Page 1

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 24 APRIL 2014

WWW.VRYSTAAT.CO.ZA

WWW.VRYSTAAT.MOBI

R3,80

Viering

Paul Roux se NG kerk vier 100 jaar

bl. 3

KOSMOSSE is dié herfs in oorvloed. Die toneel is in die distrik Ficksburg afgeneem.

Foto: Susan Maré

Sakeman aangeval Susan Maré

DAVID MASHININI, ’n bekende sa­ keman van Bethlehem en voorsit­ ter van die vereniging vir opko­ mende boere, en sy gesin het deur­ geloop in ’n gewapende rooftog in hul huis in Bethlehem. Foto: Volksblad­argiewe

01714

9 771026 872001

DAVID MASHININI, ’n bekende boer en sakeman van Bethlehem, is na bewering verlede week deur drie onbekende mans in sy huis in Bethlehem beroof. Die voorval het omstreeks 20:00 gebeur. ’n Vuurwapen is glo teen Mashinini se kop gehou en hy is gedwing om kontant aan sy aanvallers te gee. Hy is ook na ’n bankteller gedwing om te gaan geld trek en is van twee voertuie beroof. Nie Mashinini of iemand in sy gesin is in die rooftog beseer nie. Volgens sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het drie gewapende verdagtes met klapmusse Mashinini in sy huis in Bethlehem oorval waar hy saam met sy kinders was. Hy is na ’n bank gedwing terwyl een van die drie verdagtes die kinders met ’n vuurwapen in die huis aangehou het. Die kinders se

hande is met vadoeke vasgebind. ’n Onbekende bedrag geld is getrek en aan die verdagtes oorhandig. Die gesteelde voertuie is later in die dorp gevind. Volgens Mophiring is dit nog nie duidelik hoe die verdagtes toegang tot Mashinini se huis gekry het nie. ’n Boeredag is onlangs op Mashinini se plaas gehou met Mamiki Qabathe, die LUR vir landbou en plattelandse ontwikkeling in die Vrystaat, as gasspreker. Boere oor die Vrystaat heen het die geleentheid bygewoon. Mashinini is die voorsitter van die vereniging vir opkomende boere in Bethlehem. As gasheer van die boeredag het hy ’n bakkie aan die Bohlokong-hospice geskenk en oorhandig. Hy het ook vir ’n werklose mens ’n huis gebou. Ace Magashule, die premier van die Vrystaat, en sy bestuur, asook Tjhetane Mofokeng, die burge-

meester van Bethlehem, het hom en sy gesin vroeër die week besoek. ) Mashinini het aan Vrystaat gesê hy en sy gesin is erg getraumatiseer deur die voorval en al die lede van sy gesin ontvang sielkundige berading. Hy sê hy het baie vrae oor die voorval, maar geen antwoorde nie. “Ek kyk na alles wat ek vir die gemeenskap doen en kan nie verstaan hoekom dit gebeur het nie. Die polisie was vinnig hier om ons te help. Ek bedank die polisie en almal wat ons ondersteun,” sê Mashinini. ’n Klag van gewapende roof is ingedien en die polisie ondersoek die voorval. Teen druktyd is niemand nog in hegtenis geneem nie. ) Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan die Bethlehem-polisie by 058-307-5700 of 08600-10111 of 32211 bel.

Wen

Boeke, CD op die spel

bll. 3 en 14

Sport

Pieter Terblanche in aksie

bl. 20


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

WÊRELDBEKENDE pyp-orrelis besoek Reitz en Bethlehem: . Orrelkonsert op 4 Mei om 11:00 in die NG Moederkerk Reitz deur Noel-Jean Creil. Toegang gratis, kollekte by die deur. . Orrelkonsert op 5 Mei om 18:30 in die NG kerk Bethlehem-Wes deur Noel-Jean Creil, toegang gratis, kollekte by die deur. . Orrelkonsert op 5 Junie om 18:30 in die NG kerk Bethlehem-Noord deur Martin Mans van Nederland. Toegang: R100 per persoon. Kinders ouer as 12 jaar R50 en jonger as 12 jaar gratis. Kaartjies van vandag af by Libri te koop. Navrae: Connie van Niekerk by 083-377-2244. Ondersteun die Christenburgprojek: Deon Erwee, bestuurder van die Vereniging vir Kinder- en Gesinsorg, sê: “Helpende Hand sal ’n skenking vir ’n vaardigheidsontwikkelingsprogram by Christenburg aan Kindersorg gee. Daarvoor moet 500 SMS’e gekry word. SMS’e kos R2 per SMS. Slegs een SMS per nommer word toegelaat. Laat jou gesin, werkers en kennisse “Projek Welsyn” na 34388 SMS.” Navrae: Erwee by 058-303-0222. Tobie Myburg-afslaers en Vrystaat se groot gholfdag: Dié gholfdag is op Vrydag 9 Mei op die Bethlehem-gholfbaan. Lees alles hieroor op bl. 7. Die gholfdag is ten bate van liefdadigheid en al die geld sal hiervoor gebruik word. Verkiesing op 7 Mei: Mense wat weens siekte of gestremdheid nie ’n verkiesingstempunt kan besoek nie, kan op die voorgeskrewe vorm aansoek doen om op 5 of 6 Mei tuis te stem. Die vorm is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie te kry en moet tussen 7 en 12 Mei vir oorweging ingedien word. Die kantoor is op die boonste vlak van die Burgersentrum in Mullerstraat, Bethlehem. Rig navrae aan Pieter Olivier by 082-293-0680. Cluny-gholfdag in Clarens: Dié gholfdag word op Saterdag 31 Mei op die Clarens-gholflandgoed gehou. Dit kos R1 200 (vierbalbeterbal-Stableford) met middagete en ’n spitbraai-prysuitdeling ingesluit. Vir inligting stuur ’n e-pos aan jansander22@gmail.com of info@clunyanimaltrust.co.za.

Wisdom I have found the paradox that if you love until it hurts, there can be no more hurt, only more love. – Mother Teresa

Diens troos oor Hough Jana Bekker

Besoek land vir ’n blik op Suid­Afrika se sake TWEE verslaggewers van die NRC Handelsblad in Nederland het Bethlehem besoek en met die voorsitter van AfriForum se Bethlehem­tak, Cyril Adkins (links), oor onder meer die Wolhuterskop­sage gesels. Hulle het ook Julius Malema se besoek aan Bohlokong bygewoon. Saam met Adkins is van links Bram Vermeulen en Nils Walraven, verslaggewers van die NRC Handelsblad, en Ingrid Verhoeven, ’n lid van AfriForum se Bethlehem­tak. Foto: Susan Maré

SENEKAL. – Rina Hough is na die plek met die goue trone, die huis wat soos ’n paleis is. “Mense sê sy is dood, maar God se kinders gaan huis toe.” Dít was deel van ds. Lammert Stavast se troosboodskap gister op die begrafnisdiens van Rina Hough (65), wat verlede Dinsdag in haar tuin in die dorp vermoor is. Die diens is in die NG kerk De Rust gehou. Stavast het gesê mense is nie by die diens om hul menings, wroeging of woede te uiter nie, maar om na God se stem te luister. ) Lees die volledige berigte oor die moord op Hough en haar begrafnisdiens op Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za.

Broer wil net weet hoekom Vicus Bürger “ONS wil net weet hoekom,” het Ockert Britz, broer van Tillie Pope (46) wat saam met haar man, Brian (62), op die gasteplaas Tweevley by Harrismith vermoor is, Dinsdag gesê. Die 32-jarige man wat weens die moord op dié egpaar, asook die wrede aanranding van Brian se seun (uit ’n vorige huwelik) en skoondogter, Warren en Marlene Pope, in hegtenis geneem is, het nie gister (soos aan-

vanklik aan Volksblad gesê is) in die Harrismith-landdroshof verskyn nie, maar sal na verwagting vandag verskyn. Die vermoordes is van Durban en Warren en sy vrou van Johannesburg. Selfs mense na aan die ondersoek krap nog kop oor wat die motief agter die aanval was. Die vermeende aanvaller, oorspronklik van Malawi en die opsigter op die plaas, het na bewering die vuurwapen waarmee die egpaar

doodgeskiet is, uit die kluis van die eienaars se huis op die plaas gesteel. Dit wil voorkom asof die vermeende aanvaller net van plan was om enkele selfone en ’n beursie te steel. Dit is vreemd, want in die vier jaar dat hy op die plaas werk, het hy nooit enigiets van gaste gesteel nie, is aan Britz, wat die plaas die dag ná die aanval besoek het, gesê. ) Lees die volledige berig op Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za.

Paasnaweek tragies vir gesinne ’n EGPAAR is dood toe twee gesinne, wat die Paasnaweek op ’n gasteplaas in die distrik Harrismith gekuier het, in die vroeë oggendure aangeval is. ’n Plaaswerker (29) wat oorspronklik van Malawi is, is in verband met die aanval in hegtenis geneem. Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê ’n egpaar van onderskeidelik 62 en 46 jaar is doodgeskiet. Die egpaar se seun is met ’n tuinvurk in die bors gesteek. Die seun se vrou is in die arm geskiet en met die vurk in die gesig gesteek. Sy kon met haar kinders in ’n motor van die plaas vlug. Die kinders is gelukkig nie beseer nie. Die beseerde man is later met ’n ambulans na Bethlehem gebring. Die egpare is onderskeidelik van

KwaZulu-Natal en Gauteng. Die motief vir die moorde is nog onbekend. – Vicus Bürger (Volksblad). ) Lees die volledige berig en opvolgberig op Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za. ) Só het lesers op Vrystaat se Facebookblad, http://facebook.com/ Vrystaat, op die voorval gereageer: Tina van Zyl Blignaut: Mensig! Dit is verskriklik wreed. Innige simpatie aan die familie. Santa Rossouw: Sterkte vir familie: “Heer, hou U hand oor die familie en hou hulle stewig in U hand.” Amanda van Blerk: Word Suid-Afrika deur immigrante geterroriseer? Mosambiek, Zimbabwe en nou ook Malawiërs? Om van Lesotho nie eens te praat nie. Joey Esterhuizen: Mense vertrou te maklik die mense wat

nie hier hoort nie. Hulle kry voorkeur wat werk betref en dan gebeur sulke tragiese dinge. Dit is so onnodig. Sterkte aan die families. Betsie Eloff: Kan maar net bid vir hulle. Verstaan nie hoekom so iets moet gebeur nie. Mariette van Antwerp: Dis so barbaars! Lurica Venter: Flippen! Sterkte aan die gesin. Henro de Bruin: Dan wonder ek net – wat gaan aan? Het hy rede gehad om die mense aan te val? Of is dit ’n geval van: Here, wat gaan tog hier aan? Hoekom gebeur daar sulke lelike, erge dinge? Daardie arme kinders is die res van hul lewe sielkundig geskend. Sterkte aan die mamma (wat self ook krag nodig het) wat hulle moet ondersteun. Bid vir die mense. Jis, sulke dinge verstaan ek nie. Rika Chapman: Gebede gaan na hulle toe.

Hou gevaar in DIE bedekkings van mangate word deesdae gereeld in Bethle­ hem gesteel. Dit hou gevaar vir voetgangers in, maar beteken ook vir die Dihlabeng­munisipaliteit moontlike nagevolge weens eise wat beseerdes teen die munisipa­ liteit kan instel. Die diefstal van bedekkings behoort by die polisie aangemeld te word. VERSE: Romans 8:32 He who did not spare His own Son, but gave Him up for us all – how will He not also, along with Him, graciously give us all things? ) God has not held anything back. ) He gave us His best: His Son. ) This just shows us the heart of God towards us. ) He wants to freely and graciously give you all you need. Prayer: Lord, I realize today that You held nothing back, but instead You gave us Your best. It is for this reason that I know I can trust You to fulfil all my needs. Amen.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Eeufees bind dorp saam Susan Maré DIE NG kerk Paul Roux het sy eeufees met ’n basaar en feesdiens gevier. Hoewel die gemeente eers op 25 Junie 100 jaar oud sal wees, het die gemeente en die Paul Roux-inwonersforum besluit om die fees ter wille van gunstiger weer in April te hou. Só sê ds. Hennie Smith, predikant van die NG kerk in Paul Roux. Hy sê die forum het die afgelope twee, drie jaar deel van die gemeente se storie geword. Anders gestel, die gemeente en forum het deel van mekaar se storie geword – elkeen met sy eie doelstelling, maar aanvullend tot mekaar. Die Paul Roux-gemeente se lidmaattal het die afgelope dekades stelselmatig gedaal. Talle lidmate het in hul stilligheid gewonder hoe lank die gemeente nog geldelik kan oorleef. NG kerke het al voorheen gesluit, omdat hul lidmate verhuis en te min oorgebly het om die gemeente se voortbestaan te verseker. Smit sê Paul Roux het sowat drie jaar gelede besluit om nie net te fokus op die bediening van sy eie lidmate en geldelike oorlewing nie, maar op die bediening van almal wat in Paul Roux woon. Danksy die goeie gesindheid van die forumlede, meestal Engelssprekend en lidmate van ander kerke, asook die bemiddeling van die voorsitter van die forum, dr. Richard Lewis, het die gemeente en forum spontaan ’n pad saam begin loop.

DIE NG kerk Paul Roux wat sy 100ste bestaansjaar gevier het. Die foto is in die aand geneem danksy die skenking van twee kolligte deur Anthony Hawley, lid van die Paul Roux­inwonersvereniging. Die forum het besluit die kerkgebou moet saans van die N5­verby­ pad sigbaar wees. Die gebaar weerspieël die goeie gesindheid tus­ sen die gemeente en die forum. Foto: Verskaf Daarom was die basaar op Saterdag 5 Mei ’n gesamentlike poging van die gemeente en forum. Die feesdiens Sondag was nie net ’n kerklik historiese geleentheid nie. Dit was ook ’n ekumeniese geleentheid – heel gepas in sy 100ste bestaansjaar – waar nie net lidmate nie,

maar ook oudlidmate en forumlede (onder wie Anglikane, Metodiste, Presbiteriane, Lutherane en van lidmate van charismatiese kerke), die Here saam gedank het. “Ons dank die Here daarvoor en verstaan in die omstandighede ons gemeenteroeping vir die tyd vorentoe soveel duideli-

ker,” sê Smit. Dr. Gideon van der Watt, oudleraar van die gemeente en prediker op die feesdiens, het in sy boodskap uit Eksodus 3 gevra: “Waarom kom mense al 100 jaar elke Sondag vir ’n erediens bymekaar? “Omdat hulle in die erediens die onverklaarbare teenwoordigheid van God beleef, behoort aan en deel is van Sy kerk en daar heling, salwing en vergifnis beleef, daar aangespreek, geroep en gestuur word en daar hulle aan God toewy.” Tydens die erediens het twee kunstenaars – Jaritha Pienaar van Bethlehem en David Daniel van Durban – geestelike liedere gesing. Dit het tot ’n baie diep en geestelike ervaring bygedra. ’n DVD van die erediens, opgeneem deur Magic Photography van Bethlehem, is gemaak. Oudlidmate wat in so ’n DVD belang stel, kan Paul Roux se kerkkantoor bel. “Die gemeente en kerkraad wil graag al die inwoners van Paul Roux, besoekers van oral in die omgewing, asook van Gauteng en KwaZulu-Natal, vir die ondersteuning met die feesnaweek bedank,” sê Smit. “Ons bedank die plaaslike munisipale bestuurder, Ruben Evans, en sy hele span werkers van Paul Roux. “Met ’n beperkte werkerskorps, begroting en toerusting het hulle hul bes gedoen en die Tienie Griessel-park en al die omliggende strate baie netjies vir die fees voorberei.” ) Besoek Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za vir ’n fotogalery van Paul Roux se fees.

3

Resepteboek leer oor tuinmaak KOS UIT DIE TUIN deur Sonja Jordt. Kaapstad, Tafelberg. Prys: Onbekend. KOS UIT DIE TUIN is ’n versameling van 100 resepte met groente of vrugte as een van die hoofbestanddele. Dit is maklik en bekostigbaar om te maak, en die lekkerte is jy kan die groente en vrugte in jou agterplaas plant. Die boek wys ’n mens hoe om ’n lappie grond voor te berei en te bewerk, met plant- en oeswenke. Kos uit die tuin bevat ’n keur van Sonja Jordt se resepte wat sedert 2004 in Tuis en Home geplaas is. ) ’n Leser kan dié boek met die komplimente van NB-uitgewers wen. SMS die woord “Tuinkos” gevolg deur jou naam en van na 45527. SMS’e kos R1,50. Die kompetisie begin vandag om 06:00 en sluit op 6 Mei om 17:00. ) Wen dié week nog boeke en ’n CD in Vrystaat op bll. 5 en 14.

Spontaan weer hier HET jy ’n spesiale talent? Dan kan jy vir Spontaan 2014 nader staan. Dié kompetisie van die Sentrale Plaaslike Koerante van Volksblad op die Vryfees trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan. Nie net sangers nie, maar enigeen met ’n besonderse talent, kan deelneem. Deelnemers moet ouer as 16 jaar wees. Inskrywing is gratis en groot pryse is op die spel. Streekwenners moet vir die eindronde op Saterdag 19 Julie in Bloemfontein op die Vryfees wees. Die wenner van elke streek sal net ná elke oudisie aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies nie. Oudisies vir Oos-Vrystaatse talentvolles word op Donderdag 8 Mei gehou. Die lokaal sal later bekend gemaak word.


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Koerant kan nie almal met alles help nie MALE sonder tal kom sulke oproepe: “Ek wil met die redakteur praat. Ek kan die rioolgemors nie meer hanteer nie.” Of die vullis wat nie verwyder is nie, die straatligte wat nie brand nie, die oproepe wat nie beantwoord word nie; noem maar op. Om nie eens te praat van die krane wat opdroog en die kragtoevoer wat ontkoppel is nie. Die meeste van die inbellers het een ding gemeen: radeloosheid, moedeloosheid. Hulle ervaar frustrasie en magteloosheid. Interessant is swak dienslewering oor die algemeen is hoegenaamd nie diskriminerend nie: jou inkomste, bevolkingsgroep, adres of ouderdom speel nie ’n rol nie. Jy het niks in jou guns wat jou beskerm teen swak dienslewering nie. So graag as wat die koerant wil help, is die stortvloed klagtes wat ons ontvang, net te veel. Wanneer dit egter werklik groot krisisse is, kan die koerant probeer ingryp – en in die verlede was daardie media-navraag net wat nodig was om die verantwoordelike partye te laat wakker skrik en die probleem opgelos te kry. Vrystaat wil lesers versoek om eers net self te probeer om die regte mense in die hande te kry en die probleem self op te los. Maar as jy byvoorbeeld ’n dag lank gesukkel het en geen vordering gemaak het nie, laat weet ons van die probleem, en verskaf al die nodige besonderhede. ’n SMS of e-pos kan ook die ding doen, want soms is dit moeilik om tussen die ander nuusinsameling lang gesprekke oor diensleweringsprobleme te voer. Wat die koerant kan doen, is om skriftelike navrae aan die munisipaliteit en ook die betrokke wyksraadslede te stuur. Ons kan dan op ons manier verder probeer om die probleem te help oplos. Ongelukkig kan die koerant nie meer as dit doen nie. Die koerant kan nie 24 uur per dag die rol van wyksraadslede probeer vertolk nie. Die koerant is egter die waghond van die gemeenskap, en ons sal alles moontlik doen om te help waar ons kan – natuurlik binne die beperkings wat ons het wat hulpbronne en tyd betref. Vir lesers se gerief, die telefoonnommer van die Dihlabeng-munisipaliteit is 058-3035732. Kry ook gerus die nommer van jou wyksraadslid in die hande.

Borders need protecting GARTH BROOK, Clarens: ALLEGATIONS of stolen cattle and sheep and Toyota 4x4 Land Cruisers crossing into Lesotho through unguarded sections of the Caledon River has recently grabbed the attention of the media. The crew of Carte Blanche recently stayed in Clarens from where they visited a few border farms. The Caledon River forms the border between South Africa and Lesotho. Many sections of the river are ankle deep. This is hardly a deterrent to people from Lesotho wishing to enter into South Africa, besides which the grazing in Lesotho is stripped or let me just say, non-existent. Livestock needs daily feed and water. So what better than to walk your herd into South Africa where they can graze undisturbed? The water along the Caledon in that area is of high quality and with no licence-to-use cost, we have an ideal stock farming outlet for Lesotho farmers. But for one thing, they are transgressing into South Africa and denuding our grasslands. The Clarens police have been patrolling the border, but it is

Op ’n verbeeldingsvlug na feitlose vrese EK hou nie van vlieg nie. Aanvanklik was ek ’n redelik gemaklike passasier. Maar ná ’n probleemvlug waartydens die een skroef ophou werk het, ’n ander keer met ’n donderstorm en nog ’n omdraaislag weens “tegniese probleme”, het ek die motor verkies. Maar ’n mens kan nie altyd dat jou vrese die oorhand kry nie. Hierdie week moes ek Kaap toe. ’n Mens kan ry, maar jy gaan twee dae op die pad wees om een dag in die Kaap te moet wees. Onlogies. So, daar staan ek op die lughawe, reg om my kaartjie in te handig, toe ek hom sien. My aandag word eerste deur sy oopmondslymhoese getrek. Hy praat op sy selfoon, maar elke dan en wan hoes hy onaardig en sonder enige poging om sy hand voor sy mond te hou. Hy stap ook die hele tyd gespanne heen en weer. Vinnige kort treetjies. Ek begin bekommerd raak. Hoekom is hy so senuweeagtig? Met wie is hy aan die praat? Deur sy hemp sien ek sweetkolle uitslaan. Is dit koors of spanning? As dit spanning is, waaroor is hy gespanne? Wil hy hierdie vliegtuig skaak? Ek wonder of ek hom moet afneem. Dalk vir iemand die foto stuur. Net in geval ons

alleged that their vehicles are not equipped to drive the rugged and ill-repaired border road. In addition, I understand the situation has worsened. It is alleged that the police have only two operational vehicles, hardly sufficient to patrol the border, never mind the 100 km radius that they are already required to guard. The military were brought in to assist followed quickly by allegations of corruption and illegal cattle trading between members of the army and Lesotho cattle farmers. Allegedly, stock caught crossing the border were taken to the pound in Ladybrand. Lesotho farmers had to travel to Ladybrand to recover their stock. The buy-back terms were cash without a receipt. This has been recorded on Carte Blanche. Lesotho cattle are not kept in good condition. Once over the Caledon River the Lesotho cattle mingle freely with the their South African counterparts. Farmers along this area spend good money keeping their stock disease free. The state of health of cattle along this area is under threat and there are no means of recovering the additional cost. It is said that a contract of R500 million has been awarded to rebuild the border road, details of which are not clear to the writer and will require further investigation. So, all in all we have a very messy situation brewing. One in which political intervention is

geskaak word. Minstens het iemand dan ’n foto. Hy is nogal tengerig. Ek wonder of hy ’n wapen gaan insmokkel. “Ticket please,” vra die beampte. Ek is nie seker of ek haar moet bewusmaak van die swetende, gespanne hoeserskaker nie. Ek hou hom dop in die bussie op pad vliegtuig toe. Steeds op sy selfoon. Dalk is hy ’n selfmoordbom-aanvaller. Dalk groet hy nou vir oulaas iemand. Ons bestyg die vliegtuig. Hy raak verlore in die massa. Ek bly agterdogtig rondkyk. Gereed om aksie te neem indien nodig. Niks gebeur nie, net effense turbulensie en ’n stamperige landing. En ek besef te veel van die dinge wat ek vrees, is my eie skeppings. Dis dinge wat nooit gaan gebeur nie. Dit skep onnodige stres. Ons almal skep ons eie werklikhede; daarmee leef ons, maar soms besef ek dat

required. The police need better equipment and border training. The military, if required, should be protecting our border and rectify allegations of livestock dealing, if not, then please go to the Kruger Park where you can assist in protecting our rhino. ) Also read the letter from Bees van Blerk. – Ed.

SANW nie ’n hulp op dié grens BEES VAN BLERK, Clarens: VRYSTAAT LANDBOU en die Vrystaatse regering probeer al 12 jaar om ’n oplossing vir die probleme met veediefstal en misdaad aan die Lesotho-grens te vind. Die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se lede het beslis nie die gewenste uitwerking nie. Inteendeel, misdaad het toegeneem. Die herbou van die pad sal neerkom op ’n verkwisting van meer as ’n miljard rand, aangesien die SANW-werknemers nie grondpaaie patrolleer nie en dit sal ook nie in stand gehou word nie. Die oprigting van ’n heining (is uit ervaring geleer) werk nie. Die SANW-lede is ook ’n lastigheid waarsonder ons kan klaarkom. Ons moet ons aanslag wysig en die probleem met Lesotho bespreek. Die grondeienaars behaal beter resultate met die hulp van die Lesotho-polisie en beriggewers.

my werklikheid en die werklike werklikheid ver van mekaar verwyderd is. En dan weet ek, om my vrese te oorwin is maklik, ek moet net doelgerig beter stories skep, want sien, my stories is my werklikheid. Iewers loop dalk iemand met ’n tengerige lyf, ’n slegte griep en ’n selfoon. Hy wonder hoekom die ou agter hom in die ry hom so stip dopgehou het. Soveel so dat hy selfs van senuweeagtigheid heen en weer begin trippelstap het. So is dit. Ons skryf elke dag verder aan ons verhaal. Ons kies karakters en ken aan hulle eienskappe toe waaroor hulle geen beheer het nie. Ons sien uit na dinge of vrees dinge gegrond op ons verbeeldingsverwagtinge. Ons interpreteer selfs ons verlede met die stories wat ons verkies om te onthou, die intensies wat ons aan rolspelers toeken en die herhalende patrone wat ons kies om mee voort te gaan. Soms vlieg ons. Soms vlieg ons nie, want ons is te bang om op te styg. Eindelik bly die keuse ons eie en nie dié van hulle wat ons as die skakers van ons lewe beskou nie. Mag jou verhaal getuig van waagmoed, deursettingsvermoë en liefde.

Show will surely be remembered

Learners invited to enter expo

JULIE PITOUT, Bethlehem:

JOHAN DREYER, Ladybrand:

I WAS privileged to see the production Die leë stoel (Passiespel 2014). I want to express my sincere appreciation to every single person, young and adult, who gave of their time unstintingly to produce such a moving show. I want to single out one ingeniously close scene, the crucifixion of Jesus. It will surely stay with everyone who saw it. Thank you for sharing your talents with us.

IT is once again time for the Eskom Expo for Young Scientists and in order to make a success of this occasion, we invite learners to participate. The expo will take place on Saturday, 23 August, at the University of the Free State’s Qwaqwa campus. It is the ideal opportunity for learners to enrich their minds, as well as for sponsors to get some free publicity. Sponsors who want to get involved and support this annual event can call me on 082-782-7440.

Vrystaat­koerant vier 39 jaar JOHANN RAMAGE, Retief-boekwinkel, Kestell: VRYSTAAT vier op Woensdag 7 Mei sy 39ste bestaansjaar. Die jare het aangestap en dit voel soos gister dat die eerste Vrystaat op 7 Mei 1975 deur Toek Blignaut, die skrywer, by die boekwinkel afgelewer is. Baie dankie aan die redakteur, Susan, dat jy die nuus op so ’n mooi manier aan ons lesers bring. Ons blaas vir jou die 39 kersies uit en sien uit na volgende jaar – Vrystaat se 40ste bestaansjaar. ) Baie dankie aan die Retief-boekwinkel vir sy lojaliteit en ondersteuning die afgelope 39 jaar. Dit word opreg gewaardeer. – Red.

Lug jou mening hier LESERS van Vrystaat wat graag hul mening oor gemeenskapsake wil uitspreek, kan tot die briewekolom bydra. Hou in gedagte briewe moet kort en knap wees en onderworpe aan redigering is, of om volgens die oordeel van die redakteur nié geplaas te word nie. Briewe moet verkieslik per e-pos gestuur word na smare@volksblad.com. Besoek ook http://facebook.com/Vrystaat vir meningspeilings.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Kos sonder pretensie

Volg weë van bekendes DIE LAASTE AFRIKANERLEIERS deur Hermann Giliomee. Kaapstad, Tafelberg, 2012. Prys: R350. Gerespekteerde geskiedkundige Hermann Giliomee volg die weë van vyf van die invloedrykste Afrikanerleiers. Vir dié boek het hy met talle belanghebbendes onderhoude gevoer. Baie van hulle is nou bejaard en wil graag hul ervarings deel, soms die eerste keer. Die boek gee dus ’n nuwe blik op die binnewerking en denke van die regering tydens apartheid. Giliomee probeer om nie te verdoem nie, maar om te verklaar. Hoe het dit gebeur dat gerespekteerde leiers soveel jaar so ’n onderdrukkende stelsel kon handhaaf? ) ’n Leser van Vrystaat kan die boek wen met die komplimente van NB-uitgewers. SMS die woord “Hermann” gevolg deur jou naam en van na 45527. SMS’e kos R1,50. Die kompetisie begin vandag om 06:00 en sluit op 6 Mei om 17:00.

SOMERKOS IN PROVENCE deur Marita van der Vyver in samewerking met Alain Claisse. Kaapstad, Tafelberg, 2010. Prys: R250. Hulle is ’n gewone gesin met kinders (wat sonder skroom gekoopte hamburgers en frites bo al hul ouers se “gastronomiese hoogtes” sal kies) en ’n gewone inkomste. Hulle het nie die tyd, energie of geld om ingewikkelde, pretensieuse geregte met onbekostigbare bestanddele soos truffels of foie gras te maak nie en hul kinders stel nie belang in slakke, paddaboude en ander Franse spesialiteite wat elders moeilik verkrygbaar is nie. Die resepte in die boek is kos wat Marita se groot gesin en vriende kuier-kuier onder die plataanboom in hul tuin nuttig. Dis lentekos, somerkos, Mediterreense en

Provensaalse kos wat net so lekker onder ’n jakaranda of ’n kiepersol smaak. ) ’n Leser van Vrystaat kan die boek met die komplimente van NG-uitgewers wen. SMS die woord “Somerkos” gevolg deur jou naam en van na 45527. SMS’e kos R1,50. Die kompetisie begin vandag om 06:00 en sluit op 6 Mei om 17:00.

Win Cameron’s book JUSTICE – a personal account by Edwin Cameron. Cape Town, Tafelberg, 2014. Price: R220. EDWIN CAMERON’S gripping and revealing book is part memoir and part ode to the law. It opens at the funeral of Cameron’s sister Laura when he was seven. His father was accompanied by prison officials, having been briefly let out of prison for the occasion. This was the young Cameron’s first exposure to the law. One reader can win this book with the compliments of NB Publishers. SMS the word “Justice” followed by

your name and surname to 45527. An SMS costs R1,50. The competition starts today at 06:00 and ends on 6 May at 17:00.

5

Volg inwonersnuus, bly op die hoogte DANIE EICHSTÄDT, voorsitter van die Dihlabenginwonersvereniging (DIV), nooi belangstellendes na die DIV se vergadering op 29 April. Eichstädt sê op 7 Mei is dit weer die geleentheid vir landsburgers ’n belangrike burgerlike plig na te kom – naamlik om te gaan stem. “Hoewel dié verkiesing ons nie op plaaslike vlak regstreeks raak nie, het elkeen se stem tog ’n invloed om te bepaal watter mense ons gaan verteenwoordig in die hoogste raadsale van ons land om beleid te bepaal en wette te maak wat ’n invloed op plaaslike sake sal hê,” sê hy. “Moenie jou stem weerhou omdat jy deel van ’n gefrustreerde minderheid voel of ontevrede met die huidige bestel is nie. Stem vir die party wat na jou mening die beste jou waardes sal verteenwoordig en daarvoor veg, want die huidige proporsionele kiesstelsel maak dit moontlik dat elkeen ’n plek kan kry.” Jaarvergadering Die vergadering van die DIV is om 17:30 in die NG kerksaal Bethlehem-Wes. Dit is ’n geleentheid vir lede om kennis te neem van wat die bestuur die afgelope jaar vermag het en seker te maak dat die regte mense gekies word om na inwoners se belange om te sien. Dit is ook ’n geleentheid om bydraes te lewer of wenke vir opvolging deur te gee.

Doen moeite om teenwoordig te wees en kom vroeg om te jou registreer, vra Eichstädt. Die huidige bestuur is Eichstädt (Bethlehem, voorsitter), Clive Craig (Fouriesburg, ondervoorsitter), Sonja Naudé (Bethlehem, sekretaris) en Sol Viljoen (Bethlehem, tesourier). Die bykomende lede is Nervyn Keown, Jan de Wet (gekoöpteer) en Manie Pieters (gekoöpteer) van Bethlehem. Al drie het intussen uitgetree en is nie verkiesbaar nie. In Paul Roux is die bykomende lid ds. Hennie Smit. Die huidige voorsitter dien reeds nege jaar in die amp en is gereed om plek te maak vir iemand anders om weer met nuwe projekte vorendag te kom, sê Eichstädt. Besoek aan die munisipale bestuurder Ná ’n gesukkel van vier maande is daarin geslaag om ’n onderhoud met die munisipale bestuurder, Thabiso Tsoaeli, te kry. ’n Paar positiewe ervarings wat Dihlabeng beter maak as ander munisipaliteite is aan hom uitgewys soos die herstel van slaggate, die snoei van bome en sny van gras, aktiewe straatskoonmakers, nuwe brandweerwaens, nuwe vullisverwyderingsvoertuie, skoon drinkwater vir Paul Roux en strate wat opgeknap is. Leemtes is ook uitgewys met die verwagting dat daar

daadwerklike optrede sal volg: personeelkwessie, rioolbestuur, vullisbestuur en openbare steurnisse, rampbestuur, onderhoud- en opknapping van strate, verkeerbeheer, munisipale eiendomme, ouditeur-generaal se verslag, geïntegreerde ontwikkelingsprogram, begroting en kommunikasie. Ander sake wat verder met die hoof van finansies, Raymond Provis, bespreek sal word, is die waardasierol, betaalkoers, skuldinvordering, Eskom-betalings en subsidies vir armlastiges. Eichstädt sê Tsoaeli het onderneem om binne ’n week skriftelik te reageer op elkeen van die punte: “Ek sal breedvoerig op die jaarvergadering verslag doen.” Munisipale begrotingsproses en tariewe Lede word versoek om spesiale moeite te doen om geskeduleerde begrotingsbyeenkomste van die munisipaliteit en die publiek by te woon en bydraes te lewer. Dit is ook die geleentheid om spesifieke behoeftes in elke wyk op die munisipale “wenslys” te plaas. Die byeenkomste is vandag in die Mashaeng-saal, op 12 Mei in die Fateng-saal, 13 Mei in die Bakenpark-saal, 14 Mei in die Bohlokong-saal en op 15 Mei in die Boiketlong-saal. Rig navrae aan Eichstädt by 082-336-2353 of stuur ’n e-pos aan danieeic@absamail.co.za.


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

7


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Hospice het ’n hart van goud VRYSTAAT het met Elize Willis, hoofbestuurder van die Golden Gateway-hospice in Bethlehem, gesels en wou meer by haar weet oor die dienste wat dié organisasie in Bethlehem bied.

gereeld Lotto-geld te kry. Ons ontvang ook geld van die departement van maatskaplike dienste en gesondheid. Die meeste ander geld is van oorsee en kom van US Ambassadors, The President’s Fund (Amerika) en Global Funding.

Hoe lank bestaan die hospice al in Bethlehem en wie het dit begin? Die Golden Gateway-hospice het sy deure op 5 November 1991 geopen. Eerw. Mike Crommelin van die Metodistekerk het die St. Christopher-hospice in Engeland besoek en met sy terugkeer het Margie Pistorius en Violet Moore die idee gehad om ’n hospice in Bethlehem te begin. Wanneer het jy die hoofbestuurder van die hospice geword? Voor my het die suster jare lank die bestuur behartig. Janetta Crawford is in 1995 as suster aangestel en het albei take verrig. Ek is in Januarie 2005 as maatskaplike werker en hoofbestuurder aangestel. Janetta is vandag nog verantwoordelik vir die bestuur van die pasiëntesorg-afdeling. Eerw. Deon Joubert was die eerste voorsitter, toe dr. Staples van 1993 tot 1997 en toe eerw. Brian de Villiers wat nou nog by ons betrokke is. Avis Goldberg is ook in 1991 verkies en is steeds by ons betrokke. Is die hospice deel van ’n landwye groep of funksioneer julle selfstandig? Ons is selfstandig wat finansiering, bestuur en so betref, maar ons is lede van die Hospice- Palliatiewe Vereniging van SuidAfrika (HPCA). Ons is ’n geakkrediteerde vyfster-hospice. Dit beteken dat die HPCA en

PERSONEELLEDE van die Golden Gateway­ hospice in Bethlehem is van links, voor: Pu­ seletso Sengaga, bestuurder: dagsorgsen­ trum, Elize Willis, hoofbestuurder, en Janet­ ta Crafford, pasiëntesorgbestuurder; agter: Rutendo Makurira, maatskaplike werker en hoof van die maatskaplike afdeling, Bellina Mthembu, professionele suster en hoof van tuisteversorgers, en Karin Jordaan, finan­ siële hoof. The Council for Health Service Accreditation for Southern Africa (Cohsasa) hospice-instansies oor die land heen evalueer en akkrediteer op grond van pasiëntesorg, finansiële en ander bestuur. Dit kan wissel van een ster tot vyf sterre, afhangend van of die hospice aan die standaarde voldoen of nie. Wat is jul bron van inkomste? Kry julle staatsteun, is daar Lotto-hulp of hou julle gesellighede? Ons is nog baie gelukkig om

Eiendomme

Vertel van jul dienslewering aan die plaaslike gemeenskap. Ons is die enigste organisasie in die Dihlabeng-streek wat palliatiewe sorg aan terminaal siek pasiënte lewer. Palliatiewe sorg is holisties en ’n diens deur professionele mense. Holistiese, mediese, maatskaplike en geestelike dienste word deur professionele mediese susters, maatskaplike werkers en geestelike beraders gelewer. Ons gaan na pasiënte se huise en versorg hulle tuis. Mediese dienste wat tuis gelewer word, sluit in pynbeheer, bedwas en die behandeling van bedsere. Maatskaplike dienste wat tuis gelewer word, sluit in werk aan die emosionele sy van pasiënte, die aanvaarding van hul siekte, voorbereiding op die dood en verlieshantering aan die familie voor en ná die afsterwe van pasiënte, asook geestelike berading vir pasiënte. Het julle ’n dagsorgsentrum? Ja, buiten ons hoofdoel wat die versorging van pasiënte is, het ons ook ’n dagsorgsentrum vir kinders tussen drie en ses jaar. Hulle ontvang mediese en maatskaplike dienste, asook volledige voorskoolse onderrig tot gr. O. Ons het ook programme vir weeskinders tussen 7 en 18 jaar. Hulle kom ná skool na ons sentrum waar hulle daagliks ’n bord kos, asook hulp met huiswerk, ontvang.

911

Daar word vir hulle vakansieprogramme gereël en ook ondersteuningsgroepe in die skoolkwartaal waar daar aandag gegee word aan lewensvaardighede en die hantering van emosies. Vertel van jul uitbreiding na Reitz en Petsana en hoe julle daar funksioneer. Ons lewer ook in Reitz ’n holistiese tuisversorgingsdiens. Ons het reeds 322 pasiënte in die omgewing opgeneem. Ons het 11 versorgers wat in Reitz woonagtig en werksaam is. Ons mediese susters gaan weekliks na Reitz om opleiding en ondersteuning te verskaf. Wat is die hospice se grootste uitdagings? Geld is altyd ’n groot uitdaging, maar die Here het die Golden Gateway-hospice die afgelope jare baie geseën. Enigiets anders wat jy graag wil noem? Die Golden Gateway-hospice het ’n wonderlike span personeellede met ’n passie om ’n verskil in mense se lewe te maak. Hulle is daar om die terminaal siek mense se hand te vat en die pad saam met hulle te loop om sodoende te verseker dat hul laaste dae pynvry is en hulle gelief voel. Wat wil jy graag vir die gemeenskap sê? Daar is goeie mense en besighede in Bethlehem wat by ons projekte betrokke is en ’n verskil maak. Hulle doen dit nie vir eie gewin nie, maar omdat hulle vir hul medemens iets goeds wil doen. Ons wil graag dankie sê vir die ondersteuning en liefde wat ons uit die gemeenskap ontvang.

Vir meer nuus en foto’s besoek www.vrystaat.co.za en kuier saam op die Facebook-blad by Vrystaat koerant.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

9


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

JOHAN EN MAGDA VAN DER MEULEN het Ocean Basket in Bethlehem besoek. Hulle is van Harrismith.

COLIN BRETT, die eienaar van Ocean Basket op Bethlehem, met ’n bord smullekker soe­ sji.

SOESJI op sy beste – net by Ocean Basket in Bethlehem.

Vis & tjips teen spesiale prys OCEAN BASKET op Bethlehem vier sy tiende bestaansjaar. Op Maandag 28 April en

Dinsdag 29 April bied Ocean Basket ’n spesiale gereg – Da world Famous Feesh and Chips – teen slegs R30.

Moenie dit misloop nie. Skakel 058-303-2124 vir individuele of groepbesprekings.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

11

PERSONEELLEDE van die Ocean Basket in Bethlehem is van links, voor: Matseleng Rantso, Fatima Jonathan, Jacques Naudé, Colin Brett, eienaar, Peet Joubert en Steve Mokoena; agter: Vitalis Tshabalala, Khumalo Scambuti, Salter Rhaisane, Lorraine Hlalele, Thabiso Mofokeng, LJ Jordaan, Moloi Mapaseka, Siwia Xulu, Vincent Mosea, Gloria Mofokeng, Jeanine Fourie, Jackseen Mofokeng, Jennie Oglesby en Mafusi Mofokeng.

Restaurant vier 10 j. van uitnemendheid

DIE bekroonde Ocean Basket-restaurant in Bethlehem se goeie naam en gehalte is landwyd bekend. Ocean Basket was die afgelope tien jaar van sy bestaan in Bethlehem telkens onder die topdrie onder die meer as 170 Ocean Basket-takke in onder meer Suid-Afrika, Ciprus, Doebai, Mauritius, Nigerië (twee takke), Swaziland en Maseru en selfs die beste restaurant. Waaraan skryf Colin Brett, eienaar, sy restaurant se sukses toe?

’n Beskeie Brett gee eerstens alle eer aan die Here: “Sonder die Here sou ons nooit suksesvol kon wees nie. Hy was van die begin af daar en het Ocean Basket deur laagte- en hoogtepunte gedra. Hy is steeds daar.” Brett glo ook aan uitmuntende dienslewering en tevrede kliënte. Hy is dankbaar vir ’n knap, opgeleide personeelkorps wat sy hande versterk. Die higiëne van die restaurant is ’n

voorkeursaak en hiervoor was Bethlehem Ocean Basket al die beste restaurant in die groep. Brett is ook al as die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) se Besigheidspersoon van die Jaar vir sy betrokkenheid en sukses in Bethlehem vereer. “Ons bedank al ons kliënte in die OosVrystaat vir hul getroue en lojale ondersteuning die afgelope tien jaar. Daarsonder sou Ocean Basket nie suksesvol kon wees nie.

“Ons waardeer u voortgesette lojaliteit,” sê Brett. ) Om die restaurant se tiende bestaansjaar te vier is daar op Maandag 28 April en Dinsdag 29 April ’n spesiale aanbieding. Gaan geniet Da World Famous Feesh & Chips vir slegs R30. “Kom vier saam met ons fees,” nooi Brett. ) Besoek Ocean Basket in Kerkstraat of skakel 058-303-2124 vir meer inligting of groepbesprekings.


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Bieliemieliefees is Pienaar se passie Siska Martin

REITZ. – Pienaar van Zyl is sinoniem met Reitz se Bieliemieliefees. Hy is reeds sedert 2000 betrokke en vanjaar is sy vierde jaar as voorsitter. Hy is egter geen nuweling in Reitz nie. Gebore en getoë in die dorp het hy aan die HTS De Wet Nel in Kroonstad gematrikuleer en sy ambag voltooi. Nadat hy ’n ruk as motorwerktuigkundige in Reitz gewerk het, het hy vir sowat 10 jaar gaan boer. Hy en sy vrou, Martie, wat hy hier ontmoet het, is nou 30 jaar in die eiendomsbedryf. Die paartjie is al 40 jaar getroud. Pienaar is geesdriftig oor die Bieliemieliefees wat reeds in Februarie plaasgevind het. Onder leiding van 30 lede is hierdie ’n fees van die gemeenskap van die dorp. “Ons vat klein treetjies vorentoe en ons groei elke jaar,” sê Pienaar. Vanjaar het sowat 13 000 mense die fees besoek.

“Die waarde van die uitstallings van trekkers, voertuie en plaaswerktuie alleen het van R190 miljoen gestyg na R500 miljoen. Ek sal aanhou so lank as wat ek kan,” sê Pienaar en noem sommer in dieselfde asem dat die komitee in Augustus weer sy jaarlikse bosberaad hou om volgende jaar se fees te beplan. Die opbrengs van die fees word in die plaaslike gemeenskap teruggeploeg en drie welsynsorganisasies hier word bevoordeel. Spesiale moeite word met die vermaak en kosstalletjies gedoen en dit is al grotendeels vir volgende jaar se fees op 20 en 21 Februarie vasgemaak. Pienaar en Martie het drie seuns, twee kleindogters en ’n kleinseun van minder as ’n maand oud wat Oupa se naam dra. Hul oudste seun, Pienaar, woon in Ladybrand en is betrokke by padbouery in Lesotho. Flippie woon al 18 jaar in Ohio, Amerika, waar hy ’n perdetandheelkundige is. Jaco is in die rekenaarbedryf in Pretoria.

DIE Van Zyl­manne is van links Pienaar, Flippie, Jaco en pa Pienaar.

Belê in die toekoms

PIENAAR EN MARTIE VAN ZYL saam met twee van hul seuns en skoondogters. Van links is, voor: Pienaar, Martie en Pienaar (jnr.); agter: Stefnie, Jaco en Yolandie. Foto: Verskaf

NAUDÉ VISSEr van Same­trekkerdienste op die plaas Rietkuil buite Reitz plant hier ’n bewerkingsproef. Bewerkingsproewe met mielies en sojabone word jaarliks in samewerking met die Riemland­studiegroep geplant. Die onderneming spesialiseer ook in bewaringsboerdery. Foto: Verskaf


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Horde fietsryers sak op VS-dorpe toe REITZ. – Een van die groot jaarlikse gebeurtenisse op die dorp is die skof van die JoBerg2c-bergfietsrit waarvoor die Hoërskool Reitz elke jaar gasheer is. Dié rit begin op 25 April naby Heidelberg (Gauteng) en eindig nege dae en sowat 900 km later in Scottburgh. Die fietsryers doen Reitz Saterdag aan nadat hulle die vorige aand deur die Hoërskool Wilgerivier op Frankfort gehuisves is. Vanjaar is die vierde keer dat die skole hierby betrokke is. Sowat 990 fietsryers word vanjaar ontvang. Die geleentheid is vir die skole ’n waardevolle geldinsameling om geld van buite die gemeenskap te kry. Die Hoërskool Reitz is onder meer verantwoordelik vir ’n waterpunt en middagete Saterdag. Dié aand moet hulle ook aandete verskaf – en dit moet ’n ete wees waar almal gelyk onder dak kan eet. ’n Tent moet dus gekry word waarin 1 000 mense kan sit en eet. Sondag om 03:00 word die pap al vir ontbyt gekook, want die fietsryers vertrek reeds om

Inkopielys

DIE Hoërskool Reitz is vanjaar weer die gasheer vir deelnemers aan die JoBerg2c­bergfietswedren. Foto: KELVIN TRAUTMAN 07:00. Die Voortrekkers en die Reitz-Oos-boerevereniging is Sondag verantwoordelik vir twee waterpunte. Die fietsryers slaap in tweemantente en die leerlinge moet die tente op- en afslaan, matrasse insit en die bagasie op- en aflaai. Spanne kinders

sal ook die fietse was soos die ryers inkom. Al die leerlinge van gr. 1 tot matriek is betrokke, asook die ouers en personeel. Al die aksie gebeur op die skouterrein, waar genoeg ruimte is en van die geboue gebruik kan word as kombuis, fietspakhuis en kroeg. Die

1 040 halwe hoenders 220 F sop 220 kg maalvleis se frikkadelle 36 kg hawermoutpap 120 dosyn eiers 3 000 baba-aartappels 80 mieliebrode 1 800 broodrolletjies 800 piesangs vir ontbyt (dit is behalwe dié by die waterpunte) Baie vars groente en vrugte vir slaai organiseerders ry spesiaal storte en toilette saam. Een van die groot uitdagings is om warm water te voorsien en dit word gedoen deur ’n vuur onder ’n groot tenk te maak. Dié vuur word al Vrydagmiddag aangesteek. Van Reitz af ry die fietse Sterkfontein-dam toe.

13

DIE Hoërskool Reitz het ’n muntlegging ten bate van die Jeugweek in Mei gehou.

Pretprater besoek dorp REITZ. – Die pretprater en motiveringspreker Elsabe Aldrich is van 12 tot 16 Mei die gasspreker op die Hoërskool Reitz se Jeugweek vir gr. 8- tot gr. 12-leerlinge. Onderwysers gaan ook die geleentheid kry om die sessies by te woon en op 17 Mei word ’n vroueteeparty aangebied. Die praatjie Is jy cool of common? word uitgebrei na ’n interaktiewe werksessie met tieners. Dit sal strek oor drie uur met ’n etepouse van 30 minute. Dit bied die geleentheid om in graadverband die temas verder te ontgin oor hoe om sinvol as moderne jong mense hul besondere pad te loop en met verantwoordelikheid en balans te lewe. Die temas wat bespreek gaan word, sluit in liegstories oor selfwaarde, emosionele intelligensie, vryheid en verslawing, denkkontrole en depressie, lyflike sake en die feite van die lewe. Op Maandag 12 Mei word die sessie vir gr. 8’s en gr. 9’s aangebied, Dinsdag vir gr. 10’s en gr. 11’s en Woensdag vir die gr. 12’s. Donderdag kom die personeel aan die beurt en Saterdag word ’n vroueteeparty gehou.


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Gian Groen se CD vir lesers op die spel GIAN GROEN is die verhoognaam van Gideon Hanekom, in die middel 1970’s in Stellenbosch gebore. Deesdae woon hy in Grabouw in die Wes-Kaap in ’n plaashuis met verganklike kunssinnige karakter tussen die oorvloedige vrugteboorde. Dit is sy eie stukkie hemel en inderdaad ook sy stukkie skrywersparadys. Op die ouderdom van so om en by twee jaar het dié kleuterknaap sy heel eerste kitaartjie as geskenk gekry en dit was waar sy voorliefde vir kitaarspeel begin het. Daarby het hy grootgeword in ’n huis met Pa wat Charles Jacobie perfek op sy eie kitaar kon namaak, Ma wat ’n geswore orreljunkie was en die outentieke platespeler wat die huis gereeld met die musiek van Elvis gevul het.

In sy tienerjare het Gian se pa hom drie basiese drukke op sy kitaar geleer sodat hy sy eerste liedjie, Suikerbossie, kon saamspeel. Min het hy hier besef dat dit die sleutel was van sy musiekloopbaan in die Afrikaanse musiekbedryf. Hoekom weet niemand tot vandag toe nie, maar ná sy matriekjaar op Grabouw het hy landbou gaan studeer en vir ’n paar jaar ná sy studie as pluimveeteler in die Swartland gewerk. Gian Groen het sy loopbaan in die musiekbedryf in 1999 as liedjieskrywer en voorsanger van die eertydse rockgroep Spinnekop begin. ’n Groot deurbraak in Gian Groen se musiekloopbaan het plaasgevind toe Laurika Rauch besluit het om Gian se Vier Seisoene

Eiendomme

911

Kind op te neem. Dit het as aansporing tot hoër hoogtes gedien, asook die skryf van talle nuwe liedjies. Hierna was daar talle versoeke deur bekendes onder wie Theuns Jordaan, Kurt Darren en Dozi om van Gian se liedjies op te neem. Gian se eerste solo-album getiteld Met die maan gepla is in 2004 uitgereik en ’n tweede een, Lied van die Engele, het gevolg. Gian se laaste CD-produksie, Welkom in Somersburg, is in 2008 uitgereik en die volgende een, Stiltetyd, is pas voltooi. Gian Groen is ’n gevestigde naam in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy is ’n hoogs dinamiese kunstenaar wat vrylik tussen ’n verskeidenheid genres rondbeweeg en die aandag van oud en jonk kan trek. Benewens optredes met sy volle band, doen Gian ook gereeld optredes by kleiner, intieme teaters en kuierplekke waar hy akoesties as solo-kunstenaar optree en soms vir afwisseling slegs sy kitaar of klavierspe-

Foto:

ler saam nooi na hierdie sessie-optredes om hom te begelei. ) Vier lesers van Vrystaat kan elk ’n CD, Dekades se Ballades, met die komplimente van Gian Groen wen. SMS die woord Gian gevolg deur jou naam en van na 45527. SMS’e kos R1,50. Die kompetisie begin vandag om 06:00 en sluit op 6 Mei om 17:00.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

15

Oefen en eet jou slank

CURVES BETHLEHEM neem aan ’n Annual Food Drive­projek deel en samel kos vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bethle­ hem in. Belanghebbendes by die DBV se kantoor is van links, voor: Ami Taylor, Tanya Prinsloo en Jané Williams; agter: Chazél Bekker, Andriëtte Mielmann, Elsabé Naudé, Ernst Prinsloo, Corleen van der Merwe, voorsitter van die DBV, en Yvonne van der Merwe, hokbe­ stuurder van die DBV.

Curves help die DBV IN Mei 2014 hou Curves landwyd ’n Annual Food Drive-projek waardeur elke klub nie-bederfbare produkte vir ’n instansie van sy keuse insamel. Curves Bethlehem ondersteun vanjaar die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bethlehem. Nuwe lede moet verkieslik sakke hondekos, katkos of katsand van R200 of ’n R200-kontantskenking bring om hulle aan te sluit. Curves verdien self geen geld uit die projek nie. Lede van Curves word ook

versoek om elkeen ’n sak hondeof katkos of katsand na die klub te bring. Die klub versoek dat sakke honde- of katkos, eerder as blikkieskos, geskenk of vir aansluiting gebring sal word. Sakke sal meer diere kan kosgee en blikkieskos is in vergelyking met droë kos baie duurder. Daar sal ook in supermarkte trollies wees waarin mense kos as skenking kan plaas. ) Rig navrae aan Tanya Prinsloo by 058-303-2611 of besoek Curves in Lindleystraat 35A.

CURVES BETHLEHEM vier sy tweede bestaansjaar en gaan van krag tot krag. Curves is vir talle vroue ’n welkome heenkome waar hulle nie net fikser en fermer kan word nie, maar ook aan gewigsverlies kan werk. Tanya Prinsloo, eienaar-bestuurder, sê vroue wat lede is van Curves se ouderdom wissel van 11 tot 78 jaar. As jy alleen by Curves se deur kan instap, kan jy daar oefen. Die drie bene waarop Curves Complete, Curves se gesonde eetplan, berus is om oefening, ’n gesonde eetplan en weeklikse motiveringsessies aan te bied vir vroue wat hulle by die eetplan aansluit. Vroue wat die gewigsverliesprogram volg, getuig van groot sukses. Hulle kan ook op Curves Complete se webwerf motiveringsvideo’s kyk om hul program makliker te maak en om hulle met kennis oor kos en ongesonde eetgewoontes te bemagtig. Vroue hoef hulle egter nie by die eetplan aan te sluit nie, maar kan hulle ook as gewone fiksheidslede aansluit. Curves is ’n bekostigbare gimnasium wat op ’n volledige, wetenskaplike oefenen eetprogram toegespits is. Net 30 minute per dag – en gou kom vroue agter wat dit vir hul liggaamlike fiksheid beteken. “Ons motto is om die 30 minute wat lede by ons oefen, die beste tyd van hul dag te maak. Ons wil graag hê Curves moet vir hulle ’n spesiale tuiste word waar hulle gehelp word om gesonder, fikser en emosioneel sterker te word,” sê Prinsloo. “Ons pas oefening by lede se gesondheidstoestande aan. Oefening verlig stres, waarmee ons almal te doen kry, en help om jou kop skoon te kry. Ons personeelkorps van sewe is positief en gewillig om PERSONEELLEDE van Curves Bethlehem is, voor: Tanya Prinsloo, eie­ lede van Curves professioneel te help.” naar­bestuurder; van links, agter: Chazél Bekker, Jané Williams, Andriët­ Rig navrae aan Prinsloo by 058-303te Mielmann, Elsabé Naudé en Ami Taylor. 2611.


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014 PERSOONLIKE DIENSTE

BOEDELKENNISGEWINGS

GESONDHEID & SKOONHEID

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

1430

4201

ALGEMENE & HUISDIENSTE BOUWERK & KONSTRUKSIE 1801

GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters, etc. Bethlehem. Tel. 058 303 4840/ 082 807 7456. VERFWERK 1872

DAKKE SEëL EN VERF, enige algemene herstelwerk en oprigting van staalstrukture. Skakel Renier 072 996 9018.

TE KOOP

LOODGIETERS

KLERASIE

1855

1615

2-slaapkamer-woonstel 6 km buite dorp, R 1 800 p.m. Plus krag. Beskikbaar 1 Mei 2014. Skakel 082 803 5688. EENMAN-, 1- EN 2SLK-WOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346.

1805

VAKANSIE & REIS

SELFSORG 2626

AMANZIMTOTI: Albatroswoonstelle teenaan die strand. Tel. 031 903 7734. Faks 086 293 3320. Facebook.

VOERTUIE

ELEKTRIES 1810

MOTORHERSTELDIENSTE 3080

LESCOR MOTORS: Vir eerlike herstelwerk aan ligte petrol- en dieselvoertuie, veral alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091. Bethlehem.

MEUBELS

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP

1635

AANDAG: Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel: Kantoorure 058 303 2912, na-ure 058 303 3194. Rita 083 272 3045.

3075

ALLERLEI 1655

4x4-motorfiets: 250 cc. R4 500. Skakel 058 303 2560/ 058 303 1901. Geslagte varke, skape en speenvarke. Gratis aflewering in Bethlehem. Skakel 072 406 3919. Skadunetafdakke: Motors, karavane. Oprolnette, herstel van bestaande skadunetafdakke asook nuwe skadunet. Willie 083 340 7843/073 004 5339. TROETELDIERE 1660

Mini Schnauzer puppies for sale. Only males left. R1 200 each. Contact Chantèlle 083 757 6076 (also WhatsApp). Skaaphonde te koop: Ouers werk puik met vee en het ook die rooi faktor. Skakel Fanie 083 283 1967.

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR

ALLERLEI

3250

1845

2 1-slk woonstelle in Beth-Wes te huur R2 500 p.m., vanaf 1 Mei. Skakel Mari 083 283 1967. 1-slaapkamer-woonstel in Mullestraat, Oos, te huur vanaf 1 Mei 2014. Ideaal vir 'n enkellopende, werkende jong man. Goed toegeruste kombuis. Huur R2 500 p.m. Eie krag. Skakel 082 460 4458.

SOEK, KOOP, VERKOOP

3325

2-slk-meenthuis met enkelmotorhuis, in Bethlehem-Wes. Onmiddellik beskikbaar. Geen troeteldiere. Skakel 058 303 4770 /082 223 4158. R 3 550 p.m. BHM Wes: 2-slaapkamer-meenthuis. Skakel Isabel de Bruin Eiendomme 082 785 1111.

Ten volle gemeubileerde, ruim eenslaapkamerwoonstel, R2 800 p.m. Steynstr. 58, Bethlehem. 082 783 2747.

BETREKKINGS

Tuinwoonstel te huur: Volgemeubileerde, sonder bed, 1 slaapkamer, ensuite badkamer met stort en bad, warm sitkamer en veilige toesluitafdak te huur vanaf 5 Mei. Huur sluit volgende in: Water en elektrisiteit, wasgoed, skoonmaakdiens (eenkeer per week). Diefwering en alarmstelsel binne en buite. Panorama, 5 min. se stap van nuwe Dihlabeng Mall. Huur R4 500 per maand (50% sleuteldeposito). Skakel gerus vir Juanita om te kom kyk by 083 264 0262.

DORPSBEPLANNING

VERKOOP VAN SAAK

1-slk-tuin-woonstel te huur onderdakparkering. Stilwoonbuurt. R3 000 p.m., slegs enkelpersone. Elektrisiteit en water ingesluit. 083 441 3902.

Ruim-tuin-woonstel. Panorama. Slk, woonk, kombuis en badk. R2 800 p.m. Plus eie krag. Vanaf 1 Mei 2014. Skakel 071 675 2274/076 376 3853. SKOONMAAKDIENSTE

MEENTHUISE TE HUUR

3600

GESOEK 3601

Benodig die dienste van ‘n reaksiebeampte met Graad C en rybewys. Pos behels skofte. E-pos verkorte CV na pythonalarms@gmail.com Justine: Fantastic skincare products and fragrances for women. Earn great extra income. SMS your name and town of residence to 082 873 6916. REGSKENNISGEWINGS & TENDERS

ALGEMENE KENNISGEWINGS 4010

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT R 1 600 p.m. Môrelig: PROCESS Eenman-tuinwoonstel. Notice is given that in terms Skakel Isabel de Bruin of the Environmental Impact Eiend. 082 785 1111. Assessment Regulations Tuinwoonstel onmiddel- Listing Notice 1 of 2010 of lik beskikbaar. 2 slk, stoor, Government Notice No. R544 in Government Gazette afdak en eie oprit. Geen troeteldiere, R3 750 p.m. + No. 33306 of 18 June 2010, dep. Skakel 082 375 2540. under the National Environmental Management Act, Eenmantuinwoonstel: Act 107 of 1998, of intent R1 900 p.m. Onderdakpar- to carry out the following kering. Einde April beskik. activity: (ACTIVITY NO.5) The conVeiligheidsomheining. struction of facilities for the Krag uitgesluit. concentration of poultry , Skakel 082 411 3205. excluding chicks younger 2-slaapkamer-woonthan 20 days, where the stelle naby Truida Kestell- capacity of the facility will skool. Beskikbaar einde be incresed by (ii) more than 5 000 poultry per facilities April 2014. situated outside an urban Navrae: 083 630 8550. area. PROJECT TITLE AND DISGEMEUBILEERDE CRIPTION: Kelklip construcAKKOMMODASIE tion of environmentally con3256 trolled chicken broiler houGEMEUBILEERDE ses. KAMERS, elk met en LOCATION: The farms Kelksuite-badkamer, stoep en klip and Bethanie 604, Phumelela Local Municipality private ingang, selfsorg. (Vrede Distribution). Skakel 082 927 7820. OFFICIAL : Ms. Constance Balithe, Free State DepartHUISE TE HUUR ment of Economic Development, Tourism and Environ3270 mental Affairs. Tel. 051 400 Hospitaalheuwel: 4846. Ref.No. EMB/5 Mullerstraat 40, 3-slk-huis (ii)/14/2014. met 1 badk, 1 leefarea, CONSULTANT: Bucandi Envikombuis met stoof. Nuut- romental Solutions, PO Box oorgedoen, plankvloere. 2 317, Viljoenskroon 9520. Tel. 076 682 4369 afdakke, R5 000 p.m. Ook geskik vir kantore. Onmid- Fax: 086 551 1984. E-mail: helen@bucandi.co.za dellik beskikbaar. DATE OF NOTICE : 24 April Christa 082 339 9378. 2014. In order to ensure that Huise en eenmanwoon- you are identified as an Interested or Affected Party, stelle in Loch Athlone: Gemeubileer en ongemeu- please submit your name, contact information and bileer. Kontrakteursbehuising: R80 per dag per environmental interested in the matter to the consultant persoon. Skakel Paula before 26 May 2014. 082 927 0209.

4065

4025

CONSENT TO ERECT A GUESTHOUSE Notice is hereby given that Nelus Loots intends to apply to the Dihlabeng Local CounAUCTION cil for special consent to In the Regional Court for the conduct a guesthouse Regional Division of the Free named, The Zen Orchid, on State held at Bethlehem, Erf 2043, 2 Goldberg Ave, case No. situated in Bethlehem FS/BHM/RC/503/2013 in (town). the matter between: Any person opposed to the Safind Forest Products (Pty) proposed operation must Ltd lodge such complaint to the Plaintiff applicant and the municipal and manager within 14 days to Sandelowitz Cash Store the last publication of this First Defendant notice. Yusuf Shariff The Applicant: Nelus Loots Second Defendant Street address: 2 Goldberg SALE NOTICE Ave, Bethlehem 9700. In pursuance of a judgment Telephone: 082 802 1009/ in the Regional Court for the 076 792 7024. District of the Free State held at Bethlehem, the TOESTEMMING VIR 'N goods listed below will be GASTEHUIS sold in execution by public Kennis geskied hiermee dat auction on 13 May 2014 at Nelus Loots aansoek by die 10:00 in front of the MagiDihlabeng Plaaslike Munisistrate's Court in Kuhn palitei gaan doen vir speStreet, to the highest bidsiale toestemming om 'n der. gastehuis genaamd The Zen The sale is CASH ONLY and Orchid op Erf nommer 2043, goods are sold VOETvolledige straatadres GoldSTOOTS: berglaan 2, GOODS: Bethlehem (dorp). 5-ton Toyota truck Enige persoon wat beswaar Take further note that: teen die voorgestelde bedryf 1. This sale is a sale in exehet, moet sodanige beswaar cution pursuant to a judgeby die Applikant en die ment obtained in the above Munisipale bestuurder court. indien binne 14 dae na die 2. The rules of this auction laaste verskyning van hierare avalaible 24 hours before die kennisgewing. the auction at the office of Die Applikant: Nelus Loots the Sheriff for Vrede, 38 Adres: Goldberglaan 2, Gibson Street, Vrede. Bethlehem 9700 3. Registration as a buyer is Tel. 082 802 1009/076 792 a prerequisite subject to 7024. specific conditions, inter alia: a) Directive of the Consumer Protection Act 68 of 2008 URL (http://www.info.gov.za/vie w/DownloadFileAction?id=99961) b) FICA legislation i.r.o proof of identity and address particulars. c) Payment of a registration fee of R500 in cash for movable property. d) Registration conditions. The Office of the Sheriff for Pinetown will conduct the sale with auctioneers GM Strydom. Advertising costs at current publication rates and sale costs according to court rules apply. Dated at Durban on this the 4th day of April 2014. Execution Creditors Attorneys Goodrickes 6th Floor 6 Durban Club Place, Durban Tel. 031 301 6211 Fax 031 301 6200 Ref: Litigation/CN/MAT13530 C/o Breytenbach Mavuso Inc Corner Union and Naude Streets Bethlehem Ref: GOO24/0006/MAM

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

KENNISGEWING: BOEDEL WYLE PA ROOS BOEDELNOMMER: 3151/2014 KENNISGEWING AAN KREIDITEURE EN DEBITEURE IN BESTORWE BOEDELS IN DIE BOEDEL VAN WYLE PIETER ABRAHAM ROOS, IDENTITEITSNOMMER: 460128 5035 086, VAN GOLDBERGLAAN 51, PANORAMA, BETHLEHEM, WAT IN LEWE BINNE GEMEENSKAP VAN GOED GETROUD WAS MET JACOBA JUDITH ROOS, IDENTITEITSNOMMER: 471212 0043 084, DATUM VAN AFSTERWE 19 MAART 2014, BOEDELNOMMER: 3151/2014. Kennis geskied hiermee aan alle persone met vorderings teen bogemelde boedel om dit binne 30 dae vanaf datum van publikasie hiervan by die Eksekuteur hieronder gemeld in te lewer. GETEKEN te BETHLHEM op hierdie 16DE dag van APRIL 2014. JF HUMAN HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ POSBUS 563 BETHLEHEM 9700 Verw.HUMAN/rs/PIE171/ 0001 BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

BOEDEL WYLE EVERT PETRUS PHILIPPUS STEYN BOEDELNOMMER: 754/2011 LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIEREKENING IN BESTORWE BOEDEL WAT TER INSE LÊ. Ingevolge Artikel 35(5) van Wet 66 van 1965 word hierby kennis gegee dat duplikate van die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel hieronder vermeld, in die kantore van die Meester en Landdros soos vermeld en gedurende 'n tydperk van 21 DAE vanaf 25 APRIL 2014 ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, gaan die Eksekuteur(s) oor tot uit betaling ingevolge gemelde rekening. Reg. nr. van boedel: 754/2011 Voorname: EVERT PETRUS PHILIPPUS Van: STEYN Identiteitsnommer: 301107 5009 088 Laaste adres: KRIEKSTRAAT 8, BETHLEHEM. Voorname en familienaam van eggenote: MARIA MAGDALENA ELIZABETH STEYN Identiteitsnommer: 381212 0006 080 Adverteerder: OLIVIER & ACKERMAN PROKUREURS POSBUS 264, BETHLEHEM 9700 VAN DER MERWESTRAAT 23, BETHLEHEM 9701. TEL. 058 303 5217


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

17


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

19


20

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 APRIL 2014

PIETER TERBLANCHE, kaalvoetwaterski­kampioen van Reitz en ’n Protea­skiër, in aksie.

PIETER TERBLANCHE

Proteas gedy op water

DIE Suid-Afrikaanse kaalvoetwaterski-kampioenskapsbyeenkoms word van 1 tot 3 Mei op die Loch Athlone-dam by Bethlehem gehou. Die byeenkoms begin op Donderdagmiddag 1 Mei en duur tot die Saterdagmiddag. Op Donderdag vind die amptelike oefenrondes plaas en die

kampioenskappe self begin Vrydagoggend. Protea-skiërs sal hier in aksie wees. Hulle neem in drie afdelings deel: tricks, slalom en jump. Van die Protea-skiërs wat in aksie sal wees, is die plaaslike skiër Pieter Terblanche (Reitz), Manie Pickard en Garth Strydom van Bloemfon-

tein, Shianne Addinal van Gauteng en Nicholas Freel, Warren Nel en DJ Meyer van die NoordKaap en Kimberley. Toeskouers is welkom en verversings sal te koop aangebied word. Daar word ’n beroep op booteienaars gedoen om nie hul bote tydens die byeenkoms op die

water te hê nie. Die Protea-spanne het verlede maand aan die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Australië deelgeneem en die junior sowel as die senior span het vierde uit die spanne van 14 deelnemende lande geëindig. Australië, Nieu-Seeland en Amerika was onderskeidelik

Foto’s: Passione Photography

eerste, tweede en derde. Ná die byeenkoms lyk die wêreld-ranglys soos volg: Garth Strydom (senior) negende, Pieter Terblanche (junior) veertiende en Manie Pickard (senior) negentiende. Shianne Addinal (junior meisie) is tweede op die ranglys.

Vrystaatnewsvr 20140424  

Vrystaatnewsvr 20140424

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you