Issuu on Google+

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

R3,00

Vermaak gehoor

DIE Praagse Filharmoniese Kinderkoor het Bethlehem besoek met die Hoërskool Wit­ teberg as gasheerskool. ’n Uitvoering van eg Tsjeggiese volksdanse was deel van die koor, wat as Europa se topkoor beskou word, se program. Foto: Verskaf

Beloftes hou wel water

Nuwe pypleiding bedien dorpe waar krane lank droog was Refilwe Mochoari

DIE waterkrisis in die Setsoto-munisipaliteit kan dalk vroeër tot ’n einde kom. ’n Waterpypleiding van R2,5 miljoen is hierdie week oopgemaak en inwoners van Clocolan geniet reeds die geleentheid om water in hul krane te hê. Dit kom nadat Olly Mlamleli, LUR van die Vrystaatse departement van behuising, en die Vrystaatse premier, Ace Magashule,

9 771026 872001 >

Dinsdagoggend ’n waterpypleiding van die Caledonrivier oopgemaak het sodat krane in Clocolan en Marquard in werking kan wees. Mlamleli sê die opening van die pypleiding is om die belofte waaraan die regering hom vroeër vanjaar verbind het, om water aan die Clocolan- en Marquard-gemeenskap te voorsien na te kom. Al vier dorpe van Setsoto – Ficksburg, Clocolan, Senekal en Marquard – sit reeds vir ’n lang tydperk sonder water weens die Cy-

ferfontein- en De Put-damme op Senekal wat leeggeloop het, sowel as die Moperi-dam op Clocolan wat ook leeggeloop het. Die Setsoto-munisipaliteit se gemeenskap is tydens hierdie droë dae tydens protesaksies beseer, terwyl ander in hegtenis geneem is. Mlamleli sê: “In Augustus het ek belowe dat ek sal verseker dat hierdie dorpe in die tweede week van Oktober water sal hê, en dit is wat nou al gebeur.

“Die waterpypleiding gee water aan Marquard en Clocolan. Dit is goed dat die waterkrane op Clocolan nou werk. “Op Marquard is daar ’n klein probleem, maar dit sal teen die einde van hierdie maand opgelos wees.” Die department van waterwese en bosbou het aan die Setsoto-munisipliteit vir die pypleiding toestemming verleen. Die voerkraal en vleisverspreider Sparta op Marquard het ingestem om te help.


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

Man vermoor glo sy broer Refilwe Mochoari JANUARY MOKOENA (24) van Egipte in Bohlokong op Bethlehem is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy broer Botili Mokoena (28) met ’n mes doodgesteek het. January het Maandagoggend in die hof op Bethlehem op ’n aanklag van moord verskyn. Sers. Majang Skalkie, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Saterdag deur die twee broers se bure oor ’n lyk ingelig. “Toe ons op die toneel kom, het ons Botili se lyk gevind; dit was met ’n kombers toegemaak. Sy lyk was vol steekwonde. “Dit word beweer die twee broers was in ’n argument betrokke. Ons weet nog nie hoekom die twee gebaklei het nie,” sê Skalkie. Verse: Psalm 40:2 He lifted me out of the pit of despair, out of the mud and the mire. He set my feet on solid ground and steadied me as I walked along. . The Lord wants to lift you up. . He wants to bring you out of the ‘pit of despair’. . He wants to bring you to a place of victory and confidence. . And He wants to walk with you through the challenges of life. Prayer: Lord, I reject despair, discouragement and hopelessness. You are lifting me up and placing my feet on solid ground. Amen.

KS

ortliks nippets

Regstelling: Eduard Marais, wat in die hoofberig van Vrystaat (11 Oktober), ‘Sage duur steeds voort’, as ’n lid van die Dihlabeng-natuurbewaringsvereniging (DNV) aangehaal is, sê hy het nie gesê die munisipaliteit is pateties soos berig is nie. Hy het gesê die munisipaliteit het gesê hy sou hom die aand om 21:00 van Wolhuterskop onttrek – wat toe nie gebeur het nie. The Paul Roux Village Day: Saterdag 27 Oktober van 09:00 tot 13:00. ’n Mark en basaar word gehou en veteraanmotors gewys. Biddag, Clarens: Môre van 06:00 tot 18:00: Verootmoedigingsdag as deel van die Interkerklike Gebedsdag. Alle bevolkingsgroepe en Christelik-gelowiges kan in die NG kerk Clarens saambid. Die tema is 2 Kronieke 7:14: . . .en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, berou toon en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.

Magte-lede met diens vereer Johan Viljoen DIE AGS-kerk Reitz het die afgelope Sondag die manne en vroue in die land se magte tydens ’n kerkdiens vereer. Alle sektore is na die diens genooi, waaronder lede van die polisie, verkeersafdeling en nooddienste, medici, verpleegkundiges en die sekuriteitsmaatskappye. Dr. Leonie Jonker van Bloemfontein het die diens gelei. Sy het mense aangemoedig om as Christene op en saam te staan, om hulle te bekeer en in liefde teenoor die mense in uniform te leef. Aan die manne en vroue in uniform het sy genoem dat alles by God begin en dit is waar hulle krag sal ontvang wanneer hulle moeg is. Tydens die diens is ’n fakkel as ’n simbool van samehorigheid en ’n verbintenis met Jesus Christus aangestuur. ’n Krans is ook deur kapt. D. Booysen van die Reitz-polisie gelê vir die makkers wat die hoogste prys in die uitvoering van hul pligte betaal het.

Liané Rautenbach

KAPT. D. BOOYSEN wat die kranslegging waargeneem het.

Foto: Johan Viljoen

Summit held to aid SMMEs, cooperatives Refilwe Mochoari THE Bethlehem Town Hall was filled to capacity with community members and stakeholders from across the Free State who had gathered to ensure the needs of small businesses and cooperatives were properly conceptualised in the Thabo Mofutsanyana District Municipality. The two-day summit on support and development of cooperatives and SMMEs took place on Tuesday and Wednesday under the theme Building a skills base towards a growing economy for development. The main aim was to ensure that there was proper coordination and

integration of activities and interventions relating to the development of SMMEs and cooperatives in order to maximise the impact of investments in the region. Ace Magashule, Free State premier, said in his speech that SMMEs and cooperatives should be used as vehicles for rural development and that this could be done by promotion through the procurement of public goods and services. Mondli Mvambi, spokesperson for the Free State government, said the summit created a platform where different stakeholders could critique the way things were done and could craft new approaches to ensuring the sustaina-

bility of the sector. “The aim is to develop specific proposals and programmes that can contribute in a practical way to improving the levels of skills and support of cooperatives and SMMEs.” At the summit groups were divided into commissions and then specific sector issues were discussed. Commissions included agriculture and farming, personal care, tourism and hospitality, hygiene, construction, mining and information technology. The summit was hosted by the Dihlabeng and Thabo Mofutsanyana Municipalities and the Free State Provincial Government in partnership with the Services Seta.

Vleismerino’s haal goeie pryse SUID-AFRIKA se vleismerino’s van gehalte behaal goeie pryse. Leon Becker het op Donderdag 13 September sy negende produksieveiling op die plaas Georgekraal in die distrik Warden aangebied. Die gehalte van die aanbod was uitstekend met kopers wat sterk meegeding het. Die duurste twee ramme is vir R35 000 elk deur Johan de Jager en Wikus de Jager van die Wihann- kindertrust (De Jager-boerdery) op Reitz en Wynand Badenhorst en Yolandi Badenhorst van Bergville gekoop. ’n Gemiddeld van R9 730 is vir die ramme behaal, en ’n gemiddeld van R3 850 vir die geregistreerde ooie. Die veiling is deur BKB Louwid Kroonstad gehou met Jan Mostert as die afslaer.

Lindley road: Some answers

VOOR is Josia Tshabalala (hanteerder); van links, agter: Wikus de Jager (koper), Johan de Jager (koper), Henry de Jager (BKB­skaap­ en­wolbeampte) en Leon Becker (verkoper). Foto: Verskaf

THE road between Lindley and Bethlehem has been under construction for more than two years and is still not completed. Due to several complaints and accidents, Vrystaat contacted the Free State Department of Police, Roads and Transport. The department’s spokesperson, Zolile Walaza, responded after two weeks. 1. Why did the roadworks stop as the road was 80% completed? “In 2009, the Department of Police, Roads and Transport identified a number of roads that were the highest on the priority list for rebuilding. The Bethlehem-Lindley and Lindley-Steynsrus roads were amongst the top 20 priorities where construction started. As a reporter, you will be aware of the financial constraints under which this and all other Free State departments operate. Social priorities and budget cuts in the provincial allocation limited the implementation of priority projects.” 2. What is the government’s plan regarding this road as nothing has happened for more than a year? “During 2011-’12 the department reviewed the individual projects to confirm that the government gets value for money on completed parts of the projects. Implementation of several projects could not be funded and were put on hold. It was during this time of constrained financial resources that the contractor decided to withhold construction and only continue with stop/go traffic control.” 3. When (what date) will they start repairing the road? The road is so bad, people are driving on the gravel in most parts. “The department recently had discussions with the contractor about payments. These negotiations are almost finalised and it is expected that the contractor will return to complete the roads by the end of this financial year.” 4. Whose responsibility is the stop/go trafic control and who pays for it? “While the contractor is in control of the terrain, he is responsible for the safety of the road and the control of the stop/go control.” 5. Several people have damaged their vehicles due to all the potholes. Where can they claim for the damages? “Although the department works hard to find a solution to fund all projects in the shortest possible time, assistance from the local authorities and media is necessary to inform road users that there are some incomplete short sections. Drivers should adapt their speed to the road conditions and drive cautiously.”


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

Redakteur aangestel DIE nuwe redakteur van Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, is Johanna (Jo) van Eeden. Van Eeden (39) is ’n assistent-redakteur van Beeld, susterkoerant van Volksblad. Sy kom in die plek van Ainsley Moos. Van Eeden het haar loopbaan in die joernalistiek by die Pretoriase streekkoerant Rekord Weekblad begin. Daarna was sy Rapport se burohoof in Pretoria. In 2005 is sy na Beeld in Johannesburg waar sy in 2009 tot assistent-redakteur bevorder is. Sy het die graad B. bedryfskommunikasie aan die Noordwesuniversiteit, asook ’n honneursgraad in politieke wetenskap aan Unisa, verwerf. Die datum van haar oorplasing is na verwagting binnekort.

3

Clarens presents a literary feast

TWEE Vrystaters is in Midrand deur Graan SA as die land se beste graanboer en nuwelinggraanboer aangewys. Van links is die wenners met hul gades, Nuna en Israel Motlhabane van Wesselsbron en René en Gilly Scheepers van Fouries­ burg.

GSA beloon boere GILLY SCHEEPERS van Fouriesburg is Vrydagaand in Midrand as Graan SA (GSA) se kommersiële graanprodusent vir 2012 aangewys. ’n Beskeie Scheepers van die Bloukruinlandgoed by Fouriesburg, Bethlehem en Paul Roux, sê dié toekenning is ’n groot eer en hy het nie gedink hy gaan as GSA se beste graanprodusent bekroon word nie. “Ons boer met iets van alles. Ek het nie

verwag dat ’n gemengde boerdery sal wen nie. Boerdery is my stokperdjie, dit is my alles.” Scheepers boer al vir 27 jaar. Hy sê boerdery is harde werk, maar dit is vir hom ook lekker. Die ander finaliste in dié kategorie was Francois en Pieter Eksteen van die Witvleiboerdery by Piketberg en Johan van Huyssteen en sy seun Johan jr. van Virginia.

A LITERARY FEAST will take place at the Clarens Centenary Celebrations on Saturday, 20 October. Engage with fine writers over a sumptuous dinner at the Phatt Chef Restaurant. Chef patron Simon Kerr promises great food, superb wines and interesting conversation courtesy of these illustrious authors: . Anné Marié du Preez-Bezdrob . Alexander Strachan . Donve Fullard . Peter Badcock-Walters . Jo-Anne Richards . Peter Beynon . Carmel Rickard . Phakama Mbonambi . Maja Kriel Attendance is R195 per person. Bookings are essential. Activities at the Bookfest The activities will include dramatic readings, a writing workshop, a teaparty, a sundowner show, a writers’ dinner and literary discussions. Events will be at the Bibliophile Bookshop, Clarens. Admission to Bookfest events are free. Booking is advised as seats are limited. Books will be on sale here. Contact Debra Stewart on 058-256-1692 (business hours) or email her on clarensbooks@gmail.com. You can also visit www.clarenssa.co.za or http://www.facebook.comClarensCentenaryCelebration.

Impakstudie: Mosterd na die maal? Johan Viljoen

JOHANNA (JO) VAN EEDEN is die nuwe redakteur van Volksblad.

’n PAAR oplettende inwoners van Reitz was baie verras toe hulle die klein, byna weggesteekte aansoek om ’n omgewingsimpakstudie vir die “nuwe” begraafplaas buite Reitz sien. Wat Reitzers nou aan die wonder het, is hoe ’n aansoek om ’n impakstudie nou deur die Nketoana-munisipaliteit ingedien word vir ’n begraafplaas wat al geruime tyd bestaan en waar reeds baie grafte staan. Daar is ’n betoningang gebou en ook openbare toilette opgerig.

Die kennisgewing van die aansoek vir ’n omgewingsimpakstudie is op ’n stopteken buite die dorp, op ’n A4-bladsy wat met plastiek oorgetrek is, aangebring. Volgens regulasies moet ’n omgewingsimpakstudie eers gedoen word voordat ontwikkeling gedoen kan word waar moontlike gesondheidsrisiko’s kan wees. Die vraag is egter steeds watter prosedures die munisipaliteit gevolg het rondom die ontwikkeling van die begraafplaas, as in ag geneem word dat die begraafplaas reeds in gebruik is. Die dorpsbestuurder was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

’n OMGEWINGSIMPAKSTUDIE­KENNIS­ GEWING vir die “nuwe” begraafplaas bui­ te Reitz. Foto: Johan Viljoen


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

Vrystaat HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

Hou kore in stand en red só die kultuur DIE besoek verlede Maandagaand van die wêreldberoemde Praagse Filharmoniese Koor aan die Hoërskool Witteberg stem ’n mens tot nadenke. Die koorsang van een van Europa se beste kinderkore was ’n plesier om na te luister. Voeg hierby ons eie spogskoolkore en die instrumentale ensembles van Bethlehem wat die verhoog met die Praagse koor gedeel het – dit was ’n aand van gehaltemusiek. Koortradisie in Suid-Afrika word gekenmerk deur multikulturele strominge van Westerse, Afrika- en selfs Oosterse invloede wat ’n groot rol in die vorming daarvan gespeel het. Europese immigrante het koor- en musiektradisies na Suid-Afrika gebring, terwyl sendelinge oor eeue heen die koortradisies deur kerke en skole bevorder het. Kerk-, skool-, jeug- en universiteitskore het nog altyd ’n besonderse bydrae gelewer om koorsang te bevorder. Dit is ongelukkig so dat musiek en koorsang deesdae in die meeste skole in Suid-Afrika ’n Aspoester geword het. Afgod Sport, ondersteun deur Mammon, het dit reggekry om iets wat ewigheidswaarde het en die gees voed nie net te onderdruk nie, maar in baie gevalle ook te laat sneuwel. ’n Hand vol skole oor die OosVrystaat heen bedryf nog ’n koor. Koorleiers kan boeke vol getuig van hoe hulle deurgaans ’n opdraandstryd moet voer om in afskeeptyd kooroefeninge uit te woeker en kore op die planke en aan die gang te hou. Waarom borg die meeste sakeondernemings of individue net altyd sportgebeure by skole en nie ook kultuur- en kunsbedrywighede nie? Het onderwys kultureel so vervlak dat koorsang en Westerse musiekonderrig nie meer waarde het nie? Ken die jeug nog hul volksliedere? Suid-Afrika het vervlak tot ’n kultuur van rugby, bier, ’n vleisbraaiery en oppervlakkige, eentonige doef-doef-musiek. Vir Maandagaand se kore en musikante is daar egter net die uitroepe: Bravo! Mooi so! Hou so aan!

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

Wolhuterskop: Red reservaat ELIZMA, Eden-hoewes, Bethlehem: HIERMEE my inset oor die protesvergadering in die Hotel Park oor Wolhuterskop. Te danke aan God het ek die voorreg om, vandat ek my verstand het, elke dag die natuur, voëls en wilde diere op Wolherskop te besigtig en vanuit my eie sitkamer te bewonder. Noudat kerkgangers naweke daar dienste mag hou, is dit ’n hartseerstorie. Vragmotors, motors, bakkies en busse vertrap die veld wat ook besaai word met vullis en die veld word as toilet gebruik; alles wat tot die dood van en siektes by die diere lei. Die naweek van 4 tot 7 Oktober is ’n baie groot deel van die reservaat afgebrand en baie diere verwilder en sonder kos

Leer uit teleurstelling en groei tot ’n leier LIEWE leerlinge, Ek is genooi om met julle te gesels oor leierskap, die keuse van leiers en die teleurstelling daarvan as mens dalk nie gekies word nie. Ek werk elke dag in die korporatiewe omgewing met leiers, sowel as om klasse oor leierskap by die universiteit aan te bied aan mense wat hul leierskapvaardighede en kennis wil verbreed. Julle staan vandag om as leiers verkies te word, en danksy die sisteem van verkiesing is daar van julle wat vandag ná die aankondigings baie opgewonde gaan wees en dan die ander wat teleurgesteld gaan wees. Die feit van die saak is dat die stemming grootliks buite jou beheer gaan wees. Dit gaan afhang van ’n klomp faktore, en uiteindelik is dit geensins ’n veroordeling as jy dit nie maak nie. Dit is bloot die feit dat iemand anders om verskeie redes (goed of sleg) meer stemme getrek het. Ironies is dit juis teleurstelling en die verwerking daarvan wat jou in staat stel om sterker anderkant uit te kom. Jy

gelaat. Vandag, 9 Oktober, is daar steeds toilette, vullis en tente wat nie verwyder is nie. Kom ons staan saam vir die redding van Wolhuterskop en keer saamtrekke daar.

Province needs to intervene ROY JANKIELSOHN, Bethlehem: MY letter to the MEC Ms Qabathe regarding Wolhuterskop: “Attached is a previous letter sent to you on 28 March that was never replied to. Since sending this letter the municipal manager and mayor of Dihlabeng have granted further permission for the use of the nature reserve for the Tyrannus church services without council approval. “Furthermore, municipal resources have been used to upgrade roads, pay for cleaning and various other services for these services. The use of the reserve for services, in which up to 15 000 people participate, is not only contrary to environmental legislation, but places huge stress on the wildlife in the reserve. “On entering the reserve to inspect the site, I was expected to pay R51. The question is whether people attending church services on the re-

S

andsteenpraatjies

sien, teleurstelling gee perspektief oor wat werklik belangrik is. Geen wêreldse gewildheid en stemming kan jou gelukkig maak nie. Geluk is iets wat ’n mens in jou dra, dit kom nie van buite af nie. Dit is waarom ons praat van ’n ingesteldheid en nie van ’n uit-gesteldheid nie. Elke keer dat jy teleurgestel word, het jy die keuse om te groei en ’n beter mens te word. Die alternatief is om te verwyt en ’n bitter mens te word. Die keuse bly joune. Die feit is egter dat jy met jouself moet saamleef, en ek leef veel eerder met ’n paar groeipyne as met bitterheid en verwyt. Interessant genoeg is die verkiesing van leiers iets waarby dié wat gekies word en dié wat nie verkies word nie, kan baat vind. Jy sien, as jy verkies

serve also pay this amount, and to whom payments are made. I have been informed that such individuals are expected to contribute, yet municipal funds are used to support these services. “If 15 000 individuals attend such a service and pay what residents are expected to pay to visit the reserve, then the municipality should generate an income of R765 000 per service. At this stage ratepayers are spending money and getting nothing in return, while other churches in Dihlabeng receive no such support from the municipality. Concerned residents of Dihlabeng are now reverting to legal action to prevent these illegal activities from taking place and to force the municipality to uphold the law. This should be the job of the municipality. If it fails to do so, the province should intervene. Your assistance as MEC for Environmental Affairs, and as such custodial of the reserves and environmental legislation in the Free State, would be appreciated.”

Pres. Jacob, gryp asb in JACOB CLAASSEN, Paul Roux: HIER is ’n voorstel aan president Jacob van ’n ander Jacob.

word, begin ’n nuwe verantwoordelikheid, ook ’n geleentheid om te groei. Maar posisie alleen maak nie van jou ’n leier nie. Vir dié wat nie verkies word nie, is daar die wete dat jy nie die posisie het nie, maar steeds leiding kan neem, en jou eie paadjie moet kies na jou eie definisie van sukses. Jy sien, sukses was nog nooit in mag nie, ook nie in geld of besittings of gewildheid nie. Sukses is om die legkaart te voltooi waarvan God die stukkies lank reeds binne in jou geplaas het. Dit is om te leef met ’n glimlag en die wete dat jy jou bes doen om die beste jy te wees wat jy kan wees. En niemand anders kan dit doen nie. Dus, wen of verloor – onthou gerus dat jy die kans het om ’n beter mens anderkant uit te kom. Moenie die geleentheid laat verbygaan nie. En onthou, in die groter prentjie lyk sommige legkaartstukke dalk nie of hulle pas nie, maar wanneer alles bymekaarkom, is die prentjie perfek. Moet dus nooit ophou glo of bou nie. Geleenthede kom altyd weer vir hulle wat glo en groei.

Jacob van Paul Roux. President Zuma dra eerstehandse kennis van die fiasko op Sondag 7 Oktober in Wolhuterskop buite Bethlehem, aangesien hy, en daarom sy entourage ook, teenwoordig was toe ongeveer ’n driekwart van die natuurreservaat en meer deur die optrede van die Dihlabeng-munisipaliteit en Tyrannus- Apostoliese kerk afgebrand het. Geagte President, doen stappe teen die Dihlabeng-munisipaliteit oor sy personeellede se onsinnige, onbekwame en patetiese optrede voor en ten tyde van die brand. Laat ondersoek instel oor hoe die Tyrannus- Apostoliese kerk met net ’n munisipale bestuurder se toestemming in ’n natuurreservaat beland het. Die Dihlabeng-munisipaliteit moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die patetiese optrede tydens die brand en daaroor veroordeel word. Die geld ontvang en alle wins gemaak danksy die misbruik van die reservaat moet aangewend word om die reservaat te herstel. Veldwagters en die behoorlike bestuur van Wolhuterskop moet sterk oorweeg word. Byvoorbeeld die woord Tyrannus en pad teen die koppie op wat deur ’n patetiese amateur geskryf en uitgelê is met witgeverfde klippe moet onmiddellik verwyder word. Dan moet daar Wolhuterskop geskryf

word, maar deur deskundiges. Geskiedenis vertel dat die kop nog nooit so bekend was vir godsdiensdoeleindes as byvoorbeeld Moria nie. Wat maak hom nou skielik ’n aanbiddingsplek? Alle reëls en wette oor die natuurreservaatbedryf en openbare gebruik is met die toekenning van byeenkomsregte aan die Tyrannusgroep oortree. Goeie raad deur kundiges: Skynbaar was net een brandweerwa op die terrein deur slegs die bestuurder beman. Higiëne (toilette, opwasgeriewe, water), mediese bystand, algemene veiligheid en ander is geïgnoreer deur die Dihlabeng- munisipale bestuurder. Hy is verskeie kere genader maar kon nie deur die feite oorreed word om reg te laat geskied nie. Diegene wat voorgestelle gemaak het en geïgnoreer is– die plaaslike boere en Wolhuterskop-inwoners – moes toe die brand blus. Die held op sy perd wat die brand wou help blus en wou sien watter hulp ontbied moet word, is toegesluit in plaas daarvan om as held vereer te word. Ek vermoed diegene wat hom beskuldig, weet hoe die brand gestig is. Meneer die president, van een Jacob aan ’n ander Jacob: U was daar en is dus ’n ooggetuie. Vervolg die skuldiges in die tragiese misbruik van ’n natuurreservaat en prosedeer hulle, asseblief.


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

5

Bundu sê dankie aan borge

BELANGHEBBENDES hier is van links Sibongile Mnguni, Esmarie Tesner, Hanlie Barnard, Tersia Schulz en Amos Motsoeneng. Foto: Johan Viljoen

KMD op Reitz se naam nou Engo Johan Viljoen DIE Kerklike Maatskaplike Dienste (KMD) op Reitz heet nou die Engo-gesinsorg Reitz. Die NGMD-bestuur, waarvan KMD-Reitz ’n sub-program is, het besluit om die naam waaronder die instansie handel dryf en bemarking doen te verander. Een van die hoofredes is dat dit duidelik geword het dat die eksterne beeld en

bemarking met die oog op geldinsameling al hoe belangriker word. Só sê Hanlie Barnard, voorsitter. Sy sê die naam waarop besluit is, is Engo. Die voordele aan die nuwe naam is: . Engo klink in alle tale dieselfde; . NG (vir Nederduitse Gereformeerde) is steeds sentraal as die kern van die naam . Die E staan vir ewigheid. . NGO – staan ook vir Nie-

regeringsorganisasie. Die naam het verander, maar die diens bly steeds dieselfde, naamlik om voorkomingsprogramme en statutêre programme aan Reitz/Petsana en Petrus Steyn/Mamafubedu te lewer. Mense in nood word deur “die Woord en Brood” bedien en tot selfontwikkeling begelei. Vir meer inligting bel Engo by 058-863-1097.

DIE Riemlandse Bundu-komitee het verlede Donderdagaand ’n spesiale geselligheid gehou om sy borge te bedank vir hul bydrae tot die fees vroeër vanjaar. Die gaste het heerlik gekuier, wyn gedrink en kon smul aan die kaasborde, sosaties, garnale, ribbetjies en kaasworsies. Cobus Labuschagne, voorsitter van die komitee, het die gaste verwelkom en hulle vir hul belangstelling en ondersteuning bedank; nie net met die fees nie, maar ook vir die opbouing van Lindley self. Die Riemlandse Bundufees se hoofdoel is liefdadigheid, maar dit is ook vir die komitee belangrik om iets opwindends aan die gemeenskap te bied. Danksy die borge en ondersteuning van ondernemings,

KOMITEELEDE van die Riemlandse Bundu­fees wat jaar­ liks op Lindley gehou is, is van links Hanlie Labuschagne, Marietjie Purchase, Liané Rautenbach en Martie Ferreira. boere en mense kan die fees voortgaan. Die komitee werk reeds hard aan sy beplanning vir 12 en 13 April 2013. ’n Groot motorfiets- en

bergfietspretrit is van die aktiwiteite wat aangebied gaan word. Rig navrae vir die 2013-fees aan Christa Henning by 083709-3695.

Restrict unwanted marketing Braam Botha THE Consumer Protection Act (CPA) provides the consumer with a variety of rights. Among these rights is the consumer’s right to privacy, which include the right to restrict unwanted direct marketing, as well as regulate the time at which the consumer may be contacted. Direct marketing means to approach a person (by mail or electronic communication) for the direct or indirect purpose of promoting or offering to supply, in the ordinary course of business, any goods or services to the person or requesting the person to make a donation of any kind for any reason.

The right to restrict unwanted direct marketing allows the consumer to request that such communications be discontinued and even to preemptively block these communications. The consumer may register a pre-emptive block on the registry at https://www.nationaloptout.co.za.

In addition, where a consumer displays a sign stating “no adverts”, a direct marketer may not in that instance place or attach any material primarily aimed at direct marketing in whichever format. The direct marketer must in addition confirm in writing to the consumer that they are in receipt of the “no adverts” statement alternatively the “unsubscribe” request from the consumer. Braam Botha is a CPA and commercial law practitioner and at the request of Vrystaat, regularly contributes articles relating to business and the workplace for publication. For more information, contact Botha on 058-307-0300 or braam@dupbosch.co.za.


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

VERSKEIE mense is met Petrus Steyn se eeufeesviering op 13 Oktober vir ge­ meenskapsdiens vereer. Hier ont­ vang Nanien de Wet, klinieksuster op die dorp, ’n er­ kentlikheidsertifi­ kaat van Trix Ven­ ter, lid van die reü­ nie­komitee.

ANDRIES HOUGH het sy 90ste verjaardag op 24 September in die Residentia­stig­ ting op Bethlehem gevier. Hy is met So­ phia Booysen getroud en het twee dog­ ters en vier kleinkinders. Sy agterkleinkin­ ders, Kara en Juan du Toit, sê: “Ná 90 jaar kan hy nie meer loop nie, maar sy noukeu­ rige boekhouerverstand word met ’n So­ doku of drie per dag op en wakker gehou. Hiermee ’n innige dankie aan almal wat op hul eie, onbaatsugtige wyse ’n bydrae ge­ lewer het om die spesiale dag saam met oupa Andries te vier.”

Vier 50 jaar as egpaar THEUNS EN MA­ RIETA TERBLAN­ CHE van Reitz het onlangs hul 50ste huweliksherden­ king gevier. Die paartjie, wat op Se­ nekal ontmoet het, het twee kinders, Elizma en Dieter, en vyf kleinkinders. Die egpaar skryf hul lang en gelukkige huwelikslewe toe aan die genade van die Here en weder­ sydse respek vir mekaar.


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

7

Vereer vir gemeenskapsbydrae AGATHA DE BEER, dekades lank ’n onderwyser aan die vroeëre Hoërskool J.A. Malherbe op Petrus Steyn, is vir haar besonderse gemeenskapsbydraes vereer. Hier ontvang sy, geklee in ’n ou skoolbaadjie van die skool, ’n erkentlikheidsertifikaat op die Eeufeesreü­ nie van Petrus Steyn van Trix Venter, lid van die reëlingskomitee. Foto: Susan Maré

Ek kies om besig te wees Liané Rautenbach

G

werklik gerealiseer nie. Die ekstra taal (Sotho) wat ek wou leer praat, het gevorder tot vyf woorde en die res van my voornemens kan ek werklik nie eens meer onthou nie. Tog verkies ek ’n warrelwindlewe, ’n gejaag of laat ek dit mooi uitdruk – ’n besige lewe. Iets wat my kop aan te gang hou. Sodra ’n mens te stil sit, kan jy negatief meegesleur word. Die teerpaaie wat besig is om onrybaar te word, die petrolprys wat aanhou styg, die belaglikheid van al die stakings. Ek kan aangaan tot vervelens toe. Tog is dit lekkerder om liewers gewaai te word deur die wind as om te sit en tob oor al die negatiewe dinge van ons land. Dis vir seker beter om die laaste drie maande van die jaar “mooi” in te kleur. Al gaan dit soms te dol en voel dit of jou kuif te skeef waai. Die glitz en glam van afskeidgesellighede en Kerspartytjies bring iets blink in almal uit. Dit gooi ’n kombers oor die jaar se foute en maak die prentjie vir ’n rukkie mooi.

eselshoekie

“O jou rolbos, waaibos, tolbos – jy kan ook mos voel weet jy?” Hierdie tyd van die jaar tref ’n mens soos ’n groot warrelwind en jy dwarrel letterlik van die een byeenkoms na die volgende. Partykeer voel jy die wind van voor, maar meestal waai jy maar net vorentoe en doen wat gedoen moet word. Byeenkomste, afskeidsgesellighede, eksamens of nog ’n laaste geldinsameling of Kersmark. Ons probeer alles inprop en inpas en besef dan skielik die dae en naweke het te min geword vir alles wat nog gedoen moet word. Tog stoom ons voort en geniet die gejaagheid, al die gesellighede en die feit dat 2012 amper op sy rug lê. ’n Jaar se einde bring egter altyd vir my ’n bietjie angstigheid. Afgesien dat dit planttyd en ’n gejaag op die plaas is, onthou ek ook skielik van my voornemens in Januarie en besef niks het


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

Aand om te onthou Susan Maré DIE Praagse Filharmoniese Kinderkoor se optrede by die Hoërskool Witteberg op Bethlehem wat ook die gasheerskool vir die geleentheid was, was ’n aand om te onthou. Die aand het nie net die verhoog aan Europa se topkinderkoor gebied nie, maar ook aan plaaslike talent van skitterende gehalte. Die viool-ensemble van Susanne Lessing wat deur Joe Nelson gedirigeer is, was eerste op die program. Dat vioolonderrig die afgelope jare op Bethlehem floreer, is verblydend. Watter plesier om hierdie jong violiste dop te hou en waar te neem hoe hulle van konsert tot konsert ontwikkel in musikaliteit en tegniese vaardighede. Die Truida Kestell-blokfluitorkes is nog ’n projek op Bethlehem wat prysenswaardig is. Leerlinge wat oor jare deel was van hierdie ensemble onder leiding van Jenny Reed ontvang ’n erfenis wat hulle lewenslank met hulle gaan saamdra – naamlik liefde vir goeie musiek. Hulle sal eendag hierdie orkes-indie-kleine-ervaring baie waardeer. Die Dohnanyi-komposisie wat deel was van hul program en deur Reed verwerk is, was nie ’n maklike komposisie om uit te voer nie. Die dissipline van dié orkes het egter soos altyd

opgeval en die werk is voortreflik uitgevoer. Derde aan die beurt was Flambojant – ’n serenadegroep van die Hoërskool Voortrekker. Jong seuns het die gehoor vermaak met a cappella-liedere. Om sonder begeleiding in stemme te sing is nie enige man se maat nie – dit weet elke koorlid op aarde. Hierdie seuns verdien applous vir hul poging en dit was ’n plesier om te sien hoe hulle dit geniet om te sing. Plaaslike kore wat Bethlehemiete trots gemaak het, was dié van Graanveld onder leiding van Suzaan du Toit, die Witteberg-meisiekoor onder leiding van Corné van Zyl, die Jordania- junior koor onder leiding van Eunice de Villiers en die Jordania- senior koor onder leiding van Hansie Jordaan. Baie geluk aan elke koorleier en ook die begeleiers van die aand – René Human en Bernette Erasmus – vir voortreflike ondersteuning. Die room van die aand het egter uit Europa gekom, naamlik die Praagse Filharmoniese Kinderkoor onder leiding van prof. Jiri Chavála (80) wat sedert 1967 dié koor dirigeer. Die sogenaamde Kühn-kinderkoor is reeds in die 1930’s begin en die koor se formidabele tradisie strek al sedert dié tyd. Dié koor waarna Bethlehemiete bevoorreg was om te luister is al op verskeie internasionale koorfeeste met eerste plekke in verskeie

DIE Praagse Filharmoniese Kinderkoor het verlede Maandag by die Hoërskool Witteberg op Bethlehem opgetree. Van links is die begeleier (naam onbekend), koorsangers (name onbekend), Coenie Venter (skoolhoof), ’n koorlid, Corné van Zyl (dirigent: Witteberg se meisiekoor) en prof. Jiri Chavála, dirigent van die Praagse koor. Foto: Susan Maré lande bekroon en word as die top-kinderkoor in Europa beskou. Die Praagse koor het ook ’n kleurryke vertoning van volksdanse vol simboliek gelewer. Dit was vir konsertgangers ’n aand om vir altyd te onthou. Die programleier, Coenie Venter, skoolhoof van Witteberg, het tereg opgemerk dat Suid-Afrikaners in die algemeen skaam is vir hul eie volksdanskultuur – volkspele. Daarenteen het die Europeërs húl volksdanse met oorgawe en trots met die gehoor gedeel. Venter is reg. Baie Suid-Afrikaners van Eu-

ropese afkoms ken nie meer dié soort kultuuruitlewing nie. Die fyn kultuurerfenisse van goeie musiek, volksdanse, koorsang, opera, simfonie-orkeste en ander het met verloop van tyd verdwyn. Dit is vervang deur ’n kultuur van rugby, bier en braaivleis – wat baie hoër geag word as koorsang. Baie geluk aan Witteberg vir dié geleentheid. Geluk ook aan elke skool waar koorsang en musiekonderrig nog hoog geag word. Dankie aan die Tsjegge wat ons weer herinner het aan ons Europese kultuur- en musiekerfenis wat steeds in baie harte klop.

ning sal maak. “Die fees gaan oor good living, kuns, kos, wyn en handgemaakte produkte, en dit is ook die beplanning vorentoe vir die dorp,” sê Michael. Clarens is propvol kuns, daarom is ’n kunstoer na die galerye op die dorp deel van die program. Verder is hier 23 restaurante wat koffiewinkels, Italiaanse kos, familierestaurante en hemelse fyngebak insluit. Die dorp se buitelewe-aktiwiteite het een van sy grootste trekpleisters geword en hiervoor sal ook op die fees

voorsiening gemaak word. Tien van die bekendste wynplase in die land gaan ook met hul produkte kom spog. “Ons het in 2008 met die wynproegeleenthede begin en hou nou so agt proeë per jaar. Kos en wyn gaan mos saam,” vertel Michael.Benewens die Bibliophile-boekefees, kunsmark, sjebientoere in Kgubetswana en kosdemonstrasies met André Schwartz, sal ’n perde-kommando ook op 20 Oktober sy pad deur die dorp vind. Clarens was in 2011 Volksblad se Toerismedorp van die Jaar.

Clarens is slaggereed vir vanjaar se groot eeufees Siska Martin SEDERT April verlede jaar het die verblyfaanbod op dié dorp van 2 400 beddens tot 3 400 gestyg, ’n hele 40%. Michael Scheepers, voorsitter van die plaaslike toerismeforum, sê die komitee werk nou ekstra hard om Clarens weer onder die drie gewildste bestemmings in Suid-Afrika te kry. Dit is nou vyfde. Die dorp is kliphard aan die voorberei vir sy eeufees van 19 tot 21 Oktober.

Michael sê die fees kon nie op ’n beter tyd gekom het nie. “Die fees het die inwoners bymekaargebring en ons het gesien wat die krag van ’n dorp is as die inwoners saamwerk.” Die afgelope 18 maande is daar ook besonderse samewerking tussen Golden Gate en Clarens. “Ons het by mekaar geleer dat toerisme nie grense het nie. Ons wil hande met ons buurdorpe vat.” Vir die eeufees beplan die dorp ’n verskeidenheid vermaak wat vir enige smaak voorsie-


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

NELENE SCHOOMBIE hard aan die werk om haar sosaties te maak.

9

DIE wenners van die sosatiekompetisie is van links, voor: Ria Kohler en Jeanne Strausse; agter: Tommie Strausse, Arthur Flemix, Raymond Kohler en Corne Acker­ man.

DIE spanne braai sosaties en maak gereed vir die beoordeling.

ALMAL in ’n plesierige luim.

DIE Bethlehem Nissan­personeel het heerlik saam met hul kliënte gekuier.

SOSATIES lyk heerlik: Riaan Eksteen is be­ sig met die voorbereiding en langs hom staan Nicky Saunders.

VAN links berei Thys Pieterse (onderdele­ bestuurder), Nicky Saunders (voorraad­ kontroleur) en Att Schoombie (bestuur­ der) voor vir die nasionale Nissandag.

NICKY SAUNDERS doen voorbereiding vir die sosatiekompetisie.

LIPLEKKER sosaties.

DIE naaswenners van die sosatiekompeti­ sie is van links JP Marais, Chantelle Marais en Jo­Anne Gous. Foto: Verskaf

DIE derdepryswenners van die sosatie­ kompetisie is van links Deon Schoombie, Nelene Schoombie en Hennie Spalding.


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

Ontspan in jou eie styl ’n DROOM­SITKAMER. Dié vertrek met sy pragtige bank van leer, skilderye en pastelgeverfde mure nooi mense vir ’n gesellige kuier. Dié sitkamer in die huis in Pres. Burgerstraat van Alda van der Merwe wys haar smaak. Besoek gerus Alda’s Interior Bethlehem in die Metropolitan­sentrum (winkel 30 aan die buitekant van die sentrum) of bel haar vir kwotasies by 058­303­3169. Inlas: ’n Vriendelik­gesellige spaarkamer aan die hand van Alda van der Merwe. Die binnenshuise versiering hier straal die kalmte en warmte uit wat ’n mens in ’n slaapkamer verwag.


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

ALDA’S INTERIOR BETHLEHEM is ’n onderneming wat reeds 12 jaar op binneversiering van prima gehalte toegespits is. Alda van der Merwe, eienaar van Alda’s Interior Bethlehem, kan die vaalste vertrek in die perfekte leefruimte omskep wat nie net prakties is nie, maar ook esteties tevrede stel. Die onderneming is ver buite die Oos-Vrystaat se grense bekend. As binneversierder slaag Alda daarin om haar telkens in die kliënte se skoene te plaas en só haar bes vir hulle doen.

Sy streef daarna om hul persoonlike smaak en voorstelle vir hulle te verwesenlik en fyn af te rond. Alda beskou dit as haar werk om positief leiding te kan gee en ’n kliënt se unieke smaak verder met nuwe idees te ontwikkel. Kliënte gee baie geld op binneversiering uit en sy wil hulle help om die regte, tydlose keuses te maak. Binneversiering is ’n kreatiewe vorm van kuns wat nooit stilstaan nie. Om haar bes vir kliënte te lewer maak Alda seker dat sy altyd aan die voorpunt van nuwerwetse idees en ontwikkeling is.

BINNEVERSIERING soos dié wat kalmte, warmte en fyn afronding uitstraal, is eie aan die style wat Alda’s Interior Bethlehem aan sy kliënte bied.

Sy kan saam met kliënte droom en pas haar by verskillende style aan wat wissel van klassiek, outyds, plaasatmosfeer tot sandsteen en modern. “Die belangrikste is dat ’n vertrek vriendelikheid, gasvryheid en warmte moet uitstraal – dit is waar mense gelukkig wil wees.

11

“As jy enige drome het om jou leefruimtes weer op te kikker, jou mure te laat praat met helder verf, treffende plakpapier en eksotiese lap wat jou interieur weer ’n nuwe voorkoms gaan gee, bel ons gerus,” nooi Alda. Bel Alda vir kwotasies by 058-303-3169 of 082-825-0580.

DIE wittebroodkamer van die gewilde Oranje­gasteplaas tussen Fouriesburg en Clarens.


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

Beskerming van familie-welvaart Dawie Klopper

VOLGENS ’n onlangse verslag van Prudential sal daar teen 2016 ongeveer 250 000 dollarmiljoenêrs in Suid-Afrika wees. Hierdie groep suksesvolle mense sal al hoe meer met finansiële adviseurs moet saamwerk om hierdie welvaart vir hulle te laat werk en vir die familie te beskerm. Die navorsing van Prudential wys ook dat dié groep mense sekere verwagtinge van hul finansiële adviseurs het, onder meer in rangorde: . Die behoefte om reeds verkrygde welvaart te beskerm; . Effektiewe portefeuljebestuur; . Spesialis-beleggingsadvies; . Deursigtigheid by verslagdoening en koste; . Globale bate-allokasie en bestuur; . Bykomende dienste; en . Boedelbeplanning en erfopvolging. Navorsing toon ook dat beleggers vandag versigtiger, meer ingelig, minder vertrouend en lojaal is en beter diens en duidelike waarde van hul adviseurs verwag. Met al die regulatoriese verpligtinge gaan finansiële beplanningskantore minder wees wat aan al die vereistes, ook van die kliënt se kant af, sal kan voldoen en beleggers sal al hoe meer beweeg na kantore wat diepte van ervaring, dienste en kontinuïteit bied. Ons sien ook al hoe meer in ons praktyk dat ons families welvaart bestuur en dat meer familielede by die proses betrokke is en ons verwelkom dit. Mans is tradisioneel geheimsinnig oor hul geldsake, maar dit is noodsaaklik dat hul gades by die beplanningsproses betrek word, sodat gemoedsrus geskep kan word en die uiteindelike oordrag van bates maklik kan geskied. Die gebruik van testamente en trusts bly

steeds baie belangrik en moet verkieslik behartig word deur ’n spesialis wat ook die beginsels van finansiële beplanning verstaan. Hoewel kapitaal redelik beskerm bly wanneer oordragte tussen gades plaasvind, kan die kapitaal baie maklik verdwyn wanneer die DANIE DU PLOOY gades nie meer daar van PSG Konsult op is nie en die kinders Bethlehem. Bel bloot die opbrengs hom vir inligting van die likwidasieoor finansiële dien­ en distribusierekeste en beleggings ning van die boedel by 058­303­5202. ontvang. Die geld word baie maklik uitgedeel of bestee deur die jonger familielede waar beskerming van die welvaart op ’n jonger leeftyd nie ’n prioriteit is nie. Die antwoord is om kinders van vroeg af aan die aandelemark bloot te stel deur byvoorbeeld ’n aandeelportefeulje of effektetrust waar hulle die wonder van kapitaalakkumulasie deur saamgestelde groei kan ervaar. Terselfdertyd kan ’n belangstelling in beleggings en die onderliggende maatskappye waarin belê word, ontwikkel en die noodsaaklikheid kan waardeer van ’n langtermynsiening en blootstelling aan aandele om kapitaal te beskerm. In later jare moet hulle ook bekend gestel word aan die familie se kapitaalbeskermingstrategie, wat diversifikasie en realistiese doelwitte insluit, om insgelyks ook eendag die welvaart van hul kinders te verseker.

Vra ’n kundige vir hulp met belegging in effektetrustfonds Dawie Klopper ONS by PSG Konsult het al baie oor die filosofie van belegging of die noodsaak van ’n goeie beleggingsplan geskryf. Telkemale sou die onderliggende beleggingsinstrument effektetrust wees, al was dit net implisiet so bedoel. Maar hoekom is effektetrusts so gewild? Eerstens, kan enigiemand, met min of baie geld, daarin belê. Dit is maklik om dit te doen. Die proses is dat al die verskillende beleggers se geld bymekaar gevoeg word en dan aan die toegewysde fonds se unieke bankrekening oorbetaal word. Die fondsbestuurder van dié fonds sal dan daagliks ’n staat kry van hoeveel kontant in die bankrekening beskikbaar is en dan kan hy of sy besluit of hy of sy daardie kontant vir aankope wil aanwend. Elke fonds het sy eie trustees en dié sal in die finale instansie die fondse vir betaling aan die aandelemakelaar, waardeur die spesifieke aandeel aangekoop was, beskikbaar stel. ’n Effektetrustfonds behoort dus aan sy onderaandeelhouers en nie aan die fondsbestuursmaatskappy wat die produk aanbied nie. Selfs al sou so ’n maatskappy ondergaan, is die beleggers veilig. ’n Mens moet egter nie sommer enige effektetrustfonds koop nie. Jou adviseur moet jou hierin lei of jy moet self besluit wat die doel van jou belegging is. Verder moet jy dalk ook net besin oor jou risikoprofiel en jou aptyt vir risiko. Op grond hiervan, kan jy dan besluit in watter bateklas, dit is tipies aandele, effekte, eiendom of geldmark, jy wil belê. Jy kan ook ’n kombinasie hiervan inspan. Elke fonds het ’n mandaat waarvolgens hy bestuur word. Dit bepaal tot watter mate die fonds in watter bateklasse kan belê. Hierna volg ’n moeiliker deel: Jy sal moet besluit watter fondsbestuurder of groep van fondsbestuurders jy wil gebruik. In dié verband is baie mense geneig om na historiese

prestasie te kyk as die begin en einde van hul besluit. Dit is dalk die laaste deel van jou besluit, maar beslis nie die eerste nie. Met navorsing en kundigheid kan jy besluit wie die fondsbestuurhuis of huise is waarmee jy gemaklik is. In dié stadium behoort jy reeds al besluit het in watter soort fonds jy wil belê. Nou kan jy na historiese prestasie kyk, maar dalk moet jy na ’n kombinasie van kortertermynprestasie en ook langtermynprestasie kyk. As die langtermynprestasie goed is, maar die korttermynprestasie swak is, moet jy oordeel of hierdie onderprestasie tydelik is en of dit verklaarbaar is. Weer gaan dit dalk nodig wees om ’n kundige adviseur te betrek om jou te lei in hierdie besluit. Nie alle fondsbestuurshuise of fondsbestuurder binne so ’n huis is altyd goed nie. Dit kan ook wees dat diegene wat die langtermynprestasie gelewer het die maatskappy verlaat het en dat die nuutaangestelde fondsbestuurders nie so goed soos hul voorgangers is nie. ’n Ander attraksie van effektetrustfondse is die deursigtigheid van koste. Daar is gewoonlik twee stelle koste naamlik aanvangskoste en dan deurlopende koste. In die praktyk waar ek werk, het ons besluit om weg te doen met aanvangskoste. In terme van deurlopende koste moet onthou word dat die koste op die waarde van jou belegging gegrond word en as die beleggingswaarde styg, sal die adviseurs en die gekose fondsbestuurders se koste ook styg. Dan is dit ook maklik om ’n effektetrust te koop, dit kan as ’n enkelbedragbelegging gedoen word of dit kan met ’n betreklik lae maandelikse debietorder geaktiveer word. Die bydraes kan gewoonlik enige tyd verander of gestop word sonder enige penalisasie en meeste fondsbestuurderhuise bied ook die fasiliteit dat ’n belegger aanlyn elke dag kan sien wat die waarde van sy belegging is. Die heel belangrikste advies is om nie verder uit te stel nie.


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

JENIFER ZAMUDIO tydens daar optrede op die Bethlehem­fees.

DIE Pink Drive vir Kansa tydens die fees. Sowat R2 000 is ingesamel.

VETERAANTREKKERS jaag resies tydens die Bethlehem­fees.

DIE waarnemende burgemees­ ter, Pakiso Mokoena, was die spreker op die Bethlehem­fees se openinggaladinee.

13

BOHLOKONG­SKOLE het met sierwaens aan die Bethlehem­fees deelgeneem.

DIE kroning van Mej. Bethlehem tydens die Bethlehem­fees. Van links is Chevonne Williams, wat as Mej. Fotogenies aan­ gewys is, Naledi Mokoena, die tweede prinses, Jienie Bolz, wat die Mej Bethlehem­titel verower het, Carla Pyper, eerste prinses, en Louise­Mari de Jager, wat as Mej Persoonlikheid aangewys is.


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

EIENDOMME


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

15

Hospice se doel is palliatiewe tuissorg DIE hoofdoel van die Golden Gateway-hospice op Bethlehem is om palliatiewe tuisversorging aan terminaal siek mense te bied. Hierdie diens word deur ’n groep beroepsmense – opgeleide palliatiewe verpleegkundiges en maatskaplike werkers – gedoen. Elize Willis, bestuurder van die hospice, sê die tuisversorging behels die algehele versorging van ’n pasiënt. “So is ons mediese personeel verantwoordelik vir die pasiënt se pynbeheer en alles rondom sy fisieke versorging, ons maatskaplike personeel is verantwoordelik vir die pasiënt se emosionele gevoelens en verlieshantering tydens afsterwe van die pasiënt. “Ons oorspronlike fokus was kankerpasiënte, maar nou versorg ons ook vigs/TB-pasiënte wat tot gevolg gehad het dat ons in 2003 ’n dagsorgsentrum geopen het vir kinders wat deur MIV en ander siektes geïnfekteer en geaffekteer is.” Dit is by hierdie projek waarby Bethlehem-Tafelronde 60 in 2008 betrokke geraak het. “Ons het in 2007 met finansiering deur KFC ’n groot perseel in Bohlokong gekoop. Deur Tafelronde se betrokkenheid kon ons die opening van die Bishop Koopman Mashetchabe-gebou in 2009 en die tweede fase in 2011 vier. “Ons versorg tans 70 peuters tussen die ouderdom van drie en ses jaar in die Golden Gatewayhospice-dagsorgsentrum.” Die Golden Gateway-hospice het in 2009 ook by die ondersteuning van ouer kinders betrokke

BELANGHEBBENDES by die Golden Gateway­hospice op Bethlehem is van links, voor: Jana Swart (admi­ nistratief) en Putseletso Sengata (skoolbestuurder); middel: susters Janetta Crafford (pasiëntesorgbe­ stuurder), Bellina Mthembu (verpleegkundige bestuurder), Elize Willis (algemene bestuurder) en suster Topsy van Zyl (professionele suster); agter: Rutendo Makurira (maatskaplike werker), Barbara Ikin (HPCA), Sheryl Wust (HPCA), Giel van Schalkwyk (COHSASA), Karin Jordaan (finansiële assistent) en ds. Brian de Villiers (voorsitter van die raad). geraak en tans ontvang 100 skoolgaande kinders smiddae by die sentrum kos, hulp met hul huiswerk en ook onderrig in

rekenaarvaardighede. Die Golden Gateway-hospice is ook ’n geakkrediteerde opleidingsentrum wat palliatiewe opleiding

bied vir beroepsmense om hulself verder in palliatiewe sorg te kwalifiseer. Die Golden Gatewayhospice beskik ook oor ’n

gebruikteklerewinkel met gehalteklere. “Die publiek word genooi om ons te besoek of klere wat hulle nie meer dra nie aan ons te skenk.” Die hospice doen ook gratis MIV-toetse op sy perseel. Die Golden Gateway-hospice is ’n lid van die HPCA (HospicePalliatiewe Sorgvereniging van Suid-Afrika). In September het die hospice sy tweede akkreditasieproses deurgegaan wat deur HPCA en COHSASA (die SuidAfrikaanse Raad vir Gesondheidsdienste-akkreditasie) geëvalueer word. Hulle het met hierdie evaluering die tweede keer vol akkreditasiestatus met ’n gemiddeld van 99% bereik. Hospitale en klinieke is ook onderworpe aan dié vorm van akkreditasie. Die Golden Gateway-hospice is die enigste hospice in Dihlabeng wat ’n geakkrediteerde vyfster-hospice is wat palliatiewe sorg lewer. Die akkreditasie is oor ’n wye spektrum. Die volgende elemente word geëvalueer: . Leierskap . Personeelbestuur . Administratiewe dienste . Risko bestuur . Gehaltebestuur en ontwikkeling . Toegang tot pasiëntesorg en pasiënteregte . Interdissiplinêre span . Holistiese pasiëntesorg . Medikasiebestuur . Ondersteuningsdienste (bv. die dagsorgsenstrum) . Opleiding.


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

250-l-geiser, R3 500. Defy4-plaat stoof met oond. Lang staalkas, R800. 2 staalkombuiskaste, R1 000. Dubbelwasbak (4-deur), R3 500. Klein oondjie, R150. Bruin kas met topkas, R600. Rottangstoel, R100. Skakel 072 379 7488/072 186 8890.

A-Z FURNITURE for the

Troues, funksies, partytjies. Venue en kerk vir onthaal.

AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus).

DEFY-OOGHOOGTE OOND in nuwe toestand. Kontak 082 557 8806.

NEW WINTER SPECIAL

COLD BUSTERS ROUXSTRAAT 11A Bethlehem 058 303 4881

Annette Prinsloo

Venue vir +/- 120 gaste met area en kroeg beskikbaar. Asook platskerm-TV in kroeg. Te huur: pragtige tuin vir foto’s. 44 km vanaf Bethlehem-/Kaallaagtepad. Alles ingesluit, tafels, stoele, eetgerei, glase, spitbraai en musiek. Tafeldoeke en spyseniering beskikbaar op kwotasie vir enige funksie.

best prices on second-hand furniture. Call Steve at 083 708 4190 or 058 303 1112. We also buy gold: R100 per gram.

BOMA

LANDSCAPING

083 625 3233

Uieplantjies: Texas Grano (wit) en Australian Brown. R15 vir 100 plantjies. Marica 072 828 4916 (Bethlehem).

Skakel André 083 701 6234 Marie 072 810 9123

* Verstopte riole * Geiserprobleme * Gebarste pype * Nuwe installasies Steyn Taljaard 082 465 1034

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

Johan’s Fencing

3-TON-VRAGMOTOR TE HUUR: Drywer word verskaf. Alle afstaande. Skakel 072 670 1071

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306

Staalomheinings Motorhuisdeure Hekmotors Interkomstelsels Sekuriteitshekke Devilsfork Skakel my 24/7 072 476 3747

Hoover-tuimeldroër, grassnyers, outydse linnekas, Royal Alberteetstel, Chivaals. Broodmasjien en hangkas. Skakel 073 771 1990.

VIR ALL U TUINBEHOEFTES: Afsaag van bome, opsit van 'picket fence', sny van 'sleepers' en rommel wegry: Skakel AB Timbers 083 388 0173.

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

A graad-lammers: geslag, verwerk, vakuumverpak en word afgelewer.

Bethlehem Droogskoonmakers

TE KOOP: • Dubbelooghoogteoond. Hob met 4 plate. Blad waarin die stoofplate pas R4 200 • 6-sitplekdennehoutsitkamerstel met kussings - R3 000 • Dennehout-TVkabinet - R3 000 • 2 glasskuifdeure R1 500 elk • 2 skuifsekuriteitshekke R1 500 elk • Boot en sleepwa R7 000 • 3 slaapkamerkaste (eikehoutafwerking) R500 elk

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere

BK

Henk v Niekerk Loodgieters Diens

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

074 580 8044 Aflewering net in Bethlehem

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg

M&M PLUMBING CC Tel: 058 303 4681 082 452 5208 (Mark)

BETHLEHEM KONSTRUKSIE BK NHBRC

VIR GRATIS KWOTASIES

Bouplanne Plaveisel Teëlwerk Aanbouings Verfwerk Instandhouding Diefwering Nuwe woonhuise Veiligheidshekke Loodgieterswerk Elektriese hekke en motorhuisdeure

Als in en om u huis!

Member of institute of Plumbing No: 2831 Member of Plumbing Industry Registration Board No: 0150/85 Authorised to issue certificate of compliance. Qualified and professional service.

André - 082 748 8877 Leonie - 082 821 2150

Opregte goue Labrador hondtjies te koop 4 reuntjies & 3 tefies. Beskikbaar vanaf 1 Nov. Sal ingeënt & ontwurm wees. R1 200. Skakel: Charlene 083 343 7001. Opregte Kortbeen Jack Russel hondtjies te koop @ R400 elk , klaar ontwurm 3 tefies en 3 reuntjies . Skakel 084 301 2636.

Skakel Norman 082 443 6966

SMIT ELEKTRIES 076 346 9100 pieter.t@hotmail.co.za

For all tombstones and repairs to damaged tombstones, as well as epitaphs, etc. Please phone 058 303 4840. LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem. TAFELDOEKE Kandelare Eetgerei Peto Odendaal Lombardstr. 7. 058 303 2392.

• • • • • • • • •

HERSTELWERKE INSTANDHOUDING INSTALLASIES BEDRADING SKAKELAARS LIGTE KRAGPUNTE ELEKTRIESE TOESTELLE DStv (ESKTRA TELEVISIEPUNTE EN DEKODEERDERS) KWOTASIES BESKIKBAAR Goeie diens met ‘n billike prys

ANNIQUE Produkte. Bestel weekliks. Santie Venter 082 787 1397.

Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

Vir bespreking skakel René 039 315 1345 AMANZIMTOTI: Albatroswoonstelle teenaan die strand. Tel. 031 903 2167 /082 478 4659. www.albatrosseaview.co.za

HOOGLAND SPA ***WARMBAD

014 736 5928 * Luukse chalets * Lugreëling en DStv * Ten volle gediens * Prag swembad * Onderdak-, verhitte hydrospa * Tafeltennis en “pool”

Spesiale midweektariewe

Bethlehem Herstelwerk

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

LENTE IS PLANTTYD

Beste pryse vir nuwe voorraad plante. Flower Fun Kwekery Cambridgestr. Nr.58 by Silo.

058 303 8423

Vakansiehuis: Suidkus. Naby alles. Vanaf R400 p.n.

ARE YOU LOOKING FOR GREAT STUDENT ACCOMMODATION? WELL, LOOK NO FURTHER! KPA Private Student Accommodation has a variety of accommodation available that will suit your needs. We specialise in furnished and unfurnished accommodation close to the campus of the University of the Free State. Contact KPA now to help you find a home away from Home. 051 411 2600

Suzuki Quad Bike 250 cc 4-wiel KZT 2005-motorfiets te ruil vir kontant of 2 dragtige koeie. Skakel: 072 024 0653 of 082 744 6210.

2005 Volkswagen Chico Golf 1.4. Puik toestand. Ideale studentemotor. R47 000. Skakel 083 635 2983.

Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

Fouriesburg: Netjiese 2-

slk-huis te huur. Beskikbaar 1 Nov 2012. Kantore te

huur.

Leonie 076 789 3613.

Huis in Panorama. 3 slk, 2 badk, 2 toesluitgarages met afdak. 1 Des. 2012. Skakel 082 820 4809.

1-slk-w/s: gemeubileer en toegerus. 6 km buite Bethlehem. Onmiddellik beskikbaar. R2 500, krag uitgesl. 058 303 3020/ 082 835 1682.

The unilofts are beautiful 2-bedroom flats, fully furnished and only for UFS students. It is less than a 5 minute walk from campus. There is 24 hour security for your safety and basement parking. To book your place now, phone KPA Student Accommodation at 051 411 2600

TE HUUR: • Môrelig: 3 slk, 2 badk, netjiese ruim huis. R5 500 p.m. • Clarens Drum Rock Village: 3 slk, 2 badk. R5 500 p.m. • Eden: 2 slk, 1 badk. R2 950 p.m. • Bhm Central: room. R1 650 p.m. • Furnished room: R2 500 p.m. • Eden: 1 slk, DStv ingesluit. R3 100 p.m.

082 316 9623/ 083 349 5945 Stoor te huur in Mullerstraat. R3 500 p.m. Klein kantoor in Peddies Gebou. R700 p.m. Mari 083 283 1967.

Dirk v Rooyen Sel: 082 925 8605 Faks: 086 653 1401 E-Pos: dirann@vodamail.co.za

1 x 1-slk-tuinwoonstel – Môrelig Ruim met skadunetafdak. Beskikbaar 1 November 2012. R2 300 p.m. 1 x 3-slk-meenthuis – Middedorp Ruim met toesluitmotorhuis. Beskikbaar 1 Desember 2012. R4 800 p.m. 2 x 2-slk-meenthuise – Môrelig Toesluitm/h. Beskikbaar 1 November 2012. R4 300 p.m. 1 x 3-slk-meenthuis – Môrelig Dubbeltoesluitm/h. Beskikbaar 1 Desember 2012. R5 800 p.m.

Dringend op soek na pos as 'n drywer, het Kode 10 met DGP. Ondervinding 6 jaar. Skakel 073 811 8328. Op soek na voltydse werk as 'n huishulp. Bereid om in te slaap. Maandae -Vrydae. Skakel Esta 079 169 8580. Op soek na werk: Kassier, huishulp, kinderoppaser. Praat Afr. en Eng. Ma-Vr. Skakel: 078 871 7707. SELINA SOEK WERK, asb. 'n Huishulp, 5 dae per week. Skakel: 078 514 7394.

R1 590. Morelig: Eenmantuinwoonstel. Isabel de Bruin Eiendomme. 082 785 1111. R2 050 - Panorama: 1-slktuinwoonstel, toesluitm/h. Skakel Isabel de Bruin Eiendomme 082 785 1111. Ruim, moderne 1-slk onmiddelik beskikbaar in Panorama vir 1 persoon. R2 500 p.m. plus sleuteldep. vooruitbetaalbaar. 082 080 6838.

EK KOOP ENIGE tweedehandse motors, bakkies, kombi's en Ventures. Skakel my enige tyd. Ek betaal kon-tant. 083 374 0000

Radiologiepraktyk in Bethlehem benodig ontvangsdame/tikster vir voldag of 5/8. Baie goeie rekenaarkennis, tik- en spelvaardigheid 'n voorvereiste. Vorige ervaring met mediese fondse en invorderings 'n baie sterk aanbeveling. E-pos CV na myburgh.annerie@gmail. com Vakature: Fouriesburg Kassier. Skakel vir inligting 076 278 8818 of e-pos Cv na kennaway@hotmail.co.za. Onmiddelik beskikbaar.

SANTIE`S TE KOOP. Bruwerstraat 4. Bethlehem. Skakel 082 774 4534. 1980-Isuzu-12-ton-E120vragmotor met veetralies en massakante, in goeie toestand. Enjin foutief. Skakel 083 635 2983.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS

Bergprag Aftreeoord: Netjiese, ruim 2-slk, 2 badk, groot dubbelmotorhuis met onderdak stoep te koop . R960 000. Skakel 076 829 0610.

Eenman, 1- en 2-slkWOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346.

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

082 553 7478 /031 563 7214 k/u

5-slaapkamer-huis te huur in Panorama teen R8 500 p.m .1 Nov beskikbaar. Kontak 083 651 7632.

1-slk-woonstel: R2 500 p.m. Krag en water ingesluit. Skakel: 078 349 7606.

GEMEUBILEERDE KAMERS, elk met en suitebadkamer, stoep en private ingang, selfsorg. 082 927 7820

C.Q.C: Building and Civils All building, renovations, roads and infrastructure. Free quotes Bethlehem and Clarens. Over 20 years' experience, NHBRC registered. David van der Berg: 082 764 5011.

Vir navrae skakel asseblief 082 870 9746

12 HOLSTEIN FRIESVERSE te koop. Sommige gereed vir bul. Prys van R4 000 tot R6 000. Navrae: 082 414 4228.

WARM EN VRIESBRAND VAN BEESTE

LOO 911

Tel. 058 303 5621/2

BLACKLISTED? LOANS: R 5 000 - R 110 000 NO CREDIT CHECKS Settlement of debt NETT SALARY R 3 000 p m 079 281 8133

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

Direk van die boer

Algemene herstelwerk aan beeswaens, bou van bakkietralies, herbou waens, hekke, paneelklop, spuitverfwerk in Bethlehem. Skakel 072 823 6700.

HENK 2-23-10-08-VR-LH

LAMMERS TE KOOP!

Uvongo Nautilus No.8

WEHMEYER-12-6-08-VR-LH

16

5-m-Rubber Duck te koop: 115 Suzuki-motor. Uitmuntende toestand! Baie ekstras. R65 000. Johan Kriek by 083 561 5816.

Isuzu Beekman-kappie 2004/2012 langbak. Goeie toestand, R4 700. Skakel: 083 635 2983

3-slk-huis plus 2-slk-woonstel op 5-ha-kleinhoewe, ± 7 km van die dorp af. Skakel Mari 083 283 1967.

HUIS TE KOOP: PRIVAAT. R550 000. Skakel 072 379 7488/072 186 8890.

118 hektaar: 44 hektaar lande, 4-slaapkamerhuis, 25 km van Bethlehem, teen die teerpad. 082 894 6445.

122 HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ KENNISGEWING: BOEDEL WYLE: RE YOUNG BOEDELNOMMER: 6680/2012

KENNISGWING IN DIE BOEDEL VAN WYLE ROBERT ESAIAS YOUNG, IDENTITEITSNOMMER: 300807°5024°083, VAN BERGPRAG AFTREEOORD, BETHLEHEM WAT IN LEWE BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE GETROUD WAS. DATUM VAN AFSTERWE: 28/05/2012 BOEDELNOMMER: 6680/2012 Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 35 (5) van die Boedelwet 66 van 1965, soos gewysig, dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening te die kantore van die Meester BLOEMFONTEIN en die


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012 Landdros BETHLEHEM, gedurende 'n tydperk van 21 dae vanaf datum van publikaise, ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, sal die eksekuteur oorgaan tot uitbetaling ingevolge die gemelde rekening. GETEKEN te BETHLEHEM op hiedie 8STE dag van OKTOBER 2012. JF HUMAN HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ NAUDESTRAAT 24 POSBUS 563 BETHLEHEM 9700 VERW.ROB30/0001

the matter between : NEW VAAL MOTORS (EDMS) BPK (REGISTRATION NUMBER: 2003/014848/07) EXECUTION CREDITOR and MOJA DAVID TSOTETSI ( IDENTITY NUMBER 321010°5371°084) EXECUTION DEBTOR

HATTINGHMARAIS 130: NEW VAAL MOTORS (EDMS) BPK//MOJA DAVID TSOTETSI CASE NUMBER: 655/2008 AUCTION IN THE MAGISTRATE'S COURT FOR THE DISTRICT OF BETHLEHEM HELD AT BETHLEHEM, CASE NUMBER: 655/2008 in

NOTICE OF SALE IN EXECUTION (AUCTION)

KINDLY TAKE NOTE THAT in terms of a

judgement granted on 21 APRIL 2008 in the BETHLEHEM Magistrate's Court and a warrant of execution issued thereafter, a sale in execution of the undermentioned goods will be held. The particulars of the sale/ auction are as follows: 1.1 Date: 2 NOVEMBER 2012 1.2 Time: 10:00 1.3 Place: NEW VAAL MOTORS 173 COMMISSIONER STREET, BETHLEHEM 9700 2. In terms of Regulations

17

20(3) of the Consumer Protection Act 68 of 2008, full details of the advertisement and description of the goods are available during ordinary business hours at the offices of the undermentioned attorneys and the sheriff. 3. This notice is published in terms of, inter alia, Regulation 20(2)(b) of the Consumer Protection Act 68 of 2008, and access to the latter regulations can be obtained on URL at www.thedti.gov.za. GOODS GREEN C220 MERCEDES. DATED AT BETHLEHEM ON THIS THE 16th DAY OF OCTOBER 2012. Execution Creditor's Attorneys Hattingh Marais 3 Theron Street Bethlehem 9700 Ref: JP NIEMANN/ms/ML5304


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

VKB LANDBOU BEPERK is ’n dinamiese landboumaatskappy in die hoë potensiaal landbougebied van die Noordoos-Vrystaat. Die organisasie is ’n stabiele onderneming met ’n professionele bestuursbenadering, wat streef na ’n gesonde en moderne onderneming wat landbou in die streek ondersteun. Die volgende vakatures is tans beskikbaar:

Administratiewe Assistent Hoofkantoor, Reitz

Funksies: • Administrasie van persoonlike en kommersiële korttermynversekeringspolisse (alle versekeraars) • Administrasie ten opsigte van eise, hernuwings en wysigings van polisse sowel as oesversekering • Aanvrae van kwotasies en opstel van voorleggingsverslae (alle versekeraars) • Algemene administratiewe pligte wat nie versekeringsverwant is nie • Die cims stelsel ten volle kan gebruik • Nakoming en toepassing van wetgewingsvereistes (FAIS en Algemene Gedragskode) • Telefoniese navrae sowel as instapkliënte professioneel hanteer. Vereistes: • In besit wees van Graad 12 of NKR4 • Voldoen aan alle FAIS-vereistes en gedragskode • Ervaring in die versekeringsbedryf • Moet deeglik, presies en akkuraat kan werk en kommunikeer • Konstant waarde toevoeg tot die huidige funksies van die pos • Deurlopende indiensopleiding. Aanbeveling: • Ervaring in die korttermynversekeringsbedryf • NKR4 (COP/ICIB) en/of NKR5 (HIS) ten opsigte van die versekeringsbedryf • RE1 Vlak 5 eksamen. Vir enige navrae, skakel Rooy Pienaar by 082 895 7768 of Paul Smalberger by 082 772 5762.

Veiligheids- en Gesondheidsbeampte Hoofkantoor, Reitz

Funksies: • Inspeksie van werksplekke, ondersoek van insidente en identifisering van oorsake • Inspeksie van werksplekke om wetlike en beleidsvereistes af te dwing • Ondersoek van maniere om veiligheid- en gesondheidstandaarde te verbeter • Kommunikasie na bestuur en werknemers om ’n veilige en gesonde werksomgewing te vestig • Bly op datum met en kommunikeer van die nuutste wetlike vereistes en wysiging in die bedryf • Uitvoer van veiligheid- en gesondheidsoudits om risiko’s te identifiseer en te verminder. Vereistes: • Graad 12 of NKR4 • Kwalifikasie in Veiligheidsbestuur • Opgelei in wetgewing, regulasies en NOSA • Deeglike kennis van “OHS Act”, “COID Act” en “Environmental Conservation Act” • Deeglike kennis van ISO 9001 en 14001 en OHSAS 18001 • Operasionale kennis van veiligheidsisteme. ’n Vergoedingspakket wat pas by die profiel en die verantwoordelikheid van die pos word aangebied. Vir telefoniese navrae, skakel Philip Reyneke by (058) 863-8265. Stuur opsommende CV (bewyse sal op aanvraag gelewer moet word) na Lynnette Janse van Rensburg by e-pos: lvanrensburg@vkb.co.za of faks na 086 519 3435. Sluitingsdatum: 26 Oktober 2012 om 12:00 Indien u binne 1 maand na die sluiting van die advertensie geen korrespondensie ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie www.humanjobs.co.za

Human Communications 92532

EN W

W

VIR ONS KINDERS PROJEK EN

WEN ‘n e h C vrolet

Ten bate van Vrystaat Jeugsorgsentrums

Koop `n kaartjie vir slegs R20 en staan `n kans om `n Chevrolet Spark Lite ter waarde van R100 000 te wen. Kaartjies beskikbaar by alle NGMD subprogramme: Vrystaat Jeugsorgsentrums, KMD kantore en Bejaardesorg fasiliteite in die Vrystaat. Skakel (051) 407 7301 vir meer inligting.

Terme en voorwaardesSkakel geld 051 407 7301 vir meer inligting. Terme en voorwaardes geld

Frontier Inn

Dihlabeng Community Trust GEMEENSKAPSKOERANTE


VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

19

Onderwysers praat oor hul beroep Refilwe Mochoari

’n PASSIE en liefde vir kinders sal jou ver in die onderwysberoep laat vorder en onderwys van goeie gehalte gee hoop vir ’n uitstekende toekoms in die land. Wêreld-onderwysdag is op 5 Oktober gevier en vanjaar se tema was Take a stand for Teachers. Vrystaat het met onderwysers in die Oos-Vrystaat gepraat en hier is wat sommige van hulle te sê gehad het:

RYNHARDT SMIDT, tegniese tegnolo­ gie­onderwyser aan die Hoërskool Wit­ teberg op Bethlehem. Wat maak ’n goeie onderwyser? ’n Passie vir kinders, entoesiasme en genoegsame vakkennis maak ’n goeie onderwyser. Watter uitdagings moet jy as ’n onderwyser hanteer? Dissipline en administratiewe werk wat meer en meer word. Wat dink jy van die onderwysstelsel in Suid-Afrika? Geen kommentaar.

Make a child’s Christmas ONE THOUSAND poor children from in and around the Bethlehem surroundings will have a fantastic Christmas this year. Everyone is invited to make this a reality by: . Offering any gifts for babies or children . Donating things like gift paper, sellotape or anything that can decorate the gifts for the kids. . Help with the distribution of all these gifts on Christmas Day. More vehicles, drivers and petrol for delivering these gifts are needed. Food will also be a welcome gift that can be handed out to the families in packages on Christmas Day. Presents will be given according to gender, age and needs. New gifts are preferred, but anything second hand, that is in a very good condition, is also welcome. The main aim is to hand out presents to all the children living in Baken Park, Bohlokong, the poor communities of Lindley, squatter camps in Fouriesburg, Petrus Steyn, Tweeling and Steynsrus. Instead of just eating nice food, many children will be blessed on Christmas Day. For donations call Miguel and Marlien Godoy (base leaders) on 082-662-8372.

THE pamphlet that is being distributed in and around Bethlehem to ensure that ma­ ny poor children also receive gifts on Christmas Day.

MONIQUE VAN DER MERWE, spesiale on­ derwyser aan die Hoërskool Witteberg op Bethlehem.

GUNTHER CROUS, adjunkhoof van die Maluti­Hooglandskool op Bethlehem.

WAT maak ’n goeie onderwyser? Liefde en passie vir kinders. As jy nie vir kinders omgee nie, sal jy nêrens in die onderwysberoep gaan nie. Watter uitdagings moet jy as onderwyser hanteer? Daar is baie kinders wat hul verskillende probleme van die huis af saambring, en as onderwyser moet jy dit hanteer. Dit is ’n baie moeilike behoefte. Wat dink jy van die onderwysstelsel in Suid-Afrika? Daar is altyd plek vir verbetering, maar ek werk baie met die emosionele kant van kinders se lewe, dus kan ek nie te diep daarin delf nie.

Wat maak ’n goeie onderwyser? ’n Goeie onderwyser moet gemotiveerd, aanpasbaar en pligsgetrou wees. Watter uitdagings moet jy as ’n onderwyser hanteer? Die veranderende onderwys. Negatiewe moderne neigings van die samelewing. Daar is nie meer rolmodelle wat Christelike beginsels het nie. Wat dink jy van die onderwysstelsel in Suid-Afrika? Ek dink hulle het te lank proefkonyne van kinders gemaak. Maar ons is nou positief oor die nuwe Caps-komponent-onderwysstelsel wat deur die departement geïmplementeer gaan word.

Wat maak ’n goeie onderwyser? Die goeie onderwyser kyk verder as net die oordra van kennis – die opvoeding van die leerling in geheel om as volwassene sy plek suksesvol en gebalanseerd te kan volstaan is noodUYS LE ROUX, saaklik. Gesonde wedersyd- adjunkhoof: Ho­ se respek tussen leer- erskool Reitz. kragte en leerlinge, ’n positiewe lewensuitkyk, begrip, deernis en konsekwentheid is vir my belangrik en ’n sin van humor is beslis nodig. Watter uitdaging moet jy as ’n onderwyser hanteer? ’n Voortdurende veranderende onderwyssituasie wat tot onnodige frustrasie lei. Individuele skole, met ’n gemotiveerde bestuurspan en onderwysers, ’n betrokke ouerkorps en gemeenskap verseker egter vandag dat daar ondanks baie negatiwiteit en spanning steeds skole van uitnemendheid bestaan en pragtige jong mense die lewe instuur. Wat dink jy van die onderwysstelsel in Suid-Afrika? Onlangse statistieke skilder ’n baie negatiewe prentjie van Suid-Afrika se onderwysstelsel wêreldwyd. Stelsels word ingestel sonder deeglike navorsing en ná ’n tyd besef die belanghebbendes dit slaag nie. Die klem van die onderwysleiers val dikwels op die verkeerde fokuspunte.

Jaarlikse kamp weer gehou DIE jaarlikse Fouriesburg-Christian-jeugkampnaweek sal van Vrydag tot Sondag in Meiringskloof plaasvind. Die jeugklub bestaan uit die Christelike jeug in die Fouriesburg-gebied.

Hulle is tussen die ouderdomme van 11 en 18 jaar oud. Die kamp is in 2009 deur twee vroue, ’n ouer en ’n gemeenskapslid van die dorp begin.

Besighede, individue en liefdadigheidsorganisasies van Fouriesburg sal verantwoordelik wees vir die voorsiening van etes tydens die kamp en Meiringskloof sal gratis verblyf verskaf.

LEDE van die Fouriesburgse jeugklub het verlede jaar se kampnaweek geniet.

LEDE van die Fouriesburgse jeugklub geniet hul kos tydens verlede jaar se kampnaweek.


20

VRYSTAAT, DONDERDAG 18 OKTOBER 2012

Tel. 058 303 6392 • Fax. 058 303 4037 Cor Muller Street East and De Leeuw Street

Red Sea se o.15’s wen DIE o.15-spanne van die Red Sea-sokkerklub en Amathita-sokkerklub, albei van Petsana by Reitz, het die afgelope Saterdag mekaar op die Petsana-sokkerstadion gepak. Reg van die begin af het Red Sea oorheers deur die middelveld te oorheers met goeie interaksie tussen die spelers. Spelers het mekaar gevind met akkurate aangeewerk wat daartoe gelei het dat die Amakhitas geskarrel het vir besit. Was dit nie vir die goeie spel van die Amakhitas se verdedigers en goeie keerwerk van hul doelwagter nie, sou Red Sea teen rustyd goed voor gewees het. Die Amakhitas het egter kopgehou en kon verseker dat rustyd aanbreek met die telling 0 – 0. Ná rustyd het Red Sea die Amakhitas toegelaat om hul spelpatroon te speel en so beheer oor die wedstryd begin verloor. Dit was weer die verdedigers wat die dag vir Red Sea gered het en met die einde van die wedstryd was die telling 0 – 0. Met ’n uitskietspel wat daarna gevolg het, kon die Red Sea-span egter met ’n oorwinning van 6 – 5 wegstap.

Platteland can boost Cheetahs Brendon Shields

THIS is a letter from a passionate Cheetahs supporter to Mr Harold Verster, president of Free State Rugby Union. Let me start by once more reminding everyone that a “supporter” is called such as by definition it should be there for a team when times are tough – not just when things are smooth. So here I am, offering my support in tough times. Harold, my concern is that the Free State Rugby Union has alienated the rest of the Free State province in its approach to the hosting of games, the marketing of the game and the scouting of new players. Union’s lack of outreach to the platteland I am from Bethlehem, which is but one town where a passionate support for the Cheetahs is being eroded by your union’s lack of outreach and understanding of the costs involved in supporting a rugby team. There are at least 10 more towns that will tell the same story and if counted together can add at least 5 000 more seats to every home game. People from towns like mine are happy to drive three hours to a game and return late at night; pay the fuel and toll fees and risk running into farm animals – if they feel “their” team appreciates their support. But for the past few years it’s been the

opposite. The Cheetahs won three Currie Cups in a row and saw full house stadiums and then you guys decided that you no longer care for the “platteland” when it comes to marketing. Rugby in the pubs With the advent of the internet and the abundance of information around, not to mention the luxury of being able to see all the games live wherever they happen, your union must understand that the distance between Bloemfontein for me as a supporter of the Cheetahs is the same as the distance to Brisbane to support the Reds. I travel to my nearest pub to support both teams. So why do I still support the Cheetahs, who seem to throw games away willy-nilly and especially on Saturday displayed a “don’t care” attitude on the field? No passion, no guts and now even no enterprise! Why drive to Bloemfontein to sit in a half empty stadium and support a team who are now happy playing the “we are a small union” card? When last was a Cheetah team playing in Bethlehem? I ask myself when last has a Cheetah team played a game in Bethlehem? If memory serves me correctly, it was a Free State development team (with a very young Jannie de Beer) who last represented the union in a town that’s widely expected to support

HAROLD VERSTER the Cheetahs. Our rugby field is now owned by Free State Stars who have done well to make it a proper venue. Why not throw us a carrot and offer to host a Super Rugby game here next year, instead of once more feeding the over-fed Bloemfontein crowd of 5 000 who are spoilt for choice and as a result are taking for granted their easy access to Super Rugby games? Bring the game to us once every three years and I promise you we will make a bigger effort to get to Bloem, because it will feel like “our” team again. Marketing is one thing, but here in Bethlehem our players are more likely to join the Bulls or the Lions these days as the Free State Union seem disinterested. You would rather bring in players from Boland than have a look locally, and so the disconnection between fans and the union grows

ever wider. What is the solution? A good start is to host one big game here in the next two years and to start marketing it right now. I will help with this. The second solution is for the union to negotiate on our behalf some great hotel rates and bus fares to and from Bloemfontein for those who purchase match tickets at venues outside of Bloemfontein. If my friends and I can jump in a car and stay at a proper hotel for R600 for the night (which currently is the rate per person per night sharing) then our trip will cost us R1 200 and is worth doing at least once a month. We will stay over and contribute not only to the team but to the economy of the city. European teams do this with the Heineken Cup and it’s great to see thousands of fans travel to every venue to support their team. The Cheetahs may assume that their fans are all wealthy and can make the effort – but this is wrong. I have R500 to spend on the Cheetahs per month – it’s up to you to find a way to make me spend that money going to the stadium as opposed to going to the local pub and spending money that could be spent to keep the next Jan

Serfontein at the union. A Kiwi friend living in Bethlehem remarked a while ago that he always gets the sense that more Bethlehem people support the Sharks due to the affiliation with Bismarck and Jannie and Francois. I look around me and cannot deny that you see less and less Cheetah supporting kids. Why would they if no Bethlehem players represent the Cheetahs and Dad never travels to Bloemfontein to watch a game? Embrace and reach out to the platteland and we will help you fix the union. Simple as that. To summarise my solutions 1) Work to get a match played in Bethlehem. We are the financial trading spot incorporating Senekal, Frankfort, Vrede, Ficksburg and Reitz. We will sell 10 000 tickets to this game, guaranteed. 2) Negotiate travel discounts and accommodation packages for fans travelling to Bloemfontein from platteland towns to make it worth our while to stay over. 3) Make a concerted effort to sign players from these towns as opposed to merely looking at Bloemfontein schools and importing whatever else you need.

DO you agree with Brendon Shields? Please comment on Vrystaat’s Facebook portal.


VrystaatNews 18-10-12