Page 40

Sport

Koop nou aanlyn!! www.gho.co.za • Ons lewer af • Addisionele parkering nou beskikbaar!

Page 40 | Woensdag, 30 Oktober 2013 Onder redaksie van Stehan Schoeman Tel: 021 910 6500 | e­pos: sport@tygerburger.co.za www.tygerburger.co.za

SKOLE­MINILIGA: EERSTE KOMPETISIE ’N REUSESUKSES

Die visse byt verbete! ’n

Baie geslaagde eerste skole-minili– gakompetisie van die Westelike Provinsie-kushengelassosiasie het onlangs afgeskop by Soverby tussen Laaiplek en Dwarskersbos. Dié eerste kompetisie van die 2013/2014seisoen is goed bygewoon en het inskrywings van hengelaars van skole reg oor die Kaapse Metropool gelok. Ná ’n koel en winderige begin, het die 48 jong hengelaars hul hoeke ingegooi. In die hengeltyd van drie uur het 188 visse gebyt. Vir menige hengelaar was dit ’n eerste dag langs die water met ’n visstok in die hand. Die beamptes moes bontstaan toe daar

meer as een hengelaar op ’n slag ’n vis gebring het om gemeet te word. Al die vis is vinnig gemeet en toe teruggegooi.

Eerste vis Die eerste vis van die dag is deur P.G. Groenewald (6) gevang. Kay-Lee Goch (junior meisies, Laerskool Bellpark) het drie sandhaaie gevang, terwyl Sarah Behardien se gesig opgehelder het toe sy ook die eerste van drie sandhaaie aan wal trek. Aa-Isha Davids (LS Habibia) loop voor in die junior meisies-afdeling met 10 punte (5 visse), gevolg deur Kristen Krige (Monumentpark) en Ashlee Potgieter (Norman

Beor van Reenen van die Laerskool Brackenfell spog met sy vangs.

Henshilwood) met 8 punte elk. Die broers, Luca en Rene van Heerden (o.12, Laerskool Welgemoed), het mekaar behoorlik opgekeil en onderskeidelik 14 (28 punte) en 11 (22 punte) visse gevang, terwyl Shivaan Naicker (o.12, Laerskool Milnerton) met 15 visse (30 punte) die voortou in die o.12-afdeling geneem het.

Tophengelaar Die tophengelaar vir die dag was Beor van Reenen (o.8, Laerskool Brackenfell) met 19 visse (38 punte), terwyl Thinus Melim (Monumentpark) die grootste vis gevang het van 84 cm, met Beor in die tweede plek met ’n

vis van 83 cm. Die o.16 afdeling se vooploper is Lian Rossouw (Welgemoed) met 10 punte. Die afdelings waarin gehengel word, is die waar hulp verleen word met slegs ingooie en aas in die o.8-, o.12- en o.16-afdelings, asook die junior meisies. In die ander afdelings vir meer gevorderde hengelaars, waar hulle self alles moet doen, word sake uitgespook in die o.12-, o.16- en meisies-afdelings. Alle hengelaars moet self die vis vang en daarmee spook tot op die wal. Kontak Stefan Engelbrecht, ontwikkelingsbeampte van die WKKHA by stefaneng@telkomsa.net met navrae of om u kind te registreer.

Tygerburger parow 30 oct 2013  

Tygerburger parow 30 oct 2013

Advertisement