RAVENSMEAD
GUARANTEED QUALITY AT YOUR FINGERTIPS
STARRY WILD JASMINE
WAS R79.95
NOW
R34.95 www.stodels.com
Offer valid until 18 October 2020 X1WC8RJJ-AL141020
Woensdag, 14 Oktober 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Gold Gold for a good good cause
Table Mountain was lit in gold on Tuesday 6 October as part of an effort to raise awareness around childhood cancer. The event was organised by the Childhood Cancer Foundation of South Africa (Choc). PHOTO: SATISH CHAVDA
RAVENSMEAD: PROTEA-SPELER SE BROER DOODGESKIET
Niemand nog in hegtenis BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
T
een Maandag is niemand nog in verband met die skietdood van die broer van ’n voormalige Protea-speler in hegtenis geneem nie. Tyrone Philander, die broer van Vernon Philander, is verlede Woensdag in ’n straat in hul buurt, Ravensmead, doodgeskiet. Verskeie gerugte doen die ronde dat Tyrone onderweg was om met ’n trollie water te gaan haal toe hy geskiet is. Sommige gerugte wil hê dat hy moontlik uit ’n motor geskiet is, terwyl ander mense weer beweer die verdagte was te voet.
Vernon het verlede week in ’n verklaring die moord bevestig en gepleit dat hy en sy gesin se privaatheid in hierdie moeilike tyd gerespekteer moet word. “Die familie is dankbaar vir al die boodskappe van ondersteuning sedert die nuus bekend geword het. Ons familie moet nog die brutale moord verwerk. Die moord word nou deur die polisie ondersoek en ons vra dat die media die polisie die geleentheid gee om die saak deeglik te ondersoek. Tyrone is vir ewig in ons harte en mag sy siel in vrede rus,” lui die verklaring. Tyrone is nie die enigste persoon wat die afgelope paar maande in Ravensmead vermoor is nie. TygerBurger het sedert Augus-
tus reeds verslag gedoen oor agt moorde wat daar gepleeg is. Adam Alexander, ’n plaaslike geestelike en gemeenskapsleier, sê dit is jammer dat ’n jongman se lewe so wreed weggeneem is, maar dit gebeur ongelukkig te veel. “Ongelukkig sal die dood van ’n bekende se broer nie die vlaag moorde keer nie. Die probleem is dat politici die gemeenskap verdeel. Hulle wat leierskap moet toon, saai verdeeldheid en dit is hoekom daar nie samehorigheid is nie. Politieke partye doen net wat goed is vir hul lede en nie wat goed is vir die gemeenskap nie. Elke keer as iemand vermoor word, dan kom praat hulle, maar die situasie verander nie,” sê Alexander.
Hy hou vanaand ’n vergadering by sy huis om ’n nuwe gemeenskapsorganisasie te stig wat daarop gaan fokus om misdaad in die gemeenskap te bekamp. “Hierdie organisasie gaan apolities wees en net daarop fokus om probleme op te los. Geen gepraat nie, net konkrete planne,” sê Alexander. Volgens kapt. Odwa Makupula, polisiewoordvoerder, is niemand nog in verband met die moord aangekeer nie. “Ons vra dat die gemeenskap na vore moet kom met inligting wat ons met die ondersoek kan help,” sê Makupula. Inligting kan met die ondersoekbeampte, sers. Nyameko Mnqayi, by 079 894 1278 gedeel word.
BELHAR
DENTAL CARE
Cnr. Sonata & Organ Avenue, Belhar
TEL: 021 952 2449 • PHONE TO MAKE APPOINTMENTS
WE ARE OPEN
• FILL IN THE COVID-19 CONSENT FORM
FOR ALL YOUR
• FILL IN ALL MEDICAL HISTORY
DENTAL EMERGENCIES
• ALL PATIENTS TO WEAR A MASK
DURING THE
• REDESIGNED WAITING ROOM
COVID-19 PANDEMIC
• TO COMPLY WITH SOCIAL DISTANCING info@capedentalcare.co.za
belhar@capedentalcare.co.za
EERSTERIVER 021 904 0556 • RONDEBOSCH 021 696 4238 • RETREAT 021 715 6955