Page 1

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 4 APRIL 2013

R3,50

3 Dogtertjie het leukemie

5 Mall vind byval

8 DUISENDE voete het op die openingsdag van die Dihlabeng Mall deur die sentrum beweeg en daar was nie eens plek vir ’n nuuskierige muis nie.

Mall kan ander knou Susan Maré

TERWYL duisende voete die afgelope naweek op die nuwe Dihlabeng Mall toegesak het, is daar twyfel onder sakelui of dié winkelsentrum vir Bethlehem net maanskyn en rose gaan bring. Verskeie sakelui het hul kommer uitgespreek oor die toekoms van die middedorp en ander prominente besighede en sentrums op die dorp. André Findt van Andras Findt sê dit mag waar wees dat die mall sy winkel mag knou, maar hy glo hy bied nie net beter pryse as byvoorbeeld ’n sekere kettingwinkel in die sentrum nie, maar onvergelykbare bykomende dienste: “Ons lewer steeds gehaltedienste vir alles wat ons verkoop. Ons verkoop nie net ’n artikel of produk nie – ons bied ook ’n uitstekende naverkoopdiens. Ek het gaan kyk na die sekere kettingwinkel se pryse en meen dit is ’n duur winkel. Die aandag word van die duur pryse getrek deur enkele spesiale aanbiedings aan die klok te hang. Die winkel bied ook nie ’n onderdeleverkoopdiens vir die betrokke artikels nie.

9 771026 872001 >

So, ek is nie bekommerd dat die mall my besigheid gaan knou nie. Trouens, wanneer die ‘spesiale aanbiedings’ versien moet word, is ek en my werkswinkel en professionele personeel steeds daar.” Tinus Sadie, eienaar van drie restaurante in die Village Square, ’n restaurant in die Metropolitansentrum en Mugg & Bean in die mall, sê hy verwag nie ’n afname in besigheid nie. Met die openingsdag van die mall het al sy restaurante uitstekend gedoen. Hy verwag wel dat die mark by die Metropolitansentrum in die toekoms gaan verander en dit is ook die rede waarom hy ’n spesifieke restaurant daar begin het. Hy bly net waar hy is, sê Kobie Kritzinger, eienaar van Trappers in die Metropolitan-sentrum. Dié sentrum is sentraal geleë: “Ek het dit nie oorweeg om ’n winkel in die nuwe mall oop te maak nie, want die huurgeld daar is sowat 80% meer as waar ek nou is.” Gerard de Boer, eienaar van Solomons Mica, sê hy sien die mall in ’n positiewe lig en glo meer mense gaan Bethlehem as hoofdorp in die

Oos-Vrystaat van nou af besoek. Hy glo met dit wat Solomons bied, gaan hy in daardie voete deel en dink die mall is ’n aanwins vir die hele dorp. Die middedorp gaan verval. Só sê Frank Sardinah, eienaar van die Grand Bottle Store. Hy is besonder skepties oor die invloed van die mall op die middedorp en ook besighede nader aan die mall: “Hoe nader jy aan die mall is, hoe slegter kan besigheid word. Ek is bekommerd oor die middedorp en dink dit kan ’n tweede ‘Heilbron’ word. Winkels gaan leegloop, dit gaan toenemend onveilig word en besoekers aan Bethlehem sal deur hierdie derdewêreldse deel ry. Niemand gaan meer winkels in die middedorp wil huur nie.” Eric Swartz, eienaar van die Wimpy in Riemlandweg en eienaar van die nuwe Wimpy in die mall, sê ’n mens sal eers oor ’n maand werklik die impak van die mall op die res van die dorp kan bepaal. Sy restaurant op die dorp was stiller as gewoonlik en hy het opgemerk dat ander prominente besighede op die dorp ook stiller was: “Ek het nie ’n keuse gehad as om

nog ’n Wimpy in die mall oop te maak nie – dit was of ekself of iemand anders as opposisie.” Nog ’n restaurant-eienaar in die mall en eienaar van ’n restaurant in die Frontier Inn & Casino, Att Shields, sê die ware impak van die mall op die dorp sal eers oor ’n maand of drie bepaal kan word. Die Metropolitan-sentrum se toekoms, wat die middelpunt van bespiegeling en praatjies op die dorp is, se bestuurder, Esta Visser, het aan Vrystaat gesê sy het opdrag van haar werkgewer om niks, maar niks, aan die media te sê nie. Momentum en die Metropolitansentrum het saamgesmelt met Momentum as die grootste beherende aandeelhouer. Vrystaat wou spesifiek by Visser weet of die Metropolitan-sentrum positiewe besigheidsplanne in plek het om steeds kliënte te lok noudat die sentrum in kompetisie met die nuwe mall is. “Ek mag niks sê nie,” was Visser se antwoord. ) Lees ook wat besoekers aan die mall oor dié nuutjie te sê het op bl. 5 en sien nog foto’s op bl. 15.

Boere kuier op Arlington

9 Waar is Yvon­ ne Loubser nou?

11 Ds. Deirdre gesels


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

Cyclists invited to join in fun

BIBLE VERSE: Colossians 3:12: As God’s chosen people, clothe yourselves with compassion, kindness, humility, gentleness and patience. ) How often we can get impatient and then deal harshly with others. ) As His people we should be different. ) We should act with compassion, kindness, humility and patience. ) We then can look forward to reaping what we have sown. Prayer: Lord, help me to be like You. Fill me with Your compassion and enable me to be a person of kindness, humility, gentleness and patience. Amen.

KS

ortliks nippets

IMMERGROEN-BLOMMEKUNSKLUB bied Christusfees: Die Christusfees vind van 19 tot 21 April in die Metropolitansentrum op Bethlehem plaas. Almal is welkom om na hierdie skouspel van blommerangskikkings volgens Bybel-tekste en -boodskappe te kom kyk. An evening with the movie Quartet: The Piano Lounge and Bethlehem Kines present an evening with the movie Quartet at the Bethlehem Kines tomorrow. The evening includes snacks and a movie ticket. The snacks start at 18:30 and the movie at 20:00. The movie is about musicians at an old-age home for retired musicians, with actors Billy Connolly, Maggie Smith and Michael Gambon. Tickets are R80 per person. This includes the movie ticket and snacks. Buy your tickets at the Bethlehem Kines. Besoek Vrystaat se webwerf en Facebook-profiel vir interessante nuus: www.vrystaat.co.za en http:// www.facebook.com/Vrystaat.

HIERDIE kleurvolle stalletjie op die Clarens-vlooimark is deur Heather Coenihan (regs) bedryf. Saam met haar is Kayleigh Minnie (12). Foto: Susan Maré

BP/MALUTI WHEELERS invite all cyclists to participate in their first Tour de Eastern Free State Fun Ride over 185 km in five stages. The fun ride will start at the Wimpy in Bethlehem on Saturday, 13 April, at 06:30 and finish at the Frontier Inn and Casino at about 16:30. Tim Oglesby says entry is free and light refreshments will be provided at all stage finishes. Riders can do as many stages as they feel capable of doing and they can do them in any order. Support vehicles will be on the roads at all times, but to get to and from stages, riders will have to supply their own transport. Fun ride details can be obtained from Cycle World Bethlehem, the Maluti Wheelers website (www.bpmalutiwheelers.co.za) or contact Oglesby at 083-262-3115.

THE Dihlabeng Mall has finally opened its doors. Thousands of shoppers were welcomed to the mall on 28 March, just in time for the Easter weekend. Excited shoppers lined up from the early hours of the morning, patiently waiting for the mall to be officially declared open by Tjhetane Mofokeng, the Dihlabeng executive mayor. A jovial ribbon-cutting ceremony set the tone for an eventful first day. Shoppers were greeted in stores with red carpets, balloons, music and the voices of staff singing, eager to welcome customers to the Dihlabeng Mall, The Golden Gate of Shopping. Jo-Marie Tredoux, spokesperson of the mall, says the restaurants were bustling with customers, thrilled with the brandnew Mugg & Bean, as well as with another Spur and Wimpy in Bethlehem. Ofm was part of the day’s festivities, broadcasting live from Checkers, keeping shoppers energized. The Reggie’s store clown, Ackerman’s Teddy, as well as Micky and Minnie Mouse, made

and Hailey. After months of planning and much anticipation, the mall is now open.

Dihlabeng Mall’s opening an exciting affair every child visiting the Dihlabeng Mall feel special by handing out marshmallow Easter eggs, lots of hugs and also posing for photos. Children of the Truida Kestell Primary School, Jordania Primary school, as well as Kindersorg and Tingeling Pre-Primary School, could also view their art, created especially for the opening, at the Dihlabeng Mall Art Corner. Many shoppers who qualified to enter the draw for their share of R20 000’s Game shopping vouchers, quickly filled up entry boxes located inside stores. The first day was also the start of “Get Spotted”, the ten-day fun campaign that will be running until Saturday, 6 April. Shoppers visiting the mall could win a gift voucher should they be so lucky to “get spotted”. As not everyone could visit the mall on the first day of opening, the Dihlabeng Mall made sure that they would still be part of the celebration. Two teddy bears were handed to new mothers at the provincial hospital. Zane Raven Fulton and Hailey Lua Nel were the first

CHILDREN’S art in the Dihlabeng Mall. two babies to be welcomed by proud parents on 28 March. The Dihlabeng Mall looks forward to sharing its birthday with Zane

Treat customers fairly with TCF policy BRAAM BOTHA DURING 2012, the Financial Services Board (FSB) announced that it would be implementing a Treating Customers Fairly (TCF) policy for the financial services industry in South Africa during 2014. Businesses that are affected in-

clude co-operatives, insurers, medical schemes, banks, consulting and administrative organisations such as investment management firms, insurance underwriters and brokerages, intermediaries, car rental services, furniture retailers and car dealerships. The TCF policy is based on six defined outcomes, which include

amongst others the following: providing clear information before and after sales, to take the consumer’s personal circumstances into account before selling a product and eradicating post-sales barriers. The principle that consumers can be confident that they are dealing with firms where the fair treatment of customers is central to the corpora-

te culture, is the foundation of the TCF. The first step for a company to adopt the TCF policy is the implementation of an awareness programme so that all employees are introduced to the concept of TCF. This first step needs to be completed by companies during 2013. Businesses are advised to start early and not wait until TCF is unexpectedly en-

forced upon them. ) Braam Botha is a CPA, Commercial and Labour Law practitioner and at the request of Vrystaat, contributes articles relating to business and the workplace. For more information contact Botha on 058-303-3844 or wellatwork@telkomsa.net.


VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

3

Wys die murg in jou pype HET jy murg in jou pype? As jy het, gebruik dit vir ’n goeie doel. Veroné Weyers, babadogtertjie van Pieter en Igne van Bethlehem, is onlangs met juveniele miëlomonositiese leukemie (JMML) gediag-noseer. Dit is ’n baie seldsame soort leukemie. Sy is ses maande oud en die enigste kans op genesing vir die soort leukemie is ’n beenmurgoorplanting. Die kanse om gou ’n gepaste skenker te kry is egter skraal en daarom ondergaan sy nou chemoterapie in ’n poging om vir haar tyd te wen totdat ’n skenker gevind kan word. Met Kansa se Relay for Life nog vars in die geheue wil Enslins Bethlehem ’n beroep doen

op almal op Bethlehem om betrokke te raak en alle ander ondernemings uitdaag om soveel moontlik mense te kry om as moontlike skenkers te laat toets. Enslins Bethlehem het reeds 32 mense wat bereid is om getoets te word. Die prosedure om te laat toets is soos volg: Bel Ansie Terblanche by 072-461-2603 om onmiddellik vir Veroné getoets te word. Dit kos R700 per toets, maar dan word dit onmiddellik gedoen en word jy spesifiek vir haar doeleindes getoets. Toetse kan slegs van Maandae tot Woensdae plaasvind. Die laboratorium vra mense moet asseblief eers bel om te reël voordat hulle opdaag.

SÓ het Veroné Weyers gelyk toe sy nog gesond was.

’n GROEPIE van Enslins Bethlehem se personeellede wat bankvas agter Veronétjie Weyers staan en bereid is om toetse vir haar te ondergaan is van links, voor: Vallerie Windt, Hannes Fourie, Li-Ann Zeelie, Nthabeleng Mosea, Myrlice Flemix en Danie Calitz; agter: Joanice Badenhorst, Hardus Crouwcamp, Yolandi Pretorius, Aldi Swart, Pieter Fourie, Elize Botes, Doret Ackerman, Jeanette Welgemoed, Mari Marais, Barbara van Heerden, Eben en René Bakker en Pieter Weyers.

VERONÉ WEYERS wat met ’n seldsame leukemie gediagnoseer is.

Reeds in herfskleure getooi HERFS. Die Oos-Vrystaat is die afgelope tyd in herfskleure getooi. Foto: Susan Maré


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

Vrystaat HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

Vernuwing nou sakelui se uitkoms PAS aan, of sterf. Dít is wat sakelui op Bethlehem (en elders) moet besef as hulle nie bereid is om deurgaans te vernuwe en die uitdagings van ’n gedurig veranderende sakewêreld te aanvaar nie. ’n Wyse in die sakewêreld het eens gesê: “Enige besigheid wat nie bereid is om gereeld ’n nuwe baadjie aan te trek nie se oorlewingstydperk is nie langer as 15 jaar nie”. Die geskiedkundige opening van die Dihlabeng Mall laat die fokus op die plaaslike sakewêreld val, veral op die beginsel van vernuwing of stagnering. Terwyl duisende voete die nuwe winkelsentrum se drumpel betree het, was daar sakelui wat benoud gewonder het oor hoe die nuwe ontwikkeling ander plaaslike sakeondernemings gaan tref. Dit sou naïef wees om nie daaroor bekommerd te wees nie. Reeds lank voor die opening van die Dihlabeng Mall is daar oor die moontlike negatiewe invloede bespiegel. Die vraag wat gedurig gevra word, is of Bethlehem wel die kapasiteit vir ’n sakeontwikkeling van hierdie omvang het. Die mees algemene scenario is dat die Dihlabeng Mall die middedorp van Bethlehem se ondergang gaan wees. Inwoners sien lank reeds hoe ’n vreemde mark (versus die tradisionele) die middedorp insypel. Die tekens van verval, verwaarlosing en agteruitgang gaan nie ongesiens verby nie. Vir trotse inwoners in wie se bloed die kultuur van Bethlehem vloei, is dit ’n ontstellende gesig. Mense vra: “Gaan Bethlehem ’n tweede ‘Heilbron’ word?” Die nuwe winkelsentrum dwing sakelui om opnuut te gaan introspeksie doen en om skerp, indringende vrae aan hulself te stel. Lyk my winkel steeds soos wat hy al die afgelope tien jaar lyk? Stel die dienste en dienslewering wat my besigheid bied kliënte tevrede? Is my winkel deurgaans op die voorpunt van die nuutste ontwikkelings? Wat maak my winkel positief anders en meer doeltreffend as soortgelyke winkels? Die Dihlabeng Mall en al die opwinding daarrondom sedert die openingsdag is juis tekenend van hoe hoog sakevernuwing deur kliënte geag word. Hulle wil nie 15 jaar vir vernuwing wag nie. Die boodskap van die nuwe sentrum vir die res van Bethlehem se sakewêreld spreek vanself. Vernuwe, of sterf.

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

Beleef trauma oor vergifting DIERELIEFHEBBER, Joubertstraat, Bethlehem: ONS bly die afgelope paar jaar in Joubertstraat in Môrelig op Bethlehem. Die afgelope twee jaar is altesaam ses van ons honde vergiftig. Dit is vir my hartseer om te besef dat daar mense is wat tot so ’n wrede daad in staat is. As jy ’n dier kan vergiftig, kan jy maklik ’n mens ook vermoor. Nadat een van ons hondjies verlede jaar dood is, het ek die veearts gebel. Hy het aan my bevestig dit is moontlik ’n soort gif wat algemeen gebruik word om diere wreed dood te maak. Ongelukkig is dit ’n hele proses via die dierehospitaal om

Seerot nou meer mens S

Igno van Niekerk HY het met ’n geleentheid gekom. Van Potchefstroom tot in Bloemfontein, en van hier af gaan hy Bethlehem toe. Nefie se eerste kwartaal op universiteit is verby, en dit wil voorkom asof enige geleentheid, waarheen ook al, solank as dit net by die huis sou eindig, vir hom ideaal was. Toe ek van die werk af kom, staan hy daar. Effens maerder, moeg, met stinkerige kouse en ’n sak vol klere wat sy ma deur die vakansie gaan was: Seerot Splits. Eers verstaan ek nie lekker die naam nie. Seerot Splits? In die koshuis is al die eerstejaars seerotte. Dit is nou voordat hulle menswaardigheid kry en verhoging in rang kry om bootsmanne, en allerhande ander hogere range, te bereik. En die Splits? “Oom sien, hulle het gehoor ek doen gimnastiek, toe vra hulle ek moet split. Van toe af moes ek oral split: In die konsert, as pret vir die hoër range

vas te stel watter soort gif gebruik is. Ons het die saak laat vaar, maar in Maart het die “dieremoordenaars” weer toegeslaan toe ons op twee karkasse van ons drie honde afgekom het. Die volgende oggend was dit Tiger se beurt om aaklig te vrek. Dit was ’n aaklige prentjie. ’n Mens sien hoe die gif deur hulle gevreet het en hoe hulle gely het. Ons beleef werklik trauma rondom die vrekte van ons diere. Wat staan ons te doen? Die storie moet end kry. Ons wil darem veilig in ons erf voel en het seker die reg om diere aan te hou en vir hulle lief te wees?

Wonderwerk met pad nodig BOERVROU, Lindley-distrik: IN Augustus 2011 is daar met bouwerk aan die pad tussen Bethlehem en Lindley begin om dit veilig en beter te maak vir reisigers en veral

andsteenpraatjies

en net waar die geleentheid hom voordoen.” Seerot Splits was honger en lus vir uitkom. “Ek gaan enige plek, Oom. Net om nie te voel ek moet van vroegaand af in die koshuis wees

nie.” Die volgende oggend het Seerot Splits saam met Anien en haar vriendinne gaan fliek. Iets wat seker vir menige ouer nefie ’n moeilike ding sou wees. Drie gr. 8-meisies in die fliek. Tog, vir Seerot Splits was dit maklik. Enigiemand wat elke dag kliphard die beeld van ’n donkie moet salueer: “Hiehô, Hiehô, Seerot Splits groet vir Driesie die Donkie,” het geen probleem met die dinge wat sy portuurgroep

boere. Nou word die pad deur arbeiders gemonitor wat elke dag van Lindley aangery word. Die pad se toestand word elke dag erger. Vandat hulle begin het om aan die pad te werk het hulle slegs die pad afgebaken vir verkeer en verder nog geensins gepoog om die projek ten volle te voltooi nie. Plaaseienaars en arbeiders moet elke dag die slaggate aandurf. Die lewe is reeds duur genoeg en die instandhouding van motors se bande vat ’n groot hap uit die sakke van plaaslike gemeenskapslede wat die pad elke dag ry. Daar word wel ook humoristiese waarskuwings gerig aan medepadgebruikers om hulle te waarsku oor die pad. Daar is ’n bordjie wat sê: “Maak vas jou bra-straps, haal uit jou valstande, want die pad is in sy m**r in.” Volgens ’n onlangse bron word daar gesê die padbouers wag vir geld. Hulle wag al bykans twee jaar. Daagliks is daar baie mense wat die pad gebruik met produkte wat by winkels moet uitkom, melkwaens wat plase moet bereik of arbeiders wat by werk moet uitkom, die gevaar is baie duidelik. Hier moet ’n wonderwerk gebeur, en gou.

as minderwaardig ag nie. Tuisgekom is dit heerlik om na Seerot Splits se stories te luister. Hy het ouer geword. Meer waarderend, meer opmerksaam en meer honger vir gesels. Tussen geselsies deur was die bed vir hom die plek waar hy tuis gevoel het. Sien, tussen al die dinge wat ’n Seerot moet deurmaak, moet daar nog hard gewerk word ook. En vir Seerot Splits is sy werk sy trots. Toe Seerot Splits se geleentheid opdaag, is hy met ’n stel geleende vars kouse fort. “ ’n Mens kan nie die bestuurder aan die slaap laat raak nie.” Toe hy weg is, is die huis opeens stil. Totdat Benno verbydraf en kliphard salueer: “Hiehô, Hiehô, Seerot Splits groet vir Driesie die Donkie.” Hy lag lekker vir homself, en vir sy ouer nefie. En dan, met ’n sedige gesiggie: “Pappa, ek mis vir Seerot Splits.” “Ek ook, Seun. Vandat hy ’n Seerot is, het hy sommer meer mens geword.”

Mall bied niks vir jong mense BESOEKER AAN NUWE MALL, Bethlehem: VIR maande het ons uitgesien na die nuwe mall op Bethlehem. Nou kon ons ook ’n groot winkelsentrum soos in die stede beleef en geniet. Groot was my teleurstelling toe ek die nuwe mall besoek en vind dat daar geen voorsiening gemaak is vir klein kinders om hulle onder toesig besig te hou terwyl die grootmense inkopies doen nie. Die bestuur van die mall kan gerus na jonger mense se behoeftes kyk. Wat van ’n kegelbaan, net om ’n voorbeeld te noem. Hier is in elk geval feitlik nêrens ’n plek waar tieners hulle kan besig hou nie. Hier is ’n dringende behoefte op Bethlehem aan ontspanningsplekke vir tieners en jong mense waar daar nie drank verkoop word nie. Ons is verheug oor die mall, maar dit sal verwelkom word as na ons jonger geslagte se behoeftes ook gekyk word.

Choice is yours WORDS UNSPOKEN, Clarens: EVERY action has a reaction. Strange but true . . . or should I say scary but true? Every time before you make a choice to do something wrong, to say something hurtful, to go into attack mode, to take something that does not belong to you, remember that you have a choice and that your choice will bring about other events. Sometimes we tend to make choices because we think that they are short-term solutions, but tend not to think about the long-term results and most of the time we are so sorry about our choices, but often it is too late. These five words are words that are not better left unsaid, but rather words that you should engrave into each stone and road that you may walk upon, as this can help you make the right choice, a decision that will not haunt you for the rest of your life, but rather save you from a bad reaction.


VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

Nuwe mall het die tonge los Susan Maré WAT dink Vrystaat se lesers van die nuwe Dihlabeng Mall? Hulle is op Vrystaat Koerant se Facebook-profiel om kommentaar gevra en hier is wat hulle te sê het . .. Lynette Swanepoel: Checkers is wonderlik. Paar tandkryprobleme wat ervaar is, behoort gou uitgestryk te wees. Sekerlik ’n aanwins vir die dorp. Dink egter ander besighede sal moet nuut dink oor hul verkoopstrategie en hoe om produkte te bemark, anders gaan hulle beslis swaarkry. Daar is nog heelwat gapings in die mark en tekorte, selfs ook in die mall. Ek hoop entrepreneurs sal dit as ’n uitstekende geleentheid beskou. Therese Coetzee: Oh my word! It is so cool, spacious and clean. I love the fresh huge fish on ice at Checkers – laat my terugverlang Weskus toe. Nou moet ek ’n groot Lottoprys wen, want daar is so baie mooi goed in Game. Dit voel asof ’n mens in ’n mall in Johannesburg is. Very exciting. Almal wat daar rondloop, lyk gelukkig en smile. Theresa du Plooy (Volksrust): Ai, maar julle inwoners van Bethlehem is omtrent bevoorreg. Martha Eksteen: Too many people. I shall wait another month. Derik Rabie (Kaapstad): Martha, met daai suur gesiggie van jou dink ek jy is nogal moeilik om te please. Smile ’n bietjie en wees bly daar is nuwe ontwikkelings op Bethlehem. Hoe meer mense, hoe meer gees. Petro Stanley: Susan, ek en my buurvrou is baie nuuskierig, maar het besluit ons gaan eers volgende week wanneer die groot stormloop verby is. Die stormloop het mense dalk laat voel hulle word ge-Mall. Martha Eksteen: Derik, ek is nie suur nie. Net versigtig vir my tone. Sanet Labuschagne Ackermann: Iewers gehoor daar gaan Dischem, Juicy Lucy en Milky Lane ook wees. Toe nie. Baie bly oor Checkers. O, ja, en Game. Lyk klein, weet dit is omdat ek stad-malls gewoond is. Dankbaar vir meer winkels, hoop net die sentrum gaan nie nou “doodgaan” nie. Ons het gesê ons gaan eers ná twee weke oor die baie mense, maar al die spesiale aanbiedings het ons baie vinniger gelok. Alanda Dierhoff: ’n Goeie begin vir Bethlehem. Die dorp raak leeg. Trek asseblief meer kettingwinkels in soos YDE, dalk ’n Hub. Stuttafords en @Home? Ons dorp het genoeg winkelruimte. Kom, Sakekamer, maak elke oop winkel vol. Geen goeie meubelwinkel of goeie juwelierstak in die Mall nie en ook geen Woolworths Food nie. Waar op die dorp kry jy ’n handsakwinkel? Kom, sakemanne, begin met kreatiwiteit, ons het dit nodig. Karin Jordaan: ’n Wonderlike aanwins vir ons dorp. ’n Alles-onder-een-dak-ervaring. Die beste ding wat kon gebeur het met die Oos-Vrystaat, veral die Checkers en Game dink ek gaan baie gewilde inkopieplekke word. Christene Buys Nortjé: Ek hou baie van die mall, alles onder een dak. Game is beslis ’n aanwins vir ons dorp. Mag daar nog vele winkels open. My kleinding natuurlik mal oor Reggies, so dié mamma se sak gaan elke maand plat wees. Well done, julle. Chantelle Venter Stander: Baie nice. I like. Julandie Gerber: Mal daaroor. Lekker onder-een-dak-ervaring. Wat meer wil ons hê? Deon Erwee: Was nog nie daar nie. Alta en Ric Bornman (Petrus Steyn): Dit is omtrent ’n dream come true. Wonderlik,en natuurlik ’n groot inspuiting vir Bethlehem. In my boekies kry Bethlehem 10 uit 10. Sua-maryn Beukes: Dit is ’n positiewe aanwins vir ons. Ontwikkeling sal Bethlehem se ekonomie ’n hupstoot gee. Mooi so. Wat van bankies in die mall waar die manne kan sit en wag? Buitestraat het nou ook baie bedrywig geword. Wat van spoedwalle om te keer dat mense daar so vinnig ry? Ek wonder ook wat van die Metropolitan-sentrum gaan word? Dankie, ons gaan lekker inkopies doen. Yolandi Visser: Well done, Bethlehem. Dit is regtig ’n groot aanwins vir die dorp en ’n hupstoot vir die Oos-Vrystaat. Dit voel so wonderlik, alles wat jy nodig het onder een dak. Linda Jayne Kock Bothma: It is 2013 and eventually Bethlehem arrived. Liza Groenewald: Groot aanwins vir Bethlehem. Die dorp gaan nou net groei. Dankie tog vir die Game en Checkers. Alles onder een dak maak die inkopies net soveel makliker. Sandra van der Westhuizen: Buiten

vir Game, Checkers en Mugg & Bean is dit ’n groot teleurstelling. Daar is nie met estetiese aspekte moeite gedoen nie. Dieselfde winkels van die middedorp het soontoe getrek met dieselfde voorraad en nie eens moeite gedoen om iets nuuts te kry nie. Waar is Woolworths Foods, Donna Claire en ’n behoorlike boekwinkel? Hoekom weer net dieselfde restaurante, wat reeds op die dorp was, daar vestig? Is ons nie meer werd nie? Wat het van verskeidenheid en mededinging geword? Dit is omdat daar nie behoorlike mededinging is nie dat die ondernemings op Bethlehem nie na uitstekende diens streef nie.

KLARICE NEL with gorgeous Hailey Lua Nel – one of the first two babies born in Bethlehem on the same day as the opening of the Dihlabeng Mall. Photo: Jo-Marie Tredoux

5


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

Toerien bewaar ou ‘liegstories’ Marisa Fockema HERMAN TOERIEN, vryskut-skrywer en -navorser van Bloemfontein, het pas sy kortverhaalbundel as ’n e-boek uitgereik. Die reine waarheid en ander liegstories is propvol Afrikaanse humoristiese vertellings. Dit handel oor stories wat van oral Toerien se lewenspad gekruis het. Daar is onder meer Vrystaatse stories, Namakwalandse verhale, kerklike kinkels en veral stories wat Toerien se pa kleintyd aan hom vertel het. Hy het die boek geskryf om te ontsnap van die harde aktualiteite soos politiek en ongelukke waaroor hy daagliks vir ’n webwerf skryf. “Daai goed kan ’n ou verskriklik tap. Dit is die harde deel van die lewe. Ek moet minstens een keer per week ’n uitlaatkleppie hê en iets opteken wat ’n ligter, humoristiese blik op die lewe gee.” Stories moet nie verlore gaan Al die stories is egter nie geskryf om humoristies te wees nie en sommiges is uitdruklik geskryf om deernis weer te gee, sê Toerien. Hy sê hy was vasbeslote om die boek te skryf sodat kosbare vertellings nie verlore gaan nie. “Die ou mense het baie stories uitgeruil en vertel. Daar is skatkiste van stories wat verlore gaan omdat die nuwe generasie nie die stories oorvertel nie.” Die meeste van die sowat 100 kortverhale is Vrystaatse stories, maar sommiges is ook uit ander oorde bekom. Titel van boek Toerien sê hy het die boek se titel gekies omdat nie altyd bepaal kan word wanneer ’n storie die waarheid is nie. “Van die stories is die waarheid, sommiges op die waarheid gegrond, sommiges net as die waarheid oorvertel en hier en daar ’n blatante kluitjiesbakkery.” Hoedeversierings in die Namakwaland en Ouma-goed het van Mosselbaai se wêreld gekom. ’n Somer sonder die see sou tot haar dood ondenkbaar wees. As jong afgestudeerde is haar eerste musiekpos egter op Nieuwoudtville, waar sy kort voor lank met die bankbestuurder, oupa Harry, afhaak. Oupa Harry het nie maklik aan sy geleerdheid – bankpapiere

– gekom nie en moes hom opwerk. Kortkort is hy onder sy meisie uit verplaas. Pa-Jan sê hy het ’n raam gehad vir die meisie se portret. Trek hy, gaan die raam saam, en op die nuwe dorp kry hy ’n nuwe meisie se portret vir die raam. So was hy nie meer vandag se kind nie toe HERMAN TOERIEN hy met ’n bloedjong ouma Lita afhaak. Vier kinders was gou op die toneel, maar die jongste is ongelukkig kleintyd oorlede. Nou soos ek aan Pa-Jan verstaan het, self lankal saliger, was daar wat die see betref drie soorte Namakwalanders. Die soort wat vakansies see toe trek na plekke soos Hondeklipbaai, ander wat nie juis erg aan die groot dam gehad het nie en die wat na die warmer water by Mosselbaai uitgewyk het. Maar die wegblyers was mense van hul eie. Soos oom Maans Louw wie se bure so aangedring het hy moet een Kersvakansie ook saamkom see toe. Een jaar kry hulle hom omgekoop en toe die ander nog so kamp aan die Weskus opslaan, toe is oom Maans en sy vrou-goed, ta Mieta, en die kroos ook daar. Ywerig help die gesoute kampeerders vir oom Maans-goed tent opslaan en die kampplek regkry. Maar so deur die loop van die dag siet oom Maans maar hier kom moeilikheid. Die see loop vol en die branders spoel al nader en nader na sy kampplek toe. Toe hy sien die bure merk nie die naderende gevaar op nie, gaan maak hy alarm. Hy het juis gehoor dit het so kwaai in Basotholand gereent en die Oranje kom so sterk af, Kanoneiland neuk al om te versuie. Die bure glimlag en beduie van getye. Getuies is hofgedoentes en oom Maans bly lugtig. Die aand gaan slaap almal ná ’n heerlike fees van kabeljou. Die volgende dag is die Louws skoonveld – tente, kampbedjies, die hele lot. Net die spore oor die duine binneland in verklap daar is koers huis toe gevat. Later, verneem die ander, kon die Louws glo

nie rus kry met die see wat so raas nie en het toe verkas. Sommiges het bly meen oom Maans het die see wat so volloop nie gevertrou nie. Die benoudheid moes regtig groot gewees het, want om terug by Nieuwoudtville te gekom het, moes hulle Van Rhynspas uit. En oom Maans had ’n Model T-Fordjie en dié neuk met die opdraandes uitry. Die soort karretjies moes die pas agteruit uit “reverse” sodat die petrol met swaartekrag in die enjin kom inloop. En daai se tyd was die pas nog half soos sy agterent en oom Maans moes goed benoud gewees het om daai pas so in die donkerte uit agteruit te ge-“reverse” het. Maar oupa-goed het seevakansies, soos ’n klompie ander mense, teenoorgestelde kant toe gery om by die see te kom. Almal is nou al afgesterf wat betrokke was, maar smaak my daar is so Calvinia, Matjiesfontein om Mosselbaai toe gery. Land-in. Of Oupa Harry se kar nou ’n Model T-Ford was, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat die kar nie juis ’n bak gehad het nie. Die bagasie is met strêppe op ’n “carrier” op die kar se skuins agterkant vasgemaak. Ook weet ek hoede was daai tyd hoog in die mode. Tot haar dood het Ouma nog sulke ronde kyste gehad. Vir die hoede. Elke kys kon ’n hele lot hoede vat en as die “carrier” klaar gelaai is, pryk daar ’n hele lot ronde kyste agterop. Vir elke dag omtrent ’n hoed en vir party dae ’n spaarhoed of twee. En so word die pad binneland toe aangepak. Oupa Harry en ouma Lita voor en Pa-Jan, sy kleinboet Rons en ous SC agterin, saam met nog ’n klomp bagasie, want tot haar dood het ouma Lita enige moontlike spasie gebruik as verskoning om nog bagasie in te pak. Om binneland in te ry het egter ’n lastigheid. Hekke. En nie sommer enige hekke nie, maar smoelslanerhekke. Oupa Harry bestuur en hy kan nie die hekke oopmaak nie. Ouma sou nie droom om hekke oop te maak nie en sy het eers jare nadat sy weduwee geword het en die sestig al geslaan het, ’n liksens loop kry. Die kinders is nog klein en het te min murg in die pyp om smoelslanerhekke sonder die gevaar van ernstige ongevalle oop te maak. Maar so is daar darem geleentheid vir vakansiewerkies vir die bruin kinders wat ge-

BETHLEHEMIETE wat die vlooimark op Clarens besoek en geniet het, is van links Annatjie Human, Frances Taylor, Elaine van Rensbrug, Ragel Harris en Betsie du Plessis. Foto: Susan Maré

lukkig nog nie deur ’n verbod op kinderarbeid verfonkfaai is nie. So ry so ’n bruin mannetjie buite op die spatbord saam ’n ent die binneland in en hoop dan om weer so ’n geleentheid terug te kry. In ruil vir die geneuk met die smoelslaners kry hulle ’n ietsie. Pa-Jan sê hulle was al dóér, toe Oupa in die truspieël sien een van die ronde kyste moes oopgegaan het, want daar is besig om hoede te makeer. Oupa Harry slaan ankers aan en hy en die kleingoed peul uit om die skade te gaan betrag. Ja-nee, die een kys het oopgekom en amper al die hoede makeer. Pa-Jan sê hy het nog so met die terugkykslag gesien hoe die naaste hoed soos ’n tolbos die bossieveld in hol totdat dit teen ’n bossie gaan vassit het. Maar nie voor dit ordentlik ver van die pad af gerol het nie. Oupa en die kleingoed reken daar is nog genoeg hoedens oor vir die vakansie, maar ouma Lita skop vas. Terug sal daar getrug word om die hoede te gaan bymekaarmaak. “Daai hoedens sal een-een de lot getsjarra word,” het sy beslis in haar aangeleerde Namakwalands gesê. Die bruin seun op die spatbord skop egter vas. Hy mag dalk nie ’n vakbond hê nie, maar hierdie wending, weet hy, is duidelik nie in sy werksbeskrywing ingeskryf nie. Hy staak. En hy bly ook sommer net daar. Daar is toe g’n ander genade nie. Hulle ry terug en Pa-Jan en boet Ronsie moet saamspan om die smoelslaners oop te kry. Tot sy dood toe had Pa-Jan ’n heilige respekte vir smoelslaners. Hy kon in sy Namakwalands in die fynste besonderhede uitlê hoe so ’n smoelslaner kan maak. Jy span al jou krag in om daai stok uit die lussie te kry. En wanneer dit gebeur, moet jy klaar ’n hand los hê om die stok stewig te vat anders hoor jy net WOER! soos daai stok gatskoonmaak om die paal om en WAP! soos dit jou teen die kop tref. En as jy uit die stof en gruis opstaan, moet jy weer die stok vastrek en deur die lussie kry, met die wete jy kom netnou weer hierlangs na die laaste hoed ingehol en gevang geraak het. Pa kon nooit met sekerte sê hoeveel myl hulle teruggery het en hoeveel hekke hulle mee moes spook nie, maar smaak my dit was baie. ) Herman Toerien is die skrywer van Herrie se kerrie, ’n gereelde rubriek in Vrystaat.

Stal interessanthede op mark uit KLEIN EN LINA NIEMAN van Lombardstraat op Bethlehem het ’n interessante stalletjie op Clarens se vlooimark bedryf. Foto: Susan Maré


VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

PLUS EARN POINTS

Dihlabeng Mall (Bethlehem)

NOW OPEN

2799

1299

4699

Each

Each

PnP no name™ Frozen Chicken Braaipak 2kg

PnP Full Cream or Low Fat Fresh Milk 2 Litre

Nescafé Classic Dawn 200g

1079 Each

Coca-Cola Regular 2 Litre

Garnish and decor not included

2999 Per kg

Bulk Pork Pack Consists of: Roast, Chops, Rashers and Stew Cuts

1479

Spekko Parboiled Rice 2kg

3199 Per kg

PnP Fresh Chicken Braaipak 4s, 8s or 16s

3699 Flora Regular Medium Fat Spread 1kg Tub

2679

Sunfoil Sunflower Oil 2 Litre

1779

PnP White Sugar 2.5kg

1379

All Gold Tomato Sauce 700ml

1479

Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg

1879

Brookes Oros Original Orange Squash 2 Litre

Always there for you PRICES VALID 3 – 7 APRIL 2013 AT PICK N PAY DIHLABENG MALL ONLY

SHOP NO 3, DIHLABENG MALL CENTRE, PREEKSTOEL STREET, DIHLABENG (BETHLEHEM)

TRADING HOURS MONDAY - FRIDAY 08H00 - 20H00 SATURDAY 08H00 - 17HOO SUNDAY 09H00 - 17HOO PUBLIC HOLIDAYS 09H00 - 16HOO

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177635_39x8

7


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

Gerat vir gewilde 4x4-dag WAAGMOEDIGES en avontuurlustiges kan solank die vierwielmotorfietse se enjins vir Fouriesburg se gewilde 4x4dag aansluit. Die dorp en Fouriesburgforum is vir dié gesinspretdag op Saterdag 27 April gerat. Groot pryse is op die spel. Rig navrae aan David Exley by 082820-0403 of Nelis Roos by 082-9598120.

Agtste Arlington-boeredag gehou DIE boeredag by Arlington word weer op Donderdag 11 April gehou. Liané Rautenbach, Vrystaat se korrespondent vir Arlington en Lindley, het met Herman Janse van Rensburg, bestuurslid van die Arlington-boerevereniging en lid van Vrystaat Landbou se Jongboerkomitee wat aan die stuur van sake is, gesels. Hoeveel uitstallers verwag julle? Ons het ongeveer 30 uitstallers waarvan alle fabrikate op die dag te sien sal wees. Het julle enige spesiale gassprekers wat die dag gaan optree? Ja, ons het verskeie gassprekers en die boere moet dit vir seker nie misloop nie. Van die sprekers is Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou, Anton van Rooyen, besturende direkteur van Profert (Vooruitskouing van die kunsmisbedryf), Jaco Heckroodt, ekonoom van VKB (Bewerkingspraktyke . . . wat nou?), Johan Greeff van Blue Ocean (Die

vloeibare kant van bekalking) en Igno van Niekerk (motiveringspreker en rubriekskrywer van Vrystaat). Wat dink jy gaan die hoogtepunt wees? Vir my is die hoogtepunt dat ons die nuutste tegnologie gaan demonstreer. Hoekom moet boere dit nie misloop nie? Wel, die nuutste tegnologie, presisieplanters, asook die nuutste tegnologie in trekkeren werktuigreekse, gaan gedemonstreer word. Dit is die enigste geleentheid in sy soort in die Oos-Vrystaat. Arlington hou vanjaar sy agtste boeredag. Hoekom is die dag so gewild en word dit ook net groter? Vroue kan die dag saam met die mans kom geniet en nuttige pitkos kan na elke boer se plaas teruggeneem word. Ons het ook 40 borge wat die dag ondersteun en natuurlik hou ons ná die tyd die lekkerste braaiery in die Vrystaat.

EIENDOMME

HUIBRIE, HERMAN EN MARIETJIE JANSE VAN RENSBURG van die distrik Arlington.

BOERE wat die boeredag op 11 April by Arlington bywoon, kan demonstrasies soos die verwag. Foto’s: Liané Rautenbach


VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

Yvonne het hart gevolg YVONNE LOUBSER het ’n haarsalon, Salon Yvonne, bedryf toe sy nog op Bethlehem gewoon het. In hierdie rubriek, Waar is hulle nou?, vertel sy wat van haar geword het. Wanneer is jy weg uit SuidAfrika en waar is jy nou? Ek het op 29 Maart 2003 na Boynton Beach in Florida, Amerika, verhuis. Vanjaar gaan ek om permanente Amerikaanse burgerskap aansoek doen. Ek het destyds my geliefde van Suid-Afrika ná ’n langafstandverhouding van vier jaar gevolg. Ek het oorgegaan om by hom te wees. Vertel iets van jou lewe en werk in Amerika, deesdae in Coleraine, Victoria. Ek is nog in die haarsalonbedryf en het my American Board Certified Haircolorist-eksamen in 2011 afgelê. Tans werk ek by ’n chiropraktisyn as kantoorbestuurder en doen in my vrye tyd hare. Op 29 Mei 2009 is ek met Tracy Church van Lee Summit, Missouri, getroud. Hy het verlede jaar sy graad in besigheidsbestuur met lof verwerf en hy is maar 50 jaar oud. (LOL). Wat mis jy die meeste van

Bethlehem en Suid-Afrika? Kom jy nog gereeld terug? Ek mis die mense op Bethlehem, my kliënte wat my vir 15 jaar ondersteun het, my kerkmense, die pragtige bergreekse om Bethlehem, die kort rit na Clarens en die verandering van die seisoene. Ek was nog net twee keer terug in die tien jaar wat ek weg is. Ek mis braaivleis, sonskyn en Suid-Afrikaanse grappies. Ek mis ons kultuur, ek mis my mense. Hier weet hulle nie hoe om braaivleis te hou nie, ook nie om biltong en vetkoek en koeksisters en karringmelkbeskuit te maak nie. Wat mis jy nié? Ek mis nie die skinderbekke nie – mense wat nie goed kan praat van ander mense nie. Ek mis ook nie die politiek nie. Het jy ’n groeteboodskap vir jou ou kliënte en ander bekendes? Hou die Here in ons huis en skool en moet nie die fokus op Hom verloor nie. Hy is ons enigste hoop. ) Yvonne kan gekontak word by yvonneloubser@yahoo.com. Haar telefoonnommer is 561-9326370.

In die eg verbind

TRACY EN YVONNE (LOUBSER) CHURCH

JANIE GORMAN het met Johan Fourie van Bethlehem getrou. Janie is die dogter van Rea Human van Middelburg en Mike Gorman van Bethlehem, en Hannes is die seun van Johan en wyle Magriet Fourie van Bethlehem. Die paar gaan op Hartebeespoortdam woon.

MARLIEN DE VILLIERS en Kolie van Staden is in die NG kerk Warden getroud. Marlien is die dogter van Christo en Salomé de Villiers van Nigel en Kolie is die seun van Johan en Elna van Staden van Durbanville. Die egpaar en hul familie het lang verbintenisse met Warden. Marlien se oupa en ouma, Frans en Marina Steenkamp, woon steeds op Warden en haar ma, Salomé, is in dieselfde kerk gedoop en getroud. Die huweliksbevestiging is deur Marlien se oom, ds. Frans Steenkamp van Witbank, waargeneem. Die egpaar het hulle in Durbanville gevestig.

9


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

NANCY OO (regs) van Harrismith, gewaardeerde weldoener van die Eliza Liddelltehuis vir bejaardes, was daarby betrokke om die sit-eetkamer op te knap en geld hiervoor in te samel. Saam met haar is ds. Richie Kemp en Carien Lombard.

Kuiervertrek in tehuis opgetooi

’n BEKENDE van Harrismith, Nancy Oo, het vroeër vanjaar ’n ete en konsert ten bate van die Eliza Liddell-tehuis vir bejaardes op Harrismith aangebied. Danksy die geleentheid kon meer as R41 000 ingesamel word. Met dié geld het Oo die sit-eetkamer vir die bejaardes opgeknap. Sy het die vertrek laat uitverf, nuwe vloere laat aanbring, ligte laat regmaak, nuwe meubels gekoop en nuwe gordyne opgehang. Op die inwydingsgeleentheid is inwoners op Chinese geregte en sjokoladekoek getrakteer. Ds. Richi Kemp het die inwydingsgeleentheid met skriflesing en gebed geopen. Hy het uit Psalm 84 gelees. Hy het

onder meer gesê: “Dawid kyk na die mossies, hulle bly permanent in die Here se tempel – nie soos ons wat eendag moet huis toe gaan nie. God bly permanent in ons harte en deur die Heilige Gees beleef ons iets van God in hierdie vertrek. “Nancy Oo did this because God touched her life. You will feel the love of God every time you enter this room.” Vader Michael Fourie het die bedankings namens Oo gedoen: “Thank you, Nancy, for being such a good steward by using the money wisely towards Eliza Liddell. “Dankie aan God vir die vertrek. Dankie ook aan Nancy se familie en helpers.” – Corrie Labuschagne


VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

Dominee, digter, skilder . . . BETHLEHEM se vroue-dominee van die Nederduitsche Hervormde Kerk, Deirdre van der Merwe, kom die week aan die beurt. Susan Maré van Vrystaat het met haar gesels en ontdek sy is ook ’n veelsydige kunstenaar wie se eerste digbundel binnekort gepubliseer word. Waar het jy grootgeword, gematrikuleer en gestudeer? Ek het op Krugersdorp grootgeword en aan die Hoërskool Die Adelaar in Roodepoort gematrikuleer. Daarna het ek verder gaan studeer: B.A.-admissie van 1991 tot 1993 aan die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) en B.D.-teologie van 1994 tot 1996 in Pretoria. In 1998 het ek my honneursgraad in Grieks aan RAU behaal. Vertel in kort jou loopbaanverloop as predikant Ek is in 1997 in die Ontdekkers-gemeente in Roodepoort georden. Daarna het ek drie jaar (1998 tot 2000) as navorsingsassistent aan RAU gewerk en boekuitleg vir die departement Grieks gedoen. Van September 2000 tot September 2001 was ek predikant op Oranjemund. Daarna, tot in Junie 2008, was ek tweede jeugpredikant in Randfontein, Midpark. Ek was ook jeugpredikant in die Brackenhurstgemeente en van Desember 2009 tot Augustus 2012 predikant van die Krugersdorp-Wes-gemeente. Van November 2012 is ek predikant van die kombinasie Bethlehem en Reitz. Word vrouepredikante moeilik in Suid-Afrika aanvaar? Dit gaan deesdae effe makliker, maar vrouepredikante het maar ’n opdraandestryd gehad en het dit in baie gevalle nog. Wat het jou laat besluit om predikant te word?

Deirdre van der Merwe

NOTA BENE – Deirdre van der Merwe se boek is in drukproses. ’n Intense behoefte om mense van God te vertel en op dié wyse hul lewe te verander. Watter belangstellings leef jy in jou persoonlike lewe uit? Ek skilder, doen beeldhouwerk, skryf (dig) en het ’n eie juweel-onderneming. Vertel iets van jouself as skrywer/digter. Waar het dit begin, wat en wie het jou geïnspireer en wat beteken die woordkuns vir jou? Ek is van baie jongs af reeds lief vir woorde. Ek het van vroeg af baie gelees. Ons Afrikaanse digters soos Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker en

ander het my geïnspireer. Woorde skilder tonele net op ’n verbale manier waar verf dit op doek doen. Wat beplan jy die res van die jaar? Ek beplan my werk in die gemeentes en beoog om meer tyd aan my skryfwerk, juwele en kuns te bestee. Wat dink jy behels aardse geluk? Liefde en vrede, met jouself, die mense om jou en ’n omgee vir die aarde. Wat is vir jou die diepste put van ellende? Dit was altyd om magteloos te voel en nie in beheer van jou omstandig-

hede nie. My enigste en grootste vrees op oomblik is dat my gesondheid my weer in die steek sal laat. Wat is vir jou die hoogste vorm van geluk? Om lief te hê en lief gehê te word. Met watter tekortkominge kan jy saamleef? Materiële tekorte. Wat is jou grootste tekortkoming? Ek het so baie dinge in my lewe verloor dat ek nou op ’n plek is waar ek kan sê ek is tevrede. Wie en wat kan jy nie verduur nie?

Snobisme en deernisloosheid. Wie sou jy graag vir ete wou nooi? Breyten Breytenbach en Helen Keller as sy nog geleef het. Wie is jou gunsteling-skrywers? Eckhardt Tolle, Deepak Chopra, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers en so baie digters – te veel om op te noem. Watter soort eienskappe bewonder jy in ’n mens? Deernis, eerlikheid, lojaliteit, moed. Waaroor is jy spyt? Ek kan nie sê daar is iets waaroor ek spyt is nie. Wat is jou kosbaarste besitting? My geloof. Wie of wat is die liefde van jou lewe? Die man van die laaste vyf maande in my lewe. Beskryf jouself in drie woorde. Kreatief. Spontaan. Dapper. Wat dink jy gebeur ná die dood? Net God weet – ons almal kan net spekuleer.

DIE Sonskyn-volkspelelaer op Bethlehem is baie aktief en het groot planne vir 2013. Hulle gaan onder meer op 11 Mei op die Sandstone-kosmosfees optree en beplan ’n mini-toer van Bethlehem na Kaapstad om in die Septembervakansie volkspele bekend te stel. Die Volkspelebeweging sal in 2014 sy eeufees vier. Mense wat hulle graag by die laer wil aansluit, kan Corrie van der Walt by 072-574-7189 bel.

11


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013 120: TOESTEMMING VIR `N TUISBEDRYF

6 weke oue katjie. Gratis. Skakel: 081 438 7715.

Swart en bruin worshondteef verlore in Truterstraat, Panorama, Bethlehem op 23/03/2013. Reageer op naam Bokkies. Beloning aangebied. Indien gevind. Skakel Norman by 082 864 8880 of tydens kantoorure by 058 304 3367.

VERF huise (binne en buite), teëlwerk, bouwerk, geute, seël van dakke. Skakel: 071 076 5993.

Bethlehem Droogskoonmakers

Rouxstraat 11A Bethlehem 058 303 9159 (Mr Door & Gate)

Nuwe, ingevoerde tweedehandse jasse te koop. Skakel Mari 083 283 1967

LAMMERS TE KOOP! Direk van die boer

A graad-lammers: geslag, verwerk, vakuumverpak en word afgelewer.

074 580 8044 Aflewering net in Bethlehem

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere For all tombstones and repairs to damaged tombstones, as well as epitaphs, etc. Please phone 058 303 4840.

Staalomheinings Motorhuisdeure Hekmotors Interkomstelsels Sekuriteitshekke Devilsfork Skakel my 24/7 072 476 3747

LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem.

LOO 911

Yorkshire Terriër: 2 reuntjies, opreg. R1 000. Marica 073 400 0510.

AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus).

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

Algemene instandhouding in en om die huis. Loodgieterswerk, geblokte riole, verfwerk, seël van dakke, toilet en krane wat lek. Rian: 073 648 8748. 24-uur-diens.

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

EK KOOP ENIGE tweedehandse motors, bakkies, kombi's en Ventures. Skakel my enige tyd. Ek betaal kon-tant. 083 374 0000

VIR AL U TUINBEHOEFTES: Afsaag van bome, opsit van 'picket fence', sny van 'sleepers' en rommel wegry. Skakel AB Timbers 083 388 0173.

BLESSED alon Beauty S

Bio Sculpture gelnaelkliniek en ontharingsalon Skakel Wilmie 082 927 7820 BETHLEHEM

• Status eyebrows • Manikuur • Pedikuur • Wax • Facials • Ooghaartint • Eye lash extentions

M&M PLUMBING CC

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg

Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

Vir bespreking skakel René 039 315 1345

Elektriese kabelfout opsporing

AMANZIMTOTI: Albatroswoonstelle teenaan die strand. Tel. 031 903 2167 /082 478 4659. www.albatrosseaview.co.za MARGATE: VAKANSIE. Selfsorgtuinwoonstel naby Uvongo-strand. Ten volle toegerus. 2 slk, 2 badk, slaap-plek vir 5. Seeuitsig, braai op groot stoep, motorhuis, DStv, eie dekodeerder. Tarief buite seisoen R180 per nag, binne seisoen R380 per nag. Tel. 082 332 8649.

056 212 2977

Noodnommer: Stefan 082 653 6222

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306 TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

TO RENT

1-bedroom flat 1st floor Lock-up garage R2 600 per month R2 600 deposit Municipal deposit NO SMOKERS 058 303 8361 o/h Available 1 May 2013 1-slk-woonstel, sitkamer, kombuis, badkamer. Krag uitgesluit. R2 800 p.m. Dadelik beskikbaar. Skakel 082 562 7731.

Bachelor's room close to midtown, R1 800. Skakel Dirk 082 925 8605 Eenman, 1- en 2-slkWOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346. R3 640 p.m. Eureka. 3-slkwoonstel. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111.

Case Axial Flow 1680stroper, R325 000 plus BTW. Bethal Intermecsuikerboon-'pick-up' tafel, R65 000 plus BTW. Johan Deere 494 0,91-cm-4ry-mielietafel, R85 000 +plus BTW. Nols-bonerotor, R25 000 plus BTW. Als te vat, R475 000 plus BTW. Claas 66 Dominatorstroper, R50 000 plus BTW. Voet-koringtafel op karretjie, R20 000 plus BTW. Ry-Massey 1144-mielie- tafel met ekstra eenheid vir onderdele, R20 000 plus BTW. Als te vat, R75 000 +plus BTW. Massey-44-viermielietafel met ekstra eenheid vir onderdele, R35 000 +plus BTW. Fiat 640-trekker, R30 000 plus BTW. Kontak 082 377 9565. Bethlehem.

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

Eureka: R2 600. 1-slk-woning met afdak. Skakel Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111. House to let: Môrelig. Opposite Graanveld School. 3 bedr, sitting, dining, kitchen, bathroom. R6 500 p.m. W and l inc. Rasool 074 169 5074. Huise en eenmanwoonstelle in Loch Athlone. Gemeubileer en ongemeubileer. Skakel Paula 082 927 0209. Morelig: 3 slk, 2 badkamers, 1 motorhuis, erf omhein. R6 000 p.m. Skakel Dirk 082 925 8605. Onmiddellik beskikbaar: 1 ruim, 3-slk-huis. Veilige, rustige omgewing, sentraal geleë. Deposito betaalbaar. Huurgelde sluit alle munisipale koste water, riool en vullis verwydering in. Huurgelde R5 700 p.m. Verkieslik geen honde nie. Skakel slegs kantoorure 058 303 7735.

Bergprag: 2-slk-meenthuis 124 m². Toesluitgarage. Toegeboude stoep. Dep. R4 200. Huur R4 200 p.m. Skakel 082 260 3414. Bethlehem: Midtown. Fantastic Clean Property. Townhouse. 2 bedr, 2 bathrooms, lock-up garage plus carport. R64 000. Phone Dirk 082 925 8605. Meenthuis: 2-slk, 2 badk. Toesluitmotorhuis. In stil, veilige kompleks. R4 300 p.m. Dirk 082 925 8605. Meenthuis te huur: Dadelik beskikbaar. 2 slk, 1 badkamer, sitkamer, kombuis en 'loft'. Lynette by 058 303 3933 (kantoorure).

Elizabeth soek werk as huishulp, voltyds / 3 dae per week, het ondervinding. Skakel: 073 291 2567 Lina soek werk: Kombuis (kook) of as naaldwerkassistent. Skakel: 078 543 1743. Op soek na werk as huishulp of kombuiswerk (kook). Maandag-Vrydag. Skakel: 073 898 4706 Roselinah soek werk as huishulp, kinderoppaser, kombuiswerk (kook) / 'tea girl'. Voltyds / 3 dae per week. Skakel 073 178 9441. Soek werk - het ondervinding. 10 jaar loodgieter en 16 jaar in boubedryf. Kan enige ('handyman') nutsmanwerk doen. Willem 073 882 5659/083 298 8043

3-slk-w/s. Onmiddellik beskikbaar. Onderdak-parkering 1 motor. Kragboks. Dep. betaalbaar. R3 750 p.m. Skakel 083 956 4221.

Woonstelle te huur: 1 groot en 1 klein. 6 km buite Bethlehem. Krag uitgesl. 058 303 3020/ 082 835 1682.

Benodig die dienste van `n sekuriteitsbeampte met Graad C en rybewys asook `n kantoordame. Albei poste behels skofte. Faks verkorte CV na 058 303 4422. BETHLEHEM: Voldagadministratiewe klerk word benodig. Moet rekenaarvaardig wees en ondervinding en kennis van lewensversekering is 'n aanbeveling. Faks CV na 086 652 3387/Sel: 082 670 8111.

Pos beskikbaar by FITNESS FIRST: VerFUNERAL PARLOUR: Exists for past 11 years, good name. Plenty of equipment. Very good client base. R990 000. Phone Dirk 082 925 8605.

Paul Roux: Die ideale aftree-eiendom of vir die persoon wat van stilte hou. 3slk-/1-badk-huis . Dubbelm/h. Groot erf. Huis baie netjies, nuutuitgeverf. Plus 2 lee erwe geleë aan beide kante van die huis. Alles vir die weggeeprys van R900 000. Skakel Dirk 082 925 8605.

2 sandsteenkothuise met gemeenskaplike binnebraai te huur op plaas. Skakel 082 551 5905.

Tel: 058 303 4681 082 452 5208 (Mark)

Member of institute of Plumbing No: 2831 Member of Plumbing Industry Registration Board No: 0150/85 Authorised to issue certificate of compliance. Qualified and professional service.

Ek koop byna alle tweedehandse motors , bakkies, kombi's , Ventures en Condors aan vir kontant. Ek is bereid om op te tel. Skakel Unis 082 959 9120 072 203 1614

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

Uvongo Nautilus No.8 Loodgieters Diens

Opregte Rhodesiese Rifrug-hondjies. Ingeënt en ontwurm. R1 000. Skakel 082 442 6781.

SEL. 083 285 1450 • STAALHEININGS • AFDAKKE • KLEIN BOUWERKE • VERFWERK • HOUTHUISE • HOUTDEKKE • DRYWALL-MURE/ -KANTORE Plumbing House Toilet Doc

Johan’s Fencing

Henk v Niekerk Miniature Italian Greyhound puppies for sale. 1 male and 1 female, steel blue in colour. Beautiful personalities and very loving. Owner: 072 997 8583.

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

Bethlehem se eie braai- en kaggelfabriek

Tel. 058 303 5621/2

HENK 2-23-10-08-VR-LH

Cold Busters

R ROETS STAALWERKE

2011 FORD FIGO 1.4 Ambiente: White. 42 800 km. FSH, new Michelin tyres, ABS, EBD, c/l. Radio, CD, MP3, extras, like new. R90 000. Contact 082 375 2539.

Bethlehem Herstelwerk

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483

TE HUUR • 1-slk-woonstel, W & L ingesl. R2 500 • Eenmanwoonstel. R2 500 • Netjiese 1-slk-woonstel. R2 700 • Furnished rooms with daily cleaning and laundry, per day/week/month 1 MEI 2013 • 3-slk-/2-badk-meenthuis naby TKS en BVHS. R5 200 • 2-slk-woonstel naby BVHS. R4 200 • Ruim 1 slk. R3 000 TE KOOP • 3-slk-huis – Jordania. R950 000 • 3-slk-huis plus 2-slkwoonstel – Morelig. R1 150 000 • Hospitaalheuwel – 3-slkhuis plus woonstel. R880 000

082 316 9623 083 349 5945

J& M Properties te huur . 3-slk-huis R5 900pm mun rekening ingesluit, koopkrag. 1 Mei. Kommersieele gebou in kerkstr. R6 500 vat excl. Skakel: 082 316 9623. 3-slk-huis in Bethlehem: Baie netjies en baie veilig. R6 300 per maand. 1-slkwoonstel op plaas, nuut en netjies. ± R2 400 p.m. Kantoorruimte ideaal vir makelaars, prokureurs, baie ruim en netjies, ten volle lugreëling, goeie ligging. Instapkluise. U moet dit sien! Besigheidspersele te huur. Onmiddel beskikbaar. Skakel Linda 082 563 6980.

Kennis geskied hiermee dat Marius Grobler aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n tuisbedryf, Body Talk, op Erfnommer 493, volledige straatadres Loubserstraat 14, in Bethlehem (dorp), te bedryf. Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale bestuur indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: M Grobler Adres: Straat: Hospitaalstraat 10, Bethlehem 9700. Posadres: Posbus 4, Bethlehem 9700. Tel. 058°303°3933.

kieslik manspersoon wat belangstel in fiksheid en gesondheid. CV kan afgegee word by Thomsonstraat 57, Bethlehem. Sluitingsdatum: 12 April 2013.

120: AANSOEK TWEEDE

WOONEENHEID Kennis geskied hiemee dat Jakobus Antonie Visser aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n addisionele wooneenheid op te rig. Erfnommer 428, volledige straatadres: Bergstraat, geleë in Clarens (dorp). Enige person wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die Applikant en die Munisipale bestuurder indien binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: JA Visser Adres: Straat: Bergstraat 428, Clarens 9707. Posadres: 10521 Fonteinriet 1464 Telefoon: 082°783°8485.

120: APPLICATION

ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that Jacobus Antonie Visser intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an additional dwelling on Erf number 428, complete street address: Bergstraat, situated in Clarens (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days from the last publication of this notice. The Applicant: JA Visser Address: Street Address: 428 Bergstreet, Clarens 9707. Postal address: PO Box 10521, Fonteinriet 1464. Tel. 082°785°8485.

120: CONSENT FOR A

HOME BUSINESS Notice is hereby given that Marius Grobler intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special consent to conduct a Guest House named Body Talk on Erf number 493 R, complete street address 14 Loubser Street, situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days from the last publication of this notice. The Applicant: M Grobler Address: Street address: 10 Hospital Street, Bethlehem 9700. Postal address: PO Box 4, Bethlehem 9700. Tel. 058°303°3933.

HATTINGHMARAIS 122: BOEDEL WYLE TM DLADLA BOEDELNOMMER 7048/2013.

BOEDELKENNISGEWING Debiteure en krediteure In die gemeenskaplike boedel van wyle Thabo Meshack Dladla, identiteitsnommer 701112°5410°08°4 en langslewende gade Mmatseko Tracey Nyamathe, identiteitsnommer 840208°0981°08°7, met wie die oorledene binne gemeenskap van goedere getroud was, boedelnommer 7048/2011. Adres: Sarel Cilliersstraat 112, Reitz 9810. Datum van afsterwe 2011/02/16. KENNIS word hiermee gegee aan debiteure en krediteure om bedrae aan die boedel verskuldig te betaal en eise teen die boedel binne 30 dae vanaf publikasie hiervan by onderstaande adres in te dien. HATTINGH MARAIS Theronstraat 3 Bethlehem 9700. Verw: SIJ Cordier/dvg/CB0114.

122: HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ BOEDEL WYLE: DAVID IZAK HATTINGH BOEDELNOMMER: 1143/2005

KENNISGEWING IN DIE BOEDEL VAN WYLE DAVID IZAK HATTINGH IDENTITEITSNOMMER: 340531°5024°081 VAN: PLAAS GROENVLEI DISTRIK BETHLEHEM WIE IN LEWE GETROUD WAS BUITE GEMEENSKAP VAN GOED DATUM VAN AFSTERWE: 24/01/2005 BOEDELNOMMER: 1143/2005 Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 35 (5) van die Boedelwet 66 van 1965, soos gewysig, dat die AANVULLENDE Eerste en Finale Likwidasie- en Distribusierekening te die kantore van die Meester te BLOEMFONTEIN en die Landdros BETHLEHEM, vir `n tydperk van 21 dae vanaf datum van publikasie, ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, sal die Eksekuteur oorgaan tot uitbetaling ingevolge die gemelde rekening. GETEKEN te BETHLEHEM op 20 JULIE 2012 JF HUMAN HUMAN LE ROUX MEYEROWITZ NAUDESTRAAT 24 POSBUS 563 BETHLEHEM 9700 VERW.HAT11/0001

122: S-BRO FINANSIËLE DIENSTE BOEDEL WYLE: H. BRANDT BOEDELNOMMER: 1901/2013.

In die boedel van wyle Hein Brandt, identiteitsnommer 741130°5013°08°0, in lewe woonagtig by Baartmanstraat 34, Bethlehem 9701, wat oorlede is op 8 Februarie 2013, boedelnommer 1901/2013. Kennis word hiermee gegee dat debiteure en krediteure bedrae aan die boedel verskuldig moet betaal en eise teen die boedel moet indien by ondergemelde adres binne 30 (dertig) dae vanaf datum van publikasie hiervan. S-BRO/Finansiële Adviseurs 1ste Vloer, Nedbank-gebou Posbus 2689 BETHLEHEM 9700. Tel. 058°303°0450


VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

13


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

Skool gee blad sonder borg uit

’n GEKOMBINEERDE skool is in 1972 in Mautse op Rosendal met nagenoeg 700 kinders begin. In 1998 het ’n gedeelte van die laerskool verskuif na die ou skool op Rosendal wat deur die munisipaliteit van die departement van onderwys gekoop is. Van gr. 4- tot gr. 7-leerlinge het vir 10 jaar daar skoolgegaan waarna hulle in Julie 2008 na ’n pragtige, nuwe skoolgebou verhuis het. Onder die leiding van ’n voormalige skoolhoof, mnr. Thomas Moloawa, is van 2009 tot 2012 elke jaar gewerk aan ’n jaar-

blad vir die skool. Die nuutste jaarblad is in Maart van die drukkery ontvang en word vir R120 elk by die skool verkoop. Wat die poging besonders maak, is dat die skool geen borge of skenkings ontvang het nie en nogtans ’n jaarblad laat druk het. Hoewel dit vir mense van die gemeenskap dalk te duur is, is daar ’n afbetalingsplan oor drie maande en so kan elke ouer ’n jaarblad in die hande kry. Mense wat die jaarblad wil bekom, kan Saartjie Wanzi by 074-6113-574 bel. – Bokkie van der Merwe

LEERLINGE aan die Gekomineerde Skool in Mautse op Rosendal is van links, voor: Kutlwano Molefi, Mamosekane Motjale, Motshidisi Radebe, Matsietsi Mohohla en Mamosa Mhlambi; agter: K.J. Makglakalane, skoolbeheerliggaamlid (ouers), L.R. Wanzi, skoolbeheerliggaamlid (gemeenskap en tesourier), M.W. Sempe, waarnemende skoolhoof, en T.M. Moneypa, skoolbeheerliggaamlid: ondervoorsitter en medewerker aan die jaarblad. Foto: Bokkie van der Merwe

PUPILS of the New Horizon College in Harrismith who participated in the MAP Youth Dialogue competition are from the left, front: Reabetswe Mokone, Tshepo Mohoje, Sbusiso Dlamini, Lerato Moekoa, Karabo Salamena and Tumelo Senoane; back: Thato Nzimandee.

New Horizon great at debate THE New Horizon College in Harrismith took part in the Maluti-a-Phofung Youth Dialogue 2013. This debating competition took place in the Phuthaditjhaba town hall on Friday, 8 March. New Horizon won their debate against Seotlong ASS, with Reabetswe Mokone, Karabo Salemane and Tumelo Senooane debating. The captain, Reabetswe Mokone, was awarded third place for best speaker. Besides debating, schools were required to prepare short items to entertain the audience while adjudicators were in conference. New Horizon’s entertainment item consisted of Tshepo Mohoje and Reabetswe Mokone singing, and then humming in accompaniment to Tumelo Senooane’s monologue. New Horizon won the title Best Performing School for their debating and entertainment combined. Sarah Moleleki, the executive mayor, opened the competition with a message of support to the youth of MAP. This, she explained, was a follow-up on her recent tour of schools during which she encouraged gr. 12 learners to do their best. Topics included Farm protests in the country, Participation of young people within municipal governance, Youth taking part in protests, and The role of councillors and traditional leaders within society.


VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

SAKENUUS/BUSINESS NEWS

Thousands attend mall’s opening THE Dihlabeng Mall has finally opened its doors. Thousands of shoppers were welcomed to the Dihlabeng Mall on 28 March, just in time for the Easter weekend. Excited shoppers lined up from the early hours patiently waiting for the mall to be officially declared open by the Dihlabeng executive mayor, Tjhetane Mofokeng. A jovial ribbon-cutting ceremony set the tone for an eventful first day. Shoppers were greeted in stores with red carpets, balloons, music and the voices of staff singing, eager to welcome customers to the Dihlabeng Mall, the Golden Gate of Shopping.

THE day before the grand opening of the Dihlabeng Mall in Bethlehem.

MUGG & BEAN, a restaurant in the Dihlabeng Mall, was crowded during the opening days.

Finansiële dissipline – sleutel tot oorlewing SUID-AFRIKAANSE verbruikers is hul houding jeens besteding en skuld aan die verander. Volgens Paul Slot, direkteur van die skuldberadingsfirma Octogen, bestuur huishoudings hul geld beter en minder word op duursame goedere bestee. Hulle stel die vervanging van ouer motors uit en koop minder op krediet. Maar is dit genoeg om die volgende era van lae verdienstes en werkskaarste die hoof te bied? Kommerwekkende feite wat aan die lig kom, is: In ’n poging om binne begroting te bly kanselleer huishoudings hul korttermynversekering en aftree-annuïteite. ’n Onlangse FNB-eiendomsagent-opname het getoon 25% van verkopers wou afskaal en kleiner eiendomme aanskaf. Hulle het dus die werklikheid begin besef en nie gewag totdat hulle te diep in die skuld is en beslaglegging hulle in die gesig staar nie. Verbruikers sukkel met agterstallige rekenings Baie verbruikers sukkel steeds. Feitlik die helfte van Suid-Afrika se 18,6 miljoen krediet-aktiewe verbruikers is steeds agter met hul uitstaande rekeninge van drie maande of ouer. Groei in gesekureerde krediet is stadig (voertuigfinansiering neem af), maar die vraag na ongesekureerde krediet – kredietkaarte, winkelkaarte en bankoortrekkingsgeriewe – en ander korttermynkrediet neem toe. Dit suggereer die finansiële strategie (hoe kortsigtig ook al) om ’n Visa-kaart met ’n MasterCard te betaal steeds gevolg word. Hoewel ’n rentekoersverhoging binnekort onwaarskynlik lyk, styg petrol-, elektrisiteit- en voedselpryse, asook onderrigkoste, vinnig. Amptelike inflasie nader 6%, wat ook in die verbruiker se inkomste

vreet. Die huishoudings wat nie die nuwe finansiële konserwatisme as leefstyl aanvaar nie, sal uitvind dit word moontlik op hulle afgedwing. Moontlikhede in die gaping Volgens die Absa-analis Chris Gilmour word verbruikers wat sukkel om lenings en verbandaansoeke te kry toenemend deur ander maatskappye bygestaan, soos die JD Group wat opsies ondersoek soos ’n vierjaar-motorhuur met die opsie om te koop. Soortgelyke opsies om eiendom te koop word deur Rent2Buy gebied, ’n konsep wat ’n onderhandelde ooreenkoms tussen ’n potensiële koper en verkoper fasiliteer sodat die koper ’n eiendom kan huur met die opsie om te koop teen ’n sekere datum en teen ’n ooreengekome prys. Kopers betaal huur gelykstaande aan ’n toekomstige verbandpaaiement en verkopers weet hulle kry hul prys. Wenke ) Kry soveel moontlik inligting oor jou opsies en skakel vroegtydig met jou krediteure eerder as om met regsaksies te doen te kry. ) Moenie bang wees om af te skaal nie. Verkoop eerder jou huis en koop kleiner as om dit te verloor. ) Moenie aftree-spaargeld gebruik om skuld te delg nie. ’n Onlangse Retirement Benchmark-opname het getoon 20% van respondente het hul pensioengeld gebruik, 36% het hul korttermynskuld gedelg, 30% het hul geld in huisverbande gespaar en 24% het die geld vir leefstyluitgawes gebruik. . Kyk na maniere om jou inkomste te verhoog. Het jy ’n bemarkbare tydverdryf? Kan jou tieners in die “gesinsprojek” betrek word en as kinderoppassers of motorwassers kontant verdien? Stel ’n gesinsdoelwit en beplan die pad na sukses. Nuwe konserwatisme Volgens Magnus Heystek, direk-

teur van Brenthurst Wealth Management, is die neiging om minder te bestee en meer skuld af te betaal ’n geleidelike proses sedert die resessie in 2008 begin het. Daar is ’n bestendige afname in kapitaalwaardes, terwyl uitgawes soos elektrisiteit, brandstof en voedsel nie beheer kan word nie. ’n Paar jaar gelede kon mense vrylik bestee, die groei in bates was hoër as die prys van skuld, maar nie meer nie. Verbruikers behartig hul finansies op verskillende maniere, maar die meeste raak van skuld ontslae. Dit behels die uitstel van ’n nuwe motor of goedkoper verblyf. Oral skaal mense af. Neem slim sakebesluite Mense word aangeraai om intelligente finansiële besluite te neem. Beplan vooruit en moenie net terugsit en dink jy gaan genoeg geld verdien uit aftree-inkomste en aandele nie. Kry ’n finansiële adviseur aan jou kant wat omgee en met ’n sinvolle begroting behulpsaam kan wees. Dit is moontlik om te spaar en te begroot. Amerikaners stel reeds hul aftrede na ouderdom 80 uit en hersien hul leefstyl, wat ook nuwe fokus na gesondheid bring. Gryp die geleentheid van lae rentekoerse Rentekoerse is die laagste die afgelope 35 jaar. Betaal slegte skuld soos kredietkaarte, winkelkaarte en persoonlike lenings. Mense koop enigiets van voedsel tot meubels, tog hou die artikels geen batewaarde nie of die waarde neem af. Die laaste keer toe mense op so ’n finansiële krisis gereageer het was ná die Tweede Wêreldoorlog. Die voordeel was mense was toentertyd beter spaarders as hul kinders. Gelukkig is die krisis minder erg, maar gesindhede sal hopelik ook verander.

THE parking area was something to behold.

Steroïede kom ’n kind duur te staan Anke Brand STEROÏEDE-GEBRUIK in skole is ’n duur prys vir ’n ontwerperslyf. Onlangse klagte van wydverspreide steroïede-misbruik onder skoolkinders oorskadu die aanvang van die 2013-wintersportseisoen. Maar die ondersoek in verband met dwelms se prestasie-bevorderende impak op professionele sport is ver van verby. Ondanks die onlangse bewuswording en aandag in die media oor die impak en misbruik van steroïede deur professionele atlete wêreldwyd, is die meeste deskundiges steeds bekommerd oor die impak van dwelms op die jonger gebruiker. Hoofredes vir gebruik van steroïede Na aanleiding van navorsing gedoen deur The South African Sport Medicine Association (SASMA) oor die gebruik van steroïede in Suid-Afrikaanse skole het die verbasende uitslag van die opname gewys die hoofrede vir die gereelde gebruik is om swak selfbeeld te bevorder eerder as die verbetering van sportprestasies. Twee derdes van die leerlinge wat steroïede gebruik, het verklaar dat hulle dit doen hoofsaaklik om “beter te lyk”. Terwyl slegs een derde dit doen om beter op die sportveld te presteer. Luidens die verslag is gimnasiums die hoofbron van die verkryging van steroïede onder skoolseuns. Sien ook: http:// blogs.bmj.com/ bjsm/2012/08/02/designer-bodies-anabolic-steroid-use-inhigh-schools/. Navorsing het bewys afhanlikheid aan een verslawende

middel loop gewoonlik handaan-hand met die afhanklikheid van ’n ander middel. Net so is bevind steroïede-verslawing gaan gepaard met ontspannings- en ander harde dwelmmisbruik. En omdat daar nie noodwendig ’n ooreenkoms is met sportprestasie nie, dui die gebruik van steroïede in skole op ’n maatskaplike probleem wat drasties toeneem met geen definitiewe voorsorgmaatreëls nie. Hoe algemeen steroïede-verslawing in skole voorkom in vergelyking met die aantal mense wat dwelms misbruik, is onduidelik. Die rede hiervoor is dat steroïede nog nie beskou word as ’n ernstige probleem soos alkohol, nikotien of dagga nie en langtermyn-navorsing is skaars. Simptome Saam met die verhoogde spiermassa, meer krag en ’n onwrikbare selfvertroue, kan steroïede jou hart en lewer beskadig, aknee en gewigstoename veroorsaak, asook uiterste aggressie en woede-uitbarstings. Navorsing dui daarop dat mense ’n sterk sielkundige afhanklikheid kan ontwikkel en om te detoksifiseer van die middel is ewe gevaarlik. Onttrekking kan lei tot ernstige depressie, moegheid, buierigheid en slaapversteurings wat vir maande aaneen blywend kan wees. Soos alle vorme van afhanklikheid is steroïede ook ’n komplekse saak. Kitsoplossings is nie die antwoord vir blywende sukses nie. ) Dr. Anke Brand is voorsitter van die ATKV Centurion se Gespreksforum en kan vir inligting gebel word by 082-925-1488.

15


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 4 APRIL 2013

Dorpsplein vol lewe DIE dorpsplein op Clarens was verlede Saterdag ’n kleurige prentjie. Vroegoggend het besoekers vir die jaarlikse Clarens Dinosaur Fun Wun op die plein aangemeld. Dié pretdraf en -stap oor 5 km is die 17de jaar agtereenvolgens aangebied en bly gewilder word. Dit was deel van die jaarlikse Paas-vlooimark. Almal wat die afstand afgelê het, het medaljes ontvang en later die dag is pryse met gelukstrekkings uitgedeel. David Groenewald wat die geleentheid saam met sy ouers gereël het, is reeds sedert sy kleuterdae by die organisering hiervan betrokke.

DAVID GROENEWALD, een van die organiseerders van die Clarens Dinosaur Fun Wun wat jaarliks in April aangebied word, was 17 jaar gelede self ’n kleuterdeelnemer toe hy en sy ouers die pretdraf en -stap begin het.

DIE Coetzee- en Wessels-familie is sportliefhebbers. Liezel Wessels (regs) met Jurie en haar twee ander kinders, Pieter en Zané (links, voor) het aan die 17de Clarens Dinosaur Fun Wun deelgeneem en so ook oupa Pieter en ouma Helena Coetzee (agter). Foto’s: Susan Maré

DEELNEMERS aan die 17de Clarens Dinosaur Fun Wun – ’n pretdraf en -stap – verlede Saterdag is van links Ian Rielander, Helena en Pieter Coetzee en Jan van der Meer.

KESHIA DE KLERK (tweede van regs) van Johannesburg het in die 17 jaar van sy bestaan aan al 17 die Clarens Dinosaur Fun Wun-pretlope deelgeneem. Saam met haar is van links die organiseerders, David, Sue en Gideon Groenewald.

Vrystaat News 04-04-13.pdf  

Vrystaat News 04-04-13.pdf