Page 1

‘n Kor tverhaal deur

S

y haat dit hier. Haar nuwe skool op die stowwerige dorpie.

Die witgekalkte viervertrekhuisie op die plaas, met die sonpanele op die dak. Die troppe Dorpers wat verdwyn in die rooi stof wanneer hulle kraal toe aangejaag word. Die manier hoe haar pa met die boer praat – ’n onderdanigheid in sy stem. Dieselfde stemtoon waarmee hy telkens vir haar sê: “Die man is goed vir ons, Mirjam. En die geld is ook goed. Dis nie ’n skande om ’n plaasvoorman te wees nie.” Saans ruik haar pa nie meer na see nie; hy ruik na stof.

Jaco Jacobs

“Moenie dink jy’s beter as ons oor jou pa die voorman is nie,” het Veronica gesê die eerste dag toe hulle saam agterin die bakkie se kap gery het. Mirjam hou haar skoolhemp se mou oor haar neus om die ergste stof en die bedompige reuk van die twee seuntjies se natgeswete voete uit te hou. Sy staar buitentoe, na die telefoonpale wat ritmies verbymarsjeer en die stofwolk wat agter die bakkie uitborrel. Toe sy by die huis kom, trek sy ’n kortbroek, ’n ou T-hemp en haar verslete tekkies aan. Die vensters word toegehou teen die stof; anders as hulle ou huis waar die vensters altyd wyd oop was om die seelug in te laat. Die vertoonkas se een ruit het gekraak met die trekkery, en haar ma en pa se troufoto’s word nie meer daarin uitgestal nie.

Hy bring nie meer vir haar skulpe huis toe nie, maar klippe. Party van hulle is liggrys met swart takkies wat soos are in die klip vasgelê is. Dis omdat die see miljoene jare gelede hier was, het hulle in die lewenswetenskappeklas geleer. Hier waar nou net stof en harde Karoobossies is, was vroeër jare moerasse met vreemde oerdiere wat daarin rondgekruip het.

Buite is Benjamin en sy maatjie klaar besig om die een of ander rowwe jaagspeletjie te speel.

“Het jy skurfsiek of wat makeer jy?” het een van die meisies by die skool Woensdagoggend voor die klok lui gevra, en na haar elmboë beduie. Die meisie se vriendin het gelag, en dit het geklink soos die onheilspellende getjank van ’n rooijakkals snags in die plaasstilte. Mirjam het weggestap sonder om te antwoord, maar sy kon nie help om selfbewus aan haar rasperelmboë te voel nie. Dis die droë lug hier. Vroeër het sy nooit nodig gehad om room aan haar vel te smeer nie. “Jy’s my klein gladde bruin rob,” het haar ma altyd gesê as sy haar gebad het, kleintyd.

Sy maak of sy hom nie hoor nie en stap met die stofgetrapte paadjie tuin toe. Die son brand op haar skouers en nek. Die tuin is ’n hele ent van die groot plaasopstal en die ry identiese arbeidershuise. ’n Groen oase tussen al die bruin. Die tuinhekkie tjier oop en sy maak dit sorgvuldig agter haar toe. Hulle is die dood voor oë gesweer as die bokke in die tuin sou kom.

Middae ná skool kom haal die boer se vrou hulle op die dorp. Dit is net vyf kilometer tot op die plaas, maar sy verpes die warm, stamperige rit agterin die bakkie se kap. Vrydagmiddag is sy egter bly toe die bakkie hulle kom oplaai, dankbaar oor die vooruitsig van ’n naweek weg van die skoolkinders se vreemde kyke. Benjamin en sy nuwe maatjie, een van die plaaswerkers se sewejarige seuntjie, stry en gesels oudergewoonte die hele pad. En Veronica, wat in graad twaalf is en wie se pa ook op die plaas werk, gluur Mirjam oudergewoonte uit die hoogte aan. 60

pass | 2012 GROEN

“Muf jou suster se voete nie van die warmte nie?” vra die outjie parmantig en stamp aan Benjamin. “Vir wat dra sy altyd tekkies? Is haar voete te sag om kaalvoet te loop, huh?”

Tussen die bome is dit eensklaps koeler. Sy pluk een van die ryp geelperskes wat swaar aan die takke hang en steek dit in haar sak. Dan stap sy tot by die groot dam. Die windpomp staan roerloos in die son en bak, maar die dam is vol. Met haar vingers trek sy oor ’n bars in die sement waar water stadig oor ’n groen slykstreep sypel. Die dam se wal is koel teen haar bors toe sy daarteen leun. Die reuk van water streel die binnekant van haar neusvleuels. Sy mis die see. Die misbanke wat soggens dik oor die water stoot. Die woedende storms wat soms kan losbars, asof die see met homself baklei.


Die gekrys van seevoëls. Die reuk van vis en die bont mengelmoes van stemme as die bote inkom. Die gevoel van nat sand onder haar voetsole as sy en haar ma smiddae ná skool op die strand gaan stap. Haar vingerpunte maak rimpels op die slykgroen water in die plaasdam. Wat mis haar pa alles? Mis hy ook die see? Mis hy dit om sy eie vissersboot te hê, sy eie baas te wees? Mis hy hulle huis wat soms na asyn geruik het as haar ma mossels inlê? Mis hy haar ma se stem as sy ingedagte saam met die radio op die kombuiskas sing? “Waar is Ma heen, Mirjam?” wou Benjamin aan die begin by haar weet. “Hoekom wil Pa nie sê nie?”

Weke het verby gegaan en haar ma het nie teruggekom nie. Die mense van die vissersdorp het agter bakhande gepraat. Oor die skip wat in die baai op anker gelê het en hoe haar ma saam met een van die matrose weggeloop het. Haar man en twee kinders net so gelos het. Mirjam knyp haar oë toe, en die weerkaatsing van die son op die water maak ligflitse agter haar ooglede. Haar pa het in hierdie droë wêreld grootgeword. Hy het elke vis en elke vissersmansknoop op sy naam geken en geweet hoe om die weer en die wind dop te hou. Maar lank voor dit het hy reeds elke Karoobossie geken, en hierdie plek se manier van praat het op sy tong vasgesteek. Dis waarom hy teruggekom het – om die seewater uit sy are te kry. Benjamin is ook gelukkig hier, sy kan dit sien. Dalk is dit omdat hy net sewe jaar oud is. As ’n mens sewe is vergeet jy makliker – of so hoop sy vir sy part. Of dalk is dit omdat hy ook hierdie wêreld se stof in sy are het. Dalk het hy dit by haar pa geërf. Stadig trek sy haar tekkies en haar natgeswete sokkies uit. Dan hys sy haar teen die sementwal van die dam op en swaai haar bene oor, tot in die koel water. Haar voete lyk vreemd in die groen slykwater – soos twee gladde bruin waterdiere wat spelerig langs mekaar swem. Sy staar na haar voete.

Haar pa was daardie tyd stilkwaad. Die woede het in sy lyf en in sy oë gebroei soos ’n storm, en saans as hy by die huis kom, het sy asem na drank geruik.

Kleintyd wou sy huilend weet waarom haar voete anders lyk as ander mense s’n.

“Onthou jy daai storie van die Robvrou?” het sy vir Benjamin gevra. “Die een wat Ma altyd vertel het – van die man wat vir hom ’n Robvrou op die strand gevang het en haar vel weggesteek het.”

“Net een uit elke duisend of tweeduisend mense word daarmee gebore,” het haar ma met ’n sagte, geduldige stem verduidelik, asof hulle ’n geheim deel. “Dit beteken jy is spesiaal.”

“En toe het sy op ’n dag weer haar vel gekry?” het Benjamin grootoog gevra. “Is Ma ’n Robvrou? Is sy terug see toe? Het sy haar vel gekry?”

Sy sper haar tone oop en die dun membrane span styf, asof hulle tuis is in die water.

Mirjam het geknik. “Moenie bekommerd wees nie, sy sal weer terugkom,” het sy getroos. “Sy wil net ’n bietjie by haar eie soort wees.” Dit was ’n leuen – die storie en die belofte wat sy aan Benjamin gemaak het.

Daar was ’n tyd toe sy nie haar voete weggesteek het nie. Toe sy graag kaalvoet geloop het. En as iemand na haar voete beduie of haar daaroor vra, sou sy trots, uitdagend sê: “Daar’s niks met my voete verkeerd nie. Hulle lyk nes my ma s’n.”

pass | 2012 GROEN

61


“GROEN” ontwerp deur Henry Oosthuizen van


MENSE

Liggaamsbou is ‘n sport wat baie ure se voorbereiding en opoffering van deelnemers verg. Die meeste van ons sien slegs die bultende spiere op die verhoog, maar Passi het meer gaan uitvind oor Bloem se eie Incredible Hulksuperhelde. TEKS | Stefan Lotter 64

pass | 2012 GROEN

FOTO’S | Nico van Loggerenberg


1.84m, 103kg Persoonlike instrukteur 2011 - Vrystaat-swaargewigkampioen Die passie bou op... Willem het in die middel van 2006 begin oefen. Aanvanklik het dit net begin as rehabilitasie vir ‘n skouerbesering. “Ek het ander ouens in die gim gesien en self ook begin belangstel daarin om groter te word. In 2007 het ek besluit om te begin deelneem. Vanaf my eerste keer op die verhoog het die passie net onophoudelik gegroei.”

Die ware opoffering... Willem sê as jy liggaamsbou doen, moet jy besluite ook kan neem. Hy het sy meestersgraad in die regte gedoen en sy leerlingskap as prokureur voltooi, maar liggaamsbou was ‘n groter passie. “Natuurlik kan jy in die regte ook baie geld maak, maar ek het besluit om eerder ‘n loopbaan in liggaamsbou na te streef. Maar dit is kwaai taai om ‘n pro te word.”

In die groei-stadium... “My oefenprogram bestaan uit twee afsonderlike ure van gimwerk deur die dag. In die aande oefen ek my poserings; ek hou elke pose vir 30 sekondes en is dan in totaal so 20 minute besig daarmee.” Willem se daaglikse dieet begin met oats, ‘n pomelo, 10 eierwitte en ‘n proteïendrankie. Vir maaltyd twee en drie eet hy elke keer 200g hoender en 100g bruinrys. “Maaltyd vier en vyf is dieselfde as twee en drie, maar ek voeg net 70g avokado ook by.” En voor slaaptyd drink hy nog ‘n proteïendrankie.

Wanneer die Hulk uitkom... “Ek is kwaai gesteld op respek en hoe mense ander hanteer. Ek hanteer almal met dieselfde hoeveelheid respek, so mense wat disrespekvol is, maak my kwaad.”

e

Willem Pretorius started body building in 2006. Originally the training was only to recover from a shoulder injury but when he saw the other guys in the gym, he decided he also wants to be bigger. The Hulk in him, he says, comes out when people do not treat each other with respect. Disrespectful people makes him angry!


1.69m, 84kg Verteenwoordiger vir Milestone Integrated Systems 2011- Algehele Vrystaat-kampioen Die passie bars uit... Shaun se lewe het gedraai om rugby. Beserings het egter in 2005 sy rugbyloopbaan tot ‘n einde gedwing. “In 2010, na ‘n slegte break-up, het ek vir Conrad Nagel by Extreme Bodies gaan sien en begin uitvra oor liggaamsbou. Vandaar het dinge net gebeur. Ek is dankbaar vir Conrad. Hy is ‘n mentor vir ons almal in Bloem.”

Betaal die prys... Shaun sê hy moet kuiergeleenthede baie inperk, veral drankgebruik op partytjies. Hy moet ook elke drie ure sy maaltye inwerk. “Dit verg baie dissipline en elke dag moet jy in die gim kom. Liggaamsbou is ‘n selfsugtige sport, want jy moet jouself opbou en tot ‘n mate bo ander stel.”

Skok die liggaam... “Ek begin nooit met dieselfde oefening as die vorige keer nie sodat ek die hele tyd my liggaam met nuwe dinge skok.” Shaun oefen ses dae ‘n week en oefen alle groot spiere op verskillende dae. Verder neem hy baie proteïene en koolhidrate in saam met sy etes. “Kort voor ‘n kompetisie sal ek net my vasgestelde etes eet, minder koolhidrate en niks suikers nie. Jou voeding is die grootste prioriteit. En steroids mag die vinnige uitweg wees, maar dis nie die beste uitweg nie.”

Die Hulk steek sy kop uit... “Wanneer mense nie kan bestuur nie, verloor ek dit. En oneerlike mense kan my nogal verkeerd opvryf. Maar ek sal sê Hulk is my gunsteling-superheld omdat hy ook groot en gespierd is.”

e

In 2010, after a chat with Conrad Nagel at Extreme bodies about body building, Shaun started on his championship path.

Body building takes a lot of discipline and he keeps to a strict, planned diet. The inner Hulk appears when people can’t drive. And dishonest people also rub him the wrong way.


1.77m, 81kg Matrikulant SA o/18-kampioen Passie word gekweek… Clive het van kleins af sy pa, sy grootste invloed in liggaamsbou, dopgehou. “My pa het vir 26 jaar liggaamsbou gedoen. ‘n Mens wil maar doen wat jou pa doen. Ek het saam met hom begin gim en daarvan gehou.” Clive het in Augustus 2009 begin liggaamsbou doen en in April 2010 aan sy eerste kompetisie deelgeneem, waarna hy die o/16-wêreldkampioen geword het.

Klaar met die dinge van ‘n kind… Vir Clive is skolesport geheel en al buite die kwessie. So ook skoolkampe en kuiers. “Dit is omdat ek moet reg eet. Om oefening te mis is nie eintlik so erg nie, maar om mis te vat met jou etes gooi jou heeltemal uit.”

Reg oefen en eet… Gedurende die seisoen, wat van Januarie tot Oktober duur, oefen Clive sewe dae ‘n week vir ‘n uur of twee. “Die meeste oefening bestaan uit so 13 tot 16 repetisies met ‘n gemiddelde gewig sodat jy die spier kan uitput en dan laat groei. Dan volg ek ‘n hoëproteïendieet en neem baie koolhidrate in en ‘n baie lae hoeveelheid vet.” Dit gaan so vir sewe klein etes elke dag. “Maar elke ou kry maar wat vir hom werk.” Gedurende die afseisoen hou Clive steeds by sy basiese etes, maar eet tussenin soos hy wil en oefen slegs vyf dae ‘n week.

Die Hulk verskyn as… “Mense wat voorgee en te veel van hulleself dink, maak my baie kwaad. En as mense nie hulle gewigte in die gim bêre nie dan krap dit my ook om.”

e Clive Brent got his passion for body building from a young age from his, his father who did body building for 26 years. He started training with his father in 2009, competed in his first competition in April 2010 and went on to become the u/16 world champion. Clive’s Hulk comes out when people pretend and think too much of themselves; and people that do not square away their weights at the gym...

pass | 2012 GROEN

67


groen, groener, gesondste TEKS

| Annatjie Bouwer

Is jy groenvoos? Laat wenke oor energiebesparende gloeilampe jou groen om die kiewe? Al hierdie inligting rondom energiebesparing en groener leef moet beslis gevolg word, maar dit het dalk tyd geword om vir ‘n verandering jou gesondheid ‘n groen kleurinspuiting te gee.

‘n Kruiwa vol gesondheidsvoordele Die natuur is die sleutel tot gesondheid, of so glo Edward Wilson, wat ook die term “biofilie” (liefde vir lewende dinge) geskep het. Hy glo dat die mens deel is van en verbind is aan die natuur en dat ons heling kan vind in die natuur. Hierdie gesondheidsvoordele wat die natuur bied, is byvoorbeeld ‘n verlaging in bloeddruk, verhoogde immuunfunksie en verlaging van daaglikse stres.

Meer as net ‘n tee Groentee is ‘n heerlike, gesonde drankie en ongetwyfeld goed vir ‘n mens se gesondheid. Dit is een van die moethê-items in die gesondheidsbewuste se koskas. Die meeste van ons is bewus daarvan dat groentee antioksidante bevat en verskeie studies het al bevind dat dit gedrink kan word vir gewigsverlies, om kanker te voorkom en om gewrigsontsteking by artritis te verbeter.

Om die voordele uit die natuur te geniet, hoef jy nie ‘n groot tuin of ‘n tuinier te hê nie. Al wat nodig is, is ‘n liefde vir plante, gewilligheid om jou hande in die grond te steek of selfs ‘n prent of foto wat die natuur uitbeeld teen jou muur te hang. Daar is selfs gevind dat pasiënte wat uitkyk op ‘n tuin terwyl hulle van chirurgie herstel minder klagtes het en minder medikasie vir pyn benodig as dié wat uitkyk op ‘n baksteenmuur. ‘n Uitsig op die natuur (al is dit ‘n prent of foto) verminder ook angstigheid en hierdie pasiënte gaan vroeër huis toe as die pasiënte wat nie die natuur sien nie.

Groentee is egter meer as ‘n tee en kan op kreatiewe maniere gebruik word om jou gesondheid te verbeter – en boonop sal jy ‘n paar rand ekstra in jou sak hê. Het jy te veel tyd in die son deurgebring? Groentee in ‘n sproeibottel kan op die vel gespuit word – die natuurlike kalmerende eienskappe kan verligting bring vir sonbrand. Pleks daarvan om ‘n mondspoelmiddel te koop, wat meestal alkohol bevat, gebruik groentee vir ‘n vars asem. Omdat dit fluoried bevat, kan dit tande en tandvleis gesond hou. Wanneer jy jou moeë voete na ‘n lang dag wil week, doen dit in groentee, want dit help ook om onaangename swaminfeksies te voorkom.

Om in die natuur te wees, soos byvoorbeeld deur in die tuin te werk, is goed vir jou gesondheid omdat jy oefen, blootgestel word aan vitamien D deur sonskyn en selfs seisoenale depressie word teengewerk. Deur kreatief te werk te gaan, kan jy ‘n tuintjie skep in selfs die kleinste ruimte. Neem byvoorbeeld drie tot vyf groterige kleipotte en plant jou gunstelingkruie, ‘n struik of boompie, blomme en groente daarin. Die vraag is dus: Bestee ons geld aan medisyne of bestee ons geld aan plante?

68

pass | 2012 GROEN

Een koppie groentee drie keer per dag kan moontlik die dokter laat wag, maar hou net in gedagte dat dit ook kafeïen bevat wat angstigheid of slaaploosheid kan veroorsaak.


Lewensverwagting sal met rasse skrede verbeter as groente so lekker soos spek geruik het.

Natuurlike lugverfrissers Plante is nie net ons enigste bron van suurstof nie; sekere plante kan as natuurlike lugverfrissers gebruik word in die plek van die gekoopte blikkies. Plante verhoog ook die humiditeit in ‘n vertrek wat voordelig is vir almal se asemhaling. Die belangrikste voordeel is dat ‘n huis vol groen plante chemikalieë kan absorbeer wat deur binnenshuise voorwerpe vrygestel word. Besoedelende stowwe soos formaldehied, ammoniak en bensien is afkomstig van bekleedsel, verwe en elektriese motors binne ons huise. Die goeie nuus is dat ons ‘n veiliger en gesonder omgewing kan verseker deur binnenshuise plante te kies wat hierdie chemikalieë filtreer. Voorbeelde van sulke plante is onder meer die jasmynplant. Nie net is dit ‘n pragtige gesig nie, maar die opmerklike soet geur vul enige grootte vertrek. Jasmyn blom in die middel van die winter en verdryf sommer ook die wintersomberheid met ‘n voorsmakie van die komende lente. Die Grieke en Romeine het laventel as lugverfrisser gebruik en dit by hulle badwater gevoeg. Die hen-met-kuikens is tradisioneel een van ons bekendste huisplante en bly een van die beste plante om ‘n vertrek mee op te helder.

Met behoorlike versorging en gunstige omstandighede, sal dit baie goed lyk in ‘n vertrek met baie lig. Hoewel impatiens meer algemeen gebruik word vir blombeddings in die somer, kan hierdie uitsonderlike en kleurvolle plante ook binnenshuis as natuurlike lugverfrissers funksioneer. Dit is duidelik dat ‘n paar kreatiewe idees heelwat voordele kan inhou vir jou sak en jou gesondheid. ‘n Tong-in-die-kies aanhaling deur Doug Larson hou dalk ‘n bietjie waarheid in: “Lewensverwagting sal met rasse skrede verbeter as groente so lekker soos spek geruik het.” Ons moet ook nie vergeet om ons gesondheid te geniet nie. Daar is baie mense in hierdie wêreld wat soveel tyd daaraan bestee om na hulle gesondheid om te sien dat hulle nie tyd het om dit te geniet nie (Josh Billings). Bronne: http://www.marieclaire.com/health-fitness/news/green-tea-benefits http://www.webmd.com/healthy-aging/features/gardening-health Huisplante – binnenshuise plante vir almal deur Paul Williams Plantmaats deur Margaret Roberts http://www.carbon-footprint-defined.com/air-freshening-plants.html

e

It has been found that the health benefits of nature include a lowering in blood pressure, higher immunity and a reduction in daily stress. It has also been found that patients that look out on a garden while recovering from surgery recover quicker and with less complaints and need less painkillers. Green tea has also long been known for its health benefits – a powerful anti-oxidant that helps with weight loss, protects against cancer and improves inflamation in joints affected by arthritis. Green tea also has other benefits, such as soothing sunburn to freshening breath and maintaining the health of teeth and gums. A house full of green plants can by much healthier since plants absorb chemicals that is released into the air by some appliances, upholstery and paint. The creative application and use of plants can hold many benefits to our health.

pass | 2012 GROEN

69


die

vraag oor

TEKS | Katie Prinsloo

70

pass | 2012 GROEN

organies


O

m ‘n antwoord te kry op hierdie vraag sal daar nog baie navorsing gedoen moet word. Besluite word namens ons geneem dat ons slegs organiese produkte moet gebruik. Die hele konteks van die beskikbaarheid van vars groente en vrugte word heel uit verband geruk deur inligting wat nie altyd werklik goed nagevors is nie. Verbruikers word dikwels verwar deur al die inligting wat gepubliseer word. Dit is dieselfde as om slegs staat te maak op die menings van vegetariërs, veganiste of mense wat ‘n Paleo-leefstyl volg. Elkeen glo tog maar dat dit wat hy of sy sê en doen die enigste korrekte leefwyse is. Ons moet begin om onsself op te lei in wat vir ons werk ten opsigte van ons gesondheid. Wat staan ‘n verbruiker te doen met ‘n laer inkomste wat ‘n gesin moet versorg en die beste moet kan voorsien wat hy kan bekostig? Organiese keuses is dikwels duurder as gewone groente en vrugte, tensy jy dit net voor die vervaldatum kan bekom. Ek glo dat ‘n organiese leefstyl altyd die beste keuse sal wees, mits jy dit kan bekostig. Daar is vooropgestelde reëls vir ‘n organiese boerdery wat meebring dat organiese produkte tot twee keer meer kos as nie-organiese produkte.

Maar moenie jouself en ander daarmee op hol jaag terwyl navorsing nog steeds gedoen word om vas te stel hoe skadelik dit kan wees vir menslike gebruik nie. Met ander woorde: Dit wat beskikbaar is, is steeds veilig genoeg om te gebruik. Navorsing wat gedoen is deur dr. Crystal Spangler saam met navorsers van die Stanford-univeristeit in Amerika kon met baie deeglike toetse nie werklik agterkom dat organiese groente ‘n hoër voedingswaarde het as ons gewone, massaverboude vars produkte nie.

Organiese keuses is dikwels duurder as gewone groente en vrugte, tensy jy dit net voor die vervaldatum kan bekom. Ek glo dat ‘n organiese leefstyl altyd die beste keuse sal wees, mits jy dit kan bekostig.

Ongelukkig moet ‘n hele bevolking gevoed word en massaproduksie bly die oplossing. Verwerkte en geprosesseerde produkte word ook steeds te veel gebruik. Die probleem ontstaan wanneer ‘n minder ingeligte persoon sou lees dat nie-organiese vars produkte nie goed is vir hom nie, omdat dit vol vreemde hormone en giftstowwe is. Hy reik dan uit na dit wat deur masjiene saamgeflans is en ‘n klomp sintetiese bestanddele bevat wat werklik skadelik is vir veral ons groeiende kinders. Dit is die geriefliker opsie wat dus gereeld gevolg word. Ons moet wel bewus wees van sintetiese bemesting en insekdoders wat gebruik word om meer perfekte produkte te kan verbou, asook antibiotika en hormoonbehandelings waarmee vars produkte behandel word.

Dieselfde geld ook vir vleisgroepe. Hulle kon wel vasstel dat organiese produkte baie klein hoeveelhede meer fosfor bevat. Organiese melk en eiers het wel meer omega 3 as die nie-organiese produk, maar daar is nog baie min navorsing in hierdie verband gedoen.

Wat aanbeveel word en waarmee die meeste gesondheidsbewuste sjefs ook sal saamstem, is dat ‘n mens groente en vrugte moet eet volgens seisoenale beskikbaarheid. Die hoofdoel hiervan is om mense te oorreed om voedsel so vars moontlik te verbruik. Moedig die bevolking aan om weer saam te begin kosmaak en werklik te proe hoe die natuurlike produkte regtig smaak. Vergeet van ingevoerde vars produkte wat as gevolg van hantering en vervoer hulle geur en voedsaamheid reeds verloor het, al lyk dit hoe mooi. Wag ‘n maand langer vir dit wat op ons lande gekweek word. Of nog beter – kweek dit sommer self in potte op die stoep.

Volgende keer as jy die mooi verpakte organiese produk van die rak afhaal en ten duurste daarvoor betaal, maak seker dat jou kennis van organiese verbouing van so ‘n aard is dat jy jou duur produk met oorgawe kan geniet en presies weet wat die werklike oorsprong daarvan is.

e

Currently much of the hype surrounding organic food is taken out of context based on information that is not completely proven. Very thorough tests at Stanford University in the US, for instance, could not prove definitively that organic vegetables have a higher nutritional value than normal, mass produced vegetables. In other words, what is currently on the market is still safe and healthy to consume. What is recommended though is to eat fruits and vegetables that are in season. This will ensure that you eat the freshest foods available.

pass | 2012 GROEN

71


72

pass | 2012 GROEN


Die resep vir ‘n gesonder

toekoms:

Verminder,

hergebruik en

herwin

Dit blyk dat herwinning in Suid-Afrika nog maar ietwat van ‘n akademiese konsep is. Danksy mediaveldtogte is die meeste Suid-Afrikaners darem daarvan bewus dat herwinning noodsaaklik is, maar dit lyk nie asof ons regtig weet hoe om te werk te gaan nie. Die pogings deur sommige van die groot supermarkkettinggroepe het gehelp, maar dit lyk nie of dit regtig baie ondersteuning kry nie.

TEKS | Miquette Caalsen

FOTO’S | Peter Dowdle

pass | 2012 GROEN

73


SS

o, hoekom is Suid-Afrikaners nie meer aktief betrokke by herwinning nie? ’n Vriend se reis na Europa wys hoe ver agter hierdie noodsaaklike inisiatief in SuidAfrika werklik is: Die vriende by wie hy gekuier het, het sy belangstelling in die kleurvolle herwinningsasblikke in hulle agterplaas baie amusant gevind. Hy vind toe uit dat hierdie soort herwinning reeds meer as 10 jaar in bedryf is in die meeste Europese lande (en hy was ‘n paar jaar gelede daar). Met ander woorde, Suid-Afrika is byna 15 jaar agter die ontwikkelde wêreld in terme van herwinning. Bloemfonteiners se onlangse irritasie met brande op ‘n nabygeleë stortingsterrein wat giftige gasse die lug in gestuur het, moes die herwinningsagenda stewig op die tafel geplaas het. Maar nadat die brande geblus is en die gasse weggewaai het, is geen verdere woord daaroor gerep nie. Die waarheid is dat herwinning vir die gemiddelde SuidAfrikaanse huishouding ‘n schlep is: Die infrastruktuur vir die invordering van herwinbare materiaal is nie in plek nie en inwoners is nie behoorlik ingelig oor hoe om die bietjie infrastruktuur wat wel daar is, te gebruik nie. Die paar huishoudings wat herwinning wil toepas, moet sonder leiding hul vullis skei en regoor die stad ry om die items by die regte herwinningspunte af te gee. Gevolglik doen mense eenvoudig nie die moeite nie. Boonop is die meeste Suid-Afrikaners nie bewus daarvan dat herwinning verder strek as net omgewingsbewaring en ruimte by stortingsterreine nie. Herwinning is ook noodsaaklik vir die behoud van energie en water – albei hulpbronne waaraan Suid-Afrika arm is – en dit kan bydra tot ‘n vermindering in lug- en waterbesoedeling.

Die bewaring van energie is krities belangrik in Suid-Afrika, veral met die toename in die lading op ‘n verouderde stelsel wat sukkel om die uitset te lewer wat tans nodig is. En met ‘n verhoging van die energie-eise in die vooruitsig, is energie-bewaring deur middel van herwinning noodsaaklik vir die omgewing sowel as die mense. Tans lyk die herwinningpersentasies so: • Blikkies: 69% • Papier: 59% • Glas: Sowat 25 % • Plastiek: Sowat 17 % Informele herwinnaars versamel baie van hierdie materiaal uit asblikke en op stortingsterreine. Dit is nie ideaal nie, veral nie uit die oogpunt van die gesondheid en veiligheid van die herwinnaars nie, maar ook omdat die herwinbare materiaal besmet is met ander afval. Die beste stap vorentoe sou wees as huishoudings hul afval sorteer sodat meestal skoon herwinbare materiaal versamel kan word. Wat kan herwin word? Metaal: Koeldranken bierblikkies, kosblikkies, metaaldeksels van glasflesse, aluminiumblikkies, foelie en foelieverpakking, aerosolblikkies (los die etikette op die blikkies sodat herwinningsake kan sien of dit gevaarlike materiaal bevat). Selfs geroeste blikkies kan herwin word. Glas:

Koeldrank- en drankbottels, kosflesse, konfyten mayonnaise-bottels. Drinkglase kan egter nie herwin word nie. Ook nie gewone en energiebesparings- kompakte buisligte (CFLs) en fluoresseerbuise nie. Neem asseblief kennis dat CFLs en fluoresseerbuise nie saaam met gewone huishoudelike vullis weggegooi moet word nie. Dit bevat kwik, ‘n gifstof wat in die grond en grondwater kan insyfer. Neem dit eerder na spesiale versamelpunte by winkels waar dit veilig mee weggedoen sal word. Alternatiewelik kan jy kontak maak met Ewasa (die E-Afval-Vereniging van Suid-Afrika) vir ander opsies. Pyrex en keramiek is ook nie herwinbaar nie.

Papier:

Wit kantoorpapier, tydskrifte en boeke (so lank as dit nie gelamineer is nie), koerante en karton (bokse en graanbokse). Wasagtige of gelamineerde papier, ponskonfetti en koolstofpapierplakkers kan nie herwin word nie.

Hier is ‘n voorbeeld: Die vervaardigingsproses vir die herwinning van papier gebruik 80% minder water en 65% minder energie en produseer 95% minder lugbesoedeling as papierproduksie volgens gewone prosesse. As elke SuidAfrikaner slegs één keer per week één koerant herwin, sou ons ongeveer 30 miljoen bome per jaar kon red. Of anders gestel: Vir elke stapel papier van ongeveer 1m hoog wat jy herwin, red jy ‘n boom. Suid-Afrikaners gooi jaarliks miljoene ton herwinbare materiaal weg. Meer as 70 persent van die “gemors” op ons stortingsterreine kan gebruik word om kompos te maak, of dit kan herwin word. Herwinning kan jaarliks genoeg energie bespaar om elektrisiteit aan 1,4 miljoen huise te voorsien, waterbesoedeling met meer as 27 ton te verminder en help om lugbesoedelende stowwe met meer as 165 000 ton te verminder.

74

pass | 2012 GROEN


Plastiek:

Plastiek word gemaak van olie, ‘n niehernubare hulpbron, en baie van die plastiekverpakkings wat ons elke dag gebruik, is herwinbaar. Roomys- en melkhouers, wasgoedversagmiddel-bottels, plastieksakke en selfs kleefplastiek kan herwin word.

Tetra Pak: Vrugtesap- en melkhouers lyk asof dit van papier gemaak is, maar dit is bedek met aluminiumfoelie en plastiek, so dit moet afsonderlik herwin word. Tetra Pak het sy eerste kleinskaalse herwinningsfasiliteit in Germiston in Gauteng, waar sy verpakking herwin word vir gebruik in dakteëls, meubels en skryfbehoeftes. Die maatskappy het planne om meer herwinningsaanlegte in Suid-Afrika oop te maak.

76

pass | 2012 GROEN

Batterye:

Weggooibare batterye word nie herwin nie – die invorderingskoers van die materiaal is te klein om herwinning hiervan ekonomies lewensvatbaar te maak. Batterye moet nie saam met gewone huishoudelike afval weggegooi word nie, want dit bevat giftige chemikalieë wat in die grond en grondwater in kan syfer. Herlaaibare batterye is egter herwinbaar – nog ‘n goeie rede om eerder herlaaibare batterye te koop!

Die grootste verskil wat elkeen van ons kan maak, is om deel te neem aan inisiatiewe om die regering te dwing om op te volg op die beloftes van georganiseerde herwinning deur plaaslike munisipaliteite soos uiteengesit in die Wet op Nasionale Afval. Bronne: www.treevolution.co.za SA Energie Fusion Magazine (www.saef.co.za) www.Timeforchange.org


e

Most South Africans are aware that recycling is necessary but are at loss of how to go about it. The infrastructure for collecting recyclable material isn’t really in place and residents are not properly informed on how to use what is available. Recycling is essential for the conservation of scarce resources. For example, producing recycled paper uses 80% less water, 65% less energy, and produces 95% less air pollution than through the original milling process. Each year recycling could save enough energy to power 1.4 million homes, reduce water pollutants by 27 tons and help to reduce air pollutants by 165 tons. The biggest difference we can make is to compel local government to follow through on the promises of organized recycling.

Meer as 70 persent van die “gemors” op ons stortingsterreine kan gebruik word om kompos te maak, of dit kan herwin word.


“GROEN” ontwerp deur Henry Oosthuizen van


5 passi15  

Passi 15