Issuu on Google+

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

Vermaak

Sport

DA dien klag by OB in

‘Leonard Cohen’ sing op Bhm

Kabeljou aan die hoek

Tjoepstil oor Bhm se 150 j. Susan Maré BETHLEHEM vier vanjaar sy 150ste bestaansjaar, maar tot dusver is min of geen reëlings oor die feesviering bekend nie. Hoewel die Dihlabeng-munisipaliteit met dr. Clem Harrington as voorsitter nog nie amptelike feesreëlings aan die media en gemeenskap bekend gemaak het nie, het die NG kerk BethlehemWes intussen laat weet ’n feestelike samekoms gaan by dié kerk gehou word. Die NG kerk Bethlehem-Wes nooi Christene van Bethlehem, Bohlokong en Bakenpark oor alle kerkgrense heen om op Donderdag 27 Februarie na die kerk te kom vir ’n gesamentlike interkerklike Nagmaalviering. Die Nagmaalviering is om 18:30 in die kerkgebou. Ná die Nagmaal word ’n bringen-braai-geselligheid op die terrein gehou. Die kerk sal die vleisbraaivure verskaf en nooi mense om hul eie vleis, bygeregte en drinkgoed te bring en feestelik tot ounag toe saam te kuier. Pieter Olivier, sameroeper van die feeskomitee, sê dit is hoegenaamd nie teenstrydig met enige feesreëlings van die munisipaliteit nie. “Verskeie instansies is reeds gereed om vanjaar die getal 150 aan

9 771026 872001

R3,80

Munisipaliteit

bl. 2

00514

WWW.VRYSTAAT.CO.ZA

hul projekte te koppel. Die Passiespel wat 10 jaar gelede gehou is en weer opgevoer gaan word, koppel ook 150 jaar aan vanjaar se opvoering. Ek weet verskeie skole, kerke en instansies beplan iets spesiaals vir die 150-jaar-herdenking. “Helena van der Merwe en Ina van Rensburg beplan ’n humoristies toneelopvoering wat die dorpstigting en ander interessanthede gaan uitbeeld. “Dit sal wonderlik wees as ons die hele jaar kan feesvier en die getal 150 aan soveel moontlik projekte kan koppel.” Vrystaat het ’n navraag aan Harrington gerig en hoop om gou oor die Dihlabeng-munisipaliteit se reëlings te kan berig. ) Op Vrystaat se Facebook-blad is in ’n meningspeiling gevra of inwoners van enige feesreëlings weet, wie hulle dink so ’n fees moet reël en of die dorp nie afsteek by dorpe soos Fouriesburg en Clarens waar feeste al suksesvol aangebied is nie. Jaqauline Mienie se kommentaar was: “As julle niks gesê het nie, het ons beslis nie geweet nie.” Pieter Grobler se voorstel is mense moet die Dihlabeng-munisipaliteit bel: “Dalk verras hy ons met ’n fees aan die einde van Februarie . . . ”

bl. 3

bl. 16

MARTIN DREYER, bekende sakeman van die Railway­drankwinkel op Bethlehem, klim hier uit die poli­ sievangwa. Hy is “in hegtenis geneem” en na die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se hokke gebring waar hy “gedwing” is om borgtog ten bate van die DBV te betaal. Dreyer en die drankwinkel het R3 000 opgedok en daarna ander ondernemings uitgedaag om ook geld ten bate van die DBV te gee. Die Ilanga Lodge het die uitdaging aanvaar en ’n bedrag van R1 000 is deur Japie Captain van Wyk aan die DBV betaal. Saam met Dreyer is konst. Tseko Maomo. Die drankwinkel se eienaars daag nog onder­ nemings op Bethlehem uit om die DBV met skenkings te ondersteun. Foto’s: Lynda Greyling

Dok op ten bate van DBV

BELANGHEBBENDES hier is van links Yvonne van der Mer­ we (hokbestuurder: DBV), Cor­ lene van der Merwe (voorsitter: DBV) met Jackie en Martin Dreyer, sakeman op Bethle­ hem. Saam met Martin is Bis­ cuit.


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

Reik na slagoffers uit

Verse: Psalm 144:1-2 Blessed be the LORD, MY rock. He is MY loving God and MY fortress, MY stronghold and MY deliverer, MY shield, in whom I take refuge. – He is all you need. – He is your fortress, stronghold and your deliverer. – Look to Him for your every need. – He is Your God and He offers you refuge in Him. Prayer: Lord, I accept Your loving offer to be my refuge and my place of safety. I lift up my eyes above the issues and concerns I have right now and I look to You. Amen.

Valentynsdag-skuurdansparty: Gasheer – Golden Gateway-hospice op 14 Februarie. Bethlehem-vliegklub, 18:00 vir 18:30. Bring jou eie piekniekmandjie of kom braai jou eie vleis. Braaiers en pap en sous sal voorsien word. Bring eetgerei. Kontantkroeg beskikbaar. Kaartjies by hospice se kantoor by Uniestraat 13. Rig navrae aan 058-303-7109 of 082-200-4169. Wyk 10 vergader: Woensdag 12 Februarie om 17:00 in die sysaal van die stadsaal. Rig navrae aan Gerrie Roetz by 082-771-5574. Valentynsdansparty ten bate van die Charlotte Theron-kinderhuis: Vrydag 14 Februarie, 18:30 vir 19:00. Spitbraaiery met bykosse. Bring eie drinkgoed en glase. Toegang: R50 (volwassenes) en R25 (kinders jonger as 12 jaar). Navrae: Margaret Bruwer by 058-307-3713 of 083-411-1736. Bettie Janeke van Huis Kosmos oorlede: Janeke, wat jare saam met haar dogter, Annatjie, in Greystraat op Bethlehem gewoon het, is oorlede. Die begrafnisdiens is Vrydag om 11:00 uit die NG kerk Bethlehem-Wes. Sy word deur Annatjie en haar seun, Willie, oorleef.

‘Om armoede te klop is

nie ’n welsynsdaad nie; dit is ’n daad van geregtigheid. Nes slawerny en apartheid is armoede nie natuurlik nie. Dit is mensgemaak en mense kan dit deur hul optrede oorkom en uitwis. Soms het ’n geslag die keuse om groot dinge te vermag. Jy kan een van daardie mense wees. Laat jou grootheid van gees groei,.’ – Nelson Mandela

DIE Harrismith­tak van die Vrystaatse Vroue­Landbou­unie (VVLU) het ’n projek begin waar handsakke aan verkragtingslagoffers aangebied word met alles wat hulle mag benodig. Dit is aan die polisie op Harrismith oorhandig. Van links is lt. Vivian Sithonga, Marie van der Schyff, kapt. MJ Maisa en konst. LC Motaung. Foto: Corrie Labuschagne

Aksies vermors geld Henk Badenhorst

DIE distriksmunisipaliteit in Thabo Mofutsanyana is roekeloos met mense se geld. In 2008 het dié munisipaliteit, onder leiding van MP Moloi, destydse munisipale bestuurder, en Mosebenzi Zwane, destydse burgemeester en nou Vrystaatse LUR, skielik besluit om aanmanings te stuur aan ongeveer 11 000 boere en besighede vir “uitstaande” diensteheffingskuld van agt jaar gelede. Daar was geen bewyse van die skuld nie en bedrae is geskat. Mense wat die aanmanings ontvang het, het meestal hewig gereageer en menige hofsaak het gevolg. Sedertdien het daar in ses jaar, in terme van die twee hoofsake, minstens agt hofverskynings plaasgevind, waarvan die uitspraak negatief was. Die laaste uitspraak deur die appèlhof was op 20 Desember 2013, waar verlof tot appèl met koste geweier is. Geen positiewe uitspraak is gelewer nie, maar ongeag hiervan kan die munisipaliteit besluit om nog ’n poging aan te wend om sy saak te bevorder. Die enigste mense wat tot

Die ouditeur­generaal (OG) het verlede jaar geraam dat die regskoste vir die aangeleent­ heid R80 miljoen kan beloop, terwyl daar nou geskat word dat die uiteindelike finansi­ ele verpligting in die verband moontlik meer as R100 miljoen kan wees. dusver geldelik hierby baat gevind het, is die prokureurs en advokate wat deur die munisipaliteit aangestel word om dié saak voort te sit. Minstens een regspraktyk se dienste is gestaak weens wanbetaling deur die munisipaliteit. ’n Verdere vraagstuk is die betrokkenheid van die provinsiale regering in die sage. Tydens die administrasie waaronder die munisipaliteit geplaas is, is die raad meegedeel “dat die provinsie sal help met finansies en raad”. Dit is onduidelik of daar ’n geskrewe kontrak bestaan tussen die distriksmunisipaliteit en die provinsiale regering. Sedert 2008, ongeag herhaaldelike vertoë, skrywes en vrae in

die raad geliasseer, is die raad nog nooit behoorlik ingelig oor die regsaksies of geldelike gevolge van die besluite oor dié aangeleentheid nie. Vrae word nie beantwoord nie, terwyl daar verwys word na ’n verslag wat by die raad ingedien sal word, maar wat nooit verskyn het nie. Die ouditeur-generaal (OG) het verlede jaar geraam dat die regskoste vir die aangeleentheid R80 miljoen kan beloop, terwyl daar nou geskat word dat die uiteindelike finansiële verpligting in die verband moontlik meer as R100 miljoen kan wees. Hierdie bedrag sal uiteindelik deur die belastingbetaler vereffen moet word. Die DA het sedert 2008, nog

voor die aanmanings, ernstige vertoë gerig dat die optredes gestaak word, en het sedert die begin van die regsoptredes gewaarsku dat die saak onwenbaar is, dat verhoudings met die sake- en landbousektore vertroebel sal word en dat belastingbetalersgeld gemors word. Die DA glo dat dié aangeleentheid en aksies wat daaruit gespruit het opportunisties was en is. Die party glo dat groot skade aan die verhoudings tussen die munisipaliteit en die landbou- en sakesektore aangerig is, terwyl dienslewering en werkskepping erge skade gelei het. Die party glo dat daar beslis beter maniere is om geld te bestee as om werkskeppers te vervolg of te teister. Die aandag moet gefokus word op werkskepping en nie op onwenbare hofaksies nie. Aangesien pogings om die belastingbetaler te beskerm in hierdie geval geen vrugte kon afwerp nie, is die party nou verplig om die aangeleentheid by die Openbare Beskermer (OB) aan te gee. Dié grootskaalse, roekelose vermorsing van belastingbetalers se geld kan nie meer geduld word nie.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

Cohen in Afrikaans KOOS VAN DER MERWE, bekroonde sanger, liedjieskrywer, digter en rubriekskrywer, en Matthys Maree het saamgespan om ’n nuwe projek – Leonard Cohen in Afrikaans – op die planke te bring. Dié Afrikaanse vertoning is op Woensdag 26 Februarie in die Bethlehem-Christen-kerk op die Preekstoelpad. Maree is bekend vir die reis-albums Afri-Frans, Afri-Spaans, Afri-Talia en Afrikaans. Nadat hy die vertalingsregte gekry het om Cohen se liedere na Afrikaans te vertaal het Van der Merwe aan die werk gespring en verskeie treffers in Afrikaans verwerk. As lid van die groep Prophet het Koos meer as 50 000 albums verkoop met treffers soos Houtkruis uit sy pen en nou, saam met die momentum van die Afri-albums wat gesamentlik meer as 100 000 kopieë verkoop het, behoort Cohen in Afrikaans ’n reuse-sukses te wees. Die kaartjies kos R100 per persoon en is by Fine & Country by Baartmanstraat 10 op Bethlehem te kry.

Biduur vir reën ’n INTERKERKLIKE biduur word op Maandag 3 Februaie om 18:00 in die Hoeksteengemeente in Paul Laesckelaan, Panorama, gehou. Doug Lees, woordvoerder, sê die biduur is om vir milde reën in die omtrek dankie te sê, maar ook om in te tree vir streke waar dit nog baie droog is. Bel past. Clarence Roux by 083-7448833 of Lees by 058-303-9952.

3

Die fees wat groei en groei Susan Maré

DIE fees wat groei en groei . . . Só kan hierdie Vrystaatse fees op Reitz beskryf word. Die Bieliemieliefees wat vanjaar van 13 tot 16 Februarie die 34ste keer aangebied word, het nie sy gelyke in die Vrystaat nie. Reitz het oor die jare heen bewys dié gemeenskap kán saamwerk en groot projekte aanpak. Pienaar van Zyl, voorsitter van die komitee, sê mense kan hul vere maar regskud. Dit is ’n besonder vol program met baie aktiwiteite. Die fees se status en waarde word rondom R300 miljoen geskat en net die beste uitstallers van voertuie en werktuie tot snuisterye van oor die land heen gaan weer hier kom uitstal. Vrystaat lig hierdie week twee aktiwiteite uit. Die volledige program is reeds op Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za. Gewilde fietswedren Die fietswedren wat jaarliks op die fees aangebied word, het baie gesog geword. Dit is die ideale oefenlopie vir wedrenne soos die Sani2c, joBerg2c en die Absa

VROUELEDE van die Bieliemieliefeeskomitee is op die Reitz­skouterrein afgeneem. Van links is Nadia van Tonder, Charleen van Heerden, Elize Oosthuizen, Martie van Zyl en Roné van Tonder.Foto: Susan Maré Cape Epic en Tour de France. Die Old Mutual joberg2c-ren op die fees strek oor drie afstande – 45 km, 75 km en 120 km. Wedrenne begin en eindig op die Reitz-skouterrein. Die organiseerder is die skoolkoshuis van die Hoërskool Reitz en die ren is ook ten bate van dié spogblyplek. Inskryfgeld en meer inligting R130 – 45 km; R190 – 75 km; R250 – 120 km. Die inskrywings vind op 15 Februarie van 07:00

tot 07:45 plaas. Wegspringtye is 08:00 (120 km), 08:30 (75 km) en 08:45 (45 km). Rig navrae aan Jan of Marna Hammann by jan@vogboer.co.za of bel 082-309-4942. Bieliemieliefees se potjiekompetisie Wen vanjaar ’n Weber-braaier, spesiaal geborg deur Dup’s Geskenke. Die kompetisie op Donderdag 13 Februarie begin om 17:00. Die inskryfgeld is R50 per pot by Pienaar van Zyl-Eiendomme op

die dorp. Reëls: Maak ’n potjie vir ses mense met ’n maksimum van tien bestanddele. Die beoordeling is van 20:00 af deur Lochner de Kock. Slegs gasbraaiers word toegelaat. ) Besoek www.vrystaat.co.za vir die volledige feesprogram.

Stap, saamtrap en kuier wag op feesgangers ROSENDAL skud sy vere vir die Love Rosendal-fees wat van 14 tot 16 Februarie op dié skilderagtige dorp gehou word. Die vyfde viering van die dorp se spesiale mense, hul skeppendheid en verruklike kos – alles knus toegedraai in ’n asemrowende landskap – beloof om ’n prettige naweek vol nuwe herinnerings te wees.

Sybrandus Adema, woordvoerder, sê inwoners en gaste sal bestek neem van dié magiese plek danksy mini-werksessies, sportgebeure, musiek, inkopiegeleenthede, ’n uitspattige optog en baie om te eet en drink. “Om nie te vergeet van die kans om jou te verwonder aan die aangrypende omgewing en vir ’n naweek niks te doen nie

behalwe om dit alles te geniet,” sê Adema. “Kom sien hoe die ‘Rosendarlings’ leef en werk, geniet hul gasvryheid, proe ’n lekker tuisgemaakte happie of koop iets om jou aan die dorp se skeppende energie te herinner. “Bring fietse (of huur dit by Studio Ben), stapskoene en ’n sonhoed. Besoekers sal ’n kaart

kry en al die afsaalplekke sal met feestelike vlaggies versier wees. “Vir die minder energiekes sal ’n trekker-taxi wees.” ) Vir meer inligting, verblyfgeleenthede, Anna Davel-besprekings en programaanpassings skakel 058-211-0902. ) Die volledige feesprogram is op Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za.


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

Elkeen se plig om te stem DIT is verstaanbaar waarom ’n groot aantal Suid-Afrikaners steeks en apaties is en nie gretig is om in ’n nasionale verkiesing te gaan stem nie. Tog is dit die reg en plig van elke burger in Suid-Afrika wat ouer as 18 jaar oud is om hom of haar te registreer en sy of haar stem in die 2014-verkiesing te laat geld. ’n Mens sou ’n rits redes kon opnoem oor waarom mense nié in die 2014-verkiesing wil gaan stem nie. Een daarvan is mense het hul vertroue in die politici en regeerders van die land verloor. Die land het sedert 1994 in vele opsigte drasties agteruit beweeg wat dienslewering betref. Die meeste munisipaliteite in Suid-Afrika is geldvrate en -vermorsers wat deurgaans swak dienste lewer, omdat onbekwame bestuurders die leisels hou. Mense kan hulle voorts nie altyd positief met een van die politieke partye vereenselwig nie. Dit is ook vir sommige mense moeilik om die huidige politieke bedeling in die land te kan aanvaar. Tog bly dit belangrik dat elke Oos-Vrystater hom of haar vir die verkiesing moet registreer. Elkeen se stem hou plaaslike en nasionale leiers verantwoordelik vir die besluite wat hulle maak. Juis deur te gaan stem, stuur kiesers ’n sterk boodskap en bevestig hul reg as vrye burgers om hul regering te kies en so aan demokrasie deel te neem. Dit word verwag die ANC gaan ongetwyfeld weer ’n volstrekte meerderheid in die Vrystaat behaal. Die politieke klimaat was egter nog nooit so gunstig vir opposisiepartye nie. Dit moet aangegryp word, en dit kan net by die stembus gedoen word waar elkeen sy stem gaan uitbring. Oos-Vrystaters moet hul sinisme en apatie om te gaan stem dringend beveg. Registreer jou, gaan trek jou kruisie en laat die stembus praat. Dit is jou demokratiese reg.

Arrive Alive 2013 ’n groot sukses GERRIE LUBBE (namens Greyling Broers Arrive Alive 2013), Reitz: ARRIVE ALIVE 2013 is verby en dit was ’n groot sukses. Wetstoepassing is gedoen en menige verkeersoortreding het voorgekom waarvoor motoriste vermaan en ook ooreenkomstig vervolg is. Met groot dank aan ons Skepper en met dank en waardering aan die instansies wat met Arrive Alive meegewerk het – ons opregte waardering aan almal wat betrokke was. Dankie ook aan borge en skenkers waarsonder die projek nie moontlik sou gewees het nie. Ons wens almal ’n wonderlike en voorspoedige 2014 toe. Hou Vrystaat dop vir Arrive Alive 2014 se planne later vanjaar.

Natuurskending is ’n skande ALWYN, Panorama, Bethlehem: DIE oostekant van die klipkoppie tussen Hospitaalheuwel en

Padgebruikers behoort lewe te respekteer OM by my huis uit te ry is maklik. Die enigste dilemma is ons loop op ’n grondpad uit wat reg teen die heining verbyloop. My tuinmuur versper die sig op die grondpad. Dus, ten einde in die pad te kom, moet ek my motor se neus by die hek uitstoot voordat ek veel kan sien. Die situasie is hanteerbaar wanneer mense ’n billike spoed handhaaf, ander padgebruikers respekteer en op hul omgewing bedag is. Maar die vereistes is skynbaar nie billik nie. Iets wat my altyd verstom, is hoe min mense vir hul naaste omgee wanneer hulle in veilige en groot motors ry. Padboelies weet mos hulle gaan nie seerkry indien sake skeefloop nie. Die ander party gaan waarskynlik dood wees of maande lank in die ongevalle-afdeling lê. Maar dit is mos hul skuld – wat het hulle immers op die pad gesoek? Die Sandsteenpraatjie sou waarskynlik nie verskyn het as ek nie vanmiddag voordat ek gery het ’n oomblik met my motor se radio gesukkel het nie. Daardie

Panorama het oënskynlik die nuwe stortingsterrein, maar ook ’n ryk ontginningsgebied, geword. Drie massiewe en onooglike boomstompe lê reeds maande lank langs Goldberglaan, ongebruikte bourommel, leë drankbottels en ander tuinafval ontsier die stukkie ongerepte natuurskoon. Gelukkig groei die natuurlike gras die onooglike menslike gemors toe. ’n Inwoner het die winter die tuinafval wat hy daar gestrooi het, probeer verbloem met behulp van ’n vuurhoutjie en die leë drankbottels, en dit toe net opvallender gemaak. Die brand het ook van die pragtige vuurbome geskend. Aan die ander kant is dit ook ’n ryke ontginningsgebied deurdat een inwoner honderde kruiwavragte klippe daarvandaan laat aanry het om sy tuin mee te verfraai. Moeti-grawers skend ook gereeld die natuurlike plantlewe met pik en koevoet. Die grootste hartseer bly egter die skending van die aalwyne wat jare gelede deur die Junior Rapportryerskorps van Empangeni en Eshowe aangery is. Dit is met groot sorg op dié koppie gevestig en word nou genadeloos vir brandhout en moeti gestroop . Twee pragtige aalwyne is ’n tyd gelede deur vier munisipale werkers, glo “in opdrag van ’n sekere raadslid”, verwyder, glo om in sy huistuin gevestig te word. Dit is tragies dat beskermde inheemse plante so vernietig word.

sekonde was die sekonde waarin my motor se neus by die hek uit sou wees net toe ’n padboelie teen ’n woeste spoed reg teenaan my hek verbyjaag. Ek dink nie ’n mens kom veel nader aan die dood nie. Dit is wanneer jy só naby aan die dood kom dat jy weet jy moet ook iets dóén. Ons paaie is slagvelde en die boelies regeer. Ek ry toe maar na die mense se huis waar die man my met ’n glimlag aankyk. “Jy kom seker met my raas,” vra hy. Hy het dus geweet hy was verkeerd, dat hy op die rand daarvan was om moord te pleeg. Tog was dít sy reaksie. Ek het besonder kalm gebly. “Nee, ek kom nie raas nie. Ek vra jou net

Feitlik ‘fniks’ oor van Harrismith PAULUS BEN VERWOED, Harrismith: DIE skrywer van dié brief is 70 jaar oud en het nog net vir die NP en DA gestem. Hy gee al 50 jaar werk aan mense van alle rasse en geslagte, was betrokke in die landbou en die laaste 30 jaar ook in die alarm- en veiligheidsbedryf. Die brief is veral bedoel vir die oë en aandag van premier Ace Magashule en handel oor Maluti-APhofung (MaP), Harrismith en omstreke. My pleidooi, geagte premier, is ná 13 jaar van “gesag” wat die MaP oor die streek uitgeoefen het, is hier bitter min oor. ’n Vorige burgemeester, dr. Mazangwan, het by geleentheid gesê: “Harrismith sal ek ’n spookdorp maak soos Qwaqwa onder apartheid gelyk het”. Niemand het hom daaraan herinner nie dat alle ontwikkeling, paaie, fabrieke en infrastruktuur in Qwaqwa en Tshiame, juis deur die apartheidsregering gedoen is met die oog op werkskepping vir duisende mense nie. Premier, dit lyk of die hogere burgemeester se woorde dalk waar word. Gelukkig kon erodeerders Platberg nie vernietig nie, maar van die res van Harrismith en omgewing is daar bykans “finks” oor nie. As ons die ANC-raad op grond van bestuur en onderhoud van elektriese installering, strate,

om dit vir my ook te gun om te mag lewe.” Hy draai toe om en stap weg. Hy was immers reeds haastig op pad iewers heen toe hy my bykans die ewigheid ingestuur het. Ek het in my motor geklim. Ek was dankbaar om te leef. Ná die Desembervakansie is baie mense nie meer hier nie. Mense wat weens die haas van ander, die ongeduld van die sogenaamde beskaafde mense en die gebrek aan respek vir lewe gesterf het. Ek is kwaad en hartseer. Waarom het mense vir hulself so belangrik geword dat ander mense se lewe niks meer werd is nie? Ek dink aan my kinders en vrou wat saam met my in die motor kon wees. Ek besef ek moet ophou dink aan wat kon gebeur het en moet dankbaar wees vir een sekonde se gesukkel met ’n motorradio. Tog, ek huil ook vir hulle wat nie daardie sekonde gehad het nie. Ek vra elke liewe padgebruiker: Kom ons gun ander ook lewe – jou haas, jou dringendheid en jou belangrike dinge is nie ’n ander mens se lewe werd nie.

geboue en dorpsbestuur moet evalueer, sal hy loshande ’n FF-status verwerf – FF is gelyk aan feitlik “fniks”. Harrismith is in 1849 gestig en hier was baie ontwikkeling, maar 164 jaar later gaan hier binnekort niks meer wees nie. Geagte premier, ’n mens kry die idee die ANC het net 66% in sy kop en niks anders nie. Laat die oorle NP vir die ANC ’n voorbeeld wees – as julle wakker skrik, lê julle ook in die duisternis. Die ANC moet hom liewer op ’n skoon, doeltreffende regering met waardes en waarnemingsvermoë toespits. Wat waarskynlik ook sedert 1994 uit die oog verloor word, is dat Harrismith ’n deurgangsroete vir die Voortrekkers was. Dit is steeds vir reisigers van Johannesburg na Durban en ook van Bloemfontein na Durban ’n deurgangsroete. Alles is nou vervalle. Kom kyk hoe lyk ons strate, nasionale gedenkwaardighede en die Oliviershoekpas. Ten slotte, premier, iets wat u en u kaders in gedagte moet hou. Mense wat met waens oor die Drakensberg getrek en Bloukrans, Weenen en Bloedrivier oorleef het, se nageslag moenie onderskat word nie. Nie meer met wapengeweld nie, maar met moed en vernuf (kelelo) en deurdagtheid. Kgomo tsewe le manemane ya tsona.

Pad lei tot krisis EMMARENCIA GOUWS, Paul Roux: ONS het so twee jaar gelede ’n

huis in Hertzogstraat, Paul Roux, gekoop. Om die huis te kon verkoop moes ons die agterstallige munisipale rekening van R61 000 betaal. Ek het dié dag twee uur in die munisipaliteit se kantoor bestee omdat niemand ’n uitklaringsertifikaat kon uitreik nie en teen 15:30 was daar geen kassiere meer oor nie. Louwrens, my man, was by die waarnemende bestuurder, die stadsbeplanner en by die direkteure – almal het belowe om die huis van ’n straat te voorsien. ’n Mnr. Botha en mnr. Evans het gekom en uitgewys waar hulle die pad sou bou. Noudat ons navrae het oor wanneer die pad gebou gaan word en die koper ’n brief van hulle verlang, stuur hulle ’n brief met vereistes. Volgens wet is dit die plig van die munisipaliteit om ’n erf van toegang te voorsien. Iemand het blykbaar vroeër twee rondawels, wat nou deel is van die Rock-eiendom, bo-op Hertzogstraat gebou. Nou is die pad gesluit. Die munisipaliteit het destyds ’n fout begaan en as ons nou iets probeer uitvind, word jy heen en weer gestuur. Ons werkers bou nou die pad op ons koste. Die koper wil ’n brief van die munisipaliteit hê wat verklaar die pad sal sy straatadres wees. Niemand kan dit blykbaar doen nie. My man het Botha onlangs weer gebel en dié het die foon in sy oor neergesit. Ons het reeds met regstappe begin, want ons kopers wil die koop kanselleer. Dit is die derde stel kopers. Vir ons is dit telkens ’n verlies aan inkomste. So kan dit nie verder aangaan nie.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

Bier bruis op brouersfees DIE Clarens Brewery borg ’n span plaaslike swemmers om in 2014 aan die Midmar-myl deel te neem. Die brouery is aan die Clarens-gemeenskap toegewy en ondersteun graag plaaslike projekte. Die brouery se hoëgehalte-biere en -siders is ’n groot trekpleister vir toeriste en bierkenners. Op 21 en 22 Februarie is die brouery die gasheer van die vierde Clarens Craft Beer Festival. Op dié geleentheid kan die publiek deel in die passie en toewyding van 17 van die land se top-mikrobrouers en hul tuisgemaakte biere. Kom ontmoet die brouers, geniet vars gebroude biere en ’n verskeidenheid fynproewersgeregte. Vermaak word ook deur Suid-Afrikaanse topkunstenaars verskaf.

Warden verwelkom nuwe predikant Louise Roets

VAN links is Sakkie van den Bergh, Marna van den Bergh, Micaela le Grange en Mark Horton, bestuurder van die Clarens Brewery. Dié drie spanlede het tussen hulle al 16 Midmar­myle geswem. Foto: Verskaf

Só sê die lesers WAAR lees jy jou Vrystaat-koerant en nuus die graagste en hoekom? Keuses: papierkoerant (gedrukte uitgawe); webwerf; Facebook-blad en mobi-site. Vrystaat se lesers gesels graag saam op die koerant se Facebook-blad. Stefan de Bruin: Die papierkoerant. Daar is niks soos die reuk van ’n beker stomende koffie terwyl jy ’n pas gedrukte koerant deurblaai nie. Len Buchner: Papierkoerant. En ook Facebook, maar Facebook het nie alles wat die papierkoerant het nie. Eddie de Jager: Webwerf. Ek lees graag die kommentaar oor artikels en berigte. Vrystaat-koerant: Gaan loer gerus na Vrystaat se webwerf vir omvattender nuus as op die FB-blad. Besoek www.vrystaat.co.za.

Lug hul mening WATTER koerante of tydskrif koop jy weekliks en hoekom? Besoek Vrystaat se Facebook-blad waar jy na hartelus kan saamgesels of jou mening oor gemeenskapsake kan lug. Beverly Eaton: I don’t buy any coz it’s all depresssing news. I read the headlines on FB. Jan Jooste: Ek lees graag die nuus op FB. Kan ongelukkig nie elke week ’n koerant invoer nie. Hahaha. Vrystaat-koerant: Jan, jy kan die webwerf ook besoek – www.vrystaat.co.za. Jan Jooste: Baie dankie, Susan, en groete uit ’n koelerige Turangi.

Johan van Rooyen: Ons koop en lees niks van Naspers nie. Sidney Leech: Volksblad vir daaglikse nuus. Landbouweekblad en Popular Mechanics. Arina Havenga: Vrystaat-koerant vir nuus van Bethlehem en Huisgenoot. Judith Koekemoer: Vrystaat, bly op die hoogte van sake. Anet Roux: Ek koop geen tydskrif of koerant nie. My radio is heeldag aan waar ek werk en ek hoor die nuus daar. Verder lees ek hooftrekke op FB. Skindernuus is nie deel van my belangstelling nie. Johan en Howard Prinsloo: Vrystaat.

VIR die NG Kerk in Afrika(NGKA) gemeente op Warden was dit ’n heuglike naweek nadat hulle vir meer as ’n jaar sonder ’n heeltydse predikant was. Hulle kon op 11 en 12 Januarie die ontvangs van hul eie leraar vier. Ds. John Taiwe (39), sy vrou, Arsylia (28), en hul babadogtertjie, Onyxe (11 maande), wat van die Thabang-gemeente op Quthing, Lesotho, af kom, is met ’n groot verwelkoming met na genoeg 1 100 gaste Saterdag aan die Warden-gemeente bekend gestel. Sondag het Taiwe sy intreepreek in ’n stampvol kerk gelewer en tydens die geleentheid het ds. Pieter Nel van die NG kerk Warden ook die gemeente se groeteboodskap aan hulle oorgedra. Taiwe is ’n jong en entoesiastiese predikant en hoewel Warden net sy tweede gemeente is, sê hy op die vraag wat sy missie vir die nuwe gemeente is dadelik: “Om voluit vir Christus te werk”. Sy vrou, Arsylia, is ’n haarkapper, maar gaan hom nou in die gemeente bystaan. Warden val onder die Vrede-ring, wat bestaan uit Cornelia, Frankfort, Warden, Vrede en Harrismith. Lede uit dié ringgemeentes was ook teenwoordig met die ontvangs van Taiwe.

DS. JOHN TAIWE (39), sy vrou, Arsylia (28), en hul ba­ badogtertjie, Onyxe (11 maande). Die gesin het van die Thabang­gemeente oop Quthing, Lesotho, na Warden gekom. Om hierdie geleentheid moontlik te kon maak was die Warden-gemeente, wat maar uit ongeveer 350 lidmate bestaan, afhanklik van skenkers. Hartlike dank word uitgespreek aan die NG kerk Warden, Koos Wessels, G. Mathew, Oasekafee, De Beer-Motors, F.P.N Bosch, J. Smalberger, H. Muller, Thys en Jors de Beer, Warden XHaust & Tyres, Phumelela-munisipaliteit, die Vrede-ring en die ander kerke in Ezenzeleni vir hul skenkings. Dank word ook uitgespreek teenoor al die gemeentelede wat bygedra het en gehelp het met die voorbereiding vir die geleentheid.

5


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

7


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

Eiendomme

911

Wen dalk Gian Groen se CD WEN een van drie CD’s van Gian Groen se Dekade se Ballades op Vrystaat se webwerf by www.vrystaat.co.za. Gian Groen is een van die land se topdigterlike liedjieskrywers wat veral vir sy liedjie Vier Seisoene Kind bekend is. Gian se nuwe vollengte-album, Dekade se Ballades, met 16 snitte is in November 2013 uitgereik.

Die musiek en lirieke is deur Gian geskryf en hy speel die akoestiese kitare op die album. Die musikante wat saam aan die album gewerk het, is Logan Scott (baskitaar), Jeremy Schultze (tromme), John Mitchell (klavier en orrel), Rayelle Goodman (strykers), Robert Jeffery (tjello) en Herman Kleinhans (agtergrondstem, snit 1 en 8). Met ballades soos Stiltetyd, Cheap Glasie Wyn en Vier Seisoene Kind, asook lekker kuierliedjies soos Tiger & Louise, 0 Tot ’n 100 en Binneland In is die CD beslis ’n moet-hê vir oud en jonk. Besoek Vrystaat se webwerf en skryf jou in.

Groet geliefde leraar DIE Elize Liddell­tehuis vir bejaardes op Har­ rismith het op ’n vroue­biduur van ds. Richi Kemp van die NG kerk Harrismith afskeid geneem. Hy verhuis na Bethlehem waar hy die nuwe predikant by die NG kerk Eureka word. Saam het hom is Hesther Burger wat aan hom ’n geskenk namens die biduur­ groep oorhandig het. Die Harrismith­ge­ meente het op Sondag 26 Januarie van die Kemp­gesin afskeid geneem.

Eiendomme 911


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

Bethlehem, geliefde tuiste OP die hoogland van die Oos-Vrystaat is ons geliefde dorp Bethlehem geleë. Dit is ’n plek waarheen jy altyd terugkeer, want as jy eers van die Jordaanrivier se water gedrink het, is jy deel van die spesiale skepping wat aan ons geskenk is. Die Oos-Vrystaat is ’n juweel in ons geboorteland. Dit is ’n voorreg om in dié wonderlike natuurskoon te kon grootword. Hier waar die wye grasvlaktes met sy kosmosblomme wat geil staan – in pienk, wit en wynrooi – jou hele wese verryk. Jy asem die vars berglug in terwyl jy jou verlustig as jy jou oë ophef na die pragtige sandsteenkranse in skakerings van vaalbruin, bruin en rooi. Jy kom dan tot die besef dit is deel van die skepping waarin jy – nietig en klein – die grootsheid van Sy werk kan geniet en ervaar. Bo die kranse sweef die aasvoëls, arende en ander voëls hoog en wyd in die hemelblou lug. Dassies lê rustig op die warm klippe en bak van waar hulle die wêreld bespied. Beeste, skape en perde word deel van die prentjie waarvoor ons so lief is. Op die vlaktes verlustig jy jou in die wuiwende, goudgeel koringlande wat soos golwe op die see wieg. Jy sien die pragtige, jong heldergroen mielieplante en langsaan ’n landery vol sonneblomme wat hul gesigte na die son draai.

Ryg vierings in BABY PIETERS van Bethle­ hem het haar 80ste verjaar­ dag gevier. Sy en haar man, Willie, woon in Turnerstraat op Bethlehem het twee kin­ ders en vier kleinkinders. Die egpaar is in 1949 getroud en Wille het sy 83ste verjaardag in November gevier. Op 15 Ja­ nuarie was hulle 59 jaar ge­ troud. Hul kinders sê: “Ons dank ons Hemelse Vader vir soveel seën oor al die jare heen en wens hulle nog vele gelukkige jare toe . . .”

Jannie Maree Daar is ook die uitgestrekte lande met groen aartappelplante. Die Oos-Vrystaat is voorwaar die kosspens van SuidAfrika en dit is daarom geen wonder nie dat ons dorp, Bethlehem die naam dra, want dit beteken Broodhuis. Die wonderwerke wat ons Skepper elke dag aan ons skenk, laat ook die seisoene verander soos herfs in die Oos-Vrystaat aanbreek. Hy tooi dan die landskap in ’n kleurkombers wat die mens met verwondering laat stilstaan. Jy aanskou ’n kleureskouspel van geel, bruin, goud en roes – ook die kaal takke wat in die aandskemering soms spookagtig lyk. Dan roep die mens jubelend uit: “Hoe groot is U.” As jy jou in stilte verlustig aan alles om jou, kan jy hard uitroep dat die kranse antwoord gee: “Ek juig met eerbied dat ek deel van my Godgegewe woonplek kan wees wat ek vir geen ander plek sal verruil nie.” Al is sy winters koud, bly ons harte warm en as die somer kom, verlustig ons ons in die ontwakende landskap. As ons dan verhuis na ons ewige rusplek sal ons graag wil vra: Laat rus my hier waar ek weer deel van my geboortegrond kan word.

Karoo-prawns ’n moet Oom Suurtjie DIE ding met varkvet, lammerknaters en skaapstertjies lê my nog altyd na aan die hart. Oom Suurtjie het grootgeword op ’n plaas – ’n plaas met varke en baie skape met lammers. Oorlede Pa het sonder seremonie die lammers se sterte met ’n skerp mes afgesny. Ou April het ’n Sparletta-bottel met ’n kurkprop en ’n gleuf in vol dip gevat en die oop wond met dip gesmeer. Behalwe vir die pyn weet ek van geen lam wat daarvan gevrek het nie. Dink ek terug aan dr. Alan Fair toe ek hom gevra het of hy gehoor het van iemand wat dood is en

hy my reggehelp het: “ ’n Dier gaan dood, maar ’n mens sterwe.” Wat ’n wyse ou man. Ons het dan die stertjies oor die kole gebraai totdat die wol af was en dit met sout besprinkel. Ek was nou die dag op Prieska en die slagter vra my of ek nie ’n boks “Karooprawns” wil koop nie. Vind ek uit dit is skaapstertjies. Ten duurste, gekook

tot sag en op die kole tot bruin gebraai. So het Pa ook die lammers van hul goeters verlos. Ma het dit dan skoon gewas en in ’n diep knoffelen-bottersous gebraai en as voorgereg bedien. Baiekeer was dit menige jong vrou se eerste kennismaking met die goetertjies en het hulle later versot daarop geraak. Uitgebraaide, spierwit varkvet moes dikwels instaan as daar nie botter was nie. Stroop was daar altyd. Stroop – Golden Syrup – is dik gesmeer het gereeld jou dag gemaak. Wonder oom Suurtjie of hy nie ’n restaurant of resepteboek moet begin met al hierdie lekkernye nie. Wat sê julle?

9

Babakliniek open gou DIE Mediclinic Hoogland op Bethlehem bied reeds die afgelope paar jaar voorgeboorteklasse aan. Dié hospitaal brei van Februarie sy diens met ’n babakliniek uit. Die Mediclinic Hoogland en die MalutiPedriatiese Praktyk open die kliniek in die sessiekamer in die hospitaal se nuwe doktersvleuel in kamer LG03. Ouers kan hul kleingoed hierheen bring om geweeg en gemeet te word. Roetine-inentingsinspuitings word hier verskaf. Daarby word vitamien A-inspuitings gedoen, asook ontwurming. Rig navrae by 058-303-6396.

Hou hier skool ABEL DE BEER en Leana Gerber is nuwe personeellede aan die Laerskool Graanveld op Bethle­ hem.


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

Eiendomme

911


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

11

LANDBOU

Swart boere moet hul kinders betrek – LUR Reginald Witbooi

SENEKAL. – “Wit boere vaar goed en leer hul kinders hoe om plase te bestuur, terwyl ons swart boere net wil weet hoe om dit te bestuur. Die dag as ons nie meer daar is nie, stort dit in duie.” Só het Mamiki Qabathe, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, op ’n boeredag hier gesê. Qabathe het op die geleentheid, wat op die plaas Makolobane gehou is, gesê swart boere moet hul gesinne in die boerdery betrokke kry sodat dit kan voortbestaan. Volgens haar is swart boere ook nie gewoond om saam met ander boere te werk nie. “Jy sal dit nooit in die bedryf maak as jy nie wil saamwerk nie,” het Qabathe gesê. Sy het jong mense aangemoedig om in landelike ontwikkeling belang te stel.

Mielies vanjaar ‘blou’ op die land DIE ou mense het graag gesê: “Die mielie staan vanjaar ‘blou’ op die land”. Die pragti­ ge lap mielies is op die plaas Lorenzo in die distrik Fouriesburg. Die eienaar is Jaco Breytenbach. Foto: Jaco Breytenbach

Jongboere kan hulle inskryf DIE inskrywings vir Vrystaat-Landbou (VL) se 2014-Jongboer van die Jaarkompetisie is nou oop. ) Wie mag hulle inskryf? Enige jongboer (tussen 18 en 34 jaar) wat lid is van VL, self boer of ’n plaas bestuur. ) Waarom inskryf en deelneem? Jongboere word aangemoedig om hulself

teen ander jongboere te meet en hulself en hul boerderymetodes met die raad van kundiges te verbeter. ) Sluitingsdatum Môre (31 Januarie) Rig navrae aan Cynthia Troost by cynthia@vslandbou.co.za of skakel 051-4444609.

Het jy geweet jy kan vorige uitgawes van Vrystaat op die web lees? Gaan na www.vrystaat.co.za.

“As jong mense van boerdery hoor, dink hulle aan trekkers en grawe. Landelike ontwikkeling gaan nie net daaroor nie.” Boere oes nou appels en Qabathe het die eienaar van die plaas Makolobane, Pitso Sekhoto, as ’n voorbeeld gebruik. Hy het sy dogter, Nono (31), geleer om die plaas te bestuur. Nono het finansiële rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP) gestudeer en sê sy het nooit gedink sy sou in boerdery belang stel nie. Sy het ses jaar vir ’n beleggingsmaatskappy gewerk. “My pa het my gevra om hom op die plaas te kom help. Ek het in 2011 gekom en is nog hier,” het sy gesê. Die Sekhoto-familie boer met appels, melkbeeste, koring, sonneblom en beeste. Hulle lewer ook melk aan Woolworths. Hulle beplan om ook na Afrika-lande uit te voer.


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014 HUISE TE HUUR

SKOONMAAKDIENSTE

MOTORHERSTELDIENSTE

VERFWERK 1805

3080

1872

DAKKE SEëL EN VERF, enige algemene herstelwerk en oprigting van staalstrukture. Skakel Renier 072 996 9018.

Eenmanwoonstel vanaf 1 Feb. R2 200 p.m. Onderdakparkering. Veiligheidsomheining. Skakel: 082 411 3205.

VERVOER & BERGING 1870

Woonstel: Sentraal geleë in Bethlehem. 3 slaapkamers, 1,5f badk, groot sit-/eetk, tuin rondom. Motorhuis, sekuriteitshek. Pas nuutgerestoureer. R4 400 per maand. Onmiddellik beskikbaar. Marlien 082 662 8372.

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

LANDBOU

PERSOONLIKE DIENSTE GESONDHEID & SKOONHEID 1430

Econo-beeswaentjie: 4 m x 2 m, dubbelas. Ford Ranger Supercab-veetralie, 2005. Ford WL-'starteralternator'. Los onderdele. Dieselpomp. Skakel: Johan 082 808 8111.

IMPLEMENTE/ MASJINERIE 2205

ELEKTRIES 1810

PZ SWIGERSKUILVOERKERWERS te koop. Skakel Johannes 082 417 9023. LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE

TROETELDIERE 1660

2210

3 rooi verse, sigbaardragtig: R7 000 stuk. 2 koeie op die punt om te kalf: R8 000 stuk. 5 koeie met kalwers: R8 500 stuk. Skakel: 082 573 4703 alle ure. Bethlehem.

Pekinese hondjie: Reuntjie, R800. 6 weke. Skakel 078 222 5673/ 078 177 5524. Italian Greyhound x Jack Russell puppies: 7 weeks old. R100 each. Hannie: 074 369 5279.

OPLEIDING & OPVOEDING 1480

Eksotiese eende te koop: Marble Teals, Carolinas en Mandarins beskikbaar. Skakel: 083 660 3599 Reitz.

5 jaar oue Nguni-bul, volledig getoets . R10 000. Skakel 082 926 8072.

TE HUUR 1820

STAR MAKER Jack Russells: 8 weke. PRESENTS: Piano, guitar and keyboard Ingeënt. 3 tefies, 2 reunlessons for children from 5 tjies. Johan 082 561 9351. years. Your child has a better chance of relaxing and GESOEK OM TE KOOP concentrating at a 1675 younger age! Phone 072 603 3334.

SAKE

Muis- en rotboerdery te koop. Rede vir verkoop: Weens gesondheid. Skakel 083 457 7914. VAKANSIE & REIS

SELFSORG

MEUBELS

2626

1635

ALLERLEI

AMANZIMTOTI: Albatroswoonstelle teenaan die strand. Tel. 031 903 7734. Faks 086 293 3320. Facebook.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP TUIN & BESPROEIING

ALGEMENE & HUISDIENSTE

1825 1655

2-wiel-damskrop, R15 000. 3-skaar-balkploeg, R2 000. 4-skaarMF-blakploeg met krappers, R7 000. Skakel 072 732 2080.

BOUWERK & KONSTRUKSIE 1801

LESCOR MOTORS: Vir eerlike herstelwerk aan ligte petrol- en dieselvoertuie, veral alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091. Bethlehem. VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

Op soek na ISUZU D/KAJ 2,5 of 2.8 Diesel 1995-2000. Kontantkoop. Te koop: Toyota 4x4 3.0 Diesel, 1997. Riaan 072 037 5949. EIENDOMME

TE KOOP

AANDAG: Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) 058 303 3194 na ure Rita 083 272 3045.

R2 200 p.m. Panorama. Gemeubileerde eenmanwoonstel. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111.

Vir al u tuinbehoeftes: Afsaag van bome, rommel wegry, opsit van 'picket fence', vuurmaakhout en planke direk aan die eindverbruiker, sny van 'sleepers'. AB TIMBERS: 083 388 0173.

3025

Silver Toyota Auris 1.8 for sale. In excellent condition. 2008 model, 95 000 km. R120 000 negotiable. Contact 083 648 8554. SLEEPWAENS

ALLERLEI 1845

3040

3250

3-slk-woonstel, 1 badkamer, 1 afdak. Kragboks, geen troeteldiere. Deposito betaalbaar. Beskikbaar 1 Maart. 2014. Huur per maand R4 000. Besigtiging slegs na 17:00 weeksdae. Skakel: 083 956 4221.

"A", leestekens soos "!"

1 x JOJO Groen watertenk 500lt. Horisontaal. Splinternuut R1000. Petro Botha 083 234 4235. Lindley.

GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters , etc. Bethlehem. Tel. 058 303 4840/082 807 7456.

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

Huis te huur: Panorama. R8 000 p.m. 3 slk, 2 badk, dubbelm/h, eetkamer, sitkamer, lapa met ingeboude braai, 1slk-w/s met badkamer en kombuis. Beskikbaar Februarie 2014. Michael 082 458 6250. Nita: 079 899 3698. Panorama 2-slk, R3 800 en 1-slk, R3 300. Eureka: bachelor, R2 300. Tom 078 893 7771 / 058 303 1814.

Fantasiehoewe te koop. Gerieflike, moderne huis. Verhitte swembad plus nog baie meer. R2 550 000. Skakel 082 925 8605. Gypsey 4 B-karavaan . Baie mooi. Eilandbed en groot yskas. Skakel: 082 495 6625 Lindley.

Eenmanwoonstel: Middedorp. Beskikbaar 1 Maart 2014. R2 460 p.m. Deposito betaalbaar. Skakel 058 303 7735. EENMAN-, 1- EN 2SLK-WOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346. Rooms from R1 000 p.m. 1-/2-bedroom flats. Available immediately. Paxinos Flats. High Street in Bethlehem. Contact: Rental Administrator PROCOR SA: Koki Mastabu 057 352 2990. Fax: 086 558 7248. Fax: 057 352 3775. koki@procorsa.co.za

AANDAG Die gebruik van die letter

3205

3201

WOONSTELLE TE HUUR

Echo 3 4x4 2006 trailer for sale. Excellent condition. Price neg. Bethlehem. 1-slaapkamer-woonstel Call 082 370 0021. te huur. R2 500 p.m. water en ligte ingesluit. 3 km op Paul Roux-pad. Skakel 082 377 9549.

ALLE ADVERTEERDERS

TE HUUR

TE KOOP

TE KOOP 2405

R3 650 p.m. Eureka. Ruim 3-slaapkamer-woonstel met afdak. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111.

Groot 1-slaapkamerwoonstel in Eurekawoongebied, groot leefarea, met 'n ooplankombuis, een badkamer met stort, onderdakparkering met 'n motorhek. Enkellopende persoon wat baie rustig is tussen die ouderdom van 30 en 50. Huur p.m. met deposito R3 500 p.m. W en e ingesluit. Arista 078 120 3034.

GESOEK

3270

3601

1 ruim 3-slk-huis met dubbelparkering. Sentraal geleë naby skole en banke. Middedorp. Geen stoorkamer. Geen honde/katte. R4 950 p.m. Water, riool en vullisverw. ingesluit. 058 303 7735. Kantoorure.

Benodig‘n onderdele verkoopsman met goeie ondervinding in motoronderdele. Faks CV na 058 303 6907.

Huise en eenmanwoonstelle in Loch Athlone. Gemeubileer en ongemeubileer. Kontrakteursbehuising: R80 per dag per persoon. Skakel Paula 082 927 0209.

Benodig‘n stoorman tussen 45 en 60 met goeie ondervinding in motoronderdele. Moet onmiddelik diens aanvaar. Faks CV na 058 303 6907.

3-slaapkamer-huis te huur in Paul Roux. Leoni Prins 082 413 8049 of Francois van Zyl 082 417 9036. Ruim 3-slaapkamerwoning en 5 ha weiding te huur. 10 km buite Bethlehem. R3 950 p.m. plus krag. 074 580 8044. R5 200 p.m. Eureka. 3-slaapkamer-huis met motorhuis. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111. La Provence: 3-slk, R6 000. Jordania: 3-slk, R5 200. Jordania: 4-slkhuis plus woonstel, R7 200. Skakel Tom 078 893 7771 / 058 303 1814.

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS DORPSBEPLANNING

KANTORE

AANSOEK OM TWEEDE WOONEENHEID Kennis geskied hiermee dat Kantore te huur: Madeleine Harris aansoek by Mullerstraat. Onmiddie Dihlabeng Plaaslike delik beskikbaar. Kragboks. Munispaliteit gaan doen vir Deposito betaalbaar. R6 spesiale toestemming om ‘n 000 BTW ingesl. addsionele wooneenheid op Skakel 083 956 4221. te rig op Erf nommer 760/1, volledige straatadres: KerkWinkel te huur 120 vk straat 57, geleë in Bethlem naby Long Distance Taxi hem (dorp). Rank. R5 000 p.m. plus Enige person wat beswaar sleuteldeposito R5 000. teen die voorgestelde bedryf Yolanda 083 634 7158/ het, moet sodanige beswaar Maretha 082 779 1694. by die Applikant en die Munisipale bestuurder indien, binne 14 dae na die MEENTHUISE laaste verskyning van hierTE HUUR die kennisgewing. 3325 Die Applikant : M Harris Bethlehem-Wes: Adres: Straat: Buitestraat 2-slaapkamer-meenthuis. 12 Bethlehem 9700 Geen troeteldiere. R4 800 Posadres: Posbus 2093 Bethlehem 9700 p.m. plus dep. Beskikbaar 1 Maart 2014. Tel. 058 303 Tel. 082°737°2082. 3290

4770/082 223 4158.

GEMEUBILEERDE AKKOMMODASIE 3256

GEMEUBILEERDE KAMERS elk met en suite-badkamer, stoep en private ingang, selfsorg. Skakel 082 927 7820.

Gem. kamers vanaf R1 700 p.m. W en l ingesluit. Deel kombuis en stortgeriewe. R600 dep. Onm. beskikbaar. 072 339 8506. MOTORHUISE/ BERGING 3260

STOORPLEK:. Dubbel motorhuis te huur in Bethlehem. Skakel 083 303 6117.

4025

AANSOEK TWEEDE WOONEENHEID Kennis geskied hiermee dat Nico Mienie aansoek by die Dihlabeng Plaaslike MunisiLOSIES AANGEBIED paliteit gaan doen vir spesiale toestemming om ‘n 3280 addisionele wooneenheid op Op soek na damestute rig op Erf nommer 988, dent of dame met sober volledige straataddres Pleingewoontes om straat 36, Jordania, geleë in meenthuis mee te deel. Bethlehem (dorp). Ten volle gemeubileer. R2 Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf 000 per maand, krag en het, moet sodanige beswaar water ingesluit. by die Applikant en die Atêl Du Plessis 058 303 9613 w / 071 266 1377 sel. Munisipale bestuurder indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierHuis te deel in Bethledie kennisgewing. hem: Privaat kamer en Die Applikant: Nico Mienie badkamer, deel res van huis. Skakel: 083 303 6117. Adres: Straat: Pleinstraat 36, Jordania, Bethlehem Vanaf 1 Februarie 2014. 9700 Telefoon: 058°303°2199.

APPLICATION ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that Mr & Mrs G &M Macchiona intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an room into an existing dwelling on Erf number 72 BETREKKINGS complete street address: 72 3600 Malherbe Street situated in Clarens ( town) . BETREKKINGS Any person opposed to the GESOEK proposed operation must 3670 lodge such complait to the Christine soek werk as huis- Application and the Municipal Manager within 14 days hulp vir twee dae, Dinsdae en to the last publication of Donderdae. 079 594 7919. this notice. Francina soek werk as The Applicant: Mr &Mrs G & huishulp/kinderoppasser. M Macchiona Het voorheen by bakery Address: Street address: 221 gewerk. Voltyds. Main Street, Clarens, 9707 Telephone: 083°627°5333 / Skakel 078 879 0765. 072°489°4187

2 slk, 2 badk, sitkamer, kombuis met stoof, garage. R4 900 p.m. water en krag ingesluit. Skakel: 072 985 7687.

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

APPLICATION ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that Nico Mienie intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an addional dwelling on erf number 988, complete street address: 36 Plein Street, Jordania, situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: Nico Mienie Address: Street address: 36 Plein Street, Jordania, Bethlehem 9700. Tel. 058°303°2199

APPLICATION ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that Madeleine Harris intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an additional dwelling on Erf 760/1, complete street address: 57 Church Street, situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: M Harris Address: Street address: 57 Buite Street, Bethlehem. Postal aadress: PO Box 2093 Bethlehem 9700. Tel. 082 737 2082.

AANSOEK TWEEDE WOONEENHEID Kennis geskied hiermee dat Mr and Mrs G and M Macchiona aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om ‘n 1-slkwoonstel op te rig op‘n bestaande wooneenheid, op Erf nommer 72, volledige straatadres Malherbestraat 72, geleë in Clarens( dorp). Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale bestuur indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: Mr and Mrs G and M Macchiona Adres: Mainstraat 221, Clarens 9707 Tel. 083°627 5333/ 072°489°4187.

B E T R E K K I N G S

13


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

A glowing career opportunity with

Sales Manager: Lesotho

(Ref: SM: Lesotho)

Join the world’s largest direct seller of beauty products and be part of a team that is helping the business expand into a beauty leader. We currently seek a suitably qualified individual, for the following career opportunity in Lesotho. You will be responsible for: • The area’s resources and growth • Ensuring that Justine products and services effectively reach the area’s consumers through the direct selling channel • Liaising with the Divisional Sales Manager and Consultants, and Business Leaders • Continuously motivating, training and developing Consultants and Business Leaders • Achieving growth in selected areas.

Human Communications 105555

Requirements will include: • Matric. A relevant diploma or degree in Beauty Therapy will be advantageous • A minimum of 2 years’ sales experience • Own cell phone • A valid driver’s licence and own motor vehicle • Willingness to travel within surrounding areas. Benefits include: • A market-related salary (basic plus commission, bonus & incentives) • A petrol card • Laptop, printer/scanner/fax. To apply, please forward your CV to jobs.southafrica@avon.com (quoting the reference number in the subject line: SM: Lesotho). Closing date: 6 February 2014 Appointments will be made in accordance with Avon Justine’s employment equity objectives. If you do not get a response within six weeks after the closing date, please consider your application unsuccessful.


VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

15

SKOLENUUS

Blink uit op atletiekbyeenkoms ATLETE aan die Hoërskool Witteberg op Bethlehem het eerste plekke op die HTS Sasolburg se atletiekbyeenkoms behaal. Van links Nadine Piek (spiesgooi meisies o.19), Riekert Redelinghuys (hoogspring seuns o.17), Francois Maree (100 m en 200 m seuns o.15), Janco Opperman (diskus seuns o.14) en Elizma Kuhn (100 m en 200 m meisies o.17). Witteberg het sewe goue, twee silwer­ en vier bronsmedaljes op die byeenkoms verower. Foto: verskaf

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

J.C. DE CLERK Prokureurs/ Attorneys BOEDEL WYLE ANNA JACOBA PISTOR BOEDELNOMMER 6776/2013 IN DIE BOEDEL VAN WYLE ANNA JACOBA ELIZABETH PISTOR OORLEDE 29 JUNIE 2013 BOEDELNOMMER 6776/2013 GEBORE 17 AUGUSTUS 1928 IDENTITEITSNOMMER 280817°0048°080 ADRES: RESIDENTIA AFTREEOORD, BETHLEHEM, VRYSTAAT PROVINSIE Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in bogemelde boedel vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf datum hiervan by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, BLOEMFONTEIN en die landdroskantoor, BETHLEHEM, ter insae lê. JC DE CLERK POSBUS 212 CLARENS 9707 Tel. 058°256°1807 Kontakpersoon: Mnr. JC de Clerk. BOEDE WYLE: PC FOURIE BOEDELNOMMER 1466/2010 In die boedel van wyle Pieter Christiaan Fourie, ID 370812°5017°082, van Bethlehem Aftreeoord 18B, Bethlehem, oorlede op 22 November 2009, boedelnommer 1466/2010. Die tweede en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel sal ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en 'n afskrif daarvan by die kantoor van die Landdros, Bethlehem. vir 'n tydperk van 21 dae vanaf publikasie hiervan . J Fourie, Eksekuteur, Posbus 131380,Northmead 1511.

ATLETE aan die Hoërskool Witteberg op Bethlehem het rekords verbeter op die skool se jaarlikse kleure­atletiekbyeenkoms. Van links is Ruaan Dutton (100 m seuns o.16), Nadja Fourie (paal­ spring meisies o.15), Francois Maree (100 m seuns o.15), Elizma Kuhn (100 m en 200 m meisies o.17), Strauss van Graan (diskus­ gooi seuns o.19), Lané Filmalter (gewigstoot meisies o.16), Eh­ rard Bubb (5 000 m­stap seuns o.15), en Luan de Lange (3 000 m­stap seuns o.14).

LEERLINGE en onderwysers aan die Hoërskool Witteberg het die ATKV­redenaarskursus op Kroonstad bygewoon. Leerlinge het gespesialiseerde opleiding in die skryf van toespra­ ke ontvang en onderwysers het opleiding in beoordeling ontvang. Coenie Venter, skool­ hoof, het dié opleiding aangebied. Leerlinge wat die kursus bygewoon het, is van links Anneke Potgieter, Adele Schnetler, Frances Jonker, Chantel van Straaten, Chiné Nel, Maris­ ca Vonke, Henno Bekker, Natalie Sparks, Janneke Venter, Nica Pretorius, Zilke Heyns, Caris­ sa Viljoen en Leandi Venter.

Witteberg kraai koning op krieketveld DIE Hoërskool Witteberg se eerste krieketspan het die afgelope naweek die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) met agt paaltjies verslaan. Rooies het die loot gewen en besluit om te gaan kolf en is vir ’n skamele 115 lopies uitgeboul. Armand Kemp van Witteberg neem vier vir 34 in 10 beurte en is goed deur Ruco Beneke ondersteun met syfers van 2 vir 16 in 6 boulbeurte en JP Strydom wat 2 paaltjies vir 28 in 8 beurte geneem het. Daarna het Witteberg gaan kolf en deurgaans teen meer as sewe lopies per beurt gekolf. Hulle behaal die wentotaal van 119 vir 2 in slegs 16 beurte. Armand Kemp eindig onoorwonne met 37 lopies terwyl Ruco Beneke hom goed

DANELLE MARAIS, ’n leerling aan die Hoër­ skool Witteberg op Bethlehem, het die af­ gelope naweek aan die Vrystaat­tennisproe­ we in Bloemfontein deelgeneem en hoe­ wel Danelle nog o.16 is, het sy ’n algeheel sesde plek in die o.19­ ouderdomsgroep be­ haal.

bygestaan het met 26 nie uit nie. Witteberg se eerste span is steeds onoorwonne in die Griffons se eerste krieketliga. Witteberg se o.15A-span het op sy beurt teen Welkom-Gimnasium te staan gekom. Witteberg het goed begin en 272 lopies in sy toegelate 50 beurte aangeteken. George Spershott was deurgaans die doring in die vlees van Gimnasium se boulers en behaal ’n uitstekende hondertal (134) wat ’n groot aantal grenshoue insluit. Daarna het Gimnasium gekolf en 209 lopies in hul toegelate 50 boulbeurte behaal. Witteberg se o.15A-krieketspan klop Welkom-Gimnasium dus met 63 lopies.

’n KRANIGE fietsry­ er van die Hoërskool Witteberg op Beth­ lehem, Paul Botha, het onlangs aan die KZN Champs­kam­ pioenskapsbyeen­ koms op Ladysmith deelgeneem en agt­ ste geëindig. Hy gaan in Februarie in Durban aan die Suid­Afrikaanse kampioenskapsby­ eenkoms deelneem.

Woon gr. 8-kamp by NOG gr. 8­leerlinge aan die Hoërskool Voortrekker geniet modderbesmeer die gr. 8­kamp op Moolmanshoek. Foto’s: Verskaf

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

GR. 8­LEERLINGE aan die Hoërskool Voortrekker geniet dit gate uit op die skool se gr. 8­kamp op Moolmanshoek.

DIE gr. 8­leerlinge van Voortrekker is van links Thys Smalberger, Oelof Davel, Marcel Minnaar en André van Schoor.


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 30 JANUARIE 2014

Oos-Vrystaters baas in liga

NOG ’n meneer van ’n kabeljou van 18,5 kg gevang deur Brent Collie.

BRENT COLLIE se kabeljou van 5,6 kg.

ZELDA COLLIE se heel eerste kabeljou – groot genoeg om huis toe te bring.

Kabeljoue byt fluks

KABELJOU in die see by Skuinsrif aan die Weskus het geweet die Collies van Bethlehem was daar en moes draaie om die lekker aas swem wat vir hulle uitgegooi is. ’n Paar kabeljoue het egter voor die versoeking geswig om aan die aas te byt en Brent Collie en sy

dogter, Michelle, kon ’n paar stewige visse uit die see trek. Die vangste was by Skuinsdrif, 115 km noord van Hentiesbaai. Hulle het sardien-aas gebruik om die visse mee te vang. Een van Brent se kabeljoue het 5,6 kg geweeg en nog een van 18,5 kg is

by Myl 71 (Hentiesbaai) uitgetrek. Michelle see eerste kabeljou wat sy in die see gevang het, ook by Skuinsrif, was 420 mm lank. Slegs kabeljoue wat langer as 400 mm is, kan huis toe gebring word of kan pan toe gaan.

DIE Oos-Vrystaat-Andras Findt-krieketspan het die Vrystaat-Platteland se 50-boulbeurtliga gewen. Dié span is uit verskeie klubs soos Reitz, Bethlehem-Dorp, Harrismith, Masekhane en die Qwaqwa-krieketklub saamgestel. Die Andras Findt-span het die WelkomRovers en Robs van Kroonstad, asook die sterk span van Bethlehem-Oudskoliere, die loef afgesteek. Volgens Carel Beneke, voorsitter, het die span net een wedstryd teen die Players van Kroonstad verloor, maar gerieflik bo-aan die punteleer met oorwinnings oor al sy ander teenstanders geëindig. Die groot uitblinker met die kolf vir die span was Francois Grové van Harrismith wat ook die kaptein van die span was. Hy het teen Rovers ’n briljante 209 nie uit nie (n.u.n.) aangeteken en ook die meeste lopies met 270 in vier beurte vir die span aangeteken het. Hy is egter goed deur spelers soos Ruco Beneke, openingskolwer van die Hoërskool Witteberg, Cliffie Ackerman, Sello Mabuya, Neo Motsoeneng en Divan Putter bygestaan. Wat die boulers betref, is die geneemde paaltjies redelik goed verdeel tussen die verskillende manne wat gespeel het met

Presteer puik met die setyster RETIEF TOLKEN (regs), ’n gr. 12­leerling aan die Hoërskool Witteberg, het die af­ gelope twee naweke aan die Vrystaatse en Noord­Kaapse junior ope gholfkampi­ oenskappe deelgeneem. Hy het in Bloemfontein ’n algeheel derde plek be­ haal en in Kimberley ’n algeheel tweede plek. In die o.19­afdeling het Retief in Kimberley en Bloemfontein eerste geëin­ dig. Hier oorhandig Gary Smith die tro­ fee in Bloemfontein aan hom.

Willem Brits van Harrismith wat die meeste – naamlik sewe paaltjies – geneem het. Sy beste boulsyfers was agt beurte, twee leeg, en vier paaltjies vir 16 lopies teen Bethlehem-Oudskoliere. Ander boulers wat hul bes gedoen en vier paaltjies of meer in die liga geneem het, is Muller Starke, Nico Steyn, Ernst Janse van Rensburg, Ruco Beneke en Armand Kemp. Dit is vir die bestuur van Oos-Vrystaatkrieket aangenaam om die span geluk te wens met die besonderse prestasie en om ’n woord van opregte dank aan André Findt van Andras Findt-onderdele vir die borgskap van Oos-Vrystaat-krieket te rig. Verder ook ’n woord van gelukwensing aan Bethlehem-Oudskoliere wat ook goed in die liga onder aanvoering van sy kaptein, Deon Schoombie, gepresteer het. Schoombie het die afgelope Saterdag sy soveelste 100-tal ongelukkig net-net misgeloop en as dit nie vir die reën was wat ’n paar van hul wedstryde beïnvloed het nie, kon die punteleer dalk anders daarna uitgesien het. “Graag wens ons alle spanne wat in die Oos-Vrystaatse Dewar-skildliga van 50 boulbeurte betrokke gaan wees, baie sterkte toe.”


Vrystaat news 30 01 2014