimuleer word, onderwerpe buite jou verwysingsraamwerk gaan omvattend bespreek en ondersoek word. Kom, neem deel. Praat saam. Moenie skroom om te sê hoe jy voel oor die inhoud van elke Wapad nie. Lug jou opinie. Leer om krities oor sake te dink. Kla as iets jou pla oor die koerant. Kritiese, evaluerende en onafhanklike denke is wat tuishoort by ’n tersiêre akademiese instelling. Ons sien uit om te hoor wat jy te sê het en te sien hoe ons almal saam in harmonie die grense van hierdie kampus verskuif op ’n innoverende manier net soos wat ’n jong mens kan. Wapad-groete. Hannes Kruger Die volgende uitgawe van Wapad verskyn in O&B 2014

Kernredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger NUUSREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEURS: Wynona Louw, Simon Sonnekus, Eugenie Gregan TEGNIESE REDAKTEUR: Luzanne Keyter KUNS EN VERMAAK REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOGRAFIE & GRAFIES: Eugene le Roux en Gert Coetzer ADMINISTRATIEWE BESTUURDER: Carike Brits ADVERTENSIES & FINANSIES: Lorraine Jordaan HOOFTEKSVERSORGERS: Ruan Fourie en Cyril Blackburn Uitleg: Hannes Kruger en Simon Sonnekus

SMS’e Wat gaan aan met Arcade Empire? Dit was so lekker om daar te kuier tydens Aardklop -Bianca Ek is moeg vir die parkeer probleem op kampus. Wanneer eindig die bouery? -Gerhard

SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

SMS 31750

Lekker blog, Wapad! Het sêr en Aardklop van die huis af geniet. -Celia

Uittredende redakteur praat oor 2013

Die treurverhaal en totsiens KEVIN DU PLESSIS Daar was boikotte en haatspraak. Daar was debat en stry en argumenteer. My termyn as redakteur het afgeskop met ’n semi-kaal vrou op bladsy 12 en van die dag wat daardie eerste uitgawe uitgekom het, is Wapad weer gelees en oor gepraat.

Hoewel ek trots is op die debat wat ons gestimuleer het op kampus, my nommer een doel vir Wapad 2013, weet ek daar is ’n paar dinge wat ek soms anders sou doen. Of dalk nie, wie weet? Wapad is ’n opleidingskoerant. Dit het die Wapad-redaksie baie geleer en die ervaring wat ons opgedoen het sal vir ewig iets wees aan die basis van ons opleiding as joernaliste. Dit het die kampus ook iets geleer, glo ek. Of dit nou net was om iets raak te sien wat aandag kort, of iets waaroor enige denkende student hoort na te dink. Dit het die SR nie veel geleer nie. Ongelukkig het ons in ’n stryd gebly tot die einde. Tot op my laaste paar dae as redakteur moes ek deal met SR-lede wat glo dat hulle ’n vorm van mag behou deur ons van inligting wat bekombaar hoort te wees te weerhou. Ek hoop dat die nuwe groep iets geleer het waar hulle voorgangers gefaal het deur vir mekaar dinge te sê soos “Kan ek hierdie maar bitchy antwoord?” wanneer ons vir hulle vrae gestuur het. Ek onthou nog in O&B toe die voorsitter my gevra het om hom in sy kantoor te kom sien 07:00 die oggend, kan jy glo? Daar is vir my aan die begin van die afspraak gevra: “Is jy lief vir hierdie kampus?” Is ek lief vir hierdie kampus? Liefde het niks daarmee te doen

Briewe

Aan die kampus, hou aan lees, hou aan debatteer, hou aan verbeter.

nie, jong. ’n Mens is nie lief vir grond en geboue nie, jy is lief vir mense. Wapad het so ver as wat ons gewerk het vanjaar omgesien na die studente wat nie ’n stem gehad het nie. Of situasies wat aanhou krap en nooit oor gepraat word nie. Probleme wat deel is van die ou Suid-Afrika. Goed soos rassisme, homofobie, ontgroening en natuurlik die van tyd tot tyd Mugabe-regeerstyl van die SR. Ek moet wel erken dat die SR nie op ’n onverwagse wyse reageer het nie. Om skielik deur ’n koerant om elke hoek en draai dopgehou te word sal vir enige iemand ’n skok wees wat gewoond is om nog altyd maar eintlik net te doen wat hulle wil. Die SR se termyn was geensins sleg nie, hoewel hulle geen clue gehad het hoe om met die media te werk nie, maar watter student weet tog? Ek laat Wapad in bekwame hande oor. Daar is nog ’n paar gevegte wat geveg moet word in die volgende jaar en ek wens die nuwe redaksie alle sterkte toe om te veg vir dit wat reg is, om Wapad se stem skoon te hou sonder invloede wat nie plek het by ’n kampus wat vryheid van spraak ondersteun nie. En dan, ek het nog altyd ge-Anoniem

wonder waarom mense in die bestuur so uitbom oor watter tipe stories ons doen. Seker bang ons breek af aan die reputasie van die kampus. Maar my siening is dat geen studentekoerant wat eerlik en opreg werk enige skade aanrig nie. Dit is iets wat bydra tot die tipe diskoers wat by ’n goeie studentelewe hoort. As daar ernstige foute gemaak is, kon hulle altyd briewe skryf, of kla by die ombudsman en aandring op regstellings. Dis nooit gedoen nie, so ek vat dit as ’n high-five vir my en die res van die redaksie. Daar is nog dinge op kampus wat baie aandag kort. Die manier hoe eerstejaars gekondisioneer word in O&B om te glo in die NWU-Pukmanier van dinge doen. In die koshuise se tradisies. In die SR se aksies. “Ons sit hulle op hulle plek,” sê die seniors. “Hulle is te windgat as hulle van matriekvakansie af kom,” sê hulle. Dis bog. Absolute bog. Laat mense bietjie vir hulle self dink as hulle hier kom. Hou op om jou merk op hulle te maak. Universiteit gaan oor die individu en oorspronklike idees. Laat hulle vry en hou op dink jou senioriteit met een of twee jaar maak almal jonger as jy onderdanig aan jou. Aan my algemene redaksie, julle het gegroei en ek is trots om te sê ek het saam julle gewerk. Aan my kernredaksie, daar is nie woorde wat kan beskryf hoe ek oor julle voel nie. Julle was my alles in die laaste jaar en saam het ons iets merkwaardigs bereik. Aan die kampus, hou aan lees, hou aan debatteer, hou aan verbeter. Bietjie vir bietjie staan ons almal vir dieselfde ding: om SuidAfrika ’n beter plek te maak! Briewe kan ge-e-pos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Ongelukkigheid oor parkeer-probleem Die feit dat hier so min parkeerarea op die NWU-PUK is maak my kwaad, want hulle bou en bou net maar daar word nie spasie gemaak vir studente se karre nie. Ek bly anderkant die Mooi Rivier Mall en kan eenvoudig nie kampus

toe stap nie. Dan daardie verskoning van ’n parkeerarea by Patria is permanent vol en die stof maak my kar vuil. So as die NWU-PUK my dag wil maak kan hulle gerus meer parkeerareas vir studente maak. Ek

is moeg daarvoor om vir parkering te soek en wil graag nader aan die kampus parkeer. Ek het net soveel reg as koshuisinwoners om lekker naby aan die kampus te parkeer. Is daar regtig niks wat gedoen kan word nie?


13

10 OKTOBER 2013

Haji Mohamed Dawjee, Mail and Guardian social media editor, describes her experience at Aardklop Arts Festival

Open Discussion

An Afrikaans arts festival and fish out of the water... I always wondered about that phrase, “a fish out of water”. To me, it always seemed like a chosen emotion. That is, you can only be a fish out of water if you choose to be one. In my head, any situation can be accommodated by opening yourself up to it, learning about it and experiencing it open-heartedly. And it always works in your favour if you know enough people who are willing to guide you through it. After all, that’s probably the reason why so few people in South Africa fear cross-cultural experiences – because they don’t know anyone well enough, or don’t feel secure enough to ask someone to take them with and embed them in a situation supportively so that they can have the experience for themselves. Am I wrong? Now we all have preconceived notions that we can’t get away from when it comes to other cultures. Sometimes we fight or suppress them, and at other times the most we can hope for is just to be aware of them – conscious that they do in fact exist somewhere within us. Here’s mine: A personal history of prejudice against Afrikaners. Now at this point I will probably try and defend that statement by saying “I have plenty of Afrikaans-speaking friends, some of them very close

to me,” etc. And look, I will openly preach my ignorance and say: I do know that there is a difference, I am just not always sure what it is. So to clarify, I have a prejudice against Afrikaners, not Afrikaans people? Yes. Okay. I am a flawed human being with problems, and I am not blaming my existential crises on anyone but myself. A casual conversation with colleagues made me aware of the fact that my experience was no different to anyone else’s. South Africa as a country does contain these separatist forums, whether they are arts festivals, book fairs or museums (and they do deserve a space, I absolutely agree) where you will only find the same, the same. But never before had I encountered this deeply-rooted otherness (well, not since school) as when I went to Clover Aardklop National Arts Festival in Potchefstroom. So much so that it is now three days later and the uneasiness of how different I was in that context is still niggling at my white bones. A practical gesture of “othering” me did not occur and was not necessary in order for me to feel exceptionally “othered”. It rose from me, organically, until some part of my personality was flailing about desperately to make sense of it all

Now we all have preconceived notions that we can’t get away from when it comes to other cultures... Here’s mine: A personal history of prejudice against Afrikaners. by trying to just fit in or often times, walk away, observe, and say nothing at all. “I am the fish, and I am definitely out of water I thought.” I missed other people. Other people who were not white and Afrikaans. Who could perhaps talk about the same things in very different ways. I missed understanding something, anything, myself even. And no, I did not miss them in the sense that I wished I was not in Potchefstroom (because I did want to be there), I just wished they were there with me. I was switched on, all the time. Constantly aware of all of this unfolding or revealing itself.

Was I just blind before? Naïve? Is it ea-sier to be who you really are when you are unchallenged by, say, the prerequisites of a more colourful city like Johannesburg and you can exist plainly and simply just as you want to be with people who are exactly like you in a place like Potchefstroom? Or was I just not trying hard enough to be accommodating? (This of course is met with the very harsh fact that it is harder to accommodate multitudes of the same people than it is for them to maybe accommodate you, as the “new” one to the environment.) I had a post-mortem conversation with a friend yesterday and I remember saying to her, in hindsight: “Aardklop is all a bad dream. I felt like I was stuck in a weird carnival, a parallel universe where everyone was strangely familiar and familiarly strange. The things I thought would be weirdest about it, were not weird at all. The whole energy and the entire memory of everything seemed like a dark tent and, still very white between all the freaks at the circus, I am the biggest of them all. The last act. The draw card. The strange little gnome who went along to the parade to see what it was all about and now feels a bit damaged by it.”

Perhaps I am reading too much into this, perhaps it is every person for themselves and the fact that I felt so awkwardly out of place to the extent that it hurt is just, again, my prejudice, my lack of growth, that innate feeling I pre-empted in knowing I was pro-bably going to feel like that anyway. The difference is though, that I did try. And it is always going to be important to me as a human being to try. The lesson here, is to not expect anyone else to recognise that – regardless of how well they know you. Although, if they did, if everyone did, we all might want to try again. Isn’t that the point of learning about other cultures to begin with? To want to try again? To not be met with disdain and deafening silence when I said the experience was overwhelming and a culture shock. (I can see the thoughts steam forth and whisper, “then why did you go?”) Of course it was. Again, of course it was overwhelming and a culture shock! And I am not sorry if that is disappointing to everyone else who was not out of their comfort zone or never experienced what being out of your comfort zone feels like to this extent. But that’s not ever going to be a good enough reason not to do something, is it?

The last Pukke drive for 2013 DATE

SANBS MUST COLLECT AN AVERGE OF 3000 UNITS OF BLOOD PER DAY

15-16 OCTOBER

Pump up the Volume If you donate at least three times in this year you stand a chance to win a holiday for two in Cape Town, flights included.

A UNIT OF BLOOD CAN SAVE 3 LIVES

Don’t let life get in the way of saving a life

TIMES

PLACE

Tue 9:00 - 15:30 Wed 11:00 - 19:00

15 OCTOBER - GYM HALL 16 OCTOBER - KARLIEN


Sport

14 |

10 OKTOBER 2013

NWU-Puk Sport Oorsig: Beste van 2013 Eerstejaarsport Seker die mees nuuswaardige Eerstejaarsportkode van 2013 was die Eerstejaarsrugby. Laureus manskoshuis was die wenners van dié gesogte trofee deur 11-9 met Villagers in die eindstryd af te reken en het in die proses as titelhouers van dié kompetisie vir die eerste keer in NWU-Puk-geskiedenis bekend gestaan, ’n indrukwekkende feit aangesien vanjaar slegs die tweede jaar was wat Laureus hul eie span gehad het. Wenners van ander Eerstejaarsportkodes: -Atletiek: Heimat en Dinki -Netbal: Karlien -Swem: Villagers en Heide -Tennis: Heimat en Bellatrix

Twee NWU-Pukke gekies vir Bababokke

Gimnastiek by USSA's

In hierdie samestelling kyk ons na die hoogtepunte van die 2013 sportjaar; die wenners van die onderskeie sportligas asook NWU-Puk atlete en spanne wat provinsiaal of nasionaal presteer het.

SPORT

Luther Obi en Sylvian Mahuza is vanjaar gekies om deel te wees van die junior nasionale span wat Suid-Afrika in Junie by die Junior Wêreldbeker in Frankryk verteenwoordig het.

Wynona Louw

Die NWU-Puk gimnastiekspan het ’n algehele derde plek by vanjaar se Universiteit Sport SuidAfrika komptisie behaal. Die span, bestaande uit 25 lede, het ’n totaal van 28 medaljes in die sak gesteek, waarvan 13 goud, agt silwer en sewe brons was.

11 NWU-Puk SA-netbalspelers

Die Suid-Afrikaanse Netbal Kampioenskappe het vanjaar in Junie plaasgevind en 11 NWU-Puk spelers, waarvan vyf O/19 en ses O/21 was, is tydens hierdie kompetisie gekies om die land te verteenwoordig.

Predatorliga Die NWU-Puk- tweedespan (Ibbies), derdespan (Tau), O/21 -en O/19-spanne het in Johannesburg aan hul onderskeie Predatorliga eindstryd-wedstryde deelgeneem en drie van die bogenoemde spanne het daarin geslaag om hul onderskeie eindstryd-kragmetings te wen.

Koshuiskrieket Veritas het vanjaar die koshuiskrieket-eindstryd vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen deur Over-de-Voor met 34 lopies in die eindstryd te klop en die krieketseisoen onoorwonne af te sluit.

Varsity Atletiek Die NWU-Pukke het na afloop van die eerste Varsityatletiekreeks algeheel tweede geëindig en sodoende gewys hul atletiek hoef vir geen ander universiteit terug te staan nie.

Varsity-hokkie Die NWU-Puk vrouehokkiespan het tweede geëindig in die inleidende Varsity-hokkiereeks nadat hul onoorwonne veldtog in die eindstryd deur die Universiteit van Stellenbosch (Maties) tot ’n einde gebring is.

Winterliga Netbal Karlien het hul Winterliga-trofee suksesvol verdedig en beide hul eerste- en tweedespanne het as wenners uit die stryd getree. Karlien se eerstespan het in die finaal sake met Heide afgehandel.

Tafeltennis Patria en Heide is as kampioene van vanjaar se tafeltennis-liga gekroon. Heide-2 het ook die beker in die B-liga verower.

Winterliga Hokkie Ná taai kragmetings het Patria en Kasteel onderskeidelik as wenners van die A-liga uit hul onderskeie eindstryd-wedstryde van die hokkie-winterliga getree.

70ste Interver: Algemeen By die 70ste Intervarsity het die NWU-Puk teen Kovsies in 32 wedstryde gekompeteer in 11 verskillende sportsoorte, waarvan die NWU-Puk 13 gewen het en Kovsies 16 met drie wat gelykop geëindig het.

70ste Interver: Rugby Die groot wedstryd van die naweek was natuurlik die een waarin die NWU-Puk1-span teen Kovsies te staan gekom het en die NWU het gesorg vir ’n 29-19 oorwinning in Shimla-land.

Steinhoff Koshuisrugby Patria het tydens die koshuisrugby-eindstryd hul uiters suksesvolle seisoen op ’n gepaste wyse afgesluit deur De Wilgers-manskoshuis in ’n naelbyt-sege met 18-14 te klop. Patria sal die NWU-Puk in die aanstaande jaar se Varsity Cup verteenwoordig.

Sportbekerwenners: Patria en Karlien Patria is vanjaar houers van die manssportbeker, terwyl Karlien hul titel as vrouesportbeker-houers hernu het.


10 OKTOBER 2013

Sport

15

Student bult spiere by SA-kampioenskappe

Carmen Botha by die WBFF South Africa Spectacular. EUGENIE GREGAN

C

armen Botha, ’n eerstejaarstudent in MBW en Rekreasie aan die NWUPuk, is besig om ’n gewilde naam in liggaamsboukringe te word. Sy het by die onlangse IFBB Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Port Elizabeth die Fitness-Bikini-kategorie gewen en is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Amateur Olympia Bikini wat later vandeesmaand in Praag plaasvind.

FOTO: RUDX

Carmen was in Hoërskool Bergvlam in Nelspruit toe sy die eerste keer aan ’n liggaamsboukompetisie deelgeneem het. Sy was ’n kranige atleet op skool, maar het nooit voorheen in liggaamsbou belanggestel nie. Haar toerisme-onderwyser het haar drie dae voor ’n plaaslike kompetisie aangemoedig om deel te neem. “Dit was ’n geskarrel om al die dinge reg te kry soos my skoene, bikini en tan.” Dié kompetisie was ook die eerste een wat sy gewen het.

“Die meeste van die deelnemers was verbaas dat ek daar was omdat ek nog nie een keer vantevore in die gym was nie en ook nie regtig daarvoor voorberei het nie. Ek was nie eers op ’n dieet nie.” Carmen het in 2011 by die WFF-WBBF Wêreldkampioenskappe in Wene ’n sesde plek in die junior-afdeling verwerf en ’n vyfde plek in die ope-afdeling wat sy as haar grootste prestasies tot dusver beskou. Sy moes verlede jaar onttrek aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe ná sy in ’n motorfietsongeluk was wat haar sowat vyf maande buite aksie gehou het. Sy het vanjaar egter net van krag tot krag gegaan en van haar prestasies vir 2013 sluit in ’n eerste plek by die RUDX Millenium Gold Plate en ’n tweede plek by vanjaar se WBBF Kampioenskappe. Haar oefenprogram bestaan uit ‘n uur se kardio-oefeninge 5:00 elke oggend en oefeninge met gewigte later die dag. Sy volg nie ’n spesifieke dieet nie en probeer eerder ’n gesonde leefstyl handhaaf. Sy kry nie baie tyd vir ontspan nie, indien wel, hou sy daarvan om gholf te speel. “My lekkerste tyd is egter tydens die af-seisoen wanneer ek ’n bietjie meer kan rus.” Haar rolmodel is Derryn Brown, ’n bekende fiksheidsmodel en persoonlike afrigter van Dubai. Carmen se planne vir die toekoms is eerstens om op 19 Oktober haar Pro-kaart by die Amateur Bikini Olympia te kry. Sy wil ook mense help wat ook aan liggaamsboukompetisies wil deelneem en wil ’n ambassadeur vir fiksheid wees. “Ek wil graag ’n mentor wees vir jong dames.”

Gelant met sy USSA medalje

Gelant hardloop weg met dubbele titels op tuisveld SIMON SONNEKUS Elroy Gelant het met twee titels onder die arm weggeloop op die nasionale veldloopkampioenskapsbyeenkoms wat op 14 September in Potchefstroom gehou is. Gelant, wat vir SentraalNoordwes hardloop, het 4 km sowel as die 12 km-wedloop gewen en die eerste atleet geword wat dit tot dusver kon vermag. “Dit was ’n taai wedloop, maar ek kon myself bietjie spaar in die 12 km omdat ek geweet het mense soos Stephen Mokoka en Gladwin Mzazi was nie daar nie,” het Gelant gesê. Gelant het die korter wedloop in ’n tyd van 11:55 voltooi – 12 sek. vinniger as Mthobisi Baloyi wat ook van Sentraal-Noordwes is. Marko Bucarizza van Sen-

traal-Gauteng het ’n sekonde ná Baloyi die wenstreep in die derde plek oorgesteek. Gelant, wat vanjaar ook op die baan presteer het, gaan volgende jaar by die Statebondspele in Glasgow, Skotland, aan die 5 000m-wedloop deelneem. Gelant meen hy gaan nie aan ander langafstandwedlope by die spele deelneem nie, maar hom liewer toespits op die 5 000 m waarin hy al amper twee keer vanjaar aan die nasionale rekord van 13:14,16 geraak het. “Ek begin lekker ritme kry in die 5 000 m – ek het vanjaar tye van 13:15 en 13:16 gehardloop, daarom gaan ek net een wedloop in Skotland hardloop.”

Die Rissie praat oor die afgelope jaar se sport 2013 was ’n jaar vol sport hoogtepunte én laagtepunte, met prestasies wat die NWU-Puk trots gemaak het en laagtepunte wat laer was as die NWU-Puk-1 rugbyspan se puntestand op vanjaar se Varsitybeker punteleer. Die Rissie is baie bly dat die mans- en vrouesportbeker vanjaar in Karlien en Patria onderskeidelik tuiste gevind het, met die twee koshuise se wegholsukses in sport vanjaar (met die fokus op Patria se koshuisrugbytitel, dit is immers die belangrikste) is daar geen ander koshuise wat dit meer verdien nie. Die Rissie hoop net dat verlede jaar se sportbekerwenners se sêrbeker genoeg plek in hul vertoonkas gaan opneem om die sportbeker se afwesigheid te verbloem. So gepraat van trofees, hoewel die NWU-Puk se vroue Varsityhokkiespan in die eerste Varsityhokkie-kompetisie nét kortgekom het van só ’n besitting, móét mens sê dat dit nog steeds ’n baie goeie poging was. Een poging wat Die Rissie hoop suksesvol gaan wees

Die Rissie is baie bly dat die mans- en vrouesportbeker vanjaar in Karlien en Patria onderskeidelik tuiste gevind het is die een van Robert du Preez, die nuwe man aan die hoof van NWU-Puk-Varsitybeker -en Luiperds rugby. Met die ‘poging’ verwys Die Rissie na die reuse taak wat hy gaan aanpak om die NWUPuk uit hul ellendige Varsitybeker-veldtogte te red en die Puk te brei om ’n Varsity Cup-titel huis toe te bring (want dié lyk maar na ’n onmoontlike taak). En dan die Predatorliga. Die NWU-Puk-rugbyspanne (behalwe NWU-Puk-1) het hulself in hul onderskeie eindstryd-wedstryde vanjaar goed van hul taak gekwyt

en geen foute gemaak nie deur drie Predatorliga-bekers huis toe te bring. Die Rissie glo sy hoef nie weer te sê dat sy NWU-Puk-1 se foutiewe veldtog dié jaar glad nie amusant vind nie. ’n Fout wat Die Rissie wel amusant gevind het, was die een in die Wapad uitgawe van 22 Augustus wat weergegee het dat Ratau en Hombré deur is na die winterliga hokkie-eindstryd. Dít was seker die naaste wat Ratau al aan ’n sporttitel vanjaar gekom het. Die Rissie het 'n taamlike groot glimlag op haar gesig gehad toe sy gesien het hoe goed die NWU in die Varsity-netbal vaar en tot haar verbasing het sy ook verneem dat daar 'n redelike aantal mensies was wat nog 'n groter glimlag getoon het toe hulle te hore gekom het van die hele Wapad-debakel en wat seker gedink het die Wapad se bestaan is omtrent so verby soos Brendon Venter se pos by die Sharks. Met die doemprofeetjies wil Die Rissie net 'n eeu-oue gesegde deel: Onkruid vergaan nie.

Been there done that... What’s next?

Begin salaris R17 000

moet onmiddelik diens kan aanvaar e-pos jou CV na marie@platinumlife.co.za klaudia@platinumlife.co.za

Maatskappy geleë in Illovo, Sandton


Sport 10 OKTOBER 2013

ROOI RISSIE Praat oor vanjaar se sport

Chanté Steyn in aksie. Sy is as speler van Maandagaand se wedstryd aangewys.

15

FOTO: MARIO VAN DE WALL

Pukke moker die Madibaz EUGENIE GREGAN

D

ie NWU-Pukke het hul plek in vanjaar se halfeindronde van die Varsity-netbalreeks bespreek, nadat hulle Maandagaand 57-38 met die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) afgereken het. Dié sege beteken dat die onoorwonne Puk-span reeds vir die uitklopfase kwalifiseer, ongeag hul vertonings in die volgende twee

rondtes. NMMU het die wedstryd gedetermineerd begin en het kort na die aanvangsfluitjie geblaas het, die eerste doel van die wedstryd aangeteken. Die Pukke het aanvanklik gesukkel om hulle ritme te vind en het ná die eerste kwart 15-11 voorgeloop. Met die afskop van die tweede kwart het hulle egter oorgeskakel na ’n hoër rat en teen halftyd was die telling 34-21. NMMU kon slegs vyf doele in die derde kwart aanteken en met die

telling 46-26 in Pukke se guns was dit so te sê neusie verby vir die Madibaz. Hulle het ’n terugvegpoging in die laaste kwart begin, maar moes uiteindelik die aftog blaas teen die Pukke se entoesiastiese spel. Die Pukke se verdediging in veral die senterderde was onverbeterlik en hulle kon gereeld omgekeerde besit bewerkstellig. Chanté Steyn en Elsunet du Plessis het geskitter vir die tuisspan en Steyn is ook as speler van die

57-38 wedstryd aangewys. “Ons het doelwitte gestel vir elke kwart en kon daarby hou. Dit is altyd ’n moeilike wedstryd teen NMMU, maar ons kon saamspeel as ’n span en ’n bonuspunt verwerf,” het Steyn gesê. “Die Varsitynetbal is ’n goeie geleentheid vir ons spelers en dit was lekker

om al die ondersteuning daar te sien.” Maandagaand se ander kragmetings het ook groot oorwinnings opgelewer. Maties het TUT met 70-27 geklop terwyl Kovsies ’n rekord-telling van 89-13 teen Ikeys opgestel het. Die Pukke lê tans bo-aan die punteleer, met Kovsies en NMMU onderskeidelik in die tweede en derde plek. Die Pukke kom volgende week teen die Universiteit van Johannesburg te staan.

NWU-Puk rugby kry ’n nuwe breier WYNONA LOUW Met minder as 116 dae voor die begin van die nuwe Varsity Cup seisoen het NWU-Puk ’n nuwe aanslag begin om silwerware vanjaar te verseker. Robert du Preez is aangestel om die pos as direkteur van afrigting by die NWU-Puk rugbyinstituut en die Luiperds-rugbyunie te vul. Die oud Springbok-skrumskakel gaan nie net die leisels by Hannes Esterhuizen oorneem nie, maar vervang ook vir Jorrie Muller as die Luiperds se hoofbreier in die Currie-beker. Du Preez, ’n inboorling van Potchefstroom en oud NWUPuk-student, se indrukwekkende afrigtingsrekord was duidelik in sy rol as breier van die KwaZulu-Natalse klub, College Rovers. Du Preez het gesorg

dat Rovers in 2012 as nasionale klubkampioene geseëvier het, asook vanjaar deurgedring het tot die eindstryd van die Gemeenskapsbeker én het ook onlangs die Murray-beker die nuutste byvoeging tot hul silwerwarekabinet gemaak. Nadat hy uitgedraf het vir Wes-Transvaal, keer Du Preez na terug Potchefstroom toe ná 26 jaar. Du Preez en die NWU-Puk span het vanjaar ’n reusagtige taak wat voorlê met die dat verskeie spanne al voor die begin van die toernooi breiers verander het. Die merkwaardigste is die onlangse aanstelling van breier Pote Human wat aangesluit het by die 2013 kampioene, UP-Tuks. Die poel vir kandidtae het glad nie gekort in kaliber nie, voormalige Bokbreier Gert Smal en Matt Proudfoot is ook vir die NWU oorweeg.

Robert du Preez tydens ’n oefensessie.

FOTO: rugbyphotographer.org


Wapad - 10 Oktober 2013