Book

Page 81

tator, was die eerste (etniese) swart Springbok na eenwording toe hy in 1998 saam met die Springbokke na die Verenigde Koninkryk (VK) en Ierland getoer het. Hy het egter nie in enige toetse gespeel nie. Hierdie keuses was ’n deurbraak. Daar was egter ’n geskiedenis wat oor een honderd jaar gestrek het, wat as voorbereiding gedien het vir hierdie kleurling en swart pioniers om uiteindelik die internasionale rugbyarena te betree. Swart rugby het in die Oos-Kaap begin. Nadat die setlaars die vroeë vorms van die spel, soos die Winchesterreëls, na Suid-Afrika gebring het, het die grootste invloed op die spel gekom uit die geledere van die sendingstasies en skole – en dikwels was dié twee ’n enkele inrigting, soos St Philip’s Mission School, wie se leerlinge later vir die Winter Rose Rugby Club in Grahamstad speel het. Skole waar rugby gespeel is, was Healdtown, Fort Hare en St Matthews, om net ’n paar te noem. Grahamstad, wat vandag nog bekend is vir sy skole, was dan ook die “hoofstad” van rugby in die streek. Swart spelers het gedurende die 1880’s rugby op ’n informele wyse gespeel. Die eerste swart span was Winter Rose Rugbyklub, wat in 1887 begin is, maar eers in 1891 amptelik gestig is. Lily White Rugby Club is Grahamstad se tweede oudste klub en is in 1894 deur eerwaarde White gestig vir swart leerlinge van die St Andrews College. Hoewel hulle leerlinge van die skool was, is hulle nie toegelaat om in dieselfde span as die blanke leerlinge te speel nie. Hierdie en ander klubs in Grahamstad het egter gevolg op die oudste swart klub in Port Elizabeth, naamlik Union. Die Union Rugby Club is in 1887 gestig en hul tuisveld was kwaMpundu. ’n Wegbreekgroep het later die Frontiers Rugby Club gestig, maar eers nadat ’n tweede rugbyklub, die Orientals, in 1894 gestig is. Aanvanklik het Union teen die kleurling klubs in Port Elizabeth gespeel, maar toe die Orientals op die toneel verskyn, het daar ’n wedywering ontstaan waarmee daar vir jare volgehou is. Tigers is in 1895 in Somerset-Oos gestig. Hul enigste (swart) teenstanders was myle ver weg en daarom het hulle dikwels teen die wit klub van

die dorp gespeel. Hulle het ook soms op Cookhouse gaan speel. Cookhouse was 40 km ver en hulle het tot in 1926 soontoe gestap; toe het hulle die gebruik van ’n vragmotor gekry. (Om dit in perspektief te stel: ’n standaardmarathon is 42 km lank. Dalk moet hierdie “staptog” met ’n knippie sout geneem word, want teen ’n stywe pas sou dit ongeveer agt uur neem om die afstand af te lê en dan moes hulle nog huis toe gaan ook!)

Fort Hare teen Transvaalse universiteite Een van die hoogtepunte was die wedstryd in 1935 tussen ’n gekombineerde span van Fort Hare en Lovedale wat teen ’n gekombineerde span van Transvaalse universiteite (waarskynlik Tuks en Wits) gespeel het. Die wedstryd is op Alice, die hoofkwartier van Fort Hare, gespeel. In 1901 is ’n tradisie met die eerste Paastoernooi in Grahamstad gevestig. Daar was vier deelnemers, naamlik Grahamstad, Oos-Londen, die Middelande en Port Elizabeth. Die toernooi het geleidelik al hoe groter en belangriker geword. Die gewildheid en die uitbreiding van die spel het meegebring dat die organisasie van rugby in die Oos-Kaap in ’n groter mate geformaliseer moes word. Die EPNRB is in 1905 op die been gebring as ’n uitvloeisel van die eerste toernooie.

Paastoernooie Die konsep van Paastoernooie het oor die jare in verskeie sentra gekom en gegaan, maar die afgelope jare het dit met die ingryping van SARU op ’n meer georganiseerde basis plaasgevind. Die jaarlikse toernooie in Langa, Soweto, Kimberley, Peddie, Mangaung en elders is nou heringestel as hoogtepunte vir townshipspanne. Xhanti Lamani, SA Rugby se bestuurder vir klubrugby, het in 2008 gesê dat toernooie soos die een in Langa deel is van ’n ryk rugbykultuur in die townships. Die toernooie “is deel van ons missie om die rugbybasis op gemeenskapsvlak uit te brei, en die ou gees van die Paastoernooie se feestelikhede in die townships te laat

Segregasie, frustrasie en woelinge

150 Jaar Book.indd 71

71

2352011 5:24 PM


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.