Issuu on Google+

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 12 JUNIE 2014

WWW.VRYSTAAT.CO.ZA

R3,80

Bikers’ move a blow Garth Brook

Presteer

Lita Wales se wenfoto

bl. 5

Versamelaar

Cassie se unieke oorlogmuseum

bl. 6

Sport

Skoliere versus Collegians

bl. 15

02414

9 771026 872001

A MAJOR event in Clarens – the annual visit of the Steelwings – has come to an end. The Steelwings – who this famous town had the honour of hosting the past ten years – will not be gathering in Clarens in future. This decision came as a shock for the business sector. The event was a major cash generator for the town, bringing in an annual amount of approximately R3 million when last counted. The Steelwings became known as generous customers and everyone received sizeable tips throughout the weekend. Clarens welcomed two-wheeled tourism many years ago when the late Walter Siviter and the other organisers set about organising their visits. After the second visit a well-orchestrated chorus of complaints rose from the valley even referring to the bikers as “the Devil’s own children”. Pieter Groenewald, spokesperson for the Steelwings, says the bikers will not come back. They are now heading for Alpine Heath with no red tape involving the police and municipality, no liquor licence applications, all costing the Steelwings tens of thousands of rands every year. “We are dealing with obliging folks that really understand the magnitude of our business. “They also offered accommodations with all meals included at an affordable package deal. “Our highest gratitude for the support of Clarens businessmen – honoured friends of the Steelwings. We had wonderful times in Clarens and might just decide to come back in future,” says Groenewald. Vrystaat spoke to other stake-

STEELWINGS

says. “People do not realise what they have before they lose it. The Steelwings were positive because they invested a tremendous amount of money in charity. Especially black children gained

from this. “Everybody in Clarens gained from the Steelwings, even those who had complained about them. It was always a pleasant weekend with them in our midst. “A single incident occurred years ago and was immediately addressed. “We would like to see them again. Clarens still has much to offer the Steelwings.” Councillor Mandy Prior of the DA says: “It is indeed a shame that the Steelwings have decided to move their annual event to another venue. Clarens will certainly lose revenue, and businesses might find it difficult financially. “However, Clarens will survive, and another event will take the place of the Steelwings. Clarens is nothing, if not resilient. “It is possible that Alpine Heath might just wish that there were some ‘red tape, police assistance, municipal oversight and the odd restriction on liquor’ – as they make for a more orderly community. These things are not there to irritate residents. “Good luck to Alpine Heath and to Clarens, put your ‘event heads together’ and I’m sure we’ll all be fine.”

DA chairperson hijacked, killed

Seun kritiek ná botsing

THE branch chairperson of the DA in Bohlokong, Bethlehem, has allegedly been murdered. Thamsanqa Vumendlini (48) left his home last Friday at approximately 07:00 and it is alleged that he was hijacked and killed. Police spokesperson Const. Peter Kareli confirmed the case. On Friday, police officials in Arlington were made aware of the incident, located the vehicle and arrested two suspects.

’n JONG matriekseun van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem veg om sy lewe in Mediclinic Bloemfontein. Jeandré Exley (17) was Maandag omstreeks 17:30 in Commissionerstraat in ’n botsing teen ’n ander voertuig betrokke. Hy is in die Mediclinic Hoogland in Bethlehem opgeneem en dieselfde nag na Bloemfontein oorgeplaas. Volgens sy voogpa, David, van Fouriesburg het Jeandré ernstige hoofbeserings

opgedoen en is hy aan masjiene gekoppel. Teen Woensdag was daar effense beterskap: “Medies gesproke lyk dit nie goed nie, maar ons bid en vertrou en glo dat die Here uitkoms sal gee. Vir ons as voogouers is daar hoop en was hy teen Woensdagoggend meer stabiel. Ons leef van dag tot dag, uur tot uur . . . ” ) Vrystaat sal meer hieroor op www.vrystaat.co.za berig.

THE Steelwings Club from Durban with their Harley Davidsons have been visiting Clarens over the past few years. holders and residents and asked their opinion. Bruce Weyer, businessman from Clarens, says he thinks it is a pity that the Steelwings’s annual visit has come to an end. The loss for the town will be tremendous, he

Both suspects appeared in the Lindley Magistrate’s Court yesterday. ) Read the full story at www.vrystaat.co.za.


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

Kuier saam

Remains found

BELANGHEBBENDES wat ’n groot bydrae tot die geskiedenis van Bethlehem-Oudskoliererugby gelewer het en die bekendstelling van die boek Bethlehem­Oudsko­ liererugbyklub 1961 – 2010 in Die Gemsbok in Bethlehem bygewoon het, is van links Thys van Tonder (wat die boek saam met Stoney Steenkamp gepubliseer het), Gerrie Germishuyzen, Beatie Jooste, Stoffel van Graan en Johan Klopper. Lees meer hieroor op bl. 16 en besoek Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za vir ’n fotogalery van die bekendstelling. Foto: Lynda Greyling

VERSE: 2 Samuel 22:31 “As for God, His way is perfect: The Lord’s word is flawless; He shields all who take refuge in Him.” ) We may not always understand things, but God knows. ) He will carry you through the darkest storms. ) He will hold you in His arms and shield you. ) He is the joy of life and the song in the night. Prayer: Lord, You are my shield and defence. Your ways are perfect and Your timing is impeccable. Carry me and hold me in Your arms. Amen.

Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes: Saterdag 3 Augustus op die Qwaqwa-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Van die afdelings waarin leerlinge hul projekte kan inskryf, is landbou, energie (met verskeie onderafdelings), wiskunde, fisika, chemie, medies (met verskeie onderafdelings), ingenieurs, gesondheid, voedsel, geestesgesondheid en omgewing. Leerlinge van gr. 4 tot gr. 12 kan hulle inskryf. Vra gerus jou onderwyser vir meer besonderhede of kontak Almarie Broekman by 082-921-0095.

Vir nog meer nuus en foto’s besoek www.vrystaat.co.za.

Boere in knyp oor pryse Susan Maré VEEBOERE wat uitsluitlik uit vleisproduksie ’n bestaan maak, is in ’n drukgang oor lae pryse. Boere gaan deur ’n moeilike tyd, het dr. Pieter Prinsloo, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Oos-Kaap, onlangs in die media gesê. Volgens hom sukkel hulle nie net met stygende pryse nie, maar kry nou minder vir hul ou beeste (C-graad) en speenkalwers as twee jaar gelede. Baie maatskappye trek voordeel uit die landbou, maar kom nie hul maatskaplike verantwoordelikheid teenoor die sektor na nie. Botha sê een van die bekommernisse is die vertrouensbreuk tussen vleisboere en sekere slagplase weens ondeursigtige aftrekkings wanneer diere geslag word. “Ons kan nie sonder slagplase klaarkom nie. Daar is gevalle waar boere na bewering erg ingeloop word wat die gradering en gewig van hul diere betref,” sê Botha.

Vrystaat het ook met Neels de Villiers, voorsitter van die RPO in die Vrystaat, gesels. Volgens hom is die styging en daling van beesvleis soos volg: bees: A2/3 styg 18%; B2/3 styg 2,3%; C2/3 styg 4,2%; speenkalwers styg 8,3%; skaap: A2/3 styg 9,3%; B2/3 daal 13,3%; C2/3 styg 9,4% en stoorlammers styg 9,5%. Volgens monitering wat die RPO in die Vrystaat by drie kettingwinkels en ’n slaghuis in Bloemfontein doen, betaal verbruikers nou nie te veel vir vleis nie as handelpryse met 14% BTW en ’n 30%-winsmarge moet aanpas. Nadat handel alle lopende koste betaal het, is hul wins maar so 5%. Produsente ontvang ongeveer 50% uit verbruikersrand vir beesvleis en ongeveer 48% vir skaapvleis wat die hoogste van alle landbouprodukte is. Daar is egter handelaars wat verbruikers uitbuit. Die RPO doen ’n beroep op verbruikers om met voete te koop en nie uitbuiters te ondersteun nie. Dit is steeds goedkoper om groot-

maat soos heel of halwe skaap of ’n beesvoor- of -agterkwart te koop as klein verpakkings. De Villiers sê: “Daar kan slagplase wees wat die situasie uitbuit, maar die handelaars weet wat kry produsente vir vleis en sal nie slagplase, wat die situasie uitbuit, ondersteun nie. “Handelaars moet ook ’n wins bysit en as hulle te veel by die slagplaas betaal, kry hulle nie die vleis verkoop nie. “Een van die grootste prysdrywers in hierdie stadium in die rooivleisbedryf is die verbruiker se bestedingvermoë. Hoewel rooivleis ’n gehalteproteïenvoedingsbron is, koop die verbruiker nie genoeg rooivleis om pryse te laat styg nie.” ) Meningspeiling: Wat is Vrystaat-lesers se ervaring van vleispryse in slaghuise en supermarkte? Hoe lyk jou maandelikse vleisaankope? Besoek Vrystaat se Facebook-blad en lug jou mening. Dit kan ook skriftelik aan smare@volksblad.com gestuur word of na Mullerstraat 39 gebring word.

NOG ’n pannekoekbakker, Pieter Olivier, wys sy slag. Die Sonskyndienssentrum het die dorp verlede Vrydag van pannekoek ten bate van sy geldkas voorsien. ’n Hele span bakkers en ander helpers het gewerk dat dit klap. Foto’s: Susan Maré

DORIE STEYN – Springbokrugbyspeler Frans Steyn se ouma – wys haar slag by die Sonskyndienssentrum met pannekoekbak.

DS. DAWIE KRIEL was ook ywerigdeelnemend om sy slag met “mooi pannekoeke” tussen al die “lekker dames” te wys. Sy pannekoeke het nie teleurgestel nie.

FICKSBURG. – The police in Ficksburg received a complaint from the Bamboesberg Farm about human remains found. The remains were discovered in the maize fields by the driver of a combine machine while harvesting the maize. Capt. Phumelelo Dhlamini of the Ficksburg Police says preliminary investigations show that the deceased had died about seven to eight months ago. The victim wore a grey track-suit jacket, green trouser jeans and black running shoes (tekkies) with “Qez” written on it in big letters. The deceased is estimated to be between 30 and 35 years old. It is suspected to be a male person. The remains have been taken to the Bethlehem State Mortuary for a forensic investigation about the cause of death. Anyone who has information about the incident or the identity of the deceased can call the Ficksburg detectives on 051-933-9682.

Move will cost Clarens tourism GARTH BROOK, Clarens: A MAJOR annual event hosted by Clarens for almost a decade has been terminated. The Steelwings have said goodbye. Well, that says it all. I wonder what the Dihlabeng Municipality has to say. The main problem is that the very people the Steelwings chairman are referring to, are not tourism sensitive and do not like working over weekends. Naturally, they will be delighted with an outcome of this kind and are praising Steelwings for the bold decision. In between words like, “we are so sorry”. It takes months of correspondence, e-mails, phone calls and visits at our own expense to get visitors of the likes of the Steelwings to select a destination. This does not include organising it. Then you come along and trash it. So, where to from here, Dihlabeng? Probably just ignore it. It will eventually go away. But what we do know is that your legal bills will increases with your rising outstanding debt claims. That is not because your ratepayers won’t pay, it is because they do not have any money left to pay your ridiculous rates. You have taken their business away from them.


VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

3

Inwoners dorp se hartklop Andri Nieuwoudt

TIEN jaar gelede het die destydse adjunkdirekteur van die Vrystaat se departement van toerisme en omgewingsbewaring Paul Roux ontdek en ’n ongeslypte juweel genoem; “ ’n ongerepte omgewing wat oop arms wag om sy geheime, skoonheid en natuur te deel”. Onlangs het ons een Saterdagoggend met ’n oop ryding van die plaas af Paul Roux toe gery om by vriende ’n koue lafenis te gaan soek. Daar aangekom, het ons besluit om Paul Roux te verken. Ons het eers teen die kop agter die dorp opgery om na die opgaardam te gaan kyk en na die dorp onder ons gekyk en wat ’n gesig was dit nie. Dié dorpie met sy eens slordige sypaadjies, kaal tuine en dakke wat so hier en daar ’n laag verf nodig gehad het, lyk nou soos ’n

oase. Die vooruitgang is so duidelik dat ons verstom gestaan het, maar ook dankbaar. Oral kon ons die inwoners sien werskaf om hul huise mooi te maak en hul tuine te bewerk om sodoende dié dorpie in ’n rusplek vir die siel te omskep. Daarna het ons deur die strate gery en na die besonderse dorp met sy sandsteengeboue, mooi huise en goed versorgde tuine gekyk en besef dat niks hiervan – die verandering en opknapping – vanself gekom het nie, maar deur harde werk. In elkeen van die huise woon daar mense, gewone mense en tog elkeen uniek en met liefde geskape. Paul Roux se inwoners is die hart van die dorp en dit is duidelik dat die hart warm vir die dorp en sy mense klop. Almal kan met reg trots wees op Paul Roux.

Deel van uitvoering DIE wêreldbekende orrelis Martin Mans (regs) van Rotterdam in Nederland het ’n uitvoering in die NG kerk Bethlehem-Noord gelewer. Saam met hom is van links Nico Hoogendoorn (tromboon) van Fouriesburg, Moira van der Merwe (Alpe-klokkies), wat ook nommers op die program gelewer het, en Connie van Niekerk wat die konsert gereël het. Foto: Susan Maré

’n Liedjie net vir Paul Roux HIER volg ’n uittreksel uit die wenlied wat Karin Hougaard tien jaar gelede oor Paul Roux vir die eerste Paul Roux-sandsteenfees se liriekekompetisie geskryf het:

PAUL ROUX – ’n klein juweel in die Oos-Vrystaat met verre horisonne – ’n sandsteentuiste vir baie.

As ek aan die stiltes dink, dink ek aan jou. As ek aan wat sterk is dink, dink ek aan jou. As ek aan vir altyd dink, dink ek aan jou. Hier wil ek wees, my plek in jou. As ek aan Holhoek dink, dink ek

aan jou. Digby Fateng, dink ek aan jou. Dink ek aan geloof, hoop en liefde, laat dit my dink aan jou. My plek’s in jou. Daar is dinosour-voetspore oral oor my hart. Oos-Vrystaat se sandsteen, my sandkleur lief-land, en trek ek oor die lang pad of vat ek dalk die sandpad, alle paaie lei na jou toe, Paul Roux. As ek aan wye ooptes dink, dink ek aan jou.

As ek aan ’n skuilplek dink, dink ek aan jou. Jy is die heuwels van my hart, my sonsondergang. Die oorsprong van onthou, my ver verlang. Daar is dinosour-voetspore oral oor my hart. Oos-Vrystaat se sandsteen, my sandkleur lief-land, en trek ek oor die lang pad of vat ek die sandpad, alle paaie lei na jou toe, Paul Roux.


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

Gedrukte koerante leef nog “Die koerant is soos moedersmelk. Daar is geen plaasvervanger nie.” So skryf ’n voormalige redakteur van Volksblad, Hennie van Deventer, op sy LitNet-blog. Dit is inderdaad so dat daar geen plaasvervanging vir ’n papierkoerant is nie. Die voorreg om vroegoggend jou koerant met kraakvars nuus by die tuinhekkie te gaan haal of uit jou posbus. Die tekstuur van die papier in jou hand. Die geur van drukkersink in jou neus. ’n Kragtige medium wat alles wat om jou of in die wêreld aangaan, spieëlbeeld – of die leser daarvan hou of nie. Die redenasie om nie ’n koerant te koop nie om slegte nuus te vermy, hou nie water nie. Die koerant wil juis inlig. Dit was nog nooit die koerant se skuld dat daar slegte nuus in die wêreld is nie. Wat sleg is, is dat ’n koerant dit moet spieëlbeeld. Die Bybel, wat al as die “grootste koerant ooit” beskryf is, is ’n uitstekende voorbeeld van hoe die mensdom met al sy doen en late gedokumenteer is in verslaggewing oor slegte sowel as goeie nuus. Moord, doodslag, ontrou, korrupsie – noem ’n euwel, en êrens in die Bybel word dit beskryf. Voeg egter by die Blye Boodskap wat deurentyd uit hierdie “koerant” straal om hoop, genade en verlossing te verkondig. ’n Koerant wil lesers inlig en bemagtig om ingeligte besluite te neem. Geen mens kan ingeligte besluite neem as hy nie weet wat om hom aangaan nie. Intussen het koerantlesers ook na ander nuusbronne begin migreer – aanvullend tot die dag- of weekblad. Soos enige sakemodel is koerante ook aan verandering of vooruitgang onderworpe. Enige sakeonderneming wat aanhou om dinge op dieselfde manier te doen, verkondig daarmee ’n vroeë dood. Aanvullend tot Vrystaat as gewilde Oos-Vrystaatse koerant die afgelope 39 jaar, is daar nou ook nuwe platforms soos sy webwerf en Facebook-blad. Vrystaat – dun of dik – is steeds elke Donderdag daar om gefynkam en geniet te word. Ná 39 jaar bly dit teen R3,80 steeds die beste winskopie in die Oos-Vrystaat.

Raadslede kan streek omkeer PIETER OLIVIER, Bethlehem: DANKIE aan Vrystaat se redakteur dat sy nie skroom om sake wat skeef loop uit te lig nie. Dit is natuurlik elkeen van ons se plig om letterlik ons oë, neus en ore oop te hou en om dinge wat nie reg is nie, aan te meld. Goeie voorbeelde: Twee raadslede het onlangs na aanleiding van ’n klagte binne 24 uur die diensleweringsprobleme by binnelandse sake opgelos en ’n op-en-wakker inwoner, wat verkies om anoniem te bly, het die erge rioolbesoedeling waaroor op 5 Junie berig is, onder u aandag gebring. Dihlabeng het 40 raadslede. As elkeen slegs een saak per maand help regstel, is dit 480 per jaar! Bethlehem en al die ander dorpe in ons munisipaliteit kan in ’n japtrap weer skoon, heel en netjies wees en die ideale plekke om in te leef, te werk en te ontspan. Dit het alles te make met burgersin. Dit is nie nodig om ’n mens se optrede altyd aan die groot klok te hang nie, maar dit is belangrik dat oor die suksesse in die koerante berig word en almal

Perde op werf skep kosbare herinneringe GIRTS, girts, girts, girts. Die twee perde het weggelê aan die grasperk wat ek nou al die afgelope tien jaar probeer vestig. Hulle het sommer sulke polle gras uitgeruk. Met elke pol het ek die somme gedoen en gesidder. My grasperk was drasties op pad na woestynstatus. Die jare se natlei, latere besproeiing, en selfs aankoop van rolle gras is voor my oë verorber. Tog, dit het gelyk of ek al een was wat bekommerd is. Arné en die kinders het ingenome na die perde gekyk. Hul nuutste aanwins. ’n Merrie wat bykans te oud is om te ry en ’n hingsvulletjie wat nog te jonk is om te leer, maar vreet asof hy ’n teiken het om meer gras te vreet en te verteer as wat daar tans op die planeet is. “Verwerkte gras” het in bolle die plot vol gelê. Ek sou ’n plan moes maak. Vinnig. En die plan sou ’n heining moes insluit; die heining sou geld kos, handvaardigheid verg, en natuurlik gereedskap. Net drie dingetjies. Die enigste probleem is dat die resessie steeds sy tol eis, dat ek sedert skooldae houtwerk konstant gedruip het, en dat my gereedskapkis uit drie skroewedraaiers, ’n tang, ’n hamer en gebed bestaan.

aangemoedig word om dit uit te leef. Maar “Sê nou is ’n lekker sê. . .” – Vrystaat brand om ook oor positiewe munisipale sake te berig. Die Dihlabeng-munisipaliteit se waarnemende bestuurder en media-skakelbeampte is egter media-sku, dalk onder die wakende oog van die ANC-kaders? Die Dihlabeng-munisipaliteit maak nie gebruik van Vrystaat as platform om sy belastingbetalers in te lig nie en beantwoord nooit media-navrae nie. – Red.

Bejaardes betaal R5 stuk vir klere GIEL NAUDÉ, Bethlehem: EK het verlede week van ’n voorval gehoor en sal graag meer daarvan te wete wil kom. Van my vriendin se familie woon in ’n sentrum vir bejaardes hier op Bethlehem. Hulle ontvang van tyd tot tyd skenkings van klere en nog ander goedere wat gratis aan hierdie sentrum verskaf word. Die bedoeling is dat dit “gratis” en sonder énige koste aan die bejaardes gegee moet word. Die vriendin se familie en die ander bejaardes moet nou hierdie klere teen R5 per kledingstuk aankoop. Ek het intussen uitgevind dat die sentrum ’n nie-winsgewende organisasie is en dus geen wins op enigiets mag maak nie. Hoe kry die bestuur dit reg om hierdie bejaardes so uit te buit? As

Vir die eerste paar nagte slaap ek en Arné skofte om die perde van die grasperk af te jaag. Die honde staar verward na die twee “groot honde” wat ewe gemaklik die plot vol stap, en die katte is angstig omdat hulle sien die honde is verward. ’n Mens kan net so lank perdeskofte doen, en uiteindelik word gereedskap geleen, pale gekoop, en ons aangetroude familielid, Marius, word gevra om te kom red wat te redde is. Die perde word afgekamp. Ongelukkig vergeet ons van die wasgoeddraad en toe ons weer kyk, is Ouma Violet, ons jare lange huiswerker, ook omgekrap oor die jong hingsie wat klere tot sy dieet probeer voeg. Nog ’n ronde planne en pale, en die perde is uiteindelik afgekamp. Intussen kom kuier suster Lut, perdry-afrigter en ruiter van formaat. My klaagliedere

hierdie een geval is, is daar dalk meer? – Daar kan verskeie redes wees waarom die klere teen R5 stuk “verkoop” word. Een daarvan is dat mense meer respek vir klere en skenkings het as hulle iets daarvoor betaal. Dit klink na die winskoop van die eeu! Wie gaan kla as hy ’n goeie kledingstuk vir net R5 kan koop? U moet liewer self navraag doen by die bestuur. Ek glo al die vyfrande kan eindelik nuttig êrens in die sentrum gebruik word of hulle kleinkas versterk. Bethlehem se sentrums vir bejaardes word ongetwyfeld met groot deursigtigheid en toewyding bestuur. – Red.

Herinneringe aan oom Frank BILLY BROWN, Pretoria: EK volg die Bethlehem-nuus nog gereeld per Facebook hier uit die “vreemde” in Pretoria, en wil graag iets deel oor oom Frank van der Merwe wat oorlede is. Hy was ’n fenomenale mens en skoolhoof! Toe my vrou destyds aan die Bloemfonteinse Onderwyskollege klaar gestudeer het, het oom Frank haar by Truida Kestell in haar eerste onderwyspos aangestel. Sy het ongelooflik baie respek (vrekbang?) vir hom as mens en skoolhoof gehad en ek sal nooit vergeet hoeveel moeite sy met haar vraestelle gedoen het nie, want hy het elke onderwyser se

val op dowe ore. Dis wanneer ek uit my eie klagtekantoorkop ontsnap dat ek sien hoe my kinders die perde geniet. Hoe Lut hul selfvertroue in ’n paar ure help bou, hoe Arné van haar kleuterskool-druk ontspan wanneer sy die perde wortels voer, hoe die ou merrie saggies runnik as ons naderkom. Ek wou nog kla oor die ekstra aankope – ’n toom, ’n perdryhoed en ja, die hele klomp perde-belangrikhede. My poging word egter gesmoor deur die nuwe energie rondom my. Dis die reuk van die perde wat my terugneem na my kinderdae. Na die vryheid van perdry oor oop vlaktes. Herinneringe wat so kosbaar is dat ek dit vir my kinders gun. En terwyl almal heerlik met die perde kuier, is ek met my nuwe taak besig. Ek probeer aan die honde berading gee oor die hantering van perde. Hulle vlug die huis in, verskrik die katte, wie se verskrikking vir Skoonma ontstel. Om nie te praat van Ouma Violet wat die huis wil skoonmaak nie. Om te vlug van al die nuwe ontsteltenis deur stap ek ook maar na die perde toe. Met die besef dat die herinneringe wat ons bou van die kosbaarste besittings is wat die kinders ooit kan hê.

vraestelle self gemodereer. Esmé was altyd baie trots as sy dit teruggekry het van hom af en daar was min groen ink daarop. Hy was vir ’n klompie jare in beheer van die toesig oor die matriekeksamen by die Hoërskool Voortrekker. Daar het ek baie met hom te doen gekry en ek sal nooit vergeet nie hoe woedend hy eendag was vir ’n dame wat dit durf waag het om hom “oom” te noem. Hy sê vir my: “Magtig, sy’s net so oud soos ek! Dis sommer pure ’kommingeit’, nie respek nie!” Oom Frank met sy groen Morris was ’n bekende gesig op die dorp en het oral respek afgedwing. Hy het onlangs nog gespot dat van sy ou vriende wat al heengegaan het, seker wonder hoekom vat hy so lank om “daar aan te kom”. Hier het hy verwys na ’n klompie bekende Bethlehemiete soos oom Abé Gandini en oom Mauritz van der Merwe. Ek is bevoorreg om goeie vriende hier in Pretoria te wees met oom Frank se seun, Pieter. Vrystaat, hou vol met die goeie werk! Ek hou julle dop! – Besoek ons webwerf by www.vrystaat.co.za vir Oos-Vrystaatse nuus. – Red.

Kry nou nuwe perspektief WAARNEMER, Bethlehem: EK sien die stasie is besig om met rasse skrede te verbeter: ’n Gebou het onlangs afgebrand en is

totaal en al verwyder. Baie dankie hiervoor, nou sal daar in ewigheid nooit weer so ’n gebou daar verrys nie. Brand die res ook af dan hoef ons nie ’n sekuriteitsfirma se kosbare tyd te mors om dit wat oorgebly het, op te pas nie. Die oorgangbrûe en ander staalwerke word ook nie in stand gehou nie en gaan binnekort van al die geroes inmekaarval. Geen probleem nie, want dan verskaf dit gratis verwyderbare boumateriaal vir nuwe uitbreidings. Wie se simpel idee was die stasie in elk geval? ’n Volle funksionele stasie? Volop werksgeleenthede? Passasiers van al die stede in die land? En noudat dit alles tot stilstand gekom het, vorder die nuwe rioolprojek fluks en kan aktiwiteite soos cholera eersdaags daar begin. Rioolwater borrel behoorlik uit, vloei ver af en vorm ’n lieflike vleiland. Dit dam op al teen die perron wat nou as damwal dien. Drywende sleepers en selfs ’n sleeper-duikplank op die rioolspruit. En dit alles slegs sowat 50 meter van die Atbaraspruit. Die perron wat eens ’n bedrywigheid van aktiwiteite was, staan ook onbenut en roes. Wonderlik. Snaaks, vandat ek die regerende party se perspektief verstaan, lyk alles skielik rooskleurig. Ek sal graag die volgende gedenksteen by die stadsaal oor nog 150 jaar wil sien. Teen daardie tyd sal die mense, dié wat nie aan cholera dood is nie, seker vra: Stadsaal? Watter stadsaal?


VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

Honde wat heeltyd blaf, pla VERSTAAN NIE, Bethlehem: EK het ’n woord op die hart oor blaffende honde. Die gesegde dat ’n hond die mens se beste vriend is, is goed bekend. Honde gee sekerlik baie plesier in vele huishoudings en speel ’n rol in sekuriteit. Ons wat liefhebbers van diere is, gun dit ook vir honde-eienaars. Wat ek egter nie verstaan nie, is dat julle nie jul eie honde kan hoor blaf terwyl julle tuis is nie – veral aan die boonste deel van Goldberglaan en skynbaar ook elders. Ek kan verstaan en aanvaar as ’n hond vir ’n moontlike gevaar of bedreiging blaf– daardie kort sarsies – maar daardie gereelde en aanhoudende geblaf, blaf, blaf, blaf op dieselfde toon is baie steurend. Laastens, julle honde-eienaars se harte sal baie week word as julle weet dat jul Wagter(s) nie net bedags blaf nie, maar die hele nag treur, huil en ween as julle vir ’n naweek of met vakansie weggaan. Dit ten koste van ons wat net ’n normale nagrus wil hê. Dus, honde-eienaars, ek wil nie ’n vete begin nie, maar vra net groter bedagsaamheid.

Gratis verblyf hier alte lekker GEORGE HEINLEIN BO blink en onder stink. So stap ek en Vroulief Sondag dorp toe en sien die nuwe

gedenkteken wat by die stadsaal se een hoek opgerig is. Met die terugstap loop ons verby die ou OK se ingang oorkant die Parkhotel. Ons moes asem ophou soos dit daar stink van die urine en ontlasting. Ek het asem opgehou en ook by die plate wat vasgesit en eenvoudig oopgeskeur is, ingekruip om te sien hoe ons dorp se nuwe grotbewoner-eenhede lyk. Dalk is ek maar net verkeerd en moet die verandering en vooruitgang dalk in perspektief sien. Dit is die ideale wooneenheid vir boemelaars, ’n groot oopplan-wooneenheid. Jy kan alles in een groot vertrek doen. Daar is ’n kombuis, badkamer, slaapkamer en toilet. En dit is goedkoop. Jy bly verniet. Daar is geen heffings of tariewe nie. Ook nie ’n waglys nie. Almal wat in sulke ideale omstandighede wil bly, kom gerus. Ek sal graag wil weet wat die suksesverhaal agter die verbetering is. Dit is die ideale geleentheid vir ontwikkeling. Ek onthou toe dit nog die OK was waar baie mense gewerk het. Daar was netjiese rakke vol voorraad en toebehore en alles het gewerk – soos die toilette en masjinerie. Daar was selfs, kan jy glo, elektrisiteit. Dankie tog dat dié tyd verby is. Nou kan ons rustig soos in die verlede sonder enige uitgawe, beplanning, verantwoordelikheid en vooruitgang net lekker bly. So ’n groot plek vir ’n paar grotbewoners. Lekker! En as jy nie van die teëls, storte, toilette of plafonne hou nie, verwyder dit. Ek wonder wie betaal die maandelikse munisipale heffings en sou graag wil weet hoeveel dit beloop nadat die oulike moderne groteenheid geopen is. Wanneer kan ek intrek, of kwalifiseer net sekere mense hiervoor? Nou verstaan ek die gedenkteken se betekenis. Bou so voort.

5

Só sê lesers DINK jy daar word te veel op negatiewe evaluering in onderwys gefokus? Wat is jou ervaring as ouer of onderwyser? Igno van Niekerk se Sandsteenpraatjie in Vrystaat van Donderdag 5 Mei het lesers aan die dink gesit. Hy het onder meer geskryf: “Ek wonder soms oor die hele ding van rapporte. Waar het die gebruik vandaan gekom dat ons vir mense een keer in drie maande op een stuk papier opsom hoe dit met hulle gaan? Nie net is dit so in die skole nie, maar ook in werkplekke word daar dikwels eers elke ses maande, of erger nog, een keer ’n jaar (terugvoer gegee).” Lees die rubriek op ons webwerf by www.vrystaat.co.za. Debbie Lange: ’n Mens het

Wen met pragfoto in herfstyd LITA WALES het ’n tweede plek gewen vir haar pragtige landskapsfoto wat sy in die vroeë herfs naby Verkykerskop geneem het. Die kompetisie is deur I love Free State gereël – die Facebook-blad van die Vrystaatse Toerisme-owerheid. Nog ’n OosVrystater, Sean König van Harrismith, het die eerste plek behaal. Besoek Vry­ staat se webwerf by www.vrystaat.co.za en geniet Lita se asemrowende landskapfoto.

albei nodig: Om te weet iets word reg gedoen, en om te kan werk waaraan gewerk moet word. Henro de Bruin: Ja! Ons moet wel werk aan die dele wat aandag nodig het, maar mense en ook ons kinders word gemeet aan wat vir die wêreld aanvaarbaar is. Die “tussen-in”-dinge word nooit raakgesien nie. Is ons grootste taak nie om klein mensies groot te maak met ’n goeie selfbeeld nie? Thersia Craven: Goeie raad, Igno! Chris van Wyk: Ai, ou Igno, as ek so terugdink – jy was darem per slot van rekening my beste Engels-onnie, al was ek soms jou grootste nagmerrie uit geen boek uit nie. Duime op vir jou! Susan Myburgh: Dit is so waar, Igno, en dankie vir die skrywe van hierdie stukkie.

Beter, beste, Bethlehem AS jy die leisels gehou het, watter drie of vyf dinge sou jy heel eerste aangepak, verander of verbeter het om van Bethlehem (weer) ’n spogdorp te maak? Besoek gerus Vrystaat se Facebookblad by http://facebook.com/Vrystaat vir kookwatermeningspeilings en sê jou sê. Hannes Pelser: 1. Strate. 2. Parke. 3. Netheid. 4. Geen stalletjies op sypaaie. 5. Verkeersmanne aanstel wat toesien dat verkeer, veral vragmotors, nie die dorp onveilig maak nie. Nellie Kotze: Permanente vullishouers op strategiese plekke in woonbuurte. Ons buurte is vuil. Victor Cloete: Herstel Loch Athlone in al sy glorie: Woonwapark en chalets. Dit was ’n groot bate vir die dorp. Ivy Heinlein: Ek sou by die straatname begin – almal mooi

nuut. Dit is net die begin. Marius Dreyer: 1. Ek sal dienslewering in geheel verbeter (verwydering van vullis, strate wat vuil is, slaggate in strate en verkeerstrepe verf). 2. Parke opknap en vullishouers vermeerder. 3. Historiese geboue herstel. 4. Padaanwysingsborde verbeter. Zelda Blume Eigenhuis: Slaggate. Melany du Plooy: Ek is ’n tiener en weet nie hoe Bethlehem in die verlede was nie, maar gisteraand toe ek saam met my ouers deur die dorp ry, sien ek hoe die vullis in die Shoprite-gebied rondlê. Ek dink dit kort verbetering. Ek moes ook al baie mense help om die regte straat te kry omdat die strate nie meer ordentlike en sigbare naamborde het nie. Bethlehem kort ’n gemeenskap wat bereid is om saam te staan.


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

CASSIE JONKER jr., wat ’n private oorlogmuseum by sy huis in Michael Prinsloostraat 1 op Bethlehem begin het, met van die artikels op ’n uitstalling.

Oorlogsmuseum is uniek Susan Maré DIE private oorlogsmuseum van Cassie Jonker jr. in Michael Prinsloostraat 1 op Bethlehem is uitsonderlik en een van min in sy soort. Vrystaat het Jonker se museum besoek en was verras oor die inhoud, netheid en ordelikheid van die uitstallings. Kosbare memorabilia van die weermag, vloot, polisie, lugmag, gevangenis, verkeer, brandweer, Die Voortrekkers en vele meer word hier bewaar. Elk van die versamelstukke wat uitgestal is, is oor ’n lang tydperk versamel. Jonker het dit óf in pandjieswinkels of elders raakgeloop en aangekoop, óf dit is aan hom geskenk. Al die artikels in die oorlogmuseum is deeglik deur Jonker nagevors. By elk van die artikels of groepe artikels is ’n beskrywende plaatjie met datums en toepaslike inligting. Jonker sê sy belangstelling in oorlog het kleintyd begin. Hy was ’n voorskoolse kannetjie toe sy pa, ook Cassie, in die weermag was. Hy het met oorgawe met sy pa se weermaggoed begin speel – sy pa se weermagdas en -pet gedra (sien foto) en “oorlog gespeel”. Dis in dié tyd dat hy ’n fyn oog en liefde vir oorlogsartikels begin ontwikkel het. As leerling aan die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem was hy ’n kadet en het hy gereeld saam met mede-kadette aan drilpelotonkompetisies deelgeneem. Hy was

ook lid van sy skool se skietspan. Hy het begin om oorlogsartikels en skaars versamelstukke bymekaar te maak en eindelik het ’n private museum tot stand gekom. Hy beskik oor sowat 6 000 kentekens waarvan ’n paar duisend reeds deel is van die uitstalling, elkeen deeglik nagevors. Die ander moet nog nagevors word en sal ook deel van die uitstalling word. In die museum is medaljes uit verskillende lande wat aan soldate oorhandig is, radio’s van die Russiese weermag, helms uit die Tweede Wêreldoorlog, waterbottels, pette en uniforms van verskillende instellings, ’n bostelefoon, ’n vloot-teleskoop, bajonette uit die vroeë 1900’s, Anglo-Boereoorlog-artikels en enigiets wat daarmee verband hou. Om militêre artikels te versamel het vir hom ’n lewenswyse geword. Jonker sê: “Ek wil hierdie museum opdra aan alle lede van uniformdraende magte wat hul lewe vir ons land op die spel geplaas het. Die museum is ook ter nagedagtenis aan die families wat geliefdes verloor het.” Hy nooi belangstellendes uit om sy museum te besoek. “Indien daar mense is wat met oorlogsaandenkings opgeskeep voel – dit sal baie welkom wees in my museum,” sê hy. ) Jonker kan vir afsprake om die museum te besoek of artikels te skenk gebel word by 082-3388764.

’n BRITSE weermag-veldtelefoon uit die jaar 1944.

HIERDIE soldaat kon dit nie oorleef het nie.

CASSIE JONKER by medaljes wat sy pa as weermagsoldaat ontvang het. Foto’s: Susan Maré

TALLE baadjies, pette, kentekens, oorlogmedaljes en ander interessanthede kan in Cassie Jonker se oorlogsmuseum in Michael Prinsloostraat besigtig word.

’n WATERBOTTEL wat stories kan vertel ...

CASSIE JONKER jr. as ’n klein seuntjie met sy pa, kpl. CL Jonker, se weermagpet en -das. Foto: Verskaf

’n FOTOGALERY van Cassie Jonker jr. se private oorlogsmuseum in Michael Prinsloostraat 1 op Bethlehem kan besigtig word by www.vrystaat.co.za. Mense wat Jonker se museum wil besigtig by sy huis of ou oorlogartikels aan hom wil skenk, kan hom bel by 082-3388764. Die museum is uniek en eiesoortig en beskik oor duisende kentekens, medaljes en ander memorabilia van ranggewende instellings en oorloë.


VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

Vullis ontsier plase Louise Roets WARDEN. – ’n Besoek aan Warden se stortingsterrein op die Presentskraal-pad is skokkend. Inwoners spreek hul afkeer uit oor die skokkende verspreiding van vullis, plastieksakke en fladderende papier, hekke wat oop is en die algemene toestand. Volgens inwoners is die rede swak bestuur deur die Pumelela-munisipaliteit. Vullis waai na die omliggende plase, Kransfontein, Middelkop en Blouberg, hul mooi name ten spyt. Schalk Erasmus, voorsitter van die Warden-distrikslandbou-unie (WDBU), sê gesprekke met onder andere die munisipale bestuurder en die burgemeester het tot nog

toe op niks uitgeloop nie. Die probleem is al selfs op Vrystaat Landbou se vergaderings genoem. “Die stortingsterrein is onwettig op landbougrond op die plaas Langpunt aangelê en dit is nie van die plaas afgekoop vir die doeleinde van ’n stortingsterrein nie. ’n Ander perseel is reeds vir dié doel geïdentifiseer, maar nog nie ontwikkel nie en die huidige terrein word glad nie bestuur nie.” Die risiko is die besoedeling van weiding en die Cornelisrivier wat in die dam vloei wat Warden se drinkwater voorsien. Diere kan plastieksakke inkry en veldbrande kan ontstaan. “Omliggende boere, asook die WDBU, beplan om verdere stappe te doen,” waarsku Erasmus.

7

‘Polar bears’ take a plunge THE Fouriesburg Polar Bear Plunge for the Cluny Animal Trust will be presented on Saturday, 28 June, in the Fouriesburg district. Jan Sander, spokeman, says it’s that time of year again “when the mad, brave and thermally irresponsible” jump into nearfreezing water and “swim, float or splash desperately about” for 50 metres in a dam amongst reeds and mud, all in the name of “doing it for charity”. This year it is going to be a little different. There will be two distances: 50 m and about 100 m (depending on how low or high the dam’s water level is). There will also be a few “floating trophies”, or spot prizes attached to buoys that the swimmers can grab on their way past.

The third addition is that there will be a dog category. This will, however, be only for dogs that truly enjoy swimming for the love of cold water. There will be no throwing of dogs into the water, and only minimal encouragement will be allowed. The owner may swim with the dog at there own risk, or throw a floating toy for the dog to retrieve. Dry towels are essential for drying the dogs afterwards, and before and after the swim they must be under full control on leads, as there are resident dogs and other livestock on the farm. Contact Sander on 078-246-2553 or 082-7886287 for sponsorship forms. “If you are not going to brave the water, how about sponsoring someone who is?” asks Sander.


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

My eie verslawing . . . Wen boek en VERSLAWING kom nie altyd in die vorm van ’n pil, poeiertjie of plesierigheid nie. Verslawing dra dikwels ’n onsigbare jas en hy bekruip en besluip jou uit alle onmoontlike aanvalshoeke. Jy het dus nie ’n sipier met ’n spies in plek nie en nog minder ’n soldaat met ’n sanna op wag! Verslawing is subtiel. Dit begin met ’n gewone gebruiksgewoonte. Dit sus en troos tydens afknyptydjies. Sonder dat jy dit eens agterkom, kom sluip daardie gewoontetjie in jou alledaagse bestaan in. Jou geliefdes kom agter dat jou gewoontes verander. Hulle merk ná ’n ruk selfs die sigbare effekte van die seekat in jou lewe. Vriende verwys na jou gewoonte met ’n aanvanklike ongemaklike vragie en laggie. Jou versekering dat alles wel is, troos hulle vir ’n wyle, maar . . . ’n Mens se kinders is gewoonlik meer op die man af. Hulle praat reguit. Sien jou gogga vir die monster wat dit eintlik is. Probeer ander lokmiddele om jou ’n kopskuif te laat maak. Trek kwaaibaadjie aan. Bepreek jou dat die herders van die hele dorp in skaamte sou terugstaan vir jou telge se verbaliteit! Dan kom die moed-opgee-fase.

Ellen Hancke Almal ignoreer jou probleem en aanvaar dit maar as deel van jou bekleding. Hulle sien lankal deur jou onsigbare gemaksjas. Sien hoe jy jouself bejok en befoemfaai. En dan, op ’n dag kom daardie “eksterne” genesingsoomblik. Die Edison-oomblik wanneer jy jou Nemesis in die oog kyk en dit erken vir die gevaarte van destruksie wat dit in werklikheid is. In my geval was dit ’n terloopse opmerking van ’n sesjarige wat die kentering meegebring het. Die onskuldtong van ’n kindertjie wat my tot in die werklikheid teruggeruk het. “Hoekom eet Ma (sy noem my so) dan so baie popcorn? As ek hier kom dan is dit net popcorn, popcorn, popcorn! “As ons opstaan in die oggend dan eet Ma popcorn vir pap, en dan weer popcorn vir kos en as ons gaan slaap dan is dit weer net popcorn popcorn . . .” Ek voel asof ’n duisend mieliepitte in my kop ontplof! Sy is nog nie klaar met my nie. “Popcorn is nie gesond nie en Ma gooi nog versoeters ook op.

“In my geval was dit ’n terloopse opmer­ king van ’n sesjarige wat die kentering meegebring het. Die onskuldtong van ’n kindertjie wat my tot in die werklikheid teruggeruk het.” En in die nag dan krap die popcorn my in die bed.” En toe kom die genesingskartets: “Ek dink Ma moenie meer popcorn eet nie, want dan gaan Ma beterder in die bad inpas en dan is daar meer plek vir my.” En kapoef, daar pof die laaste springmielie sy spring in my kop! Dit is nou nege dae later. Ek het al my naels stomp afgekou. Ek het al sewe bruinbrode verorber . . . maar ek hou . . . Ai, maar ek is so bitter hartseer dat ek nooit weer sal kan gaan fliek nie . . . ) Kopiereg voorbehou. Ellen Hancke (ellen@truewan.co.za) is een van Vrystaat se gas-rubriekskrywers.

maak eie wyn

OP BACCHUS SE KNIE deur Kanneman. Bothasig, Driesseboeke, 2013. Dié boek is nie vir kommersiele ondernemings nie, maar vir die gewone man wat op klein skaal met oortollige vrugte en groente sit en wat dit sinvol en as stokperdjie kan aanwend om sy eie wyn te maak. Die bestanddele is bekostigbaar en daar word geen (of as dit moet, weinig) chemiese bymiddels gebruik. Die proses van outydse veroudering word gevolg en dit maak dit heerlik om te weet dat alles wat uiteindelik die produk vorm, jou eie handewerk is. Ook die toerusting is bekostigbaar. Só skryf Kanneman, alias Dries de Kock, van Bothasig in Kaapstad, in die voorwoord. Hy sê baie mense het al gewens hulle kon hul eie wyn maak, al is dit net as stokperdjie. ’n Mens kan met bykans enigiets wyn maak en hierdie boek bied resepte waaraan jy nog nie self gedink het nie. Op Bacchus se knie is uniek en eiesoortig. Van die resepte is baie oud. Die boek bied ook vir wynboere resep-inligting wat hulle tot hul eie voordeel kan gebruik. Die naam van die boek het ontstaan toe die skrywer se suster eendag terwyl hulle vleis gebraai het, gesê het: “Smaak my ons sal moet eet, want dit voel dan vir my ek sit op Bacchus se knie . . . ” In tien hoofstukke word talle wynmaakresepte aangebied, afgewissel met humoristiese vertellings wat beslis die lagspiere van lesers sal prikkel. In die hoofstukke is inligting oor toerusting wat nodig is om wyn te maak, bestanddele, belangrike feite om te oorweeg en moets en moenies. Inligting word ook verskaf

oor sjerrie en gefortifiseerde wyne, asook wynresepte, varssap-wynresepte, bierresepte en glühwein-resepte. In hoofstuk een is inligting oor verwerkingshouers, die kookpot, die verpulper, die tregters, die fermentasiehouer en -slot, temperatuur, geskikte bottels, die aftappyp, wynbottels, kurke, proppe, seëls en selfs die druk van etikette. ) Om ’n eksemplaar van Op Bacchus se knie te bekom, skryf aan Kanneman by bybelboer@gmail.com, besoek sy webwerf by www.driesse.co.za of bel hom by 021-559-4041 of 072-181-4925. Die prys van die boek is nie bekend nie. ) Een leser van Vrystaat kan Op Bacchus se knie wen. SMS die woord “Bacchus” gevolg deur jou noemnaam en van na 45527. Die kompetisie begin vandag om 06:00 en duur tot 19 Mei om 17:00. ’n SMS kos R1,50.

OOS-VRYSTATERS wat graag opleiding wil ondergaan om ’n gemeenteblad te bedryf kan nou ’n kursus bywoon. Die ATKV-skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied op Saterdag 30 Augustus van 08:30 tot 16:30 ’n dagkursus oor die saamstel van ’n gemeenteblad aan. Dit word by Summerwood Country Estate, sowat 4 km van Bloemfontein op die R700 (pad na Bultfontein), aangebied. Kobie van Aswegen, woordvoerder van die Skryfskool, sê die kursus sluit die taalgebruik, inhoud en uitleg van ’n suksesvolle gemeenteblad in. Hierdie praktiese kursus word

aangebied vir gemeentes of individue wat hierdie uiters belangrike kommunikasiemiddel in hul plaaslike gemeente wil verbeter. Die aanbieders sluit personeel van die ATKV-skryfskool en kommunikasiekundiges in. Die koste (sonder verblyf) beloop R600 per persoon. Bewys van inbetaling moet die inskrywing vergesel. Rig navrae aan Van Aswegen by kobie.vanaswegen@nwu.ac.za of bel 018-299-1783. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 15 Augustus. ’n Beperkte aantal kursusgangers kan toegelaat word.

Op Bacchus se knie

Leer oor kerkblad


VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

9


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

Ontvang eerbewys ’n SAKEMAN van Ficksburg, André Slabbert (derde van links), direkteur van André’s Nissan, is deur die Sewels/ Wesbank-groep aangewys as finalis in die Sakeman van die Jaar 2013eerbewys. Van links is George Nyabadza (uitvoerende hoof: Sewellsgroep), Chris de Kock (uitvoerende hoof: Wesbank), Slabbert, Paddy O’Brien (voorsitter: Sewells-groep) en Derik Scorer (nasionale voorsitter: Nada South Africa).

Eiendomme

911


VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

BELANGHEBBENDES by die projek van die Helpende Hand-tak in Harrismith is van links Hennie Pieterse, hoof van die Hoërskool Harrismith, Vanessa Marais, Solidariteit Helpende Hand se streekorganiseerder in die Vrystaat, en Marei Swanepoel, ondervoorsitter van Helpende Hand se Harrismith-tak.

Tak help skool opknap HELPENDE HAND se Harrismithtak het onlangs die Hoërskool Harrismith ondersteun deur geriewe en dienste vir leerlinge te verbeter. Vanessa Marais, Helpende Hand se streekorganiseerder in die Vrystaat, sê die projek het opvoedkundige waarde. “Dit leer leerlinge om geriewe in stand te hou en aanspreeklikheid ten opsigte van higiëne te koester.” Helpende Hand glo dat opheffing deur opleiding ’n sleutelaspek is in kinders se toekomstige sukses, sê Marais. “Die opknappingsprojek is

van meet af saam met die skool se beheerliggaam gedoen, in samewerking met die omgewingsgesondheidspraktisyn van die departement van gesondheid.” Volgens Angelique en Gert van Dyk, beheerliggaamlede van die Hoërskool Harrismith, het dié skool R12 000 ingesamel wat kon bydra tot die voltooiing van die eerste fase van die projek. Vrywilligers wat by Helpende Hand se Harrismith-tak betrokke wil raak, kan die takvoorsitter, Helmi Beyers, by 079-168-4815 bel.

11

Ligawenners deur na Bfn DIE o.13A-netbalspan van die Laerskool Jordania is die ligawenner in die Thabo Mofutsanyana-netballiga. Van links is André Smith, skoolhoof, Lisa-Mari van Niekerk, Jessica Nel, Renemari Human, Dinamari Janse van Rensburg, Simoné Roux, Marisca Miles, Mamelo Moloi, Cheralee Trotter en Susan Kruger, afrigter.

Stuk bring genot DIE tweemanstuk Pandora se Boks, uit die pen van ’n Vrystater, is op 30 Mei by die Hoërskool Reitz opgevoer en geesdriftig ontvang. Pandora se Boks is ’n humoristiese, maar tog akkurate, voorstelling van die huwelik soos ervaar deur jong mans en vroue. In die toneelstuk word die vraag gestel: Kan man en vrou saamleef?

DAVID LOUW en Ursula Forster.

Vier eerste bestaansjaar SALON FLEUR DEL LA PORTE het sy eerste bestaansjaar gevier. Voor is Lezané Delporte, eienaar; van links is, agter: Suzan Mokoena, Rosina Johnson, Sina Afrika en Bella Kok.

In die produksie word die gehoor vermaak met skerp en snaakse sêgoed, terwyl hulle kort-kort verbaas word deur die kulkuns van die hoofkarakter, Jan Potgieter-Opperman (David Louw). Louw en Ursula Foster het die hoofrolle in hierdie tweemanstuk gespeel. Louw, ’n gebore Oos-Vrystater van Vrede, het die toneelstuk geskryf. – Janco Oosthuizen


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS

MOTORHERSTELDIENSTE

ELEKTRIES

1210

1810

Cutting Edge Hair Salon: Under new management. Kathy's Unisex & Barber Shop. Kathy 082 857 9798. Priscilla 073 584 6039.

3080

LESCOR MOTORS: Vir eerlike herstelwerk aan ligte petrol- en dieselvoertuie, veral alle VW-fabriTE KOOP kate. Baie billike tariewe. 3201 Skakel 058 303 7091. Bethlehem. Panorama: 3slk, 2badk, groot kombuis, aparte VOERTUIE GESOEK wask, sit-eetk, woonk, OM TE KOOP onhaalvertrek.D/motor3075 huis met 2 pakkamers, afdak vir 2 motors. Gesvestigde tuin. R1.3mil. 082 440 5585/073 267 6053

PERSOONLIKE DIENSTE

PERSOONLIK 1460

VERVOER & BERGING 1870

GEMEUBILEERDE AKKOMMODASIE

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

REÜNIES 1470

LANDBOU

Huisskoonmaak! Vensterrame, stapelbed, stoel, plastiekstoele met tafel, dekodeerder, sitkussing (swart), fietse, stootkar (antiek), speelgoed, grassnyer, sleepwaband, drukkers, valhelms, neonmotorfietsklere (XL, S), jerrykan, ligte, porseleinteëls (25 vk m). 083 627 4194.

2210

Melkery-bulkalwers: Vanaf R50 in Moorivierarea. Skakel: Johan 073 561 4545. TE KOOP: GANSE. R100 stuk. Navrae: 082 578 9886.

ANDER DIERE

1660

1615

2220

Boxer-hondjies: Albe Boxers, registrasienr. 0648799 BXD, bied opregte hondjies aan. R3 500 elk. Beide ouers geregistreer. TUIN & Beskikbaar 15 Julie 2014. BESPROEIING Gespuit en ontwurm. Albe 1825 n/u Bethlehem 082 795 Vir al u tuinbehoeftes: 0246/058 303 4416. Afsaag van bome, rommel Jack Russell- en Pekiwegry, opsit van 'picket nees-kruisings te koop: 3 fence', vuurmaakhout en tefies en 1 reuntjie. 7 planke direk aan die eindweke oud. Skakel Ronelle verbruiker, sny van 'slee072 914 2267. pers'. AB TIMBERS: Uitstekende, opregte 083 388 0173. Boerboel-hondjies te koop. R2 000 stuk. BeskikALLERLEI baar einde Junie 2014. Ludi: 082 377 0484. 1845 German Shorthair Pointers for sale. R1 500 each. Innoculated, dewormed en deur veearts ondersoek. Skakel 082 551 2060. ALGEMENE & HUISDIENSTE BOUWERK & KONSTRUKSIE

8 donkies te koop, R1 000 stuk. Skakel AJ de Villiers 082 779 5852. VAKANSIE & REIS

AKKOMMODASIE 2635

ROCKLANDS HOLIDAY RESORT: This block of flats, all with full sea view, in the very popular holiday town of Margate, offers fully furnished and serviced 2-bedr (6 sleeper) units with 24- hour security and a swimming-pool. For bookings and enquiries please contact office at 039 312 0812. www.rocklandsresort.co.za (Now for sale! Finance can be arranged). All bookings till end August 2014 qualify for 10% discount. VOERTUIE

1801

SANDSTONE: Blocks, bricks, cladding, rivens, tiles, etc. Tel. 058 303 4840. 12 Archbell Street, BHM. VERFWERK

4×4’s 3035

2003 Toyota KZTE D/C 4x4, SAC conversion, with intercooler. Fullhouse. Phone 083 421 4030.

1872

DAKKE SEëL EN VERF, enige algemene herstelwerk en oprigting van staalstrukture. Skakel Renier 072 996 9018. JUWELIERSWARE & BYKOMSTIGHEDE 1645

Silwer trou- en verloofring te koop. Skakel Ammie 078 349 8356. ALLERLEI 1655

Heerlike pasteie te koop: R46 vir 'n pak van 4. Ideaal vir studente - sit net in die oond en bak. Anita 072 735 3969. Kanaries plus hok te koop. Prys onderhandelbaar. Skakel: 082 964 1379.

SKOONMAAKDIENSTE

LOODGIETERS 1805

1855

3275

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

TE KOOP: Volstruise. Vir enige navrae, skakel 082 578 9886.

TROETELDIERE

KLERASIE

HUISE TE KOOP

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE

Black Wattle-hout te koop. R30/sak. Afgelewer in Bethlehem. Skakel 073 278 7758.

TE KOOP

3256

GEMEUBILEERDE KAMERS: Elk met en suite-badkamer, stoep en private ingang, selfsorg. Skakel 082 927 7820.

MOTORS TE KOOP 3025

2008 Mazda2 1.5 Dynamic. Een eienaar. 48 000 km, metaalwit, lugr, CD. R89 000. Skakel: Karin 082 553 8251. Volkswagen Beetle te koop, R35 000. Skakel Philip 082 413 9505. 2011 Toyota Aygo Wild, 5-door, 42 000 km, ABS, central locking, air bags, air-con. Ideal for students. R90 000. Phone 072 488 8848. SLEEPWAENS 3040

Dubbel-as-sleepwa: 6 x 2 m. Bokante van 1 m. 083 421 4030.

Enkelwoonstel: R2 050 p.m. Plus deposito. Kombuis en badk. Beskikbaar 1 Julie. Geen troeteldiere. Bethlehem. Skakel 072 330 3109. Enkelwoonstel: R2 000 p.m. plus dep. W en l ingesluit. Geen troeteldiere. Onmiddellik beskikbaar. Bethlehem. Skakel 072 330 3109. 3-slk-grondvloer-w/s: 1 badk, 1 afdak. Kragboks, Dep. R4 000 p.m. Besigtiging slegs na 17:00 weeksdae. 083 956 4221. No pets! EENMAN-, 1- EN 2SLK-WOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346. Moderne, groot 1-slkw/s. Lugr. Gegoede area. Toesluitmotorhuis. R3 500 p.m. krag ingesluit. Stil enkellopende persoon/jong paartjie. 083 421 4030.

VIR DIE BELEGGER: In La Provence. Netjiese, stewige woonhuis in gesogte, rustige buurt! 3 slk, 2 badk, oopplankombuis, dubbelmotorhuis R1,65 m. Eienaar 082 564 7977. HUISE TE HUUR 3270

4-slaapkamer-huis, 2 badkamers en dubbelgarage te huur in Panorama. Beskikbaar einde Junie. Skakel: 082 562 8832. Jordania: 3-slk, 2 badk, dubbelgarage. Slegs 3 huise van skool. Onmiddellik beskikbaar. R6 000 plus dep. Skakel: 072 443 4165. Huise en eenmanwoonstelle vanaf R1 900 p.m. in Loch Athlone: Gemeubileer en ongemeubileer. Kontrakteursbehuising: R100 per dag per persoon. Skakel Paula 082 927 0209. Morderne 3-slk-/2-badkhuis plus woonstel te huur in Eden-plotte. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 081 308 9849.

MEENTHUISE TE HUUR

VERKOOP VAN SAAK 3325

4065

2-slk-meenthuis met enkelmotorhuis in Bethlehem-Wes. Beskikbaar 1 Julie. Geen troeteldiere. Skakel 058 303 4770 /082 223 4158.

SAAK NO: 171/2011 IN DIE LANDDROSHOF VIR 2 bedr, bathr, lounge, DIE DISTRIK BETHLEHEM extra room, kitchen with GEHOU TE BETHLEHEM stove, garage. R5 000 p.m. In die saak tussen: DARRYL SE DIENSSENTRUM water included. Jordania. EISER Phone 072 985 7687. EN Nuutopgeknapte 2SAMPIE JOHNSON slaapkamer-meenthuis te VERWEERDER huur. Kragboks, rustige KENNISGEWING VAN omgewing, R4 000 p.m. GEREGTELIKE Skakel 083 421 4030. VERKOPING Ingevolge 'n vonnis gelewer R4 000 p.m. Eureka. 2op 14 Augustus 2010 in die slk-meenthuis. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111. Bethlehem Landdroshof en 'n lasbrief van eksekusie 2-slaapkamer-/1-badka- daarna uitgereik, word die mer-meentuis te huur met goedere hieronder beskryf in toesluitmotorhuis, R3400 eksekusie verkoop te De Wetstraat 22, Reitz op 4 p.m. Skakel Dirk by Julie 2014 om 11:00 aan die 082 925 8605. hoogste bieër: GOEDERE BETREKKINGS Wit Mahindra-bakkie met registrasienommer: 3600 FBM 131 FS. GEDATEER te Bethlehem op BETREKKINGS GESOEK 10 Junie 2014. 3670 Prokureurs vir EksekusieMagdeline is op soek na skuldeiser Breytenbach Mavuso Inc werk as huishulp. MaanH/v Union- en Naudestraat, dae-Vrydae. Is bereid om Bethlehem 9701. in te slaap. Posbus 693, Bethlehem Skakel 073 153 2773. 9700. Lettie soek werk as Tel. 058 307 5300 Faks 058 303 6962 huishulp/'nanny'. Praat E-pos: info@breytlaw.co.za Afrikaans en kan in die tuin help. Maandae-Vrydae Docex 7, Bethlehem Verw: DAR1/0014/AS Skakel: 073 455 2156 Adres van Eksekusieskuldenaar: Plaas Renskle, GESOEK Reitz of Eerstestraat 45, Reitz. 3601

Bestuurderes benodig vir nuwe wegneemetesaak. Moet ondervinding hê. Willie 082 442 3240.

DORPSBEPLANNING 4025

ALGEMENE KENNISGEWINGS 4010

KENNISGEWING: KONSTRUKSIE GAAN BEGIN OP STORTEMELK Newly renovated, spaHYDRO KRAGSTASIE cious 3-bedr/2-bathr FANTASTIESE VERHierdie is 'n algemene house, BHM West, secuBLYF TE HUUR: kennisgewing aan die pub* 1-slk-w/s met onderdak- red, R6 000 per month. liek dat konstruksie op die Water incl. Garden mainparkering voor woonstel tained. No pets! Immedia- 4MW Stortemelk Hydro * 24-uur-sekuriteitsomKragstasie gaan begin teen tely available. heining einde Junie 2014. Die kragPhone 082 310 9687. * Naby lughawe stasie is geleë op die AsBeskikbaar vanaf 1 Julie. R5 400 p.m. Jordania. 2- rivier op die plaas BotterSkakel: Mariaan van slk-/2-badk-huis. Isabel de kloof, sowat 15 km noord van Clarens. Niekerk 082 562 6362. Bruin Eiend. . Die projek word geïmpli082 785 1111. 1-/2-bedroom flats. menteer as deel van die Immediately available. Suid-Afrikaanse regering se Paxinos Flats. High Street KANTORE hernubare-energie-onafhanin Bethlehem. Contact: klike-kragstasieprogram. 3290 Rental administrator . Die projek sal sowat 50 97 vk m. Winkelruimte te werksgeleenthede skep PROCOR SA: Koki huur, met koelkasfasiliMastabu. tydens konstruksie, die teite. Malanstraat. Skakel meederheid vanuit die 057 352 2990. Anita de Bruin Clarens- en BethlehemFax: 086 558 7248/ 072 7353969. (Winkel omgewing. 057 352 3775. langs Pro Medals). . Tydens bedryf sal 2 nuwe koki@procorsa.co.za voltydse werksgeleenthede Baie netjiese, ruim kanR1 500 p.m. Môrelig. geskep word vir plaaslike Eenmantuinwoonstel. Isa- tore naby Truida Kestellinwoners. skool, Bethlehem. 1 Sepbel de Bruin Eiend. . 30% van die projek behoort tember 2014. aan die breë gebaseerde 082 785 1111. Skakel: 083 633 6533. swartbemagtigingsgroep 2-slaapkamer-woonstel bestaande uit liefdadighede te huur naby Truida dwarsoor Suid-Afrika. ERWE/STANDPLASE Kestell. Beskikbaar 1 Julie . 2,5 % van die bruto inkom2014. 083 633 6533. 3295 ste en 1% van die winste Vacant stand for sale in word jaarliks uitbetaal aan liefdadighede in die ClarensClarens. At give-away TE HUUR gemeenskap. price. Reduced to R150 . Die projek sal 25 000 000 3205 000 o.n.o. Phone Dirk kWh elektrisiteit per jaar TOM DOBIE EIEN082 925 8605. opwek. Dit is genoeg om DOMME: 078 893 7771. meer as 2 600 huishoudings Bergsig: R5 600 p.m. 3MEENTHUISE van krag te voorsien. TE KOOP slk-meenthuis, 2 badk, 2 Skakel asb. vir me. Cathe3330 m/h. Eureka: R4 500 p.m. rine Fedorsky, Projekbestuurder, Compliance 3-slk-dupleks, afdak. La Provence: 3 slaapMonitoring Nuplanet Project Môrelig: R4 300 p.m. 2kamers, 2 badkamers, slk-woonstel, afdak. 1 garage, afdak. Siersteen. Development (Proprietary) Limited by tel. 021 671 1457 Panorama: R3 400 p.m. 1- R1,1 miljoen. Skakel 082 vir verdere inligting. slk-woonstel, krag ingesl. 553 3196.

AANSOEK OM ‘N TWEEDE WOONHEID Kennis geskied hiermee dat Peter en Rochan Taylor en TP Letsoana aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n addisionele wooneenheid op te rig op Erf nommer 2905, volledige straatadres Conradiestraat 25, Morelig, Bethlehem (dorp). Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale Bestuurder indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: Peter, Rochan Taylor en TP Letsoana Adres: Straat: Conradiestraat, Morelig, Bethlehem 9700 Tel. 082 884 8898/073 212 5315. AANSOEK TWEEDE WOONEENHEID Kennis geskied hiermee dat Christian Nel aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n addisionele wooneenheid op te rig op Erf nommer 2419, volledige straatadres: Paul Laeseckestraat 24, Panorama, Bethlehem (dorp). Enige person wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale Bestuurder indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: Christian Nel Adres: Straat Paul Laeseckestraat 24, Panorama, Bethlehem 9700 Tel. 083 461 2072.


VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

APPLICATION: ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that Christian Nel intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an additional dwelling on erf number 2419, complete street address 25 Paul Laeseck Street, Panorama, situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municiapl Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: Christian Nel Address: Street address: 25 Paul Laeseck Street, Panorama, Bethlehem 9700. Telephone: 083 461 2072

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

BOEDEL WYLE: DANIEL MAHLOMOLA MOSIKILI BOEDELNOMMER: 1385/2012 In die boedel wyle DANIEL MAHLOMOLA MOSIKILI, identiteitsnommer: 730429 0614 089, in lewe van SUIKERBOSSTRAAT 376, BAKENPARK, BETHLEHEM DISTRIK, wat oorlede is op 29/10/2011, BOEDELNOMMER: 1385/2012. Ingevolge Artikel 35 (5) van APPLICATION: ADDIdie boedelwet word hiermee TIONAL DWELLING kennis gegee dat die eerste Notice is hereby given that Peter and Rochan Taylor and en finale likwidasie- en disTP Letsoana intend to apply tribusierekening vir 21 dae to the Dihlabeng Local Coun- vanaf 12 JUNIE 2014 van cil for special permission to publikasie hiervan by die erect an additional dwelling Meester van die Hooggeregshof te BLOEMFONTEIN on erf number 2905, complete street address 25 Con- en Landdroshof te BETHLEradie Street, Môrelig, situa- HEM ter insae lê en dat indien geen besware binne ted in Bethlehem (town). daardie tydperk ontvang Any person opposed to the word nie, die Ekskuteurs tot proposed operation must lodge such complaint to the uitbetaling daarvolgens sal Applicant and the Municipal oorgaan. EKSEKUTEUR: MICHAL Manager within 14 days to WENTZEL MÜLLER tha last publication of this BREYTENBACH MAVUSO notice. ING The Applicant: Peter and Rochan Taylor and TP Letso- Prokureur vir Eksekuteur H/v Naude- en Unionstraat ana Address: Street address: 25 BETHLEHEM 9700 Conradie Street, Môrelig, (VERW. M.MULLER Bethlehem 9700. (MOS683/0001/JS) Telephone: 082 884 8898 / 073 212 5315 BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BOEDEL WYLE: MM SHEZI BOEDELNOMMER: 5817/2004 BOEDELKENNISGEWING Likwidasie- en distribusierekening KENNISGEWING: In die boedel van wyle BOEDEL WYLE MASONTAHA MARTHA TT MOKOENA SHEZI, identiteitsnommer BOEDELNOMMER: 640913 0540 088, boedel2058/2013 nommer 5817/2004, van KENNISGEWING AAN Mocwagaestraat 3937, BohKREDITEURE EN DEBI- lokong, Bethlehem 9700, TEURE IN BESTORWE datum van afsterwe 04/07/2004, nagelate gade BOEDEL Thabo James Mofolo, identiIN DIE BOEDEL VAN WYLE teitsnommer 611203 5617 TIISETSO THERESIA MOKOENA VAN 753 BOHLO- 080. KENNIS GESKIED HIERMEE KONG, BETHLEHEM, WAT dat die eerste en finale likIN LEWE ‘N WEDUWEE widasie- en distribusierekeWAS, DATUM VAN ning in die bogenoemde boeAFSTERWE: 4 FEBRUARIE del ter insae sal lê ten kan2013, BOEDELNOMMER: tore van die Meester van die 2058/2013. Kennis geskied hiermee aan Hooggeregshof, BLOEMFONalle persone met vorderings TEIN, en die Landdroskantoor, BETHLEHEM, vir 'n teen bogemelde boedel om tydperk van 21 (EEN EN dit binne 30 dae vanaf TWINTIG) dae gereken vanaf datum van publikasie hier13 Junie 2014. van by die Eksekuteur HATTINGH MARAIS hieronder gemeld, in te THERONSTRAAT 3 lewer. GETEKEN te BETHLEHEM op BETHLEHEM 9700 hierdie 2DE dag van JUNIE TEL: 058 303 1268 2014. Verw: SIJ CORDIER/SB0012. JF HUMAN HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ POSBUS 563 BETHLEHEM 9700 Verw.HUMAN/rs/TII3/0001

SOEK, KOOP, VERKOOP

13


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

WAT is jou mening? Vrystaat se lesers word genooi om hul mening op dié koerant se Facebookblad te gee. Gesels saam op Facebook deur te gaan na Vrystaat Koerant, gaan like die blad en word deel van die Vrystaat-familie. Besoek www.vrystaat.co.za vir nuus en foto’s uit die streek. Op die webblad kan lesers ook aanlyn deur vorige uitgawes van die koerant “blaai”.

BETREKKINGS


VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

’n RUGBYWEDSTRYD tussen die Crezco-Collegians en Bethlehem-Oudskoliere se eerste spanne lewer altyd klipharde rugby op. Hoewel sewe geelkaarte die gang van die wedstryd geknou het, was die sportmangees tussen die spanne op en van die veld opmerklik. Die foto’s is deur Willie Kruger van Bethlehem geneem en die volle fotogalery met skitterende aksiefoto’s kan op Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za geniet word.

Bulstryd!

AMOS MOTAUNG, skitterende speler van die Crezco-Collegians en later aangewys as speler van die wedstryd, word hier deur Andi Wolmarans van Bethlehem-Oudskoliere geduik. Foto’s: Willie Kruger IN die tweede ronde van die Oos-Vrystaatse Willie Crowther-liga het die Crezco-Collegians verlede Saterdag teen Bethlehem-Oudskoliere kragte gemeet. Oudskoliere het naelskraap met 24-22 gewen. Henri de Jager, woordvoerder van Collegians, sê die span het selfvertroue van die eerste na die tweede ronde oorgedra. In dié ronde het Collegians vir Marquard op Du Plessispark met 42-28 geklop. Ná Marquard het Collegians ook met die sterk span van Harrismith afgereken en met 20-16 gewen. Die span het sy kragmeting verlede Saterdag teen Oudskoliere naelskraap verloor. Tabbie du Plessis van Oudskoliere het agt minute voor die einde gedruk. Collegians het hierna ’n kans gehad om ’n strafskop deur die pale te jaag om Oudskoliere met een punt te klop, maar die strafskop was ongelukkig nie oor nie. Die wedstryd tussen Collegians en Oudskoliere het klipharde rugby opgelewer waarin die een span nie ’n tree vir die ander wou terugstaan nie. Albei spanne het alles gegee en niks teruggehou nie. Die wedstryd is ongelukkig geknou deur sewe geelkaarte wat uitgedeel is. Albei klubs en ondersteu-

ners is van mening dat dit ’n anti-klimaks was. De Jager sê die twee klubs is baie mededingend en harde rugby is onvermydelik. Geen vuilspel of vuishoue was egter ter sprake nie, en die geelkaarte het die momentum van

die spel geknou. “Belangrik egter is dat sportmanskap geseëvier het. Die goeie gees tussen die twee spanne was opmerklik – op en van die veld,” sê De Jager. Collegians se spanne speel eerskomende Saterdag teen onderskeidelik Reitz en Winburg. Die afskoptyd is om 15:00 op Du Plessispark.

15


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 12 JUNIE 2014

Rugbyboek fees om te lees Susan Maré DIE boek Bethlehem Oudskoliererugbyklub 1961-2010 – die projek van Stoney Steenkamp en Thys van Tonder – is verlede Saterdag in Die Gemsbok, tuiste van Oudskoliere, bekend gestel. Dié twee het oor twee jaar lang ure bestee aan die wording van die boek en tot uiterstes gegaan om inligting en foto’s in te samel en eindelik te boekstaaf. Die boek van meer as 222 bladsye, gedruk deur Hooglandpers in Bethlehem, is ’n fees van foto’s en inligting. Benewens ’n voorwoord, is daar 16 hoofstukke wat lesers lank gaan besig hou. Van die onderwerpe wat gedek word, sluit in persoonlike profiele, leiersfigure, sewesrugby, Goue Geles-rugby, rugbytoere, die sakwapen en uitrusting, konstitusies, interessante feite, karakters en staaltjies, spelers se prestasies, ensomeer. In die voorwoord skryf Van Tonder dat die idee wat by hom opgekom het – dat die geskiedenis van die Oudskoliere-rugbyklub oor ’n halwe eeu opgeteken en so vir die nageslagte bewaar kan word – verwesenlik is. Hy het navorsing gedoen oor Oudskoliere en drie tydperke geïdentifiseer. Van Tonder sê voorts dat hy gelukkig was om baie statistieke uit die boek van die Oos-Vrystaatse Rugbybond te kon bekom. “Dit sal gepas wees om ook die naam van Stoney Steenkamp te noem. Stoney is ’n lopende ensiklopedie en het my baie gehelp met inligting, geskrifte en foto’s.

STIGTERSLEDE van Bethlehem-Oudskoliere is van links Tienie van den Berg, Beatie Jooste, Nancy Breytenbach, wat haar oorlede pa, John, verteenwoordig het, en Marius Wessels.

STONEY STEENKAMP (links) het die gedrukte uitgawe waaraan Thys van Tonder (regs) en hy vir twee jaar hard gewerk het, verlede Saterdag aan Van Tonder oorhandig. Saam met hulle is Elsabé van Tonder wat deel was van die dryfkrag agter die boek.

Foto’s: Lynda Greyling

Hy het ’n groot aandeel in die boek gehad en was verantwoordelik vir die skryf van sekere gedeeltes. “Met die samestelling van die boek het ek probeer om die inligting so goed as moontlik saam te vat. Staaltjies is geskryf soos wat dit aan my oorvertel is. “Ek het ook kort profiele geskryf oor mense wat ek meen die meeste vir die klub se ontstaan en voortbestaan beteken het. “Nadat ek die gegewens versamel het, is ’n drukstuk daarvan gemaak en onder sekere lede van

WERNER MAREE (regs) oorhandig ’n kopie van die boek aan die voorsitter van Griffons-Rugby, Randall October.

die klub gesirkuleer. Die ringkoppe het besluit dat ’n boek gedruk moet word. Ek vertrou ek het daarin geslaag om dit te doen.” Die boek is inderdaad ’n fees van foto’s en leesstof. Die hoofstuk oor karakters en staaltjies is veral leesgenot met onderwerpe soos Byt hom, boetie, byt hom!, Oot keer vir sy Bols, Die ou dame van die nag en Die Volkswagen met sewe passasiers. Die boek is in Die Gemsbok bekend gestel en talle rugbyspelers het die geleentheid bygewoon.

Bethlehem-Oudskoliere het dieselfde middag teen die CrezcoCollegians van Bethlehem kragte gemeet en die wedstryd met 24-22 gewen. ) Besoek Vrystaat se webwerf vir ’n fotogalery van die geleentheid in die Gemsbok, asook Vrystaat se Facebook-profiel vir nuus en foto’s van die geleentheid.

Skoliere wen toe rilstryd

BETHLEHEM-OUDSKOLIERE se eerste en tweede spanne het verlede Saterdag kragte gemeet teen hul eweknieë van CrezcoBethlehem-Collegians. Die wedstryd van die eerste spanne was ’n naelbytstryd. Skoliere was teen halftyd met een punt agter. Hul ondersteuners het hard geskree in die tweede helfte. Kobie Rousseau, Derick Stander, Tabbie du Plessis en Nico Nieuwenhuizen (kaptein) het elk ’n drie aangeteken. Darius Ackerman het twee doelskoppe oorgesit. Die eindtelling was 24-22 vir Oudskoliere. Die skeidsregter was Karel van Deventer. Die voorspeler van die wedstryd was Kobie Rousseau en die beste agterspeler Andi Wolmarans, wat uitgeblink het met ’n paar laagvatte wat drieë gekeer het. Oudskoliere se tweede span het die ander wedstryd 27-7 gewen. Collegians se sewe punte was vir ’n strafdrie en ’n doelskop. Vir Oudskoliere is drieë aangeteken deur FP Fouché, Wonga Jola, Renier Barnard (ook kaptein) en Jaco Moolman. Moolman het ook twee doelskoppe en een strafskop deur die pale gesit, en is saam met Mpho Makeea as speler van die wedstryd aangewys. Die skeidsregter was Jackie Windt. – Henriëtte Nieuwenhuizen. ) Nog ’n berig op bl. 15.


Vrystaatnewsvr 20140612