Page 3

Woensdag, 30 Oktober 2013

NEWS

TYGERBURGER Parow 3

Wilde skietery by sentrum eis lewe MARANA BRAND VAN HULSTEYN

’n

Jong sekerheidswag van Protea Coin is Vrydagmiddag doodgeskiet en een van sy kollegas gewond tydens ’n mislukte gewapende transitorooftog by die sentrum oorkant die Monte Vista-verkeersirkel. Gareth Jones (31) van Epping is op die toneel oorlede. Sy vrou het sy liggaam dieselfde middag in die parkeerterrein gaan uitken. Sy kollega, Isaac Witbooi, is tydens die voorval in die linkerskouer gewond. Niemand anders is tydens die voorval beseer nie en geen geld is buitgemaak nie. Vier gewapende verdagtes het oënskynlik die geldwa van Coin by die klein winkelsentrum op die hoek van Rothchild- en Monte Vista-rylaan ingewag. Terwyl twee van Coin se wagte die kitsbank op die perseel hervul het, het die Coinwag wat buite die voertuig waghou, twee mans met handwapens in Monte Vista se Kemtique-apteek opgemerk. Volgens kol. Hansia Asaram van die Goodwood-polisie, het die vermeende rowers in die apteek dié in ’n wit Mazda-bakkie laat weet toe Coin se voertuig stilhou. Minstens een van die mans in die vlugvoertuig was met ’n AK47 gewapen.

’n Skietery het losgebars tussen die Coinwagte en die verdagtes wat in die apteek was. Meer as 15 skote is afgevuur en beide 9 mm- en AK47-patroondoppies is op die toneel gevind.

Sarsie skote Volgens mense wat werk in die More Value Minimark, ’n hanetree vanwaar al die aksie plaasgevind het, het hulle ’n sarsie skote omstreeks 14:20 die middag gehoor. “Dit was báie skote in so 20 tot 30 sekondes se tyd,” het een van die werknemers, wat nie sy naam genoem wil hê nie, vertel. “Ons het dadelik die winkel se deure toegemaak vir ons en die klante se veiligheid en die alarms aktiveer,” het hy vertel. Mense wat die winkel kort ná Vrydag se gebeure binnegekom het, het gespekuleer of dié vier verdagtes nie dieselfde mans was wat op 15 September dieselfde winkel beroof het nie. “Twee van hulle het soos enige gewone klant die winkel binnegekom. Ek het besef daar’s fout toe die een maak of hy sukkel om sy beursie te kry. Ek sien toe die ander twee. Hulle was almal gewapen,” het die bestuurder, Amanda Pieterse, die gebeure van daardie dag, herroep. Kort nadat die winkel se alarms Vrydag geaktiveer was, het District Watch se reak-

Die wit kringe en glasstukkies is die stil getuienis van waar doppies gelê het van die meer as 15 skote, wat tydens die mislukte gewapende roofvoorval afgevuur is. sievoertuig opgedaag. “Minute ná hulle het Fire and Rescue gekom en 15 minute ná hulle was die polisie hier,” onthou Carmelette Ross, wat ook in die winkel werk. Dis toe dat ’n jaagtog tussen die vermeende rowers en Brian Butler, ’n reaksiebeampte van District Watch, deur die woonbuurt begin het, lui ’n verslag van dié sekerheidsmaatskappy. Die verdagtes het in Diazstraat ingedraai

en dadelik op die splinternuwe District Watch-bakkie losgebrand. Die bakkie is verskeie kere getref. Butler het sewe skote teruggeskiet en waarskynlik een van die verdagtes gewond. Louis Groenewald van District Watch het in ’n ander voertuig die jaagtog voortgesit. Ongelukkig het die verdagtes in ’n silwer dubbelkajuitbakkie oorgeklim op die hoek van Barrow- en Sparrmanrylaan en weggekom. In die wit bakkie wat hulle agtergelaat het, is bloedvlekke aan die passasierskant gevind wat die vermoede laat ontstaan dat een van die verdagtes gewond is. Volgens Waal de Waal, operasionele hoof van Protea Coin, word die presiese omstandighede rondom die gebeure nog ondersoek. “Die feit is: Ons sal die rowers jag tot ons hulle kry. Die dossier sal nie toegemaak word tot hulle gevang is nie.” De Waal sê hy is trots op sy manne se flinke optrede. “Danksy hulle is geen geld gesteel nie. Ons wil ons meegevoel teenoor sy (Jones) familie uitspreek. Daar sal amptelik erkenning gegee word aan elk van die wagte vir hul dapperheid.” Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar ’n saak van moord en poging tot moord word ondersoek, het Asaram gesê.

Moms & Tots Focus Week 30 Oct - 10 Nov 2013

25% off all

and

R27.99

Footwear

FREE

Baby Weighs

Cetaphil Restoraderm 200 ml

Panado Infant Drops 20 ml

Panado Syrup 100 ml

R27.99

Body Wash Body Moisturiser

Baby Hampers Daily Lucky Draws in store

50%

off a Mini-Manicure @ Express Zone Vouchers in store

R189.99

R74.99

Next to M-KEM’s Dispensary

Ac ve Baby 3 Midi - 58's 4 Maxi -50's 4 + Maxi’s - 48's 5 Junior - 44's

R139.99

each

Mom-to-be Vita-thion Sachets goody bags in store 20's

Kiddies Kiddies Play Play Area Area

each

Vital Kids A-Z Mul 60's

PediaSure 400g All Flavours

Bepanthen

Protec ve baby ointment

100g + 3.5g only

R169.99

R54.99 + R10 voucher off other selected Vital products

100g 100g

R119.99

ALWAYS OPEN 7 days a week. 365 days a year.

49 years of caring for you & your family Find us:

224 Durban Road, Bellville / Next to the N1 (Exit 23 W Van Schoor / Durbanville: FREE parking at front & back entrances Contact us: Tel: (021) 948 5706 / 2 / 7 • Email: mkem@mkem.co.za Visit us: www.mkem.co.za Follow us: Like our Facebook Page www.facebook.com/mkem24.7

R302 turnoff /opposite Barons)

Buy ONLINE www.mkem.co.za

M-KEM business partners (from left) Gillian Watson, Hylton Mallach (Mr M) & Leigh Hershaw

Tygerburger parow 30 oct 2013  

Tygerburger parow 30 oct 2013

Tygerburger parow 30 oct 2013  

Tygerburger parow 30 oct 2013

Advertisement