Page 1

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

WWW.VRYSTAAT.CO.ZA

Hoenders gedy by haar

R3,50

Sukses nie oral die geval Marguerite Vermeulen “EK, ék lief hom, dié kinders,” sê Julia Nhlapo (57) oor haar hoenders. Dié vrou bedryf ’n hoenderboerdery en op dié manier leer sy haar kinders van die sakewêreld, om te werk én sy het ’n inkomste. Sy is een van die Clarens-inwoners wat verlede jaar ’n hoenderhok en toebehore vir ’n hoenderboerdery by die Dihlabeng-munisipaliteit gekry het. “Hulle het die hok, die lig en die kosbakke verskaf.” Nhlapo moet egter self kos vir die hoenders koop met die geld wat sy uit verkope verdien. Sy verkoop al die hoenders in haar omgewing. “Hulle kos R70.” Die bure wat by haar kuier, vertel dié hoenders is baie groot en baie lekker. Nhlapo sê sy en die sewe kinders wat by haar woon, eet ook lekker aan die hoenders. “Maar ek moet hom betaal.” Sy skryf dit op as sy geld moet inbetaal en maak meer as R3 000 wins. Nhlapo verduidelik sy sit ’n lig in die hok aan sodat die hoenders in die nag ook vreet. Hulle vreet 50 kg kos in ’n week op en die hoenders word op sewe weke oud verkoop. Eintlik het haar dogter Lina (29) eerste met hoenders geboer. Sy het net ’n eenvoudige sinkhoenderhok gehad toe die munisipaliteit haar raakgesien het en vir haar die beter hok gegee het. Lina het in die stadium toe die hokke op Clarens aangekom het, Qwaqwa toe getrek en gevra hulle moet die hok liefs vir haar ma gee. Julia span die jong kinders in haar omgewing in om haar met die hoenders te help. “Hulle moet weet wat om te doen as ek siek is.” Die hoenders se hokke word gereeld ontsmet, hulle kry vier keer per dag skoon water en volop kos. “Hulle vreet altyd.” Die hok het twee ligte: die een sodat hulle in die nag kan vreet en nog een om hulle warm te hou. ) Die Dihlabeng-munisipaliteit het verskeie hoenderprojekte in die omgewing begin. Ten minste een van die groter projekte het twee keer ná mekaar op niks uitgeloop nie. Twee jaar gelede het die projek 1 000 hoenders gehad. Dié hoenders het van die honger gevrek. Daarna is die projek vergroot en

9 771026 872001 >

2 000 hoenders moes twee weke gelede geslag word, omdat hulle mekaar begin vreet het. Volgens die munisipaliteit het die bestuurders van die projek nie goed genoeg daarna omgesien nie. “Hulle kan tog nie vir die munisipaliteit wag om vir hulle te sê om die hokke skoon te maak nie of vir die hoenders water te gee nie.” Die munisipaliteit het gesê hy het uit die sage geleer en help om al die geslagte hoenders te verkoop. Toe Vrystaat gister dié perseel besoek het, was dit netjies opgeruim en skoongemaak. Daar was geen hoender naby nie. ’n Kontrakteur was aan die bou van nóg twee hoenderhokke wat blykbaar deel van ’n ander projek op dieselfde erf sal vorm.

DIE hokke wat skoongemaak is nadat 2 000 hoenders op dié per­ seel in drie hokke geslag is, omdat hulle nie genoeg kos gekry het nie.

JULIA NHLAPO (57) is ’n gesoute sakevrou in haar gemeenskap. Sy leer haar kinders en kinders van die omgewing hoe om ’n onderneming te bedryf en om hard te werk. Foto’s: Marguerite Vermeulen


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

D

agboek iary

BETHLEHEM-LUGSKOU: Die lugskou vind Saterdag plaas. Rig navrae aan Derek O’Connor by 083-629-5242. Project Runway met David Fourie: ’n Optrede word op Donderdag 3 Oktober gehou spesiaal net vir vroue van die Oos-Vrystaat. Kaartjies teen R250 sluit ’n geskenksak en ete in en is by Vrystaat, Kansa, Curves, Nuveau, Niins en Solomans beskikbaar. Sien foto-album van inskrywings vir die skoonheidskompetisie op http:// facebook.com/Vrystaat. Vrystaatse Jagters-en-wildbewaringsvereniging hou reünie: Vir lede wat in Oktober 1981 op die stigtingsvergadering op Maselspoort was (of jy nog lid is of nie). Bel Daan Bodenstein by 083-489-9193 of Izak de Villiers by 082-570-1031. Dit word beplan vir 14 September in die Soetdoring-natuurreservaat buite Bloemfontein. Besigheidsaflos op Bethlehem: Die aflos vind op Vrydag 4 Oktober op die skouterrein plaas. Basaar op Paul Roux gehou: Die NG kerk op Paul Roux hou op Saterdag 7 September om 10:00 sy basaar. Welkom se Cars in the Park: Altesaam 300 veteraanmotors is op 5 Oktober op die skoolterrein van die HTS te sien. Toegang kos R20. Die hekke open om 06:00 vir uitstallers en om 07:00 vir die publiek. Bel Thereza by 072-916-2749, Henri by 082-393-5502 of Johan by 082-499-5508. NG kerk Fouriesburg hou lenteteeparty: Die kerk se vrouediens hou op 7 September om 09:30 ’n lenteteeparty in die skoolsaal in Fouriesburg. Die tema is Hande. Bel Estelle Meyer by 083-347-9466. Kaleidoskoop: Kleur jou wêreld! Truida Kestell-sangfees van 9 tot 12 September in die skoolsaal. Skakel 058-303-4888.

Vat vyf, ons is trots VYF Oos-Vrystaters het vanjaar weer skoonskip gemaak in die jaarlikse ATKV-redenaars- en debatkompetisie. Die leerlinge het saam een goue en vier silwer-eerbewyse gekry. Altesaam 22 000 leerlinge het aan die kompetisie deelgeneem. Die leerlinge is Janneke Venter en Lerato Mabuya van die Hoërskool Witteberg, Rayno Mostert en Johan Taljaard van die Hoërskool Reitz en Mohammed Yusuf van die Hoërskool Ficksburg. Mostert en Taljaart van die Hoërskool Reitz het die eerste en tweede plekke in die afdeling vir Hoërskool Senior Redenaars behaal. Van Witteberg het Venter, ’n gr. 8-leerling, derde in die junior afdeling vir huistaal-deelnemers geëindig. Mabuya, ’n gr. 12-leerling wat ook in Witteberg is, het in die senior afdeling vir Tweede Addisionele Taal-leerlinge deelgeneem. Hy het ’n tweede plek behaal. In die junior afdeling vir Tweede Taal-leerlinge het Mohammed Yusuf van die Hoërskool Ficksburg ’n goue medalje vir besonderse taalgebruik ontvang. Leandi Venter, Janneke Venter en Petro Coetzee, Witteberg se junior debatspan, het ook deelgeneem in die eindronde van die afdeling vir junior hoërskool-leerlinge. Dié drie het hul debat teen die Hoërskool Stellenberg van Stellenbosch gewen en het ’n algeheel vierde plek in dié afdeling behaal. Jaco Bester, Rayno Mostert en Johan Taljaard van die Hoërskool Reitz het vanjaar die derde keer eerste in die Dink of Sink-debat geëindig. Dié kompetisie het op Hartenbos plaasgevind. Ander deelnemers het, was die Afrikaans Hoër Seun- en Meisieskool van Pretoria, Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch, die Hoërskool Hugenote, die Meisieskool Oranje van Bloemfontein, Stellenberg, Grey-kollege van Bloemfontein en Potchefstroom-Gimnasium.

Werkgewer bepaal gesindhede Braam Botha

LERATO MABUYA en Janneke Venter van die Hoërskool Witteberg het uitstekend gepresteer in die eindronde van die landswye ATKV­ redenaarskompetisie op Hartenbos. Janneke het ’n derde plek behaal in die junior afdeling vir Afrikaans Huistaal en Lerato ’n tweede plek vir Afrikaans Tweede Addisionele Taal vir gr. 10 tot 12. Foto’s: Verskaf

IN die eindronde van die landswye ATKV­debatskompetisie het Wit­ teberg se junior debatspan ’n vierde plek behaal. Van links is Janneke Venter, Petro Coetzee en Leandi Venter.

RAYNO MOSTERT (links) en Johan Taljaart saam met hul onderwyse­ res, Magda Venter.

DIT gebeur dikwels dat werkgewers my met die volgende versoek kontak: Kom sorteer tog asseblief net my mense uit sodat ek kan aangaan met my besigheid. Die soort noodkrete deur werkgewers neem beslis toe. Met die ekonomie wat volgens kenners en ondernemings redelik “pap” is, is dit belangrik dat produktiwiteit in die werkplek gemaksimaliseer word. Ek was onlangs by ’n korporatiewe onderneming betrokke waar so ’n situasie hom afgespeel het. Nadat ’n organisasie-analise gedoen is, was dit duidelik dit is nie die werknemers wat die probleem is nie, maar inderdaad die eienaar en bestuur van die onderneming. Dit gebeur in bykans 80% van die gevalle. Een van die eerste waarneembare simptome is ’n gereelde wisseling van die onderneming se personeellede. Die vernaamste redes vir die “kom en gaan” van personeellede sluit onbillike arbeidspraktyke soos die volgende in: werkgewers wat nie hul werkmense vir werkloosheidsversekering registreer nie; geen salarisstrokies verskaf nie en bonusse of verhogings wat net teruggetrek word. Onder sulke omstandighede is dit onafwendbaar dat goeie personeellede sal bedank. Eindelik word suksesvolle ondernemings deur “base en klase” se goeie gesindhede teenoor mekaar en die publiek gekenmerk. ) Braam Botha is ’n CPA, Kommersiële reg en Arbeidsregpraktisyn en op versoek van Vrystaat ’n gereelde bydraer van kort artikels oor aangeleenthede in sake en die werkplek. Vir meer inligting of om navrae te rig kontak Botha by 058-303-4844 of wellatwork@telkomsa.net.

Prayer event held to support women, children THE Department of Police, Roads and Transport is focussing on gangsterism and human trafficking during Women’s Month. The department and the police conducted a prayer event in Bothaville. A second event of this nature will be hosted in Qwaqwa tomorrow.

To provide emotional and spiritual support to mothers and guardians of children who are involved in gangsterism is one of many objectives of this initiative by the department. Other objectives are: ) encourage and provide support to

children who are in the exit point of gangsterism; ) address the growing scourge of gender-based violence and gangsterism in the province; ) encourage women to unite and take a stand against the social ills in their communities; ) increase awareness about a ma-

jor global problem currently inflicting injustices on men, women and children; ) explore the concept of human trafficking defined as modern day slavery from both a national and international perspective; and ) examine issues related to survivors of human trafficking.


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

3

Ficksburg-SAPD styg uit Reginald Witbooi

DIT lyk asof vullisblikke in die gebou omgekeer word. Die antieke plank­ vloere is plek­plek uitgeruk.

ANTIEKE vensters en deure is ver­ niel. Daar is geen koperhandvat­ sels en vensterskarniere oor nie.

Party dien klag oor gebou in Marguerite Vermeulen

AANGESIEN die Ou Engelse Klubhuis op Harrismith steeds in dieselfde haglike toestand is en inwoners nie sien dat die munisipaliteit daarteen optree nie, is ’n strafregtelike klag nou by die polisie ingedien. “Dit is die opbou van ’n struggle oor baie jare om die munisipaliteit te kry om die sekuriteit, instandhouding en gebruik van die gebou aan te pak,” het Leona Kleynhans in ’n nuusverklaring aan Vrystaat gesê. Volgens Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, is die saak aangemeld en word die klag onder die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne van 1999 ondersoek. Die saak is op 19 Augustus geregistreer. Volgens Kleynhans het die inwoners van die dorp sedert 2010 reeds telkens oor die saak gekla. Sy het ook in haar nuusverklaring gesê die Vrystaatse Erfenisraad het verlede week ’n verpligte skrywe aan die munisipaliteit gegee om die gebou te herstel. Die gebou in Stuartstraat is kort ná die Anglo-Boereoorlog deur En-

gelse soldate gebou en het ’n snoekerkamer met ’n antieke, hoë vensterdak. Dit dateer van 1902, wat dit meer as 100 jaar oud maak en groot geskiedkundige waarde gee. Die laaste maatskappy wat die gebou van die munisipaliteit gehuur het, was Van Wyk en Beuken-bourekenaars. Hulle het die gebou sowat tien jaar lank gehuur, maar moes dit skielik in 2004 ontruim. “Hulle het gesê die munisipaliteit se finansiële afdeling wil daar intrek en ons moes so gou moontlik uit,” het Chris van Wyk vroeër aan Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, gesê. Volgens Van Wyk was die meeste van die vloere van hout en die gebou het nog mooi staalplafonne. Aangesien die instandhouding van die gebou deel van die destydse huurkontrak was, moes die huurders dit in stand hou. Volgens Kleynhans het die munisipaliteit tenders geopen om die gebou te restoureer wat op 12 April gesluit het.

Sy het gesê dat sy nou gehoor het dat die proses om die aansoeke vir tenders nie verder geprosesseer gaan word nie, maar dat “iets anders” met die gebou gaan gebeur. Sy beweer die munisipale bestuurder, Madala Ntombela, het aan haar gesê die gebou sal nou 24 uur opgepas word, maar dit het nie gebeur nie.

PARTY deure is uitgeruk en die ko­ syne só beskadig.

Foto’s: Reginald Witbooi

FICKSBURG. – Die polisiekantoor op die dorp is uit 1 125 polisiekantore as een van die beste in die land aangewys en is in sy noppies hieroor. Dié goeie nuus kom ná die slegte nuus dat polisielede van die sogenaamde “Rambo Squad” vroeër in hegtenis geneem is op aanklagte van aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dié vier konstabels van die Ficksburg-polisiekantoor, Samson Pokedi (29), Johannes Sefatsa (37), Matthews Radebe (31) en Stephen Molete (34), sal weer Maandag in die hof verskyn. Hulle het na bewering mense in Meqheleng en op Ficksburg aangerand en hulle weens nietighede in hegtenis geneem. Luidens ’n verklaring van die polisiekantoor het die operasionele doeltreffendheid van hul gemeenskapdienssentrum tot 100% verbeter in vergelyking met Junie se 68,6%. Die kantoor is as die heel beste aangewys vir sy spoedige hantering van dossiere en registrasie van klagte. Die interne prestasies word deur die nasionale kantoor van die Suid-Afrikaan-

se Polisiediens (SAPD) gemonitor. Volgens die statistieke is daar ’n verbetering in speurwerk wat van 74,7% tot 77,6% en misdaadvoorkoming wat drasties van 60% tot 79% gestyg het. Die kantoor het in Julie ook meer verdagtes vasgetrek en 38 mense is op aanklagte skuldig bevind. Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, het vroeër berig die kantoor se stasiebevelvoerder, kol. Shembe Vilakazi, het na bewering maandelikse teikens gestel van hoeveel inhegtenisnemings polisielede moet doen. Diegene wat hul teikens behaal het, het glo R500 gekry. Sewe polisiebeamptes is ook vroeer vanjaar op alle aanklagte vrygespreek nadat hulle Andries Tatane in 2011 na bewering met knuppels geslaan en rubberkoeëls geskiet het. Hy het in die proses beswyk. Roy Jankielsohn van die DA sê dit is jammer dat ’n paar vrot appels in die polisie nie net die reputasie van die polisiekantoor bederf nie, maar die SAPD as ’n geheel. Casca Mokitlane, Cope se provinsiale leier, sê die statistieke is misleidend en die gemeenskap moet nie ’n rat voor die oë gedraai word nie.

Burglars target homes in Bhm THE local police are calling on residents to be on the look out to prevent housebreaks. On Friday, 23 August, a large number of cases of residential housebreaking was reported in Bethlehem. Perpetrators targeted deserted homes where the owners were at work during the day. They rang the door bells to make sure there was no one home and when there was no answer they broke the doors open. In most cases doors were forced open to gain entry. Once inside the houses, they stole electrical appliances, plasma TV’s, expensive jewellery and computer sets. They targeted houses in Eureka,

Môrelig, the central business district and parts of Bohlokong. Tips to prevent housebreak: ) Always make sure that all doors and windows are closed when you leave your house. ) Inform trustworthy friends when going away for a holiday to keep a look out at the house. ) Don’t leave the lights on when leaving the house as it will create suspicion. ) Clear the area around the gates of bushes and other hiding places. ) Mark your property in order to identify it. ) When you discover that someone broke into your business or house, contact the police immediately. Do not tamper with evidence.


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Gun ander ook hul mening POLITIEK is vuil. Suid-Afrikaners stem grootliks saam dit is waar in ons eie regering waar korrupsie hoogty vier en hooggeplaastes nie aandag skenk aan sake wat gemeenskappe raak nie. Die feit is ook duidelik sigbaar vir die groter internasionale gemeenskap wanneer verkiesings soos die afgelope een van ons bure bekyk word. In die sportwêreld leer ons dit ook telkens. Hierdie politiek – wat ook as ’n fyngevoelige atmosfeer beskryf kan word – ondermyn die regte optrede van sy slagoffers. Só ’n probleem kring dan maklik uit na hulle wat daagliks in sulke omstandighede moet werk. Kyk maar na ons eie munisipaliteit. Hooggeplaastes wat gereeld hul menings lug en op elke moontlike manier fanaties vir hul gemeenskappe veg, swyg nou soos die graf. Hoekom? Hulle is nou te bang om nie politiek korrek op te tree nie en ’n hele sak vol geld te verloor as hulle ’n voetjie sou verkeerd sit. Kan ’n mens dan liewer niks doen nie net om die vrede te bewaar? Mense lewer tog te graag kommentaar. Die einste mense kyk egter graag verby die politiek, oftewel die fyngevoelige atmosfeer, in hul eie kerke,

skole en kantore. Hulle maak kerkvergaderings, skoolbeheerliggaamvergaderings, direksievergaderings, koukusvergaderings, skouvergaderings en enige ander vergadering vuil. En hulle weet nie eens hulle leer hul kinders om so te wees nie. Is hulle wat die fyngevoelige atmosfeer skep en dit beheer dié mense na wie ons noodgedwonge kyk? Beland mense in hooggeplaaste poste, omdat hulle weet hoe om fyngevoelige atmosfere tot hul voordeel te gebruik? Is dit enigsins moontlik om nie deel van só ’n fyngevoelige atmosfeer te wees nie? Soms is dit nodig om politiek net te ignoreer om seker te wees almal sit nie agteroor en doen niks net om wrywing te vermy nie. Doen wat vir jou reg is, volstaan daarby en moet dit tog net nie persoonlik opneem as iemand iets doen wat vir hóm reg is nie. Pars daardie politiek en louter die fyngevoelige atmosfeer totdat dit blink. Silwerskoon blink.

ARNÉ het my gewaarsku toe ek in die motor klim. “Onthou net, as jy na daardie motorwasplek toe gaan, gaan jy met daardie suur ou spul met die stofsuiers te doen kry.” My hele lewe lank glo ek dat mense nie van nature “suur” is nie. Hulle is dalk in gedagte of beswaard, maar hoekom sal ’n mens nou “suur” wees sonder rede. Ek glo altyd dat ’n vriendelike glimlag of groet altyd die ander persoon kan beïnvloed – kan oortuig dat die wêreld nie so ’n slegte plek is nie. Min het ek geweet hoe diep suur hierdie groepie met die stofsuiers was. Nadat die motor afgespuit is, ry ons na waar die groepie rondstaan. Ek groet vriendelik, en brei sommer opgeruimd uit: “Aha, julle moet sommer nou lekker skoon was. Dis darem seker amper tyd om huis toe te gaan.” Daar word nie eens teruggegroet nie. Hulle staan nader met die

stofsuiers asof hulle dink dat ek Shrek is. Dit lyk meer soos wapentuig om die motor mee aan te val as wat dit lyk soos iets om ’n diens mee te lewer. Een van die vroue kou ’n tandestokkie. Sy kyk my wantrouig aan. En waag dit dan: “Dis Saterdagmiddag, dis nie lekker om te werk nie. Dis net ons wat werk.” Ek probeer vriendelik bly. Arné en die kinders geniet hierdie interaksie. Ek is mos gewaarsku. Terwyl die stofsuiers aan die werk spring, stap ons oor na die supermark. Dis daar dat ek die idee kry om lekkergoed te koop. Op ’n pakkie vol klein sjokoladetjies staan dit: For the 25-hour day. Op die ingewing van die oomblik koop ek die pakkie. Op hierdie laat Saterdagmiddag is die kassiere ook moeg. Ek begin gesels, maar ek kry dieselfde afgetrokke antwoorde. En ek verstaan. Dit is seker nie lekker om op ’n Saterdagmid-

Vrystaat HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

Klein gebaar van vriendelikheid kan groot verskil maak

S

andsteenpraatjies

dag by die werk te wees terwyl almal voor hul televisies sport kyk, of vleis braai, of net plein uitrus nie. Dan dink ek aan die hoë werkloosheidsyfer in die land. Is hierdie mense nie dankbaar vir die werk nie? Ja,

die omstandighede is moeilik, maar wat van hulle wat geen werk het nie, geen inkomste nie, geen hoop nie? En ek verstaan hoeveel mense in hierdie land werklik swaarkry. Terug by die motor is die stofsuiers klaar met hul werk. Redelike halwe werk as ek mag sê. En redelik vinnig afgehandel. Dis duidelik dat hul gebrek aan motivering deursyfer na hul werk. Die stofsuigwerk is half gedoen. Hulle staan op ’n bondel. Ek groet joviaal. Maak die deur oop. Ondanks die duidelike gebrek aan poging sê ek tog: “Wow, baie dankie, kyk hoe skoon is die motor. Dankie dat julle so laat op ’n Saterdag werk. Kom, hier is vir elkeen van julle ’n sjokolade. Kyk, dis spesiaal vir mense wat langer ure werk.” Daar is ’n effense beweging. Ek sien amper ’n glimlag op een se gesig. Hulle neem die sjokolade. Die een ding wat merkbaar verander, is hul

energie. Hulle gesels met mekaar. Toe ons wegry, is daar selfs ’n glimlag hier en daar. En jou werklikwaar – hulle waai en dans. Selfs die tandestokkie van frustrasie is nie meer daar nie. Dit vat so min om ’n verskil te maak. Daar is soveel ongelukkige mense wat smag na ’n vriendelike woord, ’n gebaar van dankbaarheid. ’n Glimlag. Ek weet dat moeilike werksure uitputtend kan wees. Ek besef dat kliënte dikwels moeilik is. Ek verstaan dat vriendelikheid soms ’n poging verg. En ek neem my voor om elke dag op ’n klein skaal ’n verskil te maak. Want gebaar vir gebaar kan ons hierdie land weer vriendelik kry. Kom ons glimlag in die verkeer, ons deel waar ons kan, en ons lag omdat ons nog lewe. Niks is onmoontlik nie.

Lesers bieg oor ‘verslawing’ Lesers lug hul mening IS jy ’n ywerige leser? Uit ’n meningspeiling op Facebook blyk positiewe antwoorde. Besoekers is gevra: Wat is die titel en wie is die skrywer van die laaste boek wat jy gelees het? Watter ander boek(e) sal ’n mens op jou boekrak vind? Só antwoord die ywerige lesers. Dalene Van Zyl: Ywerig is nie die woord nie – verslaaf is ’n beter woord. Die laaste boek wat ek “gelees” het, was The Round House van Louise Erdrich. Die rede vir die aanhaalingstekens is ons het na die oudioboek geluister op pad terug huis toe van Nova Scotia – ’n reis van amper 2 000 km.

Adèle Dempers: ’n Dag sonder lees is maar vaal. My laaste boek is Wolf Hall van Hilary Mantel. Sy maak die geskiedenis van Thomas Cromwell en die hof van Henry 8 lewend in pragtige taal. Maureen Vermaak: James Patterson se 1st to Die, lees dit nog. Ander boeke op my boekrak (Kindle) is Killing Kebble deur Mandy Wiener – ’n werklik briljante boek. En ook Dean Koontzboeke. Martie Bargiacchi: Hi vriendin (Maureen Vermaak), wat van Ena Murray? Maureen Vermaak: Oh, gross! Ek het vir seker reeds AL haar boeke vrot

Stopstrate ook geïgnoreer ARNOLD SCHOONWINKEL: EK lees in die nuutste uitgawe van spoedkameras en die groot bohaai daaroor. Graag sal ek van Annetjie Kellermann wil hoor wat doen hulle omtrent al die vierrigting-stopstrate wat absoluut net geïgnoreer word. Ek het ’n jaar gelede haar spesi-

BL

gelees . . . Martie Bargiacchi: Jip, lekker bly maar lekker . . . En sy is nou eg SuidAfrikaans. Renée Coetzee Wolfaardt: Ek is ’n Robin Hobb-fan – lief haar reekse: The Farseer Trilogy en nog baie ander. Pillars of the Earth van Ken Follett bly ook een van my mees geleesde boeke. Stunning historical! Innominatum de Kat: Ek lees koerante. Op die web, op papier, op my selfoon, in my sandboks. Laaste boek? The brief history of everything (Bill Bryson) en natuurlik die Bybel (klomp skrywers). Susan Maré: Ek lees ’n

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

fiek besoek en gevra dat daar iets aan gedoen word, maar tot op datum ry almal net oor sonder om te stop. Ek doen ’n voorstel dat hulle met toegeetekens vervang word of dat werklike wetstoepassing inderdaad toegepas word. My mening oor die spoedtoepas-

paar boeke gelyktydig. Daphne du Maurier se The Frenchman’s Creek pas klaar gelees. Lees nou Lin Yutang, Chinese skrywer-filosoof se The importance of living – gaan teen Kersfees eers met hom klaar wees. Katryn, vrou van die Richtersveld van Jan Huisamen het ek al herlees – ’n heerlike storie. Ek hou baie van feiteboeke (nuwe kennis), digbundels, woordeboeke (het baie in my boekrak), teologiese boeke en onderwerpe (Adrio König as skrywer is ’n onvoorwaardelike gunsteling) en lees ook Nederlandse boeke en koerante en ’n bietjie Duits. En vele meer . . .

sing is dat meer ongelukke plaasvind waar stoptekens vermy word as waar die spoedperk met 10 km/h of slegs 20 km/h op die uitgaande paaie oorskry word waar jy ver kan sien. By baie vierrigtingstoppe kan jy nie om die hoeke sien nie. Die gevolg is dat jy soms amper deur die voorruit trek soos gerem word as ’n ander motor teen sy volle spoed reg voor jou oorry nadat jy gestop het en net weggetrek het. Laat ons ’n bietjie van die gemeenskap ook hoor.

VRYSTAAT se Facebook-profiel groei weekliks en dit het in ’n leestuiste vir Vrystaat se lesers ontwikkel wat graag saamgesels en nie skroom om hul menings te lug nie. Meningspeilings is gewild. In die jongste meningspeiling word gevra: Wat is jou taalvoorkeur vir Vrystaat Koerant? (a) Slegs Afrikaans of (b) Afrikaans en Engels (watter % Afrikaans en watter % Engels?) Só antwoord Vrystaat se lesers. Conrad Elize Moir Schoeman: Afrikaans. Lieb Liebenberg: Vrystaat se als – Afrikaans. Thys Du Plessis: Hou maar by Afrikaans. Martin Dreyer: Al twee. Dit word oor ’n wye gebied versprei, dit bly steeds ’n topkoerant teen ’n lae prys elke Donderdag. Bethlehemcheetha Club: Afrikaans, dankie. Annatjie Janse van Rensburg: Afrikaans, dankie, maar ons moenie vergeet dat Engels ook nodig is nie. Cronje Boer Dietrichsen: AfriVerse: Psalm 34:19 ‘The righteous person may have many troubles, but the Lord delivers him from them all.’ – No one escapes the troubles that come along life’s path. – Everyone has their fair share of issues and challenges. – But God promises to deliver us from all of them.

kaans. Deon Erwee: 50/50. Es Ploos Van Amstel: 50/50. Stefan de Bruin: 80% in Afrikaans en 20% in Engels. Nadi Jonker: 50/50. Danie Crowther: Afrikaans, Engels en Sotho. Neville Hennig: Afrikaans 100%. Behou die bietjie van taal wat daar nog is lewend. Innominatum de Kat: Ai. Dis darem so lekker om iets in my Moedertaal te lees ¬– Afrikaans. But I know sharing is important. Maar ai . . . Estie Scheepers: 50% Afrikaans en 50% Engels. Marius Gildenhuys: AFRIKAANS. Natasha Smit Ayers: Afrikaans. Jacobus Cornelius Durand: Vrystaters praat Engels met Transvalers omdat hul aksent uitlands klink. Inderdaad, die naam Vrystaat sê alles. Len Buchner: Afrikaans. Sidney Leech: Both. Natasha Smit Ayres: @Jacobus . . . Transvalers is oud-Vrystaters . . . Afrikaans bo! – If God brings you to it, He will bring you through it. Prayer: Lord Jesus, thank You that You have promised to deliver me from all my troubles. Help me not to delay the deliverance that You have for me, but bring me through it and cause my life to be a testimony to Your faithfulness. Amen.


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Opgewonde oor kamp op plaas ALTESAAM 12 leerlinge tussen nege en 13 oud van die Charlot­ te Theron­kinderhuis (CTK) op Bethlehem het verlede naweek op ’n plaas naby Rosendal gaan kamp. Lisa Meyn (22), ’n Duitse vrywilliger wat hier prakties doen, het saamgegaan. Die kamp is deur Jacques en Liesl Parsons georganiseer. Hulle het twee weke vantevore ’n groep seuns uitgeneem. Die kinders wat gegaan het, gaan selde vir naweke of vakansies uit die kinderhuis. Chris Schoonraadt, Gabriel Labuschagne, Muller van Rensburg en Bethlehem Nissan het borge bewillig. Volgens Cathy Symington, hoof van die CTK, is die vrywillige betrokken­ heid uit die gemeenskap uiters terapeuties vir die kinders.

Foto: Verskaf

DR. HENK BASSON

SAVV kies Basson Skool vier eeu Marguerite Vermeulen

DIE Bethlehemse veearts dr. Henk Basson is nou die president van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging (SAVV). Hy is verlede week tot hierdie pos verkies. Die SAVV is daarvoor verantwoordelik om die visie vir dié professie te bepaal en lewer ook insae in die opleiding van nuwe veeartse. Basson sal verder daarmee gemoeid wees om probleme in die bedryf aan te pak en hy gaan poog om in sy termyn van twee jaar aandag aan gemeenskapsklinieke te gee. Basson het in ’n toespraak op die vergadering waar hy verkies is, gesê dat veeartse moet saamwerk. “Ons moet seker maak vleis is gesond, siektes word beheer en spesies

Foto: Marguerite Vermeulen

word vir die volgende geslagte behou.” Hy het veeartse ook aangemoedig om seker te maak hulle bring nie die professie in oneer deur by renosterstropery betrokke te raak nie. “Dit is tyd dat al die lede van die SAVV minder moet blaf oor renosterstropery en meer moet byt. “Ons moet passievol en eties wees. “Ek glo ons antwoorde lê in opvoeding en etiek.” Basson is reeds vir jare lank nou betrokke by dié organisasie en het die SAVV al oorsee verteenwoordig. Hy is ook as veearts by verskeie perdewedrenne betrokke. Basson woon saam met sy vrou, Ria, buite Bethlehem. Hulle het vier kinders; Carien, Frik, Johann en Joané.

op Warden Louise Roets

DIE Hoërskool Dirkie Uys op Warden het besluit om vir sy eeufeesviering vanjaar ’n gedenkblad saam te stel. Die blad gaan die geskiedenis van die skool sedert 22 Julie 1913 tot 2013 dek. Die feesviering van 13 tot 15 September sal saam met die dorp se viering val, maar die gedenkblad sal reeds van einde Augustus af beskikbaar wees. Bekendes wat die naweek te sien sal wees, is Sonja Heroldt,

Pieter Möller, prof. Herman van Schalkwyk, Hennie en die Kitaarkêrels, Thys die Bosveldklong, Jakkie Louw en Kevin Leo. Die skool het die vorige gedenkblad in 1963 vir die 50-jaarviering uitgereik. Dit is die eerste keer sedertdien dat ’n gedenkblad uitgereik word. Op die voorblad van die blad sal ’n pragfoto van die Hoërskool Dirkie Uys op Warden pryk. Dit is ontwerp deur Marietjie Roets, ’n oudleerling.

DIE gedenkblad.

5


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

7


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Help kinders en wen HET jy al gewonder wat jy kan doen om kinders wat nie ’n gelukkige gesinslewe het nie te help? Weens karige verhogings die afgelope paar jaar moet Engo-kinder-en-jeugsorg sowat 800 kinders tussen 0 en 18 jaar in 32 jeugsorgsentrums oor die Vrystaat heen met minder as R12 per dag versorg. Dit sluit hul kos in. Daarom bestuur Engo reeds die afgelope vyf jaar die Vir Ons Kinders-projek om geld in te samel vir dié kinders wat deur die kinderhof van hul ouers weggeneem word. Die sentrums skep ’n huislike atmosfeer vir kinders en is in die gemeenskap geleë. Die doel is om kinders by die gemeenskap te laat inpas. Daar word ook hulp verleen aan ongeveer 2 500 kinders wat in risiko-omstandighede leef. Hyundai het weer vanjaar ’n motor geborg

wat nou teen R20 per kaartjie uitgeloot word. Dié kaartjies is beskikbaar by die Mimosa Mall-inligtingstoonbank, Hyundai Bloemfontein en alle Engo-kantore en -sentrums in die Vrystaat. Belangstellendes kan www.engo.co.za besoek of 051-407-7222 skakel vir besonderhede oor die kantoor of sentrum die naaste aan hulle. Die sluitingsdatum van die kompetisie is 31 Oktober. Vyf finaliste sal op 22 November met die hulp van PwC aangekondig word. Die eindelike trekkingsgeselligheid word op 6 Desember in Hyundai Bloemfontein se vertoonlokaal gehou. Die wenner sal met ’n nuwe Hyundai i10 wegstap. Vanjaar se borge is Hyundai Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad- Sentrale Plaaslike Koerante, asook die Bloemskou.

DIÉ leerlinge van die Hoërskool Wilgerivier het die afgelope kamp van Die Voortrek­ kers bygewoon waar leerlinge vir die hoofleierswageksamen (HW) en presidentsver­ kenner­eerbewys (PV) getoets is. Van links is GD den Ouden (PV), Marnus Meyer (HW), Dana Janse van Rensburg (PV) en De Wet Ungerer (PV) wat eerbewyse ont­ vang het. Afwesig: Anzette Smith (PV). Foto: Verskaf

Leerlinge beïndruk op die verhoog DRAMALIEFHEBBERS wat aan die streekuitdunronde van die ATKV-tienertoneel in Bloemfontein deelgeneem het, het skitterende vertonings gelewer. Die Hoërskool Voortrekker en die Hoërskool Witteberg, asook die Hoërskool Reitz, het deelgeneem. Die Hoërskool Reitz het PMS opgevoer en drie akteurs het bronssertifikate vir hul spel ontvang. Hulle is Doré Mostert, Chanté Jacobs en Aneri Smith. Die Hoërskool Witteberg het Dit wat was op die planke gebring. Hulle het een silwer- en tien bronssertifikate ontvang. L. du Preez is vir regie beloon met ’n silwersertifikaat en vir stelinkleding met ’n bronssertifikaat. Die ander bronssertifikate is toegeken

aan Ishan van Blerk vir beligting; Marnus Bierman vir klank; Marili Eyberg vir verhoogbestuur; Friedemarie Kuschke vir individuele spel; Rolene Wessels vir individuele spel en Nomonde Mashinini vir individuele spel. Lené Marais, Verney Eyberg en Zilke Heyns het ook bronssertifikate vir hul ensemble-spel gekry. Die Hoërskool Voortrekker het twee silweren vyf bronssertifikate vir die nuwe teaterstuk Droom ontvang. Ané Kasselmann het ’n silwersertifikaat vir haar individuele spel gekry en dr. Pierre-André Viviers vir die teks. Bronssertifikate is aan Loretta du Preez vir regie, stelinkleding en die tekskeuse toegeken. Ané Kasselman en Mané Wentzel het nog sertifikate vir hul ensemblespel gekry en Evé Roetz vir die verhoogbestuur.


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

9


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Toewyding beloon oor geslagte heen TUISONDERRIG is geen moderne konsep nie, hoewel dit al hoe gewilder raak – veral onder Afrikaanssprekendes. Reeds in die 1920’s het dit in die Reitz-omgewing voorgekom. Op Soetverblyf naby Reitz in die Vrystaat het die jong bruid Florence Julia du Preez haar saam met haar jong bruidegom gevestig. Dit was 1916 en op die plaas was daar waarskynlik nie veel meer as ’n ossewa en ’n waenhuis nie. Hier het sy, behalwe vir die tipiese boervroutakies, ook haar tien kinders (vyf seuns en vyf dogters, van wie een vroeg oorlede is), in die wêreld gebring en grootgemaak. Toe die oudste moes skool toe gaan, was daar geen skool in die omgewing nie en die enigste vervoer was ’n perdekar. Só het Florrie du Preez toe ’n staatsondersteunde private skool in haar eetkamer gestig. Dinge moes reg en formeel gedoen word en haar man, Pieter, het die skoolbankies, wat netjies in rye in die “eetkamer” van die beskeie plaasopstal gestaan het, self van dennehout gemaak. Verslae is ook gereeld aan die inspekteurs gestuur. Kinders van die omgewing (van so ver soos Houtkop) het die skooltjie te voet bygewoon. Later is ’n amptelike provinsiale skooltjie op die buurplaas, Sontraal, gestig en Florrie het die eerste tydelike skoolhoof geword. In Soetverblyf se eetkamer is weer geëet. Dit is veelseggend dat die meeste van Florrie se leerlinge wat op Soetverblyf hul skoolloopbaan begin het en toe Sonstraal toe is, gevorder het tot by universiteitsgrade en diplomas, wat vir daardie dae ’n

seldsame verskynsel was – veral vir mense wat skaars brood kon bekostig. Dit is belangrik om daarop te dat dieselfde formidabele vrou, vandag bekend as Ouma Florrie, in elke denkbare betekenis van die woord ’n agtergeblewene was wat grootgeword het sonder enige geleenthede, in armoede en gebrek. Haar kinders was – soos dit vandag genoem word agtergeblewendheid – ook armoedige agtergeblewenes, maar danksy haar karakter en deursettingsvermoë was daar later jare onder hulle ’n regsgeleerde, ’n ingenieur, maatskaplike werker en verskeie onderwysers. Hul kinders het op hul beurt onlangs op ’n gradeplegtigheid met die kanseliersmedalje, die rektorsprys en verskeie cum laude-grade weggestap voortspruitend uit die uitkringing van Ouma Florrie se tuisonderrig en goeie karakter wat oorgeërf en oorgedra is. Die ware verhaal van ouma Florrie bewys net om “agtergeblewe” te wees, arm en gebrekkig, nie rede is om agter te bly nie. Om nie agter te bly nie is ’n keuse.

DIE jong Florence du Preez, moeder vir wie haar kinders se opvoeding so belangrik was dat sy met tuisonderrig in haar eetkamer begin het. Annatjie du Plessis sê: “Van ou­ ma Florrie se kinders woon oom Louis du Preez op Fouriesburg. Sy was ook my ouma en van haar ander kleinkinders wat nog in die omgewing is, is Danie du Preez, Izak Venter en Henk Venter van Fouriesburg. Dan is daar nog die kleinkinders Pieter en Ria du Preez wat nog op Reitz is. Die plaas Soetverblyf self is ook nog in Du Preez­besit en behoort aan oom Koos du Preez, een van ouma Florrie se kinders.”

Elke roos het ’n tyd vir bloei, verwelk Alet Strutt AS die rose blom, is daar lewe in my tuin. Die klein, pienk rankrosie se fyn blaartjies roer jou hartsnare. Die massa geel rosies wat oor ander struike tuimel, is ’n lus vir die oog. Uit die ou stamme kom die mooiste roosknoppe te voorskyn. Fyn blaartjies, een om die ander gevou soos ’n tregtertjie en ’n babagesiggie wat jou vroom toelag, sagte pienk en ragfyngeel, maagdelike wit en bloedrooi, helder of donkerrooi – dit skep die kroon van my rose. Wat ’n voorreg om ’n arm vol te pluk en die sagte geur die huis in te dra. Hier en daar ontpop ’n roosknop in spatsels kleur soos voëlnessies tussen die blare, terwyl nuwe knoppe uitsprei. Soos die dae verbygaan, word die rose ongemerk minder totdat net nog meeldrade hier en daar roer. Dit is hartverskeurend dat soveel skoonheid kortstondig is. So maklik laat my rose my nie

G

eselshoekie

in die steek nie. Ongesiens verskyn die mooiste en helderste najaarsrose. Hulle pronk en pryk en sing uitbundig hul eie glorielied. Soveel groter en mooier as enige voorganger, ’n stryd teen die tyd om behoue te bly maar helaas ook hulle moet die aftog blaas. Só bekruip ook die najare my, gebukkend en skeef skuif hulle my aan na die eindpunt toe.

EIENDOMME

Jorries eerste in leesprojek DIE ATKV en Vrystaat se leesprojek vir gr. 7-leerlinge het onlangs tussen die Laerskole Jordania, Truida Kestell en Reitz plaasgevind. Jordania se span het gewen. Die wenspan het bestaan uit Janco Opperman, Macelle Willis, Caithlin Olivier, Clarissa Muller, Pieter Muller, Jaco Wiese, Luan de Lange en Shimone Janse van Rensburg. In die kompetisie probeer organiseerders om leerlinge meer te laat lees deur almal ’n uitgawe van Vrystaat te laat lees. Die spanne moet dan vrae oor die Afrikaanse kopie beantwoord.


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

‘My eie koerant!’ CARMEN BROOKS was baie opgewon­ de oor haar eksem­ plaar van Vrystaat wat sy self geskryf en uitgelê het. Die gr. O­klas van die Preprimêre Skool Tingeling op Bethle­ hem het Vrystaat­ koerante gemaak. Op die voorblad was die Vrystaat­mas­ hoof en twee foto’s. Op die middelblaaie het die kinders ’n tuinrubriek, wiskun­ deblad en kunsad­ vertensie gehanteer. Agter was natuurlik ’n sportblad. Foto: Marguerite Vermeulen

11


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Mej. Bethlehem Ekspo

LUANÉ FICK (4 tot 8 jaar). KAYTLIN LUPKE (9 tot 12 jaar).

KYLIE VAN DER MERWE (4 tot 8 jaar).

KASEY KLAASEN (9 tot 12 jaar).

MICHAELA CUNNINGHAM (11 tot 13 jaar).

SUZE FICK (9 tot 12 jaar).

CHANTELLE CUNNINGHAM (getroude­af­ deling).

ILENE BEUKES (9 tot 12 jaar).


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

13


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

HIERDIE groentetonnel is vol tamaties, brokkoli en ander groente. Dit word beplan om teen die einde van die jaar ’n tweede tamatie­oes te verbou.

Foto: Verskaf

Leerlinge knap met praktiese werk DIE eerste jaar waarin twee landbouvakke aan Hoërskool Reitz aangebied word, is byna verby. In die eerste semester het die skool agt hektaar grond gehuur waarop die leerlinge mielies geplant het. Dit sal ’n opbrengs van 38 t hê. Dit beteken 4,7 t per hektaar. Die gr. 10-leerlinge se eerste taak in die werkwinkel was om skaap-

hekkies te bou. Op die manier het hulle ervaring van die meeste van die werkwinkeltoerusting gekry. Die skool oorweeg om die skaaphekkies te verkoop. Volgende moet hulle ’n metaal-viskasstaander maak. Al die leerlinge word ook opgelei om Janmar-enjins te versien. Talle praktiese projekte hou die

leerlinge besig. Dit word op omliggende plase deur kundiges op die gebied aangebied. Leerlinge het reeds sessies bygewoon waarop landboukundiges grondprofiele doen, ingenieurs die werking van ’n enjin verduidelik, asook sweiswerk. Daar was ook ’n sessie waarin leerlinge punte gekry het om vee se horings te brand, in

DIE gr. 10­leerlinge van Hoërskool Reitz geniet hul landbouvakke in die buitelug.

Foto: Verskaf

Fokus op diverse boerdery LANDBOUTEGNOLOGIE en landboubestuur word sedert die begin van 2013 as keusevakke vir gr. 10leerlinge aan Hoërskool Reitz aangebied. ’n Verskeidenheid temas word behandel en leerlinge word aan diverse boerderystelsels blootgestel. Dít spruit uit ’n behoefte in die plaaslike boeregemeenskap. Hoërskool Reitz het by Brian Callaghan, ’n interne moderator vir landbouvakke in Gauteng, aangeklop om die inhoud van die vakke saam te stel. Landbou bestaan uit akkerbou en veekunde. Albei vakke word aan Hoërskool Reitz behandel. Akkerbou sluit in gewasbestuurspraktyke, wisselboustelsels en bewerkingsmetodes, klimaat, besoedeling, grondwaterbestuur, soorte grond en grondstrukture, spuitmasjiene en chemiese beheer, grondvogbestuur, gewasbestuur (plantdigtheid, plantdiepte, plantmetodes en ander aspekte) en kunsmissamestellings. Wanneer veekunde bekyk word, leer leerlinge van die ekonomiese belang van die veebedryf. Onderwerpe wat behandel word, is beeste

vir vleis en suiwel; skape vir wol, suiwel en vleis; perde; bokke; varke; pluimvee; volstruise; wild en bye. In die vak word beweidingstelsels bestudeer, asook plaasdiere; verskillende rasse en soorte dierebestuur; hul gedragspatrone; die vervoer van diere en skouvoorbereiding; die behuisingstelsel van plaasdiere; versorging; identifikasiemetodes; dierevoeding en dieresiektes. ’n Groentetonnel is opgerig waarin ’n verskeidenheid groente verbou word wat aan verskeie supermarkte gelewer word. Die leerlinge sal binnekort tamaties plant. Die landbouleerlinge het ook ’n mielieland aangeplant. Dit word van leerlinge verwag om by die hele proses betrokke te wees. Hulle moet grondmonsters neem en help om te plant, te bemes en selfs gif te spuit. Vir die praktiese afdeling stroop leerlinge self die mielies. In die landboutegnologievak leer leerlinge van algemene veiligheid in werkwinkels en hoe om met landboutoerusting, materiale en strukture soos metaal, hout, boumateriaal en omheiningsmateriaal en elektrisiteit te werk. Hulle verfyn

ook hul vaardighede in konstruksieprosesse wanneer hulle sweiswerk en oksie-asiteleensnyding moet doen. Die leerlinge leer ook van gereedskap, toerusting en werktuie, die basiese werking van enjins, batterye, verdelers en filters. Hulle gebruik ook plaagspuittoerusting, verskillende werktuie en driepuntkoppelings van trekkers. Besproeiing en watervoorsiening is nog ’n belangrike afdeling in die leerplan. Leerlinge leer van spilpunte, dompelpompe, straalpompe, draaipompe, sentrifugalepompe, windpompe en verskillende soorte pype. Bykomend word meer oor enjins geleer, die smering daarvan, vergassers, filters, aandrywing, koppelaars, remme en asse. Om te verseker dat leerlinge moderne opleiding kry, beskik die landbou-akademie oor ’n toegeruste werkwinkel. Net die beste en nuutste toerusting en gereedskap word hier gebruik. Aubrey Starke, landbou-onderwyser, is ’n bekende boer in die distrik Reitz en ’n oud-dosent aan die Glen-landboukollege.

te ent en kalwers te spuit. Hulle kan ook ná die praktiese sessies lammers kastreer en sterte afsit. In Maart het die leerlinge ’n boeredag op Fouriesburg bygewoon en in Mei was al die leerlinge op Nampo. Hulle het nie net vir die plesier gegaan nie, maar moes projekte vir punte daar doen.

Die res van 2013 sal dié leerlinge van veesiektes leer en verskeie praktiese projekte op plase doen. Hulle gaan onder meer met windpompe werk. In die groentetonnel gaan hulle weer tamaties plant en buite word kool geplant. Op die gehuurde grond gaan die leerlinge nog mielies plant.

Veelsydigheid geslyp

HOËRSKOOL REITZ stel nie net akademie voorop nie, maar blink ook uit in sport- en kultuuraktiwiteite. Dit skep die ideale omstandighede vir ’n gebalanseerde opvoeding in dié plaasgemeenskap. “Dit is te danke aan toegewyde en hardwerkende onderwysers, bogemiddelde leerlinge en ons ondersteunende beheerliggaam en ouers,” sê Herman van der Merwe, die skoolhoof. Hoërskool Reitz is die enigste skool in die Oos-Vrystaat en een van net 13 in die provinsie wat ’n eerbewys ontvang het vir ’n 100%-matriekslaagsyfer wat vyf jaar agtereenvolgens behaal is. Dié skool spog in der waarheid vir die afgelope 16 jaar met ’n 100%-matriekslaagsyfer. Akademiese uitnemendheid is dus reeds vir jare Hoërskool Reitz se trots en die skool word byna jaarliks as een van die toppresterende skole in die provinsie geag. Dié skool het vanjaar vir die eerste keer twee praktiese landbouvakke in werking gestel, naamlik landboubestuur en landboutegnologie. Sport by Hoërskool Reitz staan nie terug vir groter skole in die omgewing nie. Die skool neem ook in die A-ligas deel. Vanjaar het van die netbal- en rugbyspanne in die halfeindrondes van die ligas meegeding. Daar is ook provinsiale spelers opgelewer. Sewe leerlinge van Hoërskool Reitz het vir die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms gekwalifiseer. Verskeie tennisspelers is ook op die Oos-Vrystaat-rangleer. Hoërskool Reitz beskik oor die enigste binnenhuise krieket-akademie in die Oos-Vrystaat. Vanweë dié gerief presteer leerlinge besonder goed in hierdie sport. Ná die VKB-rugbyweek, wat Hoërskool Reitz al die afgelope 16 jaar aanbied, word ’n rugbyspan gekies wat in die September-vakansie na Frankryk toer. Leerlinge word ook aan swem, tweekamp, karate, dans, luggeweerskiet en kaalvoetski bekend ge-

IN die groentetonnel moet leerlin­ ge by alle aspekte van verbouing betrokke wees. Hulle plant, oes, besproei en verwyder plae en siek­ tes. Foto: Verskaf stel. Van die dansleerlinge het die afgelope vakansie na Barcelona, Spanje, getoer waar hulle aan ’n Dans- grand prix deelgeneem het en medaljes verower het. Selfs met soveel sportprestasies by een skool word kultuur nie afgeskeep nie. Rayno Mostert en Johan Taljaard het onderskeidelik die eerste en tweede plekke in die landswye ATKV-redenaarskompetisie gewen. Johan Taljaard en Pierre Davis is ook deur Die Voortrekkers as Presidentsverkenners aangewys. Die tweejaarlikse revue word weer vanjaar op 16, 17 en 18 Oktober aangebied. Vanjaar se tema is Night at the Oscars. Hoewel hierdie skool veral sy leerlinge uit die onmiddellike plaaslike gemeenskap kry, ry talle leerlinge uit ander distrikte verby ander skole om hier skool te gaan. Dít is moontlik omdat die Bond van oud-Reitzers die skool en sy moderne koshuis geldelik ondersteun. Die koshuis het verder spesiale toesig vir meisies en seuns.

Hoërskool Reitz hou ope dag DIE Hoërskool Reitz hou op 19 September ’n ope dag by sy landbou-akademie. Daar sal vervoer beskikbaar wees van die Wimpy op Bethlehem om 13:30 wat om 18:00 weer terug sal wees. Dit sal leerlinge en hul ouers genoeg tyd bied om die

verrigtinge tussen 14:30 en 17:00 mee te maak. Belangstellendes sal die geleentheid hê om tydens ’n toer en inligtingsessie te beleef wat die leerlinge se leerplan behels. Dit sluit wat die leerlinge in die eerste

semester geleer het in. Dit sluit ’n groentetonnel, wat deur K2Agri geborg is, in. Die landbou-onderwyser, Aubrey Starke, het leerlinge geleer hoe om broccoli, tamaties en blaarslaai daarin te verbou. Ander leerlinge wat nie

in die landbou-akademie belangstel nie, is ook welkom en kan vrae oor ander aspekte kom vra. Alle belangstellendes is welkom om die skoolhoof, mnr. Herman van der Merwe by 058-863-2701 te kontak


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

15


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Iets vir almal gebied op vanjaar se skou DIE 14de Bethlehem-lugskou word Vrydag en Saterdag gehou. Volgens dr. Clem Harrington, voorsitter van die Bethlehemvliegklub wat die skou aanbied, word dit as een van die beste lugskoue in SuidAfrika geag en die reëlingskomitee probeer om iets vir elkeen se smaak op die program in te sluit. Vrydag gaan die hoërskole versoek word om reuse-renosters te bou en laerskole om enige kat te bou. Die modelle sal op sierwaens vertoon word en saam met veteraanmotors die dorp deur ry. Kansa bied van laat Vrydagmiddag af ’n talentvertoning aan. Altesaam 17 plaaslike musikante gaan hier optree. Toegang is gratis. Harrington sê ’n leemte op die lugskoue van voorheen was dat die gemeenskap graag die vliegtuie van nader wou sien en ook die vlieëniers wou ontmoet. Saterdag sal daar so ’n geleentheid wees. Die aanloopbaan sal gesluit wees en die mense kan die vliegtuie besigtig en die vlieëniers ontmoet. ’n DC-3 gaan ’n retoervlug van Johannesburg af onderneem. Daarby kan diegene wat graag daarin wil vlieg, vanjaar óf ’n kort vlug van so tien minute óf ’n langer vlug oor Clarens onderneem. ’n Tiger Moth, moontlik ’n Focke-Wulf, Harvards, Pitts Specials, Albatros, Boeing Steerman, asook die Mazda Zoom-Zoomspan, sal te sien wees.

Verskeie vliegtuie wat nog nooit op Bethlehem vertoon is nie, sal deelneem. Die renostermodelle sal beoordeel word en die opbrengs hiervan sal aan die Renosterbewaringstrust as deel van die vliegklub se maatskaplike verantwoordelikheid betaal word. Vrydagmiddag gaan plaaslike musikante optree. Toegangsgeld vir die geleentheid op die vliegveld sal ten bate van Kansa gehef word. ’n Gelukstrekking sal vir die wenner ’n retoervlug met hotelverblyf moontlik maak om die lugskou in Dubai in November vanjaar by te woon. Die trekking gaan iewers oor die naweek plaasvind deur toegangskaartjies wat getrek word en die wenner moet teenwoordig wees om die prys te ontvang.

’n DC­3 sal op vanjaar se Bethlehem­lug­ skou wees. Vliegentoesiaste kan kort vlugte hierin onderneem.

MENNO PARSONS met sy Mustang Sally, of P51, sal weer in aksie gesien word.

’n ALBATROS sal op vanjaar se lugskou van nader beskou kan word.


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

17

Skole wen op skou AL die skole op Bethlehem is genooi om vanjaar aan die jaarlikse Bethlehem-lugskou deel te neem. Daarby kan ’n laer- en hoërskool elk R5 000 wen. Hennie Labuschagne, wat vir die koördinering van die projek verantwoordelik is, sê al die laerskole is genooi om een van die groot katte te maak. Die katte sal op ’n sierwa gemonteer word en môre by die lughawe uitgestal word waar mense dit kan besigtig. Sierwaens sal vanmiddag saam met die hoërskole se sierwaens en veteraanmotors

aan ’n optog op Bethlehem deelneem. Beoordelaars sal ’n wenner aanwys wat vir sy skool R5 000 sal wen. Die hoërskole is aangesê om ’n sierwa te maak met ’n renoster daarop. Die sierwaens sal ook aan die optog deelneem en beoordeel word. Die optog begin en eindig by die lughawe waar die sierwaens verder uitgestal sal word. Saterdag sal diegene wat die lugskou bywoon, dit kan besigtig en tydens middagete sal die katte en renosters opgeveil word. Die laer- en hoër-

skool se sierwa wat die hoogste prys behaal, sal R5 000 vir sy skool wen. Die beste projek op die veiling sal ook R5 000 ontvang. Die geld wat met die katte op die veiling ingesamel word, sal aan die internasionale dierewelsynsorganisasie Four Paws se Lionsrock gaan. Op Lionsrock word hoofsaaklik leeus wat uit moeilike omstandighede gered is, versorg. Dit is naby Bethlehem geleë. Die geld wat met die renosters ingesamel word, sal vir die bewaring van renosters aangewend word.

VLIEGTUIE wat op vanjaar se Bethlehem­lugskou te sien sal wees.

’n TIGER MOTH­VEGVLIEGTUIG sal op vanjaar se lugskou bewonder kan word.

DIE Mazda Zoom Zoom­span sal weer asemrowende toertjies op die Bethlehem­lugskou uitvoer.


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Goeie diens en lekker kos gewaarborg LEKKER kuier, sport kyk en goeie kos het nou ’n nuwe, vars baadjie aangetrek. Barley Blue is nou letterlik die nuwe O’Hagans. Die eienaars, Okkie Lotriet en sy seun Okkie jr., vertel hulle wil hier iets besonders vir die Oos-Vrystaat skep

waar gereelde klante iets nuuts kan ervaar. Dinsdag gaan ’n nuwe era vir die eertydse stoepkuiers en mandjiekos by O’Hagans aanbreek wanneer Barley Blue op dié perseel in Theronstraat gaan open. Die gesinsrestaurant gaan ’n nuwe spyskaart met etes teen sakpaspryse hê. Die restaurant is bekend daarvoor dat

gesinne hier genoeg kan eet sonder om ’n deur hul nek te betaal – sonder om gehalte prys te gee. Niemand hoef bekommerd te wees dat hulle enige van die eertydse pret sal moet inboet by die nuwe O’Hagans nie. Dit sal dieselfde gemaklike, tog opwindende, atmosfeer behou sodat besoekers

steeds onder die grasdak op die stoep hulself kan geniet. Die restaurant gaan nuwe daaglikse spesiale aanbiedings aanbied waarvoor Bethlehemiete op die uitkyk kan wees. Dit is die plek waar goeie diens en lekker kos hoogty vier.


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

19

Fouriesburg hou fees Annatjie du Plessis FOURIESBURG borrel en kook omdat voorbereidings getref word vir die groot Maloti-Makiti wat saamval met die groot viering van Kwêla se Dorp van die Jaar-eerbewys van 20 tot 22 September. Vrydagaand begin die fees. Verskeie kunstenaars tree op. Die name word genoem van mense soos Jannie Mool-

man, Nadine, David Fourie, Sarah Theron en JC Venter. Saterdag kan oud en jonk deel wees van aktiwiteite wat die geskiedenis van Fouriesburg uitbeeld. ’n Optog van pom-pon-meisies, tradisionele dansers, trompoppies en ’n orkes gaan deur die strate te sien wees. Aktiwiteite waarvoor Fouriesburg bekend is, gaan in die optog uitgebeeld word.

Verder vind die sokkereindronde, asook die Jazz Kaja Festival, die dag plaas en Schaiks Kumalo tree as aankondiger op. ’n Troeteldier-tofparade vind plaas waarin ’n afdeling is vir troeteldiere wat mooi of snaaks aangetrek en opgetof is. In nog ’n tweede afdeling kan eienaars saam met hul troeteldiere aantrek om ’n tema uit te beeld. Alle diere móét aan leibande wees.

RENÉ SCHEEPERS (links) en Mantsiki Mo­ koena is deel van die Maloti Makiti se Kom­ buisklets. Foto: Verskaf

Kokke spook op makiti sake uit Annatjie du Plessis WANNEER die woord “kombuisklets” gehoor word, sien jy onmiddellik jou ouma se kombuis met die groot, geskropte tafel waarom almal sit en koekies eet of pannekoek bak. Dit is egter nie waaroor dit die keer gaan nie. Op die Maloti Makiti gaan vier plaaslike uithangkokke en hul huiskokke demonstrasies met hul uithaler-geregte vir die nuuskieriges op die fees aanbied. René Scheepers, Tessa Pienaar, Hester Steyn en Nelis Roos gaan op die fees wys wat in hulle as kokke steek. Vrystaat het vandeesweek by René Scheepers by Arcadia op die Bloukruin-landgoed gaan inloer en haar saam met Mantsiki Mokoena, wat haar reeds 14 jaar in die kombuis en huis help, daar raakgeloop. Mantsiki se spesialiteit is beesstert en stampmielies en sy sal saam met die ander drie pare op die Maloti Makiti te sien wees.

HIERDIE is idees vir kinders om saam met hul troeteldiere aan te trek. Foto: Verskaf

HIERDIE is idees vir kinders om saam met hul troeteldiere aan te trek. Foto: Verskaf


20

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

DRIE leerlinge van die Hoërskool Reitz het puik in skryfkompetisies gepresteer. Lunette Visser (links) was onder die 40 beste inskry­ wings in die land in die ope afdeling van die skryfkompetisie van Kwarts­uitgewers. Amari Pretorius (middel) was ook onder die 40 beste inskrywings. Haar skryfstuk is eindelik as een van die vyf top­ skryfstukke aangewys. Ruan Jacobs was een van vyf leerlinge wat ’n nasionale skryfberaad bygewoon het. Foto’s: Verskaf REGS: Doré en Ray­ no Mostert het die afgelope naweek as deel van die Suid­ Afrikaanse gimka­ naspan teen Pakis­ tan gewen.

WITTEBERG se o.18­hokkiespan het ’n derde plek in die Vrystaat behaal.

Foto: Verskaf

Wittes kry topplek WITTEBERG het die naweek sy titel as die Vrystaatbekerkampioen in hokkie verdedig en algeheel derde in die kompetisie geëindig. Albei ouderdomsgroepe het die naweek teen die Hoërskole Sasolburg en Goudveld en die Hoër Meisieskool Oranje te staan gekom. Op die eerste dag het die o.16span oorwinnings teen Sasolburg (5-2) en Goudveld (8-0) behaal. In

die wedstryd teen die Meisieskool Oranje die volgende dag het die o.16-span in ’n naelbytwedstryd met 2-3 verloor. Witteberg se o.16-span is die tweede agtereenvolgende jaar as tweede in die Vrystaat gekroon. Voor dít was hulle vier jaar die kampioene. Wat die o.18-span betref, het hy sy wedstryd teen Goudveld met 4-0

gewen. Hulle het net daarna teen Sasolburg verloor met 0-1. Hulle het ook teen die Meisieskool Oranje verloor met 0-2. Amoré Badenhorst, afrigter van Witteberg se eerste span, is steeds baie tevrede omdat Oranje geen doele in die tweede helfte teen Witteberg kon aanteken nie. Veral die doelwagter, Nicela de Lange, het goeie keerwerk gedoen.

LINKS: Johan Rossouw, ’n gr. 11­leerling aan die Hoërskool Reitz, is ingesluit in die ITEC­rugbytoergroep wat die September­ vakansie na Frankryk toer. LINKS: Drie landloopatle­ te van die Hoërskool Reitz is ingesluit in die Vry­ staat­landloopspan (ASA) wat op 14 Septem­ ber in Potchefstroom aan die Suid­Afrikaanse kam­ pioenskappe gaan deel­ neem. Hulle is van links Andene Scholtz (meisies o.16), Tienus de Wet (seuns o.14) en Ezanne Kleynhans (vroue o.21).

LEERLINGE van Witteberg wat in die Eskom­ekspo vir jong wetenskaplikes se streekeind­ ronde brons behaal het, is van links Stephan Jordaan, Rethabile Motsoeneng, Kyra van Biljon, Marlene Laing, Vonick Aslett, Mariska du Preez, Elizma Kuhn, Ulinka Nel, Elmien Verster en Julian Pretorius.

HENDRIK DERCKSEN se pro­ jek is as die beste se­ nior projek aange­ wys.

LEERLINGE van Witteberg wat silwer­eerbewyse gekry het, is van links Paul Botha, Karabe­ lo Molaoa, Tanya Rautenbach, Hannah Nel, Carla­Mari Da Silva, Zea Nel, Katrien Breden­ kamp, Jeandré Exley, Johannes van Graan en Christiaan de Jongh.

WITTEBERGERS wat goue eerbewyse in die Eskom­ekspo vir jong wetenskaplikes se streekeindronde behaal het, is van links Marethe van Zyl, Aristeo Desiderio, JP Strydom, Strauss van Graan, Jhandré Muller, Hendrik Dericksen en Jacoline Prinsloo. Afwesig: Lau­ rence Erasmus, Hennie Brand en Danielle Malan.

Seuns eerste in liga DIE eerste seunshokkiespan van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem het nog opslae gemaak toe hy onlangs ook vir Harriston geklop het. Hy het die Oos-Vrystaateindronde met 2-1 gewen. Die span het reeds vroeër in die seisoen gewys hy gaan ver kom toe hy die eerste keer teen die Hoërskool Witteberg se span gewen het.

Op die jaarlikse derby het hulle met 3-0 gewen. Joërik Potgieter het in dié wedstryd ’n doel aangeteken en Nicus Bothma het twee doele aangeteken. Die doelskieters tydens dié wedstryd was Marcel Engelbracht en Joërik Potgieter. Dus is die span nou die plaaslike ligawenner en staan nou ’n besliste kans om die

Vrystaat-beker te wen. Die afrigter, Francois Geldenhuys, het gesê dat dit baie lekker is om te weet die span presteer so goed. “Toe ek vyf jaar gelede begin het om die span op te bou het dit nie ’n groot plek in die skool gehad nie.” Hy het ook die twee hulpafrigters bedank vir hul voortgesette hulp.

VAN links is, voor: Sean Dieroff, Joërik Potgieter, Marcel Engelbracht, Francois Geldenhuys, Lesego Modisang, Nicus Bothma en Itumeleng Mofokeng; agter: Marc Zoetmulder, Arista Badenhorst, Martienie Theunissen, L.J. Lourens, Renier Booyens, Boitumelo Moloi, Chris­ toff Jansen van Vuuren, Kevin Crause en Ruan Booysen. Foto: Verskaf

VAN links is Marethe van Zyl, Strauss van Graan, Carla­Mari Da Silva en Hendrik Dercksen wat spesiale eerbewyse op die Eskom­ekspo vir jong wetenskaplikes ontvang het. Afwesig: Danielle Malan. Foto’s: Verskaf


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

KRIEKETSPELERS van die Laerskool Jordania wat in die Oos­Vry­ staatse Thaba Mofutsanyana­span (o.13) ingesluit is, is van links Cami Roux (A­span), Dian van Niekerk (B­span), Martin Roux (A­span) en Tristen Snyman (B­span). Afwesig: Lorenzo Speyr (A­span).

Wittes bly onoorwonne

DIE o.14A-rugbyspan van die Hoërskool Witteberg het die rugbyseisoen op ’n hoogtepunt afgesluit. Dié span het die laaste wedstryd teen Welkom-Gimnasium met 26-24 gewen. Francois Maree, Marnus Nel en Franco Victor het die drieë gedruk. Erhard Bubb en Franco Victor het doelskoppe gelewer. Die span is tot dusver onoorwonne in die Griffons-liga. Die spelers draf uit onder die leierskap van Johannes van Graan. Witteberg het vroeër die seisoen met die louere in die o.14B- en derdespan-Griffons-liga weggestap. Die spanlede is Erhard Bubb, Johannes van Graan, Daniel Jordaan, Quinten Nel, ST Meiring, Jacques-Micheal Oosthuisen, Marnus Nel, JC van Eden, Thabiso Tshabalala, Andries Stone, Nicolaas van Zyl, Carel-Johan de Villiers, Ian Nel, Hendré van der Merwe, George Spershott, Roman van der Schyff, JW Meades, Niël Viljoen, Franco Victor, Francois Maree, Jaco Pieters, Alwyn Shields (afrigter), Dolf van Rensburg (afrigter), Tsebe Mokgolo, Lerato Matele en Rudi Kriel (afrigter).

21

DIE o.11­krieketspelers van die Laerskool Jordania wat in die Oos­Vrystaatse Thaba Mofutsanyana­span ingesluit is, is van links SG Delport (A­span), Victor Nel (A­span), Du Toit van Huyssteen (A­span), Divan Claasen (B­span), TD Botha (B­span), Rowan Scholtz (B­span) en Boela Delport (B­span).


22

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

SAKENUUS

Klante baat by gesamentlike saak DIE geskiedkundige gesamentlike onderneming wat AFGRI en Senwes se kleinhandelsondernemings saamvoeg, sal voortaan as Hinterland bekend staan. Hinterland sal deur die AFGRI Town & Country- en Senwes Village-winkels steeds landbouprodusente en ander klante bedien deur die goed gevestigde infrastruktuur, regstreekse bemarkers, kundigheid op verskeie vlakke, asook toegang tot ’n omvattende reeks produkte en dienste. AFGRI Town & Country-klante kan hulle voorberei op ’n omvattender produkreeks teen uiters mededingende pryse. Sulke voordele kan aan klante gebied word vanweë die skaalvoordele wat bewerkstellig is deur die samevoeging van kleinhandelbelange, tesame met die insluiting van Partrite – AFGRI se groothandelfiliaal – in die gesamentlike landboukleinhandelonderneming. “Ons voorkeur is om ons gewaardeerde klante saam met ons trots te maak op die nuwe mylpaal wat in landbou behaal is, en dit sal metter-

tyd gestalte vind in ons waardeproposisie aan ons klante,” het Frans du Plessis, Hinterland se besturende direkteur, gesê. Mark Jankielsohn het onlangs die leisels as takbestuurder by die AFGRI Town & Countrywinkel op Bethlehem oorgeneem. “Ons streef daarna om hoëgehalteprodukte deur uitstekende klantediens na ons klante te bring. “Klante kan gerus by my kantoor kom inloer indien hulle enige komplimente of klagtes het,” het Jankielsohn gesê. AFGRI Town & Country- en Senwes Villagewinkels bied ’n eenstop-inkopie-ervaring waar die volgende produkreekse beskikbaar is: vir die buitelewe, besproeiing, tuin, gereedskap, DIY, klere, verf en troeteldiere. Die winkels bied tot 14 September ’n spesiale lentepromosie aan met ongelooflike pryse op die reekse. Omliggende AFGRI Town & Country-winkels is op Senekal, Afrikaskop en Harrismith geleë.

CLAUDETTE KARELS, Charline van der Berg en Salomé Kok maak seker dat rekeninge vlot gehanteer word.

BEN NHLAPO, Josephine Mpheuthi, Linda Mdakane en Marlien Lodewyk verseker dat die winkel van ’n hoë standaard is deur dit skoon en netjies te hou.

RALIE CLOETE en Christie van Deventer werk in die grootmaat­pakhuis wat meestal deur boere besoek word.

Carina Claassen en Nicolette Warren lewer vriendelike diens by die kasregisters.

FRANCOIS VAN ZYL, Elias Mkwanazi, Lee­Ann Terblanche en Christo Jonker staan gereed om klante in die winkel op Bethlehem te bedien.

Foto’s: Marguerite Vermeulen


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

23


24

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

GESOEK WANTED Uvongo Nautilus No.8 Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

Vir bespreking skakel René 039 315 1345

Groenteplantjies: Uieplantjies tans beskikbaar. Skakel Hennie 078 347 4077.

Skakel Mari 083 283 1967

LAMMERS TE KOOP!

AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus). Almal se Winkel: Ons koop enige antieke en gewone meubels aan. Skakel gerus vir pryse. Johan 082 312 0855.

Bemeste Eragrostisbale: 1,8-m-bale, eerste snysel. Tel. 076 731 7815

DAKKE SEëL EN VERF en enige algemene herstelwerk. Skakel: Renier 072 996 9018.

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483

GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters, etc. Tel. 058 303 4840/ 082 807 7456.

Direk van die boer

A graad-lammers: geslag, verwerk, vakuumverpak en word afgelewer.

074 580 8044 Aflewering net in Bethlehem

M&M PLUMBING CC

DN MATTE

Tel: 058 303 4681 082 452 5208 (Mark)

DESMOND DEZEL 079 373 8676

dnkonstruksie@gmail.com

LG-YSKAS: 283 LITER. WIT. TE KOOP. In goeie toestand. Skakel Adelina 071 214 3832.

• Wall to Wall • Vinyl Floors • Laminated Floors

LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem.

Member of institute of Plumbing No: 2831 Member of Plumbing Industry Registration Board No: 0150/85 Authorised to issue certificate of compliance. Qualified and professional service.

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

EK KOOP ENIGE tweedehandse motors, bakkies, kombi's en Ventures. Skakel my enige tyd. Ek betaal kon-tant. 083 374 0000

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306

Karavaan: Sprite Escape II. Rally-tent met sykante. Skakel 076 285 3046.

TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

Bethlehem Herstelwerk

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere

Bio Sculpture gelnaelkliniek en ontharingsalon

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg

Hentie 076 168 3758

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

Eenman, 1- en 2-slkWOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346.

Skakel Wilmie 082 927 7820 BETHLEHEM

Gemeubileerde 1-slk-w/s 6 km buite BHM. R2 500. Krag uitgesluit . 058 303 3020/082 835 1682.

• Status eyebrows • Manikuur • Pedikuur • Wax • Facials • Ooghaartint • Eye lash extentions

JUSTINE PRODUKTE: Yolanda 079 576 3306 /whatsapp/BBM Pin : 271DBC52. Bethlehem- omgewing. Kontant met bestelling.

Die gebruik van die letter

Loodgieters Diens

Beskikbaar 1 Oktober . Netjiese 3-slk, Bethlehem. Veilige, netjiese omgewing. Koopkrag. R5 500pm. Kontak Johan 082 301 6450.

Beauty S

"A", leestekens soos "!"

Henk v Niekerk

Panorama: 3 slk, dubbelgeriewe. Beskikbaar 1 September, R5 800pm. 081 270 2613 of 058 304 3231.

R3 850 p.m. Eureka. 3-slkdupleks. Isabel de Bruin Eind. 082 785 1111.

BLESSED alon

ALLE ADVERTEERDERS

HENK 2-23-10-08-VR-LH

Fantails: R20 elk. Gewone wit duiwe: R8 elk. Kapokkies: R40 per paar. Vaal lagduifies: R20 elk. Skakel 060 357 2020.

Tel. 058 303 5621/2

Huise en eenman-w/s in Loch Athlone. Gemeubileer en ongemeubileer. Kontrakteursbehuising: R80 per dag per persoon. Skakel Paula 082 927 0209.

MORDERNE 2-slkmeenthuis: Baie veilig, 2 badkamers. Toesluit- motorhuis. R4 300 p.m. Skakel Dirk 082 925 8605.

AANDAG

LOO 911

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

Boerboeltjies te koop 7 weke R400. Skakel Wilna 072 103 5953 Wilna.

Bethlehem Droogskoonmakers

EDEN SMALLHOLDINGS: Neat 3bedr, 2 bathr, inside braai, bar, etc. Double garage. Small dogs allowed. Rent R6 500 p.m. Water and electricity included. Phone: 081 308 9849.

R3 800 p.m. Morelig. 2-slkwoning. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111.

2 OPREGTE PEKINESE REUNTJIES 8 weke oud. R1000 nie ingeent nie. Skakel. 078 222 5673. Boerboel- x Swart Labrador-hondjies, lyk soos swart boerboel. Pragtig. Gebore 10/7/2013. Henri Wales 058 304 2621/076 731 7815

4-slk-woonhuis te huur: 1 Sept. La Provence. Besigheidsperseel te huur om te deel . Willie 082 442 3240.

2002 CITY GOLF 1.6 4 nuwe bande en shocks baie goeie toestand R39 000. 084 625 8900 mags en Mp3.

STEEL STATEMENTS/VR/24/5/12/jj

3 SLK, 2 BADK, 2 motorhuis met morderne kombuis en afwerking. Rustige omgewing in Morelig R5 500pm water en dstv ingesluit. Geen honde. Koopkrag (074 327 0397. 3-SLK-HUIS, 1-badk. Toesluitmotorhuis. Bethlehem-Wes. R4 000 p.m. Skakel Dirk 082 925 8605.

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

Sel: 082 407 2516

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

Nuwe, ingevoerde tweedehandse jasse te koop.

• Algemene staalwerk, hekke en omheinings • Teëlwerk • Bouwerk • Plaveisel • Loodgieterswerk • Verfwerk • Algemene herstelwerk

Andries Blignaut

Ons grysbont kat het verlede week verlore geraak in omgewing van gim. Het bandjie en klokkie om nek. Beloning R250. Skakel 083 406 5895.

VIR AL U TUINBEHOEFTES: Afsaag van bome, opsit van 'picket fence', sny van 'sleepers' en rommel wegry. Skakel AB Timbers 083 388 0173.

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

Goed opgepaste, gebruikte voertuie, tot en met R100 000, om aan te koop vir kontant. Well-cared for, used vehicles, up to R100 000, to buy for cash. Skakel asb Petri Oosthuizen by 083 384 1471 058 303 9469 voordat u verkoop of inruil!

Eenmanw/s: R2 000 p.m. Gemeubileerde kamer: R1 800. W en l en stortgeriewe ingesluit. Sleuteldep. R600 vooruitbetaabaar . Skakel 078 888 2027. GEMEUBILEERDE KAMERS, elk met en suitebadkamer, stoep en private ingang, selfsorg. 082 927 7820

Ek koop byna alle tweedehandse motors, bakkies, kombi’s, Ventures vir kontant. Ek is bereid om te kom haal.

Skakel Unis 082 959 9120


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013 daardie tydperk ontvang word nie, die Eksekuteurs tot uitbetaling daarvolgens sal oorgaan. EKESKUTEUR: MICHAEL WENTZEL MULLER BREYTENBACH MAVUSO ING Prokureur vir Eksekuteur H/v Naude- en Unionstraat BETHLEHEM 9700 (VERW.M.MULLER(NHL96/ 0001/JS)

DRIVERS needed urgently. All codes with experience or no experience. Fax your CV to 086 571 6868

HATTINGHMARAIS 122: BOEDEL WYLE: MAKHANYELA SAMUEL TSHABALALA BOEDELNOMMER: 4383/2012

120: CONSENT FOR A

* LADIES: Rooms from R800. * 1-/2-bedr flats. Available immediately. Paxinos Flats. High Street, Bethlehem. Contact Koki Matsabu. Rental Administartor koki@procorsa.co.za. Tel. 057 352 2990/ Fax: 057 352 3775/ Fax: 086 558 7248.

Panorama: Ruim tuinwoning. 2 slk, groot eet/sitk in stil, veilige omgewing. Besk. 1 Okt. Deposito R3 200 p.m. Huur R3 200 p.m.(082 260 3414.

Betroubare huishulp beskikbaar vanaf 16 Sept. 2013. Afr. Ma-Vry. Werkgewer verhuis. Linah 058 303 8507. Maria soek werk as huishulp vir 2/3dae per week. Het 16 jaar ondervinding. Skakel 071 986 3379.

GUEST HOUSE Notice is hereby given that Tracey Sterley intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special consent to conduct a Guest House named Times Square on Erf number 470, complete street address 54 Church Street, situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days from the last publication of this notice. The Applicant: Tracey Sterley Address: Street address: Farm Atbara, Bethlehem 9700. Postal address: PO Box 163, Bethlehem 9700. Tel. 083°628°5058.

BOEDELKENNISGEWING In die boedel van wyle MAKHANYELA SAMUEL TSHABALALA, identiteitsnommer: 670915°5528°086, wewenaar en tydens lewe woonagtig te T/O New Location, Mashaeng Fouriesburg, boedelnr. 4383/2012, sterfdatum 17/04/2010. KENNIS word hiermee gegee aan debiteure en krediteure om bedrae aan die boedel verskuldig te betaal en eise teen boedel in te dien binne 30 dae vanaf publikasie hiervan by onderstaande adres: EKSEKUTEUR JACOBUS JOHANNES GROBBELAAR HATTINGH MARAIS PROKUREURS POSBUS 39 BETHLEHEM 9700 TEL. 058°303°1268 FAKS 058°303°1371 VERW: SIJ CORDIER

We make a difference Ons maak 'n verskil

120: TOESTEMMING VIR

`N GASTEHUIS Kennis geskied hiermee dat Tracey Sterley aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spaesiale toestemming om `n gastehuis genaamd Times Square , op Erf nommer 470, volledige straatadres Kerkstraat 54, geleë in Bethlehem (dorp) te bedryf. Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale bestuurder indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: Tracey Sterley Adres: Plaas Atbara, Bethlehem 9700. Posadres: Posbus 163, Bethlehem 9700. Tel. 083°628°5058.

member of the phatshoane henney group of associated firms

122: BOEDEL WYLE: MGEMANE SIMON NHLAPO BOEDELNOMMER: 51/07

In die boedel wyle MGEMANE SIMON NHLAPO, identiteitsnommer: 410228°5401°089, in lewe van 1617 BOHLOKONG, BETHLEHEM-DISTRIK waie oorlede is op 11/01/2006, BOEDELNOMMER: 51/07. Ingevolge Artikel 35 (5) van die Boedelwet word hiermee kennis gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening vir 21 dae vanaf 20 Augustus 2013 van publikasie hiervan, by die Meester van die Hooggeregshof te BLOEMFONTEIN en Landdroshof te BETHLEHEM ter insae lê en dat indien geen besware binne

122: HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ KENNISGEWING: BOEDEL WYLE: CC DE KLERK BOEDELNOMMER: 1737/2012

KENNISGEWING IN DIE BOEDEL VAN WYLE CHRISTO COLLEN DE CLERK, IDENTITEITSNOMMER 340104°5012°082, VAN RESIDENTIA STIGTING AFTREEOORD, BETHLEHEM WAT IN LEWE BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE GETROUD WAS MET PATRICIA DE KLERK, IDENTITEITSNOMMER: 410513°0048°088, DATUM VAN AFSTERWE 09/02/2012, BOEDEL-NOMMER 1737/2012. Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 35 (5) van die Boedelwet 66 van 1965, soos gewysig, dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening te die kantore van die Meester BLOEMFONTEIN en die Landdros BETHLEHEM, gedurende 'n tydperk van 21 dae vanaf datum van publikasie ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, sal die eksekuteur oorgaan tot uitbetaling ingevolge die gemelde rekening. GETEKEN te BETHLEHEM op hierdie 19de dag van AUGUSTUS 2013. JF HUMAN HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ NAUDESTRAAT 24 POSBUS 563 BETHLEHEM 9700 VERW: CHR36/0001

MOSEHLI JOSEPH NHLAPO

In die boedel van wyle MOSEHLI JOSEPH NHLAPO, identiteits-nommer 480723°5182°080, in lewe 'n WEWENAAR, woonagtig te KAMEELDORINGSTRAAT 513, BAKENPARK, BETHLEHEM 9700 en wat oorlede is op 07/11/2011, boedelnommer 6101/2012. Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 35 (5) van die Boedelwet 66 van 1965, soos gewysig, dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof Bloemfontein en Landdroskantore te Bethlehem gedurende 'n tydperk van 21 dae vanaf datum van publikasie ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, sal die eksekuteur oorgaan tot uitbetaling ingevolge die gemelde rekening. GETEKEN TE BETHLEHEM OP 23 AUGUSTUS 2013. CC HARRINGTON LINDLEYSTRAAT 29 POSBUS 255 BETHLEHEM 9700 TEL. 058°303°5438 FAKS 086°674°9583 E-POS: boedels@harringtonlaw. co.za VERWYSING: JM DE VRIES / NHL113/0001

122: J.C. DE CLERK Prokureurs/Attorney BOEDEL WYLE: WILLEM VAN DEN DOLDER BOEDELNOMMER: 9396/2012

IN DIE BOEDEL VAN WYLE: WILLEM VAN DEN DOLDER OORLEDE: 1 JULIE 2012 BOEDELNOMMER: 9396/2012. GEBORE: 8 FEBRUARIE 1945. IDENTITEITSNOMMER: 450208°5193°181 ADRES: EENHEID 1, BETHEL FARM, CLARENS, DISTRIK BETHLEHEM, VRYSTAAT PROVINSIE. NAGELATE GADE JOHANNA VAN DEN DOLDER. IDENTITEITSNOMMER: 460628°0198°187 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening

in bogemelde boedel vir `n tydperk 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf datum hiervan by die Landdroskantoor, BETHLEHEM en die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, BLOEMFONTEIN, ter insae lê. JC DE CLERK POSBUS 212 CLARENS 9707 Tel. 058°256°1807 Kontakpersoon: Mnr. JC de Clerk.

122: OLIVIER & ACKERMAN/ Prokureurs BOEDEL WYLE: JO IMMINK BOEDELNOMMER: 14629/2011

LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIEREKENING IN BESTORWE BOEDELS WAT TER INSAE Lê Ingevolge Artikel 35 (5) van Wet 66 van 1965 word hiermee kennis gegee dat duplikate van die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening (tensy anders vermeld) in die kantore van die Meesters en Landdroste soos vermeld en gedurende 'n tydperk van 21 dae (of langer, indien spesiaal vermeld) vanaf gemelde datums van publikasie hiervan, as dit later is, ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meesters ingedien word nie, gaan die Eksekuteurs oor tot die uitbetaling ingevolge gemelde rekenings. Registrasienommer: 14629/2011 Van: Immink Voorname: Jacobus Oosterwald. Identiteitsnommer: 351227°5006°089 Laaste adres: Dr. Clackstraat 34, Bethlehem Landdroskantoor Bethlehem Meesterskantoor, Bloemfontein Registrasienommer van die boedel: 14629/2011 Olivier & Ackerman Van der Merwestraat 23 Bethlehem Date 1/08/2013 Tel. 058°303°5217.

122: S-BRO FINANSIELE DIENSTE BOEDEL WYLE: HANS VOLMAN BOEDELNOMMER:

7752/2013

In die boedel van wyle Hans Volman, identiteitsnommer: 461018°5032°085, in lewe woonagtig te Utopia nr. 178, Bethlehem 9701 wat oorlede is op 21 Julie 2013. Boedelnommer: 7752/2013 Kennis word hiermee gegee aan debiteure en krediteure om bedrae aan die boedel verskuldig te betaal en eise teen die boedel in te dien binne 30 (dertig) dae vanaf datum van publikasie hiervan, by die ondergemelde adres. S-BRO / Finansiële Adviseurs 1ste Vloer, Nedbank-gebou Posbus 2689 BETHLEHEM 9700 Tel. 058°303°0450

120: SALE OF BUSINESS In terms of Section 34 (1) of the Insolvency Act, No 24 of 1936, MIDWICKET TRADING 554 CC (Registration number: CK 2008/133000/23) duly represented by Johann van Zyl (identity number: 470721°5118°080), which Close Corporation conducts business as a PostNet Franchise outlet known as PostNet Bethlehem at Rite Park Centre, 7 Baartman Street, Bethlehem, Free State, hereby gives notice of its sale and transfer 30 (thirty) days after publication hereof to High Tide Lane Trade (Pty) Limited (Registration Number: 2013/091825/07 ) duly represented by Derek O`Connor (identity number: 530725°5132°08°0) and Maria Magdalena O`Connor (identity number: 621005°0002°087) which will carry on the said business for its own benefit and account.

Saakno. 125/2013 IN DIE LANDDROS HOF VIR DIE DISTRIK VAN HARRISMITH GEHOU TE HARRISMITH In die saak tussen: JP VAN DYK wat as VDO CONSULTANTS as bestekopnemers besigheid doen Eksekusieskuldeiser en BRIAN ELLIS Identitietsnommer onbekend Eksekusieskuldenaar KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING Ingevolge 'n vonnis gelewer op 4 April 2013 in die HARRISMITH Landdroshof en 'n lasbrief van eksekusie daarna uitgereik, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop te LANDDROSKANTORE te SOUTHEYSTRAAT 39, HARRISMITH op die 18de dag van September 2013 om 13:15 aan die hoogste bieër: GOEDERE GROOT KANTOORLESSENAAR 3 KANTOORSTOELE LEERSITKAMERSTEL NOG 'N GROOT LEER- SITKAMERSTEL SONY HOME THEATREMUSIEKSTELSEL SOLIEDE SLAAPKAMERSTEL 54-CM-TV-STEL GEDATEER te HARRISMITH op 13 Augustus 2013. C COETZEE COETZEE - ENGELBRECHT ING Stuartstraat 51a, HARRISMITH 9880 Posbus 729, HARRISMITH 9880 Tel. 058°623°0636 Faks 058°623°0589 E-pos: coetzeng@dorea.co.za DX 1 HARRISMITH Verw: VAN34/0001/ZDP/S24/13 Adres van Eksekusieskuldenaar: MNR. BRIAN ELLIS van KLIPSPRINGERSTRAAT 21, HARRISMITH van340001 verkoopskennisg 3683254

130: COETZEEENGELBRECHT ING /INC JP VAN DYK wat as VDO CONSULTANTS as bestekopnemers besigheid doen//BRIAN ELLIS

VEILINGS 122: INSAKE BOEDEL WYLE: MJ NHLAPO BOEDELNOMMER: 6101/2012 BOEDEL WYLE

25


26

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013


VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Wilgies weer deur na halfeindronde Hannes Nienaber

DIE Hoërskool Wilgerivier en die Hoërskool Zastron se eerste rugbyspanne sal in ’n herontmoeting van verlede jaar se eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir klein skole) mekaar in vanjaar se halfeindstryd in die kompetisie pak. Volksblad is ’n medeborg van die kompetisie. Zastron het sy titel as kampioen van die Vrystaatse B1-liga suksesvol verdedig toe hy President Steyn in ’n titaniese stryd in sterk wind op die Hoërskool Fichardtpark se veld in Bloemfontein met 24-19 uitoorlê het. Zastron het rustyd met 24-16 voorgeloop. Die Steyners se skrumskakel, Janus Sander, het amper aan sy span ’n kans op ’n oorwinning gegee. Hy het met ’n breekslag teen die einde amper gaan druk, maar het oor te min vaart beskik. Die senter Jason Jonker het ook moedig vir die Stey-

ners vertoon. Voorlangs het die stut Jaco Becket en flank PJ Pretorius hul man gestaan. Zastron se heelagter, Hendri Roodt, en senter Stefan Nel het blink vertonings vir die wenspan gelewer. Die skrumskakel, Ruhan Goosen, was soos gewoonlik weer ’n staatmaker agter die oond. Wilgerivier is Saterdag die tweede agtereenvolgende jaar as kampioen van die Griffons se platteland-liga gekroon toe hy Bothaville op laasgenoemde se tuisveld met 22-0 die onderspit laat delf het. Die verdedigende kampioen van die Irawa-liga het teen rustyd reeds ’n stewige voorsprong van 15-0 opgebou. Die span van Frankfort het kliniese uitklopwedstryd-rugby gespeel. Voorlangs het die slot MJ Lourens in die lynstane vir sy span goeie balbesit verseker. Hy het ook in die los gewoel. Die vaskopstut Dana Janse van

Rensburg kan ook maar vandag ná sy vertoning in die kragmeting kop omhoog loop. Die samespel van die losskakel, Pieter Duminy, en senter SF Meyer het aan Bothaville probleme besorg. Meyer het ’n paar goeie lopies in die middelveld gekry, terwyl sy geleerde skopskoen weer een van sy span se sterk punte is. Bothaville sal nou na Kimberley vir die ander halfeindstryd van die Irawa-liga reis waar hy teen Landboudal van Jacobsdal te staan sal kom. Puntemakers: Wilgerivier 22 (15): Drieë: Gerrie Muller, SF Meyer, Brian Piek. Doelskoppe: Meyer (2). Strafdoel: Meyer. Bothaville 0. Zastron 24 (24): Drieë: Stefan Nel, Hendri Roodt, Christiaan Strauss. Doelskoppe: Nakkie Naudé (3). Strafdoel: Naudé. President Steyn 19 (16): Drie: Chester Sejake. Doelskop: Janus Sander. Strafdoele: Sander (4).

Verteenwoordig klubs DIE Riemland­rolbalbestuur wat die verskillen­ de rolbalklubs in die streek verteenwoordig, is van links, voor: Ina Peyper (ontwikkeling en af­ rigting), Adri Williams (kompetisie­sekretaris), Theresa Coetzee (sekretaris), Susan Fourie (by­ komende lid) en Saville Jankelowitz (uittreden­ de president, bykomende lid); agter: Petro Wil­ lemse (skakeling), Skip Scheepers (president) en Gerhard van Doornick (bykomende lid). Con­ stand Bester (vise­president) en André Viljoen (tesourier) was afwesig toe die foto geneem is.

Choose right career SHOCKING statistics came to light that 83% of graduates end-up in the wrong job. This shows better advice is needed for teens when they choose a job. The statistics became known in a questionnaire conducted in Pretoria. Apparently only 23% of schoolleavers are fully comfortable with their career choice. An alarming 52% of people don’t end up doing what they studied for, approximately 33% of first-year students drop out, and 83% of graduates end up bitterly unhappy at work. These poor statistics should have parents very

concerned. Students are in dire need of proper career guidance, starting as early as in high school to decide what subjects to choose and then later which tertiary institutions to attend and which extra skills to acquire. Now more than ever children need a concrete plan to steer themselves in the direction they are later likely to excel in. “The reason for these poor statistics is that the standard for career counselling in the country seems to be very low in general,” says Roxanne Mancini, founding member of Think Career. Parents should invest ti-

me and resources in career choice interven- tions for their children instead of trying to “sell” their children on what they have in mind for them, mainly driven by their own fears and experiences. This behaviour is simply setting their children up for failure. Help your children to choose a career that will enable them to flourish and give them the joy of working within their strengths every day. ) For more information, contact Think Career on 012347-7530 or visit their website on www.thinkcareer.co.za.

Neem aan wedloop deel VAN links is David Mofokeng, Bongani Mkutha en Julian Preto­ rius wat Saterdag aan die Frankfort­Wilge­marathon se 10 km­ wedloop deelgeneem het.

27


28

VRYSTAAT, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Speel klaar met moordende ren DIE Transbaviaanskloof­bergfietswedren is die uitda­ gendste ter wêreld. Dit strek oor 230 km en moet bin­ ne 24 uur voltooi word. Bethlehemiete wat deelge­ neem het, is Jacques Nel en Francois Ferreira (11:16); Carel Pretorius en Chris Rossouw (12:10); Francois Keyser en Corné Vermaak (13:42); Werner Martin en Freek Conradie (13:56); Gary Goldman, Marcel van Biljon, Eben Bekker en Piet Wessels (15:19); Dan Ja­ cobs, Sakkie Nel, Johan Lombaard en George Delport (15:19); Chris Harris, Harold Harris en Jaco Labuschag­ ne (16:47); asook Tina Nel, Johan Grobbelaar en Ri­ aan van Zyl (17:19). Foto: Verskaf


Vrystaat news 29 august 2013  

Vrystaat news 29 august 2013

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you