Issuu on Google+

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

WWW.VRYSTAAT.CO.ZA

R3,50

3 Joernalis van Fouriesburg sterf

7 Christelle sê oor modes

‘Nuwe’ gholfbaan laat dorp gons DIE Bethlehem­gholfklub knap die afgelope twee maande kliphard die gholfbaan op. Ses nuwe bowwe is gebou, die nommersewe­setperk is oorgebou en die nommernege­setperk (op die foto) het nou ’n eiland­setperk. Desmond Deyzel, kaptein, sê: “Ons is regtig opgewonde oor die veranderings. Almal het ingespring en gehelp. Die opknapping het nie net van die bestuur se kant gekom nie, maar het ‘n gemeenskapsprojek geword.” Op 29 en 30 November word ‘n groot gholfdag gehou om vir al die vernuwings te help betaal. Hier word die gholfbaan skouspelagtig deur ‘n Orsmond­vliegtuig met kunsmis bespuit. Foto: Desmond Deyzel.

Speaker pays mahala Susan Maré MORE than R460 000 was allocated as financial support towards Councillor David Lengoabala’s legal costs for a criminal case that the state had instituted against him. The allocation was made by the Department of Cooperative Governance, Human Settlements and Traditional Affairs and confirmed by MEC Olly Mlamleli after it had been questioned by Roy Jankielsohn of the DA. Lengoabala, a former mayor of Dihlabeng and currently speaker of the council, was charged with 51 charges of fraud and corruption on 23 September 2010. All the charges against him were, however, dismissed in July this year. Mlamleli said in her reply the statements of accounts and invoices relating to the case of Lengoabala

9 771026 872001 >

had been settled by the Dihlabeng Municipality and had been claimed from the department subject to conditions. The conditions were that the municipality acknowledged receipt of the funds as per the prescribed Limited Financial Assistance Return, that the municipality included the amount in its Adjustment Budget and that die municipality reported back on the appropriation of the Limited Financial Assistance and submit supporting documentation in this regard. Lengoabala’s lawyers were Seleke Attorneys. Seleke Attorneys received the total amount of R460,133,65 for the four invoices submitted to the municipality and department respectively. ) Jankielsohn, LP of the DA, said: “It is ridiculous that a provincial department should pay for the legal

DAVID LENGOABALA costs of councillors. Mhlamleli confirmed after questions had been asked in the legislature that a payment of R460,133,65 had been effected upon receipt of council resolution by the Dihlabeng Municipality seeking assistance towards the legal

costs of Lengoabala. The amount was paid to Seleke Attorneys. “The case against Lengoabala was regarding allegations that he had sold RDP houses to residents of Kgubetswana in Clarens. “Lengoabala was charged with 51 charges of fraud and corruption. Criminal charges against him were made by the Department of Housing. “It is not the task of the provincial government to pay for the legal costs of councillors. If members of the public cannot afford legal fees, they can apply to government for legal aid. Provincial departments of government should never become involved in cases like these. “The DA is of the opinion that this is highly irregular and will take legal advice to determine if any further steps can be taken regarding this matter.”

12 Olifante volop in park

14 Vrolik, kleurryk, Ficksburg

20 VKB­span wen in Frankryk


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

KS

Beeste wreed vermink

ortliks nippets

PALOEKADAG vir tennisspelers: Saterdag 9 November. Bethlehem-tennisklub. Almal wat ’n raket kan vashou, word genooi om van 11:00 af te kom tennis speel, sê Lené van Wyk namens die tennisklub. CTK hou basaar: Die Charlotte Theron-kinderhuis op Bethlehem hou op 2 November basaar. Eetgoed, pret en gesellige samesyn word heeldag voorspel op die NG Moedergemeente se kerkterrein. Vrystaat se webwerf: Besoek www.vrystaat.co.za daagliks vir nuwe, interessante nuus, foto’s en fotogalerye. Ficksburgers kan foto’s van Tafelronde 98 se Melodrama 2013 besigtig. ’n Album met die opskrif Olifante Onbeperk met foto’s deur Hennie van Deventer, voormalige redakteur van Volksblad, is ook opgelaai. Meningspeiling oor geweldsbevegting: Kan geweld met geweld beveg word? Besoek Vrystaat se Facebook-profiel: http://facebook.com/ Vrystaat en gee jou mening. Vrystaat se foto-albums of Facebook: ’n Verskeidenheid albums kan op Vrystaat se Facebookblad by http://facebook.com/Vrystaat oor gemeenskapsmense, skole en ander interessante onderwerpe besigtig word. Dit behoort die Facebook-besoeker ’n uur of wat van genot te verskaf om al die gesigte op die kleurryke foto’s deur te kyk. Leiding vir die oningewydes van die internetwêreld: Indien van die ouer lesers van Vrystaat onseker en oningelig oor internetsake, Facebook of Vrystaat se webwerf is en nie weet hoe om “daar te kom nie” kan hulle gerus ’n draai by Vrystaat se kantoor in Mullerstraat 39 maak en meer te wete kom oor die gawe sosiale platforms. VERSE: Proverbs 10:21 The words of the godly encourage many. – The very words you speak, can be a source of life and hope to others. – You can speak life or death over others. – What comes out of your mouth can nourish and feed others. – So go out of your way to be an encouragement and blessing to others. Prayer: Lord, Father, Jesus, Holy Spirit, may the words I speak and the way I live my life be an encouragement to others and as a result may my life bring You praise and honour. Amen.

Susan Maré

DANA SNYMAN, bekende sakeman van Bethlehem, het die foto gestuur en sê: “In nege jaar is dit die eerste keer dat die straatoppervlak van Rouxstraat tussen Pres. Brand­ en Golfstraat deur die munisi­ paliteit met ’n teerlaag herstel word. Die een oggend nog staan Japie, voorman van die padwerk, en herseël die tweede deel. Dankie aan Japie en sy span vir die goeie gees en bekwaamheid waarmee hulle dit doen. Maar, o wee, wie gaan hul harde werk tot niet maak? Swaarvoertuie, natuurlik. Elke swaarvoertuig moet ’n heffing betaal voordat dit die dorp inkom om geld te genereer vir die herstel van die skade wat hulle veroorsaak . . . ”

Bhm vier Groot Trek Susan Maré ’n REËLINGSKOMITEE vir die feestelikhede op Bethlehem vir die Groot Trek 175-viering is in beplanning. ’n Vergadering is op die Bethlehem-museumterrein gehou om die program hiervoor te beplan. Alle kultuurinstansies en kultuurbelanghebbendes word vriendelik genooi om betrokke te raak en die projek te ondersteun. Die groot feesviering is op Saterdag 9 November op die museumterrein. Verskeie stalletjies sal deur kultuurinstansies bedryf word en besoekers kan die dag saam kom geniet. Daar sal stalletjies wat kos verkoop

wees, asook vermaak, boeresport, ’n boeke-uitstalling, jukskei, geskiedkundige staptoere en gidse wat mense deur die museum neem, kompetisies, volkspele en nog meer. Toergroep na Bloedrivier Op 16 November word ’n toer vir ’n groep mense beplan die Bloedrivierterrein en -omgewing in KwaZuluNatal om vir die dag te besoek. Talle kultuurinstansies landwyd gaan dié dag ook by die Bloedrivier teenwoordig wees. Vervoer sal vir belangstellendes van Bethlehem gereël word. ’n Knapsak met groeteboodskappe van verskillende kultuurinstansies sal op die Bloedrivier-terrein oorhan-

dig word. Bespreek vooraf plek vir vervoer en bel Danie Eichstadt, voorsitter, vir meer inligting en ook die presiese vervoerkoste. Eichstadt nooi almal wat by die kultuurdag op die museumterrein betrokke wil wees om met hom kontak te maak. . Rig ook algemene navrae aan Eichstadt by 082-336-2353. Ander komiteelede wat vir meer inligting gebel kan word, is Gerrie Coetzee (stalletjie- en trekpraktyke, gidse by die museum en ander) by 072-384-6916 en Carel Grünewald vir stalletjies by 073-163-2025.

through. It would be wise for the seller to demand that the buyer gives confidentiality undertakings. A purchaser should also insist that sufficient warranties are given by the seller. However, it should not be used as a substitute for a proper due diligence in respect of the business. As a general rule, a sale of the business would be zero rated for VAT pur-

poses. It is also important to consider the provisions of section 36 of the Insolvency Act, especially as far as the creditors of the business are concerned. Lastly, the provisions of the Labour Relations Act must be complied with as the sale generally impacts existing contracts of employment. ) Braam Botha is a CPA, commecial and labour law practitioner and at the request of Vrystaat, contributes articles relating to business. Call Botha on 058-303-3844 or at wellatwork@telkomsa.net.

UITERS skokkende gevalle waar beeste wreed vermink is, het die afgelope tyd in die Warden-distrik voorgekom. In drie gevalle is beeste wat pas gekalf het daarna met ’n skerp voorwerp in die hart gesteek. Daarna is die vroulike geslagsdele, die uiers, spene, tong en ooglede van die diere afgesny, asook ’n stukkie van die vel op die pens en die rug. Volgens ’n boer wat anoniem wil bly, dui dit ongetwyfeld op ’n moeti-slagting. Kapt. Rikus Odendaal van die veediefstaleenheid sê soortgelyke voorvalle is al in die Vrede-distrik aangemeld. Dit gebeur glo dat die mense wat die beeste vermink het, weer na dieselfde toneel terugkeer. In ’n geval in die Warden-distrik het dit so gebeur en het die mense ná sowat twee dae teruggekeer. Nog geen verdagtes is in verband met die voorvalle vasgetrek nie. Enigeen met inligting oor hierdie wrede misdade wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, moet Odendaal by 082-466-8946 of die polisie op Warden by 058-643-9501 bel. Alle inligting sal as hoogs vertroulik en anoniem gehanteer word. ) Foto’s van die verminking kan op www.vrystaat.co.za gesien word.

Consider the legal consequences Braam Botha DO you consider buying a business as a going concern? If so, it is important to understand the legal consequences. There are various legal issues to consider apart from just the money and the business changing hands. The seller must consider the impact of disclosure his business’ confidential information if the sale does not go

Ter ruste gelê WILLEM VAN DEVENTER van Bethlehem is oorlede. Sy begrafnisdiens is môre om 12:00 in die NG kerk Mô­ relig.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Direksie keur bonusse goed Jan de Lange JOHANNESBURG. – Transnet het R177 miljoen beskikbaar gestel vir ’n eenmalige bonus aan die lede van sy twee verarmde pensioenfondse. Transnet se direksie het Woensdag die bonusse goedgekeur, het Brian Molefe, uitvoerende hoof, gesê. Volgens Molefe bring dit die bedrag wat Transnet sedert 2007 aan die twee fondse oorgedra het op R1,866 miljard te staan. Die twee fondse het geen bydraende lede nie – net pensioentrekkers. Daar is altesame sowat 66 000 Transnetwerlers volgens hofstukke wat vroeër vanjaar by die hooggeregshof ingedien is om ’n klasaksie namens die pensioentrekkers te voer. Die R177 miljoen wat gister bewillig is, sal dus ’n bonus van R2 681,81 vir elkeen van die pensioentrekkers beteken. Dit sal einde November betaal word. Dit kan dalk meer per pensioentrekker wees omdat die pensioentrekkers vinnig sterf. Volgens Molefe se aankondiging is dit 8,33% van hul jaarlikse pensioen – dus gelykstaande aan een maand se pensioengeld. Dit het vroeër vanjaar aan die lig gekom dat sowat 80% van die lede van die twee fondse maandelikse pensioene van tussen R3 500 en R4 000 kry. Hul pensioene het oor die jare heen só ver agter geraak omdat verhogings van minder as die helfte van die inflasiekoers jaar ná jaar toegestaan is. In ’n klasaksie-hofsaak in April teen Transnet is ’n lid van die tweede vaste voordeelfonds, E.H. van der Walt, as voorbeeld gebruik. Hy ontvang ’n pensioen van R1 878,78

per maand, maar nadat sy siekefonds- bydrae betaal is, bly R1 oor. In die saak word aangevoer dat Transnet die twee pensioenfondse R79 miljard skuld. Transnet en die regering het met die kommersialisering van Transnet in 1990 erken dat hy die twee fondse R17,1 miljard skuld en het staatseffekte as skuldbriewe daarvoor aan die fondse uitgereik. Die skuldbriewe het aan die fondse ’n jaarlikse rente-inkomste van R1,7 miljard besorg. Die trustees van die fondse, wat almal deur Transnet aangestel is, het in 2001 die effekte vir M-Cellaandele verruil. Volgens die state van die twee fondse is geen dividende uit die M-Cell-aandele verdien nie. Bethlehem-klub 60 se lede is skepties Danie Helm, pensioentrekker van Transnet en voorsitter van Klub 60 vir Transnet-lede op Bethlehem, sê hy is baie skepties oor Brian Molefe, uitvoerende hoof van Transnet, se aankondiging. “Ek en ander lede bevraagteken die aankondiging. Ja, ons is baie dankbaar vir die bonus. Volgens Molefe bring dit die bedrag wat Transnet en die regering sedert 2007 aan die twee fondse oorgedra het, op R1,866 miljard te staan. “Die geld is uit ons pensioenfonds verkry. Die R177 miljoen wat gister bewillig is, sal dus ’n bonus van R2 681,81 beteken vir elkeen van ons. “Ons is egter sowat 66 000 Transnetwerkers landwyd. Gaan doen ’n bietjie die som . . . “Ons wil weet: Waar is die res van die geld? Dit kom ons mos toe. Ons soek dit.”

LEDE van Transnet se Klub 60 op Bethlehem is van links, voor: Joey en Willie Fullard; middel: Sarie de Wet, Alet Fouché en Johan Kruger; agter: Joan van Niekerk, Jan de Wet, Hannetjie Marais, Piet en Hannetjie Pelser, Jaco de Wet en Veronica Kitching.

Lesers kan bydrae lewer LESERS kan só ook joernaliste wees. Jy sê jy skryf graag, kan gehaltefoto’s neem en het ’n neus vir nuus? Vrystaat is op soek na lesersjoernaliste op al die Oos-Vrystaatse dorpe wat gereeld nuusbydraes wil lewer en só deel word van die streek se gewildste plaaslike weekblad. Hoër- en laerskoolleerlinge kan ook bydraes as lesersjoernaliste lewer. Daar is nie vergoeding aan verbonde nie, maar wel die eer om jou naam by jou berig of foto te sien in ’n spogpublikasie soos Vrystaat of op sy webtuiste by www.vrystaat.co.za. Lesersjoernaliste kan met hul bydraes ’n besonderse gemeenskapsdiens aan hul dorpe of omgewing lewer deur nuus van belang daar uit te lig. Indien jy ’n lesersjoernalis van Vrystaat wil word, stuur ’n e-pos aan Susan Maré by smare@volksblad.com. Opleidingsessie op 8 November ’n Spesiale opleidingsessie word op Vrydag 8 November van 10:00 tot 13:00 vir al Vrystaat se bestaande korrespondente en lesersjoernaliste in die Bethlehem-kantoor aangebied.

Kanker eis vrou se lewe Susan Maré ANNATJIE DU PLESSIS, Vrystaat se korrespondent op Fouriesburg, is oorlede nadat sy haar stryd teen kanker verloor het. Sy is die afgelope jaar vir gehalteberigte en -foto’s erken. Du Plessis het op Vaalwater in die Bosveldse Waterberg grootgeword en skoolgegaan. Sy het ná haar studie na die Waterberg teruggekeer en 25 jaar by Die Pos, ’n plaaslike koerant, gewerk. Sy het die koerant se kantoor op Vaalwater beman en het oor onder meer Bela-Bela (Warmbad), Modimolle (Nylstroom), Vaalwater, Mookgophon (Naboomspruit), Settlers en ander kleiner dorpe berig. Du Plessis het nasionaal uitgeblink en was verskeie kere onder die toptien in die Sanlam-kompetisie vir gemeenskapsjoernalistiek. Du Plessis se man, ds. Jan du Plessis, het op Hetloo in die distrik Fouriesburg grootgeword. Die egpaar het die afgelope tyd op Fouriesburg, waar hulle albei familie het, gewoon. Jan was tot Junie vanjaar predikant aan die Gereformeerde Kerk. Toe het hy sy emeritaat aanvaar. Keina Swart, die redakteur van Die Pos op Warmbad onder wie se leiding Du Plessis gewerk het, het hulde aan haar gebring. Sy sê Du Plessis is in 2007 op ’n reuse-makietie om dié koerant se 25ste verjaardag te vier

vereer as die personeellid wat die langste vir die koerant gewerk het. “Met die nuus die afgelope week dat Annatjie oorlede is, was ons hartseer én bly: bly dat haar aardse lyding verby is en sy aan die voete van haar Hemelse Vader kan wees, maar hartseer vir haar kinders, haar kleinkinders en almal wat sulke mooi gedagtes van haar sal koester. Ons het die mooiste herinnerings aan haar.” Annatjie is Woensdag op La France, die Du Plessis-familieplaas in die distrik Fouriesburg, begrawe. Haar troosdiens was in die NG kerk Fouriesburg.

WYLE Annatjie du Plessis.

3


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Vrystaat HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

Doodstraf: Ja of nee? WAT is die doodstraf anders as die mees voorbedagte moord? Dié stelling kom van die Franse skrywer Albert Camus. Die doodstraf – Ja of nee? Die ongemaklike vraag word meestal emosioneel op sosiale platforms soos Facebook of webtuistes beantwoord. ’n Groot aantal Suid-Afrikaners is oortuig die doodstraf moet teruggebring word vir die bestryding van geweldsmisdaad soos moorde. Hulle glo ’n mens beveg geweld met geweld. Suid-Afrika is bekend as die gewelddadigste land buite ’n oorloggeteisterde gebied, terwyl beskermingsmagte spartel om misdaad te help beheer. Die doodstraf is egter ook ’n etiese aangeleentheid en staan nie los van godsdiens nie. Die doodstraf het in die vroegste geskiedenis die volke Israel en die Babiloniërs gegeld waar voorbedagte manslag, moord, hoogverraad, bloedskande en ander oortredings begaan is. Die doodstraf het selfs Sabbatsoortreding gegeld. Kerkhistories het die doodstraf in die eerste Christelike eeue ná Christus op wankelrige bene begin staan. Eers toe die Christendom deur die Romeinse Ryk tot staatsgodsdiens verhef is, is die doodstraf weer algemeen toegepas. Groot kerkkarakters soos Augustinus, Luther en Calvyn was ten gunste van die doodstraf. Argumente teen die doodstraf is onder meer dat die doodstraf rehabilitering en bekering uitskakel en dat die menslike lewe heilig en deur God bepaal is en daarom nie deur mense geneem mag word nie. Die doodstraf sou ook onmenslik, onregverdig en onbillik wees. Die doodstraf kom langs ’n weg van nimmereindigende debatte. Die sterkste argument is waarskynlik dat Jesus Christus die mens in ’n nuwe verhouding en liefdes-etos met God die Vader geplaas het. Uit die perspektief is “ ’n oog vir ’n oog, ’n tand vir ’n tand” ’n filosofie wat Christus se etos en werk aan die kruis sal uitkanselleer. Die vraag is: Moet die Ou Testamentiese strafbepaling in 2013 teruggebring word of moet Christus se etos rondom sondaars die maatstaf wees? Dit is engdenkend om geweld met ’n geweldsdaad soos die doodstraf te wil beveg. Debatte oor die doodstraf sal waarskynlik nimmereindigend voortduur.

B

riewe

Posbus 21 Bethlehem 9700

Lionsrock vra karkasse vir kos ANÉL FOURIE, Lionsrock Big Cat Sanctuary, Bethlehem: LIONSROCK benodig dringend kos vir sy leeus en ander roofdiere. Indien enigiemand dooie beeste het, bel Lionsrock en hy kom haal die karkasse so vinnig moontlik. Met die oproep wys jy jou ondersteuning van ’n internasionale welsynsinstansie vir diere, die Four Paws-projek. Skakel 058-304-1003 of 083-407-5935.

Stand together and be better NELSON ACKEER, Baken Park, Bethlehem: I WRITE this in reply to Alfred Mosia’s recent letter. I have been refraining from writing letters and wish to maintain that, but the temptation to add different, but true facts got the better of me. Referring to a previous letter by Mosia (4 July). First of all we note your sincere and good intended

Geïnspireerde mense inspireer ook ander Igno van Niekerk TEEN 12:00 is ons in Kimberley. Ons moet Steve by die groot sirkel met die monument in die middel oplaai. Soos afgespreek staan hy onder ’n boom en wag. Die Noord-Kaapse son brand versengend neer. Op die motor se instrumentbord flikker die termometerlesing en slaan dan oor na 39 °C. In die motor blaas die lugversorgingstelsel koue lug en Steve sug verlig toe hy inklim. “Ons ry net reguit aan,” verduidelik Steve. En dan begin hy met die storie. “Sien julle daardie koppie. Ja, kyk net effe regs. Die koppie met die kanon op. Dit gaan later belangrik word, so onthou dit.” Met elke kilometer wat verby tik, begin Steve stories deel. Dele wat later in sy hoofstorie inmekaarpas soos ’n storielegkaart. Ons is op pad na Magersfontein. Die kinders is vir die dag uit die skool gehou. Ek begin ál meer besef waardevolle lesse wag dikwels buite die skoolmure. Ons gids is Steve Lunderstedt. Kort voor die Magersfontein-museum hou ons twee keer stil. Ek, Arné en die kinders dwaal in die loop-

letter. I completely disagree with what you expressed with the exception of one genuine fact: “There is nothing happening in Baken Park.” And thank you for mentioning the Cairo connection, because there has always been a very good and healthy understanding between people who moved and those who remained in Cairo and Marrabastad. So-called coloureds were removed by force at the hand of an apartheid proclamation. However, Mr Mosia, there are a few things I think you do not know about Baken Park. First of all nothing happening in Baken Park is not just due to bad or improper political leadership or decisions, the inhabitants of this community have part in what is wrong. I’ll be brief in explaining my reasons: 1. Spiritual bondage – Jealousy, malice and envy are common. 2. Substance abuse – alcohol and other drugs are widely and openly used. 3. Lack of interest – Very few people are active and attend community meetings. 4. Information bankruptcy – There is a huge lack of desire to equip ourselves with social, economic and health information local or international. 5. Dual practices – Like most communities in South Africa we have the problem were Christian people also make use of witchcraft. 6. Weak churches – Like the rest of the world theology has no effect on

S

andsteenpraatjies

grawe rond. Ons soek doppies. Steve weef sy storie. “Hierdie is die oorspronklike loopgrawe. Die ander is later gegrawe. Sien julle die oop ruimte daar? Dit is waar die Skotte daardie oggend verstom gestaan het toe die son opkom. Maar ons sal weer daarby kom.” Toe ons weer in die motor klim, het die temperatuur aangeskuif – 40 °C. Ons drink water. Terwyl Steve verder beduie, draai ons by die museum in. Steve neem ons na die uitsigpunt. Met die landskap voor en ’n modelkaart ontvou die drama van die Slag van Magersfontein. Die donderstorms. De la Rey se beplanning ongeag sy seun se dood en dat hy nie deel van die slag sou wees nie. Die skote wat klap.

communities. The church and the world look exactly the same, most churches are not really as effective. In as far as Baken Park development is concerned, I’m afraid you also have that wrong. Baken Park’s development was never and shall never be a one-man development entity. I doubt the person who you mention knows who gave it the name or even personally knows the people who decided on the name Baken Park. I feel obligated to call the minutes in question as well as living councillors in question to correct me if I am wrong. They are welcome to state in black and white that I am misleading. As far as my memory stretches as a boy of between 8 and 13 the very first community committee that seriously initiated development in Baken Park was my dad, Angelo Ackeer, Past. Moos, Uncle Attie Liebenberg, Mrs Joiny Barry and Jerry Malgas. I think they were elected somewhere in 1982-’83 because the previous committee was not too concerned. I recall this because my dad used to chase me out of the room as I was always interested at listening to the adults’ conversation. They would discuss better built houses and toilets inside instead of outside, brick-built houses instead of ash-built houses, sports facilities, a community hall, a library, tar roads instead of gravel roads, and a health-care clinic. When they were elected and made progress in their endeavours

Die nagmars. Die dorings. Die termiete. Toe Steve klaarmaak, is dit 16:00. Nie een keer het die kinders gekla oor moegheid of hitte nie. So af en toe het hulle vrae gevra, maar vier uur aaneen is hulle meegevoer deur ’n meester-storieverteller en historikus. Ons ry terug. In die motor word Steve met vrae gepeper. Toe ons hom by die dieselfde boom naby die sirkel aflaai, is dit asof ons ’n ou vriend groet. “Steve sê die ouetehuis is net om die draai. Dink jy dit is waar hy bly?” vra Arné. Ek weet nie. Ek het nooit eens besef Steve kan al oud genoeg wees om in die ouetehuis te bly nie. Wat ek vier uur in intense hitte beleef het, was dat passie ’n mens jonk hou. Nie net hou dit die een wat passievol is, jonk nie, maar die energie wat deur passie geskep word, laat almal om jou van hitte en dors vergeet. En terwyl ons terugry, besef ek ek het nie net van Magersfontein en oorlogstrategie geleer het nie, maar ook van energie, passie en dat mense wat geïnspireerd is, inspirerende mense is.

I can tell you there were definitely green demons of jealousy in Baken Park. So much so that people called my dad’s employer, a cabinet factory owner in Qwaqwa, giving him an ultimatum to choose between his work and community responsibilities. My dad eventually stepped down as committee chairman. When the person you mentioned arrived in Baken Park development was in progress. I think our first tennis court and first tar road were either standing or beginning to be laid. Our community hall was already completed and operational. So, for the record it was Bethlehem-born people who initiated development in Baken Park, and I am saying it without disrespect to people from elsewhere. In the light of that, Mr Mosia, it was largely through my dad’s labour party and support for the UDF that I joined the ANC actively participating in political demonstrations by age 13. Richard Taylor, Leonard Kenneth, Michael and Henry Liebenberg, Sirniel Ackeer, the late Eugene Marias and Derrick Morgan were active in ANC political demonstrations in Kroonstad and Bloemfontein high schools. When we arrived in late 1989 we were rejected by most people in Baken Park for our radical political views or were perceived as radical. But we made people aware of political conditions. We rejected and refused Eerwaarde

Allan Hendricks’s entry to our school in Kroonstad. He was the leader of the Labour Party in parliament. Many things I choose not to say remembering how we were scorned and treated by people benefiting from the ANC today. We were active with people like Dennis Bloem and indirectly Patrick “Terror” Lekota who is now with Cope. I chose to step down from politics for Christian reasons. I am not ANC, DA, Cope or any of them. I am ashamed of how the ANC has treated Baken Park people. I myself have been fooled and despises by this ANC-led council in Dihlabeng, but I am proud we did not fight for money or greed. We fought for political freedom and we achieved it. Our community in Baken Park has plenty of potential, but only combined effort can see this potential grow. I have no faith in politicians. The community must interact and let go of ill feelings towards one another. People must forgive and let go, that is the first step. Trust one another and live for one another. That is the second step towards building a better community. It is possible. I’d say let’s do it without politicians because we have seen most of their agendas – not to prosper our community, but to enrich themselves . On a positive note there is hope for the people of Baken Park. We have come from far and we can do better if we realize our potential.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Sê oor woorde van moordenaar

5

Vermaak met optrede in Die Punt

“AG, dis net nog ’n moord. So what?” DIE woorde van een van die twee beweerde moordenaars van wyle prof. Daan Wybenga van Clarens aan ’n polisieman het in ’n meningspeiling op Facebook opslae gemaak. Vrystaat deel dit graag met lesers. ) Die teenvraag: Wat is jou mening op die menings hieronder? Dink jy werklik die doodstraf is ’n afskrikmiddel vir moordenaars? Stuur jou kommentaar na smare@volksblad.com. Besoek http://facebook.com/Vrystaat vir interessante meningspeilings oor gemeenskapsake en -onderwerpe. Errol Edwards: Die lae, vuil, brandsiek vark. Ernst Ferreira: Hond. Hannes Olwagte: Mag die wetters eendag brand die in hel. Petrus van der Walt: Duiwelsgemors. Ruaan Kleinhans: Hang hom in die openbaar op en dan sê ons ook, “so what?” Sonja Naudé: Wat word van Afrika-land? Ek stem saam: Bring die doodstraf terug, dan sal die moorde minder raak. Irma Goosen: God slaap nie . . .

TALITA HUGO en haar ma, Margeret het, spesiaal van Pretoria na Harris­ mith gereis om hul pottebakkerykuns op die basaar van die Eliza Liddell­te­ huis vir bejaardes te vertoon. Hul ma en ouma is Dina Oden­ daal, ’n inwoner van die tehuis.

Foto: Corrie Labuschagne

DIE eienaars van Die Punt op Bethlehem is Theodor Crouse en Suzaan Steyn. Besoek Vrystaat se Facebook­blad by http://facebook.com vir ’n album met foto’s van die gaste wat Chris Chame­ leon se vertoning bygewoon het. Foto’s: Susan Maré

CHRIS CHAMELEON het op Bethlehem in Die Punt opgetree. Die veeldoelige lo­ kaal op die hoek van Van der Merwe­ en Murraystraat is ook ’n teetuin en ge­ sellige kuierplek en is ideaal vir musiek­ konserte. Pannekoek en drinkgoed word bedags te koop aangebied vir mense wat daar wil gaan ontspan.

CARIEN VAN DER MERWE is die wenner van ’n geskenkpak met Pilot­produkte. Sy het dit in ’n gelukstrekking in die Libri­boekwin­ kel op Bethlehem gewen.

Meningspeiling oor Halloween-viering VIER jy jaarliks Halloween? Dié vraag is op Facebook aan Vrystaat-lesers gevra. Halloween word jaarliks wêreldwyd op 31 Oktober gevier. Dit het ’n lang geskiedenis. Vandag word dit onder meer met die dra van kostuums en maskers (glo om kontak te maak met die “gees” wat die masker verteenwoordig), The Jack of Lanterns (die pampoenspook – wat losbandige Jack simboliseer wat met die Duiwel in gesprek is), die oproep van geeste op Halloween-aand en die speel van geestesspeletjies (soos ouijabord en glasie-glasie) en Satanisme verbind. Die Sataniste se “Hoogs Onheilige dae” is van 28 Oktober tot 3 November, met 31 Oktober as die “onheiligste” dag en simbolies van hul “Kersdag”. Martin Dreyer: Nee. Wanneer is dit Halloween? Ha, ha, ha!

Japie Captain van Wyk: Ek dink dis 30 Oktober. Hier is genoeg scary people op Bethlehem. Susan Nel Keyser: Dis sommer twak. In Suid-Afrika gebruik ons pampoene om honger mense te voed. Amerika weet nie hoe om ander mense te help nie. Bonnie en Hester Steyn: Nééé. . . Dis dan Satan se “verjaardag”? Hoe kan ’n kind van God daaraan deelneem? Die Bybel sê tog duidelik, “ . . . wat het die Lig met die duisternis te doen?”. Neels Cornelius de Bruin: Ek stem saam met Bonnie. Deur deel te neem aan Halloween stel jy jou oop om onder die invloed van die Duiwel te kom. Bly weg, asseblief. Lees Morne Spies se kommentaar in ’n vorige plasing op Vrystaat se Facebook. Dit vat die hele konsep van Halloween-vieringe mooi in ’n neutedop saam. Sanet de Klerk: Weet julle waaroor gaan

dit? Gaan soek dit en lees dit. Renee Coetzee Wolfaardt: Nee, dankie. Halloween is reguit uit die hel. Sonja Naudé: Ons as Christene maak dit ’n prettige affêre: Ons trek mooi aan en hou lekker partytjie by die huis. Enige verskoning om ’n bietjie mooi of snaaks (nie gewelddadig nie) aan te trek en saam te wees. Cherise Faith Vosloo: Al wat ek sê, is dat enigiets te doen met vrees en onrustigheid nie van God af kom nie. Die Halloween het te veel simboliek van die dood. André Sanger Prinsloo: Is dit nie maar ’n ding wat net oorsee gedoen word nie? Dit is nie ’n ding wat hier tuishoort nie. Net soos daardie dag wat almal mal gaan met vuurwerk. Danie Crowther: Julle is histeries snaaks. Jan En Annatjie Karsten: Stem volmondig saam.


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Bederf kleuters met inkopies

SAKEFORUM

KLEUTERS van Japsnoet en The Anchor sit hier met hul inkopies by Jet. Hulle is deur Nashua op Bethlehem bederf terwyl die Frontier Inn & Casino eetgoed ver足 skaf het. Sien Nashua se advertensie op bl. 12.

NASHUA op Bethlehem het, soos die afgelope paar jaar, klere vir minder bevoorregte kinders gekoop. Altesaam 35 kleuters van Jap足 snoet en The Anchor is deur personeellede van Nashua bygestaan om hul aankope te doen. Hier is Deon van Resburg (tweede van links), eienaar van Nashua, en personeellede saam met die kleuters in die winkel. Sien Nashua se advertensie op bl. 12.


Passievol oor ontwerp

CHRISTELLE LOUWS, ’n mode-ontwerper van Bethlehem wie se naam wyd bekend is, het ’n besonderse rol in Vrystaat, Maluti en Express EFS se Project Runway vertolk. Nie net het sy ’n rok van koerantpapier gemaak nie (sien foto), maar ook al die modelle se rokke voorsien en ook sommige rokke vir Vrystaat-personeellede ontwerp en gemaak. Sy is die eienaar van Nuveau Couture op Bethlehem. Susan Maré van Vrystaat het met haar oor haar lewe as mode-ontwerper gesels en wou ook meer van haar as mens te wete kom.

Dit is vir my baie belangrik om na die kliënt te luister en raad te gee en voorstelle oor kleur en styl te maak. Ons het almal uiteenlopende smake en voorkeure en iets wat vir jou mooi is, is nie noodwendig vir iemand anders mooi nie. Ek probeer alles moontlik doen om ’n vrou op haar mooiste (en natuurlik die belangrikste, maerste) te laat lyk.

Waar kry jy al jou idees?

Dit is vir my ’n uitdaging om heeltyd nuwe en vars idees te kry en weer verkies ek dat die kliënt haar eie idees eers bring en ek volgens wat sy eerste raakgesien het haar kan opsom. Dan kan ek ’n ontwerp maak wat haar die beste gaan pas.

Ek is een van drie kinders en is op Upington gebore. My pa is ’n predikant in die NG kerk. Ons het ’n paar keer verhuis en eindelik in die Vrystaat beland waar ek op Kestell as plaasmeisie grootgeword en gematrikuleer het. Ek is al 11 jaar getroud met die wonderlikste man, Corné Louws, en ons het twee pragtige seuntjies, Logan (3) en Kaiden (2). Hulle is my lewe en al vra dit ’n bietjie kopkrap om by alles uit te kom bly hulle vir my die belangrikste. Corné is ’n juwelier en hy en sy sussie, Ingrid Gouws, is die eienaars van Ster-juweliers. Ons twee se soort werke vul mekaar aan en dit is wonderlik as daar aan een van my bruide se vinger ’n ring pry wat deur hom ontwerp is.

Waar kom jou belangstelling in mode-ontwerp vandaan?

Ek is ná matriek ’n jaar lank oorsee en het my daarna by die Joelene’s Fashion Academy in Pretoria aangesluit. Dit was ’n rowwe jaar van hard

middae ná skool by haar huis gemaak – en so besef ek wil ook ’n ontwerper word. Ek dink ’n mens kan die vaardigheid van ontwerp aanleer, maar dan sal dit nooit jou passie wees nie. Jy moet wel ’n kunstigheid hê en dit is ’n talent – iets wat nie aangeleer kan word nie.

Wat moet alles by die ontwerp van ’n kledingstuk in ag geneem word.

Waar is jy gebore en het jy grootgeword, gematrikuleer en gestudeer?

Vertel iets van jou gesin.

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Werk jy alleen of het jy helpers?

CHRISTELLE LOUWS (regs), mode­ontwerper van Bethlehem wat dié besonderse “koerantrok” vir Vrystaat se Project Runway ontwerp en gemaak het. Saam met haar is die oud­Bethlehemiet Marijke (Maree) Van der Westhuizen, van Pretoria wat dié aand se hoofmodel was en ook dié papierrok vertoon het. Foto: Marguerite Vermeulen werk, maar ek kon nie vir beter opleiding gevra het nie. Ek het dadelik ná my kursus eerder vir myself gewerk as om by ’n ontwerper te gaan werk. Ek het in Johannesburg begin en ’n huis in Melville as mode-werkplek omgeskep. Die Vrystaat het daarna oor my pad gekom met ’n draai en ek sal nooit weer terugkyk nie. Ek is nou 16 jaar met mode-ontwerp aan die gang waarvan die laaste 13 jaar op Bethlehem. Ek bedryf Nuveau waarop ek baie trots is.

Is mode-ontwerp ’n talent waarmee jy gebore is of het jy dit as ’n vaardigheid ontwikkel?

My “ontwerpkuns” kom al van kleins af toe ek elke Barbie met ’n stuk lap gedrapeer het. My ma kan baie goed naaldwerk doen en ek was van kleins af aan haar sy. Ek het haar goed omgekrap en laat wegraak. Dit is by haar dat ek basiese naaldwerk geleer doen het. Ek het met die hulp van ’n ontwerper my matriekafskeidsrok in die

Ek het my spannetjie wat saam met my werk en ek kan maar lekker kwaai wees wanneer die werk nie reg is nie. Ek wil sommer vir hulle wat hierdie berig gaan lees, dankie sê: “Martha, Annah, Joyce en Liesbet – verskriklik dankie vir jul harde werk – ek waardeer julle.”

Watter modestyl en genres inspireer jou die meeste?

Ek het nie ’n spesifieke modestyl wat my inspireer nie, maar is baie lief vir kant en sagte lappe wat mooi drapeer. Enigiets wat die bruid of matriekmeisie se oë laat blink.

Jou gunsteling-modeontwerpers?

My all-time favourite is natuurlik Vera Wang en plaaslik Anel Botha en Charlene Sauermann.

7

Waar koop jy die meeste van jou lap?

Ek koop die meeste van my lap in Vereeniging en my kant by Jerry’s in die Oriental Plaza. Ek weet die meeste mense hou nie van stretch-lapwerk nie, maar ek mal daaroor. Sagte mesh kan enige vrou soos ’n droom laat lyk.

Waaroor droom jy?

My droom is klaar bewaarheid. Ek het ’n liefdevolle gesin, ’n suksesvolle onderneming en wonderlike vriende en familie en ek kan elke dag my passie uitleef.

Beskryf kortliks wat jy aan Charlize Theron sou voorstel as sy by jou kom aanklop vir ’n gewaad vir die Oscar-toekenningsaand.

Charlize het ’n droomlyf om te mee werk en sy kan ’n swartsak aantrek en mooi lyk. Sy lyk vir my baie treffend in swart, maar ook in goud of nude pink. Ek sal vir haar iets noupassends bo en sag en vloeiend onder aantrek. Sy is baie klassiek.

Watter ander belangstellings leef jy uit?

Ek is baie lief vir skilder al kry ek nie baie tyd daarvoor nie. Ek kon dit darem al in die rokke inwerk deur dele van rokke te verf.

Jou raad aan jong mense wat ’n loopbaan in mode-ontwerp wil volg?

Ontwerp is baie bevredigend, maar is ongelooflik harde werk. Jong mense moet nie die illusie hê dit is net sketse maak, glitz en glamour nie. Dit is harde werk om bo uit te kom.

Beskryf Christelle Louws in ’n paar woorde.

Passievol, hardwerkend, liefdevol en baie deurmekaar. Ek wil net spesiaal vir my man baie dankie sê: “Vir al die jare se verstaan oor die hard werk en vroeg opstaan, moeg en moedeloos wees. Jy is my steunpilaar en ek is ongelooflik lief vir jou en die laaities.”


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

9

FOKUS OP OVK

Boere van Ficksburg en Fouriesburg wen DIE OVK-groep het sy toppresterende produsente met sertifikate vir ondersteuning en lojaliteit beloon. Dit is op drie glansgeleenthede op Hopetown, Ladybrand en Cradock oorhandig. Die geleenthede word in die streke aangebied om aan die OVK-groep se produsente met die grootste omset by betrokke takke erkenning te gee. In elke streek word ’n algehele wenner op grond van die kliënt se omset aangewys. Boere van Fouriesburg en Ficksburg het skoonskip gemaak in die noorde. Die Bloukruin-landgoed (Fouriesburg), Liberhof-landgoed (Fouriesburg) en JBB van Niekerk (Ficksburg) was finaliste in die afdeling toppresteerders van OVK in dié streek. Wenners word ook aangewys vir:

) Top-handelspresteerder; ) Hoogste omset in oes- en korttermynversekering; ) Top-koringprodusent; ) Top-sojaboonprodusent; ) Top-mielieprodusent; ) Top-presteerder in meganisasie; ) Hoogste omset met Bayer-produkte; ) Hoogste omset met Total-brandstof en -smeermiddels; ) Hoogste omset met Voermol-produkte; ) Hoogste omset met Mutual & Federal-korttermynversekering; ) Top-lewendehawe-produsent; In die noord-, suid- en sentraal-streke word ’n top-wolprodusent en in die suid- en sentraalstreek ’n top-sybokhaarprodusent aangewys.

DIE toppresteerders van die OVK­groep se noordstreek is van links Stefan Oberholzer, be­ sturende direkteur: OVK, Jan Scheepers, Jan van Niekerk, Michael Scheepers, Manie Bo­ tha, voorsitter van die direksie, en Gilly Scheepers van die Bloukruin­landgoed, toppre­ steerder vir 2013. Foto: Verskaf


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Bekend vir eie biltongresep, gehalte DIE B & G-slaghuis op Ficksburg, wat sy agtste bestaansjaar vier, is nie sommer enige slaghuis nie. Riaan Strydom, die eienaar, sê gehaltevleis is ononderhandelbaar en daar is geen vervanging vir “regte” vleis nie. “Ons gebruik net uitsoekdiere van geregistreerde voerkrale. Die lammers kom van ons eie voerkraal op my pa se plaas waar ons ook ons eie slagplaas het. “Ons vleis word landwyd bemark en versprei.” Kliënte van heinde en ver ry graag Ficksburg om om biltong by

die B & G-slaghuis te koop. Strydom sê die biltongresep is ’n familieresep en dateer van 1960. Biltong se geheim is gehaltevleis en die regte geheime resep. Die biltongmakers by die B & G-slaghuis maak hul eie speserymengsel en gebruik nie gekoopte pakke speserye nie. Daar is ook geen kortpad vir goeie biltong nie, sê Strydom. Gehaltevleisprodukte kan by die B & G-slaghuis op die hoek van Piet Retief- en Brandstraat gekoop word. Skakel 051-933-2847 vir inligting.

ESAIA (ISAAC) RA­ LEKHOLELA

ANNA CHAKE­ LA (links) en Maakie van Wyk.

ANASTACIA (SHORTIE) NTLANGOE JOHANNES RADEBE

AUGUSTINA KGABO

PIEKANIEN MAHOLOBO


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

11

Net die beste vir vleisliefhebbers AGT jaar se uitnemende kliëntediens. Dít bied B&G-slaghuis op die hoek van Piet Retief- en Brandstraat op Ficksburg. Hulle is wyd en syd onder kliënte bekend en gewild vir gehalte. Die eienaar, Riaan Strydom, sê die die slaghuis vier op 28 Oktober sy verjaardag. Philip, sy pa, en ’n boer het jare gelede ’n slaghuis op Marquard as ’n familie-onderneming begin. Sy vernuf en liefde om met vleis te werk kom dus al van sy kleintyd af.

B&G-slaghuis se bestuurder, Vidrie Swanepoel, werk saam met 18 opgeleide en bekwame personeellede. By B&G-slaghuis kan kliënte nie net op vleis en vleisprodukte van die heel beste gehalte staatmaat nie, maar ook op die beste vleispryse. Die slaghuis verskaf Sparta-voerkraalvleis. Besoek dié slaghuis op Ficksburg vir ’n verskeidenheid produkte, van speserye tot heerlike rypgemaakte biefstukke. Vir inligting skakel 051-933-2874.

’n WYE verskeidenheid vleisprodukste van die hoogste gehalte is B&G­slaghuis op Ficksburg se strewe en sukses.

RIAAN STRYDOM, eienaar van B&G­slaghuis op Ficksburg, en Vidrie Swanepoel, bestuurder.

DIÉ slaghuis op Ficksburg – bekend as ’n gehalte­onderneming – vier sy agtste bestaanjaar. Die eienaar is Riaan Strydom.

WILLEM VAN BLERK, ’n werkne­ mer van B&G­slaghuis.


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Jaar van olifante in Sabiepark Hennie van Deventer

’n EFFENSE lugtigheid sal my seker verskoon word toe ek vir oulaas die Honda se neus op die S3-rivierpad vir ’n Hazyview-besoek inswaai. Die vorige twee dae by Sabiepark se piekniekplek met skouspelagtige olifant-tonele: ’n teeltrop van 40 – waaronder ’n menigte klein-

tjies – was in, langs en oor die Sabie. Dan hierdie kant, dan daardie kant. Die vorige aand is olifant-teenwoordigheid in niemandsland aan die duskant van die rivier tot laat luidkeels verkondig. Ek het nie vergeet hoe ek in Junie my op die Onder Sabie-

teerpad in ’n trop aanmarsjerende olifante vasgery het nie. Dit was keel-toetrek-oomblikke. Op die smaller, stiller, beboster S3 kon so iets baie erger wees. Ek moes al voorheen daar ver ente agteruit ry of die versneller wegtrap dat die gruis spat, maar dan was dit darem net een ou bul se moedswilligheid. Op pad terug kry ons die groot trop toe wel. Gelukkig geen bedreigende situasie nie. Die meeste is op ’n fluks drafstap voor ons verby oor die pad rivier toe. In die tru-spieëltjie kon ek ook agter ons ’n paar sien. In ons boshuis, Tarlehoet, is vele herinneringe aan olifantervarings. Teen die mure hang minstens vier groot prenterame met foto’s. In die boekrak, buiten my Mayafudi-boeke, ook ’n bundeltjie oor ons eerste dekade in Sabiepark, wat in 2007 ten einde geloop het. Die titel is Olifante Onbeperk. “Olifante Onbeperk” inderdaad. Nooit, nooit in al die jare is ’n vakansie dermate deur olifante oorheers soos hierdie nege weke in die winter van 2013 nie. In “Solly se boekie” by die ingang van die piekniekplek – Solly is die opsigter daar – was in hierdie tyd 15 inskrywings van 10 olifante of meer. Lyk soos die telkaart van ’n stewige kolfbeurt: 40, 40, 30, 20 . . . En nie almal teken hul waarnemings getrou aan nie. Onder die olifant-toeskouers was Frank en Wendy, twee Australiërs wat in Sabiepark gekuier het – tog nie Australianers nie, asseblief! – en ’n Britse vrou wat net die vorige nag uit Londen ingevlieg het. Dieselfde middag word haar droom toe waar om olifante in lewende lywe te sien. Frank en Wendy gaan wyd reis in Suid-Afrika, onder meer ook na die Addo-olifantpark. Ek kon hulle been trek dat hulle bes moontlik in Addo minder olifante as in Sabiepark gaan sien. Hoop darem nie so nie, maar ’n trop van 40 sien ’n mens nie elke dag nie . . . Nêrens nie. Nie net die olifant-verkeer hierdie vakansie was uitsonderlik druk nie. Minstens ses buffeltroppe van honderd of meer het kom water drink. Gistermiddag het sowat 200 (party Sabieparkers meen 300) lank in en langs die Sabierivier gekuier. Indrukwekkend. Twee renosters het, aldus “Solly se boek”, kom water drink en die Van D’s het dit nie gesien nie. Die ou groot luiperd, die “Baas”, is verskeie kere gesien; een keer toe hy ’n impala

OLIFANTE in Sabiepark.Foto: Hennie van Deventer plat trek. Ook vir hom het ons telkens misgeloop. Een keer net-net, maar tog. Ons soek nog ’n luiperd in die volgende paar dae, anders gaan ons huis toe sonder die Vyf Grotes op ons kerfstok. Die kleinkinders sal dit kwalik glo. Nuus oor die “Baas” is dat hy in die wildtuin verdoof is toe hy ’n wyfie se prooi probeer vaslê. Sy nekband is verwyder omdat die sender nie meer sy doel gedien het nie. Diegene wat gevrees het dat die band ongemaklik styf begin raak het, kan dus weer asem haal. En leeus? Elders ’n paar raakgeloop, ja, maar weet nie van besoeke hierdie vakansie aan die piekniekplek nie. Hoewel leeus twee aande naby gebrul het, as ek my nie misgis het nie. ) Sien die galery – Olifante onbeperk – van Hennie van Deventer op Vrystaat se webwerf – www.vrystaat.co.za. Geniet pragtige olifanttonele deur die lens van hierdie oudredakteur van Volksblad. Nog ’n galery kan op die webwerf geniet word – dierefoto’s deur die lens van Krys Wessels van Bethlehem. ) Bron: Hennie van Deventer se blog op LitNet.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

13

PERSONEELLEDE van Sun Couriers (UTI) op Bethlehem wat help dat dié onderneming wyd en syd bekend is vir uitnemende en gehaltediens is van links Christa Pretorius, eienaar, Annaliza Landman, Thabo Radebe, Tladi Mokoena, Freddie Tiedt en Tania Thomas.

Gehaltediens al 31 j. SUN COURIERS (UTI) in die Sun Square-sentrum op Bethlehem vier op 1 November 31 suksesvolle sakejare in die koerierbedryf. Dié uitnemende diens verbeter steeds dag ná dag op Bethlehem en in die Oos-Vrystaat en daarom is dit ’n onderneming wat vir sy uitnemende dienslewering bekend staan. Christa Pretorius, eienaar, sê: “Dit is met groot dank aan ons Hemelse Vader vir genade en seën wat alles moontlik maak. “Dankie aan my regterhand,

my dogter Tania, wat reeds 17 jaar deel van UTI Distribution Bethlehem is. “Anna by ontvangs, wat met jou borrelende persoonlikheid die afgelope jaar kliënte se harte gesteel het, jy is ’n yster. “Thabo, Freddie en Tladi, CSD se administratiewe personeel, dankie vir jul lojaliteit en getroue harde werk. Julle is beslis ons ankers. “Jan Motaung is reeds 19 jaar saam met ons. Dankie, Jan, dat jy die wiele in die nag glad laat loop.

“Aan al die roetedrywers – sonder julle sal ons beslis nie so ’n suksesvolle infrastruktuur kan bedryf nie. “Laaste maar nie die minste nie, dankie aan die ouditeure. Jul bydraes word opreg gewaardeer. “Dankie ook aan UTI Worldwide, die ruggraat van al die verskillende afdelings van UTI.” Besoek gerus Sun Couriers (UTI) se moderne sentrum op die hoek van Muller- en Uniestraat op Bethlehem en ervaar uitstekende kliëntediens.

TANIA THOMAS (links) en haar ma, Christa Pretorius, is ’n formidabele sake­ span. Sun Couriers (UTI) in die Sun Square­sentrum op Bethlehem vier sy 31ste bestaansjaar en gaan steeds van krag tot krag.


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Tafelronde vermaak met melodrama Amanda van Blerk BAIE het verander sedert 1927 toe Louis Marchesi die Round Table (Tafelronde) in Norwich, Engeland, gestig het. Nie soseer die oogmerke nie, maar die middele tot daardie doel het met hemelruime verander. En tog dieselfde gebly. Want die Tafelronde is steeds ’n organisasie wat dienslewering aan die gemeenskap ten sterkste beklemtoon. Om egter geld daarvoor in te samel is ’n melodrama gehou. Die pas afgelope Melodrama2013 van Tafelronde 98 op Ficksburg was weer ’n dawerende sukses. Die kroon is op ’n handjievol mans (met hul vrouens natuurlik) se harde werk gespan. Maande se oefen, kostuums ontwerp en maak, choreografie en liedjies leer was die resep vir goeie gesonde vermaak. Met die ondersteuning van Ficksburg en Fouriesburg se besighede kon die jaarlikse geldinsameling weer realiseer. Al die deelnemers het ruim bygedra om die gehoor in vervoering te hou of te laat skater van die lag. Ingesluit by die kaartjieprys was ook ’n driegangmaaltyd uit die boonste rakke. ’n Kontantkroeg het verseker het dat die twee aande se aanbieding winsgewend kon eindig. Van meet af aan het die tema van hierdie jaar se opvoering, We will rock you, die tema gestand gedoen. Die gehoor is geskud, nog voordat die gordyn oopgemaak het. Die kunstenaars het die mure laat tril en van elkeen ’n volslae Queen-aanhanger gemaak. ’n Goeie mengsel van Afrikaanse en Engelse liedjies het tot

FICKSBURG: Tafelronde 98 se melodrama was vrolik en kleurryk. hul reggekom. Die program het alles ingesluit. Van Punk Rocker, Bonny & Clyde tot So Sexy en Sweet Transvestide met Royal Hotel, Rodeo en

Thunderstruck tussenin. Die gehoor was nie vir ’n oomblik verveeld nie en die een treffer het met reëlmaat die ander tot laatnag toe opgevolg.

Foto: Amanda van Blerk

Ná die sing en dans is tradisie gestand gedoen toe daar op die gewildste liedjies gebie is. Die gehoor kon hul weer verlustig

in wat eintlik ’n herhaling van die program was en wat hulle sal moet deursien tot volgende jaar. Dan maak hul weer so.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

EK IS OP SOEK na tweedehandse disskottels. Gatgrootte maak nie saak. Skakel asb. 074 886 2865.

AMANZIMTOTI: Albatroswoonstelle teenaan die strand. Tel. 031 903 7734 . Faks: 086 293 3320. Facebook

www.xalindrifencing.co.za

For all tombstones and repairs to damaged tombstones, as well as epitaphs, etc. Please phone 058 303 4840.

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

Rest Assured

GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters, etc. Tel. 058 303 4840/ 082 807 7456.

5-ton-trok met toe bak vir vervoer van meubels en enige ander. Bethlehem en omgewing. Verskaf drywer. Skakel: 076 158 1438.

50-kg- GEBRUIKTE NYLONSAKKE te koop R1,50 per sak. Skakel: 074 886 2865.

ROOI ANGUS-BUL te koop. Kalwingsgemak. Uitstekende genetika. Skakel Hennie: 083 251 8620.

M&M PLUMBING CC LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem.

TOY POM-HONDJIES: 9 weke oud, R900. Marie Rudolph (074 805 4739.

GESOEK: Alle tipes duiwe, parkiete, ringnekke, lovebirds, African Greys, Amazones, Macaws, ens. Betaling kontant. Skakel my vir beste pryse. Gerhardus 083 307 8086 Bethlehem .

LOO 911

Henk v Niekerk Loodgieters Diens

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg

Member of institute of Plumbing No: 2831 Member of Plumbing Industry Registration Board No: 0150/85 Authorised to issue certificate of compliance. Qualified and professional service.

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483

AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus). ANTIEKE WARE TE KOOP: 'Trunk' (groot tas): R1 000 Hout-'koffer': R500 2 Sunlight-seepkiste: R700 (reg vir sytafeltjies). Skakel Melanie Smit 082 415 4443.

R ROETS STAALWERKE

Een paar Tumblers. Een paar Fan-tails, wit. Een paar gewone wit duiwe. Skakel: 083 630 8544.

SEL. 083 285 1450 • STAALHEININGS • AFDAKKE • KLEIN BOUWERKE • VERFWERK • HOUTHUISE • HOUTDEKKE • DRYWALL-MURE/ -KANTORE

BAAL- EN GRONDBEWERKINGSKONTRAKTEUR Sny, hark, baal, 1,2-m-bale. ‘Offset’, ploeg, ‘tiller’, ens. Skakel Hannes vir ‘n kwotasie: 082 629 2880.

DAKKE SEëL EN VERF en enige algemene herstelwerk. Skakel Renier 072 996 9018.

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere

Sel: 082 407 2516 STEEL STATEMENTS/VR/24/5/12/jj

TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

SPIT TE HUUR! Spyseniering/afskeids- funksies. Speenvarkies en lammers beskikbaar teen bekostigbare pryse. Skakel: 083 632 0265.

Bio Sculpture gelnaelkliniek en ontharingsalon

WELDING/CARPENTRY/ BUILDER/HANDYMAN . Contact me for quotation 074 892 2958 .Terms and conditions apply.

AMANZIMTOTI: Savannah Sands. 29/11/2013 tot 06/12/2013. Lugversorg. 2 slk, 2 badk, balkon. 4 volw. en 2 jonger. 12,50 m van strand. R850 p.d. Skakel: 082 557 1627.

Skakel Wilmie 082 927 7820 BETHLEHEM

• Status eyebrows • Manikuur • Pedikuur • Wax • Facials • Ooghaartint • Eye lash extentions

Bethlehem Herstelwerk

ISUZU KB 250 FLEETSIDE, 4x4, WIT, 2012-model met 90 000 km. Skakel 082 418 0470.

Rooi Ford Sierra 1984 te koop vir R14 500. Padwaardigheidstoets 2009. Elsa 058 303 1472 /082 564 5355. VW CHICO, 2004-model, wit, mooi opgepas, R35 000 Skakel 072 699 7510.

ISUZU-3.5-TONVRAGMOTOR plus veetralies te koop. Puik toestand. R75 000 - geen BTW. CE KOK. 083 364 7074.

Jurgens Manjifiek B. Baie goeie toestand. 1983. R28 000. Tent soos nuut. Skakel: 076 768 8851.

VIR AL U TUINBEHOEFTES Afsaag van bome, rommelwegry, opsit van Picketfence, vuurmaakhout en planke direk aan die eindverbruiker, sny van ‘sleepers’. Skakel AB Timbers 083 388 0173

Stooreenhede: ± 14 m². Veilig . R500 p.m. R400 p.m. 2 maande en langer. Johann: 083 952 5582.

2-slaapkamer met 1 badk. Ruim meenthuis in veilige, netjiese kompleks. Geen diere. R4 000 p.m. Dep. ohb. Skakel: 082 468 2516.

My huishulp, Christina, soek werk vir Ma. en/of Do. Skakel: 082 557 1627.

Vir bespreking skakel René 039 315 1345

Pragtige, netjiese 1slaapkamermeenthuis onmiddellik te huur. Sentraal geleë tussen BVHS- en TKSskole. R2 800 p.m. Graham: 072 371 3294.

1-slk-woonstel . Onmiddelik beskikbaar R2 300pm. ± 5km uit Bethlehem op plaas. Skakel kantoorure 058 303 7735.

Ek koop byna alle tweedehandse motors, bakkies, kombi’s, Ventures vir kontant. Ek is bereid om te kom haal.

Skakel Unis 082 959 9120

Benodig die dienste van 'n sekuriteitsbeampte met Graad C en rybewys. Pos behels skofte. Faks verkorte CV na 058 303 4422. Benodig gastehuisbestuurderes met bemarkings- ondervinding. Skakel: 082 442 3240.

Eenmanwoonstel: Beskikbaar vanaf 1 Nov. R1 800 p.m. water en krag ingesluit. Skakel 072 959 6668/ 083 288 6476.

120: CONSENT FOR A GUESTHOUSE Notice is hereby given that D Bosman intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special consent to conduct a Guesthouse named Birch Buch on Erf number 1114, complete street address 27 Plein Street, Jordania, situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: D Bosman Address: Street address: 25 Plein Street, Jordania Bethlehem 9700 Postal address: PO Box 1277, Bethlehem 9700 Telephone: 082°457°6743

EENMANWOONSTEL te huur, Môrelig. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 082 477 0393.

120: KENNISGEWING

Eenman, 1- en 2-slkWOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346.

Gemeubileerde kamers: Vanaf R1 700 p.m. W en l ingesl. Kombuis en stortgeriewe. Sleuteldep. R600 vooruitbetaalbaar. 1 Nov. (079 888 2027.

Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

3-slk-meenthuis, 2 badk, koopkrag. Louwstraat 44A. Beskikbaar 1 Nov. 2013. Willie 083 306 1312.

BHM-WES: Woonstel te huur. 1-slk, sitk, badk, en kombuis. R2 000 p.m. plus R600 water en krag. Skakel 082 858 8557 of 082 857 1292.

GEMEUBILEERDE KAMERS, elk met en suitebadkamer, stoep en private ingang, selfsorg. 082 927 7820

Uvongo Nautilus No.8

2-slk-meenthuis, oopplansit-/eetkamer/kombuis met toesluitmotorhuis. Mari 083 283 1967/kantoor 058 303 2388.

BACHELOR and 1-/2BEDROOM flats available immediately. Paxinos Flats. High Street in Bethlehem. Contact Koki Matsabu. koki@procorsa.co.za Tel. 057 352 2990. Fax: 057 352 3775/Fax: 086 558 7248

4 gemeubileerde selfsorgeenhede beskikbaar. Daagliks gediens en skoongemaak. Eureka. Skakel: 058 303 4229/083 632 0292.

HOOGLAND KWEKERY nou oop: Baartmanstraat 83, La Provence, elke dag na 15:00 . Oggend van 10:00 14:00 op trok oorkant ALFA MATTE. 082 442 3240 Willie.

4-slk-woonhuis, 2-slk-woonhuis byLa Provence, asook akkommodsie vir studente in ZUMA-jaar. Skakel: 082 442 3240. 1 Nov 2013.

3-slaapkamer-meenthuis te huur in BergpragAftreeoord. R4 500 p.m. Skakel: 082 371 4378.

4 furnished, self-catering, servised bachelor flats in Eureka. Available 1/11/2013. Phone: 058 303 4229/083 632 0292.

Flower Fun Kwekery: Dit is planttyd - kry jou tuin reg! Nuwe voorraad, vars blomme en vrugtebome beskikbaar. 058 303 8423. Cambrigestr. 58. By silo's. Oop Ma. - Sa.

1x 3-slk-huis. Onmiddelik beskikbaar, R5 500pm water en riool ingesluit. Sentraal geleë naby skole en banke. Jammer geen stoorkamer & geen honde/katte. Skakel kantoorure 058 303 7735.

EK KOOP ENIGE tweedehandse motors, bakkies, kombi's en Ventures. Skakel my enige tyd. Ek betaal kon-tant. 083 374 0000

Verloor 30% meer vet as met gewone diëte, gemiddeld 500 g per dag! Reshape is ‘n eenvoudige gewigsverliesprogram wat primêr op verlies van abnormaal gestoorde vet fokus. R1 800 vir 1ste maand, voorraad en sonars ingesluit. Daarna R1 200 per maand. Afslag vir kontant. Vir afsprake, skakel: Annerie Myburgh 082 578 4381 Dr. Eben Myburgh 058 303 5052

• Algemene staalwerk, hekke en omheinings • Teëlwerk • Bouwerk • Plaveisel • Loodgieterswerk • Verfwerk • Algemene herstelwerk

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306

Tel. 058 303 5621/2

Beauty S

Hentie 076 168 3758

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

Bethlehem Droogskoonmakers

BLESSED alon

14D Lindley Street, Bethlehem 058 303 9166

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

NEED A CAR? BLACKLISTED/SELFEMPLOYED? NO PROBLEM! I CAN HELP YOU. (076 296 6455.

Andries Blignaut

Miniatuur-kortbeen-Fox Terriër-babahondjies. Te koop. Skakel 084 458 2353.

Tel: 058 303 4681 082 452 5208 (Mark)

HENK 2-23-10-08-VR-LH

Labrador-hondjies te koop: Beskikbaar 17 Novomber. 5 reuntjies en 3 tefies. Ingeënt, ontwurm. R1 500 elk. Skakel 072 959 6668.

For all your electric fencing, security and gate automation needs. Get a quote today and rest assured!

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

1 MAK DUIKEROOI te koop R1 500. Skakel: 074 886 2865.

15

Enkeltuinwoonstel: Jordania. Te huur. Verkieslik manspersoon. Vanaf 1 Des. 2013. Skakel: 082 332 2474. J & M PROPERTIES 4km op Warden pad: netjiese 1-slk-woonstel R2 300pm. Netjiese 2-slk-woonstel R4 200pm. Rialdo Villas 3-slk, 2badk, ruim leefareas R6 800pm. 4-slk, 2-badk ruim huis Panorama R7 500pm. Skakel 082 316 9623. PANORAMA: Te huur. 3slaapkamer-tuinwoonstel, 2 volledige badkamers, sonkragwarmwaterstelsel. R4 900 p.m. Krag uitgesluit. Deposito betaalbaar. (082 414 3242. Veilige eenmanwoonstel met aparte stoorruimte en erf. R1 800 p.m. 1 Des. Johann: 083 952 5582.

Hiermee gee ek MD Van Rooyen, Markstraat 12, Paul Roux, kennis dat indien Yolanda Bergoor, adres onbekend, voorheen handeldrywend as Michellas Beauty Salon, nie haar skulde vereffen binne 21 dae nie, sal goedere verkoop word om agterstallige huur, stoorgeld en regskoste te delg. MD Van Rooyen 082°970°6479.

120: NOTICE

I, MD Van Rooyen, 12 Mark Street, Paul Roux, hereby give notice that if Yolanda Bergoor, previously trading as Michellas Beauty Salon, does not pay her debt within 21 days, goods will be sold to recover arrears in rent, storage and legal costs. MD VAN ROOYEN 082°970°6479.


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013 en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel van wyle HADRIAN CORNELIUS, ID 350523°5032°088, Greenstraat 21, Bethlehem, ter insae lê te Landdroskantoor, Bethlehem vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 1 November 2013. Die Eksekuteur S-BRO Finansiële Adviseurs 1ste Vloer, Nedbank-gebou

120: Notice is hereby

given that Golden Rewards 1897 CC intends to lodge an application on 1 November 2013, particulars of which appear hereunder. Dihlabeng Municipality, Address and full name: Golden rewards 1897 CC t/a Andes Clarens Wedding Venue, P.O. Box 99, Clarens 9707. Kind of registration applied for: Resturant Licence. Name under which business is to be conducted and full address of premises: Andes Clarens Wedding Venue, Farm Welgelegen, Clarens 9707.

120: TOESTEMMING OM 'N GASTEHUIS Kennis geskied hiermee dat D Bosman aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n gastehuis genaamd Birch Buch op erfnommer 1114, volledige straatadres: Pleinstraat 27, Jordania, geleë te Bethlehem (dorp) te bedryf. Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale Bestuurder indien, binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: Mr D Bosman Adres: Straat: Pleinstraat 25, Jordania, Bethlehem 9700 Posadres: Posbus 1277, Bethlehem 9700 Telefoon: 082°457°6743

122: JJ ROSSOUW Rekenmeesters// Accountants BOEDEL WYLE OC SCHMITT - 7654/2013

KENNISGEWING: Boedel wyle Otto Conrad Schmitt, boedelnommer: 7654/2013. Kennisgewing aan die krediteure en debiteure in bestorwe boedels. In die boedel van wyle Otto Conrad Schmitt, identiteitsnommer 490206°5025°085, van die plaas Besterskop, Bethlehem, oorlede 2013/07/02, boedelnommer: 7654/2013. Kennis geskied hiermee aan alle persone met vorderings teen bogemelde boedel om dit binne 30 dae vanaf datum van publikasie hiervan by die ekeskuteur hieronder gemeld te lewer. Geteken op Bethlehem op die 24ste dag van Oktober 2013.

NAAM EN ADRES VAN AGENT AM ROSSOUW POSBUS 1345 BETHLEHEM 9700 TEL. 058°303°6418

122: KENNISGEWING: BOEDEL WYLE: AFK FOURIE BOEDELNOMMER: 12104/2012

IN DIE BOEDEL VAN WYLE ANDRIES FERDINAND KROGMAN FOURIE IDENTITEITSNOMMER: 261104°5020°08°0 VAN: DIE PLAAS TYGERHOEK BETHLEHEM WIE IN LEWE GETROUD WAS BUITE GEMEENSKAP VAN GOED. DATUM VAN AFSTERWE: 19/06/2010 BOEDELNOMMER: 12104/2012 Kennis geskied hieremee Ingevolge Artikel 35(5) van die Boedelwet 66 van 1965, soos gewysig, dat die gewysigde Eerste en Finale Likwidasieen Distribusierekening by die kantore van die Meester BLOEMFONTEIN en die Landdros BETHLEHEM, gedurende `n tydperk van 21 dae vanaf datum van publikasie, ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het.

Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, sal die eksekuteur oorgaan tot uitbetaling ingevolge die gemelde rekening. GETEKEN OP BETHLEHEM op 23 OKTOBER 2013. JF HUMAN HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ NAUDESTRAAT 24 POSBUS 563 BETHLEHEM 9700. VERW: FOU127/0001.

122: S-BRO FINANSIËLE DIENSTE BOEDEL WYLE: H CORNELIUS BOEDELNOMMER: 5671/2013

Ingevolge Artikel 35 (5) van die Boedelwet word hiermee kennis gegee dat die eerste

Posbus 2689 BETHLEHEM 9700 Tel. 058°303°0450

122: S-BRO FINANSIËLE DIENSTE BOEDEL WYLE MARTHA CAROLINA FICK BARRETT

BOEDELNOMMER: 10262/2013.

In die boedel van wyle Martha Carolina Fick Barrett, identiteitsnommer 260811°0050°083, in lewe woonagtig in Senekal Aftreeoord, Senekal 9600, wat oorlede is op 3 September 2013. Boedelnommer: 10262/2013. Kennis word hiermee gegee

aan debiteure en krediteure om bedrae aan die boedel verskuldig te betaal en eise teen die boedel in te dien by die ondergemelde adres binne 30 (dertig) dae vanaf datum van publikasie hiervan. S-BRO /Finasiële Adviseurs 1ste Vloer, Nedbank-gebou Posbus 2689 BETHLEHEM 9700 Tel. 058°303°0450.

17


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Kleuters wys hul slag met bewegings KLEUTERS van Petro Myburgh se Dagsorgsentrum op Bethlehem is verlede Woensdag verras toe Thandi, die Monkeynastix-apie, hul instrukteur en haar assistent, Terna Venter en Madelai Faber, vergesel het. Thandi het saam met die kleuters geoefen en later hul hoedjies en sertifikate aan hulle oorhandig. Monkeynastix is ’n pret- en ontwikkelingsprogram vir kinders van een tot agt jaar oud. Faber sê Monkeynastix gebruik ’n program wat kreatiwiteit, musiek, en storievertelling kombineer met basiese opleiding in buigsaamheid, balans, krag, rats-

heid, koordinasie en liggaamsbewustheid. Dit lê ook klem op morele standaarde en gesonde gewoontes, asook op groot- en fynmotoriese ontwikkeling. Monkeynastix word die afgelope 15 jaar al as die baanbreker in bewegingsopleiding in Suid-Afrika beskou.

DIE Monkeynastix­groep van Petro My­ burgh se Dagsentrum op Bethlehem. By die kinders is van links, agter: Petro Myburgh, eienaar van die dagsorgsen­ trum, Terna Venter, instrukteur van Monkeynastix, en Catherine Lubbe, as­ sistent van Monkeynastix.


VRYSTAAT, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

19

FOCUS ON NEW HORIZON COLLEGE

Now also opening in Bethlehem NEW HORIZON COLLEGE (NHC) in Harrismith opened in 1994 with the belief that the previous disadvantaged students can also achieve good results if there are proper facilities, dedicated teachers, motivated students, as well as concerned parents and a community standing behind the college. Today, almost 20 years later, NHC Harrismith’s results speak for themselves. On 1 February 2014 NHC Harrismith will be celebrating its 20th year of existence. For the past five years, NHC Harrismith has had a 100% pass rate, where there was at least one of the NHC learners under the top 100 every year. NHC has been one of the top 50 schools in the district for 8 consecutive years. Following on the excellent results of NHC in Harrismith, they decided to open a second college in Bethlehem which will offer the same excellent standard of quality education. There is a tremendous need for quality English-medium education in the Bethlehem district. NHC of Bethlehem will serve not just the community of Bethlehem, but also the greater Dihlabeng district. Towns within a radius of 100 km will benefit from having such a college within their reach. Fouriesburg, Ficksburg, Lesotho, Paul Roux, Senekal, Reitz, Lindley, Clarens, et cetera, will be able to make use of the boarding facilities that NHC Bethlehem will offer. NHC Bethlehem will offer the following: ) A proper school with excellent facilities. ) Pre-primary, primary and secondary school. The pre-primary schools

that will join in from January 2014, following New Horizon College mission and vision, are Babalelo Daycare and The Anchor. ) Boarding facilities. ) English-medium tuition, with extra language options: Sesotho, IsiZulu and Afrikaans as subjects. ) Sports fields: rugby, soccer, basketball, volleyball, netball and tennis (a complete athletics field is also in the planning). ) Culture will include: debating, eisteddfod, choir, newspaper, school magazine, chess, drama, art and craft. ) Educational tours. ) Technical and agricultural subjects. ) The cafeteria will cater for student meals, snacks and study facilities. BHM NHC is proud to be the only private school within a radius of 300 km that will offer Agriculture as a subject. New technical subjects will include Plumbing, Welding, Electrical Engineering and Building. New Horizon College Bethlehem will instil the same moral code and high principles as New Horizon College Harrismith, with the pledge that they will strive towards excellence in education and deliver well-balanced, totally developed and excellently educated students who can go out and serve the South African community with pride and virtue. From January 2014 the pre-school learners will have the opportunity to choose between Babalelo Day-care, from 18 months to 5 years, and The Anchor that offers education from 3 years to gr. R. Both these pre-schools will be known as Little New Horizon – Babalelo and Little New Horizon – The Anchor respectively. For the primary school NHC will start with gr. 1 and secondary school

NEW HORIZON COLLEGE in Harrismith. gr. 8. The remaining grades for both primary and secondary school will phase in: ) Gr. 2 and gr. 3, gr. 9 in 2015 ) Gr. 4 and gr. 5, gr. 8 in 2016 ) Gr. 6 and gr. 11 in 2017. ) Gr. 7 and gr. 12 in 2018. If any gr. 2 to gr. 7 learner wishes to apply, NHC Harrismith will accommodate them, as well as gr. 9 to gr. 11 learners. Transport can be ar-

ranged if you wish not to make use of boarding facilities in Harrismith. Application forms as well as NHC uniforms are available at Babalelo Day-care, 6 Theron Street, Bethlehem, and The Anchor, 24 President Boshoff Street, Bethlehem. The contact number is 058-303-5038. The community of Bethlehem and surroundings are invited to join the owner and founder of the Bethlehem

Photo: Supplied

New Horizon College, Mr Eyberg, on Monday, 7 November, at 18:00 at the Bethlehem Town Hall for a public presentation, where he will be presenting the college and if there are any questions, to answer them himself. New Horizon College Harrismith will continue to operate for the greater Thabo Mofutsanyane District as they have done the past 20 years.


DIE Itec­plattelandspan voor sy wedstryd in Toulouse, Frankryk. Hier is die span, sy afrigter en spanbestuurder in die Toulouse­stadion voor die wedstryd.

Reitz-week se span wys Franse hoe

THYS CRONJÉ, deel van die spanbestuur van die ITEC­plattelandrugby­ span wat ná die VKB­rugbyweek gekies is om in Frankryk te gaan mee­ ding. Foto’s: Verskaf

NÁ die 16de VKB-rugbyweek wat deur die Hoërskool Reitz aangebied is, is ’n amptelike span weer gekies wat ’n toer na Frankryk onderneem het. Die span het as die Itec-plattelandspan bekend gestaan. Ses Oos-Vrystaters het die toer meegemaak. Hulle was Herman van der Merwe (organiseerder), Uys le Roux (spanbestuurder), Thys Cronjé (afrigter), JP Burger (Vrede), Johan Rossouw (Reitz) en Morné Spies (Reitz). Ongelukkig het die wedstryd teen Racing Metro se o.19-span uitgereën. In die wedstryd teen Perpignan se o.19-span het die Itec-span aanvanklik harde bene gekou. Teen rustyd was die span met 7-8 agter. In die tweede helfte is die krane egter oopgedraai en het die Suid-Afrikaanse span met gemak die Franse met 49-20 ore aangesit. Die hoogtepunt was die derde wedstryd toe hulle teen Toulouse se o.19span gespeel het. Hier het die span nie veel moeite gehad om met die Franse af te reken nie. Die Suid-Afrikaners was met 35-24 baas. Schalk Ferreira, oudkaptein van

DIE span in aksie teen sy eweknie van Toulouse in Frankryk. die OP-Kings en haker van Toulouse se senior span, het die seuns ná die tyd toegespreek. Sy boodskap aan die seuns was dat hulle in hulself moet glo en nooit moet moed opgee nie. Verskeie besienswaardighede is ook besoek. In Parys is onder meer Euro Disney, die Eiffel-toring en Notre Dame besoek. In die suide van Frankryk is in die pragtige kusdorpie Canet tuisge-

gaan. Hier kon die seuns selfs die see aandurf. Die pragtige stad Toulouse met sy kanale was vir baie seuns asemrowend. Volgens Van der Merwe is dit die vyfde jaar dat ’n span wat ná die VKB-week gekies is, oorsee gaan toer. Vorige toere: 2009 – Italië, 2010 – Argentinië, 2011 – Engeland en Skotland en 2012 – Ierland.


Vrystaat News 20131031