Book

Page 80

SA Barbarians doen baanbrekerswerk In Oktober 1979, minder as twee jaar nadat die SARVR, SARA en SARFF saamgesmelt het om die SuidAfrikaanse Rugbyraad (SARR) te vorm, het Springbokflank Rob Louw die eerste Barbariansspan* op ’n toer oorsee geneem. Hierdie toer van vier weke na die Verenigde Koninkryk was die eerste goedgekeurde veelrassige toer deur ’n Suid-Afrikaanse span. Die toergroep het agt wit spelers van die voormalige SARVB ingesluit, agt kleurling spelers van die voormalige SARFF, en agt spelers van wat eers SARA was. Die spanbestuurder was Chick Henderson, ’n oud-Transvaalse rugbykaptein wat ook Oxford Universiteit, Richmond en Coventry verteenwoordig het. Hy het nege toetswedstryde vir Skotland gespeel terwyl hy in die VK gestudeer en gewoon het. Die span het sewe wedstryde gespeel, waarvan die Baa-Baa’s vier gewen het, twee teen Hawick en Newport verloor het, en een wedstryd gelykop gespeel het teen ’n baie sterk Scottish Border Club met tien Skotse toetsspelers. Die uitslae was: Devon (Exeter), wen 27–18, Cornwall (Camborne), wen 23–7, Scottish Border Club (Galashiels), gelykop 20–20, Co-Optimists (Hawick), verloor 24–4, Coventry, wen 41–24, Llanelli, wen 15–6, Newport, verloor 21–15. Die sterkte van die toerspan, kan daaraan gemeet word dat sewe van die spanlede in die daaropvolgende twee jaar Springbokke geword het. OranjeVrystaat se stut Martiens le Roux, Noord-Transvaal haker Ewoud Malan,

70

en WP-spelers Rob Louw en Divan Serfontein het almal in die toetse teen Bill Beaumont se 1980-Britse Leeus gespeel. Die toerspan van die Barbarians het ook vir Errol Tobias, wat die eerste nieblanke Springbok geword het, ingesluit en hy het in 1981 teen Ierland gespeel. WP se twee slotte, Hennie Bekker en De Villiers Visser, was in 1981 deel van die “betogerstoerspan” na Nieu-Seeland. In 1980 het sewentien van die Baa-Baa’s se toergroep na die VK teen die Leeus se toerspan hier plaaslik gespeel. Dit het ’n wedstryd tussen die Leeus en die Baa-Baa’s ingesluit. Twee kleurling spelers, Errol Tobias en Charles Williams, wat ook op die Barbarianstoer na die VK was, is vir die Junior Springbokke gekies om in 1980 teen die besoekende Britse Barbarians te speel. Sedert die stigting van SARVR negentig jaar tevore, was hulle die eerste twee gekleurde spelers om ’n nasionale Suid-Afrikaanse span te verteenwoordig. Die 1979-Barbarians se agt swart spelers was Morgan Cushe, Timothy Nkonki, Lillee Jonas, Sydney Ncate, Bridgman Sonto, Welcome Mtyongwe, Solomon Mhlaba en Arthur Poro. Die SAARB het ook die assistentbestuurder, Alfred Dwesi, voorsien. Die kleurling spelers van die SARFF was Hennie en Turkey Shields, Nicky Davids, Charles Williams, Louis Paulse, Hanne Meyer, Errol Tobias en Pompies Williams. Die afrigter van die span was die Federasie se Dougie Dyers. In Suid-Afrika was die spelers as

lede van twee beheerliggame wat met die SARVR saamgesmelt het, as uitverkopers of “sell-outs” deur die SARU-lede gebrandmerk. SARU het onwrikbaar bly staan by sy beginsel van “no normal sport in an abnormal society”, wat ook deur ander antiapartheidsorganisasies soos SACOS en SACBOC voorgestaan is. Hierdie standpunt het deur die wêreld weerklink, en die SA Barbarians van Rob Louw het meer as genoeg betogings tydens die sewe wedstryde verduur – en van die veld af ook! Britse en Europese verslaggewers was voortdurend op soek na inligting oor die sosiale aspekte van die toer, en het selfs tot sulke uiterstes gegaan as om teen die geute op te klim om te probeer sien of die lede van die gemengde toer werklik meng! Die toer van die SA Barbarians was in vele opsigte ’n deurbraak en veelrassige rugby het op alle vlakke, behalwe op internasionale vlak (toetse), met rasse skrede vooruitgegaan. Die SA Barbarians het ’n belangrike rol gespeel om die vestiging van veelrassige rugby te verhaas. Vyf jaar later het hulle hul tweede oorsese toer aangepak, dié keer na Wes-Duitsland. Die groep het uit twaalf blanke en dertien kleurling en swart spelers bestaan. Die gehalte van die teenstanders was egter baie swak, en in slegs vier wedstryde het die Barbarians 314 punte versamel en net 27 afgestaan. *Die Suid-Afrikaanse Barbarians het in 1960 gestalte gekry.

150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y

150 Jaar Book.indd 70

2352011 5:24 PM


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.